April 2008 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 3168
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
April 2008 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 3168 Datum: Wednesday, April 02, 2008 Daar is 25 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. [KOERANT]BEELD-KNOETZE Sharon[30]en WATSON Jimmy [57] From: Elizabeth Teir 2. [KOERANT]VAN GREUNEN Marius [38] From: Elizabeth Teir 3. Dankie TRIPPENS vir Wellingtonse suiker From: Johann De Bruin 4. [KOERANT]NOORDWES-BEELD-Oom Rympies (Swanepoel) From: Elizabeth Teir 5. [KOERANT]BEELD- NG KERK SABIE 75 BESTAANS JAAR From: Elizabeth Teir 6a. Re: Huwelik From: Verna Fourie 6b. Re: Huwelik From: Ann Tiran 7a. Wil net groet! From: Elmien Wood 7b. Re: Wil net groet! From: Karin Serfontein 8a. Vir Barry PALMER From: P Marx 8b. Re: Vir Barry PALMER From: Barry Palmer 9a. Germishuys voorgeslagte From: Germishuys, Theuns (BHA) 9b. Re: Germishuys voorgeslagte From: David Le Roux 10a. Re: LAUFS From: Paul Bosman 11. [Koeranr] Die Burger Oos-Kaap 01 April 2008 From: P Marx 12a. Palmer From: Louis Hurn 13a. Re: van der Linde/van Aswegen From: Lucas Rinken 13b. Re: van der Linde/van Aswegen From: Ina Penberthy 14a. Ockert C Olivier en aletta Verwey From: Louis Olivier 14b. Re: Ockert C Olivier en aletta Verwey From: Ina Penberthy 15a. Re: Sterfkennis From: Janet Melville 16a. Re: Palmer vir Barry en Louis From: Ann Tiran 17.1. New file uploaded to SAGenealogie From: [email protected] 18. NAB "tips" ? From: Avida Bresler 19. Sommer maar net en dankie Johan Pottas. From: Annelie Els Boodskap 1. [KOERANT]BEELD-KNOETZE Sharon[30]en WATSON Jimmy [57] Posted by: "Elizabeth Teir" [email protected] kerrieborrie Tue Apr 1, 2008 12:24 am (PDT) Noodlot tref familie twee keer in 7 uur Mar 31 2008 08:25:31:350PM - (SA) Buks Viljoen Skaars sewe uur nadat ’n vrou van Evander Sondag in Mpumalanga verongeluk het, is haar pa in ’n motorkaping in Delmas doodgeskiet. Dié dubbele tragedie het die Knoetze- en Watson-gesinne van die Oostelike Hoëveld geruk. “Ek is oukei, maar sal nou net baie sterk moet wees vir ons seun,” het ’n hartseer mnr. Willie Knoetze (32) gister gesê oor die ongeluk waarin sy vrou, Sharon (30), dood is. Die egpaar se seun, Dylan, is twee maande gelede gebore. Mev. Knoetze, wat by Sasol gewerk het, was nog met kraamverlof. Sy is dood toe die bestuurder van ’n Volkswagen Polo glo ’n stilhouteken verontagsaam het en op die pad tussen Evander en Secunda in haar Volkswagen Golf vasgejaag het. Die ongeluk het kort ná 12:00 gebeur terwyl die egpaar op pad was om video’s te gaan aflaai. ’n Motoris het oor ’n vierrigtingstop gejaag en mev. Knoetze se motor op die regterdeur getref. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat hy dronk was. Hy is lig beseer en op die toneel in hegtenis geneem. Mnr. Knoetze is uit die voertuig geslinger. Hy het ligte beserings opgedoen en is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem waar hy gister ontslaan is. Hy sterk by sy ouers in Pretoria aan. Hul seuntjie was by sy skoonouers, mnr. Jimmy (57) en mev. Liz Watson (57), op Delmas toe die ongeluk gebeur het. Mev. Knoetze sou op 10 Mei ’n blommemeisie op haar boesemvriendin, me. Jeanette Grobler, se troue wees. ’n Bekende motorfiets-entoesias van Secunda, mev. Zi de Klerk (54), is ook dood nadat sy ernstige beserings in dieselfde ongeluk opgedoen het. Sy het met haar Suzuki 750- motorfiets langs die Knoetzes gery. Die geweld van die slag het die Knoetzes se motor teen haar vasgeslinger. De Klerk was vir die naweek op Abrahamsrus naby Sasolburg waar sy aan die Fox Rally deelgeneem het. Sy is met veelvuldige beserings in die Medi-Clinic op Trichardt opgeneem, waar sy twee uur later dood is. Terwyl mev. Knoetze se ouers saam met familie by hul huis in Delmas saamgetrek het ná hulle die nuus oor hul dogter gekry het, het die noodlot weer toegeslaan. Mnr. Watson en sy swaer, mnr. Wentzel Herbst, is omstreeks 19:30 na die KFC om kos te gaan koop vir die mense wat by sy huis was. Oomblikke nadat hulle tuis gekom het, het kapers toegeslaan en Watson langs sy Ford Focus doodgeskiet en met die motor weggejaag. Herbst en sy twee kinders, Darian (5) en Teagan (2), het die huis ingevlug en is ongedeerd Boodskap 2. [KOERANT]VAN GREUNEN Marius [38] Posted by: "Elizabeth Teir" [email protected] kerrieborrie Tue Apr 1, 2008 12:24 am (PDT) Rowers skiet twee se pa sewe keer Mar 31 2008 08:25:37:630PM - (SA) Hilda Fourie ’n Oudpolisieman en pa van twee jong kinders is Saterdag dood aangetref in sy slaapkamer op ’n kleinhoewe in Kameeldrift, in