Theunie van der Merwe Taalfliensburo, RAU TIPERING AS LITERATUURWETENSKAPLIKE BESKRYWINGSMETODE* ’« Tiperingsprobleviatiek Uit die lees van resensies en literêre beskouinge van die afgelope twee tot driedekades blyk dit dat resensenleen kritici ’n probieem ondervind orn die moderne Alrikaanse kort prosastuk te tipeer. Waar Afrikaanse kort piosa- stukkc voor die verskyning van 21 van Jan Rabie in 1956, inaklik as “kortverliaal”, “skets”, “essay” of “novelle” getipeer kon word, is dii blykbaar deesdae al nioeiliker om hulle te kategoriseer. (1973:91) voer ’n nioontlike rede hiervoor aan as hy sê: “Die vorm het vloeibaardergeword ... die grondstof (het) in die meeste gevalle verander.” Dit wil voorkoni ol'daar vaiidag, in teenstelling met ’n paar dekades gelede, op ’n ander manier na die kortverhaal as sodanig verwys word. Na aanleiding hiervan word niiwe tiperinge gebruik. Wanneer ’n mens ondersoek instel na die tiperinge van die kortverhaal, moet ook aandag aan die genologie gegee word, want die verskiliende tiperinge wat gebruik word, asook die twyfel by skrywers, resensente en literatore oor hoe kortverhale getipeer behoort te word, laat die volgende vrae ontstaan: Dili die verskiliende tiperinge op ’n nnwe genologiese indeling? Wat is die verskil tussen tipering en genologie? Indien daar nie sprakc son wees van genologiese indeling nie, waarop dni die verskiliende tiperinge dan? Alvorens hierdie vrae beantwoord kan word, moet die verskiliende aspekte van ti|)ering as ’n wetenskaplike beskrywingsmetode in oenskou geneem word aan die hand van relevante literatuiir. 2. Wat is ’n wetenskaplike beskrywingsmetode? Wanneer’n mens werk met tipering as wetenskaplike beskrywingsmetode, is dit van die iiiterste belang om te besin oor wat wetenskap is en oor wat ’n metode is.

• Vci wcrk nil 'ii vciliaiidcling vii MA (Allikaaiis-NrdcrlaiHls), I'll vii H)H2, gctiltrl 7 ipenn^ en iteiuilugiese oiidi'rskeiditt^ iwi iitutierm Afrikaame kort f/iinailttkkt'.

48 Wctenskapsbeocfening is volgens Maatje (1974:5); “ ... he! op syslemalishe wyse dnen van venfieerhare uitsprakcn over de werkelijkheid”. “Verifieerbarc uitspraken” kan nie grcloen word as daar nie vrae ofproblctne ontstaan wat bcrt-dpiieriiig, aniwoorde of oplossings verg nie en hiersonder kan daar ook nie welcnskap wees nie. Wanneer probletne ontstaan of wanneer ’n verskynsel buite die patrooninatige vai of opvallend is, prikkel dit die mens se belangstelling, liy vra vrae daaroor cn prol)cer ’n antwoord vind. In sy poging om ’n verklaringof antwoord te vind, sock liy wee om dit te doen, dit wil sê liy gaan onder andere die aard en oorsprong van die prohleem na en beskryf dit, liy doen waarnemings, orden sy gegewens, forrnnleer hulle, ensovoorts, totdat liy ’n verklaring of oplossing vind. Von Wright (1971:1) vat dit mooi saam as hy se: “Scientific inquiry, seen in a very broad perspective, may he said to present two main aspects. One is the ascertaining and discovery of facts, the other the construction of hypotheses and theories.” Die mens wat besig is met hierdie kennisbeoefening, sien dit as sy unieke taak en rocpingcn rlaarom wil iiy weet hoedingc inmekaarsit, wat dieoorsakeen gevolge is, waarom sekere dinge so cn ander weer so is. Hy wil dus tot die waarheid denrdring en sicn hoc dit wat hy ondersoek (die objek van die welcnskap) verklaar, omskryf en georden behoort te word. “Met die voi ming van die wetcnskap wil die mens opsetlik (onder andere) begryp, beskryf, verklaar, verslaati en beoordeel, met andcr woorde samchange (verbandc) ontdek, insien en teorctics weergee, dit wil se sisteemvormend ken, rcspekticweiik gesistcrnatiseerdc kennis vorm” (Stoker 1969:135). Bogcnoemdc bantering van die wetenskap hang daarom direk saam met die doel daarvan wat Maatje (1974:5) opsy beurt omskryf as: “ ... tc geraken tot eeti georden geheci van keimis omtrcnt hct object”. In die proses om hierdie doel te verwesentiik, maak die wetenskapsbeoefenaar van verskillende mctodes gcbruik. ’n Mens kan se ’n aanvaarbare metode is die wyse waarop jy enige taak verantwoordehk cn weldcurdag aanpak om dit gedoen tc kry. Enige metode bcstaan dus uit twee dele, die aanpak van 'n bepaalde werkwyse na aanleiding van ’n prol)leem of’n verskynsel, en ‘die-gedocn-kry’, dit wil se die vcrwcsentliking van wat beoog is. Stoker (1969:50) noeni hierdie twee dele die beginpunl en die cndpunt. Aangcsien die werkwyse tussen die begin- en endpunt ilgurcer, moet dit gerig wees op die aard van die bcginpunt sowei as die aard van die endpunt, dit wil se dit moet ook geskik wees vir die aanvang sowel as die aihandeling van die ondersoek. 'n Metode kan hiervolgens omskryf word as: “ ... 'n beplandc handclswyse

