Die Goue Seun. Die Lewe En Werk Van Uys Krige

Total Page:16

File Type:pdf, Size:1020Kb

Die Goue Seun. Die Lewe En Werk Van Uys Krige Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige J.C. Kannemeyer bron J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige. Tafelberg, Kaapstad 2002 Zie voor verantwoording: http://www.dbnl.org/tekst/kann003goue01_01/colofon.php © 2016 dbnl / erven J.C. Kannemeyer binnenkant voorplat J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige voorkant schutblad J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige 5 Vir Santa J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige 9 Voorwoord Toe ek in die vyftigerjare van die vorige eeu op skool in die letterkunde begin belangstel het, was Uys Krige se eerste twee digbundels, Kentering en Rooidag, reeds lank uit druk en kon ek slegs 'n eksemplaar van sy bundel oorlogsverse, Die einde van die pad, vir my persoonlik aankoop. In die ou biblioteek op my geboortedorp, Robertson, kon ek werke soos Sol y sombra en Ver in die wêreld uitneem en onder die bekoring kom van 'n skrywer wat wye draaie in die Mediterreense lande gaan gooi het. Ek onthou ook nog baie duidelik watter genot die ervaring van sy ‘Tram-ode’ met die ‘wakker mars van name’ vir my was toe ek deur middel van ons skoolbloemlesing die eerste keer daarmee kennis gemaak het. Ek dink aan reëls soos die volgende: Daar is 'n haltjie, Dwaal, te midde van die vaal godverlore dor Karoo. En Arequipa in Peru. Granada is 'n sprokiestad in Andaloe. Popocatepetl heet 'n berg se piek in Mexico. Vir baie mense van my geslag was sulke verse met hul ritmiese stuwing en vreemde musiek, so anders as die verse van ander Afrikaanse digters, 'n vreugde om te ervaar. Dit het die romantiese drang gevoed wat inherent in 'n jongmens leef en wat in hom die begeerte wek om nuwe wêrelde vir homself te ontdek. In die Byvoegsel van Die Burger op Saterdae het Krige se artikels oor Franse en Spaanse digters in dié jare verskyn en deur sy vertalings het ek kennis gemaak met digters en literature wat my vreemd betower het. Ek het dié artikels uitgeknip en later van die verse van buite geken, soos die volgende van Lorca: Pikswart ryperd, ronde maan, met 'n sak olywe teen my saal. Al wis ek waar elke stofpad gaan, nooit sal ek Córdoba ooit haal. Toe ek ná my skooljare aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer het, kon ek dieper kennis maak met Krige se poësie. In 1962 J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige 10 is ek aangestel as lektor aan die Universiteit van Kaapstad en het ek Krige - van die begin af vir my Uys - persoonlik leer ken. Hy het in daardie stadium saam met Jack Cope in een van die houthuisies op Clifton se Tweede Strand gewoon en kon onderhoudend gesels oor die Romaanse letterkundes en met allerlei kwinkslae op die Afrikaanse literêre wêreld reageer. Die hersiene uitgawe van sy twee eerste digbundels het pas die vorige jaar as Gedigte 1927-1940 verskyn en ek het hom uitgenooi om ons studente oor sy teksversorging toe te spreek en aan die hand van voorbeelde vir hulle 'n kykie in die werkswinkel van die digter te gee. Die voorbereiding van die bundel, soos dit uit sy voordrag dié dag duidelik geword het, was vir my 'n openbaring, want ek kon telkens voorbeelde aanteken van hoe grondig Uys hersien het en watter verantwoordelikheid en vakmanskap daar ten grondslag aan sy veranderinge lê. Omdat ek onder meer die Afrikaanse drama aan die Universiteit van Kaapstad moes doseer en graag van Uys se werk met my studente wou behandel, het ek 'n keuse uit sy eenbedrywe saamgestel en 'n inleiding daartoe geskryf. Hy wou egter eers die tekste hersien. Drie dae lank het ons in Clifton elke woord in die vier eenbedrywe van