Brokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik)

Brokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik)

Kortpad na advertensies 15 Augustus 2013 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) (3/5) Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe (2/5) Redakteursbrief Daar gebeur dit toe weer! ‘n Aardbewing hier onder my Wellington-geplante voete. Op die vyfde vloer van die gebou waar ek werk. Laas keer was oop ‘n Sondagmiddag en ons was tuis. Ek moet sê dit voel aardig om in ‘n hoê gebou te wees wanneer dit gebeur. Nou weet ek hoe lyk ons kafeteria se tafels aan die onderkant… Hierdie is ‘n stampvol uitgawe. Brokkies se geselsrubriekskrywer Bittergal is weer terug en hy spoel sy mond uit in “Klip- innie-bos”. Ons is breëbors oor Kiwi Valerie Adams se ongelooflike prestasie van die afgelope week. Thys Oosthuizen kyk ‘n bietjie na die komende Kampioenskaps-rugbyreeks en hy gee ‘n oorsig oor die oorlede Drienasiesreeks. Daar’s ‘n artikel oor Laurika Rauch wat binnekort in Auckland sing, en ‘n verdere kykie na die invloed van die Maleise taal op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur. ‘n Toyota is te koop, ‘n SA winkel bied smullekker goete, daar’s goeie versekeringsadvies en raad oor hoe om geld oor te bring, en dis net om ‘n paar te noem. Daar is ook baie ander leeswerk en nuus. Groetnis, en sterkte met die aardbewings. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by [email protected]) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Ultra rustige slakkepos in aksie... Ene Soekie Kruger vertel in Radiosondergrense (RSG) se nuusbrief: “Ek het op 19 Des 1998 ‘n Kerskaartjie met ‘n tjek van R100 by die Sedgefieldse poskantoor per prioriteitspos Steytlerville toe gepos. “Die kinders het dit pas op Steytlerville gekry! Die datum van Steytlerville se poskantoor is Aug 2013! Dit het die kaartjie 16 jaar geneem om daar uit te kom!“ Vergelyk dit nou met Nieu-Seeland se posaflewerings wat binne een of twee dae na enige plek in die land geskied! (Brokkie ingestuur deur Pieter Burger) Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Geselsrubriek: Klip-innie-bos – Deur Bittergal ‘Bible in Schools’ al wéér onder skoot Ek is op die oorlogspad. Daar’s twee goed wat my de josie in het. Een is die swak joernalistiek wat ons toenemend sien, en die ander is die aanvalle wat jaarliks teen een van die oudste instellings in Nieu-Seeland geloods word. Ek lees dikwels hoe hedendaagse joernalistiek, onder die druk van die snel-groeiende sosiale media, algemene vervlakking ervaar. Koerante en radio ding mee teen die blitsige reaksies op Facebook en Twitter. Iets het skaars gebeur dan twiet iemand al daaroor en so begin ‘n onkeerbare kettingreaksie van reaksies en teenreaksies. Dikwels is sosiale media ook die teelaarde van gerugte, foute en onnutsige jokstories. Dit dwing wel ‘n vorm van eerlikheid af omdat mense mekaar gou reghelp, maar wie’s nou eintlik reg? Wie het die kloutjie by die oor en wie het die kat aan die stert beet? Niemand weet nie, want sosiale media het nie ‘n hekwagter soos ‘n hoofredakteur wat ‘n professionele standaard stel en vereis dat feite gekontroleer en bevestig word voordat dit geplaas word nie. Om ‘by te hou’ bring die formele media se beriggewing dikwels ‘n vervlakking mee in die gehalte en diepte van hul joernalistiek. Daar’s eenvoudig nie genoeg tyd om iemand vir dae lank op ‘n storie te sit sodat dit in diepte ondersoek en ten beste geskryf kan word nie. Teen daardie tyd het die sosiale media die onderwerp al holrug gery, met al sy foute en opsetlike misleidings inkluis. Kyk maar hoe begin sommige aanlynkoerante hulself al meer na video’s wend, eerder as na geskrewe, in-diepte berigte oor sake. Ek is nie teen video’s of sosiale media gekant nie; net teen die verlies van goeie joernalistiek. Maar hoe sluit dit aan by my ander treurmare? Die hoofberig op die voorblad van ‘n groot Nieu-Seelandse koerant se opskrif het onlangs gelui: “Revealed: Hand of God in schools”. Né! Groot onthulling! Vir die gewone leser dra daardie opskrif net een ding oor: Daar was ‘n groot geheim wat oopgevlek is. Daar is iets ‘skokkends’ by skole aan die gang wat nou ontdek en openbaar gemaak word. Siestog…hoe pateties. Die sogenaamde ‘ontdekking’ is dat daar in skole ‘n stelsel van ‘religious instruction’ bestaan. Die feit dat hierdie stelsel, ook bekend as Bible in Schools, al vir meer as ‘n honderd jaar openlik in Nieu-Seeland bestaan, het die joernalis of nie bygeval nie of hulle het dit nooit uitgevind nie deur hul oppervlakkige joernalistiek. In baie kerke is daar mense wat al vir jare lank elke week as vrywilliger by ‘n skool opdaag om hul halfuur lange Bybelklas aan te bied. Ek het dit ook ‘n klompie jare lank gedoen. Ek het gesien watter positiewe uitwerking dit op jong kinders het. Vele ‘probleemkinders’ is so positief geraak dat hul ouers en die onderwyser soms nie anders kon nie