Blokraai -PRET

saamgestel uit Maklik vandag se koerante om uit te druk! 22 September 2020 1 uit 5 Pretblad 22 September 2020 Blokraai 14 231 Dwars Af 1. Rakende die muntkunde 1. Hierna (2, 4) 6. Hulle is elk een punt werd in hokkie en sokker 2. Boom vir ’n nuttige wurm 8. Iemand na ’n plek geneem 3. Mooi voorwerp 10. Dier wat veel meer as net een streep weg het! 4. Toedien 11. Ysterhefboom 5. Balans 13. Wat vol planne is 7. Dinge wat betaal moet word 19. Liggaamlik al hoe swakker word 9. Dis tog beter as niks 22. Sy word toegesing deur ’n meisie wat ’n man 12. Ongebonde wil hê (in tradisionele liedjie) 14. Gril 23. Werktuig om ’n ding vas te knyp 15. Ruitvormig 24. ’n Godsdiens 16. Soort blom 25. Gekyk 17. Skielik padgee soos ’n voet 18. Geldgod 20. Met plesier 21. Die Kaap s’n is spreekwoordelik oud 2 uit 5 Pretblad 22 September 2020 Crossword 517 Across Down 2. Measuring instrument 27. Wait on 1. Fruit of the oak 21. Plunders 6. Agitate 28. Moved quickly 2. Affray 22. Water grasses 9. Pained 29. Left off 3. Without teeth 24. Allude 10. African state 32. Mocks 4. Make possible 25. Shunned 11. Within the law 34. Clenched hands 5. Lunar valley 26. Step 12. Not any 35. Parched 6. Politician 28. Spring back 14. Colour 36. Buffalo 7. Easy pace 29. Exclude 16. Called, as a sheep 37. Untamed 8. Regretted 30. Curve 17. Disturb 38. Enticed 13. Himalayan kingdom 31. Anaesthetic 19. Land measure 39. Require 14. Sudden wind blasts 32. Daybreak 20. Grinding tooth 40. Tears 15. Chemical compound 33. Prevalent 23. Formal agreement 18. Attempt 26. Conditional release 20. Of many kinds 3 uit 5 Pretblad 22 September 2020 Breinknoop 1. Is die komediant Barry Hilton in Suid-Afrika gebore? 2. Wie het met “Safe from Harm”, “Mezzanine” en “Sly” treffers gehad? 3. Na wie is genoem? 4. Was Wolfgang Amadeus Mozart by sy dood al 40 jaar oud? 5. Wat is Elon Musk se tweede naam?

Sudoku 228 Moeilikheidsgraad: Kafdraf Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3-kassie die syfers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen. G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Lees meer by http://wikipedia.org/wiki/Sudoku. 4 uit 5 Pretblad 22 September 2020 Jongspan

VERBIND DIE KOLLE Tel saam om die prentjie van Snuffels te voltooi.

43 44 41 42 45 46 40 47 39 48 38 37 49 36 50 35 51 34 25 24 23 22 21 27 26 28 20 52 33 29 30 19 32 31 53 18 54 17 55 16 56 15 57 14 58 13 59 12 60 11 61 10 62 9 63 8 64 7 65 6 66 5 67 4 68 3 69 2 70 1 71 5 uit 5 Pretblad 22 September 2020 Oplossings

Blokraai [14 230 21 September] Dwars: 1. Opsuig; 4. Skeppe; 8. Timokrasie; 10. Edel; 11. Proefles; 13. Kalendermaand; 16. Pesdraer; 18. Ruit; 19. Aanbieding; 21. Laster; 22. Kreits. Af: 1. Onderskep; 2. Uitlewe; 3. Gam; 5. Korte; 6. Pasella; 7. Ere; 9. Oorwegend; 12. Sadisties; 14. Lesings; 15. Anargie; 17. Ruite; 19. Aal; 20. Ink.

Crossword [516 21 September] Across: 3. Apace; 9. Prance; 10. Undone; 11. Tears; 12. Eraser; 15. Tingle; 17. Dared; 18. Sag; 19. Ear; 20. Gainsays; 22. Cite; 24. Ell; 25. Alee; 26. Ocarinas; 28. Nap; 29. Red; 30. Vesta; 33. Clever; 34. Caries; 35. Names; 36. Credit; 37. Delete; 38. Ceres. Down: 1. Speed; 2. Radar; 3. Acted; 4. Peer; 5. Curtails; 6. Ensign; 7. Congeal; 8. Reverse; 13. Radical; 14. Sever; 16. Layette; 18. Salad; 20. Generate; 21. Safer; 22. Concoct; 23. Tapered; 27. Irenic; 30. Vases; 31. Siren; 32. Askew; 34. Cede.

