Lees Ook Die Afskeidswoord Aan ‘N Staatmaker Afrikaanse Sportvrou in Nieu-Seeland
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Kortpad na advertensies 22 Augustus 2016 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) 1/4 Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 1/4 Redakteursbrief Die Brokkies-ritme begin terugkom. Ek hou duim vas, want dis nogal besig in hierdie na-uurse stoel. Ek het verlede week in die eerste uitgawe na my verlof gesê dat ek gaan probeer om ‘n reeks oor my en my vrou se gewaarwordinge en ervarings tydens ons oorses reis te skryf. Hierdie reeks begin dan in hierdie uitgawe, en ek plaas die vergrootglas aanvanklik op Thailand. Hierdie week vier Kiwi-Brokkies ook ‘n puik prestasie van ‘n Suid-Afrikaanse atleet by die Olimpiese Spele. Van Olimpiese Spele gepraat; ek sal volgende week ‘n klein bietjie refleksie doen oor die Spele. Die stadions was teleurstellend leeg, maar dit bly darem maar ‘n grootse skouspel wat baie gesels kan loslaat. Om die sportgeur verder te neem, lees ook die afskeidswoord aan ‘n staatmaker Afrikaanse sportvrou in Nieu-Seeland. My ou pleidooi: Laat my tog weet van stories van SAners in Kiwiland wat ek kan opvolg. Gebruik die skakel onder hierdie redaksioneel. Kyk ook ‘n slag weer al die advertensies deur; veral die met rooi opskrifte wat aandui dat hulle nuut is of hernu is. Stuur gerus ook werkadvertensies in sodat ons mense kan help. En skryf vir my ‘n lekker lesersbrief toe. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak ) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Dom was toe slim... ‘n Wintie genie met te veel selfvertroue maak ‘n weddenskap met ‘n dom ou. Die genie sê: “Haai dommie! Vir elke vraag wat ek jou vra waarvan jy nie die antwoord ken nie, moet jy vir my $5 gee. As jy dan vir my ‘n vraag vra wat ek nie kan antwoord nie, gee ek jou $5,000. Die dom ou stem in en die genie vra: “ Hoeveel kontinente is daar in die wêreld? Die dom ou weet nie en oorhandig $5. Op sy beurt sê die dommie: “Watter dier staan met twee bene en slaap met drie?” Die genie dink lank maar gee uiteindelik bes en oorhandig $5,000. Die genie sê: “O kriek, ek het verloor! Terloops, wat was die antwoord op jou vraag?”. Die dom ou oorhandig woordeloos weer ‘n $5-noot... Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 22 Augustus 2016 Algemene nuusbrokkies Terug na bo... Brokkies is bors-bars trots op Wayde van Niekerk! Dit is nou reeds ou nuus dat Wayde van Niekerk sy Olimpiese goue medalje op so ‘n briljante manier in Rio de Janeiro verower het. Aus-Brokkies wil hiermee hulde bring aan ‘n groot seun van Suid-Afrika. Dit is nie die eerste keer dat ons oor hom spog nie. In Brokkies van 14 Maart 2016 het ‘n berig verskyn toe hy as wêreldkampioen in die 400 meter naelloop die eerste man in die geskiedenis geword het wat vinniger as 10 sekondes oor 100 meter kon hardloop, 20 sekondes oor 200 meter en 44 sekondes oor 400 meter. En nou is hy ook die Olimpiese Spele-kampioen in hierdie item. En hoe het hy dit nie gedoen nie! Die kommentator het bietjie op sy neus gekyk toe die deelnemers in die pylvak afkom en hy vir die miljoene kykers vertel dat Wayde – wat toe voorgeloop het – besig is om moeg te word. Binne sekondes het hy egter agtergekom dat Wayde eintlik versnel en die ander in sy stof agterlaat het, om op die koop toe ‘n nuwe Olimpiese- en Wêreldrekord los te hardloop! Suid-Afrikaners binne en buite Suid-Afrika is baie trots op Wayde. As Brokkies ‘n bors gehad het, het hy gebars! Om die huldeblyk mooi af te rond, hiermee ‘n uittreksel uit ‘n berig in Netwerk24 wat deur Ruan Bruwer geskyf is: “Reeds in sy matriekjaar het Van Niekerk sy droom in ’n onderhoud met sy skoolkoerant op Grey-kollege verwoord: ‘My droom is om op die Olimpiese Spele vir Suid-Afrika te hardloop en om die beste te wees wat Suid-Afrika nog gesien het.’” Vir min mense het dié verwesenliking van sy ideaal meer beteken as vir sy afrigter, die legendariese tannie Ans Botha van Bloemfontein. Dit het haar meer as vyf dekades as atletiekafrigter geneem om eindelik op ’n Olimpiese Spele uit te kom – en toe net 43.03 sekondes om die afrigter van ’n Olimpiese kampioen te word. Die 74-jarige oumagrootjie se hart wou bars van trots terwyl Van Niekerk rondom die atletiekbaan van Rio de Janeiro se atletiekstadion gehardloop en homself na supersterstatus gelanseer het. Sy was nie verbaas nie, maar baie ingenome. Sy sê: “Wanneer ’n mens na sy tye ná elke 100 m gaan kyk, sal jy sien hy het die eerste 300 m dié keer vinniger gedoen as sy Afrika-rekord. Hy was gereed vir sy oomblik van glorie.” Botha en Van Niekerk se verhouding as afrigter en atleet het in Oktober 2012 begin. “Ek het geweet wie hy is, want hy was in Grey-kollege en ek was lank ’n keurder vir Vrystaat-spanne. Toe ek hom die eerste keer gesien het, was hy in gr. 9 of gr. 10, en hy was toe nog ’n hoogspringer, nie ’n naelloper nie. “Daar was geen huiwering toe hy my in 2012 kom vra om hom af te rig nie, want ek kon sien hy is spesiaal. Ek het geweet hy is uitsonderlik talentvol en dat hy met versigtige hantering en afrigting wêreldgehalte kan word. “My grootste droom en gebed vir Wayde is dat hy sal nederig bly, sal dankbaar bly vir sy seëninge en talente, en dat hy sal onthou dat dit wat hy het enige oomblik van hom weggeneem kan word,” het Botha gesê. Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 22 Augustus 2016 My oorsese reisverslag (Deel 1) Redakteur Philip Langenhoven het onlangs ‘n ongewone lang vakansieverlof van vier weke by sy werk geneem en saam met sy vrou Erika Suid-Afrika besoek. Dit was sy vierde besoek daar sedert hul koms na Nieu-Seeland in 2000, maar Erika se eerste volwaardige kuier. Hulle het die geleentheid benut en op pad soontoe gaan kyk hoe lyk Thailand (spesifiek Bangkok) en op pad terug by Sydney aangegaan, “sodat ek ook kan sê ek was al in Australië”, het Erika gesê. Hulle het interessante mense ontmoet en interessante dinge gesien – soos seker almal wat oorsee reis, ervaar. Hiermee die eerste in ‘n kort reeks artikels oor van die hoogtepunte. Nuwe ervarings in Bangkok Ons was voetseer en leeggesweet in die swaar hitte van Bangkok. Ons het al geleer hoe om met die kansvatter toektoek-bestuurders vooraf ‘n prys, bestemming en tydsduur vir elke rit te onderhandel. Teen hierdie tyd was ons nie meer so bekommerd soos aan die begin om op die besige strate deur ‘n oorhaastige toektoekbestuurder verongeluk te word nie. Ook was ons ‘n bietjie beter onderlê in die tegnieke wat ‘n mens moet inspan om tussen die duisende stalletjies en miljuisende mense se voetverkeer deur te navigeer. Ek het geweet ons is ingeburger toe ek nie meer sê “ekskuus tog” elke keer as ek op iemand - wat my vir ‘n glasmonument aansien en onder my voete instap - se toon trap. Ek moet erken; ek het later bietjie moedswillig geword. Een van ons insigte was in die groot kontraste. Aan die een kant is die absolute armoede wat dikwels as’t ware aan die ‘agterkant’ van groot, met stalletjies-gevulde markte bestaan en waarheen verkopers saans sleepvoet terugkeer. Daarteenoor was die majestuese, hoë, moderne geboue in die middestad wat breë strate soos ‘n erewag omlyn. Dan was daar in hierdie groot stad oral tekens van ‘n moderne samelewing, maar met reuse knoetse krag- of telefoondrade wat oral soos kraaineste om straatpale gedraai is. Die taalhindernis maak dit nie altyd maklik om te weet waar jy rondloop nie. Engelse vertalings op straatname is skaars, en die Thaise skrifstelsel is heeltemal vreemd – so dit help nie eens ons probeer dit aanlyn opsoek nie. By geleentheid het ons weer die spoor van stalletjies gevolg toe ons besef die steeg waarin ons ons bevind kan maar net sowel met die woord rooi geassosieer word. Toe die sesde gladde kêrel ywerig ‘n biljet aan ons probeer oorhandig wat ons uitnooi om die beste ‘pingpong show’ ter wêreld te kom kyk, het ons besef ons moes al lont begin ruik het toe die derde persoon dit aan ons probeer afsmeer het toe ons daar aangekom het. En dit alles helder oordag! Ons metode om die wyk te neem was om beleefd te sê “Nee dankie, ons is honger en wil eet,” met die internasionale taal van vingers wat kamma-kos na die lippe toe bring. Die mees onskuldig lykende straatkafee is toe die plek waar ons afsaal en elkeen ‘n pizza en ‘n koue bier bestel. Die bier was net ‘n teenvoeter vir die bedompigheid, sien. Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 22 Augustus 2016 Nog voordat ons bier kon opdaag, het ‘n persoon (ek het gedink dis ‘n vrou, totdat wyser Erika my oortuig het dis ‘n man) hom/haarself uitgenooi en by ons tafeltjie aangesluit. Hy/sy het teatraal die gesprek probeer oorheers in ‘n taal wat ek nie verstaan het nie. Dit het vir my Grieks geklink. Ek het in ‘Latyn’ verduidelik dat ons in privaatheid ons bier wil geniet. Ek het later die bestuurder nader geroep (hy’t alles gestaan en gadeslaan) en gevra of hy sy personeellid kan aansê om ons ‘n bietjie ruimte te gee. Dis toe dat die lastige ene hom/haar vervies en verontwaardig vir Erika sê dat ek darem maar vir jou ‘n ongeskikte man is, hoor! So het ek my spreekwoordelike hoed gegryp en vir die eienaar gesê hulle kan ons onbetaalde pizzas maar geniet wanneer dit eendag opdaag en so is ons weg na die volgende stegie toe om kos te soek.