Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 1470
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Junie 2007 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 2755 Datum: Friday, June 01, 2007 Daar is 19 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a. BURGER/STOOP vir Gene Milton From: Annelie Els 2. Meesterskantoor Pretoria From: Amanda 3a. van Der Vyver kenners From: Ann Tiran 4. Geboorte sertifikate From: [email protected] 5a. KAB opsoek From: Lee Marais 6a. Re: [BP] NAAIRS hulp gevra From: Johan Vermeulen 7a. [KOERANT]TSHWANE-BEELD;Prof. Chris Lamprecht From: E Teir 7b. Re: [KOERANT]TSHWANE-BEELD;Prof. Chris Lamprecht From: Nardus Combrinck 8.1. Re: Bekendstelling From: Nardus Combrinck 9a. Re: Greeffslaagte From: Nardus Combrinck 10a. Re: Glen Linden From: Nardus Combrinck 10b. Re: Glen Linden From: Herman Labushagne 10c. Re: Glen Linden From: Paul du Plessis 11. Swart X Pieters From: Alta Roux 12. Fourie x Pieters From: Alta Roux 13. [Koernt] The Mercury Donderdag 31 Mei 2007 From: aletta magrieta.quebbemann 14a. Senekal From: Marlize van der Westhuizen 14b. Re: Senekal From: Nardus Combrinck 14c. Re: Senekal From: Marlize van der Westhuizen Boodskap 1a. BURGER/STOOP vir Gene Milton Posted by: "Annelie Els" [email protected] engelkind2000 Thu May 31, 2007 3:27 am (PST) Hallo Gene, Welkom. Van waar heet jy ?? Ek sien daar is wel `n SK vir jou Ouma beskikbaar by die NAAIRS (National Archives of South Africa) TAB 8036/63 BURGER, CORNELIA MARIA. BORN STOOP. SURVIVING SPOUSE SCHALK WILLEM BURGER. Wat Oupa betref, hy het dalk by die kinders gebly tydens sy afsterwe en daar is nooit `n SK ingevul omdat daar dalk nie `n boedel was nie. Met hom gaan jy dalk bietjie meer moet soek. Die Sterfkennis van jou ouma kan moontlik haar ouers se name bevat indien dit ingevul is. Daarmee kan jy nou weer verder soek. Sterke Groetnis Annelie Valhalla Pretoria. Boodskap 2. Meesterskantoor Pretoria Posted by: "Amanda" [email protected] annamariefolkus Thu May 31, 2007 7:30 am (PST) Goeie dag almal Is daar iemand wat asseblief weer net vir my die prosedure van die Meesterskantoor in Pretoria kan stuur asseblief. Ek onthou daar was 'n aansoek vorm of so iets wat mens kan voltooi. Wie kontak ek hier van 'n afstand (Welkom) af? Kan mens meer as een leer aanvra op 'n slag en is hul indekse elektronies? Kan mens net 'n naam of van gee, of moet mens die sterfdatum/boedelnommer ook verskaf? By voorbaat dankie. Groete Annamarie Folkus Welkom [email protected] Boodskap 3a. van Der Vyver kenners Posted by: "Ann Tiran" [email protected] Thu May 31, 2007 10:22 am (PST) Sal die van der Vyver navorsers my asseblief kontak. Dankie Annatjie [email protected] Boodskap 4. Geboorte sertifikate Posted by: "[email protected]" [email protected] vanliersoria Thu May 31, 2007 11:37 am (PST) Naand almal Ek is op soek na die geboorte sertifikate van Koenraad Johannes Albertus van Dyk (1850 - 28/05/1900) en Coenraad Wessel van Dyk (6/11/1803 - 6/7/1904) en Wessel Jurie van Dyk (1893-1945) Hoop iemand kan my help. Dalk was die vanne gespel as van Dijk Dankie Soria Boodskap 5a. KAB opsoek Posted by: "Lee Marais" [email protected] maraislee Thu