Nuusbrief5 Augustus2016.Compressed.Pdf
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
STELLENBERG Stellenberg High School Newsletter 5/2016 August 2016 “ Trying to please everybody is a great formula for failure. ” FIRE value: Excellence “We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.” - Aristotle Therefore, practice regularly and be excellent. Suzanne de Waal: School Management Ms. Flavia Buttner In This Issue ATKV-Applouskompetisie Uitslae van Tygerberg Eisteddfod Sport results Netball: SA Top Schools Juniorbal Mnr & Mej Stellenberg Flashback to 2012 En so kry André van der Merwe en sy hoërskoolkore dit wéér reg! Ten spyte van ‘n terugslag vir André toe hy gedurende Mei ‘n dubbele hartaanval gehad het, asook kernlede van die Meisieskoor wat as gevolg van sportverpligtinge nie aan die kompetisie kon deelneem nie, seëvier beide SMK en SSK in hul onderskeie kategorieë. SMK word ook as die Algehele Wenner in die Meer Ervare Hoërskool-kategorie aangewys. Die uitslag vir SMK is soos volg: Beste uitvoering van 'n Voorgeskrewe Lied (Meer Ervare Hoërskole) Beste Meer Ervare Hoërskool Meisieskoor (94,37%) Algehele wenner Beste Meer Ervare Hoërskoolkoor SSK is in 2015 gestig. Na slegs een jaar en na landwye uitdunrondtes is hul een van die nege hoërskoolkore wat aangewys is om in die Nasionale ATKV-Applouskompetisie in die kategorie Meer Ervare Hoërskole mee te ding. Hulle word as die Beste Seunskoor (87,29%) aangewys. Nie net voer André gedurende ‘n moeilike en veeleisende 2016 sy hoërskoolkore tot hierdie hoogtes nie, maar hy slaag ook daarin om tydens die Wêreldkoorspele in Sochi, Rusland, met die USK (Universiteit Stellenbosch Koor) wêreldwyd die eerste plek vir kore te behaal. André van der Merwe Dit is September-eksamentyd! Met sport-, kultuur- en sosiale aktiwiteite wat volstoom aan die gang is, wink die September-eksamen vir die gr. 12’s. Sterkte aan elke Stellie wat hard besig is om voor te berei vir die eksamen. Werk hard, leer hard en jy sal die vrugte pluk. Alles van die beste. Y. Havinga en personeel. Click here to see the term 3 test timetable. Click here to see the grade 12 term 3 exam timetable. Whiren van Niekerk and Firdous Trevor, both grade 12 singing pupils, entered the Divas Unite 2016 competition. Thomas en Jaime Fowler was die kategorie wenners van die senior klavierduetafdeling by They passed the first round of auditions and participated in the second round of the die Stellenbosch Kunswedstryd. competition, held at the V&A Waterfront. Whiren went through to the semi-finals and Hulle het die Bessie van Brakel-wisselbeker ended in the top 10 of the competition. vir die hoogste senior prestasie in die klavierduet tydens die pryswennerskonsert in Due to the high standard of the ontvangs geneem. participants, the top 10 were invited to perform at the Gala Concert at the Grand Baie geluk! West Arena that took place on Woman’s Day. Whiren described the experience as a definite highlight and one that she will never forget! Whiren van Niekerk, Mrs. Wright and Firdous Trevor Thomas Fowler en Jaime Fowler Lisa Britz het die Stellenbosch Kunswedstrydbeker ontvang vir die hoogste senior prestasie in harp. Sy het ook 19 Augustus tydens die Western Cape Youth Music Festival in Artscape opgetree. By hierdie geleentheid het sy 'n harpkomposisie saam met die orkes gespeel wat spesiaal vir haar gekomponeer is deur die bekende SA komponis Alan Stephenson. Baie geluk, Lisa! Our Tygerberg Eisteddfod creative writing entrants did exceptionally well, and we are very proud of them. The markers’ comments were flattering and made us aware that our learners are talented and able to use language to evoke emotions in the reader. The entrants are as follows: Creative writing: poetry Flavia Davids 92% Marghiét Stassen 91% Cameron Kurt 90% Creative writing: essays Cameron Kurt 90% Ons het vanjaar altesaam 88 leerders gehad Amelia Kopper 90% wat vir die eksamen ingeskryf het. Baie geluk Tanika Engelbrecht 88% aan die volgende presteerders: Flavia Davids 87% Mieneke Dempers – 4de posisie in die Junior Skeppende skryfwerk: gedigte Afdeling Kyle Teixeira 90% Ingrid Barnard – 19de posisie in die Junior Flavia Davids 88% Afdeling Esté Swanepoel 85% Anita van Niekerk – 20ste posisie in die Junior Skeppende skryfwerk: opstelle Afdeling Esté Swanepoel 76% Tanika Engelbrecht 72% Amelia Kopper, Flavia Davids, Cameron Kurt, Tanika Engelbrecht, Este Swanepoel, Marghiét Stassen. Afwesig: Kyle Teixeira Deur Anandi de Witt "Hierdie is nie 'n kamp nie. Hierdie is 'n beraad: 'n samekoms vir potensiële verskilmakers en mense wat gemaklik sal raak daarmee om broodnodige, ongemaklike gesprekke te hê." Hierdie woorde van Nicolaas van der Walt, seremoniemeester van die ATKV-Jeugberaad te Goudini, eggo steeds in ons gedagtes, want 'n kamp was hierdie week beslis nie. Ons het met vooropgestelde idees die oord binnegery, oor dinge wat ons dalk vir die honderdste keer sal hoor