Die Geskiedenis van Kos

Frik Lombard

www.Liplekker.co.za

Indeks

1. Voorwoord 2. Oorspron van Kos 3. Die Ete 4. Begrafnismaal 5. Sushi 6. Slaaie 7. Arm Kos 8. Van Groot Gat na Maer Gat 9. Die Olifant as Ete 10. Appelasyn 11. Appelasyn I 12. Bybelkosenpoletiek 13. Wyn 14. Uiteet 15. Kokke se kombuis geheime 16. Nog kombuis geheime 17. Blatjang 18. Esau se sop 19. Gebed en ander kosstories 20. Nog kosstories 21. Kompetisie eet 22. Aankoop en berê van voedsel 23. Deur die eeue 24. Asyn asseblief 25. Asyn vir wat? 26. Die dag daarna 27. Die koek 28. Knoffel 29. Avokado's 30. Aartappels 31. Marshmallows 32. Hamburgers 33. Heuning 34. Ceaser's slaai 35. Kaap Maleiers en hulle kos 36. Kos en trane 37. Die blikkies 38. Braaivleis 39. Coke 40. 41. Gekondenseerde melk 42. Geskiedenis van souse 43. Ongewone kosse 44. Kremetart 45. Suiker 46. Suiker die ander kant 47. Aag hoe mooi lyk jy nou 48. Jogurt 49. Tabasco sous 50. Ai hoe koud is dit nou 51. Die Pizza 52. Koeksoda 53. Whiskey of Bourbon 54. Mangonaysie en Eende 55. Kolonel Sanders 56. Waar kom die borrels vandaan 57. Wat is in 'n naam 58. Suurlemoene 59. Sommer kosstories 60. Tamaties 61. Tamatiesous 62. Welsh Rarebit 63. Aspersies 64. Koffie 65. Groen Tee 66. Lui lekke lewe 67. Weer kombuis geheime 68. Sjokolade 69. Pasta 70. Rissies 71. o Rooibos 72. Cocktails 73. Enige iemand vir tee 74. Moneky Gland Sous 75. Sampioen Brood 76. Die Rooi ronde ding 77. Die Groen Druif 78. Hot Cross Buns 79. Sout van die aarde 80. Springmielies 81. Vegetariër 82. Die Griekse eetgewoontes 83. Smaak Verskil 84. Eet en gesondheid 85. Van koeke tot pasteie tot souse 86. Vet feite oor kos 87. Worcestershire sous 88. Die Lewe is soos 'n resep 89. Feite wat min mense weet 90. Kos in die nuus 91. Kos en drank 92. Boontjies met vele baaidjies 93. Kook met alkohol 94. Maak daardie foute reg 95. Wenke vir wen resepte 96. Danksegging kosse in Amerika 97. Watter wyn by watter kos

Voorwoord Eerstens kom alle lof en eer aan my Skepper en God toe vir al die talente wat Hy vir my gegee het. Ek het my liefde vir kook by my Ma geërf. Sy kon die heerlikste kos kook. Die boerpampoen was uit die boonste rakke. Tot vandag weet ons nie hoe sy dit gaargemaak het nie. Sy het later jare Alzheimer gehad en het baie keer vergeet of sy sout, suiker of speserye in die kos gegooi het. Ons het nogal partykeer kos gekry wat te sout of te soet was. Haar laaste paar maande op die aarde, was sy in ʼn inrigting gewees. Wanneer ons haar gaan besoek het, het sy nie geweet wie ek is nie, maar sy het altyd gevra kan ek vir julle kos maak.

Ma Ies Lombard

So paar jaar gelede sit ek en wonder waar kom kos vandaan soos bv. Hamburgers. Sekere disse, kossoorte het ʼn interessante begin en ek hoop julle geniet die reis saam met my. Die voorblad foto het ek gaan leen op Chef Chantel Dartnel se webtuiste. Chef Chantel het ʼn ongelooflike manier van kook en haar disse wat sy skep is werklik iets besonders. Gaan soek haar gerus op, op die Internet.

Terug na Indeks

Oorsprong van kos

Baie welkom hier by die eerste artikel oor kos. Wat lekker saamgaan met kos is ook natuurlik iets te drinke. Maar kos gesels sal ons hier doen. Dit is my visie om hierdie ʼn lekker kos gesels rubriek te maak.

Geen kos rubriek sal volledig wees sonder om te kyk na die oorsprong van kos nie. Wanneer ons kyk na die oorsprong van kos moet ons gaan na die Bybel. Dit bevat die vroegste verwysings na kos en die kookkuns. Reg aan die begin van Genesis sien ons dat op die derde dag die plante aan ons gegee is. Op die vyfde dag is die seediere aan ons gegee. Diere is aan ons gegee op die sesde dag.

Die eerste opdrag aan die mens was om te eet van al die bome in die tuin van Eden. So kan ons dan aflei dat Adam en Eva aan die begin van vrugte geleef het. Hoe wonderlik kon dit nie gewees het nie om elke dag vars vrugte te eet nie. Vrugte wat behoorlik op ʼn organiese wyse gekweek is. Vrugte wat nie weke of dalk maande gelê het om met chemiese stowwe ryp gemaak te word nie.

