Die Raad Van Justisie, Hofstukke En Uitsprake (B)
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
DIE SIVIELE APPELHOF EN DIE RAAD VAN JUSTISIE, HOFSTUKKE EN UITSPRAKE WAT BETREKKING HET OP SIVIELE SAKE, 1806 -. 1827: 'N EVALUERING VAN CAPITA SELECTA UIT BEPAALDE GEBIEDE VAN DIE REG AAN DIE KAAP G.G. Visagie, L.F. van Huyssteen, C.R. de Beer, N.J.J. Olivier, W. duPlessis, J.Th. de Smidt en H.C. Gall DIE KAAPSE REGSPRAAK-PROJEK DIE SIVIELE APPELHOF EN DIE RAAD VAN JUSTISIE, HOFSTUKKE EN UITSPRAKE WAT BETREKKING HET OP SIVIELE SAKE, 1806- 1827: 'N EV ALUERING VAN CAPITA SELECTA UIT BEPAALDE GEBIEDE VAN DIE REG AAN DIE KAAP Finale Verslag, 1992 ii DIE KAAPSE REGSPRAAK-PROJEK MEDEWERKERS Universiteit van Wes-Kaapland Prof. G.G. Visagie, Ph.D., M.A., LL.D. (Kaapstad). Professor in die Handelsreg, Universiteit van Wes-Kaapland. Projekleier. Prof. L.F. van Huyssteen, B.A., LL.B. (Stellenbosch), Docts. luris. (Leiden), LL.D. (Kaapstad). Professor in die Privaatreg, Universiteit van Wes-Kaapland. Prof. P.J. van der Merwe, B.A. (Pretoria), LL.B. (Stellenbosch), LL.D. (Wes-Kaapland). Professor in die Privaatreg, Universiteit van Wes Kaapland tot Junie 1988. Medewerker tot Junie 1988. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys Prof. C.R. de Beer, B. luris., LL.B. (Potchefstroom), LL.M. (Randse Afrikaanse Universiteit), Docts. luris., LL.D. (Leiden). Dekaan, Fakulteit Regsgeleerdheid, Professor in die Handelsreg, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys (tot 1992). Prof. N.J.J. Olivier, M.A., LL.B., B.Phil. (Potchefstroom), Docts. luris., LL.D. (Leiden). Professor in die Romeinse Reg en Regspluralisme, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys. Prof. W. du Plessis, B.luris., LL.B., LL.D. (Potchefstroom). Professor in die Romeinse Reg en Regspluralisme, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys. Universiteit van Leiden Prof. Mr. J.Th. de Smidt. Professor, Oud-Vaderlands Recht, Leiden, sowel as Buitengewone Hoogleraar aan die Universiteit van Amsterdam (emeritaat op 1989-01-01). Dr. H.C. Gall, Universiteit van Leiden. iii VOORWOORD Dank word uitgespreek teenoor prof. J.Th. de Smidt van die Universiteit van Leiden vir sy visie, inspirasie en hulp oor die jare heen. Eweneens dank aan mnr. S.J. Schoeman en dr. C de Wet, Staatsargief, Kaapstad, en die Argief personeel vir hul hulp en bystand en aan dr. Heleen Gall, Leiden, vir haar bereidwilligheid om te aile tye behulpsaam te wees. Die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys word ook hiermee bedank vir die beskikbaarstel van rekenaargeriewe en die betrokke Department vir hulp verleen in die vasstel en uitwerk van die rekenaarmeto dologie. Die aandag word daarop gevestig dat die Raad van Justisie-ontsluiting en die Appelhof-ontsluiting, wat beide reeds afgehandel en goedgekeur is, eintlik 'n eenheid vorm met die evaluering van die bronne. Dit word beoog om die drie fases sa am te publiseer. Die uitgangspunt met die skryf van die verslag was wesenlik soos voorgestel in SWO 1, Nagraadse Beurse en Toekennings vir Studie en Navorsing in die Geesteswetenskappe, 1 April1991, par 1.8.2, 7 ff. Daar word ook voldoen aan die jongste prosedures wat gevolg moet word met betrekking tot 'n navorsingsverslag in 'n ± 1 000 woord-opsomming van die bevindinge en 'n finansiele staat. Geldelike bystand gelewer deur die ·sentrum vir Wetenskapontwikkeling vir hierdie navorsing word hiermee met groot dank erken. Menings uitgespreek en gevolgtrekkings waartoe geraak is, is die van die outeurs en moet nie noodwen dig aan die Sentrum vir Wetenskapontwikkeling toegeskryf word nie. G.G. Visagie L.F. van Huyssteen C.R. de Beer N.J.J. Olivier W. du Plessis J.Th. de Smidt Kaapstad/Potchefstroom/Leiden H.C. Gall 7 November 1992 iv INHOUDSOPGAWE VOORWOORD A. INLEIDING B. 