my keuse grondig deurgegaan. Toevallig kom ek op 'n dag in die universiteitsbiblioteek met die deurblaai van ou ingebonde dele van die Tijdschrift voor Nederlandsche Taal- en Letterkunde af op die Esbatement van den appelboom. Daarin verwerk 'n anonieme rederyker die legende wat ook die boustof van Uys se drama Die goue kring is. Die goue kring het my tóé reeds met sy aansluiting by verskillende dramatiese tradisies geboei en in 'n uitgebreide opstel het ek daaroor uitgewei. Uys was amper soos 'n kind verheug oor dié opstel en kon nie uitgepraat raak oor die raakpunte wat ek met die Middeleeuse en Shakespeariaanse teater aangedui het nie. Toe ek heelwat later, in 1984, deur Koos Human gevra is om Uys se Versamelde gedigte vir sy vyf en sewentigste verjaardag redaksioneel te versorg, was ek dadelik bereid om dit te onderneem, want dit was vir my weer 'n geleentheid om my met sy bruisende, vitale verse besig te hou. In my geskenkeksemplaar van dié uitgawe was hy so vriendelik om die volgende pragtige woorde te skryf: Aan John Kannemeyer - En ek kan jou nie genoeg bedank nie vir al jou hulp en aanmoediging. J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige 11 Sonneblom Na die bron van alles, die son, één beurende drang één goue verlang! En mag jou lewe altyd 'n sonneblom bly - van jou ou vriend, Uys Krige. Die hoë lof vir my ‘hulp en aanmoediging’ was beslis te hoog gestem, maar ek het sy warmte en menslikheid met dié gebaar baie gewaardeer. Toe ek ná voltooiing van my Leipoldt-biografie na 'n nuwe projek begin soek het, was die lewensverhaal van Uys Krige, wie se dokumentasie intussen by die Dokumentesentrum in die J.S. Gerickebiblioteek aan die Universiteit van Stellenbosch gekatalogiseer is en vir navorsers beskikbaar gekom het, 'n vanselfsprekende keuse. Soos D.J. Opperman, C.J. Langenhoven en C. Louis Leipoldt, die ander Afrikaanse skrywers met wie se lewens ek my onledig gehou het, was Krige vir my ook 'n boeiende persoonlikheid deur die veelsydigheid van sy skrywerskap en die veelkantigheid en beweeglikheid van sy karakter. Wat my veral naas sy gawes as skeppende genie nader aan hom getrek het, was sy intellektuele gawes, sy kinderlike eenvoud en verwondering oor dinge wat hy tot op gevorderde ouderdom kon behou, en boweal sy absolute integriteit en onomkoopbaarheid in 'n literêre en politieke bestel waarin hy dikwels deur sy sterk humanitêre beginsels en gevoel vir vryheid van die algemeen aanvaarde stroom afgewyk het, 'n indiwidualisme waarvoor hy 'n hoë prys moes betaal. Daarom wil ek graag my hartlike dank betuig aan Uys Krige se dogter, mev. Eulalia Krige, en sy seun, mnr. Taillefer Krige, wat my volle toegang tot die Krige-dokumentasie gegee het en bereid was om tydens onderhoude inligting en foto's te verskaf. Prof. Hennie Aucamp het my by herhaling tydens my werk aan Krige ongevraagd van dokumente en inligting voorsien en sy ruim kennis van dié skrywer se lewe en werk onbaatsugtig met my gedeel. Ek beskou dit as 'n groot eer dat hy sy portret oor Uys Krige in Bly te kenne aan my opdra. Prof. G.C.L. Brümmer het my attent gemaak op 'n werk van Ignazio Silone waarin Krige in die inleiding genoem word en die relevante dele vir my mondeling uit Italiaans in Afrikaans vertaal. Prof. J.C. Kannemeyer, Die goue seun. Die lewe en werk van Uys Krige 12 J.C. Steyn het bibliografiese besonderhede oor Krige se vroeë publikasies in Die Burger en prof. F.I.J. van Rensburg sy briefwisseling met die skrywer in verband met sy Krige-monografie tot my beskikking gestel. Mev. Ina Rousseau het telkens telefonies flitsende blikke op Krige gewerp wat my gehelp het om my siening en interpretasie van sy karakter verder te verhelder of te nuanseer. Mnr. Johan Vosloo van Rapport was