Indien ons verder gaan kyk na Kain en Abel sien ons dat Abel ʼn veeboer was en Kain ʼn saaiboer was. So die oudste beroepe wat bestaan het is boerdery. Aan die begin van die skepping was dit al ʼn edele beroep en vandag is dit nog so. Daar word egter nie verwys na wat hulle geëet het nie.

Met verwysing na die sondvloed kom daar ʼn ander aspek na vore en dit is wyn. Noag was die eerste boer in die geskiedenis wat ʼn wingerd geplant het. Hy het van sy eie wyn gedrink en dronk geword.

Die vroegste verwysing na ʼn ete, of soos ons vandag seker sal se ʼn spyskaart kom in Genesis 18 voor, waar Abraham 3 besoekers gekry het. Daar het hy aan Sara toe gegaan en aan haar 16 kilogram meel gegee met die opdrag om dit te knie en roosterkoeke te bak. Vader het hy na ʼn slaaf gegaan ʼn kalf gegee en vir die slaaf gesê hy moet die kalf voorberei. Nadat die kalf voorberei was het Abraham die kalf met botter en melk na die 3 mans geneem om te eet.

ʼn Ander interessante byvoegsel tot die vroeë mense se dieet is sop. Hierdie kom uit die welbekende verhaal van Esau en Jakob. Wat hier verder ook genoem word is die eerste verwysing dat die mens wildsvleis begin eet het.

ʼn Hele paar jaar na Esau en Jakob se bestaan het die vroeë volk al vleis gebraai. Dit kan gesien word met die opdrag wat aan hulle gegee is met die instelling van Paasfees. Hulle moes een jaar oud lammers neem hulle slag en dan braai. Die opdrag aan hulle was "Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. Julle moet dit nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met die kop, pootjies binnegoed en al." Hierdie opdrag bring by my ʼn klompie vrae op soos Het hulle vleis rou gee-eet op ʼn stadium? Was dit hulle gewoonte om hulle vleis in water te kook? Onthou hier dat hulle al die vleis moes eet wat hulle gebraai het. Dit laat ʼn lekker lang gril hier teen my ruggraat afgaan as ek net dink aan die kop en pootjies.

So sien ons dan dat die mens begin het om vrugte te eet en namate die tyd gevorder het, het hulle oorgegaan na graan en vleis. Toe ek so ʼn bietjie navorsing gedoen het, het ek gesien dat die mens daardie tyd lank geleef het en baie hoë ouderdomme bereik het. Nou kom die vraag op was die grootste rede nie dalk hulle dieet nie. Was dit nie dat hulle in die meeste gevalle rou en organiese voedsel eet-eet het nie? Moet ons nie dalk terugkeer na ʼn meer growwe en natuurlike dieet nie?

My Pa was ʼn slagter van beroep, hierdie was sy gunsteling vers in die Bybel: 1 Kor 10:25 "Alles wat in ʼn slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen." Hierdie aanhaling het altyd gevolg nadat ek nie afval wou eet nie.

Pa Jan Lombard

Terug na Indeks

DIE ETE

Kersfees Dit is nou al amper weer daardie tyd van die jaar waar ons voorbereidings begin tref vir Die Ete van die jaar. Die ete wat ek hier van praat is natuurlik ons Kersete. Ek het so gesit en dink waar kom al die tradisies en die baie eet vandaan. Daarom het ek gaan kyk waar kom Kersfees vandaan.

Met Kersfees vier ons die geboorte van Christus. Eeue gelede was die dag nooit gevier of herdenk nie. In die jaar 274 AD het die Romeinse Keiser Aurelian Desember 25 verklaar as Natalis Solis Invicti, wat nou vir ons gewone mense maar net beteken die fees van die geboorte van die onoorwinlike son en wat ʼn heidense gebruik was. In die jaar 354 AD het ʼn man genaamd Philocaluas ʼn Christen geskryf wat die geboorte van Jesus plaas op 25 Desember. Hy het ouer werke aangehaal om sy punt te bewys. Sedert die jaar 355 AD is daar bewyse dat die kerk van daardie tyd Kersfees gevier het.

Ander bronne beweer dat Kersfees op 6 Januarie gevier is volgens die Julian kalender. In 1734 toe daar oorgeskakel is na die Grigorian kalender is daar finaal besluit op die 25ste Desember. Daar word beweer dat Pous Julius I die 25 ste Desember gekies het as Kersdag om ʼn teenkanting te bied teen die Pagan’s se fees Natalis Solis Invicti.

Kersvader of te wel Santa Claus Santa Claus of te wel Kersvader gaan eindelik oor die lewe van Saint Nicholas. Hierdie man was ʼn Roomse Biskop in die 4de eeu in Asia. Soos die storie gaan het Saint Nicholas eendag anoniem ʼn sak goud deur ʼn skoorsteen gegooi om ʼn man se dogter te help om haar bruidskat aan te skaf. Hy het ook so die tweede dogter gehelp. Met die derde dogter word hy uitgevang. As erkenning van sy goedhartigheid het die mense begin om geskenke deur skoorstene te gooi.

