Volksverraad.Pdf
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
VOLKSVERRAAD (DIE GESKIEDENIS AGTER DIE GESKIEDENIS) R ESKIEDENIS AN KA Adv P.J. Pretorius (Voorheen Werksaam by die Nasionale Intelligensiediens) Vaandel Uitgewers Willem-Projek Hierdie navorsing word opgedra aan wyle prof. Willem Johannes Venter voorheen verbonde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Dit voltooi die onderneming wat ek in 1982 aan hom gemaak het. Ek groet ‘n ware patriot en Godvresende man, my vriend en akademiese meester en ‘n formidabele pro fes sor. Willie. Dit was ‘n wonderlike belewenis om hom te ken. VOORWOORD Ek wil graag aam al my familie, vriende en kennisse my opregte dank oordra vir hulle samewerking en bydrae tot die skrywe van hierdie navorsing. 1.Ek dank God, die Vader, die Heilige Gees en die Seun vir Sy krag en die genade vir die deursettingsvermoë om hierdie werk te kon voltooi in uiters moeilike omstandighede; 2.My eggenote, Susan. Dankie dat jy aan my bly glo het; 3.My kinders, my ouers, skoonouers, my suster, Alinda (as iemand op jou knoppie druk is jy altyd daar), en my swaer (Abel en Nico - julle sal weet waarvoor ek dankie sê); 4.My regsverteenwoordigers, adv. Niek Coetzee, adv. Danie Bisschoff, Mar tin van Niekerk (en sy personeel by name Anita Venter en Rudolf Nel), Loius Botha en sy gesin (Deb bie sy eggenote en sy twee seuns klein Louis en Nicolaas asook Louis se moeder), Dries Raath (en sy eggenote, Marihada) en adv. Johan Pretorius; 5.My spraakterapeut en vriendin, Trienie Welman; 7.Ek dank die Nasionale Intelligensiediens dat hulle vir my en my vrou vir 10 en 9 jaar onderskeidelik werk en inkomste kon bied. Die vriende wat ons daar gemaak het, was besondere vriende. ‘n Besondere vermelding aan Joos Kleynhans (deursettingsvermoë soos min), Gerda van Niekerk, Linda du Toit, Christiaan Brink (‘n vriend in nood), Riaan Lombard, Pieter Esterhuysen (steunpilaar en humorsin soos min), George Grewar, Neil Barnard, Gert Buys, Rooies Nieuwenhuizen, Phillip Swart (‘n persoon met hoë integriteit), Bert Naudé, Al bert Cruwagen, Willem Theron, Attie van Zyl, Pi erre du Villiers, Peet Cloete, Bur - ger Mul ler, Lennard van Vuren, Ettienne Stieger, Leslie Garrett en baie andere. Oor my nege maande skorsing wil ek aan die Hoofbestuur van Nasionale Intelligensiediens dit duidelik stel dat ek of my eggenote vandag geen haat in ons rond dra nie, maar dat ons wel ongelukkig voel oor die wyse en die hantering van my skorsing en hoe dit ons gesinslewe ontwrig het om bloot die 2 “Generaals” se koverte betrokkenheid in die regse politiekery te beskerm; 8.My vriend, Beyers van Niekerk en sy vriendin, Magriet Fourie, ‘n besondere dankie - julle was vriende soos min. Magriet, jy het met my deur my donker dae geestelik gedans; 9.My vriend, Jan Theunissen en sy eggenote, Retha; 10.My vriend, Frikkie van Zyl en sy eggenote, Ria; 11.My vriend, Koos Rich ards en sy eggenote, Magda; 12.My neef, Frans Grotius en sy eggenote, Danette - dankie vir julle gebede; 13.My skoolmaat, Barend Jacobs en sy eggenote, Maritjie Jacobs. Baie dankie vir julle morele en finansiële bystand; 14.My vriend, Hennie Pretorius en sy eggenote, Hannelie Pretorius; 15.My neef, Cyril Bar nar do; 