'N EVALUERING VAN CAPITA SELECTA UIT BEPAALDE GEBIEDE VAN DIE REG AAN DIE KAAP C. 'N EVALUERING VAN SOMMIGE ALGEMENE BEGINSELS VAN DIE MATERIELE KONTRAKTEREG WAT AAN DIE KAAP TOEGEPAS IS TUSSEN 1806 EN 1827 D. WISSELREG AAN DIE KAAP, 1807 - 1829 E. ASPEKTE VAN DIE ROMEINSE REG AAN DIE KAAP SOOS TOEGEPAS MET BETREKKING TOT SLAWE F. WEESKAMER G. ERFREG H. ONREGMATIGE DAAD I. ENKELE SAKEREGTELIKE ASPEKTE MET BETREKKING TOT GROND J. VERLOOP VAN DIE PROSES K. SAMEVATTENDE OORSIG VAN DIE AANWENDING VAN BRONNE L. OORKOEPELENDE EVALUERINGSTUDIE A 1 A. INLEIDING 1 . Die ontsluitingsproses het oor twee fases, wat reeds afgehandel en goedgekeur is, geskied: Fase 1: Appelhofuitsprake van 1806- 1827: 'n volledige drukstuk bestaande uit 'n onderwerplys volgens onderwerp; 'n onderwerplys volgens kode; 'n onderwerpregister; 'n lys volgens saaktitel; 'n lys volgens jaartal en 'n lys volgens rekordnommer. Fase 2: Die Raad van Justisie, Hofstukke en Uitsprake wat betrekking het op Siviele Sake, 1806 - 1827. Die rede waarom daar besluit is om die reg wat van toepassing aan die Kaap was te evalueer, is gesetel in die talle vrae wat daar in die verband bestaan, inter alia: welke reg was van toepassing aan die Kaap; die omvang, indien enige, van Engelsregtelike be"invloeding; welke reg was van toepassing op slawe; die rol wat billikheid en redelikheid in die reg gespeel het; die rol vervul deur wetgewing vanuit die Nederlande en Oosterse gebiede, ensovoorts. Hierdie evaluering het geskied met betrekking tot geselekteerde regsgebiede en ter bevordering van interne sowel as eksterne regsgeskiedkundige kennis. Met voltooiing van bogenoemde twee ontsluitingsfases is daar oorgegaan tot evaluering (die derde fase). Die evalueringsfase is vir vier jaar beplan en sou wesenlik die volgende insluit: die Kontraktereg, die Romeinse Reg, die Handelsreg, die Onregmatige Daad, die Sakereg en/of ander gebiede van die reg, Publiekereg, verdere Capita Selecta uit die reg en 'n oorkoepelende evaluering. Finansiering kon egter net vir drie jaar bekom word en goedkeuring is vir die volgende aanpassings verkry: A2 "3.1 'n Algemene indeling soos 'verdere capita uit die reg' kan met veiligheid uitgelaat word. 3.2 Die klem kan laat val word op capita selecta uit die indelings wat gemaak is. Hier sal daar steeds waar moontlik en doenlik, 'n kort bespreking van die betrokke indeling wees, maar die klem sallaat val word op evaluering m.b.t. capita· se/ecta uit die indelings. 3.3 Sekere indelings kan oorsigtelik behandel word." 2. Die evaluering het geskied ingevolge die ontsluitingsmetodologie wat deur die projeklede bepaal is. Die ontsluitingsproblematiek, veral die gebrek aan 'n ontsluitingsmetodiek en die ontsaglike omvang van die taakt en die bepaling van 'n ontsluitingsmetodologie en ontsluitingsfilosofie is reeds volledig uiteengesit in die 1989-Verslag: Die Raadvan Justisie, Hofstukke en Uitsprake wat betrekking het op Siviele Sake, 1806- 1827, 5-38. In die evalueringsproses is daar gepoog om die klem deurgaans te laat val op leidende sake. Leidende sake hou, onder andere, verband met die sen trale gedagtegang, waarna reeds verwys is, historiese gebeure destyds, hedendaagse regsprobleemgebiede of soos mag blyk uit die omstandighede van die saak self, byvoorbeeld uit die argumente van die regsverteen woordigers en die bronne wat aangehaal word. Ook nie-leidende sake verdien soms die aandag, byvoorbeeld waar sekere regstendense aangetoon word. 