49 of werkwyse om, met gebruikniaking van wat in ’n gegcwe geval voorhande is, ’n gesteldedoel te verwesenllik” (Stoker 1969:50). Hieruit vloei voort dal ’n weienskapiike metode ’n “beplande verifierende en sistematiserende handelswyse (of werkwyse) (is) cm, met gebruikniaking van die weten- skaplik kenbare, wetenskap (dil wil sê geverifieerde en gesistematiseerde kennis) le vorm” (Stoker 1969:51). ’n Verskeidenheid metodes kan in die beoel'ening van die wetenskap gevolg word. Stoker (1969) noeni onderandere vier lioofgroepe metodes. Soisdaar metodes volgens die oorsprong, aard en doel van wetenskap (waaronder verifikasie- en sistematiseringsmetodes); logiese en taalmetodes (onder andere benoemings- en Ibrmuleringsmetodes); metodes en waarneming, verwerking en bywerking (waaronder metodes van onderskeiding, van vergelyking, van korrelasie, ensovoorts); intra- en interwetenskaplike metodes (waaronder dialektiese en kritiese metodes en metodes van wisselwerking ressorteer). Wat die metodes betref, is dit belangrik om die logiese en taalmetodes iiit te lig, want tydens wetenskapsbeoelening moet die gegewens oi verskynsels wat ondersoek word en die moontlike begripsvorming wat hieruit mag voori- vloei, benoem word, BenoemingopsigseK’is geen metode nic, maar die wyse waarop benoem word wel. (Jrn te benoem of te tipeer word terme gebriiik. Die woord “term” is volgens Shipley (1972:415): A word or group of words intended to convey something to a receptor.” Met ander woorde ’n term is beskrywend van aard. ’n Term kan dus nie ’n delinisie van ’n saak wees of’n stel reels neerlê nie, maar beskryf ol dui die betekenis van ’n saak aan. Dit is duidelik dat terme uit een woord of mcer as een woord kan bestaan. Holman (1977:239) onderskei ook verder tussen algemene en spesilieke terme. ’n Algemene term verwys na “a group, a class, a type” terwyl ’n spesilieke term verwys na “a member of that group, class or type”. In terme van die problematiek oor tiperinge sou ’n mens ’n “kortverhaal” die algemene term vir die subgenre kon noem, maar by- voorbeeld “prosagedig” ’n spesilieke term hierbinne. Wanneer ’n mens meer spesilieke onderskeidings begin maak, bevind jy jou op die gebied van die tipologie. Sekere eise word aan terme gestel. Stoker (1969:55) sê hulle “ mag nie vaag (onduidelik), liefs nie liguurlik, ook nie veelsinnig wees nie, maar moet duidelik gepresiseer wees en op enkelsinnige wyse na die betrokke gegewe ol begrip heenwys wat dit bedoel of beteken”. Terme het baie waarde as dit aan bogenoemde eise voldoen. Indien hierdie

50 vrrcisles hecltcmal ol' sell's gedeeltelik onthreek, lei benocming tot ver- warring. 'n Mens kati met reg beweer dat die vele liperinge (ondcr meer “kortkiins”, “prosa”, “prosagedig,” die “skcls”-koniposita, “teks”, “elegie” en “koii-kortverhaal”) wat amper na willekeur vir die kortverliaal gebruik word, sonder inagneiiiing van bogcnoemde cise, bydra tot die onsekerheid wat deesdac in verband met die genologie en die tipering van die kortverliaal bestaan.

Binne die logiese en taalmetodes is daar benewens benoemings- (tiperings-) metodes ook nog volgens Stoker formuleringsmetodes. VVaar tipering met wetenskaplikc terme te doen liet, gaan dit by fortnulering oni ’n “weten- skaplikc sintaksis”. “Wetenskaplike sintaksis verbind die wetenskaplikc tcrme opeie wetenskaplike wyse (en dus met eie artikulasie), aan die een kant ooreenkomstig die relasies tussen en in verband met (en samehang van) die gegewens wat wetenskaplik ondersoek word, en aan dir ander kant volgens (lie strenge eise van die logiese denke” (Stoker 1969:56). Myns insiens moet flie Ibrmuleringsmetodes nie los van die benoeniingsmetodes gesien word nie, maar wel eerder as onderdeel daarvan. Tiperinge bet aan die een kant te doen met benoeming deur middel van terme, maar aan die andcr kant ook met die formulering van die term wat daarmee gepaard gaan.

Daar is cnkele eise waaraan alle wetenskaplike metodes moet voldoen. Die vernaamste eis waaraan voldoen moet word, is funksionaliteit, dit wil sê dit moet ’n middel lot 'n doel wees en geskik wees vir waarvoor dit aangewend word. Dil moet verder ook op akkurate waarneming beriis en die ordening en gevolgtrekkings moet op objektiwiteit gegrond wees, ’n Metode moet relevant ten opsigte van die probleem wees en volledig toegepas word.

Die benoemingsmetocle, en so ook die beskrywingsmetode, val onder die hoolgroep wat Stoker logiese metodes noem. Die rede hiervoor is dat beskrywing plaasvind as gevolg van waarneming en benoeming en ter verdnideliking van die waargenome. ’n Beskrywingsmetode is derlialwe baie volledig in teenstellng met ’n metode wat hoofsaaklik van delinisies gebruik sou maak. 'n Wetenskaplike beskrywingsmetode is na my mening daardie metode wat geselekteer word omdat dit die besondere doel van ’n wetenskap die beste kan dien. In die literatuur is die literere werk die objek van bestudering en deur dil onder andere te beskryl en te benoem, kan die doel van begryp, verklaar en beoordeel die beste tot sy leg kom. In die sin sou 'n mens tipering wel kon sien as ’n geskikte metode wanneer dieaard van die kortverliaal bcpaal moet word.