die noorde van Pretoria, nadat rowers hom sewe keer geskiet het. “Sewe keer? Hoekom sewe keer?” het ’n bedroefde me. Ilze van Greunen (34) oor haar man, Marius (38), se dood gesê. Mnr. Van Greunen was ’n inspekteur in die speurafdeling van die Kameeldrift- polisiekantoor voordat hy sowat ’n jaar gelede bedank het. Hy het daarna by ’n steenmakery gewerk. “Hulle kon hom mos een keer geskiet, vasgebind of oor die kop geslaan het. Dit was nie nodig om hom dood te skiet nie.” Me. Van Greunen en haar kinders, Kay (6) en Zian (4), was met vakansie in Durban ten tyde van die voorval, en het Saterdagmiddag ’n vlug na Gauteng gehaal. Sy het die kinders op vakansie geneem omdat daar sowat twee weke gelede twee keer ná mekaar by dié huis ingebreek is en die kinders “nie eens meer alleen badkamer toe wou gaan nie”. “Ek wou hulle net van alles af wegneem,” het me. Van Greunen gesê. Mnr. Louis Esterhuizen (32), mnr. Van Greunen se swaer wat op die kleinhoewe in ’n aparte huis woon, het gesê hy het Saterdag omstreeks 03:00 wakker geword van sewe skote. Hy het hom nie veel daaraan gesteur nie, want daar word glo gereeld in dié omgewing geskiet. “Ek het opgestaan en buite vir beweging gekyk, maar niks gesien nie,” het Esterhuizen gesê. “Saterdagoggend is ek dorp toe. Toe ek omstreeks 11:00 terugkom by die huis, het ek onraad vermoed want Marius se motor was nog in die oprit, die huis se deure – buiten vir sy kamerdeur – was gesluit en daar was ’n leer op na Marius se balkon. “Ek het in die huis ingegaan en Marius bo in sy kamer op sy bed gekry. Hy is sewe keer geskiet. Dit is ’n gesig wat my altyd sal bybly,” het Esterhuizen gesê. Van Greunen se skootrekenaar, selfoon en beursie is gesteel. Van Greunen se oudkollegas moes die toneel ondersoek waar hy dood is. “Toe ek die nuus hoor, kon ek dit nie glo nie,” het me. Van Greunen gesê. Volgens haar is die kinders kalm nadat hulle die nuus oor hul pa gehoor het. Kay wys na die hemel as mens haar vra waar haar pa is. Zian sê die grootste ster in die hemel is sy pa. “Hulle het my kinders van ’n pa ontneem. Vir ewig,” het me. Van Greunen gesê. ’n Roudiens vir Van Greunen sal Vrydagoggend om 11:00 in die Lewende Woord- gemeente in Montana gehou word. Kapt. Lerato Mthiyane, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens Mthiyane het ’n onbekende aantal verdagtes Van Greunen oorval en vermoor. ’n Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie Boodskap 3. Dankie TRIPPENS vir Wellingtonse suiker Posted by: "Johann De Bruin" [email protected] cjohanndebruin Tue Apr 1, 2008 12:25 am (PDT) Hallo Vriende Dankie aan almal wat terugvoering gegee het oor die koste van die Wellingtonse suiker - en my reggehelp het met veral die 10/- en 20/-. Ek is 'n kind van R en c en van die metrieke stelsel, en kan glad nie volgens die ou mate of geldstelsel dink nie! Johann de Bruin Heilbron Boodskap 4. [KOERANT]NOORDWES-BEELD-Oom Rympies (Swanepoel) Posted by: "Elizabeth Teir" [email protected] kerrieborrie Tue Apr 1, 2008 12:43 am (PDT) Dis beter in die Bosveld Mar 27 2008 04:28:45:323PM - (SA) Groot-Marico. – In Oom Schalk Lourens se wêreld is alles snaakser, mooier, verder en groter, ook die luiperds en die feeste. En die NG kerk in die dorp se Bosveldfees Saterdag was geen uitsondering nie. Soos van ouds het die mense van heinde en ver gekom om te kom feesvier. Talle Gautengers het vir die langnaweek gekom om die fees te beleef en ook die kreatiwiteits- en tromwerkwinkels by die Bosman-museum by te woon. Die aardighede wat by die fees te koop was, het lekkernye soos maketaankonfyt en pap met kaiïngs ingesluit. Die Marico se eie woordeman, oom Piet Rympies (Swanepoel), het ’n paar “gevleuelde woorde” oor die streek se beroemdste (of is dit mees berugte?) uitvoerproduk, mampoer, gespreek. Alta Snyman het gaan kyk hoe hou die Bosvelders fees. Boodskap 5. [KOERANT]BEELD- NG KERK SABIE 75 BESTAANS JAAR Posted by: "Elizabeth Teir" [email protected] kerrieborrie Tue Apr 1, 2008 12:43 am (PDT) Naranda Nell Sabie. – Dit was ’n fees der feeste toe die NG kerk Sabie onlangs hul 75ste verjaardag gevier het. In gemaklike klere en met ’n huppel in hul stap het die gemeente na die Laerskool Sabie, wat vandag oorkant die NG kerk is, gegaan om ’n opelug-kerkdiens te geniet. Die ossewa by die laerskool staan nou op die plek waar die kerk destyds gebou is. ’n Gedenksteen is hier opgerig ter herinnering aan dié groot gebeurtenis. Hoewel die kerk reeds op 7 Januarie 1933 gestig is, is die inwyding eers in Maart daardie jaar gehou. Ná die spesiale diens by die laerskool is daar lekker saamgekuier.