Die Literêre Biografie
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
University of Pretoria etd - A C Pelser DIE LITERÊRE BIOGRAFIE - ‘N TERREINVERKENNING DEUR ABRAHAM CHRISTOFFEL PELSER VERHANDELING VOORGELÊ TER VERVULLING VAN DIE VEREISTES VIR DIE GRAAD MAGISTER ARTIUM IN AFRIKAANS IN DIE FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE AAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA STUDIELEIER: PROF. P.H. ROODT JUNIE 2001 University of Pretoria etd - A C Pelser Vir my pa (in memoriam) en vir my ma en vir Marié University of Pretoria etd - A C Pelser Geldelike bystand van die National Research Foundation (NRF) word hiermee erken. Menings wat uitgespreek of gevolgtrekkings waartoe geraak is, is dié van die skrywer en moet in geen geval beskou word as ‘n weergawe van die menings of gevolgtrekkings van die National Research Foundation nie. Hierdie studie is verder moontlik gemaak deur die toekenning van ‘n nagraadse studiebeurs deur die Universiteit van Pretoria. Eweneens moet menings in hierdie werk uitgespreek of gevolgtrekkings waartoe geraak is, as dié van die skrywer beskou word en nie aan die Universiteit van Pretoria toegeskryf word nie. University of Pretoria etd - A C Pelser BEDANKINGS Ek wil graag die volgende persone en instansies bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het om hierdie studie moontlik te maak: My studieleier, prof. P.H. Roodt, wat my op geduldige en bekwame wyse in hierdie studie gelei het en deurgaans ‘n inspirerende gespreksgenoot was. My vrou, Marié Blomerus, wat deur die manuskrip gewerk en waardevolle hulp in verband daar- mee verleen het. Mevv. Leana Lategan en Erika Terblanche van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein (NALN), wat talle fotokopieë van boekresensies, artikels en ander navorsingsmateriaal gratis aan my voorsien het. Proff. V.E. d’Assonville en J.C. Steyn, mnr. Leon Rousseau en dr. J.C. Kannemeyer, met wie ek by verskeie geleenthede persoonlik, telefonies of by wyse van korrespondensie oor hul werk kon gesels het. University of Pretoria etd - A C Pelser Biographies are but the clothes and buttons of the man - the biography of the man himself cannot be written. MARK TWAIN University of Pretoria etd - A C Pelser INHOUD HOOFSTUK EEN NAVORSINGSONTWERP 1.1_ Inleiding 1 1.2_ Probleemstelling 3 1.3_ Doelformulering en terreinafbakening 4 1.4_ Aktualiteit 6 1.5_ Hipoteses 7 1.6_ Navorsingsontplooiing 7 Aantekeninge 9 HOOFSTUK TWEE DIE TEORIE VAN BIOGRAFIESE GESKIEDSKRYWING 2.1 Inleiding en definisies 10 2.2 Kenmerke van die biografie 12 2.3 Struktuur van die biografie 15 2.4 Probleme van ‘n biograaf 28 Aantekeninge 32 HOOFSTUK DRIE DIE GESKIEDENIS VAN BIOGRAFIESE GESKIEDSKRYWING 3.1 Vroegste vorme van biografiese geskiedskrywing 33 3.2 Die Griekse en Romeinse beskawings 33 3.3 Die Middeleeue en Renaissance 38 3.4 Die sestiende eeu 39 3.5 Die sewentiende eeu 40 3.6 Die agtiende eeu 43 3.7 Die negentiende eeu 48 i University of Pretoria etd - A C Pelser 3.8 Die twintigste eeu 50 3.9 Biografiese geskiedskrywing in die VSA 53 Aantekeninge 56 HOOFSTUK VIER ‘N SUID-AFRIKAANSE PERSPEKTIEF 4.1 Biografiese geskiedskrywing in