HOËRSKOOL UITGAWE 3/2017 DUR’B’OUERS DIE SKOOL WAAR ELKEEN IEMAND IS

MNR. & MEJ. DURBIE INHOUD: SPOGAAND VIR ‘N SPOGSKOOL

Hoofberig 1

Uit die kantoor: 2

Durbie Nuus: 4

Mnr. & Mej. Durbie: 20

Durbies Op Toer: 23

Oud-Durbies: 26

Sportuitslae: 31

Vrydag 21 April 2017 - FOTO:Jean Aucamp & Mnr. & Mej. Durbie was Lulani van Zyl soos oudergewoonte ‘n spogaand vir ‘n spog- skool. Vervolg op bl. 20

DURBIES- “Dis ‘n Leefstyl”

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

UIT DIE KANTOOR:

Geagte Ouers

Met al die vakansiedae voel dit of die kwartaal sukkel om aan die gang te kom. Ons vertrou nietemin dat u en u gesin die vakansie en die tweede vakansie geniet het.

Ons akademiese fokus is nou daarop om seker te maak dat al die werk wat afgehandel moet word voor die eksamen, wel betyds en deeglik gedoen sal word.

Die vakansie was propvol sporttoere en soos die uitslae (verderaan) sal wys , was al die toere baie suksesvol. Ons sportspelers het die geleentheid gekry om hulle talent uit te stal en as spelers te groei. Baie dankie aan al ons afrigters wat die toere gereël en meegemaak het. Ons A-rugbyspanne het ook deelgeneem aan die Wynberg Sportfees en die voorreg gehad om teen spanne te speel teen wie ons selde die kans kry om mee te ding. Ook op hierdie fees was die uitslae nogal iets om oor huis toe te skryf.

Ons weneenbedryf van 2016 ( Fragment) was vanjaar (ook tydens die vakansie) op die KKNK te sien en het wye lof ontvang vir hulle optredes. Hierdie span van ons is hard aan die voorberei vir die uitdagings van die 2017-kompetisies.

Ons oueraande is pas verby. Ons glo dat u nuttige inligting kon kry t.o.v u kind se akademiese vordering. Onthou dat u te alle tye welkom is om die betrokke graadhoof te skakel om meer inligting, raad of hulp te kry.

Ons jaarlikse mnr en me Durbiegeleentheid is ook afgehandel. Dit was weer eens ‘n vertoonkas vir ons talentvolle leerders. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.

Ons bouery en verbeteringe by die skool vorder baie goed. Die klaskamers aan Vissershokkant van die skool is die vakansie baie mooi herstel en geverf en is nou weer in ‘n uitstekende toestand. Die nuwe tydelike klaskamers is opgerig : ons wag nou net om die sertikate te kry, dan kan ons intrek. Die werk aan die ou houtwerkblok vorder baie fluks en ons sien uit na ons 8 nuwe klaskamers wat daar gaan verrys.

Die droogte het ons grasvelde geknou, maar ons kry dit darem stadig maar seker weer in ‘n goeie toestand. Mnr Kosie Blanckenberg het vir ons gratis mis voorsien en alhoewel dit ons bure minder vriendelik ge- 2

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

UIT DIE KANTOOR:

maak het, is die uitwerking daarvan baie opmerklik. Die nuwe boorgat help ook om die opgaartenks vol te kry sodat ons ons meeste besproeiing in die nag kan doen.

Ons skoolsekretaresse, me Linie Wolstenholme, het aan die einde van April afgetree na 19 jaar in die tuig by die Hoërskool Durbanville. Baie dankie aan haar vir al die ekstra myle wat sy altyd bereid was om te stap. Die welsyn van die kinders was vir haar altyd van die grootste belang. Ons wens haar en haar man alles van die heel beste toe en glo dat hulle hulle aftrede op Yzerfontein sal geniet.

Ons wil graag vir me Maria Viviers gelukwens met haar Goema- toekenning. Haar ongelooflike talent kon ook tydens die aanbieding van die konsert gesien word. Maria is natuurlik ook ‘n oud-student van ons en neem tans waar as onderwyser by ons skool.

Me Leone Theron is nie net ‘n knap -onderwyser nie, sy is ook ‘n uitstekende netbalspeler en is pas in die Wes- Kaapspan opgeneem. Baie geluk : dit is ‘n besondere prestasie.

Op 9 Mei word ons herfskonsert aangebied: elke jaar ‘n hoogtepunt op ons skoolkalender. Maak ‘n aantekening en kom verlustig u in ons kinders se talente.

