Week 6 Datum: ______

Hansie kuier op Kleinplasie

Hansie kuier by sy ouma. Sy bly op die mooi dorp Worcester in die Boland.

Ouma nooi vir Pieter ook saam. Sy neem vir Hansie en Pieter na Worcester se plaasmuseum by Kleinplasie. Hulle sien ‘n koei en ‘n bokooi wat lê in die strooi. ‘n Swart spreeu pik aan die strooi. Hulle sien ook ‘n stroompie water vloei. Dit laat die waterwiel draai. Die watermeul maal die koring. ‘n Donkie loop al in die rondte. Hy draai ’n bakkiespomp om water uit die put te gebruik vir besproeiing.

Hansie sien ook hoe die hoefsmid die perde skoei. Hy wens hy kan ook perdehoefysters dra, maar, dan sal hy nie meer kan saggies loop nie!

Hulle sien hoe rieme uit velle gesny word. Die rieme word gebrei en gelooi tot dit sag is.

Die boere by Worcester boer met druiwe en snoei hul wingerde in die winter. In die somer skroei die son die ryp trosse druiwe.

Hansie en Pieter wil weer in die winter by Ouma kom kuier. Ouma sê die hoë berge se kruine is dan spierwit getooi met sneeu.

55 Datum: ______

Koekbak Anna Rudolph Kom ons gaan ‘n groot koek bak. Gee die pan op die rak. Haal die bak uit die boonste kas. Sit dit neer en hou dit vas. Eers die meel en suiker deel. Wat kan alles nou nog skeel? O, ek weet daar is amper fout, ‘n koek kry nog ‘n knypie sout. Ek roer ‘n keer, dan roer jy weer, gooi in die melk en eiers, maat. Ek roer ‘n keer, dan roer jy weer. Die koek gaan baie lekker smaak. Gooi die deeg uit in die pan. Sit dit in die oond, gou man! Een, twee, drie is die groot koek gaar. En almal kan vandag verjaar!

Ü Lees die woorde van die liedjie en omkring die rymwoorde. Ü Teken die bestanddele waarmee die koek gebak is, in die linkerkant en die groot koek in die blok regs.

56 Datum: ______Gewilde kossoorte In elke land eet mense kossoorte wat verskil. Mense wat van Europa af kom praat Afrikaans, Engels, Duits, Frans, Hol lands en Portugees. Hulle hou van braaivleis, en droë wors, , , boerpampoen, soetpatats, knoffelbrood, aartappels, spek en eiers, en . Dit is kos waarvan ons baie hier in Suid-Afrika hou. Die Chinese eet graag gebraaide rys, sushi, groenterol le, hoender, bees en varkvleis en hulle hou van ‘n soetsuursmaak. In Italië eet die mense graag spaghetti, lasagne en pizza! In Spanje eet mense paela. Dit word gemaak van rys, tamatie, groen en rooi rissies en ertjies. Koring en vrugte soos druiwe, lemoene en vye is ook gewild. Spanjaarde hou ook van olywe en dadels. Elke land se taal en kossoorte verskil. Kos word ook op verskillende maniere gaar gemaak.

Beantwoord die vrae: 1. Van watter kossoorte hou jy die meeste? ______2. Van watter kossoorte hou jy nie? ______3. In watter land wil jy graag gaan kuier en hulle kossoorte eet? ______4. Watter soort kos kry mens in dié land? ______57 Datum: ______

Aan tafel Tienie Hol loway Oupa is lief vir ertappels en Ouma hou van rys. Mamma is lief vir groente en Pappa hou van vleis. Sus is lief vir beetslaai en ekke hou van sop. En as ons aan tafel kom dan eet ek alles op.

Ü Lees die gedig vir jou maat. Ü Beantwoord die vrae: 1. Van hoeveel kossoorte het jy gelees? ______2. Waarvan hou Ouma? ______3. Waarvan hou Pappa? ______4. Waarvan hou Sus? ______5. Kies waarvan hou jy. ______6. Is hier kossoorte waarvan jy nie hou nie? ______7. Eet jy al jou kos op aan tafel? ______Ü Teken die kossoorte waarvan jy hou.

58 Datum: ______Lees die leesstuk en die resep.

Plaatkoekies bak Danie kry koud. Hy sê hy is blou van koue. Hy vra vir Mamma om asseblief vir hom roereier te maak. “Nee,” sê Mamma, “jy het al geëet.” Danie hou aan met neul. “Goed,” sê Mamma, “ons kan plaatkoekies bak as jy soet is.” Danie kry solank die sout, meel, eiers en bakpoeier. Mamma gee vir hom die resep:

Plaatkoekies 2 koppies meelblom 4 teelepels bakpoeier 2 eiers 1 teelepel sout 4 eetlepels suiker 1 koppie melk 1 eetlepel kookolie

Mamma sê vir Danie wat hy moet doen: Ü Danie klits die eiers en suiker saam. Hy voeg die helfte van die melk en 1 eetlepel kookolie by. Ü Danie sif die meel, bakpoeier en sout saam. Ü Dan meng hy alles saam in een bak. Ü Die deeg is reg en Mamma bak die plaatkoekies op die stoof.

Vra vir Mamma om jou te help om by die huis plaatkoekies te bak.

59 Datum: ______

Ü Maak jou eie spyskaart met twee voorgeregte, twee hoofgeregte en twee nageregte. Ü Versier jou spyskaart. Spyskaart

Voorgereg:

Hoofgereg:

Nagereg:

60 Dialoog Datum: ______

Hansie en Grietjie Grietjie: Hansie, ons het verdwaal! Hansie: Toemaar Grietjie, vee af jou trane. Grietjie: Haai, kyk net die oulike huisie! Hansie: Ja, dis tog te mooi! Die dak is van koek gemaak en die vensters van suiker. Grietjie: Ek is so honger, kom ons eet daarvan. Hansie: Ek sal vir ons elkeen ‘n stukkie van die venster afbreek. Skielik gaan die deurtjie oop en ‘n ou vrou steek haar kop uit! Ou vrou: Wie eet daar van my huisie?

Lees die dialoog en skryf nog sinne by: ______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______

61 Datum: ______Gebruik die woorde om jou eie sinne te skryf:

mes, vurk, regop, asseblief, dankie, bid, servet, verskoon my, hande, gulsig

Goeie tafelmaniere ______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______

62 Speltoets Datum: ______

______

______

______

______

______

______

______

______

______

______

Diktee

______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______Ü______

63