Kortpad na advertensies 18 Januarie 2014 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik)

Kleinadvertensies (Besigheid)

Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders

Kanselleer intekening / Unsubscribe

Redakteursbrief

En daar het die vakansietyd sy spreekwoordelike sitvlak gesien! Dis net ongelooflik hoe vinnig lekker tye verby kan gaan. Nou is die meeste van ons weer terug by die werk en dis weer hef aan tot en met die volgende groot wegbreek. En was dit nie moeilik daardie eerste week om weer mooi aan die gang te kom nie!? Maar mens moet mos maar. Kort nadat ek ‘n bietjie oor my eie gevoel gereflekteer het, het ek opnuut bewus geraak van hoe baie mense in die ou wêreld sonder werk sit en hoe ‘n voorreg dit is om wel ‘n werk te hê. So het ek myself gemotiveer en die lewe bly ‘n lied.

Na Brokkies se lekker rus is hierdie dan die eerste uitgawe van 2014. Ek sal voortbou op die resep om Suid-Afrikaners se prestasies, inisiatiewe en stories te belig terwyl sakemense hul produkte en dienste aan die groeiende intekenaarsbasis bemark. Ek sal dit steeds binne ‘n Afrikaanse en Suider-Afrikaanse kultuurkonteks te doen.

Hiermee doen ek ‘n ‘n paar beroepe op lesers: • Skryf tog gereeld aan my. Deel jou siening oor sake wat in Brokkies aangeraak word of wat in die wêreld waarbinne jy beweeg, ervaar word. • Skryf vir my as jy storie-idees of stories het om te deel. • Indien jy jou Brokkies vir vriende of familie aanstuur, versoek hulle asseblief om self in te teken deur hul naam en van, stad en land aan my deur te gee by [email protected] (Onderwerp: ‘Brokkies asseblief’). • Lees gereeld die advertensies en ondersteun tog ons getroue adverteerders. Hulle maak Brokkies moontlik.

Lekker lees!

Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by [email protected]) ______

Ysbreker: Vooraanstaande familie

Hierdie grappie het al wye draaie op Facebook gemaak: Na jare het dit nou bekend geword dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers in Suid Afrika het. Die oudste boer is in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste werk in Brakpan as motorwerktuigkundige en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is `n vlieënier vir Mango en sy naam is Kock Pitt. Die Vierde boet is heeltemal van koers af en skreeu blykbaar vir die Sharks. Sy naam is Stu Pitt. Nou ja, wat die akteurs nie alles sal aanvang nie!

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014

Algemene nuusbrokkies

Terug na bo...

Die illusie van keuse…

Die meeste van ons het seker nou al klaar vakansie gehou. Gedurende hierdie wegbreek-en-uitspan-tyd verbruik ons gewoonlik baie meer as in ander tye van die jaar. Maar het jy geweet dat daar glo slegs tien mega-korporasies is wat byna alles beheer wat ons koop?

Of dit nou huishoudelike produkte, troeteldierkos of denims is, volgens ‘n artikel geskryf deur Chris Miles vir PolicyMic is dit die geval. Die diagram hierbo is hul poging om ons ‘n idee te gee van wie betrokke is en hoe hul netwerk van eienaarskap en belang aanmekaar geweef is.

Die ‘groot 10’ is Coca-Cola, Kraft, Nestle, P&G, Johnson & Johnson, Unilever, Mars, Kellogg’s, General Mills en Pepsico.

Illusie van keuse

Volgens hierdie diagram, genoem ‘Die illusie van keuse’, skep hierdie korporasies ‘n ketting wat begin by een van tien super-maatskappye. Jy het seker al van die meeste van daardie groot name gehoor, maar dit is ongelooflik om te sien wat hulle alles besit, beheer en beïnvloed.

Die bron verduidelik dat die prent ‘n mengsel van netwerke uitbeeld. Moedermaatskappye mag sekere name besit, of aandele besit, of eenvoudig vennootskappe met hulle hê. ‘n Voorbeeld hiervan is Coca-Cola wat nie vir Monster besit nie, maar wel hierdie energiedrankie versprei. Daar vind ook gereeld verandering in verhoudings plaas, hoewel onlangse veranderinge dalk nie in die diagram uitgebeeld is nie.

Dieselfde gebeur met die nuusmedia

Dit gaan egter nie net oor wat ons kan koop en verbruik nie. Selfs die nuus en inligting wat ons in die hande kry word saamgebondel: 90% van Amerika se nuusmedia word tans deur slegs ses maatskappye beheer. Hierdie syfer het gedaal van 50 in 1983. Verder het die top 37 banke in Amerika saamgesmelt om slegs vier mededingers oor te laat.

Wat beteken dit alles vir jou en vir my? Seker nie veel nie…eet, drink, fliek en bad maar lekker verder. Ons sal tog niks daaraan kan doen nie! Of wat dink jy? Deel jou mening by [email protected]

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 SA verkiesing: Mense kan tot 7 Februarie in Wellington registreer

Suid-Afrika se Verkiesings Wysigingswet laat Suid-Afrikaners wat buite die land woon nou toe om te registreer om aan vanjaar se algemene verkiesing deel te neem. Mense kan tot 7 Februarie vir die verkiesing registreer. Volgens die SA Verkiesings Kommissie se webwerf is die verkiesingsdatum egter nog nie vasgestel nie.

Registrasie sal tot en met 7 Februarie gedurende kantoorure in Suid-Afrika se 124 buitelandse ambassades, hoëkommissariate en konsulate gedoen kan word, en daar is ook vir spesiale registrasienaweke voorsiening gemaak. Hoewel hierdie naweek daarby ingesluit was, kon Brokkies nie hieroor berig nie omdat vanjaar se uitgawes eers hierdie naweek hervat word. Vir mense wat nie deur die week sal kan registreer nie is daar nog een geleentheid om op ‘n naweek te registreer: 25 en 26 Januarie.

In Nieu-Seeland moet mense in persoon by die hoëkommissariaat in Wellington registreer. ‘n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument word vereis (‘n groen ID-boek met strepieskode, ‘n nuwe ID-dokument met slimkaart of ‘n geldige tydelike indentifikasiesertifikaat) asook ‘n geldige Suid-Afrikaanse paspoort. Suid-Afrikaanse burgers wat buite Suid-Afrika woon en wat reeds in Suid-Afrika as kiesers geregistreer is, hoef nie weer te registreer nie.

Die hoëkommissariaat se adres is State Insurance Tower gebou (7de vloer), 1 Willis street, Wellington. Hul kantoorure is Maandag tot Vrydag tussen 9.30vm en 4nm. Mense kan tot 7 Februarie 2014 by die kantoor registreer. Die oorblywende spesiale registrasienaweek sal wees op die naweek van 25 en 26 Januarie. Hierdie ure is dieselfde as deur die week.

Stemgeregtigde Suid-Afrikaners kan nagaan of hulle geregistreer is by www.elections.org.za

Woordvoerders van verskeie politieke partye in Suid-Afrika het mense in die buiteland herinner dat dit hul demokratiese reg is om te stem en deel te neem aan wat allerweë as ‘n baie belangrike verkiesing in Suid-Afrika beskou word.

