LETTER Nuusbrief van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe Volume/Jaargang 8 # 3 Newsletter of the Faculty of Arts and Social Sciences December 2012 Stuur asseblief enige nuuswaardige Lettere en Sosiale Wetenskappe-nuusbrokkies of -artikels (met of sonder foto’s) aan Lynne Rippenaar-Moses (
[email protected]). Ons poog om die nuusbrief aan die einde van elke kwartaal uit te bring. Julle is ook welkom om die nuusbrief aan belangstellendes te stuur. Please send any newsworthy Arts and Social Sciences news snippets or articles (with or without photos) to Lynne Rippenaar-Moses (
[email protected]). We aim to send out a newsletter at the end of every term. You are welcome to distribute the newsletter to any interested parties. In this issue GENERAL 2 AFRICAN LANGUAGES 14 AFRIKAANS AND DUTCH 17 ANCIENT STUDIES 20 DRAMA 22 ENGLISH 24 GENERAL LINGUISTICS 26 GEOGRAPHY AND ENVIRONMENTAL STUDIES 27 JOURNALISM 29 MODERN FOREIGN LANGUAGES 30 POLITICAL SCIENCE 31 PSYCHOLOGY 33 SOCIOLOGY AND SOCIAL ANTHROPOLOGY 38 VISUAL ARTS 42 1 GENERAL Prof Hennie Kotzé groet Fakulteit na 10 jaar as Dekaan “Jou leierskap as Dekaan, in die manier waarop jy deurgaans met departemente gekommunikeer het oor hoe hulle verder kon uitbrei en hul strategiese akademiese posisionering kon verhoog – ‘n besondere uitdagende onderneming gegewe die diversiteit van dissiplines wat hierdie Fakulteit behels – kan gekaraktiseer word deur ‘n aantal treffende eienskappe, wat ook getuig van die professionele en menslike kwaliteite wat jy behels en waarvoor ons ons eindelose dank en waardering wil uitspreek. Ons weet ons gaan die vrugte van jou leierskap nog baie lank in die jare vorentoe pluk.” Dit is hoe prof Hennie Kotzé, die huidige Dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, wat aan die einde van 2012 aftree na 10 jaar aan die stuur, se bestuurstyl deur die voormalige Visedekaan: Tale, prof Marianna Visser, beskryf is.