Welkom by Buffelsfontein Beesboerdery

Ons beloof om niks wat poephol, long, tong of gagga preserveermiddels bevat, aan ons kliënte op te dis nie. Slegs natuurlike produkte wat voorberei word met sorg. Ongelukkig kan hierdie proses effens langer neem as die restaurant baie besig is.

Ons beveel aan dat u enige rooivleis medium of medium-rou bestel.

Buffelsfontein Beesboerdery Ontbyt opsies

Buffelkalf ontbyt...... R55 2 eiers, 2 repies spek, gebraaide tamatie roosterbrood met plaasbotter

Buffel vers ontbyt...... R80 2 eiers, 3 repies spek, sampioene, maalvleis, gebraaide uie en roosterbrood met plaas botter

Buffelbul ontbyt...... R130 2 eiers, 4 repies spek, sampioene, maalvleis, gebakte bone, 150g kruisskyf, gebraaide uie, kaas en roosterbrood met plaas botter

Afrikaanse Pouseiers...... R190 Ons weergawe van “Eggs Benedict Florentine”. Gepocheerde eiers op 250g Noorweegse salm, bedek met ‘n ryk vakansiesous en roosterbrood.

Bou jou eie ontbyt

Pap en kaiings ...... R 27 Pap...... R 17 Kaiings...... R 12 Spek...... R 29 (indien beskikbaar)...... R 42 Aartappelskyfies...... R 22 Gebakte eier...... R 10 Kaiing botter...... R 10 Roosterbrood...... R 8 Sampioene...... R 20 Roosterkoek...... R 12 Blatjang (tamatie of appelkoos)...... R 14 Tuisgemaakte Konfyt...... R 12 Gebraaide tamatie...... R 10 Beesmaalvleis...... R 34 Skaapwors...... R 32 Gebakte bone...... R 12 150g Kruisskyf...... R 67 Tamatie-en-uiesmoor...... R 22 Gebraaide uie...... R 12 Emmental kaas...... R 22 Gouda kaas...... R 12

Buffelsfontein Beesboerdery Ligte versnaperings

Biltong...... R48 150 gram met ’n heerlike laag vet.

Boere tartar...... R47 Tartar soos jy nog nooit geëet het nie. Dit sal jou gedagtes terugneem na ’n sypaadjie voor Loftus Versveld. Dis al wat ons bereid is om te verklap. Bedien met varsgebakte roosterkoek en tamatieblatjang.

Frikadelle...... R60 Mini frikadelle soos jou ouma gemaak het.

Braaibroodjies...... R40 Jy lees reg...

Geel pap skyfies...... R30 Stywe geel pap in die vorm van ’n skyfie gesny en diepgebraai. Bedien met tamatie- en uiesmoor.

Springbok carpaccio...... R40 Papierdun springbok vleis bedien met gepekelde knoffel, bronkors, verouderde cheddar en ons eie reduksie sous.

Gemarineerde olywe...... R25 Kalamata olywe

Middagete Spyskaart Alle middagete opsies slegs R60 tussen 11:00 – 15:00 weeksdae.

Cholesterolkoek...... R60 met 150g - of beesmaalvleis. Het jy onthou om vanmôre jou pilletjie te drink?

150g Bees burger...... R80 Bietjiebees frikkadelbroodjie.

150g Hoender burger...... R80 Bietjiekiepie rolletjie.

350g T-been...... R115 Bonsai beeste is dierbaar en smaak heerlik.

200g Kruiskyf/Lendeskyf en Eier...... R95 ‘n Stukkie bees, porsie aartappel en een poepholvrug voorberei na smaak.

Spek braaibroodjie...... R65 Daar is drie dinge in hierdie wêreld wat alles beter maak; ‘n braaibroodjie, spek en ‘n drukkie. Ons prokureurs meen ons mag nie drukkies verkoop nie, maar ons kan vir jou twee van die drie op ‘n bord gee. Net ‘n wenk; ‘n dubbel brandewyn is baie dieselfde as ‘n drukkie...

Gebraaide hoender slaai...... R70 Die bestuur was heeltemal gekant daarteen om slaai met nog slaai te bedien maar die kelnerinne het voet by stuk gehou. Hulle sê dis baie lekker.

½ Gebraaide hoender...... R85 Halwe slaai en slaai. Vir as jou kinders stout was.

Alle disse word bedien met een van die volgende: Aartappelskyfies, Kapokaartappels, Gebraaide Groente of Slaai

Spesiale disse Slak potjie...... R65 Dis nie lekker om jou dop te verloor nie. Hierdie slakke sou dit beaam as hulle nie in ‘n pot heerlike romerige knoffelsous verdrink het nie. Word bedien met ‘n vars broodjie.

Bosveld slakke...... R60 As jy gril vir dopdiere is hierdie dis vir jou. Blokkies beesfilet bedek met ‘n romerige knoffelsous. Bedien met ‘n vars broodjie.