Promosie-artikel Begin jou eie Annique-besigheid in 2014!

Eienaar Tracey Crosby

Annique New Zealand is slegs een jaar oud maar hul uitmuntende Rooibos gesondheids- en skoonheidsproduktereeks word al gewilder regoor Nieu-Seeland. Om hierdie rede word meer konsultante op verskeie plekke in die land benodig. So sê Tracey Crosby, eienaar van hierdie groeiende firma.

“Geen vorige verkoopsondervinding word vereis nie, en ons verskaf volledige opleiding.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014

“Ons Annique NZ-konsultante bedryf hul besighede onafhanklik en hulle bepaal hul eie ure, so dit is ‘n goeie geleentheid vir dames wat graag te midde van besige lewens ‘n bykomende inkomste wil verdien. Ons bied ‘n aantreklike afslag en winsplan vanuit die staanspoor aan, en dit is bykomend tot die maandelikse spesiale aanbiedinge en puik insentiewe wat regdeur die jaar aangebied word.

“‘n Konsultant se beginpakket kos slegs $250. Dit sluit in alle opleidingsmateriaal, bemarkingsmiddele en selfs Annique- produkte ter waarde van $500! Ons bied nuwe konsultante ook heelwat hulp en ondersteuning aan, want dit is ook in ons belang dat hulle hulself goed vestig”, sluit Tracey af.

Die Rooibos-faktor in Annique se unieke produkte

Annique is ‘n internasionaal-gerespekteerde gesondheids- en skoonheidshandelsmerk wat al verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale toekennings verower het. Hul produkte is uniek deurdat dit hoë vlakke van Rooibostee-ekstrak bevat.

Die Rooibos-ekstrak is ‘n betroubare, wetenskaplik bewese geneesmiddel en is anti-allergies, anti-spasmodies, anti- bakterieel, anti-viraal en anti-oksidanties, om ‘n paar eienskappe te noem. Rooibos bevat ook geen kafeïne nie en het lae tannienvlakke. Dit is ook veilig vir swanger vroue, vroue wat borsvoed asook vir jong kinders.

Die ekstrak help om velirritasies en aknee te versag en is ook goed vir ekseem. Rooibos bevat ook natuurlike alfa- hidroksiesuur. Aanduidings is dat dit bydra om fyn plooie te versag en meer gelyk te maak.

Die Annique-produkte word in Suid-Afrika vervaardig uit inheemse plantserums en kruie-ekstrak. Dit word vervaardig deur vooraanstaande kosmotoloë om aan alle ouderdomme en veltipes oplossings te bied. Die produkte is ‘hypo’ allergenies, wat dit geskik maak vir die mees sensitiewe veltipes. Geen toetse work op diere gedoen nie.

Vir meer inligting, of om by die Annique NZ-span aan te sluit, kontak asseblief vir Tracey Crosby by 09 945-0556, 021 149 3130 of [email protected].

Kiwi dollar bereik sterkste vlak nog teen Aussie

Dis ‘n nuwe jaar en dit lyk of Nieu-Seeland se sterk ekonomie volhard. Volgens Nieu-Seeland se aanlyn nuusdiens Stuff het die Kiwi dollar op 16 Januarie sy sterkste vlak ooit teen die Aussie dollar bereik terwyl die sterk Nieu-Seelandse ekonomiese storie voortduur.

Die Kiwi het A93.96c bereik voordat dit op A93.50c gesluit het.

Volgens Sam Tuck, senior buitelandse valuta bestuurder van ANZ woed die debat nou oor hoe lank die Kiwi hierdie soort vlakke teen die Aussie kan handhaaf. Hy voel dat daar geen rede is vir die Kiwi om teen die Aussie te sak nie, tensy die ekonomiese stories van Nieu-Seeland en Australië drasties verander.

Intussen het die Kiwi teen die Amerikaanse dollar teruggesak terwyl die VSA volgens hom positiewe ekonomiese data voortbring. Op dieselfde oggend het die Kiwi teen US83.30c verhandel, wat ‘n klein daling teen die vorige dag verteenwoordig toe dit teen US83.95c verhandel het. Hy skryf dit daaraan toe dat die VSA sterk vervaardigings- en werkskeppingsdata vertoon het.

Tuck sê die Kiwi het die laaste tyd - danksy die sterk Nieu-Seelandse ekonomie – sterker teen die Amerikaanse dollar vertoon as die meeste van sy eweknieë.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Intussen is Suid-Afrikaners wat in Nieu-Seeland woon en nog geld in Suid-Afrika het om oor te bring, asook mense wat gereed maak om hierheen te emigreer, waarskynlik nie baie gelukkig met die huidige stand van die vinnig verslegtende Rand/NZD wisselkoers nie. Dit het oor ‘n periode van minder as ‘n jaar van tussen R5 en R6 vir ‘n Kiwi dollar versleg tot in die omgewing van R10.

Voorspoedige nuwejaar almal!

Wille dinge om nog eendag te doen! (Deel 4)

Bennie van Zyl, ‘n kanniedood Bulls-ondersteunder van Auckland, het hierdie reeks aan Brokkies gestuur. Sal jy sulke waaghalsige dinge aanvang? Indien wel, moenie te lank wag nie hoor, die bene word later maar styf!

Ekstreme piekniek. Ekstreme ski in Wyoming, VSA.

Ons lesers skryf:

Kan enigiemand hierdie dame uithelp? Ongelukkig was dit teen saktyd nie bekend vanuit watter stad sy skryf nie. Daar was al meer as een stadsbiblioteek wat Afrikaanse boeke aangehou het maar ek vermoed sy is in Auckland, want Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland het jare gelede honderde Afrikaanse boeke aan die bibilioteek in Browns Bay geskenk. Sy verwys in haar brief waarskynlik na die oorblyfsels van daardie versameling.

Behalwe vir die boeketema maak die skrywer ook daarvan melding dat haar moeder niemand ken nie en waarskynlik baie eensaam voel. Dalk kan lesers ook met haar om daardie rede kontak maak?

Dear Editor

My mother is out here from . We’re currently working to get her residency. Apart from her not knowing anyone, she has read all the books at our local library of the authors she enjoys. The library says they do not have any more and cannot get any as there is no one to bring them in.

Please can you tell us where she can get books to loan to read and keep her busy while we’re all at work during the day. If anybody can assist, please email me at [email protected]

Many thanks in advance

Shelley Muller (for Wilma Ceronio) (NZ; not sure which city)

Kommunikeer so met Brokkies Vir Advertensie-riglyne, stuur ‘n e-pos aan [email protected] Om ‘n e-pos aan ons te skryf: [email protected] Om op te hou om Brokkies te ontvang, e-pos [email protected] met “Verwyder adres asseblief” in die onderwerpslyn.

