COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

o Attribution — You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any reasonable manner, but not in any way that suggests the licensor endorses you or your use.

o NonCommercial — You may not use the material for commercial purposes.

o ShareAlike — If you remix, transform, or build upon the material, you must distribute your contributions under the same license as the original.

How to cite this thesis

Surname, Initial(s). (2012) Title of the thesis or dissertation. PhD. (Chemistry)/ M.Sc. (Physics)/ M.A. (Philosophy)/M.Com. (Finance) etc. [Unpublished]: University of Johannesburg. Retrieved from: https://ujdigispace.uj.ac.za (Accessed: Date). DIE OPVOEDINGSIDEOLOGIEe VAN ENKELE POLITIEKE GROEPERINGE IN SUID-AFRIKA

deur

FARIED BAGARIA

SKRIPSIE voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereiste vir die graad

MAGISTER EDUCATIONES

in

FILOSOFIE VAN DIE OPVOEDING

in die

FAKULTEIT OPVOEDKUNDE

aan die

RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT STUDIELEIER: PROF. J.B. SMITH

Desember 1992 II DANKBETUIGINGS

Langs hierdie weg word die volgende persone opreg bedank vir hul aandeel in die daarstelling van hierdie skripsie.

Prof. Dr. J.B. Smith vir sy merkwaardige leiding, aanmoediging en unieke optrede as studieleier. Sy bereidwilligheid om ten spyte van 'n druk werkprogram tyd in te ruim vir effektiewe leiding en steun, word ten seerste waardeer.

Mej. F. January wat vir die tikwerk verantwoordelik was. Sy het hierdie taak met vriendelikheid, begrip en nonkeurigheid verrig. Hierdie bydrae word baie hoog waardeer.

My eggenote wat my teenwoordigheid en betrokkenheid in die gesin dikwels moes ontbeer. Baie dankie vir die begrip.

Die grootse lof en eer gaan aan God aan wie alle wysheid behoort. iii INHOUDSOPGAWE

HOOFSTUK 1

BLADSY ORIeNfERING, PROBLEEMSTELLING

1.1 DIE KONTEKS EN AKTUAUTEIT VAN DIE TEMA 1 1.2 DIE KONTEKS VAN DIE PROBLEa1 2 1.2.1 ONDERWYSPOUTIES 2 1.2.2 OPVOEDINGSDOEL 3 1.2.3 ONDERWYSKUNDIGE STRUKTUUR 3 1.2.4 BELANGHEBBENDES BY DIE OPVOEDING 3 1.2.5 ONDERWYSFINANSIERING 3 1.3 PROBLEa1STELUNG ~ 4 1.4 DOEl1)TELUNG 4 1.5 WERKWYSE 4 1.5.1 UTERATUURSTUDIE 5 1.5.2 lCI{I~-EV~~E~TODE 5 1.5.3 DIE VERGELYKENDE~TODE 5 1.5.4 DIE Elv.lPIRIESE METODE 5 1.6 VERTREKPUNT 5 1.7 HOOFSTUKINDEL.ING 6

HOOFSTIJK2

KRITERIA VIR IN ONDERWYSSTELSEL

2.1 MOTIVERING 7 2.2 PROBLEEl\1STELUNG 7 2.3 DOEI..S1'EI...UNGS 8 2.4 UffEENSETIlNG 8 2.4.1 ONDERWYS EN DIE SAMELEWING 8 2.4.2 DIE TOENEMENDE VRAAG NA ONDERWYS 9 2.4.3 BEHOEFrE AAN ONDERWYSHERSTRUKTURERING 10 2.5 ONDERWYSS'fELSELS 11 2.5.1 DIE ONTWIKKEUNG VAN ONDERWYSSTELSELS 11 2.5.2 DIE STRUKTUUR EN WERKING VAN ONDERWYSSTELSELS 11 2.5.3 FAKTORE WAT 'N ONDERWYSSTELSEL BEiNVLOED :.I2 2.5.3.1 DIE DEMOGRAFIESE FAKTOR 14 2.5.3.2 DIE SOSIALE FAKTORE 14 2.5.3.3 DIE EKONOMIESE FAKTOR 0014 iv BLADSY

2.5.3.4 DIE WETENSKAPLIKE EN TEGNIESE FAKTORE 15 2.5.3.5 DIE GODSDIENS- EN WeRELDBESKOUINGSFAKTORE 15 2.5.3.6 DIE POUTIEKE FAKTOR 16 2.5.4 KRITERIA VIR 'N ONDERWYSSTELSEL 17 2.6 SAMEVA'rTING 19

HOOFSTUK3

IDEOLOGIEe EN HUL IMPAK OP OPVOEDING

3.1 MOTIVERING 21 3.2 PROBLEa1STELUNG 21

3.3 DOELSTELUNGS ; 1 •••••••••••••••••22 3.4 DEFINIeRING EN BESKRYWING VAN DIE KONSEP IDEOLOGIE 22 3.5 DIE VERBAND TUSSEN IDEOLOGIE EN LEWENSBESKOUING 23 3.6 KENMERKE VAN 'N LEWENSBESKOUING EN IDEOLOGIE 24 3.7 DIE VERBAND TUSSEN 'N LEWENSBESKOUING (-IDEOLOGIE) EN 'N OPVOEDINGSBESKOUING (-IDEOWGIE) 25 3.8 DIEPOUTIEKEKONTEKS VAN OPVOEDING 25 3.9 DIE POUTIEKE BELEID AS BEPALER VAN 'N ONDERWYSSTELSEL 26 3.10 SAMEVA'rTING 28

HOOFSTUK4

POLITIEKE BELEIDE EN OPVOEDINGSVOORSTELLE VAN ENKELE POLITIEKE GROEPERINGE IN DIE RSA

4.1 MOTIVERING 29 4.2 PROBLEa1STELUNG 29 4.3 DOELSTELUNG 30 4.4 BARADAT SE KONTINUUM VAN POUTIEKE HOUDINGS 31 4.4.1 RADIKALES 31 4.4.2 llBERAUSTE 32 4.4.3 GEI'v1ATIGDES 32 4.4.4 KONSERWATIEWES 32 4.4.5 R.EAKSIONeR 33 4.5 DIE AZANIAN PEOPLE'S ORGANISATION (AZAPO) 33 4.5.1 RASIONAAL 33 4.5.2 POUTIEK.E BELEID 34 4.5.3 ONDERWYSKUNDIGE VOORSTELLE 35 v BLADSY

4.5.3.1 OPVOEDINGSDOEL 35 4.5.3.2 ONDERWYSKUNDIGE STRUKTIJUR 35 4.5.3.3 BELANGHEBBENDES BY DIE ONDERWYS 37 4.5.3.4 ONDERWYSFINANSIERING 37 4.6 DIE AFRICAN NATIONAL CONGRESS (ANC) 37 4.6.1 RASIONAAL 37 4.6.2 POUTIEKE BELEID 37 4.6.3 ONDERWYSKUNDIGE VOORSTELLE 38 4.6.3.1 OPVOEDINGSDOEL 38 4.6.3.2 ONDERWYSKUNDIGE STRUKTIJUR 39 4.6.3.3 BELANGHEBBENDES BY DIE ONDERWYS .41 4.6.3.4 ONDERWYSFINANSIERING .41 4.7 DIE DEMOKRATIESE PARTY (DP) ' 42 4.7.1 RASIONAAL 42 4.7.2 POUTIEKE BELEID 42 4.7.3 ONDERWYSKUNDIGE VOORSTELLE .43 4.7.3.1 OPVOEDINGSDOEL 43 4.7.3.2 ONDERWYSKUNDIGE STRUKTIJUR .44 4.7.3.3 BELANGHEBBENDES BY DIE ONDERWYS .44 4.7.3.4 ONDERWYSFINANSIERING .45 4.8 DIE NASIONALE PARTY (NP) 45 4.8.1 RASIONAAL 45 4.8.2 POUTIEKEBELEID 45 4.8.3 ONDERWYSVOORSTELLE 46 4.8.3.1 OPVOEDINGSDOEL 46 4.8.3.2 ONDERWYSKUNDIGE STRUKTIJUR 47 4.8.3.3 BELANGHEBBENDES BY DIE ONDERWYS .48 4.8.3.4 ONDERWYSFINANSIERING 49 4.9 DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB) .49 4.9.1 RASIONAAL 49 4.9.2 POUTIEKE BELEID 49 4:9.3 ONDERWYSVOORSTELLE : 50 4.10 DIE KONSERWATIEWE PARTY (KP) 50 4.10.1 RASIONAAL 50 4.10.2 POUTIEKE BELEID 51 4.10.3 ONDERWYSVOORSTELLE '" 52 4.10.3.1 OPVOEDINGSDOEL 52 4.10.3.2 ONDERWYSKUNDIGE STRUKTIJUR 52 4.10.3.3 BELANGHEBBENDES BY DIE ONDERWYS 53 vi BLADSY

4.10.3.4 ONDERWYSFINANSIERING 54 4.11 SAMEVATTING 54

HOOFSTUK5

SAMEVATTING, BEVINDINGS EN AANBEVELINGS

5.1 SAMEVATTING 56 5.2 BEVINDINGS 58 5.3 AANBEVELINGS 59 vii

SYNOPSIS

A practical national aim which can combine the majority of the political components of the diverse South African community is essential. To develop a common bond between the different cultural communities, a general South African ideology should evolve irrespective of race, colour, language or culture. This ideology should seek answers to the complex social phenomena in our society and serve as dogma in a future educational dispensation.

Forced racial segregation is not the answer to the problems facing the South African education system. The abolishment of eighteen different educational departments and substituting it with a single department with regional sub-departments, should be our first priority. The polarisation and conflict potential which are prevalent in our present educational system can only be diffused if there is one educational department which propagates cultural diversity, so that inter-cultural communication and a common South African patriotism may develop.

An educational system should be the product of a community. If the South African community is integrated, a multi-cultural educational system would provide optimal and equal educational opportunity to every child. Equal rights presupposes the idea of freedom and accountability. Separate education cannot be equal, because it prevents people from exercising their freedom of choice. The only relevant ground for differences in education should be based on factors such as ability, intelligence, achievement and interest.

Most of the political parties support an educational system for the new in which the following universal education criteria prevails, namely an educational system that is justifiable, realistic, accountable, acceptable and affordable to all the inhabitants. HOOFSTUK 1

1.1 DIE KONTEKS EN AKTUALITEIT VAN DIE TEMA

Ben van die grootste uitdagings wat die RSA in die negentigerjare in die oe staar, is om 'n onderwysste1se1 vir sy sosio-polities-verdeelde gemeenskap te ontwikkel wat die belange van almal in die land sal verteenwoordig en bevredig. Ashley (1989:67) wys daarop dat die apartheidsopvoeding gelei het tot 'n verdeelde, ongelyke en onstabiele onderwysstelsel, wat gevolglik die ontwikkeling van 'n verteenwoordigende onderwysstelsel bemoeilik. Verder moet die probleem, dat daar verskillende etniese groepe in die RSA is wat elk 'n eie lewensopvatting en opvoedingsbeskouing huldig, ook oorbrug word. Van Zyl (1975:202) maak in die verband die volgende opmerking: "'n Partikuliere lewensopvatting gee gewoonlik aanleiding tot 'n partikuliere opvoedingsleer vir 'n partikuliere praktyk. Dit dui op die besondere betekenis van die lewensopvatting ... Uit die bestudering van 'n partikuliere opvoedingstelsel sal die ondersoeker 'n idee kry van die besondere beskouings ten opsigte van die ontstaan, die bestaan, die voortbestaan, die wese en die sin en die eindbestemming van die mens".

In aansluiting by die siening van 'n partikuliere lewensopvatting moet die volgende ook beredeneer word. In 'n heterogene bevolking waarvan die sarnestelling so kompleks is soos die van die RSA, is daar verskeie partikuliere lewensopvattings wat geworte1 is in ideologiee wat uiteenlopend van aard is en verskillend vertolk word. Die onderwysstelsel wat vanaf 1948 in die RSA ingestel is, het histories die kenmerke van 'n koloniale sarnelewing geopenbaar, naamlik oorheersing en die afwesigheid van 'n algemeen nasionale eenheid. Hierbenewens het die partikuliere lewensopvatting van die Afrikaner hom in 'n benydenswaardige posisie geplaas as gevolg van die magsposisie wat hy ingeneem het. Gevolglik kon 'n effektiewe nasionale onderwysstelsel nie vir die RSA ontwikkel word nie.

Afgesien van die gebrek aan 'n effektiewe nasionale onderwysstelsel, moet die land ook tred hou met die probJeme van ekonomiese ontwikkeling, intemasionale kompetisie en die voorsiening van lewensmiddele aan die land se groeiende verstedelikende massas. Ook word die land gekonfronteer met die proses van toenemende politieke demokratisering. Dit is vera! in hierdie konteks dat Suid-Afrikaanse opvoedkundiges nie langer kan wag dat die politieke proses in die land eers moet verander voordat daadwerklike pogings aangewend word om die opvoeding en onderwysvoorsiening te verander nie.

Alhoewel die kompleksiteit en eiesoortigheid van verskilJende uiteenlopende ideologiese tradisies met omsigtigheid begryp moet word, moet daar egter gesoek word na aspekte waar daar t n mate van ooreenstemming is, sodat daar deur samewerking en begrip, vordering na die gemeenskaplike onderwysstelsel gemaak kan word. 2 1.2 DIE KONTEKS VAN DIE PROBLEEM

Toe die Staatspresident in sy openingstoepraak op Vrydag 2 February 1990 die verbod op die African National Congress en In aantal ander organisasies opgehef het, het hy aan die organisasies hul reg op nonnale politieke aktiwiteite, onder andere onderwys en onderwyspolitiek, herstel. Gevolglik ontstaan daar die vooruitsig van In onderhandelde politieke skikking wat impliseer dat al die burgers van die RSA stemreg gaan geniet, sodat Swartmense mede sal besluit hoedanig die volgende regering daar gaan uitsien. Omdat die meeste swart politieke organisasies linksgesind is en In sosialistiese regeringsvonn vir die RSA voorstaan, is die moontlikheid groot dat hulle me minderheidsregte sal respekteer me. So In regering sal heelwaarskynlik teenkanting kry teen hul onderwysbeleidsbeskouinge en die moontlikheid is groot dat hierdie konflik die onderwys sal affekteer. Daar sal veral sterk blanke teenkanting wees teen volledige onderwysintegrasie. Alhoewel kompromiee aangegaan sal word in die belang van stabiliteit in die onderwysstelsel, sal opvoedingsinstellings steeds terreine van stryd en konflik bly.

Die konteks van die probleme waarin die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel hom dus bevind, blyk uit die uiteenlopende aard van die ideologiesgefundeerde opvoedingsbeskouings van die linkse en regse standpunte. Net soos linkse elemente in die politiek in die verlede uitgevaar het teen die beleid van Christelike Nasionale Onderwys wat hul II ••• partikuliere lewens- en wereldbeskouing op ander afgedwing het deur die beklemtoning van afsondering van nasionale groepe" (Sonn, 1986:219), moet hulle besef dat elke gemeenskap ook die reg het om te besluit watter soort opvoeding hulle vir hul kinders wil he.

Aanvaardings- en aanpassingsprobleme binne In nuwe onderwysbestel vanuit linkse en regse geledere kan veral op die volgende onderwyskundige gebiede verwag word.

1.2.1 Onderwyspolities

Uit Linkse geledere is daar In sterk neiging in die rigting van sentrale besluitneming sodat nasionale sosialistiese doelstellings bereik kan word (Maphai, 1987:37). Uit regse geledere word groter sentralisasie van die onderwysmag eweneens nagestreef, sodat In gesentreerde onderwysstelsel sonder plaaslike en streeksinisiatiewe en afgewentelde gesag verlang word. Die reaksionere blanke ideologie veronderstel verder dat die onderwysstelsel en onderwysbeheer gesegregeerd moet bly (Berger en Godsell, 1988:59). 3 1.2.2 Opvoedingsdoel

Vir die Linksgesindes is die oorhoofse opvoedingsdoel gelykheid van geleentheid, 'n Beleid van regstelJende aksie ten gunste van Swartes word voorgestaan. Die onderwysstelsel moet bydra tot die daarstelling van 'n nie-rassige, demokratiese en sosialistiese Suid-Afrika waarin kooperatiewe en kollektivistiese waardes sterk benadruk word (Anon (b), 1991:11). Die Regses stel 'n gesegregeerde onderwysstelsel voor waarin groepsidentiteit en blanke hegenomie ongeskaad bly (Berger en Godsell, 1988:59).

1.2.3 Onderwyskundige Struktuur

Pre-primere opvoeding word deur die Linkses beskou as die basis waarop gelyke geleenthede geskep moet word (Ashley, 1980:17). Die Regses se konserwatiewe waardes ondersteun Die vroee kinderopvoeding Die, omdat dit as 'n funksie van 'n sterk familiestelsel beskou word (Ashley, 1980:17). Die Linkses se filosofie dat dit die onvervreembare reg van almal is om geletterd te wees sal veroorsaak dat die primere opvoedingsfase 'n prioriteit. is. 'n Basiese opvoeding sal vir almal verpligtend wees en die kurrikula sal vaardighede wat lei tot die produksie van goedere beklemtoon (Azapo Education Policy, 1984:6).

Die Linkses se opvoedingsverwagtings op sekondere vlak is dat praktiese vaardighede 'n uitverkose status bo akademiese opvoeding moet geniet. Opvoeding in hierdie fase moet nie verpligtend wees Die. Die Regses se vooruitsig is dat hierdie opvoedingsfase verpligtend moet wees en dat privaatskole Die anderskleuriges moet toelaat Die (Ashley, 1980:17). Die Linkses wil sien dat groter getalle studente die tersiere opvoedingsfase betree. AIle opvoeding op hierdie vlak moet 'n sterk komponent van sosiale verantwoordelikheid dra, sodat diens aan die gemeenskap, eerder as die vooruitgang van die individu, voorsiening van die fase bepaal (Anon (b), 1991:13).

1.2.4 Belanghebbendes By Die Opvoeding

By die. Linkses moet die status van leerkragte as werkers beklemtoon word, sodat onderwysersverenigings die vorm van populere organisasies aanneem. Leerkragte sal die verantwoordelikheid vir die ontwikkeling van hul gemeenskappe moet aanvaar (Sisulu, 1987:115). Die Regses wil he dat onderwysersopleiding uiters konserwatief moet wees en dat ouers meer seggenskap moetkry op veral toelating van Jeerlinge en die bepaling van die gees van die kurrukuleem (Van Wyk, 1987:72).

1.2.5 Onderwysfinansiering

Beide faksies verwag dat die staat verantwoordelik vir die befondsing van onderwysvoorsiening moet wees. Die linkses se eis van geJykheid impliseer verder grootskaalse befondsing vir Swart opvoeding. Die private sektor se bydrae tot befondsing sal beperk word tot die opleiding van werknemers as gevolg van die politieke risiko wat befondsing sal inhou. 4 1.3 PROBLEEMSTELLING

Voorspruitend uit die voorafgaande probleemkonteks kan die voIgende probleemvrae gestel word.

• Wat is die opvoedkundige waarde van die opvoedkundig-ideologiese beskouinge van die onderskeie politieke groeperinge in die RSA en in watter mate is die verskille in die politieke groeperinge aanvaarbaar? • Watter verbande kan tussen 'n ideologie (lewensbeskouing) en onderwys/opvoeding aangetoon word en hoe sal bestaande ideologiee 'n aIgemeen aanvaarbare opvoedingsteorie en onderwysstelseI in die RSA beinvloed? • In watter mate is die onderwyskrisis in die RSA herleibaar tot opvoedkundig­ politiese ideologiee en hoe sal bestaande verskille oorbrug moet word, sodat 'n gemeenskaplike onderwysteorie, wat aan gemeenskaplike opvoedingskriteria voldoen, daar gesteI kan word?

Om die genoemde probleme op te kan los, word die voIgende doele gestel.

1.4 nOEL

Die doel met die ondersoek is om te bepaaI watter ideologies daar in die RSA bestaan en watter kemelemente deur die onderskeie politieke groeperinge onderskryf word. Verder sal die voortvloeiende opvoedingsimplikasies en opvoedkundige aanvaarbaarheid daarvan ondersoek word. Kriteria waaraan 'n aanvaarbare opvoedingsteorie/onderwysstelsel moet voldoen, sal vervoIgens geidentifiseer word.

Om die genoemde doel te kan realiseer, word die volgende ondersteunende doelwitte gestel:

• Die identifisering en beskrywing van onderwyssteIsels om die onderwyskundige waarde van partikuliere ideologiese opvoedingsbeskouinge te evalueer en enkele kriteria waaraan 'n onderwysstelsel moet voldoen aan te spreek. • Die identifisering en beskrywing van die term ideologie en die verbande en impak wat dit op die onderwys en opvoeding in die RSA-konteks het. • Om sekere opvoedingsbeskouings van die belangrikste politieke partye te identifiseer en te evalueer aan die hand van die realiteite in die RSA en universele opvoedingskriteria.

1.S WERKSWYSE

In die studie word daar van die volgende metodes gebruik gemaak. 5 1.5.1 Literatuurstudie

In hierdie skripsie is daar grootliks van literatuurstudie gebruik gemaak. Opvoedkundige boeke, verbandelings, proefskrifte, ensiklopediee, woordeboeke, maar veral artikels en besprekingsdokumente bet In belangrike deel van die literatuurstudie gevorm.

1.5.2 Die Kriteriaal-evaluerende Metode

Hierdie metode is gebruik om verklarings te vind vir die ooreenkomste en verskille tussen die ideologiee van verskeie politieke groeperinge. Beginseluitsprake kon egter nie getoets word nie, omdat die meeste van die oorwegend Swart politieke groperinge nog nie beginsels op skrif neergele het nie, of nog in die proses daarvan is. Gevolglik moes die ondersoeker tot In eie interpretasie en gevolgtrekkings kom, nadat oor bepaalde ideologiese standpunte, wat of uit besprekings dokumente of onderhoude verkry is, besluit is.

1.5.3 Die Vergelykende Metode

Fundamentele vergelykings is getref tussen die ideologiee van politieke groeperinge, asook bulle politieke beskouings. Daar is vera! gesoek na ooreenkomste en verskille tussen die bepaalde groepe se ideologiee en politieke standpunte.

1.5.4 Die Empiriese Metode

Die ondersoeker bet onderhoude met veral die ANC gevoer om hut opvoedingsbekouing nader te presiseer. Waar beleidsdokumente in gebreke gebly het om aspekte soos onder andere moedertaal in die opvoeding aan te spreek, is sulke onderhoude gevoer.

1.6 VERTREKPUNT

As beoefenaar van Islam is die grondhouding van die ondersoeker Monsteisties. In ooreenstemming met die Qur'an hots die ondersoeker met enige ideologie wat aan die mens die reg gee om waardes en reels van kollektiewe gedrag daar te stel en deur wetgewing te implementeer, sonder dat die Goddelike voorskrifte nageken word. Voorts baseer die ondersoeker sy Gods- en Iewensbeskouing op die beginsel van totale onderdanigheid aan God.

