HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DUR’B’OUERS DIE SKOOL WAAR ELKEEN IEMAND IS

MATRIEKAFSKEID 2017 INHOUD: “A WHOLE NEW WORLD”

Hoofberig 1

Uit die kantoor: 2

Durbie Nuus: 4

Matriekafskeid 2017: 23

Durbie in SA Rugbygroep: 26

Durbies Atlete Presteer: 27

Oud-Durbies: 30

Sportuitslae: 31

Durbie Ads: 33

Donderdag 28 September betekenis gekry toe ons. - Matriekafskeid 2017 Matrieks van 2017 by die deure instap… Vanjaar se tema “a whole new world” het nuwe Vervolg op bl. 23

DURBIES- “Dis ‘n Leefstyl”

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

UIT DIE KANTOOR:

Geagte Ouers

So het ons dan baie naby aan die einde van ‘n wonderlike jaar in die geskiedenis van die Hoërskool Durbanville gekom. Ek gaan nie probeer om ‘n terugblik te gee nie – daarvoor kan u maar net na die vorige nuusbriewe gaan. Dat ons leerders vanjaar weer puik presteer het op ‘n verskeidenheid van terreine is beslis so. Ons wil dan ook hiermee vir al die kampioene, maar ook vir al ons deelnemers, geluk wens met hulle besondere toewyding.

Ons projekte wat hierdie jaar afgehandel is, sluit in die nuwe klaskamers in die ou “houtwerkblok”, die kleedkamers by die astro, die opgradering van die klaskamers langs Vissershok en die inrig van ‘n gimnasium by Vissershokvelde in die ou stoor.

Ons begin eersdaags om die grootste deel van die ouditorium se dak te vervang, nuwe gras op die atletiekbaan en rugbyvelde te plant, een van ons krieketblaaie te vervang, die buiteveld van die A- krieketveld op te gradeer en dan ook om die area rondom die ouditorium op te gradeer.

Laasgenoemde sluit o.a ook die uitbreiding van die parkeerarea in. Ons parkeerarea het heeltemaal ontoereikend geword.

Ons het ook vanjaar vir die eerste keer kon “toer” met al ons verskillende wintersportsoorte. Die uittog met byna 600 mense was ‘n groot operasie, maar ek dink ook ‘n baie groot sukses. Ons sien uit daarna om nog vir baie jare met die Hoërskool Outeniekwa die soort betrekkinge te kan hê.

Volgende jaar bied ons die Ko-Ed op die Groenpuntstadion aan. Dit is ook ‘n eerste, maar ons sien ook uit na die nuutjie.

Ons getalle vir 2018 staan op 1 050 leerders en ons maak planne om te verseker dat ons, ons identiteit van ‘n skool waar elkeen iemand is te behou. Ons het nou beslis die punt bereik waar ons nie meer leerders kan inneem nie.

Tydens ons afgelope begrotingsvergadering is daar ‘n baie mooi aanbieding gedoen oor waarheen ons op pad is met fasiliteite en die skool as entiteit. Die aanbieding is beskikbaar op die d6 Kommuni- keerder onder BRONNE / Algemeen en u kan dit gerus aflaai.

2

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

UIT DIE KANTOOR:

Lees dit asseblief sorgvuldig deur – ek glo dit sal baie van u vrae beantwoord.

Ons graad 12’s se eksamen is ook amper op ‘n einde. Uitslae sal op 5 Januarie 2018 om 12:00 by die skool beskikbaar wees.

Aan die einde van ‘n jaar moet ons ook afskeid neem van personeellede : Me L. Louw het in Maart vanjaar by ons aangesluit. Sy woon in die en het nou ‘n pos daar aanvaar. Me Kriel het ook vanjaar by ons aangesluit. Sy was in ‘n kontrakpos aangestel van die WKOD en die pos het nou ongelukkig verstryk.

