Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Untitled Document

Angie Kleijn

Voortrekkers, Boeregeneraals, bekende dominees en selfs presidente was in die vormingsjare van Pretoria lede van ‘n wêreldwye organisasie, wat ook ‘n invloed op stigtingsvaders van Amerika gehad het.

Die vrymesselaars sê dat hulle nie ‘n geheime organisasie is nie, maar ‘n organisasie met geheime. Was dit ‘n geheim dat Boeregeneraals en -offisiere soos Danie Theron, , Piet Cronjé, Ben Viljoen, , JC Smuts, dr WJ Leyds, SG Vilonel, JP Wessels, Ben Havenga, Philip Botha, HP van der Post, SPE Trichardt, Piet Visser, JH Olivier en George Band vrymesselaars was?

Vrystaatse en ZAR-presidente wat vrymesselaars was, sluit in, presidente MW Pretorius, Jan Brand, FW Reitz en Francois Burgers; die waarnemende Vrystaatse president PJ Blignaut en waarnemende ZAR-presidente Schalk Willem Burger, en Daniël Jacobus Erasmus.

Só sê dr Jan van der Merwe in sy artikels, ‘Vrymesselary voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog’ en ‘Vrymesselary ten tye van die Suid-Afrikaanse Oorlog’. Jan het ’n doktorsgraad in antropologie. Hy was van 2007 tot 2009 ’n direksielid van die Afrikaner-Broederbond. Hy is die voorsitter van die raad van die Anglo-Boere-oorlog museum in Bloemfontein en werk as navorser by die Mangaung Metro Munisipaliteit in Bloemfontein.

Volgens Jan se navorsing was die volgende Afrikaanse taalvaders ook vrymesselaars: CJ Langenhoven, AG Visser, ‘Onse Jan’ Hofmeyr, Toon van den Heever, FW Reitz, AD Keet en AA Pienaar (Sangiro).

Suid-Afrika se eerste staatspresident ná republiekwording, Blackie Swart, was ‘n vrymesselaar en so ook die latere Vrystaatse administrateurs, Cornelius Wessels en AEW Ramsbottom.

Die lys van bekende Afrikaners wat by die vrymesselary betrokke was, is te lank om hier te noem. Dit strek van kolonel JCC Laas, die stigterslid van die Ossewabrandwag, Gustav Preller en advokaat Tielman Roos tot ‘n lang lys hoofregters, ministers en burgemeesters.

1 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Drie vrymesselaar NG dominees: president Thomas Francois Burgers, David Pieter Faure en JJ Kotze. Regs is ds David Pieter Faure Foto: www.boervolk.com

Vrymesselaars Volgens Jan van der Merwe is die vrymesselaars ’n wêreldwye humanitêre organisasie. Hulle belangrikste funksie is om by gemeenskapsontwikkeling en liefdadigheidswerk betrokke te wees.

Jy kan net ‘n lid word as jy uitgenooi word en ná afloop van ’n inlywingsproses. Slegs ’n bestaande vrymesselaar kan ’n lid voorstel. Nadat die aansoeker die losie besoek het, word sy aansoek verwerp of aanvaar deur ’n geheime stemming: ‘n swart bal tel vir ’n nee-stem en ‘n wit bal vir ‘n ja-stem. Die kandidaat word gediskwalifiseer as daar ‘n swart bal tussen die wit balle in die stemkassie is.

Om as ’n kandidaat te kwalifiseer, moet jy: in ’n Opperwese glo; uit vrye keuse aansluit; minstens 18 jaar oud wees; vry wees (slawe mag nie lede word nie); geestesgesond wees en ’n goeie reputasie en moraliteit hê. Jy moet ook een of twee getuigskrifte van aktiewe vrymesselaars hê.

Volgens Jan kan net mans vrymesselaars word, maar ander bronne sê daar is glo twee vrymesselaarsordes in SA waarin mans en vrouens gesamentlik deelneem en een orde net vir vrouens. Vrymesselaars kom as ’n losie bymekaar en die lede word as die losie beskou. Die private aspekte van die moderne vrymesselary hou met interne rituele verband, asook die metodes van herkenning van medelede binne die ritueel.

Die vraag is hoe die vrymesselaarsbeleid waarvolgens ‘n lid se eerste lojaliteit aan ander vrymesselaars moet wees, die Engelse Oorlog beïnvloed het. Daar is glo een ding wat selfs Boere en kakies op die oorlog se slagvelde kon sê om mekaar as vrymesselaars te herken en die dood vry te spring: O, Here, my God, is daar geen hulp vir die weduwee se seun nie?

