Akademiepryse 1909
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Akademiepryse 1909- Voorwoord Meer as ooit tevore is dit vandag nodig dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sy oogmerke, naamlik die bevordering van die wetenskap en die kunste asook die bevordering van die gebruik en die gehalte van Afrikaans, nastreef. Hierdie publikasie is die trotse rekord van die SA Akademie se bekronings oor nagenoeg 100 jaar. Die publikasie verleen hiermee erkenning aan so baie eminente persone wat dekade na dekade die vaandel van die wetenskap en die vaandel van Afrikaans hoog gehou het en daarmee die ideale van die SA Akademie verwesenlik het. Dit gaan egter nie net om vervulde ideale van die Akademie nie. Die Akademie het oor die jare deur sy bekronings meegehelp aan die bevordering van 'n akademiese klimaat, die skepping van 'n wetenskapskultuur in diens van Suid-Afrika - en wil dit steeds bly doen. Hierdie brosjure, wat 'n bygewerkte uitgawe is van die publikasies wat in 1981 en 2006 verskyn het, word aangebied aan lede van die Akademie en ook aan die talle persone en instansies wat belangstel in die Akademie en wat van tyd tot tyd navraag doen oor dié of daardie Akademieprys of oor wie in watter jaar 'n bepaalde toekenning ontvang het. 'n Besondere vorm van bekroning, wat nie 'n prys of medalje behels nie, is erelidmaatskap van die Akademie. 'n Lys van erelede word derhalwe ingesluit. 'n Nuwe en eenmalige kategorie wat slegs in die jaar 2009 aangebring kan word, is die eeufeestoekennings vir 2009. Die Akademieraad het besluit om ter viering van die eeufees 25 medaljes toe te ken aan persone wat oor 'n tydperk op verskillende terreine presteer het en/of 'n diens aan Suid-Afrika gelewer het en wat nog nie voorheen vir hulle bydrae deur die Akademie vereer is nie. Die name van die persone wat by die bekroningsplegtigheid van die Akademie op 27 Junie 2009 met eeufeesmedaljes vereer word, is eweneens in hierdie publikasie opgeneem Die laaste afdeling bevat 'n alfabetiese lys van die pryse en bekroondes. Inhoudsopgawe 1. Hertzogprys 2. Akademieprys vir Vertaalde Werk 3. Eugène Maraisprys 4. Scheepersprys vir Jeugliteratuur 5. Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur 6. Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur 7. Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur 8. C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap 9. Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige kritiek 10. Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie 11. Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap 12. D.F. Malanmedalje 13. Ds. Pieter van Drimmelenmedalje 14. D.F. du Toit Malherbeprys vir Genealogiese Navorsing 15. Stalspryse 16. Totiusprys vir Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel 17. N.P. van Wyk Louwmedalje 18. Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorspele en Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorbeelde 19. Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas en Erepenning vir Afrikaanse Dokumentêre Televisieprogramme 20. Erepenning van die Akademie 21. Elizabeth C. Steijnmedalje 22. Samuel Edward Mqhayiprys 23. Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde 24. Poortkompetisie (PUK-Kanselierstrustprys) 25. Elisabeth Eybersbeurs 26. Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering 27. Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding 28. Havengapryse 21. Elizabeth C. Steijnmedalje 22. Samuel Edward Mqhayiprys 23. Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde 24. Poortkompetisie (PUK-Kanselierstrustprys) 25. Elisabeth Eybersbeurs 26. Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering 27. Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding 28. Havengapryse 29. Transnetmedalje 30. Goue Akademiemedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie 31. M.T. Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie 32. Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie 33. Senior Kaptein Scottgedenkmedalje 34. Junior Kaptein Scottgedenkmedalje 35. Albert Stratingprys vir Voorkomende Geneeskunde 36. FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling 37. Douw Greeffprys 38. Prysvrae 39. Christo Wiesemedalje vir 'n Opkomende Entrepreneur 40. Louis Hiemstraprys vir Niefiksie 41. Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek 42. Spesiale Oorkondes 43. C.L. Engelbrechtprys 44. Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans 44. Erelidmaatskap 45. Eeufeesmedaljes 46. Wiskunde-olimpiade 47. Geskiedenisolimpiade 48. Rekeningkunde-olimpiade 49. Alfabetiese naamlys 1. Hertzogprys Die Hertzogprys is die prestigeprys in die Afrikaanse letterkunde en heet na een van die grootste kampvegters vir Afrikaans: genl. J.B.M. Hertzog. Dit het in 1914 tot stand gekom deur 'n skenking van £1 200 wat genl. Hertzog vir dié doel gemaak het. Hy was in 1910 in 'n lastergeding gewikkel wat voortgevloei het uit sy stryd vir die onderrig van Hollands in die skole van die Vrystaat. Die geld het oorgebly uit 'n fonds vir die vereffening van genl. Hertzog se gedingkoste waartoe die Afrikaanse volk bygedra het en is deur hom onder beheer van die Akademieraad geplaas vir belegging en aanwending van die rente daarop vir 'n Afrikaanse letterkundige prys. Dit is gedoen ingevolge 'n notariële skenkingsakte, onder datum 27 Mei 1914. Oorspronklik, so blyk uit die skenkingsakte, was dit 'n wedstrydprys vir ingesonde stukke, maar op 15 Februarie 1923 het genl. Hertzog skriftelik toegestem dat alle gepubliseerde boeke vanself in aanmerking mag kom. In 1928 is met genl. Hertzog se toestemming, soos in 'n brief van 3 April 1928 te kenne gegee, besluit om die drie literêre vorme, nl. prosa, poësie en drama, afsonderlik om die beurt te bekroon. Volgens voorskrif van die skenkingsakte self, kon tydens genl. Herzog se lewe veranderinge in die voorwaardes aangebring word met sy toestemming. Na sy oorlye mag dit geskied by eenparige besluit van die Akademieraad. Gedurende enkele jare het ook "wetenskaplike prosa" vir die Hertzogprys in aanmerking gekom. So het prof. J. du P. Scholtz in 1943 die Hertzogprys ontvang vir Die Afrikaner en sy taal en dr. Coenraad Beyers in 1944 vir Die Kaapse Patriotte. In 1946 is die afdeling "wetenskaplike prosa" afgeskaf. Hieruit het in 1947 die Akademieprys vir Geesteswetenskappe ontstaan, wat sedert 1955 bekend staan as die Stalsprys vir Geesteswetenskappe. Die bedrag van die prys is in 1964 deur die Akademieraad verhoog tot R2 000 (uit Akademiefondse), maar in 1966 het die Akademieraad besluit om terug te keer tot die voorskrifte van die skenkingsakte en om die prys te beperk tot die rente op die kapitaal. In 1974 het die prys R900 bedra. (Kyk P.J. Nienaber: Die Hertzogprys vyftig jaar. Nasionale Boekhandel, 1965.) In 1978 is die prysgeld na R2 000 plus 'n goue medalje verhoog. Vanaf 1994 het Rapport Uitgewers 'n bykomende bedrag van R15 000 geskenk en vanaf 2003 is die skenking R20 000 per jaar sodat die prysgeld tans R22 000 beloop