Ons wens die twee onderwysers alles van die beste toe op hulle pad vorentoe. Ons bedank hulle ook van harte vir hulle lojaliteit en die diens wat hulle gelewer het.

Dan ten slotte : geniet die vakansie saam met u kind/ers. Indien u op reis gaan : reis veilig. Ons wens u almal ook ‘n besondere feesgety toe.

Ons sien mekaar weer op 17 Januarie 2018

Groete G.L. Germishuys SKOOLHOOF

3

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIE NAASWENNER VAN POORT KOMPETISIE LARA WOON SKRYWERS SLYPSKOOL BY

Durbie naaswenner van Nasionale Poort skryfkompetisie.

Lara van die Merwe het gedurende die laaste week van die Julie vakansie ‘n skrywers slypskool, wat deur die Universiteit van die Vrystaat aangebied was, bygewoon.

Na afloop van die Poort Nasionale Skryfkompetisie is Lara as naaswenner aangewys. Sy is genooi na ‘n skryfkursus, waar hulle deur Prof. Hennie van Coller en die skrywer, Alexander Strachan toegespreek is oor literatuur en wenke oor skryfkuns.

Baie geluk Lara, ons is trots op jou. #DurbiesKultuur

DURBIES TOPS BY TYGERBERG INTERNASIONALE EISTEDDFOD

FOTO BO: Lara van der Merwe DURBIES WENNERS VAN EISTEDDFOD Ons Durbies het puik presteer by die onlangse Tygerberg Inter- nasionale Eisteddfod en is as wenners van die volgende kategorieë aangewys: Stephan Carstens - beste pre- stasie in blaasduette

Kara Brink - beste prestasie in openbare redevoering sowel as beste prestasie in “poetry”

Alexi du Preez - beste prestasie in skeppende skryfwerk

Stefani Terblanche - beste pre- stasie in onvoorbereide lee s

Grete Burger - kategoriewenner FOTO BO: V.l.n.r. Stephan Carstens, Stefani Terblanche, Kara Brink, vir kuns graad 10 Alexi du Preez, Grete Burger, Laura Brink 4

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIES TOPS BY TYGERBERG INTERNASIONALE EISTEDDFOD DURBIES WENNERS VAN EISTEDDFOD

FOTO: Stephan Carstens FOTO: Kara Brink FOTO: Alexi du Preez

Laura Brink - beste prestasie in skeppende skrywfwerk, beste prestasie in “creative writing” en beste prestasie in “poetry” Afwesig: Jana Traut - kategoriewenner vir kuns graad 9 Matthys Carstens - beste prestasie in blaasduette #DurbiesKultuur

FOTO: Grete Burger FOTO: Stefani Terblanch FOTO: Laura Brink 5

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIES NETBAL PRESTEER DURBIES WEN WP NETBAL SUPERLIGA

FOTO BO: o14A, o15A, o16A en o17A netbalspanne FOTO REGS: o18B netbalspan

Durbies wen WP Netbal Superliga.

Durbies Netbal het vanjaar weer puik presteer. Die Durbies het vyf netbalspanne in die WP Superliga finale gehad. Die o14A, o15A en o16A’s het almal as WP Superliga wenners uitgetree, terwyl die o17A’s die silwer medalje gewen het en die o18B’s die brons.

Baie dankie aan al ons afrigters en ondersteuners vir ‘n goeie seisoen.

Baie geluk dogters, ons is trots op julle! #DurbiesNetbal 6

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

7

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIES HOU KUNSUITSTALLING DURBIES SE KUNSWERKE WORD UITGESTAL

17 & 18 Oktober 2017 - Hoërskool Durbanville Kuns- uitstalling.

Die Hoërskool Durbanville het vanjaar drie Kuns kategoriewenners by die jaarlikse Tygerberg Eisteddfod opgelewer.

Wehann Landsberg het weer vanjaar die Kuns kategorie gewen, hierdie keer die graad 11 kategorie, terwyl Grete Burger die graad 10 kategorie en Jana Traut die graad 9 kategorie gewen het.

