Hoofstuk 4

Kommunikasieweë – menslike waterspore in die verlede

In die Koepel-omgewing speel die Vaalrivier ’n wesentlike rol. Die driwwe waar mense reeds eeue lank die rivier oorsteek, is deel van ’n netwerk van kommunikasieroetes tussen noord en suid. Gevolglik kan daar gekonstateer word dat die driwwe ’n mikroterrein is waar die natuur- en die menslike kultuurgeskiedenis mekaar ontmoet. Die teenwoordigheid van die Vaalrivier en die berglandskap in die Koepel het aanvanklik die inwoners se kommunikasie met die buitewêreld in ’n groot mate gestrem. Die interaksie tussen mens, rivier en unieke omgewing sal teen die agtergrond van die driwwe, transport- en posroetes beskou word. Verder sal grenskwessies, eilande en hul strategiese posisie, asook diamant-delwerye in die Vaalrivier, veral in die omgewing van Parys, bespreek word.

Die noodsaaklikheid van water in die daaglikse bestaan van die Koepel se boerende gemeenskap sal aan die hand van die mens se vrees wat geassosieer word met droogte (te min water), vloede (te veel water), volksweerkunde (die noodsaaklikheid van water), asook die besondere rol van die bonatuurlike (om water te wys), uiteengesit word. Die hidrosfeer (wateromgewing) van die Vaalrivier speel selfs in die vrees vir spoke, die onbekende en die gelowe rakende die waterslang ’n besondere rol.

Kommunikasieroetes

Driwwe Soos reeds aangetoon, was die Koepelarea sedert die Laat-Steentydperk deel van menslike migrasieroetes in suidelike Afrika. Vroeër jare was die Vaalrivier gedurende die reënseisoen egter konstant in vloed. Dit het vir die inwoners van die area ’n probleem geskep, aangesien dit hulle kontak met die naburige nedersettings, soos dorpe en markte, grootliks gestuit het. Daar was gevolglik teen die einde van die 1850’s reeds verskeie versoeke van privaat persone aan die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Z.A.R.) in om op die

193

een of ander plek langs die Vaalrivier ’n vlot (pont) op te rig.1 Hierdie versoeke is ’n aanduiding van die toenemende verkeer tussen die Boererepublieke en die aangrensende state of kolonies. Vanaf 1858 is verskeie vlotte op die Vaalrivier opgerig.2 Daar was toe reeds gereelde togryers, in diens van handelaars, wat heen en weer tussen Potchefstroom en verskillende kusdorpe met transportwaens die paaie stof getrap het, en gevolglik het transportry in daardie dae ’n nuwe beroep aan inwoners van Potchefstroom verskaf. Driwwe was ’n soort pypleiding (‘conduit’), ’n neksus in die weg, wat mense in transito bymekaar gebring het aan die rand van ’n waterversperring. Ofskoon dit nie altyd beskryf is nie, was hierdie oorbruggingspunte belangrike ontmoetingsplekke. Die voertuie wat vroeë reisigers gebruik het, byvoorbeeld groot en swaargelaaide ossewaens of ligte verewaens was ook aangewese op redelik gelyk en maklik deurgaanbare driwwe. Andersins moes hulle staatmaak op driwwe waar daar ’n vlot was om veilig oor die rivier te kom. Die bruikbaarheid van die Vaalrivier se driwwe was ook gedurende die reënseisoen aan die elemente van vloedwaters uitgelewer en gevolglik by tye onbegaanbaar. Hierteenoor was reisigers wat te perd deur die rivier moes gaan, heelwat meer beweeglik en kon redelik maklik aan die ander kant van die stroom uitkom.

Die ontwikkeling van handel- en mynbou-aktiwiteite in die binneland het verkeer laat toeneem. Handelaars en prospekteerders van die suide wat letterlik in die dampkringinvloed van diamante, goud en steenkool beweeg het, was op driwwe aangewese om oor die Vaalrivier te kom. In 1884 is daar selfs melding gemaak van nie minder nie as 33 driwwe in die Potchefstroom-distrik.3 Gevolglik kan ’n mens aflei dat die Vaalrivier by verskillende driwwe (Kaart 16) in die studiegebied oorgesteek is. Te min water was egter, net soos te veel water, ook ’n probleem. Gedurende die droogte van 1889 was verskeie ossewaens by die driwwe gestrand, omdat daar nie meer weiding vir hulle osse was nie.4 Gedurende droë seisoene het die oewerbewoners gesien waar ’n moontlike lae oorgang deur die rivier of drif was, gewoonlik een waar daar klipplate was sodat wawiele nie sou vasval nie. Andersins is daar klippe op ’n geskikte plek gepak om ’n drif of oorgang te vorm en ook ’n wal op die oewer uitgegrawe, sodat die ossewaens

1 A.N. Pelzer, Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Republiek (1): wordingsjare, p. 178. 2 G.N. van den Bergh, “The influence of British traders on early Potchefstroom, 1852-1877” in Historia, 54(2), Nov. 2009, p. 44. 3 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 301. 4 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 303.

194

met gemak die drif kon oorsteek.5 Sommige jare het die Vaalrivier egter in vloed afgekom en dan is al die gepakte klippe weer meegesleur. Die belangrikste driwwe sal vervolgens (van wes na oos) bespreek word.

Kaart 16: Die Vaalrivierdriwwe onder bespeking:6

1. Skandinawiëdrift, vroeër Coquisdrift, later Forssmans/Erasmusdrift 2. Feest- en Grootedrift/Dewets-/Schoemansdrift (1) 3. Welkom-/Botha’sdrift 4. Schoemansdrift (2) 5. Venterskroondrift 6. Die posman se drif 7. Vanvurensdrift/Schurwedraaidrift/Barnardsdrift/Duplessisdrift 8. Kommandodrift 9. Rensburgsdrift 10. Oudedrift/Twisdrift en Doppiesdrift 11. Dekocksdrift en die minder bekende Viljoensdrift 12. Lindequesdrift

5 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2011.02.05. 6 Skets: T. Prinsloo, volgens Union of South Africa Map of the Transvaal, Dec. 1902, L.T. Nel, The geology of the country around Vredefort, 1927.

195

Die meeste trekgroepe het gedurende 1838-1839 na Natal afgetrek, ander het onder leiding van A.H. Potgieter noord van die Vaalrivier gevestig, en verskeie emigrant-boere het nadat grond van Makwana geruil is (Junie 1838) in die Winburg-streke agtergebly.7 Die Voortrekkergroepe wat vanaf die Modderrivier noordwaarts tot aan die Vaalrivier (die eertydse Winburg-streek) gaan woon het, het ’n eie staatkundig onafhanklike bestaan gevoer.8 Teen 1839 het die Natalse Volksraad plase in hierdie omgewing toegeken en vir plaaslike bestuur voorsiening gemaak deur ’n landdros aan te stel, en ook heemrade, kommandante en veldkornette te verkies.9 Verder het die Potchefstroomse Adjunkraad (33 Artikels) oor dié streke gesag gevoer.10 Hierdie twee republieke (Potchefstroom en Winburg) is deur die Vaalrivier geskei en driwwe is gebruik om oor die rivier te kom. Daar was ’n posverbinding tussen hierdie republieke, maar die pos is soms oopgemaak en het menigmaal nie die bestemming bereik nie.11 Volgens die 33 Artikels van 1844, klousule 24, was dit teen die wet om iemand anders se pos oop te maak, en selfs strafbaar met ’n boete.12

Op 3 Februarie 1848 is die hele gebied van die Vrystaat egter onder Britse soewereiniteit geplaas, met die Vaalrivier as die noordelike grens.13 Gedurende hierdie Britse tydperk (vanaf 1848 tot en met die sluiting van die Bloemfonteinse konvensie 1854) is die Oranjerivierkolonie in vier magistraats-distrikte gedeel, naamlik Bloemfontein, Winburg, Vreeddorp en Smithfield.14 Die Koepelplase in die studie-area benede die Vaalrivier wat teen 1849 toegeken is, het binne die Vreeddorp-, later die Vaalrivier-distrik geval. Ná 1854 is die naam na Harrismith-

7 M.C.E. van Schoor, Die nasionale en politieke bewuswording van die Afrikaner in migrasie en sy ontluiking in Transgariep tot 1854, in Argiefjaarboek van die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1963(2) p. 83. 8 O.C. Fourie, Die Administrasie van die Oranje-Vrystaat tot 1859, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1963(2) p. 167. 9 M.C.E. van Schoor, Die nasionale en politieke bewuswording van die Afrikaner in migrasie en sy ontluiking in Transgariep tot 1854, in Argiefjaarboek van die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1963(2) p. 83. 10 9 April 1844, J.H. Breytenbach & H.S. Pretorius (reds.), Notule van die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek, 1844-1850 in Suid-Afrikaanse Argiefstukke, Z.A.R., 1, pp. 3-9. 11 E. Rosenthal & E. Blum, Runner and Mailcoach, p. 28. 12 E. Rosenthal & E. Blum, Runner and Mailcoach, p. 27. 13 O.C. Fourie, Die Administrasie van die Oranje-Vrystaat tot 1859, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1963(2), p. 168. 14 O.C. Fourie, Die Administrasie van die Oranje-Vrystaat tot 1859, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1963(2), p. 168.

196

distrik verander.15 Sir Harry Smith het in 1848 die posverbindingstelsel verbeter en ’n posvervoerkontrakteur, aanvanklik ’n persoon met ’n possak te perd, het pos weekliks vanaf Bloemfontein na Mooirivierdorp vervoer.16 As die pos laat was, is ’n boete uitgereik, maar as die rivier vol was, is die vertraging aanvaar.17 Die oudste aanduiding van ’n pad oor die Vaalrivier was die wapad oor Schoemansdrift (op die plaas Welkom), die pad oor die drif op Van Vuren se plase Schurwedraai en Koedoeslaagte (1851),18 en die driwwe by Parys. Ons kan aanneem dat die poskoets dan ook hierdie roetes sou gebruik het. Teen 1886 het die hooftransportroete van die Vrystaat na Transvaal tussen Kroonstad en Potchefstroom, verskuif en oor die Vaalrivier in die westelike deel van die Koepel- omgewing, gegaan.19 Hierdie pad is ter wille van weiveld, nie altyd eenders gery nie, sodat daar van sowel Skandinawiëdrift of Skandinaviadrift (wat net buite die studie-area val), as Groote- en Schoemansdrift verder stroomop gebruik gemaak is. Skandinawiëdrift (1)20 was aanvanklik bekend as Coquisdrift (moontlik ’n Griekwanaam).21 Die naam het ná 1840 verander na Forssmansdrift (aan die noordekant van die rivier) en Erasmusdrift (aan die suidekant).22 Die pad oor die Vanvurensdrift is gevolglik nie meer gebruik nie. Die Vaalrivierdriwwe is vroeër na die eienaar van die plaas waar die drif is, vernoem. Oscar Wilhelm Alric Forssman, ’n sakeman van Potchefstroom wat teen 1873 die eerste geskeduleerde passasierkoetsdiens in die Transvaal begin het,23 het moontlik die plaas aan die Transvaalse kant, en ’n Erasmus die grond aan die Vrystaatkant besit, vandaar die

15 O.C. Fourie, Die Administrasie van die Oranje-Vrystaat tot 1859, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1963(2), p. 168. 16 F.W. Gericke, Die ontwikkeling van pos- en telegraafwese in die Oranje-Vrystaat, 1854- 1886, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1971(2), pp. 281, 283; E. Rosenthal & E. Blum, Runner and Mailcoach, pp. 29-30. 17 F.W. Gericke, Die ontwikkeling van pos- en telegraafwese in die Oranje-Vrystaat, 1854- 1886, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1971(2), p. 281. 18 Kaart, J. Sanderson, “Memoranda of a trading trip” in Journal of the Royal Geographical Society of London, 30, 1860, p. 234; F.W. Gericke, Die ontwikkeling van pos- en telegraafwese in die Oranje-Vrystaat, 1854-1886, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 34, 1971(2), kaart p. 340. 19 E. Rosenthal & E. Blum, Runner and Mailcoach, p. 29; CSG, Welkom 164 IQ, 81/1877 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 20 Kyk Kaart 17. 21 P.J. van der Merwe, Die Matabeles en die Voortrekkers in Argiefjaarboek vir die Suid- Afrikaanse Geskiedenis, 1986(2), p. 34. 22 P.J. van der Merwe, Die Matabeles en die Voortrekkers in Argiefjaarboek vir die Suid- Afrikaanse Geskiedenis, 1986(2), pp. 33, 34. 23 H. Zeederberg, Veld express, p. 18.

197

twee name vir dieselfde drif. Hierdie drif is later na Skandinavia (die naam van die plaas tussen Pienaar in die Vrystaat en Taaibosbult in die destydse Transvaal), waar ’n groep Skandinawiese families gevestig het, vernoem.24

Twee besige Vaalrivierdriwwe, naamlik Feestdrift en Grootedrift (2), was langs mekaar op die plaas Grootedrift 499 IQ net oos van Skandinawiëdrift geleë. Eersgenoemde drif was ’n oorgang tussen die plaas Grootedrift en die plaas Feestdrift 930 IQ aan die Vrystaatse kant van die Vaalrivier.25 Hierdie drif het die naam van die plaas gedra, en het as Feestdrift bekend gestaan. Die naam verwys na die jaarlikse Geloftefees (Dingaansdag-byeenkoms of Bloedriviergedenkdiens), die oudste historiese fees in die volkslewe van die Afrikaner, wat ook op dié terrein gehou is.26 Die volksraad van die Z.A.R. het op 3 Junie 1865 besluit om 16 Desember as openbare vakansiedag te verklaar. Sover bekend was hierdie Geloftedag ook die enigste volksfees wat gedurende die 19de eeu plaaslik georganiseer en herdenk is. Die Vaalrivierwyk van die Potchefstroom-distrik se uitgestrekte plattelandse omgewing was waarskynlik die vernaamste rede waarom die Boere die gewoonte gehad het om vroeg in Desember per ossewa hierheen te reis om langs die Vaalrivier te kamp, die geloftediens by te woon en dan tot ná Kersfees te vertoef.27 Hierdie fees, soos die tipiese Afrikaanse feeste, was ’n waardige geleentheid met skriflesing en gebed, asook ’n toespraak om te inspireer.28 As mens in aanmerking neem dat die emigrant-boere hoofsaaklik Nederlandse afstammelinge was wat oor ’n ryk feestradisie beskik het, blyk dit dat daar aan die suidpunt van Afrika ’n versobering van gees plaasgevind het. Kenmerkend van die Calvinistiese samelewing was ’n wantroue teenoor uitbundigheid en spontaniteit, wat ook dans en ander vorme van vermaak as onfatsoenlik beskou het.29 Hier op Feestdrift het die Geloftefees oor verskeie dae gestrek, waartydens die gelofte hernu en ’n kerkdiens gehou is. In 1920 het Totius

24 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 303. 25 CSG, Feesdrift 930 IQ Vredefort district F1078/1926 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 26 P.H. Kapp, “Historiese feeste” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (3): ons volksfeeste, p. 45; GPA, MO2, C.F. Reinecke (54), Feestdrift 2011.02.10. 27 GPA, MO2, G.P. Schoeman (38), Nooitgedacht 2011.02.10; V.E. d’Assonville, Totius — Profeet van die Mooirivier: ’n lewenskets van prof. dr. J.D. du Toit, p. 71. 28 P.H. Kapp, “Historiese feeste” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (3): ons volksfeeste, pp. 44, 45. 29 P.H. Kapp, “Die Afrikaanse volksfeeste” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (3): ons volksfeeste, pp. 14, 15.

198

juis die geloftediens hier waargeneem.30 Daar was heel waarskynlik, soos by ander Afrikaanse volksfeeste, ’n fees-ete asook “echt oud Hollandsch” vermaaklikhede te perd en “volkspelen” soos toutrek, boegsprietloop, mandjiewedren, sakloop, hardloop, ringsteek, verspring en varkvang, asook skyfskiet gehou.31 Daarmee was daar ’n gesellige atmosfeer van saamwees en oor-en-weer-kuiery geskep.

Figuur 23: Afdruk: T. Baines “Vaal River on road to Magaliesberg” by Grootedrift32

Die tweede drif op die plaas Grootedrift 499 IQ verder stroomop, het bekend gestaan as Dewetsdrift, wat na die eienaar van die plaas vernoem is.33 Hierdie drif was ’n besige wadrif oor die Vaalrivier, wat Thomas Baines ook in ’n skildery getitel “Vaal River on road to Magaliesberg,” met Vaalkop in die agtergrond

30 Dit was twee weke voor die tragiese dood van sy dogter, in V.E. d’Assonville, Totius — Profeet van die Mooirivier: ’n lewenskets van prof. dr. J.D. du Toit, p. 71. 31 P.H. Kapp, “Historiese feeste” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (3): ons volksfeeste, pp. 52, 53. 32 TAB, foto 16103. 33 GPA, MO2, G.P. Schoeman (40), Venterskroon 2012.08.28.

199

(Figuur 23), geskilder het.34 Sommige inwoners meen dat beide Feestdrift en Grootedrift se name ná die Anglo-Boereoorlog na Dewetsdrift verander het nadat generaal Christiaan de Wet saam met sy manskappe oor dié driwwe gevlug en suksesvol van die Britse magte ontsnap het.35

Op die Kroonstadse streekskaart gedateer Maart 1900, wat deur die Britse direkteur van militêre intelligensie laat druk is, is die Grootedrift se naam reeds as De Wet’s or Schoemansdrift aangedui, wat hierdie aanname ongeldig maak.36 Ons kan dus aanneem dat die vertelling dat Schoeman die oorspronklike eienaar van die plaas was, wat op sy beurt die grond aan ene De Wet verkoop het, die waarheid is.37 Dit kon egter verwarring geskep het, aangesien daar nog ’n Schoemansdrift verder stroomop is. Dit blyk egter dat die verandering van plekname soos Erasmus- en Forssmansdrift na Skandinawiëdrift, en Feest- en Grootedrift na Dewetsdrift, nie juis iets nuuts is nie. Die Dewets-/Schoemansdrift (1) is ongeveer 56 km (35 myl) onderkant Parys geleë en het sedert 1934 met die koms van die motor in onbruik verval.38

Botha’sdrift (3), wat ook bekend gestaan het as Welkom se drif, is ’n oorgang oor die Vaalrivier 13-16 km (8-10 myl) onderkant Schoemansdrift, en verbind die plaas Nooitgedacht aan die destydse Transvaalkant met Welkom in die Vrystaat.39 Die drif se naam verwys na dié plaas wat vóór 1877 reeds aan twee Botha’s, David Hercules en Hendrik Johannes, behoort het.40 Vanweë die verkeer tussen Potchefstroom en die Vrystaat, was die driwwe redelik naby aan mekaar. Verder blyk dit dat hierdie driwwe net in een rigting gebruik is (Kaart 17): links is die pad aangedui vir die verkeer na die noorde, die “weg van Kroonstad naar Potchefstroom” oor Feesdrift/Dewets-/Schoemansdrift, en regs vir dié na die suide, die “weg naar Kroonstad” oor Botha’sdrift/ Welkom se drif. Let ook op die stippellyn in die middel van die Vaalrivier wat die plaasgrens so aandui en dienooreenkomstig opgemeet is.41

34 GPA, MO2, J, de Klerk (55), Vaalkop 2011.02.10. 35 GPA, MO2, C.F. Reinecke (54), Feestdrift 2011.02.10. 36 TAB, kaart 3/506, Kroonstad, Maart 1900. 37 GPA, MO2, G.P. Schoeman (40), Venterskroon 2012.08.28. 38 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 303. 39 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 303. 40 CSG, Welkom 164 IQ, 81/1877 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 41 GPA, MO2, P. Erasmus (84), Thabela Thabeng 2011.07.30.