Breinknoop 1. Nee, in Salisbury, nou , 2. Massive Attack 3. Sir Benjamin D’Urban, goewerneur van die Britse Kaapkolonie 4. Nee 5. Reeve

Sudoku [227 21 September] Blokraai -PRET

saamgestel uit Maklik vandag se koerante om uit te druk! 20 September 2020 1 uit 6 Pretblad 20 September 2020 Blokraai 440 Twee kanse om R500 te wen Versteek in die sirkels, afwaarts gespel, is ’n woord vir sekere minnesangers van ouds. SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit op 26 September om 12:00, en elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie, en foutiewe SMS’e word verreken. Die wenner word op 27 September aangekondig.

Naam...... Tel...... Faks of e-pos...... Vul jou naam en adres in, neem ’n foto van jou voltooide raaisel en e-pos dit na [email protected]. Skryf asseblief die nommer van die blokraaisel in die onderwerpveld. 2 uit 6 Pretblad 20 September 2020 Blokmakierie In die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi het (jy lees die sin van bo af ondertoe).

Dwars Af 1. “Skiewie” wat deur almal rondbeveel word 1. Sterk begeerte of verlange 6. Vinnig-vinnig (die antwoord self word ook meer dikwels só verdubbel) 2. . . . masse (in ’n groot menigte saam) 8. Wie dit spreekwoordelik met ’n vurk wil eet, probeer die onmoontlike regkry 3. Blommetjie aan ’n stingeltjie met dorinkies, dalk? 10. Ywerige mense doen dinge met . . . vlyt 4. Teenoor 11. Kroes, soos ’n mens kan voel 5. Arktiese of Antarktiese Oseaan 13. Getal punte aan die Dawidster 6. Verkose Romeinse amptenaar wat periodiek ’n sensus moes hou 14. Doktor in die publieke administrasie (afk.) 7. Jy moet blykbaar wawyd wakker wees om enigiets só aan te durf 15. Staatshoof in sy leiersrol oor sy ministers 8. Simbool vir silikon 19. Heroïese of verhalende 9. Siende blind en ’n hoogs beskaafde ploert, byvoorbeeld 20. Wyfies op die plaas waarop die vlooie uitgaan! 12. Lekker verspot 21. Afkorting van ’n woord wat ’n heen-en-terugreis beteken 14. Melklappie 22. Napoleon het ’n belangrike een in die Franse geskiedenis gespeel 16. Bonobo’s, gibbons en orangoetangs 23. Suid-Sotho (afk.) 17. Toesnou 25. Voertsek, hond! 18. Waar die geswaelde in die takke is 28. Tye kort gelede 23. Gestreepte houer van growwe weefstof 30. Was die hoofstad van Brasilië voordat die stad Brasilia gebou is 24. Sinjale in ’n rivier naby die Eiffeltoring? 31. Teenoor die enkellopendes 26. Eiland wat eenmaal Hibernië genoem is 32. Hierdie dinge in krieket word nooit in gal gedoop nie 27. Moenie krap waar dit nie . . . nie, sê hulle 33. Nóg vis nóg . . . 29. Gestolde suurmelk 35. As dié weer Hollands is, is alles piekfyn 32. In Ou Egipte was daar tien 36. Ou mense is glo nie meer sy kind nie 33. Een van die diertjies in die bone (in die volksrympie) 38. Uitsteltyd om ’n skuld te betaal 34. Musiekblyspel oor die lewe van Eva Perón 40. Word gemaak deur oproeriges wat handuit ruk 37. Gedaan gebak? 42. Bo-oor daardie gebied na elders, soos voëls kan vlieg 39. Geskrewe stuk 43. Wonder oor die goed in die bier? 41. Mense spartel dikwels om só te bly 3 uit 6 Pretblad 20 September 2020 Juniorblokraai Kompetisie Het jy die junior blokraai geniet? Stuur vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as jou naam en jou ouderdom) na [email protected] en jy kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai hoef nie alles sigbaar te wees nie. 4 uit 6 Pretblad 20 September 2020 Woordslim met die WAT Wat beteken parodos? (a) spottende nabootsing (b) soort lied (c) Griekse witwyn