Verder word die ondersoeker in sy waarneming en interpretasie kontekstueel-funksioneel gelei, dit wil se deur middel van 'n oop kenbenadering wat die probleme van die dag binne hul konteks beskrywend, analiserend en krities-evaluerend betrag en probeer oplos. 6 1.7 HOOFSTUKINDELING

Die skripsie is in vyf hoofstukke ingedeel:

In hoofstuk 1 word die konteks en aktualiteite van die navorsing, die konteks van die probleem en probleemstelling aangedui. Die doel en werkswyse van die navorsing word uitgestippeI.

Die noodsaaklikheid van onderwys in die samelewing, die behoefte aan onderwysherstrukturering en toenemende vraag na onderwys word in hoofstuk 2 bespreek. Die ontstaan en struktuur van onderwysstelsels, faktore wat 'n onderwysstelsel beinvloed, die problematiek rondom die skoolstruktuur in die RSA en kriteria vir 'n onderwysstelsel word in oenskou geneem.

In hoofstuk 3 word die konsep ideologie gedefinieer, kernelemente van ideologiee, die kenmerke van 'n lewensbeskouing/ideologie en die verband tussen 'n ideologie en lewensbeskouing in die RSA-konteks aangedui. Die verband tussen opvoeding en 'n lewensbeskouing/ideologie en 'n lewensbeskouing en opvoedingsbeskouing word daarna uitgelig. Ten laaste word die politieke konteks van opvoeding en die politieke beleid as bepaler van stelselontwerp bespreek.

Baradat se kontinuum van politieke houdings word in hoofstuk 4 bespreek. Ses belangrike politieke groeperinge, naamlik die Azanian People's organisation (AZAPO), die African National Congress (ANC), die Demokratiese Party (OP), die Nasionale Party (NP), die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en die Konserwatiewe Party (KP) se politieke beleide, onderwysvoorstelle en onderwyskundige strukture word daarna aangetoon.

Die skripsie word afgesluit met 'n samevatting, bevindings en aanbevelings in hoofstuk 5. 7 HOOFSTUK2

KRITERIA VIR IN ONDERWYSSTELSEL

2.1 MOTIVERING

Verskeie opvoedkundiges wys in die literatuur daarop dat die ideologiese rigting wat 'n regering inslaan, die onderwysstelsel van die land sal bepaal. Volgens Sonn (1986:234) word die beheer van opvoeding en die karakter wat 'n onderwysstelsel aanneem in alle lande ter wereld deur die aard van die heersende politieke stelsel bepaal. Hieruit kan afgelei word dat die organisering van die onderwys, met ander woorde die onderwysstelsel, dus grootliks ideologies bepaald is.

Die uiteenlopende aard van die ideologiee van die vernaamste politieke groeperinge wat aan die politieke proses in Suid-Afrika deelneem, sal 'n direkte uitwerking op die opvoedende onderwys en die skool uitoefen. Myns insiens sal die toekomstige owerheid in Suid-Afrika as gevolg van hul ideologie een van die volgende beleidsrigtings inslaan:

• Links, met 'n sosialistiese beleidsrigting • Gematigd, met 'n liberale/demokratiese beleid, of • Regs, met 'n apartheidsgerigte beleidsrigting.

Die groot vraag waaroor daar uitsluitsel gevind moet word, is of onderwysstelsel vir 'n toekomstige Suid-Afrika kriteria daar gaan stel waaraan die politieke beleid moet voldoen en of die politieke beleid self die kriteria vir die onderwys gaan stel.

2.2 PROBLEEMSTELLING

Schutte (1984: 156) wys daarop dat die staat eise aan die onderwys stel, hul met die organisering van die onderwys bemoei, die nodige fasiliteite voorsien en strukture daarstel waarbinne die uitvoering van die onderwys vrugbaar kan geskied. Die implikasie hier is dat die onderwysstelsel in 'n land die ideologie van die owerheid reflekteer. Van Wyk (1987:28) beaam hierdie feit en toon aan dat met die bestudering van onderwysstelsels dit geblyk het daar universele struktuurbeginsels en kenmerke in hierdie stelsels teenwoordig is. Volgens Stone (1981:65-118) is daar tog ook baie verskille tussen individuele onderwysstelsels wat toegeskryf kan word aan die invloed van natuurlike en kulturele faktore van die betrokke leefwereld en die gemeenskappe se grondmotiewe.

Ben van die vemaamste eise wat die staat aan die skoolwese stel, is dat die leerlinge kundig gemaak moet word in die staatstrukture en die werking daarvan om sodoende hul plek in die politieke strukture van die land in te neem. Verder moet die skooJwese ook die JeerJinge positief insteJ teenoor.die politieke stelseJ van die staat (Smith, 1990:24). 8 Die probleme wat nou ontstaan is onder andere:

• in watter mate moet 'n algemeen aanvaarbare vormingsteorie vir 'n toekomstige Suid-Afrika gehoor gee aan die eise wat die staat deur middel van sy opvoedingstelsel aan die skoolwese stel? • moet 'n toekomstige aanvaarbare onderwysstelsel slegs gebaseer word op universele struktuurbeginsels of moet die natuurlike, kulturele en grondmotiewe van groepe ook geakkommodeer word? • moet 'n toekomstige aanvaarbare vormingsteorie die gemeenskaplikheid van die Suid-Afrikaanse heterogene gemeenskap meer bekJemtoon as die diversiteit van die gemeenskap?

Die onderstaande doelstellings sal genoemde probleme probeer aanspreek.

2.3 DOELSTELLINGS

Die oorhoofse doel met die hoofstuk is om 'n uiteensetting te gee vari die aard van onderwysstelsels, ten einde van die belangrikste kriteria waaraan 'n onderwysstelsel moet voldoen, te identifiseer. Om die oorhoofse doelstelling te verwesenlik, word daar onder andere op die volgende komponente van die onderwysstelsel gefokus:

• algemene vraagstukke in die onderwys in die RSA • faktore wat 'n onderwysstelsel beinvloed • die eise (kriteria) waaraan 'n onderwysstelsel moet voldoen en • die interafhanklikheid tussen die onderwysstelsel en ander maatskaplike faktore.

2.4·· UITEENSETTING

2.4.1 ONDERWYS EN DIE SAMELEWING

Onderwys het 'n noodsaaklike voorvereiste vir die voortbestaan en ontwikkeling van die samelewing geword. Nie net word kennis, mag, inkomste en arbeid deur opvoeding bekom nie, maar is onderwys ook die verpligte toegangsweg tot deelname aan die samelewing en dus een van die omvangrykste maatskaplike aktiwiteite waarmee elke mens te make het. Die ontwikkeling van onderwysstelsels stel baie mense in staat om met kennishoude en wetenskap in aanraking te kom. Smith (1990:5) voer aan dat die onderwysstelsel in 'n hoe mate sy eie professionele outonomie bekJemtoon en besluit vanuit die stelsel wat tot voordeel van die samelewing sal strek. Vir Van Kamenade (Smith, 1990:6) is die onderwys die instrument wat 'n bydrae lewer tot 'n regverdiger samelewing waarin elkeen 'n meer gelykwaardige kans het op die verwerwing van kennis, besit, arbeid en op deelname aan kultuur en besluitvonning.

Van der Molen (1979:230) beskou die verhouding tussen opvoeding en die sameJewing as kompleks en. ondeursigtig, met ander woorde, hoe ingewikkelder die samelewing, hoe grater die eise wat aan die opvoeding gestel word. Die skool is 'n toeleweringsbedryf vir die gemeenskap se 9 mannekragbehoeftes (Smith, 1990:6) en hou verskeie implikasies in, veral in die RSA konteks waar die inhoud van die onderwys telkens bevraagteken word. As welsynsvoorsiener en veranderingsagent moet die skool veel meer as wat inhoudelik in die fonnele leerpJanne voorgeskryf word, vennag omdat die skool ook as sleutelmag ten opsigte van die maatskaplike lewe 'n roeping moet vervul.

Wereldwyd en in besonder in die RSA word daar baie verwys na die krisis in die onderwys (Vgl. Coombs, 1985:6; Education Renewal Strategy:pp.I-30). Van die faktore wat tot die krisis bygedra het, noem Coombs (1968:4) onder andere die bevolkingsontploffmg en die fmansiering van onderwys as gevolg van die styging in die finansiele koste per leerling. Vir Smith (1990:7) staan ongelykheid van die onderwys in die RSA, as een van die belangrikste grondoorsake van die onderwyskrisis uit en hy lys die volgende as die toonaangewende oorsake: die toenemende veroudering van leerplaninhoude, irrelevante onderwysinhoude, die wanbalans tussen onderwys en mannekragbehoeftes, ongelykhede in die onderwys tussen verskillende sosiale groepe, die kloof tussen die koste van onderwysvoorsiening en befondsing en die. onvermoe van onderwysstelsels om vinnig te reageer op die behoeftes van die gemeenskap.

Strategiee wat Coombs (1985:6) voorstel om die krisis te oorkom, is onder andere die voorstetting en verbetering van die kwaliteit, effektiwiteit en relevansie van die onderwys. Hy bepleit veral dat onderwysstelsels idees, waagmoed, vasberadenheid, 'n wil tot selfagting en selfwaardering by die leerlinge moet aanwakker, sodat 'n begeerte na avontuur, verandering en modemisering van onder tot bo deursypel.

2.4.2 DIE TOENEMENDE VRAAG NA ONDERWYS

Onderwys word gesien as 'n middel tot ontwikkeling, ekonomiese vooruitgang en die verhoging in lewenstandaarde (RGN, 1981:19). Onderwys behoort dus te gelei het tot 'n hannoniese verhouding tussen die onderwys aan die een kant en die samelewingsbehoeftes aan die ander kant. Die probleem rondom die vraag na onderwys bestaan as gevolg van 'n gaping tussen die leerbehoeftes en die vermoe om daaraan te voldoen.

Ander redes wat aangevoer kan word vir die ontstaan van die gaping tussen aanvraag en aanbod is onder andere: die verhoging in die aspirasies en verwagtings van die mens ten opsigte van die onderwys, juis as gevolg van die groter mate van onderwys wat ontvang word; die druk van die openbare sektor op onderwysontwikkeling as voorvereiste vir die algemene nasionaJe ontwikkeling en die eis om 'n verhoging in die onderwysvoorsiening vir almal, die toenemende ontwikkeling in die lewenswerklikheid waarin die kind groot word, wat meer kompleks, abstrak, verwyderd en ontoeganklik word; die geinstitusionaliseerdheid van die alledaagse leefinhoude (Bondesio,1979:3) en die bevolkingsaanwas wat die kritiese kwantitatiewe vennenigvuldiger van die eis tot onderwysvoorsiening is. 10 Smith (1990:14) beweer dat die vraag na onderwys nie onmiddellik bevredig sal word nie, maar eerder sal toeneem as gevolg van die kwantum-sprong wat jaarliks in jeuggetalle voorkom. Ook word daar nie in die mens se onmiddellike kontekstuele behoeftes voorsien nie, omdat onderwysstelsels toelaat dat hulleerinhoude verouderd raak, terwyl die wereld van kennis op 'n steeds vinniger tempo vermeerder en verander. Verder is daar die neiging om sekere onderwysmodelle van geindustrialiseerde lande na ontwikkelende lande oor te plant waar dit grootliks onvanpas is.

Coombs (1982:145) identifiseer tien kritiese onderwysuitdagings waarmee onderwysbeplanners in die volgende twee dekades rekening sal moet hou, naamlik die aanpassing by die snel toenemende leerbehoeftes van die samelewing; die aansuiwering van die wanaanpassing tussen onderwys en werksgeleenthede; die verwydering van onaanvaarbare sosio-ekonomiese en onderwysongelykhede; die verbetering van die onderwyskwaliteit en onderwysgeskiktheid ten opsigte van die leerders se behoeftes; die ooreenstemming van onderwys en kultuur in elke gemeenskap en die verbreding van die leemetwerke, sodat dit die lewenslange leerbehoeftes van mense kan dien.

2.4.3 BEHOEFrE AAN ONDERWYSHERSTRUKTURERING

Onderwysherstrukturering beteken die proses waardeur bepaalde institusies 5005 skole en onderwysstrukture aangepas word by hul vinnig veranderende funksies (bv. 'n groter en veranderende vraag na onderwys), as gevolg van die toename in kennis, wetenskap en tegnologie wat die mens in staat stel om sy ongewing in 'n groter mate te beheers (Smith, 1990:10). Gevolglik verander die kultuurpatrone, kombinasies van norme en waardes, ideologiee, verwagtings en lewensdoelstellings by gemeenskappe, sodat daar gese lean word dat die onderwys pro-aktief betrokke is. Hierdie verandering kan egter weer aanleiding gee tot nuwe moontlikhede en ontplooiingskeuse wat geleidelik of rewolusioner kan verloop. By die verandering aan 'n onderwysstelsel, moet daar voortdurend aan die aanpasbaarheid en stabiliteit van die kinders gedink word.

Die hoofoogmerke met onderwysherstrukturering is die verbetering van die algemene lewenskwaliteit van alle mense in die samelewing, met spesiale beklemtoning van die posisie van die armes en minderbevoorregtes, Vir onderwysherstrukturering is 'n verandering in opvoedkundige denke 'n prioriteit. Hierdie denke moet dan ook tred hou met die lewensrealiteite en lewensverwagtinge wat aan die mens gestel word. 11 2.5 ONDERWYSSTELSELS 2.5.1 DIE ONTWIKKELlNG VAN ONDERWYSSTELSELS

Bondesio en Berkhout (1987:21) voer aan dat die ontstaan van onderwysstelsels saamhang met die ontwikkeling van die mens vanaf 'n meer primitiewe tot 'n modeme gemeenskap en dat hierdie ontwikkeling oor 'n hele paar eeue strek. Eise wat die ontwikkelde en ontwikkelende gemeenskappe gestel het, het 'n strukturele wysiging in die maatskappy afgedwing. Gevolglik het die institusionalisering van die onderwys ontstaan. Die institusionalisering van die onderwys is te danke aan "strukturele wysigings in die tradisionele maatskappy wat konkreet word in tenne van tyd-konkrete eise (probleme), wat na verwagting deur middel van formele onderwys opgehef kan word". (Bondesio en Berkhout, 1987:21) Veranderinge op die maatskaplike gebied wat die institusionalisering van die onderwys ingelei het, is onder andere: industrialisasie en verstedeliking; die herdefiniering van die gesin en die aanvaarding van die staat om sekere maatskaplike dienste te verskaf. Op die manier het die staat 'n aandeel in die opvoeding gekry en 'n dominante rol begin speel (Van Vuuren, 1976:427).

In hul samevatting oor die ontstaan van onderwysstelsels onderstreep Bondesio en Berkhout (1987:24-25) veranderinge op die volgende samelewingsterreine:

• die demografiese terrein, dit is die toenemende verstedeliking wat aanleiding gegee het tot migrasiepatrone; • die ekonomiese terrein, wat teoreties die industrialisasie vooraf gegaan en tot 'n konsepverandering ten aansien van arbeid gelei bet; • die staatkundige terrein, wat geskied het omdat die staat die verantwoordelikheid aanvaar het om bepaalde maatskaplike dienste te aanvaar; • die sosiale terrein wat ontstaan het in die herdefiniering van die familie, die sosiale herstratifikasie en die ontstaan van die arbeidersklas, en • die kulturele terrein,· waar kulturele diversiteit as gevoIg van migrasie veroorsaak dat heterogene gemeenskappe binne een land ontstaan het, met heterogene volksgemeenskappe, geloofsgemeenskappe en 'n konsentrasie van kultureel-diverse groepe binne metropolitaanse gebiede. Van Zyl (1975:219) is vanoordeel dat 'n onderwysstelsel in die lig van sy verlede, sy huidige situasie en sy toekomstaak begryp moet word. Dit moet sowel beboudend as dinamies wees.

2.5.2 DIE STRUKTUUR EN WERKING VAN ONDERWYSSTELSELS

Bondesio (1979:1) omskryf 'n onderwysstelsel as die voorsiening van onderwys in 'n geordende gemeenskaplike verband ten einde bepaalde gemeenskapsdoelsteIlings te verwesenlik. 12 Stone (1981:10) definieer 'n onderwysstelsel as die "omvattende kultuurproduk van die mens op die gebied van die opvoeding en onderwys. (Dit) is 'n vervlegtingstruktuur waarin sosiale strukture van In bepaalde samelewing met die onderwysinrigtings verenig om deur koerdinasie van bydraes en deur organisasie, die versnelde ontsluiting van die jeug binne In bepaalde gebied te weeg te bring in aansluiting by die kulturele en natuurlike eise van tyd en plek". Uit hierdie opmerking blyk dit dat die onderwysstelsel 'n vervlegtingstruktuur van 'n veelheid komponente is.

Van Vuuren (1976:427) onderskei twee soorte vervlegtinge, naamlik waar samehang gevind word tussen een of twee instansies, byvoorbeeld die staat en die kerk (monopolere stelsels) en tweedens waar vervlegting nagestreef word waarin die een instansie nie die ander se seggenskap beperk deur sy dominerende rol nie, maar waar elke struktuur 'n verantwoordelikheid teenoor die onderwys aanvaar in ooreenstemming met sy eie aard. Voorts wys Van Vuuren op die gevaar van 'n geheel-dele-samehang tussen die skool en die staat, omdat die onderwys maklik deur die staat of kerk gekaap kan word. Hy beveel aan dat 'n onderwysstelsel slegs gerig moet word deur opvoedkundige oorwegings en slegs opvoedkundige nonne navolg, anders ontaard dit in 'n indoktrinasiestelsel met politieke of 'n evangelisasiestelsel met kerklike oogmerke.

Vir Van Wyk (1987:28) is die onderwysstelsel 'n gekompliseerde struktuur en hy beklemtoon die vennootskap waarin verskillende samelewingsverbande moet saamwerk sodat doeltreffende opvoedende onderwys moontlik gemaak kan word. Die skool neem die sentrale posisie in hierdie vervlegtingsvennootskap in met die gesinne, ouerverenigings, die georganiseerde onderwysprofessie, onderwysdepartemente, onderwysowerhede en die private sektor as medevennote. Omdat die onderwysstelsel die opvoedkundige struktuur is wat die veelheid van partye en strukture waaruit dit bestaan, moet koordineer om as 'n geheel te kan funksioneer, moet die onderwysstelsel wetenskaplik beplan, geadministreer en bestuur word. Onderwysstelsels moet ook voortdurend geevalueer en aangepas word by nuwe onderwysbehoeftes en veral by nuwe omstandighede.

2.5.3 FAKTORE WAT IN ONDERWYSSTELSEL BEINVLOED

Voordat enige onderwysstelsel onderwyskundig en opvoedkundig aanvaarbaar kan wees, is daar 'n aantal kriteria/norme/kategoriee waaraan die stelsel moet voldoen. Namate die kompleksiteit van die samelewing, die kenniskat, die kindergetalle wat onderwys moet ontvang en die tempo van hervoming toeneem, word die kriteria moeilik verwesenlikbaar.

Onderwysstelsels word volgens Smith (1990:19) gedetennineer deur faktore wat deur hul aanwesigheid die voorsiening van onderwys beinvloed, verander of stabiliseer. Van die detenninante word ontIeen aan natuurlike, kulturele, professionele en administratiewe faktore wat binne die gemeenskap werksaam is. Gevolglik kan sekere eksterne en interne determinante bepaal word, waar eersgenoemde op die stelsel inwerk en laasgenoemde binne die stelsel werksaani is, of deur die stelsel beinvloed word. 13

Gcd~:cnst er. ·Ne(~:d· bcscnouw ir.g

3e'lc:kings· Iactcr

sys:eem

Idenburg (1972:14) bet die wisselwerkende samelewingstrukture van die skoolwese deur middel van 'n diagram verbeeld en plaas die onderwysstelsel in die middel met sy bepaalde eksterne verboudings. Tussen die binne- en buiteveld sou In mens van In spanningsverbouding kon praat. Op die vlak van die eksteme relasies word tussen instellings en maatskaplike kragte onderskei. Die beroepsorganisies bet veral te doen met die onderwysers wat 'n stimulerende of belemmerende invloed op die onderwys kan uitoefen. Massakommunikasiemiddele is die pers, radio en televisie wat as tolk van die openbare mening optree. Die sirkel waarop die maatskaplike kragte genoteer is, toon die bree sosiale konteks van die onderwys aan en die pyltjies, dui die wederkerige wisselwerking tussen die maatskaplike kragte en die onderwysstelsel aan. Die intensiteit en beweeglikheid van die samebange kan nie aangetoon word nie, omdat dit binne die konteks en tydsorde van elke afsonderlike land beoordeel moet word. Ook voer Idenburg (1972:80) aan dat die institusies om die algemeen 'n traer ontwikkelingstempo as die maatskaplike kragte vertoon. Hulle bied weerstand teen modernisering en verandering as gevolg van die reels en tradisies waaraan bulle onderworpe is. Van die belangrikste faktore wat onderwysstelsels beinvloed, is onder andere: die Demografiese faktore, die sosiale faktore, die ekonomiese faktore, die wetenskaplike en tegniese faktore, die godsdiens- en wereldbeskouingsfaktore en die politieke faktore, wat vervolgens bespreek sal word. 14 2.5.3.1 Die demografiese faktore

Die demografiese faktor is die totale bevolking, insluitend die verspreiding en die migrasiepatrone van die bevolking. Smith (1990:2) voer aan dat die bevolkingsgetal van 'n land 'n groot invloed op die fmansiering en daarstelling van onderwysgeleenthede uitoefen. Die samestelling van die bevolking is verder belangrik, omdat tale, kulture, godsdienste, grondhoudings en herkoms heelwat implikasies vir onderwysvoorsiening inhou. Bondesio en Berkhout (1987:123) wys daarop dat 'n voortdurende groeiende bevolking 'n voordurende groeiende behoefte na onderwys skep en verdere eise aan die bestuur- en finansieringstruktuur stel. Ook kan hierdie fisiese kenmerke probleme skep met die eweredige daarstelling van onderwysgeleenthede, soos wat dit tans in die RSA ondervind word.

2.5.3.2 Die sosiale faktore

Die sosiale faktor hou verband met die volle omvang van die sosiale aktiwiteite. van die land. Vir Bondesio en Berkhout (1987:139) is daar 'n sterk verband tussen die verandering van die sosiale struktuur en die ontwikkeling van gekollektiveerde onderwys in die RSA. "Die verwagtinge wat daar in die samelewing ten aansien van gekollektiveerde onderwys bestaan, hou tot 'n groot mate verband met die stratiiJseringsbeginsel wat in die samelewing geldig is". In die De Lange-ondersoek (RGN, 1981:26) word dit beklemtoon dat die aard, styl en gedifferensieerdheid van 'n onderwysstelsel normaalweg 'n weerspieeling van die wyere sosiale patroon is. Faktore wat 'n sekere gedifferensieerdheid van die sosiale verkeer meebring, is onder andere ras, etnisiteit en beroepe.