200

Kaart 17: Die plaas Welkom se landmeterskets (31 Mei 1877)42

42 CSG, Welkom 164 IQ, 81/1877 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12].

201

Dit is noodsaaklik om daarop te let dat al die groot driwwe bekend was as wadriwwe, sodat meer as een drif in die Koepel-omgewing as “wadrift” bekend gestaan het.43 Verder stroomop was ’n tweede Schoemansdrift44 (4) – een van die besigste wadriwwe in die omgewing, veral ná die ontdekking van goud en diamante in die Koepelgebied. Hierdie drif is na die Schoeman-familie vernoem, aan wie die plase Nooitgedacht 508 IQ, Kromdraai 509 IQ aan die destydse Transvaalse kant, en Nooitgedacht 89 en Rust en Vrede aan die Vrystaatse kant behoort het.45 Laasgenoemde plaas het aan Stephanus Schoeman, latere kommandant-generaal van die Z.A.R., behoort. Hy was ook as “Stormvoël van die Noorde” bekend.46 Stephanus het per geleentheid na sy Vrystaatse plaas gevlug om van sy “vyande” te ontsnap.47 Uit die diagram van die plaas Rhenosterpoort48 lyk dit asof die oorspronklike drif in die omgewing was waar die Rhenosterspruit in die Vaalrivier loop.49

Soos reeds vermeld, was dit hoofsaaklik gesinne wat na die binneland getrek het. Verder was dit patriargale huishoudings, met die pa as gesagsfiguur, en was die gesinne meestal groot. Sosiale vermaak buite die huislike kring was ongewoon en elke gesin het in sy eie vermaaklikheidsbehoeftes voorsien. Die boere het graag gekuier50 en soms ver gereis om besoek af te lê,51 en dan is die nuus wat deur die smouse, transportryers, reisigers en veepagters vertel is, aan mekaar oorvertel. Gevolglik het ’n plaas naby ’n drif met ’n vlot (pont) soos Schoemansdrift, as belangrike halfwegstasie gedien. By die Schoeman-gesin op Kromdraai aan die destydse Transvaalkant is graag gekuier, en is daar ook oornagfasiliteite vir vriende, transportryers en reisigers voorsien.52 Daar was ’n paar klein rondawels vir slaapplek, en selfs kamers in die huis vir hierdie besoekers opsy gesit.53 Dit was

43 GPA, MO2, P. Erasmus (84), Thabela Thabeng 2011.07.30. 44 Schoemansdrift was ongeveer 8-10 km (5-6 myl) stroomaf van Venterskroondrift in G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 303. 45 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 46 G.P. Schoeman, “Die storie van Heuninghandjie” in Impak, 3, 2010, pp. 19, 20. 47 O.J.O. Ferreira, Stormvoël van die Noorde, Stephanus Schoeman in Transvaal, p. 274. 48 Let op die ou Nederlandse spelling rhenoster, die huidige Afrikaanse spelling is renoster. 49 CSG, Rhenosterpoort 108 IQ, 7/1877 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 50 J. Stuart, De Hollandsche Afrikanen en hunne republiek in Zuid-Afrika, p. 209. 51 G.S. Preller, Baanbrekers: ’n hoofstuk uit die voorgeskiedenis van Transvaal, p. 7. 52 GPA, MO2, J.C.A. Jansen van Rensburg (79), Kromdraai 2010.08.25. 53 GPA, MO2, J.C.A. Jansen van Rensburg (79), Kromdraai 2010.08.25.

202

soos ’n herberg in die berge, ’n plek waar reisigers aangesit het vir ’n maal, hulle diere gevoer en uitgespan, en ’n bed vir baie moeë lywe gekry het.

Figuur 24: Die “Thornycroft”-spoorwegbus op Schoemansdrift se vlot (ca. 1927)54

By laasgenoemde drif was daar ook teen die laat-19de eeu doeane-beamptes en was daar ’n tolhouer gestasioneer.55 Die spoorwegbus is teen 1927, en motors teen 1930 op die vlot by hierdie drif vervoer (Figuur 24 & Figuur 25).56 Verder is die uitgekapte wal aan die Vrystaatkant, waar die oorspronklike landingsplek van die drif geloop het, vandag nog sigbaar.57 ’n Rondawel, afgewit en met ’n grasdakkie waar tol betaal is, en die boom waaraan die vlot later van tyd

54 G.P. Schoeman, Schoemanshof, Nooitgedacht fotogalery [Webwerf: http://www.schoemanshof.co.za] [Datum geraadpleeg: 2011.11.29]; GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (82), telefoongesprek 2012.03.19. 55 VAB, GS, 1714 [R1568/97] “Hooft douane beambte: douane beambte Schoemansdrift vraagt verlof” 1897; VAB, GS, 1812 [R2139/98] “Staats Secretaris Pretoria, klachte tegen Bowels tol houder te Schoemansdrift” 1898. 56 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (82), telefoongesprek 2012.03.19. 57 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25; terreinbesoek Kromdraai 2010.08.25; die terrein langs die oorspronklike drif is vir die navorser uitgewys.

203

vasgemaak is, staan ook nog daar op die wal by die drif.58 Die wapad wat vanaf Potchefstroom by Schoemansdrift oor die Vaalrivier na Reitzburg geloop het, is op sommige kaarte as die “driftpad” (Kaart 21) aangedui.59 Hierdie drif word vandag nog gebruik om groot implemente wat te wyd is om oor die enkellaanbrug te gaan, oor die Vaalrivier te vervoer.60

Figuur 25: ’n Motor op Schoemansdrift se vlot (ca. 1930)61

Die eerste vlotte wat op die Oranjerivier gebruik is, was ruwe vlotte van boomstamme wat gebruik is om mense en goedere oor die water te vervoer, terwyl die diere maar deur die stroom moes swem.62 Ons kan aanneem dat dit ook

58 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 59 TAB, kaart 2/4, S.A.S. & H, s.a. 60 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 61 G.P. Schoeman, Schoemanshof, Nooitgedacht fotogalery [Webwerf: http://www.schoemanshof.co.za] [Datum geraadpleeg: 2011.11.29]. 62 G.W. Eybers, Op die voetspoor van die ou reisigers: stories uit Kolbe, Barrow, Lichtenstein en Campbell, p. 149.

204

hier op die Vaalrivier die geval was. Daar is soms ’n “houtperd” (’n boomstam om op te lê, met ’n lang houtpen in ’n regop posisie om die klere droog te hou) gebruik deur diegene wat te voet met min bagasie gereis het, om oor die Oranjerivier mee te swem.63 Gegee die feit dat die San en Khoikhoin sonder twyfel in die Koepelgebied aanwesig was, kan aanvaar word dat hulle waarskynlik van hierdie vorm van vervoer oor die rivier gebruik gemaak het.

Die regering het die reg voorbehou om te besluit waar geskikte areas vir die rus en suip van vee, veeroetes en uitspannings vir reisigers en vee mag wees.64 Sommige lenings- of veeplase wat op die transportroetes geleë was, was dus onderhewig aan ’n servituut vir uitspanning. Dit is dan op die plaas se kaart-en- transport-dokumente as sodanig aangedui.65 Die oorspronklike Koepelplase was meestal leningsplase; gevolglik was daar ook uitspannings (soms ook ’n meent genoem) op De Vaal, Rust en Vrede, en op Eensgevonden aan die suidekant van die Vaalrivier langs die weg na Potchefstroom oor Schoemansdrift. Indien ’n uitspan egter inbreuk op die eienaar se werfaktiwiteite gemaak het, kon hy ’n skrywe aan die plaaslike landdros rig, waarna ’n spesifieke area op die gegewe plaas dan afgebaken is om as uitspanning te dien.66 Dit was moontlik die rede waarom daar net ’n uitspanning op 4,2 ha. (5 morg) van die plaas De Vaal was.67 Op die kaart en transport van die tweede onderverdeling van Lesutoskraal, naamlik Lesutoskraal 604 IQ, wat langs die Schulpspruit op die transportroete tussen Vredefort en Parys geleë was, is dit ook as onderhewig aan uitspanning aangedui.68 Op al hierdie plase was daar, soos ook aangedui op die diagramme, standhoudende waterpanne of stroompies wat na die Vaalrivier afloop, waar vee kon suip en waens kon uitspan voordat daar verder getrek is. Die eienaar van die

63 Houtperde is reeds in 1813 op die Oranjerivier gebruik in G.W. Eybers, Op die voetspoor van die ou reisigers: stories uit Kolbe, Barrow, Lichtenstein en Campbell, p. 152. 64 TAB, MCK, 1/19 [DRC 575/05] “Crown Land Holdings, Grants to Settlers,” in Crown lands Ordinance No. 57 of 1903, p. 5. 65 CSG, De Vaal 18 IQ, 4/1877 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]; CSG, Rust en vrede 109 IQ, 3118188A [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]; CSG, Lesutoskraal 604 IQ, 1270/1951 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 66 TAB, SS, 2954 [R 10196/91], “Landdrost Potchefstroom, C.J. Campher versoekt aanwyzing der bakens” 1892.05.23. 67 CSG, De Vaal 18 IQ, 4/1877 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 68 CSG, Lesutoskraal 604 IQ, 1270/1951 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12].

205

plaas kon ook uitspanningskoste van die togryers vorder,69 wat waarskynlik ’n welkome inkomste vir die hulle gebied het.

Vroeër was die wadrif (verder stroomop) by die myndorp Venterskroon op die plaas Rooderand redelik besig gewees, hoofsaaklik vanweë die mynbou- aktiwiteite, winkel, pos- en telegraafkantoor,70 polisiestasie, skool, dansbaan en kerk.71 Hierdie drif was onder die inwoners bekend as Venterskroondrif72 (5). Onlangs is die lewensvatbaarheid om weer ’n vlot by hierdie ou wadrif te bedryf, ondersoek.73 Die idee was om toeriste te lok en ook ’n kortpad vir die Vrystaatse inwoners na die winkel op die dorpie en na die Potchefstroom-pad te verskaf. Sommige grondeienaars in die omgewing het egter kapsie daarteen gemaak, omdat dit hulle “stilte sou bedreig”, en die idee is gevolglik laat vaar.74

Daar was vroeër ook ’n weeklikse posdiens oor die Vaalrivier gewees. Die posman het te voet vanaf Vredefort oor Reitzburg by Botha’sdrift deur die Vaalrivier, na die posagentskap by Schoemansdrift gedraf. Daarvandaan is hy oor Nooitgedacht na Venterskroon se poskantoor aan die destydse Transvaalkant. Hier het hy weer oor ’n eiland in die Vaalrivier na Aasvogelrand se posagentskap, verder stroomop, beweeg.75 Gevolglik het hierdie drif wat hy gebruik het om sy posaflewering te doen, as “die posman se drif” (6) bekend gestaan.76 Tot onlangs was daar ’n jaarlikse padwedloop op hierdie posman se roete tussen Venterskroon en Aasvogelrand gewees. Diegene wat die wedloop binne 20 minute (die posman se tyd) kon aflê, het ’n “goue” medalje ontvang.77 Dié inisiatief om “lewe” in die Koepel te blaas, is egter stopgesit, weereens as gevolg van klagtes van een van

69 R.L. Leigh, Vereeniging South Africa, p. 20. 70 U of SA, Map of the Transvaal, compiled and lithographed in the Surveyor-General’s Office Pretoria in Dec. 1902, in L.T. Nel, The geology of the country around Vredefort: an explanation of the geological map, in agterblad. 71 GPA, MO2, T.B. Lourens (63), Venterskroon 2011.05.25. 72 Venterskroondrift is 8-10 km (5-6 myl) stroomaf van Schurwedraaidrift (en ongeveer 29 km of 18 myl onderkant Parys) in G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, pp. 302, 303. 73 GPA, MO2, T.B. Lourens (63), Venterskroon 2011.05.25. 74 GPA, MO2, T.B. Lourens (63), Venterskroon 2011.05.25. 75 O. de Jager, Moments in the history of the Transvaal section of the Vredefort Dome, from a philatelic perspective, p. 11. 76 GPA, MO2, F.C. Conradie (26), Takwasa 2011.07.30. 77 GPA, MO2, F.C. Conradie (26), Takwasa 2011.07.30.

206

die grondeienaars, wie se rus en vrede glo deur die padwedloop en die motors se stof, versteur is.78

Oorkant die plaas Schurwedraai (latere onderverdeling Barnardsrus 1003 IQ), lê die plaas Koedoeslaagte (vroeër Koedoeskloof) aan die destydse Transvaalkant van die Vaalrivier, wat aan Petrus L. Jansen van Vuuren behoort het.79 Op hierdie plaas was daar ’n drif in die omgewing waar die Enzelspruit in die Vaalrivier loop, wat as Vanvurensdrift (7) op die meeste kaarte aangetoon word. Hierdie drif het onder die Vrystaters ook as Schurwedraaidrift, Barnardsdrift en Du Plessisdrift (vernoem na die plaas en die grondeienaars) bekend gestaan.80 As die rivier nie te hoog gevloei het nie, het die Barnard- en Du Plessis-families met ’n ossewa by hierdie drif die rivier oorgesteek om die Hervormde Kerk se nagmaaldiens op Venterskroon by te woon.81 Vir die Boer op die platteland was dit onmoontlik om elke Sondag in die kerk te wees, maar ’n groot poging is aangewend om ten minste die April- en September-nagmale by te woon, waartydens katkisasie, aanneming en voorstelling van lidmate, kerkraadsvergaderings en die voorstel van nuwe kerkraadslede, doop en huwelike plaasgevind het.82 Tydens nagmaalnaweek was daar verskeie ossewaens en tente wat op die genoemde kerk se gronde onder die bome uitgespan het, terwyl vuurtjies gemaak en dan behoorlik gekuier was.83 Hierdie drif is ongeveer 19 km (12 myl) stroomaf van Parys geleë, en is teen 1964 nog deur die inheemse bevolking tydens laagwater gebruik.84 By hierdie drif is daar ook diamante gedelf en is daar selfs twee diamante van 2-3 karaat elk gevind.85 Die diamantvondste was egter min en nadat die meeste van die gruis in

78 GPA, MO2, F.C. Conradie (26), Takwasa 2011.07.30. 79 Terreinbesoek Koedoeslaagte 2011.03.02. Op die grafsteen van P.L. Janse van Vuuren is aangedui dat hy ’n “Bloedrivierheld” is, gebore 12 Maart 1812 en oorlede 1889; Hy het een van die eerste plase in die Koepel-omgewing, naamlik Koedoeskloof betrek, GPA, MO2, J.J. Landman (75), Koedoeslaagte 2011.03.02; TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” op skets van eilande no. 66 tot no. 68, 1887.12.01. 80 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2011.02.05. 81 K. du Pisani (red.), ’n Lewe in die Koepel: oom Louwtjie Jansen van Rensburg se herinnerings van sy belewenisse oor meer as 80 jaar, p. 32. 82 P.H. Kapp, “Godsdienstig-kerklike feeste” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (3); ons volksfeeste, p. 28. 83 GPA, MO2, J.J. Landman (75), Koedoeslaagte 2011.03.02. 84 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 302. 85 S.L. Jansen van Rensburg, “Handgeskrewe geskiedenis van die Koepelplase” Barnardsrus, p. 1.

207

die Vaalrivierpoele gewas is en net enkele diamante opgelewer het, het die delwers na Doornhoek en later na die destydse Wes-Transvaal (Lichtenburg) verskuif.86

Kaart 18: Die Matabele se noord-suid-roete oor driwwe by Parys (1830’s)87

Kommandodrift (8),88 net verder bo-stroom van laasgenoemde drif maar nog onderkant Parys, is net voor Rensburgsdrift op ’n bank geleë waar die Vaalrivier vlak loop.89 Hierdie twee driwwe se oorgang na die destydse Transvaalkant, is

86 S.L. Jansen van Rensburg, “Handgeskrewe geskiedenis van die Koepelplase” Barnardsrus, p. 1. 87 W. Grönum, Die Difaqane: oorsprong, ontplooiing en invloed onder die Tswana (M.A.), p. 96. 88 Daar is nog ’n Kommandodrift stroomaf by (Maquassi) met ’n brug, wat nie met hierdie drif verwar moet word nie, TAB, PWD, 1784 [5477] “Vaal River bridge at Commandodrift” 1925. 89 CSG, Witbank 166 IQ, 50/C/1905 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]; TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” skets-kaart van eilande no. 63-65, 1887.12.01.

208

soos reeds vermeld, min of meer waar die slag van die Vaalrivier plaasgevind het.90 Kommandodrift is ook op die diagram van die gelyknamige plaas, reg langs die grenslyn van Rensburgsdrift, aangedui.91 Daarby was dit ’n maklike oorgang op die vroeë hoofroete tussen Vegkop (Winburg, O.V.S.) en die Noorde, en is dit deur beide die Matabele (Kaart 18) en die kommando’s gebruik wat oor die Vaalrivier na die Transvaalkant beweeg het.92 Daar was ook ’n uitspanningsplaas op Koppieskraal, vroeër Kopjeskraal (waar die onderneming van Koedoegraniet se groewe was), aan die destydse Transvaalse kant van die Vaalrivier in die omgewing van die genoemde driwwe.93

Rensburgsdrift (9) is vernoem na die grondeienaars van die plaas wat ook Rensburgsdrift heet (vroeër deel van die plaas Witbank). Hierdie drif se ligging is volgens die diagram van laasgenoemde plaas aan die westekant van Degraafseiland, in die omgewing waar ’n stroompie sonder naam in die Vaalrivier loop.94 Dit is interessant om daarop te let dat hierdie drif deur die boere gebruik is net wanneer die rivier droog was.95 Verder is dit bekend dat hierdie drif, wat reg onder die Britse kamp by Suid-Witbank geleë was, tydens die Anglo-Boereoorlog konstant deur die Britse soldate bewaak is.96 Gevolglik is daar in die nag van die 19de September 1901, 20 Boere-soldate by hierdie drif gevange geneem.97

Die Oudedrift98 (10), naby die huidige Riviera-Hotel op Parys, het sy eie geskiedenis. Om die drif te bou is daar hoofsaaklik van vrywilligers gebruik gemaak. Die hantering van die klippe om die drif te pak, het naderhand die arbeiders se hande laat bloei, terwyl die harde werk ook aanleiding tot twis en onenigheid gegee het. Een moedelose werker het glo met ’n bloeiende vinger

90 GPA, MO2, J.M. van den Berg (46), Koppieskraal 2011.05.21. 91 CSG, Witbank 166 IQ, 50/C/1905 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]. 92 C. Potgieter & N.H. Theunissen, Kommandant-generaal Hendrik Potgieter, p. 70; H.B. Thom, Die lewe van Gert Maritz, p. 132. 93 GPA, MO2 P. Kemp (48), SUNWA 2011.05.25. 94 CSG, Witbank 166 IQ, 50/C/1905 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12]; TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” skets-kaart van eilande no. 63-65, 1887.12.01. 95 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (82), telefoongesprek 2012-03-19. 96 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, p. 28. 97 G. Jenkins, A century of history, the story of Potchefstroom, p. 90. 98 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 11 en no. 12, 1887.12.01.

209

“Twis Drift” op ’n klip geskryf en onbewustelik die naam aan die drif gegee.99 Voorts het die transportroete na die destydse Transvaal oor hierdie drif en gedeeltelik oor Boseiland (Woody Island) geloop.

Figuur 26: Die vlot by Oude/Twisdrift, Parys100

Daar was verder ook ’n vlot (ferry), wat aanvanklik togryers (Figuur 26), en later toeriste na hierdie eiland vervoer het. ’n Skemerkelkie-lounge, The Old Ferry House, by die huidige Oz-restaurant, is op die landingsplek van hierdie ou vlot ingerig. Ons kan aanneem dat daar ’n uitspanning aan die suidekant van hierdie drif op die plaas Klipspruit was, aangesien gewilde uitspannings gewoonlik dorpies geword het.101

Daar was verder stroomop nóg ’n drif, bekend as Doppiesdrift. Dit was geleë naby die ou meule langs die Vaalrivier, bokant Parys, waar die Oudewerfspruit in

99 J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, p. 77. 100 TAB, foto 24780. 101 W.M. Macmillan, Bantu, Boer, and Briton, p. 22.

210

die Vaalrivier loop.102 Hierdie drif is vernoem na Doppies, die noemnaam van Jan Cilliers, wat in die vroeë twintigerjare ’n klipbrekery daar besit het.103 Gedurende 1905-1920 is dit ook as deurgangsroete na die teenswoordige Gholfeiland en die destydse Transvaal gebruik.104 Hierdie oorgang het vanaf die Vrystaat noordoos oor die Vaalrivier geloop, oor die eiland in die rigting van Brakspruit (aan die destydse Transvaalkant) waar dit in die Vaalrivier uitmond.