so vriendelik om 'n hele legger met besondere foto's van Krige aan my beskikbaar te stel. Fotomateriaal is verder welwillend afgestaan deur mev. Suzanne Fox en mnr. Johan Krige, terwyl ek gebruik kon maak van die foto's wat in die leggers van Die Burger, die Cape Times, die Cape Argus, die Sunday Times en Rapport bewaar word. Verder wil ek my dank uitspreek teenoor die volgende persone met wie ek almal onderhoude kon voer: mevv. Ferrie Binge-Coetzee, Frieda Boshoff-Mostert en Stella Branca, mnr. Gerry de Melker, mnr. Revel en mev. Suzanne Fox, me. Grethe Fox, prof. Pieter Grobbelaar, mnr. J.J. Human, mev. Sylvia Krige, mev. Louie Lemmer, me. Egonne Roth, mnr. Leo en mev. Wendy Theron, mnre. Barend J. Toerien en Danie van Niekerk en me. Marjorie Wallace. Die werk aan hierdie biografie oor Uys Krige het in Junie 1998 'n aanvang geneem met die verkenning van die Stellenbosse Krigedokumentasie wat sestien meter rakruimte beslaan, omvangryker as dié van enige ander skrywer met wie ek vroeër te make gehad het. Die vordering daarmee is egter telkens onderbreek deur die kontrolering van die verskillende proefstadia van my Leipoldt-publikasies, die voorbereiding van my uitgawe van D.J. Opperman se Sonklong oor Afrika, die afhandeling van Kaap van skrywers en twee ernstige operasies. In Augustus 2000 het ek met die daadwerklike skryf van die biografie begin, maar die werk is onderbreek deur 'n navorsingsreis in Oktober en November 2000 om inligting in Den Haag oor Krige se Nederlandse verbintenisse te bekom. Die manuskrip - met uitsondering van die voorwoord - is voltooi op 15 Junie 2001, gevolg deur die finale hersiening. Tydens die navorsing en die skryf van die manuskrip van die Krigebiografie het ek met 'n paar probleme te make gehad. Krige het baie keer artikels uit koerante en tydskrifte geknip, sonder om die datum en die bron by te skryf, terwyl hy by die manuskripte van sy radiopraatjies en sy berigte te velde tydens die Tweede Wêreldoorlog dikwels geen datum vermeld het nie.
Recommended publications
  • The Restoration of Tulbagh As Cultural Signifier
    BETWEEN MEMORY AND HISTORY: THE RESTORATION OF TULBAGH AS CULTURAL SIGNIFIER Town Cape of A 60-creditUniversity dissertation submitted in partial fulfilment of the Degree of Master of Philosophy in the Conservation of the Built Environment. Jayson Augustyn-Clark (CLRJAS001) University of Cape Town / June 2017 Faculty of Engineering and the Built Environment: School of Architecture, Planning and Geomatics The copyright of this thesis vests in the author. No quotation from it or information derived from it is to be published without full acknowledgement of the source. The thesis is to be used for private study or non- commercial research purposes only. Published by the University of Cape Town (UCT) in terms of the non-exclusive license granted to UCT by the author. University of Cape Town ‘A measure of civilization’ Let us always remember that our historical buildings are not only big tourist attractions… more than just tradition…these buildings are a visible, tangible history. These buildings are an important indication of our level of civilisation and a convincing proof for a judgmental critical world - that for more than 300 years a structured and proper Western civilisation has flourished and exist here at the southern point of Africa. The visible tracks of our cultural heritage are our historic buildings…they are undoubtedly the deeds to the land we love and which God in his mercy gave to us. 1 2 Fig.1. Front cover – The reconstructed splendour of Church Street boasts seven gabled houses in a row along its western side. The author’s house (House 24, Tulbagh Country Guest House) is behind the tree (photo by Norman Collins).