Aanspreeklikheid en Regte • Die redakteur van Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie. • Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig. Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

1. Weer ‘Barn Dance’ sokkiejoltyd op Dairy Flat (noord van Auckland) – 1 Feb (1/2/15)

Kom dans saam en geniet die lekker musiek by ons ‘Barn Dance’. Ons speel onder meer Afrikaanse musiek, en hoop baie Suid-Afrikaners sal ons ‘sokkie’ kom geniet. Dit is ‘n maandelikse dans: elke eerste Saterdag van die maand! Datum: Saterdag 1 Februarie 2014 Tyd: Begin 7nm Plek: Dairy Flat Community Hall Toegang: $10 (beperkte kaartjies) Gelisensieerde kroeg: Klubpryse; slegs KONTANT (Geen Eft-pos) (Eie drinkgoed word nie daar toegelaat nie.) Bespreek 'n tafel vir 'n groep vriende en bring gerus eetgoed saam. Meer inligting: Sluit aan op Facebook: Barn Dance Boogie, of e-pos [email protected]

2. SA-lekkernye sal by Martinborough Fair te koop wees – 1 Feb & 1 Maart (1/7)

‘n Klompie Suid-Afrikaners in Wanganui beplan weer om ‘n Suid-Afrikaanse stalletjie by ‘n gemeenskapsfees te hou; baie soos hulle verlede jaar by ‘n multikulturele fees in Whanganui gedoen het. Hierdie keer beplan hulle om hul lekkernye by die groot Martinborough Fair te verkoop. Hierdie fees word op twee Saterdae aangebied: 1 Februarie en 1 Maart 2014. Hulle gaan boereworsrolle, melktert en ‘n paar nuwe idees daar hê. Beplan solank jou dagboek om die te gaan geniet! Daar sal ook honderde ander stalletjies wees. Lees meer by http://www.martinboroughfair.org.nz/

3. TunaRadio saai wêreldwyd uit in Afrikaans – uit Wellington TunaRadio se leuse is "Vir Ons Mense, Met Ons Mense" en daarom kan ons lekker saamkuier met Pieter en sy span wat ons heeldag vermaak met SA-musiek en Afrikaanse geselsies. Retha Kruger gesels in Kos&Kerjater oor eet, drink en gesond leef, terwyl Pieter en Deon oor alles kuier, van Sport&Plesier en Taal&Kultuur tot Kort-Kort Stories en JeugJolle. Alana Bailey van AfriForum kuier ook saam met Pieter in ‘SA in 'n Minuut’ waar hulle hoogtepunte van die SA-week bespreek. Kuier gerus by http://www.tunaradio.net en luister vanaf hulle Luisterblad. Volg TunaRadio op Twitter @tunaradio, skryf aan hulle by [email protected] of gesels met hulle op Skype by tunaradio.net.

4. Luister na Afrikaanse Radio-uitsendings in Auckland Die Protea-Uur word sedert Junie 2001 elke Sondag om 2.55 nm op 104.6 PlanetFM uitgesaai. Dit is 'n tweetalige tydskrifprogram en bestaan uit geselse, musiek, nuuswaardighede, ens. Die aanbieder is Jan Coetsee en hy verneem graag van gebeure en van ‘Oulanders’ wat as ateljeegas wil kom kuier en hul eie musiekkeuse uitsaai. Skryf aan Jan Coetsee by [email protected]

5. Afrikaanse Musiekprogram uit Australië oor Internet ‘n Afrikaanse musiekprogram word op Donderdagaande uit Bundaberg, Australië, deur Rochelle Nieuwenhuizen aangebied van 6 tot 8 nm Ausie- tyd - 2 ure na NS-tyd in die winter en 3 ure later in die somer. Skakel in by www.coralcoastradio.net.au. Stuur jou e- posadres aan Rochelle, dan laat sy jou weet wat gebeur in Afrikaans Sonder Grense. Haar e-posadres tuis is [email protected] en haar adres by die radiostasie terwyl sy uitsaai is [email protected]. Jy kan ook op Facebook by “Afrikaans Sonder Grense’ inteken.

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

1. Inligting vir voornemende Immigrante na NS (1/5/10)~P Besoek www.fritzswart.co.nz en kliek op die skakel “Tips on Moving to NZ” vir waardevolle inligting en advies oor verhuising na Nieu-Seeland. Vir verdere navrae gebruik die “enquiry”-skakel of stuur ‘n e-pos aan Fritz Swart by [email protected]

2. ‘n Dame in Auckland-gebied vra werk (2/2) Ek wil vra of iemand nie vir my skoonmaak- of tikwerk het nie. Ek kan werk van 9 tot 1 in die Papakura-gebied. Ek is 58 jaar oud en nog fiks. Baie dankie by voorbaat. E-pos asb. [email protected]

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo... Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Dienste Motors Skoonheid & Gesondheid Akkommodasie / Huishuur Eiendomme Professionele dienste Versekering Ambagsmanne / Kontrakteurs Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. Plek in Vraghouer beskikbaar vanaf Suid-Afrika (1/10/10) P Daar is elke maand plek in ons vraghouer (‘container’) beskikbaar vanaf na Auckland vir mense wat ‘n paar meubelstukke of net ‘n paar kartonne wil oorbring. Skakel Jaco Bosman by 09 476 7056 of 021 187 3045 of e-pos: [email protected].

2. ONStv is hier: Suid-Afrikaanse vermaak in jou sitkamer! (5/5/10~2) Kry die nuutste SA rolprente (ook Afrikaans), gewilde TV-programme en musiek op jou televisieskerm, tablet of slim selfoon – hier in NZ! Geen subskripsiefooie of kontrakte nie! Bestel jou video aanlyn. Indien jou TV-stel internetgereed is, is jy halfpad daar. Indien nie, koop die ‘smart TV dongel’ aanlyn of by sekere SA winkels in NZ. Dit omskep die TV-sein en kos slegs $100. Nuwe flieks kos $6; ouer flieks minder. ‘n Skat van Afrikaanse vermaak wag! Vir Skryf aan [email protected]. Besoek www.ONStv.net om te begin.

3. Wanganui Rivier TOP 10 Vakansie Oord (4/5/10)~2 Ons verwelkom graag gaste wat hou van braai. Braaie, toeklaproosters en brikette is beskikbaar. Ook boerewors! Ons het alles wat jy in 'n vakansie-oord sou verwag. Goed geleë langs die rivier vir ski en see-visvang. Waar is jou volgende braaipolar / verjaarsdag / nuwejaarsfees? Tel 06 343 8402, e-pos [email protected]; www.wrivertop10.co.nz

4. The Sewing Room (4/5/10)~1 Ek doen herstel- en verstelwerk en maak ook rokke vir spesiale geleenthede, strooimeisierokke, ens. Ek gee ook klas vir beginners op 'n individuele basis. As jy wil leer om self naaldwerk te doen, of net hulp nodig het met 'n projek, kontak my gerus by [email protected] of 021 0244 1516 - Auckland Suid.

5. Beleef Ilse se kunssinnigheid by ‘Close to the Heart’ (4/5/10) P Wil jy graag handgemaakte kaartjies vir familie of vriende gee maar weet nie waar om te begin nie? Kontak my vir inligting oor klasse. Beginnerspakket beskikbaar. Skakel Ilse by 021 236 9434 of epos [email protected] . Besoek ook http://www.ilsepieterse.shopctmh.co.nz vir alle benodigdhede.