plus 'n 18 kar. goue Hertzoggedenkpenning. Toekennings Poësie 1916 Totius (Trekkerswee) 1926 A.G. Visser (Gedigte) 1928 A.G. Visser (Rose van herinnering) C.M. van den Heever (Die nuwe boord) 1934 Totius (Passieblomme) C.L. Leipoldt (Skoonheidstroos) W.E.G. Louw (Die ryke dwaas) 1937 I.D. du Plessis (Vreemde liefde en Ballades) N.P. van Wyk Louw (Alleenspraak) 1940 N.P. van Wyk Louw (Die halwe kring) 1943 Elisabeth Eybers (Die stil avontuur en Belydenis in die skemering) 1947 D.J. Opperman (Heilige beeste) 1951 Toon van den Heever (Gedigte 1919, omgewerk tot Eugène en ander gedigte 1931) 1962 Ernst van Heerden (Die klop) 1965 N.P. van Wyk Louw (Tristia) 1968 Boerneef (postuum) (al sy digbundels) 1971 Elisabeth Eybers (Onderdak) 1974 Uys Krige (Uys Krige: 'n keur uit sy gedigte) 1977 Wilma Stockenström (Van vergetelheid en van glans) 1980 D.J. Opperman (Komas uit 'n bamboesstok) 1983 Sheila Cussons (al haar digbundels) 1984 Breyten Breytenbach ("Yk") 1987 T.T. Cloete (Idiolek en Allotroop - sy ander werke, Jukstaposisie en Angelliera, is eervol vermeld) 1990 Antjie Krog (Lady Anne) 1993 T.T. Cloete (Met die aarde praat) 1996 Ina Rousseau ('n Onbekende jaartal) 1999 Breyten Breytenbach (Oorblyfsels: 'n Roudig en Papierblom) 2002 Henning Pieterse (Die burg van hertog Bloubaard) 2005 Petra Müller (Die aandag van jou oë) 2008 Breyten Breytenbach (Die windvanger) 2011 Johann de Lange (Die algebra van nood) Drama 1926 J.F.W. Grosskopf (As die tuig skawe en Drie eenbedrywe) 1935 H.A. Fagan (Die ouderling en ander toneelstukke) 1944 C.L. Leipoldt (Die heks en Die laaste aand) 1952 Gerhard Beukes (Langs die steiltes, Salome dans, As ons twee eers getroud is en agt eenbedrywe) W.A. de Klerk (Die jaar van die vuur-os, Drie vroue, Drie dramas en Vlamme oor La Roche) 1956 D.J. Opperman (Periandros van Korinthe) 1960 N.P. van Wyk Louw (Germanicus) 1969 D.J. Opperman (Voëlvry) 1972 P.G. du Plessis (Siener in die suburbs en Die nag van Legio) 1978 Bartho Smit (Putsonderwater, Moeder Hanna, Christine en Die verminktes) 1981 Henriette Grové (Ontmoeting by Dwaaldrif en al haar ander dramatiese werk) 1985 Uys Krige (al sy werke) 1991 Chris Barnard (totale oeuvre) 1994 Reza de Wet (Vrystaat-trilogie en Trits: Mis, Mirakel, Drif) 1997 Reza de Wet (Drie susters twee) 2000 André P. Brink (Die Jogger) 2003 Pieter Fourie (totale drama-oeuvre) 2006 Deon Opperman (vir sy drama-oeuvre tot 2005) 2009 Deon Opperman (Kaburu) 2012 Adam Small (vir sy drama-oeuvre) Prosa 1917 Jochem van Bruggen (Teleurgestel) 1920 Leon Maré (Ou Malkop) 1925 Jochem van Bruggen (Ampie: die natuurkind) 1926 D.F. Malherbe (Die meulenaar) 1927 Jochem van Bruggen (Ampie: die meisiekind) C.J. Langenhoven (Skaduwees van Nasaret) Sangiro (Diamantkoors en Twee fortuinsoekers) 1930 D.F. Malherbe (Hans-die-Skipper) G.C. en S.B. Hobson (Kees van die Kalahari) 1933 Jochem van Bruggen (Die sprinkaanbeampte van Sluis) 1936 Mikro (Toiings en Pelgrims) 1939 D.F. Malherbe (Saul die worstelheld en Die profeet) 1942 C.M. van den Heever (Laat vrugte) 1945 Sangiro (al sy prosawerk) 1953 M.E.R. (al haar prosawerk) 1957 Elise Muller (Die vrou op die skuit) 1958 N.P. van Wyk Louw (vir kritiese prosa en essay: Die mens agter die boek, Maskers van die erns, Lojale verset en Berigte te velde) 1961 F.A. Venter (Swart pelgrim en Geknelde land) 1964 Etienne Leroux (Sewe dae by die Silbersteins) 1970 Karel Schoeman (By fakkellig, 'n Lug vol helder wolke en Spiraal) 1973 Chris Barnard (Mahala en Duiwel-in-die-bos) 1976 Anna M.