Smith (1990:22) wys daarop dat die onderwys enersyds die resultaat van sosiale faktore is en andersyds verandering in die sosiale patrone van die gemeenskap meebring. Van die belangrikste sosiale faktore wat die onderwysstelsel beinvloed, is onder andere mense se houdings jeens die onderwys, die beskikbaarheid van onderwys, kulturele verskeidenheid, die onderwysdoel en betrokkenheid van die ouergemeenskap. Volgens Bondesio en Berkhout (1987:140) het die verandering van die sosiale van verhoogde sosiale aspirasies verdere eise aan die onderwys gestel om tot groter sosiale mobiliteit by te dra. Omdat die rasseskeidslyn in terme van ekonomiese ontwikkeling in die RSA vervaag het, het druk op onderwysvoorsiening vanuit aIle bevolkingsgroepe toegeneem. Die grootste probleem vir onderwysvoorsiening in die RSA is tans die problematiek wat verbonde is aan die voorsiening van gelyke onderwysgeleenthede.

2.5.3.3 Die ekonomiese faktor

In die RSA het daar as gevolg van die beweging weg van die landboukundige beroepe na die industriele beroepe bepaalde veranderinge in die ekonomiese samelewing plaasgevind (Smith,1990:23) Hierbenewens het die dienstesektor ook 'n uitwaartse groei getoon en het die verandering in produksieprosesse meganisasie en outomatisasie tot gevolg gehad, wat weer nuwe 15 eise aan die opleiding van mense stel. Dit bly dus die taak van die onderwysstelsel om mense voor te berei vir 'n geoutomatiseerde wereld, met groter eise aan intelligensie, kennis en informatika. 'n Verdere belangrike taak wat aan die onderwysstelsel gestel word, is om 'n positiewe werketos by voomemende werkers te kweek; om by te dra tot die optimale ontginning en aanwending van beskikbare bronne en dat die onderwysstelsel moet bydra tot die regverdige verdeling van welvaart.

2.5.3.4 Die wetenskaplike tegniese faktore

Bondesio en Berkhout (1987:135) wys tereg daarop dat die wetenskap en tegniek enige onderwysstelsel beinvloed; veral op die inhoude war in die onderwysstelsel ontsluit moet word. Die kennisontploffing het veroorsaak dat die opleiding van onderwyspersoneel komplekser en langduriger ten opsigte van inhoude en onderrig- en leertegniek geword het. Die skrywers meen verder dat met die ontwikkeling van leerteoriee, die begeleidingshulp en onderrigteoriee meer doeltreffend word. As gevolg van hierdie maatskaplike krag ontwikkel die beplanning van geinstitusionaliseerde onderwys ook in groot mate. Die voortspruitende ontwikkeling in onderwysmedia en onderwystegnologie is des te dringender in die RSA-konteks, omdat agtergeblewende gemeenskappe daardeur vinniger op dreef kan kom.

2.5.3.5 Die godsdiens- en wereldbeskoulngsfaktore

Young (Husen en Postlethwaite, 1985:2388) postuleer dat ideologiee hulself in die opvoeding manifesteer. Opvoedkundige ideologiee is volgens hom 'n uitvloeisel van die heersende staatsideologie. Schutte (1984:156) wys verder daarop dat state hulself die reg toe-eien om aan die opvoeding voor te skryf.

Vir Pratte (1977:142) beinvloed die staatsideologie die opvoeding op twee maniere naamlik:

• dat die ideologie as dwangfaktor kan inmeng met die opvoedingsaktlwiteite: aktiwiteite wat vroeer bestaan het uit 'n relatief outonome sisteem en wat as sodanig voortgestu was deur professionele riglyne en opvoedingsbeginsels. Hier het die ideologie 'n ingrypingsfunksie, • dat die ideologie kan voorkom as 'n dieptestruktuur van aIle denktipes in die vorm van bewese filosofiee, teoriee of tradisies.

Waar 'n opvoedingsideologie voortspruit uit 'n sosio-politieke ideologie in die gemeenskap soos onder andere demokrasie, liberalisme of naturalisme, oefen dit gesag op die gemeenskap uit en skryf dit aan die opvoeding voor ten opsigte van die opvoedingstruktuur, -metodes, -doelstellings en -inhoud. As 'n opvoedingsideologie voortspruit uit dieptestrukture, kan eksteme ideologiese standpunte nie besluitneming in die opvoeding beinvloed nie. Tog meen Van Straaten (1987: 12) 16 dat aIle denke oor opvoeding reeds ideologies van aard is en dat hierdie denke bepaal watter wetenskaplike bevindings, filosofiese veralgemenings, tegnieke en aktiwiteite aanvaar en onderskryf sal word. AIle opvoedingopvattings soos onder andere die, essensialisme en humanisme is ideologiee wat die behoeftes en belange van verskeie groeperinge in 'n gemeenskap reflekteer.

Bondesio en Berkhout (1987:143) beskou die lewens- en wereldbeskouing as die mens of mense ------.- .. - _.. -_.-. ~~():Ryattinge oor die werklikheid, sodat die kultuur en struktuur van volke bepaal word volgens die manier _'YCI.al"OP hulle die werklikheid beskou. Die _godsdiens- en wereldbeskouing is bepalend ten aansi~~~(lIl die funksionering van enige groep of _yolk. Onderwys is 'n belangrike vorm ~~deur kultuur en die lewens- en wereldbeskouing van een geslag na die ander oorgedra word. Gevolglik skoei baie groepe nog hul onderwys op hul religieuse grondhoudings. Smith (1990:24) stel hierdie feit as volg: "Grondllggend aan aUe onderwysstelsels is die onderliggende _gel~ofsbekouing van die betrokke lede daarvan", sodat die onderwysstelsels 'n bepaalde l~~_~_Ils~ ~n wereldbeskouing m~~t_

In die sogenaamde derde wereldlande word groot verwagtinge ten opsigte van ontwikkeling gehandhaaf. Dit word ook veronderstel dat die skool die vernaamste draer van hierdie nuwe wereldbeeld moet wees. Bondesio en Berkhout (1987:146) wys daarop dat hierdie lande glo dat die individu via die onderwysstelsel 'n meer utilistiese verhouding tot die werklikheid sal aanleer, om sodoende aan die moderne geindustrialiseerde staat se funksie te kan deelneem. Dit is belangrik dat die onderwysdoelstelling in 'n toekomstige RSA, die verskeidenheid van godsdienstige belangstellings en variasies in lewensbeskouings op die een of ander manier sal moet akkommodeer.

2.5.3.6 Die politieke faktor

Enige staat koester sekere verwagtinge van hul onderwysstelsel. Bondesio en Berkhout (1987:147) verdeel hierdie verwagtings in drie groepe, naamlik (a) burgerlike sosialisering - hier leer die onderwysstelsel die jeug hoe die politieke stelsel in die land funksioneer, sodat hulle kundig kan word om aan die politiek te kan deelneem en objektiewe staatsburgers vorm; (b) politieke werwing - waar daar verwag word dat die onderwysstelsel moet bydra tot die vorming en seleksie van politieke leiers en (c) politiese inskakeling - waar daar verwag word dat die onderwysstelsel die jeug moet voorberei op die erkenning en aanvaarding van 'n spesifieke ideologie en om 'n bepaalde rol in dier hierargie van die sosiale struktuur van die staat in te neem.

Samevattend tot hierdie paragrawe oor faktore wat 'nonderwysstelsel beinvloed kan gese word dat onderwysstelsels verantwoordelik vir die psigiese en fisiese welstand van al die leerlinge in 'n betrokke land is. Die belangrikste interne faktor wat 'n onderwysstelsel in 'n land se organisasie en funksionering raak, is duidelik omskrewe doelstellings. Jrujj~RSA is aile opvoeding gerig op _~!~JlJ_n~_~_ent~l~doe}, naamlik om die volwassewordende kind vir sy lewe in 'n bepaaJde 17 _gemeens}~l).p_~~~~,ge\Vj_~g_~P_!~~~~)__~~'~!~\\'_~~~'!l_1:>ep'!tllc:le lewensbeskouing, -wyse en -vorm _~!!lpliseer,\\,atda~ ook veronderstel is om van ander gemeenskappe te verskiI.

Volgens Harmse (1986:45) is die huidige struktuur van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel problematies, omdat "•••die magsgroepe wat die land regeer sy eie lewensbeskouings, -wyse en -vorm bevorder, meestal ten koste van die ander". Die probleem, om reg te laat geskied aan die kulture van al die gemeenskappe in die RSA, neem ook toe in omvang omdat elke groep enersyds sekere aspekte van hul kulture wil behou en andersyds aspekte van ander kulture wil eien. In 'n nuwe RSA sal daar desnoods verandering op staatkundige gebied moet plaasvind en dit sal die organisasie en samestelling van die gemeenskap wysig. Dit sal meebring dat die opvoedingsdoel en die struktuur van die skool moet verander.

Die onderwyssteIseI as pedagogiese struktuur sal moet verander namate die opvoedings­ doelstellings in die RSA verander. Tog sal daar 'n aantal kriteria moet wees waaraan hierdie doelstellings sal moet voldoen, want "••.as aan hierdie kriteria Die voldoen -word nie, is die uitvoering van die doelstellings Die opvoeding in die ware sin van die woord Die" (Harmse, 1986:45). Voorts sal enkele van hierdie kriteria in oenskou geneem word.

2.5.4 KRITERIA VIR 'N ONDERWYSSTELSEL

Nadat in die vorige paragrawe gewys is op die faktore wat 'n onderwyssteIseI beinvloed, moet die vraag tog gestel word aan watter eise of kiriteria 'n onderwysstelsel moet voldoen om aanvaarbaar te wees, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks. Smith (1990:25) voer aan dat 'n nasionale onderwysstelsel die gemeenskapsverantwoordelikheid aanvaar om opvoedingsteun aan leerlinge te bied, omdat die ouers as primere opvoeders vanwee die gekompliseerdheid van die gemeenskapslewe nie meer die taak aileen kan vennag nie. Deur middel van beroepsopvoeders vervul die staat hierdie verantwoordelikheid binne 'n nasionale onderwysstelsel, wat op 'n verantwoordbare wyse die leerlinge moet heenlei na die wereld waarin hulle hul taak op 'n bekwame, verantwoorde en menswaardige wyse moet volbring. Volgens Van Rensburg en Landman (1986:98) is 'n ~!erium "••• 'n maatstaf. Dit is Die 'n klaargemaakte meetapparaat _w~.-!l~!_~!1ge~end moet word Die - dit is 'n norm wat in sy wese eers deurdink en geformuleer moet word om uiteindelik as beoordelingsnorm aangewend te kan word".

In die literatuur is daar baie geskryf oor kriteria waaraan 'n nasionale onderwysstelsel moet voldoen. Vir die studie sal daar egter by die kriteria soos deur Van Zyl (1975:221) beskryf, volstaan word.

Die stelsel van georganiseerde onderwys moet ten eerste regverdigbaar wees ten opsigte van die samelewingsnood daarvoor, met ander woorde, die nood daarvoor vanwee die komplekse samelewingstruktuur en behoeftes van al die inwoners. Die steeds verstedelikende samelewingstruktuur in die RSA sal dan deur so 'n stelsel aangespreek moet kan word. Twee 18 verdere vereistes is dat die stelsel moet tred hou met die realiteit van die tyd en uitvoerbaar moet wees. Uitvoerbaarheid impliseer dat daar stelsels van beplanning, beleid, organisering en leidinggewing moet wees wat daartoe sal lei dat die stelsel pedagogies effektief funksioneer. Realisties as sodanig impliseer dat die stelsel plooibaar moet wees sodat dit kan aanpas by veranderinge in die leefwereld, van die Suid-Afrikaanse inwoners, sonder dat kemoortuigings geskend word. As daar gekyk word na die verskillende onderwysdepartemente, elk met 'n eie beleid wat onwrikbaar vasgekluister is aan ideologiese oortuigings, kan die nood vir een onderwysstelsel nie ontken word nie.

'n Vierde vereiste wat aan 'n onderwysstelsel gestel moet word, is dat dit vir al die inwoners aanvaarbaar moet wees vera! wat betref die beleid en die behoeftes van die gemeenskap. Eise wat die gemeenskap stel, sal deur die stelsel geakkommodeer moet word. Omdat vertroue 'n basiese voorwaarde vir opvoeding is, moet die stelsel voorsiening maak vir alle groepe in die gemeenskap en vertroue by hulle inboesem. Vera! in die RSA-konteks sal daar hard ter bereiking van die kriterium gewerk moet word, omdat daar 'n vertrouenskrisis tussen gemeenskappe is. 'n Aanvaarbaarheidskrisis ontstaan ook wanneer 'n onderwysstelsel as 'n indoktrineringsmiddel ter wille van 'n eie ideologie misbruik word, sodat dit die opvoedeling se moontlikhede beperk, eerder as verruim. Botsende kemoortuigings in 'n bepaalde gemeenskap plaas ook die aanvaarbaarheid van die onderwysstelsel in die gedrang, omdat die stelsel gesien kan word as identiteitsvernietegend ten opsigte van 'n onbegunstigde groep of geleentheidskeppend tot selfbehoud. In meervoudige kultuurgemeenskappe behoort die onderwysstelsel verskillende identiteite en die geleentheid vir medemenslike naasbestaan te erken.

'n Vyfde kriterium vir 'n onderwysstelsel is dat die onderwysstelsel ekonomies verantwoord en dus bekostigbaar vir die gemeenskap wat dit moet bedien, moet wees. Die sukses van 'n stelsel word nie deur groot finansiele uitgawes bepaal nie, maar eerder deur die wyse van besteding. Ekonomiese verantwoordbaarheid impliseer ook die benutting van tyd, sodat die belange van die onderwyssaak aangewend moet word deur mense wie se opdrag verband hou met hul besondere bekwaamheid en mense wat hul verantwoordelikheid met toewyding aanvaar. 'n Sesde kriterium wat gestel kan word, is dat die onderwysstelsel verband moet hou met die lewensdoel van die gemeenskap. Die lewensdoel rig die opvoedingsdoel ten opsigte van partikuliere opvoedingsinhoude en -praktyke. Die opvoedingsdoel word dikwels deur faktore buite die opvoeding beinvloed, sodat die opvoedingsdoel pedagogies onverantwoordbaar is, veral wanneer . dit mensonterend en dus oneties is. 'n Verantwoorde onderwysstelsel moet eties-verantwoordbaar wees ten opsigte van die doel, inhoud en opvoedingsituasie van al die belanghebbendes. Sonder die prysgawe van kemoortuigings moet die onderwysstelsel rekening hou met die wereld van die toekoms, sodat die opvoeding 'n geslag moet voorberei wat die bekwaamheid, kennisagtergrond, opvoedingsagtergrond, karakterkrag, ondememingsgees, uithouvermoe, volharding en die geloofsmoed het om krisissituasies die hoof te bied. Die onderwysstelsel moet verder toekomsgerig en dinamies wees sonder om bestendigheid prys te gee. 19 'n Agste kriterium is dat 'n onderwysstelsel didakties verantwoordbaar moet wees, sodat onderrigwyses doelbewus daarop gerig moet wees om leerwyses te bevorder wat die jeug voorberei om nuwe probleemsituasies selfstandig die hoof te bied. Die veronderstelling is dat sinvolle onderwyskundige strukture of didaktiese situasies geskep moet word wat tot selfstandige leerhandelinge kan lei. Vir didakties-verantwoordbare begeleidingshulp word mense benodig, wat impliseer dat die onderwysstelsel voorsiening moet maak vir die keuring en opleiding van roepingsbewuste mense met die nodige liggaamlike, intellekteule, sedelike en geloofskrag vir die onderwystaak.

Verder moet onderwysstelsels 'n stelsel van beheer he wat verantwoordelik is vir die uitvoering van die onderliggende beleid. Die administrasie is verantwoordelik vir die voorsiening van terreine, geboue en die uitrusting van die skole. Die administrasie is ook verantwoordelik vir die voorsiening van pedagogies-didakties gefundeerde kurrikula, die reel, die aanstelling, diensvoorwaardes en besoldiging van leerkragte. Die onderwysstelsel moet Iaastens ook voorsiening maak vir ouerinspraak in die opvoeding, omdat ouers in die laaste instansie verantwoordelik is vir die opvoeding as hulp by die volwassewording van hul kinders. 'n Verantwoordelike onderwysstelsel behoort voorsiening te maak vir gedevolueerde gesag in die bepaling van beleid en in die uitvoering daarvan. Ten einde aan al die bogenoemde behoeftes te voorsien, moet 'n onderwysstelsel dus voldoen aan die kriteria van regverdigheid, uitvoerbaarheid, aanvaarbaarheid, bekostigbaarheid, doelgerigtheid en didakties-uitvoerbaarheid.

2.6 SAMEVATTING

In die RSA is opvoeding op hierdie tydstip 'n noodsaaklike voorwaarde vir die voortbestaan en ontwikkeling van die samelewing, veral as middel tot arbeid en inkomste. Enige toekomstige regering sal hierdie werklikheid moet aanvaar en dit by hul onderwysstelsel moet inpas. Dit is ook noodsaaklik dat 'n toekomstige regering se onderwysstelsel eerder aan pedagogiese kriteria as ideologiese vereistes sal moet voldoen.

In die boofstuk is na die verband tussen die samelewing en die onderwys gekyk en is daar aangetoon dat onderwys die noodsaaklikste voorvereiste vir die voortbestaan van alrnal in ons land is. In die RSA is daar 'n toenemende vraag na onderwys as gevoIg van die bevolkingsaanwas. Hierdie toenemende vraag na onderwys sal nie onmiddellik bevrediug word nie as gevoIg van die kwantum-sprong wat jaarliks in jeuggetalle voorkom. Die dringendheid vir die oplossing van hierdie probleem word daagliks groter.

OnderwysstelseIs word beinvloed deur natuurlike, kuItureIe, professionele en administratiewe faktore wat binne eIke gemeenskap in die RSA werksaam is. Die belangrikste faktore wat in die : hoofstuk geidentifiseer en bespreek is, is die demografiese, sosiaIe, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en wereld- en godsdiensbeskouingsfaktore. Enige toekomstige regering in die RSA sal hierdie faktore effektief moet aanspreek in hul onderwysstelsel, anders sal die onderwys steeds 'n terrein van konflik bly. 20

Verders is daar tien van die belangrikste kriteria waaraan 'n onderwysstelsel moet voldoen in die hoofstuk uitgestippel. Enige toekomstige onderwysstelsel in die RSA sal aan hierdie vereistes moet voldoen indien so 'n stelsel die goedkeuring van die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking wil wegdra. Daar is weI kulturele verskille in die RSA, tog behoort horisontale en vertikale verskille wat aanleiding tot aanvaardingsprobleme kan gee geleidelik uitgeskakel te word deur die menswaardigheid van elke mens en gemeenskap in die samelewing te aksentueer.

'n Belangrike eis wat aan die onderwyssteIsel gestel moet word, is die voorsiening van onderwys wat kan bydrae tot 'n regverdige samelewing waarin elkeen 'n meer gelykwaardige kans het op die verwerwing van kennis, eiendomsbesit, arbeid en op deelname aan kultuuroordrag en besluitvorming. 'n Meer rea1istiese werklikheidsbeskouing, wat gegrond is op menswaardigheid, behoort in kurrikula ingebou te word, wat weer kan lei tot 'n verbreding in die geloofsbeskouing van die totale Suid-Afrikaanse gemeenskap. 21 HOOFSTUK3

IDEOLOGIEe EN HUL IMPAK OP OPVOEDING IN DIE RSA

3.1 MOTIVERING

Die ontperking van die swart politieke partye deur die Staatspresident (Openingstoespraak deur Staatspresident, 1990:11) bet die emosionele krete van "people's education" en vera! "people's education for people's power" (Sisulu: 1986, soos aangebaal deur De Vries, 1986:25) weer sterk laat opvlam in die negentigerjare, Die ideologiee van swart politieke partye wat effektief sedert 1960 verban is (Anon (a): Know tbe facts, 2) kon nou vir die eerste keer vryelik versprei word. Alhoewel die swart politiek se ideologic uiteenlopend van aard is, bet dit een gemeenskaplike ideaal, naamlik dat dit die bestaande ideologie van die regerende politieke party, soos gedemonstreer in sy onderwysstelsel, opponeer. Daar kan met reg gevra word watter interpretasies daar in die RSA-konteks aan ideologiee gebeg word en watter praktiese probleme hierdie interpretasies vir onderwysstelsels inhou. Dit is duidelik dat die bestaande ideologiee 'n belangrike rol in 'n toekomstige onderwysstelsel vir die RSA sal speel.

3.2 PROBLEEMSTELLING

Die volgende probleemareas boort egter eers ondersoek te word, voordat bestaande probleme beantwoord kan word, naamlik:

• wat is 'n ideologie en wat bebels dit? Omdat daar verskillende betekenisse aan politieke konsepte gebeg word, behoort daar duidelikheid oor die variasie van interpretasies van die term ideologie gekry te word. • tweedens behoort daar na die kernelemente van ldeologiee in die RSA-konteks gekyk te word, sodat ooreenstemmende eienskappe geidentifiseer kan word. Slegs dan kan 'n presiese gebruiksbetekenis van die konsep bepaal word. • verder ontstaan die vraag oor wat die verhouding tussen ideologie en opvoeding is, en hoe dit binne die RSA konteks na vore kom. Indien hierdie verbande wel bestaan, behoort daar bepaal te word in watter mate ideologiese eise bestaansreg het en verantwoordbaar is in 'n toekomstige onderwysstelsel vir die RSA.

3.3 DOElSTELLINGS

Na aanleiding van die geidentifiseerde probleemareas, is die doelstellings van die hoofstuk as volg:

• om uit die literatuur 'n aantal definisies van die begrip ideologie te identifiseer en te omskryf ten einde 'n werksdefinisie van die konsep te verkry. 22 • om die kenmerke van ideologieeuit te Jig en te indekseer. • om die verband tussen ideologie, opvoedende onderwys en onderwysbeleid te bepaal en uit te lig.

Voorts volg 'n bespreking van die konsep ideologie.

3.4 DEFINIeRING EN BESKRYWING VAN DIE KONSEP IDEOLOGIE

Van Straaten (1987:13) is van mening dat die term ideologie tydens die laaste jare van die 18e eeu bekend gestel is. Destutt de Tracey, 'n Pranse filosoof, het die wetenskap van idees "ideologie" genoem.

In 1914 beskou Van Molsen (1914:821) 'n ideologie as 'n ".•• ideeenleer, wetenschap van de gronden der kennis, (ook) de onvruchtbare bespiegeling oor praktische vraagstukken". Vir Emery en Brewster (1956:789) is 'n ideologie: "The science of ideas ..• the characteristic way of thinking of a people, a group or a person as on social or political subjects". Little, W (red. 1955:952) vertolk 'n ideologie as: ".••The science of ideas, ••• Ideal or abstract speculation, visionary theorizing. A system of ideas concerning phenomena, esp. those of social life; the manner of thinking characteristics of a class or an individual".