Op Dinsdag en Woensdag 17 en 18 Oktober 2017 het die Hoërskool Durbanville se kunsstudente hul kunswerke in die Gimnasium uitgestal.

Dit is ongelooflik om te sien oor watter talent ons leerders beskik en dat hulle nie bang is om die perke te oorskry nie.

Baie dankie aan Juffrou Herika Rebel wat die Kunsuitstalling gereël het en baie geluk aan een en elkeen van ons kunsstudente wie se kuns op uitstalling was. Dit is lekker om jul talente so te kan ervaar.

#DurbiesKuns

8

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIES HAAL WP ELITE RUGBYGROEP DURBIES OPGENEEM IN WP RUGBYGROEP

Durbies haal WP o15 Elite Rugby- groep.

Die Durbies se junior rugbyspanne het vanjaar kookwater rugby gespeel en dit was dus geen wonder dat vier van ons o15 rugbyspelers vanjaar opgeneem was in die WP o15 Elite Rugby- groep nie.

Janlu Basson, Renaldo Ismail, Rowan Cloete en Corne Oliphant is almal vanjaar opgeneem in die WP o15 Elite Rugbygroep.

Baie geluk seuns, ons is trots op julle. FOTO: V.l.n.r. Janlu Basson, Renaldo Ismail, Rowan Cloete en #DurbiesRugby Corne Oliphant is opgeneem in die WP o/15 Elite Rugbygroep DURBIES HAAL WP 7’S RUGBYSPAN DURBIES OPGENEEM IN WP 7’S VIR INTERNASIONALE TOERNOOI

Vanjaar was daar ’n rekordgetal Durbies opgeneem in die verskeie WP Rugbyspanne.

Die mees onlangse sukses was die vier Durbies wat die WP o17 7’s Rugbyspanne gehaal het. Hierdie seuns het op 28 & 29 Oktober 2017 aan die Assupol Internasionale 7’s Rugbytoernooi deelgeneem.

Baie geluk seuns, ons is trots op julle.

FOTO: V.l.n.r. Diagho Miggel, Morndrey Titus, Juanre de Klerk, Angelo Osch (afwesig) #DurbiesRugby

9

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

FAIR CAPE CHARITY CLASSIC GHOLFDAG - ‘N REUSE SUKSES

Vanjaar se Fair Cape Charity Golf Classic het op 7 September 2017 op Pearl Valley Golflandgoed plaasgevind.

Vanjaar se gholfdag was weer moontlik gemaak deur Fair Cape Dairies in samewerking met Polyoak Packaging en SIG Combibloc Obeikan.

‘n Opwindende toevoeging vanjaar was - R100 000 vir ‘n kolskoot op die 13de putjie, geborg deur STP Brokers.

FOTO BO: Oud-Durbie en Durbie-ouer, Mnr. Louis Loubser FOTO REGS: Voormalige Springbok kaptien Corne Krige

Baie dankie aan Oud-Durbie en Bemarkings- bestuurder van Fair Cape, Mnr. Louis Loubser vir die getroue ondersteuning.

Dankie ook aan die 32 vierballe, sowel as voormalige Springbok rugbykapteine, en Corne Krige wat die koue weer trotseer het om ‘n verskil te maak. Die fondse gegenereer tydens die gholfdag gaan aan Hoërskool Durban- ville en die Fair Cape Cares Foundation.

Nogmaals baie dankie aan Fair Cape Dairies vir hul getroue ondersteuning. #FairCapeCharityGolfClassic

10

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIE DASH HOËRSKOOL DURBANVILLE SE GROOTSTE FONDSINSAMELINGSPROJEK

28 Oktober 2017 – Durbie Dash

Vanjaar se Durbie Dash was weer moontlik gemaak deur fantastiese borge.

Dole, Just Property Durbanville, Ribbens Office National, Simply Store was vanjaar die hoofborge terwyl Jaguar & Landrover N1 Stad die nuwe motor- vennoot van die Durbie Dash is.