    [Show full text]
  • Pretoria North
    Pretoria North MARCH 19, 2021 • www.rekord.co.za • 012-842-0300 Visit our website for breaking Police issue a hijack Night fl ights resume at Learners to ggget ‘dignityy local, national and international news.news. warning for the north 2 Wonderboom airport 3 packs,’ks,’ says department 5 www.rekord.co.zawww.rekord.co.za ‘Is misdaad dan só erg?’ ’n Internasionale meningspeiling sê dat Pretoria die derde gevaarlikste stad ter wêreld is, maar inwoners verskil. Sinesipho Schrieber gerapporteerde gemeenskapsmisdaad van Oktober tot Desember 2020, in vergelyking ’n Internasiale meningspeiling wat Pretoria met die vorige fi nansiële jaar. as die derde gevaarlikste stad ter wêreld lys, Tshwane metro burgemeesterslid vir is met gemengde gevoelens deur inwoners gemeenskapsveiligheid en nooddienste ontvang. Karen Meyer sê terwyl die nuutste amptelike Numbeo 2021 misdaad-indeks, ’n polisie misdaadstatistieke ’n vermindering internasionale meningspeiling-gebaseerde in misdade wat gerapporteer is in die streek webwerf se peiling fokus op inwoners se toon, is die persepsies en gevoelens van die gevoelens en persepsies in plaas van eintlike inwoners ’n belangrike aanduiding en lei dit misdaadstatistieke. openbare beleidsreaksies. Navorsers sê selfs al is dit op gevoelens “Met ander woorde, dit is eenvoudig nie gebaseer, is die vrae vir hierdie peiling goed genoeg om te sê daar is ’n daling in soortgelyk aan wetenskaplike en misdaad nie en dus loop dinge hul gang. regeringspeilings. “Vir so lank as wat daar een persoon is Volgens die webtuiste, volg Durban, wat nie veilig voel nie, moet ons onsself Johannesburg en Pietermaritzburg kort op afvra hoekom dit die geval is, en hoe ons dit Pretoria se hakke.
    [Show full text]
  • The Poetic Utilization of Dialectal Varieties of the Afrikaans Language for Strategic Purposes in the Southern African Context
    Bernard J. Odendaal The Poetic Utilization of Dialectal Varieties of the Afrikaans Language for Strategic Purposes in the Southern African Context Abstract: Afrikaans is a southern African language named after the continent on which it has evolved from seventeenth-century Dutch in a complex contact situa- tion between European settlers, their imported slaves, and indigenous peoples. It was standardized in the late nineteenth and early twentieth centuries for literary purposes, among others. The poetic utilization of dialectal or colloquial varieties of Afrikaans, however, has been an important trend in its literary history, espe- cially since the advent of the so-called Movement of the 1960s. The relevant vari- eties include geolects like Karoo Afrikaans, but also sociolects like “Loslitafri- kaans” (informal Afrikaans, characterized by being mixed with English), Cape Afrikaans, and Griqua Afrikaans. As a stylistic device, the use of dialectal Afri- kaans has served both literary-strategic purposes (literary renewal) and socio-po- litical aims (as actuality literature or socio-politically engaged poetry). As a whole, it transpires that the pressing socio-political and broader cultural condi- tions that have dictated past developments, or are driving present ones, in South and southern Africa (resistance to nineteenth-century efforts at anglicizing south- ern Africa, the advent and decline of Apartheid, the increasingly hegemonic posi- tion of English in the post-Apartheid dispensation) loom large behind the relative importance of this trend in Afrikaans poetry. Keywords: actuality, Afrikaans geolects and sociolects, socio-political and cultur- al conditions, socio-political engagement, strategic poetic utilization, stylistic re- newal 1 Introductory notes on the origins of the Afrikaans language and literature Afrikaans is a southern African language, named after the continent on which it originated.