Verder stroomop was Dekocksdrift (11), wat nooit ’n openbare drif as sodanig was nie en hoofsaaklik deur die De Kock-familie, oorspronklike eienaars van die plaas Palmietfontein (aan die Vrystaatkant), gebruik is. Hierdie privaatdrif wat in sommige publikasies vermeld word, het min verkeer gehad en was ongeveer 13 km (agt myl) bo-stroom van Parys geleë.105 Op die buurplaas Modderfontein in die Vrystaat is daar ’n drif wat as Viljoensdrift bekend gestaan het, en ook só tydens die eilandopmetings op die skets by eiland no. 5 aangedui is.106 Op hierdie skets is dié drif stroomaf van Lindequesdrift, waar die transportpad aan die Vrystaatkant oos na Heilbron en wes na Parys gevurk het. By Vereeniging, heelwat verder stroomop, is daar egter ’n gelyknamige oorgangsdrif, en hulle kan maklik met mekaar verwar word.107 Hierdie verskynsel dui op die teenwoordigheid van verskillende landmerke langs die Vaalrivier met dieselfde naam, soos ook met Schoemansdrift (stroomaf) die geval is.

Lindequesdrift (12), net bokant Parys by die Dell, is 10-11 km (sowat 7 myl) onderkant die Barrage, min of meer tussen die Barrage en Parys, en in die omgewing waar die Kromelmboogspruit in die Vaalrivier loop.108 Dit is belangrik dat hierdie enkele pleknaam (Lindequesdrift) nie net na die drif self verwys nie, maar ook na ’n gelyknamige gehuggie waar daar vroeër ’n poskantoor en polisiestasie net stroomop van die drifoorgang oor die Vaalrivier was. Hierdie drif was amper net so belangrik soos die Viljoensdrift verder stroomop by

102 Hierdie spruit word ook as Klipspruit aangedui in TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” se skets-kaart van die eilande no. 11 en no. 12, 1887.12.01. 103 J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, p. 77. 104 J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, p. 77. 105 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 302. 106 GPA, MO2, P. Kemp (48), SUNWA 2011.05.25; TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eiland no. 5, 1887.12.01. 107 GPA, MO2 P. Kemp (48), SUNWA 2011.05.25. 108 GPA, MO2 P. Kemp (48), SUNWA 2011.05.25.

211

Vereeniging, en het ook oor ’n vlot beskik.109 Mnr. R. Schiff, eienaar van die plaas Bronkhorstfontein aan die destydse Transvaalkant, het in ’n stadium die vlot by hierdie drif bedryf, en moes in 1907 eienaarskap van die vlot en magtiging vir die hef van geld van die publiek bewys.110 Verder was Lindequesdrift op die hooftransportroete na die noorde, en was daar gevolglik ’n uitspanning op die plaas Zeekoefontein 261 aan die Vrystaatkant, wat ook aan mnr. Schiff behoort het.111 Viljoensdrift verder stroomop by Vereeniging (buite die studiegebied) was een van die bekendste driwwe oor die Vaalrivier en ook ’n gewilde bymekaarkomplek vir president Paul Kruger en sy besoekers.112 Vir etlike jare het Johannesburg se handel staat gemaak op die oorgang by hierdie drif. Sammy Marx het die ou houtvlot vervang met ’n groot staalvlot wat tot 200 skape op ’n slag kon vervoer, en het dit as ’n winsgewende besigheid bedryf.113

Die Z.A.R. het teen 1881 ná die Eerste Vryheidsoorlog invoerregte op sy grense begin hef, en gevolglik ’n binnelandse tolgrens geskep, wat groot onmin geskep het.114 Dieselfde tolbeginsel is in 1884 op die produkte van die Z.A.R. deur die Kaapkolonie toegepas. Hierna wou die Z.A.R. ’n tolverbond met die oog op vrye invoer van hulle produkte met die Kaapkolonie sluit, maar dit was onsuksesvol. Ná die ontdekking van goud het die ekonomiese swaartepunt van die koloniale suide na die republikeinse noorde verskuif, wat veroorsaak het dat die Kaapkolonie in 1887 op hulle beurt ’n tolverbond met die Z.A.R. voorgestel het. President Kruger was nie hiervoor te vinde nie, aangesien hy eerder met ’n Delagoabaai- spoorwegverbinding onafhanklik van die Britse kolonies wou funksioneer en daarmee ook vir die staat besondere finansiële voordele wou besorg. Die burgers van die Z.A.R. was egter hierteen gekant uit vrees dat die spoorweg die transportryers se bestaan sou bedreig, wat sedert die ontdekking van diamante en weens die afwesigheid van ander verkeersmiddele tot ’n winsgewende bedryf ontwikkel het.115 President Paul Kruger en die Z.A.R.-regering het in 1887, op

109 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 301. 110 TAB, LD, 1506 [AG 3745/07] “Working of a pont over the Vaal River at Lindequesdrift” 1907.09.24. 111 TAB, LD, 1506 [AG 3745/07] “Working of a pont over the Vaal River at Lindequesdrift” Letters dated 1907 09.24 & 1907.11.28. 112 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 302. 113 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 302. 114 F.A. van Jaarsveld, Van Van Riebeeck tot P.W. Botha, p. 213. 115 J.S. du Plessis, “Die Suid-Afrikaanse Republiek” in C.F.J. Muller (red.), Vyfhonderd jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis, pp. 285, 286.

212

Sammy Marx se aanbeveling, Viljoensdrift by Vereeniging (waar hy sy vlot bedryf het) tot die enigste drif verklaar wat goedere van suid na noord oor die Vaalrivier kon vervoer, en al die ander klein driwwe is gevolglik gesluit.116 Viljoensdrift by Vereeniging117, met ’n doeanekantoor by die oorgang, het gevolglik die meeste goedere na Vereeniging en die destydse Transvaal gebring voordat die Kaapse spoorweg tot in Vereeniging voltooi is (1892).118 Dié sluiting het veral die twee besige driwwe in die studiegebied (Schoemansdrift en Oudedrift), op die roete na Potchefstroom en die Magaliesberg, geraak. Die verkeer deur die Koepelgebied is hierdeur geraak. Al die protes van Potchefstroom se kant en petisies wat opgestel is (1887-1892) om daarteen kapsie te maak, was egter onsuksesvol. ’n Mens kan aanneem dat die sluit van die Vaalrivierdriwwe tot voordeel van Parys kon gestrek het, aangesien die dorpie aan die Vrystaatkant van die Vaalrivier op die hoofroete vanaf Kroonstad oor Vredefort na Vereeniging geleë was.

Die Kaapse spoorlyn het reeds twee jaar lank alleenreg op die vervoer van goedere na Johannesburg gehad toe die Delagoabaai-spoorlyn in 1894 voltooi is. Die N.Z.A.S.M. (Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij) het sy vraggeld laag gehou om verkeer te trek, wat tot nadeel van die Kaapkolonie gestrek, en onmin veroorsaak het.119 Op hulle beurt het die Kaap ook hulle tariewe verlaag, waarop die Z.A.R. hulle tariewe op die Johannesburg-Vereeniging-trajek weer verhoog het. Die hoër tariewe was egter nie op Vrystaatse produkte gehef nie. Ten einde die hoë tariewe te ontduik, is die Kaapse goedere by Vereeniging afgelaai en met ossewaens na Johannesburg vervoer.120 Die Z.A.R.-regering het gevolglik, op aanbeveling van G.A.A. Middelberg in Augustus 1895 ’n proklamasie uitgevaardig waarkragtens beide Viljoensdrif en Sanddrif vanaf die eerste Oktober 1895 vir die invoer van oorsese goedere gesluit sou wees.121 Vanaf die Kaap het Rhodes hom op imperiale intervensie beroep. Onder druk van Joseph Chamberlain, die Britse Minister van Kolonies, wat die drif-sluiting as ’n verbreking van die Londense konvensie beskou en met oorlog gedreig het, is die driwwe

116 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 301. 117 Soos reeds aangetoon op Kaart 16 is daar meer as een Viljoensdrift. 118 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 301. 119 J.S. du Plessis, “Die Suid-Afrikaanse Republiek” in C.F.J. Muller (red.), Vyfhonderd jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis, p. 327. 120 J.S. du Plessis, “Die Suid-Afrikaanse Republiek” in C.F.J. Muller (red.), Vyfhonderd jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis, p. 327. 121 J.S. du Plessis, “Die Suid-Afrikaanse Republiek” in C.F.J. Muller (red.), Vyfhonderd jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis, p. 328.

213

weer oopgestel.122 Op die eerste April 1895 ná die spoorverbinding met Delagoabaai voltooi is, het die doeanepos by Viljoensdrift (Vereeniging) ook verskuif na Johannesburg, en die doeanegebou by Viljoensdrif is aan B. Patlansky verkoop, wat ’n drankwinkel daar oopgemaak het.123 Hy het baie goeie sake gedoen uit diegene wat die drif gebruik het, veral die transportryers.

Die meeste driwwe in die Vaalrivier is tydens die Anglo-Boereoorlog bewaak. Britse soldate en drifwagters (aan Boerekant) is al langs die driwwe geplaas om die oorgange, wat goeie teikens vir die vyand was, op te pas.124 Interessante gebeure in en om die rivier, soos die dramatiese deurtogte deur Skandinawiëdrif, Schoemansdrif, Dewetsdrift, Van Rensburgdrif en Lindequesdrift, word graag deur huidige inwoners met die nodige spanning oorvertel.125 Daar het bomme geval, koeëls gereën, voorrade is gebuit, benoude oomblikke ervaar en wegkom-planne beraam. Viljoensdrift naby Parys (nie die drif met dieselfde naam stroomop by Vereeniging nie)126 asook , was beide onbewaakte oorgange tydens die Anglo-Boereoorlog; gevolglik het die Britse troepe (genl. French se linie) die Vaalrivier op 27 Mei 1900, tydens hulle opmars na Pretoria, hier oorgesteek.127

Teen die einde van die oorlog is ’n ry van ses blokhuise noord na suid vanaf Potchefstroom deur Skandinawiëdrif na Kopjesstasie in die Vrystaat, en ’n wagpos by Kommandodrif in die Koepelarea opgerig.128 Dit is ’n goeie aanduiding van die strategiese posisie wat die Vaalrivier en die driwwe in die studiegebied tydens die Anglo-Boereoorlog vervul het. Parys en Vredefort is voorts in die nag van 12 September 1901 binnegeval, en die driwwe by Lindequesdrift (bo-stroom van Parys) en Schoemansdrift (op die hoofroete tussen Kroonstad oor Vredefort na Potchefstroom) gevolglik geokkupeer.129

122 J.S. du Plessis, “Die Suid-Afrikaanse Republiek” in C.F.J. Muller (red.), Vyfhonderd jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis, p. 328. 123 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 302. 124 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 125 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25; GPA, MO2, C.F. Reinecke (54), Feestdrift 2011.02.10; GPA, MO2, G.P. Schoeman (38), Nooitgedacht 2011.02.10; GPA, MO2, H. van Wyk (54), Baskop 2011.03.05; GPA, MO2, R.A. York (63), Somerplaas 2011.02.24. 126 GPA, MO2, P. Kemp (48), SUNWA 2011.05.25. 127 F. Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog, p. 26. 128 G. Jenkins, A century of history, the story of Potchefstroom, p. 90. 129 G. Jenkins, A century of history, the story of Potchefstroom, p. 90.

214

Volgens die inwoners van die Vaalrivieroewer-plase in die Koepelarea, was daar vroeër jare verskeie driwwe of vlak stroke waar perde die rivier oorgesteek het, maar dit is nie op enige kaarte aangedui nie.130 Die omgewing se mense het die rivier só goed geken dat hulle geweet het waar en wanneer die rivier oorgesteek kon word. Dit is ook interessant om daarop te let dat die driwwe soms vernoem is na die plaaseienaar wat ’n oewerplaas by die drif besit het, of na die naaste plaas of dorpie aan die drif. Waar daar ’n vlot was, soos by Viljoensdrift, is dit vernoem na die eerste eienaar van die vlot, selfs lank nadat die vlot van eienaarskap verwissel het.131 ’n Vlot het die belangrikheid van die drif bepaal, aangesien dit reisigers gehelp het om die rivier veilig oor te steek al was dit in vloed. Verder is dit opmerklik dat meeste driwwe in die nabyheid van die monding van spruitjies in die Vaalrivier geleë was, soos by Botha’sdrift/Welkom se drif (Tijgerfonteinspruit), Schoemansdrift (min of meer waar die Rhenosterspruit, wat in die berge op die plaas Rhenosterpoort ontspring, in die Vaalrivier inloop), Vanvurensdrift (waar die Enzelspruit in die Vaalrivier loop), Rensburgsdrift (’n stroompie sonder ’n naam loop wes van Degraafseiland aan die Vrystaatkant in die Vaalrivier), Twisdrift (naby Brakspruit aan die Transvaalkant), Doppiesdrift (by die Oudewerfspruit) en Lindequesdrift (in die omgewing van die Kromelmboogspruit). Ons kan derhalwe aanneem dat daar by hierdie areas waar stroompies in die rivier inloop, groot hoeveelhede sandafsettings was, wat gevolglik ’n natuurlike drif of vlak oorgang (bank) sou gevorm het.

Pos- en telegraafdienste oor die Vaalrivier Gedurende die tyd voor en net na die Groot Trek was briefwisseling nie ’n algemene praktyk in die binneland nie, en boodskappe is hoofsaaklik mondeling oorgedra. Verder het die jagters, trekboere en emigrant-boere merendeels onder semi-nomadiese omstandighede geleef en het daar nie behoorlike paaie bestaan nie. Die vervoermiddels was rydiere soos perde met of sonder wa of koets, en osse met waens.

Daar was teen die einde van die 19de eeu poskantore op die groot dorpe soos Potchefstroom en, as gevolg van die mynboubedrywighede, ’n telegraafkantoor op Venterskroon, en posagente op kleiner nedersettings soos Nooitgedacht, Reitzburg, Aasvogelrand, Rietpoort binne die studiegebied en Lindequesdrift verder stroomop. Hierdie posroete is, soos genoem, aanvanklik deur ’n posman te

130 GPA, MO2, H. van Wyk (55), Thabela Thabeng 2011.07.30. 131 G.A. Leyds, A history of Johannesburg, the early years, p. 303.

215

voet (mail runner) gehardloop, wat van die driwwe oor die Vaalrivier gebruik gemaak het.132 Sy roete het vanaf Potchefstroom (die Schoemansdrift- Potchefstroom-pad) na Venterskroon aan die noordekant van die Vaalrivier geloop. By Venterskroon het die roete na verskillende rigtings gevurk. Die ooswaartse een (op die huidige Venterskroonpad) het oor Koedoeslaagte (die Koedoeslaagtepad) en Rietpoort na Parys geloop, en vandaar noordwaarts oor die Vaalrivier via Rietpoort, en stroomop na Lindequesdrift, en dan weer terug na Potchefstroom.

Kaart 19: Die vroeë (1854) posroete oor Vanvurensdrif by Venterskroon133

Vanaf Vredefort was daar ook ’n direkte roete na Parys. Die ander roete het vanaf die eenvertrek-telegraafkantoor in die Algemene Handelaar se winkel op Venterskroon,134 oor die nabygeleë drif (die posman se drif) na Aasvogelrand se

132 “Map of the Transvaal 1899 in O. de Jager, Vredefort Dome, Moments in the history of the Transvaal section of the Vredefort Dome from a philatelic perspective p. 4; NWU, Fleischack-versameling, kaart k43, “Vel vir die Noordoos Posverbindings” Unie van Suid- Afrika 1937. 133 F.W. Gericke, Die ontwikkeling van pos- en telegraafwese in die Oranje-Vrystaat, 1854- 1886, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 34, 1971(2), p. 340. 134 GPA, MO2, E.J. de Agrela (64), Venterskroon 2011.05.25.

216

eenvertrek-posagentskap, en dan terug na Venterskroon geloop.135 Daar was voorts ook ’n roete vanaf Venterskroon weswaarts na die plaas Nooitgedacht (die rifpad), waar die Vaalrivier by Schoemansdrift136 oorgesteek is, en die posman via Reitzburg (die latere Reitzburgpad) na Vredefort in die Vrystaat gehardloop het. Die hoofposroete het ná 1872 weswaarts geskuif om oor Winkeldrift te loop.137 Sonder enige ooglopende verklaring het die ou transportroete wat vanaf Kroonstad oor die plase Vlakspruit 1180 IQ en Wittekompjes by Vredefort138 oor Vanvurensdrift139 na Potchefstroom geloop het, ook hierdie verskuiwing weswaarts gevolg (Kaart 19 & Kaart 20).

135 O. de Jager, Vredefort Dome, Moments in the history of the Transvaal section of the Vredefort Dome from a philatelic perspective, p. 4. 136 Hierdie Schoemansdrift is min of meer waar die Schoemansdriftbrug opgerig is. 137 F.W. Gericke, Die ontwikkeling van pos- en telegraafwese in die Oranje-Vrystaat, 1854- 1886, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 34, 1971(2), p. 340. 138 J.J. Retief, “Skirmish at Vredefort: a dispute over five wagon-loads of flour”, p. 5. 139 J. Sanderson, “Memoranda of a trading trip” in Journal of the Royal Geographical Society of London, 30, 1860, Map p. 234.

217

Kaart 20: Die posroete (1872-1886) oor Winkelsdrift, wat die Koepelarea uitsluit140

Gevolglik is die driwwe in die Koepelgebied uitgesny. Let op die toevoeging van die perdeposroete (1886) tussen Parys en Heilbron (Kaart 20).

Die posdiens wat tot 1917 deur die posman te voet gelewer is, was gewoonlik ’n weeklikse gebeurtenis op ’n vasgestelde tyd.141 Die aankoms van die latere poskoets is met die blaas van die poshoring (’n beuel) aangekondig.142 Die oorspronklike posboom, ’n gewone wildevy (Ficus burkei), waar die inwoners langs

140 F.W. Gericke, Die ontwikkeling van pos- en telegraafwese in die Oranje-Vrystaat, 1854- 1886, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 34, 1971(2), p. 340. 141 O. de Jager, Vredefort Dome, Moments in the history of the Transvaal section of the Vredefort Dome from a philatelic perspective, p. 3. 142 GPA, MO2, E.J. de Agrela (64), Venterskroon 2011.05.25.

218

die hoofpad vir die pos gewag het, staan vandag nog langs die pad oorkant die winkel op Venterskroon.143

Isolasie en kontak met ander kulture Die Koepel is, soos elders gesê, omring deur berge en word ook deur die Vaalrivier in twee gedeel. Verder was die kommunikasieweë en -middele voor die bou van brûe (1915) beperk. ’n Mens kan gevolglik aanneem dat faktore soos groot afstande en moeilike verbindings ’n rol in die beperkte kontak met groter dorpe soos Potchefstroom, Parys en Vredefort sou speel. Die fisiese isolasie van die omgewing se inwoners het die verspreiding van kultuurelemente grootliks verhoed. Hierdie samelewing het oor die algemeen betreklik min en stadig verander. Polities was die ou inwoners deel van ’n konserwatiewe gemeenskap wat sedert die vroegste Europese vestiging, daarop toegespits was om gesag volgens patriargale riglyne te handhaaf. Verder is distrikte, dorpe en gemeentes gestig, waardeur die plaaslike besture gedesentraliseer is.

In isolasie het die vroeë pionier in kleredrag, lewenswyse en boerdery-metodes vormvas of konserwatief gebly. Weens afsondering was hulle verplig om self in hulle daaglikse behoeftes van allerlei aard te voorsien. Hulle was grotendeels selfstandig en selfversorgend. Dienooreenkomstig het hulle boumateriaal uit die onmiddellike omgewing gekry, en die kruie van die veld is as medisyne gebruik. Ten spyte van sy strewe na isolasie en sy individualisme, was die boer menslik, en het met groot gasvryheid vriend en vreemdeling in sy eenvoudige woning ontvang, wat vandag nog die geval is. Die pionier het graag hulp verleen aan ander, alhoewel hy so ver moontlik selfstandig en onafhanklik wou wees. Verder was hulle in isolasie verplig om meeste van hulle arbeid self te verrig. Die harde lewe in die binneland het die boere egter koppig en dwarstrekkerig gemaak, en daar het verskeie gevalle van onderlinge vyandskap en twis (oor bakens en leiwater) voorgekom.144 In die Koepel aan die Vrystaatkant was daar onlangs bure wat oor ’n toegangspad en die sluit van hekke (vir veiligheid) vasgesit het, en mekaar wou skiet.145

143 GPA, MO2, G. van Greuning (54), Parys 2008.06.04; GPA, MO2, E.J. de Agrela (64), Venterskroon 2011.05.25. 144 GPA, MO2, O. Basson (76), Parys 2011.05.14; GPA, MO2 S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2011.05.14. 145 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.09.29.