Vanjaar se Durbie Dash het ‘n paar nuwe Mnr Johan Winterbach van JW Brands het toevoegings gehad, die grootste sekerlik dat verseker dat al die aksie, op die dag, verfilm die 90 km padroete ‘n “seeding event” vir die word met verskeie kameraspanne op Cape Town Cycle Tour was. motorfietse wat die aksie gevolg het op die pad-, bergfiets- en trailrun roetes. Bekende Daar was vanjaar ‘n Interskole afdeling vir sportfotograaf, Chris Hitchcock het aksiefotos skole ingebring en ‘n 14 km roete vir die van die bergfiets sowel as die pragtige ernstige trailrunners. natuurskoon vasgevang.

Die Durbies, Durbie-ouers en die Durbie- Baie dankie aan Mnr. Ernst Viljoen en sy span ondersteuners het seker gemaak dat hulle vir hul moeite en veral Durbie ouers Mevv. almal op hul poste was. Karen van der Vyver, Laurette Barnard en Heidi Bredenhan wat verseker het dat die Daar was weer ‘n verskeidenheid waterpunte, dag ‘n sukses is. met ou gesigte by die Realtors International Durbanville en TJ’s Lekka Braai stalletjies terwyl Nogmaals baie dankie aan almal wat Lifestyle Challenge, Lieben Logistics en Just bygedra het met die voorbereiding sowel as Properties vanjaar bygekom het. hul hulp aangebied het op die dag.

Daar was ook ‘n rekordgetal stalletjies op die Ons sien reeds uit na volgende jaar se Durbie A-veld wat seker gemaak het dat almal Dash en hoop om almal daar te sien. genoeg te eet en te drinke kry.

#DurbieDash 11

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIE DASH HOËRSKOOL DURBANVILLE SE GROOTSTE FONDSINSAMELINGSPROJEK

12

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

Tygerberg Fencing www.tygerbergfencing.co.za

What is in it for me and/or my child?

Mental Agility, Focus, Better Attention, Better Concentration Physical Fitness, Aerobic Workout, Getting Active Self-Confdence, Self-Discipline, Character Good Sportsmanship, Competitive Spirit Outlet for Aggression, Stress Relieving a Whole Lot of Fun And the First lesson is Free!

What do we learn? Training by a SA National Coach, based on the curriculum of the British Academy of Fencing. We grow from Novice to Master.

When Where Grade 1 - 7 Thursday 15:00-16:15 Protea Heights Academy, Grades 8 - 12 Thursday 16:30 -18:00 33 Helling St, Protea Hoogte, Adults/Disabled Thursday 18:00-19:30 Brackenfell

Equipment Club Membership Fee 1st Term Provided by club Individual R780 per year 2nd Term Glove, Breeches R660 Family R1200 per year Chest Protector for Girls R400 3rd Term Jacket R550 5th Term Mask R1500 Tuition Fee Foil (sword) R800 7th Term Individual R720 per term Aquiring equipment is spread over a long period that averages at less than R200 per month (prices are indicative and are dependant on exchange rates)

Whatsapp Email Facebook 063 283 8103 [email protected] facebook.com/tygerbergfencing

13

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: C2M RAAK BETROKKE “INVEST TO INVEST” PROGRAM

C2M Chartered Accountants Inc. gooi hulle gewig behoorlik in by Hoërskool Durbanville.

C2M, een van die trotse borge van Hoërskool Durbanville het ‘n projek geloods waar hardwerkende, behoeftige leerders die geleentheid gebied word om by Hoërskool Dur- banville skool te gaan.

Om by te dra tot hierdie projek, gaan laai die gratis applikasie af vanaf die Apple App Store of Google Play. Soek met die sleutelwoord C2M. Vir elke applikasie wat afgelaai word, sal C2M R50 bydra tot hierdie projek.

