Nuusbrief 20170401.Pdf

Nuusbrief 20170401.Pdf

HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DUR’B’OUERS DIE SKOOL WAAR ELKEEN IEMAND IS MNR. & MEJ. DURBIE INHOUD: SPOGAAND VIR ‘N SPOGSKOOL Hoofberig 1 Uit die kantoor: 2 Durbie Nuus: 4 Mnr. & Mej. Durbie: 20 Durbies Op Toer: 23 Oud-Durbies: 26 Sportuitslae: 31 Vrydag 21 April 2017 - FOTO:Jean Aucamp & Mnr. & Mej. Durbie was Lulani van Zyl soos oudergewoonte ‘n spogaand vir ‘n spog- skool. Vervolg op bl. 20 DURBIES- “Dis ‘n Leefstyl” HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 UIT DIE KANTOOR: Geagte Ouers Met al die vakansiedae voel dit of die kwartaal sukkel om aan die gang te kom. Ons vertrou nietemin dat u en u gesin die vakansie en die tweede vakansie geniet het. Ons akademiese fokus is nou daarop om seker te maak dat al die werk wat afgehandel moet word voor die eksamen, wel betyds en deeglik gedoen sal word. Die vakansie was propvol sporttoere en soos die uitslae (verderaan) sal wys , was al die toere baie suksesvol. Ons sportspelers het die geleentheid gekry om hulle talent uit te stal en as spelers te groei. Baie dankie aan al ons afrigters wat die toere gereël en meegemaak het. Ons A-rugbyspanne het ook deelgeneem aan die Wynberg Sportfees en die voorreg gehad om teen spanne te speel teen wie ons selde die kans kry om mee te ding. Ook op hierdie fees was die uitslae nogal iets om oor huis toe te skryf. Ons weneenbedryf van 2016 ( Fragment) was vanjaar (ook tydens die vakansie) op die KKNK te sien en het wye lof ontvang vir hulle optredes. Hierdie span van ons is hard aan die voorberei vir die uitdagings van die 2017-kompetisies. Ons oueraande is pas verby. Ons glo dat u nuttige inligting kon kry t.o.v u kind se akademiese vordering. Onthou dat u te alle tye welkom is om die betrokke graadhoof te skakel om meer inligting, raad of hulp te kry. Ons jaarlikse mnr en me Durbiegeleentheid is ook afgehandel. Dit was weer eens ‘n vertoonkas vir ons talentvolle leerders. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Ons bouery en verbeteringe by die skool vorder baie goed. Die klaskamers aan Vissershokkant van die skool is die vakansie baie mooi herstel en geverf en is nou weer in ‘n uitstekende toestand. Die nuwe tydelike klaskamers is opgerig : ons wag nou net om die sertikate te kry, dan kan ons intrek. Die werk aan die ou houtwerkblok vorder baie fluks en ons sien uit na ons 8 nuwe klaskamers wat daar gaan verrys. Die droogte het ons grasvelde geknou, maar ons kry dit darem stadig maar seker weer in ‘n goeie toestand. Mnr Kosie Blanckenberg het vir ons gratis mis voorsien en alhoewel dit ons bure minder vriendelik ge- 2 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 UIT DIE KANTOOR: maak het, is die uitwerking daarvan baie opmerklik. Die nuwe boorgat help ook om die opgaartenks vol te kry sodat ons ons meeste besproeiing in die nag kan doen. Ons skoolsekretaresse, me Linie Wolstenholme, het aan die einde van April afgetree na 19 jaar in die tuig by die Hoërskool Durbanville. Baie dankie aan haar vir al die ekstra myle wat sy altyd bereid was om te stap. Die welsyn van die kinders was vir haar altyd van die grootste belang. Ons wens haar en haar man alles van die heel beste toe en glo dat hulle hulle aftrede op Yzerfontein sal geniet. Ons wil graag vir me Maria Viviers gelukwens met haar Goema- toekenning. Haar ongelooflike talent kon ook tydens die aanbieding van die konsert gesien word. Maria is natuurlik ook ‘n oud-student van ons en