SA-GENEALOGIE Poslys Jaargang VIII Maand 5 Saamgestel Deur
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2011 Jaargang VIII Maand 5 Mei 2011 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Mei 2011 Bundels (Bloeimaand) Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 4747 Datum: Sun May 1, 2011 Daar is 8 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a. Aanbied van stamboom data From: Francois Smith 1b. Re: Aanbied van stamboom data From: Dennis Pretorius (MTN) 1c. Re: Aanbied van stamboom data From: lgr 1d. Re: Aanbied van stamboom data From: Francois Greeff 2a. PLAKAAT MET FAMILIE SE INLIGTING EN FOTO'S From: Daniel Jacobs 2b. Re: PLAKAAT MET FAMILIE SE INLIGTING EN FOTO'S From: lgr 3. Wessel Hendrik Moolman From: Johan Barkhuizen 4. [Koerant] Sunday Tribune 1 Mei 2011 From: aletta magrieta Quebbemann 1a. Aanbied van stamboom data Posted by: "Francois Smith" [email protected] francois130470 Sun May 1, 2011 10:36 am (PDT) Naand lede Ek is nou al 'n geruime tydjie besig met die Smith-boekie (oorwegend die Sandveld / Clanwilliam mense). Ons het ook 'n baie suksesvolle saamtrek in Clanwilliam gehad oor die paasnaweek en ek het daar weggestap met mooi bydraes om die boekie af te handel. Wat ek egter wel besef het, is dat alhoewel data goed is om te he, dit nie altyd so lekker lees nie. Ek het besluit om die basiese stamboom in die teks van die boek te sit en die res van die data op 'n CD saam te gee. Dit bring my egter by die volgende uitdaging: nie almal is vreeslik rekenaar geletterd nie en mense gaan nie genealogie programme koop om die data te lees nie.Hier is my vraag: is daar iemand wat n aanbeveling kan maak omtrent sagteware wat ek kan gebruik om die GEDCOM data in 'n soekbare vorm op n CD aan te bied - as dit 'n Internet Explorer gelees moet word, is dit ook reg. Ek wil ten minste 'n lys van vanne en name gee waarop die leser dan kan kliek om inligting oor die mense met daai van of naam te bekom. Wat vir my 1ste prys gaan wees, is as mens die fototjies sommer daar kan bysit. Hoor graag wat ek moontlik kan gebruik Groete Francois 1b. Re: Aanbied van stamboom data Posted by: "Dennis Pretorius (MTN)" [email protected] Sun May 1, 2011 11:04 am (PDT) Hallo Francois Beide Legacy en PAF het gratis weergawes van hulle programme wat jy op die CD kan laai sodat mense dit kan gebruik om die data te lees. Jy kan in beide gevalle ook fotos byvoeg maar dit word apart deur albei programme gelaai. Sterkte met jou projek Groetnis Dennis Pretorius ----- Krugersdorp, S A Home Tel / Huis Tel: +27-11-769-2400 Office /Kantoor: _+27-11- 953-3727 Cel / Sel: +27-83-679-8541 Fax/Faks +27-86-609-8541 -----Original Message----- From: [email protected] [mailto:[email protected]] On Behalf Of Francois Smith Sent: 01 May 2011 07:36 PM To: [email protected] Subject: [SA-Gen] Aanbied van stamboom data Naand lede Ek is nou al 'n geruime tydjie besig met die Smith-boekie (oorwegend die Sandveld / Clanwilliam mense). Ons het ook 'n baie suksesvolle saamtrek in Clanwilliam gehad oor die paasnaweek en ek het daar weggestap met mooi bydraes om die boekie af te handel. Wat ek egter wel besef het, is dat alhoewel data goed is om te he, dit nie altyd so lekker lees nie. Ek het besluit om die basiese stamboom in die teks van die boek te sit en die res van die data op 'n CD saam te gee. Dit bring my egter by die volgende uitdaging: nie almal is vreeslik rekenaar geletterd nie en mense gaan nie genealogie programme koop om die data te lees nie.Hier is my vraag: is daar iemand wat n aanbeveling kan maak omtrent sagteware wat ek kan gebruik om die GEDCOM data in 'n soekbare vorm op n CD aan te bied - as dit 'n Internet Explorer gelees moet word, is dit ook reg. Ek wil ten minste 'n lys van vanne en name gee waarop die leser dan kan kliek om inligting oor die mense met daai van of naam te bekom. Wat vir my 1ste prys gaan wees, is as mens die fototjies sommer daar kan bysit. Hoor graag wat ek moontlik kan gebruik Groete Francois 1c. Re: Aanbied van stamboom data Posted by: "lgr" [email protected] lucasrinken Sun May 1, 2011 11:54 am (PDT) Naand Francois, My raad sou wees om te doen wat ons in e-SAGI doen. e-SAGI bevat die standaard