Ons waardeer C2M Chartered Accountants Inc se bydraes tot ons skool en ons skolegemeenskap en vra dat ouers hierdie inisiatief sal onder- steun, siende dat dit gratis is.

#DurbiesGeeOm

14

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIES VAAR GOED BY MARIUS SCHOEMAN 7’S DURBIES KLOP GROOTTES IN SA SKOLERUGBY

Saterdag 9 September - Durbies klop groottes by die Marius Scoeman 7’s.

Durbanville se 7’s rugbyspanne het die afgelope paar jaar puik presteer en bewys dat ons skool met die groottes in SA Rugby kan meeding.

Die o15’s het die oggend afgeskop deur die krag van SA Rugby, Grey Kollege van Bloemfontein 21-19 te klop… en dit nadat Grey Kollege 14-0 voor was.

Die o17’s het die semi-finaal van die kompetisie gehaal en oppad daarheen Westville en Monnas, van Krugersdorp, geklop.

Die o15’s het ook die semi-finaal van die trofee gehaal en oppad skole soos Grey Kollege, Stellenberg en Paarl Gimnasium geklop. In die semi-finaal val hulle ongelukkig net-net kort teen die #1 skool in die land Outeniqua en verloor 12-14.

Baie geluk seuns, ons is trots op julle.

#DurbiesRugby

FOTO REGS BO: William Moore maak ‘n losgemaal skoon teen Grey Kollege FOTO REGS MIDDEL: Durbies o15 FOTO REGS ONDER: Durbies o17

15

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

16

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: d6 SCHOOL COMMUNICATOR KONTAK MET OUERS, OUD-LEERDERS EN VRIENDE VAN DURBANVILLE

d6 School Communicator - verbind ouers, oudleerders en vriende met die skool.

Die d6 School Communicator is ‘n kommunikasie-stelsel wat skole in staat stel om effektief met ouers, oudleerders en vriende van die skool te kommunikeer via: - “desktop” applikasie - slimfone - internet - sosiale media - sms - e-pos

Skole kan belangrike dokumente soos toetsroosters en wedstrydbepalings stoor, vir ouers om af te laai, deurgee van belangrike reëlings m.b.t. uitstappies, matriekafskeid, danse, fonds- insameling en die verskuiwing of kansellasie van wedstryde ens.

Duisende skole, reg oor Suid Afrika gebruik tans die d6 School Communicator stelsel.

Bly op hoogte van sake en verwikkelinge by Hoërskool Durbanville deur die skool se d6 School Communicator af te laai - http://www.school-communicator.com/download.php

17

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: WOOLWORTHS MY SCHOOL- & MARKO KAART HOËRSKOOL DURBANVILLE SE DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE

Raak betrokke en maak ‘n verskil.

Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur- banville kan sonder veel moeite, deurlopend bydra tot die skool.

Deur die implimentering van hierdie projekte, word ‘n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban- ville die begunstigde te maak op u Woolworths My School kaart sowel as u Makro kaart.

Indien u nog nie ‘n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

Ons waardeer u ondersteuning opreg!

#Durbies

18

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIES WEN MOORREESBURG TENNISTOERNOOI DURBIES MAAK SKOONSKIP BY MOORREESBURG

Durbanville het vanjaar puik gespeel en hierdie keer by die Moorreesburg Tennistoernooi. Die Durbies het as volg presteer: klop Vredendal 25-2 klop Hugenote 19-13 klop Dirkie Uys 24-2 klop Uitnodingspan 26-0

Durbanville wen sodoende die Moorreesburg toernooi. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. #DurbiesTennis FOTO: Die Durbies Eerste Tennisspanne

DURBIES VAAR GOED BY PRESTIGE TENNISTOERNOOI HOËRSKOOL DURBANVILLE TENNIS PRESTEER BY BOLAND LANDBOU TENNISTOERNOOI

Dubries vaar goed by prestige Ten- nistoernooi.

