Kortpad na advertensies 15 Augustus 2013 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik)

Kleinadvertensies (Besigheid) (3/5) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders

Kanselleer intekening / Unsubscribe (2/5)

Redakteursbrief

Daar gebeur dit toe weer! ‘n Aardbewing hier onder my Wellington-geplante voete. Op die vyfde vloer van die gebou waar ek werk. Laas keer was oop ‘n Sondagmiddag en ons was tuis. Ek moet sê dit voel aardig om in ‘n hoê gebou te wees wanneer dit gebeur. Nou weet ek hoe lyk ons kafeteria se tafels aan die onderkant…

Hierdie is ‘n stampvol uitgawe. Brokkies se geselsrubriekskrywer Bittergal is weer terug en hy spoel sy mond uit in “Klip- innie-bos”. Ons is breëbors oor Kiwi Valerie Adams se ongelooflike prestasie van die afgelope week. Thys Oosthuizen kyk ‘n bietjie na die komende Kampioenskaps-rugbyreeks en hy gee ‘n oorsig oor die oorlede Drienasiesreeks. Daar’s ‘n artikel oor Laurika Rauch wat binnekort in Auckland sing, en ‘n verdere kykie na die invloed van die Maleise taal op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur.

‘n Toyota is te koop, ‘n SA winkel bied smullekker goete, daar’s goeie versekeringsadvies en raad oor hoe om geld oor te bring, en dis net om ‘n paar te noem.

Daar is ook baie ander leeswerk en nuus. Groetnis, en sterkte met die aardbewings.

Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by [email protected])

______

Ysbreker: Ultra rustige slakkepos in aksie...

Ene Soekie Kruger vertel in Radiosondergrense (RSG) se nuusbrief: “Ek het op 19 Des 1998 ‘n Kerskaartjie met ‘n tjek van R100 by die Sedgefieldse poskantoor per prioriteitspos Steytlerville toe gepos.

“Die kinders het dit pas op Steytlerville gekry! Die datum van Steytlerville se poskantoor is Aug 2013! Dit het die kaartjie 16 jaar geneem om daar uit te kom!“

Vergelyk dit nou met Nieu-Seeland se posaflewerings wat binne een of twee dae na enige plek in die land geskied!

(Brokkie ingestuur deur Pieter Burger)

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Geselsrubriek: Klip-innie-bos – Deur Bittergal

‘Bible in Schools’ al wéér onder skoot

Ek is op die oorlogspad. Daar’s twee goed wat my de josie in het. Een is die swak joernalistiek wat ons toenemend sien, en die ander is die aanvalle wat jaarliks teen een van die oudste instellings in Nieu-Seeland geloods word.

Ek lees dikwels hoe hedendaagse joernalistiek, onder die druk van die snel-groeiende sosiale media, algemene vervlakking ervaar. Koerante en radio ding mee teen die blitsige reaksies op Facebook en Twitter. Iets het skaars gebeur dan twiet iemand al daaroor en so begin ‘n onkeerbare kettingreaksie van reaksies en teenreaksies.

Dikwels is sosiale media ook die teelaarde van gerugte, foute en onnutsige jokstories. Dit dwing wel ‘n vorm van eerlikheid af omdat mense mekaar gou reghelp, maar wie’s nou eintlik reg? Wie het die kloutjie by die oor en wie het die kat aan die stert beet? Niemand weet nie, want sosiale media het nie ‘n hekwagter soos ‘n hoofredakteur wat ‘n professionele standaard stel en vereis dat feite gekontroleer en bevestig word voordat dit geplaas word nie.

Om ‘by te hou’ bring die formele media se beriggewing dikwels ‘n vervlakking mee in die gehalte en diepte van hul joernalistiek. Daar’s eenvoudig nie genoeg tyd om iemand vir dae lank op ‘n storie te sit sodat dit in diepte ondersoek en ten beste geskryf kan word nie. Teen daardie tyd het die sosiale media die onderwerp al holrug gery, met al sy foute en opsetlike misleidings inkluis. Kyk maar hoe begin sommige aanlynkoerante hulself al meer na video’s wend, eerder as na geskrewe, in-diepte berigte oor sake. Ek is nie teen video’s of sosiale media gekant nie; net teen die verlies van goeie joernalistiek.

Maar hoe sluit dit aan by my ander treurmare?

Die hoofberig op die voorblad van ‘n groot Nieu-Seelandse koerant se opskrif het onlangs gelui: “Revealed: Hand of God in schools”. Né! Groot onthulling! Vir die gewone leser dra daardie opskrif net een ding oor: Daar was ‘n groot geheim wat oopgevlek is. Daar is iets ‘skokkends’ by skole aan die gang wat nou ontdek en openbaar gemaak word.

Siestog…hoe pateties. Die sogenaamde ‘ontdekking’ is dat daar in skole ‘n stelsel van ‘religious instruction’ bestaan. Die feit dat hierdie stelsel, ook bekend as Bible in Schools, al vir meer as ‘n honderd jaar openlik in Nieu-Seeland bestaan, het die joernalis of nie bygeval nie of hulle het dit nooit uitgevind nie deur hul oppervlakkige joernalistiek.

In baie kerke is daar mense wat al vir jare lank elke week as vrywilliger by ‘n skool opdaag om hul halfuur lange Bybelklas aan te bied. Ek het dit ook ‘n klompie jare lank gedoen. Ek het gesien watter positiewe uitwerking dit op jong kinders het. Vele ‘probleemkinders’ is so positief geraak dat hul ouers en die onderwyser soms nie anders kon nie as om te erken dat hierdie klasse ‘n goeie invloed op hulle gehad het. In baie gevalle laat ouers wat ateïsties is hul kinders toe om die ‘Bible classes’ by te woon omdat hulle aanvoel dat hul telge ten minste goeie goed leer.

Ek meen te sê, wie kan nou stry teen lesse dat ons mekaar moet respekteer, help, troos of ondersteun? Wie kan nou stry teen ‘n boodskap van ware liefde: dat God elkeen van ons liefhet en verlang dat ons mekaar ook moet liefhê?

Jaar na jaar kom Bible in Schools onder druk van opponente wat sal dood voor hulle aanvaar dat daar groot getalle mense is vir wie hierdie keuse belangrik is; om nie te praat nie van die weerstand om te erken dat God bestaan, Hom te aanbid en volgens Sy wil te lewe.

Tel geloofsverdraagsaamheid slegs na een kant toe? As mense se reg op ongeloof beteken dat niemand om hulle ‘n geloof sigbaar mag uitleef nie, wat beteken dit dan vir die gelowige se reg om sy geloof uit te leef? Ek kan my geloof slegs in privaatheid uitleef, maar jy kan jou ongeloof in die publiek uitleef? Klink nie vir my regverdig nie! Klink vir my of daar in hierdie tydsgewrig ‘n paar skeppies meer verdraagsaamheid na gelowiges aangegee moet word. Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013

Hierdie ou praktyk wat in sekere laerskole en intermediêre skole bestaan, word deur beriggewing soos vroeër genoem telkens onder die vergrootglas geplaas. Dit lyk al of uitesproke opponente van Bible in Schools daarop uit is om steun te werf vir verdere sekularisering en groeiende ongeloof. Elke nou en dan word druk op die regering geplaas om Bible in Schools of te kniehalter, of te staak.

Christene wat as ‘Bybel-onderwysers’ werk, sal kan getuig dat hierdie soort druk geleidelik in felheid toeneem. Jaar na jaar maak hulle dit ‘n gebedsaak teen wat ervaar word as ‘n brullende dier wat rondloop en kyk wie hy kan verorber.

Ter wille van lesers wil ek net verduidelik dat Bible in Schools in 1877 tot stand gekom het toe ‘n unieke reëling tussen die regering en die kerke van daardie tyd uitgewerk is. Omdat Nieu-Seeland se regering nog altyd sekulêr was, is skoolonderrig deur staatskole ook sekulêr. Die kerke het dus toentertyd met die regering ooreengekom dat 30 minute Bybelonderrig per week (tot ‘n maksimum van 20 ure per jaar) in skole aangebied mag word. Die wet is geskryf om deelnemende skole toe te laat om vir ‘n halfuur per week die skool tegnies te “sluit”, sodat die Bybelonderwysers kan inbeweeg en hul ding doen.

Vrywilligers word opgelei en geakkrediteer om ‘n “Bybel”-kurrikulum aan te bied wat deur die nasionale onderwysowerhede goedgekeur is. Dit is fyn uitgewerk om die algemene kurrikulum aan te vul in terme van breë konsepte soos kommunikasie, spanwerk (omgee/naasteliefde), geskiedenis (Bybelgeskiedenis), ens. Daar mag bv. nie ge-evangeliseer word nie, hoewel die geskiedenis en boodskap van Jesus duidelik oorgedra mag word.

‘n Skool mag dit net toelaat indien dit deur ‘n spesifieke skoolgemeenskap goedgekeur word. Daar is heelwat skole wat verkies om dit nie aan te bied nie en wisselende getalle kinders woon dit by in skole wat dit wel aanbied. Sommige skole het tot 95% deelname. Ek het al gehoor van Suid-Afrikaanse immigrante wat hul keuse van skole hierop grond en eers vasstel of die betrokke skool Bible in Schools aanbied voordat hulle hul kinders inskryf.

Daar is talle Suid-Afrikaners wat landwyd in hierdie bediening werk is en hulle getuig van ongelooflik baie seën. Elke week word aansienlik meer as 100,000 kinders landwyd so aangeraak. Die doel is om aan hulle geloof, hoop en waardes te gee wat hulle ‘n leeftyd lank kan baat.

Hierdie stelsel is waarskynlik die enigste amptelike, grootskaalse en professionele kanaal wat nog bestaan om in ‘n sekulêre land hierdie soort positiewe invloed op jong kinders te hê – en dikwels op kinders wat andersins dalk nooit weer van God’s Woord sal hoor nie.