Vrasvra 1. Plaas hierdie lande in die volgorde waarin vroue daar die stemreg gekry het. (a) Frankryk; (b) Mexiko; (c) Argentinië; (d) Turkye. 2. Die internasionale lughawens wat die naaste aan mekaar is, is dié van Ramon en Akaba, wat net 12 km van mekaar lê, terwyl Taba se internasionale lughawe net meer as 20 km van dié twee stede is. Soek vir elkeen van dié stede die regte land. (1) Taba; (2) Ramon; (3) Akaba. (a) Jordanië; (b) Sirië; (c) Turkye; (d) Libanon; (e) Egipte; (f) Israel. 3. Watter Europese hoofstad was tot 1919 meestal bekend as Pressburg, wat die Duitse naam daarvoor was? (a) Berlyn, Duitsland; (b) Belgrado, Hongarye; (c) Bratislawa, Slowakye; (d) Wene, Oostenryk. 4. Wat is die kortste tyd tussen twee jare waarvan die kalenders presies sal ooreenstem? (a) 6 jaar; (b) 16 jaar; (c) 26 jaar; (d) 36 jaar. 5. Watter plant se sade is die eerste wat op die Maan ontkiem het? (a) Rys; (b) Katoen; (c) Koring; (d) Mielie. 6. Met watter bekende Amerikaanse vrou is die prokureur Doug Emhoff in 2014 getroud? (a) Ivanka Trump; (b) Kamala Harris; (c) Amy Klobuchar; (d) Taylor Swift. 7. By watter beroemde landmerk in Parys is “kilometer zero”, die punt waarvan afstande gemeet word vir alle nasionale paaie in Frankryk? (a) Louvre-museum; (b) Eiffeltoring; (c) Notre Dame-katedraal; (d) Élysée-paleis. 8. Die hoofstad van watter land in Asië het in Maart 2019 die naam Nur-Sultan gekry, na die vorige president, Nursultan Nazarbayev? (a) Kazakstan; (b) Turkmenistan; (c) Belarus; (d) Oesbekistan. 9. Hoeveel konings kon al daarmee spog dat hulle Olimpiese goue medaljes gewen het (toe hulle kroonprins was)? (a) Twee; (b) Drie; (c) Vier; (d) Vyf. 10. In watter land is die dorp Magenta, waarna die kleur magenta genoem is? (a) Duitsland; (b) Spanje; (c) Turkye; (d) Italië.

Sudoku Maklik Moeilik 5 uit 6 Pretblad 20 September 2020 Jongspan MOENIE VERDWAAL NIE Help vir Snuffels om betyds by sy krieketoefening te kom. 6 uit 6 Pretblad 20 September 2020 Oplossings Blokmakierie Versteekte sin: Jy sit so net of jy gister getroud en vandag spyt daaroor is. Dwars: 1. Hierjy, 6. Sito, 8. Sop, 10. Noeste, 11. Olik, 13. Ses, 14. DPA, 15. Kabinetshoof, 19. Epiese, 20. Ooie, 21. Ret., 22. Rol, 23. S.So., 25. Siejy, 28. Gisters, 30. Rio, 31. Getroudes, 32. Penne, 33. Vlees, 35. Kaap, 36. Vandag, 38. Respyt, 40. Amok, 42. Daaroorheen, 43. Gis. Af: 1. Hunkering, 2. En, 3. Rosie, 4. Jeens, 5. Yssee, 6. Sensor, 7. Oopoë, 8. Si, 9. Oksimorons, 12. Laf, 14. Doilie, 16. Ape, 17. Bits, 18. Hoog, 23. Streepsak, 24. Seine, 26. Ierland, 27. Jeuk, 29. Kês, 32. Plae, 33. Varkie, 34. Evita, 37. Gaar, 39. Teks, 41. Bo.

