Durbie Nuus: 4

Durbie Nuus: 4

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DUR’B’OUERS DIE SKOOL WAAR ELKEEN IEMAND IS MATRIEKAFSKEID 2017 INHOUD: “A WHOLE NEW WORLD” Hoofberig 1 Uit die kantoor: 2 Durbie Nuus: 4 Matriekafskeid 2017: 23 Durbie in SA Rugbygroep: 26 Durbies Atlete Presteer: 27 Oud-Durbies: 30 Sportuitslae: 31 Durbie Ads: 33 Donderdag 28 September betekenis gekry toe ons. - Matriekafskeid 2017 Matrieks van 2017 by die deure instap… Vanjaar se tema “a whole new world” het nuwe Vervolg op bl. 23 DURBIES- “Dis ‘n Leefstyl” HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 UIT DIE KANTOOR: Geagte Ouers So het ons dan baie naby aan die einde van ‘n wonderlike jaar in die geskiedenis van die Hoërskool Durbanville gekom. Ek gaan nie probeer om ‘n terugblik te gee nie – daarvoor kan u maar net na die vorige nuusbriewe gaan. Dat ons leerders vanjaar weer puik presteer het op ‘n verskeidenheid van terreine is beslis so. Ons wil dan ook hiermee vir al die kampioene, maar ook vir al ons deelnemers, geluk wens met hulle besondere toewyding. Ons projekte wat hierdie jaar afgehandel is, sluit in die nuwe klaskamers in die ou “houtwerkblok”, die kleedkamers by die astro, die opgradering van die klaskamers langs Vissershok en die inrig van ‘n gimnasium by Vissershokvelde in die ou stoor. Ons begin eersdaags om die grootste deel van die ouditorium se dak te vervang, nuwe gras op die atletiekbaan en rugbyvelde te plant, een van ons krieketblaaie te vervang, die buiteveld van die A- krieketveld op te gradeer en dan ook om die area rondom die ouditorium op te gradeer. Laasgenoemde sluit o.a ook die uitbreiding van die parkeerarea in. Ons parkeerarea het heeltemaal ontoereikend geword. Ons het ook vanjaar vir die eerste keer kon “toer” met al ons verskillende wintersportsoorte. Die uittog met byna 600 mense was ‘n groot operasie, maar ek dink ook ‘n baie groot sukses. Ons sien uit daarna om nog vir baie jare met die Hoërskool Outeniekwa die soort betrekkinge te kan hê. Volgende jaar bied ons die Ko-Ed op die Groenpuntstadion aan. Dit is ook ‘n eerste, maar ons sien ook uit na die nuutjie. Ons getalle vir 2018 staan op 1 050 leerders en ons maak planne om te verseker dat ons, ons identiteit van ‘n skool waar elkeen iemand is te behou. Ons het nou beslis die punt bereik waar ons nie meer leerders kan inneem nie. Tydens ons afgelope begrotingsvergadering is daar ‘n baie mooi aanbieding gedoen oor waarheen ons op pad is met fasiliteite en die skool as entiteit. Die aanbieding is beskikbaar op die d6 Kommuni- keerder onder BRONNE / Algemeen en u kan dit gerus aflaai. 2 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 UIT DIE KANTOOR: Lees dit asseblief sorgvuldig deur – ek glo dit sal baie van u vrae beantwoord. Ons graad 12’s se eksamen is ook amper op ‘n einde. Uitslae sal op 5 Januarie 2018 om 12:00 by die skool beskikbaar wees. Aan die einde van ‘n jaar moet ons ook afskeid neem van personeellede : Me L. Louw het in Maart vanjaar by ons aangesluit. Sy woon in die Paarl en het nou ‘n pos daar aanvaar. Me Kriel het ook vanjaar by ons aangesluit. Sy was in ‘n kontrakpos aangestel van die WKOD en die pos het nou ongelukkig verstryk. Ons wens die twee onderwysers alles van die beste toe op hulle pad vorentoe. Ons bedank hulle ook van harte vir hulle lojaliteit en die diens wat hulle gelewer