Dis tog tragies dat so baie mense uit die oog verloor dat hulle ‘n relatief veilige en geordende bestaan voer in ‘n land wat sy algemene stelsel van ordelikheid en vreedsame naasbestaan gegrond het op ‘n erkentlikheid van en onderhorigheid aan God se Woord en wette. Soveel van vandag se wette bestaan omdat dit gegrond is op God se oorspronklike wette.

As ons eerlik is met onsself; gaan dit met die mens en die gemeenskap beter of slegter waar God al meer uit die prentjie gehaal word?

Watter soort vrugte verbou ons?

Watter soort vrugte gaan ons pluk?

Dit is uitendelik ‘n saak vir gebed en vir elkeen se gewete om ‘n roete te oorweeg…

• Lees gerus meer oor die Churches Education Commission (CEC) se werk by http://www.cec.org.nz/

(Indien jy ‘n opinie oor Bittergal se sienswyse het, stuur dit asseblief aan [email protected]

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Algemene nuusbrokkies

Terug na bo...

Trots op Valerie Adams se unieke prestasie!

Ons trots: Valerie Adams het haar vierde wêreldtitel verower.

Die volgende is nie nuus nie; dit is reeds oor alle soorte nuusmedia uitgebasuin. Maar enige immigrant wat lief is vir Nieu- Seeland en sy mense was seker baie trots op Valerie Adams, wat ‘n paar dae gelede die mees suksesvolle gewigstoter in die geskiedenis geword het. Sy het ‘n vierde wêreldtitel in Moskou gewen. Daarom bring Brokkies hulde aan haar.

Hiermee het Valerie haarself aangesluit by slegs ‘n handjievol baanatlete wat vier afsonderlike wêreldtitels kon inpalm. Hierdie prestasie vestig Valerie as die mees dominante atleet wat haar sport nog gesien het.

Sy het goud gekry deur met byna ‘n halwe meter te wen. Dit was met ‘n allemintige gooi van 20.88 meter! Om te dink dat dit nog 2 cm korter was as haar beste van hierdie seisoen, is nogal skrikwekkend. Dan is haar persoonlike beste afstand 21.24 meter! Sy het haar historiese wengooi met die derde van haar ses pogings vermag.

Valerie is ook Nieu-Seeland se dubbele Olimpiese kampioen. Sy het die wêreldtitel vir die eerste keer in 2007 verower. Sy het haar wêreldkroon suksesvol verdedig in 2009 en 2011, en hierdie vierde keer sal haar bybly as die hoogtepunt van haar loopbaan.

Valerie is vir die afgelope drie jaar, by 39 byeenkomste, nog nie een keer geklop nie. Sy was voor hierdie prestasie ook die houer van elke belangrike titel in gewigstoot.

Tydens die Londense Olimpiese Spele was Valerie in die berugte kontroversie betrokke toe sy teen die atleet van Belarus, Nadzeya Ostapchuk ‘geklop’ is. Ostapchuk is toe daarna as ‘n ‘dwelmskelm’ ontbloot, sy het die titel verloor, en Valerie kon ook daardie kroon dra.

Valerie het na die tyd aan media gesê dit was wonderlik om na die oorwinning Nieu-Seeland se volkslied, God defend New Zealand’ te hoor. Sy het bygevoeg dat dit ‘bitter-soet’ gesmaak het na die vorige jaar se Olimpiese insident.

Sy het ook hulde gebing aan haar Switserse afrigter, Jean-Pierre Egger.

Die groot Kampioenskap begin dié naweek!

Steeds by sport. Verlede week het die hoofberig oor rugby gehandel, en vir oulaas maak ons hierdie week weer so. En hoe dan anders...die groot kampioenskap, ofte wel ‘The Championship’-rugby begin hierdie naweek!

Waar Thys Oosthuizen verlede week ‘n oorsig oor die geskiedenis van die Super 15-rugbykompetisie aangebied het, bekyk hy hierdie week die geskiedenis van die Drienasiereeks waaruit The Championship gegroei het.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013  Van Drienasiereeks in 1995 tot The Championship in 2012 – en 2013 se aksie begin hierdie naweek.

Die Drienasiereeks is in 1995 deur SANZAR gestig, terselfdertyd as wat die destydse Super 12-kompetisie op die been gebring is. SANZAR het toe uit ‘n gelyke aantal verteenwoordigers van die rugby-unies van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië bestaan. Dit het ‘n gewilde driehoekige kompetisie tussen hierdie drie lande tot stand gebring. Verlede jaar is dit uitgebrei tot die huidige The Championship toe Argentinië ook tot die kompetisie toegetree het.

Aan die begin van die Drienasiereeks het elkeen van die drie spanne ‘n tuis- en wegwedstryd teen mekaar gespeel. So het elke span dus vier wedstryde gespeel om te bepaal wie die kampioen sou word.

In 2006 is die Drienasiereeks uitgebrei sodat elke span drie wedstryde teen elk van die ander twee spanne speel, behalwe in ‘n wêreldbekerjaar wanneer hulle slegs twee wedstryde teen die ander twee spanne sou speel.

Hierdie formaat het voortbestaan tot in 2011 toe SANZAR op aandrang van die Internasionale Rugbyraad besluit het om Argentinië vanaf 2012 as die vierde lidland toe te laat. Sedert 2012 speel die vier lande se nasionale spanne nou twee wedstryde teen elk van die ander drie spanne op ‘n tuis- en wegbasis. Sommer met die intrapslag het Nieu-Seeland sy stempel op die kompetisie afgedruk deur al ses sy wedstryde te wen!

Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Australië het deur die jare nog altyd onder die topspanne van die wêreld getel en was meestal die drie topspanne op die wêreldranglys. Dit is dus nie vergesog nie om te beweer dat die Drienasiereeks die strafste rugbykompetisie ter wêreld was. Bydraend tot hierdie persepsie is die feit dat die spanne oor lang afstande en tydsones moes reis om teen mekaar te speel, in teenstelling met die Sesnasiesreeks in Europa waar die spanne sommer net ‘n uur of wat se reistyd van mekaar verwyder is.

Die Drienasiereeks is ook oor die geheel gesien deur Nieu-Seeland oorheers, soos uit hierdie statistiek blyk:

Jaar Wenner Gespeel Gewen

1996 Nieu-Seeland 4 4 1997 Nieu-Seeland 4 4 1998 Suid-Afrika 4 4 1999 Nieu-Seeland 4 3 In die 16 jaar van die Drienasiereeks 2000 Australië 4 3 het elk van die drie spanne 72 2001 Australië 4 2 wedstryde gespeel. Nieu-Seeland het 2002 Nieu-Seeland 4 3 50 (69.4%) van sy wedstryde gewen, 2003 Nieu-Seeland 4 4 terwyl Australië 29 en Suid-Afrika 28 2004 Suid-Afrika 4 2 van hul wedstryde gewen het. 2005 Nieu-Seeland 4 3 2006 Nieu-Seeland 6 5 2007 Nieu-Seeland 4 3 2008 Nieu-Seeland 6 4 2009 Suid-Afrika 6 5 2010 Nieu-Seeland 6 6 2011 Australië 4 3

Puntemakers Top driedrukkers

1 NS 519 1 NS 16 2 NS 328 2 NS 15 3 Australië 271 3 Bryan Habana SA 14 4 Australië 257 4 NS 13 5 Morné Steyn SA 232 5 Richie McCaw NS 11

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 6 Percy Montgomery SA 210 6 Ma'a Nonu NS 10 7 Stirling Mortlock Australië 198 7 Jaque Fourie SA 9 8 NS 153 Cory Jane NS 9 9 Braam van Straaten SA 94 Justin Marshall NS 9 10 Christian Cullen NS 80 Stirling Mortlock Aus 9 Lote Tuqiri Aus 9

2013 se Rugbykampioenskap in oënskou

Sover is daar slegs een van die nuwe Kampioenskapstoernooie gespeel en dit was verlede jaar toe Argeninië bygekom het. Nieu-Seeland het die beste gevaar deur al ses hul wedstryde teen Suid-Afrika. Argentinië en Australië te wen.

Nieu-Seeland se kanse om sy titel suksesvol te verdedig het Dinsdag ‘n kwaai knou gekry toe ‘n ou kuitspierbesering Dan Carter vir minstens drie weke na die kantlyn gestuur het. Cruden is egter ‘n skaflike plaasvervanger en behoort sy plek vol te staan. Sommige van my vriende beweer dat Cruden dalk reeds beter as Carter speel. Die All Blacks se afrigters lê geweldig klem daarop om die spel vinnig te speel en gevolglik het Piri Weepu in die slag gebly – glo te stadig. Dit sal interessant wees om te sien hoe die All Blacks gaan speel.

Suid-Afrika sal hierdie jaar graag op sy vertoning van verlede jaar wil verbeter en Heyneke Meyer het vir Fourie du Preez uit Japan teruggebring vir die wedstryde in Suid-Afrika. Hierdie ou jakkals weet hoe om die bal voor sy voorspelers te hou en die opponente met goedgeplaaste lugskoppe foute te laat maak waaruit die Bokke dan munt kan slaan. Ek dink net nie dat die vaste voorspelers, veral die slotte, van dieselfde gehalte as en is nie. Dit kan dalk die Bokke se achilleshiel wees.

Die Aussies praat lekker groot vandat hul nuwe afrigter, Ewen McKenzie, die leisels by Robbie Deans oorgeneem het. Ek dink nie ‘n mens moet die Wallabies onderskat nie, veral nie met die klomp Brumbies van Jake White in die span nie, asook Quade Cooper en .