Blokraai [436 23 Augustus] Juniorblokraai Vasvra

1. (d) Turkye – 1934; (a) Frankryk – 1944; (c) Argentinië – 1947; (b) Mexiko – 1953. In Turkye kon vroue in 1930 in munisipale verkiesings stem en van 1934 in nasionale verkiesings. Nieu-See- land was in 1893 die eerste land waar vroue die stemreg in nasionale verkiesings gehad het. Op die Pitcairn-eilande, ’n Britse oorsese gebied, kan vroue sedert 1838 stem, en in Hawaii het almal in 1840 die stemreg gekry. 2. (1e) Taba – Egipte; (2f) Ramon – Israel; (3a) Akaba – Jordanië. Die Taba-lughawe hanteer meestal internasionale huurvlugte. Die Koning Hoessein-lughawe in Akaba lê net 24 km van Israel, Egipte en Saoedi-Arabië. Die Ramon-lughawe (ook Eilat-Ra- mon-lughawe genoem) is in die suide van Israel. 3. (c) Bratislawa, Slowakye se hoofstad en grootste stad, was tot 1919 bekend as Pressburg, ’n naam uit die tyd toe dié gebied deel van die Habsburg-monargie was en die stad ’n groot Duitssprekende bevolking gehad het. Bratislawa grens aan Oostenryk en Hongarye en is die enigste nasionale hoofstad wat aan twee ander lande grens. 4. (a) 6 jaar. Die tydsverloop tussen twee jare wat presies dieselfde kalender gebruik, kan 6, 11, 12, 28 of 40 jaar wees. (Die aantal skrikkeljare in ’n siklus verander die patroon.) As ’n jaar ’n skrikkeljaar is, soos 2020, kan 28 of 40 jaar verloop totdat die volgende jaar met presies dieselfde kalender voorkom. Vanjaar word dieselfde kalender as in 1908, 1936, 1964 en 1992 gebruik. Woordslim Die volgende drie jare met dieselfde kalender as vanjaar is 2048, 2076 en 2116. (b) soort lied 5. (b) Katoen. Verlede jaar het katoensaad in China se maantuig Die woord parodos verwys na ’n lied waarmee antieke Griekse kore ’n Chang’e-4 die eerste plante van die Aarde geword wat op ’n ander hemelliggaam ontkiem. Die sade was deel van ’n toneelstuk of ander uitvoering binnegekom of verlaat het. (WAT) biosfeer-eksperiment in die maantuig wat in die Von Kármán-krater op die Maan se agterkant geland het. 6. (b) Kamala Harris se man, Doug Emhoff, is ’n prokureur en een van net drie mans wie se vroue deur een van die twee groot partye aangewys is as kandidaat vir die VSA se visepresidents- kap. Geraldine Ferraro, wat saam met Walter F. Mondale aan die Sudoku verkiesing in 1984 deelgeneem het, se man was John Zaccaro. Sarah Palin, wat in 2008 saam met John McCain aan die verkies- Maklik Moeilik ing deelgeneem het, was tot vanjaar met Todd Palin getroud. Agt ander vroue was al visepresidentskandidate vir kleiner partye wat meer as 1% van die stemme in Amerikaanse presidentsverkiesings gekry het. 7. (c) Notre Dame-katedraal. Net buite die katedraal is die agthoekige bronsplaat, ook Paris Point Zéro genoem, wat die nul-kilometermerk aandui waarvandaan afstande van nasionale paaie in Frankryk gemeet word. 8. (a) Kazakstan se hoofstad is tot 23 Maart verlede jaar Astana genoem. Die parlement het toe eenparig besluit het om die stad te noem na Nursultan Nazarbayev, wat van onafhanklikwording in 1990 tot verlede jaar Kazakstan se eerste president was. 9. (a) Twee konings kon die afgelope 124 jaar met Olimpiese goue medaljes spog. In 1928 het kroonprins Olav van Noorweë (later koning Olav V) by die Spele in ’n goue medalje in die gemengde 6 meter-seiljagvaart gewen. Kroonprins Konstantyn (later koning Konstantyn II) van Griekeland het in 1960 by die Spele in Rome ’n goue medalje vir seiljagvaart gewen. 10. (d) Italië. Magenta is die naam van ’n dorp in die noorde van Italië. In 1859 was daar ’n belangrike veldslag. In dieselfde jaar is fuchsien of anilienrooi ontdek. Dié persrooi kleur is later magen- ta genoem, moontlik omdat dit vir mense gelyk het soos die uniforms van die Franse weermag se Zouave-troepe wat aan die slag deelgeneem het. Magenta was die tweede sintetiese kleurstof – ná mauve (1856).