CHECKLIST / KONTROLELYS

Please make sure the following is included in your completed application form. Maak asseblief seker die volgende is ingesluit in jou voltooide aansoekvorm.

1. Copy of pupil’s latest school report Afskrif van leerling se jongste rapport

2. Copy of ID document/unabridge birth certificate Afskrif van leerling se identiteitsdokument/volledige geboortesertifikaat

3. Copy of both parent’s ID document Afskrif van beide ouers se identiteitsdokumente.

4. 2 passport photographs 2 paspoortfoto's

5. Completed Substance Abuse form Voltooide Ontoelaatbare Middele vorm

6. Proof of residential address (only a municipal account/lease agreement). Bewys van woonadres (slegs ‘n munisipale rekening/huurooreenkoms)

7. Application signed by both parents and learner. Aansoek deur beide ouers en leerder geteken.

8. Subject choice form for grade 10 – 12 applications Vakkeuse vorm vir graad 10 – 12 aansoeke

 Download and print application forms.  Laai aansoekvorms af en druk.

 Application forms must be handed in at HIGH SCHOOL reception. Please note that only one person at a time will be allowed at reception. All Covid-19 regulations must be adhered to.  Aansoekvorms moet by HOËRSKOOL PAREL VALLEI se ontvangs ingehandig word. Wees asseblief bewus daarvan dat slegs een persoon op ‘n slag in die gebou toegelaat sal word. Alle Covid-19 regulasies sal in plek wees.

 Please make sure that ALL the above documentation is included in the application before handing it in.  Maak asseblief seker dat AL die bogenoemde dokumente ingesluit is in die aansoek voordat dit ingehandig word.

 Please note that an incomplete application will not be considered. Let wel dat ‘n onvolledige aansoekvorm nie oorweeg sal word nie.

OFFICE USE ONLY AANSOEK OM TOELATING TOT / APPLICATION FOR ADMISSION TO Family code

Publieke skool soos omskryf Public school as defined by in die Onderwyswet van 1996 the Education Act of 1996 ……………………………………………..

Admin. nr Parel Valleiweg 95 95 Parel Vallei Road SOMERSET-WES …………………………………………….. Tel: 021 852 1228 Tel: 021 852 1228 Faks: 021 852 5005 Fax: 021 852 5005 Date of admission

[email protected] [email protected] _____ / _____ / 20 ___ www.pvallei.co.za www.pvallei.co.za

Office use only / Slegs vir kantoorgebruik

Applicant: Surname First name Aansoeker: Van ______Eerste naam ______

Grade at admission: Section: Principal: Graad by toelating: ______Seksie: ______Hoof: ______

This form must be completed in full. Copies of the following documents must accompany this Birth certificate application: 1) unabridged birth certificate of learner and I.D. document of both parents, 2) two passport photographs, Passport photos 3) latest report, 4) signed Substance Abuse form and 5) proof of residential address (only a municipal account or lease agreement) Report Hierdie vorm moet volledig ingevul word. Kopieë van die volgende dokumente moet hierdie aansoek vergesel: 1) volledige geboortesertifikaat van leerder en ID-dokument van beide ouers, 2) twee paspoortfoto’s, Substance Abuse 3) jongste rapport, 4) getekende ooreenkoms oor Ontoelaatbare Middels en 5) bewys van woonadres (slegs ‘n munisipale rekening of huurooreekoms) Residence

IN OUT Any information provided in this application which is found to be false or incorrect, will lead to the rescinding of the admission of this applicant. Sou enige inligting, soos deur die aansoeker verskaf, vals of foutief wees, sal toelating tot die skool onmiddellik teruggetrek word.

A LEARNER’S PARTICULARS / LEERDER SE BESONDERHEDE

Surname: Grade for admittance: Van: ______Graad vir toelating: ______

Full names: Voorname: ______

Name known by: Date of birth: D / D / M / M / YY / JJ Noemnaam: ______Geboortedatum: ______/ ______/ ______

Sex: ID no: / ID nr: Geslag: ______

Cell no: / Sel nr:

Learner’s physical address / Leerder se fisiese adres Learner’s e-mail address / Leerder se e-posadres

Present school: Huidige skool: ______

Previous school attended in : Year: Vorige skool in Wes-Kaap bygewoon: ______Jaar: ______

Geloof / Religion: ______Huistaal / Home language: ______

Number of children in family: Is learner the 1st, 2nd, 3rd, etc. child in the family?: Getal kinders in gesin: ______Is leerder die 1ste, 2de, 3de, ens. kind in die gesin?: ______

Brother(s) / sister(s) / Name / Naam Surname / Van Grade Year past pupils at Parel Vallei: Broer(s) / suster(s) / oud-leerders in Parel Vallei:

B PARTICULARS OF PARENTS / BESONDERHEDE VAN OUERS

Father or Guardian Mother or Guardian Vader of Voog Moeder of Voog

Title, name and surname Titel, naam en van

ID number ID-nommer

Postal address Posadres

Home address

(if different from postal address) Woonadres

(indien verskillend van posadres)

E-mail address (work) E-pos-adres (werk)

Official communication email address Primêre e-pos adres vir kommunikasie Occupation Beroep

Employer Werkgewer

Telephone numbers Home Home Telefoonnommers Tuis (______) ______Tuis (______) ______

Work Work Werk (______) ______Werk (______) ______

Cell Cell Sel (______) ______Sel (______) ______

Marital status Married Divorced Separated Single Huwelikstatus Getroud Geskei Woon apart Enkel

Combined annual income Less than 000 p. a. R300 000—R450 000 p.a. / p.j. Minder as R300 000 p.j. Gesamentlike jaarlikse inkomste R450 000 - R600 000 p.a. / p.j. R600 000 +

Learner and Parent to sign / Leerder en Ouer moet teken:

I acknowledge receipt of the school’s code of conduct, substance abuse agreement and cellphone policy, understand the contents and agree to abide by them. Ek erken ontvangs van die skool se gedragskode, ooreenkoms by misbruik van ontoelaatbare middele en die selfoonbeleid, verstaan die inhoud daarvan en onderneem om daarby te hou.

Signed: Geteken: ……………..…..…..…… ………………..…..…………….. …………...…..…….……… Learner / Leerder Father/Guardian / Vader/Voog Mother/Guardian / Moeder/Voog

………………………………….. Date / Datum C SUBJECT CHOICE / VAKKEUSE

GRADE(S) 8 & 9

The following learning areas are compulsory Die volgende leerareas is verpligtend: ENGLISH Home Lang First Add

 Languages / Tale

(Please mark the appropriate blocks) Huistaal Eerste Add (Merk die toepaslike blokke, asb.)

 Mathematics / Wiskunde

 Life Orientation / Lewensoriëntering

 Human and Social Sciences / Mens– en Sosiale Wetenskappe

 Natural Sciences / Natuurwetenskappe

 Economic and Management Science / Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

 Technology / Tegnologie

 Creative Arts / Kreatiewe Kunste ALL LEARNERS WILL TAKE DRAMA and will then select ONE of the options below ALLE LEERDERS SAL DRAMA NEEM en dan EEN van die volgende kies.

Learners will be streamed according to their skill level. Leerders sal volgens hulle vaardigheid gegroepeer word. To be able to take Piano, at least Gr 2 in an external Design/Ontwerp Music/Musiek examination is required. All other instruments may be started without any experience. Gr. 2 in ’n eksterne eksamen is die minimum toelatingsvereiste vir klavier. Alle ander + Drama + Drama instrumente mag sonder enige ervaring geneem word.

 Sport and Cultural activities / Sport- en kultuuraktiwiteite

SUMMER / SOMER WINTER CULTURE / KULTUUR

GRADE(S) 10, 11 & 12

Please complete annexure A [Subject Choice Form]. / Voltooi asb. aanhangsel A [Vakkeusevorm]. NB Please ensure that your name is filled in on this form and that it is signed by the learner and parent. Maak seker dat u naam op die vorm ingevul is, en dat dit deur beide die ouer en die leerder onderteken is.

D MEDICAL INFORMATION / MEDIESE GEGEWENS

Name of medical aid society: Name of member: Naam van mediese hulpfonds: ______Naam van lid: ______

Number: Any allergies: Nommer: ______Enige allergieë: ______

MEDICAL & PERSONAL HISTORY/ MEDIESE & PERSOONLIKE GESKIEDENIS

Please attach any relevant documentation regarding any ailment, disease or disability which the school should know about. / Heg asseblief hierby aan enige dokumentasie oor siekte of gestremdheid waarvan die skool moet weet.

E IMMIGRANT / REFUGEE / VLUGTELING

Date of immigration: ______Country of origin: ______Date of refugee status:

Departmental exemption number: ______

Attach certified proof of immigrant, refugee status and study permit.