Kersboom In 1841 was Kersfees iets besonders in Engeland. Dit is toe Prins Albert, Koningin Victoria se man die eerste Kersboom na die Kasteel toe gebring het. Van daar af het die Amerikaners ook die gebruik oorgeneem. Die tradisie is oorgeneem na Amerika in 1842 deur Dr C F Minnegerode.

Kos en Kersfees Met al die navorsing het ek nog nie op ʼn rede afgekom waar kom die groot eet vandaan nie. Maar my mening is dat op die dag wat ons SY geboorte herdenk wil ons net naby aan ons geliefdes en families wees. Dit is die eendag wanneer ons die beplanning doen vir die ete ons nie spaarsamig is nie.

Elke familie het sy eie manier wat hy op sy spyskaart sit vir daardie dag, maar wees verseker dit sal ʼn spesiale spyskaart wees. By ons is dit die tonge, soutvleis en ham wat voorkeur kry. Daarby is daar nog ʼn paar lekker slaaie, veral skoonma se rys slaai. Dan natuurlik so ietsie om te drink en vir na ete lekkers, doop souse skyfies en allerhande peusel goed. Die middag is nie volmaak sonder die Kersfees koek wat al in Oktober bestel is nie.

Nou die dag het ek so stukkie gelees oor navorsers wat gesê het dat Jesus moontlik in April gebore is en nie in Desember nie.

Dit is en bly maar ʼn wonderlike dag om te vier. Rustig en saam met geliefdes.

Terug na Indeks

Begrafnismaal

Iemand wat baie tyd op sy hande gehad het, het eendag uitgewerk dat ʼn mens in sy leeftyd sowat 20 000 ure spandeer aan eet. Dit is ongeveer 834 dae, net meer as 2 jaar van jou lewe eet jy. Dit is eindelik astronomies as mens daaraan dink. Dit is geen wonder dat die dag as ons die tydelike met die ewige verwissel mense ook eet nie.

In die ou Germaanse tye is daar offergawes op die grafte geplaas. Hierdie dode-offers is later vervang met lijkmaal. Die Germaanse lijkmaal is by die graf gehou. So is die gebruik ook oorgedra Nederland toe. Teen die 17de eeu is daar buitensporige en uitspattige begrafnis etes gehou. By vername boere is die maal sommer 2 dae lank gehou.

So het die tradisie ook oorgewaai na Suid Afrika toe. Adam Tas maak in sy dagboek melding van ʼn Stellenbosch begrafnis op ʼn buurplaas. Hy het die volgende na die buurplaas gestuur : 5 emmers wyn, 1 ham, 3 stukke skaapvleis en 3 brode. Hy het gemeen dat die oorledene in “goede fatsoen” begrawe is. Die verskeidenheid voedsel en veral die hoeveelheid het aangetoon hoe welaf die oorledene was.

Daar is verskeie begrafnis rekeninge in die Kaapse argief wat aantoon dat brood en koekies ook geëet is tydens begrafnisse. In die begin van die 18de eeu is die etes by die sterfhuis gehou met brood en wyn. Tydens die 18de eeu is daar ook begin om begrafnisrys, rys gekook met borrie en rosyne, saam met vleis voor te sit.

Daar is natuurlik ook nie net by eet gehou nie maar waar kos is, is drank ook. Gewoonlik is by die etes wyn en bier gedrink. Later het wyn begin om ʼn al hoe belangriker rol te speel, soveel so dat die mense beskonke (wat ʼn mooi woord) huis toe gegaan het

In die ou dae is daar aangevoer dat die mense van vêr gekom het en na die begrafnis en dan na die begrafnis is hulle dan vir ʼn ete genooi by die oorledene se huis. Die ete is ook gesien as eerbetoon aan die oorledene en dan is daar ook nog gevoel dat die oorledene dit so sou wou gehad het aangesien die mense sou dink hy is suinig as daar nie ʼn ete by sy huis was nie.

In latere tye het die begrafnis maal sommer in ʼn feesmaal ontwikkel. Met ʼn begrafnis is skape geslag en bure het eetgoed saamgebring. Die tafels het gekreun onder die frikkadelle, sousboontjies, rys en aartappels. Dit was ook tradisie dat ʼn goeie beleë wyn saam met die ete bedien moet word. So het mense dan ook vaatjies wyn bo op die solder saam met hulle kiste gebêre. In 1907 is daar gemeld dat ʼn Kotze van Redelinghuys se begrafnis wyn 53 jaar gestaan en verouder het.

Blykbaar in daardie jare het die predikante gesukkel om die mense te oorreed om nie wyn saam met die maal te bedien nie. Want blykbaar het dit te lekker gegaan op die etes.

Soos die tye verander het, het die begrafnis maal ook verander. Aangesien mense nie meer dae lank moet rys na ʼn begrafnis toe nie, word daar nog geëet maar op ʼn baie kleiner skaal. Maar eet moet ons eet op ʼn begrafnis al is dit net ʼn toebroodjie.