Ons Hoërskool Durbanville Seunsspan het aan die Boland Landbou Tennis- toernooi deelgeneem.

Die Durbies se jongspan het goed gevaar teen gedugte kompetisie en as volg presteer: vs Oakdale verloor 9-27 vs Pearson wen 34-2 vs Marlow wen 24-12 vs Paarl Boishaai wen 19-17

Die Durbies eindig algeheel 5de by hierdie prestige tennistoernooi. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! #DurbiesTennis 19

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: ADVERTENSIESPASIE RAAK BETROKKE BY HOËRSKOOL DURBANVILLE SPORT

Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maat- skappy te neem langs die hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld.

Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport.

Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

20

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

21

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE NUUS: DURBIES 3DE IN PAUL ROOS INTERSKOLE DURBIES MTB PRESTEER

Durbies MTB het 23 September aan die Bestmed / Paul Roos XCO Interskole deelgeneem en as volg presteer: o14 Seuns Phillip Kotze 2de Christiaan Smit 7de Callaghan Human 13de JJ Oosthuizen 16de o16 Seuns Lachlan Mundie 14de Barend du Preez 25ste o18 Seuns Johan Kruger 5de Gerrit Woudstra 18de Durbanville (Johan Kruger, Gerrit Woudstra en Philip Kotze) haal die podium en behaal ‘n 3de plek tydens hierdie kompetisie. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

FOTO REGS: Johan Kruger in aksie #DurbiesMTB

DURBIES LEWER WÊRELDKAMPIOEN MIEKE - LASER RUN WÊRELDKAMPIOEN

Mieke Burger, alombekend vir haar puik Vyfkamp prestasies, het die naweek van 14 en 15 Okt. 2017 haar sport na die volgende vlak geneem. Mieke het onlangs ‘n hoë prestasie oefengroep bygewoon met die oog op Jeug Olimpiese kwalifikasie.

Mieke eindig 6de in die o17 elite kategorie van die Laser Run Wêreldkampioenskappe en algeheel 1ste in die spankompetisie saam met haar spanmaat.

Baie geluk Mieke, ons is trots op jou!

DURBIES - “Dis ‘n Leefstyl”

22

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

MATRIEKAFSKEID 2017

“A WHOLE NEW WORLD”

Mev. Elaine Burger - Matriekafskeid 2017 is “a whole new world”…

Vanjaar se Matriekafskeid was waarlik soos die tema beskryf - “a whole new world”.

Ons was vanjaar bevoorreg om so ‘n fantastiese werkspan te gehad het, wat bygedra het tot ‘n onvergeetlike aand vir ons Matrieks van 2017.

Baie dankie aan ons graad 11 kelners en hul wonderlike ouers vir die moeite wat hulle gedoen het om te verseker dat ons Matrieks spesiaal voel op hierdie pragtige aand.

Dankie aan Cindy Muller en Distinctive Choice vir D’Aria se omskep in ‘n Arabiese oase wat ons tema perfek uitgebeeld het.

Altus Tolken van Tolken Media vir die aankomsfotos by die skool en die uitdruk daarvan vir die Matrieks.

Dankie aan Nel Bezuidenhout, ons videograaf vir die vasvang van die mooi oomblikke.

FOTO: Tayla Nel

Etienne Visagie van D’Aria, ons tech-mense maak vir ieder en elkeen van ons Matrieks. Loui Griebenow en sy span vir die klank en beligting. Laastens baie dankie aan al die borge wat

Arno Pienaar en Arno Louw vir die Live Stream die aand moontlik gemaak het, ons waar- van die geleentheid en Ben Malherbe, ons deer julle onsettend baie. DJ. Tot volgende jaar…

Dankie aan ons personeel wat ure ingesit het #TrotsDurbanville agter die skerms om die aand spesiaal te 23

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

MATRIEKAFSKEID 2017

“A WHOLE NEW WORLD”

24

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

ROM ROM DIE DURBIES KOM…

INTERSKOLE 2017 - ‘N SPORT- EN KULTUURFEES

25

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE IN SA O16 RUGBYGROEP

ANGELO HAAL SA EPD (“ELITE PLAYER DEVELOPMENT”) GROEP

Durbie opgeneem in SA Elite Rugbygroep.