2 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Thomas François Burgers was die vierde ZAR-president van 1872 tot 1877 Foto: Wikipedia

Begin Dit blyk dat vrymesselary, wat ten tye van die oorlog reeds bykans 130 jaar in die land was, toe groot aanhang geniet het.

Die Nederlandse skeepskaptein, Abraham van der Weijde, het die aanvoorwerk gedoen vir die eerste Nederlandse losie, die Goede Hoop, wat op 2 Mei 1772 in die Kaap gestig is. Abraham Chiron, ’n amptenaar van die Nederlandse regering, is tot meester van dié losie verkies.

Die eerste Britse anneksasie van die Kaap was in 1795. Op 28 Januarie 1798 het ’n Britse militêre losie, Africa No 1, ook bekend as De Afrikaan, vir die eerste keer by De Goede Hoop byeengekom.

Die eerste volwaardige Engelse losie, The British Lodge, is eers in 1811, ná die tweede Britse anneksasie van die Kaap, gestig. Die eerste Franse losie, die L‘Esperance, is in 1824 in Kaapstad geopen.

In 1828 was daar drie Engelse losies in die Kaap en nog een, die Albany Lodge, is in Grahamstad gevestig. Die Nederlandse losies het ook uitgebrei en in 1834 is De Vereeniging Losie op Graaff-Reinet geopen.

3 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Pieter Jeremias Blignaut was 'n politikus, staatsamptenaar, staatsekretaris van die Oranje-Vrystaat (1879-1902) en het twee keer as staatspresident waargeneem, eers na die dood van staatspresident Brand (1888-1889) en weer na die bedanking van staatspresident Reitz Foto: Wikipedia

Groot Trek Die Groot Trek het van 1835 tot 1838 uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie begin en verskeie Voortrekkers, soos Piet Retief, was aktiewe vrymesselaars.

Piet het Dingaan in November 1837 ontmoet en 'n verdrag onderteken wat grondgebied aan die Voortrekkers sou toeken. Na twee dae se feesvieringe, op 6 Februarie 1838, het Dingaan Piet se geselskap vermoor en hulle beendere is by moordkoppie laat lê.

In Desember daardie jaar het se kommando laergetrek in dié omgewing en ‘n paar trekkers is afgevaardig om die beendere te gaan soek en te begrawe.

Piet Retief se oorblyfsels is op 21 Desember 1838 uitgeken aan stukkies van sy satyn onderbaadjie, ‘n verweerde leersak waarin die traktaat tussen hom en Dingaan was en sy waterfles met vrymesselaar-simbole.

Volgens Denise Woods is vrymesselary se hoofsimbole op dié waterfles uitgekerf: die kompas, tekendriehoek, twee pilare van Boas en Jakin, die alsiende oog van Osiris, die son, die maan, die geruite vloer, ’n hamer en ’n driehoek met ’n straalson daaragter.

4 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Schalk Willem Burger,’n militêre leier, advokaat en politikus, was die waarnemende president van die ZAR van 1900 tot 1902, terwyl in ballingskap in Europa was Skets: Ria Erasmus

Sir Johannes Henricus Brand, bekend as Jan Brand, was die vierde staatspresident van die Oranje Vrystaat, van 2 Februarie 1864 tot sy dood in 1888 Foto: Wikipedia

Monument Denise Woods se boek, ‘Oes die stormwind van volksgodsdiens’, het in 2006 verskyn. Daarin sê sy dat die feesvieringe ter herdenking van die eeufees van die Groot Trek in 1938 en die inhuldiging van die Voortrekkermonument in 1949 vrymesselaar-eienskappe bevat het.

5 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Haar voorbeelde strek van die fondamentsteenlegging, die fakkelmarathon, die geloftes wat langs die ossewaroetes afgelê is en die lamp wat met die son se strale aangesteek is.

Denise verwys ook na vrymesselaar-simbole en -elemente in die monument se ontwerp en op die reliëfpanele, soos die altaar, die sonstraal, die vloerpatroon, die moeder-en-kind-uitbeelding en die goewerneur se handsimbool.

Dr Alta Steenkamp, senior argitektuur-lektor aan die Universiteit van Kaapstad, sê dat die Voortrekkermonument toevallig soos ’n vrymesselaars-tempel lyk omdat mildelik geleen is by ontwerp-idees van die Duitse Leipzig-monument.