    [Show full text]
  • 180Km/H Teen Brug, Bestuurder Leef
    we've got everything you need! R5,80 31 Oktober - 2 November 2018 Tel. (016) 950-7000 http://www.vaalweekblad.com 180km/h teen brug, bestuurder leef Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. - ‘n Jong man is Sa- terdagoggend skuins na 02:00 baie ernstig beseer toe hy met sy Alfa Romeo teen die Vaalpark-brug op die R57-hoofweg vas- gery het. Die voertuig het daarna ‘n paar keer ge- rol en sowat 100m verder tot stilstand ge- kom. Die bestuurder is uit die motor ge- slinger. ER24 paramediese personeel het die man op die toneel behandel en hy is in ‘n kritieke toestand na Mediclinic Em- fuleni geneem. Die voertuig se spoedme- ter het op 180km/h vasgesteek. Daar was die afgelope naweek meer on- gelukke in die Vaaldriehoek as gewoonlik. In een van die botsings Vrydagaand net na 20:00 (ook op die R57) by die motorha- we langs Bonanné, het ‘n Renault Clio by die stopstraat van agter teen ‘n bakkie vas- gery. Die bestuurder van die Clio het net ligte beserings opgedoen. Saterdagaand was daar nog ‘n ongeluk op die R57 toe die bestuurder van ‘n Ford Icon beheer oor die voertuig verloor het en die voertuig gerol het. Daar was vyf in- sittendes, waarvan net een deur ER24 na die hospitaal geneem is vir behandeling. Saterdagoggend net na 02:00 is die bestuurder van dié Sondagoggend omstreeks 05:00 het ‘n Alfa Romeo in ‘n kritieke toestand na die hospitaal taxi in Frikkie Meyer-boulevard gerol. Ses geneem nadat die voertuig op die R57-hoofweg teen ‘n ambulanse, onderskeidelik van ER24, brug gebots en toe 100m verder gerol het.
    [Show full text]
  • Diversity Week a Great Success Skep Bewustheid Oor Gestremdhede US
    Diversity Week Special insert: Skep bewustheid US-personeel a great success Vice-Chancellor’s Awards oor gestremdhede hou sportdag JAAR 21#09 NOVEMBER 2013 YEAR 21#09 NOVEMBER 2013 US Personeelblad SU Staff Magazine My Kampus: Jolene Fransman doen “speurwerk” ..................3 SU film compete for an international award ...........................4 Hokkie oorheers Maties-erekleure .................................................5 Elmarie Costandius is a top SA lecturer ....................................6 Jolene Fransman is ’n navorser by die US se Ontwikkelingskantoor – sy snuffel inligting uit oor Personeellede kry Langdienstoekennings ..................................7 potensiële skenkers, internasionale kwessies wat die Universiteit kan raak of blink geleenthede wat A new chapter for disaster risk management .........................8 wag om ontgin te word. SONIKA LAMPRECHT het meer gaan uitvind. As the year draws to a close, we become aware of the many things Special insert: Vice-Chancellor’s Awards ...................................8 we have done this year – and of the many things we would still like to get done before the December holidays start. The past month Maaltyd in die donker ...........................................................................9 saw some huge milestones and events for Stellenbosch University. In this month’s issue of Kampusnuus we give you a glimpse of Why SU celebrates its diversity ...................................................10 how SU has made an impact. This issue has a special supplement As ek vir mense sê ek is ’n “donor researcher” … is die in which we report on the Vice-Chancellor’s Awards for the tipiese reaksie wat ek kry: “So kry julle baie mense wat Tygerberg Campus hosts gala evening ....................................12 University’s biggest supporters. We show you photos of the two organe skenk?” Dit is nogal snaaks.