Etimologies is die woord ideologie (Van Rensburg en Landman, 1986:80-81 afgelei van die Griekse woorde: "idea-(beelde) en logos-woord ••• al die beginsels of denkbeelde van een of ander stelsel of teorie." Die term word verder omskryf as 'n bepaalde lewensbeskouing of denkwyse; dit sluit in al die idees of denkrigtings eie aan 'n individu of 'n groep.

Kotze en Van Wyk (1986:57-58) omskryf die term ideologie as "... In stelsel van interatbanklike idees wat by sosiale groepe enlof samelewings (byvoorbeeld politieke partye, regerings) teenwoordig is en wat hul spesifieke, politieke, sosiale, morele, godsdienstige en ekonomiese belange en verbintenisse regverdig, rasionaliseer en weergee". Dit dien as 'n logiese en prinsipiele regverdiging van 'n groep of samelewing se gedragspatrone, houdings en doelwitte. Dit is die vertolking van 'n groep se in-die-wereld-wees. Die uitgangspunt van 'n ideologie word deur die aanhangers daarvan as die waarheid of dogma, eerder as 'n voorlopige filosofie of teoretiese formulering, aanvaar. Politieke beleide van regerings reflekteer gewoonlik die idees wat in 'n spesifieke ideologie opgesluit is.

Pistorius (1974:162-163) stel die begrip ideologie gelyk aan 'n lewensbeskouing, alhoewel 'n ideologie politieke en sosiale waardes sterker aksentueer. Smith (1988(a):9-1O) ondersteun hierdie gedagte en voeg by dat 'n ideologie ook 'n stel oortuigings en waarderinge is wat in 'n bepaalde lewens- en wereldbeskouing uitdrukking vind en gewoonlik sigbaar word"... uit die mens se antwoorde op die metafisiese, epistomologiese, aksiologiese en logiese vrae". Hierdie idees word dan tot 'n teorie en selfs 'n omvattende wereld- en lewensbeskouing uitgebou. Omdat 'n ideologie een of ander aspek van die werklikheid verabsoluteer, neem dit die vorm aan van 'n geslote denksisteem. 23 Die begrip ideologie het vir Gerhart (1978:5-6) 'n drieledige betekenis, naamlik dat dit 'n netwerk van oortuigings is wat verklarings vir komplekse sosiale verskynsels bied, ten einde sosiopolitieke keuses te rig en te stuur. 'n Ideologie word in hierdie opsig 'n leerstelling van redding. Tweedens is dit 'n netwerk van oortuigings behorende aan 'n bepaalde klas waarvan die kognitiewe waarde kan varieer na gelang van keuses. 'n Ideologie kan derdens ook 'n netwerk van distorte oortuigings wees wat spesifiek gemobiliseer word om die seksionele belang van homogene groepe te legitimeer. Husen en Postlethwaite (1985:2388) deel hierdie siening van Gerhart en voer aan dat die voorkeure en belange van homogene groepe ondersteun word deur 'n sterk emosionele houding teenoor die ideologie. Die ondersteuners van so 'n ideologie is dan ook daarvan oortuig dat hulle ideologiese standpunte deur rasionele besinning waardebepaald is.

Alhoewel 'n ideologie die sleutel tot die innerlike identiteit van 'n gemeenskap is, is die intensie daarvan solider, omdat 'n ideologie nie net een deel van die gemeenskap wil saambind nie, maar die geheel van die gemeenskap waarin dit hom bevind. Nkruma (1964:57-59) het bevind dat waar daar meer as een ideologie in kommunale gemeenskappe is, die ideologie van die regerende groep as dominante ideologie aanvaar word. Die effek van die dominante ideologie raak altyd die breer gemeenskap en dit bepaal ook watter vorme alle instellings in die gemeenskap sal aanneem. Kenny (Van Straaten, 1987:5) wys daarop dat 'n ideologie nie noodwendig kwaadaardig is nie, maar dat alle ideologiee tog die gemeenskaplike kenmerk het dat hulle onwetenskaplik is. Omdat 'n ideologie so eenvoudig verklaarbaar is, is dit die teenpool van streng en onbuigbaar-professionele wetenskaplike metodes, sodat die aard van ideologiee dikwels die student, wetenskaplike en filosoof in die wedloop na die waarheid kniehalter.

3.5 DIE VERBAND TUSSEN IDEOLOGIE EN LEWENSBESKOUING

Uit die literatuur kan afgelei word dat 'n ideologie en lewensbeskouing interafbanklik van mekaar is. Pistorius (1974:162-163) stel immers die begrip ideologie gelyk aan lewensbeskouing. Histories het die Afrikaner se vertolking van die term ideologie ontwikkel uit verskillende Europese tradisies wat grootliks beinvloed is deur Fichte en die fenomonologie. (Van Straaten, 1987:18-19). Die neiging was om die konsep ideologie gelyk te stel aan konsepte soos lewens­ en wereldbeskoulng, etnisiteit, eie kultuur en nasionale bewussyn. Die uitgangspunt binne hierdie tradisie was om aan elke gemeenskap/nasie/volk sy eie, unieke lewensbeskouing of ideologie te gun, geldig binne eie reg, maar verskillend van ander gemeenskappe. Die unieke taal en kultuur van 'n groep word gevolglik as bewys aangevoer vir die groep se kultuur-historiese geroepenheid en bestaansreg as groep. Sodanige etniese teorie gegrond op 'n gemeenskaplike wereldbeskouing, dien as afbeelding van die identiteit van 'n volk. 'n Reeks ongelyksoortige realiteite is bymekaar gebring om 'n skynbaar gemeenskaplike ideologie te vorm.

__9l"jl;I! '~_J~\Vens~s}(ouing so nouvervleg is met 'n ideologie behoort enkele kenmerke van 'n Jewensbeskouing nader omskryf te word sodat die verbande tussen 'n Jewensbeskouing (ideologie) 24 en die opvoeding bepaal kan word.

3.6 KEl\TMERKE VAN 'N LEWENSBESKOUING EN IDEOLOGIE

Van Zyl (1975: 195-201) tabelleer onder andere die volgende kenmerke van 'n lewensbeskouing.

• ~~_el1_~~~k()u!Jlg~_ grond in die geskiedenis en is nie 'n vanselfsprekende li~gsdim~nsie verkry. Wanneer verantwoordelikheid aanvaar word, word die mens se bestaan sinvol. Die aanvaarding van die eise van verantwoordelikheid veroorsaak dat die mens in gehoorsaamheid van sy oortuigings, sy talente en kragte behoorlik gebruik in diens van sy medemens en homself.

Uit wat vooraf gese is, is dit voor die hand liggend dat daar 'n besliste, duidelike verband tussen 'n lewensbeskouing (ideologie) en opvoeding is. Voorts sal daar vlugtig na hierdie verbande gekyk word.

Uit die literatuur is die volgende kenmerke van 'n ideologie geidentifiseer:

• 'n Ideologie is 'n geslote denksisteem wat ten nouste gekoppel is aan die lewens­ en wereldbeskouing van groepe; dat dit voortvloei en gelyk gestel kan word aan die waardes van groepe en dat dit 'n sekere onverdraagsaamheid teen ander 25 lewensbeskouings toon. (Van Straaten, 1987:15) • Dit is verder 'n geslote denksisteem wat 'n eensydigheid vertoon vanwee die verabsolutering van een of meer aspekte van die werklikheid. (Smith, 1988(a): 1-6) • 'n Ideologie is hoofsaaklik 'n politiek-gekleurde lewensopvatting wat so vurig aangehang word dat dit 'n sterk inslag van proselitisme het. (pistorius, 1974:163) • Dit is verder 'n stel interafhanklike oortuigings wat by sosiaie groepe/samelewings teenwoordig is en wat hul spesifieke politieke, sosiale, morele, godsdienstige en ekonomiese belange en verbintenisse regverdig. • Ideologiee het 'n solidere intensie, is emosioneel van aard en dit rig en stuur sosiopolitieke keuses. (Nkruma, 1964:58) • Dit is 'n netwerk van distorte oortuigings wat kJasgebonde is en gemobiliseer word om die seksionele belange van homogene groepe te legitirneer. Hierdie oortuigings hou dan ook verband met 'n wereldbeskouing. • Laastens is ideologiee kognitiewe strukture wat besin oor die voorkeure en belange van 'n gegewe groep, sodat dit die morele teorie en praktyk van 'n gemeenskap vorm. (Husen en Postlethwaite, 1985:2388)

3.7 DIE VERBAND TUSSEN IN LEWENSBESKOUING (-IDEOLOGIE) EN IN OPVOEDINGSBESKOUlNG (-IDEOLOGIE)

Smith (1988:1-6) voer aan dat daar 'n dubbele verband tussen opvoeding en 'n lewensbeskouing is. Vir hom is opvoeding die natuurlike uitvloei van 'n lewensbeskoulike oortuiging. Die opvoeder se beskouing oor wat waardevol is en hoe 'n mens behoort te wees, stel hom in staat om die kind op te voed om so 'n soort mens te word. 'n Lewensbeskoulike oortuiging is nie net die oorsaak Die, maar ook die gevolg van opvoeding. Opvoeding het lewensbeskoulike vorming as doel, sodat die kind se hele lewe deur vrywillige gehoorsaamheid aan daardie spesifieke lewensbeskouing rigting sal kry. So belangrik is die Iewensbeskoulike in die opvoeding dat Smith

(1988:6) dit as voIg stel: fl •••Aan die begin en aan die einde staan die lewensbeskoulike ... Die hele opvoedingsgebeure Ie ingebed in die lewensbeskoulike en staan uitdruklik in diens van die lewensbeskoulike ••• !I~~ opvoedingsteorie, trouens elke teoretiese of praktiese ~pv()eding~... en onderwysstelsel berus op In bepaalde wereld- en lewensbeskouing." Brunner (Gunter, 1964:24) meen dat elke opvoedingsteorie die somtotaal van die mens se positiewe begrip van sy eie natuur is. Hierdie begrip is of die vrug van sy geJoof of van sy lewensbeskouing, omdat dit te doen het met dit wat 'n mens behoort te wees. As die opvoedings­ en onderwysstelsels van gemeenskappe begryp en waardeer wil word, behoort die lewensbeskouing en opvoedingsdenke waarop die Jewensbeskouing gebaseer is, eers begryp te word.

3.8 DIE POLITIEKE KONTEKS VAN OPVOEDING

"Onderwys is lankal een van die sensitiefste en mees gepolitiseerde kwessies in Suid-Afrika" 26 (Rapport, 1986:25) Hierdie uitspraak ondersteun die sentimente van die meeste opvoedkundiges, naamlik dat onderwys nie neutraal is nie. Sonn (1986:236) gaan so ver as om die politieke konteks van opvoeding as 'n universele verskynsel te tipeer. Kogan (1978:20) deel hierdie stelling en voer aan dat aIle opvoeding polities van aard is, omdat dit 'n verlengde kunsproduk van 'n owerheid is, eerder as 'n stel duidelike prosedures. Doelstellings wat in skole bereik moet word, is nie net hoog geskat nie, maar ook wydlopend, dubbelsinnig en somtyds onverenigbaar, sodat botsende doelstellings dikwels iets alledaags is.

Vir Gurr (1980: 137) is 'n politieke stelsel 'n geinstitusionaliseerde toonbeeld van magtigingsverhoudings tussen verkose en benoemde amptenare aan die een kant en burgers aan die ander kant. Hierdie verhouding betrek die staat se doelstellings, die regulering van lede se gedrag en die toewysing en koordinering van rolvervulling. Sy sienswyse is dat die politieke konteks van die opvoeding belangrik is, omdat die verhouding tussen mag en outoriteit onder andere gaan bepaal watter probleme op die openbare agenda gaan verskyn en hoe sekere voorstelle nagevors gaan word.

Die politiek is, volgens Miller (1967:288-294), 'n fundamentele dimensie van die opvoeding, wat oor konllikte en onenigheid in die onderwys handel. Gevolglik is dit 'n basies menslike aktiwiteit wat bestaan oral waar mense en wette gevind word. Skillen (1977:24) voer ook aan dat al die klassieke VIae oor die opvoeding onder andere VIae oor gehoorsaamheid, legitieme outoriteit, vryheid en regverdigheid na menslike verhoudings verwys en dus polities gekleurd is. Hollis (1971:44-45) benadruk weer die feit dat politieke VIae morele besluite oor prioriteite insluit, sodat besluite wat die toekomstige vorm van 'n gemeenskap bepaal, dus politieke besluite is. Freire (1978:78) glo dat daar 'n duidelike verband tussen die owerheid en die skool is en verwys na Plato, vir wie die uitsluitlike funksie van opvoeding die lewering van toekomstige burgers vir die ideale staat was. Verder benadruk by ook die feit dat onderwysdepartemente in aIle gemenskappe politieke departmenete is wat in klasgestruktureerde gemeenskappe die belange van die dominante groep en in rewolusionere gemeenskappe die belange van die massa bevorder.

3.9 DIE POLITIEKE BELEID AS BEPALER VAN ONDERWYSSTELSEL

Volgens Kotze en Van Wyk (1988: 17) dui die term beleid in die bree op doelwitte binne 'n bepaalde situasie en metodes wat toegepas word om genoemde doelwitte te realiseer. Die enger betekenis van die term is stappe wat geneem word om die doelstellings van 'n regering te verwesenlik. Hieruit kan afgelei word dat die aksiekomponent van ideologiee (Kotze en Van Wyk, 1988:57-58), deur die politieke beleid van politieke partye wat aan bewind is, geinisieer en geimplementeer word. Die onderskeid tussen staat en owerheid is in die verband vir Schutte (1984:155) belangrik, omdat "••• die staat In konstante gegewe is bv, demokraties, maar die owerheid kan wissel, omdat die staat nie In beleid stel nie, maar wei die owerheid van die staat en dit kan gebeur dat die lewensbeskoulike begronding van die staat verander. Dit is dus vir die owerhede essensieel om hieroor uitgeproke en eksplisiteit te wees. II 27 Van Schalkwyk (1986:70) definieer 'n onderwysbeleid as "••• die produk van In gemeenskap se verrekening van algemeen aanvaarde onderwysbeginsels en gemeenskapswaardes SOOS vasgestel deur navorsing en beraadsloging en wat voldoen aan die vereistes van administratiewe doelmatigheid en opvoedkundige funksionele effektiwiteit."

Volgens Husen en Kogan (1984:36), is beleidsfonnuleerders daarop ingestel om slegs die probleme wat binne die raamwerk van hul persepsies oor opvoeding val, met ander woorde hul ideologiese sieninge aan te spreek. Ook word die aktuele vraagstukke verskillend deur hul ideologiese oortuigings en nonne vertolk. Verder het beleids politici partybande wat meebring dat onderwyssake geignoreer word indien dit nie die staatsideologie bevorder nie.

Die bevindinge van Husen en Kogan word deur Sonn (1986:263) ondersteun. Hy verwys na die owerheid se reasksie en vertolking van navorsing deur die De Lange-kommissie van 1981 en toon aan hoe baie van die aanbevelings as gevolg van politieke affiliasie in die beleidsimplementering verander is. So het die De Lange-kommissie byvoorbeeld in sy aanbevelings intensioneel geen verwysing na ras of kleur gemaak me. Tog het die owerheid spesifiek herbevestig dat elke rassegroep hul eie skole en bestuur moet he.

Bondesio en Berkhout (1987:69) lys die volgende kenrnerke van 'n onderwysbeleid:

• 'n Onderwysbeleid is spesifiek van aard. Waar 'n onderwysbeleid binne staatsverband vertolk word, bevat dit onderwyskundige inhoude waaraan dit herken word. Die onderwysbeleid spreek hom duidelik uit ten opsigte van die funksies van die onderwysstelsel, • 'n onderwysbeleid is doelbepalend en verleen 'n identiteit aan die onderwysstelsel. Die onderwysbeleid konkretiseer die ideologiese doelstellings van die regerende politieke party deur middel van vaste kriteria, • 'n onderwysbeleid word gewoonlik op makrovlak gefonnuleer en is voorskriftelik 'n bindend op die messo- en mikrovalk. Die onderwysbeleid is dus algemeen en duidelik genoeg en maak kontrole en beheer op die messo- en mikrovalk moontlik, • die onderwysbeleid moet uitvoerbaar wees. Dit verkry wetlike status in die vonn van wette en ordonansies, sodat dit deur die staatsmasjinerie afdwingbaar is. Die afdwingbare aard van die onderwysbeleid skakel enige besluitnemingsraamwerk van deelnemers aan die stelsel op verskillende vlakke uit, sodat dit outoriter voorskriftelik is en • 'n onderwysbeleid is aanpasbaar en dien as versoening tussen opvoedingsdoele doel en middele. Omdat geldende omstandighede 'n rol by die keuse van bepaalde doelstellings speel, moet beleid na gelang van veranderende omstandighede kan verander. 28 3.10 SAMEVATTING

In die hoofstuk is daar gepoog om die veelfasettige aard van ideologiee en die impak wat dit op die totale gemeenskap het, aan te toon. Uit die begripsanalise van ideolgiee is dit veral opvalIend dat 'n ideologie 'n bree spektrum van die enkeling se Iewe bepaal en beinvIoed. Kemelemente van ideologiee is geidentifiseer en uit die literatuur staan die politieke intensie van 'n ideologie bo die ander uit, sodat daar aanvaar kan word dat politieke geregtigheid in die RSA, met sy heterogene bevolkingsamestelling, eers aangespreek moet word, voordat die onderwyskrisis in die land opgelos kan word. Politieke geregtigheid behoort 'n vormingsteorie in die RSA aanvaarbaar te maak. Uit die literatuur kan daar afgelei word dat daar ook duidelike verbande tussen ideologie, die politiek en die opvoeding, bestaan.

Die politiek is 'n fundamentele dimensie van die opvoeding. Die politiek skryf deur middel van opvoedingsideologiee die struktuur van 'n opvoedingsituasie voor, sodat die opvoedingsdoel, ­ inhoud, -verhouding en -bemoeienis sterk ideologiesbepaald is. Uit die politiek ontstaan 'n onderwysbeleid wat nie net die opvoedingsdoelwitte bepaal nie, maar ook metodes ontwerp om hierdie doelwitte te verwesenlik.

Die interatbanklike aard tussen opvoeding en ideologies kan as voIg saamgevat word: Lewensbeskouings ideologies bepaald en blyk polities verwesenlik te word. Lewensbeskouings bepaal op hul beurt weer, in die vorm van opvoedingsideologiee, die struktuur van 'n opvoedingsituasie wat in 'n opvoedingsbeleid vergestalt word. Opvoedingsbeleide wat op makrovlak geformuleer word, is voorskriftelik en bindend op die messo- en mikrovlak. Opvoedingsbeleide is ook geregtelik afdwingbaar. Om dus 'n algemeen aanvaarbare vonningsteorie vir die RSA daar te kan stel, sal daar voldoende ooreenkomste in die bestaande uiteenlopende ideologiee in die land gevind moet word. 'n Gemeenskaplike Suid-Afrikaanse opvoedingsideologie, waarin die belange van almal in die RSA opgeneem en beskerm word, sal gefonnuleer moet word en dit sal gedoen moet word binne die eise van onderwysstelselkriteria (Hoofstuk 2) en onderwysbeleidkriteria (Hoofstuk 3). Vervolgens word die saak van opvoedingsideologiee binne die Suid-Afrikaanse konteks in die volgende hoofstuk van nader beskou. 29 HOOFSTUK4

POLITIEKE BELEW EN OPVOEDINGSVOORSTELLE VAN ENKELE POLITIEKE GROEPERINGE IN DIE RSA

4.1 MOTIVERING

Die openingstoespraak van die Staatspresident van Suid-Afrika op 2 Februarie 1990 het die hoop by talle Suid-Afrikaaners laat ontstaan dat die konflik, spanning en gewelddadige stryd, wat vir dekades die Suid-Afrikaanse gemeenskap vasgevang het, deur 'n onderhandelde politieke skikking beeindig sou word. Viljoen (1991:4) voer aan dat 'n nasiebouprogram ten spyte van etnies-kulturele diversiteit haalbaar is, mits verskillende gemeenskappe en komponente van die Suid-Afrikaanse bevolking hul eiesoortige simbole en belange met nasionale simbole hannonieer. Identifisering met die nuwe politieke orde en sy instellings, asook die simbole en waardes daarvan deur die bree bevolking, sal kan meehelp met 'n nasiebouprogram. Viljoen is glo dat ondeurdagte pogings om nasiebou op 'n dwangmatige, kunsmatige of geforseerde manier te bevorder op 'n mislukking sal uitloop. Viljoen (1991:4) is verder van mening dat gemeenskaplike waardes en ideale soos versugting na vrede, die geleentheid en ruimte vir identiteitsuitlewing, bestaansveiligheid, doeltreffende onderwysinstellings en gelyke onderwysgeleenthede, asook gelyke deelname aan 'n demokratiese bedeling en ekonomiese welvaart, belangrike eienskappe vir die nasiebouprogram is.

Dat die opvoeding uitgesonder word as een van die instellings wat moet meehelp tot nasiebou, veronderstel onder andere ook dat 'n onderwysstelsel in die RSA ontwerp moet word wat as veranderingsagent kan dien. Die moontlikheid om die opvoeding as veranderingsagent en nasieboufasiliteerder aan te wend, word egter problematies, vanwee die uiteenlopende ideologiese opvoedingstandpunte wat by die verskillende politieke groeperinge aanwesig is. Die dringendheid van 'n algemeen aanvaarbare onderwysstelsel, behoort egter nie gering geskat te word nie, omrede die hell van 'n nasiebouprogram grootliks daarvan sal afhang.

4.2 PROBLEE1\1STELLING

Om gestalte aan opvoeding as 'n nasiebouprogram te gee, sal probleme wat in die pad staan tot die konkretisering van so 'n program, eers aangespreek moet word. Van die ergste probleme wat aangespreek moet word, is te vinde in die politieke beleide van die vemaamste politieke groeperinge. luis omdat die groeperinge se beJeide ingebed Ie in hul ideologies en van hierdie ideologiee in 'n mindere of meerdere mate opponerend en uiteenJopend van aard is, moet aJgemeenhede en raakpunte (hoe gering dit ook mag wees) geidentifiseer word, sodat dit kan dien as 'n bree basis vir 'n algemeen aanvaarbare onderwysstelsel vir die hele RSA. Daarom bestaan die vraag wat elke politieke groepering se ideologie en onderwysstandpunte behels. In Verdere probJeem saJ wees om die uiters linkse en uiters regse politieke groeperinge van die 30 noodsaaklikheid van 'n alomvattende vonningsteorie te oortuig, omdat hulle geneig is om slegs op 'n deel van die werklikheid te fikseer en dit dan te absoluteer.