Angelo Osch en Levern Jantjies is twee Durbies wat vanjaar in die WP se o16 Grant Khomo Rugbyspanne opgeneem is.

Angelo was ook na afloop van die WP se wedstryd teen die Bulle, by vanjaar se Grant Khomo rugbyweek, in Bloemfontein, aangewys as die speler van die wedstryd.

Na afloop van die Grant Khomo Rugby- week, by Grey Kollege in Bloemfontein, is Angelo aangewys as die WP se speler van die toernooi.

Angelo is daarna opgeneem in die o16 SARU EPD (“Elite Player Development”) groep.

Baie geluk met die puik prestasie Angelo, ons is baie trots op jou!

#DurbiesRugby

FOTO REGS: Angelo Osch in aksie teen SACS

26

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIES ATLETE PRESTEER

DURBANVILLE 4DE BY PRESTIGE BYEENKOMS

Durbies blink uit by Bredasdorp Prestige Atletiekbyeenkoms.

Die Durbies atlete het vanjaar vroeër as vorige jare begin oefen, juis omdat vanjaar se Bredasdorp Prestige Top-10 Atletiekbyeenkoms heelwat groter as vorige jare was.

Vanjaar was daar 84 spanne wat deelgeneem het en met van die Durbies se atlete nie beskikbaar as gevolg van beserings en WP aksie- netbal het ‘n kleiner groep atlete vanjaar deelgeneem.

Hierdie atlete het nie teruggestaan vir die uitdaging of die soge- Foto: Jade Filanie in aksie naamde grootskole nie en het ‘n uitmuntende algehele 4de plek behaal.

Ons Durbies atlete het as volg presteer: Teneal Els 1ste Diskus, 3de Gewigstoot Chiara Sutherland 3de 300m Hekkies, 4de 100m, 6de 90m Hekkies Daren Brown 2de 300m Hekkies, 4de 200m, 6de 100m Jade Filanie 3de 200m, 4de 100m Michael Koch 3de 400m Dillon Oppelt 5de 300m Hekkies, 5de 100m Hekkies Mihle Mahlaza 5de Verspring Hanno Wessels 6de 100m Hekkies Compion von Ludwig 8ste Spiesgooi

Baie geluk aan al ons Durbies atlete wat deelgeneem het en met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle! #DurbiesAtletiek

27

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIES ATLETE PRESTEER

DURBANVILLE 4DE BY PRESTIGE BYEENKOMS

28

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

29

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

OUD-DURBIES: OUD-DURBIES WEMEL OP DIE KASSIE DURBANVILLE SPOG MET 4 OUD-DURBIES IN HUIDIGE SEPIES

Durbies spog met vier Oud-Durbies, tans op die kassie.

Ramey Short en Cindy Swanepoel doen diens op KykNet se Binnelanders terwyl Karli Heine en Luka Geldenhuys (huidige Durbie) op die stel van die Boekklub verskyn. Melissa Massyn, meer bekend vir haar rol in Hoofmeisie, speel tans in die sepie Erfsondes.

Ons trots op hierdie Durbie en Oud-Durbies van ons. #TrotsDurbanville

30

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

SPORTUITSLAE:

RUGBY - 9 September KRIEKET - O/19A Kriekettoer (Mosselbaai) O/19A vs Diamantveld RUGBY: O/17 7’s - Paarl Gimnasium Saterdag 30 September Saterdag 09 September Durbanville 79 almal uit Vs Malibu wen 24 – 5 Diamantveld 80/4 Vs Stellenberg verloor 12 – 21 Vs Westville wen 40 – 15 Juan – Dré Thomas 4/28 Vs Northern League wen 54 – 0