6. Sewing Machine Repair Centre (5/5/10) Vir die diens of herstel van alle naaldwerk- en omkapmasjiene. Kontak Rudie Gouws. 145 Upper Harbour Drive, Greenhithe, Auckland Tel (09) 950 3914 en selfoon 0211 484 990. E-pos: [email protected]

7. Nuwe privaat-skool in Auckland (North Shore) - Christenwaardes (5/5/10)~4 Afrikaans word as keusevak aangebied! Besoek ons webwerf vir meer inligting www.joshuacollege.com Gesels met Francois Joubert of reël ‘n ontmoeting: E-pos: [email protected] Mob: 022 156 0761

Akkommodasie / Huishuur

Terug na besigheidstipes...

1. Beplan jy ‘n vakansie in SA? Gastekamer in Kaap te huur (1/4/15) Heerlike privaat gastekamer geleë in die asemrowende hart van die wynlande naby . In die De Wijnlanden Estate naby die N2. (Baden Powell-afrit vanaf N2) Slegs 20 minute vanaf lughawe en vervoer kan gereël word. Gratis parkering en WIFI. R290 per dag per persoon. Epos: [email protected]

2. Bellrock Lodge – Russell, Bay of Islands (5/5/10)~1 * Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Besoek Bellrock Lodge in Russell vir ‘n onvergeetlike ondervinding met die beste uitsig in Russell. SKY, WiFi, lugreëling, aparte sitkamer vir gaste. Baie om te doen. Qualmark 5-stergradering. 10% afslag aan lesers van Brokkies vir bespekings van 2 dae of meer. Besoek ons webtuiste www.russellbnb.co.nz vir baie meer inligting, skakel Peter of Lorraine by 09 403 7422 of stuur ‘n e-pos na [email protected] . Sien ook terugvoer op Tripadvisor vir Bellrock.

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Geen advertensies hierdie week nie.

Dienste

Terug na besigheidstipes...

1. AUCKLAND: Matte en Huishoudelike Skoonmaakdienste (5/5/10)~3 Real Clean Services bedien 50km radius van die North Shore van Auckland. • Stoomskoonmaak van matte, lopers en Persiese matte • Vlekke kan behandel word • Eenmalige skoonmaak (spring clean): $150 vir 3 ure • Stowe, oonde, ys- en vrieskaste • ‘Einde van huurkontrak’ skoonmaak Skakel Johan Spies tolvry by 0800 000 163, of besoek www.realcleanservices.co.nz

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

1. Oorweeg jy om huis te koop in Auckland? (1/5/10)~1 Ek besef dat die koop en verkoop van eiendom n groot finansiële en emosionele besluit is, maar sal jou graag wil help. Wil jy weet wat jou eiendom nou werd is, of weet jy van iemand wat wil koop of verkoop? Jy is welkom om my te kontak, Jan Smal by 0210730016 of [email protected] Gelisensieerde agent vir Barfoot & Thompson.

2. Huiskoop of verkoop? (1/5/10)~0 Huiskoop of verkoop op die North Shore? Ek verstaan Suid-Afrikaners se behoeftes baie goed en kan jou help met koop of verkoop. Skakel my, Ronelle Henning, op 021 138 4004 of epos [email protected] . Ek is ‘n gelisensieerde agent vir Barfoot & Thompson, Auckland se grootste agentskap.

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Hoe bring ek my SA Rand na Nieu-Seeland? (1/10/10) P Het jy iewers geld op belegging? Onseker oor hoe om dit oor te plaas? Mutual Financial Services in assosiasie met Rand ReUnite spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgelde. Ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Die SA Reserwebank staan dispensasie toe aan SA-residente en burgers om jaarlikse toelae te gebruik om rande oor te plaas. Registreer by http://www.randreunite.com/registration.php . Kontak Herman Roodt by 09 473 0880 (w), 021 736 030 of e-pos [email protected] of besoek www.mfs.net.nz

2. Glenfield Tax Accountants – Small business experts (3/5/10) P Glenfield Tax Accountants ~ Small Business Experts with a Different Approach. GST & Income Tax Returns for Companies, Sole Traders, Trusts, Partnerships & Rental Properties. We expand your awareness of how business WORKS ~ of how businesses GROW ~ and how to ENJOY your business. First Visit FREE! Contact Mariska Malan on 09 551-6976 or [email protected]; www.taxshop.co.nz

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014

3. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? (4/5/10)~2 P Rand Reunite is ‘n plaaslike maatskappy wat SAners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om hulle te “reunite” met hul Rande! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Kontak Rudi direk: 09 972 0857 / 021 222 7897 / www.randreunite.com of besoek ons by ons nuwe kantoor: 18 Canaveral Drive, Albany (Auckland se North Shore).

4. Huiskoop is jou grootste finansiële besluit! (6/10/10) P Benodig jy 'n huislening teen die beste rentekoers? Ons huisfinansieringspesialiste kan help met die volgende vrae: • Vir hoe groot lening kwalifiseer ek teen 'n mededingende rentekoers? • Kan ek my eiendom se waarde gebruik vir 'n deposito op 'n nuwe eiendom? (Groot belastingvoordeel) • Watter versekering het ek nodig? Vir gratis advies skakel Richard en sy span by 09 479 8449 / 0800 112 300 of e-pos [email protected] vir 'n afspraak... jou tyd... jou plek, of kom drink 'n cappuccino by ons kantoor te 753 Beach Rd, Browns Bay. *Nuusflits - 95% huislenings nou weer beskikbaar - Skakel Richard vir inligting!

5. Tyd om te besluit… (4/5/10)~3 -/ Sit jy stèèds met aftree-annuïteite in Suid-Afrika? Laat cashkows.com jou ‘retirement annuity funds’ na Nieu-Seeland oorplaas. Ons is self Suid Afrikaners; werk daagliks met SARS en SARB; het 7000+ SA ‘expats’ se ‘finansiële emigrasie’ suksesvol hanteer; ons belastingkonsultante verseker intelligente en koste-effektiewe besluitneming. Laat ons jou help. Besoek gerus http://www.cashkows.com/default.asp

Motors

Terug na besigheidstipes...