4.3 DOELSTELLlNG

Die oorkoepelende doel met die hoofstuk is om aspekte van die politieke beleid en sienings van ses van die belangrikste politieke groepering in die RSA uit te lig en hul onderskeie ideologiese- en onderwysstandpunte te identifiseer.

Ten einde die oorhoofse doel te realiseer word die volgende subdoele gestel:

• Die indeling van elke politieke groep se politieke houding volgens Baradat se kontinuum • die stel van die rasionaal agter die keuse van elke politieke groepering • die aantoon van die onderliggende politieke beleid van elke groepering asook hul onderwysbeleid en onderwysstandpunte. Die onderwyskundige standpunte word as volg onderverdeel

Opvoedingsdoel Onderwyskundige struktuur Belanghebbendes by die onderwys Onderwysfinansiering

4.4 BARADAT SE KONTINUUM VANPOLITIEKE HOUDINGS

Die ses politieke groeperinge wat verteenwoordigend van die Links, Gematig en Regse politieke spektrum in die RSA is, word as volg ingedeel:

• Links: Radikaal en Liberaal

Die Azanian People's Organisation (AZAPO) Die African National Congress (ANC)

• Gematig

Die Demokratiese Party (DP) Die Nasionale Party (NP)

• Regs: Konserwatief en Reaksioner

Die Afrikaner Weerstands Beweing (AWB) Die Konserwatiewe Party (KP) 31 As vertrekpunt in die nadere indeling van bogenoemde groeperinge, word daar gebruik gemaak van Baradat se kontinuum.

BARADAT SE KONTINUUM VAN POLITIEKE HOUDINGS

LINKS Radikaal Liberaal GEMATIG Konserwatief Reaksioner REGS <:------> VERANDERINGSKONTlNUOM TEN OPSIGTE VAN POLITIEKE SIENING

A Radikaal : rewolusionere verandering Liberaal : snelle en verreikende verandering

B Gemagtig : geleidelike verandering sonder ontwrigting van die samelewing

C Konserwatief: uiters stadige en kunsmatige verandering Reaksioner : die terugkeer na In vroeere toestand en/of waardesisteem

Baradat (1984:22-40) gebruik die kontinuum om die relasie tussen die benaminge aan te toon en om as visuele perspektief te dien. 'n Geldige verduideliking van die politieke terme op die kontinuum sluit die basiese konsep verandering in.

Volgens Baradat openbaar mense in die politieke spektrum 'n houding ten opsigte van modernisering in 'n bestaande politieke stelsel (die sogename status quo). Eers wanneer die houding van elke groep ten opsigte van verandering bekend is, verkry die benaminge op die kontinuum betekenis. Politieke verandering is 'n komplekse begrip en behels vier aspekte.

Die eerste aspek is die rigting van die verandering (progressief of regressief)

Die tweede verbandhoudende aspek is die diepte van die voorgestelde verandering.

Die derde aspek waarmee rekening gehou moet word, is die tempo van verandering.

Die vierde aspek is die metodes wat aangewend word om die verandering te implementeer. Baradat onderskei die volgende groepe op die kontinuum: i~

4.4.1 RADIKALES

Radikales is die groep wat ontevrede met die gemeenskapsopset is. Hulle is ten gunste van onmiddellike fundamenteJe verandering. Verandering deur middel van geweJd (rewolusie) dra hul goedkeuring weg, omdat vreedsame verandering hulle sal noop om ooreenkomste te sluit met dieselfde mense wat die bestaande steJsel besmet het. So 'n kompromie sal 'n nuwe 32 sisteem besmet met dieselfde euwels wat die vorige stelsel onaanvaarbaar gemaak het. Hierdie denkwyse word ondersteun deur die Pan African Congress, die Azanian Peoples Organisation en SAKP.

Die Radikales wat nader aan liberaal op die kontinuum le, verlang ook fundamentele en onrniddellike verandering in die gemeenskap, maar is onwillig om geweld te gebruik om verandering teweeg te bring. Hulle sal slegs as laaste uitweg die toevlug tot geweld neem. As hulle egter voor die keuse gestel word van verandering met geweld of geen verandering sender geweld me, sal hulle die eersgenoemde opsie verkies. Tot hierdie groep behoort die African National Congress.

4.4.2 LffiERALISTE

Die fundamentele verskil tussen Radikale en Liberale sektore is hul gesindheid teenoor die wet. Aangesien Radikales basies teen die politieke stelsel is wat hulle beheer, beskou hulle die wet as 'n beheermeganisme. Liberales aanvaar die wettigheid van die gereg en alhoewel hulle sekere wette wiI hervonn, sal hulle dit regsgeldig wiI verander. Hulle glo verder dat mens oor die vermoe beskik om sy probleme vreedsaam op te los. Gevolglik is die Liberaliste geneig om logiese denke op aile probleme toe te pas en is hulle daarvan oortuig dat die positiewe oplossing vir hul probleme op logika berus. Die politieke party wat bier ingesluit kan word, is die Inkatha Vryheidsparty.

4.4.3 DIE GEMATIGDES

Gematigdes is basies tevrede met die stelsel, alhoewel hulle glo dat daar op die stelsel verbeter kan word. Hulle voel egter dat verandering geleidelik moet plaasvind en dat geen verandering so groot moet wees dat dit die gemeenskap ontwrig me. Baie mense in 'n gemeenskap verkies om gematigd te wees. Die twee politieke partye wat bier aansluiting vind is die Nasionale Party en die Demokratiese Party.

4.4.4 DIE KONSERWATIEWES

Hierdie groep is gewoonlik tevrede met die stelsel, maar ondersteun dit me omdat hulle daarvan hou me, maar omdat hulle glo dat dit die beste op 'n gegewe tydstip is. Hulle soek ook me die verandering van die stelsel nie, maar beskerm die stelsel teen diegene wat dit wil vemietig. Outoritere beheer oor individue in die gemeenskap word sterk deur Konserwatiewes ondersteun. Hulle baseer hul geloof op vertroue. Geloof is geneig om konserwatief te wees, sodat Konserwatiewes geneig is om gelowig te wees. Hulle heg groot waarde aan instellings en . tradisies. Die Konserwatiewe Party word by die groep ingedeel. 33 4.4.5 REAKSIONeR

Die Reaksionere groepering is voorstaanders van regressiewe verandering, met ander woorde, 'n beleid wat die gemeenskap na 'n vorige waardesisteem wil verplaas. By hierdie groep word die Afrikaner Weerstand Beweging ingesluit.

Voorts word die onderwyskundige standpunte van verteenwoordigers van die bree RSA politieke spektrum bespreek. Die volgende ses groepe, naamlik die Azanian People's Organisation, die African National Congress (ANC) , die Demokratiese Party (OP), die Nasionale Party (NP), die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWE) en die Konserwatiewe Party (KP) word bespreek ten opsigte van die volgende aspekte:

• Rasionaal • Politieke beleid • Onderwysvoorstelle • Opvoedingsdoel • Onderwyskundige stuktuur • Belanghebbendes by die onderwys en • Onderwysfmansiering.

4.5 DIE AZANIAN PEOPLE'S ORGANISATION (AZAPO)

4.5.1 RASIONAAL

Volgens Maphai (1987:12) het die verbanning van die ANC en die PAC in 1960 'n eb in Swart weerstandsaktiwiteite meegebring. In die vroee sewentigeIjare is daar 'n deurbraak gemaak met die opkoms van die Swart Bewussynsbewegings. Die South African Students' Organisation (SASO) en Black People's Convention (BPC) was aan die spits van die Swart Bewussynsfilosofie, Die onderliggende komponente van die bewegings was Swart Bewustheid, solidariteit en Swart mag, wat genoemde Swart Bewussynbewegings deur middel van verskeie gemeenskapsprojekte verspei het. (Nieuwoudt et aI, 1981:333).

Toe die staat in Oktober 1977 studente-organisasies onder andere SASO en BPC verbied het, is die Azanian People's Organisation (AZAPO) in 1978 gestig. Hulle het organisasies in Swart gebiede, wat plaaslike aangeleenthede soos vervoer, huur en behuising moes aanspreek, gestig. AZAPO het ook die aspirasies van verskillende groepe gekoordineer deur middel van hul Swart BewussynsfIlosofie. Die bree intellektuele basis van hierdie organisasie asook sy populariteit veroorsaak dat veral sy fiJosofie 'n belangrike rol in die totstandkoming van 'n nuwe vormingteorie in 'n toekomstige RSA gaan speeJ. 34 4.5.2 POLITIEKE BELEID

Maphai (1987:37) wys daarop dat AZAPO 'n bevrydingsorganisasie en 'n politieke party is wat hom ten doel stel om deel uit te maak van 'n post- regering. Alhoewel AZAPO 'n sosialistiese regeringsvorm voorstaan, het die organisasie hom sterk uitgespreek teen:

• 'n sosialistiese-demolaasie soos geimplementeer in sommige Wes-Europese state omdat die organisasie dit beskou as 'n vorm van welsyns-kapitalisme en • Sowjet-sosialisme

AZAPO ondersteun die Swart Bewussynsideologie en beklemtoon die nodigheid van 'n sterk samehorigheid van die sogenaamde Swart onderdruktes. Die onderliggende rasionaal van die Swart Bewussyndsideologie is dat Swartes hulself sielkundig moet bevry van die juk van die slawe-mentaliteit, 'n mentaliteit wat deur blanke liberalisme en geinstitusionaliseerde rassisme veroorsaak is.

In sy bestaansjaar identifiseer AZAPO die volgende doelstellings (Maphai, 1987:22):

• om die swart werkers deur die filosofie van die Swart BewussynsideoIogie bewus te maak van, te politiseer en te mobiliseer tot die verkryging van hul wettige regte; • om 'n onderwysstelsel daar te stel wat relevant is ten opsigte van die behoeftes van die Swart massas; • om godsdiens te verhef tot 'n bevrydingsfI1osofie en die swart perspektief daarvan te stel, sodat dit relevant is tot die swart bevrydingsideaal; • om die uitbuitende apartheidsregime aan die kaak te stel; • om swart eenheid te bewerkstellig en • om te werk vir die regverdige verdeling van rykdom en mag vir almaI in die land.

Die bevrydingstryd is vir AZAPO nie slegs die vryheid van armoede en materiele ontsegging nie, maar ook die Swartes se groei tot selfvoltooiing, die verrnoe om verhoudings te verstaan en kulturele vervulling. (Frank Talk, 1983:3).

Vir AZAPO is die interafbanklike verhouding tussen die Swart Bewussynsideologie en bevryding belangrik, omdat "••• Blacks cannot be conscious of themselves and yet remain in bondage, so that attaining the envisaged self which is a free self automatically involves a total rejection of the system of racial capitalism which holds him in bondage". (Frank Talk, 1983:3). 35 AZAPO voel ook gekant daarteen om die bestaande orde te hervorm, want deur dit te wil hervorm beteken aanvaarding van die beginsels waarop die orde gebaseer is. Daarom is hul uitganspunt dan ook om die hele orde te transformeer tot 'n eventueel sosialistiese staat.

4.5.3 ONDERWYSVOORSTELLE

4.5.3.1 Opvoedingsdoel

AZAPO identiseer die volgende doelstellings vir opvoeding in sy onderwysbeleid (Education Policy, 1984:2-4):

• die klem van opvoeding moet val op die opvoeding van die totale menslike persoonlikheid • opvoeding moet primer 'n sosiale proses wees en 'n toenemende deel van die mens se lewensduur omsluit _.- -._. --- ., .. - • Ql?y-<>_~ing I110et die wese van die mens bevestig en moet vryheid van onkunde, ontmensliking, en onderdrukking artikuleer • opvoeding moet 'n weloorwoe mengsel van deelname aan die teenwoordige lewe en voorbereiding vir die daaropvolgende gebeure wees. • opvoedingsdoelstellings, -inhoud en -organisering moet vir almal in die land voorsiening maak en moet die aspirasies van die meerderheid van die bevolking bevredig • opvoedingsdoelstellings moet gedefmieer word in tenne van die behoeftes en ~~pi.rasies van die bevolking en programme moet ontwerp word om J>evooroordeeldheid te beveg.

Maphai (1987:28) voer aan dat AZAPO 'n pragmatiese benadering ten opsigte van die religie as grondhouding het. AZAPO is van mening dat geloof as grondhouding veral in die RSA misbruik was en gedien het as 'n instrument van dominasie omdat die Christendom die bondgenoot van kolonialisme was. Sover dit die Christendom as grondhouding aangaan, verwerp AZAPO nie die inhoud daarvan nie, maar eerder die misbruik daarvan. AZAPO erken dat die Swartes van nature gelowige mense is en meen dat die religie getransfonneer moet word tot 'n filosofie wat relevant is ten opsigte van die nasional bevrydingstryd.

4.5.3.2 Onderwyskundige struktuur

Vir AZAPO is dit imperatief dat die kurrikulum aangepas moet word by die ontwikkelingsfases van die verskillende ouderdomsgroepe. Aanvanklik sal aanpassings by die bestaande onderwysstelsel gemaak moet word, maar daarna sal die kurrikulum gerig. moet word op die verandering van die sosiale en politieke orde. 36 Ten opsigte van die basiese of primere opvoeding sal die opvoeding tydens die fase geanker wees op die bereiking van basiese geletterdheid en syferkundigheid. Taalverwerwing, kuns, musiek en gesondheidsopvoeding sal aangeleer word. AZAPO het nog nie uitsluitsel bereik op die vraag of die kurrikulum intensief of ekstensief geaksentueer moet word nie, omdat beide meriete het.

AZAPO se standpunt oor pre-primere opvoeding is dat voorsiening hiervoor gemaak moet word. So belangrik is pre-primere en primere opvoeding vir AZAPO dat hulle voel dat opvoeding vanaf 30 maande tot 11 jaar gratis en verpligtend moet wees. (Education Policy, 1984:5).

AZAPO voer aan dat die sekondere opvoeding krities is en dat daar besluit sal moet word of die onderwys tradisioneel of rewolusioner moet wees, alhoewel die laaste opsie hul goedkeuring wegdra. Die opvoeding sal gerig moet word op die voorbereiding van die jeug om verskillende rigtings in te slaan onder andere die komrnersiele rigting, .die ekonomiese rigting, 'n landbourigting. (Education Policy, 1984:6).

Die opvoeding sal veraJ Idem moet plaas op bruikbaarheid en sekuriteit. Dit sal die jeug moet voorberei vir 'n vroee beroepsbevoegdbeid en bulle moet vul met persoonlike betrokkenbeid vir die behoud- en bevordering van die sosiale orde. Opvoeding sal dinamies van aard en meer veranderlik moet wees as wat tans die geval is. Opvoeding moet aan die jeug die versekering gee dat hulle vry sal wees om te ontwikkel volgens bulle aanleg en hulle besiel om hulself te verbeter.

Vir AZAPO kan die verskillende institusies binne 'n gemeenskap nie geisoleerd beoordeel word nie en daarom behoort relevante waardes dialekties benader te word. AZAPO beywer hulle vir anti-rassistiese opvoeding, wat die studie van verskillende kulture in die RSA impliseer. Gevolglik sal onder andere:

• die positiewe kulturele waardes van elke sosiale groepering as ·n bate gesien moet word vir die ontwikkeling van waardes binne 'n nasionale konteks; • kultuur, nes geskiedenis, gesien moet word as 'n uitdyende, plooibare en ontwikkelende fenomeen; • kulturele deugde verbef en kulturele foute veroordeel moet word en • kulturele waardes krities geevalueer en van regressiewe elemente gesuiwer moet word.

AZAPO voer verder aan dat 'n Suid-Afrikaanse kultuur geskep moet word wat alle etniese tradisies en nasionale grense kan transendeer. Hierdie kultuur kan slegs deur opvoeding geskep word. (Education Policy 1984:7). 37 4.5.3.3 Belanghebbendes by die onderwys

Die staat moet voorsiening maak vir aIle opvoedingsfasiliteite. AZAPO (Education Policy 1984:13) voel dat 'n enkel, demokratiese onderwysstelsel vir die hele land opgestel moet word. Die opvoedingsbeleid moet ook deur die massas gedefinieer word. Opvoeding moet die bemoeienis van aI die burgers van die land wees en in die hande van demokraties verkose liggame geplaas word. Verder moet klem op ouer betrokkenheid geplaas word.

4.5.3.4 Onderwysfmansiering

Die staat moet die onderwys van die land finansier.

Samevatting kom AZAPO se politieke beleid neer op 'n eenheidstaat met 'n sterk sentrale regering. Die onderwysstelsel moet voorsiening maak vir die kulturele vervulling vir almal in die land. Ook moet die kurrikula gerig wees tot die verandering van die sosiaIe en poJitieke orde in die RSA. Ouerbetrokkenheid by die bepaIing van die onderwysbeleid is essensieel.

4.6 DIE AFRICAN NATIONAL CONGRESS (ANC)

4.6.1 RASIONAAL

Die ANC Ie baie naby aan AZAPO op die kontinuum. Tans word die ANC en sy affiliate, onder andere Congress of South African Trade Unions en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party as die meer populere Swart Bevrydingsorganisasie gesien (Sowetan, 15 Julie 1991). Vanaf sy bestaansjaar tot en met sy verbanning in 1960 het die organisasie 'n anti­ revolusionere karakter openbaar (Nieuwoudt et al., 1981:323). As 'n gematige middelklas organisasie was die metodes wat die organisasie toegepas het om hulle saak te stel, streng grondwetlik en het dit onder andere petisies, deputasies en propaganda veldtogte ingesluit. "It endorsed 'passive action' probably influenced by Gandhi's passive resistance compaigns in the Indian community". (Know the facts, 2).

Na sy verbanning het die organisasie daarin geslaag om die politisering van die Swartes uit te bou (Nieuwoudt et aI., 1981:325) en het die ANC verskeie suksesvolle terreuraanvalle binne die RSA geloods (Riley, 1991:202) Tog was daar genoeg insig by die leierskapskorps van die organisasie om na ses dae van intense samesprekings in Lusaka 'n ..... statement reaffirming its readiness to start peaceful negotiations with the South African government", uit te bring. (Riley, 1991:214).

Die beJangrikheid van die ANC se deelname tot die bereiking van 'n vreedsame oplossing vir die RSA se politieke probleme, mag nie onderskat word nie.

4.6.2 POLITIEKE BELEID

Na die verbanning van die ANC in 1960 het die organisasie die karakter van 'n rewolusionere beweging aangeneem (Vermaak & Shay, 1971: 117). Geweld is toe as die enigste metode 38 aanvaar om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring. Nieuwoudt et al., (1981:325) wys op 'n aanpassing in die ANC-grondwet van 1958. Voorsiening is gemaak vir die ondersteuning aan nasionale vryheidstrewes en die reg op selfbeskikking van volke in Afrika en elders in die wereld.

Astrow, soos aangehaal deur Liebenberg (1989:3), voer aan dat: "The ANC could no longer afford to rely solely upon the hagy ideas contained in the . With post­ apartheid research developing into somewhat of an international industry, the ANC had to take action if it was to avoid yielding othersII • Gevolglik het die ANC 'n aantal beleidsuitsprake gemaak, onder andere

• die ANC streef na 'n verenigde, demokratiese, nie-rassige eenheidstaat waarin 'n Handves van Menseregte die fundamentele regte en vryhede van alle burgers waarborg; • geleenthede moet progressief geskep word sodat almal onder omstandighede van gelykheid en menswaardigheid kan leef; • die ANC streef verder na 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap vir almal in die land; • alle apartheidstrokture moet vervang word met demokratiese strukture; • 'n stelsel van fundamentele regte moet gewaarborg word op 'n gelyke basis. Elke Suid-Afrikaner, ongeag kleur, ras, taal, geslag of status moet weet dat sy/haar regte en vryhede gewaarborg word deur die grondwet en • simbole soos die nasionale vlag, openbare vakansiedae en simbole van die land meet- 'n gevoel van 'n gemeenskaplike Suid-Afrikanisrne by aUe landsburgers aanwakker.

4.6.3 ONDERWYSVOORSTELLE

4.6.3.1 Opvoedingsdoel

Ben van die ANC se opvoedingsdoelstellings is om die onderwysbeleid te koppel aan 'n opvoedingsisteem met die bree sosiale doel van 'n demokratiese gemeenskap waarin daar politieke en sosiale geregtigheid vir almal is. Geregtigheid impliseer dat daar klem geplaas moet word op gelykbeid van geleentheid vir verskillende geografiese gebiede, geslagte, sosiale en etniese groepe met aanvullende geldmiddele vir benadeelde groepe. Onder demokratiese opvoeding verstaan die ANC dat die opvoedingstelsel gekoppel moet word aan die stryd tot demokrasie binne die breer Suid-Afrikaanse gemeenskap. Dit kom daarop neer dat geen vorm van afsondering van rasse en taalgroepe in aparte opvoedkundige instellings deur die wet en regulasies neergele mag word nie. Daar sal ook gepoog moet word am aile onderwysinstellings op aile vlakke te integreer (Anon (b), 1991:11).

'n VerdeJe opvoedingsdoel is dat die menslike potensiaaJ van die gemeenskap so ontwikkel 39 moet word dat elke lid van die gemeenskap toegerus is om vryelik 'n nuttige bydrae tot die gemeenskap te kan maak deur onder andere sosiale waardes te bevorder. Niemand moet uitgesluit word van die gemeenskap as gevolg van hul bekwaamheid nie. (Anon 6, 1991: 12).

AIle onderwys in die land moet deur een onderwysdepartment beheer word. Die ANC aanvaar ook dat besluite oor die beheer van onderwys aangespreek moet word ten opsigte van

• die balans tussen sentralisasie en desentralisasie • die moontlike roI van ouer, onderwyser en studente-organisasie in onderwysbeheer, ensovoorts.

Die ANC onderskryf in sy opvoedingdoelstelling die vryheid van taal, geloof, kultuur en politieke oortuiging (Makay, 1990:5). In 'n onderhoud met mnr. Mabandla Administratiewe Sekretaris van die ANC se departement van Opvoeding is meer inIigting hieroor verkry. Die ANC se standpunt is clat elke persoon geregtig daarop is om sy eie geloof, kultuur, tradisie en taal te beoefen en uit te bou volgens die konstitusionele riglyne, mits die regte Die inbreuk maak op die regte van ander Die, sodat 'n grondhouding wat eksklusief is ten opsigte van 'n bepaalde groep en ander groepe uitsluit deur 'n bepaalde interpretasie van hul grondhouding, nie toegelaat sal word me, omdat dit in botsing is met nasionale belange.

Op dieselfde beginsel sal daar aan gemeenskappe die reg gegee word om privaatskole te stig en te onderhou mits sulke inrigtings by die staat geregistreer is, die standaarde en norme by sulke inrigting in Iyn is met die wat deur staatsinrigtings gestel word en dat geen beperkings ingestel word wat leerlinge sal uitsluit tot toelating as gevolg van hul ras, kleur of geloofsbelydenis me. Grondhoudings wat geinterpreteer word om die verskille tussen mense eerder as die ooreenkomste te aksentueer, word deur die ANC afgekeur. (Onderhoud :mnr. Mabandla).