Hoe dit ookal sy, vanjaar se kompetisie gaan nie so eensydig wees as verlede jaar s’n nie, toe die All Blacks skoonskip gemaak het en al ses hul wedstryde gewen het. As ek ‘n geldjie moet waag op ‘n wenner vir 2013? Die All Blacks natuurlik, hoe dan nou anders?

Opgewondenheid groei oor Laurika Rauch se NS-optrede

Die immergewilde Laurika is een van die dae in Auckland vir ‘n eerste (en enigste) optrede.

Arno Nel van Australië sê dat hy oor die laaste paar jaar die geleentheid gehad het om heelwat van die grootste Afrikaanse kunstenaars te ontmoet wanneer hulle in Australië en Nieu-Seeland kom toer het.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Hy vertel: “Toe die geleentheid hom voordoen om Laurika Rauch uit te nooi na ons nuwe land, was ek skoon oorweldig. Laurika is verseker die bekendste legende van Afrikaanse musiek en een van die beste sangers na wie ek van jongs af geluister het.

“Met groot afwagting is ek en my vrou toe op ‘n dag op pad na ons eerste ontmoeting met Laurika in Johannesburg. Ek moet erken dat ek so opgewonde was soos my vierjarige seun by ‘n Kersboom net voor die geskenke uitgedeel word. Ek ontmoet toe een van die vriendelikste mense ooit. Laurika kombineer styl, nederigheid en bekendheid op ‘n wonderlike manier.

“Indien jy nog nie jou kaartjie vir 7 September se optrede gekoop het nie, moet jy dit gou doen. Ons gaan die voorreg hê om ‘n onvergeetlike aand te geniet saam met een van die mees beminde sangers wat van die mees kreatiewe, poëtiese en singbare Afrikaanse musiek voortbring.

“Hierdie is die eerste keer dat Laurika in Nieu-Seeland sal optree en waarskynlik ook die laaste keer ooit. Moet hierdie spesiale geleentheid nie misloop nie!”

Datum: 7 September 2013 Plek: Bruce Mason Centre, Takapuna, North Shore, Auckland Kaartjies: www.ticketmaster.co.nz (Tik in ‘Laurika Rauch’ in by ‘Search’) Webskakel: http://www.ticketmaster.co.nz/Laurika-Rauch-tickets/artist/1860159

Reeks: Ons Maleise verbintenis (Deel 2) Maleis se invloed op die Afrikaanse taal en kultuur

Die katjiepiering en kiaat-hout. Bekend of hoe? Maar waar kom die woorde vandaan?

Het jy geweet dat die ontwikkeling van ons taal Afrikaans deur meer as Nederlands beïnvloed is?

Het jy geweet dat die Maleise taal ‘n groot invloed op die vorming van Afrikaans gehad het?

In die sewentiende eeu het die Nederlandse owerhede aan die suidpunt van Afrika slawe vauit onder andere Indonesië ingevoer. Hierdie mense het hoofsaaklik Maleis gepraat. So het die Kaapse Maleier-gemeenskap uiteindelik ‘n groot invloed op die vorming van Afrikaans tussen die Nederlandssprekende mense van die Kaap gehad. Hul unieke bydrae word so pragtig vervat in die tradisie van die Kaapse Klopse; ‘n kultuur wat ons ook hier in Nieu-Seeland sien ontspring het deur passievolle mense soos Riedewaan Waggie van Auckland, sy familie en vriende.

Hierdie kort reeks bied ‘n oorsig van woorde wat algemeen bekend is in Afrikaans, en baie dieselfde klink of lyk as die Maleise eweknie:

Doepa (Mal.) 1 Maleise wierook. 2 (a) Toormiddel, veral om iemand verlief te maak. (b) Middel wat, meestal wederregtelik, ingedien word om bv. atlete, perde se prestasies te beïnvloed.

Kabaai´ (< Mal.) 1 Loshangende jurk in Indië gedra. 2 Nagkabaai.

Kapok (Mal. - kapuk) (Soos in sneeu.)

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Katjiepiering (Mal.) 1 Struik met 'n wit of liggeel blom met 'n besonder aangename geur, oorspronklik afkomstig uit Oos-Indië

Kiaat´ (< Mal.) Swaar, duursame, bruin Oos-Indiese boom, waarvan die hout nie krom trek of krimp of yster laat roes nie en baie in die skeepsbou en as meubel- en timmerhout gebruik word; meubels van kiaat.

Kierang, kierankies (< Mal.) [Vergelyk Maleis: ‘Kurang’ Kullery, foppery - by speletjies: Sy kierang (sal) braai of kierankies (sal) braai, hy (sal) verloor omdat hy gekul het. Jy't my gekierang; Nie eerlik nie; oneerlik: Kierang speel.

Oorlams (< Mal.) 1 Bedrewe, handig; al aangepas by sy omgewing; teenoor baar: 'n Oorlamse werker. 2 (a) Geslepe, slu, skelm; lank in die land. (b) Stadig, sleg by die werk. oorlamsheid.

Lesers skryf...

Die nuwe reeks oor die invloed van die Maleise taal en kultuur op die Afrikaanse taal en kultuur het die volgende brief van Cehill Pienaar ontlok: (Die brief is verkort. – Red)

Die Redakteur

Ek het die stuk oor die Maleise invloed op Afrikaans baie geniet. 'n Klomp jare terug wou ek daaroor skryf maar het nie sover gekom nie.

In Singapoer, op Sentosa eiland is daar 'n baie interessante kultuurmuseum waar ek op interessanthede afgekom het. Een voorbeeld is die topspel wat in my tyd op skool baie gewild was, wat eintlik van Maleise afkoms is.

Die woord "Pondok" wat in Afrikaans 'n negatiewe konnotasie het is, sover ek weet " huis" in Maleisies.

In die Kaap het ek baie te doen gehad met die Maleiers, wat 'n trotse Moslem-kultuurgroep was. Ek het as boekversamelaar op 'n kol 'n Afrikaanse Koran in die hande gekry en dit gegee aan ' n Maleiervrou. Sy was amper tranerig en het my gesê dit is die eerste Afrikaanse Koran wat sy in die hande gehad het.

Ek het tot die groot ontsteltenis van die sedebewakers van die tyd in die openbaar gesê dat die Taalmonument op Paarlberg ook opgedra moes word aan die Maleiergemeenskap. Die eerste Afrikaans is “gebore” in die Bo-Kaap wat in die ou dae die woonplek van die Maleiers was en deesdae 'n baie duur en gesogte buurt is.

Die vroeë Afrikaans is as ‘kitchen Dutch” bestempel omdat die Maleierslawe dit in die kombuis gepraat het.

Cehill Pienaar Auckland

Hierdie brief bevat ‘n uitnodiging aan mense om aansoek te doen vir werk in die wêreld van geestesgesondheid:

Beste Brokkies

Ek werk by 'n maatskappy wat in geestesgesondheid (mental health) betrokke is en meer spesefiek residensiële dienste, maw ons verskaf behuising/verblyf aan kliënte wat weens geestesprobleme nie op hulle eie kan bly nie.

Indien daar persone is wat ten minste 'n werkspermit het asook ‘n volle bestuurslisensie, en nie sal omgee om skofte te werk nie, kan ons dalk help met werk. Ons benodig die dienste van betroubare versorgers, of soos Kiwi’s dit noem, ‘care givers’. Die amptelike naam vir hierdie poste is ‘residential support workers’.

Ons het takke in Whangerei, Auckland Noord, Wes en Suid, Rotorua, Tauranga en Hawkes Bay. Aansoekers moet bereid wees om 'n Mental Health Certificate Level 4 te bekom. (Maklik) Indien hulle 'n diploma of graad in verpleging, maatskaplike werk, berading of sielkunde het, maak dit die saak soveel makliker. Die poste kan of voltyds of deeltyds wees. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos by [email protected]

Ockert Schoeman Auckland

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 En ‘n algemene lesersbrief:

Die Redakteur

Ek lees Brokkies en geniet die reeks oor die SupeRugby nogal. So twee weke gelede het ek en my radiokollega Deon 'n storie "gebreek" op NetAfrikaans se insetsel, genaamd "Sport&Plesier". Daar het ons verduidelik na 'n fluisterwoord of twee uit die stoele in Suid Afrika (Nuweland !!!) dat SupeRugby so snars anders gaan lyk wanneer die die "nuwe" TV Regte geteken word ( 2016 seisoen). Lees gou:

Daar moet plek gemaak word vir beide Lions en Kings ! So wat nou ? Deel die reeks op in twee strome. SA het 6 spanne, nog 'n span of vier uit Argentinie, Afrika, ? Amerika en die oukies kan speel. NZ, Aus en so span of of twee uit Japan en Pasifiese Eilande en jy het nog 'n stroom. Die twee strome speel laat dit klap en die top twee soanne uit elke stroom speel in die semifinale en dan word 'n wenner bepaal in die finaal. The Australian het ook die storie vandeesweek opgetel en gerapporteer !

Baie interessant, net jammer ons gaan miskien nou net een SA span hier in NZ sien tydens die semis en finaal.

Pieter Labuschagne Wellington

Verlede week is berig oor 14 Augustus, wat as deel van die jaarlikse Afrikaansweek die dag is waarop mense aangemoedig word om ‘n Afrikaanse boek te koop. Na aanleiding van hierdie berig is die volgende briefie ontvang:

Hier is 'n maklike en goedkoop manier om 'n Afrikaanse boek vir jou iPad te koop. (Klik net op die skakel en sien waar hierdie boek gehuisves word): Die Drie Varkies – LAPA/Full Circle-animasiestorieboek deur Abrie Beyleveld.

Margriet Theron Rotorua

David K Jamieson skryf uit Skotland die volgende brief. Hy hoop om ‘n verlore familielid op te spoor. Kan jy dalk help?

