Afrikaanse Woordelys En Spelreels
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Mnítjfrsíteít íian ^rftoría W.P.—67714—22/3/68 (jj^ %\} 0^ 2434744 Digitized by the Internet Archive in 2017 with funding from University of Pretoria, Library Services https://archive.org/details/afrikaansewoorde05suid AFRIKAANSE WOORDELYS en SPELREËLS In opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns Saamgestel deur die Taalkommissie: Dr. S. P. E. BOSHOFF, Prof. Dr. D. B. BOSMAN, L. W. HIEMSTRA, M.A., Prof. Dr. T. H. LE ROUX en Prof. Dr. D. F. MALHERBE. Vyfde, Hersiene en Vermeerderde Druk Drukkers en Uitgewers: NASIONALE PERS, BEPERK Bloemfontcin, Kaapstad en Pretoria 1937 NASIONALE TERS BEl'ERK Bus 267 Bloeirifoiitciu ERF' Ri?5L:GTEErv r^r.Ti3*^lA m - á 5 ï i'! V*sN .M?9.:3A3.. SOiO fí FAf^fifiNS£ .... , VOORWOORD Die eerste Spelreëls van die Akademie het in 1915 die lig gesien, die eerste Woordelys in 1917, terwyl die derde en die vierde uitgawe in 1921 en 1931 respektiewelik verskyn het. Met die Spelreëls en Woordelys het die Akademie hom beywer om in die spellingaangeleenthede van ’n jong taal leiding te probeer gee. Daardie leiding is, trots allerlei besware en selfs teëkanting, oor die algemeen gevolg, sodat daar gaandeweg ’n spellingtradisie geskep is. Ten gevolge van hierdie tradisie kan die spelling van suiwer Afrikaanse woorde nou as vrywel vasstaande beskou word, terwyl daar oor die skryfwyse van vreemde woorde by ’n oorgroot meer- derheid van die skrywende publiek verheugende eenstemmig- heid heers. Die aantal dubbelvorme wat nog erkenning ge- niet, lewer die bewys dat daar nog g’n absolute standaard- uitspraak in die taal self tot stand gekom het nie, wat trouens nie te verwag was nie. Andersyds is die aantal dubbel- spellinge van vreemde woorde slegs ’n erkenning dat aller- lei min of meer wetenskaplike woorde nog nie deur almal as ingeburger beskou word nie. Die feit dat die vorige uitgawe van die Woordelys en Spelreëls in ’n betreklike kort tyd reeds weer uitverkoop is, kan seker wel as ’n aanduiding van die betekenis van die Akademie se leiding in hierdie aangeleentheid opgevat word. Hierdie feit is des te merkwaardiger, omdat die vorige (vierde) druk in ’n tyd verskyn het toe die meningsverskille insake ons spelling ’n hoogtepunt bereik het en dit gelyk het of ’n vergelyk tussen die uiterste standpunte nie sou kon bereik word nie. Op die Spellingkonferensie gehou op Stellenbosch van 4 tot 6 Januarie 1932 is daar egter ’n vergelyk tussen die verteenwoordigers van die Akademie en van die Universiteit van Stellenbosch bereik. Prof. D. B. Bosman het daarna ’n „Lys van Wysiginge” opgestel wat ingevolge die besluite van die Spellingkonferensie op Stellenbosch in die Woorde- lys en Spelreëls van die Akademie aangebring moes word, ’n lys wat deur die Nasionale Pers, Bpk., in brosjurevorm uitgegee en later deur die Akademie offisieel bekragtig is. Hierdie (vyfde) uitgawe het derhalwe met genoemde wysiginge rekening te hou. IV Wanneer hierdie uitgawe met die vorige vergelyk word, sal dit dadelik blyk dat die ooreenkoms wat on die Spelling- konferensie bereik is, veral twee kwessies geld: die skryf- wyse i/ie en die spelling van vreemde woorde. Oor die lastige spellingkwessie: i of ie in die geval van vreemde, veral sogenaamde internasionale woorde van klassieke herkoms, is daar eindelik