4.6.3.2 Onderwyskundige struktuur

Molobi (1987:98), 'n vooraanstaande lid van die National Education Crisis Committee, dui daarop dat die opvoedkundige struktuur vir 'n toekomstige RSA gebaseer moet word op People's Education wat moet help om mag vir die massa te verkry. Hy beskryf People's Education as opvoeding wat onder andere die volgende doelstelIings nastreef:

• die demokratisering van opvoeding, sodat gemeenskappe inspraak het op die inhoud en kwaliteit van opvoeding • die negering van apartheid in die opvoeding sodat opvoeding relevant ten opsigte van die demokratiese stryd van die massa gemaak kan word. • die ontwikkeling van 'n kritiese ingesteldheid en die oorbrugging van die gaping tussen teoretiese kennis en die praktiese lewe.

Omdat al die bogenoemde doelsteIlings nie deur die Regering se onderwysstelsel aangespreek 40 was nie, het dit aanleiding gegee tot die krisis wat veral Swart onderwys geteister het. In die ANC se besprekingsdokument (Anon (b), 1991:5-6) word die volgende simptome van die krisis geidentifiseer: die tekort aan pre-primere fasiliteite in Swart gemeenskappe; die tekort aan skole en oorvol klaskamers, die tekort aan handboeke; swak gekwalifiseerde en opgeJeide leerkragte ensovoorts. Die Regering se onvermoe om hierdie basiese benodigdhede te verskaf het gelei tot die verwoesting van menslike potensiaal en die leeromgewing. Uit 'n onderhoud wat met die administratiewe sekretaris van die ANC se opvoedingsdepartement gevoer is, het hy die volgende onderwyskundige struktuur wat moontlik in die opvoedingsbeleid van die ANC sal kulmineer, uiteengesit:

Die ANe heg groot waarde aan pre-primere opvoeding en meen dat voorskoolse onderwys vir almaI deur die staat voorsien moet word. Hierdie skole moet van verpligtende aard wees en groepsaktiwiteite moet ingestel word, omdat dit tot 'n hoer mate van skooJgereedheid bydra. Die staat moet hierdie skole voorsien en in stand hou. Die staat sal dan ook 'n program van stapel moet stuur om hierdie skole met goed opgeJeide onderwysers te voorsien. Die doel van hierdie voorskoolse onderwys is om verder by die Jeerlinge 'n stewige grondslag vir die primere onderwysfase te Ie. Bywoning van pre-primere klasse moet gratis wees. Pre-primere klasse kan ook deel vorm van die gewone primere skool.

In pre-primere klasse word die moedertaal as voertaal erken, tog moet aIle kinders toegang tot hierdie skole he en nie toegang geweier word bloat as gevolg van etnisiteit nie. Volgens Mabandla sal die taalprobleem opgelos word deur 'n taallandkaart waar taalpatrone wat in die land voorkom, bepaal word, sodat pre-primers klasse beman word deur leerkragte wat vaardig is in tale wat in 'n gebied voorkom.

"Education shall be free, compulsory, universal and equal for all children", aldus die Freedom Charter. (Freedom Charter 1955). Vir die ANC behoort daar 'n verpligte, gemeenskaplike en gemengde vlak van die skoolstelsel te wees. Dit moet in die eerste ses skooljare van die onderwys toegepas word. l.eerlinge behoort hier heterogeen in klasse gegroepeer te word en die taak is dat 'n goeie fondament vir verdere opleiding en onderwys gele moet word, maar met 'n grondige inagneming van leerlinge se individuele verskille. Volgens Mabandla (Mabandla, 1991:2) sal die algemene opdrag wees dat die kind tot selfwerksaamheid en selfontdekking aangemoedig moet word en die vermoe ontwikkel am in 'n groep wat bestaan uit verskillende rasse saam te werk. Naas vakkennis moet die kind as sosiaIe wese ook ontsluit word.

Moedertaalonderrig sal in die eerste twee jaar voorrang geniet, maar vanaf die derde jaar moet die taal wat die kind verder as voertaal gaan gebruik, aangeleer word. Universele Donne en waardes moet deur die leerJinge geintemaliseer word. Die ouers beskik oor die reg am te besluit of hul kinders godsdiensonderrig sal ontvang. Kurrikulums moet tydens hierdie skoolfase meehelp om 'n wetenskaplik-analitiese denk- en werkpatroon as voorbereiding vir die sekondere skoolvlak by leerJinge te verstig.

42 kinders se emosionele, fisiese en intellektuele ontwikkeling moet waarborg (Anon 6,1991:21).

Myns insiens staan die eenheidstaatsidee sentraal by die ANC. Die onderwysbeleid behoort vervolgens die bree sosiale doel van 'n demokratiese gemeenskap te benadruk. EkskJusiewe grondhoudings wat kinders sal uitsluit tot toelating by skole as gevolg van hul taal, ras, kJeur of geloofsbelydenis word sterk verwerp. Moedertaal as voertaal word erken, asook die beskerming van taal-, kultuur- en godsdiensregte.

4.7 DIE DEMOKRATIESE PARTY (DP)

4.7.1 RASIONAAL

Hierdie groepering is meer gematigd. In 'n artikel in die Sunday Times van 27 Julie 1986 verdeel Ashley die Blanke bevolking in die RSA op in twee hoofgroepe nl. die Afrikaansprekende groep wat Christelike Nasionale Opvoeding ontwerp en voorstaanders daarvan is en die Engelsprekendes wat 'n meer liberale opvoedingstelsel voorgestaan het. Volgens Ashley het die Engelssprekende groep met hul Europese liberale sienswyse gepoog om die politiek en veral die opvoeding met 'n liberale gees te beinvloed. Die liberale opvoedingsdoel van die Engelsprekends was onder meer om die individu tot sy volle potensiaal op te voed.

In die politieke arena is hierdie liberale tradisie vanaf 1948 deur verskeie politieke partye verteenwoordig. Die liberale groeperinge was tot 1989 die amptelike opposisie in die Volksraad (Riley, 1990:211). Tans word hierdie liberale tradisie beliggaam in die Demokratiese Party.

Alhoewel die ondersteuningsbasis van die liberale groepering, in die Suid-Afrikaanse politiek, die afgelope tien jaar gefluktureer het, kan die impak wat hierdie groepering op die verwesenliking van 'n nuwe demokratiese politieke bestel kan he, nie gering geskat word nie. Enige studie wat daarop gemik is om 'n vormingsteorie in die opvoeding vir 'n nuwe Suid­ Afrika daarte stel, sal noodwendig die liberale groepering moet insluit.

4.7.2 POLITIEKE BELEID

Volgens die besprekingsdokument van die Demokratiese Party, gedateer 6 Junie 1990, beywer die Party hom vir 'n verenigde Suid-Afrika met 'n Federale struktuur bestaande uit 'n aantal selfregerende state gebind in een federale grondwet. Die onderskeie magte en bevoegdhede van die federale en staatsowerhede moet in 'n grondwet verskans word. Ook behoort 'n Handves van Menseregte, die onafhanklikheid van die regbank en die bestaan van plaaslike owerhede, onder andere in die grondwet opgeteken te word.

Die selfregerende federale state moet oor 'n eie beJastingsbevoegdheid beskik en minderheidsregte moet beskerm word. Die individu moet beskerm word deur middel van 'n Akte van Menseregte. wat in die howe beregbaar is, veral ook teen die misbruik van owerheidsgesag. 43 Die Demokratiese Party Ie besondere klem op die beskerming van taal-, kultuur- en godsdiensregte. Verder is 'n relatiewe mate van outonomie vir taal-, kultuur- en godsdiensgroepe ook noodsaaklik. Minderheidsregte moet onderskei word van basiese afsonderlike politieke regte.

Gelykheid van geleentheid vir alle burgers van die RSA word deur die Party hoog aangeskryf. Om ongelykhede, as gevoig van apartheid, uit te skakeI, moet

• grootskaalse ontwikkellingsprogramme ingestel word om bestaande armoede die hoof te bied; • diskriminerende wetgewing afgeskaf word; • voorsiening gemaak word vir gelyke toegang tot gelyke gehalte opvoeding vir almal, en dat • die lewenskwaliteit, wat as basis vir stabiliteit in die RSA moet dien, van al die landsburgers verbeter word.

Uit die politieke beleid van die Demokratiese Party vloei sy opvoedingbeleid wat die realiteit van Suid-Afrika en sy probleme probeer aanspreek.

4.7.3 ONDERWYSVOORSTELLE

4.7.3.1 Opvoedingsdoel

As een van die parlementere politieke partye in die Volksraad baseer die Demokratiese Party sy onderwysbeleid op die intemasionaal aanvaarde beginsels soos uiteengesit in die Deklarasie van Menseregte (Appendix: Policy Discussion Paper: 1)

As opvoedingsdoel stel die DP voor dat elkeen die reg het op opvoeding wat vry (gratis) in die elementere fase moet wees. Elementere opvoeding sal ook verpligtend wees. Tegniese en professionele opvoeding sal toeganklik wees vir alle burgers. Opvoeding sal verder gerig wees op die totale ontwikkeling van die menslike persoonlikheid asook respek kweek vir menseregte en fundamentele vryheid. Opvoeding sal dien om vriendskap en 'n gesonde verstandhouding tussen volke, nasies en religieuse groepe te bewerkstellig.

Verder beoog die DP om te sorg dat diskriminasie op alle terreine van die opvoeding uitgeskakel word, sodat

• geen persoon of groep toegang tot enige tipe onderwys geweier mag word nie; • geen persoon of groep opvoeding van 'n minderwaardige gehaaite ontvang nie; • geen aparte onderwyssteisel vir groepe gereserveer word nie en • geen persoon of groep onderrig ontvang wat sy menswaardigheid aantas nie. 44 Die DP voer ook aan dat sy opvoedingsdoel slegs verwesenlik kan word in een onderwysstelsels vir almal in die land, met geografiese onderwysdepartmente. Die DP staar hom nie blind teen die kompleksiteit van die hetrogene Suid-Afrikaanse bevolkingsamestelling nie, sodat grondhoudings wat op godsdienstige en etniese tradisies berus, aanvaarbaar is, mits hierdie grondhouding nie gebruik word om teen ander gelowe en tradisies te diskrimineer nie. Die demokratiese reg van elke kind tot formele opvoeding moet eerbiedig word. As gevolg van die holistiese doelstelling vir die onderwys, behoort universele waardes as grondvonn gebrnik te word.

4.7.3.2 Onderwyskundige struktuur

Die DP-beleid (Appendix: Policy Discussion Paper:3) benadrnk dat onderwys op die pre- en primere vlak vry en verpligtend moet wees.

Onderwys in die sekondere fase moet voorsiening maak vir die diverse opvoedingsrigtings van leerlinge op die basis van ouervoorkeur en die basis wat deur opvoeders bepaal sal word. Die leerling se meriete en aanleg sal in ag geneem word. Die Beleidswyser (1990:2) dui aan dat voorsiening gemaak moet word vir verskillende uitgangs- en ingangspunte tot die fonnele opvoeding. Onderwys sal die leerlinge met die nodige funksionele en tegniese vaardighede moet voorsien.

Toegang tot alle staatsgefmanseerde skole moet voorsien word sonder diskriminasie. Nie­ diskri.minerendekriteria met inbegrip van taalvaardigheid moet toegepas word.

Kurrikula vir onderwys aan volwassenes moet ook opgestel word, met die hoofdoel om basiese geletterdheid te verskaf. Hierdie programme moet gerig wees op diegene wat nie die geleentheid gehad het tot toetrede tot die formele opvoedingstrnkture nie of wie se fonnele opvoeding onvoltooid is.

4.7.3.3 Belanghebbendes by die onderwys

Die ouer is een van die belangrikste belanghebbendes by die onderwys. Dit is egter die staat wat voorsiening moot maak om agterstande in geboue en hulpmiddels te verminder en uit die weg te ruim. Van hierdie middels sluit in:

• die gebruik en rasionalisering van bestaande geboue en toerusting; • die koordinering van alle onderwysersopleiding en die mobilisering van addisionele onderwysers; • die beskikbaarstelling van addisionele fondse aan spesifieke skole en inrigtings ten einde agterstande in te haal en uit te wis en • die beskikbaarstelling van staats- en private leningsfasiliteite wat talentvolle studente kan help om by sekondere en tersiere inrigtings waar hulle moet betaal, te kan registreer 45 4.7.3.4 Onderwysfinansiering

Die DP beskou die staat as die verantwoordelike instansie vir die finansiering van die onderwys in die primere fase.

Myns insiens kom die DP se politieke beleid neer op 'n Federale stuktuur bestaande uit 'n aantal selfregerende state wat gebind is in een federale grondwet. AIle onderwys moet gratis in die elementere fase wees en gerig wees op die ontwikkeling van die totale menslike persoonlikheid. Die DP bepleit verder die afskaffmg van alle diskriminasie en beskou ouerinspraak by die onderwys as belangrik.

4.8 DIE NASIONALE PARTY (NP)

4.8.1 RASIONAAL

As regerende party in die RSA is die Nasionale Party se bydrae wat hulle gelewer het tot die hervonning van die apartheidstelsel noemenswaardig. Reeds in die middel van die sewentigerjare toe die Nationale Party besef het dat die Apartheidsbeleid Die die politieke aspirasies van die totale landsbevolking kon bevredig Die en dat die tuislandgebiedbeleid ook gefaal het, is daar met hervonnings begin. In die tagtigerjare is die veelrassige Presidentsraad ingehuldig ten einde die President te adviseer oor onder andere politieke en ekonomiese sake. Die De Lange kommissie se ondersoek is geloods ten einde hervonning in die onderwys aan te spreek. Daar kan dus gese word dat alle hervormingsinisiatiewe geloods is ten einde stabiliteit vir almal in die land te verseker (Riley, 1991:170). Die hervonningsinisiatief van die Nasional Party het gekulmineer in die beroemde Openingstoespraak van die Staatspresident op Vrydag 2 Februarie 1990 waarin die regering verbind was tot onderhandeling wat moet lei tot versoening, vrede en 'n regverdige nuwe bedeling. Dat die Nasionale Party direk betrokke by die onderhandelinge vir 'n nuwe Suid-Afrika gaan wees, is Die te betwyfel Die en daarom is 'n bespreking van die party se opvoedingsbeleid geregverdig.

4.8.2 POLITIEKE BELEID

Die politieke beleid wat die Nasionale Party in 1948 onderskryf het is die Apartheidsbeleid. Kotze en Van Wyk (1988:10) omskryf Apartheid as 'n waardestelsel wat sedert 1948, nadat die Nasionale Party aan bewind gekom het, die amptelike beleid van die regering geword het. Die skrywers meen dat die vernaamste uigangspunt van die stelsel daarop gebaseer is dat ras of die aanvaarding van rassegroep die eenheid is waarvolgens 'n persoon se rol binne die Suid­ Afrikaanse staat geinterpreteer word.

As politieke beleid het Apartheid 'n duidelike ideologiese komponent. Die komponent het 'n filosofiese onderbou en 'n praktiese toepassing. Om die stelsel prakties uitvoerbaar te maak, is verskillende wetgewende maatreels getref, sodat die skeiding tussen Blankes en Swartes op 46 verskillende lewensterreine gerealiseer kan word. So is wetgewing onder andere ingevoer om afsonderlike woongebiede, opvoedkundige inrigtings, vervoerfasiliteite, openbare geriewe, kerke en politieke verteenwoordiging te implimenteer. 'n Uitvloeisel van die Apartheidsbeleid was rassisme en Kotze en Van Wyk (1988: 151) beskryf dit as 'n sosiale orientasie wat voorkom wanneer 'n individu of groep glo dat die rassegroep waaraan hy behoort, inherent beter is as enige ander rassegroep.

Tydens die Botha-era het die Nasionale Party egter begin om die beleid te hervorm totdat die minister van Konstitusionele Ontwikkeling, minister G. Viljoen, in sy Manifes vir die Nuwe Suid-Afrika op 1 Februarie 1991, beginseluitsprake van die NP as volg uitgespel het:

• dat die Regering 'n regverdige en billike Nuwe Suid-Afrika, ontdaan van apartheid, voorstaan; • dat leiers van a1 die mense en gemeenskappe moet saambou om 'n algemeen aanvaarbare grondwet vir die land daar te stel; • dat so 'n grondwet in 'n regstaat gevestig moet weesen die grondlsag moet Ie vir 'n nasie toegewy aan geregtigheid, demokrasie en vryheid vir almal en dat • Chrlstelike waardes en universeel aanvaarbare beskaafde norme en standaarde, met erkenning en beskerming van vryheid, geloof en aanbidding in Suid-Afrika handhaaf moet word.

Verder verbind die Nasionale Party hom aan 'n vrye en demokratiese politieke stelsel in die RSA waarin:

• alle mense in die land vanaf hul geboorte vry sal wees; • a1 die mense van die RSA op die grondslag van algemene volwasse stemreg ten volle op alle owerheidsvlakke sal deelneem; • a1 die mense gelyk sal wees voor die gereg en gelyke regte ondanks ras, kleur, geslag ofgeloof, sal geniet • vryheid van beweging en assosiasie vir almal gewaarborg sal word en • vryheid van spraak, binne die algemene grense van verantwoordelikheid, die reg van aile mense sal wees (Viljoen G, 1991: 3-4).

4.8.3 ONDERWYSVOORSTELLE

4.8.3.1 Opvoedingsdoel

Die opvoedingsdoel van die Nasionale Party bly volgens Jooste (1985:75) onlosmaakJik verbonde aan kultuuroordrag. Jooste voer aan dat die Nationale Party voel dat dit 'n onomstootlike opvoedkundige feit is dat die aanvaarding van en verwerkliking van algerneen 47 geldende groepnonne en groepswaardes die voorvereiste vir 'n sinvolle lewe en 'n hoopvolle toekoms is. Dit is die natuurlike bindinge aan die hand waarvan die mens binne groepsverband lewe. Indien die mens uit hierdie bindinge losgeslaan sou word, dan verval hy in sub- en kontrakulture waarvan die gevolge onaanvaarbaar is.

Die sosiale funksie van die opvoeding word dus steeds as primere opvoedingsdoel gesien, sodat die kind gesosialiseer moet word in sy kultuur wat grond in sy Christelike geloof. Harmse en Kirsten (1980:24) voer aan dat die opvoedingsdoelstellings van die Party konserwatief is, omdat dit die handhawing van die bestaande Iewensbeskouinge, -nonne en -wyses van 'n bepaalde gemeenskap op leerlinge forseer. Hierdie doelstellings beoog ook die beperking van individuele vryheid om van die gevestigde lewenswyse weg te breek.

In die Witskrif van die Regering (p. 4) het hy ook bevestig dat hy steeds bly staan by die Christelike en bree nasionale karakter van die onderwys soos gefonnuleer inartikeI 2 (1) (a) en (b) van die Wet op die Nasionale Onderwysbeleid, Wet 39 van 1967.. Die implikasie hiervan is dat die Christelike Calvinistiese godsdiensbeskouing steeds die fundamentele uitgangspunt van die opvoeding is. Die grondhouding, wat voIgens Ruperti (1976:5) die dryfkrag van 'n enkeling of gemeenskap is, streef om kinders verantwoordelike lede van die Christelike gemeenskap te maak, om kinders wys te laat word deur hulle nalewing van Christus en om kinders so te vonn dat bulle die Christelik lewens- en wereldbeskouing internaliseer.

Die grondbouding impliseer verder dat opvoeding daarop gerig moet wees om die kind so te vonn dat by God se roeping op elke terrein van sy Iewe sal herken. Behalwe hierdie Christelike gronddoel, benadruk die Nasionale Party se Aksieplan van September 1990 ook die kultuurgebondenheid van die opvoeding.

Om minder voorskriftelik te wees, word die ouergemeenskap grater seggenskap gegee om byvoorbeeld toelatingsbeleide by skole te bepaaI. Tog onderstreep die party sy beginsels van Christelike, kultuurgebonde, moedertaaIonderwys. Daar is dus geen verskuiwing van die doelpale ten opsigte van die grondbouding en doel van onderwys me.

4.8.3.2 Onderwyskundige strutuur

. ··Omdat onderwys 'n eie saak is, is pre- en primere onderwys die verantwoordelikheid van onderskeie departmente. Die Party se beleid ten opsigte van pre-primere opvoeding is dat waar sodanige opvoeding benodig word dit ingestel moet word. Die pre-primere opvoeding word meestaI behartig deur die ouer gemeenskap in die vonn van kleuterskole. In 1987 is daar deur die Onderwysminister besluit dat leerlinge wat in hul eerste skooljaar bewys bet dat hulle nog nie skoolgereed is nie, spesiale brugprogramme ondergaan totdat hulle op dreef is om weer tot die hoofstroom toe te tree. (Education Renewal Strategy 1991 :62). Die party staan nie 48 onverskillig teenoor pre-primere onderwys nie. Hierdie skole word egter veral in stedelike gebied gevind en fungeer as privaat-, gemeenskaps- of openbare inrigtings. Weens die hoe prioriteit wat die party op primere onderwys geplaas het, was staatsfinansiering minimaal.

Die primere onderwysfase begin op vyf of sesjarige ouderdom en duur vir ses jaar tot ongeveer 12-jarige ouderdom. Opvoeding is verpligtend en die verantwoordelikheid om primere opvoeding te verskaf is die verantwoordelikheid van die staat. Die inhoude wat in die primere fase aandag geniet, is basiese geletterdheid en syferkunde. Hierbenewens word die kind 'n bree vormende grondslag gegee. Sosialisering in die kultuur en in die lewens- en wereldbeskouing van hul partikuliere gemeenskap is belangrik. Die Christelik-nasionale tradisie vorm 'n belangrike vormingsideaal, wat deur middel van die voortlewing van onderwysers nageboots word. Reeds vroeg word die kind in sy kulturele erfenis begelei.

In die sekondere fase word daar ten opsigte van akademiese en tegniese rigtings gedifferensieer. Die onderwysvoorsiening berus by die staat. Ook mer word die Christelike credo sterk handhaaf. Die onderwys is ook kultuurgebonde en moedertaalonderwys word gehandhaaf. Die party staan 'n opvoeding voor wat pro-aktief is en wat by die behoeftes van die bree gemeenskap wat hy dien, aansluit (NP Nuwe Aksie, September 1990)

4.8.3.3 Belanghebbendes by die onderwys

Die eerste belanghebbende by die onderwys is die staat wat die onderwysstruktuur en fmansiering daarstel. In die nuwe onderwysbedeling word die ouer gemeenskap as onderwysvennoot erken, omdat die ouer betrokke is by aIle fasette van die onderwys naamlik wetgewing, bestuur en die operasionalisering daarvan. Van Schalkwyk (1986: 111-123) meen dat die vennootskap moontlik gemaak is deur die beleidsbepalings van die grondwet. Van Wyk (1987:71) wys daarop dat ouermedeseggenskap op onder andere die volgende juridiese reelings gebaseer is:

• Wet 76 van 1984, vera! beginsels 3 en 6; • die Witskrif van 1983, waarin die werklikheid van ouerverteenwoordigende liggame op plaaslike vlak en devolusie van gesag aanvaar word; • die Grondwet van 1983, waarin onderwys as eie saak gehanteer word en • Wet 39 van 1967 wat bepaal dat die ouergemeenskap 'n plek in die onderwysstelsel moet he

Terblanche (1986: 13, 14) voer aan dat kragtens ondergeskikte wetgewing, dien ouers op verskeie advieskomitees van onderwysdepartemente.