51 3. Tipering as term Tipering is so oucl soos die mensdom self, want reeds tytlens die Skepping kry die mens opdrag oni name in die natuur te gee. Tipering is derhaiwe Byiiels en histories gefimdeer. Dit is eie aan die mens om verskynsels of dinge te benoem en te omskryf en hulle daardenr te onderskei. Aivorens ’n mens by die ander waardes wat tipering as term het, kan uitkom, moet jy eers stilstaan by wat tipering as term alles behels. Die morfologiese stam van dié term is tipe. Holman (1977:541) omskryf die term “tipe” as: “A group of [X irso n s or things that have in common certain characteristics that distinguish them as being members ofa defmite groiipor class”. Die HA'l’ (1972:887) verklaar die term “tipeer” as “die tipe laat ken van, kenmerk, karakteriseer” terwyl die Concise Oxford Dictionary (1975:1409) daarvan praat as “represent by a type, Ibreshadowor be a type of’. Uit bogenoemde drie verklarings blyk dit duidelik dat tipering as term en sy stamverwante wooi de te doen het met die benoemingen beskrywing van ’n tipe of tipes op grond van sekere kenmerke. Dit wil sê die term “tipering” sluit ’n groep in as gevolg van die kenmerke wat lede daarvan gemeen het en wat hulle terselfdertyd onderskei van ander groepe. I'iperinge verteen- woordig tipes en dui dus op die kensketsing of beskrywing van daardie tipes. Aangesien ’n mens iets tipeer deur middel van name, sluit tipering ook naamgewing in, soos reeds aangetoon. Tipering is derhaiwe sinoniem met naamgewing met inbegrip van die beskrywing wat daaronder ressorteer. Laasgenoemde moet egter nie as ’n absolutisme aanvaar word nie, want tipering kan ook |)laasvind sonder dal ’n naam gegce word. Vergelyk Shipley (1972:415) se “a word or a group of words” in paragraaf 2. Vir die doel van die ondersoek oor kortverhale sluit tipering spesiliek ook be- noemingdeur terme in. So dien die term “prosagedig” as ’n ti|)ering van ’n soort kortverhaal wat onder andere beskryf kan word as hebbende ’n sterk poetiese inslag. Kortverhaalbundels soos27 van Jati Rabie, Liefsnieupslraat me van John Miles en yJioaa/.v/oriej van Eugene N. Marais word pertinent as “prosagedigte” getipeer.

4. Die waarde van tiperinge as terme Die belangrikste nut van ’n term is na my mening dat dit deur benoeming en beskrywing betekenisoordra. Die waarde van ’n tipering as term lê dus veral daarin dat dit ’n voorafskaduwing van ’n objek gee. Wanneer kortverhale as “prosasketse”, byvoorbeeld Kataslrojes van deur

52 Steyn (1964) en Kannemeyer (1980), getipcer word, impliseerdil inderdaad ’n sterk sketsmatigheid. Hicrteenoor word aan 21 van Jan Rabie ’n sterk poëtiese inslag deur die tipcring “prosagedigte” toegeskryf. Bcnoeming werk ondcrskeiding in die hand, wat duidelik herkenljaar is deur die verskillcnde tiperinge. Verskiilende tiperinge wys verder op die verskeidenheid wat daar in "n vakgebied bestaan. Op die gebied van die kortverliaal word byvoorbeeld gepraat van onder andere “prosagedigte”, “prosasketse”, “kort-kortver- hale” en “sketsverliale”. Bcnewens verskeidenheid dui verskiilende tiperinge ook verskilie aan. So Ijyvoorbeeld is ’n “prosagedig” nie presies diescifdeas ’n “kort-kortverliaal” nie omdat dieselfde kenmerke nie in albei dieselfde gewig dra nie en ook ander kenmerke bykom. In die geval van eersgenoemde is daar hoofsaakiik poetiese eienskappe en ’n enkele stemming terwyl die uiterste konipaktheid en woordekonomie in die geval van laasgenoemde van die grootste belang is. 'n Tipcring word gebruik om ’n verskynsel, ’n gegewe of sell's ’n begrip te tipeer en moet as ’t ware met inhoud belaai wees. Net soos ’n I'arnilienaam ’n sekere stamboom implisecr, moet ’n tipering ’n aanduiding wees van wat om van die lietrokke objek te verwag. Die tipering self kan ’n aanduiding wees van waaroor die beskrywing gaan. Tipering is ook ’n identillkasie van sekere klasse. Hiermee word nie ’n indringende kategorisering ol kiassifikasie bedoel nie, want dan word op die gebied van die tipologie oortree. Dit gaan hier bloot om ’n soort of’n klas wat die tipering vertcenwoordig. So praat Moodie (1971) van Twee maalom die son van Abraham H. de Vries as “prosas" en Kannemeyer (1980) van 2/ van Jan Rabie as “prosasketse”. Tiperinge gee verder ’n idee wat om te wagte te wees, l^it roep na regte ’n soort visueie l)eeld of enige ander assosiasie op bloot by die aanhoor of lees daarvan. Die terme “prosa” of “poësieteks” bring sekere kenmerke of assosiasies na vore. ’n I'ipering word dus met icts geassosieer of in verband gebring. So herinner die terme “prosagedig” en “poësieteks” 'n mens sterk aan die ooreenkomste wat hulle met die poësie het, terwyl die “skets”- komposita ooreenkomste met die skets aandui, Sekere kenmerke word iladelik met dió tiperinge in verband gebring of aan hulle toegesê. Die waarde van t ipcringe as terme is dat dit op die manier vergelyking moontlik maak ten opsigte van verskilie en ooreenkomste. Uit die bespreking tot dusver is dit duidelik dat daar ’n verband tussen die

