Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1470
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Augustus 2006 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1460 Datum: Mon Jul 31, 2006 Daar is 23 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. Stamvader - Adam Albertyn From: Marthie Bredenkamp [email protected] 2. Beeld van 31 Julie 2006 From: Blikkies [email protected] 3. Stamvader - Johannes de Waal From: Marthie Bredenkamp [email protected] 4. Re: De Wet - Oumagrootjie From: Lizette [email protected] 5. Leraars Hendrina: AGS en APK From: Alta Roux [email protected] 6. Re: BOOMPLAAS - herhaal From: Herman Labuschagne [email protected] 7. Re: SAG Vol 13 (vir Verna) From: Charlie Els [email protected] 8. YSSELIKE saamtrek ! From: simon du plooy [email protected] 9. Re: Helena Garner From: Helena Garner [email protected] 10. Re: SAG Vol 13 - Verna From: Johan Vermeulen [email protected] 11. Re: VOC AMPTENARE : Dirk Cornelisz VERMOOLEN (VERMEULEN) From: Johan Vermeulen [email protected] 12. Re: [SA-Gen] FOURIE-VOORTREKKER FOTO EN "AGTER DIE MAGALIES" (Vir From: Daniel Jacobs [email protected] 13a. Re: FOURIE-VOORTREKKER FOTO EN "AGTER DIE MAGALIES" From: Daniel Jacobs [email protected] 13b. Re: FOURIE-VOORTREKKER FOTO EN "AGTER DIE MAGALIES" From: Ann Tiran [email protected] 14. AGTER DIE MAGALIES - FOURIE, DE BEER, ENGELBERCHT, BRITS EN ROBBERT From: Daniel Jacobs [email protected] 15. THOMAS DREYER - BOOMPLAATS From: Daniel Jacobs [email protected] 16. FW: [SA-Gen] SAG Vol 13 - Johan From: Alta Griffiths [email protected] 17. The Mercury Maandag 31Julie 2006 From: aletta magrieta.quebbemann [email protected] 18. Skeepsoldijboeke From: Elmien Wood [email protected] 19. FW: STEYN-FAMILIEGESKIEDENIS NOU BESKIKBAAR OP INTERNET From: Paul Mare [email protected] 20. Beeld van 01 Aug 2006 From: Blikkies [email protected] 21. Re: Gesindheid van Afrikaners in Suid-Rhodesië From: Leoni [email protected] 22. Re: NAAMSVERANDERINGS From: Leoni [email protected] Boodskap 1. Datum: Mon Jul 31, 2006 5:05 am (PDT) Van: "Marthie Bredenkamp" [email protected] martbredenkamp Onderwerp: Stamvader - Adam Albertyn Persoonsgegevens van Adam Albertijn Herkomst: Delft Rang: onbekend) Datum einde verbintenis: 18/01/1729 Einde verbintenis: Overleden Plaats einde verbintenis: Azie Opmerkingen: soldaat Gegevens van de vaart Schip: Delfland Inventarisnr.: 13914 Kamer: Delft Folio: 178 Uitreis: 21/09/1718 Bestemming: Batavia DAS- en reisnr 2354.1 Aankomst: 19/05/1719 Bron : http://voc.websilon.nl/ Marthie Bredenkamp Boodskap 2. Datum: Mon Jul 31, 2006 5:05 am (PDT) Van: "Blikkies" [email protected] blikkies1943 Onderwerp: Beeld van 31 Julie 2006 BOSHOFF; Willem Hendrik (82jr), in lewe van Pretoria. Verassingsdiens: Heuwelsig Aftree-Oord, Pretoria, 01/08/2006, 10:00. (Beeld - 31/07/2006) AVBOB, Pretoria-Oos, 012-460-3745. DE KOCK; Alexander Floris, in lewe van Pretoria. Verasingsdiens: NH Kerk, Derdepoort, Pretoria, 31/07/2006, 13:00. (Beeld - 31/07/2006) AVBOB, Pretoria-Moot, 012-330-0116/9. Groete, Fanie Blignaut (Blikkies), Vanderbijlpark, Gauteng provinsie. Boodskap 3. Datum: Mon Jul 31, 