219

Brûe, spoor- en padverbindings Teen 1890 het die afwesigheid van brûe die handel en verkeer gestrem, en gevolglik die ekonomiese ontwikkeling van die Oranje-Vrystaat nadelig beïnvloed.146 Vanweë die eenvoudige aard van kommunikasiemiddels, het die Koepel-inwoners tog binne ’n selfstandige maar geïsoleerde area goed gefunksioneer. Die afsondering op die plase waar hulle op hulself aangewese was, het egter hul eiesoortige kultuur bevorder. Verder blyk dit dat die inwoners ten noorde van die Vaalrivier in ’n gunstiger posisie was ten opsigte van markte as die mense aan die Vrystaatkant (suid), aangesien Potchefstroom, Vereeniging en Johannesburg binne bereik van dié groep was om hulle produkte te verhandel.

Vanweë die feit dat daar doeanegeld by die driwwe gevorder was, het die regerings van die twee Boererepublieke die reg voorbehou om te besluit waar geskikte areas vir driwwe en landingsplekke op die rivieroewer is, waar vlotte bedryf mag word en waar driwwe gesluit moet word, tot groot ongerief vir die plaaslike inwoners wat daardeur benadeel is.147 Dienooreenkomstig is daar lank ná die sluiting van die Vaalrivierdriwwe in die studiegebied (1887) en Viljoensdrift (1895), weer ’n drif gesluit om hoofsaaklik die verkeer te reguleer, by name Kromdraaidrift 48 km (30 myl) stroomaf van Schoemansdrift (buite die studiegebied).148

Ná die Anglo-Boereoorlog het die finansiële insette vanuit Brittanje die infrastruktuur van Parys en omgewing verbeter. Daar is vanaf 1902 tot 1915 nuwe spoorverbindings gebou, waarna dorpe met die hoofspoorweg-netwerk verbind is. Verder is landbougebiede en besproeiingskemas ontwikkel, om werk te skep vir die verligting van armoede in die omgewing. Teen 1903 moes die boere in die Parys-omgewing 10 km wes na Vredefort se mark reis of heelwat verder na dié van Kroonstad, aangesien die Vaalrivier ’n versperring was na Potchefstroom, wat nie gedurende die reënseisoen veilig oorgesteek kon word nie. Ook het die spoorlyn tussen Vredefort en Johannesburg nie deur Parys geloop nie, en die transportkoste van die naaste stasie (Dover) na Parys was hoog. Ons kan aanneem dat daar verdere vooruitgang en ontwikkeling in Parys plaasgevind het ná die bou

146 J.C. Moll, Francis William Reitz en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, in Argiefjaarboek vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 1973, p. 111. 147 TAB, MCK, 1/19 [DRC 575/05] “Crown Land Holdings, Grants to Settlers,” in Crown lands Ordinance No. 57 of 1903, p. 5. 148 TAB, CS, 255 [2243/03] “Petition to have Kromdraai Drift on the Vaal River” 1903.01.20.

220

van ’n sylyn in 1905, teen ’n beraamde koste van £50 000,149 wat Parys met die hoofspoorlyn verbind het. Dit is noodsaaklik om daarop te wys dat daar geen spoorlyn deur die Koepel-bergland loop nie. Noord van die Vaalrivier is daar ’n spoorlyn oor Potchefstroom na Johannesburg, en suid van die Vaalrivier die hooflyn oor Kroonstad na Johannesburg. Daar kan aanvaar word dat die bergreeks ’n topografiese versperring gevorm het, wat waarskynlik veroorsaak het dat dit nie koste-effektief was om ’n spoorlyn deur die bergland te bou nie.

Die Unieregering het oral in die binneland, ook in die Koepelgebied, die infrastruktuur ná 1910 drasties verbeter, waarna die eerste motors in die dorpies Potchefstroom, Parys en Vredefort in gebruik gekom het. Ingrypende veranderinge was byvoorbeeld die konstruksie van groter en beter paaie, soos die nasionale pad oor Kroonstad, Vredefort en Parys, brûe en vulstasies. Die Anglo- Boereoorlog en langdurige droogte het in die Parys-omgewing, soos ook elders in die land, ’n groot armblanke-probleem veroorsaak. Soos reeds genoem, het die Vrystaatse regering ’n daadwerklike poging aangewend om werk te skep deur die behoeftige blankes as handearbeiders te gebruik vir die bou van die Dover-Parys- spoorwegverbinding, wat op 22 Desember 1905 voltooi is, asook die latere Parys- Vredefort-sylyn.150 Sommige plaas-eienaars in hierdie omgewing is uit nood gedwing om met pik en graaf op die spoorweë te werk, waar die stof oor hulle gesif het en die son hulle bloedrooi gebrand het.151

Gedurende die vroeë 20ste eeu het twee betonbrûe152 die besigste driwwe oor die Vaalrivier in die studiegebied vervang. Die een brug by Parys het dié dorp met die destydse Transvaal (Potchefstroom en Johannesburg), en die ander brug by Schoemansdrift het Vredefort in die Vrystaat met Potchefstroom verbind. Die kontrak om ’n wabrug by Parys te bou is aan die kontrakteur G.F. Warren toegeken.153

149 TAB, LTG, 30 [32/3] “RE Cost Government irrigation Scheme projected at Parys” 1903.05.02. 150 A.G. Oberholster, “Parys on the Vaal” in Contree, 3, 1978, p. 12. 151 C.M. van den Heever, Kromburg, p. 120; GPA, MO2, T.B. Lourens (63), Venterskroon 2011.05.25. 152 Let wel: die brug oor Skandinawiëdrift wat die Wes-Vrystaat met Potchefstroom verbind, val buite die area van die studie. 153 TAB, PWD, 1943 [6226/1] “Warren and Union Government Vaal River Bridge Parys” 17 April 1914; Mnr. George Frederick Warren is in Engeland gebore en het in 1898 na Suid-

221

Figuur 27: Die enkellaan-betonbrug met elektriese ligte by Parys (ca. 1915)154

Die bouwerk aan hierdie enkellaanbrug is op 30 Mei 1914 begin, maar ontevredenheid oor die kwaliteit van die bouwerk is meer as 14 keer deur die Departement van Openbare Werke geopper, waartydens die werk telkens tot halt geroep is en gevolglike verbeteringe onverhaalbare kostes vir die kontrakteur meegebring het.155 Die konflik tussen die boukontrakteur en die staat het selfs in die Hooggeregshof gedraai, aangesien die bouer aanspraak gemaak het op vergoeding vir sy addisionele kostes (as gevolg van die veranderings waarop die staat aangedring het), en die staat ’n boete op die bouer gehef het, omdat die projek ten spyte van ’n drie-en-’n-half-maande-grasie, ’n verdere 82 dae laat was.156 Volgens Warren was die vertraging buite sy beheer, aangesien die staat op veranderings aangedring het, die vloedtydperk bouwerk gestuit het en die meeste

Afrika verhuis as gevolg van gesondheidsprobleme, I. Andrew [email protected] Parysmuseum, epos 2012.02.09 aan C. Gouws [email protected]. 154 TAB, foto 24672 “brug oor die Vaalrivier by Parys”. 155 TAB, PWD, 1943 [6226/2] “Warren and Union Government Vaal River Bridge Parys” 1914.05.30 e.v. 156 TAB, PWD, 1943 [6226/2] “Vaal River Bridge Parijs Contractors claims, extracts from correspondence” 1916.09.13.

222

werkers tydens die 1914-Rebellie gedros het.157 Ten spyte van die staat se “onregverdige” heffing van ’n boete vir vakansiedae en Sondae (wat nie ’n werksdag is nie), het Warren die saak teen die staat met kostes verloor.158 Hy moes noodgedwonge sy plaas verkoop om die regskostes te dek.159 Die brug is op 24 Desember 1915 voltooi en op 12 Januarie 1916 geopen (Figuur 27), en het die vloei van verkeer tussen Transvaal en die Vrystaat merkbaar laat toeneem.160

Nadat die nuwe betonbrug oor die Vaalrivier by Parys in 1915 geopen is, het die dorpie aansienlik uitgebrei en gevolglik ook ’n handelsbloeitydperk beleef.161 Verder het die aankoop van motors ’n kettingreaksie meegebring, waardeur die omliggende streke se kultuur verander het. Die verbeterde paaie en vervoermiddels was ook tot voordeel van die boere wat vars produkte vir die mark gelewer het, aangesien Parys vir die boere van Lindequesdrif tot by Buffelshoek aan die destydse Transvaalkant van die Vaalrivier heelwat nader as Potchefstroom se mark was. By die aanvaarding al dan nie van ’n nuwe kultuurelement, geld daar gewoonlik ’n bepaalde norm of keuse. Indien die element ’n verbetering in die lewe van die gemeenskap sal beteken, soos die aankoop van ’n motor, trekker en dorsmasjien, word dit aanvaar. Die aankoop van motorkarre het gevolglik nie net ’n drastiese verbetering rondom vervoer (insluitend die bou van paaie en brûe in die omgewing) bewerkstellig nie, maar ook ’n kulturele omwenteling in die beplanning van huishoudings en die bou van woonstrukture meegebring. Eerstens is die landelike isolasiefaktor in ’n groot mate uit die weg geruim en het gereelde kontak met die dorpskultuur plaasgevind. Verder is die spoed waarteen daar gereis en sake afgehandel kon word aansienlik versnel, alhoewel die meeste mense in die landelike dele van die Koepel-omgewing teen 1930 nog met ’n perdekar dorp toe gery het.162 Daar was egter uitsonderings, soos in die geval van

157 Dit blyk dat daar heelwat rebelle in die omgewing van Parys bedrywig was en die konstruksie gevolglik tot stilstand gebring het in TAB, PWD, 1943 [6226/2] “Vaal River Bridge Parijs Contractors claims, extracts from correspondence” 1916.09.13. 158 TAB, PWD, 1943 [6226/2] “Vaal River Bridge Parijs Contractors claims, extracts from correspondence” 1916.09.13. 159 TAB, PWD, 1943 [6226/7] “Letter from George F. Warren to N.J. de Wet, Minister for Justice,” 1917.02.25. 160 J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, p. 37. 161 Die Algemene Handelaar M. Jalalpor se winkel is reeds in 1914 net voor die brug voltooi is, aan die Tvl.-kant van die bruglandingstrook gebou, GPA, MO2, I. Jalalpor (80), Parys 2010.11.19. 162 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, p. 44; S.L. Jansen van Rensburg, “Handgeskrewe geskiedenis van die Koepelplase” Barnardsrus, p. 1.

223

die Van Rensburg-gesin op Helena 780 IQ wat reeds in 1930 ’n Fordmotor besit het, en die Barnard-familie van Barnardsrus 1003 IQ wat in 1946 ’n nuwe Fordbakkie gekoop het en self ’n motorhuis daarvoor gebou het.163

Figuur 28: Van Rensburg-gesin (Kromdraai); Schoemansdriftbrug in aanbou (1937)164

Die kontrak om ’n brug oor die Vaalrivier verder stroomaf by Schoemansdrift (Figuur 28) te bou, is 22 jaar ná die bou van die brug by Parys aan die boukontrakteur Neil Mackay toegeken.165 Die mate van hierdie brug by voltooiing was 3 m (10 vt.) breed, met twee voetpaaie van ongeveer 60 cm (2 vt.) elk, en ’n randsteen van 30 cm (12 duim) hoog, aan beide kante.166

163 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, p. 47; S.L. Jansen van Rensburg, “Handgeskrewe geskiedenis van die Koepelplase” Barnardsrus, p. 1. 164 J.C.A. Jansen van Rensburg-fotoversameling, Kromdraai. 165 TAB, PWD, 733 [1533] “Union of South Africa Contractor’s Bill” 1937.02.16. 166 TAB, PWD, 733 [1533] “Letter from Secretary for PWD to acting Provincial Secretary” 1939.09.07.

224

Figuur 29: Die Schoemans van Nooitgedacht; Schoemansdriftbrug (ca. 1950)167

Tydens die bou van hierdie brug, wat 11 Oktober 1937 voltooi is,168 het daar ook ’n paar probleme opgeduik wat, soos met die bou van die brug bo-stroom by Parys, tot die uitstel van die voltooiing van hierdie kontrak gelei het. Eerstens het die weer nie aldag saamgespeel nie, en het die vloed aan die begin van 1937 die werk aan die brug met 51 dae vertraag.169 Verder het die staat aangedui dat die brug 90 cm (3 vt.) hoër gebou moes word, nadat die pilare van die brug reeds tot by die oorspronklike kontrakhoogte voltooi is. Die kontrakteur het ook sy misnoeë uitgespreek rakende die blanke arbeiders, nadat 18 uit die 20 werkers bedank het om te gaan oes,170 en hy volgens wet en sy kontrak verplig was om blankes in diens te neem.171 Verder het hy ook nie geweet waar om die nodige blankes op kort kennisgewing te vind om die bouwerk te voltooi nie, wat tot ’n verdere agterstand van 56 dae gelei het.172 Ná ’n vloed ’n paar jaar later is daar besluit om nie weer

167 G.P. Schoeman, Schoemanshof, Nooitgedacht fotogalery [Webwerf: http://www.schoemanshof.co.za] [Datum geraadpleeg: 2011.11.29]. 168 TAB, PWD, 733 [1533] “Telegram to PWD Pretoria” 1937.10.10. 169 TAB, PWD, 733 [1533] “Report on delay in completion of contract” 1937.02.19 & 1939.09.07. 170 TAB, PWD, 733 [1533] “Letter from Neil Mackay to PWD” 1937.04.24. 171 TAB, PWD, 733 [1533] “Letter from PWD to Secretary for Labour” 1937.04.29. 172 TAB, PWD, 733 [1533] “Report on delay in completion of contract” 1939.09.07.

225

handrelings (twee pype) aan te bring nie, aangesien dit net weer met die volgende vloed beskadig sou word. Hierdie brug (Figuur 29) is vandag nog ’n enkelspoorbrug, met ’n padoppervlak wat verkrummel, aangesien daar geen instandhouding plaasvind nie.

Dit is opvallend dat al bogenoemde Vaalrivierdriwwe deur slegs twee brûe vervang is. Ons kan aanneem dat die brûe die verkeersvloei met gemak dra en dat daar nie werklik ’n behoefte aan nog ’n oorgang oor die Vaalrivier bestaan nie. Daar is oor die jare ook verskillende hangbrûe vanaf die Vaalrivieroewer aan die Vrystaatkant na die eilande in die omgewing van Parys gebou om toegang tot die eilande te vergemaklik. In 1919 is byvoorbeeld ’n oorgangsbrug na Gholf- of Hang-eiland gebou.173 Verder is daar ook brûe opgerig na die twee grootste eilande waar daar ontwikkeling plaasgevind het. Die staalbrug na Groot Eiland dateer uit die 1950’s en is nog in gebruik. Gholfeiland se brug is ’n paar jaar later (1962) beplan, en ’n lening van R20 000 is vir die projek toegestaan.174 Die nuwe brûe is tydens vloed meestal onder water, terwyl die ouer brûe, soos dié na die eilande bokant die vloedwatervlak, staande bly. Ons kan hieruit aflei dat die vroeë brugingenieurs meer gesteld was daarop om die brûe bokant die 100-jaar-vloedlyn op te rig, as diegene wat deesdae brûe bou.

Om die motorverkeer te akkommodeer, is heelwat later ook kleiner brûe oor spruitjies in die omgewing opgerig. Een van hierdie kleiner brûe is “White Bridge” wat oor die Enzelspruit op die afdraaipad vanaf Potchefstroom na Venterskroon gebou is. Die brug is na ene mev. White vernoem op wie se grond die brug gebou is.175 Die oorspronklike laagwater-betonbrug is vandag nog sigbaar vanaf die nuwe brug. Die murasies van die ou geboue by die nuwe brug is egter onlangs verwyder. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het die Italiaanse geïnterneerde soldate (krygsgevangenes) wat in die Koepel op plase uitgeplaas is, ook ’n gekapte klipbruggie oor die Tijgerfonteinspruit met die hand gebou. Die boonste oppervlak van die grondpad oor hierdie brug is egter oor die jare deur stormwater weggespoel, gevolglik loop die reënwater oor in plaas van onder die brug deur. Verder is die spruitjie nie meer standhoudend nie en gras, bossies en selfs ’n boom is besig om die bruggie toe te groei en te beskadig. Dit is ongelukkig opvallend dat huidige ontwikkeling ook die vernietiging van ou

173 Datum op brug. 174 Parys-museum, plakboek met koerantknipsels, 1962.07.31. 175 GPA, MO2, J.J. Landman (75), Koedoeslaagte 2011.03.02.

226

strukture meebring, en dat daar min instandhouding van owerheidsweë aan die meeste paaie in die Koepel-omgewing gedoen word. Aan die Vrystaatkant is daar tog onlangs ’n stuk teerpad met ’n nuwe brug oor Tweespruit (wat vroeër op die plaasdiagramme as “Schulpspruit” aangedui is)176 gebou.

Dit is nodig om te meld dat die Vaalrivier nog nooit optimaal as verkeersweg in die Koepelarea benut kon word nie. Die rede is dat die watervlak by verskeie plekke te vlak is, bo en behalwe stroomversnellings, rotse en klippe, asook die keerwalle wat in die rivier gebou is om die water vir besproeiingsdoeleindes op te dam. Gevolglik is die rivier slegs bevaarbaar vir skuite en kano’s, en oor kort afstande vir motorbote. Vroeër jare is daar met ’n skuit na die eilande gevaar om vis te vang, of na die oorkant om vir jongmeisies te gaan kuier.177 Vrystaatse jongmans soos Louwtjie Jansen van Rensburg het op die vrystadium soms hul skuitjie geneem en oor die rivier geroei om by hubare meisies uit te kom. Vir Van Rensburg het die kuiery oorkant die rivier van tyd tot tyd probleme opgelewer. ’n Vol rivier, reënstorms, moeilike ouers, ’n skuitjie wat kantel en ’n spaan wat breek, kon hierdie jongman se kuier in ’n nagmerrie laat ontaard.178

Volgens die aanduidings op die ou Spoorwegkaart (Kaart 21), waarop die roete van die “Thornycroft”-spoorwegbus in rooi aangebring is, kan ons aflei dat die vroegste padverkeer hoofsaaklik vanaf Potchefstroom op die posroete na die studiegebied geloop het.179 Hier word aangetoon dat die busdiens van die Suid- Afrikaanse Spoorweë en Hawens (S.A.S. en H.) se roete vanaf Potchefstroom op die drifpad oor Schoemansdrift en Reitzburg na Vredefort in die Vrystaat geloop het, asook oor Koedoesfontein na die driftvoetpad oor die eiland180 by Parys.

176 Tweespruit wat by Grooteiland in die Vaalrivier loop is vernoem na die twee spruite Lesuto- en Schulpspruit wat bo-stroom byeenkom GPA, MO2, J.G.E. Fourie (75), Parys 2010.10.09. Op die ou kaarte word hierdie spruit egter as Schulpspruit aangedui TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 55-60, 1887.12.01; sien ook hoofstuk 5, Kaart 29. 177 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 178 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, p. 57. 179 TAB, kaart 2/4 “S.A.S. & H” s.a. 180 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 10-12, 1887.12.01.

227

Kaart 21: Die “Thornycroft”-spoorwegbus- en padnetwerk (ca. 1927)181

Dit blyk dat die oorspronklike posroete met die koms van busse en motorvoertuie later motorpaaie geword het. Hierdie paaie, behalwe die hoofpad tussen Parys en Vredefort, was en is nog steeds grondpaaie. Die padvervoer tussen noord en suid word nog steeds tot hierdie twee oorgange beperk, aangesien die Vaalrivier nie bevaarbaar is nie, en daar net twee brûe oor die rivier binne die studiegebied bestaan. Die hoofpaaie het sedert 1910 nog nie veel verander nie, aangesien instandhouding ná 1994 grotendeels gestaak is en die toestand van die paaie gevolglik agteruit gegaan het. Die reën wat slote spoel, gebrek aan instandhouding en die gereelde gebruik van die grondpaaie maak dit feitlik onbegaanbaar vir gewone motorvoertuie. Sommige boere in die omgewing doen self, waar nodig, herstelwerk op hierdie grondpaaie. Onlangs is die moontlikheid bespreek om die Reitzburgpad te teer, maar van die inwoners het kapsie gemaak, omdat hulle besorg was dat inheemse plante (orgideë) en bome deur die padbouers beskadig sal word, en toenemende verkeer die omgewing se landelike karakter en inwoners se stilte sal bederf.182 Ten opsigte van lugverkeer het die

181 TAB, kaart 2/4 “S.A.S. & H” s.a. 182 Anon., Vriende van die Koepel/Vredefortkoepel Bewarea-jaarvergadering, Ibalabala 2010.08.21.