eenstemmigheid bereik. Die ooreenkoms ten opsigte van die spelling van vreemde woorde in die algemeen het die erkenning van meer dubbelspellinge meegebring. Hoewel daar ten aansien van laasgenoemde kwessie nog g’n eenstemmigheid bereik is nie, kan die skrywende publiek nou in die geval van ’n groot tussenklas van min of meer vreemde woorde (met dubbelspellinge) tussen ’n vreemde en ’n verafrikaanste spelwyse kies. ’n Mens kan nie altyd op twee gedagtes bly hink nie; vroeër of later moet jy kies. En blykens die spellingpraktyk van die Staatsdiens en byna alle Universiteite en Kolleges, van die Onderwys- departemente en die Pers, asook van die samestellers van skoolboeke en woordeboeke, het die oorgroot meerderheid ge- lukkig dieselfde gekies en in die geval van dubbelspellinge die voorkeur aan die verafrikaanste vorme gegee. Hierdie keuse van die skrywende publiek het die spellingtradisie van die Akademie verder help bestendig. So kom daar in ons spelling-praktyk gaandeweg ’n betreklike eenvormig- heid, hoewel ’n absolute eenstemmigheid moontlik nooit bereik sal word nie. Die beginsels waarvan die Spellingkommissie van die Akademie by die behandeling van vreemde woorde uitge- gaan het, is in die Voorwoord van die vorige uitgawe ge- motiveer en hoef nie hier herhaal te word nie. Bowendien bevat die betrokke spelreëls voldoende inligting daaromtrent. Prof. A. C. Bouman se bydrae oor leestekens word soos in die vorige uitgawe onmiddellik agter die spelreëls afgedruk. Die kwessie van interpunksie is ook deur Prof. T. H. le Roux behandel in Ons Tydskrif (II, bl. 20—22). Miskien is dit hier die plek om ook te verwys na Prof. D. B. Bosman se nuttige wenke oor „Die Aanmekaar- skryf van Woorde in Afrikaans” wat as ’n artikel in D i e Huisgenoot verskyn het en sedert in brosjurevorm deur die Nasionale Pers, Bpk., uitgegee is. V Die skryfwyse van aardrykskundige name en die spel- ling van woorde met ’n hoofletter, al dan nie, is kwessies wat nog steeds op leiding en reglementering wag. Die TAALKOMMISSIE van die S.A. Akademie vir Taal, Lettere en Kuns: S. P. E. BOSHOFF. D. B. BOSMAN. L. W. HIEMSTRA. T. H. LE ROUX. D. F. MALHERBE. September 1936. AFRIKAANSE SPELREËLS § I. GRONDBEGINSELS. Dle Afrikaanse Spelling wil; (1) die algemeen gebruiklike uitspraak in beskaafde Afrikaans weergee; (2) by die Vereenvoudigde Nederlandse Spelling (V.N.S.) aansluit en nie onnodig daarvan afwyk nie; (3) sover moontlik gelykvormig wees. § n. TOELIGTING EN TOEPASSING. Bostaande grondbeginsels geld mutatis mutandis vir elke spellingsisteem wat nie konsekwent foneties is nie. En daar 'n spelling in die eerste plaas vir die publiek en nie vir taalgeleerdes bedoel is nie, kan dit nooit streng foneties wees nie. Maar dan is dit ’n regmatige eis dat dit veral prakties moet wees, en dit kan in die geval van Afrikaans alleen bereik word op die grondslag van bogenoemde alge- mene beginsels. Dit is verder duidelik dat hierdie beginsels mekaar aan- vul, maar dat hulle ook ten dele met mekaar in stryd is. Waar hulle in stryd met mekaar kom, moet wat die swaarste is, die swaarste weeg. Hier word hulle nader verduidelik en die toepassing daarvan in die praktyk met voorbeelde toe- gelig. Vir besonderhede moet die verskillende spelreëls en die Woordelys geraadpleeg word. Eerste Grondbeginsel.