Terug na Indeks

Sushi

ʼn Mens se lewe is so vol kosbare ervarings en gedagtes. Partykeer kos dit net ʼn woord of reuk om ʼn wonderlike en onvergeetlike gedagte op te roep en te herleef. So ʼn paar jaar gelede besluit ons om een aan Sjinese kos te gaan eet. By die restaurant aangekom sien ek op die spyskaart dat hulle ook Sushi het. Vol avontuurlus en bravade kondig ek aan dat ek Sushi gaan eet vir die eerste keer in my lewe. My seun, toe so 13, sê dat hy ook Sushi wil eet. My eks het aan hom gevra of hy weet wat Sushi is. Ja ek weet, was sy antwoord.

Ons twee porsies Sushi het aangekom sowel as my eks se Sjinese kos. Ons spring daar weg met die stokke en begin eet. My seun het so een hap van sy Sushi geneem en was nie baie beïndruk nie. My vrou sê toe aan hom wat Sushi is. Net daar het hy ander kos bestel en ek was so gelukkig om sy Sushi die volgende oggend te eet.

Sushi het ook ʼn ryk en lang geskiedenis. Sushi is baie ouer as wat die meeste lande in die wêreld is. Die eerste teorie is dat Sushi na Japan toe gekom het van Sjina af, sowat in die jaar 700. In daardie tyd het die mense nog geen manier gehad om kos en veral vis vir lang periodes te hou nie. Vandag is dit maklik want jy maak net die vrieskas se deur oop en haal jou vis daaruit. Maar wat die mense gedoen het was om vis, veral karp, te neem en in lae te pak met sout tussen die lae vis.

Die vis is dan gepers deur swaar klippe op hulle te sit om sodoende die vis so plat as moontlik te kry. Na ʼn paar weke is die swaar klippe afgehaal en vervang met ligter klippe. In die hele proses het die vis begin fermenteer. Die vis het ʼn baie sterk smaak gehad en het glad nie soos vis geproe nie. Maar dit was die enigste manier gewees wat die mense vis kon stoor vir die winter. Vandag word Sushi nog so op ʼn kleiner skaal gemaak. Dit word genoem Narezushi.

ʼn Sjef genaamd Yohei het die storie so gekyk en besluit om Sushi te maak deur rou vis en rys te gebruik. Dit is soos dit ook vandag aan ons voorgesit word. Die mense was mal oor die nuwe manier van Sushi. Daar is twee definitiewe verskillende style van Sushi in die wêreld. Die eerste styl is Kansai en die tweede styl is Edo. Dit klink vir my eerder soos iets wat jy sal sê as iemand jou met ʼn karate hou slaan.

In die Kansai styl word gegeurde rys met ander bestanddele gemeng en word saam met die rou vis gevorm in dekoratiewe eetbare skeppings. Hierdie styl is baie mooi om na te kyk en ook baie heerlik om te eet. Die Edo styl word vandag die Tokio styl genoem. Hierdie styl lê meer klem op die vis as die dekoratiewe. Aangesien Tokio aan die see grens het hulle ʼn groter verskeidenheid van vis om Sushi mee te maak. Hier word die rou vis opgedien saam met gegeurde rys. Hierdie Edo styl word ook die Nigirsushi genoem.

Sushi is nie net smaaklik nie maar ook baie gesond. 7 tot 9 stukke Sushi bevat sowat 450 kalorieë. Die vis is natuurlik ʼn proteïne bron. Die groente verskaf vitamines. Die seewier is ook ʼn bron van yster. Vandag se Sushi word ook van gaar vis sowel asook net van groente gemaak.

Saam met die Sushi word Soja sous en Wasabi bedien. Wees net gewaarsku Wasabi is baie warm. Jy moet jou Sushi met die Soja sous en Wasabi meng tot jy die regte smaak het en dan eet. Saam met die Sushi kom ook ingelegde gemmer.

Ons kan ook sekerlik nie gril vir Sushi nie want ons eet rou gedroogde vleis. Met kennis kom mag. Noudat u ʼn redelike kennis van Sushi het kan ʼn gerus by ʼn Sushi restaurant gaan eet en die Sushi belewenis ervaar. Dit is nou wat ek ʼn smaak ontploffing in die mond noem. Neem daardie stap u sal nie spyt wees nie.

Terug na Indeks

Slaaie

ʼn Slaai is iets wat baie keer eie aan ʼn huis of huisgesin is. En elke huisgesin het sy eie spesiale slaai wat voorberei word en wat met trots voorgesit word wanneer die gaste kom kuier. Die verslankers eet net slaai om hulle maer te kry en ander hou weer van slaaie op ʼn heerlike warm dag. Maar vir my is slaai iets wat daardie kunstigheid en kreatiwiteit van jou na vore kan bring.

Met enige kosmaak en nie net met slaai nie is daar een geheime bestanddeel wat jou kos spesiaal kan maak en dit is die liefde waarmee jy die kos voorberei. Dit het al baie met my gebeur dat ek ʼn resep moet maak wat ek al by iemand geëet het en dan proe dit net nie dieselfde by my nie. Maar dan onthou ek die geheime bestanddeel en siedaar werk die resep.