I’m trying to trace a relative, my second cousin, who is living in New Zealand. She possibly reads your articles or maybe a friend of her does. I’m keen to find out details of her father and her family who lived in the Orange Free State. Her details are as follows:

Jacqueline Burger (I’m not aware if she is married) lives somewhere in NZ. Her father was known as Willie Burger (he may be named after his father Schalk Willem Benjamin Burger). Born between 1903 to 1915. Died during the 1980's. He worked in the Gold Mines in Allanridge, Virginia and Welko. His wife’s name is Anna who lives somewhere in the Transvaal - about 85 years old.

Kindly contact me, David K Jamieson, at [email protected] if you have any information; or pass on this information to Jacqueline and request her to contact me.

David K Jamieson Scotland

Het jy ‘n lekker storie of storie-idee?

Brokkies plaas graag artikels oor Suider-Afrikaanse immigrante se prestasies of belangstellings. Ons probeer ook stories van regoor Nieu-Seeland plaas, maar kan dit net doen as mense van hulle laat hoor. Almal word uitgenooi om jul vriende se prestasies, stokperdjies, seldsame beroepe en ander interessante nuus met ons te deel. Ons sal dan met daardie persone skakel en ‘n reëling vir ‘n onderhoud tref. Sulke verhale spoor ander aan – veral as hulle ‘n moedeloos voel oor dinge soos aanpassing en werksoek.

Skryf aan [email protected] en gebruik die opskrif (subject) ‘Storie-idee’ of ‘Storie vir plasing’. Skryf hom maar so goed jy dink; ons sal daarmee kan woeker.

Kommunikeer so met Brokkies Vir Advertensie-riglyne, stuur ‘n e-pos aan [email protected] Om ‘n e-pos aan ons te skryf: [email protected] Om op te hou om Brokkies te ontvang, stuur ‘n e-pos aan [email protected] met “Verwyder adres asseblief” in die onderwerpslyn. Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013

Aanspreeklikheid en Regte • Die redakteur van Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie. • Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

1. Sluit aan by hierdie unieke varswater-hengelklub (2/4) ‘n Groep Suid-Afrikaanse immigrante het onlangs die eerste Karp-hengelklub in Nieu-Seeland gestig. Daar bestaan heelwat ‘coarse fishing’-klubs, maar geen Karp-klub nie. Die klub hou maandeliks sosiale hengeldae in die Waikato-rivier en damme in the Auckland/Waikato-gebied. Hulle het ook hengelsessies van twee dae waar hulle lekker om ‘n kampvuur kuier. Belangstellendes kan met Marius Koekemoer in verbinding tree by selnommer 021 971 254 of e-pos [email protected] vir meer inligting.

2. ‘Kom ons stop die All Blacks se ‘golden run’ op Eden Park – 14 September!’ So nooi Marius Koekemoer Bokondersteuners uit na die Drienasies-toets tussen die Bokke en All Blacks op 14 September op Eden Park. Hy het die rugby-unie oorreed om vir die eerste keer ‘n blokbespreking van 500 sitplekke vir opponente beskikbaar te maak. Dis op die suidelike pawiljoen (South Stand Gold), ‘Level 6, sections 641-644’. Pryse is $130 vir volwassenes en $50 vir kinders 14 iaar en jonger. Daar is al sowat 100 kaartjies verkoop. Daar is ook mense wat vanuit Suid-Afrika en Australië vlieg om deel van hierdie groep uit te maak. Kaartjies kan slegs tot Vrydag 13 September gekoop word by Ticketmaster: www.ticketmaster.co.nz Wagwoord: ‘Bokke’. Meer inligting by Marius: [email protected] of selfoon: 021 971 254.

3. AUCKLAND: Danie Niehaus sing by ACK Auckland – lekker eetgoed en skilderyveiling Danie Niehaus besoek weer Nieu-Seeland, en dis ons voorreg om hom te ontvang. Hy is ‘n veelsydige Afrikaanse sanger, komponis en liriekskrywer. Vertel jou vriende en bring hulle saam. Moenie bekommerd wees oor kosmaak nie – kom eet sommer daar. Janél Collé het ook een van haar skilderye geskenk om opgeveil te word. Datum: Vrydagaand, 30 Augustus Tyd: 7:00 vir 7:30 nm Plek: Takapuna Grammar Skoolsaal, 210 Lake Road, Takapuna Toegang: Volwassenes: $30 / Kinders (14 jaar en jonger): $20 Daar sal verversings beskikbaar wees. Kaartjies: Harry Nortjé, by [email protected] of by Fred’s Fine Foods in Albany (52H Oteha Valley Road) en Howick (505 Pakuranga Road)

4. HAMILTON: Danie Niehaus sing by ACK Hamilton - ‘Barnyard-piekniek en boeremark Die Afrikaanse Christen Kerk (ACK) Waikato bied ‘n besonderse geleentheid aan: Die gewilde ‘barnyard-piekniek’ konsep, ‘n lekker boeremark met alles van handwerk, bazaarpoeding, hamburgers, pannekoek, fudge en baie meer, en ‘n kuier-konsert saam met die bekende sanger Danie Nieuhaus. Datum: Saterdag 31 Augustus 2013 Tyd: Die boeremark met handewerk- en kosstalletjies begin om 5nm Die Afrikaanse konsert met Danie Niehaus begin om 7nm Plek: Hamilton Methodist Centre, 62 London Street, Hamilton middestad Toegang: Volwassenes: $25 per person / Hoërskoolkinders & student: $15 / Ander: gratis Kaartjies: ACK Waikato Kerkkantoor: 07 855 3329, 021 23 55 292 of [email protected] en Stephanie Maritz – 07 854 3415 (na ure) of [email protected]

5. ATKV-kompetisie rondom Vrouemonument en ABO –Afrikaanse Kiwi’s word uitgenooi

Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is vanjaar 100 jaar oud. As deel van die eeufeesviering nooi die ATKV (Centuriontak) mense uit om deel te neem aan ‘n kompetisie deur liedjies, gedigte of stories te skryf oor enige aspek van die Anglo Boere-oorlog (ABO), die ABO-museum en/of die Nasionale Vrouemonument.

Stel vas of jou voorsate betrokke was by die oorlog, kyk na die feesprogram, lees meer oor die Vrouemonument en die ABO-museum deur die volgende webwerwe te besoek: www.vrouemonument.co.za en www.anglo-boer.co.za Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 20 September 2013. Die eindrondte van die kompetisie vind plaas op Saterdag 19 Oktober tydens die Vrouemonument- en ABO-museum se Feesvieringe in Bloemfontein.

Die kompetisie word aangebied en gekoördineer deur ATKV Centurion. Besoek www.tak.co.za vir meer besonderhede en ‘n inskryfvorm. Navrae kan gerig word aan Sakkie Kotze by [email protected]

6. Afrikaanse Scrabble-klub in Auckland gestig 'n Sosiale byeenkoms vir alle Scrabblers wat lief is om die bordspel te speel en Afrikaans lewendig te hou. Geen lidmaatskapsgeld betrokke nie. Elke Woensdagaand 7 nm Die adres wissel tussen 7B Tainui Street, Torbay en 12 Stredwick Drive, Torbay – op die North Shore van Auckland Skakel een van hierdie persone om uit te vind by watter adres ‘n byeenkoms in ‘n betrokke week sal wees: Petro Pienaar 021 0244 8830 of Verdette Bruwer 021 1933 777

7. KAPITI COAST: SA Dames koffie/ontbyt word gereël (6/7) Ons is besig om ‘n SA Dames koffie / ontbyt te reël in die Kapiti Coast. Datum Saterdag, 24 Augustus 2013 Tyd: 10 vm Plek: Lindale Café, SH1, Paraparaumu. RSVP: Lisa Howard teen 21 Augustus met hoeveelheid dames wat bywoon. E-pos: [email protected] . Tik in die onderwerpslyn: ‘SA Dames Koffie / ontbyt’

8. HAWKES BAY: Werksoek-ondersteuningsgroep op die been gebring My naam is Kosie Snyman. Ek woon in Napier en het 'n werksoek-ondersteuningsgroep daar begin. Ons is Suid- Afrikaners en mense van allerlei ander lande, en kom een keer per week bymekaar om mekaar te ondersteun met idees, CV-hersiening, onderhoudservaring, moontlike poste en kontakte te deel. Indien mense meer wil weet of die groep wil bywoon kan hulle my kontak by [email protected] of skakel by 027 935 6451.

9. TunaRadio saai wêreldwyd uit in Afrikaans – uit Wellington TunaRadio se leuse is "Vir Ons Mense, Met Ons Mense" en daarom kan ons lekker saamkuier met Pieter en sy span wat ons heeldag vermaak met Suid-Afrikaanse musiek en Afrikaanse geselsies oor alles en nog wat. Retha Kruger gesels in haar program Kos&Kerjater oor eet, drink en gesond leef, terwyl Pieter en Deon oor alles kuier, van Sport&Plesier en Taal&Kultuur tot Kort-Kort Stories en JeugJolle. Alana Bailey van AfriForum kuier ook saam met Pieter in ‘SA in 'n Minuut’ waar hulle hoogtepunte van die Suid-Afrikaanse week bespreek. Gaan kuier gerus by http://www.tunaradio.net en luister vanaf hulle Luisterblad. Volg TunaRadio op Twitter @tunaradio, skryf aan hulle by [email protected] of gesels met hulle op Skype by tunaradio.net.