F CONSENT, INDEMNITY AND ACKNOWLEDGEMENT OF DEBT WITH RESPECT TO SCHOOL FEES TOESTEMMING, VRYWARING EN ERKENNING VAN SKULD TEN OPSIGTE VAN SKOOLGELD

Consent and indemnity I hereby give my consent for my child to take part in extramural activities for the school, including educational excursions / tours, cultural and sports activities while attending this school. I fully understand and accept that my child’s participation in all tours, excursions and sports activities shall be undertaken at indemnity, hold harmless and absolve the Governing Body, Principal and Staff against any or all claims whatsoever that may arise in connection with my aforesaid child in the course of any such tour / excursion or cultural or sports activity.

Toestemming en vrywaring Ek gee hiermee toestemming dat my kind, solank hy/sy aan hierdie skool verbonde is, mag deelneem aan die skool se buitemuurse aktiwiteite, insluitende opvoedkundige uitstappies / toere, sport– en kulturele aktiwiteite. Ek begryp ten volle en aanvaar dat my kind op eie risiko deelneem aan alle toere, uitstappies en sportaktiwiteite en ek onderneem om die Beheerliggaam, die Hoof en Personeel namens my, my eksekuteure en trustees, my eggenoot / eggenote en my kind te vrywaar van enige eise wat mag ontstaan as gevolg van die verlies of beskadiging van enige eiendom van bogenoemde kind. Bogenoemdes word ook gevrywaar van eise weens beserings van die genoemde kind tydens so ‘n toer / uitstappie, sport– of kulturele aktiwiteit.

Contract between Governing Body and the Parents / Guardians I hereby give my consent that my child’s name and/or photo and/or image may be used by the School on a website, on the TV at the LA Office of the school, school brochures and/or social media.

Kontrak tussen Beheerliggaam en Ouers / Voogde Hiermee gee ek/ons toestemming dat my kind se naam en/of foto en/of beeld getoon mag word deur die Skool op ‘n webtuiste, die TV-skerm by die LA-kantoor van die skool, in die skool se brosjure en/of sosiale media mag verskyn.

Acknowledgement of debt We agree that both parents, father and mother, and/or guardian, are jointly and severally liable for the school fees as determined by statutory regulation annually, and that fees will be paid in accordance with the requirements set out from time to time by the school for the duration of our/my child’s school career at Parel Vallei High School.

Erkenning van skuld Ons stem saam dat beide ouers, pa en ma, en/of voog, gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik is vir skoolgeld soos jaarliks bepaal deur statutêre regulasie en dat skoolgeld betaal sal word soos van tyd tot tyd uiteengesit word deur die skool, vir die duur van ons/my kind se skoolloopbaan te Hoërskool Parel Vallei.

Consent to gather personal information We understand and consent to the school’s right to gather and process confidential information regarding our child, in as far as the effective operation of the school is concerned, and regarding our personal finances and income, when financial relief is applied for.

Volmag tot die invordering van persoonlike inligting Ons verstaan en stem toe dat die skool die reg het om vertroulike inligting te bekom en te prosesseer insake ons kind, vir soverre dit betrekking het op die effektiewe bestuur van die skool, en insake ons persoonlike finansies en onkoste, wanneer daar om finansiële verligting aansoek gedoen word.

Signatures / Handtekeninge:

…………………………………………………………… ……………………………………………………………..

Father/Guardian (Delete whichever is not applicable) Mother/Guardian (Delete whichever is not applicable) Vader/Voog (Skrap wat nie van toepassing is nie) Moeder/Voog (Skrap wat nie van toepassing is nie)

…………………………………………………………………………. ……………………………………………..………………………………

PV School representative / PV Skoolverteenwoordiger Date / Datum

Hoërskool Parel Vallei High School CONFIDENTIAL / KONFIDENSIEEL [email protected]

G INFORMATION OF PRESENT SCHOOL / INLIGTING VAN HUIDIGE SKOOL OFFICE USE KANTOOR- To be completed by applicant’s current school. / Moet deur die aansoeker se huidige skool voltooi word. GEBRUIK

Learner’s name and surname CEMIS NUMBER Leerder se naam en van ………………………………………………………… EMISNOMMER: …………………………………………………...

ACADEMIC HISTORY / AKADEMIESE GESKIEDENIS KEY / SLEUTEL 1 Extremely weak / Uiters swak 10 Excellent / Uitstekend

General academic ability Algemene akademiese prestasie 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Work ethic and behaviour

Werketiek en gedrag 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

GENERAL BEHAVIOUR / ALGEMENE GEDRAG

Peer interaction

Ouderdomsgroep-interaksie 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Extra-mural activities Ekstra kurrikulêre aktiwiteite 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

KEY / SLEUTEL SPORTING HISTORY / SPORTGESKIEDENIS 1 Irregular participation / Ongereelde deelname 7 School’s A team / Skool se A-span 8 Provincial B team / Provinsiale B-span Previous 12 months / Afgelope 12 maande 9 Provincial A team / Provinsiale A-span Summer sport / Somersport 10 National team / Nasionale span

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 ______

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Winter sport / Wintersport

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

KEY / SLEUTEL 1 Irregular participation / Ongereelde deelname 5 Regular attendance / Gereëlde bywoning CULTURAL ACTIVITIES 6 Plays senior role / Speel leidende rol KULTURELE AKTIWITEITE 7 Received school award / Skooltoekenning ontvang 8 Highest Eisteddfod / Hoogste Eisteddfod prestasie 10 Regional representation / Streeksverteenwoordiging

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

CONFIDENTIAL / KONFIDENSIEEL Hoërskool Parel Vallei High School

GENERAL INFORMATION / ALGEMENE INLIGTING

Leadership position(s) at school / Leierskapsposisie(s) in die skool

KEY / SLEUTEL 10 Headboy/girl / Hoofseun/-meisie 7 Sport, Culture and other / Sport, Kultuur en ander 9 Dep Headboy/girl / Onderhoofseun/-meisie 6 Monitor, Class captain / Monitor, Klaskaptein 8 Prefect / Prefek 1-5 Own discretion / Eie diskresie

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

______1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Name of school Naam van skool ……………………………………………………………………………………………… Tel ………..…………………...…

Address Adres ………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

School’s e-mail address Skool se e-pos adres: ……………………………………………………………………………………Fax…..………………………….

I declare the information disclosed above to be correct and fair. Ek verklaar dat bogenoemde inligting juis en regverdig is. School stamp / Skoolstempel

……………………………………..…..… ……………………………….. Signature of principal Date / Datum Handtekening van skoolhoof

ANY OTHER INFORMATION THAT COULD BENEFIT THE CANDIDATE: ENIGE ANDER INLIGTING WAT IN DIE KANDIDAAT SE GUNS KAN TEL:

…………………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………………………………………………………………………

…………………………………………………………......

......

......

......

......

......

......

......

......

Toelatingsbeleid

Aanvaar deur die Beheerliggaam ingevolge Artikel 5(5) van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996

1. Interpretasie

Tensy die konteks anders aandui, beteken, in hierdie beleidsdokument:-

1.1. die Wet die Suid-Afrikaanse Skolewet no 84 van 1996 (soos gewysig);

1.2. Opvoeder enige persoon, uitsluitend ‘n persoon wat aangestel is om uitsluitlik buite- kurrikulêre pligte uit te voer, wat leerders by die Skool leer, onderrig of afrig en wat deur die Beheerliggaam van die Skool of die WKOD aangestel is;

1.3. Voederarea Slegs leerders wat binne die gebied wat deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement beskryf word as “Metropool-Oos” sal oorweeg word. Voorkeur sal gegee word aan leerders wat binne die volgende gebied woon: vanaf Kirkiastraat in die noorde, langs ‘n oostelike roete wat die Somerset- Wes hoofweg volg, tot by die “Old Bridge”. Van daar, in ‘n noord-oostelike rigting wat die Lourensrivier volg, tot by die Vergelegenhek. Vanaf daardie punt, al langs die munisipale grenslyn wat die voorheuwels van die volg tot en insluitend Bel’aire. (Voorkeur sal gebaseer wees op die toelatingsinligting wat ons van die leerder se huidige skool ontvang.)

1.4 Finansiële verligting Finansiële verligting soos in paragraaf 6 uiteengesit.

1.5. Leerder enige persoon wat onderrig ontvang of verplig is om onderrig te ontvang ooreenkomstig die Wet;

1.6. Ouer:

1.6.1. die biologiese of aangenome ouer(s) van ‘n leerder;

1.6.2. die persoon wat wettiglik geregtig is op die voogdyskap oor ‘n leerder;

1.6.3. die wettige voog(de) van ‘n leerder;

1.6.4. ‘n persoon wat onderneem om die verpligtinge te vervul van ‘n persoon waarna verwys word in paragrawe 1.6.1, 1.6.2 en 1.6.3 teenoor die Leerder se opvoeding by die skool;

1.7. die Skool die Hoërskool Parel Vallei.

