Kortpad na advertensies 18 Januarie 2014 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe Redakteursbrief En daar het die vakansietyd sy spreekwoordelike sitvlak gesien! Dis net ongelooflik hoe vinnig lekker tye verby kan gaan. Nou is die meeste van ons weer terug by die werk en dis weer hef aan tot en met die volgende groot wegbreek. En was dit nie moeilik daardie eerste week om weer mooi aan die gang te kom nie!? Maar mens moet mos maar. Kort nadat ek ‘n bietjie oor my eie gevoel gereflekteer het, het ek opnuut bewus geraak van hoe baie mense in die ou wêreld sonder werk sit en hoe ‘n voorreg dit is om wel ‘n werk te hê. So het ek myself gemotiveer en die lewe bly ‘n lied. Na Brokkies se lekker rus is hierdie dan die eerste uitgawe van 2014. Ek sal voortbou op die resep om Suid-Afrikaners se prestasies, inisiatiewe en stories te belig terwyl sakemense hul produkte en dienste aan die groeiende intekenaarsbasis bemark. Ek sal dit steeds binne ‘n Afrikaanse en Suider-Afrikaanse kultuurkonteks te doen. Hiermee doen ek ‘n ‘n paar beroepe op lesers: • Skryf tog gereeld aan my. Deel jou siening oor sake wat in Brokkies aangeraak word of wat in die wêreld waarbinne jy beweeg, ervaar word. • Skryf vir my as jy storie-idees of stories het om te deel. • Indien jy jou Brokkies vir vriende of familie aanstuur, versoek hulle asseblief om self in te teken deur hul naam en van, stad en land aan my deur te gee by [email protected] (Onderwerp: ‘Brokkies asseblief’). • Lees gereeld die advertensies en ondersteun tog ons getroue adverteerders. Hulle maak Brokkies moontlik. Lekker lees! Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by [email protected]) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Vooraanstaande familie Hierdie grappie het al wye draaie op Facebook gemaak: Na jare het dit nou bekend geword dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers in Suid Afrika het. Die oudste boer is in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste werk in Brakpan as motorwerktuigkundige en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is `n vlieënier vir Mango en sy naam is Kock Pitt. Die Vierde boet is heeltemal van koers af en skreeu blykbaar vir die Sharks. Sy naam is Stu Pitt. Nou ja, wat die akteurs nie alles sal aanvang nie! Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 Algemene nuusbrokkies Terug na bo... Die illusie van keuse… Die meeste van ons het seker nou al klaar vakansie gehou. Gedurende hierdie wegbreek-en-uitspan-tyd verbruik ons gewoonlik baie meer as in ander tye van die jaar. Maar het jy geweet dat daar glo slegs tien mega-korporasies is wat byna alles beheer wat ons koop? Of dit nou huishoudelike produkte, troeteldierkos of denims is, volgens ‘n artikel geskryf deur Chris Miles vir PolicyMic is dit die geval. Die diagram hierbo is hul poging om ons ‘n idee te gee van wie betrokke is en hoe hul netwerk van eienaarskap en belang aanmekaar geweef is. Die ‘groot 10’ is Coca-Cola, Kraft, Nestle, P&G, Johnson & Johnson, Unilever, Mars, Kellogg’s, General Mills en Pepsico. Illusie van keuse Volgens hierdie diagram, genoem ‘Die illusie van keuse’, skep hierdie korporasies ‘n ketting wat begin by een van tien super-maatskappye. Jy het seker al van die meeste van daardie groot name gehoor, maar dit is ongelooflik om te sien wat hulle alles besit, beheer en beïnvloed. Die bron verduidelik dat die prent ‘n mengsel van netwerke uitbeeld. Moedermaatskappye mag sekere name besit, of aandele besit, of eenvoudig vennootskappe met hulle hê. ‘n Voorbeeld hiervan is Coca-Cola wat nie vir Monster besit nie, maar wel hierdie energiedrankie versprei. Daar vind ook gereeld verandering in verhoudings plaas, hoewel onlangse veranderinge dalk nie in die diagram uitgebeeld is nie. Dieselfde gebeur met die nuusmedia Dit gaan egter nie net oor wat ons kan koop en verbruik nie. Selfs die nuus en inligting wat ons in die hande kry word saamgebondel: 90% van Amerika se nuusmedia word tans deur slegs ses maatskappye beheer. Hierdie syfer het gedaal van 50 in 1983. Verder het die top 37 banke in Amerika saamgesmelt om slegs vier mededingers oor te laat. Wat beteken dit alles vir jou en vir my? Seker nie veel nie…eet, drink, fliek en bad maar lekker verder. Ons sal tog niks daaraan kan doen nie! Of wat dink jy? Deel jou mening by [email protected] Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 SA verkiesing: Mense kan tot 7 Februarie in Wellington registreer Suid-Afrika se Verkiesings Wysigingswet laat Suid-Afrikaners wat buite die land woon nou toe om te registreer om aan vanjaar se algemene verkiesing deel te neem. Mense kan tot 7 Februarie vir die verkiesing registreer. Volgens die SA Verkiesings Kommissie se webwerf is die verkiesingsdatum egter nog nie vasgestel nie. Registrasie sal tot en met 7 Februarie gedurende kantoorure in Suid-Afrika