het. Dan ten slotte : geniet die vakansie saam met u kind/ers. Indien u op reis gaan : reis veilig. Ons wens u almal ook ‘n besondere feesgety toe. Ons sien mekaar weer op 17 Januarie 2018 Groete G.L. Germishuys SKOOLHOOF 3 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIE NUUS: DURBIE NAASWENNER VAN POORT KOMPETISIE LARA WOON SKRYWERS SLYPSKOOL BY Durbie naaswenner van Nasionale Poort skryfkompetisie. Lara van die Merwe het gedurende die laaste week van die Julie vakansie ‘n skrywers slypskool, wat deur die Universiteit van die Vrystaat aangebied was, bygewoon. Na afloop van die Poort Nasionale Skryfkompetisie is Lara as naaswenner aangewys. Sy is genooi na ‘n skryfkursus, waar hulle deur Prof. Hennie van Coller en die skrywer, Alexander Strachan toegespreek is oor literatuur en wenke oor skryfkuns. Baie geluk Lara, ons is trots op jou. #DurbiesKultuur DURBIES TOPS BY TYGERBERG INTERNASIONALE EISTEDDFOD FOTO BO: Lara van der Merwe DURBIES WENNERS VAN EISTEDDFOD Ons Durbies het puik presteer by die onlangse Tygerberg Inter- nasionale Eisteddfod en is as wenners van die volgende kategorieë aangewys: Stephan Carstens - beste pre- stasie in blaasduette Kara Brink - beste prestasie in openbare redevoering sowel as beste prestasie in “poetry” Alexi du Preez - beste prestasie in skeppende skryfwerk Stefani Terblanche - beste pre- stasie in onvoorbereide lee s Grete Burger - kategoriewenner FOTO BO: V.l.n.r. Stephan Carstens, Stefani Terblanche, Kara Brink, vir kuns graad 10 Alexi du Preez, Grete Burger, Laura Brink 4 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIE NUUS: DURBIES TOPS BY TYGERBERG INTERNASIONALE EISTEDDFOD DURBIES WENNERS VAN EISTEDDFOD FOTO: Stephan Carstens FOTO: Kara Brink FOTO: Alexi du Preez Laura Brink - beste prestasie in skeppende skrywfwerk, beste prestasie in “creative writing” en beste prestasie in “poetry” Afwesig: Jana Traut - kategoriewenner vir kuns graad 9 Matthys Carstens - beste prestasie in blaasduette #DurbiesKultuur FOTO: Grete Burger FOTO: Stefani Terblanch FOTO: Laura Brink 5 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIE NUUS: DURBIES NETBAL PRESTEER DURBIES WEN WP NETBAL SUPERLIGA FOTO BO: o14A, o15A, o16A en o17A netbalspanne FOTO REGS: o18B netbalspan Durbies wen WP Netbal Superliga. Durbies Netbal het vanjaar weer puik presteer. Die Durbies het vyf netbalspanne in die WP Superliga finale gehad. Die o14A, o15A en o16A’s het almal as WP Superliga wenners uitgetree, terwyl die o17A’s die silwer medalje gewen het en die o18B’s die brons. Baie dankie aan al ons afrigters en ondersteuners vir ‘n goeie seisoen. Baie geluk dogters, ons is trots op julle! #DurbiesNetbal 6 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIE ADS: 7 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIES HOU KUNSUITSTALLING DURBIES SE KUNSWERKE WORD UITGESTAL 17 & 18 Oktober 2017 - Hoërskool Durbanville Kuns- uitstalling. Die Hoërskool Durbanville het vanjaar drie Kuns kategoriewenners by die jaarlikse Tygerberg Eisteddfod opgelewer. Wehann Landsberg het weer vanjaar die Kuns kategorie gewen, hierdie keer die graad 11 kategorie, terwyl Grete Burger die graad 10 kategorie en Jana Traut die graad 9 kategorie gewen het. Op Dinsdag en Woensdag 17 en 18 Oktober 2017 het die Hoërskool Durbanville se kunsstudente hul kunswerke in die Gimnasium uitgestal. Dit is ongelooflik