2. Dokumentasie wat benodig word vir die toelating van ‘n leerder

2.1. Beide ouers moet die aansoekvorm volledig invul en beide biologiese ouers moet die aansoekvorm om toelating van ‘n leerder teken op die vorm wat van tyd tot tyd deur die Skool voorgeskryf word. Die aansoekvorm, tesame met die bykomende dokumente, soos beskryf in subparagraaf 2.2 hieronder, moet by die skool afgelewer word teen die datum wat deur die Skool geadverteer sal word. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wie se aansoeke volledig voltooi is en betyds ingelewer is.

2.2. Wanneer ‘n ouer aansoek doen om toelating van ‘n leerder, moet die ouer die volgende toon:

2.2.1 ‘n gesertifiseerde afskrif van die amptelike volledige geboortesertifikaat of ‘n gesertifiseerde afskrif van die leerder se identiteitsdokument;

2.2.2 ‘n gesertifiseerde afskrif van beide ouers se identiteitsdokumente;

2.2.3 bewys dat die leerder teen die volgende aansteeklike siektes ingeënt is, naamlik polio, masels, tuberkulose, difterie, tetanus en Hepatitis B;

2.2.4 ‘n afskrif van die jongste rapport uitgereik deur die vorige skool of ander soortgelyke dokumentasie van die vorige skool;

2.2.5 volmag, wat na behore deur die ouer uitgevoer is, waarby die vorige skool/skole magtiging verleen word om inligting oor die Leerder te verskaf;

2.2.6 die skool se volledig ingevulde en ondertekende aansoekvorm – onderteken deur beide ouers, of in die geval van ‘n enkelouer, sodanige ouer, en die leerder;

2.2.7 bewese dokumentasie bevattende die fisiese residensiële adres (slegs munisipale of elektrisiteitsrekening) en;

2.2.8 sodanige addisionele dokumentasie soos wat van tyd tot tyd voorgeskryf word deur die skool.

2.3. ‘n Ouer sal die reg hê om tesame met die aansoek, sodanige addisionele dokumentasie in te dien wat sal aantoon dat instemming met die toelatingskriteria hieronder beskryf, getoon word.

3. Getal Leerders

3.1 ‘n Leerder-onderwyser-verhouding van 33:1 (Grade 8 en 9) en 30:1 (Grade 10 – 12) sal gehandhaaf word.

3.2. Die skool sal ‘n maksimum van 260 leerders per graad toelaat.

4. Toelatingskriteria

4.1. Voorkeur sal aan Leerders gegee word wat:

4.1.1. die grootste deelname in die akademie en sport- of kultuuraktiwiteite aangebied het in die skool wat vantevore deur hulle bygewoon is;

4.1.2. gebaseer op hul vorige deelname en prestasie in akademie en sport- of kultuuraktiwiteite, aantoon dat hulle die meeste bevoordeel sal word deur die vakke, aktiwiteite en fasiliteite wat by Parel Vallei aangebied word;

4.1.3. die hoogste akademiese potensiaal toon;

4.1.4. ‘n goeie dissiplinêre rekord het;

4.1.5. in die voedersone woon;

4.1.6. broers/susters in die skool het in die jaar van toelating.

4.2. In die geval dat, na die toepassing van die kriteria waarna in subparagraaf 4.1 verwys word, kandidate gelyk is, sal voorkeur verleen word aan leerders wat voorheen benadeel is as gevolg van onregverdige diskriminasie in die verlede.

5. Appèl

Die leerder of die ouer van ‘n leerder mag appèlleer teen die besluit om toelating te weier by ‘n lid van die Uitvoerende Raad ingevolge Seksie 5(9) van die Wet.

6. Finansiële verligting

6.1 Ouers sal aan die nodige kriteria moet voldoen vir die toestaan van finansiële verligting.

6.2 Indien die skool sekere voorwaardes instel vir die toestaan van finansiële verligting, sal die ouer en leerder(s) betrokke deur sodanige voorwaardes gebind wees.

6.3 Finansiële verligting sal onmiddellik opgeskort word indien een of meer van die volgende voorkom:

6.3.1 Die ouers voldoen nie meer aan die vereistes vir die toestaan van finansiële verligting nie;

6.3.2 Die ouers en leerders betrokke, weier om enige van die voorwaardes deur die skool beveel/voorgeskryf na te kom.

Ooreenkoms by misbruik van ontoelaatbare middele

WAARVOLGENS

A. Die Hoërskool Parel Vallei (word vervolgens na verwys as die “skool”) het ‘n beleid aanvaar in terme van die gebruik en besit van verskeie middele.

B. Die partye betrokke het albei ingestem om die reëls van die skool en die gehalte van gedrag te eerbiedig, toe te pas en uit te bou.

DIE PARTYE STEM SAAM SOOS VOLG:

1. DIE GEBRUIK EN BESIT VAN VERSKEIE MIDDELE

Die skool laat leerders nie toe om dwelms te gebruik, onder die invloed te wees of in besit te wees van middele by die skool of enige skoolverwante aktiwiteite, of terwyl hulle ná of ván die skool af gaan terwyl hulle skooldrag dra nie:

1.1 Alkohol 1.2 Tabak 1.3 Onwettige dwelms 1.4 Dwelmverwante objekte of “parafinalia” 1.5 Pynstillers of medisyne wat pynstillers insluit en/of medisyne wat tans met die kennis en toestemming van die ouer of voog van die leerder gebruik word vir die behandeling van ‘n bestaande toestand en in die geval van voorgeskrewe medisyne, na die voorskryf daarvan.

2. ALKOHOL

2.1 Die skool ondersteun ‘n verantwoordelike benadering wat alkoholgebruik betref. 2.2 Alkohol mag slegs by skoolfunksies bedien word met die vooraf toestemming van die hoof. Waar alkohol bedien word, moet nié-alkoholiese drankies ook geredelik beskikbaar wees. 2.3 Personeel en toesighoudende volwassenes word nie toegelaat om gedurende skoolure of tydens skooluitstappies en –kampe alkohol te gebruik nie.

(b.o. no: 3) (Voltooi asseblief die afskeurstrokie en handig in saam met aansoekvorm.) ______PAREL VALLEI HIGH SCHOOL OOREENKOMS BY MISBRUIK VAN ONTOELAATBARE MIDDELE

ONDERTEKEN DEUR:

Student (Drukskrif) ______(Handtekening) ______Ouers/Voog (Drukskrif) ______(Handtekening) ______(Drukskrif) ______(Handtekening) ______Skool (Drukskrif) MNR DM SCHENCK, SKOOLHOOF______

(Handtekening) ______2

3. TABAK

Met inagneming van die gesondheidsrisikos verbonde aan rook, is die Hoërskool Parel Vallei ‘n rookvrye gebied, met dien verstande dat volwassenes toegelaat sal word om te rook in skoolareas wat spesifiek vir dié doel uitgewys is.

4. ANDER MIDDELE

Die skool verbied 4.1 die gebruik, besit of verkoop van onwettige verdowingsmiddels; 4.2 die onwettige gebruik van verbode dwelmmiddels; 4.3 die ongeoorloofde gebruik van dwelmmiddels by sport; 4.4 die ongeoorloofde gebruik van medisyne op voorskrif / nie op voorskrif nie; 4.5 die verkoop, voorsiening of uitdeel van bogenoemde middels; 4.6 die ongeoorloofde gebruik van oplosmiddels, snuifmiddels of enige ander skadelike chemiese stowwe.

5. UITVOERING

5.1 Die skool steun ‘n positiewe en ondersteunende aanslag wat daarna streef om enige ongeoorloofde studentegedrag te verander.

5.2 Nieteenstaande bogenoemde, behou die skool hom die reg oor, in geval van die verbreking van enige van die ooreenkoms se voorwaardes, om:

5.2.1 die nodige toepaslike dissiplinêre stappe te doen en die nodige dissiplinêre maatreëls toe te pas. 5.2.2 enige onwettige gedrag by die polisie aan te meld.

5.3 In die opsig bepaal die skool in alle billikheid dat met die verbreking van enige van die voorwaardes, die nodige behandeling of berading sal geskied, die student onderneem om die nodige behandeling of berading te ondergaan en dat die ondergetekende ouer(s) en/of voog(de), gesamentlik of afsonderlik, onderneem om vir die toepaslike behandeling en/of berading te betaal en dat die partye hiermee die instansies, terapeute of beraders verplig om die skool te voorsien van vorderingsverslae op aanvraag. Indien die genoemde instansie, terapeut of berader versuim, weier en/of nalaat om die skool te voorsien van sodanige verslag soos van tyd tot tyd benodig, die student en/of ouer(s) en/of voog(de) onderneem om die skool daarvan te voorsien.