2006 5:29 am (PDT) Van: "Marthie Bredenkamp" [email protected] martbredenkamp Onderwerp: Stamvader - Johannes de Waal Persoonsgegevens van Johannes de Waal Herkomst: Amsterdam Rang: Matroos Datum einde verbintenis: 25/04/1793 Einde verbintenis: Laatste vermelding Plaats einde verbintenis: Kaap de Goede Hoop Gegevens van de vaart Schip: Enkhuizer Maagd Inventarisnr.: 14841 Kamer: Enkhuizen Folio: 195 Uitreis: 15/01/1793 Bestemming: Batavia DAS- en reisnr 4745.1 Aankomst: 07/08/1793 Maandbrief: Nee Schuldbrief: Ja Bron : http://voc.websilon.nl/ Marthie Bredenkamp Boodskap 4. Datum: Mon Jul 31, 2006 6:37 am (PDT) Van: "Lizette" [email protected] Onderwerp: Re: De Wet - Oumagrootjie Beste Barry, Skies man, nie geweet ons bly sommer net 'n kliiiiipgooi van mekaar nie (voel nou nie so vêr verwyderd van die voltjie nie) <:-) Groete Lizette Boodskap 5. Datum: Mon Jul 31, 2006 7:05 am (PDT) Van: "Alta Roux" [email protected] genealogiefreak Onderwerp: Leraars Hendrina: AGS en APK Lysteraars Kan iemand my dalk help met die eerste leraars van die AGS en APK te Hendrina? Volgens wat ek het, was die eerste AGS leraar Past Croucamp, wie vanaf Breyten beroep is, en Ds (nou Prof? Dr?) Isak Brink van die APKerk wie die Hendrina/Rietkuil kombinasie tydens stigting bedien het. Kan iemand dit bevestig, of my reghelp? BVD Alta van Kinross Boodskap 6. Datum: Mon Jul 31, 2006 9:15 am (PDT) Van: "Herman Labuschagne" [email protected] hlabuschagne Onderwerp: Re: BOOMPLAAS - herhaal Dagsê Simon, Hier is nog een vir jou: My oor-oor oupagrootjie Leonardus Labuschagne 17 May 1826 - 8/7/1926 of 25/1/1922 of 28 Jul 1921, ab2c8d7e4 het blykbaar op een of ander wyse 'n aandeel gehad in die ekspedisie. Sy kleinseun het in 1938 as volg oor sy avontuur geskryf: "Grootvader Leonardus Labuschagne was in Somerset Oos distrik gebore op 17 Mei 1826, en as seun met sy ouers optrek gegaan. Hy het deelgeneem aan die slag te Boomplaas in 1848. Was met 'n klompie andere by 'n ou kraal, waar hulle die Engelse teengekom het, toe hulle ontdek die kommando het gevlug; en hulle het met moeite kon ontvlug. Sy perd het ingegee of weggehardloop en hy het van sy maats afgeraak. Moes die nag in 'n bos skuil, en het vermoeid twee daë later te voet eers by mense aangekom." [Spelling onveranderd gelaat -HL] Hierdie oupatjie het nogal baie avonture in sy lewe beleef. Hy het as kind tydens die Groot Trek die slag van Vegkop deurgemaak. En eenkeer is hy deur 'n leeu bestorm, wat hy tien tree voor hom eers doodgeskiet het. In 1852 het hy al sy vee in 'n kapok storm verloor en moes hy in die berge gaan hout saag om weer op die been te kom. Hy het aan die stamoorloë deelgeneem, was glo offisier tydens die beleg van Standerton (wat ek nog nooit kon bevestig nie), en was deur sy offisier huis-toe gestuur tydens die Tweede ABO omdat hy glo te oud was--en dis nou terwyl hy besig was om op 'n koue, mistige dag te help om 'n kanon teen 'n berg buite Ladysmith uit te sleep... In die ABO is al sy besittings verwoes en moes hy op 76-jarige ouderdom nogmaals weer van voor af begin met 'n boerdery. Dis 'n wonder dat hy so oud geword het (byna 100 jaar oud, afhangende