228

Koepelarea slegs een vliegveld buitekant Parys, een geteerde aanloopbaan op ’n plaas by Koppieskraal, en een gras-aanloopbaan op die plaas Kromdraai.

Grenskwessies rakende die eilande in die Vaalrivier ’n Tweede grenskwessie (ná die genoemde Kliprivierse grensgeskil – sien hoofstuk 3) wat ná die heroprigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek na vore gekom het, was die kwessie aangaande die eilande in die Vaalrivier. Hierdie probleem het ontstaan deurdat die twee Boererepublieke deur die Vaalrivier as ’n grenslyn geskei is, maar onsekerheid bestaan het waar daar talle eilande soos by Parys in die stroom voorkom. Die Vrystaat wou die eilande en die rivier besit, en die Transvaal ook. Dit blyk uit die Eilandeverslag dat die belangstelling in die eilande hoofsaaklik sowel funksioneel as finansieel was.183 Eerstens was die eilande vir die aangrensende grondeienaars ’n waardevolle bron van brandhout, wat ’n skaars kommoditeit in die omgewing was, asook ’n goeie weidingsarea en vrugbare grond vir landerye. Die Boererepublieke kon voorts ook ’n inkomste uit die verkoop of verhuur van die eilande verkry.

Die eienaarskap van die eilande het ’n probleem geskep omdat daar onsekerheid bestaan het oor watter Republiek beheer daaroor gehad het. Die eilande is as strategiese verblyfplekke gesien en van tyd tot tyd deur plakkers bewoon, wat met onbeheerde houtkappery die natuurlike plantegroei verniel het.184 Tweedens het insidente van diefstal wat vanaf die eilande beplan en uitgevoer is, dit vir die oewerbewoners tot ’n oorlas gemaak. Derdens is vee geroof of aangehou wat met aansteeklike siektes besmet is, en ’n gevaar vir die Boere in die omgewing geword het. Vierdens het blanke inwoners, veral van Transvaal, wat vir kommandodiens opgeroep is, soms hulle toevlug tot die eilande geneem om diens te ontduik, aangesien die eilande oor die algemeen as neutrale gebied beskou is.185 Dit is te verstaan dat die waterskeiding vir hulle ’n gevoel van veiligheid geskep het. Eindelik het eienaars van plase in beide republieke op die eilande

183 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 5. 184 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 1. 185 K. du Pisani (red.), ’n Lewe in die Koepel: oom Louwtjie Jansen van Rensburg se herinnerings van sy belewenisse oor meer as 80 jaar, p. 28; R. Myburgh, Parys info Stoepstories – Parys ontwikkelingsforum [Webwerf: http://www.parys.info/discoverparys_stoepstories.htm] [Geraadpleeg: 2011.05.06].

229

geploeg en wanneer die water genoegsaam gesak het, hulle vee op die eilande laat wei.186 Sommige eilande, veral in die omgewing van Parys, is selfs betrek en as deel van sommige oewerbewoners se plase beskou.187

In 1879 het daar nog geen formele reëling oor die eilande bestaan nie.188 Soms is die eilande as neutrale gebied beskou om nie die vrede te versteur nie, en andersins is die middel van die rivier as grens beskou, soos aangedui op die diagramme van die oorspronklike Vrystaatse oewerplase. Die grondeienaars aan die noordekant van die Vaalrivier kon egter nie die middellyn van die Vaalrivier as grens eis nie, aangesien die grondgebied van die Z.A.R. met die ondertekening van die Sandrivierkonvensie in 1852 ten noorde van die Vaalrivier aangedui is. Plase wat aan die Vaalrivier grens, is gevolglik aan die noordekant van die Vaalrivier net tot aan die oewer opgemeet. Die oplossing van die eilandkwessie het op 20 April 1883 begin met ’n memorie (versoekskrif) van N.M.S. Prinsloo en sewe ander burgers van die wyk Vaalrivier, Potchefstroom-distrik.189 Teenoor hulle plase Rietpoort, Koppieskraal, Waterval, Koedoeslaagte, Brakfontein en Witkopfontein het ’n netwerk van eilande in die Vaalrivier gelê. Volgens die versoek van die ondertekenaars moes daar, met medewerking van die Vrystaatse regering, ’n kommissie van albei kante afgevaardig word om die eilande te inspekteer, te verdeel of indien dit nodig geag word, te verhuur om die genoemde probleme uit die weg te ruim.190

Volgens die Z.A.R. se staatsprokureur, Carl Ueckermann, het eilande in waterstrome volgens die Romeins-Hollandse Reg, aan die eienaar van die grond waaraan dit die naaste geleë is, behoort.191 Die Vrystaatse staatsprokureur, C.J. Vels, was egter van mening dat die Romeins-Hollandse Reg waarvan Ueckermann melding maak, net betrekking gehad het op riviere wat die skeiding tussen die grond van die inwoners van een staat aandui. Vels het gemeen dat hulle hier te

186 GPA, MO2, E. Bosch (57), Parys 2010.10.26. 187 Byvoorbeeld Degraafseiland; GPA, MO2, J.J.L. Venter (86), Waterval 2011.05.14. 188 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 6. 189 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 1. 190 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 1. 191 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 1.

230

doen het met die internasionale of volkereg.192 Waar ’n rivier ’n skeiding uitmaak tussen twee state, word die middel van die rivier as die grens beskou. As die stroom van die Vaalrivier verdeel en ’n eiland vorm, het elke staat hiervolgens die reg op die helfte van daardie eiland. Daar was gevolglik uiteenlopende sienswyses. Die Transvalers het die mening gehuldig dat die eilande die staat waaraan dit die naaste geleë is toekom, terwyl die Vrystaters gemeen het dat die middel van die stroom die skeidingslyn is (soos per diagram op hulle kaart en transport aangedui is). Gevolglik, so het die Vrystaters geredeneer, moes die eilande ook in die middel verdeel word. Die landmeter-generaal, J.C. Fleck, het in ooreenstemming met die Vrystaters gerapporteer dat die plase aan die suidekant van die Vaalrivier reeds in 1849 uitgereik is, en dat die gemeenskaplike noorderbaken beskrywe is as een groot klip “in het midden van de rivier Vaal,” en dat alle plase wat deur hom opgemeet en aan die Vaalrivier geleë is, tot in die middel van die rivier gemeet is “daar die rivieren beschouwd werden als onbevaarbaar”.193

Op 21 Mei 1885 is daar magtiging verkry vir die aanstelling van ’n Eilandekommissie volgens volksraadsbesluit (Z.A.R.), om die verdeling van die eilande te behartig.194 Staatsprokureur dr. W.J. Leyds en die Vrystaatse prokureur Abraham Fischer het egter bepaal dat die hoofstroom van die rivier die skeidingslyn moet wees, en dat geen grenslyn oor enige eiland getrek mag word nie.195 Gevolglik was die eerste taak van die kommissie om die hoofstroom of “Thalweg” van die rivier te bepaal.196 Die kommissie het in November 1887 met hulle werksaamhede by ’n eiland van 15 morg net onderkant Lindequesdrif begin.197 Die eilande is genommer, en soms is ’n groep eilandjies as ’n eenheid beskou en daaraan een nommer toegeken. Op die sketskaarte wat aangeheg is aan die verslag van die Eilandekommissie is die Transvaalse eilande in pienk en die

192 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 10. 193 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, pp. 10-11. 194 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 2. 195 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 18. 196 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren”, 1887.12.01. 197 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren”, 1887.12.01.

231

Vrystaatse eilande in geel aangedui.198 Hierdie kaarte is onderstebo geteken met suid (in plaas van noord) na bo. Volgens verdrag het die Z.A.R. in totaal 101 eilande van ongeveer 372 ha. (435 morg) en die Vrystaat 94 eilande van ongeveer 266 ha. (311 morg) gekry.199

Kaart 22: Likkewaan-eiland (eiland no. 10)200

Die eilande nommers 1 tot 5 is eilande wat tussen Lindequesdrif en Viljoensdrift201 verder stroomaf geleë was. Hierna volg eilande no. 6 tot 10 wat bo-stroom van die dam van Parys se keerwal lê. Eiland no. 10 (Kaart 22) wat bekend staan as Likkewaan-eiland is ongeveer 1,7 ha. (2 morg)202 groot en vorm deel van die

198 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren”, 1887.12.01. 199 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 6. Met die opmeting van die eilande het daar berekenings foute ingesluip, maar dit is tydens die grootskaalse opmeting van Suid-Afrika in 1902 ter voorbereiding van unifikasie gekorrigeer. 200 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 8-10, 1887.12.01. 201 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 2-5, 1887.12.01. 202 Hierdie mates is volgens skatting geneem, eers ná 1903 is begin om Suid-Afrika sistematies deur landmeters op te meet ter voorbereiding van unifikasie.

232

dorpsgronde van Parys. Dié eiland is “½ uur boven Parys” tussen Brakspruit aan die Transvaalkant en Parys se dam aan die Vrystaatkant geleë.203

Kaart 23: Sondag-, Gholf- of Hangeiland (eiland no. 11) en Boseiland (eiland no. 12)204

Die eiland no. 11, wat Sondageiland of Gholfeiland (ook Long Island) genoem is, is die tweede grootste eiland, ongeveer 42,8 ha. (50 morg), wat onderkant die keerwal, en ook deel van die dorpsgronde van Parys, “tegenover Parys” geleë was. Daar was vroeër (Kaart 23) ’n deurgangsroete, wat as “wagenweg” aangedui is, vanaf Doppiesdrift aan die Vrystaatkant oor hierdie eiland na die destydse Transvaal.205 Reeds vóór 1883 is ’n sloot regoor hierdie eiland, in opdrag van die meulenaar Jacob Muller van Parys, gegrawe om water na sy meule te lei.206 In

203 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, lijst van de eilanden, welke door de twee Commissies aan de Transvaal en Oranje-Vrijstaat toegekend zijn. 204 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 10-12, 1887.12.01. 205 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 10-12, 1887.12.01. 206 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 15.

233

1919 is ’n hangbrug (Figuur 30) vir voetgangers aan die einde van Boomstraat na hierdie eiland gebou, en gevolglik is daar ook na Hangeiland verwys. 207

Figuur 30: Die hangbrug vanaf Gholfeiland (Vaalrivier), Parys (1919)208

Die doel van hierdie hangbrug was hoofsaaklik om die eiland as vermaaklikheidsoord te ontwikkel, en dit het in die proses die mees bekende foto van Parys geword.209 Sommige inwoners se koeie het vroeër ook op hierdie eiland gewei, en daar is gevolglik ook van “Koei-eiland” gepraat.210 Neels van Rensburg, verslaggewer van die destydse Parys Post op Parys, het glo elke middag met ’n bootjie na die eiland geroei om sy twee koeie op die eiland te gaan melk.211 Hierdie eiland, die destydse feesgronde, is ook vir 10 jaar deur die Gereformeerde Kerk van Parys by die munisipaliteit gehuur. Toegang tot die eiland is oorspronklik deur ’n vlot, en later met ’n enkellaanbrug bekend as Doppiesdrift se brug,

207 Datum op brug; in ’n brosjure oor Parys (1952) word daar melding gemaak van die golfbaan wat deur ’n “skilderagtige hangbrug” met die rivieroewer verbind is in J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, pp. 37, 43. 208 TAB, foto 24673 “Suspension Bridge Vaal River Parys”. 209 Anon., Parys Museum info Islands in the Vaal [Website: www.parysmuseum.co.za] [Accessed: 2012.06.03]; J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, p. 37. 210 GPA, MO2, J.J.L. Venter (86), Waterval 2011.05.14. 211 GPA, MO2, J.J.L. Venter (86), Waterval 2011.05.14.

234

verkry.212 Verskeie Christelike kampe en seminare is ook daar gehou. Die eerste nege-putjie-gholfbaan vir Parys is hier op die eiland uitgelê, en later het ’n hangbrug, ’n restaurant, asook tennis- en muurbalbane gevolg. Vandag spog dié eiland met ’n ontwikkeling, bekend as Parys Golf & Country Estate, met ’n 18- putjie-gholfbaan, erwe, huise, sportfasiliteite en nog ’n hangbrug oor Oudewerfspruit.

Gedurende die afgelope paar dekades het daar ook elders eiendomsontwikkelings in waterkantgebiede213 soos op die eilande in die Vaalrivier plaasgevind. As gevolg van ’n gebrek aan die toepassing van bouregulasies in hierdie area, het ontwikkelaars – ondanks waarskuwings deur oud-inwoners van Parys – strukture op genoemde eilande onder die 100-jaar-vloedlyn gebou, wat reeds verreikende gevolge gehad het. Met die laaste vloed was die huise en hulle verbindingsweë byvoorbeeld onder water, terwyl sommige mense van hul dakke gered moes word en ander nie weer by hulle wonings kon kom nie.214 Daarby het hierdie ontwikkeling langs die rivier ook die vloedgevaar verhoog, aangesien strukture soos boothuise en grasdakstrukture onbelemmerd stroomaf gespoel het.215

Die Eilandekommissie het eiland no. 12, ’n redelike groot een, wat Boseiland (ook Woody Island) genoem is en stroomop van die keerwal by die Mimosa-tuine teenoor Rietpoort (Tvl.) en die Parys se dorpsgronde (O.V.S.) geleë is, aan die Vrystaat toegeken. Dié eiland was baie ruig en bebos, vandaar die naam Boseiland. Die “Oudedrift” (ook bekend as Twisdrift) het van hierdie eiland na Parys geloop en “driftvoetpad” is dienooreenkomstig op die eiland aangetoon.216 Dit was vir baie jare ook ’n gesogte vakansie-bestemming en die hartklop van Parys, veral nadat rondawels vir toeriste daar opgerig is.217 Daar is ook na hierdie eilande as die “groen eilande” van die Vaalrivier verwys.218 In 1909 is daar by

212 GPA, KOR2, “Businesses & Accommodation in and around Parys: Maps of Parys and surrounding area” 2003/2004. 213 Soos byvoorbeeld die marina ontwikkelings by die V&A Waterfront, Century City en Grangerbaai in Kaapstad, die Royal Alfred-marina in Port Alfred en die St. Francisbaai- marina aan die Kaapse kus, Hartbeespoortdam, asook Vaalmarina in die binneland. 214 GPA, MO2, S.H.F. de Jager (59), Parys 2011.01.26. 215 GPA, MO2, A.G.H. Kotzé (65), Helena 2011.02.05. 216 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eilande no. 10-12, 1887.12.01. 217 Die skilder Erich Mayer het gedurende Desember 1920 daar vertoef in V.E. d’Assonville, Totius-Profeet van die Mooirivier: ’n lewensskets van prof. dr. J.D. du Toit, p. 73. 218 TAB, foto 24799 “Free State Scenery, The Green Islands of the Vaal, Parys.”

235

Mimosa-tuine ’n bootklub gestig wat bote aan toeriste verhuur het om op die Vaalrivier en na hierdie eilande te roei. By die eilandgroepe no. 11 en 12 by Parys is opmeting tydens die laagste waterstand in Junie 1888 gemaak om die hoofloop (grenslyn) te bepaal, aangesien daar onsekerheid oor die posisie van die hoofstroom was.219 President Paul Kruger het egter die probleem van die hoofstroom opgelos deur ’n bottel toe te kurk en in die middel van die rivier los te laat. So het hy dan bepaal waar die hoofstroom is en sodoende die grens tussen die twee republieke vasgestel.220 Hierdie laasgenoemde twee eilande, wat teenoor die dorp geleë is, behoort sedert 1906 aan die munisipaliteit van Parys. Steynseiland is ’n klein eiland teenoor die Vrystaatkant van Boseiland en Mimosa- tuine, en was een van die gewilde piekniekplekke by Parys.221 Een van die eilande wat vroeër deur eienaars aan die Transvaalkant van die Vaalrivier vir weiding gebruik was, is Bokeiland wat stroomaf van die betonbrug oor die Vaalrivier by Parys, teenoor Koppieskraal lê.222

Transvaal het die toekenning van die grootste eiland 154 ha. (180 morg) in die Vaalrivier, by name Grooteiland (nr. 13) wat “½ uur onderkant Parijs” geleë is, verkry.223 Aan die Transvaalkant daarvan is die plaas Koppieskraal en aan die Vrystaatkant dra die betrokke plaas ook die naam Grooteiland (Kaart 24).

219 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 4. 220 L. Venter, “Parys se eiland-prag” in Parys Gezette, 2010.11.04. 221 J.H. van Eeden, Parys 1876-1976: die geskiedenis van Parys, p. 40. 222 GPA, MO2, E. Bosch (57), Parys 2010.10.26. 223 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, Lijst van de eilanden, welke door de twee Commissies aan de Transvaal en Oranje-Vrijstaat toegekend zijn; TAB, SS 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eiland no. 13, 1887.12.01.

236

Kaart 24: Grooteiland (eiland no. 13)224

In April 1889 het mnr. N.M.S. Prinsloo, eienaar van die plaas Koppieskraal, die Transvaalse regering versoek om hierdie eiland aan hom te verkoop, wat teenoor sy buurman Andries Müller se plaas geleë is. Prinsloo se versoek om hierdie eiland van ongeveer 68,5 ha. (80 morg), wat hy bewerk het, as deel van sy plaas op sy burgerreg toegeken te kry, is eers met die uitreiking van ’n grondbrief van die staatsekretaris goedgekeur, maar later weer deur die Uitvoerende Raad van die Z.A.R. teruggetrek, omdat die eiland nie aan sy plaas gegrens het nie.225 Hierdie eiland is onder no. 502 IQ in die Potchefstroom-distrik geregistreer, en op 3 Augustus 1897 aan die Gereformeerde gemeente, Potchefstroom toegeken.226 In 1960 het hierdie eiendom in private besit gekom en is dit volgens een van die boorlinge in die omgewing ’n hele paar keer verkoop.227 Eerstens aan mnr. Frits Pistorius, die oupa van mnr. Koos Uys, wat die derde geslag is wat op die plaas Grooteiland 35 bly. Pistorius het die eiland aan Harry Eksteen verkoop, wat dit later aan mnr. Hendrik Schutte (wat bentoniet tussen Parys en Koppies ontdek het)

224 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eiland no. 13, 1887.12.01. 225 TAB, SS, 2255 [R2007/90] “RE Compensatie Burgerrechten vraagt toekenning Eilande in Vaalrivier” 1890.01.13, 1896.09.17 & 1896.11.16. 226 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 45. 227 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, pp. 1, 2.

237

verkoop het. Hendrik, wat ’n groot woning op die eiland laat bou het, het vir mnr. Piet Ackerman in 1969 opdrag gegee om ’n hangbrug vir voertuie vanaf Pistoriusrust na die eiland te ontwerp en te bou.228 Mnr. Lukie Coetzee, ’n sakeman van Krugersdorp, was die volgende eienaar, en hy het begin met die ontwikkeling van die eiland. Vandag huisves die eiland die Vaal de Gráce- gholflandgoed met ’n staalhangbrug en ’n 18-putjie-gholfbaan.229

Kaart 25: Degraafseiland (eiland no. 14) by Rensburgsdrift230

Verder stroomaf, in die omgewing waar die slag van die Vaalrivier plaasgevind het, is eiland no. 14 (Kaart 25) ongeveer “1½ ure onderkant Parys by Rensburgsdrift”,231 wat die derde grootste eiland in die Vaalrivier is, en destyds op ongeveer 43 ha.

228 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, pp. 1, 2. 229 Hierdie brug is die langste (1,3 km) hangbrug in die suidelike homosfeer wat in privaatbesit is, R. Myburgh, Parys Museum info [Webwerf: www.parysmuseum.co.za] [Geraadpleeg: 2012.06.03]. 230 TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eiland no. 14, 1887.12.01. 231 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, Lijst van de eilanden, welke door de twee Commissies aan de Transvaal en Oranje-Vrijstaat toegekend zijn.