May 31, 2007 12:02 pm (PST) Sunflower Kan iemand dalk vir my 'n KAB opsoek of dalk kan iemand my help wat dit reeds het? DEPOT KAB SOURCE MOOC VOLUME_NO 6/9/439 REFERENCE 4087 DESCRIPTION Marx, Allwyn Theodorus. Death Notice STARTING 1901 ENDING 1901 Baie dankie Lee Marais Posbus 73 Clocolan 9735 Sel: 082 870 2547 Boodskap 6a. Re: [BP] NAAIRS hulp gevra Posted by: "Johan Vermeulen" [email protected] johanvermsa Thu May 31, 2007 1:09 pm (PST) Hallo Henry, Baie dankie vir die inligting. Ek sal dit so probeer doen. Groete Johan. Boodskap 7a. [KOERANT]TSHWANE-BEELD;Prof. Chris Lamprecht Posted by: "E Teir" [email protected] kerrieborrie Thu May 31, 2007 2:05 pm (PST) Hettiën Strauss Prof. Chris Lamprecht, afgetrede hoof van die Universiteit van Pretoria (UP) se musiekdepartement, is die afgelope naweek vereer vir sy enorme bydrae tot Afrikaanse musiek. Volgens mnr. Tienie Botha, hoof van die ATKV-tak Pretoria-Oos, is besluit om ’n oorkonde aan hom te oorhandig uit erkenning vir wat hy vir Suid-Afrikaanse orrel- en kerkmusiek gedoen het en vir sy rol om Afrikaanse volksmusiek te bevorder. Dit is gedoen by ’n prestige-musiekkonsert in die ouditorium van Tukkies se Groenkloof- kampus. Van Pretoria se bekendste kore en musici het deelgeneem en van prof. Lamprecht se bekendste werke is opgevoer. Prof. Lamprecht, ’n gebore Vrystater, het sy opleiding aan die Universiteite van Stellenbosch, UP en Unisa ontvang en in Duitsland in kerkmusiek gespesialiseer. Onder die talle betrekkings wat hy beklee het, was dit veral as hoof-kultuurbeampte van musiek in die destydse departement van nasionale opvoeding wat hy baanbrekerswerk gedoen het. Hy het Suid-Afrika en Namibië deurkruis en byna 800 Afrikaanse volksmelodieë opgeteken. Hiervan is 250 in sy verwerkte vorm met kitaarbegeleiding deur die SAUK opgeneem en uitgesaai. Die Pretoria-mannekoor, Tukkies se Jakarandakoor en die briljante agtjarige klavierspeelster, Landi Schaap, asook prof. Lamprecht se een seun, Charl, ’n musikant uit eie reg, het deelgeneem Boodskap 7b. Re: [KOERANT]TSHWANE-BEELD;Prof. Chris Lamprecht Posted by: "Nardus Combrinck" [email protected] Thu May 31, 2007 2:14 pm (PST) Hetiën, Is hy dalk familie van Div. Lamprecht, die atleet?? Nardus Boodskap 8.1. Re: Bekendstelling Posted by: "Nardus Combrinck" [email protected] Thu May 31, 2007 2:06 pm (PST) Martin, Kallie was in Klerksdorp op skool. (KHS) Interessant was dat hy op `n stadium ook `n landloop atleet was.Ek onthou nog goed toe ek in die sewentigs die grote Kallie sien hardloop het. Dit het my verbaas om die man met die groot lyf so` te sien hardloop! Kallie het ook rugby gespeel.Ek was vertel dat hulle net van die kant af vir Kallie geskree het om `n sekere nommer te “merk” en dan nie lank nie, dan lê die “nommer” op die maat van sy rug!! Ja, Klerksdorp was `n interessante dorp om in op te groei, en my vrou noem my ook `n groot “bek” Seker daar waar Kallie sy “groot bek” aangeleer het. Nardus Boodskap 9a. Re: Greeffslaagte Posted by: "Nardus Combrinck" [email protected] Thu May 31, 2007 2:07 pm (PST) Annemarie, Die museum is maar net nog een van die tragiese gevalle. Ek het `n nommer gehad, maar sal moet soek. Ek