1. Glenfield Autocentre – Your ONE stop Automotive Service Centre! (3/5/10) P Economy or Full Automotive Service Options on ALL MAKES of Vehicles. I also specialize in BMW. Auto, Transmission Flushing, WOF Repairs, Auto Electrical Repairs & Wiring, Installations of Radios & Reverse Camera Systems, Brake & Suspension Specialists. Committed to the Best Prices and Quality Service. Contact Johan on 09 444-68-76, or visit www.glenfieldautocentre.co.nz

2. Motorherstelwerk-bestemming op die Shore (4/5/10) P Pit Stop Browns Bay is in Suid-Afrikaanse besit. Uitlaatstelsels, remme, suspensiewerk, skokbrekers, dienste, “cambelts”; koppellaars; “CV joints” en WOF-herstelwerk. Vir ‘n professionele, hartlike, waarde-vir-geld dienservaring sonder gelyke, in beide Afrikaans of Engels, kontak Duncan by 479 5311 / 479 5314 òf loer in te Beach Road 749, Browns Bay

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Dental Practice on the North Shore (1/5/10) P Sunset Dental Care, Unit 18 North Shore Medical Centre c/o Sunset & East Coast Rd. Dr Jonathan Franks BDS (Rand), ex-South African run & owned. New patients welcome. Special: Free examination for new patients Call 478 2112 or [email protected]

2. SILVER FERN IMMIGRATION SERVICES – Committed to your success (1/5/10) P Drie gelisensieerde adviseurs om jou te help met enige immigrasiewerk. Ons help graag met; • SMC (Skilled Migrant Category) – E-pos jou CV na ons vir ‘n gratis evaluasie • Werksvisas – Het jy ‘n werksaanbod? Ons kan help om jou werksvisa in die kortste moontlike tyd deur te kry • Besigheids- en Entrepeneursvisas – Ons kan help om jou besigheidsidee te laat gebeur • Beleggers – Het jy geweet dis ‘n kortpad na permanente verblyfreg? • Ouers van ‘permanente residents’ – Ons bied ‘n spesiale prys aan ouers Kontak ons vir meer inligting: [email protected] , [email protected] en [email protected] Besoek www.silverfernimmigration.co.nz of kontak ons op 09 2777 848, of Skype op Silverfernimmigration1

3. North Shore Immigration (Established 1993) (1/5/10) P

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 We have 3 licensed advisers and 5 support staff operating on the North Shore, Auckland. Professional immigration advice in English, Russian, Chinese, Romanian & Spanish. We specialise in long term business visas but can assist in:  Skilled Migrant Category  Business/Entrepreneur Category  Work Visas  Study in New Zealand  Renewal of passports Free advice and free assessments. Contact Simona [email protected] or Peter [email protected] or call 415 33 92 for appointment. Visit www.nsis.co.nz or www.sagoingtonz.co.nz for lots of info regarding Immigration to NZ

4. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses (3/5/10)~3 Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, gesels met Martin Hefer — 021 210 2002 of [email protected]

5. Regsadvies – Downie Stewart Lawyers (11/25/10) Op soek na ‘n prokureur wat jou verstaan? Eerste telefoon-konsultasie gratis vir Brokkieslesers. Kontak Pieter Brits by 021 990 711 of [email protected] of besoek ons webblad www.downiestewart.co.nz vir meer inligting.

6. Baker Law – Prokureurs North Shore en Howick (5/5/10) P Ons is die grootste Afrikaanse prokureursfirma in die land en help graag met ‘n wye verskeidenheid van sake. Ons het spesialiste in eiendommme, trusts en testamente, litigasie, besigheidsreg en arbeidsreg. Ons kantore is in Beach Rd, Mairangi Bay (ingang uit Hastings Rd, langs United Video), en in Uxbridge Rd, Howick (langs Ray White).Skakel ons by 09 476 8000 of e-pos na [email protected]

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

1. PC Fixit Rekenaardienste (1/5/10) ~3 P Ons bou rekenaars volgens u vereistes, installeer netwerke, doen opgraderings en herstelwerk by u huis of kantoor regoor Auckland. Skakel Juanita of Philip Coetzee by 09 271 2441 of 0800PCFixit. e-pos: [email protected]

2. Silverdale Rekenaar-ondersteuning (5/5/10) ~4 Ons doen algemene Apple- en Windows-rekenaarondersteuning. Ook outomatiese data-rugsteuning (back-ups) en sinchronisasie van data tussen rekenaars. Bedien die Hibiscus Coast en North Shore. Skakel Danie by 09-427-8980 of 022-54321-54 of epos [email protected]

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. NASIONAAL: Annique Rooibos Gesondheid en Skoonheid (9/10/25) KONSULTANTE LANDWYD BENODIG! Bedryf jou eie Annique-besigheid vanuit jou huis. Sluit aan by ons vriendelike, ondersteunende span. Geen verkoopsondervinding is nodig nie; volledige opleiding word aangebied. Uitmuntende inkomste! Kontak Tracey Crosby by 09 945-0556, by [email protected], of besoek www.anniqueonline.co.nz of via Facebook: www.facebook.com/AnniqueNZ

2. ‘Only You Skin and Beauty Clinic (3/3/15) Vertroetel die vrou in jou lewe die Kersfees met ‘n ‘Indulge’-skoonheidsbehandeling in ‘n rustige, natuurskone omgewing waar net sy saak maak! Ingsluit kruietee en vrugteslaai! Slegs $79, aanbod geldig tot 24 Desember 2013. Skakel Nicky (09) 444-4700 vir jou geskenbewys of besoek www.onlyyouskin.co.nz

3. KAPITI COAST – ‘House of Hair Salon’ bied professionele, bekostigbare diens (3/5/15) Moeg gesoek vir ‘n Suid-Afrikaanse haarkapster wat jou behoeftes verstaan? Ek is op die hoogte van alle nuwe haarstyle, kleure en haarprodukte. Ek is gekwalifiseer en geniet die persoonlike interaksie met my kliënte. Skakel my, Mariaan van Niekerk, vir meer inligting of ‘n afspraak: Tel. 04-904 0878 / sel. 021-059 8078 / e-pos [email protected] Ek is ook die senior konsultant vir Annique rooibos skoonheidsprodukte in die Kapiti Coast-gebied.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Fritz Swart vir al jou versekeringsbehoeftes en meer (1/5/10) P Fritz Swart het meer as 25 jaar ervaring in die versekeringswese. Nuwe NZ lewens-, mediese, kar- en huisversekering teen lae premies. Advies en inligting oor jou SA-polisse. Ook huisverbande en gratis NZ testamente vir kliënte. Skakel 09 473 5210 of 021 183 8936 alle ure. E-pos: [email protected] en webblad

2. Uitree-annuïteite in SA mag nou voorwaardelik afgekoop word (1/5/10) Indien u oor Permanente Verblyfreg of Nieu-Seelandse burgerskap beskik, mag u moontlik u uitree-annuïteite in SA afkoop, selfs al is u jonger as 55 jaar. Vir verdere inligting, stuur asseblief ‘n e-pos aan Fritz Swart ([email protected])

3. Nuut in Nieu-Seeland? (19/25/10) Kontak FINCARE. Ons bied lewens-, mediese en korttermynversekering, asook hulp met huisverband aansoeke. Gratis hulp met met die afkoop van uittree-annuïteite en raad oor wat om te doen met jou SA polisse vir ons kliënte. Skakel 09 963 6291 of 021 472 444 of e-pos [email protected]. Ons webblad is www.fincare.co.nz. en kyk gerus na ons facebook – Fincare.