Hierdie Saterdag meet ons op die sportvelde en – bane kragte met die Hoërskool Hugenote en die netbal-,hokkie- en rugbyspelers sal in aksie wees. Ons hoop om al ons ondersteuners hier te sien.

Tot volgende keer.

Groete G.L. Germishuys SKOOLHOOF

3

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: DURBIE WEN MISS PETITE TEEN SA ANTHEA LOOP WEG MET SKOONHEIDSTITEL

Hoërskool Durbanville lewer nog ‘n skoonheid op.

Dit is natuurlik niks nuuts nie… Hoërskool Durbanville lewer jaarliks pratige skoonhede op. Dalk is dit iets in die water…

Voormalige skoonhede sluit in supermodel, Tanya Fourie,, voormalige Mej Verenigde Nasies en huidige Durbie-mamma, Ingrid Burger en meer onlangs top model, Nicola du Plessis. Leiere Falck het ook vroeër vanjaar die Wildcat Modelkompetisie gewen.

Anthea Gravett was reeds vroeg vanjaar een van die

FOTO: Anthea Gravett

gunstelinge onder die publiek. Sy was beloon met ‘n top-10 plek en het sodoende haar kaartjie, Johan- nesburg toe, bespreek vir die finaal.

Anthea het vir die beoordeelaars gewys dat sy nie net mooi van buite is nie, maar dat sy ook ‘n pragtige persoonlikheid het.

Anthea loop vanjaar weg met die titel van Miss Petite Teen SA.

Baie geluk Anthea, ons is trots op jou!

#TrotsDurbanville

4

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: DURBIE HAAL BARBARIANSPAN XIJON SPEEL PLEK LOS IN TOERSPAN

Woensdag 6 April - Durbie speel plek los in Barbarianspan.

Xijon Deacon, skrumskakel van die o/16A rugbyspan het tydens die Paarl Gimnasium Rugbytoernooi kookwater rugby gespeel en is beloon met ‘n plek in die Barbarian toerspan.

Hierdie span word gekies uit al die deelnemende skole en toer later vanjaar na Frankryk.

Baie geluk Xijon, ons is trots op jou! FOTO: Xijon Deacon in aksie teen Garsfontein by die Paarl Gim- nasium Rugbytoernooi #DurbiesRugby DURBIE SWEMMERS PRESTEER BY SA KAMPIOENSKAPPE DURBIES SWEM MEDALJES LOS BY SA KAMPIOENSKAPSGALAS

Ons swemmers het presteer by die SA Swem Kampioenskapsgala wat einde laas kwartaal plaasgevind het.

Ons Durbies het as volg presteer: VLAK 3 Minka Liebenberg 2x goud, 2x silwer 2x brons Migael Olivier 1x silwer Mieke Burger 1x silwer Tinke Brink 1x silwer, 1x brons

VLAK 2 Talitha vd Merwe 1x brons

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! FOTO: V.l.n.r. Paul Niemand, Migael Olivier, Talitha van der Walt, Tinke Brink, Mieke Burger, Minka Liebenberg, Tiaan

#DurbiesSwem Mouton 5

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS:

6

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: HERFSKONSERT 2017 KAARTJIES NOU BESKIKBAAR

DATUM: 9 & 10 Mei 2017 Durbanville, asook die Hoërskool Durbanville PLEK: HSD Ouditorium se Koor en Blaasorkes sal by die geleentheid optree. KOSTE: R30/kaartjie Die jaarlikse Herfskonsert van die Hoërskool Verrigtinge begin om 19:00 en kaartjies teen Durbanville vind vanjaar op 9 & 10 Mei plaas. R30 elk kan vanaf Dinsdag 2 Mei gedurende eerste en tweede pouse by die musiekblok Die kore van die Voorbereidingskool (tree gekoop word. slegs Woensdagaand 10 Mei op) en Laerskool DURBIE WEN TRIATHLE MIEKE WEN GOUD BY WES-KAAP TRIATHLE

Saterdag 22 April 2017 - Durbie wen Wes-Kaap Triathle Kampioenskappe.

Mieke Burger het weer geskitter by die onlangse Wes-Kaap Triathle Kampioenskappe. Hierdie Durbie, ook die huidige SA Vyfkamp kampioen het weer ‘n eerste plek behaal en was beloon met die goue medalje.

Baie geluk Mieke, ons is trots op jou! 7

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: DURBIES FIETSRY PRESTEER DURBIES PRESTEER BY 99ER FIETSWEDREN

Vanjaar beloof om ‘n groot jaar vir Fietsry (Bergfiets) by die Hoërskool Durbanville te wees.

Ons ryers poog om vir die nasionale kampioenskappe, wat vanjaar weer in Mpumalanga aangebied sal word, te kwalifiseer.