53 begrippc “tipering” en “term” bestaan. Tipering het te doen met benoeming. Dit geskied deiir terme te gebruik. Daar is weliswaar ook ’n verskil tussen die twee begrippe en wel in dié sin dat tipering ’n losser gebruik as terme liet. Tipering is wel ’n manier van aanduiding, maar dit omskryf nieso duidelik soos terme nie. ’n Mens kan bynasê tiperinge is nie so heeltemal ‘term’-agtig nie. Tiperinge vergemaklik konmiimikasie tussen mense uit diesellde dissipline, want sonder om iets volledig te moet verduidelik, weet die aangesprokene waarvan gepraat word. Vir mense uit verskillende dissiplines kan terme dus hindernisse verooisaak. Terme omsluit kernbegrippe en werk ekonomiese taalgebruik in die hand deurdat lang omskrywinge en verkiarings onnodig

Die skep en gebruik van terme ruim onduidelikheid uit die weg en bring unilbrmiteit in ’n dissipline deur spesilieke terme altyd vir dieselfde sake te gebruik. Derhalwe moet spesilieke tiperinge dieselfde betekenis liê vir almal wat dit gebruik. Tiperinge ontstaan ná waarneming en bevat per se ’n spesilieke I’unksie en doelstelling. Daarom moet terme lewensvatbaar, objektief en bruikbaar wees, en met viudingryklieid geskep word. Engelbrecht (1980:128) sê tereg “’n ráák naam” moet gegee word. Hy sê verder terme moet getoets en geslyp word en wesentlik bydra tot die skepping en verbetering van die ter- minologie van ’n dissipline. I’iperinge moet so ver moontlik aan sommige van hierdie eise voldoen. Ek stem nie saam met Suppe (1979:34) nie, as hy sê: “One is allowed to introduce whatever theoretical terms one needs to obtain a Iruill'ul theory which permits the economical prediction ol’observable phenomena without having to be concerned with the question whether they designate anything real.” ’n 'I'ipering in literêre sin moet myns insiens relatiel werklikheids- getrou wees en na aanleiding van die waargenome ’n vooruitwysing wees na wat dieobjek behels. Daarom kan enige tipering nie bloot gebruik word nie, maar moet verantwoord kan word. 5. Tipeer en defínieer Soos reeds aangetoon, dui tipeer op benoeming en kensketsing van ’n saak. Die woord “foreshadow” wat in die Concise Oxford Dictionary (1975:1409) vir tipeer gebruik word, dui op die voorspelbaarheid van iets, maar ’n voorspelling kan nooit presies wees nie omdat dit beskrywend van aard is. Daar moet dus ’n onderskeid tussen tipeer en definieer geniaak word.

54 Die woorrl “dpfinisic” koni van die Latynsc fmis wal grciis belrken, dit wil sê l)Ogrcnsing ol albakeiiiiig is reeds ingeljoii in dir oorsprong van die wootd. Volgens die HAT (1972:103) is ’n dellnisie “'n noukeurige omskrywing, hepaling van ’n saak”. Volgens Shaw (1972:107) word icts gedelniieer “by placing the term to be explained in the class or kind to which it belongs (genus) and then providing a statement of individual characteristics, which distinguish (he term from other members oft he genus”, "n Del'misie bestaan dus uit twee elemente: in die eerstc pick gaan dit om die algemcne klas (byvoorbeeld die prosa as genre) waartoe 'n saak (die kortvcrhaal) behoort en in die tweede pick gaan dit om dir manier(e) waarop die saak (byvoorbeelrl die koitvcrhaal as subgenre) hom onderskei van sake (liy- voor!)ccld die anekdote of essay as ander subgenres) wal ook aan dieselfde algcmcne klas (naatnlik die prosa) behoort. bi Shipley (1971:92) word verder van definisies gese: “... their usefulness would depend upon the clarity they introduce and upon the consistency with which they are adhered to”. By ’n dellnisie gaan dit om diespesifiekeen otidubbclsimiige wyse waarop iets verduidelik word. Dit is dus spesifiek voorskrywend van aard in teenstelling met die beskryweride aard van tipering. Ten opsigte van die “consistency” van ’n dellnisie, beweer Antonissen (1963:146) dat “geen enkele term ooit 'n ‘saak’ in al sy aspekte kan noem nie”. ’n Dellnisie hoef nie formeel te wees om die betekenis van ’n saak duidelik te slel tiie. Volgens Shaw word die genus en dill'erentia veral in die literatuur nagelaat omdat dikwels net voorbeelde gegee word. Byvoorbeeld onder prosa word romans, kortverhale, novelles, essays, ensovoorts, verstaan. Sommige dellnisies verduidelik wat ’n saak nie is nie in plaas van wat dit is. So sê Wain (1969:82): “All literary forms have to some extent to be defined by negatives: dratria is a way of telling a story that is not narrative, etc.” Ander definisies weer vergelyk en kontrasleer die geclefinieerde saak met iets hekends. So word 'tt skets in die HAT (1972:764) omskryf as “’n kort beskrywende artikcl, verwant aan die essay, maar minder formed en ligter van aanslag”. Hoe 'n definisie ook al aangewend word, daar moet onthou word dat dit nie probeer analiseer nie, maar bloot iets bepaalds slel. ’n Definisie en ’n beskrywing moenie verwar word nie. ’n Dellnisie bicd bloot die noodsaaklike bepalings wat nodig is vir onderskeiding, tei wyl ’n beskrywing nie wil beperk of begrens nie, maar juis op allerlei besonderhede wil ingaan. Tiperingdoen míí^f^r as die definisie. Hieruit blyk duidelik dat die verhoutling tussen tipeer en definieer opponerend van aard is, omdat ’n tipering beskrywend is, maar ’n definisie spesifiek voorskrywend.