______

SKEUR AF EN STUUR DIE GETEKENDE STROKIE TERUG SAAM MET DIE AANSOEK

NAME NAAM ______

Gr. ______20___

SUBJECT CHOICE • VAKKEUSE

FET • VOO

Compulsory subjects / Verpligte vakke:

English Home Language 1 English First Additional Language

Afrikaans Huistaal 2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal Pure Mathematics / Suiwer Wiskunde 3 Mathematical Literacy / Wiskundige Geletterdheid 4 Life Orientation / Lewensoriëntering 

Choose ONE subject from each group below: Kies EEN vak uit elke groep hieronder:

* Pure Mathematics compulsory Physical Sciences / Fisiese Wetenskappe * Suiwer Wiskunde verpligtend Life Sciences / Lewenswetenskappe 5 History / Geskiedenis Information Technology / Inligtingstegnologie

* Pure Mathematics compulsory Accounting / Rekeningkunde * Suiwer Wiskunde verpligtend Consumer Studies / Verbruikerstudies 6 Geography / Geografie Dramatic Arts / Dramatiese Kunste * Pure Mathematics compulsory Physical Science / Fisiese Wetenskappe * Suiwer Wiskunde verpligtend Design / Ontwerp Business Studies / Besigheidstudies 7 Engineering Graphics and Design / Ingenieursgrafika en Ontwerp Life Sciences / Lewenswetenskappe Music / Musiek

Please list all subjects taken at previous school / Noem asb. alle vakke geneem by vorige skool : ______

…………………….……….………. …....………...……………..……………. Signature/Handtekening - Parent/Ouer Signature/Handtekening - Learner/Leerder

……………………………………... Date/Datum

VERKORTE SKOOLREËLS EN REGULASIES

Skooluniform en algemene voorkoms

1. Daar word van leerders verwag om die amptelike skooluniform te dra, en om te alle tye netjies en ordelik te wees. 2. Geen bykomstighede tot die skooluniform, wat nie in ooreenstemming met die reëls is nie, sal toegelaat word nie. 3. Slegs leerders wat aansoek gedoen het, die toepaslike ondersteunende dokumente voorgelê het en die nodige toestemming van die graadhoof of adjunkhoof of skoolhoof of die skoolbeheerliggaam verkry het, mag afwyk van die amptelike uniform. 4. By geleenthede wat die dra van informele klere/slenterdrag toelaat, moet leerders netjiese, fatsoenlike klere dra. Stranddrag, styfpassende klere, deurskynende en/of uitlokkende klere word nie toegelaat nie. Hare, skoene en bykomstighede moet te alle tye netjies wees. 5. Geen onnatuurlike kleur van hare of eksotiese haarstyle word toegelaat nie. 6. Skoolbaadjies moet skoon wees en nie enige vermiste knope hê nie; en is die verpligte buite- kledingstuk in kwartale 2 tot 4. Skoolbaadjies hoef nie in die eerste kwartaal gedra te word nie, maar is steeds verpligtend vir alle saalbyeenkomste. 7. Truie moet netjies pas. Hulle moet nie uitgerek of te groot wees nie. Om uitrekking te verhoed mag die moue nie tot oor die elmboë opgestoot word nie, en die hande mag nie in die teenoorgestelde moue ingesteek wees nie. Truie word nie in rompies of broeke ingesteek nie. Langmoutruie word nie as buite-kledingstuk toegelaat nie. Kortmoutruie word as buite- kledingstuk toegelaat. 8. Geen tatoeërmerk by skool- of sportdrag mag sigbaar wees nie.

Algemeen

1. Alle kledingstukke moet behoorlik met die leerder se naam gemerk word. 2. ‘n Leerder in die publiek, byvoorbeeld op straat, moet altyd die volledige skooluniform dra. 3. As ‘n leerder ‘n kledingstuk dra wat nie deel vorm van die skooluniform nie, moet ‘n verduidelikende, gedateerde en ondertekende brief van die ouer/voog aan die graadhoof voor of gedurende die registerperiode van dieselfde dag voorgelê word. 4. Slegs skoollapelwapens of lapelwapens van ‘n erkende jeug- of kultuurorganisasie, soos goedgekeur deur die bestuurspan, mag op die skoolbaadjie gedra word. 5. Geen kopbande mag gedra word nie. 6. Die oorgaan van winteruniform na someruniform sal aan die diskresie van die skoolhoof toegelaat word. 7. Persoonlike higiëne is noodsaaklik te alle tye.

Seuns

1. Slegs voorgeskrewe broeke mag gedra word. Hulle moet nie te styfpassend of te wyd wees nie. 2. Slegs voorgeskrewe grys sokkies mag gedra word. 3. Slegs swart, skooltipe skoene word toegelaat en dit moet gepoets wees. 4. Langmouhemde moet tot by die kraag toegeknoop wees, en dasse mag nie los gedra word nie. 5. Kortmouhemde moet die skoolwapen op die sak hê. Dit word sonder ‘n das gedra en mag as ‘n buite-kledingstuk in die somer gedra word. 6. Gordels moet grys of swart wees, met ‘n eenvoudige gespe, en moet deel van die uniform wees. 7. Gedrukte of gekleurde T-hemde mag nie onder skoolhemde gedra word nie. 8. Hare moet aan die skoolreëls voldoen. Sien gepubliseerde diagram. 9. Hare moet te alle tye netjies en goedversorg wees. Geen uiterste style word toegelaat nie. 10. Geen juweliersware mag gedra word nie. Dit sluit oorringe en ander plaasvervangers in. 11. Alle seuns moet skoongeskeer wees. Wangbaarde mag nie verby die middeloor strek nie.

Dogters

1. Slegs voorgeskrewe langbroeke en hemde moet gedurende die winter gedra word. 2. Die voorgeskrewe skoolrompie moet die voorgeskrewe lengte wees (‘n maksimum van 4 vingers bokant die knie.) 3. Onderklere moet nie sigbaar onder die klere wees nie. 4. Slegs eenvoudige wit t-hemde, frokkies en onderhemde word toegelaat, en dit mag nie sigbaar wees nie. 5. Slegs voorgeskrewe skoolskoene van die veter- of skoenbalkie-tipe word toegelaat en hulle moet altyd gepoets wees. 6. Winter: slegs swart kouse mag gedra word. Dit mag nie geleer wees nie. Geen gekleurde sokkies mag oor of onder hierdie kouse gedra word nie. Somer: slegs sokkies met die donkerblou streep mag gedra word. 7. Meisies mag een eenvoudige goue of silwer knoppie of oorring in die onderste deel van die oorlel dra. 8. Leerders mag geen stuk juweliersware, behalwe ‘n horlosie, dra nie. Dogters mag nie halssnoere, kettings, armbande, of ringe dra nie. 9. Geen grimering word toegelaat nie. Naelpolitoer of die kleur van hare in ‘n onnatuurlike skakering word verbied. Slegs kleurlose naellak word toegelaat. 10. Hare moet te alle tye skoon, netjies en goedversorg wees. 11. Lang hare moet teruggebind word met wit, swart of donderblou linte of rubberrekkies. 12. Slegs wit, donkerblou, of swart, silwer of goue knippies sonder versierings mag gebruik word om hare vas te maak. 13. Hare mag nie oor die winkbroue of die kante van die gesig hang nie.

SELFOON- EN PERSOONLIKE ELEKTRONIESE TOERUSTING-BELEID

Alle selfone en elektroniese toerusting moet gedurende die skooldag afgeskakel wees, behalwe gedurende pouses of wanneer ‘n onderwyser die aanskakel/gebruik daarvan magtig vir opvoedkundige gebruik.

Indien bogenoemde reël oortree word, sal die betrokke apparaat gekonfiskeer word. Die betrokke onderwyser of graadhoof sal die ouer(s) van die skuldige leerders van die oortreding in kennis stel en slegs die ouer of ‘n gevolmagtigde deur die ouer aangewys, nie ‘n leerder nie, kan die toerusting by die voorste kantoor kom afhaal.

POLICY FOR CELL PHONE & PERSONAL ELECTRONIC EQUIPMENT

All cell phones and electronical equipment must be switched off during the school day, except at break or when a teacher authorises the switching on/use for educational purposes.

If the above mentioned rule is broken the specific device will be confiscated. The teacher involved or the grade head will inform the parent(s) of the guilty learner of the transgression and only the parent(s) or an assignee indicated by the parent (not a learner) may collect the device from the front office. 1

SKOOLREËLS EN REGULASIES

Die Gedragskode van die Hoërskool Parel Vallei in ooreenstemming met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet no. 108 van 1996) en die Suid- Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996)(soos gewysig) streef daarna om die regte van die leerders as individue en as ‘n groep te handhaaf en te beskerm.

Hierdie gedragskode is, in ooreenstemming met Artikel 8(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, aanvaar deur die Beheerliggaam van die Hoërskool Parel Vallei na behoorlike oorlegpleging met die ouers, leerders en opvoeders van die skool soos hersien en goedgekeur deur die Skoolbeheerliggaam op 8 Junie 2011.