Marthinus Wessel Pretorius was die eerste ZAR-president Foto: Nation States

6 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Argitek Argitek Gerhard Moerdyk is in 1936 as boumeester van die Voortrekkermonument aangestel, maar dit blyk dat die komitee vir hom gesê het dat die monument soos die een by Leipzig moet lyk. Alta sê dat hulle nie van die vrymesselaarsmotiewe bewus kon wees nie, omdat die vrymesselaars-tempel in die kelder van die Leipzig-monument eers ná die Tweede Wêreldoorlog gevind is.

Gerhard Moerdyk het in ‘Die Vaderland’ van 1936 in ’n verduideliking oor hoe die monument moet lyk, gesê dat die Voortrekkers geen argitektoniese erfenis nagelaat het nie. Hy het gesê ’n mens moet eerder ’n verwysing in die Bybel vind, want dit is wat die Voortrekkers sou doen.

Hy het na die Bybelse Abraham verwys en gesê daar moet ’n altaar gebou word om die Voortrekkers se opofferings te huldig, soos wat Abraham gedoen het. Hy het ook gesê dat daar baie sulke heiligdomme wêreldwyd is – die Mausoleum van Halicarnassus, die Altaar van Zeus, die Taj Mahal in Indië, die Dôme des Invalides in Parys, die Leipzig-monument en die Shrine of Remembrance in Melbourne.

CJ Langenhoven en sy vrou by die kerk in Oudtshoorn op die huweliksdag van hulle dogter, Engela, in 1926 Foto: Wikipedia

7 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Kommandant-generaal Louis Botha Foto: Wikipedia . .

Pieter Arnoldus (Piet) Cronjé, ZAR generaal Foto: Vertroue in God en die Mauser . .

Terug ‘n Honderd jaar voor Gerhard Moerdyk dié verduideliking gegee het, was die Groot Trek in volle swang en daar was spanning tussen Engelse en Nederlandse Vrymesselaar-losies in die Kaapkolonie.

Die spanning het in die 1840’s toegeneem, veral nadat sir Christoffel Brand, vader van die latere Vrystaatse president, Jan Brand, grootmeester van al die Nederlandse losies in Suider-Afrika geword het (1847 tot 1874).

8 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

In dié tyd het die Nederlandse losies na Willowmore, Richmond, Paarl, Somerset-Oos, Adelaide en Malmesbury uitgebrei.

Jan Brand is op 5 April 1865 tot president van die Oranje-Vrystaat verkies en talle losies is geopen, waarvan dié in Bloemfontein, Philippolis, Winburg, Jagersfontein, Smithfield en Ficksburg onder die eerstes was.

Losies is ook in die ZAR, waar vrymesselaar Marthinus Wessel Pretorius president was, gevestig. Die eerste een, Flaming Star of Africa, is op 22 Mei 1865 in Potchefstroom gestig. Die Skotse en Britse losies het gesê dat nuwe Nederlandse losies glo onwettig gestig is.

Met die vorming van onafhanklike provinsiale losies in die ZAR, Oranje-Vrystaat en Natal, het ’n behoefte ontstaan dat meer streek-grootlosies gevorm moet word en dat Suider-Afrika sy eie verenigde grootlosie, onafhanklik van Engeland, moes hê. Dié beginsel is glo deur die Engelse losies as ongewens verklaar.

Petrus Jacobus (Piet) Joubert was kommandant-generaal van die ZAR van 1880 tot 1900 Foto: Wikipedia

9 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

.

‘n Beeld van Piet Retief by die Voortrekkermonument Foto: Wikipedia . .

10 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Benjamin Johannes (Ben) Viljoen was ‘n Boeregeneraal Foto: EL Jackson, St Helena: The Historic Island, Ward, Lock & Co, London, 1903 .

Goudstormloop Vrymesselaars mag glo nie politiek in hulle losies bespreek nie, maar die ontdekking van diamante en goud en die Engelse imperialiste se pogings om die twee Boere-republieke, die ZAR en die Oranje-Vrystaat, van hulle vryheid te beroof, moes sekerlik spanning tussen Nederlandse en Engelse losies veroorsaak het.

Die Britse regering het die gebied rondom Kimberley (Griekwaland-Wes) in 1870 geannekseer. Op 28 Junie 1872 is ’n Engelse losie, die Cosmopolitan, in Kimberley geopen.

Volgende op die anneksasie-lys was die ZAR. Shepstone het op 22 Januarie 1877 met 25 berede polisiemanne en agt amptenare in Pretoria aangekom om “sekere griewe met president Francois Burgers te bespreek”. Die ware doel was egter anneksasie.