53 Definisies moet aan enkele eise voldoen. Dit moet onder andere waar, reg en korrek wees sonder enige kontradiksies. Verder moet dit duidelik en genoegsaam wees. Die laaste vereiste beklemtoon weer eens die verskii tussen tipering en defmiering, naamlik ’n definisie moet net die nodige verskaf teenoor ’n ti|>ering se amper onbeperkte beskrywingsaard. 6. Genologie en tipologie 'I'ipering dui, soos bewys, op behorende-tot-’n-soort-as-gevolg-van-enkele- kenmerke. Net soos tipering, kom die woordgenre van die Frans wat tipe of soort beteken. Shaw (1972:172) omskryf genre as “a category or class of artistic endeavor having a particular form, technique, or content” terwyl Abrams (1971:67) sê dit word gebruik “to signify, as we now often say a ‘literary form’”. Daar is derhalwe ’n verband tussen tipering en genre. Die literêre werk, soos bespreek, is die konkrete objek wat bestudeer word. Deur dit bloot te bestudeer en te beskryf, kom ’n mens nog nie uit by die wesentlike indeling in soorte nie. Om tot hierdie indeling te kom, moet “’n abstraheiing van ’n hole aantal kenmerke wat essensieel vir daardie objek is” (Van der Elst el al 1980:8) plaasvind. By die bestudering van die literêre werk kan twee beginsels as uitgangspunt gencem word: die historiese of die sistematiese. Die sistematiese het volgens Maatje (1974:31) “betrekkingopdestudie van structureleverwantschappen tussen werken, waarbij niet wordt uitgegaan van de eventuele ook aanwesige historische verbanden”. Die historiese het dus te doen met die tyd waarin ’n werk geskryf word, teenoor die sistematiese waar dit om struktuur gaan. Struktuur is volgens Maatje (1974:62) “de manier waarop in een literair werk een wereld wordt opgebouwd door middel van taaltekens”. ’n Struktuur besit onder andere fiksionaliteit en intensionaliteit. Volgens Maatje (1974:107) moet genres as ’n liksionele ordeningsbeginsel gesien word, want “het genre is een condition sine qua non: een fictionele taaluiting behoort naamlik steeds tot een bepaald genre”. Die manier waarop die wêreld binne die struktuur opgebou is, bepaal die genre en dit kan verskeie gestaltes aanneem. ’n Mens kan dus sê die kunswerk self bepaal die genre. Hieruit is dit duidelik dat die hoofuitgangspunt van die sistematiese beginsei by die bestudering van strukture, die genologie of genreleer is. Die tradisionele genreleer onderskei drie hoofgroepe strukture, naamlik epiek, liriek en drama. Dié hoofgenres word weer onderverdeel in subgenres, byvoorbeeld roman, novelle, epos (epiek); lied, sonnet (liriek) en onder andere die klug en tragedie (drama). Tussen die strukture van die

56 hoofgcnres is ’n hoër abstraksiegraad as by die subgenres (Maatje 1974:120). Dit wil sê subgenres, soos die roman en novelle, bevat enkele gernene kenmerke om dit onder die epiek as hoofgenre in le deel. Hiertecnoor het die drie hoofgenres baie minder gernene kenmerke wat lei tot die indeling onder die abstrakte struktuur van die literere werk. Die verskil tussen die geabstraheerde kenmerke van die hoofgenres is dus groter as dié van die subgenres. Hieruit is dit duidelik dat “die genologie (soortleer) die hulpwetenskap (is) wat op grond van verwante strukture ’n sisteem bied waarvolgens ’n hoofgenre (byvoorbeeld epiek) en ’n subgenre gekate- goriseer kan word” (Van der Elst et al 1980:10). Ook by die subgenres is verdere onderskeidings moontlik en wel deur die tipologie. Reeds in Bybelse sin gaan tipologieom “a method of interpreting scripture which relates persons and events as type and anti-type” (Galdon 1975:5). In literere sin gaan dit volgens Shaw (1972:387) om “a systematic study and classification of kinds of type”. Tipologie het dus altyd te doen met die verdere indeling en kategorisering van tipes. Literere tipologie verskil van Bybelse tipologie en is, om Galdon (1975:28) se woorde tegebruik, “a precarious occupation”. Dit isderlialwe belangrikom die volgende onderskeid te maak: “ ... types which can be ‘rationally explained and defended’ and those ‘which are far-fetched’” (Galdon 1975:28). Dit is waar dat die eksplisiete natuur van die tipologie nie subjektief en relatief mag wees nie. Tipologiese indeling behoort dus nie op aanvoeling le geskied nie, maar net as dit wesentlik geregverdig is. Byvoorbeeld ’n “prosagedig” moet net tipologies onderskei word as dit as gevolg van ’n kenmerk wesentlik van ander soorte kortverhale verskil. Dit mag nie bloot omdat dit anders is, onderskei word nie; dit moet verantwoord kan word. Daar moet ’n ratio agter die verantwoording wees. Tipologie is histories gefundeer. So is daar reeds vroeg al verskillende soorte romans gekry as gevolg van die verskillende inaniere waarop ’n roman- wêreld met woorde geskep is. Roniantipes wat ons kry, is onder andere die sosiaal-kritiese, die historiese en die avontuurroman. Tipologiese indelings is nic almal ewe belangrik nie en verder is geen hiërargie sisteniaties vasgestel nie. Maatje (1974) is van mening dat ondertitels dikwels ’n aanduiding van die tipe gee. As voorbeeld wys hy op L. Couperus se Eline Vere - Een Haagsche Roman. Dit laat ’n mens dadelik dink aan Aucamp se Hnngerhlom met as ondertitel — Elegieë. Die kortverhaal is, net soos die kontemporêre roman, moeilik om te defineer vanwee sy vloeiendheid. Aangesien ’n bepaalde model ontbreek, is daar ook geen standaardvorm' nie. Volgens Van der Berg (1980:46) veroorsaak