238

(50 morg) geskat is.232 Hierdie eiland, wat bekend staan as Degraafseiland, Graaf se Eiland of Graffeiland, was voorheen die veearts prof. Graff van Pretoria se eiendom, en is vir baie jare verhuur aan mnr. Cerneels Schoemand en later aan Syd Gibbon.233 Die eiland se naam het in die volksmond van Graff (eienaar se van) na Graaf en Degraaf verander, en is so op die huidige streekskaart aangedui. Aan die Transvaalkant is die plaas Koppieskraal en aan die Vrystaatkant Witbank 166 IQ. Volgens een van die inwoners in die omgewing is die eiland saam met die plaas Witbank in 1944-1945 deur die Ossewa-Brandwag-organisasie aangekoop.234 Dié eiland is voorts aan een van die bekendste inwoners van hierdie kontrei, J.F. Jansen van Rensburg (Lang Hans), wat leier van die Ossewa-Brandwag-beweging was, as ’n woonplek geskenk.235 Toegang tot die eiland is met ’n vlot oor die rivier vanaf Witbank aan die Vrystaatkant verkry. Aan hierdie kant was die vasmeerplek waar daar ook ’n klok was, wat gelui is sodat die vlot of ’n roeiboot oorgestuur kon word om besoekers te kom haal. Ben Keulder het hierná op die eiland gebly en plante daar gekweek vir sy kwekery op Parys, totdat die eiland saam met Witbank 166 IQ aan dr. James Jordaan, ’n uroloog van Pretoria, verkoop is.236 Uit laasgenoemde se boedel het Schalk Duvenhage van Potchefstroom die eiland gekoop. Hierna het ’n buurman, wyle mnr. Tol Swart, ’n toegangsbrug vanaf sy plaas na die eiland gebou. Reg oorkant die plaas Kommandonek by “Witrand se punt” en die ou pad se nek, is ’n groot eiland wat maklik van die Transvaalkant bereik kan word. Gevolglik het die eienaar aan die Transvaalkant (vandag

232 Die vroeë opmeting van dié eiland blyk onakkuraat te wees, TAB, SS, 972 [R 441/87] “Notulen van de Commissie voor verdeling der Eilande in de Vaal rivieren” met skets-kaart van eiland no. 14, 1887.12.01. 233 L. Venter, “Parys se eiland-prag” in Parys Gezette, 2010.11.04. 234 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, p. 13. 235 Die gedagte aan die Ossewa-Brandwag-beweging (OB) lê in 1935, toe daar deur Vrystaatse Afrikaans-sprekendes in militêre kringe begin is met die stigting van plattelandse regimente (geskoei op die Voortrekkers se kommandostelsel) in ’n poging om die Unie se verdedigingsmag te verafrikaniseer, verder het die beweging veral momentum gekry, tydens die eeufeesvieringe van die Groot Trek en die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument te Pretoria, waartydens daar ’n groot gees van nasionalisme onder die Afrikaners teenwoordig was. Die OB wat pro-Duits was, het teen September 1939 sterk weerstand gebied teen Suid-Afrika se deelname aan die kant van Brittanje in die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945), in P.J.J. Prinsloo, Kultuurbeeld van die Ossewa- Brandwag 1938-1952 (M.A.), pp. 12, 16, 26. 236 Volgens die diagram van die onderverdeling van Witbank was dié eiland nie deel van die plaas nie CSG, Witbank 166 IQ, 50/C/1905 [Website: http://csg.dla.gov.za] [Accessed: 2011.10.12].

239

Eldorado) die eiland benut deur sy bokke daar te laat loop.237 Daar is egter nog nooit enige strukture opgerig nie, omdat die eiland gewoonlik gedurende die reënseisoen onder water is.238

Tydens die eilandverdelings is die klein eilandjies tussen Parys en Groot Eiland, en Groot Eiland en Rensburgdrif, gelykop verdeel tussen die Vrystaat en Transvaal. Verder is die volgende eilande aan die Oranje-Vrijstaat toegeken: een eiland (nr. 64) teenoor Koedoesfontein en Witbank “onderkant Rensburgsdrift, 10 minuten boven Vurensdrift”, twee eilande (no. 66 en no. 68) tussen “Koedoeskloof”239 en Schurwedraai “1 uur boven Venterskroon”, eiland no. 69 teenoor Buffelskloof en Aasvogelrand “10 minuten boven Venterskroon bij de drift” (moontlik die posman se drif), eiland no. 71 teenoor Rooirand240 en Witklipfontein “½ uur onderkant Venterskroon”, ook eiland no. 15 by Nooitgedacht, en een eiland (no. 16) teenoor Kromdraai en Welkom “1½ uur boven de Wetsdrift”.241 Aan die Zuid-Afrikaansche Republiek is weer die volgende eilande toegeken: eiland no. 7 en eiland no. 8 teenoor Rietpoort en die Parys-dorpsgronde “½ uur boven Parys, by mond van Brakspruit”, een klomp klein eilande by die dam van Parys by eilande no. 11 en no. 12, eiland no. 57 (10 eilande) teenoor Koppieskraal “¼ uur onderkant Parys,” eiland no. 60 (4 eilande) teenoor Koppieskraal en Witbank “½ uur boven Rensburgsdrift”, een eiland (no. 65) teenoor Koedoesfontein en Witbank “¼ uur onderkant Rensburgsdrift”, eiland no. 67 teenoor Koedoeskloof en Schurwedraai “1 uur boven Venterskroon, 600 tree boven Vurensdrift”, en een eiland teenoor Rooirand en Witklipfontein “½ uur onderkant Venterskroon”.242

Nadat die werk van die Eilandkommissies van die twee state en die opmetingswerk van die landmeters voltooi is, is die Vaalriviereilande-traktaat op 12 Maart 1895 deur president S.J.P. Kruger en waarnemende staatsekretaris, C.

237 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (82), telefoongesprek 2012-03-19. 238 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (82), telefoongesprek 2012-03-19. 239 Teenoor die plaas Koedoeslaagte. 240 Wisselvorm vir Rooderand. 241 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, Lijst van de eilanden, welke door de twee Commissies aan de Transvaal en Oranje-Vrijstaat toegekend zijn. 242 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, Lijst van de eilanden, welke door de twee Commissies aan de Transvaal en Oranje-Vrijstaat toegekend zijn.

240

van Boeschoten, namens die Zuid-Afrikaansche Republiek,243 en op 22 April 1895 deur waarnemende staatspresident, P.J. Blignaut, en waarnemende goewermentsekretaris, H.W. Bell, namens die Oranje-Vrystaat,244 onderteken en bekragtig. Die Vaalrivier-grenskwessie is na onderhandelinge wat oor 12 jaar gestrek het, opgelos. Hiervolgens is daar ooreengekom dat die twee oewers van die Vaalrivier die grenslyn en lyn van jurisdiksie tussen die twee state sou wees, en waar daar eilande was, behalwe by Parys en Christiana, sou die grenslyn die hoofstroom van die rivier wees, soos aangedui op die twee landmeters se sketskaarte.245 Hierdie verdrag toon aan hoe ’n kwessie tussen die twee Boererepublieke op vriendskaplike grondslag opgelos is, en ook hoe die beginsels van die internasionale reg as basis vir die oplossing aangewend is. In die ondersoek na hierdie probleem word ook lig gewerp op die werkwyse van die regeringsliggame van die twee republieke.246 Indien daar ’n probleem opgeduik het, het ’n paar burgers ’n versoekskrif of memorie opgestel en dit aan die regering gestuur. Dit is dan aan die Volksraad voorgelê, en daarna volg ’n skrywe van die Uitvoerende Raad aan die regering van die ander staat, wat dienooreenkomstig ook sy Volksraad raadpleeg. Regsadvies word dan ingewin, kommissies word wedersyds aangestel en ontmoet mekaar, ’n rapport word uitgebring en weer deur die onderskeie Volksrade en regeringsliggame behandel, en sodoende word daar tot ’n oplossing gekom wat wedersyds aanvaar word.

In 1892 is onwettige houtkappers gevang en weens diefstal aan die Vrystaatkant aangehou. Daar is ook, volgens ’n Transvaalse Volksraadsbesluit van Augustus 1893, besluit om eilande weer aan burgers op grond van hulle burgerregte toe te ken, op voorwaarde dat die eilande aan die bestaande plase grens.247 Op die sketse wat as aanhangsel tot die verslag van die Vaalrivier-eilandkommissie

243 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 37. 244 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 37. 245 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, p. 8. 246 J.H. Breytenbach (red.), Notule van die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek 1844- 1850 in Suid-Afrikaanse Argiefstukke, Z.A.R., 1; J.H. Breytenbach (red.), Notule van die Volksraad van die Suid-Afrikaanse Republiek 1854-1858 in Suid-Afrikaanse Argiefstukke, Z.A.R., 3; J.H. Breytenbach & W.B. van der Vyver (reds.), Notule van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat 1854-1855 in Suid-Afrikaanse Argiefstukke, O.V.S., 1. 247 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.25, pp. 8, 9.

241

opgetrek was, is die eilande wat aan die Vrystaatkant geleë was, soos eilande no. 66 en no. 68, by Schurwedraai 382 as deel van daardie plaas beskou.248

Nadat die eilande-traktaat in 1895 bekragtig is, is mnr. M.J. Prinsloo as ’n opsigter aangestel om die eilande te inspekteer. Daar is in 1896 magtiging deur die Volksraad van die Z.A.R. gegee om sommige eilande te koop aan te bied, maar dit is later in die jaar uit die mark onttrek.249 Oewerbewoners, soos mnr. J.J. Fouché, wat sy drinkwater vanaf ’n fontein op een van die eilande (wat oorspronklik deel van sy plaas was) opgevang het, kon nie bekostig om ’n eiland te verloor nie, en het gevolglik die gebruik van die eiland behou.250 Die eilande in die omgewing van Parys is ná die goedkeuring van ’n resolusie van die Z.A.R. se Uitvoerende Raad op 23 April 1906, ook aan sommige van die grondeienaars van die aangrensende plase verhuur.251 Op hierdie wyse is eiland no. 34 en die aangrensende klein ongenommerde eilande vir ’n tydperk van 21 jaar teen £6 per jaar aan mnr. H.H. Forbes verhuur.252 Sommige oewereienaars wat hierdie 21-jaar-huurooreenkoms met die staat onderteken het, kon egter nie die jaarlikse huur bybring nie, waarna hulle die gebruik van ’n betrokke eiland verbeur het.253

Die eilande se waarde was op daardie stadium hoofsaaklik ’n funksionele een gewees. Hulle was behalwe goeie weiding vir vee en diep grond vir landerye, ook ’n nuttige bron van hout, wat besonder skaars in die omgewing was.254 Veldkornet N. Prinsloo het juis ’n brief aan die “Minister van Landen” gerig waarin hy gekla het dat groot hoeveelhede groenhout op die eilande gekap word en dit die eilande, volgens hom, “waardeloos” maak.255 Daarin het hy ook die voorstel van J. van Rooyen, dat die eilande verkoop moet word of dat andersins ’n opsigter oor die eilande aangestel behoort te word om die eilande op te pas en van vernietiging te red, aan die minister oorgedra. Hieruit blyk dit dat al die probleme

248 VAB, AKT, Landmeter-Generaal O.V.S. se brief aan “The Secretary for Lands, Pretoria”, 1929.12.03. 249 TAB, SS, 971 [R 3924/84] “Goeverments Kennisgeving” 1896.01.20. 250 P.C. Grey, Eilande in die Vaalrivier: die oplossing van ’n grenskwessie tussen die Suid- Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat 1884-1895, p. 44. 251 TAB, MM, 122 [CM 1601/06] “Lease of Islands in Vaal River Potchefstroom” 1906.04.23. 252 TAB, MM, 122 [CM 1601/06] “Lease of Islands in Vaal River Potchefstroom” 1906.04.23. 253 TAB, MCK, 1/37 [MCC 642/09] “Island no. 35 Vaal River Wolmaranstad” 1909.06.30. 254 TAB, CS, 646 [7198] “Surveyor-General’s Department, precis of minute R3924/’84, re Vaal River Islands” 1906.04.23, p. 5. 255 SAB, LDE, 248 [1757] “Woodcuttings on Islands in the Vaal River” 1908.08.13.

242

rakende die eilande 13 jaar nadat die eilandtraktaat onderteken is, nog nie opgelos was nie. Beide state het hul ook aan die eilande se vernietiging skuldig gemaak. Daar was byvoorbeeld klagtes dat Vrystaatse burgers bome afkap op die eilande wat, sedert die verdeling, aan Transvaal behoort het. Gevolglik is een oortreder wat hout op ’n Vrystaatse eiland gekap het, deur Parys se munisipale amptenare beboet, aangesien ’n kroongrondbrief, wat in 1906 uitgereik is, bepaal het dat die eilande aan die Vrystaatkant aan die Munisipaliteit van Parys behoort.

Vanweë die strategiese posisie van die eilande naby Parys, is hulle selfs gedurende die Anglo-Boereoorlog deur die Boere as skuilings benut, en skerpskutters het nie net in die heuwels nie, maar ook in die beboste Vaalrivier-eilande geskuil. Ná die Anglo-Boereoorlog het die prospekteerwerk vir diamante in die Vaalrivierbedding en oral op die eilande, vanaf Lindequesdrift tot Grootedrift, momentum gekry. Hierdie diamantdelwerye langs die Vaalrivier, wat reeds vanaf 1870 stroomaf by Klipdrift (Barkley-Wes) in bedryf was, het as die Vaalrivierdelwerye (Vaal River Diggings) bekend gestaan.256 Op die eilande in die omgewing van Parys is daar in 1906, volgens die verslag van die -distrik se myninspekteur, neerslae van 2-4 m (6-13 vt.) diep in die kompakte gruis van die Vaalrivieroewer gevind.257 In hierdie verslag word ook melding gemaak van ’n groot hoeveelheid diamante wat stroomaf spoel en gevolglik verlore gaan, asook van die ou bome op die eilande wat die delwers in die prospekteerproses pla. Hierin word ook melding gemaak van die sorteermasjien wat ene mnr. Lawry ontwerp het om die hoëgraadse diamante van die gruis te sorteer. Hierdie masjien wat vanaf een van die eiland bedryf is, is op die patent van ’n (tube mill), wat met behulp van water aangedryf is, gebaseer.258

Die munisipaliteit van Parys het teen 1927 by die Departement van Mynwese en Nywerheid gekla oor die prospekteerdery op die eilande by die dorp.259 In hulle brief het hulle onder andere gekla oor die eiland-delwerye wat die natuurlike plantegroei beskadig. Hulle het aangevoer dat daar grootskaalse erosie sou plaasvind en dat die jaarlikse vloede die eilande gevolglik sou wegspoel. Hulle het ook geredeneer dat Parys baie geld aan toerisme bestee en dat die delwery die

256 TAB, LTG, 155 [137/5] “Diamonds Vaal River Diggings” 1906; M. de Beer & B.J. Barker, The past: South Africa in photographs 1843-1910, pp. 157-159. 257 TAB, MM, 125 [CM 1833/06] “Report on Klipspruit Vaal River Diamonds” 1906.07.17. 258 TAB, MM, 125 [CM 1833/06] “Report on Klipspruit Vaal River Diamonds” 1906.07.17. 259 SAB, MNW, 891 [1427/27] “Parys Municipality complaintive prospecting for diamonds Island 42” 1927.07.09.

243

natuurlike skoonheid van die eilande in die Vaalrivier by die dorp sou vernietig, tot nadeel van die betrokke bedryf. Hulle het versoek dat die lisensies wat reeds aan prospekteerders verskaf was, summier teruggetrek moes word. Die Departement van Mynwese het egter geweier om die lisensies terug te trek, maar het eerder in die Government Gazette (nr. 1468) van 26 Augustus 1927 magtiging verleen vir delwery op alle kroongrond in die Transvaal “insluitend die eilande in die Vaalrivier”, op voorwaarde dat delwers oor die nodige lisensies beskik.260

In die omgewing van Lindequesdrift is daar teen 1930 ’n versoek van een van die oewerplaas-eienaars aan die staat gerig om vir diamante in die Vaalrivierbedding te delf en op eilande aangrensend aan sy plaas wat nie op die landkaart aangedui is nie.261 Die kantoor van die Mynkommissaris te Klerksdorp het bevestig dat hierdie grondeienaar se plaas tot by die oewer van die rivier aan die Transvaalkant strek,262 dat die rivier se bedding onbewoonbare, onvervreembare kroongrond is waarop prospektering verbied word, en dat ’n versoek om in die bedding aan die Vrystaatkant te delf aan die Mynkommissaris te Bloemfontein gerig behoort te word.263 In 1911 is daar reeds gestipuleer dat die oewerbewoners toegang tot die gebruik van die rivier se water het, maar dat die rivierbedding aan die staat behoort.264

Die eilandprobleem, wat aanvanklik as ’n grenskwessie tussen twee state beskou is, het in wese eerder oor besitreg gegaan. Die oewergrondeienaars wou die grondwaarde van hulle plase verhoog en voordeel uit die eilandoppervlak trek, terwyl die state eerder die inkomste, wat die verkoop of verhuur van die eilande vir die staatskas kon genereer, in gedagte gehad het. Verder was die grondeienaars besorg oor die volhoubaarheid van houtkappery wat die eilande verniel, asook oor hulle eie veiligheid, aangesien die eilande skuilplek vir diewe en plakkers gebied het, terwyl die staat geen begrip daarvoor gehad het nie. Nadat diamante op groot skaal in die rivierbeddings by die eilande ontdek is, het die

260 SAB, MNW, 891 [1798/27] Koerantknipsel “Gazette 26/8/27.” 261 TAB, MCK, 2/10 [MCC 216/29] “Prospecting for precious stones in the bed of the Vaal River” 1930.06.30. 262 Reeds in 1909 is bepaal dat die plaasgrens die oewer van die rivier gedurende die droë seisoen is in TAB, MCK, 1/35 [MCC 241/09] “boundaries of farms on the Vaal River” 1909.02.02. 263 TAB, MCK, 2/10 [MCC 216/29] “Prospecting for precious stones in the bed of the Vaal River” 1930.06.30. 264 TAB, MCK, 1/47 [MCC 457/11] “Prospecting on Baviaanskranz 90 Vaal River bed” 1911.07.20.

244

regering egter hernude belangstelling getoon, aangesien delwerylisensies ’n ekstra inkomste vir die staat gegenereer het. Oor die kwessie van bewaring van die eilandplantegroei en die bedreiging wat gronderosie ingehou het, het die staat egter ’n onbetrokke houding ingeneem.265

Die rol van klimaat Droë omstandighede het ’n belangrike rol gespeel in die vestiging van vroeë Midde-Oosterse volke langs riviere, waar hulle besproeiing kon beoefen. Daarby kan natuurelemente, soos droogtes, die tempo van ingrypende kultuurverandering versnel, aangesien dit veroorsaak dat mense keuses moet maak om te kan oorleef.266 Dit was ook die geval in die studiegebied.

Droogte, die lewe het gewyk uit die Koepel Soos reeds genoem, was daar sedert die Laat-Steentydperk golwe van vestiging in die studie-area wat periodiek op die water van die Vaalrivier aangewese was. Ons kan aanneem dat hierdie mense drinkwater en water vir liggaamlike reiniging benodig het. Die rivier het dus hoofsaaklik ’n funksionele doel gedien. Soos reeds elders vermeld, het die San die Vaalrivier as ’n natuurlike hulpbron gesien. Hulle het vanaf die droë westelike dele van die land al langs die rivier, d.w.s. ook deur die Koepel-omgewing, na die meer waterryke Drakensberg getrek. Die migrasie van die Nguni en Tswana uit Oos-Afrika kan ook direk aan die klimaat gekoppel word, aangesien daar gedurende 1000-1300 n.C. droogte-toestande in Oos-Afrika was, terwyl suidelike Afrika ’n tydperk van goeie reëns ervaar het.267 Hierdie mense van die Laat-Ystertydperk, wat gewasse geplant het en groot troppe vee besit het, het water op ’n ander manier gesien as diegene uit die Steentydperk. Daarby was hulle vestigings in die studie-area permanent, en het hulle water hoofsaaklik vir suipdoeleindes van hulle veestapels asook vir hulle gesaaides en smelterye benodig. Voorts kan ook beide die Difaqane en die Groot Trek (snelle

265 SAB, MNW, 891 [MM1427/27] “Parys Municipality complaintive prospecting for diamonds Island 42 in Vaal River Parys (Transvaal side)” 1927.07.02. 266 J. Oosthoek, Environmental history: a transatlantic perspective conclusion 2009.09.07 [Website: http://www.eh-resources.org/podcast/podcast2009.html] [Accessed: 2010.05.07]; J. Oosthoek, Historical climatology and cultural memory of extreme weather events podcast 29, 2009.12.15 [Website: http://www.eh- resources.org/podcast/podcast2009.html] [Accessed: 2010.05.07]. 267 N. Parsons, “South Africa in Africa more than five hundred years ago: some questions” in N. Swanepoel et al., Five hundred years rediscovered, p. 47.

