Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1470
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Februarie 2007 Bundels Bundel no's 1728 en 1729 is blykbaar nie gebruik nie. Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1687 Datum: Thu Feb 1, 2007 Daar is 18 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. Boumateriaal - laat 1800s From: Ina Penberthy 2. Verlof From: annamariefolkus 3. Etienne van Wyk (29) From: E Teir 4. Pretoria se kultuurskatte From: E Teir 5. Daily Dispatch 26.1.2007 From: E Teir 6. Lappe Laubscher: 'n Kwessie van wie kry konsessie From: E Teir 7. Van Eeden-tweeling, Hannes en Willem From: E Teir 8. Wimpie de Bruyn From: E Teir 9. Re: KAB dokuments From: Annemarie van den Doel 10. Re: RSG onderhoud-Janet Melville From: Francois Joubert 11. Re: Bekendstelling - Joubert From: Francois Joubert 12. Re: d'Assonville X du Preez From: Adriana Barrett 13. TAB opsoek asb. From: Erik Kriel 14. Geldenhuys From: J van der Grijp 15. Ferreira- en Van der Merwe registers From: Maryke De Flamingh 16a. Aangename kennis! From: Paul Coetzer 16b. Re: Aangename kennis! From: Annatjie Erasmus 16c. Re: Aangename kennis! From: Prinsloo Piet Boodskap 1. Boumateriaal - laat 1800s Posted by: "Ina Penberthy" [email protected] inapenberthy Wed Jan 31, 2007 2:38 pm (PST) Beste lyslede, Ek het hier 'n beskrywing van my groot-oupagrootjie se huis, gebou in die laat 1800s. Dit lees as volg: "The dwelling house was 50 x 30 built of galvanized iron, bucklined, ceilio boarded floors..." Het enigiemand dalk 'n idee wat die terme "bucklined" en "ceilio boarded floors" beteken. Dankie, Ina Penberthy vanaf 'n witgerypte Seattle Boodskap 2. Verlof Posted by: "annamariefolkus" [email protected] annamariefolkus Wed Jan 31, 2007 2:47 pm (PST) Goeie môre Almal Ek wil net gou laat weet dat ons vanaf vandag vir twee weke met verlof Kaap toe gaan. Ek gaan maar uitteken van die lys af tot ek terug is. As jul my wil kontak oor iets, stuur dit asseblief direk na my e-pos adres by [email protected] <mailto:[email protected]> Baie dankie. Groete Annamarie Folkus Welkom Boodskap 3. Etienne van Wyk (29) Posted by: "E Teir" [email protected] kerrieborrie Wed Jan 31, 2007 8:11 pm (PST) Oud-fietskampioen in huis vermoor Jan 31 2007 09:33:40:897PM - (SA) Buks Viljoen Nelspruit. – ’n Voormalige Suid-Afrikaanse fietsrykampioen is in sy huis in ’n gesogte woonbuurt vermoor. Mnr. Etienne van Wyk (29) was in 1998 Suid-Afrika se o.23-padrenkampioen. “Hoe kón hulle dit doen?” wou ’n geskokte mnr. Renier Pietersen, ’n boesemvriend van Van Wyk, gister weet. Pietersen het eergister omstreeks 20:00 nog met Van Wyk oor die telefoon gesels. “Ek moet gou die spotlights gaan aansit, want die honde blaf,” het Van Wyk glo gesê voordat hy die foon neergesit het. Van Wyk, wat sy eie vervoermaatskappy bedryf het, se lyk is gister deur ’n werknemer, me. Denise Rabie, in die eetkamer van sy huis in Sputnikstraat gekry. Van Wyk se huishulp en tuinwerker het glo gisteroggend onraad vermoed toe hulle die voorhek se klokkie gelui en niemand oopgemaak het nie. Rabie het gaan ondersoek instel en Van Wyk op die vloer sien lê. Paramedici van Netcare 911 is na die toneel ontbied, maar Van Wyk was reeds dood. Hy het op sy maag in ’n plas bloed in die eetkamer gelê. Sy regterarm was onder sy liggaam ingevou. Hy het ’n gapende wond aan die agterkant van sy kop gehad. “Dit lyk asof hy met iets soos ’n pyp of ’n stomp voorwerp teen die kop geslaan is. “Hy is vermoedelik ook verwurg,” het mnr. Leander Craven, ’n jare lange skoolmaat van Van Wyk, gister aan Beeld gesê. ’n Halfgedrinkte glas rooiwyn en ’n bord kos in die mikrogolfoond dui daarop dat Van Wyk op die punt was om aandete te eet toe hy aangeval is. Die huis was netjies en niks is gesteel nie. Bloedspatsels in die gang, enkele meter van waar sy lyk gekry is, is een van die min aanduidings dat hy dalk in die gang aangeval is. “Ek is seker daarvan dat hy uit wraak of so iets vermoor is. Hy het Vrydag van sy drywers afgedank,” het Van Wyk se ma, Irma, gistermiddag aan Beeld gesê. Sy is op die moordtoneel deur ’n huisvriend, die akteur Jan Prinsloo, ondersteun. Volgens insp. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie in Nelspruit, was ’n veiligheidshek op die stoep gesluit, maar was die sleutels aan die binnekant in die slot. Die skuifdeur het ook oopgestaan. Van Wyk se moord het die fietsrygemeenskap geskok. “Hy was ’n bondel energie en pret. Hy het vir fietsry geleef,” het mnr. Bertus van den Heever van Polokwane (Pietersburg), ’n mede-fietsryer en vriend, gister gesê. Van Wyk laat sy ma en twee susters, Karin en Lisle (albei van Pretoria), agter E. Teir Boodskap 4. Pretoria se kultuurskatte Posted by: "E Teir" [email protected] kerrieborrie Wed Jan 31, 2007 8:12 pm (PST) Voed die mense op’ Jan 31 2007 11:44:01:383AM - (SA) Hettiën Strauss Staalomheinings rondom Pretoria se kultuurskatte is moontlik al uitweg om die kleinode van die hoofstad teen vandale en betogers te beskerm. Só reken mnr. Danie Erasmus, voormalige voorsitter van die Krugergenootskap en DA- woordvoerder oor plek- en straatname in die Tshwane-metroraad, ná ’n besoek aan die Kruger-standbeeld op Kerkplein die afgelope week. Die Tshwane-metroraad gaan moontlik ’n groot verrassing kry wanneer die rekening vir die herstelkoste weens skade aan die noordwestelike burgerbeeld van die Kruger- beeldegroep op Kerkplein by hul voordeur opdaag. “Die Martini Henry-geweer, wat drie en ’n half keer die werklike grootte is, is uitgeskeur. Slegs ’n stuk van die hand en twee vingers het oorgebly. “Selfs die kolf aan die agterkant van die hand en ’n gedeelte van die geweerband is ook weg,” sê hy. Erasmus reken die skade kan die metroraad sowat R200 000 uit die sak jaag. Volgens hom kan die skade eerder aan vandalisme as diefstal toegeskryf word. “Dit sal sowat vier mense neem om op die geweer te staan voordat dit afgebreek kan word. Dit is waarskynlik die gevolg van optogte en byeenkomste op Kerkplein, waar betogers dié kosbare beeldegroep beklouter. “Wie gaan verantwoordelikheid neem vir dié soort optrede? Die betogers toon gewoonlik geen respek vir enige standbeeld op pleine soos Kerkplein en die tuine van die Uniegebou waar hulle vergader nie.” In 1994 is dieselfde beeld ook beskadig. Ná onderhandelinge en ’n soektog na ’n restourasie-kenner het die stadsraad aan beeldhouer Phil Minnaar opdrag gegee om dit te herstel. Dit het maande geneem om die opdrag te voltooi. Minnaar moes ’n Martini Henry- geweer van die Museum vir Krygsgeskiedenis leen om aan die werk van die beeldhouer Anton van Wouw reg te laat geskied. Minnaar het die geweer aan die binnekant met ’n dik staalpen versterk om te probeer verhoed dat dit weer afbreek. “Daar is nou bewys dat selfs versterking van die geweer nie die vandale kon trotseer nie. “Wêreldwyd word toeriste vooraf gewaarsku om nie aan beeldhouwerke of kunsskatte te raak nie. “In Suid-Afrika het die regering, onderwysinstellings en kultuurorganisasies ’n groot taak om die mense op te voed om kultuurskatte te waardeer. Totdat dít gebeur, sal die Kruger- beeldegroep straks omhein moet word. Anders is daar dalk niks meer in Pretoria oor wat heel is om aan sokkergeesdriftiges te wys wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 bywoon nie.” Erasmus is optimisties dat die metroraad geld vir die restourasie sal bewillig. “Daar was dan genoeg geld om hoofman Tshwane se beeld op te rig.” E. Teir 5. Daily Dispatch 26.1.2007 Posted by: "E Teir" [email protected] kerrieborrie Wed Jan 31, 2007 8:12 pm (PST) Gelukwense BAXTER James (Hectic) Congratulations on your 21st. Broaden your horizons and give it horns. See you at the skop 2 moro. Your Oom and Antie, Don and Ros. Bedankings GIESE Family would like to thank all family and friends for their support and help during our time of bereavement. Sterftes DAVIDSON Frank. Passed away on 24/01/2007. Will be sadly missed. Loving Dad of Maureen and father-in-law of Dennis. _____ KRULL Iris. Loving sister of Ivan and Joan. Precious memories will remain. Rest in peace , dear sister. Ivan, Joan and families. _____ KYD Uncle Ronny. Deepest sympathy to Aunt Unity and children on the loss of a wonderful dad, uncle, husband and brother-in-law. God heard his cries, wiped his tears and took him home to rest. Special memories, joy and laughter will always linger in our hearts. Rest in Peace. From your niece Pamela, Van der Byl, Brauns and King families. _____ MACDONALD Mary Ann (n®e Mathews). Passed away 11/01/07 in hospital Bulawayo, Zimbabwe. Only sister of Billy Mathews, East London. _____ MACDONALD Mary Ann. Passed away 11/01/07. Mother of Kevin and family, Brisbane Australia. _____ MACDONALD Mary Ann. Passed away on 11/01/07. Mother of Michelle and Nicole. Grandmother of Toni and Robin, Bulawayo Zimbabwe. _____ MAGGS Sheila. Beloved sister and aunt, taken from us so suddenly, will always be rememered with love. Sympathy to Jenny, Bryan, Wendy and their families. From Nigel, Myra, Russell, Pieter, Lisa, Lee, Stacey, Keith, Joanne, Kristen and Gary. _____ MAGGS Sheila. Passed away suddenly on 22 January 2007. Beloved mother of Jenny, Bryan, Wendy, Anthony, Janice, David and grandchildren. STEWART Pam. Dearest Aunt - We will never forget your sweet, caring ways. Thank you for all the love you showed to us during difficult times. Lovingly remembered by Melvyn and Penny Nell and family and Cheryl and Ricky Bielderman. Begrafnisse _____ DAVIDSON The Cremation Service for the late Frank Davidson of 4 Embassy Court, Quigney will be held in St Paul's Presbyterian Church, Rhodes Street, Quigney on Monday 29/01/07 at 2:30 p.m.