—Die Afrikaanse klankstelsel toon nog groot ooreenkoms met die van Nederlands. Daarom is dit begryplik dat die Afrikaanse spelling eweneens groot ooreenkoms met die Nederlandse sal toon. Waar egter in die algemeen-beskaafde Afrikaanse uitspraak duidelike afwykinge van die Nederlandse uitspraak voorkom, word die afwykinge ook in die reël in die Afrikaanse spelling weergegee. Gevolg- lik word o.a. die Ndl. sch, z en v (tussen ’n beklemtoonde en ’n swak beklemtoonde klinker) in Afrik. vervang deur sk, 8 en w (vir sover die w in die Afrik. uitspraak nog gehoor word). Ons skryf dus b.v. skaap, skoen, skoon teenoor Ndl. schaap, schoen, schoon: sang, so, sorg teenoor Ndl. zang, zo, zorg; grawe, lewe, slawe teenoor Ndl. graven, leven, slaven; maar slavin nes in Ndl. VIII Weens die duidelike verskil tussen die Afrik. en die Ndl. uitspraak skryf ons dus in afwyking van die V.N.S. o.a. doring, harsings, hoof, karring, lus, mus, oggend, oom- blik, soggens, stip, yster, ens., hoewel die volgende spellinge met die V.N.S. sou ooreenstem of anders nader daaraan sou staan: doorn of doren, hersens, hoofd, karn, lust, muts, ogtend, oënblik of ogenblik, sogtends, stipt, yser. Dit geskied dan in stryd met grondbeginsels (2) en (3), want naas hierdie gevalle kom dieselfde grondwoord voor in fleksie- vorme, samestellinge en afleidinge wat weens hul geringer bekendheid, of om watter rede ook al, nader aan die Neder- landse staan of selfs daarmee ooreenstem, sodat dieselfde woord nie altyd in al sy vorme op dieselfde manier gespel kan word nie. Aansluiting by die V.N.S. kan dus nie kon- sekwent deurgevoer en die reël van die gelykvormigheid nie streng gehandhaaf word nie. Teenoor harsings staan hersenskim; teenoor hoof het ons hoofde, hoofdelik, styfhoof- dig, ens.; teenoor lus weer lustig, lusteloos; teenoor oomblik kry ons oëdienaar, oë(n)skou, oënskynlik; teenoor stip staan stiptelik, stiptheid. Dit is nie net by vreemde woorde waar ons die grondbeginsel van die gelykvormigheid dikwels ge- weld moet aandoen nie. Absolute spellingkonsekwensie word deur die taalontwikkeling seLf onmoontlik gemaak. Waar verskillende vorme van dieselfde woord in die algemeen-beskaafde gebruik bestaan, daar word die ver- skillende vorme ook erken. Hier kan alleen die gebruik uitmaak watter vorm op die duur sal seëvier. Dikwels is dit nie uit te maak watter van twee, soms meer vorme die gebruiklikste is nie. In sulke gevalle is die erkenning van dubbelvorme onvermydelik. Die alternatief is om tussen twee of meer vorme te kies, en dit kan alleen min of meer willekeurig geskied. Daarom skryf ons aalwee naas aalwyn, aartappel naas ertappel, deuntjie naas duintjie, dubbeltjie naas duwweltjie, ken naas kin, móre naas more, nói naas nooi, soep naas sop, soetjies naas suutjies, vlees naas vleis, wasser naas waster, ens. Daar bestaan veral ’n groot verskei- denheid van werkwoordelike wisselvorme, waarvan die volgende as voorbeelde kan dien; bied, bieë of bie; droog, droë of dro; geloof, gelowe of glo; klaag, klae of kla; leef of lewe; ploeg, ploeë of ploe; skryf of skrywe; sorg, sorge of sóre; spoe, spoeg, spu of spuug; íerg, terge of têre; weeg, weë of wee, ens. (Vir die behandeling van die verskillende soorte wisselvorme vgl. die volgende paragraaf, III). IX Ooreenkomstig die eerste grondbeginsel word afwykinge van die „algemeen-gebruiklike” Afrikaanse uitspraak dus nie in ons spelling erken nie.