Die Durbies het vanjaar afgeskop deur aan die 99er fietswedren deel te neem. Die Durbies het as volg presteer: 12km Callaghan Human 1ste

FOTO: Stian Pretorius in aksie 25 km Danielle Barnard 4de 25km Johan Kruger 1ste DURBIES PRESTEER BY WP XCO 25km Lachlan Mundie 2de 45km Stian Pretorius 1ste DANIELLE KRY PODIUM BY WP XCO 45km Wilhbert von Ludwig 4de

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle

Donderdag 27 April - Durbies neem deel aan die WP XCO.

Ons Durbie MTB ryers het onlangs aan die 4de WP Cross Country proewe deelgeneem. Ons Durbies het as volg presteer: Sub Junior Girls - Danielle Barnard 3de Junior Men - Johan Kruger 5de Stian Pretorius 9de Youth Men - Pierre le Roux 19de Sub Junior Boys - Christiaan Smit 6de

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! DurbiesMTB FOTO: Johan Kruger in aksie 8

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS:

9

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: DURBIES RUGBY SPEEL BY WYNBERG RUGBY FESTIVAL DURBIES SORG VIR OPSKUDDINGS BY WYNBERG RUGBYFEES

Saterdag 29 April en Maandag 1 Mei - Durbies Rugby neem deel aan jaarlikse Wynberg Rugby Festival.

Die Eerste XV, o/16A, o/15A en o/14A rugbyspanne het almal oor die lang- naweek aan die Wynberg Rugby Festival deelgeneem.

Dit was bloedig warm aan die voet van die berg met die kwik wat tot 34 grade , in die skadu, gestyg het.

FOTO: Die o/15A Rugbyspan draf uit teen Oakdale

Die Eerste XV en o/15A spanne het ‘n paar de Klerk met goeie ondersteunende spel minute uit mekaar gespeel en die o/16’s en deur Hugo Tredoux en Cole Fisher. Durban- o/14’s het tussen die twee velde ondersteun. ville hardloop weg met die wedstryd en toe Die Eerste XV was halftyd nog 19-15 voor teen die eindfluitjie blaas, staan die telling op 55- Lydenburg voordat die agterspelers mekaar 22 in die guns van Durbanville. Die Durbie- begin vind het op die veld. Die hantering was juniorspanne het baie strawwe kompetisie goed en daar was ‘n paar pragdrieë met gehad in die vorm van Oakdale en SACS. goeie samespel tussen Diagho Miggel en John Die Durbiespanne het puik rugby gespeel en Mentoor. slegs die o/14A’s het teen ‘n baie sterk Oakdale span die knie gebuig. Daar was ‘n paar goeie lynbreuke in die tweede helfte deur Jean Aucamp en Juanre Die spanne het as volg presteer: Eerste XV vs Lydenburg wen 55-22 O/16A vs SACS wen 14-7 O/15A vs Oakdale wen 18-17 O/14A vs Oakdale verloor 10-28 #DurbiesRugby

10

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: C2M RAAK BETROKKE “INVEST TO INVEST” PROGRAM

C2M Chartered Accountants Inc. gooi hulle gewig behoorlik in by Hoërskool Durbanville.

C2M, een van die trotse borge van Hoërskool Durbanville het ‘n projek geloods waar hardwerkende, behoeftige leerders die geleentheid gebied word om by Hoërskool Dur- banville skool te gaan.

Om by te dra tot hierdie projek, gaan laai die gratis applikasie af vanaf die Apple App Store of Google Play. Soek met die sleutelwoord C2M. Vir elke applikasie wat afgelaai word, sal C2M R50 bydra tot hierdie projek.

Ons waardeer C2M Chartered Accountants Inc se bydraes tot ons skool en ons skolegemeenskap en vra dat ouers hierdie inisiatief sal onder- steun, siende dat dit gratis is.

#DurbiesGeeOm

11

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS: Beskikbaar in Bemarkingskantoor 021 976 3188 DURBIE ONDERSTEUNERSDRAG

12

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: DURBIES DEEL VAN WP NETBALSUKSES OUD-DURBIES EN DURBIE AFRIGTERS SPEEL BAAN AAN DIE BRAND

Durbies speel baan aan die brand!

Oud-Durbies, Janecke de Wet en Kay Baron, asook Durbie-juffrou en netbalafrigter Leoné Theron het 28-30 April 2017 die WP A Netbalspan, by die Wes- Kaap Netbal Kamioenskappe in die Paarl, verteenwoordig. Durbie- afrigters, Mnre Grant Daniels en Ashraf Majiet het die WP Mans Netbalspan, verteen-woordig. Albei spanne het goud gewen.