Die gedragskode, in ooreenstemming met Artikel 1.8 van Kennisgewing 776 van 1998, gepubliseer in die Staatskoerant van 15 Mei 1998, is van toepassing op die leerders nie slegs as hulle by die skool is nie, maar te alle tye en op alle plekke vir solank as wat die leerders by die skool ingeskryf is. In ooreenstemming met Artikel 8(4) van die SA Skolewet (Wet 84 van 1996) is daar niks wat bevat is in die Wet wat ‘n leerder vrystel van die verpligting om die gedragskode van die skool wat sodanige leerder bywoon, na te kom nie. Ingevolge die Kode word dit van leerders verwag om die gesag van Opvoeders, Prefekte en die Verteenwoordigende Raad van Leerders te gehoorsaam.

Die skool is saamgestel uit ‘n verskeidenheid/aantal kulture en die Gedragskode is daarop gemik om hierdie unieke karakter te bevorder en te beskerm. Dit poog om ‘n houding van wedersydse respek, verdraagsaamheid en versoening tussen leerders onderling en teenoor opvoeders en ander volwassenes in diens van die skool te vestig en te handhaaf.

In ooreenstemming met die Missie van die skool, wil die Gedragskode die ideale atmosfeer skep waarin elke leerder die reg en die geleentheid het om te leer en om sy/haar potensiaal ten volle te ontwikkel.

Die Kode wil graag ‘n lewenshouding kweek wat gekenmerk word deur selfdissipline, voorbeeldige gedrag en ‘n strewe na volwassenheid.

In ooreenstemming met die gees van hierdie Gedragskode word dit van elke leerder verwag om homself/haarself te gedra op ‘n wyse wat die welsyn en beeld van die skool, sowel as die selfbeeld van elke leerder, sal bevorder.

2

Gedrag en optrede van leerders

‘n Leerder mag nie skuldig wees aan die volgende nie:  pligsversuim; ongehoorsaamheid, rebelsheid, ontwrigting van klasse of die skoolprogram, vandalisme, diefstel, oneerlikhied, leuentaal, aanrandings, boeliery, intimidasie, rassisme, bakleiery, onbehoorlike dade, stokkiesdraaiery, minagting of ondermyning van gesag;  taalgebruik of gedrag wat volgens die skoolhoof van so ‘n aard is dat dit die morele en etiese standaarde, dissipline of sosiale welsyn binne die skool bedreig,  enige gedragsvorm wat as afkeurenswaardig deur die skoolhoof bestempel word,  enige verbreking van die wet wat kan lei tot ‘n konfrontasie met die gereg, minagting van die nasionale simbole van die RSA (vlag en volkslied) en die skool se simbole (skoolvlag en skoollied);  enige gedragvorm wat die skool se naam in oneer bring; rook of die gebruik van dwelmmiddels, alkohol of vlugtige stowwe (bv. petrol of verdunner) op die skoolgrond of in die publiek (in burgerdrag of skooldrag of by skoolfunksies);  deelname aan of bevordering van satanisme;  om in besit te wees van een van die volgende: vuurhoutjies, sigaretaanstekers, sigarette, verdowingsmiddels, alkohol, pornografiese leesstof/foto’s/video’s, vuurwapens, messe, speelgoed, klappers en stowwe wat beserings kan veroorsaak.  Fisieke kontak tussen leerders word nie toegelaat nie.

Skool- en klasbywoning

Ouers of voogde, leerders, onderwysers en Skoolbeheerliggaamlede is gesamentlik verantwoordelik om te verseker dat alle leerders skool bywoon.

1. Skoolure word op die webwerf gepubliseer, asook in die eerste nuusbrief van die jaar, en word van tyd tot tyd aangepas. Alle leerders moet by die skool aankom voor die amptelike begintyd. 2. ‘n Leerder wat laat by die skool aankom moet by die Leerderaangeleenthede- kantoor rapporteer sodat sy of haar naam opgeskryf kan word, en daarna sal hy of sy ‘n groen strokie ontvang wat die leerder weer in die stelsel sal toelaat. 3. As ‘n leerder nie gereeld skool bywoon nie, sal die betrokke graadhoof die afwesigheid van sodanige leerder aan die skoolhoof en die ouers rapporteer. 4. Geen leerder word toegelaat om die skoolgrond gedurende skoolure, pouses ingesluit, te verlaat sonder ‘n brief van die ouer of voog waarin toestemming vir die vrystelling van die kind verleen word of met toestemming van die Skoolhoof/ Adjunkhoof/Graadhoof. ‘n Uitgangskaartjie moet van die LA-kantoor verkry word. 5. ‘n Afwesigheidsbrief van die ouer of voog moet die afwesigheid van ‘n leerder dek. 6. As ‘n leerder vir drie (3) dae of langer afwesig is, moet sodanige afwesigheid deur ‘n brief van ‘n mediese dokter, tradisionele dokter of geregistreerde kruiedokter ondersteun word. 3

7. As ‘n leerder afwesig is vir ‘n formele eksamen, toets of taak, moet die afwesigheid met ‘n brief van ‘n mediese dokter, tradisionele dokter of geregistreerde kruiedokter bevestig word. 8. Daar word van ouers en leerders verwag om alles in hul vermoë te doen om buite-afsprake gedurende skoolure te vermy. 9. As ‘n leerder gedurende skoolure ongesteld raak, moet dit by die LA-kantoor aangemeld word, van waar die nodige reëlings getref sal word. 10. Stokkiesdraaiery word verbied en sal gestraf word. 11. ‘n Leerder wat ‘n klas gedurende ‘n les verlaat, moet ‘n geskrewe toestemmingsbriefie van die onderwyser in beheer kry. 12. Tydelike besoekers aan die skool word nie toegelaat nie. Alle besoekers moet by die voorste kantoor aanmeld sodat hulle ‘n besoekerskaartjie kan ontvang. Tydelike besoekers wat nie in besit van sodanige kaartjie is nie, sal gevra word om die skoolgrond te verlaat. 13. Leerders word verplig om godsdienstige seremonies of onderrig by te woon, en moet deelneem aan Lewensoriëntering, behalwe as vrystelling daarvan van die Skoolhoof verkry is. 14. Leerders mag nie die kleedkamers of hul sluitkaste gedurende klastyd besoek sonder toestemming nie. 15. Klaswisseling moet vinnig, doeltreffend en op ‘n ordelike manier geskied. Die kortste roete tussen klasse moet gevolg word. 16. Orde moet te alle tyd dwarsdeur die skool gehandhaaf word. 17. Leerders moet die Gedragskode raadpleeg en respekteer ten opsigte van klasgedrag en die toestande wat in die laboratoriums geld, respekteer.

Klasgedrag

Daar word van elke leerder verwag om:

1. stiptelik te wees:  Leerders moet betyds by ‘n klas opdaag sodat hulle gereed kan wees as die lesing begin. Om laat te kom is onbedagsaam – dit ontwrig die pogings van leerders en onderwysers.  Leerders moet wat hulle benodig, uit hulle tasse haal sodra hulle by die bank of tafel kom. Dit bewys hul volwassenheid, verantwoordelikheid en selfmotivering. 2. voorbereid te wees:  Leerders moet klas toe bring wat nodig is, insluitende boeke, skryfbehoeftes en die nodige skryfgereedskap, asook die voltooide huiswerk. Dit is belangrik om gereed te wees om te leer en om by te dra tot die les. 3. respek te betoon:  Leerders moet opstaan as ‘n volwassene die vertrek binnekom. Dit word gedoen om respek te betoon aan die betrokke volwassene. Die leerders moet wag op die besoeker of hul onderwyser om toestemming te gee dat hulle mag sit.  Leerders moet hul onderwyser aan die begin en einde van elke les groet.  Leerders moet hul onderwyser en hul maats respekteer deur nie te praat terwyl die onderwyser besig is om te praat nie. As leerders ‘n bydrae tot die les wil maak, moet hul hande opsteek en vir die onderwyser wag om hul 4

toe te laat om te praat. Leerders moet aandag gee aan hul maats se bydraes en hul beurt afwag om te praat.  Leerders mag nie hul boeke wegpak totdat die onderwyser aangedui het dat die les afgehandel is, omdat oppak altyd die lesing ontwrig en onbedagsaam is teenoor onderwysers en medeleerders.  Leerders moet die eiendom van die skool en van hul medeleerders respekteer. Hulle mag nie op banke skryf, drukspykers verwyder, die bordkryt sonder toestemming gebruik nie, aan die truprojektor, rekenaar of rekenaarprojektor peuter nie. ‘n Leerder mag nie iets sonder toestemming leen nie.  Leerders moet die klaskamers netjies en skoon hou. Vuilgoed en stukkies papier moet in die vullisdrom of die herwinningsdrom respektiewelik geplaas word, nie onder die bank of op die vloer nie. Niemand hou daarvan om in ‘n vuil of onnet omgewing te werk nie. 4. om verantwoordelik te wees:  Leerders behoort in die eerste plek verantwoordelikheid vir hulself en hul eie gedrag te aanvaar, en daarna hul medeleerders aan te moedig om dieselfde te doen. 5. om onderskragend te wees:  Leerders behoort alles in hulle vermoë te doen om almal in hul klas gelukkig en welkom te laat voel, en moet altyd gewillig wees om hul vriendekring uit te brei om seker te maak niemand voel uitgesluit nie.  Leerders behoort, met die toestemming van die onderwyser, aanbied om enige iemand te help wat dalk probleme met die werk mag ondervind.