4. Hoeveel lewensdekking het ek regtig nodig? (10/10/10) Doen self die berekening en bepaal hoeveel lewensdekking jy nodig het. Kliek asseblief op die volgende skakel daarvoor: http://www.mfs.net.nz/lifecalc.htm. Ons kan jou ook hiermee help indien jy onseker is. PROBEER ONS! Skakel Herman Roodt van Mutual Financial Services Ltd by 09 473 0880 (w), 021 736 030 (s) of e-pos

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. Safari Meats & SA Shop in Christchurch spog met nuwe webwerf! (1/5/10)`4 Safari Meats & SA Shop spog met ‘n splinternuwe webblad! Vir die beste Boerewors, Biltong en die geurigste Rumpsteak in New Zealand, besoek ons by www.safarimeats.co.nz en plaas jou bestelling aanlyn (ons versend daagliks regoor NZ). Loer gerus in by 100 Carmen Road, Hornby, Christchurch. Kontak Chris, Magda of Riki by 03 389 7703/5.

2. Fred’s Fine Foods – Landswyd bekend vir puik produkte! (1/5/10)~1 P Ons maak smullekker biltong, droëwors, boerewors, russians, viennas, melktert, beskuit en koeksisters en het ‘n groot verskeidenheid SA produkte. Kontak vir Aletta, Alida of Danie! Ons lewer produkte landwyd. Besoek ons te Unit H, 52 Oteha Valley Rd, Albany op die North Shore of skakel 09 475 5403. Nou ook by die Highlands Park winkelsentrum, 505 Pakuranga Rd waar Meisie en Cole alles verkoop wat ons in Albany aanhou. Saterdae het hulle ook ‘n boereworsrol-stalletjie. Hul tel is: 537 1643. Besoek www.fredsfinefoods.co.nz.

3. ‘The Original SA Shop’ in Browns Bay het van alles en nogwat (2/5/10) P Kom besoek ons by The Original SA Shop 12 - 18 Inverness Road, Browns Bay - Op die hoek van Glen Road en Inverness Road. Ons hou ‘n groot voorraad Suid-Afrikaanse produkte aan soos Biltong, Boerewors en Melktert, Koeksisters en Fudge asook ‘n groot verskeidenheid kruideniersware, lekkers en chips. Probeer ons tuisgebak: Koeksisters ($7.90), Melktert ($11.50), Peppermint Crisp-tert ($16.90) Kontak ons by: Tel: 09 476 3414 / Web: www.thesashop.co.nz / E-pos: [email protected]

4. SA Shop Howick – sedert 2001 (3/5/10)~2 Callie en Kim le Roux bied die gewone SA produkte, asook vars boerewors, hamburger-patties, chilli-bites, biltongblare en tuisgemaakte terte en beskuit - ook smullekker gemarineerde Spur-tipe ribbetjies! Ons het ook SA-wyn, bier en hardehout. Ons lewer landwyd af. Kom kuier by Wellington Street 170, Howick of tel 533 7085. Baie dankie aan bestaande kliënte en baie welkom aan nuwe aankomelinge vanuit Suider-Afrika!

5. Safari Biltong het nuwe winkel bygekry! Skakel net 0800 BILTONG (5/10/10) P Skakel 0800 BILTONG vir Nieu-Seeland se gunsteling biltong. Safari biltong is ook aanlyn beskikbaar. Ons versend daagliks en bied gratis aflewering vir bestellings van 1kg of meer (opsies op ons webwerf: http://www.safaribiltong.co.nz/).

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Baie billike pryse – sien webwerf vir “specials”. Bestel by [email protected] of 0800 BILTONG. Ons het ‘n winkel bygekry, by 45 New North Rd, Auckland City. Ons het ook nog ons kiosk by 83 Apollo Drive, Albany.

6. Suid Afrikaanse Winkels in Rosedale Road en Stanmore Bay (8/10/10)-P Die SA-winkels in Rosedale Rd en Stanmore Bay hou baie SA produkte aan soos biltong, boerewors, koeksisters, melktert en kruideniersware. ‘South African Kiwi’-gholfhemde nou beskikbaar. Groot verskeidenheid SA-CD’s, SA-wyne, SA-biere en ander drank! Besoek ons by 6c Rosedale Rd (net af van East Coast Rd) - tel 09 478 8016, of by 2B Arklow Lane, Stanmore Bay (draai regs op die bult na PlaceMakers op pad na die Pacific Plaza) tel 09 428 0850.

Werksgeleenthede

Terug na bo...

Geen werkgeleenthede ontvang nie.

Afrikaanse kerkdienste

Terug na bo...

Geestelike Pitkos Terug na bo...

Nog ‘n jaar, nog ‘n kans

Vuurwerke en goeie wense het soos gebruiklik 2014 ingelui.

As net die helfte van die Nuwejaarswense realiseer, sal hierdie jaar soos hemel op aarde wees vir ons almal. Ons gaan gesond wees, voorspoedig, gelukkig, vredevol, vreugdevol...

Dis lekker om die goeie wense te ontvang - hulle het aan my gedink en die moeite gedoen om my by die lysie van mense te voeg vir wie hulle die boodskap gestuur het. Dis goed en belangrik dat ons vir mekaar die beste vir die nuwe jaar toewens.

Die ontnugterende realiteit is dat ons die werksaamhede van die nuwe jaar aanpak en gou besef dat nie veel verander het om middernag die 31ste Desember 2013 nie. Die uitdagings, haakplekke, bekommernisse en ander minder lekker aspekte van ons daaglikse bestaan is steeds met ons.

Tog gee 'n nuwe jaar ons die kans om te besin, 'n paar goed dalk anders aan te pak, en die kans om nuut te dink.

Hoe meer innerlike reserwes ons het, hoe makliker is dit om te hanteer wat die jaar vir ons gaan inhou en die meeste daaruit te kry. Daarom is Paulus se gebed vir die Efesiërs vir my so gepas: "Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word." (Efesiërs 3:16-19 uit Nuwe Lewende Vertaling)

Dis belangrik dat ons altyd onthou hoe onmeetlik en onbegrens God se liefde vir ons is, dat ons vir Hom kosbaar is en dat Hy ons hoog ag. Hierdie liefde, waarde en besondere posisie wat ons in God het is die beste basis waarvanaf ons die jaar kan aanpak.

Verder is dit belangrik om te onthou dat ons uiteindelik net ons eie houding en gedrag kan beheer en daarvoor verantwoordelik is.

Daarom is my wens vir jou: Mag 2014 'n goeie jaar wees, aan die einde waarvan jy kan sê: Ek het my bes gedoen, ek het vir ander iets beteken, my verhouding met God het gegroei en ek is 'n dankbare mens. Mag jy die innerlike krag kry wat jy elke dag nodig het, altyd bewus wees van God se liefde en weet dat jy 'n besondere doel in die lewe het.

Ds Jaco Reyneke Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland (Tauranga-gemeente)

Afrikaanse kerkdienste

1. Erediens te ASHBURTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Elke derde Sondag van die maand om 3:00 nm in die Evangelical Presbyterian Church, 63 Princess Street, Ashburton. Die Leraar is ds Andre Strauss van Christchurch. Elke ander Sondag sal daar 'n diens wees wat gelei word deur Willem Ferreira. Na die diens word saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. Skakel ds Andre Strauss by 021 134 4383 of [email protected] of Willem Ferreira by 027 766 3890, 03 327 3326 of [email protected] vir meer inligting.

2. Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (AUCKLAND-gemeente) Om 10vm in die Rothesay Bay Ratepayers Association se saal op die hoek van Beulah Avenue en Rothesay Bay Road (1 Beaulah Avenue). Besoek ons vir 'n gewyde Afrikaanse erediens en kuier na die diens lekker saam. Kategese na die erediens vir alle ouderdomme. Besoek gerus die gemeente se webblad www.ackauckland.co.nz vir meer inligting.

3 Erediens te CHRISTCHURCH: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:30 vm. Al die eredienste word tydelik in die kerkgebou van die Sewendedag Adventiste wat op die hoek van Breens Road en Bonita Place geleë is, gehou. Die prediker is ds Andre Strauss. Na die diens kuier ons saam om 'n koppie koffie/tee. Skakel ds Strauss by 021 134 4384 of e-pos na [email protected] vir meer besonderhede.

4. Feesdienste van Doxa Deo Auckland Ons Feesdienste op die North Shore word elke Sondag om 09:00 vm by AUT se A A-gebou te 90 Akoranga Drive, Northcote, gehou. Tydens die oggenddiens word die kinders ook bedien op hulle vlak. Jongmense en tieners kom Woensdae om 7:00 nm byeen by die Presbiteriaanse kerk te 539 Albany Highway, North Shore. Besoek gerus ons webblad www.doxadeo.co.nz vir meer besonderhede oor wat die gemeente bied. Rig navrae aan Marinda by [email protected] of skakel Karel Botha by 022 601 3397 of 09 414 1181 (Kerkkantoor). Almal is baie welkom!

5. Erediens te Greymouth: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Elke laaste Sondag van die maand om 5:00 nm in die Baptiste Kerk, 76 High Street Greymouth. Bybelstudies vind weekliks plaas op Woensdae om 7:00 nm. Almal is hartlik welkom. Vir inligting oor gemeentelike aktiwiteite skakel gerus ds Andrè Strauss by of 021 134 4383 of stuur ’n e-pos aan [email protected]

6. Erediens te HAMILTON: Afrikaanse Christen Kerk van NS Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:00 vm in die Auditorium van die St Paul's Methodist Church 62 London Steet, Hamilton (agter die kerkgebou; parkering en ingang vanaf Harwood Street). ‘n Volledige geloofsonderrig-program word aangebied vir kinders, voorskools tot belydenisklas. Tee/koffie word na die tyd bedien. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of [email protected]. Almal is baie welkom.

7. Erediens in TE AWAMUTU - ‘n Bediening van die ACK, Hamilton Elke Sondag om 6:00 nm is daar ‘n Afrikaanse erediens in die Assemblies of God Kerk, 654 Alexander Street, Te Awamutu. Skakel Ds Johan Hendricks vir meer inligting: 07 855 3329 / 021 233 1785 of epos [email protected]

8. Wyksdiens in WAIKATO DISTRIK: Afrikaanse Christen Kerk van NS, Hamilton Die erediens vir Hamilton se landelike gebied vind elke Sondag van die maand om 11:30 vm in die kerkie op die hoek van State Highway 27 en Diagonal Street plaas en word gelei deur Ds Johan Hendricks. Dit is ongeveer Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 halfpad tussen Morrinsville (Tutuanui) en Matamata op State Highway 27. Geloofsonderrig word aangebied. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of 021 233 1785 of [email protected] vir meer inligting

9. Nederduits-Hervormde Kerk in Nieu-Seeland – Gewyde eredienste - CLIVE Gewyde Afrikaanse eredienste om 6nm in St Francis Parish, Ferry Road, Clive. Lekker kuier na die tyd. Volwaardige kategese/Sondagskool na die erediens. DVD-dienste uit die Hervormde Kerk, Nylstroom gelei deur Ds C Liebenberg word gespeel. Skakel Dr Ronelle Brits (Skriba) by 068751961 of 021807442 of e-pos na [email protected] vir meer inligting. Dr Stan Theron en Ds Sonnedecker is ons besoekende prediker en datum van preke sal vooraf verskaf word. Geloftediens op Sondag 15 Desember. Vir meer inligting: https://www.facebook.com/pages/Geloftefees- Hawkes-Bay/324099771062397 . Ds Liebenberg (konsulent) kom op ‘n amptelike besoek in Februarie 2014 uit Suid Afrika en n volledige program sal eersdaags verskaf word.

10. Erediens te HOWICK-gemeente in AUCKLAND: Afrikaanse Christen Kerk van N S Erediens elke Sondag om 9:30 vm in die skoolsaal van Lady Star of the Sea Skool, 19 Stellamaris Way, North Park, Howick. Die jeug word ook tydens die erediens in die oggende bedien. Daar is ook ‘n Engelse diens om 7:00 nm by dieselfde lokaal wat deur Annericke Leonard / Ruan Swart gelei word. Ons missie: Ons is ‘n gemeente wat leef as liefdevolle ligdraers vir ons stad en sy mense. Ons wil hê dat mense ons moet ervaar as biddende dissipels wat onsself gee as lewende offers, onvoorwaardelik liefdevol is, feesvierend uit God se genade leef, absoluut vertrou op die Here en sterk en vasberade in Christus leef. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by [email protected]

11. Eredienste te NAPIER: Hawkes Bay-gemeente van die ACK van NS Afrikaanse eredienste elke Sondag om 10:00 vm gedurende die winter en 8:50 vm gedurende die somer. Die verandering is gekoppel aan dagligbesparing. Elke Sondag voor die erediens is daar gebedsbediening om 8:30 vm gedurende die somer. Ons kinderbediening (5-12 jaar) vind gedurende die erediens plaas. Ons het ook 'n jeugbediening vir hoërskooljeug (13-17 jaar) wat Sondagoggende direk na die erediens om 10:00 vm plaasvind. Die adres waar ons eredienste hou is EIT (Eastern Institute of Technology) Campus, Lecture Theater 1, Gloucester Sreet, Taradale, Napier. Meer inligting, insluitende 'n roetekaart, kan verkry word op ons webblad www.ackhawkesbay.co.nz of deur Ds Derik Kotze te skakel by 06 929 0154 / 021 242 2025 of [email protected]. Na die afloop van die erediens kuier ons almal lekker saam met ‘n koppie koffie/tee

12. Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (NORTH SHORE-gemeente) Erediens elke Sondag om 09:30 vm in die gebou van die Seventh-Day Adventist Church te 40 Bronzewing Terrace, Unsworth Heights. Ons Visie–Slagspreuk “Ons geloofsfamilie is jubelende draers van Jesus se liefde en lig”. Ons wil ‘n warm tuiste met liefde en aanvaarding bied en erkenning gee aan verskillende generasies en elkeen se unieke styl van aanbidding en belewing van God. Besoek www.acknorthshore.co.nz vir meer inligting of e-pos na [email protected] Die Leraar is Ds Danie Marais, 14 Fitzwilliam Drive, Torbay, North shore, Auckland, 09 473 5320 en 021 556 853 of e-pos [email protected]

13. Afrikaanse Kerkdienste in PAKURANGA - Auckland Afrikaans Community Church Elke Sondag in Studio 4 om 10:00 vm. TE TUHI CENTRE for the ARTS, 13 Reeves Rd, Pakuranga. Dienste word gelei deur Louis Fourie. Almal baie welkom.Vir verdere inligting skakel:Louis Fourie 021 0272 6270 of e-pos na [email protected]