In die begin van 1879 was daar drie Nederlandse losies in die ZAR: Aurora in Pretoria, Flaming Star in Potchefstroom en Oranje in Rustenburg. Daar was een Engelse losie, die Transvaal, wat in 1878 in Pretoria gestig is.

Die ZAR-volksraad het in Desember 1880 vergader, krygswet is afgekondig en die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog is afgevuur. Die Boeremagte het die Engelse op 27 Februarie 1881 by Amajuba verslaan en die ZAR het sy onafhanklikheid teruggekry.

Ná dié oorlog was daar ‘n depressie van 1882 tot 1886 en honderde vrymesselaars was verplig om te bedank en tientalle vrymesselaarslosies het gesluit.

11 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Piet Retief Bron: SA History . . .

Kommandant-generaal Stephanus Schoeman, bekend as ‘Stormvogel den Noorden’, was waarnemende staatspresident van die ZAR van 6 Desember 1860 tot 17 April 1862 Foto: Wikipedia

12 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Rhodes In 1890 het ’n invloedryke vrymesselaar, Cecil John Rhodes, die premier van die Kaapse parlement geword. Hy het die steun van JH Hofmeyr, wat toe die meester van die Nederlandse losies in die Kaap was, se Afrikanerbond politieke party gehad.

Vrymesselary in Suid-Afrika het in 1890 sy eerste joernaal gekry, die ‘SA Freemason’. Die redakteur, W Darley-Hartley, was ’n mediese dokter van Oos-Londen en ’n Rhodes-ondersteuner, en het met sy joernaal gepoog om al die losies in Suid-Afrika onder een verenigde losie te kry en onafhanklik van die vrymesselary in Engeland te maak. Hy wou Rhodes die grootmeester hiervan maak.

Dié idee is by ’n konvensie op 18 Oktober 1892 in Kimberley bespreek waar 227 losies vir ’n verenigde losie gestem het, 241 was daarteen en 25 losies het buite stemming gebly. Die Nederlandse losies, onder hoofsegsman ds DP Faure, was by die Kimberley-konferensie teen dié gedagte gekant.

Intussen is twee nuwe Nederlandse losies in die ZAR gevestig, die Libertas in Krugersdorp en De Broederbond in Pretoria. In 1892 was die ledetal van die Nederlandse losies 587.

Drie nuwe Engelse losies is in Mei 1889 in die ZAR gestig: die Johannesburg in Johannesburg; die Royal Albert in Klerksdorp en die El Dorado op die myndorpie Malmani. Die Skotse losies het gevolg en die Golden Thistle is in November in Johannesburg gestig.

In 1893 het Londen toestemming gegee om nog Engelse losies in die ZAR te vestig: Die Gold Field in Johannesburg; asook die Boksburg-, Jeppestown-, Germiston- en Zoutpansberg-losies.

Intussen het een van die grootste opstekers vir Rhodes se Jameson-inval, JE Green, in Londen aansoek gedoen om ’n streek-grootmeester vir die ZAR verkies te kry. Londen het ingestem, en George Richards is verkies.

13 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

RhodesburgersaanvalsverbondwatJoubert,náJamesonbinneduidelikJameson-invalisopZARInval later die primêr DieJanSyRhodesonafhanklik vrymesselaarskringeDieRhodesDanieFoto: EngelseBritse vrygelaat geïnspireerdatbetrokkenheid altwee onttrekmislukte van daar Kaapse vir lojaliteit WikipediaTheron gebiede seder die hetas isbetaal aktieweOorlog, planengesluit. nadat van vrymesselaarMerwe oorwinninginvalkrygsgevangene gevreesAfrikanerbond, hy enaanas omBritsesouhet. was byhetdiehy kommandant en sêvrymesselaarlededitdie diekon ’n vêrreikendeZARdat verplighetgelei. hawensdit te boeteBritse oormislukte afdwing. keer isdieselfsstreek-grootmeester, en insiggewend DieJamesonwat ZARom van aangehou kroon wasVrystaatsesouop van dieEngelseasopstand meergevolgeDieSt met diemaak, premiervrymesselarybeginselsdieZAR Helena was. spoorlynverantwoordelikJameson-invalsy as Wielrijdersis. om losiesgoudRepubliek isen voorheen 2Altweegehad. invan 000 ’n daaropdie 1895 vrymesselaarswerkingtussenen Georgehet die pondJameson-inval ’nwasGeneraal Rapportgangerssy gekritiseer Kaapkoloniein heteiete in Pretoriagedraggebruik was, betrokkevir letRichards, 1895.inspoorweg sydat1897 oorskrygeneraals Cronjéaandeel goedgepraatdie Na enhet,geneem. ’nbyhet te indiepersoneDelagoabaai, verdediging-na diehethet. bedank.se totCorps,hegtenis in mislukte PietDelagoabaai,bygewoon, oorwinningsvrymesselaarssy’n die hewige steun aan Cronjé en1899 mislukte geneem. dit Boerekant en aanwat debatwasterwylen het sy diePiet tot wilHy