57 hieidieamoríheid dat ’n mens liewer tipes romans moet beskryf, afbaken en sistematiseer as die roman sell'. Dit lyk dus of die verskillende tiperinge wat by die kortverhaal bestaan, gesien moet word as tipes kortverhale wat beskryl'en afgebaken word. Met ander woorde as die kortverhaal so gesien word, gaan dit om ’n tipologiese onderskeiding en nie om ’n nuwe genologiese indeling nie. ’n Tipering is meer as net die term wat gebruik word om ’n tipologiese onderskeiding te maak wanneer dit ook gebruik word om ’n genre, wat die gevolg is van die abstraksie van kenmerke, le tipeer. Volgens Maatje beriis tipologiese indeling op tematiese elemente en die tydruimtelike. Van der Berg voel egter dat die suiwer tematiese probieme oplewer omdat die temas maklik vervloei. Die benadering van die linguiste en strukturaliste bevredig ook nie, want hulle dilTerensieer tussen die vlak van die objekle en die van beskrywing. “Hierdie voorwerplike vlak word gesien as die vlak van konkrete tekste in konteks met die konnotatiewe faktore (waaronder verstaan word dat nuwe ervaringe op ’n nuwe wyse uitgebeeld moet word en aldus lei tot die eksperimentering met die vormelemente van die roman) in teensteliing met die beskrywingsvlak wat die wetenskaplike teorieen terminologie wilontwikkel (byvoorbeeld^enw is histories konkrete realiserings van algemene skryfwyses, wat op hul beurt ahistoriese konstante is), soos verssatire, roman, novelle, epos cnsovoorts; skrylwyses is ahistoriese konstante soos dramaties, satiries, beskrywend ensovoorts” (Van der Berg 1980:46). Hieruit is dit duidelik dat verwar- ring veroorsaak word by die differensiering van begrippe sowel as gen­ res. Die aanvaarbare kriteria vir ’n geslaagde tipologie word deur Van der Berg (1980:47) opgesom: “’n Tipologie moet: (1) ’n ordenende prinsiep aanbied, (2) tydlose, ahistoritise konstantes verteenwoordig, (3) die struktuur sigbaar maak, (4) ’n hulpmiddel wees by die interpretasie van ’n werk, (5) algemene oorsig oor die werk as geheel verbeter en (6) werke van uiteenlopende aard met mekaar vergelykbaar maak.” Daar bestaan vervolgens verskillende benaderingswyses tot tipologiese indeling. Hier word slegs kortliks na enkele benaderingswyses verwys; So is daar diegene soos Stanzel en Lammert (Van der Berg 1980:48-57) wat onderskeidelik die perspektief van die verteller en tyd as basis vir ’n tipologie beskou, terwyl die epiese figuur ook as basis vir ’n tipologie kan dien. Aangesien genologie, tipologie en tipering al drie direk met soorte te doen het, kan die verskille en samehange soos volg saamgevat word: ’n Genre is ’n groep literêre werke wat as gevolg van hul vorm, uitwendig sowel as

58 inwcndig, ooreenkomsle loon met die teoretiese model. Die iiitwendige het volgens Fowler (1973:82) betrekking op “specific metres and structures” teenoor die inwendige wat meer te doen het met “attitude, tone and purpose”. Hierdie identieke strukturele eienskappe sorg vir die genologiese indeling van epiek, liriek en drama. Verdere onderskeidings en benoemings bring ons tot die vlak van subgenres. Subgenres is, net soos lioolgenres, die gevolg van die abstrahering van kenmerke wat vir ’n spesifieke subgenre essensieel is. Dit wil sê subgenres bevat spesifieke kenmerke, wat nie by andersubgenres voorkom nieof indien dit wel voorkom, is dit baiegeringen word oorskadu deur ander kenmerke wat eie is aan ’n betrokke subgenre. Die abstraksiegraad is vervolgens kleiner by die subgenres as by die hoofgenres omdat die subgenres binne ’n besondere hoofgenre sekere gemene eienskappe bevat. Die roman, novelle en kortverhaal is voorbeelde van subgenres binne die epiek. Tiperinge word gebruik om genres te benoem en te beskryf. So is daar ’n verband tussen tipering en genologie, byvoorl)eeld die tipering “novelle” word gebruik om die volgende betekenis oor te dra: “ ... taamlik lang prosaverhaal maar korter en minder omvattend as 'n roman” (Kritzinger al 1977:647). Wanneer subgenres in kleiner kategorieë verdeel word, beweeg ’n mens op die gebied van die tipologie waar dit dan gaan om die spesifieke aardbeskrywing van dit wat tipologies onderskei word. As subgenres deur tipologie verdeel word, is die abstraksiegraad baie klein en word die tref van onderskeidings al moeiliker. Wanneer ’n kortverhaal deur tipologiese onderskeiding verdeel word in onder andere “kort-kortverhaal” en “poesie- teks”, geskied dit ook deur tipering. Dit dui die verband tussen tipering en tipologie aan. Die onderskeiil tussen tipologie en tipering is myns insiens geleë in die feit dat tipering ’n meer oppervlakkige indeling as tipologie is. Tipering is ’n metode van omskrywing, ordening en benoeming teenoor tipologie wat, gegrond op meer vaste kriteria, ’n kategoriseringsmetode is. Op grond hiervan is tipering meer oppervlakkig van aard. So word die term “epiek” gebruik om in den brede te verwys na die beskrywende en verhalende letterkunde, terwyl die tipering “prosagedig” meer spesifiek is, omdat dit, op grond van die intensiewe aardbeskrywing, gaan om ’n spesifieke soort kortverhaal waarin die poëtiese element voorop staan, Benewens die feit dat tipologie deur tipering geskied, kan daar ook oorvleueling ten opsigte van die benaderinghoeke van die twee aspekte wees. Die lioek waaruit tipologiese indeling sowel as tipering plaasvind, kan argumentsonthalwe kortheid wees. Die term “kort-verhaal” kan hier as voorbeeld dien, want deur tipologie word ’n verdere indeling van die