Suid-Afrika 57 4.2 Literêre biografieë in Afrikaans: ‘n inleiding en Totius se Ds. S.J. du Toit in weg en werk 58 4.3 Die werk van Leon Rousseau 63 4.3.1 Die groot verlange 64 4.4 Die werk van V.E. d’Assonville 74 4.4.1 Totius - profeet van die Mooirivier 75 4.4.2 Dit is Totius 77 4.4.3 SJ du Toit van die Paarl (1847-1911) 83 4.5 Die werk van J.C. Kannemeyer 89 4.5.1 D.J. Opperman: ‘n Biografie 90 4.5.2 Die dokumente van Dertig 104 4.5.3 Die rym neem ook ‘n hele lewe in beslag 106 4.5.4 Wat het geword van Peter Blum 107 4.5.5 Langenhoven: ‘n Lewe 115 4.5.6 Leipoldt: ‘n Lewensverhaal 130 4.6 Die werk van J.C. Steyn 140 4.6.1 Van Wyk Louw: ‘n Lewensverhaal 141 Aantekeninge 167 HOOFSTUK VYF SLOTBESKOUING 5.1 Inleiding en toets van hipoteses 174 5.2 Voorstelle vir verdere navorsing 176 Aantekeninge 177 ii University of Pretoria etd - A C Pelser BIBLIOGRAFIE 180 OPSOMMING 187 SUMMARY 189 iii University of Pretoria etd - A C Pelser HOOFSTUK EEN NAVORSINGSONTWERP 1.1_ INLEIDING Dit is betreurenswaardig dat die literêre biografie en die oeuvrestudie oor ‘n bepaalde skrywer voor die middel-tagtigerjare van die vorige eeu nie juis in Suid-Afrika beoefen is nie. Kannemeyer (1996:6) wys daarop dat van die skrywers wat voor 1930 hul verskyning gemaak het en wie se volledige werk en dokumente dus lankal reeds tot die beskikking van navorsers is, slegs Eugène N. Marais en J. van Melle in die standaardwerke van Leon Rousseau en W.F. Jonckheere onderskeidelik studies van dié aard kon uitlok.1 Die werk en lewe van Jan F. E. Celliers, C. Louis Leipoldt,2 J.R.L. van Bruggen, G.S. Preller, D.F. Malherbe, I.D. du Plessis en C.M. van den Heever wag nog om op dié wyse bestudeer te word. Ook in Nederland is daar ‘n agterstand ten opsigte van “skrywersbiografieë”3 en lê die veld grootliks braak. Die enkele vroeë voorbeelde is hoofsaaklik beperk tot Hazeu oor Achterberg en Fontijn oor Van Eeden, hoewel die teoretisering van die afgelope jare daarop dui dat Neerlandici bekommerd is oor hierdie agterstand en dit graag wil uitwis (Kannemeyer, 1995d:1). Kannemeyer (1995d:4-9) sonder veral vier redes uit vir die biografiese agterstand in Afrikaans. In die eerste plek is daar eers sedert die vyftigerjare van die vorige eeu deur die dood van outeurs dokumente beskikbaar waaroor dit literêr die moeite werd is om navorsing te doen (Kannemeyer, 1995d:4). Van vroeë gestorwe figure, soos S.J. du Toit en Jan F.E. Celliers, was die dokumentasie ontoereikend; eers later beskikbaar, soos in die geval van C.J. Langenhoven; of van literêr minder prominente figure. Verder het die beskikbaarstelling van die eerste dokumente wat tot skrywersbiografieë kon lei, in Suid-Afrika saamgeval met die naoorlogse invloed van literêre teoretici wat hulle in ‘n hoë mate op die enkele teks gerig het, met die uitsluiting van enige aandag aan die outeur, die genese van die kunswerk en die wyse waarop dit die leser beïnvloed (Kannemeyer, 1995d:4-5). Dit is veral die Amerikaanse New Criticism, die “close readers”, die Chicago School en ‘n handleiding soos Warren & Wellek se Theory of Literature wat ‘n groot invloed op letterkundiges uitgeoefen het. Die Amerikaanse New Critics neem die