    [Show full text]
  • SA-GENEALOGIE Poslys Jaargang VI Maand 10 Saamgestel Deur: Pieter
    SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2009 Jaargang VI Maand 10 Oktober 2009 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Oktober 2009 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 4004 Datum: Thursday, October 01, 2009 Daar is 10 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. [Koerant] The Courier Mail 17 Sept 2009. Australia From: alettaqea9fac 2a. Fw: Akkomodasie naby GISA From: Sarel Burger 2b. Re: Fw: Akkomodasie naby GISA From: Isebelle 3a. Re: Fw: Crous, Maritz., Potgieter From: Piet Hoffmann 3b. Re: Fw: Crous, Maritz., Potgieter From: Isebelle 4a. Re: Crauze From: Isebelle 5. Cornelius J Kitching x Myrtle M Timms? From: Sunelia Heath 6. Reunie From: Louis Hurn 7. (Koerant) Beeld 01 Okt. 2009 From: Fanie Blignaut 8. Leonard Charles LESLIE alias Champagne Charlie From: [email protected] 1. [Koerant] The Courier Mail 17 Sept 2009. Australia Posted by: "alettaqea9fac" [email protected] alettaqea9fac Wed Sep 30, 2009 5:33 am (PDT) Dag vriende, Het die koerant gekry hier in Brisbane. Miskien is hier vanne waar in iemand belangstel:- HERDENKING:-NUGENT Monica & John 60 jarige herdenking. DOOD: GILPIN Patricia McDormott + 12 Sept 2009.
    [Show full text]
  • Ingrid: Una Vida Después De La Muerte
    TRADUCCIÓN Ingrid: una vida después de la muerte André Brink Tweesprong – Zuid-Afrikaanse memories (Bifurcación – Memorias sudafricanas) Traducción del neerlandés al español: Agustín B. Sequeros. Edición número 7 / Enero - junio de 2018 ISSN 2389 - 9794 INGRID: UNA VIDA DESPUÉS DE LA MUERTE ANDRÉ BRINK TWEESPRONG – ZUID-AFRIKAANSE MEMORIES (BIFURCACIÓN – MEMORIAS SUDAFRICANAS)1 Traducción del neerlandés al español: Agustín B. Sequeros Nota sobre la traducción El texto presentado en esta publicación, INGRID: UNA VIDA DESPUÉS DE LA MUERTE, es la traducción al español de uno de los capítulos de las memo- rias del escritor sudafricano André Brink (1935 – 2015), publicadas en 2009. El libro apareció, casi al mismo tiempo, en afrikáans, inglés y neerlandés. El título del original en afrikáans era: ‘n Vurk in die Pad (“Una bifurcación en el camino”); el de la versión neerlandesa: Tweesprong. Zuid-Afrikaanse memoi- res (“Bifurcación. Memorias sudafricanas”), y fue publicado por la editorial Meulenhoff, de Ámsterdam, en ese mismo año de 2009. La presente traduc- ción se ha hecho partiendo del texto de la edición neerlandesa, págs. 110-134. En este capítulo, André Brink relata su relación con la poeta sudafricana Ingrid Jonker (1933- 1965), con la que mantuvo una relación pasional y ator- mentada desde abril de 1963 hasta abril de 1965, tres meses antes de que 1. Copyright © 2009 de André Brink. Extracto de A Fork in the Road, publicado originalmente por Harvill Secker, 2009. 142 Ingrid Jonker se suicidara (lo que sucedió en la madrugada del domingo 19 de julio de 1965, poco antes de cumplir Ingrid los 32 años de edad).
    [Show full text]
  • Die Liedtekste Van Bok Van Blerk, Fokofpolisiekar, the Buckfever Underground En Karen Zoid
    AFRIKAANSE LIEDTEKSTE IN KONTEKS: DIE LIEDTEKSTE VAN BOK VAN BLERK, FOKOFPOLISIEKAR, THE BUCKFEVER UNDERGROUND EN KAREN ZOID deur WENDY DESRÉ NELL voorgelê luidens die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM in die vak AFRIKAANS aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA STUDIELEIER: PROF A G VISAGIE MEDESTUDIELEIER: PROF J L COETSER FEBRUARIE 2014 1 OPSOMMING Die doel van hierdie studie is om op die liedtekste van die kunstenaars, Bok van Blerk, Fokofpolisiekar, The Buckfever Underground (en Toast Coetzer) en Karen Zoid te fokus en om te bepaal wat hulle funksie in die eietydse Afrikaanse kultuurlandskap is, en wat hulle rol in die definiëring van kulturele identiteit is. In hierdie studie sal daar ook klem gelê word op die sosiopolitieke faktore wat tot die opbloei van die Afrikaanse musiekbedryf gelei het. Deur die analise van dié kunstenaars se lirieke, sal ek vasstel of hulle wel betekenisvolle werk van literêre gehalte lewer. Ek het spesifiek hierdie musikante gekies omdat hulle jong eietydse musikante is. 2 ABSTRACT The purpose of this study is to focus on the song texts of artists, Karen Zoid, Fokofpolisiekar, The Buckfever Underground (and Toast Coetzer) and Bok van Blerk and to determine their function in today’s cultural reality, and whether these musicians and their music have an influence on today’s youth and their search for a Cultural Identity. This study will also focus on the socio-political factors that led to the rise of the Afrikaans Music Industry. By analyzing these artists’ lyrics, I want to determine whether they are significant works of literary quality. These musicians were chosen because they are regarded as young contemporary musicians.