14. Erediens te PUKEKOHE: Afrikaanse Christenkerk van Nieu Seeland Erediens elke Sondagaand om 6nm in die winter (tans die begintyd) en 7 nm in die somer, in die Wesley Methodist Church, h/v Queen & Wesley Street, Pukekohe. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by [email protected]

15. Eredienste te ROTORUA: Afrikaanse Christen Kerk van NS (ROTORUA-gemeente) Eredienste vind elke Sondag om 6:00 nm (Somertyd) en 5:00 nm (Wintertyd) plaas in die kerkgebou van die Seventh-Day Adventist Church, 311 Fenton straat, Rotorua. Die eredienste word deur Ds. Riaan Rossouw gelei. Die gemeente bied ‘n volledige geloofsonderig-program vir die kinders aan (voorskools tot belydenisklas), daar is omgeegroepe, gemeentebybelstudie en ‘n gebedsgroep en ‘n saamkuier geleentheid na afloop van die diens. Skakel die kerkkantoor by 07 348 4875 (h) of 022 345 4775 (s) (Irma van Niekerk) of Ds. Riaan Rossouw by 07 345 7958 (h) of 027 566 5458 (s) of e-pos na [email protected] vir nadere besonderhede. Gaan kyk gerus na ons webwerf www.ackrotorua.co.nz. Let wel: die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”.

16. Afrikaanse kerkdienste in TARANAKI Elke Sondag om 10vm. Dienste vind plaas elke 1ste, 3de en 5de Sondag van die maand in New Plymouth in die Citizen's Advice Bureau saal langs die YMCA, verste punt van parkeerarea oorkant die District Council gebou in Leach

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Street. Ook elke 2de & 4de Sondag in die kerkie op die terrein van die Taranaki Pioneer Village, net suid van Stratford op SH3. Navrae kan gerig word aan Francois Bredenkamp by 06 759 6951 (h) of 021 147 3674. Vir die jongste inligting besoek www.taranakichristen.blogspot.com

17. Afrikaanse kerkdiens in TAUPO Kerkdienste is om 7:00 nm in die St Paul's Union kerk, h/v Rifle Range en Tamamutu Street, elke 2de maand, elke 4de Donderdag van die maand. Die volgende dienste is 22 Augustus (Nagmaal) en 24 Oktober en Kersdiens en ete 5 Desember 2013. Die prediker is Dr Jaco Reyneke. Na die diens word daar lekker gekuier met ‘n koppie koffie of tee en lekker eetgoed. Alle belangstellendes is welkom. Vir meer besonderhede, of om die datum en tyd van die diens te bevestig, skryf aan Retha Janse Van Rensburg – [email protected]

18. Afrikaanse Eredienste te TAURANGA Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Tauranga-gemeente het elke Sondag ‘n erediens in die St Enoch's Presbiteriaanse Kerk te 134 Sixteenth Avenue. Dr. Jaco Reyneke lei die eredienste. Wintertyd 5:00 nm en Somertyd 6:00 nm. Let wel: Die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”. Skakel asb vir Jaco by 07 574 3371 / 027 325 9003 vir meer inligting

19. Eredienste in WELLINGTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Die ACK Wellington is ‘n geloofsfamilie wat weekliks ontmoet rondom die Woord. Ons nooi u uit na ons eredienste • elke Sondagoggend om 10:00 vm in die Plunketgebou, 19 Rotoiti Road, Johnsonville • elke 3e Sondag van die maand om 6:00 nm by Waikanae Uniting Parish, Ngapaki Street, Waikanae Meer inligting kan verkry word van • Ds Mariaan Schutte by 021 0818 2629 of 04 461 6344 of per e-pos by [email protected] of • Dries Gerryts by 021 879 423 of 04 477 4451 of per e-pos by [email protected]

20. Eredienste te Churton Park, WELLINGTON ‘His Family'-kerk hou elke Sondag om 10 vm tweetalige gesinsbyeenkomste by die Amesbury skoolsaal, 48 Amesbury Drive, Churton Park, Wellington. 'n Gesins-bidgeleentheid begin reeds om 09.30 vm in dieselfde gebou. Besoek gerus ons webwerf www.HisFamilynz.org of ons Facebook-blad by HisFamily NZ vir meer inligting. Enige navrae kan aan Jaco Rheeder gerig word by [email protected] of by 04 23 23 624 / 027 236 5569. ALMAL IS BAIE WELKOM!

21. Afrikaanse kerkdienste te WHANGAREI Erediens elke Sondagoggend om 9:30 vm in die Kamo War Memorial Hall, h/v Grant en Boswell Street, Kamo. Dr Gert Volschenk lei die dienste en navrae kan gerig word aan Gert Volschenk by 09 438 4455 of 022 652 2044 (na-ure) en e-pos [email protected]. Na afloop van die diens word daar lekker saamgekuier oor ‘n koppie tee/koffie

22. Afrikaanse preke op INTERNET 1. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Hamilton-gemeente, by www.ackhamilton.co.nz en luister na Afrikaanse preke deur Ds Johan Hendricks en ander predikers. Die preke kan ook afgelaai word. Kies uit ’n verskeidenheid preke wat gereeld opdateer word. 2. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Howick-gemeente, by www.ackhowick.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Freek Terblanche van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Howick-gemeente. 3. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Wellington-gemeente, by http://www.ackwellington.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Mariaan Scutte van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Wellington-gemeente. Luister gerus en stuur die webadres na ander.

Landswye dagboek

Terug na bo...

Dagboek: AUCKLAND SUPER CITY Besoek: http://www.guidetoauckland.co.nz/?gclid=CIrMp5jX4qUCFQIBbAodgyVYFg vir aktiwiteite

Dagboek: WELLINGTON Besoek: http://www.feelinggreat.co.nz/ vir aktiwiteite

Dagboek: HAMILTON Besoek: http://www.hamiltonevents.co.nz/vir aktiwiteite

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Dagboek: CHRISTCHURCH Besoek: http://www.bethere.org.nz/ vir aktiwiteite

Dagboek: HAWKES BAY Besoek: http://www.hawkesbaynz.com vir aktiwiteite in Hawkes Bay

Dagboek: ROTORUA Besoek: http://www.rotoruanz.com/events/ vir aktiwiteite in Rotorua

Dagboek: TAURANGA Besoek http://events.tauranga.gBuskingovt.nz/ vir aktiwiteite.

Dagboek: WHAKATANE Besoek: http://www.whakatane.com/eventslist.html vir aktiwiteite

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo... Versoek asseblief ons advertensieriglyne by [email protected] ; ons sal dit aan jou e-pos.

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo... Indien jy jou Brokkies nie meer wil ontvang nie, stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected] met vermelding van jou e-posadres, asook die versoek ‘Verwyder asb. my adres’ in die onderwerpslyn. If you would like to unsubscribe, please send an email to [email protected], with the following request in the subject line: ‘Please unsubscribe me’. Remember to mention your email address in the body of the email.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014