59 subgenre “kortverliaal” verkry, inaar terselfdertyd word dil gebruik as ’n tiperingvir’n niiwe “kortverhaal”. So is Lombard (1979, 1981) van mening dat dit ’n lipering vir ’n nuwe subgenre is. Volgens Maatje (1974:121) is die verskil in die benaminge, genologie en tipologie, nie van groot belang nie, want “ten slotte is de gehele genreieer een kwestie van typologie (in algemene zin), en is de onderverdeling van subgenres in verschiilende typen een voortzettingen verdere dilTerentie van het genrescherna”. Ek stem saam met Maatje se siening dat daar oor die algenieen groot oorvleueling tussen die genologie en die tipologie bestaan, maar wil byvoeg dat dié oorvleueling ook geld ten opsigte van tipering. Wanneer daar egtei van besondere funksies sprake is, is daar ’n onderskeid tussen dié drie aspekte en dien die drie terme, “genologie”, “tipologie” en “tipering” ’n nuttige doel. 7. Benaderingshoeke by tipering In die vorige afdeling is gelet op moontlike benanderingshoeke ten opsigte van tipologie. In die laaste afdeling word kortliks stilgestaan by die hoeke waaruit tipering plaasvind en dit word toegelig aan die hand van voorbeelde rakende die kortverhaal. Na my mening is daar twee basiese benaderingshoeke ten opsigte van tipering in enige dissipline, naamlik die kenmerkende en die funksionele. Tipering kan dus plaasvind op grond van kenmerke wat waargeneem is oi as gevolg van die I'unksie wat vervul word. So byvoorbeeld word ’n tragedie gekenmerk deur die tragiese, en die funksie van ’n klug is onder andereom ’n mens te iaat lag. Wat kenmerke betrel', kan ’n verdere onderskeid gernaak word: essensiële kenmerke en besondere kenmerke. Essensiëie kenmerke is in hierdie verband daardie keinnerke wat onontbeerlik is vir die algemene tipering, dit wil sê dit is essensieel vir die subgenre, ’n Kortverhaal moet byvoorbeeld onder andere relatiel' kort wees, in prosavorm wees en ’n storie-eleinent bevat. Besondere kenmerke is ook essensieel, maar slegs in spesifieke gevalle. So is uiterste gekonsentreerdheid of klankrykheid verantwoordelik vir die besondere tiperingvan “kort-kortverhale” en “poësietekste”. "I’enspyte van tipering wat gebruik word, moet sekere essensiële kenmerke dus voorkom, terwyl ander net op spesifieke gevalle betrekking het. Kortverhale kan getipeer word op grond van hul vorm, hui betrokkenheid, die tydruimtelike, die verteliersperspektief, poëtiese aspekte, metalbriek, ensovoorts. Tydens tipering gaan dit om die manier waarop die wêreld

60 binne die kortverhaal gestalte kry. Die benaderingshoek by tipering kan dikwels uit ’n blote tipering soos “prosagedig” afgelci word, terwyl die benaderingshoek in ander gevalle, soos “kortkuns” uit die omskry wing van die tipering duidelik word. Met ander woorde uit “prosagedig” kan ’n mens dadelik aflei dat dit om ’n soort ‘gedig’ in prosavorm gaan. Hierteenoor sê “kortkuns” nieveel nie en moet ’nomskrywinggegee word omdit te begryp: “ ... ’n versamelnaam wat al die korter prosasoorte insluit — die kort­ verhaal, die kort-kortverhaal, die essay, die skets, en, by gebrek aan 'n beter l)cnatning, ‘prosas'” (Aucanip 1969:15). Clocte beskou lengte as ’n baie belangrike strukturele aspek van die kortverhaal. Tipering vind vanuit kortheid, as ’n benaderingshoek, plaas. Kortheid op sigseli kan iets sc en daarom se Cloete (1980:47): “Ons is by die wesentlike van die kortkuns daar waar die kortwees van die verhaal iets se en dus noodwendig is, soos in ‘Die lx>enk' van Breytenbach (in Kalastrofes).’' Hy beskou hierdie werk derhalwe as egte “kortkuns”. Tipering kan ook plaasvind na aanleiding van die toon. So is Miles (1973:32) van mening dat die toon bydra oni die kortverhale in Hongerblom van as “elegiee” te laat uittroon. Daar word na 21 van Jan Rabie sowel as Kalastrofes van Breyten Breytenbach verwys — as “prosagedigte”. Aucamp (1978b:24) voel hulle besit besondere eienskappe, naamlik “poëtiese middele”. Die benaderings- hocke blyk dus duidelik uit die middele wat in die kortverhale aangewend word. 8. Samevatting Dit is duidelik dat tipering ’n wetenskaplike beskrywingsmetode is wat van groot waarde by die bestudering van die literêre werke kan wees. I’ipering sluit benoeniing en/of beskrywing in en vcrskil van deliniëring omdat laasgenoemde ’n saak spesiliek begrens en beskryf. Daar is, soos duidelik uilgewys, ’n verband tussen genologie, tipologieen tipering. Laasgenoemde het te doen met benoeming wat deur middel van terme geskied. Derhalwe is genologiese en tipologiese onderskeidings tiperingc wat 'n sekere betckenis wil oordra. Indien hulle in hulle gebruikskonteks voldocn aan die eise wat Stoker stel, naamlik dié van die objek en dié van die logiese denke, kan hulle as goeie terme beskou word, ’n Tipering soos “prosa” as variant vir “kortverhaal” is byvoorbeeld nie ’n goeie term nie omdat dit vaag en dubbelsirmig is. Dit word immers meesal gebruik om na die hoofgenre, epiek, te verwys. Tipering, die oorkoepelende term vir die benoemings- en beskrywingsaktiwiteit van die literatuurwetenskaplike, omsluit dus geno-