Hoflikheid en algemene gedrag

1. ‘n Leerder sal leerders in gesagsposisies respekteer. ‘n Leerder in ‘n gesagsposisie sal hom of haar op so ‘n manier gedra wat pas by iemand in ‘n gesagsposisie. Hy of sy sal die regte van ander leerders respekteer en sal nie die gesag aan hom/haar toegken deur sy/haar posisie, misbruik nie. 2. Alle leerders het die reg tot ‘n opvoeding vry van inmenging, intimidasie en/of fisiese mishandeling. Die leerder sal die eiendom en veiligheid van ander leerders respekteer. Om ander leerders te dreig of met hulle te baklei, word verbied. 3. Enige daad wat ‘n ander leerder se kultuur, ras of godsdiens verkleineer, verlaag of verneder, word verbied. 4. Verkleinerende, diskriminerende of rassistiese taalgebruik is verbode. 5. Die opsetlike beskadiging, vandalisering of die verwaarlosing van skooleiendom en die eiendom van ander, deur daarop te skryf of fisiese beskadiging, word verbied. Diefstal van skool- en private eiendom word verbied. 6. Alle rommel moet in vuilgoeddromme, herwinningsdromme of snippermandjies geplaas word. 7. Leerders sal die opdragte van die personeel gehoorsaam. 8. Leerders moet opsystaan vir personeellede en leerdrraadslede en opstaan as hulle deur bogenoemde persone aangespreek word. 9. Leerders moet die personeel (insluitende die administratiewe personeel en skoonmakers) en besoekers groet en hul hulp aanbied waar dit toepaslik is. 5

10. ‘n Gegil, geskreeu, gefluit, gesis en vuiltaal word verbied.

Algemene gedrag: Trappe, gange

1. Beweging tussen klasse moet flink en onbelemmerd plaasvind. Rondhangery op die trappe of in die gange word verbied. Leerders en onderwysers moet altyd links hou as hulle deur die skool beweeg. 2. Leerders moet beleefdheid betoon teenoor verbygangers deur buite hul klaskamers in ‘n ry te wag. 3. ‘n Gehang oor balkonne en ander maniere van verkeerobstruksies word verbied. 4. Leerders mag klaskamers voor skool, gedurende pousetyd en na skool slegs met die uitdruklike toestemming van ‘n personeellid gebruik. 5. ‘n Gehardloop in die gange of op trappe word verbied. 6. ‘n Etery en drinkery gedurende lesings word verbied. 7. Kougom kou is streng verbode.

Algemene gedrag: Toilette en kleedkamers

1. Rondhangery in die kleedkamers en toilette is streng verbode. 2. ‘n Leerder mag slegs in ‘n noodgeval ‘n toilet gedurende klastyd besoek.

Saalbyeenkoms

1. Die waardigheid van saalbyeenkomste moet gerespekteer word. 2. Daar moet absolute stilte wees as die saalbyeenkoms begin. 3. Volle skooluniform, skoolbaadjies ingesluit, is verpligtend gedurende saalbyeenkoms op ‘n Maandag en by formele geleenthede. 4. ‘n Leerder sonder ‘n skoolbaadjie sal nie in die saal toegelaat word nie.

Skooluniform en algemene voorkoms

1. Daar word van leerders verwag om die amptelike skooluniform te dra, en om te alle tye netjies en ordelik te wees. 2. Geen bykomstighede tot die skooluniform, wat nie in ooreenstemming met die reëls is nie, sal toegelaat word nie. 3. Slegs leerders wat aansoek gedoen het, die toepaslike ondersteunende dokumente voorgelê het en die nodige toestemming van die graadhoof of adjunkhoof of skoolhoof of die skoolbeheerliggaam verkry het, mag afwyk van die amptelike uniform. 4. By geleenthede wat die dra van informele klere/slenterdrag toelaat, moet leerders netjiese, fatsoenlike klere dra. Stranddrag, styfpassende klere, deurskynende en/of uitlokkende klere word nie toegelaat nie. Hare, skoene en bykomstighede moet te alle tye netjies wees. 5. Geen onnatuurlike kleur van hare of eksotiese haarstyle word toegelaat nie.. 6. Skoolbaadjies moet skoon wees en nie enige vermiste knope hê nie; en moet altyd as buite-kledingstuk gedra word. 7. Truie moet netjies pas. Hulle moet nie uitgerek of vergroot wees nie. Om uitrekking te verhoed mag die moue nie tot oor die elmboë opgestoot word nie, 6

en die hande mag nie in die teenoorgestelde moue ingesteek wees nie. Truie word nie in rompies of broeke ingesteek nie. Langmoutruie word nie as buite- kledingstuk toegelaat nie. Kortmoutruie word as buite-kledingstuk toegelaat.

Algemeen

1. Alle kledingstukke moet behoorlik met die leerder se naam gemerk word. 2. ‘n Leerder in die publiek, byvoorbeeld op straat, moet altyd die volledig skooluniform dra. 3. As ‘n leerder ‘n kledingstuk dra wat nie deel vorm van die skooluniform nie, moet ‘n verduidelikende, gedateerde en ondertekende brief van die ouer/voog aan die graadhoof voor of gedurende die registerperiode van dieselfde dag voorgelê word. 4. Slegs skoollapelwapens of lapelwapens van ‘n erkende jeug- of kultuurorganisasie, soos goedgekeur deur die bestuurspan, mag op die skoolbaadjie gedra word. 5. Geen kopbande mag gedra word nie. 6. Die oorgaan van winteruniform na someruniform sal na die diskressie van die skoolhoof toegelaat word. 7. Persoonlike higiëne is noodsaaklik te alle tye.

Seuns

1. Slegs voorgeskrewe broeke mag gedra word. Hulle moet nie te styfpassend of te wyd wees nie. 2. Slegs voorgeskrewe grys sokkies mag gedra word. 3. Slegs swart, skooltipe skoene word toegelaat en dit moet gepoets wees. 4. Langmouhemde moet tot by die kraag toegeknoop wees, en dasse mag nie los gedra word nie. 5. Kortmouhemde moet die skoolwapen op die sak hê. Dit word sonder ‘n das gedra en mag as ‘n buite-kledingstuk in die somer gedra word. 6. Gordels moet grys of swart wees, met ‘n eenvoudige gespe, en moet deel van die uniform wees. 7. Gedrukte of gekleurde T-hemde mag nie onder skoolhemde gedra word nie. 8. Hare moet aan die skoolreëls voldoen. Sien gepubliseerde diagram. 9. Hare moet te alle tye netjies en goedversorg wees. Geen uiterste style word toegelaat nie. 10. Geen juweliersware mag gedra word nie. Dit sluit oorringe en ander plaasvervangers in. 11. Alle seuns moet skoongeskeer wees. Wangbaarde mag nie verby die middeloor strek nie.

Dogters

1. Slegs voorgeskrewe langbroeke en hemde moet gedurende die winter gedra word. 2. Die voorgeskrewe skoolrompie moet die voorgeskrewe lengte wees (‘n maksimum van 4 vingers bokant die knie.) 3. Onderklere moet nie sigbaar onder die klere wees nie. 7

4. Slegs eenvoudige wit t-hemde, frokkies en onderhemde word toegelaat, en dit mag nie sigbaar wees nie. 5. Slegs voorgeskrewe skoolskoene van die veter- of skoenbalkie-tipe word toegelaat en hulle moet altyd gepoets wees. 6. Slegs swart kouse mag gedra word. Dit mag nie geleer wees nie. Geen gekleurde sokkies mag oor of onder hierdie kouse gedra word nie. 7. Meisies mag een eenvoudige goue- of silwer knoppie of oorring in die onderste deel van die oorlel dra. 8. Leerders mag geen stuk juweliersware, behalwe ‘n horlosie, dra nie. Dogters mag nie halssnoere, kettings, armbande, of ringe dra nie. 9. Geen grimering word toegelaat nie. Naelpolitoer of die die kleur van hare in ‘n onnatuurlike skakering word verbied. Slegs kleurlose naellak word toegelaat. 10. Hare moet te alle tye skoon, netjies en goedversorg wees. 11. Lang hare moet teruggebind word met wit, swart of donderblou linte of rubberrekkies. 12. Slegs wit, donkerblou, of swart, silwer of goue knippies sonder versierings mag gebruik word om hare vas te maak. 13. Hare mag nie oor die winkbroue of die kante van die gesig hang nie.

