Kortpad na advertensies 15 Augustus 2013 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) (3/5) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe (2/5) Redakteursbrief Daar gebeur dit toe weer! ‘n Aardbewing hier onder my Wellington-geplante voete. Op die vyfde vloer van die gebou waar ek werk. Laas keer was oop ‘n Sondagmiddag en ons was tuis. Ek moet sê dit voel aardig om in ‘n hoê gebou te wees wanneer dit gebeur. Nou weet ek hoe lyk ons kafeteria se tafels aan die onderkant… Hierdie is ‘n stampvol uitgawe. Brokkies se geselsrubriekskrywer Bittergal is weer terug en hy spoel sy mond uit in “Klip- innie-bos”. Ons is breëbors oor Kiwi Valerie Adams se ongelooflike prestasie van die afgelope week. Thys Oosthuizen kyk ‘n bietjie na die komende Kampioenskaps-rugbyreeks en hy gee ‘n oorsig oor die oorlede Drienasiesreeks. Daar’s ‘n artikel oor Laurika Rauch wat binnekort in Auckland sing, en ‘n verdere kykie na die invloed van die Maleise taal op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur. ‘n Toyota is te koop, ‘n SA winkel bied smullekker goete, daar’s goeie versekeringsadvies en raad oor hoe om geld oor te bring, en dis net om ‘n paar te noem. Daar is ook baie ander leeswerk en nuus. Groetnis, en sterkte met die aardbewings. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by
[email protected]) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Ultra rustige slakkepos in aksie... Ene Soekie Kruger vertel in Radiosondergrense (RSG) se nuusbrief: “Ek het op 19 Des 1998 ‘n Kerskaartjie met ‘n tjek van R100 by die Sedgefieldse poskantoor per prioriteitspos Steytlerville toe gepos.