16.Oorlede Mike Eksteen, as ‘n penmaat in die vroeë tagtigs; 17.Oom Blackie Swart - dankie vir die hulp en vir Oom se mondelinge insette; 18.Die geestelike ondersteuning van vriende in die Bosveld: Pieter en Petro Bergh, Cas per en Magda Steenkamp, Nor man O*Neil en sy eggenote, Berdine; 19.My universiteitmaats en in besonder Riaan Meyer, Danie du Plesis, Pieter Brits, Johan Campfer; 20.Oom Jaap Marais vir die hulp in soverre dit u opinies en tydskrifte asook die opinies van die personeellede en die kopiëring van koerantuittreksels betref; 21.Die hulp van die personeel van die Herstigte Nasionale Party se Kantoor, vir die tee en die gasvryheid - baie dankie aan Louis van der Schyff, Jakkie Basson, Koos Venter, Kobus van Tonder, Kays Smith, Oom Hannes Fer gu son, Anna van Deventer, mev. Nienabier en mev. Beetge. 22.Henk van der Graaff van die Pa triot, Jurg Prinsloo en Faan Jacobs van die Konserwatiewe Party. 23.My vriend, Pieter Groenewald van die Vryheidsfront. 24.Willie Bienedell en Meinhardt Pieterse vir julle boeke tydskrifte. 3 PROBLEEMSTELLING Die Waarheid Terwyl dit die meeste Afri kaner se hunker ing is na ‘n eie vaderland, is daar terselfdertyd negatiewe kragte bedrywig wat hierdie strewe van die Af ri kaner ondermyn en die Afri kaner as nasie selfs wil vernietig ter wille van wêreldvrede — bedoelende ‘n geïntegreerde multinasionale onverdraagsame gemeenskap. Hierdie kragte opereer nie openlik nie. Hulle volg al jare lank geheime agen das. Hulle lieg en bedrieg. Hulle het geen respek vir die waarheid nie. Hulle buit die naïewiteit en die kinderlikheid van die Afrikanernasie uit. Die probleem wat die skrywer het met hierdie kragte se hantering van die waarheid, wat inderdaad ‘n waarheidsprobleem is, is helaas die hoofoorsaak waarom hierdie dokument die lig sien. Die leuens veral rondom Suid-Afrika se konstitusionele geskiedenis en die verraad wat daarmee gepaard gaan is ‘n aktuele probleem.1 Veral die voorspel tot Republiekwording en daarna. Hoekom is daar uit soveel oorde vir ons gelieg? En selfs deur mense wat voorgegee het of steeds voorgee dat hulle ons mense is. Waarom? Hoekom? <C5,5,0,0 ,0,0>Wat hinder is die feit dat bepaalde gebeure in Suid-Afrika plaasgevind het wat nie ooreenkomstig tradisionele Christelike beskouinge reg en eg is nie. Daar is voldoende bewyse dat die Vrymesselaars (wat oorwegend deur Sionisme aangedryf word) hul beywer vir die vermelde subversie wat indruis teen ons Christelike waardes. Wat seermaak is die feit dat : 1 Hoekom is hierdie probleem aktueel? \~Die aktualiteit daarvan word van verskillende kante beklemtoon. \~Vir die }{\plain \i\f1 persoonlike lewe }{\plain \f1 van die gewone mens is dit tog belangrik om te weet wat die waarheid is juis omdat die innerlike motivering sterk hiervan afhanklik is. \~Niemand wil immers sy lewe waag as dit nie vir die waarheid is nie. In die }{\plain \i\f1 menslike verhouding }{\plain \f1 speel die waarheid ook ‘n besondere rol omdat die }{\plain \i\f1 integriteit en betroubaarheid }{\plain \f1 van iemand se woord en daad direk daarmee saamhang. \~Deur die eeue heen het die mens tog gepoog om ‘n werklikheid daar te stel wat op}{\plain \i\f1 vertroue}{\plain \f1 berus. Omdat ons tot 6 September 1966 ‘n oorwegend }{\plain \i\f1 Verkrampte}{\plain \f1 Christelike staat gehad het (of minstens geglo het dat ons sodanige ideaal gaan verwesenlik), was ons as Afrikaners trots om sy medemens reguit in die oë te kyk en te sê }{\plain \i\f1 “Ou maat dit is so, omdat ek dit vir jou sê kan jy my vertrou.”