neem tans waar as onderwyser by ons skool. Me Leone Theron is nie net ‘n knap Afrikaans-onderwyser nie, sy is ook ‘n uitstekende netbalspeler en is pas in die Wes- Kaapspan opgeneem. Baie geluk : dit is ‘n besondere prestasie. Op 9 Mei word ons herfskonsert aangebied: elke jaar ‘n hoogtepunt op ons skoolkalender. Maak ‘n aantekening en kom verlustig u in ons kinders se talente. Hierdie Saterdag meet ons op die sportvelde en – bane kragte met die Hoërskool Hugenote en die netbal-,hokkie- en rugbyspelers sal in aksie wees. Ons hoop om al ons ondersteuners hier te sien. Tot volgende keer. Groete G.L. Germishuys SKOOLHOOF 3 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE NUUS: DURBIE WEN MISS PETITE TEEN SA ANTHEA LOOP WEG MET SKOONHEIDSTITEL Hoërskool Durbanville lewer nog ‘n skoonheid op. Dit is natuurlik niks nuuts nie… Hoërskool Durbanville lewer jaarliks pratige skoonhede op. Dalk is dit iets in die water… Voormalige skoonhede sluit in supermodel, Tanya Fourie,, voormalige Mej Verenigde Nasies en huidige Durbie-mamma, Ingrid Burger en meer onlangs top model, Nicola du Plessis. Leiere Falck het ook vroeër vanjaar die Wildcat Modelkompetisie gewen. Anthea Gravett was reeds vroeg vanjaar een van die FOTO: Anthea Gravett gunstelinge onder die publiek. Sy was beloon met ‘n top-10 plek en het sodoende haar kaartjie, Johan- nesburg toe, bespreek vir die finaal. Anthea het vir die beoordeelaars gewys dat sy nie net mooi van buite is nie, maar dat sy ook ‘n pragtige persoonlikheid het. Anthea loop vanjaar weg met die titel van Miss Petite Teen SA. Baie geluk Anthea, ons is trots op jou! #TrotsDurbanville 4 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE NUUS: DURBIE HAAL BARBARIANSPAN XIJON SPEEL PLEK LOS IN TOERSPAN Woensdag 6 April - Durbie speel plek los in Barbarianspan. Xijon Deacon, skrumskakel van die o/16A rugbyspan het tydens die Paarl Gimnasium Rugbytoernooi kookwater rugby gespeel en is beloon met ‘n plek in die Barbarian toerspan. Hierdie span word gekies uit al die deelnemende skole en toer later vanjaar na Frankryk. Baie geluk Xijon, ons is trots op jou! FOTO: Xijon Deacon in aksie teen Garsfontein by die Paarl Gim- nasium Rugbytoernooi #DurbiesRugby DURBIE SWEMMERS PRESTEER BY SA KAMPIOENSKAPPE DURBIES SWEM MEDALJES LOS BY SA KAMPIOENSKAPSGALAS Ons swemmers het presteer by die SA Swem Kampioenskapsgala wat einde laas kwartaal plaasgevind het. Ons Durbies het as volg presteer: VLAK 3 Minka Liebenberg 2x goud, 2x silwer 2x brons Migael Olivier 1x silwer Mieke Burger 1x silwer Tinke Brink 1x silwer, 1x brons VLAK 2 Talitha vd Merwe 1x brons Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! FOTO: V.l.n.r. Paul Niemand, Migael Olivier, Talitha van der Walt, Tinke Brink, Mieke Burger, Minka Liebenberg, Tiaan #DurbiesSwem Mouton 5 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE ADS: 6 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE NUUS: HERFSKONSERT 2017 KAARTJIES NOU BESKIKBAAR DATUM: 9 & 10 Mei 2017 Durbanville, asook die Hoërskool Durbanville PLEK: HSD Ouditorium se Koor en Blaasorkes sal by die geleentheid optree. KOSTE: R30/kaartjie Die jaarlikse Herfskonsert van die Hoërskool Verrigtinge begin om 19:00 en kaartjies teen Durbanville vind vanjaar op 9 & 10 Mei plaas. R30 elk kan vanaf Dinsdag 2 Mei gedurende eerste en tweede pouse by die musiekblok Die kore van die Voorbereidingskool (tree gekoop word. slegs Woensdagaand 10 Mei op) en Laerskool DURBIE WEN TRIATHLE MIEKE WEN GOUD BY