Die onderwyser het ook belang by die onderwys as gevolg van II 00 0 die ge"individualiseerde verhouding tussen die ouer en die onderwyser wat verband hou met die eersgenoemde se ouerlike gesag en die laasgenoemde se gesag kragtens sy professionele statusII • (Van Wyk 1987:72). 49 4.8.3.4 Onderwysfinansiering

Die Nasionale Party se beleid ten opsigte van die fmansiering van onderwys is dat die staat, ouers en private sektor medeverantwoordelikheid daarvoor moet dra.

Dit wil vir die ondersoeker voorkom asof die NP neig na 'n federale regeringsvorm. Vir die NP ondersteun 'n Christelike en bree nasionale krakter vir die onderwys. Kultuurgebonde onderwys en moedertaalonderwys staan nog sentraal in die party se onderwysbeleid. In 'n . onderwysbedeling moet die ouergemeenskap as onderwysvennoot erken word.

4.9 DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB)

In sy rubriek "Afrikaner Aspirasies'' berig Du Toit (1990:21-23): "Niemand kan die toekoms voorspel Die. Wat weI seker is, is dat die Mrikanernasionalisme steeds 'n belangrike faktor gaan wees in Suid-Afrika. As by dinamies is en vernuwend optree en nougeset 'n reaksionere beeid vermy, kan sy inherente realisme al groter steun besorg •••". Tans is die AWB ook een van die grootste teenstanders van demokrasie in die RSA (vergelyk. Saturday Star, 17 Augustus 1991: 4). Volgens die berig is die vrees vir verswelging en/of die nivilering deur 'n demokratiese bestel, vir hierdie beweging iets waaroor hulle nie wil dink nie. Dit is vera! die AWB se kreet vir 'n Afrikaner , waarin daar geen gelykheid tussen Swart en Wit mag wees nie en waarin slegs Blankes kan kwalifiseer, wat kommerwek.

4.9.2 POLITIEKE BELEID

Die uigangspunt van die AWB se politieke beleid is dat hulle geen kompromie met die Swart volke wil sluit nie. Uit die staanspoor word die beweging gekenmerk as 'n weerstandsbeweging van protes en verset teen Swart oorheersing, maar ook vir die verkryging van vryheid in 'n soewerein-onafhanklike Boerevolkstaat. Die beweging erken dat hy geen rnorele reg het om op grond buite die Boererepublieke te regeer nie (Berger en Godsell, 1988:73).

In die beweging se program van beginsels en beleid, steI die beweging die grondslag van sy beleid as volg:

• die opperheerskappy van die Drie-enige God en Sy leiding in die lotgevalle van volke en enkelinge word erken en bely; • die Woord van God word as die enigste rigsnoer van aIle uitinge van dievolkslewe aanvaar en • die Protestantse geloof en die Christelik-nasionale lewensbeskouing, bepaal die ontwikkeling van die volkslewe op aIle lewensgebiede. 50 Die hoofdoel van die AWB is om die voortbestaan van die Afrikaner-Boervolk, vry in sy eie land en vooruitstrewend op geestelike en stotlike gebied, te verseker. Met die oog hierop word die volgende doelwitte, wat volgens Berger en Godsell, (1988:59) 'n besondere manier van partisie, wat radikaal van die tradisionele apartheidsmodel is, gestel:

• die stigting van 'n vrye Christelike republikeinse Afrikaner-Boerevolkstaat, afgeskei van die RSA, op die grondslag van die yolk se onvervreembare, geskiedkundige en volkeregtelike aansprake op die Boererepublieke. Die volkstaat moet die Afrikaner-Boerevolk op sy eie grond onder sy eie owerheid uitmaak. • Die instandhouding van die Gelofte van Bloedrivier. • Die bevordering van die kragtige bewussyn by Afrikaner-Boere van hulle blanke afkoms en erfenis, hulle bloedverwantskap en nasionalisme en van die belangrikheid van rassuiwerheid, bevordering van liefde vir die gesin, familie, yolk and vaderland. • Die vereniging van aile Afrikaner-Boere en ander .inlyfbare Christene wat inIywing begeer, tot een Afrikaner-Boerevolk. • Uitkenning, openbaarmaking en bestryding met aile beskikbare middele van volksvyandige magte soos die vyandige geldmag, die Liberalisme, Humanisme, Kommunisme en Marxisme. • Die instelling en handhawing van Christelik-nasionale opvoeding en onderwys met die oog op die vorming van die jeug in die vrees van die Here, om Hom te ken, te eer en lief te he, met die oog op doeltreffende beroepsarbeid en volksdiens.

4.9.3 ONDERWYSVOORSTELLE

In die AWB se Program van Beginsels en Beleid (1987:32) Artikel 3.11.1 spreek die A\VB hom as volg uit oor die Opvoeding en Onderwys: "Christelik-nasionale onderwys is 'n vereiste vir die voortbestaan van die Afrikaner-Boerevolk". Omdat die Opvoedingsbeleid van die AWB parallel staan met die van die Konserwatiewe Party sal dit integraal met die van die Konserwatiewe Party gestel word.

4.10 DIE KONSERWATIEWE PARTY (KP)

4.10.1 RASIONAAL

Op die oomblik blyk dit of die Konserwatiewe Party 'n emstige bedreiging vir die vooruitsig van 'n verenigde, nie rassige demokratiese Suid-Afrika inhou. Die grondslag van sy partisie­ aansprake het die paty strategies geformuleer sodat dit, hoe rassisties en oneg dit ook al vir ander mag klink, 'n skyn van morele legitimiteit aan die Afrikanerdom gee. Deur herhaaldelik 51 te verwys na gebeure in Oos-Europa en die stryd vir vryheid deur die minderhede daar, het die Konserwatiewe Party sy ideologiese volharding in die breer wereldkonteks geplaas.

In 'n onderhoud met Bell in Urban Focus (1990:12), laat Koos van der Merwe van die Konserwatiewe Party hom so uit: "Die Konserwatiewe Party en sy Mrikanerdom sal nog opsy gestoot nog uitverkoop word, sonder 'n geveg". Hierbenewens is die Konserwatiewe Party ook die amptelike opposisie in die Volksraad met 39 setels in 1989 (Riley 1990:211) wat sy insluiting in hierdie studie regverdig.

4.10.2 POLITIEKE BELEID

In sy Verkiesingsmanifes van September 1989 stel die Konserwatiewe Party sy politieke beleid as volg.

Die Konserwatiewe Party erken die bestaan van 'n verskeidenheid volke en .groepe in Suid­ Afrika as realiteit en voel dat elk van die groepe op selfbeskikking in 'n eie staat geregtig is. Hulle verwerp die siening dat Suid-Afrika bloot 'n gemeenskap van individue is wat almal in een onverdeelde Suid-Afrika op politieke regte geregtig is.

Die Konserwatiewe Party ondersteun 'n grondwetlike bedeling waarin die selfbeskikkingsreg van volke gehandhaaf word en waar geen oorheersing van een yolk oor 'n ander kan plaasvind nie. Booysens (1985:5) meen dat die demokrasie suksesvol is daar waar 'n gemeenskap veilig voel en sy oorlewing nie in gedrang is nie. Daarom gedy demokrasie in homogene gemeenskappe. Die Konserwatiewe Party eien ook die reg tot partisie op, omdat volke volgens die Volkereg die fundamentele reg het om hulself in 'n eie staat te regeer.

As ondersteuners en onderskrywers van Verwoerdiaanse apartheid voel die Konserwatiewe Party dat die partisiebeleid nie gefaal het nie. (Berger en Godsell, 1988:72). Dit kon en kan steeds slaag as dit fenn toegepas word. Dit sal slegs grootskaalse demografiese herrangskikking verg sodat nasionale groepe gepas geplaas word. Booysen (1981: II) voel dat grootskaalse migrasie om politieke en kulturele probleme op te los, nie uniek in die geskiedenis is nie.

As regse party is die Konserwatiewe Party gekant teen hervonning en beskou dit as die begin van 'n Swart meerderheidsregering in die RSA. In homogene gemeenskappe kan hervonning 'n middelmatige effek uitoefen, maar nie in hetrogene gemeenskappe met kulturele en godsdienstige verskille nie. Booysen (1985:6) wys ook daarop dat Swartes nie belangstel om mag met Blankes te deel nie. 52 4.10.3 ONDERWYSVOORSTELLE

4.10.3.10pvoedingsdoel

Uit die verkiesingsmanifes van September 1989 kan daar afgelei word dat die Konserwatiewe Party sy onderwys en opvoedingsdoel op die Christelike Nasionale Onderwysbeleid skoei.

Smith (1988 (b): 17) laat homself so uit oor die opvoedingsdoel van die Christelike Nasionale Onderwys: "Die essensie van die Christelike opvoedingsdoel is om die kind toe te rus met kennis, vaardighede en die wiI om in die eerste plek Christus met hoof, hart en hand as persoonlike Saligmaker te aanvaar; om in die tweede plek liefde vir jou God en jou naaste te ontwikkel; om in die derde plek aan God verantwoording te doen vir jou doen en late en in die vierde plek In Christelike verantwoorde lewe te lei".

Ashley (1987:11) wys verder daarop dat die opvoedingsdoel gesien word as 'n proses van vorming. Hierdie vormingsdoel word vereng omdat dit die kind wil vorm na die beeld van volwassenes, wat die waardes en norme van Christelikheid en nasionalisme in hom openbaar. Die Christelikheid en Nasionalisme word egter uit 'n Afrikaner sienswyse van die werklikheid, vertolk.

Die grondhouding van die Christelike Nasionale Onderwysbeleid berus op sy godsbeskouing en mensbeskouing wat daarop neerkom dat God as skepper van die hemel en aarde en God se raadsplan en heerskappy oor die Heelal erken word. Verder word die Rentmeesterskap van die mens, die geroepenheid van die mens en die toekomsverwagting wat God aan die mens gegee het, naamlik die moontlikheid van die Ewige Lewe, as fundamentele aspekte van die Christelike Nasionale Onderwysbeleid gesien (Smith, 1988 (b): 18).

Die grondhouding van die Christelike Nasionale Onderwysbeleid word oorheers deur die belangrikheid van 'n eie gemeenskap en volk. Moodie (1975: 12) beweer dat die Afrikaner konsep van 'n nasie nco-Fichteaans is, omrede hulle die bestaan van die kind slegs binne die konteks van 'n spesifieke kulturele en tradisionele gemeenskap sien. Vir die Afrikaner word die gemeenskap gekarakteriseer deur Calvinistiese Christendom en 'n unieke nasionale identiteit.

4.10.3.20nderwyskundige struktuur

Volgens die Christelike Nationale Onderwysbeleid van 1948 is die staat gesien as een van die betrokkenes by die opvoedingsproses. Ashley (1980: 17) wys daarop dat die gesinstruktuur gesien was as die fondasie waarop opvoeding gewoonlik steun, omdat hierdie opvoeding die 53 funksie van 'n sterk familiestelsel is. Die huisgesin speel 'n belangrike rol. Dit die ouers wat binne die gemeenskap fungeer, wat die gees van die skool moet bepaal, asook die stelsel waarin hul kinders opgevoed word.

Die intensie met Afrikanerskole was dat die skole nie net moedertaalskole moet wees nie, maar ook in elke sin van die woord Christelik en Nasionaal; plekke waar Afrikanerkinders deurweek word in die Christelike-Nasionale geestelike kultuur van die Afrikanernasie, (Ashley, 1989:7).

Die staat moet die opvoeding in die primere fase voorsien. Opvoeding is ook verpligtend tot ouderdom sestien. Shindler (1983:4) wys daarop dat sosialisering in die prirnere skoolfase belangrik in die Afrikaner skooltradisie is. Kinders word gesosialiseer om die partikuliere lewens- en wereldbeskouing van hul ouers te aanvaar. Ook word die kinders deur middel van die opvoedingstelsel gesosialiseer om die Afrikaner se politieke, sosiale en ekonomiese waardes te aanvaar. In die primere skooIfase word basiese geletterdheid en syferkunde ontwikkel. Hierbenewens word die primere skooIfase ook gebruik om die yolk se kultuur aan die leerlinge oor te dra. Volgens Boshof (1985 (a):I) is kultuur die wyse waarop 'n mens reageer in 'n gegewe situasie. Kultuur is verder 'n inklusiewe begrip wat elke aspek van die Afrikaner se lewe insluit, ook sy primere opvoeding. Kultuur word deur middel van die vakke in die kurrikulum oorgedra.

In die sekondere skoolfase word geestesweesbaarheid sterk aangeslaan. Van Wyk (1977: 106­ 108) identifiseer, onder andere dat godsdienstige opvoeding daarop gemik moet wees om die jeug totaliter vir hulle roeping op aarde toe te rus. Die jeug moet dus in die Christelike sedeleer opgevoed word en nasionale onderwys is 'n eis, want dit verseker volkstrou. Verder moet die Calvinisme die grondtoon van alle opvoeding wees, sodat die yolk sedelik sterk en gesond kan wees. Die kind moet ook geskool word in hard werk en geinspireer word tot werkywer.

4.10.3.3Belangbebbendes by die onderwys

Landman en Gouws (1969:4-5) beweer dat opvoeding die aanvaarding van onder andere outoriteit impliseer. Hierdie outoriteit word beliggaam in die opvoeder wat deur sy positiewe . voortlewing die kind moet begelei tot volwassenheid. HulJe beweer verder dat die aanvaarding van die outoriteit van norme belangrik vir opvoeding is. Die onderwyser moet sy outoriteit

uitoefen. Smit (1981:5) stel dit so dat die setel van die outoriteit ingebed is in II••• moral forces such as rule of conduct, enduring spiritual values, respect for humanity, traditions, society norms and laws",

Die kerk is 'n volgende belanghebbende by opvoeding. Hierdie institusie moet waak oor die gees van die opvoeding. Die kerk moet die ouers ondersteun in hulle rol en hou ook 'n wakende oog op die opvoeders. Hierbenewens het die staat die primere rol om die fasiliteit te 54 voorsien, asook om die organisering en daarstelling van strukture waarbinne opvoeding en die uitvoering daarvan vrugbaar kan geskied (Schutte, 1984:154), daar te stel.

Die ouers, wat as gemeenskap optree, word gesien as die belangrikste belanghebbendes by die opvoeding. Hulle het die reg om hul kinders op te voed in ooreenstemming met hul lewensopvatting. Van Wyk (1987:72) wys daarop dat die ouers meer seggenskap gaan kry op gebiede soos:

• finansiele sake soos die heffing van skoolfonds • toelating van leerlinge • benoeming van onderwysers en • die bepaling van die gees en rigting van die kirrukulum

4.10.3.40nderwysrmansiering

Die Konserwatiewe Party glo dat die finansiering van die opvoeding die verantwoordelikheid van die staat is. Die staat sal dus ook administratief meer en meer mag kry as gevolg van die sentralisering. Opvoedkundig gesproke sal dit beteken dat inisiatiewe in die regering gevestig sal wees. Die klem op sentraIe beheer sal die inisiatiewe van die private sektor inhibeer. Omdat die Konserwatiewe Party 'n partisiebeleid vir die RSA voorstaan, sal die Party beheer oor die opvoeding handhaaf en voorsien hulle me probleme met die finansiering van opvoeding vir die blankes me.

Myns insiens baseer die KP sy politieke beleid op 'n Konfederale regeringsvonn. Die grondslag van die party se partisiebeleid is strategies geformuleer,k sodat dit 'n skyn van morele legitimiteit aan die Afrikanerdom gee. In die party se onderwysopset word moedertaaIskole nagestreef. Ouerinspraak by die onderwys word ook sterk geaksentueer. Aparte skole vir Afrikanerkinders word voorgestaan.

4.11 SAMEVATTING

Uit die bespreking van die verskillende politieke partye se politieke beleide kan afgelei word dat die Linkse groeperinge nooit sal instem tot 'n grondwetlike bedeling waarin die selfbeskikkingsreg van volke gehandhaaf word me, omrede dit effektief sal neerkom op partisie, met ander woorde die stelsel van Apartheid waarteen hulle vanaf 1910 gekant was. .Dit wil voorkom asof die Gematigdes se beleid die mees aanvaarbare opsie vir die meerderheid van die burgers van die RSA gaan wees. Hierdie beleid tipeer die RSA as 'n eenheidstaat en stel 'n federale struktuur bestaande uit 'n aantal selfregerende state, wat gebind is deur 'n federaIe grondwet, voor. Die meerderheid van die politieke groeperinge ondersteun die gedagte dat 'n Handves van Menseregte, die onafhanklikheid van die Regbank, die beskenning van minderheidsregte en die beskerming van taal, kultuur en godsdiens in die Grondwet verskans moet wees. 55 Sover dit die opvoedingsdoeI, onderwysstruktuur en belanghebbendes by die onderwys betref staan die Linkse en Gematigde groepe ook nader aan mekaar ten opsigte van 'n aantaI aspekte. Van die aspekte is

• dat daar sIegs een onderwysdepartement moet wees wat die onderwys beheer; • dat die ouers en gemeenskap betrokke by die opvoeding van hul kinders moet wees; • dat gelyke geleenthede vir opvoeding, wat gelyke standaarde insluit gehandhaaf word; • dat die onderwysvoorsiening op opvoedkundig-verantwoordbare manier moet fungeer sodat dit die behoeftes van die individu en die gemeenskap kan bevredig en • dat kultuurgebonde onderwys en grondhoudings wat op godsdienstige en etniese tradisies berus erken word, mits hierdie grondhoudings nie gebruik word om teen ander groepe te diskrimineer en groepe uit te sluit op grond van etnisiteit, geloof of taalvoorkeur nie.

Sover dit die politieke beleid betref is daar nog nie 'n mate van ooreenstemming tussen die Linkse, Gematigde en Regse groepe ten opsigte van die eenheidstaatsidee nie. Die Regse groeperinge glo vas aan 'n grondwetlike bedeling waarin die selfbeskikkingsreg van volke gehandhaaf moet word, terwyl die federale en konfederale opsie heelwat steun het. Oor hierdie aangeleentheid kan konsensus bereik word deur onderhandeling. AI die politieke groeperinge stem egter saam dat die staat verantwoordelik moet wees vir die finansiering van die onderwys.

Die bestaande onderwyskundige struktuur is vir die meeste politieke groeperinge aanvaarbaar. Die Linkse groeperinge dring egter daarop aan dat pre-primere opvoeding essensieel is en dat dit 'n prioriteit is wat onmiddellik aangespreek moet word, omrede die meerderheid van die minderbevoorregdes in omgewings woon wat nie bevorderlik is vir die aanleer van skoolgereedheidsvaardighede nie. Verder meen die Linkse groeperinge dat sosialisering in die primere-skoolfase nie beperk moet word tot slegs een kultuur nie, omdat dit nie bevorderlik vir nasiebou is nie. Die instelling van pre-primere onderwys blyk tans onrealisties te wees, die omdat staat dit nie kan bekostig nie. Die aanleer van taal- en syferkundige vaardighede dra die goedkeuring van al die politieke groeperinge weg. So ook die eis dat basiese opvoeding gratis .en verpligtend moet wees. Dat kurrikula aangepas moet word sodat die onderwysinhoud in die sekondere skoolfase vaardighede moet ontwikkel wat kan lei tot die produksie van goedere, is nog 'n gemeenskaplike punt. Die meerderheid van die politieke groeperinge stem ook saam dat die staat verantwoordelik vir die finansiering van onderwysvoorsiening tot die primere skoolfase moet wees. 56 HOOFSTUK5

SAMEVATTING, BEVINDINGS EN AANBEVELINGS

5.1 SAMEVATTING

Die oorhoofste doel met die studie is om die begrip ideologie te identifiseer, te beskryf en te bepaal watter impak dit op die onderwys en opvoeding in die RSA het. In hoofstuk 3 is daar gepoog om die begrip ideologie te presiseer en enkele kenmerke te identifiseer. Daar is uit die literatuur bevind dat 'n ideologie 'n politiek-gekleurde lewensopvatting is met 'n sterk inslag van proselitisme. Verder is daar vasgestel dat daar 'n duidelike verband tussen die ideologie van 'n staat en die onderwys is. 'n Ideologie bepaal die opvoedingsbeskouing van 'n groep mense sodat daar gese kan word dat die opvoeding in die RSA 'n verlengstuk van die staatsideologie was. Omdat politieke beleide voorskriftelik aan die onderwysbeleid is, bepaal ideologiee ook die onderwysstelsel in lande. Daar kan dus gese word dat die onderwyskrisis wat die RSA vanaf die sewentiger jare geteister het, se oorsake terug gevoer kan word na die ideologiese oortuigings van die owerhede.

In hoofstuk 2 is die behoefte aan onderwysherstrukturering wat ontstaan het as gevolg van die toenemende vraag na onderwys uiteengesit. Die struktuur van onderwysstelsels en verskillende faktore wat so 'n stelsel beinvloed, is bespreek. Uit die bespreking is die invloed van die owerheid se ideologie en die verskillende implikasies wat dit op die opvoedende onderwys in die RSA gehad het, voor die handliggend. In die RSA met sy heterogene gemeenskap, waarvan die Swartes die meerderheid uitmaak, is die Swartes reeds voor die unifikasie in 1910 in koloniale strukture vasgevang sodat hulle effektief van aile demolaatiese politieke strukture uitgesluit was (Odendaal, 1984:9). Met die bewindsoomame deur die Nasionale Party in 1948, is rasseskeiding op aile Iewensterreine, maar veral op die politieke en onderwysterrein ingestel (Horrel, 1978:30-40). Die onderwysstelsel wat die Nasionale Party geimplementeer het, het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van opponerende ideologiee in Swart gemeenskappe wat letterlik Swart onderwys in 1976 tot stilstand gedwing het. luis omdat die onderwysstelsel nie aan bepaalde nasionale kriteria voldoen het me, kon dit nie die realiteite in die RSA effektief aanspreek nie. Die redes waarom die onderwyssteIseI me aan die kriteria voldoen het nie, was omdat:

• die onderwysstelsel nie regverdigbaar was ten opsigte van die samelewingsnood van die land nie; 57 • dit nie tred gehou het met die realiteit in die RSA nie, sodat dit teen 1976prak.1:ies onuitvoerbaar was; • die onderwysstelsel nie die eise wat die Swart gemeenskappe gestel het, geakkommodeer het nie. Die ideologiese onderbou van die stelsel het wantroue by die Swart gemeenskappe geskep en gevolglik was daar botsende kernoortuigings tussen die stelsel en die gemeenskap; • die onderwysstelsel ook nie ekonomies regverdigbaar was nie, veral in die lig van die per capita-besteding op Swart leerlinge ten opsigte van geboue, fasiliteite en geriewe wat nie as relevante gronde vir ongelyke behandeling beskou kon word nie en dat • die stelsel slegs gebaseer was op die wereld- en lewensbeskouing van die owerheid, sonder dat die Swart lewens- en wereldperspektief in aanmerking geneem is. Gevolglik was dit onaanvaarbaar vir die Swart gemeenskappe.