Kay Baron en Mev. Leoné Theron haal die Wes- Kaap B-Netbalspan. Mnre Grant Daniels en Ashraf Majiet haal die Wes-Kaap Mans Netbalspan.

Ons is bevoorreg om sulke talentvolle en passie- volle mense by Durbies Netbal betrokke te hê.

Baie geluk, ons is trots op julle. #DurbiesNetbal

FOTO REGS: V.l.n.r. Janecke de Wet, Kay Baron, Leoné Theron FONDSINSAMELING “LOYALTY ENTRY BOX”

Craig Thomas, eienaar van Durbanville Kwikspar, gooi sy koopbewys in die “Loyalty Entry Box”.

Ons herinner alle Hoërskool Durbanville leerders, ouers en vriende om hul koop- bewyse in die boks te gooi. ‘n Persentasie van die verkope word aan Hoërskool Durbanville oorbetaal.

Ondersteun ons borge!

13

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: d6 SCHOOL COMMUNICATOR: KONTAK MET OUERS, OUD-LEERDERS EN VRIENDE VAN DURBANVILLE

d6 School Communicator - verbind ouers, oudleerders en vriende met die skool.

Die d6 School Communicator is ‘n kommunikasie-stelsel wat skole in staat stel om effektief met ouers, oudleerders en vriende van die skool te kommunikeer via: - “desktop” applikasie - slimfone - internet - sosiale media - sms - e-pos

Skole kan belangrike dokumente soos toetsroosters en wedstrydbepalings stoor, vir ouers om af te laai, deurgee van belangrike reëlings m.b.t. uitstappies, matriekafskeid, danse, fonds- insameling en die verskuiwing of kansellasie van wedstryde ens.

Duisende skole, reg oor Suid Afrika gebruik tans die d6 School Communicator stelsel.

Bly op hoogte van sake en verwikkelinge by Hoërskool Durbanville deur die skool se d6 School Communicator af te laai - http://www.school-communicator.com/download.php

14

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS: EKSTRA WISKUNDE KLASSE

Gemotiveerd, Positief, Suksesvol

Spesialiseer in: Wiskunde (Graad 4-9) Wiskundige Geletterdheid (Graad 10-12)

+ - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + - + -

Yolandé Oosthuizen (Onderwys Ervaring)

083 693 6958 [email protected]

15

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: WOOLWORTHS MY SCHOOL- & MARKO KAART: HOËRSKOOL DURBANVILLE SE DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE

Raak betrokke en maak ‘n verskil.

Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur- banville kan sonder veel moeite, deurlopend bydra tot die skool.

Deur die implimentering van hierdie projekte, word ‘n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban- ville die begunstigde te maak op u Woolworths My School kaart sowel as u Makro kaart.

Indien u nog nie ‘n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

Ons waardeer u ondersteuning opreg!

#Durbies

16

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: ADVERTENSIESPASIE: RAAK BETROKKE BY HOËRSKOOL DURBANVILLE SPORT

Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maat- skappy te neem langs die hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld.

Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport.

Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

17

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS:

18

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE NUUS: DURBIES PRESTEER BY WP MARATHON (WPXCM#1) DURBIES SKITTER BY WP MARATON PROEWE

Saterdag 29 April 2017 - Ons Durbies neem deel aan die WP Maraton Bergfiets proewe.

Dit was ‘n bloedige warm dag in Tulbagh met die kwik wat by die 37 grade gaan draai het. Dit het nie die Durbies ontmoedig om met oorgawe deel te neem nie. Ons ryers het goed gevaar en as volg presteer: 45km Junior Men: Stian Pretorius 2de Johan Kruger 4de Wilhbert von Ludwig 10de Armin O Connor 12de 45km Youth: Lachlan Mundie 13de 20km Sub Junior Girls: Danielle Barnard 3de 20km Sub Junior Boys: Phillip Kotze 4de

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

#DurbiesMTB

DURBIES - “Dis ‘n Leefstyl”

19

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

MNR. & MEJ. DURBIE

SPOGAAND VIR ‘N SPOGSKOOL

FOTO: Jean Aucamp (Mnr. Durbie), Anthea Gravett (Miss Petite Teen SA), Lulani van Zyl (Mej. Durbie) FOTO BO REGS: Seremonimeester, Pedro Kruger