Buitemuurse aktiwiteite

1. Dit word verwag van leerders om deel te neem aan ten minste een kultuuraktiwiteit en ook aan een winter- en een somersport. Vir ‘n versoek vir ‘n uitsondering op hierdie reël , moet daar skriftelik aansoek gedoen word by die Skoolhoof. 2. As dit vir ‘n leerder onmoontlik is om ‘n buitemuurse aktiwiteit waartoe hy of sy homself/haarself verbind het, by te woon, moet die leerder hom/haar persoonlik by die betrokke opvoeder gaan verskoon. 3. As dit vir ‘n leerder, as ‘n lid van ‘n span wat deelneem aan ‘n kompetisie of ‘n wedstryd, op grond van onvoorsiene omstandighede, onmoontlik is om deel te neem, moet die betrokke opvoeder so gou as moontlik ingelig word. 4. ‘n Leerder mag nie ‘n ander skool in ‘n wedstryd of kompetisie verteenwoordig nie, of deelneem aan die buitemuurse aktiwiteite van ‘n ander skool nie. 5. ‘n Leerder moet te alle tye die korrekte etiket wat pas by ‘n aktiwiteit, toepas. 6. As ‘n leerder homself of haarself tot ‘n aktiwiteit verbind het, sal hy of sy verplig wees om die reëls en verpligtinge verbonde aan die aktiwiteit na te kom. 7. Betrokkenheid by ‘n spesifieke aktiwiteit sal die hele seisoen vir die duur van die aktiwiteit geld. 8. Die toepaslike toerusting of uniform moet na die oefeninge en ligawedstryde gedra word. 9. Leerders wat na ‘n wegwedstryd reis, moet in volle skooluniform reis, behalwe waar ander reëlings deur die betrokke opvoeder getref is.

Fietse, motorfietse en voertuie

1. Enige voertuie moet met uiterste versigtigheid op die skoolgrond gery of bestuur word, en ‘n spoedgrens van 15 km/h moet nagekom word. 2. Fietse moet gesluit wees en mag slegs in die fietsloods en nie teen mure, bome, bosse of pilare geplaas word nie. 3. Motorfietse moet in die toegewyste area parkeer. 8

4. Vierwielvoertuie moet slegs in die parkeerarea buite die skoolgronde parkeer. 5. Alle leerders parkeer hul voertuie, insluitende fietse en motorfietse, op of buite die skoolgrond op eie risiko. 6. Leerders mag nie aan fietse, motorfietse of voertuie, wat op enige plek op of buite die skoolgrond geparkeer is, raak, daarteen leun of daarmee lol nie. 7. Leerders mag nie afgelaai of opgelaai word op die skoolgrond nie. Hulle moet buite die skoolhek af- of opgelaai word.

Kosbaarhede en persoonlike besittings

1. Die skool kan nie verantwoordelik gehou word vir diefstal of skade aan persoonlike besittings op die skoolgrond nie, byvoorbeels selfone, sakke, boeke, klere, fietse, ens. 2. Leerders moet nie selfone, groot bedrae geld of ander waardevolle besittings skool toe bring nie. (Verwys na die selfoonbeleid) 3. Leerders mag nie rekenaarspeletjies, iPod’s, oorfone of soortgelyke elektroniese apparaat skool toe bring nie. 4. Reëlings moet met die opvoeder in beheer van buitemuurse bedrywighede getref word vir die beveiliging van waardevolle artikels in sulke gevalle.

Skooleiendom, paaie en gronde

1. Breekskade aan enige skooleiendom moet dadelik aan ‘n onderwyser of een van die sekretaresses gerapporteer word. 2. Alle skooleiendom moet met respek behandel word. 3. Leerders mag nie op die interne paaie of op sypaadjies of paadjies rondom die skool ronddwaal nie. 4. Die skoolgebou en gronde is buite perke na normale skoolure tensy dit gebruik word vir buitemuurse aktiwiteite onder die toesig van ‘n opvoeder of afrigter. 5. Oortreders loop die risiko om vervolg te word as hulle oor naweke en gedurende vakansies die skoolgebou, gronde en sportfasiliteite gebruik.

Beperkte areas:

Die volgende areas is buite perke:

1. Die personeelkamer, personeelkamer-voorportaal, onderwyserwerkkamers, fotostaatkamer, graadhoofkantore, administrasiekantore en hul gange, tensy die leerder deur ‘n opvoeder weens amptelike sake na hierdie area gestuur is. 2. Die voorportaal, tensy leerders een van die sekretaresses moet spreek. 3. Die hoofingang mag nie deur leerders gebruik word om die skool binne te kom of om die skoolgebou te verlaat nie. 4. Die forum, die skoolsaal en die sportsaal mag slegs onder toesig van ‘n opvoeder of ‘n afrigter gebruik word. 5. Ledbury en die skoonmakerskwartiere. 6. Areas waar eksamens geskryf word. 7. Areas waar voertuie geparkeer word. 8. Al die areas soos aangedui op die aangehegte grondplan van die skoolgebou en gronde. 9

9. Geen balspeletjies word gedurende skoolure naby die skoolgebou toegelaat nie. Balspeletjies word gedurende speeltye slegs op die hokkie- en rugbyvelde toegelaat.

BEHEER EN DISSIPLINE VAN LEERDERS

1. Algemeen

1.1 Dissiplinêre stappe mag teen ‘n leerder wat die Gedragskode oortree, geneem word. 1.2 ‘n Opvoeder het dieselfde regte ingevolge die Gedragskode as ‘n ouer om ‘n leerder wat die skool bywoon, gedurende enige klas, skoolfunksie, skooluitstappie en skoolverwante aktiwiteit, te beheer en te dissiplineer. 1.3 Elke opvoeder is te alle tye verantwoordelik vir dissipline by die skool en by skoolverwante aktiwiteite. Opvoeders het volle gesag en die verantwoordelikheid om die gedrag van leerders te korrigeer wanneer so ‘n korreksie nodig is by die skool. Korrektiewe maatreëls kan ernstiger word vir herhaalde oortredings. 1.4 Die bestuur en opvoeders het die reg, ooreenkomstig die beginsels en gees van die gedragskode om reëls mondelings aan te kondig op ‘n ad hoc-basis of andersins, soos genoodsaak deur omstandighede.

2. Dissiplinêre prosedure en straf

2.1 ‘n Onderskeid word getref tussen mindere oortredings, ernstige oortredings (wat kan lei tot skorsing en/of uitsetting) en akademiese oortredings. 2.2 In die geval van mindere oortredings, kan korrektiewe maatstawwe, soos in par. 13 beoog, toegepas word. Hierdie maatstawwe kan een of meer van die volgende insluit, maar is nie hiertoe beperk nie: ‘n mondelingse waarskuwing van of ‘n skriftelike teregwysing deur ‘n opvoeder of ‘n skoolhoof; gekontroleerde skoolwerk wat sal bydra tot die leerder se vordering op skool of die verbetering van die skoolomgewing, op voorwaarde dat die ouers betyds ingelig word en die veiligheid van die kind verseker is; die uitvoer van take wat die beledigde persoon sal help;

3. Detensie

3.1 Opvoeders mag leerders vir kleiner oortredings op detensie plaas slegs met goedkeuring van die graadhoof. 3.2 Die graadhoof voltooi die detensiebrief en oorhandig dit aan die leerder om huis toe te neem. ‘n Afskrif van die brief word aan die sekretaresse wat die detensie-administrasie behartig, oorhandig. 3.3 Detensie vind gewoonlik op ‘n Vrydag vanaf 13:45 tot 15:45 plaas. 3.4 Saterdagdetensie vind plaas vanaf 08:00 tot 11:00. 3.5 Detensie vir wangedrag en akademiese ekstra huiswerk-klasse kan geskei word. 3.6 Detensie vir herhaalde of ernstige wangedrag of herhaalde akademiese versuim kan uitgebrei word na ‘n Saterdag en kan fisiese arbeid of take insluit.