10. Luister na Afrikaanse Radio-uitsendings in Auckland Die Protea-Uur word sedert Junie 2001 elke Sondag om 2.55 nm op 104.6 PlanetFM uitgesaai. Dit is 'n tweetalige tydskrifprogram en bestaan uit geselse, musiek, nuuswaardighede, ens. Die aanbieder is Jan Coetsee en hy verneem graag van gebeure en van ‘Oulanders’ wat as ateljeegas wil kom kuier en hul eie musiekkeuse uitsaai. Skryf aan Jan Coetsee by [email protected]

11. Afrikaanse Musiekprogram uit Australië oor Internet ‘n Afrikaanse musiekprogram word op Donderdagaande uit Bundaberg, Australië, deur Rochelle Nieuwenhuizen aangebied van 6 tot 8 nm Ausie- tyd - 2 ure na NS-tyd in die winter en 3 ure later in die somer. Skakel in by www.coralcoastradio.net.au. Stuur jou e-posadres aan Rochelle, dan laat sy jou weet wat gebeur in Afrikaans Sonder Grense. Haar e-posadres tuis is [email protected] en haar adres by die radiostasie terwyl sy uitsaai is [email protected]. Jy kan ook op Facebook by “Afrikaans Sonder Grense’ inteken.

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

1. Toyota Prado Landcruiser 2003 Silver te koop (1/2/15) In goeie toestand. Onlangse volledige AA verslag. $20 000 of naaste kontant aanbod. 238,000 km, 4 liter petrol, Outomaties, Trekstang. Sien detail op TradeMe item nommer 624711913. Die skakel is: http://www.trademe.co.nz/Browse/Listing.aspx?id=624711913 Te koop omdat die eienaar vir n lang tyd buite Nieu Seeland gaan wees. Kontak Andre 0226 141 160.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 2. Byna-immigrant steek solank werkvoelers uit – Kan jy help? (2/4) Ons emigreer einde Augustus na Nieu-Seeland. Ek sal natuurlik so gou as moonlik ‘n werk moet kry indien moontlik, en ek hoop iewers is daar ‘n Brokkies-leser wat my kan help. Ek soek werk in ‘n administratiewe hoedanigheid. Ek sal beskikbaar wees vanaf die week van 16 September. My naam is Madelyn Smuts. My e-posadres is [email protected]

3. Inligting vir voornemende Immigrante na NS (3/5/10)~P Besoek www.fritzswart.co.nz en kliek op die skakel “Tips on Moving to NZ” vir waardevolle inligting en advies oor verhuising na Nieu-Seeland. Vir verdere navrae gebruik die “enquiry”-skakel of stuur ‘n e-pos aan Fritz Swart by [email protected]

Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo... Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Eiendomme Motors Skoonheid & Gesondheid Akkommodasie Finansiële dienste Professionele dienste Versekering Ambagsmanne / Kontrakteurs Meubels Rekenaardienste SA-produkte

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. Plek in Vraghouer beskikbaar vanaf Suid-Afrika (1/5/10) P Daar is elke maand plek in ons vraghouer (‘container’) beskikbaar vanaf Jhb na Auckland vir mense wat ‘n paar meubelstukke of net ‘n paar kartonne wil oorbring. Skakel Jaco Bosman by 09 476 7056 of 021 187 3045 of e-pos: [email protected].

2. The Sewing Room (2/5/10)~4 Ek doen herstel- en verstelwerk en maak ook rokke vir spesiale geleenthede, strooimeisierokke, ens. Ek gee ook klas vir beginners op 'n individuele basis. As jy wil leer om self naaldwerk te doen, of net hulp nodig het met 'n projek, kontak my gerus by [email protected] of 021 0244 1516 - Auckland Suid.

3. Amrita (NZ) – Byeboere van Rotorua – Kiwivrugte Bestuiwing (5/5/10)~4 Ons is op soek na Kiwivrugte bestuiwingskontrake vir die einde van die jaar in die gebiede tussen Waihi en Te Kaha. Vir meer inligting kontak Jimmy: 021 949 210 of [email protected] . Daar sal voorkeur-tariewe vir oud Suid-Afrikaners wees, asook gratis heuning vir boordeienaars. Dink asseblief ook of jy iemand anders ken wat dalk mag belangstel.

4. Hell Bound-reeks jeugboeke met ‘n SA konneksie (5/5/10)~1 Beskikbaar in sagteband of e-boek formaat. Bestel joune vandag! Alwyn Pretorius is a year 8 student and SA immigrant finding his feet in a Brisbane school. He receives news that his father has been killed in SA. The family flies to SA for the funeral. Like many immigrants, he inhabits two worlds. Facebook keeps him in touch with his Ausie friends, while he faces situations that can never be posted on his wall. He meets a mysterious person and is propelled on a journey that takes him into the Kruger National Park. Read more: www.thehellboundseries.com

5. Sweet & Sour soek verkopers (3/5/10) • Is jy lus vir a nuwe, genotvolle manier om ‘n inkomste te verdien? • Hou jy van die buitelug en om met mense te werk? • Sal jy daarvan hou om ‘n smaaklike, gewilde, kleurvolle produk te verkoop? Begin dan jou eie klein besigheid met Sweet and Sour se gewilde lekkergoedproduk by vlooimarkte, feeste, landbouskoue, skoolkermisse. Sweet and Sour benodig verkopers op die Noordeiland. As jy belangstel, stuur ‘n e-pos (met jou telefoonnommers) aan Francis by [email protected] vir meer inligting.

(Blaai om asseblief.)

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Akkommodasie

Terug na besigheidstipes...

1. Spesiale aanbod: Bellrock Lodge – Russell, Bay of Islands (3/5/10)~4 Spesiale aanbod tot 30 November 2013: Bly vir 3 nagte; betaal vir 2 nagte. Besoek Bellrock Lodge in Russell vir ‘n onvergeetlike ondervinding met die beste uitsig in Russell. SKY, WiFi, lugreëling, aparte sitkamer vir gaste. Baie om te doen. Qualmark 5-ster gradering. Besoek ons webtuiste www.russellbnb.co.nz vir baie meer inligting, skakel Peter of Lorraine by 09 403 7422 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Geen advertensies hierdie week nie.

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

1. Huiskoop of verkoop? (4/5/10)~4 Huiskoop of verkoop op die North Shore? Ek verstaan Suid-Afrikaners se behoeftes baie goed en kan jou help met koop of verkoop. Skakel my, Ronelle Henning, op 021 138 4004 of epos [email protected] . Ek is ‘n gelisensieerde agent vir Barfoot & Thompson, Auckland se grootste agentskap.

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Dink nou mooi ... het jy rêrig ge-emigreer? (1/5/10)~4 -/ Die meeste expats dink hulle het ge-emigreer! Die feit dat jy in Nieu-Seeland woon en werk, beteken nie noodwendig dat jy formeel ge-emigreer het nie. Watter finansieële voordele bied emigrasie? Kliek hier vir die korrekte antwoord, skakel 09 925 0351 of e-pos [email protected] . Maak nie saak watter rugby trui jy deesdae dra nie, ons doen dit vir Suid- Afrikaners; “no bull”.

2. Glenfield Tax Accountants – Small business experts (1/5/10) P Glenfield Tax Accountants ~ Small Business Experts with a Different Approach. GST & Income Tax Returns for Companies, Sole Traders, Trusts, Partnerships & Rental Properties. We expand your awareness of how business WORKS ~ of how businesses GROW ~ and how to ENJOY your business. First Visit FREE! Contact Mariska Malan on 09 551-6976 or [email protected]; www.taxshop.co.nz

3. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? (2/5/10)~0 P Rand Reunite is ‘n plaaslike maatskappy wat SAners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om hulle te “reunite” met hul Rande! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse, soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgelde. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige van die SA-handelsbanke. Kontak Rudi direk: 09 972 0857 / 021 222 7897 / www.randreunite.com of besoek ons by 19 Como St, Takapuna, op Auckland se North Shore.

4. Hoe bring ek my SA Rand na Nieu-Seeland? (4/10/10) P Het jy iewers geld op belegging? Onseker oor hoe om dit oor te plaas? Mutual Financial Services in assosiasie met Rand ReUnite spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgelde. Ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Die SA Reserwebank staan dispensasie toe aan SA-residente en burgers om jaarlikse toelae te gebruik om rande oor te plaas. Registreer by http://www.randreunite.com/registration.php . Kontak Herman Roodt by 09 473 0880 (w), 021 736 030 of e-pos [email protected] of besoek www.mfs.net.nz

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 5. Huiskoop is jou grootste finansiële besluit! (9/10/10) P Benodig jy 'n huislening teen die beste rentekoers? Ons huisfinansieringspesialiste kan help met die volgende vrae: • Vir hoe groot lening kwalifiseer ek teen 'n mededingende rentekoers? • Kan ek my eiendom se waarde gebruik vir 'n deposito op 'n nuwe eiendom? (Groot belastingvoordeel) • Watter versekering het ek nodig? Vir gratis advies skakel Richard en sy span by 09 479 8449 / 0800 112 300 of e-pos [email protected] vir 'n afspraak... jou tyd... jou plek, of kom drink 'n cappuccino by ons kantoor te 753 Beach Rd, Browns Bay. *Nuusflits - 95% huislenings nou weer beskikbaar - Skakel Richard vir inligting!

Meubels

Terug na besigheidstipes...

Geen advertensies hierdie week nie.

Motors

Terug na besigheidstipes...

1. Glenfield Autocentre – Your ONE stop Automotive Service Centre! (1/5/10) P Economy or Full Automotive Service Options on ALL MAKES of Vehicles. I also specialize in BMW. Auto, Transmission Flushing, WOF Repairs, Auto Electrical Repairs & Wiring, Installations of Radios & Reverse Camera Systems, Brake & Suspension Specialists. Committed to the Best Prices and Quality Service. Contact Johan on 09 444-68-76, or visit www.glenfieldautocentre.co.nz

2. Motorherstelwerk-bestemming op die Shore (2/5/10) P Pit Stop Browns Bay is in Suid-Afrikaanse besit. Uitlaatstelsels, remme, suspensiewerk, skokbrekers, dienste, “cambelts”; koppellaars; “CV joints” en WOF-herstelwerk. Vir ‘n professionele, hartlike, waarde-vir-geld dienservaring sonder gelyke, in beide Afrikaans of Engels, kontak Duncan by 479 5311 / 479 5314 òf loer in te Beach Road 749, Browns Bay

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Baker Law – Prokureurs North Shore en Howick (3/5/10) P Ons is die grootste Afrikaanse prokureursfirma in die land en help graag met ‘n wye verskeidenheid van sake. Ons het spesialiste in eiendommme, trusts en testamente, litigasie, besigheidsreg en arbeidsreg. Ons kantore is in Beach Rd, Mairangi Bay (ingang uit Hastings Rd, langs United Video), en in Uxbridge Rd, Howick (langs Ray White).Skakel ons by 09 476 8000 of e-pos na [email protected]

2. Regsadvies – Downie Stewart Lawyers (19/25/10) Op soek na ‘n prokureur wat jou verstaan? Eerste telefoon-konsultasie gratis vir Brokkieslesers. Kontak Pieter Brits by 021 990 711 of [email protected] of besoek ons webblad www.downiestewart.co.nz vir meer inligting.