Om ʼn heerlike slaai voor te berei kan jy begin met ʼn basis slaaiblare. Indien jy so bevoorreg is om vars kruie in jou tuin te hê kan jy gerus van dit ook in die slaai gooi. Aan die begin sal ek voorstel dat jy spaarsamig moet wees want party kruie kan nogal geniepsig op die tong wees. Daarby kan jy groente byvoeg of partykeer sommer kaas of neute of droë vrugte of net wat jy in die huis het.

Wat nog mooi kleur aan ʼn slaai kan gee is roosblare. Die blare is soeterig en ruik heerlik. Viooltjie blomblare kan ook gebruik word. Nasturtiums proe peperrig en kan ook by ʼn slaai gevoeg word.

In plaas daarvan om ʼn slaaisous te maak kan jy gerus probeer om so ʼn bietjie sitrus sap oor te gooi. Onversoete lemoen sap, lemmetjie sap, pomelo sap of suurlemoen sap kan wondere verrig aan ʼn doodgewone slaai. Vervang asyn met lemmetjie sap in jou slaaisous. Lemmetjie sap verander die smaak van ʼn seekos, hoender of groente slaai van doodgewoon na ʼn smaak sensasie.

ʼn Maklike slaai of heerlike voorgereg kan vinnig gemaak word deur avokado blokkies met en pomelo segmente te meng en dan strokies hoender of gekookte garnaal by te voeg. Bedien net op gesnyde slaaiblare.

Lemoen segmente saam met gesnyde beet smaak vorentoe en is ʼn heerlike gesonde slaai. Lemoen segmente saam met pasta of rysslaai is heerlik. As jy die slaai eers so saam met lemoen geëet het sal jy nie sommer weer jou beet, pasta of rysslaai maak sonder lemoen nie.

ʼn Gunsteling slaai van my is slaai. Dit is ʼn heerlike en kleurvolle slaai wat ek graag met julle wil deel. Vir die slaai het julle 6 tot 9 gekookte eiers, ʼn bottel Miracle Wip, slaaiblare en ʼn botteltjie fyn biltong nodig. Kerf die slaaiblare fyn en plaas ʼn derde van die slaaiblare in ʼn bak. Neem nou miracle wip en smeer oor die slaaiblare. Gooi nou fyngedrukte en gekookte eier oor en rond af met ʼn lagie fyn biltong. Herhaal 2 of drie maal. Gebruik ʼn deurskynende glasbak want die slaai sal baie beter daarin vertoon.

Gee julle kreatiwiteit vrye teuels wanneer dit by die maak van slaai kom. Probeer om al die ou gunstelinge op te kikker met een of twee onbekende bestanddele.

7 Laag Slaai

Terug na Indeks

Arm Kos

Om arm te wees as dit nie jou skuld is nie, is nie vir my ʼn skande nie. Mens kan maar sê dat ek eersterangse ondervindinge het van die saak. As die armoede jou vang en jy afhanklik is van ander mense dan is die kos kaste maar aan die leë kant en jy moet doen met wat jy het. Daar is nie meer hierdie vreeslike braaivleise waar jy nog 2 dae na die tyd koue braaivleis eet nie.

Wat gedoen as jy nie die begroting het om so ʼn ietsie ekstra in die kos kasse te sit nie? Op daardie stadium begin die innovasie eindelik met kosmaak. Dit is wanneer jy regtig begin kook met alles in jou en begin om alles wat jy tot jou besit het optimaal te gebruik.

Een van my goeie vriende wat al ook so ʼn paar keur deur die meule van werkloosheid is (nie sy skuld nie), het sy arm resep gedeel met my gedeel. Hy braai ʼn ui in olie tot goudbruin. Dan kerf hy ʼn koolkop op (kleinerige een). Braai die koolkop saam met die ui. Dit is die basiese resep. Dan kom van alles en nog wat by van wat daar nog in die huis is. Aartappels kan in klein blokkies gesny word en bygevoeg word, of as jy gelukkig is kan jy ʼn green pepper byvoeg en saam met die ui braai. Wortels kan ook in klein blokkies gesny word en bygevoeg word.

As daar dan ʼn ekstratjie in die beursie is word ʼn blikkie boeliebief of pakkie Weense worsies of frankfurters bygevoeg word. Nou kan die deksel opgesit word, en oor stadige hitte kan die spulletjie staan en prut. Die groente het genoeg vogtigheid in hulle om stoom te vorm en water hoef nie bygevoeg te word nie. Wanneer die groente sag is kom die sout, peper en ander geurmiddels by. Andries voeg ook Barbeque speserye by. Die kooksel kan alleen ge- eet word as hoofgereg, af as bygereg. Dit is heerlik saam met rys of pap. ʼn Heerlike 5 ster arm resep.

Partykeer het mens net nie genoeg groente van een soort om gaar te maak nie. Toe kom my eks met die idee vorendag. Kook alle bietjies wat jy het saam. Ek het toe die groentes so gekyk en besef dit kort nog iets en ek het ʼn suur eier sous gemaak en saam met die groente voorgesit. Heerlik.