Vrydag 22 April - ‘n Aand vir die boeke… Die uitslae was soos volg: Mej. Durbie: Lulani van Zyl; Die Hoërskool Durbanville se ouditorium weer Eerste Prinses: Mieke Visser; uit sy nate gebars tydens die jaarlikse Mnr. en Tweede Prinses: Bernalee Branders; Mej. Durbie-kompetisie. Hierdie aand is een Mej. Persoonlikheid: Mieke Fabel; van die hoogtepunte op die Durbie-seniors Mej. Fotogenies: Lulani van Zyl se sosiale kalenders. Soos verwag, was dit ‘n spogaand met puik vermaak wat die gehoor Mnr. Durbie: Jean Aucamp; na hul asems laat snak het. Eerste Prins: Matthys Carstens; Tweede Prins: Cole Fisher; Die 30 graad 12 finaliste het behoorlik Mnr. Persoonlikheid: Cole Fisher; gepronk en gewys wat in hulle steek. Die Mnr. Fotogenies: Hugo Tredoux Durbies se kreatiwiteit en danspassies het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Die aand was ‘n reuse sukses! Hoërskool Durbanville het beslis leerlinge wat nog Ten einde van die kompetisie is fondse groot hoogtes gaan bereik en wat ons skool ingesamel ten bate van die FAW se naam nog verder gaan uitdra. Namens ( Animal Welfare) asook mis- die skool bedank ons graag elke persoon handelde vrouens en babas. wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het en spesiale dank aan Me. Van Wyk en Mnr Jan Burger.

Fotos - CA Bezuidenhout 20

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

MNR. & MEJ. DURBIE

SPOGAAND VIR ‘N SPOGSKOOL

21

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

MNR. & MEJ. DURBIE

SPOGAAND VIR ‘N SPOGSKOOL

22

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIES OP TOER

SPORTSPANNE TOER TYDENS DIE SKOOLVAKANSIE

Durbies sportspanne toer tydens skool- vakansie.

Die Durbies hokkie-, netbal en rugby- spanne het tydens die Maart/April skoolvakansie aan verskeie toere en toernooie deelge- neem.

Ons Hokkiedogters en seuns het aan die York toernooi, op George deelgeneem. Ons dogters het ‘n besonderse toernooi beleef en slegs een wedstryd verloor. Ons dogters Eerstespan het as volg presteer: EERSTE SPAN DOGTERS vs York Uitnodiging wen 1-0 vs Pinelands wen 1-0 vs Strand wen 1-0 vs Outeniqua wen 5-0 vs wen 1-0 vs York verloor 0-2

EERSTE SPAN SEUNS vs York Uitnodiging gelykop 0-0 vs Strand wen 2-0 vs Milnerton gelykop 0-0 vs York verloor 0-7 vs Victoria Park wen 1-0 vs SACS (o.18B) wen 2-0

#DurbiesHokkie

23

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIES OP TOER

SPORTSPANNE TOER TYDENS DIE SKOOLVAKANSIE

Ons Durbie o/15A, o/16A, o/17A en Eerste Netbalspanne het aan die Waterkloof toernooi, in Pretoria, deelgeneem. DOGTERS EERSTE VII vs Linden wen 22-12 vs Overkruin wen 37-10 vs Waterkloof (17) wen 27-13 vs Fichartpark wen 29-17 vs Waterkloof (2) wen 32-20 vs Duineveld gelykop 21-21 vs HTS Middelburg (17) wen 21-17 vs Diamantveld gelykop 22-22 vs Rustenburg (17) wen 38-14 vs Centurion wen 21-19 vs Brandwag wen 33-16

Baie geluk dogters, ons is trots op julle!

#DurbiesNetbal Ons Durbie Rugbyspanne het aan verskeie rugbytoernooie deelgeneem. o/14A & o/15A - Outeniqua Toernooi o/16A - Paarl Gimnasium Toernooi Eerste XV - Oakdale Toernooi Ons seuns het as volg presteer: EERSTE XV vs Oosterlig wen 33 vs Ligbron wen vs Welkom Gimnasium verloor 30-33 Ons o/16A’s het Nelspruit, Rustenburg en Garsfontein 36-20 geklop. Ons o/15’s het ‘n skitter wedstryd teen Grey PE gespeel en met 45-17 geseëvier terwyl die o/14’s weghol oorwinnings oor Noordheuwel en Brandwag behaal het.

#DurbiesRugby

24

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS:

25

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

OUD-DURBIES: OUD-DURBIE DEEL VAN VARSITY SHIELD SUKSES RODERICK WYS SY STAAL IN FINAAL

Oud-Durbie deel van UWK se Varsity Shield sukses.

Roderick Moses (Matriek 2011) was deel van ‘n baie suksesvolle en onoorwonne Eerste XV rugbyspan. Hy het sy klubrugby by die voormalige Community Cup kampioene, DurBell Rugbyklub, gespeel voordat hy die skuif na UWK (Universiteit van Wes-Kaap) gemaak het.