10

4. Ernstige oortredings, wat ook beskryf kan word as ernstige wangedrag (Regulasie 2(1) van PN 372 van die Buitengewone Provinsiale Gazette (Wes Kaap) gedateer 31/10/1997), sal op die volgende manier hanteer word:

4.1 Die skoolhoof en opvoeders betrokke sal die saak ondersoek en verseker dat, ooreenkomstig die Wet, dit geklassifiseer word as ‘n ernstige oortreding en dat die leerder die skuldige party is. 4.2 Indien die skoolhoof besluit dat die saak ernstig is en die betrokke leerder skuldig is, word ‘n spesiale vergadering met die beheerliggaam belê om die saak te bespreek. 4.3 Die ouers van die leerder sal skriftelik van die oortreding in kennis gestel word, en van die datum wanneer die vergadering met die beheerliggaam sal plaasvind. ‘n Minimum kennisgewingperiode van vyf werksdae word vereis. Ouers mag versoek dat die datum vorentoe verskuif word. 4.4 Die beheerliggaam of hul gedelegeerde dissiplinêre komitee moet die volgende prosedure gedurende die vergadering volg: - die beweerde oortreding en omstandighede rondom die insident moet deeglik ondersoek word; - die andi alteram partem-reël (luister na die ander kant) moet toegepas word; - die geleentheid moet vir beheerliggaamlede en die ouers en/of die regsverteenwoordiger van die betrokke leerder gegee word om die beskuldigdes rakende die insident te ondervra; - persone wat klagtes gelê het of getuienis verskaf het, moet die vergadering verlaat nadat hulle hul standpunte gestel het; - slegs lede van die beheerliggaam wat nie persoonlik betrokke by die saak is nie, moet toegelaat word om deel te neem aan die besluitnemingsproses teen die einde van die vergadering; - die prosedure, bespreking en uitkoms moet in besonderhede aangedui word in die notule; - indien dit die besluit van die beheerliggaam is om ‘n versoek aan die hoof van die WKOD te rig dat ‘n leerder uit die skool gesit word, moet die ouers onmiddellik skriftelik in kennis gestel word. 4.5 ‘n Verklaring met redes vir die versoek moet voorsien word en binne 14 dae aan die hoof van die WKOD gestuur word. Die volgende inligting moet ook ingesluit word;  ‘n uitgebreide verslag van die insident rondom die beweerde wangedrag, sowel as die redes vir die beheerliggaam se besluit;  die volledige notule (met vrae en antwoorde) van die vergadering waar die besluit geneem word;  enige ander skriftelike opmerkings van die leerder of die ouers of hul verteenwoordiger (dit kan ‘n regsverteenwoordiger wees) wat betrekking het op die insident. 4.6 Die hoof van die WKOD sal binne 14 dae nadat hy die dokumente in (4.9) ontvang het, besluit of die leerder uit die skool gesit word of hertoegelaat word tot die skool. Sodra die besluit geneem is, sal die beheerliggaam en die ouers dadelik in kennis gestel word. Indien die hoof van die WKOD besluit om die leerder uit die skool te sit, en die ouers van daardie leerder (of die leerder) appelleer teen die besluit, moet dit gedoen word binne tien dae nadat hulle die skriftelike besluit ontvang het. Die appél moet aan die Minister van Onderwys gerig word; sy besluit is finaal. 11

4.7 Indien die leerder, ouer of voog versuim om die dissiplinêre verhoor by te woon sonder ‘n goeie saak of ‘n goeie rede, sal die verrigtinge gehou word in sy of haar afwesigheid.

5. Indien, na dissiplinêre stappe, ‘n leerder skuldig bevind word aan ernstige wangedrag, kan die beheerliggaam die vonnis, beskryf in paragraaf 2.2, oplê en daarbenewens ‘n leerder vir ‘n periode van nie meer as sewe (7) skooldae skors, of vir ‘n redelike periode wat nie een week oorskry nie, afhangende van ‘n besluit deur die Hoof van die departement op die aanbeveling van die beheerliggaam, hetsy ‘n leerder uit die skool gesit moet word. Indien dissiplinêre stappe nie binne sewe (7) skooldae na die skorsing van ‘n leerder uitgevoer word nie, moet die beheerliggaam die goedkeuring van die Hoof van die onderwysdepartement kry vir die verlenging van die skorsing van sodanige leerder.

6. Oortredings wat kan lei tot sodanige skorsing (of selfs uitsetting) sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:

6.1 gedrag wat die veiligheid in gevaar stel en die regte van ander skend; 6.2 besit, gebruik, oordra, of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtigde dwelmmiddels, alkohol of bedwelmende middels van enige soort; 6.3 bakleiery, aanranding of mishandeling; 6.4 immorele gedrag of godslastering; 6.5 uittarting van die gesag van die opvoeders en die leerderraad; 6.6 skadelike graffiti, haatspraak, seksisme, rassisme; 6.7 diefstal of besit van gesteelde goedere, insluitende toets- of eksamenvraestelle voordat die toetse of eksamens geskryf word; 6.8 ongeoorloofde dade, vandalisme, of die vernietiging of skending van skooleiendom; 6.9 oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en skeltaal gerig op opvoeders of ander skoolwerknemers of leerders; 6.10 herhaalde oortredings van die skoolreëls of Gedragskode; 6.11 kriminele en onderdrukkende gedrag soos verkragting en geslags-gebaseerde teistering; 6.12 viktimisasie, afknouery en intimidasie van leerders; 6.13 skending van eksamenreëls; 6.14 die bewustelike verskaffing van vals inligting, of vervalste dokumentasie om onregverdige voordeel by die skool te trek.

7. ‘n Leerder sal uit die skool gesit word indien hy of sy enige van die volgende oortredings begaan, selfs al is dit ‘n eerste oortreding, tensy daar buitengewone omstandighede is wat die oplegging van ‘n ligter straf regverdig:

7.1 diefstal; 7.2 bomdreigemente; 7.3 aanranding van ‘n ernstige aard of ‘n aanval gepleeg met ‘n gevaarlike wapen of objek; 7.4 die besit van enige objek wat as gevaarlike wapen kan dien; 7.5 seksuele oortredings; 12

7.6 die besit en/of handel in, of voorsien van, en/of positiewe toetsing vir, onwettige middels. ‘n Positiewe toets sal genoegsame bewys wees; 7.7 die besit van of afskiet van vuurwerke of enigiets anders wat ‘n traumatiese uitwerking op ‘n persoon mag hê.

8. Pleitonderhandeling

Ingevolge die Strafproseswet, (Seksie 105A, Artikel 51 van 1977), kan die vervolgingsgesag en die beskuldigde ‘n pleit- en vonnisooreenkoms aangaan. Dit is in wese ‘n pleitonderhandelingstelsel waar die beskuldigde bereid is om skuldig te pleit, die relevante bewerings te erken en ‘n vonnisooreenkoms met die Staat aan te gaan. Die skriftelike ooreenkoms word dan aan die hof voorgelê wat moet verseker dat dit vrylik, vrywilliglik en sonder onbehoorlike beïnvloeding aangegaan is. As die hof tevrede is dat die beskuldigde erken dat die bewerings in die aanklag geldig is en dat hy of sy skuldig is, word die beskuldigde skuldig gevind; tweedens, as die hof tevrede is dat die strafooreenkoms regverdig is, word dit deur die hof bekragtig.

Geen getuienis word aangevoer nie en hierdie prosedure bevorder die finalisering van sake.

‘n Soortgelyke prosedure sal gevolg word in gevalle waar die betrokke leerder skuldig pleit, die ouers saamwerk en uitsetting nie oorweeg word nie.

Die pleit- en vonnisooreenkoms sal gekragtig word deur die skoolbeheer- liggaam of gedelegeerde persoon (persone), voordat dit toegepas word.

9. Loco Parentis

9.1 Die skool is verplig om gedrag wat ‘n kriminele oortreding uitmaak na die SAPD te verwys vir verdere stappe. 9.2 Indien ‘n leerder se gedrag ‘n bedreiging is vir hom- of haarself of vir ander leerders, behou die skool die reg om die nodige stappe te doen om behandeling of ‘n alternatiewe plasing vir die leerder te soek. 9.3 Die skool behou die reg om ‘n leerder vir voorligting te verwys as sy of haar gedrag as sosiaal onaanvaarbaar geag word. 9.4 Visentering/Deursoeking: Indien die skoolhoof of ‘n opvoeder redelike agterdog het, ondersteun deur genoegsame inligting, om te vermoed dat ‘n leerder iets op sy of haar lyf wegsteek, het hy of sy die wettige gesag om ‘n visentering van enige leerder uit te voer, vir die eiendom in besit van die leerder, vir ‘n gevaarlike wapen, vuurwapen, verdowingsmiddels, skadelike gevaarlike stowwe, gesteelde goedere, of pornografiese materiaal wat na die skooleiendom gebring is. (‘n Deursoeking kan uitgevoer word ingevolge die volgende wette van algemene toepassing: Beheer of toegang tot Openbare Geboue en Voertuiewet, 1985, Wet No. 53 van 1985; Dwelm en Dwelmhandelwet 140 van 1992; Wapen- en Ammunisiewet, 1969, Wet No. 75 van 1969; Onderwyswette wysigingswet no. 24 van 2005 en no. 31 van 2007; en Staatskoerantkennisgewing 1140 van 2008. Gedurende ‘n deursoeking sal die reg tot menswaardigheid gehandhaaf word en leerders sal agter geslote deure deursoek word deur persone van hul 13 eie geslag, in die teenwoordigheid van ten minste een ander persoon. ‘n Rekord sal gehou word van die deursoekprosedure en die uitkoms daarvan.

Al die bepalings wat betrekking het op dissiplinêre handelinge van toepassing op leerders soos uiteengesit in die Suid-Afrikaanse Skolewet (no. 84 van 1996), soos gewysig, is geïnkorporeer en ingesluit in hierdie Gedragskode.