Met maalvleis kan ek ook op ʼn goedkoop manier toor. ʼn Mens kan nie elke tweede aand net gewone maalvleis eet nie. So dit is wanneer ek die resepte boek nader trek en begin om weer frikkadelle te maak, of as ek alles het . Natuurlik so na aan die einde van die koskas kom daar ook sommer alles in die maalvleis in. Dit is nie te sê as mens nie geld en of kos het dat jy nie jouself so nou en dan kan bederf nie. Ek is mal oor braaivleis. As ek kon maalvleis gebraai het sou ek dit gedoen het. In plaas daarvan om hoender op elke moontlike manier gaar te maak, het ek partykeer ʼn paar stukkies hout in die braaier gesit en dit gebraai. Koningskos. Hoender is nou juis nie dieselfde as ʼn stukkie steak nie. As jy lanklaas so ʼn stukkie braaivleis geëet het, is hoender net so lekker as steak. Terug na Indeks Van Groot Gat na Maer Gat

So ʼn ruk gelede was daar ʼn Kompetisie in Cullinan gewees wat hulle genoem het die Groot Gat Godin. Dit was ʼn skoonheidskompetisie met ʼn verskil gewees, want al die dames wat aan die kompetisie deelgeneem het, was, wat sal ons nou sê, groot van gestalte gewees. Cullinan is natuurlik bekend daarvoor dat dit die plek was in Suid Afrika waar die eerste diamant opgetel was. Die groot gat kom seker van Cullinan se diamant gat af.

Hier is nou ʼn paar stukkies wyshede om van die groot gat ʼn kleiner gat te maak. Myself is nie juis van die kleinste nie.

• Eet twee tot drie keer meer groente as vleis. Die groente sal jou gou versadig maak en jy sal dan so minder vetterige vleis eet. • Laat die velle waai. Wanneer jy hoender gaarmaak, vermy die versoeking en trek die hoender se vel af. Jy sal so plus minus 15 kalorieë minder inkry. • Drink minder 100% suiwer vrugtesappe en eet meer vars vrugte. Wanneer jy vrugtesappe drink kry jy meer gekonsentreerde kalorieë en baie min vesel. Hier is iets wat my geskok het, lemoensap bevat meer kalorieë as wat Coke bevat. Ja vrugtesappe is gesond. Maar hou net matigheid voor oë. • Maak jou middag broodjie van volgraan brood. Volgraan brood bevat meer vitamines en ander goed wat gesond is. • Probeer om meer groente saam met jou middag broodjie te eet. Maak ʼn slaai, of neem die slaai en sit dit in ʼn pita broodjie. Slaai sal die hongerpyne verdryf wat so in die laatmiddag pla. • Probeer om lae vet kaas te eet. ʼn Lekker dik stuk kaas oor die burger kan meer kalorieë bevat as wat die burger self bevat. Onthou net altyd om die etiket te lees, veral wanneer jy lae vet kaas koop. Ek het dit al self ervaar dat sekere “lae vet” produkte meer vet bevat as die gewone produkte. • Wanneer jy daardie toebroodjie maak, probeer om net blare en tamaties, of enige ander groente op te sit. • Probeer om minder of geen koeldrank te drink nie. Onthou daardie blikke koeldrank bevat omtrent 145 teelepels suiker. Drink eerder water met ʼn skyfie suurlemoen daarin. As dit nog nie in jou smaak val nie, drink dan eerder gegeurde water. Om jou eie gegeurde water te maak meng 1 deel vrugtesap met nege dele water. • Water, water en nog water. Probeer om van jou koffie en tee wat jy drink met water te vervang. In al die diëte wat ek al gesien het, beveel hulle aan dat jy min of meer 8 glase water per dag moet drink. Nou wonder ek of dit nie dalk die water is wat help met die gewigsverlies nie. • Probeer om laevet melk te gebruik. • Indien jy ʼn gesonde eetlus het, en daardie aandete behoorlik geniet en na die tyd nog peusel, probeer om rou groente voor jou aandete te eet. Dit sal jou versadig laat voel en dan sal jy nie meer so gretig wees om daardie bord aan te val nie. • Wanneer jy jou lus nie meer kan hou vir daardie burger nie, gaan koop vir jou een maar bestel dan die “kiddies” burger. Hy is net so lekker maar heelwat kleiner. Kleiner = minder kalorieë. • Wees maar spaarsamig as jy slaaisous gebruik. Daar is nou ʼn vet bom. Probeer om sommer ʼn slaaisous te maak van asyn’ sout en peper. Of probeer om suurlemoensap oor jou slaai te gooi. Dit is heerlik en bring ʼn ander smaak dimensie na vore. • Eet minder nagereg. Moet nie die hele bakkie eet nie, los sowat ʼn kwart van die nagereg oor. Jy kan dieselfde doen met kos. Leer jouself om minder te eet. Los daardie tweede aartappel of helfte van jou porsie rys in jou bord.