standpunt in dat die leser hom slegs moet bemoei met die tekstuur en struktuur van die teks, en nie met die persoonlike agtergrond waaruit dit voortkom nie. Enige poging om die lewe van die skepper in sy werk in te lees of ‘n regstreekse verband tussen 1 University of Pretoria etd - A C Pelser biografiese besonderhede en die kunswerk te trek, lei volgens hulle tot ‘n “biographical fallacy” wat die kritikus weglei van die eintlike objek van studie. In Afrikaans het die ouer impressionistiese, historiese en biografiese benaderingswyses plek gemaak vir ‘n haas uitsluitlike teksgerigtheid. ‘n Besondere benaderingswyse in die vyftigerjare van die vorige eeu was die stilistiek op linguistiese grondslag, ontwerp deur die Amsterdamse taalkundige W. Gs. Hellinga met H. van der Merwe Scholtz as eerste Afrikaanse eksponent: ‘n metode om taalwaardes in ‘n bepaalde taalgebruiksgeval te ondersoek in hul betrokkenheid op daardie bepaalde geval, met ignorering van die maker en die leser van die beson-dere taalsituasie. Dit is, in die derde plek, egter veral die siening van N.P. van Wyk Louw wat in sy reeks artikels “Die ‘mens’ agter die boek (1952, 1956 en daarna weer in 1958 in boekvorm) tot die konklusie kom dat alles wat ‘n kritikus uit ‘n kunswerk oor die skepper aflei, op blote vermoedens en gissings berus (Kannemeyer, 1995d:5). Die mens agter ‘n werk, skryf Louw (1986:253-300), “is nie met enige mate van sekerheid uit te ken nie”; “’n kunswerk kan nie ‘verklaar’ word uit enigiets behalwe sy eie struktuur nie”; en “die biografiese feit kan nooit ‘n rol speel by die eerste groot taak van die literatuurbeskouing nie: die be- gryp van die werk as estetiese geheel”. Kannemeyer (1995d:5) meen dat die publikasie van “Die ‘mens’ agter die boek” ‘n groot invloed op die hele literêr-kritiese bedryf in Suid-Afrika gehad het. “Sedert die verskyning daarvan was bio- grafiese belangstelling in ‘n groot mate uit die bose en het die meeste kritici dit vermy om in hulle analises van werke enige lewensbesonderhede van skrywers te betrek. Ek meen Van Wyk Louw se uitsprake [...] het regstreeks daartoe gelei dat oorsigtelike studies oor oeuvres in die vyftiger- en ses- tigerjare by ons ‘n seldsame verskynsel was, ook in gevalle waar ‘n mens deur die dood van ‘n skry- wer met ‘n afgehandelde oeuvre te make het en ‘n omvattende ondersoek derhalwe ‘n ideale terrein vir navorsing was. Ek meen ook dat dié reeks artikels [...] die skuld moet dra vir die klein aantal le- wensgeskiedenisse wat ons in Afrikaans in vergelyking met die Engelse wêreld het. Biografiese ondersoeke was nou eenmaal in onguns ná ‘Die “mens” agter die boek’ en die toespitsing op die en- kele teks die enigste suiwer teoretiese instelling wat ‘n literator mag hê.” In die laaste plek was daar dikwels ‘n weerstand teen ‘n biografie by skrywers (Kannemeyer, 1995d:6-9). Hy verwys veral na C.J. Langenhoven, wat testamentêr bepaal het dat sy nasate “geen hulp of inligting hoegenaamd [...] aan biograwe [sal] verskaf [...] nie,4 en na Elisabeth Eybers wat dit in 1949 tydens ‘n radiopraatjie het oor die vir haar sinnelose bedryf om ‘n outobiografiese herkoms in ‘n gedig te probeer agterhaal.