'n Aspek van die geldende regsproses, naamlik dat die howe nie redes vir hulle vonnisse verstrek het nie, het die evalueringsproses bemoeilik. Die gevolg is dat enige gevolgtrekking oor die reg aan die Kaap noodwendig by wyse van afleiding gemaak moet word. In die lig van die volledigheid van die prosesstukke en ander dokumente kan betroubare afleidings waarskynlik gemaak word. 3. Die Kaapse regspraak van 1806 tot 1827 kon nie in vacuo beskou word nie, want die reg is onlosmaakbaar van die regsinstellinge. Regspraak vind eweneens in 'n bepaalde gemeenskap plaas. Navorsing op beide terreine moes gedoen word en is inderdaad deur een van die projeklede, dr P J van der Merwe, gedoen. A3 Navorsing is dus gedoen met betrekking tot: Regspleging en Reg aan die Kaap, 1652- 1806 Die Tweede Britse Besetting: Veranderings: Die instel van 'n Siviele Appelhof Die instel van 'n Kriminele Appelhof Die Raad van Justisie Die Rondgaande Howe Huweliksaangeleenthede Die Amp van Fiskaal Die Boedel kamer Die 181 9-Kroonverhoor Verwikkelinge gedurende die twintigerjare van die negentiende eeu: Litigasie wat die regswese be'invloed het Verengelsing aan die Kaap Die filantrope, slawe en andere en die Kriminele .reg Die Britse Setlaars van 1820 Die beweging ten gunste van politieke hervorming Die stryd om 'n vry pers Die Regstelsel aan die Kaap by die koms van die Kommissa risse van Ondersoek Die Kommissarisse van Ondersoek Die Regsoktrooi van 1827 Die Regsoktrooi van 1832 4. Die navorsing wat tydens fases 1 en 2 van die Kaapse Regspraak-projek gedoen is en die inligting wat ontsluit is, het stimulering gebied en direk aanleiding gegee tot 'n wye omvang van publikasies, tesisse en kongres voordragte deur die medewerkers van die projek en andere. In sommige van die navorsingsuitsette is onderwerpe van die substantiewe reg behan del, in sommige is bydraes tot die ontsluitingsmetodologie gemaak en in ander weer is verkennende evaluerings gedoen. A4 Hier volg 'n lys van die gemelde navorsingsuitsette: Artikels: G G Visagie, "The law applied at the Cape from 1652 to 1828", Miscellanea Forensia Historica, 1988, 325 ff. L F van Huyssteen, "Kaapse Strafregspraak vanaf ongeveer 1807 - 1827: 'n voorlopige evaluering", Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Strafregpleging,· 1989. D Visser, "The Role of Roman Law in the Punishment of Slaves at the Cape of Good Hope under Dutch Rule", gepubliseer te word in Festschrift fur Felix Wubbe, Fribourg, Suisse, Januarie 1993. Tesisse: P J van der Merwe, Regsinstellings en die Reg aan die Kaap van 1806 tot 1834, 1984, LL.D.-verhandeling, Universiteit van Wes-Kaapland. M Sulaiman, Die Onregmatige Daad aan die Kaap, LL.D. verhandeling, Universiteit van Wes-Kaapland (in voorbereiding). C R de Beer, Aspekte van die Regsposisie van Slawe aan die Kaap, LL. M.-verhandeling, Universiteit van Wes-Kaapland (reeds voorgele vir eksaminering, 1992). Voordragte en samesprekings: Voordragte is gehou by konferensies, simposia en samesprekings te Leiden, Amsterdam, Utrecht, Leuven, Nijmegen, Brussel, Tilburg, Wes-Kaapland, Durban, Pretoria, Potchefstroom en Kaapstad (1986 - 1992).