Klamp ...... R300 1.2kg Riboog op die been. ‘n Stuk vleis so rof word bedien op ‘n vleisbord en vas gemaak met ‘n bankskroef.

Wilds burger...... R85 350g Wildsvleis burger met aartappel skyfies.

Boerewors burger...... R85 350g Beesvleis burger met speserye, uie en tamatie smoor aartappel skyfies.

Beeshaas burger...... R130 200g Bees filet burger met brandrussie sous. Onthou om te kies tussen warm en baie warm.

Knoffelbotter T-been...... R190 700g T-been voorberei op die braaier en dan vining in die oond in ons geheime knoffelbotter sous bedien met geel meel pap en sous.

Beenmurg beeshaas...... R180 350g Bees filet bedien met gebakte beenmurg, kapokaartappels en vleisaftreksel.

Noorwegse salm...... R175 Slaai wat swem op groen knarsbone, met pan gebraaide aartappels en vinkel.

Om te deel

Vleisbord vir 2...... R250 Frikadelle, bees ribbetjies, kruisskyf, biltong, aartappel skyfies en braaibroodjies.

Vleisbord vir 4...... R480 Frikadelle, bees ribbetjies, kruisskyf, biltong, aartappel skyfies en braaibroodjies.

Kaasbord vir 2...... R180 Geniet ons verskeidenheid van plaaslike kase en vrugte.

Kaasbord vir 4...... R320 Geniet ons verskeidenheid van plaaslike kase en vrugte.

Buffelsfontein Beesboerdery Voorgereg

Kaiing botter en roosterbrood...... R27 Al ooit gewonder wat gebeur met die olie wat oorbly na kaiings uitgebraai is? Ons stol dit en bedien dit met brood en appelkoosblatjang. Wys ons asseblief waar jou mediese fonds kaartjie is... Onthou ‘n bietjie sout en swartpeper.

Bobotie rolhappies(spring roll)...... R64 Met appelkoos blatjang

Braaibroodjies...... R40 Jy lees reg...

Boere tartar...... R80 Tartar soos jy nog nooit geëet het nie. Dit sal jou gedagtes terugneem na ’n sypaadjie voor Loftus Versveld... en dis al wat ons bereid is om te verklap. Bedien met varsgebakte roosterkoek en tamatieblatjang.

Kruisskyf skywe...... R70 150 gram medium-rou kruisskyf, opgesny en bedien met ’n aioli sous.

Springbok carpaccio...... R70 Papierdun springbok vleis bedien met gepekelde knoffel, bronkors, verouderde cheddar en ons eie rooibos reduksie sous.

Biltong en spek slaai...... R65 Groenslaai met biltong brosgebraaide spek.

Buffelsfontein Beesboerdery Hoofgereg

Lendeskyf [200g – R85] [350g – R115] “Sirloin” soos die kakies dit noem.

Kruisskyf [200g – R95] [350g – R135] Ook bekend as rump.

Beeshaas [200g – R140] [350g – R160] Die sagste filet wat nog ooit gemoo het.

Bees Ribs [550g – R180] Stadig oondgebraai in ons geheime rooiwyn sous.

T-been [700g – R180] Die stuk vleis vir as jy nie kan besluit nie, bietjie lendeskyf en bietjie beeshaas.

Noorweegse Salm [250g – R165] Die slaai wat swem.

Kies jou bykosse Groen knarsbone...... R20 Diepgebraaide geel pap skyfies...... R27 Aartappel skyfies...... R22 Braaibroodjies (jy lees reg)...... R40 Aartappelslaai...... R22 Kapokaartappels...... R22 Groenslaai...... R27 Pan gebraaide groente...... R32 Pampoenkoekies...... R27 Louis se beetslaai...... R20 Soetpatat skyfies...... R27 Soetpampoen...... R25 Roomspinasie...... R20

Kies jou sous Blatjang (tamatie/appelkoos)...... R20 Knoffel mayonnaise...... R20 Tamatie en uie smoor...... R20 Verdikte vleisaftreksel...... R25 Peper...... R20 Knoffel...... R20 Sampioen...... R20 Kaas...... R20 Brandrissie (matig of warm)...... R20 Buffelsfontein Beesboerdery Nagereg

Melktert toebroodjie...... R60 geur roomys tussen twee snye kors.

Oeps roomys (peperment crisp)...... R70 Van die hand na die mond val die roomys gelukkig op die bord.

Malvapoeding roomys...... R60 Malvapoeding gegeurde roomys met malva krummels.

Vanieljeroomys met sjokoladesous...... R50 ’n Ou gunsteling met donker sjokolade sous.

Trio roomys...... R50 Melktert, Malvapoeding en peperment crisp roomys.

Malva poeding...... R60 Vanielje vla, vanielje roomys en gedroogte lemoen.

Blaasvlamvla...... R60 Heerlike Crème Brûlée met ‘n bros gebrande suikerlaag.

Appeltert...... R60 Appeltert met Klipdrift roomys en room.

Melkskommel...... R45 Malvapoeding, Vanielje, Peperment Crisp of Melktert geur.