245

migrasie-prosesse) toegeskryf word aan die groot droogtetoestande wat gedurende die eerste kwart van die 19de eeu in die suidelike dele van Suid-Afrika geheers het.268

Volgens die digter, T.T. Cloete, wat self ’n boorling van die Vredefortkoepel is, het Jochem van Bruggen (1881-1957) met sy noukeurige waarneming en getroue uitbeelding van die onmiddellike en waarneembare werklikheid, die effek van intense droogte in die Koepel-omgewing, goed beskryf.269

Verlep deur ’n broeiwarme son ... dooierig in die lank-uitgerekte holte van ’n breërug-bulteveld. Dooierig want ’n taai droogte het ’n gees van moedeloosheid laat sak oor die ganse omgewing ... Lappe mielies staan inmekaar gedraai, so treurig om aan te sien soos afgeleefde riete; en pampoenblare bly snags ook soos vadoeke om hul steeltjies hang. Al die gewasse wat nie af en toe deur die verswakte watertjie benat kan word nie, verskrompel meer en meer – self dié wat nou en dan ’n lafenis ontvang. Selfs die bome, wat hulle wortels diep agter die vogtigheid aanskiet, treur oor die lewe wat ... gewyk het.270

Natuurrampe, die wil van God Die pionier het sy bestaan uit die grond gemaak; gevolglik het die natuur ’n invloed op hierdie mense se geloof gehad. Die emigrant-boere het die Bybel as rigsnoer vir hulle daaglikse lewe aanvaar.271 Dit word ook bevestig in die woorde van die Transvaalse volkslied:272

Die Heer regeer reël 1 In druk en stryd en nood reël 17 Leef ons tevrede met ons lot reël 24

Uit die Bybel was dit vir die boer duidelik dat reën deur God as ’n seën gegee is, en dat water ook in God se hand ’n instrument van straf kan wees (Jer. 15:22).273

268 C. Ballard, “Drought and economic distress: South Africa in the 1800s” in Journal of Interdisciplinary History, 17(2), Autumn, 1986, pp. 359, 363. 269 GPA, MO2, T.T. Cloete (86), Potchefstroom 2010.10.28. 270 J. van Bruggen, Die burgemeester van Slaplaagte, p. 1. 271 GPA, MO2, P.A. Gericke (66), Eerste Geluk, 2011.02.10. 272 C.M. van den Heever & P. de V. Pienaar (reds.), Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner: die eerste beskrywing van die Boere-volkslewe in al sy vertakkinge (1), pp. 389, 390. 273 P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 107; die Christelike godsdiens het juis binne ’n woestynstreek ontstaan, waar water besonder skaars en noodsaaklik vir oorlewing was.

246

Die ouer geslag Koepelboere glo ook “reën is die Here se genade, hy gee, neem, maar hou ook sy skepping in stand”.274 Die Afrikaanse Christen-mense het, soos reeds vermeld, grootgeword met ’n groot ontsag vir die donderweer, want “donder is die stem van die Here”.275 Verder is droogtes, en hael- en reënskade gesien as ’n kastyding van die Vader vir ongehoorsaamheid en sondes,276 as die wil277 en ook as die straf van God.278 Daar is deur die Vrystaatse Volksraad biddae vir reën gehou, soos op 19 Februarie 1863, sodat die mense hulle voor God kon verootmoedig, en dan weer dankdae (bv. op 22 Maart 1863) vir die reën wat redding gebring het.279 Hierdie tradisionele bid- en dankdae is ’n eeu-oue Afrikaner-tradisie ooreenkomstig die Gereformeerde Christelike geloof, wat ook deur die Staat gesteun is.

Die geloof dat ’n mens nie diere wat deur die weerlig doodgeslaan is, mag eet nie, het met die geloof in vuurgeeste te maak. Sommige mense het geglo dat God met hulle praat indien daar donderweer is en die weerlig slaan.280 Wanneer dit swaar weer is, word die hele huisgesin derhalwe wakker gemaak, en dan moes gesinslede hulle tydens die donderstorm stil en eerbiedig gedra, en in een vertrek wag vir die storm om te bedaar.281 Verder is daar ook die geloof dat daar twee soorte weerlig in hierdie area voorkom. Die een weerlig raak die strome vanuit die grond wat die weerlig trek, soos by die ysterkliprantjies (ook donderklip genoem), ’n sterk elektriese stroom ontstaan wat vinnig opwaarts beweeg en mense kan tref. Hierdie soort het eendag ’n gat in die grond geslaan, ’n ysterhek in die

274 GPA, MO2, P.A. Gericke (66), Eerste Geluk 2011.02.10; C.M. Van den Heever, Droogte, p. 213. 275 GPA, MO2, J.H. Naudé (86), Potchefstroom 2011.05.07. 276 GPA, MO2, P.A. Gericke (66), Eerste Geluk 2011.02.10; C.M. Van den Heever, Droogte, p. 213. 277 GPA, MO2, T.T. Cloete (86), Potchefstroom 2010.10.28. 278 C.M. van den Heever, Droogte, pp. 55, 91. 279 S.P.R. Oosthuizen (red.), Notule van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat 1863, in Suid- Afrikaanse Argiefstukke, Argiefstukke, O.V.S., 7, p. 36, 217. 280 GPA, MO2, J.H. Naudé (86), Potchefstroom 2011.05.07. 281 A. Coetzee, “Die Afrikaner se volkskunde” in C.M. van den Heever & P. de V. Pienaar (reds.), Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner: die eerste beskrywing van die Boere- volkslewe in al sy vertakkinge (1) p. 380; GPA, MO2, J.H. Naudé (86), Potchefstroom 2011.05.07.

247

proses raakgeslaan en selfs “toegesweis”.282 Die ander soort tref hoë punte en beweeg dan die kortste roete afwaarts na die grond, en kan ook mense tref.283

Gedurende die reënseisoen (gewoonlik die somermaande November tot Februarie) was die Vaalrivier konstant in vloed, en is selfs in die woorde van Totius as “die wilde waters in hul drif” beskryf.284 In die tyd voordat brûe gebou was, was dit dan bykans onmoontlik om deur die rivier te kom, en togryers en reisigers was meestal by die driwwe gestrand. Later jare is selfs die brûe oorspoel en kommunikasieweë gevolglik afgesny. Ouer inwoners in die studiegebied het tydens onderhoude daarop gewys dat vloede in onlangse tye meer dikwels plaasvind, al hoe langer aanhou en selfs hoër loop, veral in die omgewing onderkant Parys.285 Dit blyk dat nie alle inwoners van die Koepel-omgewing oor die nodige ontsag vir die krag van die vloedwaters beskik het nie, en selfs onverantwoordelik opgetree het tydens vloede. ’n Goeie voorbeeld is die Jansen van Rensburg-seuns van Kromdraai, wat ondeund was en “vir pa leer swem” het deur hom as jong knaap in die vloedwater by Schoemansdrift se brug af te gooi en dan te kyk hoe hy spook en spartel om nie te verdrink nie.286

Dit is noodsaaklik om daarop te wys dat die bestuur van vloede deur die Barrage vanaf 1975 tot in die jare 1990, danksy baie goeie telemetriese toerusting, van ’n hoogstaande gehalte was. Die telemetriese sisteem is egter onderhewig aan gereelde diefstal. Daar is aanduidings dat amptenare nie behoorlik opgelei is om die sluise op die regte tyd oop te maak nie. Tydens die reënseisoen word die dam derhalwe oorvol en die sluise word dan, volgens die oewerbewoners stroomaf, te laat oopgetrek.287 Te veel water word teruggehou en dan weer losgelaat, met rampspoedige gevolge vir die inwoners van Parys en die Koepel-omgewing. By tye was kommunikasie tussen die Randse Waterraad en die eienaars van die plase stroomaf maar gebrekkig. Indien die Barrage oopgemaak word om slik uit te spoel, versmoor duisende visse in die modderwater en die vrot reuk stroomaf is

282 GPA, MO2, S.L. Jansen Van Rensburg (81), Helena 2010.09.29. 283 Soos die geval met Totius se kind. 284 Totius se woorde in sy gedig “Vaalrivier” uit Donker Afrika; T.T. Cloete, Die wêreld is ons woning nie: ’n studie van die poësie van Totius met tekste, p. 197. 285 GPA, MO2, P.A. Gericke (66), Eerste Geluk 2011.02.10; GPA, MO2, I. Jalalpor (80), Parys 2010.11.19; GPA, MO2, J.C.A. Jansen van Rensburg (79), Kromdraai 2010.08.25; GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2011.02.05. 286 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 287 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05.

248

oorweldigend.288 Op ’n keer sou die Randse Waterraad die sluise oopmaak om hiasinte af te spoel. Nadat die oewerbewoners hul pompe opgetrek, en strukture langs die rivier ontruim het, is die sluise egter nie gelig nie.289 Vroeër is die sluise oopgetrek om vloedbeheer toe te pas, maar dan kom die vooraf-waarskuwing te laat by verafgeleë plase uit. Die oewerbewoners se boothuise en pompe het dan oorstroom, omdat dit agt uur of meer neem om pompe op te trek en die oewer te ontruim.290 As die rivier se walle oorstroom, versuip ook die gesaaides op die vloedvlakte langs die rivier, en groot verliese word gevolglik gely. Vloede het egter ook positiewe gevolge. Die vloedvlaktes kry tydens ’n vloed waardevolle voedingstowwe wat die grond besonder vrugbaar maak. Die snelle bou- ontwikkeling wat die afgelope dekade op die eilande in die Vaalrivier by Parys plaasgevind het, het veroorsaak dat daar tydens vloedgety ook skade aan eiendomme, aangerig word. Tydens die vloed van 2010-2011 was daar gevolglike lewensverlies.291 Ondanks die feit dat daar twee reuse keerwalle (Vaaldam en Barrage) stroomop in die Vaal is, kan hulle nie die groot water behoorlik tem nie en oewerbewoners stroomaf kry gevolglik skade.

Volksweerkunde Volksweerkunde as vorm van volkswysheid is so oud soos die mensdom self. Reeds in die jagterstadium was die weergesteldheid vir die mens belangrik, hoofsaaklik om die trek van wild te bepaal. In die veeboer- en landboustadium het dit nog belangriker geword. Deesdae word op suiwer wetenskaplike voorspellings staat gemaak.

Die boere het deur eenvoudige waarneming op voetsoolvlak basiese natuurwetenskaplike kennis, veral met betrekking tot die weer, bekom. Hiermee saam het hulle Christelike geloof ’n invloed op hul siening van die weer gehad, aangesien die Bybel in hul daaglikse lewe as rigsnoer aanvaar is. In die Bybel was daar ook sprake van droogtes, storms en donderweer. Die wisseling van droogte en reën is dienooreenkomstig as die wil van God gesien. Daarby het hulle uit die Bybel geleer dat reën ’n seën en gunsbewys van God is, en dat die afwesigheid

288 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 289 GPA, MO2, J.J.L. Venter (86), Waterval 2011.05.14. 290 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 291 L. Scheepers, “Vrou se liggaam ná dae gekry” in Parys Gazette, 2011.02.03.

249

daarvan ’n instrument van straf kan wees.292 Die tradisionele bid- en dankdae vir reën is by die Afrikaner baie ingeburger. Die reënboog (Figuur 31) was vir hierdie mense ook ’n gerusstellende teken dat die wêreld nie weer deur ’n sondvloed sal vergaan nie.

Boere let op die jaargetye (ploegtyd, skoffeltyd, oestyd ens.) en hulle is van die reën afhanklik. Gevolglik soek hulle altyd na tekens van reën; vir ’n boer beteken die reënwolke wat opkom, “mooiweer”. Só het ou beserings wat begin pyn, gewoonlik reën voorspel. Verder kom hul voorspellings wat gebaseer is op die wind, die opsteek van die weer en wolkformasies dikwels ooreen met dié van natuurwetenskaplikes. Die rede hiervoor is dat die volksmens geleidelik geleer het om sekere tekens reg te lees. Die plek waar die reën opsteek, die vorm en kleur van die wolke, en die rigting van die wind gee meestal ’n aanduiding van die soort donderweer wat op pad is. ’n Veraf gerammel in donkerblou wolke dui op hael,293 en as weerlig regaf slaan, reën dit onmiddellik. Wanneer die weer swaar is, moes jy van ’n venster of spieël wegstaan, nie stryk nie, nie voor ’n oop venster of deur staan nie, en moet jy ook nie gaan bad nie. Indien jy buite is, moes jy wegbly van klipkoppies en nie die sweep klap as jy op die donkiekar ry nie.294

Die inheemse bevolkingsgroepe het geen opgaardamme gebou of besproeiing beoefen nie; hulle was uitsluitlik van die reën afhanklik in hulle landboubedryf.295 Droogtetoestande veroorsaak hongersnood. Die volgende reënseremonies kom algemeen onder die Tswana voor: tweelinge word om die lewe gebring en in die klam aarde begrawe, anders bly die reën weg; en vroue wat ’n miskraam gehad het en mense wat rou, word met die sap van ’n bolplant gereinig anders hou hulle die reën weg.296 Die San-gravure van die swanger vrou297 mag dalk die uitbeelding van ’n soortgelyke reënritueel wees. In sommige gevalle het die Tswana- opperhoof onder meer ’n spesiale reënhut agter die huis van sy hoofvrou, waar reënpotte en reënmedisyne bewaar word. Wanneer reën tydens saaityd benodig word, dra onvolwasse dogters rivierwater in kleipotte en sprinkel die water oor die

292 GPA, MO2, P.A. Gericke (66), Eerste Geluk 2008.06.04, 2011.02.10; GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.09.29. 293 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 294 GPA, MO2, T.T. Cloete (86), Potchefstroom 2010.10.28. 295 J.P. Bruwer, Die Bantoe van Suid-Afrika, pp. 145-146. 296 J.P. Bruwer, Die Bantoe van Suid-Afrika, p. 145. 297 Kyk hoofstuk 3 Figuur 13.

250

lande. Die reëndokter gebruik ook soms lewendige tarentale en wildsbokke saam met ander reënmedisyne om die reën te roep.

Figuur 31: ’n Reënboog oor die Vredefortkoepel-grasvelde298

298 Foto: Johan Smit-fotoversameling.

251

Onder die Zulu word die reënvoël (flamink, reier en visarend) doodgemaak en in ’n poel water gegooi om die reën te roep. Die emigrant-boere en hulle nageslagte wat in die studie-area bly, is egter nie beïnvloed deur enige van bogenoemde reënmaak-seremonies nie.299

Die klimaat beïnvloed ook die mens se lewe op talle ander maniere. Dit speel byvoorbeeld ’n rol in die tipe klere wat gedra word, die produkte wat geplant word en ander aktiwiteite wat beoefen word. Die feit bly staan, die mens bly afhanklik van die natuur en klimaatsomstandighede. Die meeste inwoners van hierdie landelike gebied was nog altyd afhanklik van die natuur vir oorlewingsdoeleindes. Gevolglik het die klimaatsomstandighede en die bodemgesteldheid van die omgewing ’n groot invloed gehad, nie net op geestelike gebied nie, maar ook op die aard van hulle daaglikse bestaan.300 Alhoewel dit in die winter baie koud word snags, veral in die laagliggende dele soos by Reitzburg, word dit besonder warm in die Koepelberge. Dit is veral die geval teen laat-middag in die “Koepel-kom” nadat die koppe die heeldag gebak het.301 ’n Mens kan jouself net indink hoe warm dit gedurende droogte-tydperke kan word – ’n gevoel wat Totius in sy gedig “Winter-sonsondergang” vergelyk met vuur:

Die son maak vuur in die berg reël 1 strofe 1

Nou slaan ’n rooi gloed in die lug Soos die son sy aandvuur stook: Die houtkloof uit trek vlam en rook Wat warrel langs die westerkim. strofe 4302

Die rol van die bonatuurlike Volgens die mitologie, was die wêreld saamgestel uit vier sogenaamde elemente: vuur, lug, water en aarde, elkeen met sy eie geeste wat ’n besondere rol gespeel

299 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05; GPA, MO2, J.J. Pienaar (45), Tijgerfontein 2011.03.19. 300 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 301 GPA, MO2, P.A. Gericke (66), Eerste Geluk 2011.02.10; GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 302 J.D. du Toit, Skemering, p. 53.

252

het.303 Die aanwys van metale en water, spookverskynsels en waterslangstories kom in die studiegebied voor.

Waterwys Die plaasboere se belangstelling in die “waters onder die aarde” was meestal gekoppel aan waterskaarste en droogtes in suidelike Afrika. Die antieke beskawings het reeds van die wiggelroede geweet, en die Duitsers van die myndistrikte wat later die staat Duitsland sou word, het dit sedert die 16de eeu gebruik vir die aanwys van metale en water.304 Teen die 17de eeu was die kuns om water of onderaardse rykdomme met die mikstok, staal-, koper- of bloudraad, ’n rietstokkie, of ’n bottel vol water aan te wys, oral in gebruik.305 Die mikstok bly egter die gewildste en word gewoonlik van ’n boom wat naby die water groei, soos byvoorbeeld die wilgerboom (Salix spesies), gesny. Genoemde mikstok word met die handpalms na bo in die hande gevat sodat die nek met ’n hoek van ongeveer 45° boontoe wys. Wanneer daar oor water beweeg word, sal die nek van die mikstok grond toe draai. Word ’n bottel vol water gebruik, hou die waterwyser dit regop op sy hand. Wanneer hy oor onderaardse water beweeg, kantel die bottel glo in die rigting waarin die wateraar loop.306 Volgens die waterwyser Andries van Jaarsveld van Parys, werk sy magnete en stok met die hulp van God op dieselfde wyse.307 Hy wys op die nut om die dienste van ’n waterwyser te gebruik. Boorwerk vir water kos baie geld, en die regte plek moet bepaal word voordat daar geboor word. ’n Waterwyser wat sy sout werd is, sal nie net die onderaardse water sien nie, maar kan min of meer bepaal op watter diepte die water gevind sal word, en of dit vars of brak is. Die diepte kan vasgestel word deur ’n stuk L-gebuigde draad of ’n magneet en stok te neem en dit met een punt in die vuis stadig van die grond af te lig totdat dit uitswaai. Die afstand van die grond tot by die punt van die draad (of stok) word dan gemeet.

303 P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 8. 304 H. van der Merwe, “Volkswetenskap” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 114. 305 H. van der Merwe, “Volkswetenskap” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 114. 306 H. van der Merwe, “Volkswetenskap” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 115. 307 A. van Jaarsveld, Waterwys demonstrasie na afloop van die Vriende van die Koepel/Vredefortkoepel Bewarea-jaarvergadering, Thabela Thabeng 2011.07.30..

253

As dit byvoorbeeld tien sentimeter is, sal die water honderd meter diep geleë wees.308

Waterwysers let fyn op na natuurverskynsels soos byvoorbeeld wilde bome, miershope en grondformasies. Aan die begin van die 20ste eeu is Erasmus (Lewies) Smit, wat op die oewerplaas Witbank gewoon het, gebruik om met sy mikstok plekke vir boorgate in die studiegebied aan te wys.309 Hy het glo nooit in sy poging om water aan te wys, misluk nie. Sommige mense beweer dat waterwys ’n gawe is wat iemand ontvang en dat die “krag” daarvan van pa na seun oorgedra word, terwyl ander glo dat God vir hulle die gawe geskenk het.310 Die meeste mense word egter waterwysers deur ander dop te hou en dit dan self te probeer, terwyl ander “waterwysters” geslepe kalante is wat ryk word met ’n groen mikstokkie en hul sogenaamde persoonlike magnetisme.311 Intussen duur die polemiek tussen wetenskaplikes en waterwysers oor die geldigheid van laasgenoemde bewerings steeds voort.