61 logiese onderskeiding en tipologie. Genologiese onderskeiding verwys na genres en subgenres op grond van eiesoorlige kenmerke wal uit bestudeerde tekste geabstraheer is. Tipologie, daarenteen, verwys na verdere onder­ skeiding en kategorisering van byvoorbeeld die subgenre kortverhaal deur die beskrywing van die aard van spesifieke tekste binne die subgenre. Geisoleerde tipering van ’n literêre teks kan dus alleen tipologiese w^aarde he. Om egter tot ’n genologiese indeling van tekste te kom, moet ’n subgenre soos die kortverhaal ook met ander subgenres binne die genre (in hierdie geval die prosa) vergelyk word. BIBLIOGRAFIE ABRAMS, M.H. 1971. A glossary of literary terms. New York and Chicago, Holt, Rinehart and Winston. ANTONISSEN, R. 1963. Kern en tooi; kroniek van die Al'rikaanse lettere 1951-1960. Kaapstad. AUCAMF, H. 1969. Die belyilenis van ’n kortkunsbeoefenaar. Slandpunle 85, jg. XXII nr. 1, Augustus. ALJCAMP, H. 1978. Kort voor lank; opstelle oor kortprosatekste. Kaap­ stad, Tafeiberg. BARNARD, C. 1973. Die Alrikaanse kortverhaal. {In Policy, J., red. Die . Kaapstad en Pretoria, Human en Rousseau: p. 90-100). CLOETE, T.T. 1980. Die kort en heel vorm van Breytenbach se “Die boenk”. Slandpunte 146. Derde reeks, jg. 3(2), April. ENGELBRECHT, H. 1980. Nuwe Afrikaanse Taalgids, ’n all'abetiese handleiding in die kommunikasiepraktyk. Pretoria. Uitgewery Oranje. FOWLER, H.W. en FOWLER, F.G. 1975. The Concise Oxford Dic­ tionary of current English. London, Oxford University. FOWLER, R. red. 1973. Dictionary of modern critical terms. London & Boston, Routledge & Kegan Paul. GALDON, J.A. 1975. Typology and seventeenth-century literature. 'I’he Hague, Mouton & Co. HOLMAN, C.H. 1977. A handbook of literature. Indianapolis, Odyssey. KANNEMEYER, j.C. 1980. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Kaapstad en Pretoria Academica. KRITZINGER, M.S.B. et. al. 1977. Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Pretoria, Van Schaik. LOMBARD, J. 1979. Die kort-kortverhaal in Afrikaans. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling. Universiteit van Stellenbosch. LOMBARD, J. 1981. Die kortverhaal as nuwe subgenre in die Afrikaanse literatuur. Tydskrif vir Letterkunde, jg. 19, nr. 4, November. MAA'l’JE, F.C. 1974. Literatuurwetenschap. Utrecht. Oosthoek. MILES, J.D. 1973. Om die nate te versit. {In Polley, J. red. Die Sestigers.

62 Kaapstad. Human en Rousseau: p. 32-41). MOODIE, A. 1971. Daar is diepte in die eenvoud. Rapport, 1 Februarie. SCHOONEES, P.C. 1972. HAT. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Klerksdorp, Johannesburg, Pretoria. Voortrekkerpers. SHAW, HARRY 1972. Dictionary of literary terms. New York, St. Louis, McGraw-Hill. SHIPLEY, J.T. red. 1972. Dictionary of world literature. Totowa, New Jersey, Littlefields, Adams & Co. STEYN, J.L. 1964. Natuurlike talent kenmerk van “Katastrofes”. Die Vaderland, 18 Deseinber. STOKER, H.G. 1969. Beginsels en metodes in die wetenskap. SUPPE, F. 1979. The structure of scientific theories. Illinois, University of Illinois. VAN DER ELST, J. red. 1980. Toegang tot die Afrikaanse en Nederlandse prosa. Potchefstroom, PU vir CHO. VAN DER BERG, B.H.J. 1980. Romantipologie, Lileralor, 1(3): p. 46-53. VCJN WRIGHT, C.H. 1971. Explanation and understanding, London, Routledge & Kegan Paul. WAIN, J. 1969. The International Symposium on the short story — Part two. The Keyan Review, Vol. 31, No. 123, Issue I.

63