van watter sterfdatum korrek is...) Dan dink ons ons lewens is partymaal met rampspoed gesaai... Beste groete, Herman Labuschagne, Jhb [email protected] Boodskap 7. Datum: Mon Jul 31, 2006 9:38 am (PDT) Van: "Charlie Els" [email protected] charlieels Onderwerp: Re: SAG Vol 13 (vir Verna) Verna, Dis vreemd; ek het onlangs myne daar gekoop, toe was daar nog. Dan is hulle seker maar uitverkoop en wag hulle vir nuwes. Groete CHARLIE Boodskap 8. Datum: Mon Jul 31, 2006 9:55 am (PDT) Van: "simon du plooy" [email protected] sjdp1951 Onderwerp: YSSELIKE saamtrek ! Uit Potch goeienaand, Namens een van GGSA -- Noordwes se lede [sonder E-pos] Susan Schutte vra ek dat almal wat YSSEL is of YSSEL - verbintenisse het moet kennis neem 'N YSSEL - saamtrek is gereel vir die naweek van 18-20 Augustus te Ventersdorp by die Rietspruitdam. Gratis karavaanstaanplek is beskikbaar. Op Saterdag 19 Aug. vanaf 12h00 is vure beskikbaar vir diegene wat braai kan bekostig ! Sy noem dit 'n "Selfsorgsaamtrek" Vir verdere inligting oor die program en gebeure kontak vir: Susan SCHUTTE by 018 - 297 6893 Die beste tyd om Susan tuis te vind is vanaf 05h00 - 09h00 en dan weer van 19h00 - 20h00. Stuur aub aan kennisse met YSSEL- verbintenisse Simon du Plooy Potchefstroom Boodskap 9. Datum: Mon Jul 31, 2006 11:22 am (PDT) Van: "Helena Garner" [email protected] verdriet2000 Onderwerp: Re: Helena Garner Hallo Alta, Ja, hier is ek - het lank gesukkel met al die probleme met yahoo, maar kry nou weer alles. Groete. Helena Garner. Boodskap 10. Datum: Mon Jul 31, 2006 11:27 am (PDT) Van: "Johan Vermeulen" [email protected] johanvermsa Onderwerp: Re: SAG Vol 13 - Verna Alta, Watter vanne kom in SAG, vol. 13 voor. Groete Johan Vermeulen. Boodskap 11. Datum: Mon Jul 31, 2006 11:29 am (PDT) Van: "Johan Vermeulen" [email protected] johanvermsa Onderwerp: Re: VOC AMPTENARE : Dirk Cornelisz VERMOOLEN (VERMEULEN) Elmien, Baie dankie vir jou navraag. Dirk Cornelisz VERMEULEN het tydens sy verblyf aan die Kaap sedert 9 Augustus 1705 totdat hy op 21 April 1709 op die schip Limburg gerepartrieerd is, twee kinders by ene Jannetje HANS (HANSE) gehad, naamlik : 1. Maria, gedoop in Die Grootte Kerk, Kaapstad op 11.09.1707. Inskrywing : " 11 septem (e) r 1707 Van Derk (sic) Vermeulen en Jannetje Hanse, onder getuijgen van Klaas Bue en Anna Marij." 2. Cornelis, gedoop Kaapstad op 12.08.1708. Inskrywing : "12 d(it)o Augustus 1708 Van Dirk Cornelisz Vermeulen en Jannetjje Hans de getuigen Cornelis van der Laan en Elizabeth Marcusz". Die meerderheid van die SA Vermeulens stam uit die nageslag van Dirk en dan in besonder uit die van sy seun Cornelis. Ek het tans 'n nageslag vir Dirk van bykans 15 000 persone. Ek kon nie 'n huwelik vir Dirk Cornelis Vermeulen en Jannetje Hans of Hanse opspoor nie. Uit die skeepssoldyboek blyk dit dat hy reeds te Nederland getroud was met ene Antjen Pieters en dat hy 'n gedeelte van sy soldy vir haar afgeteken het. Verder blyk dit uit die soldyboek dat vorderings teen sy soldy op drie geleenthede gemaak is ten opsigte van transport vir ene Maritjen Dirck, (100 gulden elk). Die vermoede is dat Maritjen Dirk sy dogter was.