Foto: Wikipedia Joernalis Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan) was by ‘De Zuid-Afrikaan’, ‘Ons Land’ en die ‘Zuid Afrikaansche Tijdschrift’

14 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

vrymesselaar-gebouegebruik.’nvrymesselaarslosiestotvrymesselaarslosieDundee.Joubert,dieEngelse24Oorlog .Foto: erkende skadelosies Boererepublieke TogInJanDieNadat Geni.comIn die ’nlosies1898 eerste DieFrancoisvan washetdeur verbintenisvrymesselaarBritse die die dergevegte in het Boerekrygers krygswetverbonde gevegte die Britse Merwepublikasie, die Petrus probeer ZAR. hullein Engelse enhet totdietroepe van sêin van is (Toon)vrymesselarywas, van werksaamhedeoorlog 1899 baiedatplunder ‘Freemason’,diewasDe hulle hierkonstitusie hetdie EngelselosiesafgekondigvanBroederband-losie aangerigin dieaf Boeremagte skuldig het. Dundeedenna ZARdeur byLadysmith OorlogHeever, uit vangestaak hetmeer verlaat. gemaak is,die24 waar Julie nie. hetBritte waslosiesnooitas digter Boererebelle en verskuif dieDiein een1902aan opookbaieenigePretoria, bestaan meeste enigsteen geleentheidvandalisme20 wordas vanHertzogprys-wenner waar Oktoberskade hospitale, dievanbetrokkemetberigaangetekendeeen kommandant-generaal uitlandersaan die ’n keer van1899endat 1 vrymesselaarslosiesenige store plundery838-ledetal. was. vernietigingdiedie by Boere ofwatTalana,vanmeubels geval kantore vanaandie geboue vanElf gered nabydie in van Piet poging‘n het. metindié

Foto: Wikipedia Charles Robberts (Blackie) Swart, die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika van 1961 tot 1967

15 / 16 Voortrekkers, generaals en presidente was vrymesselaars Tuesday, 27 October 2015 10:26

Foto: Zuid-Afrikahuis FreemasonsseCranstoun-Dayofhulleverligtinghetvrymesselaarsmede-vrymesselaar,diewees.was,Samewerking . GoedVolgens- boek, VSA die MeerDitHy goedeie Mense Dit grootlosie lykhet Hope,in broeders‘TheDigter vanhet asbesef. Suid-Afrika,vrymesselaarsbeleid asof‘n watof Boereverkenner,£10die Lodge trein, 1795–1935’Southtese Danie meer nood 000verlig.vanseboek, wat kolonelDe noodverligting, Africa’, isdie hieroor van een was opAndriesGoede deurIn‘The Nederlande 1901Skotse,pad van ‘nJG wat Britishdie wil kapteinpassasier wat naHoop’, Stowe,behoort die is GerhardusEngelseleesin Johannesburg’n inmin1986 Ierse maar verdere 1936 kan2 wat Danie vrymesselaarsse000Lodge ‘n in deurof Stigtingsvrymesselaars daargaan lidinversoekdeurdié Hollandse(AG)gulders 8 Theron, se Human treinNo is 300 kyk Collins 1947eerste Visser, was,gespesifiseer334 vrygelaat.gulders sena:gestuur wat &vrymesselaarsdeur salonwa.andwas gebuit BooksAA lojaliteit bekend ’n EnglishCooperwat Struikgestuur. Rousseaulidom Stowe, enuitgegee van diédataandie as47 uitgegeein Freemasonrysebeleid die geennood dieBritseanderSuid-Afrika diegebruik uitgegee SangerKrugersdorpseis. konsul-generaal vannetgevolg boek, gevangenisvrymesselaarsis; onder magdiéof van ‘Theingesamelis; TN athet.geld word OH theHollandse Suikerbosrand Inter oplosieBatesCape nie.1899 van’nte vir

16 / 16