Roderick het op Maandag 17 April 2017 vir die UWK in die finaal van die Varsity Shield gespeel. UWK het die Universiteit van Fort Hare met 45-2 geklop.

Baie geluk Roderick, ons is trots op jou!

FOTO LINKS ONDER: Oud-Durbie, Roderick Moses (links)

#TrotsDurbanville

OUD-DURBIE LEI WP SPAN KAY GEKIES AS KAPTEIN VAN WP NETBALSPAN

Oud-Durbie lei WP A Netbalspan.

Kay Baron (matriek 20 ), ‘n voormalige junior Protea Netbalspeelster van die Hoërskool Durbanville, is onlangs verkies as kaptein van die WP A Netbalspan.

Baie geluk Kay, ons is trots op jou! FOTO REGS: Oud-Durbie, Kay Baron in aksie #TrotsDurbanville 26

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

OUD-DURBIES: OUD-DURBIE WEN GHOEMA MARIA WEN BESTE DUO TOEKENNING

Oud-Durbie wen Ghoema toekenning.

Maria Rademan-Viviers (Matriek 20 ) en haar sangmaat, Herman Kleinhans van die groep Twee, het Sondag 23 April 2017 ‘n Ghoema toekenning ontvang vir die Publiek se beste Duo of Groep.

Baie geluk Maria, ons is trots op jou!

FOTO LINKS: Oud-Durbie, Maria Rademan-Viviers (links) #TrotsDurbanville

OUD-DURBIE RAAK BETROKKE JOHNNIE GEE TERUG AAN ALMA MATER

Oud-Durbie gee terug aan alma mater.

Voormalige hoofseun van die Hoërskool Durbanville, Johnnie Roelose (Matriek 19 ) het onlangs betrokke geraak by die Durbies Sportprojek.

Baie dankie Johnnie, ons is dankbaar vir jou bydrae! FOTO REGS: Oud-Durbie, Johnnie Roelofse #TrotsDurbanville

27

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

OUD-DURBIES: OUD-DURBIES NEEM DEEL AAN VARSITY ATLETIEK JOHN-DANIEL EN PAUL VERTEENWOORDIG UWK & MATIES Oud-Durbies neem deel aan Varsity Atletiek in Pretoria.

John-Daniel Josephs en Paul Roux (albei Matriek 2011) het onlangs aan die Varsity Atletiek reeks, by Tuks (Universiteit van Pretoria) in Pretoria deelgeneem.

John-Daniel verteenwoordig UWK in driesprong en Paul die Maties in die 800m.

Albei atlete het hul goed van hul taak gekwyt.

Baie geluk manne, ons is trots op julle.

FOTO LINKS: Oud-Durbies, John-Daniel Josephs (links) en Paul Roux (regs) by die Kaapstad Lughawe

#TrotsDurbanville OUD-DURBIE DEEL VAN SA DAVIS KAREN HELP SA DAVIS BEKERSPAN

Oud-Durbie deel van Davis Cup sukses.

Karen van der Merwe (Frye) (Matriek ), self ‘n junior Springbok tennisspeler toe sy by die Hoërskool Durbanville was, is die afgelope jare betrokke by die SA Davis Cup Tennisspan as fisio van die span.

Karen, ook die mede-eienaar van die Durbanville Wellness Centre, is tans betrokke by Hoërskool Durbanville se kondisionering en rehabilitasie.

FOTO REGS: Oud-Durbie,Karen van der Merwe (Frye) (links)

28

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

OUD-DURBIES: YOUNG DURBIE IS THE NEW TALK OF THE TOWN NADIA SE KUNSWERKE HET ALMAL AAN DIE GONS Massynmedia - Nadia Estelwen Viljoen, a young lady who matriculated from Durbanville High School in 2011 is the new talk of the town when it comes to art.

When she was in Grade 8 she started to draw, but according to her she was not very good. In Grade 10 she attended Art School after hours and her love for art grew. Once matriculated, Nadia studied Fine Art at Ruth Prowse from 2012 – 2014. She applied at numerous studio’s, but only two answered with a “No”.

