Die Rol Van Nederland in Die Transnasionale Beweging Van Enkele Afrikaanse Skrywers
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
INTERNATIONALE NEERLANDISTIEK www.internationaleneerlandistiek.nl IVN Published by: Amsterdam University Press Die rol van Nederland in die transnasionale beweging van enkele Afrikaanse skrywers Louise Viljoen IN 52 (1): 3–26 DOI: 10.5117/IN2014.1.VILJ Abstract This article explores the role that the Netherlands play in the transnational movement of Afrikaans authors. Because of the historical ties between the Netherlands and South Africa and the similarities between the languages Dutch and Afrikaans, Afrikaans authors and their texts often gain an audience in the Netherlands. This article posits the idea that the interaction between the Dutch and the Afrikaans literary systems form part of a ‘minor transnationalism’ (Lionnet & Shih 2005) of a specific kind: the ‘vertical movement’ of texts from a marginal literature (Afrikaans literature) to a literature placed in the European, metropolitan ‘centre’ that does not necessarily occupy an important place in that centre (Dutch literature). The article focuses on the literary careers of five Afrikaans authors who have a high profile both in the Netherlands and the larger, international world, namely André Brink, Breyten Breytenbach, Etienne van Heerden, Antjie Krog and Marlene van Niekerk. It attempts to discern whether exposure in the Netherlands led to exposure in the larger world. Several factors are taken into account: the position of Afrikaans literature in South Africa, the role of translation, the impact of genre, the influence of Western intellectual discourses and the importance of political acuity. Keywords: (minor) transnationalism, world literature, cosmopolitan literature, postcolonial literature, globalization, marginal literatures Afrikaanse skrywers binne die konteks van die trans nasionale Die Suid-Afrikaanse kortverhaalskrywer S.J. Naudé, wat in 2011 sy debuut gemaak het met die kortverhaalbundel Alfabet van die voëls, is in ’n onder- VOL. 52, NO. 1, 2014 3 INTERNATIONALE NEERLANDISTIEK houd by die verskyning van sy boek uitgevra oor sy besluit om sy loopbaan as regsgeleerde in Londen te beëindig en terug te keer na Suid-Afrika om ’n Afrikaanse skrywer te word. Volgens hom was sy Londense vriende verbyster oor sy keuse om hom te wy aan ‘’n marginale taak in ’n marginale taal op ’n marginale plek’ (Rautenbach 2011, p. 3). Alhoewel Naudé gelyk het oor die marginaliteit van die Afrikaanse letterkunde en die Afrikaanse taal, is dit tog so dat sommige Afrikaanse skrywers wel daarin slaag om buite die grense van Afrikaans en die land Suid-Afrika bekend te word en binne ’n transnasionale ruimte te funksioneer. Hierdie artikel is ’n verkennende ondersoek na enkele aspekte van hierdie proses. Alhoewel die begrip transnasionalisme ’n heel spesifieke betekenis het binne die sosiale wetenskappe, waar dit veral verwys na die ekonomiese, sosiale en politieke verbindinge tussen mense, plekke en institusies oor die grense van nasionale state heen (vergelyk Vertovec 2009, pp. 1-26), word dit dikwels binne die letterkunde-studie verweef met verwysings na die begrippe wêreldletterkunde, kosmopolitiese letterkunde en postkoloniale letterkunde wat elkeen ’n manier bied om te kyk na die beweging van literêre tekste oor nasionale grense heen.1 Waar sosiaal-wetenskaplikes se omskry- wing van die begrip transnasionalisme redelik neutraal is, word die begrip wêreldletterkunde onder andere verbind met die normatiewe idee van die bereiking van ’n bepaalde standaard wat toegang tot ’n transnasionale kanon moontlik maak. Volgens David Damrosch (2003, p. 15) huiwer die debat oor definisies van die begrip wêreldletterkunde tussen drie algemene opvattings daarvan: die wêreldletterkunde as ’n vasgestelde korpus van klassieke tekste, as ’n steeds-ontwikkelende kanon van meesterwerke of as ’n veelvoud van vensters op die wêreld. Self verkies hy om die begrip te omskryf as ’n verwysing na ‘all literary works that circulate beyond their culture of origin, either in translation or in their original language’ (Damrosch 2003, p. 2).2 Binne elkeen van bogenoemde velde word daar verwys na die rol wat verskillende soorte magsverhoudings, naas ’n verskeidenheid ander faktore, speel in die beweging van literêre tekste oor nasionale grense heen en hulle opname in internasionale kanons. Casanova (2003) wys byvoorbeeld in haar literêr-sosiologiese studie oor die wêreldrepubliek van die lettere op die diepgaande ongelykhede in hierdie republiek wat volgens haar tekening daarvan Parys as hoofstad het. Daar word ook dikwels gewys op die gevare van eenselwigheid en homogenisering. Daar is byvoorbeeld al gesê dat die wêreldletterkunde die gevaar loop om monoglossies te raak en veral ’n Angel-saksiese model op die wêreld af te dwing eerder as