weergawe van Legacy sodat kopers dit op hul rekenaars kan aanbring. Wat my aanbetref is dit die beste genealogiese program beskikbaar. Dan die e-SAGI databasis beide as 'n Legacy lêer en as 'n gedcom. Verder ook pdf uitrekesls: My persoonlike voorsate. Die nageslag van my patriargale stamvader. Die nageslag van stamvader Jacobus de Wet. Daar is dan ook 'n weergawe van Adobe Acrobat sodat kopers wat dit nie het nie, dit kan aanbring en die pdf lêers kan lees. Verder is daar 'n inleiding wat gebruikers help om die programme aan te bring en die data te bekom. Daar is ook 'n Excel spreivel wat al die noemenswaardige mense in ons databasis aantoon met die RIN nommers wat dit maklik maak om hulle te vind. Ek is 'n groot voorstaaner daarvan om genealogiese data in 'n genealogiese program beskikbaar te stel. Die voordele sluit in: Geen indeks is nodig nie - dis in die program beskikbaar. Spesifieke lyne kan maklik ondersoek word en selfs uitgedruk word. Verwantskappe tussen persone kan maklik bepaal word. Die koper kan sy of haar persoonlike data maklik aan die databasis koppel of onttrek wat benodig word en dit dan byvoeg wat reeds nagevors is. Bronne word, waar beskikbaar, aangetoon en leer die gebruiker dat dit SO belangrik is en nagevolg behoort te word. Hoeveel bronne word in meeste boeke/CDs aangetoon? Data kan maklik uitgeruil word sonder dat dit nodig is om alles WEER in te tik! So kan almal help om e-SAGI of soortgelyke databasisse te ontwikkel tot een groot bron wat alle vanne in Suid-Afrika en selfs buitelands behels. Ek is bv. tans besig (seker 'n onnodige nuk) om die voorouers van die Hertoging van Cambridge (Kate Middleton) in te voer vanaf die Internet! Vir my is dit belangrik want ek het reeds die voorgeslagte van die Mountbatten-Windsors terug tot by Adam en Eva! Fotos, video of klank insette kan bygevoeg word. En as dit te groot word vir 'n CD - gebruik 'n DSD - die koste is omtrent dieselfde. Laastens maak ek graag die punt dat e-SAGI 'n projek van GGSA Wes- Gauteng is. Die databasis is aan die tak geskenk en verkope gaan ter stuiwing van takfondse - beide Dennis en ek wie die weerk daaraan verbonde doen met BAIE hulp, ontvang slegs 'n klein bydrae wat die direkte uitgawes dek en verder 'n klein tantiem wat nie eers ons Internetkostes dek nie laat staan nog ander rekenaar, ens onkostes! Ek hoor al daar word gesê: Maar daar kan so maklik afskrifte van gemaak word en versprei word. Iemand wat werklik dink dat afskrifte nie van ander vorms gemaak kan word nie is of onkundig of naief! Ek het groot agting en dank vir die baie boeke van onlangs deur GGSA beskikbaar gestel is. Dink net hoeveel te meer dit bruikbaar sou wees as dit in 'n genealogiese program/gedcom beskikbaar was! Vra vir André Heydenreich, Nasionale Tesourier van GGSA en hy sal, soos ek hom al baie hoor sê het: Genealoë is oor die algemeen goeie mense - jy kan hulle vertrou om nie te kul nie! Hier is nou 'n GROOT klip in die bos! Ek hoor graag hoe ander lede voel. Vriendelike groete, Lucas Ek het groot agting en dank vir die baie On Sun, 01 May 2011 19:36:20 +0200, Francois Smith <[email protected]> wrote: > Naand lede > > Ek is nou al 'n geruime tydjie besig met die Smith-boekie (oorwegend die > Sandveld / Clanwilliam mense). Ons het ook 'n baie suksesvolle saamtrek > in > Clanwilliam gehad oor die paasnaweek en ek het daar weggestap met mooi > bydraes > om die boekie af te handel. Wat ek egter wel besef het, is dat alhoewel > data > goed is om te he, dit nie altyd so lekker lees nie. Ek het besluit om die > basiese stamboom in die teks van die boek te sit en die res van die data > op 'n > CD saam te gee. > > Dit bring my egter by die volgende uitdaging: nie almal is vreeslik > rekenaar > geletterd nie en mense gaan nie genealogie programme koop om die data te > lees > nie.Hier is my vraag: is daar iemand wat n aanbeveling kan maak omtrent > sagteware wat ek kan gebruik om die GEDCOM data in 'n soekbare vorm op n > CD aan > te bied - as dit 'n Internet Explorer gelees moet word, is dit ook reg. > Ek wil > ten minste 'n lys van vanne en name gee waarop die leser dan kan kliek om > inligting oor die mense met daai van of naam te bekom.