    [Show full text]
  • Año 1999 Die Vindingryke Ridder Don Quijote De La Mancha by Migu
    Hermēneus. Revista de Traducción e Interpretación Núm. 1 - Año 1999 Die vindingryke ridder Don Quijote de la Mancha by Miguel de Cervantes, Gustave Doré and André Brink. Cape Town/Kaaps- tad, Human & Rousseau, 1966. Juan Miguel ZARANDONA Universidad de Valladolid E-mail:[email protected] There might be a future country in Southern Africa named Azania, nobody knows, but its current name in English is the Republic of South Africa, Republiek van Suid-Afrika in Afrikaans, this prodigious, beautiful, kitchen language in origin of former slaves and servants. In such a com- plicated but lovely country André Philippus Brink was born in 1935, in the Orange Free State –now Free State only in the exciting New South Africa– when things were quite different. André Brink is a recognized academic (I) –Rhodes University, University of Cape Town (Kaapstad)– a talented writer (II) and both an industrious translator and a self-translator (III). I As a academic, his students, his colleagues and his audiences in various continents know him well. II As a novelist, playwright and writer of essays, articles and speeches, his literary career consolidated in 1962 with Lobola vir die lewe (Bride-price for life), in 1963 with Die Ambassadeur (The Ambassador), in 1965 with Orgie (Orgy), and in 1967 with Miskien nooit (Perhaps never). He belonged to the so-called emergent Sestigers or Afrikaner literary generation that during the sixties brought to this tradition a profound interest in the complexities of human existence and a formal renewal with fresh modernist techniques never used before in Afrikaans, such as stream of consciousness, achronological presentation, typographical experimentation, or different narrators.
    [Show full text]
  • 'N Mediageskiedkundige Kroniek Van 'N Tydskrif As “Skrif” Van Sy
    Huisgenoot as tydgenoot: ’n mediageskiedkundige kroniek van ’n tydskrif as “skrif” van sy tyd Lizette Rabe Lizette Rabe, Departement Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch Opsomming Die Afrikaanse tydskrif Huisgenoot het in Mei 2016 sy eeufees gevier. Hierdie artikel gebruik ’n mediageskiedkundige vertrekpunt om die ontwikkeling van Huisgenoot van 1916 tot 2016 met sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale as “skrif” van sy tyd te boekstaaf. Die mediageskiedenis as studieveld waarbinne die ondersoek gedoen word, word kortliks as vertrekpunt geskets, asook die geskiedkundige konteks vir die ontstaan van die blad. Hierop volg ’n bespreking van die ontwikkeling van die blad aan die hand van sy diensdoelwit en sy winsdoelwit, of sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale. Dit is ook nodig om die blad se spesifieke bydrae tot die vestiging van Afrikaans te belig, omdat dit met sy ontstaansgeskiedenis saamhang. Hierdie kronologie sal probeer aandui hoe die tydskrif as “skrif” van sy tyd ontwikkel en voldoen het aan die eise van sy tyd, van die eng- Afrikanernasionalistiese kultuurblad van een eeu gelede tot die meer globale populêre kultuurblad van vandag. Meer bepaald dui die kronologie aan hoe Huisgenoot hom oor 100 jaar nie net as huisgenoot nie, maar as tydgenoot in sy veranderende mark kon handhaaf. Trefwoorde: Afrikaans; diensdoelwit; Huisgenoot; idealisme; ideologie; kultuur; markgedrewenheid; Media24; mediageskiedenis; Naspers; politiek; tydskrif; winsdoelwit Abstract Huisgenoot as magazine of its time: a media-historical chronicle of a magazine as evergreen over one hundred years The Afrikaans magazine Huisgenoot celebrated its centenary in May 2016. This article uses a media-historical point of departure to record the development of Huisgenoot from 1916 to 2016, with a focus on its idealistic-ideological ideals as a publication of its time, as well as its market-driven goals in every era of its existence.