wat dit Goethe se oorspronklike ideale van literêre verkeer tussen tale, interkulturele begrip 4 VOL. 52, NO. 1, 2014 DIE ROL VAN NEDERLAND IN DIE TRANSNASIONALE BEWEGING en die idee van ’n universele samelewing in stand hou (Jusdanis 2003, pp. 109-110). Dit is veral die letterkundes in Engels en Frans wat ’n groot impak en statuur binne die wêreld het vanweë die uitgebreide linguistiese netwerke wat dit opgebou het, die ekonomiese en politieke mag van die hede en ver- lede, die prestige van hulle literêre tradisies en die impak van hulle kulturele industrieë. Daar is dus die gevaar dat die begrip wêreldletterkunde as gevolg van hierdie hegemonieë uiteindelik slegs sal verwys na die letterkundes van Noord-Amerika, Wes-Europa en hulle kolonies (Jusdanis 2003, p. 123). Ook binne die konteks van die postkoloniale studie word daar verwys na die feit dat die teorie van die postkolonialisme gebou word rondom die tekste van ’n klein groepie skrywers wie se werk in Engels sirkuleer, terwyl postkoloniale literature in ander tale nie in die wêreldwye kanon van die postkoloniale literatuur verreken word nie (Menon 2010). Dit is teen hierdie agtergrond wat Françoise Lionnet en Shu-meih Shih (2005, pp. 5-11) argumenteer vir wat hulle ’n ‘minor transnationalism’ noem. Vir hulle is dit belangrik dat die transnasionalisme onderskei word van globalisering. Wat hulle betref, is die logika van globalisering tegelyk sentripetaal en sentrifugaal: dit neem die vorm aan van ’n universele kern of norm wat oor die wêreld versprei en dan ander kulture intrek om getoets te word aan daardie norm. Hierteenoor verkies hulle om transnasionalisme so te definieer dat dit ’n ruimte van uitruiling en deelname is waarin dit moontlik is vir kulture om geproduseer te word sonder die mediëring van ’n sogenaamd universele sentrum. Hulle definisie gee erkenning aan die feit dat transnasionalisme deel uitmaak van die proses van globalisering, maar ook dat dit op ander maniere en meer verspreid kan voorkom as wat bogenoemde beeld van sentripetale en sentrifugale kragte suggereer. As sodanig is die transnasionale nie gebonde aan die binêre opposisie tussen die lokale en die globale nie, maar kan dit voorkom in ’n verskeidenheid van lokale, nasionale of globale ruimtes en versprei wees oor verskillende ruimtes en tydperke. Hierdie siening van die transnasionale skep ruimte vir ’n ondersoek na die spesifieke besonderhede van bewegings oor nasionale grense heen en tussen tale wat nie noodwendig gekoppel is aan die magtige metropolitaanse sentrums van die wêreld nie. Dit is dus belangrik om in ’n bespreking van die transnasionaliteit van die Afrikaanse letterkunde ook hierdie siening in ag te neem en jouself af te vra in hoe ’n mate die transna- sionale beweging van Afrikaanse skrywers opgevang is in ’n beweging na Europese en Anglo-Amerikaanse sentra en in watter mate daar ook sprake is van ’n ‘minor transnationalism’ waarin daar beweeg word na ander tale en letterkundes binne Suid-Afrika. VilJOEN 5 INTERNATIONALE NEERLANDISTIEK Die taal Afrikaans se historiese verwantskap met Nederlands kom ook hier ter sprake: aan die een kant skep Nederlands vir Afrikaans die moont- likheid van toegang tot die Europese wêreld waarvan dit deel uitmaak, maar aan die ander kant word Nederlands ook deur Casanova (2004, p. 256) getipeer as ’n klein taal wat in die verlede ’n belangrike tradisie gehad het maar nie meer ’n groot speler in die wêreld se literêre markplek is nie. Die beweging van Afrikaanse skrywers na Nederland verteenwoordig dus ’n besondere vorm van transnasionalisme: aan die een kant is dit ’n ‘vertikale beweging’ tussen ’n marginale letterkunde en ’n Europese sentrum; aan die ander kant kan dit ook gelees word as ’n ‘laterale’ beweging tussen ’n marginale letterkunde en ’n letterkunde wat deel vorm van die Europese sentrum, maar nie noodwendig ’n sentrale rol daarin beklee nie. Wanneer Buelens (2012, p. 34) skryf oor die verbande tussen die Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse literêre sisteme, beklemtoon hy ook bogenoemde ‘vertikale’ of hiërargiese verhoudinge deur die Nederlandse sisteem te tipeer as ‘de grote broer’, die Vlaamse as ‘de middelste broer’ en die Afrikaanse as ‘het kleinste broertje’. In die lig van bogenoemde bepaal ek my by die vraag na die wyse waarop die letterkunde in Afrikaans as ‘’n marginale taal in ’n marginale land’ deel het aan ’n transnasionale beweging oor grense heen en die rol wat kontak met Nederland in hierdie proses gespeel het (die rol van Vlaandere is materiaal vir ’n verdere ondersoek). Ek fokus verder op die rol van taal, die impak van genre, die aansluiting by transnasionale intellektuele diskoerse en literêre strominge, die belangrikheid van politieke faktore en die span- ningsverhouding met die nasionale. Ek bepaal my by die werk van ’n vyftal steeds aktiewe Afrikaanse skrywers