3. Dental Practice on the North Shore (4/5/10) P Sunset Dental Care, Unit 18 North Shore Medical Centre c/o Sunset & East Coast Rd. Dr Jonathan Franks BDS (Rand), ex-South African run & owned. New patients welcome. Special: Free examination for new patients Call 478 2112 or [email protected]

4. Silver Fern Immigration Services (4/5/10) P Licensed Adviser Erica Nothnagel (no 200900330) and Arno Nothnagel (no 201001724) We offer professional immigration advice in English and Afrikaans on:  Skilled Migrant Category  Work visas  Study in NZ  Business/Entrepreneur category

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013  Parent sponsorship  Grandparent visas We are committed to your success. We offer interest free payment options. For a free assessment please visit www.silverfernimmigration.co.nz or email [email protected] or call us on 09 2777 848.

5. North Shore Immigration (Established 1993) (4/5/10) P We have 3 licensed advisers and 5 support staff operating on the North Shore in Albany, Auckland. Professional immigration advice in English, Russian, Chinese, Romanian & Spanish. We specialise in long term business visas but can assist in:  Skilled Migrant Category  Business/Entrepreneur Category  Work Visas  Study in New Zealand  Renewal of passports Free advice and free assessments. Contact Simona [email protected] or Peter [email protected] or call 415 33 92 for appointment. Visit www.nsis.co.nz or www.sagoingtonz.co.nz for lots of info regarding Immigration to NZ

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

1. PC Fixit Rekenaardienste (4/5/10) ~0 P Ons bou rekenaars volgens u vereistes, installeer netwerke, doen opgraderings en herstelwerk by u huis of kantoor regoor Auckland. Skakel Juanita of Philip Coetzee by 09 271 2441 of 0800PCFixit. e-pos: [email protected]

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. KAPITI COAST – ‘House of Hair Salon’ bied professionele, bekostigbare diens (1/5/15) Moeg gesoek vir ‘n Suid-Afrikaanse haarkapster wat jou behoeftes verstaan? Ek is op die hoogte van alle nuwe haarstyle, kleure en haarprodukte. Ek is gekwalifiseer en geniet die persoonlike interaksie met my kliënte. Skakel my, Mariaan van Niekerk, vir meer inligting of ‘n afspraak: Tel. 04-904 0878 / sel. 021-059 8078 / e-pos [email protected] Ek is ook die senior konsultant vir Annique rooibos skoonheidsprodukte in die Kapiti Coast-gebied.

2. NASIONAAL - Annique Rooibos Gesondheid- en Velsorg (13/19/10) Vel- en lyfsorg produkte wat in Suid-Afrika vervaardig is. Dit bevat inheemse plantserums en kruie-aftreksel. Dit bevat ook ‘n hoë vlak van die ‘wonderkrui’ Rooibos. Rooibos is bekend vir sy anti-allergiese, anti-veroudering en anti- oksidantiese eienskappe. Dit bevat nie skadelike bestanddele nie, is bedoel vir die meeste velsoorte, en is nie op diere getoets nie. Om ‘n konsultant naby jou te vind, kontak Tracey Crosby by 09 945 0556, of by [email protected] – of besoek www.anniqueonline.co.nz of www.facebook.com/AnniqueNZ

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Nuut in Nieu-Seeland? (2/25/10) Kontak FINCARE. Ons bied lewens-, mediese en korttermynversekering, asook hulp met huisverband aansoeke. Gratis hulp met met die afkoop van uittree-annuïteite en raad oor wat om te doen met jou SA polisse vir ons kliënte. Skakel 09 963 6291 of 021 472 444 of e-pos [email protected]. Ons webblad is www.fincare.co.nz. en kyk gerus na ons facebook – Fincare.

(Blaai om asseblief.)

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 2. Uitree-annuïteite in SA mag nou voorwaardelik afgekoop word (4/5/10) Indien u oor Permanente Verblyfreg of Nieu-Seelandse burgerskap beskik, mag u moontlik u uitree-annuïteite in SA afkoop, selfs al is u jonger as 55 jaar. Vir verdere inligting, stuur asseblief ‘n e-pos aan Fritz Swart ([email protected])

3. Fritz Swart vir al jou versekeringsbehoeftes en meer (4/5/10) P Fritz Swart het meer as 25 jaar ervaring in die versekeringswese. Nuwe NZ lewens-, mediese, kar- en huisversekering teen lae premies. Advies en inligting oor jou SA-polisse. Ook huisverbande en gratis NZ testamente vir kliënte. Skakel 09 473 5210 of 021 183 8936 alle ure. E-pos: [email protected] en webblad

4. Hoeveel lewensdekking het ek regtig nodig? (3/10/10) Doen self die berekening en bepaal hoeveel lewensdekking jy nodig het. Kliek asseblief op die volgende skakel daarvoor: http://www.mfs.net.nz/lifecalc.htm. Ons kan jou ook hiermee help indien jy onseker is. PROBEER ONS! Skakel Herman Roodt van Mutual Financial Services Ltd by 09 473 0880 (w), 021 736 030 (s) of e-pos

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. Suid Afrikaanse Winkels in Rosedale Road en Stanmore Bay (1/10/10)-P Die SA-winkels in Rosedale Rd en Stanmore Bay hou baie SA produkte aan soos biltong, boerewors, koeksisters, melktert en kruideniersware. ‘South African Kiwi’-gholfhemde nou beskikbaar. Groot verskeidenheid SA-CD’s, SA-wyne, SA-biere en ander drank! Besoek ons by 6c Rosedale Rd (net af van East Coast Rd) - tel 09 478 8016, of by 2B Arklow Lane, Stanmore Bay (draai regs op die bult na PlaceMakers op pad na die Pacific Plaza) tel 09 428 0850.

2. Fred’s Fine Foods – Landswyd bekend vir puik produkte! (4/5/10)~2 P Ons maak smullekker biltong, droëwors, boerewors, russians, viennas, melktert, beskuit en koeksisters en het ‘n groot verskeidenheid SA produkte. Kontak vir Aletta, Alida of Danie! Ons lewer produkte landwyd. Besoek ons te Unit H, 52 Oteha Valley Rd, Albany op die North Shore of skakel 09 475 5403. Nou ook by die Highlands Park winkelsentrum, 505 Pakuranga Rd waar Izak en Martie alles verkoop wat ons in Albany aanhou. Saterdae het hulle ook ‘n boereworsrol-stalletjie. Hul tel is: 537 1643. Besoek www.fredsfinefoods.co.nz.

3. ‘The Original SA Shop’ in Browns Bay het van alles en nogwat (5/5/10) P Kom besoek ons by The Original SA Shop 12 - 18 Inverness Road, Browns Bay - Op die hoek van Glen Road en Inverness Road. Ons hou ‘n groot voorraad Suid-Afrikaanse produkte aan soos Biltong, Boerewors en Melktert, Koeksisters en Fudge asook ‘n groot verskeidenheid kruideniersware, lekkers en chips. Probeer ons tuisgebak: Koeksisters ($7.90), Melktert ($11.50), Peppermint Crisp-tert ($16.90) Kontak ons by: Tel: 09 476 3414 / Web: www.thesashop.co.nz / E-pos: [email protected]

4. Jou eenstop-braaiwinkel in NZ (8/10/10) Moeg vir gasbraai? Probeer ons kwaliteit vlekvrye-staal braaiprodukte! Ons brikette brand langer en warmer - slegs $8.80 per 4kg sak. Ingeboude of oop-vuur braaiers, braaiers met deksels ‘smokers’, roosters vir Webers en vele meer. Alles van vlekvrye staal; handgemaak. Standaard reeks, of volgens jou planne en grootte. Winkel en werkswinkel in Auckland, Browns Bay. Aflewering landwyd. Kontak Francois: 021-068 3293 of besoek http://www.bbqdirect.co.nz/ of epos [email protected]

5. SA Shop Howick – sedert 2001 (3/5/10)~1 Callie en Kim le Roux bedank ons kliënte vir hul ondersteuning en verwelkom ons nuwe kliënte. Ons bied die gewone SA produkte, asook vars boerewors, hamburger-patties, chilli-bites, biltongblare en tuisgemaakte terte en beskuit - ook smullekker gemarineerde Spur-tipe ribbetjies! Ons het ook SA-wyn, bier en hardehout. Ons lewer landwyd af. Kom kuier by Wellington Street 170, Howick of tel 533 7085. Cross & Blackwell Original Mayo nou in!

6. Safari Biltong het nuwe winkel bygekry! Skakel net 0800 BILTONG (8/10/10) P Skakel 0800 BILTONG vir Nieu-Seeland se gunsteling biltong. Safari biltong is ook aanlyn beskikbaar. Ons versend daagliks en bied gratis aflewering vir bestellings van 1kg of meer (opsies op ons webwerf: http://www.safaribiltong.co.nz/). Baie billike pryse – sien webwerf vir “specials”. Bestel by [email protected] of 0800 BILTONG. Ons het ‘n winkel bygekry, by 45 New North Rd, Auckland City. Ons het ook nog ons kiosk by 83 Apollo Drive, Albany.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Werksgeleenthede

Terug na bo...