as om te erken dat hierdie klasse ‘n goeie invloed op hulle gehad het. In baie gevalle laat ouers wat ateïsties is hul kinders toe om die ‘Bible classes’ by te woon omdat hulle aanvoel dat hul telge ten minste goeie goed leer. Ek meen te sê, wie kan nou stry teen lesse dat ons mekaar moet respekteer, help, troos of ondersteun? Wie kan nou stry teen ‘n boodskap van ware liefde: dat God elkeen van ons liefhet en verlang dat ons mekaar ook moet liefhê? Jaar na jaar kom Bible in Schools onder druk van opponente wat sal dood voor hulle aanvaar dat daar groot getalle mense is vir wie hierdie keuse belangrik is; om nie te praat nie van die weerstand om te erken dat God bestaan, Hom te aanbid en volgens Sy wil te lewe. Tel geloofsverdraagsaamheid slegs na een kant toe? As mense se reg op ongeloof beteken dat niemand om hulle ‘n geloof sigbaar mag uitleef nie, wat beteken dit dan vir die gelowige se reg om sy geloof uit te leef? Ek kan my geloof slegs in privaatheid uitleef, maar jy kan jou ongeloof in die publiek uitleef? Klink nie vir my regverdig nie! Klink vir my of daar in hierdie tydsgewrig ‘n paar skeppies meer verdraagsaamheid na gelowiges aangegee moet word. Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Hierdie ou praktyk wat in sekere laerskole en intermediêre skole bestaan, word deur beriggewing soos vroeër genoem telkens onder die vergrootglas geplaas. Dit lyk al of uitesproke opponente van Bible in Schools daarop uit is om steun te werf vir verdere sekularisering en groeiende ongeloof. Elke nou en dan word druk op die regering geplaas om Bible in Schools of te kniehalter, of te staak. Christene wat as ‘Bybel-onderwysers’ werk, sal kan getuig dat hierdie soort druk geleidelik in felheid toeneem. Jaar na jaar maak hulle dit ‘n gebedsaak teen wat ervaar word as ‘n brullende dier wat rondloop en kyk wie hy kan verorber. Ter wille van lesers wil ek net verduidelik dat Bible in Schools in 1877 tot stand gekom het toe ‘n unieke reëling tussen die regering en die kerke van daardie tyd uitgewerk is. Omdat Nieu-Seeland se regering nog altyd sekulêr was, is skoolonderrig deur staatskole ook sekulêr. Die kerke het dus toentertyd met die regering ooreengekom dat 30 minute Bybelonderrig per week (tot ‘n maksimum van 20 ure per jaar) in skole aangebied mag word. Die wet is geskryf om deelnemende skole toe te laat om vir ‘n halfuur per week die skool tegnies te “sluit”, sodat die Bybelonderwysers kan inbeweeg en hul ding doen. Vrywilligers word opgelei en geakkrediteer om ‘n “Bybel”-kurrikulum aan te bied wat deur die nasionale onderwysowerhede goedgekeur is. Dit is fyn uitgewerk om die algemene kurrikulum aan te vul in terme van breë konsepte soos kommunikasie, spanwerk (omgee/naasteliefde), geskiedenis (Bybelgeskiedenis), ens. Daar mag bv. nie ge-evangeliseer word nie, hoewel die geskiedenis en boodskap van Jesus duidelik oorgedra mag word. ‘n Skool mag dit net toelaat indien dit deur ‘n spesifieke skoolgemeenskap goedgekeur word. Daar is heelwat skole wat verkies om dit nie aan te bied nie en wisselende getalle kinders woon dit by in skole wat dit wel aanbied. Sommige skole het tot 95% deelname. Ek het al gehoor van Suid-Afrikaanse immigrante wat hul keuse van skole hierop grond en eers vasstel of die betrokke skool Bible in Schools aanbied voordat hulle hul kinders inskryf. Daar is talle Suid-Afrikaners wat landwyd in hierdie bediening werk is en hulle getuig van ongelooflik baie seën. Elke week word aansienlik meer as 100,000 kinders landwyd so aangeraak. Die doel is om aan hulle geloof, hoop en waardes te gee wat hulle ‘n leeftyd lank kan baat. Hierdie stelsel is waarskynlik die enigste amptelike, grootskaalse en professionele kanaal wat nog bestaan om in ‘n sekulêre land hierdie soort positiewe invloed op jong kinders te hê – en dikwels op kinders wat andersins dalk nooit weer van God’s Woord sal hoor nie. Dis tog tragies dat so baie mense uit die oog verloor dat hulle ‘n relatief veilige en geordende bestaan voer in ‘n land wat sy algemene stelsel van ordelikheid en vreedsame naasbestaan gegrond het op ‘n erkentlikheid van en onderhorigheid aan God se Woord en wette. Soveel van vandag se wette bestaan omdat dit gegrond is op God se oorspronklike wette. As ons eerlik is met onsself; gaan dit met die mens en die gemeenskap beter of slegter waar God al meer uit die prentjie gehaal word? Watter soort vrugte verbou ons? Watter soort vrugte gaan ons pluk? Dit is uitendelik ‘n saak vir gebed en vir elkeen se gewete om ‘n roete te oorweeg… • Lees gerus meer oor die Churches Education Commission (CEC) se werk by http://www.cec.org.nz/ (Indien jy ‘n opinie oor Bittergal se sienswyse het, stuur dit asseblief aan [email protected] Brokkies Afrikaanse e-nuusbrief van Kiwiland 15 Augustus 2013 Algemene nuusbrokkies Terug na bo..

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    21 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us