Nadia eventually was employed to work for an ridden society to create a sense of nostalgia. Art Gallery Company on a Cruise Ship, selling Nadia explores mediums e.g. spray paint, art from old masters (Dali, Miro, Picasso, Goya acrylic paint and resin to add to the mass and Rembrandt) as well as contemporary art produced feel in combination with traditional (Peter Max – Pop Surrealist, Yaacov Agan – techniques and oil paints. She merges objects Kinetic Artist, Romero Britto – Pop Artist, Lebo – and figures from childhood memories and Street Artist). This experience inspired her to thereby creates a feeling of nostalgia. The create art which forms a connection between reality which lurks within it all is depicted in the traditional art and current art trends. imagery which are all mass produced in an over-killed Western society. When asked about Joan Miro was her inspiration to become an her current body of work, Nadia said the artist. Miro created surreal art and practiced following: “I am part of an era, and more as accountant simultaneously. The contrast specifically, a generation in which words have between his lifestyle and his art made her almost died. We were raised by a visual parent aware of the contrast in humanity. Balance called television/play station/cell phones, etc. and contrast is what creates life. but one thing we never abandoned was Lego. It was where your imagination could run wild Captivating your attention with surreal and you build and create parallel universes in juxtaposed imagery and bright colours, the your creative, kindred mind. Admit it or not, we viewer becomes lost in a universe of have been influenced by everything in our symbolism. Nadia started working with lives, but during our childhood we are the most transformation as a theme and exploring this susceptible to our surroundings. theme further, inspired her to use popular culture imagery that resonates with our cliché- ridden society to create a sense of nostalgia. 29

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

YOUNG DURBIE IS THE NEW TALK OF THE TOWN NADIA SE KUNSWERKE HET ALMAL AAN DIE GONS

My clearest memories involved cartoons. What The existence and the message of art creates did these characters create in my life? This a crucial message to society. When you see can go quite deep if you go into the psyche, an image that draws your attention, you but on a simple level, they were heroes and observe and become intrigued. This is her friends, they made me giggle and feel happy. reason for making art, to provoke human Sometimes we forget how to feel joy, as we beings to listen again. The reaction and get older. Our lives have become incredibly thoughts you have inside you when you see serious and career driven, but to what extent? something you like, is the first step to a We are losing our inner child, our happy, conscious living. You think about why you innocent selves. To me this body of work is a reacted that way, or what it is that influenced bridge between adulthood and childhood. It that feeling, then you understand the brings you back to those happy days, a message of art. It is about the human beautiful memory. Memories are all we have condition, it is about our emotional, physical of our life’s experiences, which we can and spiritual state. It is like a mirror that reflects embrace till end of time, and that is what humanity, because it reflects what is inside of makes us unique. We all have different you. That is why we are drawn to different experiences. The imagery I chose of the most things in life, because we have all well-known cartoon characters from this experienced life on different levels. century. It brings people together in a space of time, we are separated with the Nadia’s exhibition, in conjunction with overwhelming world of technology. Now, Allessandro Pappada (sculptor) will be at the because of technology and the exposure to WHOW Studio’s (where Nadia also works as an the imagery, it is the very same thing that art tutor), c/o Ixia and Protea rd, Durbanville – unites and brings us together.” 021 9766784 from 4 May 2017 – 27 Junie 2017. Monday – Thursday 09H00 – 17H00 When asked for advice for young, new artist, Fridays – 09H00 – 13H00 where do they start, Nadia gave a very Entry – FREE unexpected answer. Create your identity. Go find yourself and do soul searching. You have Nadia will attend opening night, but if you wish to know what you are trying to say with your to make an appointment with her, you are art. There must be a purpose to your art. welcome to contact WHOW at the above Expose yourself. You need to decide between mentioned number. money and passion, you don’t have to be special, but you must be willing to work hard. When asked if opening nights are as And you must be willing to try. Art is for the extravagant as seen on television, Nadia people and therefor people need to be laughed and said no, you can actually wear interested in your art. what you want.

Refreshing, as the answer was not the usual, I will most definitely be there on Thursday go find a good art school. evening, I hope to see you there to support this amazing and extremely interesting artist. Nadia says people don’t listen or read to understand anymore. They are too absorbed in their own life. 30

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

SPORTUITSLAE:

ATLETIEK - 20 & 21 Maart RUGBY Baie geluk aan die volgende leerders wat podium Ons rugbyseuns het tydens die vakansie aan posisies by die Wes-Kaap Atletiek Kampioenskappe verskeie top rugbytoernooie deelgeneem en behaal het. as volg presteer:

Andre Bester Gewigstoot 1ste Eerste XV Teneal Els Diskus 2de vs Oosterlig wen 34-10 Jansie Slabbert 3000m 2de vs Upington wen 21-10 Jade Filanie 100m 2de vs Welkom Gimnasium verloor 30-33 Daren Brown 300mH 1ste Courtney Hickson Verspring 3de Margit van Niekerk 90mH 2de HOKKIE - 22 April Mihle Mahlaza Verspring 2de BELLVILLE SPORTDAG

Baie geluk aan hierdie atlete, ons is trots op julle! O/19B vs Strand A verloor 0-6 O/19B vs Namaqualand A verloor 0-1 Die volgende leerders is in die Wes-Kaap span opgeneem: Me R.Basson Andre Bester

Jade Filanie

Courtney Hickson TWEEKAMP Baie geluk Durbies! Baie geluk aan Lalande Esterhuysen wat by die WP Byeenkoms eerste geeïndig het. Sy het ook by die Nasionale byeenkoms vierde geeïndig.