om te sien oor watter talent ons leerders beskik en dat hulle nie bang is om die perke te oorskry nie. Baie dankie aan Juffrou Herika Rebel wat die Kunsuitstalling gereël het en baie geluk aan een en elkeen van ons kunsstudente wie se kuns op uitstalling was. Dit is lekker om jul talente so te kan ervaar. #DurbiesKuns 8 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIE NUUS: DURBIES HAAL WP ELITE RUGBYGROEP DURBIES OPGENEEM IN WP RUGBYGROEP Durbies haal WP o15 Elite Rugby- groep. Die Durbies se junior rugbyspanne het vanjaar kookwater rugby gespeel en dit was dus geen wonder dat vier van ons o15 rugbyspelers vanjaar opgeneem was in die WP o15 Elite Rugby- groep nie. Janlu Basson, Renaldo Ismail, Rowan Cloete en Corne Oliphant is almal vanjaar opgeneem in die WP o15 Elite Rugbygroep. Baie geluk seuns, ons is trots op julle. FOTO: V.l.n.r. Janlu Basson, Renaldo Ismail, Rowan Cloete en #DurbiesRugby Corne Oliphant is opgeneem in die WP o/15 Elite Rugbygroep DURBIES HAAL WP 7’S RUGBYSPAN DURBIES OPGENEEM IN WP 7’S VIR INTERNASIONALE TOERNOOI Vanjaar was daar ’n rekordgetal Durbies opgeneem in die verskeie WP Rugbyspanne. Die mees onlangse sukses was die vier Durbies wat die WP o17 7’s Rugbyspanne gehaal het. Hierdie seuns het op 28 & 29 Oktober 2017 aan die Assupol Internasionale 7’s Rugbytoernooi deelgeneem. Baie geluk seuns, ons is trots op julle. FOTO: V.l.n.r. Diagho Miggel, Morndrey Titus, Juanre de Klerk, Angelo Osch (afwesig) #DurbiesRugby 9 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 FAIR CAPE CHARITY GOLF CLASSIC GHOLFDAG - ‘N REUSE SUKSES Vanjaar se Fair Cape Charity Golf Classic het op 7 September 2017 op Pearl Valley Golflandgoed plaasgevind. Vanjaar se gholfdag was weer moontlik gemaak deur Fair Cape Dairies in samewerking met Polyoak Packaging en SIG Combibloc Obeikan. ‘n Opwindende toevoeging vanjaar was - R100 000 vir ‘n kolskoot op die 13de putjie, geborg deur STP Brokers. FOTO BO: Oud-Durbie en Durbie-ouer, Mnr. Louis Loubser FOTO REGS: Voormalige Springbok kaptien Corne Krige Baie dankie aan Oud-Durbie en Bemarkings- bestuurder van Fair Cape, Mnr. Louis Loubser vir die getroue ondersteuning. Dankie ook aan die 32 vierballe, sowel as voormalige Springbok rugbykapteine, Jean de Villiers en Corne Krige wat die koue weer trotseer het om ‘n verskil te maak. Die fondse gegenereer tydens die gholfdag gaan aan Hoërskool Durban- ville en die Fair Cape Cares Foundation. Nogmaals baie dankie aan Fair Cape Dairies vir hul getroue ondersteuning. #FairCapeCharityGolfClassic 10 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 7/2017 DURBIE NUUS: DURBIE DASH HOËRSKOOL DURBANVILLE SE GROOTSTE FONDSINSAMELINGSPROJEK 28 Oktober 2017 – Durbie Dash Vanjaar se Durbie Dash was weer moontlik gemaak deur fantastiese borge. Dole, Just Property Durbanville, Ribbens Office National, Simply Store was vanjaar die hoofborge terwyl Jaguar & Landrover N1 Stad die nuwe motor- vennoot van die Durbie Dash is. Vanjaar se Durbie Dash het ‘n paar nuwe Mnr Johan Winterbach van JW Brands het toevoegings gehad, die grootste sekerlik dat verseker dat al die aksie, op die dag, verfilm die 90 km padroete ‘n “seeding event” vir die word met verskeie kameraspanne op Cape Town Cycle Tour was.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    34 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us