Die bogenoemde is vir ons mense wat wil probeer om gesonder te leef. Maar vir die dames wat aan die Grootgat kompetisie deelneem, het ek net een stukkie raad voor en dit is eet, eet en nogmaals eet.

Cullinan Se Gat

Terug na Indeks

Die Olifant as Ete

In my soeke na die oorsprong van kos het ek afgekom op ʼn boek geskryf deur Alexis Soyer (1809 –1859). In hierdie boek beskryf hy nogal in redelike detail die oorsprong van kos en hy gee ook ʼn paar resepte van hoe om sekere soorte voedsels gaar te maak. Graag sou ek van die resepte wou weergee maar die kruie en speserye wat hulle gebruik is onbekend en sal nie eindelik sin maak nie.

Die Amerikaners en veral die van Texas af is geneig om te dink dat alles groter en beter is by hulle. In die boek van Alexis Soyer word iets beskryf wat groter en beter is hier in Suid Afrika en dit is die gaarmaak van olifante.

Sekere nomadiese volke van Asia en Afrika word geglo om versot te wees op gebraaide olifante. Die Egiptenare het sovêr gegaan om hierdie delikatesse in die hande te kry dat Koning Ptolemy Philadelphus hulle verbied het deur streng wetgewing om olifante te jag. Dit het hulle egter nie afgesit nie. Al wat die wet veroorsaak het was dat die olifant se vleis nog ʼn groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het.

In sekere barbaarse volke het hierdie smaak ook byval gevind. Le Valliant, ʼn gesoute reisiger vertel die eerste keer toe hy die eerste keer ʼn Olifant se slurp ge-eet het wat deur die Hottentotte aan hom voorgesit is. Hy het besluit dat dit nie die laaste keer is wat hy die vleis gaan eet nie aangesien dit die mees eksotiese smaak is. Sy voorliefde is egter vir die voet van die Olifant.

Le Valliant skryf soos volg: Hulle sny die vier voete van die Olifant af. Daarna het hulle ʼn gat in die grond gemaak van ongeveer 3 vierkante voet. Hierdie gat is gevul met houtskool en bo die houtskool is droë hout gesit. Die vuur was heelaand aan die gang gehou. Wanneer die Hottentotte gedink het dat die gat warm genoeg is gedurende die nag, het hulle die gat leeg gemaak. Binne in die gat is die vier pote van die Olifant gesit. Die gat is gevul met warm as, houtskool en droë takke. Die vuur is aan die gang gehou tot die volgende oggend.

Hier skryf Le Valliant dat hy die volgende oggend deur sy bediendes bedien met vleis. Hy gaan aan om te beskryf dat nadat hy die reuk gekry het hy nie vinnig genoeg die vleis proe nie. Sy slot opmerking is dat hy nie kon verstaan dat ʼn dier so groot en lomp, so ʼn delikate en fyn voortbring nie. Hy noem ook dat die Hottentotte die ander dele van die dier ook gaargemaak en ge-eet het.

Dit is seker nie baie van ons se wens om gebraaide Olifants voet te eet nie. Maar dit is seker ʼn ondervinding wat nie baie gou vergeet sal word nie. Soos op ʼn onlangse ATKV se kongres is daar ʼn krokodil gebraai. Hulle se nie hoe dit geproe het nie. Miskien sal ek eendag waagmoed kry om Olifant of Krokodil te eet.

Terug na Indeks Appelasyn

Appelasyn word beskryf as ʼn wonder middel en baie mense glo dat appel asyn omtrent enige kwaal of skeet kan gesond maak. Ek staan nie skepties teenoor die wondere toegedig aan appelasyn nie, aangesien dit ʼn natuurlike produk is glo ek nie dat dit skade sal aanrig nie.

“A Apple a day keeps the Dr away”. Hierdie ouvrou storie word baie keer deur ons moderne mens afgelag. Maar soos die wetenskap vorder hoe meer bewys die wetenskap dat die gesegde waar is, want in appels is daar nie minder as 10 elemente. Daar is ook ʼn hordes spoor elemente teenwoordig in appels. Wanneer appelasyn gemaak word dan gaan al die goedheid van die appels in die appelasyn in.

Sommer so aan die begin van my navorsing het ek al agtergekom dat hulle sê dat appelasyn ʼn baie goeie detox middel is. Dit sorg dat sekere organe soos die lewer, niere en blaas gesond bly. Dit oksideer ook die bloed wat dan lei tot dunner bloed en ʼn laer risiko tot hartkwale.

Daar is ook ʼn studie gedoen met ʼn groep mense waarvan die een helfte appelasyn saam met water voor hulle ete gedrink het en die nader helfte het net aangesit. Dieselfde ryk maaltyd is aan die mense voortgesit. Die mense wat die appelasyn gedrink het, was glad nie ongesteld nie. Dia ander mense daarteen het diarree gehad en het nie wel gevoel nie.