    [Show full text]
  • THE MOMENTS of `VOORSLAG' and `SESTIGER' in OUR LITERARY HISTORY by Ntongela Masilela Always Historicize! . . . But, As the Trad
    Untitled Document THE MOMENTS OF `VOORSLAG' AND `SESTIGER' IN OUR LITERARY HISTORY by Ntongela Masilela Always historicize! . But, as the traditional dialectic teaches us, the historicizing operation can follow two distinct paths, which only ultimately meet in the same place: the path of the object and the path of the subject, the historical origins of the things themselves and that more intangible historicity of the concepts and categories by which we attempt to understand those things. -Fredric Jameson, THE POLITICAL UNCONSCIOUS, p. 9. Since this presentation has been requested by the Conference Organizers, especially Robert Kriger, as a statement to facilitate a discussion, rather than as an exposition defining a particular literary problematic and in relation to which develop a thorough thesis or definitive statement, it will be short and elliptical and throwing out ideas for consideration. In many ways, to consider the literary moments of `Voorslag' and `Sestigers' from the perspective of today, that is, from the perspective informed of the political certainty that the victory of the democratic forces in South Africa is just around the corner, though complicated and complex, is to consider the theoretical constructs and cultural forms in the writing of a particular era of our literary history. How can one possibly theorize the cultural processes and cultural formation of South African literary history! The structure of South African literary history in the twentieth century is characterised by disconnections, discontinuities, abrupt breaks and seemingly irreconcilable ruptures. It is not difficult to see that the political determinants of this tragic process in our cultural history are largely and wholly determined, in their form and effect, by the political philosophy and ideology of Apartheid.
    [Show full text]
  • Ingrid Jonker: Poet Under Apartheid
    Ingrid Jonker Poet under Apartheid Louise Viljoen OHIO UNIVERSITY PRESS ATHENS 3 Contents Acknowledgements .............................7 1. Writing Ingrid Jonker..........................9 2. Childhood and youth, 1933–1951...............16 3. Early adulthood, marriage and motherhood, 1952–1958.................................32 4. Separation, divorce and a new relationship, 1959–1962.................................55 5. Prize-winning poet, 1963–1964 ................79 6. Last days, 1965 .............................108 7. Afterlife ...................................139 Notes .......................................154 Index . .163 5 1 Writing Ingrid Jonker ‘There can never be a definitive biography, merely a version, an attempt, an essay which in time reveals how completely all such attempts bear the impress of the age in which it was written.’ – Eric Homberger & John Charmley, The troubled face of biography The fascination with Ingrid Jonker When Ingrid Jonker took her own life by walking into the sea at Three Anchor Bay in Cape Town on 19 July 1965 at the age of 31, she became the stuff of legend and rumour. Looking back on her legacy, one may wonder why this is so. The shortness of her life and the slenderness of her literary oeuvre seem out of all proportion to the biographical, critical and creative attention that has been devoted to her. Her collected writings can be contained within one compact volume. Apart from two volumes of poetry published in her lifetime and a volume published posthumously, she left only a few short stories, a play and a scattering of other texts. 9 To what should one ascribe her iconic status and the continuing fascination with her life and work? The answer to this probably lies in a combination of factors.
    [Show full text]