1. Betroubare versorgers word gesoek oral oor land 'n Maatskappy wat by geestesgesondheid (mental health) betrokke is en meer spesefiek residensiële dienste, benodig die dienste van betroubare versorgers, of soos Kiwi’s dit noem, ‘care givers’. Die amptelike naam vir hierdie poste is ‘residential support workers’. Hulle het takke in Whangerei, Auckland Noord, Wes en Suid, Rotorua, Tauranga en Hawkes Bay. Aansoekers moet bereid wees om 'n Mental Health Certificate Level 4 te bekom. Indien jy 'n diploma of graad in verpleging, maatskaplike werk, berading of sielkunde het, maak dit die saak soveel makliker. Die poste kan of voltyds of deeltyds wees (casual). Gesels met Ockert Schoeman by [email protected]

Afrikaanse kerkdienste

Terug na bo...

Geestelike Pitkos Terug na bo...

Ervaar God

Henry T. Blackaby sê in sy boek: Experiencing God: “You can’t stay where you are and go with God. If you want to be a disciple of Jesus, you have no choice. You will have to make major adjustments in your life to follow God!”

In die Bybel is daar baie voorbeelde van hoe God mense geroep het vir ‘n groot taak… maar in meeste van hierdie mense se lewens het dit groot veranderinge te weeg gebring. Dink maar net aan Abram, Moses, Dawid, Amos, Jona, en die dissipels – om net ‘n paar te noem. Hulle kon nie bly waar hulle was, bedoelende; besig bly met die werk wat hulle gedoen het toe die roeping gekom het, of op dieselfde plek bly en tergelyketyd doen waarvoor God hulle geroep het nie. Abram moes sy vaderland verlaat; Moses moes ophou skaapwagter speel; so ook Dawid en Amos. Jona word uit sy “beskermde sone” geroep en van die dissipels moes ophou visserman wees. Baie mense ervaar in hulle lewe ook so ‘n roeping en weet eenvoudig: Hierdie roeping vra vir groot verstellings in my lewe. In sulke tye moet ons gehoorsaam wees.

Maar – en dis nou hier waar my eie gedagtes begin - nie almal word so geroep nie. Josef, byvoorbeeld, beland op ‘n plek, Egipte, waarheen hy nie ‘n roeping ervaar het nie. Maar wie van ons sal twyfel daaraan dat dit juis deur God se toedoen was dat hy daar in Egipte beland. Josef erken dit self. Hoor wat sê hy vir sy broers: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red” (Gen 45:5) Daar vind groot veranderings in sy lewe plaas, maar dit volg nie op ‘n roeping wat hy ontvang het nie, hy kom eers baie jare later agter dat God ook in beheer van hierdie “groot veranderings” in sy lewe was en ‘n spesifieke doel daarmee gehad het. Hierdie skuif na Egipte was nie sy keuse nie, maar God gebruik dit.

En so gebeur dit ook soms met ons. Jy sit dalk ook op ‘n plek, in ‘n werk, ja selfs in ‘n kerk waar jy nie eintlik gekies het om te wees nie. En jy is ongelukkig daaroor. Jy het jou klaar voorgeneem jy gaan nooit gelukkig hier wees nie! Jy haat

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 elke oomblik! MAAR… het jy al vir God gevra waarom jy daar is? Het jy al by Hom gehoor of Hy nie dalk ‘n doel daarmee het nie? Dit is mos moontlik dat Hy jou daar kon geplaas het – met ‘n doel!

Kom ons gaan vra die Here wat sy doel is met hierdie “ding” wat ek so sleg beleef!

“You can’t stay where you are and go with God”

Ds. Gawie Cloete Bunbury, Wes-Australië

Afrikaanse kerkdienste

1. Erediens te ASHBURTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Elke derde Sondag van die maand om 3:00 nm in die Evangelical Presbyterian Church, 63 Princess Street, Ashburton. Die Leraar is ds Andre Strauss van . Elke ander Sondag sal daar 'n diens wees wat gelei word deur Willem Ferreira. Na die diens word saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. Skakel ds Andre Strauss by 021 134 4383 of [email protected] of Willem Ferreira by 027 766 3890, 03 327 3326 of [email protected] vir meer inligting.

2. Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (AUCKLAND-gemeente) Om 10:00 vm in die Rothesay Bay Ratepayers Association se saal op die hoek van Beulah Avenue en Rothesay Bay Road. (1 Beaulah Avenue). Besoek ons vir 'n gewyde Afrikaanse erediens en kuier na die diens lekker saam. Kategese vind na die erediens plaas vir alle ouderdomme. Die Leraar is Ds Tinus Riekert. Sy e-posadres is [email protected] en sy telefoonnommer is 09 476 9965. Besoek gerus die gemeente se webblad www.ackauckland.co.nz vir meer inligting

3 Erediens te CHRISTCHURCH: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:30 vm. Al die eredienste word tydelik in die kerkgebou van die Sewendedag Adventiste wat op die hoek van Breens Road en Bonita Place geleë is, gehou. Die prediker is ds Andre Strauss. Na die diens kuier ons saam om 'n koppie koffie/tee. Skakel ds Strauss by 021 134 4384 of e-pos na [email protected] vir meer besonderhede.

4. Feesdienste van Doxa Deo Auckland Ons Feesdienste op die North Shore word elke Sondag om 09:00 vm by AUT se A A-gebou te 90 Akoranga Drive, Northcote, gehou. Tydens die oggenddiens word die kinders ook bedien op hulle vlak. Jongmense en tieners kom Woensdae om 7:00 nm byeen by die Presbiteriaanse kerk te 539 Albany Highway, North Shore. Besoek gerus ons webblad www.doxadeo.co.nz vir meer besonderhede oor wat die gemeente bied. Rig navrae aan Marinda by [email protected] of skakel Karel Botha by 022 601 3397 of 09 414 1181 (Kerkkantoor). Almal is baie welkom!

5. Erediens te Greymouth: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Elke laaste Sondag van die maand om 5:00 nm in die Baptiste Kerk, 76 High Street Greymouth. Bybelstudies vind weekliks plaas op Woensdae om 7:00 nm. Almal is hartlik welkom. Vir inligting oor gemeentelike aktiwiteite skakel gerus ds Andrè Strauss by of 021 134 4383 of stuur ’n e-pos aan [email protected]

6. Erediens te HAMILTON: Afrikaanse Christen Kerk van NS Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:00 vm in die Auditorium van die St Paul's Methodist Church 62 London Steet, Hamilton (agter die kerkgebou; parkering en ingang vanaf Harwood Street). ‘n Volledige geloofsonderrig-program word aangebied vir kinders, voorskools tot belydenisklas. Tee/koffie word na die tyd bedien. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of [email protected]. Almal is baie welkom.

7. Erediens in TE AWAMUTU - ‘n Bediening van die ACK, Hamilton Elke Sondag van die maand om 6:00 nm vind daar ‘n erediens plaas in die Presbiteriaanse Kerk, Mutustraat, -Te Awamutu. Die dienste word gelei deur Sharlene Nel en Ds Johan Hendricks. Skakel Sharlene Nel by 07 870 4909 of [email protected] vir meer inligting.

8. Wyksdiens in WAIKATO DISTRIK: Afrikaanse Christen Kerk van NS, Hamilton Die erediens vir Hamilton se landelike gebied vind elke Sondag van die maand om 11:30 vm in die kerkie op die hoek van State Highway 27 en Diagonal Street plaas en word gelei deur Ds Johan Hendricks. Dit is ongeveer halfpad tussen Morrinsville (Tutuanui) en Matamata op State Highway 27. Geloofsonderrig word aangebied. Skakel ds Johan Hendricks by 07 855 3329 of 021 233 1785 of [email protected] vir meer inligting

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 9. Hervormde Kerk in HAWKES BAY – gewyde eredienste - CLIVE Afrikaanse eredienste om 6nm in die St Francis Parish, Ferry Road, Clive. Besoek ons vir 'n gewyde Afrikaanse erediens en kuier na die diens lekker saam. Kategese/Sondagskool na afloop van die erediens. DVD-dienste uit die Hervormde Kerk, Warmbad gelei deur Ds C Liebenberg word gespeel. Skakel Hennie Strijdom by 027 510 7550 of e-pos na [email protected] vir meer inligting. Dr Stan Theron en Ds Sonnedecker is ons besoekende predikers en datum van preke sal vooraf verskaf word.