Vs HTS Drostdy verloor 26 – 30 Vs Monnas wen 26 – 19 Durbanville verloor met 6 paaltjies Vs Stellenberg verloor 14 – 19 O/19A vs Punt Maandag 2 Oktober RUGBY: O/15 7’s - Paarl Gimnasium Durbanville 142/5 Saterdag 09 September Kobus Jordaan 44 Vs Grey Bloem wen 21 – 19 HS Punt 119 almal uit Vs Edgemead wen 19 – 5 Juan – Dré Thomas 5/21 Vs Stellenberg wen 24 – 7 Vs Milnerton wen 47 – 0 Vs Brackenfell wen 31 – 7 Durbanville wen met 26 lopies Vs Paarl Gimnasium wen 26 – 10 Vs Outeniqua verloor 12 – 14 O/19A vs Swartland Dinsdag 3 Oktober Mnr. S.Huygen Swartland 96 almal uit Stefan van Wyk 3/24 TENNIS Juan – Dré Thomas 2/16 Durbanville 97/2 TENNIS: Dirkie Uys Vs Vredendal Wen 25 – 2 Carlo Cronje 36* Vs Hugenote Wen 19 – 13 Juan – Dré Thomas 32 Vs Dirkie Uys Wen 24 – 2 Vs HTS Drostdy Wen 19 – 8 Durbanville wen met 8 paaltjies Vs Uitnodigingspan Wen 26 – 0 Mnr. N.Minnie Durbanville se senior Seuns Tennisspan wen hierdie toernooi. Baie geluk seuns, ons is trots op julle! POLOCROSSE Mnr.R.Hamman Baie geluk aan Christiaan Human wat WP ver- LANDLOOP teenwoordig het by die Interprovinsiale Baie geluk aan Ineke Wegman wat in die Wes – Toernooi in Natal. Kaapspan opgeneem is wat aan die SA Kam- pioenskappe gaan deelneem. Welgedaan Christiaan!

Voorspoed Ineke, ons hou jou vordering dop! 31

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

SPORTUITSLAE:

DANCE STARS JIU-JITSU Baie geluk aan Zandri Schnetler wat gekwa- Baie geluk aan die volgende 3 seuns wat WP lifiseer het om SA volgende jaar in Kroasië te kleure behaal het in Jiu – Jitsu: verteenwoordig. • Devan Noble • Heindrich Pepler Mooi so Zandri! • David van Zyl

Baie geluk seuns! KRIEKET

O/19A vs Wynberg B

Saterdag 14 Oktober Wynberg B 228 almal uit Dian Barnard 6/52 Durbanville 184/9 Alexander Moore 34* Kobus Jordaan 34

Durbanville verloor met 44 lopies.

O/15A vs Edgemead Saterdag 14 Oktober Durbanville 160/7 Regardt Potgieter 52 Stef Boshoff 21* Edgemead 31 almal uit William Moore 3/12 Louis Albertyn 2/7 Regardt Koen 2/9

Durbanville wen met 129 lopies.

O/15A vs Pinelands Saterdag 21 Oktober Durbanville 107 almal uit Stef Boshoff 21 Pinelands 97 almal uit Reyhan Strydom 6/13

Durbanville wen met 10 lopies. Mnr. N.Minnie

32

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

33

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017

DURBIE ADS:

KONTAKBESONDERHEDE: Tel. 021 976 3188 / Faks 021 976 3189

ALGEMEEN: [email protected] BEMARKING: [email protected]

SPORT: [email protected] BORGE: [email protected]

KULTUUR: [email protected] BOEKEKAMER: [email protected]

KLEREWINKEL: [email protected] DURBIENET: [email protected]

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. daarop dat Hoërskool Durbanville nie verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en / of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid van die geadverteerde diens en / of produk nie. Die derde party adverteer sy / haar diens en / of produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker wat gebruik maak van die geadverteerde diens en / of produk.

34