oor leierskap en positiwiteit en passie en oor mense waarmee ons liewer nie wil meng nie, presies soos enige buitelugondervinding wat ons al meegemaak het - net om as veranderde, stomgeslaande mense met tientalle nuwe vriende, tonne herinneringe en 'n nuwe uitkyk op soveel dinge weg te ry. Die ATKV bied jaarliks hierdie jeugberade tydens die Junie-/Julie-skoolvakansie aan by hul verskillende oorde. Hier word gr.11-leerders blootgestel aan 'n magdom verskillende, kontroversiële gesprekke oor onderwerpe wesenlik tot hul menswees, die ontwikkeling van leierskap in die betrokke skole en uiteindelik die vooruitgang van die land. Skole van regoor die land - Kakemas, Swellendam, Stellenbosch, Worcester, Stellenberg, noem maar op - kon saamkom en die kwessies wat elke skool in die gesig staar, bespreek . Die hoë kwaliteit van die sprekers oor die verskillende uitdagings het die nodige lig op die probleme gewerp en praktiese wenke verskaf om die probleme aan te spreek. Daar was natuurlik baie pret, ook! Ons het die beraad se temalied en -dans aangeleer, die berg tot by die "Goudini Spa"-teken geklim, 'volleyball' gespeel en die voorreg gehad om na 'n optrede van "Saartjie Band" te kyk. Hierdie nie-kamp was beslis 'n eens-in-'n-leeftyd belewenis en ons sien uit om dit wat ons geleer het, uit te oefen en om in die toekoms terug te keer as leiers by die jeugberaad. Amy Brooks en Anandi de Witt, beide in gr.11, het die ATKV-Jeugberaad bygewoon. Cross was weer deel van die jaarlikse One to One Day. Dis n dag vol speletjies en pret vir gestremdes. Ons het 21 Augustus 'n stalletjie gehad by die Bellville Velodrome. Dis goed om terug te gee aan die gemeenskap en om te besef ons het soveel om voor dankbaar te wees. 25 van ons leerders was vriende vir die gaste vir die dag. Baie dankie vir die Crossleiers wat die stalletjie beman het en aan elke Stellie wat ‘n vriend was! Die Afrikaanse toneelgroep het gedurende die laaste naweek in Julie na Springbok vertrek om deel te neem aan die Namakwaland Toneelfees. Hulle puik spel het tot uitstekende prestasies gelei asook kommentaar dat die spelers uit die hart gespeel het en dat dit een van Petro van den Heever se beste regiewerke nog is. Die toneelgroep: Regie: Petro Van den Heever Vervaardiger, hulpregisseur: Joan-Marié Theart Verhoogbestuurder: Simone Strümpfer Klank: Philna Beetge Beligting: Gavin Bosch Spelers en prestasies by Namakwalandfees: Liam Verreynne: Goud Juli Vercuiel: Goud Brendan Janse van Rensburg: Silwer Andrea Ohlms: Silwer Tammy Nel: Silwer Lian Smit: Brons Lafras Uys: Brons Christiaan de Beer: Brons Die tweede optrede was op 11 Augustus (Die Klein Libertas Tienertoneelfees) in Stellenbosch. Die toneelgroep het hier net so goed gevaar en die talent en passie van die leerders kon duidelik gesien word. Dit is ook hier waar Liam Verreynne die uitstaande toekenning as beste algehele akteur ontvang het. Ander toekennings: Juli Vercuiel: Silwer Liam Verreynne: Goud Andrea Ohlms: Silwer Tammy Nel: Brons Op 17 Augustus het die jaarlikse Juniorbal - vir gr. 8 en 9-Stellies - in die aktiwiteitsentrum plaasgevind. Die glansgeleentheid word jaarliks deur die Studenteraad georganiseer Hierdie jaar was ‘n gr.10-leerder, Christiaan de Beer, in beheer van die projek. Our guests of honour - the Juniors - were greeted with balloons, giant lollipops, a gumball machine and a sign that read, "Welcome to Candyland!" There was also a photo booth with various emoticon faces as props. Die tafels was versier met kleurvolle heliumballonne en flessies vol lekkergoed om aan te peusel. Elke stoel is oorgetrek met swart en wit lap en kleurvolle linte om aan te sluit by die “lekkergoed” tema. Reuse lekkers het van die dak af gehang, en daar was selfs eetbare springmielie-stringe teen die mure. Tickets were sold out, and a total number of 335 Stellies - dressed beautifully in their finest suits and cocktail dresses - attended this glamorous event. They were treated with sweets, pizza, ice cream and quality music - of course! Dit was 'n aand vol pret en plesier, en die leerders het hul gô uit gedans! (‘n Bewys hiervan is die groot aantal verlepte graad 8’s en 9’s wat die volgende dag in die klasse gesit het.) Baie dankie aan Christiaan de Beer en die graad 9 VRL-lede - Nicola Ammon, Nicola Hanekom en Skyla Field - vir hul harde werk. Hulle het hulself sowaar goed van hul taak gekwyt. “Dazzling, extravagant, surprising, exquisite, entertaining…” These are but a few words used by learners to describe the evening of Mr and Ms Stellenberg 2016 which was held on Tuesday 16 August. The evening was hosted by the drama teachers, Mr Maree and Ms van den Heever, who delighted us with their eccentric stage presence. The finalists (13 boys and 13 girls) walked the ramp 3 times, each time portraying various themes, namely: Old School Vintage, New Age Tech and evening Wear. Their outfits were “creative, fun and on point” as stated by one of the judges.