RUGBY - 22 April Welgedaan Lalande! RUGBY: vs Monument Park & Paarl Boishaai Saterdag 22 April 2017 o.19 A wen 39 – 17 BIATHLE, TRIATHLE & VYFKAMP o.19 B wen 24 – 11 Baie geluk aan Mieke Burger met die volgende o.19 C wen 54 – 0 prestasies: o.16 A wen 54 – 7 Wes-Kaap Vyfkamp Kampioenskappe 1ste o.16 B wen 91 – 0 Wes-Kaap Laser-run Kampioenskappe 1ste o.15 A wen 47 – 0 Wes-Kaap Biathle Kampioenskappe 3de o.15 B vs Paarl Boishaai verloor 7 – 18 Wes-Kaap Triathle Kampioenskappe 1ste o.14 A wen 76 – 0 o.14 B vs Paarl Boishaai wen 65 – 0 Baie geluk Mieke. o.14 C vs Paarl Boishaai wen 22 – 10

Mnr S.Huygen

31

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

SPORTUITSLAE:

NETBAL NETBAL

NETBAL: Waterkloof Toernooi NETBAL: Waterkloof Toernooi

o.15 A o.17 A vs Dinamika wen 19 – 18 vs Kempton Park wen 25 – 23 vs Kempton Park verloor 9 – 28 vs Lichtenburg wen 23 – 20 vs Duineveld wen 15 – 13 vs Duineveld wen 21 – 15 vs Waterkloof verloor 13 – 21 vs Centurion wen 37 – 16 vs Oranje Meisieskool verloor 10 – 24 vs Oranje Meisieskool wen 22 – 12 vs Maragon wen 17 – 12 vs HTS Middelburg verloor 15 – 30 vs Diamantveld verloor 8 – 17 vs Dinamika wen 47 – 19 vs Windhoek Gimnasium verloor 20 – 24 vs Oos-Moot wen 18 – 16 vs Centurion verloor 19 – 25 vs Duineveld verloor 19 – 23 vs Ben Vorster verloor 13 – 19 vs Ben Vorster wen 30 – 19 vs Voortrekker wen 17 – 8 vs Windhoek Gimnasium wen 18 – 12 vs Menlopark verloor 23 – 30 Ongelukkig was van ons O/15 dogters nie beskikbaar a.g.v. WP Aksie Netbal.

NETBAL: Waterkloof Toernooi NETBAL: Waterkloof Toernooi

o.16 A Eerste VII vs Noordkaap verloor 12 – 20 vs Linden wen 22 – 12 vs Helpmekaar wen 19 – 17 vs Overkruin wen 37 – 10 vs PHSG wen 33 – 3 vs Waterkloof (o.17 A) wen 27 – 13 vs Voortrekker wen 25 – 12 vs Fichartpark wen 29 – 17 vs Dinamika verloor 12 – 24 vs Waterkloof (o.18 B) wen 32 – 20 vs Kemptonpark wen 13 – 19 vs Duineveld gelykop 21 – 21 vs Noordkaap verloor 31 – 8 vs HTS Middelburg (o.17) wen 21 – 17 vs Overkruin wen 22 – 13 vs Diamantveld gelykop 22 – 22 vs Centurion wen 29 – 13 vs Rustenburg (o.17 A) wen 38 – 14 vs Windhoek Gimnasium wen 29 – 11 vs Centurion wen 21 – 19 vs Oranje Meisieskool wen 15 – 14 vs Brandwag wen 33 – 16 vs Ben Vorster wen 24 – 11

Mnr A.Stoffberg Mnr A.Stoffberg

32

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017

DURBIE ADS:

KONTAKBESONDERHEDE: Tel. 021 976 3188 / Faks 021 976 3189

ALGEMEEN: [email protected] BEMARKING: [email protected]

SPORT: [email protected] BORGE: [email protected]

KULTUUR: [email protected] BOEKEKAMER: [email protected]

KLEREWINKEL: [email protected]

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. daarop dat Hoërskool Durbanville nie verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en / of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid van die geadverteerde diens en / of produk nie. Die derde party adverteer sy / haar diens en / of produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker wat gebruik maak van die geadverteerde diens en / of produk.

33