}{\plain \f1 ; en dit met hart en siel waarlik bedoel het. }{\plain \i\f1 ‘n Man se woord is tog sy eer.}{\plain \f1 \~Ons moet as Christen-mense mekaar in die omgang van die daaglikse lewe kan vertrou sonder om op mekaar te spioeneer. 4 *die Afri kaner Broederbond (AB) as*t ware ‘n instru ment geword het van die Vrymesselaars (sowel as die Amerikaanse Intelligensiediens, Cen tral In tel li gence Agency as die Coun cil on For eign Re la tions van die internasionale geldmag wat op hulle beurt weer die Vrymesselary misbruik het om eiebelange te dien); *die Afri kaner Broederbond verantwoordelik is vir baie van hierdie gebeure, en *daar baie predikante (veral van die NG Kerk ) wat lede is van die Afri kaner Broederbond wat ook betrokke is by hierdie besluite wat daardie gebeure laat plaasvind het. As Christen distansieer ons onsself van sulke optredes, juis omdat moord, subversie en hoogverraad vir ons afstootlik/afkeuringswaardig is. Integriteit is tog die wese om Chris ten te kan wees. Voordat ons u toelaat om hierdie dokument te lees, wil ons u eers waarsku dat dit ‘n dokument is met ‘n ingrypende inhoud wat skokkend kan wees. Die konstitusionele ontwikkeling van die Republiek is nie een van waarheid nie, maar een van afskuwelike leuens. Gekenmerk deur korrupsie, subversie en hebsug van bepaalde persone wat hulleself Afrikaners noem en wat daarop roem om ons hooggeplaastes te wees. Moord en verraad is gepleeg. Dit was nie ‘n maklike taak om hierdie dokument te skryf nie. Verskeie insette oor die verloop van ‘n paar jaar is verwerk om hierdie dokument moontlik te maak. Die waarheid is somtyds agter die waarheid. Hoewel feite nie altyd by wyse van mondelinge en skriftelike getuies gevind kon word nie weens toesmeerdery, word ons genoop om op deskundige opsies te steun om gebeure terug te projekteer. Nieteenstaande die feit dat die informasie in bepaalde onderafdelings soms ook onbevestig berig is, word dit wel gepubliseer omrede die moontlikheid en/of die waarskynlikheid hoog is dat die gebeure inderdaad plaasgevind het en versterk dit die vermoede dat dit die waarheid is. Dit is nie die taak van die intelligensie om die man voor die hof te bring nie, maar wel dié van die polisie. Intelligensie gaan gepaard met die beskerming van bronne. Die polisie is welkom om die feite wat hierin vervat is te ondersoek met die oog op kriminele aanklagtes teen die vermeldes. Ons bronne word egter beskerm. Die Waarheid in soverre dit die gebeure betref, moet egter uit. Wees dus gewaarsku oor die inhoud van hierdie dokument. 5 DEEL 1 Die Illuminati HOOFSTUK EEN DIE ILLUMINATI EN SY OORSPRONG INLEIDING Suid-Afrika word tans aangedryf deur ‘n veelheid van subversiewe kragte of teenwigte hoofsaaklik agter die skerms, om die land in ‘n holistiese eenheid met die sogenaamde Nuwe Wêreldorde te vorm. Die hoofakteurs hier is veral die internasionale geldmag, die Britse en Amerikaanse