se 124 buitelandse ambassades, hoëkommissariate en konsulate gedoen kan word, en daar is ook vir spesiale registrasienaweke voorsiening gemaak. Hoewel hierdie naweek daarby ingesluit was, kon Brokkies nie hieroor berig nie omdat vanjaar se uitgawes eers hierdie naweek hervat word. Vir mense wat nie deur die week sal kan registreer nie is daar nog een geleentheid om op ‘n naweek te registreer: 25 en 26 Januarie. In Nieu-Seeland moet mense in persoon by die hoëkommissariaat in Wellington registreer. ‘n Geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument word vereis (‘n groen ID-boek met strepieskode, ‘n nuwe ID-dokument met slimkaart of ‘n geldige tydelike indentifikasiesertifikaat) asook ‘n geldige Suid-Afrikaanse paspoort. Suid-Afrikaanse burgers wat buite Suid-Afrika woon en wat reeds in Suid-Afrika as kiesers geregistreer is, hoef nie weer te registreer nie. Die hoëkommissariaat se adres is State Insurance Tower gebou (7de vloer), 1 Willis street, Wellington. Hul kantoorure is Maandag tot Vrydag tussen 9.30vm en 4nm. Mense kan tot 7 Februarie 2014 by die kantoor registreer. Die oorblywende spesiale registrasienaweek sal wees op die naweek van 25 en 26 Januarie. Hierdie ure is dieselfde as deur die week. Stemgeregtigde Suid-Afrikaners kan nagaan of hulle geregistreer is by www.elections.org.za Woordvoerders van verskeie politieke partye in Suid-Afrika het mense in die buiteland herinner dat dit hul demokratiese reg is om te stem en deel te neem aan wat allerweë as ‘n baie belangrike verkiesing in Suid-Afrika beskou word. Promosie-artikel Begin jou eie Annique-besigheid in 2014! Eienaar Tracey Crosby Annique New Zealand is slegs een jaar oud maar hul uitmuntende Rooibos gesondheids- en skoonheidsproduktereeks word al gewilder regoor Nieu-Seeland. Om hierdie rede word meer konsultante op verskeie plekke in die land benodig. So sê Tracey Crosby, eienaar van hierdie groeiende firma. “Geen vorige verkoopsondervinding word vereis nie, en ons verskaf volledige opleiding. Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 18 Januarie 2014 “Ons Annique NZ-konsultante bedryf hul besighede onafhanklik en hulle bepaal hul eie ure, so dit is ‘n goeie geleentheid vir dames wat graag te midde van besige lewens ‘n bykomende inkomste wil verdien. Ons bied ‘n aantreklike afslag en winsplan vanuit die staanspoor aan, en dit is bykomend tot die maandelikse spesiale aanbiedinge en puik insentiewe wat regdeur die jaar aangebied word. “‘n Konsultant se beginpakket kos slegs $250. Dit sluit in alle opleidingsmateriaal, bemarkingsmiddele en selfs Annique- produkte ter waarde van $500! Ons bied nuwe konsultante ook heelwat hulp en ondersteuning aan, want dit is ook in ons belang dat hulle hulself goed vestig”, sluit Tracey af. Die Rooibos-faktor in Annique se unieke produkte Annique is ‘n internasionaal-gerespekteerde gesondheids- en skoonheidshandelsmerk wat al verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale toekennings verower het. Hul produkte is uniek deurdat dit hoë vlakke van Rooibostee-ekstrak bevat. Die Rooibos-ekstrak is ‘n betroubare, wetenskaplik bewese geneesmiddel en is anti-allergies, anti-spasmodies, anti- bakterieel, anti-viraal en anti-oksidanties, om ‘n paar eienskappe te noem. Rooibos bevat ook geen kafeïne nie en het lae tannienvlakke. Dit is ook veilig vir swanger vroue, vroue wat borsvoed asook vir jong kinders. Die ekstrak help om velirritasies en aknee te versag en is ook goed vir ekseem. Rooibos bevat ook natuurlike alfa- hidroksiesuur. Aanduidings is dat dit bydra om fyn plooie te versag en meer gelyk te maak. Die Annique-produkte word in Suid-Afrika vervaardig uit inheemse plantserums en kruie-ekstrak. Dit word vervaardig deur vooraanstaande kosmotoloë om aan alle ouderdomme en veltipes oplossings te bied. Die produkte is ‘hypo’ allergenies, wat dit geskik maak vir die mees sensitiewe veltipes. Geen toetse work op diere gedoen nie. Vir meer inligting, of om by die Annique NZ-span aan te sluit, kontak asseblief vir Tracey Crosby by 09 945-0556, 021 149 3130 of [email protected]. Kiwi dollar bereik sterkste vlak nog teen Aussie Dis ‘n nuwe jaar en dit lyk of Nieu-Seeland se sterk ekonomie volhard. Volgens Nieu-Seeland se aanlyn nuusdiens Stuff het die Kiwi dollar op 16 Januarie sy sterkste vlak ooit teen die Aussie dollar bereik terwyl die sterk Nieu-Seelandse ekonomiese storie voortduur. Die Kiwi het A93.96c bereik voordat dit op A93.50c gesluit het. Volgens Sam Tuck, senior buitelandse valuta bestuurder van ANZ woed die debat nou oor hoe lank die Kiwi hierdie soort vlakke teen die Aussie kan handhaaf. Hy voel dat daar geen rede is vir die Kiwi om teen die Aussie te sak nie, tensy die ekonomiese stories van Nieu-Seeland en Australië drasties verander.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages16 Page
-
File Size-