het eenkeer skelm by die deur ingeglip toe dit tydelik oopgestaan het en het toe so` half in die donker iets probeer uitmaak wat daar aangaan. Die museum is tydelik gesluit, blykbaar vir opknapping, maar daar gaan niks aan nie!! Binne in die museum was `n kantoor waar `n swartman met papiere besig was. Ek sal die nommer vir jou kry. Groete Nardus Boodskap 10a. Re: Glen Linden Posted by: "Nardus Combrinck" [email protected] Thu May 31, 2007 2:08 pm (PST) Carel, Dis reg, ek het nie van die ander Baviaansrivier geweet nie. My ouma is in “Bobbejaanskloof” gebore, my oupagrootjie se plaashuis, winkeltjie ens. staan nou nog daar op Zandvlakte. Tydens die vloed van 1916 is die kerkie daar verwoes en het my Oupagrootjie (Pieter Strijdom) grond aan die N.G. – Kerk geskenk om `n nuwe kerkie daar te bou – die` is in 1918 voltooi en is nog in gebruik. Die Baviaanskloof - rivier loop dan ook deur die kloof. Ek is in besit van afskrif van transportakte wat alle eienaar – verwisseling van Zandvlakte (insluitende grondskenking) aandui. Die eerste eienaar Petrus Van Staden het dit nog in riksdaalders gekoop. Ek het `n aantal jare gelede vir `n week in Geelhoutbos gebly. Die bobbejane heers nog steeds daar.H ulle eggo`s tussen die berge is ongelooflik om te hoor!! Groete Nardus Boodskap 10b. Re: Glen Linden Posted by: "Herman Labushagne" [email protected] hlabuschagne Fri Jun 1, 2007 12:29 am (PST) Daar is so een en ander oor die Baviaansvallei in twee van my reisverslae by: http://labuschagne.netfirms.com/e-cape_report.htm en http://labuschagne.netfirms.com/baviaans-pad.htm plus ‘n hele kompie foto’s. Die eerste verslag handel meer oor die hoogliggende gedeelte aan die bo-punt van die Baviaansrivier (waar die Skotse setlaars gewoon het), en die ander een is meer waar baie van ons Boere voorvaders woonagtig was. Daar is ook foto’s van die plekke waar Freek Bezuidenhoudt se drama afgespeel het, en ek dink daar is ook foto’s van die Slagtersnek monument naby Cookhouse—wat redelik vêr verwyderd is, al dink mense soms dis dieselfde plek. Groete, Herman Labuschagne Boodskap 10c. Re: Glen Linden Posted by: "Paul du Plessis" [email protected] pauldupl Fri Jun 1, 2007 12:57 am (PST) Herman Baie dankie vir jou reisverhale. Dit gee ‘n wonderlike prentjie van die omgewing. Die verduideliking en reaksie op ‘n eenvoudige vragie maak genealogie sommer lekker. Groete Paul du Plessis Boodskap 11. Swart X Pieters Posted by: "Alta Roux" [email protected] genealogiefreak Thu May 31, 2007 10:00 pm (PST) Tobi ea Het iemand dalk vir my inligting oor Jacobus Frederik Swart *ca 1871 x 6.5.1902 Napier Jacoba Johanna Margaretha Pieters? Ek kort ook 'n sterfdatum vir haar. Voorts het ek twee kinders vir hulle: Maria Magdalena Vandina *17.4.1904 en Johanna Magdalena *21.10.1906; albei gedoop Napier. Enigiets sal welkom wees! BVD Alta van Kinross Boodskap 12. Fourie x Pieters Posted by: "Alta Roux" [email protected] genealogiefreak Thu May 31, 2007 10:00 pm (PST) Lyslede Kan enigiemand dalk help met George Pieter Blomerus Fourie? Hy trou op 30.4.1895 te Napier met Jacoba Johanna Margaretha Pieters, en ek het een kind vir hulle, nl George Pieter Blomerus *26.5.1899.