10. Erediens te HOWICK-gemeente in AUCKLAND: Afrikaanse Christen Kerk van N S Erediens elke Sondag om 9:30 vm in die skoolsaal van Lady Star of the Sea Skool, 19 Stellamaris Way, North Park, Howick. Die jeug word ook tydens die erediens in die oggende bedien. Daar is ook ‘n Engelse diens om 7:00 nm by dieselfde lokaal wat deur Annericke Leonard / Ruan Swart gelei word. Ons missie: Ons is ‘n gemeente wat leef as liefdevolle ligdraers vir ons stad en sy mense. Ons wil hê dat mense ons moet ervaar as biddende dissipels wat onsself gee as lewende offers, onvoorwaardelik liefdevol is, feesvierend uit God se genade leef, absoluut vertrou op die Here en sterk en vasberade in Christus leef. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by [email protected]

11. Eredienste te NAPIER: Hawkes Bay-gemeente van die ACK van NS Afrikaanse eredienste elke Sondag om 10:00 vm gedurende die winter en 8:50 vm gedurende die somer. Die verandering is gekoppel aan dagligbesparing. Elke Sondag voor die erediens is daar gebedsbediening om 8:30 vm gedurende die somer. Ons kinderbediening (5-12 jaar) vind gedurende die erediens plaas. Ons het ook 'n jeugbediening vir hoërskooljeug (13-17 jaar) wat Sondagoggende direk na die erediens om 10:00 vm plaasvind. Die adres waar ons eredienste hou is EIT (Eastern Institute of Technology) Campus, Lecture Theater 1, Gloucester Sreet, Taradale, Napier. Meer inligting, insluitende 'n roetekaart, kan verkry word op ons webblad www.ackhawkesbay.co.nz of deur Ds Derik Kotze te skakel by 06 929 0154 / 021 242 2025 of [email protected]. Na die afloop van die erediens kuier ons almal lekker saam met ‘n koppie koffie/tee

12. Erediens op North Shore: Afrikaanse Christen Kerk van NS (NORTH SHORE-gemeente) Erediens elke Sondag om 09:30 vm in die gebou van die Seventh-Day Adventist Church te 40 Bronzewing Terrace, Unsworth Heights. Ons Visie–Slagspreuk “Ons geloofsfamilie is jubelende draers van Jesus se liefde en lig”. Ons wil ‘n warm tuiste met liefde en aanvaarding bied en erkenning gee aan verskillende generasies en elkeen se unieke styl van aanbidding en belewing van God. Besoek www.acknorthshore.co.nz vir meer inligting of e-pos na [email protected] Die Leraar is Ds Danie Marais, 14 Fitzwilliam Drive, Torbay, North shore, Auckland, 09 473 5320 en 021 556 853 of e-pos [email protected]

13. Afrikaanse Kerkdienste in PAKURANGA - Auckland Afrikaans Community Church Elke Sondag in Studio 4 om 10:00 vm. TE TUHI CENTRE for the ARTS, 13 Reeves Rd, Pakuranga. Dienste word gelei deur Louis Fourie. Almal baie welkom.Vir verdere inligting skakel:Louis Fourie 021 0272 6270 of e-pos na [email protected]

14. Erediens te PUKEKOHE: Afrikaanse Christenkerk van Nieu Seeland Erediens elke Sondagaand om 6nm in die winter (tans die begintyd) en 7 nm in die somer, in die Wesley Methodist Church, h/v Queen & Wesley Street, Pukekohe. Besoek gerus die webblad www.ackhowick.co.nz vir meer inligting. Die leraar is ds Freek Terblanché en kan geskakel word by 09 550 6450 en 021 756 077 of per e-pos by [email protected]

15. Eredienste te ROTORUA: Afrikaanse Christen Kerk van NS (ROTORUA-gemeente) Eredienste vind elke Sondag om 6:00 nm (Somertyd) en 5:00 nm (Wintertyd) plaas in die kerkgebou van die Seventh-Day Adventist Church, 311 Fenton straat, Rotorua. Die eredienste word deur Ds. Riaan Rossouw gelei. Die gemeente bied ‘n volledige geloofsonderig-program vir die kinders aan (voorskools tot belydenisklas), daar is omgeegroepe, gemeentebybelstudie en ‘n gebedsgroep en ‘n saamkuier geleentheid na afloop van die diens. Skakel die kerkkantoor by 07 348 4875 (h) of 022 345 4775 (s) (Irma van Niekerk) of Ds. Riaan Rossouw by 07 345 7958 (h) of 027 566 5458 (s) of e-pos na [email protected] vir nadere besonderhede. Gaan kyk gerus na ons webwerf www.ackrotorua.co.nz. Let wel: die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”.

16 Afrikaanse kerkdienste in TARANAKI Elke Sondag om 10vm. Dienste vind plaas elke 1ste, 3de en 5de Sondag van die maand in New Plymouth in die Citizen's Advice Bureau saal langs die YMCA, verste punt van parkeerarea oorkant die District Council gebou in Leach Street. Ook elke 2de & 4de Sondag in die kerkie op die terrein van die Taranaki Pioneer Village, net suid van Stratford op SH3. Navrae kan gerig word aan Francois Bredenkamp by 06 759 6951 (h) of 021 147 3674. Vir die jongste inligting besoek www.taranakichristen.blogspot.com

(Blaai om asseblief) Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 17. Afrikaanse kerkdiens in TAUPO Kerkdienste is om 7:00 nm in die St Paul's Union kerk, h/v Rifle Range en Tamamutu Street, elke 2de maand, elke 4de Donderdag van die maand. Die volgende dienste is 22 Augustus (Nagmaal) en 24 Oktober en Kersdiens en ete 5 Desember 2013. Die prediker is Dr Jaco Reyneke. Na die diens word daar lekker gekuier met ‘n koppie koffie of tee en lekker eetgoed. Alle belangstellendes is welkom. Vir meer besonderhede, of om die datum en tyd van die diens te bevestig, skryf aan Retha Janse Van Rensburg – [email protected]

18. Afrikaanse Eredienste te TAURANGA Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Tauranga-gemeente het elke Sondag ‘n erediens in die St Enoch's Presbiteriaanse Kerk te 134 Sixteenth Avenue. Dr. Jaco Reyneke lei die eredienste. Wintertyd 5:00 nm en Somertyd 6:00 nm. Let wel: Die winter- en somertye word bepaal deur “Daylight Saving”. Skakel asb vir Jaco by 07 574 3371 / 027 325 9003 vir meer inligting

19. Eredienste in WELLINGTON: Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland Die ACK Wellington is ‘n geloofsfamilie wat weekliks ontmoet rondom die Woord. Ons nooi u almal vriendelik uit na ons eredienste • elke Sondagoggend om 10:00 vm in die Plunketgebou, 19 Rotoiti Road, Johnsonville • elke 3e Sondag van die maand om 6:00 nm by Waikanae Uniting Parish, Ngapaki Street, Waikanae Meer inligting kan verkry word van • Ds Mariaan Schutte by 021 0818 2629 of 04 461 6344 of per e-pos by [email protected] of • Dries Gerryts by 021 879 423 of 04 477 4451 of per e-pos by [email protected]

20. Eredienste te Churton Park, WELLINGTON ‘His Family'-kerk hou elke Sondag om 10 vm tweetalige gesinsbyeenkomste by die Amesbury skoolsaal, 48 Amesbury Drive, Churton Park, Wellington. 'n Gesins-bidgeleentheid begin reeds om 09.30 vm in dieselfde gebou. Besoek gerus ons webwerf www.HisFamilynz.org of ons Facebook-blad by HisFamily NZ vir meer inligting. Enige navrae kan aan Jaco Rheeder gerig word by [email protected] of by 04 23 23 624 / 027 236 5569. ALMAL IS BAIE WELKOM!

21. Afrikaanse kerkdienste te WHANGAREI Erediens elke Sondagoggend om 9:30 vm in die Kamo War Memorial Hall, h/v Grant en Boswell Street, Kamo. Dr Gert Volschenk lei die dienste en navrae kan gerig word aan Gert Volschenk by 09 438 4455 of 022 652 2044 (na-ure) en e-pos [email protected]. Na afloop van die diens word daar lekker saamgekuier oor ‘n koppie tee/koffie

22. Afrikaanse preke op INTERNET 1. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Hamilton-gemeente, by www.ackhamilton.co.nz en luister na Afrikaanse preke deur Ds Johan Hendricks en ander predikers. Die preke kan ook afgelaai word. Kies uit ’n verskeidenheid preke wat gereeld opdateer word. Luister gerus en stuur die webadres na ander Afrikaanse Christene in Nieu-Seeland wat nie naby 'n Afrikaanse bediening is nie 2. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Christchurch-gemeente, by www.ackchristchurch.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Tienie Bekker van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Christchurch-gemeente. Luister gerus en stuur die webadres na ander Afrikaanse Christene in Nieu-Seeland wat nie naby 'n Afrikaanse bediening is nie 3. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Howick-gemeente, by www.ackhowick.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Freek Terblanche van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Howick-gemeente. Luister gerus en stuur die webadres na ander Afrikaanse Christene in Nieu-Seeland wat nie naby 'n Afrikaanse bediening is nie 4. Besoek die webblad van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland, Wellington-gemeente, by http://www.ackwellington.co.nz en luister.na Afrikaanse preke deur Ds Mariaan Scutte van die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Wellington-gemeente. Luister gerus en stuur die webadres na ander Afrikaanse Christene in Nieu-Seeland wat nie naby 'n Afrikaanse bediening is nie

Landswye dagboek

Terug na bo...

Dagboek: AUCKLAND SUPER CITY Besoek: http://www.guidetoauckland.co.nz/?gclid=CIrMp5jX4qUCFQIBbAodgyVYFg vir aktiwiteite

Dagboek: WELLINGTON Besoek: http://www.feelinggreat.co.nz/ vir aktiwiteite

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Dagboek: HAMILTON Besoek: http://www.hamiltonevents.co.nz/vir aktiwiteite

Dagboek: CHRISTCHURCH Besoek: http://www.bethere.org.nz/ vir aktiwiteite

Dagboek: HAWKES BAY Besoek: http://www.hawkesbaynz.com vir aktiwiteite in Hawkes Bay

Dagboek: ROTORUA Besoek: http://www.rotoruanz.com/events/ vir aktiwiteite in Rotorua

Dagboek: TAURANGA Besoek http://events.tauranga.gBuskingovt.nz/ vir aktiwiteite.

Dagboek: WHAKATANE Besoek: http://www.whakatane.com/eventslist.html vir aktiwiteite

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo... Versoek asseblief ons advertensieriglyne by [email protected] ; ons sal dit aan jou e-pos.

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo... Indien jy jou Brokkies nie meer wil ontvang nie, stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected] met vermelding van jou e-posadres, asook die versoek ‘Verwyder asb. my adres’ in die onderwerpslyn. If you would like to unsubscribe, please send an email to [email protected], with the following request in the subject line: ‘Please unsubscribe me’. Remember to mention your email address in the body of the email.

Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013