Indien 'n onderwysstelsel aanvaarbaar in 'n toekomstige RSA wil wees, sal veral bogenoemde kriteria effektief aangespreek moet word.

In hoofstuk 4 is daar ondersoek gedoen na die politieke beleide en opvoedingsbeskouings van ses van die belangrikste politieke groeperings in die RSA. Alhoewel die verskille legio is, is daar gelet op die volgende gemeenskaplike eienskappe, naamlik:

• dat elke kind die reg het op opvoeding; • dat die staat vrye en verpligte opvoeding In die primere skoolfase moet voorsien; • dat die opvoeding kultuurgebonde behoort te wees; • dat kinders so gesosialiseer moet word dat bulle die nonne en waardes van die breer gemeenskap kan internaliseer; • dat die staat, ouergemeenskap en onderwysers belang by die opvoeding moet be en dat • dat geen kind opvoeding van 'n minderwaardige gehalte wat sy menswaardigheid aantas, mag ontvang nie.

Indien hierdie gemeenskaplike opvoedingsbekouings die kern van 'n toekornstige onderwysstelsel uitrnaak, kan dit die opvoedende onderwys suiwer van die konflik en struweling waarin dit tans vasgevang is. 58 5.2 BEVINDINGS

'n Nasionale onderwysstelsel wat prakties uitvoerbaar is en as saambindende faktor kan dien om die meerderheid van die politieke groeperinge saam te trek, is essensieel. Ook sal daar gewerk moet word aan die verkryging van 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse kultuur, met wedersydse erkenning van gemeenskaplikhede asook diversiteite.

'n Verdere bevinding is dat gedwonge etniese segregasie nie nodig is nie. Die vernietiging vail die agtien verskilIende onderwysdeepartemente ten gunste van een sentrale departement met regionale subdepartemente behoort prioriteit nommer een te wees. Slegs wanneer een onderwysstelsel vir almal in die land opgestel word, sal dit die polarisasie en konflikpotensiaal wat tans in die onderwysstelsels teenwoordig is, effektief kan uitskakel. So 'n onderwysstelsel sal ook kulturele diversiteit moet propageer sodat interkulturele begrip en kommunikasie 'n breer Suid-Afrikaanse patriotisme kan ontwikkel.

Die onderwysstelsel behoort 'n produk van die gemeenskap te wees. Die aanname dat 'n multikulturele onderwysstelsel nie geskik is om optimale en gelyke regte en onderwysgeleenthede aan al die kinders in die RSA te bied nie, word betwis, omrede gelyke regte die idee van vryheid en verantwoordelikheid behels. Die mens is vry in soverre sy vryheid nie die regte van ander mense aantas nie. Afsonderlike onderwys kan nie gelyk wees nie, want dit verhoed persone om hul vryheid van keuse uit te oefen. Daar is wel ruimte vir differensiasie in die onderwys, maar dit moet op relevante gronde geskied. Die enigste relevante gronde vir verskilIe in die onderwys behoort gebaseer te wees op faktore soos talent, intelligensie, prestasie en belangstelling. Aparte skole bevorder ook nie rasse-harmonie in die samelewing nie. Verder is die beroepswereld wat die kind eendag moet betree geintegreerd en daarom kan aparte skole nie aan een van die opvoedingsfunksies, naamlik om die kind vir die toekoms voor te berei, voldoen nie.

Die krisis in die onderwys is toe te skryf aan die politieke stelsel in Suid-Afrika. Omdat die Suid-Afrikaanse regeringstelsel nie demokraties is nie, is dit onafwendbaar dat die onderwysstelsel nie normale funksies kan uitvoer nie. Gevolglik is die onderwys in die RSA 'n terrein van konflik en ontevredenheid. Onderwysherstrukturering behoort gepaard te gaan met sosio-ekonomiese opheffmg anders sal die skool die slagoffer van die samelewing bly wat geen werklike verandering kan inisieer nie. Daar behoort gewerk te word aan 'n nuwe . gemeenskapstruktuur wat nie gegrond is op kompetisie en individuele prestasie ten koste van ander nie. 59 Verder is daar bevind dat die meerderheid van die politieke groeperinge die volgende kriteria vir 'n onderwysstelsel in hul politieke beleide ondersteun, naamlik dat

• die onderwysstelsel regverdigbaar moet wees; • die onderwysstelsel realisties en uitvoerbaar moet wees; • die onderwysstelsel aanvaarbaar moet wees vir almal in Suid-Afrika; • die onderwysstelsel verband moet hou met die lewensdoel van die gemeenskap; • die stelsel didakties verantwoordbaar moet wees, en dat • die stelsel bekostigbaar moet wees vir almal in die land.

5.3 AANBEVELINGS

Dit is belangrik dat 'n onderwysstelsel met 'n nasionaal-aanvaarbare onderwysdoel ontwerp moet word vir die RSA. By die formulering van so 'n onderwysdoel behoort die internasionaal-aanvaarbare beginsels soos uiteengesit in die DekIarasie van Menseregte as basiese uitganspunt geneem te word. Ook sal die onderwysstelsel primer aan opvoedkundig­ verantwoordbare kriteria van opvoedende onderwys en onderwysstelsels moet voldoen, sodat dit die opvoedkundige behoefies van die Suid-Afrikaanse gemeenskap, eerder as ideologiese eise kan bevredig. So 'n onderwysstelsel sal derhalwe ook die kulturele kompleksiteit in die RSA moet aanspreek.

Daar behoort moet gepoog te word om die opvoedende onderwys te bevry van die onderliggende politieke ideologiee, sodat enige toekomstige onderwysbeleid nie met politieke ondertone geformuleer word me, maar deur opvoedkundiges en onderwyskundiges wat neutraaI staan teenoor die politiek en slegs gestu word deur duidelik omskrewe verantwoordbare opvoedingskriteria.

Kulturele diversiteit behoort sterker in die onderwysstejsel weerspieel te word, sodat interkulturele begrip en kommunikasie kan lei tot 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse grondhouding wat die eendersheid binne kulture, eerder as die andersheid van kulture aksentueer.

Ten laaste behoort navorsing gedoen te word oor die ander politieke groeperinge wat nie by hierdie studie ingesluit kon word nie, se politieke beleide en onderwyskundige voorstelle, onder andere die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), die Pan African Congress (PAC) en die Inkatha Vryheid Party (lVP). 60

BRONNEVERWYSINGS

ADAM, H. & MOODLEY, K. 1986: South Africa without Apartheid. Berkeley: University of California. AFRICAN COM1vfUNIST, 1988: (114), Third Quarter 1988. ALLIE, A.Y. 1946: THE HOLY QUR'AN. Durban: Islamic Propagation Centre. ANON (a). S.J.: Know the facts. Information of South Africa's extra-parliamentary groups. Commission for Justice and Reconciliation, Pretoria. ANON (b). 1991: Discussion Paper for the ANC on Education Policy. ARNHEIM; M.T.W. 1985: Finance Week, 14-20 November 1985. ASHLEY, M. 1986: Syllabus for a new South Africa. Sunday Times: 27 July 1986. ASHLEY, M. 1989: Ideologies and schooling in South Africa. Cape Town: SASA AWB program van beginsels en beleid: 1987 AZAPO EDUCATION POllCY: 19 October 1984. BALliNGER, M. 1969: From Union to Apartheid - A trek to Isolation. Cape Town: Juta & Co. BARADAT, L.P. 1984: Political Ideologies. Prentice-Hall: ix - xiii: 1-7. BEKKER., S. & HUMPHRIES, R. 1985: From Control ton Confusion - The changing role of Administration Boards in South Africa, Pietennaritzburg: Shuter & Shooter. BELEIDWYSER VAN DIE DEMOKRATIES PARTY: September 1990. BERGER, P.L. & GODSELL, B. 1988: A future South Africa: Visions, Strategies and Realities. Cape Town: Human & Roussouw. BONDESIO, M.J. 1979: Die verskynsel Gekollektiveerde Onderwys. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Pedagogiek, Vol. 13, nr. 1. BONDESIO, M.J. & BERKHOUT, S.J. 1987: Onderwysstelsellrunde. Pretoria: Grutenberg Boekdrukkers Bpk. BOOYSEN, H. 1981: Die behoud van Blanke Selfbeskikking. Pretoria: Butterworths. BOOYSEN, H. 1985: Dinamiese Konserwatisme Pretoria: Butterworths. BOSHOFF, C. 1985: "Afrikanerkultuur in Krisis". Toespraak, Pretoria Stadsaal, 15 Maart 1985. BOSHOFF, C. 1985(a): Amerikaanse Liberalisme en Volkeverhoudings in Suid-Afrika. Volkskongrestoespraak: 30 Mei 1985. BUSINESS DAY: 1 Oktober 1985. CNO BET EIDSTUK, Instituut vir Christelik-Nasionale Onderwys van die FAK, Johannesburg 1948. CONSTITUTION OF THE SOUTH PARTY. COOMBS, P.H. 1968: The Worid Education Crisis. New York: Oxford University Press. 61

COOMBS, P.H. 1982: Critical world educational issues of the next two decades. International Review of Education. Jg. 28, 1982. COOMBS, P.H. 1985: The World Crisis in Education. New York: Oxford University Press. COVER STORY - FINANCIAL WEEK, 11 - 17 October 1990. DAVENPORT, T.R.H. 1987: South Africa - A Modem History. Johannesburg: MacMillan. DAY, A.J. 1988: (red). Political Parties of the World. Third Edition. United Kingdom: Longmans Group. DE KLERK, F.W. 1990: Openingstoespraak deur Staatspresident. Pretoria: Staatsdrukkers. DERBYSHIRE, D.J. 1989: Political Systems of the World. Edinburg: W&R Chambers. DE VRIES, I.D. 1986: Alternatiewe Onderwys. Aanbeeld, Opinieblad van die RAU 14(3): 24 - 26 September 1986. DIE PATRIOT 1985 September. DIE SUID-AFRIKAAN, April 1990. Afrikaner Aspirasies. DU PREEZ, J.M. 1983: Africana Afrikaner: Master symbols in South African School Textbooks. Alberton: Librarius. EASTERN PROVINCE HERALD. 9 May 1986. EMERY, H.G. & BREWSTER, K.G. 1956: The New Century Dictionary of the English Language. USA: Appleton Century Company. FElT, E. 1967: African Opposition in South Africa. The failure of Passive Resistance. Hoover Institute of War, Revolution and Peace, Stanford University. FElT, E. 1971: Urban Revolt in South Africa, 1960 - 1964. A case study. New York: Northwestern University Press. FRANKS, P. & MORRIS, P.: 1986. Urban Black Government and Policy. Johannesburg: South African Institute of Race Relations. FRANK TALK: Vol. 1 No.1, February - March 1984. FREDMAN, S., NELL, M. & RANDALL, P. 1983: The Narrow Margin. How Black and White South Africans view change. Cape Town: David Philip. FREIRE, P. 1978. Pedagogy in Process. New York: Readers and Writers Publishing Cooperative. GERHART, G.M. 1978: Black Power in South Africa - The evolution of an Ideology. Berkeley: University of California Press. GLUCKMAN, H. 1981: The extend to which Calvinism and Christian-National Education have influenced Pedagogical findings in South Africa. In Board, P.N.G. & Morrow, W.E. (eds) Problems of Pedagogies: Pedagogies and the Study of Education in South Africa. Durban: Butterworths. GRUNDY, K.W. -1971: Guerilla Struggle in Africa. New York: Grossman Publishers. 62

GUNTER, C.F.G. 1964: Opvoedingsfilosofiee. Stellenbosch: UUB (Edms.) Bpk. GURR, T.R. 1980: A conceptual system of Political Indicators. In Taylor C.L. (ed.) 1980. Indicator Systems for Political, Economic and Social analysis. Massachusetts: Gum & Hain. HARMSE, H.J. 1986: Pedagogiek Dee13. RSA: Butterworths. HARMSE, H.J. & KIRSTEIN, P.P. 1986: Pedagogiek Dee12. RSA: Butterworths. HEYMANS, C. 1987: Akkomodasie sonder Demokrasie. Johannesburg: Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings. HOLUS, M. 1971: The pen and the purse in proceedings of the Philosophy of Education Society of Great Britain, Vol. 4, no. 2, 1971. London: Penguin. HORRELL, M. 1978: Laws affecting Race Relations in South Africa 1948 - 1976. Johannesburg: South African institute of Race Relations. HUSeN, T. & KOGAN, M. 1984: Educational Research and Policy. How do they relate? Oxford: Pergamon Press. HUSeN, T. & POSTLETIIWAITE, T.N., eds. 1985: The International Encyclopedia of Education. Vol. 5 Oxford: Pergamon Press. IDENBURG, PH. J. 1972: Theorie van het onderwijsbeleid. Groningen: RD. Tjeenk Willink. INKATIIA 1978: Constitution of the National Cultural Liberation Movement of Inkatha. Braamfontein: Zenith Printers. INKATIIA YEARBOOK 1987: Positions and Principles of Inkatha Institute of South Africa Pinetown: Robprint. KHOPUNG, E. 1972: Apartheid - The story of a dispossessed people. Mbizana: Sharpville Day Association. KOGAN, M. 1978: The Politics of Educational change. Manchester: Manchester University Press. KONSERWATIEWE PARTY VAN SUID-AFRIKA. Verkiesingsmanifes, 6 September 1989. KOTZE, D.J. 1977: Kommunisme vandag. Kaapstad: Tafelberg. KOTZE, H.I. & VAN WYK, J.J. 1988: Politieke konsepte. Johannesburg: Perskor. LAMM:, Z. 1976: Conflicting Theories of Instruction. Conceptual Dimensions. California: McCuthchman. LANDMAN, W.A. & GOUWS, S.J. 1969: Inleiding tot die fundamentele Pedagogiek. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel. LEBALLO, P.K. 1977: The Nature of the Struggle Today. In Karis T. e.a. from Protest to challenge: Documents of African Politics in South Africa 1882 - 1964 Vol. 3. Stanford: Hoover Press. UEBENBERG,1. 1989: Responses to the ANC Constitutional Guidelines. Cape Town: Idasa. 63

UTILE, W., ed. 1955: The Shorter Oxford English Dictionary. London: Oxford University Press. LOUW, A. & KRIEK., D. 1987: Die KwaZulu Natal Indaba: 'n Oorsig van die Werksaamhede Politikon, 14(1), Junie 1987. MABANDLA, L. 1991: Policy framework - Education. ANC - pamflet Oktober 1991. MACKAY, S. 1991: Countdown to Negotiations. Ouarterly Countdown. 15(1), 1991. MAGUBANE, B.M. 1979: The Political Economy of Race and Class in South Africa. New York: Monthly Review Press. MAPHAI, V. 1987: Resistance in South Africa: Azapo and the National Forum. Research paper prepared for the South Africa Beyond Apartheid Project. MARQUAD, L. 1969: The Peoples and Policies of South Africa. New York: Oxford University Press. MARAIS, D. 1985: Constitutional Development of South Africa. Johannesburg: Macmillan. MAYIBUYE Vol. 2 (10), November 1991. MIIJ..ER, J.D.B. 1979: The Nature of Politics. Johannesburg: Penguin. MOLTENO, F. 1979: Review Essays. Social Dynamics 3(1), 1979. MOLOBI, E. 1987: South Africa: Education under Apartheid. In People's Education. A collection of articles from December 1985 - May 1987. University of Western Cape: UWC Press. MOODIE, T. 1975: The Rise of Afrikanerdom: Power, Apartheid and the Afrikaner Civil Religion Berkeley. California University Press. NIEUWOUDT, G.G., OUVIER G.C. & HOUGH, M., reds, 1981: Die politieke stelsel van Suid-Afrika. Johannesburg: Academica. NKRUMA, K. 1964: Consciencism. New York: Monthly Review Press. ODENDAAL, A. 1984: Vukani Bantu! The beginnings of Black Protest Politics in South Africa. Cape Town: David Philip. ORKIN, M. 1986: Disinvestment, the struggle and the future - What Black South Africans Really Think. Johannesburg: Ravan Press:. OUTIlNE 1991: Education Development Trust. Johannesburg. PIENAAR, I.I. 1987: Oop skole, gaan ons dit toelaat? Windhoek: Eros Uitgewers. PISTORIUS, P. 1974: Padlangs met die pedagogiek. Potchefstroom: Pro Rege Pers. PRATTE, R. 1977: Ideology and Education. New York: McKay. QUlB, S. 1977: Milestones. Durban: MYM Book Services. RACE RELATIONS REVIEW 1978. RAPPORT, 1986: Keoners praat oor oop skole. RAY, D. 1989: Dictionary of the African Left. Great Britain: Darthmouth Publishing. 64

RGN: 1981: Onderwysvoorsiening in die RSA. Pretoria: Staatsdrukker. RILEY, E. 1990: Major political events in South Africa 1948 - 1990. England: BiddIes Ltd. RUNES, D.D. 1966: Dictionary of Philosophy. Iowa: Adams & Co. RUPERTI, R.M. 1976: The Education System in South Africa. Pretoria: Van Schaik. SABRA 1985: 'n Nuwe Grondwet vir Suid-Afrika. Pretoria. SCHUITE, R 1984: Christelike Onderwys in 'n moontlike stelsel van RLD in die RSA. Potcbefstroomse Universiteit vir CHO. SECHABA 1976: Vol. 10. Vierde Kwartaal. SlITNDLER, J. 1984: De Lange ... Marching to the same order. Johannesburg: National Education Union of S.A. SISULU, Z. 1987: People's Education for People's Power: In: Peoples Education. A collection of articles from December 1985. May 1987. Centre for Continuing Adult Education, University of Western Cape. SKILLEN, A. 1977: Ruling Illusions. New York: The Harvester Press. SLOVO, J. 1989: The Theory of the South African Revolution. Umsebenzi Vol. 8(4), 1989. SMIT, A.J. 1981: Fundamental Pedagogics (REd). Pretoria: UNISA. SMITIi, D.P.J. 1988(a): Tradisionele Ideologiee en eietydse opvoedingsfilosofiee. Johannesburg: RAU. SMITIi, D.P.J. 1988(b): Opvoeding en die wesensaard van die mens. Johannesburg: RAU. SMlTII, J.B. 1990: Die georganiseerde onderwys en die skool. Johannesburg: RAU. SONN, F.A. 1986: A decade of struggle. Cape Town: Clyson Printers. STOKER, H.G. 1961: Beginsels en metodes in die wetenskap. Potchefstroom: Preo Rege Pers Bpk. STONE, H.J.S. 1981: Die aard en struktuur van die skool. Pretoria: Academica. STONE, D. 1989: Understanding the Freedom Charter. Cape Town: Blackshaws. SUNDAY TIMES 11 May 1986. SPROCAC 1971: Education beyond Apartheid: Report of the Education Commission on the Study Project on Christianity in a Apartheid Society, Johannesburg. TERBLANCHE, J.D.V. 1986: "Onderwysvennootskap". Ongepubliseerde referaat gelewer tydens die streekskonferensie van die TOD gedurende Februarie 1986. TIIE CONSERVATIVE PARTY OF SOUTII AFRICA 1990: Programme of Principles and Policy. TIIE SATURDAY STAR. 17 AUGUST 1991. TIIE 1959 PAN AFRICANIST MANIFESTO, S.J., ongeidentifiseerde pamflet; paragraafM. UMSEBENZI 1988: Vol. 4(2), 1988. UMSEBENZI 1988: Vol. 6(3), 1988. 65

URBAN FOCUS 1990: Vol. 1(1), 1990. VAN DEN BERG, D. 1987: People's Education, its context, essence and (possible) direction: University of the Western Cape. VAN DER MOLEN, I.J. 1979: Opvoedingstheorie en Opvoedingspraktijk. Noordhoff: Groningen. VAN MOLSEN, P.J. 1914: Van Dale's Groot Woordenboek der Nederlandsche Taal. Amsterdam: Martinus Nijhoff. VAN RENSBURG, C.J.J. & LANDMAN, W.A. 1986: Fundamenteel-Pedagogiese begripsverklaringe - 'n Inleidende Orientering. Pretoria: NG Boekhandel. VAN STRAATEN, Z., ed, 1987: Ideological beliefs in the social sciences. Research Report Series: 5. Pretoria: HRSC. VAN SCHALKWYK, O.J. 1986: Die Onderwysstelsel. Teorie en Praktyk. Pretoria: Educo. VAN VUUREN, J.C.G. 1976: Orientering in die Pedagogiek. Pretoria: UNISA. VAN WYK, J.G. 1987: Onderwysreg vir die onderwyser. Pretoria: Educantulus. VAN ZYL, P. 1973: Opvoedkunde Deel l , Johannesburg: De Jong Boekhandel. VAN ZYL, P. 1975: Opvoedkunde Deel2. Johannesburg: De Jong Boekhandel. VENTER, T.P. 1981: Inkatha: Die beweging se betrokkenheid in die Suid-Afrikaanse Politiek: Instituut vir Suid-Afrikaanse Politiek PUCH. VERMAAK, C. & SHAY, R. 1971: The Silent War. Johannesburg: Galaxy Press. VERSTER, T.L, VAN HEERDEN, S.M. & VAN ZYL, A.E. 1984: Educational themes in times Perspectives. Durban: Butterworths. VIUOEN, G. 1991: Toespraak by bespreking van sy begrotingspos: Mei 1991:15 - 17. VIUOEN, G. 1991(a): Manifes vir die Nuwe Suid-Afrika. 1 Februarie 1991. VOS, A.J. & BRITS, V.M. 1987: Comparative and International Education for Student Teachers. Durban: Butterworths. WALSHE, O. 1970: The Rise of African Nationalism in South Africa (The African National Congress, 1912 - 1952). London: C. Hurst & Co. WEYL, N. 1970: Traitors End (The Rise and fall of the Communist Movement in South Africa). New York: Arlington House. WilliAMS, R. 1976: Keyword: A vocabulary of culture and society. London: Fontana. WITBOOI, B. 1984: The Question of Private Schools. Second Conference of the Education Co­ ordinating Council of South Africa. Pietermaritzburg 1984. ZUNGU, F. 1987: People's Education for People's Power - an update. Paper delivered at Conference for University Based Adult Education. Durban: University of Natal.