Spoke en water Die verskynsel van spoke kom ook in hierdie omgewing voor. ’n Spook word in die algemeen omskryf as die gees van ’n afgestorwene wat aan lewendes verskyn, ’n dwaalgees of ’n skim.312 Verder is spoke gewoonlik plekgebonde, en verskyn gevolglik by ’n spruitjie, langs ’n rivier (soos die Vaalrivier), of op ’n gegewe pad. Dwaalgeeste kan in die vorm van ’n voorbode of ’n spook voorkom. Die geloof dat ’n persoon met die helm gebore is (voorbodes ervaar), kom in hierdie omgewing ook voor. Die bekende “Siener” van Rensburg, aan wie daar tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) en die Rebellie (1914-5) allerhande profetiese gawes toegedig is, se oupagrootjie was een van die eerste emigrant-boere wat hom in die Koepel-omgewing kom vestig het.313 Hy was Nicolaas Cornelius Jansen

308 H. van der Merwe, “Volkswetenskap” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p.114; A. van Jaarsveld die waterwyser, Vriende van die Koepel/Vredefortkoepel Bewarea-jaarvergadering, Thabela Thabeng 2011.07.30. 309 S.L. Jansen van Rensburg, “Belewenisse in die Vredefortkoepel”, p. 12. 310 Andries van Jaarsveld (waterwyser) spreker op die Algemene Jaarvergadering van die Koepel Meteorietpark Bewarea, 2011.07.30. 311 A. Aylward, The Transvaal of to-day: war, witchcraft, sport, and spoils in South Africa, p. 115; G.W. Eybers, Op die voetspoor van die ou reisigers, stories uit Kolbe, Barrow, Lichtenstein en Campbell, p. 88. 312 F.F. Odendal (red.), Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal {2de uitgawe, 5de druk}, p. 1047. 313 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2001.10.13; S.L. Jansen van Rensburg, “Handgeskrewe geskiedenis van die Koepelplase” Tierkoppe, g.p.

254

van Rensburg (1790-1850), die eerste sogenaamde “Tierkop” wat op die plaas Rensburgsdrift 3 000 morg (2500 ha.) geboer het.314 Siener het voorspellings gemaak en voorbodes gesien, maar alle eer en krediet aan God gegee. In hierdie geval het ons te make met die aanvaarding van tekens as openbaring van die toekoms, asook doelbewuste pogings om in die toekoms te kan sien.

Spookgelowe is oeroud en kom in al ons stamlande voor. Spookgedaantes kom in ’n verskeidenheid vorms, soos ’n geluid en ’n nie-lewende ding (perd sonder ruiter, ’n ligbol, ’n gestorwene in ’n doodskleed, ens.). Verder is spoke deursigtig, sweef hulle bokant die grond en kan blykbaar nie deur almal gesien word nie. Vroeër jare het baie mense ’n heilige vrees vir spoke gehad, en in die Koepel-omgewing het baie spookstories ook die rondte gedoen. By ’n bruggie naby Weberstraat in Parys het dit glo gespook. Volgens Van Rensburg was hy so bang vir die bruggie, dat hy al hoe vinniger daaroor gery het en eendag in sy haas sy Bybel verloor het.315

Spookstories word in die Koepel hoofsaaklik met sterftes geassosieer. Daar is verskeie redes waarom daar “gespook” word. Kyk ons na die herverskyning van gestorwenes, blyk dit dat die rede waarom hulle “spook” aansluit by die sedelike gevoel van die mens omtrent wat reg en wat verkeerd is. Gewoonlik “spook” iemand wat “voor sy tyd” dood is, of iemand wat ’n onreg wat hy gepleeg het, wil regstel, of ’n gestorwene wat nie behoorlik begrawe is nie. Daar is byvoorbeeld ná die Anglo-Boereoorlog twee spoke op Venterskroon “gesien”. Die een spook was ’n Britse soldaat wat gesneuwel het, nadat hy onskuldige mense geskiet het. Gevolglik wandel sy gees in die berg. Die tweede spook is ’n vroulike werker “Anna” wat deur die Britte doodgeskiet is. Daar was nie tyd om haar behoorlik te begrawe nie, met die gevolg dat sy in ’n vlak graf begrawe is. Sy dwaal glo snags by die Vaalrivier in die Venterskroonomgewing rond op die plek waar sy geskiet is. Veral die inheemse bevolking in die omgewing heg groot waarde aan hierdie “spoke”.316 Die skoolbusbestuurder van die Vaalkop-omgewing, wat graag diep in die bottel gekyk het, het glo menige laataande wanneer hy besope huis toe gery het, ’n spookgedaante gesien by die drif oor die spruitjie wat hy moes oorsteek, wat hom dan benoud gemaak het. In die ou tabak-huis op Vaalkop is daar glo ook

314 S.L. Jansen van Rensburg, “Handgeskrewe geskiedenis van die Koepelplase” Tierkoppe, g.p. 315 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 316 GPA, MO2, B. Lourens (62), Venterskroon 2011.05.25.

255

’n “spook”.317 ’n Boeremeisie het naamlik tydens die Anglo-Boereoorlog op ’n Engelse soldaat verlief geraak. Die skelm verhouding is verbreek en die soldaat het verdwyn (moontlik gesneuwel), maar wanneer dit volmaan is, kom soek hy sy meisie in die skuur waar hulle vroeër heel waarskynlik gevry het.318

Sommige mense se vrees vir “spoke” kon maklik uitgebuit word, soos “Helena se spook” wat vir die grap opgemaak is. Dit het naamlik gebeur dat Stoffel van Zyl van Kommandonek ’n vrees vir “spoke” gehad het. Laat een middag het hy by die Van Rensburg-gesin op Helena gekuier, en sersant Gawie de Bruyn, Louwtjie se ma en Louwtjie se broer het besluit om hom skrik te maak. Sy ma het ’n laken oor ’n struik naby die huis gehang, en toe Stoffel moes huis toe gaan, was dit sterk skemer en die wind het die laken geroer. Stoffel het die hasepad gekies, en was só haastig om in sy huis te kom dat hy skoon die deur en die kosyn uit die muur gehardloop het. Hy het glo bo-op die deur binne-in die huis te lande gekom.319 Daar was min geleentheid vir sosiale bedrywighede, en dié wat daar wel was, was hoofsaaklik van kerklike aard, soos nagmaal, doop en huwelike. Die isolasie en afstande het van hulle realiste gemaak, dog het dit hulle nie aan humor ontbreek nie.

Waterslangstories Lug is die asem van die lewe, en in die gedaante van wind is dit soms aktief en geweldig. Die weerlig, wind en wolke is dan ook veral onder die inheemse bevolking as die werk van natuurgeeste beskou. Die dwarrelwind in besonder is dan inderdaad ’n heel besondere gedaante waarin die luggees verskyn.320 In die Koepelarea assosieer hulle die warrelwinde op die vloedvlakte wat met stofstorms gepaard gaan, met die teenwoordigheid van die waterslang. Watergeeste is besonder volop in die omgewing van die Vaalrivier en kom veral in die vorm van watermense (tokkelossie) en waterdiere (waterslang) voor, waarvan die waterslange die bekendste is. Sedert die oudste tye vorm die beskrywing van die skepping of die ontstaan van die wêreld ’n kern-onderdeel van verskeie kulture se mites. In die begin was daar chaos en volgens die Egiptiese en Siberiese mite, water.321 Die Indiane glo ’n dieragtige wese het in die oersee geduik om uit

317 GPA, MO2, J. de Klerk (55), Vaalkop 2011.02.10. 318 GPA, MO2, J. de Klerk (55), Vaalkop 2011.02.10. 319 GPA, MO2, S.L. Jansen van Rensburg (81), Helena 2010.05.05. 320 GPA, MO2, B. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13. 321 A. van Reeth (red.), Ensiklopedie van die mitologie, p. 231.

256

modder die aarde te skep, terwyl die Maya-volk meen dat die geestelike kragte in die oerwater die hemel en aarde gevorm het.322

In die Griekse mitologie is twee seemonsters, Skilla wat mense verslind en Charibdis wat seewater verswelg en dan weer uitspoeg.323 Die geloof in watergeeste wat oor bonatuurlike krag beskik en in verskeie kulture manifesteer, het universele betekenis en het in suidelike Afrika aangesluit by die opvattings van die kontinent. Ter plaatse het die inheemse bevolkingsgroepe, soos die Sotho- sprekende stamme, hul eie siening rakende die sogenaamde Tokkelossie wat in riviere en kuile bly, asook die waterslang wat in die rivier woon.324 In die volksmond is daar die waterslang (Figuur 32) van die Grootrivier (die Oranjerivier of een van sy takriviere), wat jou in die water trek as jy te naby aan die rivier kom.325 Hierdie geloof aan waterslange is baie algemeen onder die inheemse bevolkingsgroepe, en word dikwels as paaiboelies aangewend om kinders van gevaarlike waterbronne af weg te hou.326 Daarby vorm dit deel van die Sotho- sprekende dogters se puberteitsritueel.327 Ook die San wat reën soek, sluip snags na ’n watergat waar die slang wei, die slang of watermonster word gevang, maar trek almal saam met hom onder die water in.328

Daar is verskeie Vaalrivier-waterslangstories, wat in die studie-area vertel word. ’n San-afstammeling wat ’n boorling van die Koepelarea is, se storie handel oor die gevaarlike waterslang wat op Degraafseiland in die Vaalrivier (by Rensburgsdrift) bly, en dat jy hom snags van vér af kan hoor bulk.329 Hierdie bulkgeluid is volgens inwoners in der waarheid die groot rietreier of roerdompie (Botaurus stellaris) wat saans by die Vaalrivieroewer sy geluide maak.330 Die legende word met ander woorde hier nou verweef met ’n werklike geluid wat saans by die oewer gehoor

322 A. van Reeth (red.), Ensiklopedie van die mitologie, p. 233. 323 A. van Reeth (red.), Ensiklopedie van die mitologie, p. 233. 324 A. Coetzee, “Die Afrikaner se volkskunde” in C.M. van den Heever & P. de V. Pienaar (reds.), Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner: die eerste beskrywing van die Boere- volkslewe in al sy vertakkinge (1), p. 270; GPA, MO2, B. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13. 325 P.W. Grobbelaar, “Volksgeloof” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 17 e.v; GPA, MO2, B. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13. 326 GPA, MO2, S.G. Jansen van Rensburg (41), Kromdraai 2010.08.25. 327 GPA, MO2, B. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13. 328 D. Lewis-Williams, Images of mistery, rock art of the Drakensberg, pp. 67-68. 329 GPA, MO2, K. Booysen (61), Donkervliet 2011.02.24. 330 GPA, MO2, J.M. van den Berg (46), Koppieskraal 2011.05.21.

257

word. Hy vang jou glo met sy waterstraal, en hou jou dan onder die water en “trek” jou bloed uit. Wanneer jy uit die water kom, is jy blou, omdat die waterslang jou bloed uitgesuig het.331

Figuur 32: Die waterslang van die Grootrivier (1956)332

Die stofstorms wat langs die rivier se vloedvlaktes in die omgewing van Venterskroon voorkom, word deur sommige lede van die inheemse bevolking gesien as “die waterslang wat in die vorm van ’n dwarrelwind in die lug verskyn”.333 Die oumense onder hierdie groep is baie bygelowig en glo dat die waterslang in die lug saam met die stof sweef en dan weer op ’n ander plek gaan lê. Voorts glo hulle ook dat die slang mense vang en in die rivier intrek. Dit maak hulle bang en hulle vermy gevolglik die rivier.334 Die waterslang het ook vroeër onder die inheemse bevolkingsgroepe ’n funksie rondom die dogters se puberteitsrites asook die reënmaak-seremonie verrig. Die meisies se vrees vir die waterslang word glo met die puberteitsritueel opgehef.335 Simboliese verbande tussen die reëndier (die reënbul), die eland en die waterslang is dan ook verklaarbaar vanuit die rituele gebruike tydens die reënmaak-seremonie van die San, en later ook by

331 GPA, MO2, K. Booysen (61), Donkervliet 2011.02.24. 332 P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, skets p. 19. 333 GPA, MO2, T.B. Lourens (63), Venterskroon 2011.05.25; GPA, MO2, B. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13. 334 GPA, MO2, T.B. Lourens (63), Venterskroon 2011.05.25 335 J. Lombard, Waterslangverhale in en rondom Afrikaans: 'n ondersoek na mitisiteit as basis vir vergelykende literatuurstudie (Ph.D.), pp. 10, 47.

258

dié van die Sotho’s.336 Die Sotho-sprekendes het hulle eie slangstorie.337 Onder die vroulike geslag is daar ’n groot vrees ingeboesem om nie in die Vaalrivier se water te kyk nie, omdat jy dalk een van die uitverkorenes is wat die slang kan sien. Volgens hierdie variasie kan jy nie die slang hoor nie. ’n Betrokke meisie sal oor die slang droom waartydens haar voorvadergeeste dan ook met haar sal kommunikeer. Hierna stap sy in haar slaap na die rivier en verdwyn vir meer as een maand onder die water. Diegene wat agterbly, moet dan ’n bees en bok slag om haar te bevry. Tydens ’n slag-seremonie waar daar sekere liedere rakende die slang en kennis gesing word, word die warm bloed van die geslagte diere gedrink, en ’n bloedofferande word ook langs die rivier vir die slang gelaat. Hierna laat die slang die gevangene vry, waarna sy oor bo-menslike insigte en kennis beskik. Soos ’n sangoma dra sy dan ’n spesifieke kleed wat haar van die ander mense onderskei. Uit die onderhoude met San-afstammelinge, Sotho-sprekendes en bruinmense338 binne die studiegebied, is dit duidelik dat hulle nog aan die waterslang glo, maar nie meer veel waarde aan seremonies of rituele rondom die weer of puberteit heg nie.339

Geloof in die waterslang en aardgeeste soos die tokkelossie (klein swart dwerg) kom algemeen onder die inheemse bevolkingsgroepe en bruinmense voor.340 Die waterslang en tokkelossie wat in een of ander mens- of halfmenslike gedaante verskyn, is moontlik geskep as ’n kinderskrik of paaiboelie wat kinders van gevaarlike plekke soos die (Vaal-) rivier moes weghou.341 Dit voorkom ook dat

336 D. Lewis-Williams, Images of mystery, rock art of the Drakensberg, pp. 67, 68. 337 GPA, MO2, B.T. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13. 338 In die onderhoude met twee “bruin” dames blyk dit dat hulle hulself as “coloureds” klassifiseer GPA, MO2, M. Booysen (59), Donkervliet 2011.02.24; GPA, MO2, C. Kok (62), Vaal Hackle 2010.09.29. 339 Die volgende mense het my bevinding geverifieer: ’n San-nasaat GPA, MO2, K. Booysen (61), Donkervliet 2011.02.24; ses Sotho-sprekendes GPA, MO2, E. Mhlahlo (29), Venterskroon 2010.11.27; GPA, MO2, S. Mokone (21), Venterskroon 2010.11.27; GPA, MO2, B. Thwane (62), Steenkampsberg 2008.06.04; GPA, MO2, J. Tlali (70), Dampoort 2010.12.01; GPA, MO2, J. Vis (43), Venterskroon 2010.11.27; GPA, MO2, B.T. Mofokeng (28), Vereeniging 2012.02.13; twee bruin dames GPA, MO2, M. Booysen (59), Donkervliet 2011.02.24; GPA, MO2, C. Kok (62), Vaal Hackle 2010.09.29; asook ’n bruin seun GPA, MO2, E. de Koker (16), Jakkalsdraai 2008.06.04. 340 P.W. Grobbelaar, “Volksgeloof” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, p. 17. 341 P.W. Grobbelaar, “Volksgeloof” in P.W. Grobbelaar (red.), Die Afrikaner en sy kultuur (6): boerewysheid, pp. 21, 30-31.

259

kinders ná donker nog buite rondloop en verseker dat hulle saans vroeg gaan slaap.

Slotsom Dit kan sonder meer aanvaar word dat kommunikasiemiddels in die tydperk voor die bou van brûe in die studiegebied baie eenvoudig en primitief was, in vergelyking met dié van vandag. Tydens die reënseisoen was die Vaalrivier gewoonlik in vloed, en tydens die droë seisoen weer sonder water. Die groei en kwyn van dorpe het pos- en kommunikasieroetes bepaal, en verskuiwings het plaasgevind. Geografiese hindernisse soos die berge en die Vaalrivier het beslis ’n belangrike rol in transport- en posroetes (paaie) gespeel. Die Vrystaters (Parys- en Vredefort-areas suid van die Vaalrivier) en die destydse Transvalers (Potchefstroom-area noord daarvan) was byvoorbeeld gedurende die reënseisoen, as gevolg van die vol rivier, grotendeels van mekaar geïsoleer. Hierdie toestand het kultuurverspreiding noodwendig gestuit en -verskille bevorder. Om die isolasie te breek, is daar soms te perd deur ’n drif, of met ’n vlot, met ’n skuit en, ná die bou van die brûe, met ’n voertuig oor die rivier beweeg.

’n Grenskwessie het ontstaan deurdat die twee Boererepublieke deur die Vaalrivier as ’n grenslyn geskei is, en onsekerheid meegebring is oor besitreg van talle eilande wat in die stroom by Parys en stroomaf by Christiana voorkom. Die Vrystaat wou die eilande en rivier besit; net so wou die Transvaal. Dit blyk uit die Eilandeverslag dat die belangstelling in die eilande vir die oewergrondeienaars hoofsaaklik funksioneel, en vir die betrokke state finansieel van aard was. Die onafhanklikheidstrewe van die Z.A.R. onder die Kruger-bewind het by tye die ekonomiese en politieke betrekkinge met ander kolonies en state in Suider-Afrika versuur. Die poging aan die Transvaalkant om te voorkom dat goedere vrylik van en na die Kaap, asook van en na Natal oor die Vaalrivier beweeg, en die mislukte tolverbonde tussen die Kaap en die Z.A.R. was baie nou verweef met die ontdekking van goud en die gevolglike ontwikkeling van spoorweë in Transvaal. Mededinging, en ’n intense stryd oor tariewe, het selfs tot die sluiting van die Vaalrivierdriwwe vir alle Kaapse goedere gelei, en byna ’n oorlog ontketen. Die besondere aard van die kultuur van ’n bepaalde groep mense kan ook verklaar word, deur na te gaan hoe hulle by hul komplekse natuuromgewing aangepas het en hoe verandering daarin, soos deur vloede, droogte en water-tekorte kultuurverandering meegebring het. Die besondere wyse waarop die mens (anders as die dier) by sy natuuromgewing, hier spesifiek die rivier, aanpas om te kan voortbestaan, en dit omskep en benut, kan ook as deel van sy kultuurvorming

260

beskou word. Die klimaat, droogtes en vloede het spore op die karakter van die Koepelboer gelaat. Hierdie mense word gekenmerk deur ’n selfstandigheidsin, uithouvermoë, selfversorgendheid en veelsydigheid. Daarby toon hulle ’n sterk godsdienssin waarin die bonatuurlike ’n wesenlike rol vervul, en ’n goeie begrip van rentmeesterskap.

Verskeie volksgelowe, wat hoofsaaklik op die reën en die rivier fokus, kom in hierdie omgewing onder die inheemse bevolkingsgroepe voor. Deur waarneming het die meeste inwoners basiese natuurwetenskaplike kennis, veral met betrekking tot die weer, geleer. Boere het veral op tekens van reën en reënwolke gelet, omdat hulle vroeër grotendeels daarvan afhanklik was. Hulle het ook sedert die begin van die 20ste eeu waterwysers gebruik om met ’n mikstok, bottel vol water of magnete plekke vir boorgate aan te wys. Om te kan “sien”, voorbodes en die gawe om voorspellings te maak kom voorts onder sommige boorlinge voor. Daar is ook verskeie spookgelowe en spookgedaantes wat met sterftes geassosieer word, waaraan beide die blankes en inheemse bevolkingsgroepe glo. Die geloof aan watergeeste wat oor bonatuurlike krag beskik en in verskeie kulture manifesteer, kom hier merendeels onder die swart gemeenskappe voor. Die waterslangstories vorm byvoorbeeld deel van die Sotho-sprekende dogters se puberteitsritueel asook hulle reënmaak-seremonie. Die San-nasate rasionaliseer die bestaan van die waterslang deur hom te koppel aan die sigbare en hoorbare werklikhede, soos die warrelwind en die geluid van ’n watervoël.

261