WES-KAAP TRIATHLE Saterdag 22 April 2017 - Durbie wen Wes-Kaap Triathle Kampioenskappe. Mieke Burger het weer geskitter by die onlangse Wes-Kaap Triathle Kampioenskappe. Hierdie Durbie, ook die huidige SA Vyfkamp kampioen het weer ‘n eerste plek behaal en was beloon met die goue medalje. Baie geluk Mieke, ons is trots op jou! 7 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE NUUS: DURBIES FIETSRY PRESTEER DURBIES PRESTEER BY 99ER FIETSWEDREN Vanjaar beloof om ‘n groot jaar vir Fietsry (Bergfiets) by die Hoërskool Durbanville te wees. Ons ryers poog om vir die nasionale kampioenskappe, wat vanjaar weer in Mpumalanga aangebied sal word, te kwalifiseer. Die Durbies het vanjaar afgeskop deur aan die 99er fietswedren deel te neem. Die Durbies het as volg presteer: 12km Callaghan Human 1ste FOTO: Stian Pretorius in aksie 25 km Danielle Barnard 4de 25km Johan Kruger 1ste DURBIES PRESTEER BY WP XCO 25km Lachlan Mundie 2de 45km Stian Pretorius 1ste DANIELLE KRY PODIUM BY WP XCO 45km Wilhbert von Ludwig 4de Baie geluk Durbies, ons is trots op julle Donderdag 27 April - Durbies neem deel aan die WP XCO. Ons Durbie MTB ryers het onlangs aan die 4de WP Cross Country proewe deelgeneem. Ons Durbies het as volg presteer: Sub Junior Girls - Danielle Barnard 3de Junior Men - Johan Kruger 5de Stian Pretorius 9de Youth Men - Pierre le Roux 19de Sub Junior Boys - Christiaan Smit 6de Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! DurbiesMTB FOTO: Johan Kruger in aksie 8 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE ADS: 9 HOËRSKOOL DURBANVILLE UITGAWE 3/2017 DURBIE NUUS: DURBIES RUGBY SPEEL BY WYNBERG RUGBY FESTIVAL DURBIES SORG VIR OPSKUDDINGS BY WYNBERG RUGBYFEES Saterdag 29 April en Maandag 1 Mei - Durbies Rugby neem deel aan jaarlikse Wynberg Rugby Festival. Die Eerste XV, o/16A, o/15A en o/14A rugbyspanne het almal oor die lang- naweek aan die Wynberg Rugby Festival deelgeneem. Dit was bloedig warm aan die voet van die berg met die kwik wat tot 34 grade , in die skadu, gestyg het. FOTO: Die o/15A Rugbyspan draf uit teen Oakdale Die Eerste XV en o/15A spanne het ‘n paar de Klerk met goeie ondersteunende spel minute uit mekaar gespeel en die o/16’s en deur Hugo Tredoux en Cole Fisher. Durban- o/14’s het tussen die twee velde ondersteun. ville hardloop weg met die wedstryd en toe Die Eerste XV was halftyd nog 19-15 voor teen die eindfluitjie blaas, staan die telling op 55- Lydenburg voordat die agterspelers mekaar 22 in die guns van Durbanville. Die Durbie- begin vind het op die veld. Die hantering was juniorspanne het baie strawwe kompetisie goed en daar was ‘n paar pragdrieë met gehad in die vorm van Oakdale en SACS.

View Full Text

Details

  • File Type
    pdf
  • Upload Time
    -
  • Content Languages
    English
  • Upload User
    Anonymous/Not logged-in
  • File Pages
    33 Page
  • File Size
    -

Download

Channel Download Status
Express Download Enable

Copyright

We respect the copyrights and intellectual property rights of all users. All uploaded documents are either original works of the uploader or authorized works of the rightful owners.

  • Not to be reproduced or distributed without explicit permission.
  • Not used for commercial purposes outside of approved use cases.
  • Not used to infringe on the rights of the original creators.
  • If you believe any content infringes your copyright, please contact us immediately.

Support

For help with questions, suggestions, or problems, please contact us