Aangesien appelasyn so ryk is potassium help dit om die gebreke wat dit veroorsaak reg te maak soos bv. tandbederf en gesplete vingernaels. Appelasyn help ook van oorgewig tot artritis. Die beste manier om jou gesin gewoond te maak aan appelasyn is om dit gebruik in plaas van gewone asyn. Appelasyn saam met heuning is ook ʼn baie goeie plaasvervanger vir koffie en tee. Dit is ʼn besliste moet vir elke gesondheidsbewuste. Die appelasyn sal slegs die gewenste uitwerking hê as dit gereeld gebruik word.

Persoonlik kan ek net vertel van my eie ondervinding met appelasyn. In die oggende wanneer ek opstaan uit die bed uit, het my een knie so gekraak dit het amper geklink asof ek op my laaste was. Nadat ek seker so ʼn week appelasyn in die oggende gedrink het is die gekraak weg. Daar is nog soveel wonderlike dinge wat ek graag oor appelasyn wil sê maar die spasie is beperk, so volgende keer skryf ek meer van die natuur se eie wonder produk.

Terug na Indeks

Appelasyn II

Hier is die beloofde opvolg die Appelasyn artikel. Ek val sommer dadelik met die huis in die met die deur met al die rate. Onthou net dat siektes baie oorsake het en as jy appelasyn gebruik en dinge word nog nie beter nie binne ʼn paar dae nie, gaan spreek eerder jou geneesheer. Onthou ook net dat ons hier met natuurlike produkte te doen het, en dat dit miskien ʼn rukkie langer sal neem om te werk.

Artritis Gooi twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in ʼn glas water (lou water), roer en drink drie keer per dag. Verder kan mens die aangetaste dele ook daagliks smeer met appelasyn.

Asma Een teelepel appelasyn moet in ʼn glas water gegooi word. Die water moet dan drupsgewys vir die volgende halfuur gedrink word. Na ʼn verloop van ʼn vêrdere halfuur moet weer ʼn glas appelasyn water gedrink word. Hierdie sal ek net aanbeveel in ʼn noodgeval wanneer medikasie nie beskikbaar is nie.

Bloedverlies Wanneer jou neus sonder enige rede begin bloei of jy bloei redelik lank as jy jouself gesny het kan dit beteken dat jou bloed se natuurlike stollings middel moet so ʼn bietjie opgebou word. Neem twee teelepels appelasyn in ʼn glas water drie keer per dag.

Diarree Neem twee glase water met een teelepel appelasyn daarin voor en na elke ete.

Duiseligheid Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning drie maal per dag. Binnekort sal jy sommer weer perdfris wees.

Hoes buie Hoes buie kan deur baie dinge veroorsaak word. Maar as dit net sommer ʼn irriterende hoes is neem twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in lou water drie keer per dag voor etes of wanneer die hoesbui begin. Hou gerus so ʼn glas muti langs die bed ingeval jy in die nag begin hoes.

Hooikoors Sowat twee weke voordat die hooikoors seisoen begin moet jy een teelepel heuning neem na elke maal. Daarna moet jy drie keer per dag na ete ʼn teelepel heuning saam met een teelepel appelasyn in ʼn glas lou water neem. Haar verlies Neem een teelepel appelasyn in ʼn glas water, saam of net na etes. Binne twee maande sal die haar verlies sy moses teëkom.

Moegheid en slaaploosheid Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning sowat 1 uur voor jy gaan slaap. Voor jy jou oë uitvee is jy aan die slaap. Indien jy na ʼn uur nog wakker is moet jy weer die dosis herhaal.

Terug na Indeks

Bybel, Kos en politiek

Dit klink amper soos ʼn onderwerp wat op ʼn braai bespreek word, as jy so gedink het is jy heeltemal verkeerd. Omdat ek ʼn passie het vir kos het ek begin om stadigaan ʼn studie te maak van alles oor kos in die Bybel. Dit Is nogal interessant wanneer mens so alles kan sien wat die mense geëet het, wat hulle gedoen het en hoe die mense se eetgewoontes verander het.

Daar is natuurlik al die bekende verhale van die lensiesop, die ete wat voorberei moes word net voor die uittog uit Egipte. In Joshua 9 praat hulle van padkos. Rut het byvoorbeeld toe sy koring are gaan optel het die middag saam met die werkers brood en wynsous geëet. Toe Dawid gevlug het vir koning Samuel het hy kos gekry vir 600 manne by Abigail. Die voorraad wat hy gekry het was 200 brode, 2 kruike wyn, 5 gaar gemaakte skape, 5 emmers gebraaide koring en 200 honderd koeke gedroogde vye. Dit was seker net genoeg gewees vir 1 ete.

As julle gedink het dit is baie dan moet julle in 1 Konings 4 gaan lees wat was Salomo se daaglikse kasvoorraad gewees. Julle sal dink en jok maar gaan lees self as julle my nie glo nie. 5 Ton fynmeel, 10 ton broodmeel, 10 vetgevoerde beeste, 20 veld beeste, 100 stuks kleinvee behalwe nog takbokke, gemsbokke, ribbokke en vetgemaakte pluimvee. Dit is ʼn magdom kos. Ongelukkig weet ons nie hoeveel mense met die voorraad gevoer is nie.

In 2 Konings praat hulle van die beleg van Samaria en die hongersnood wat met die beleg geheers het. ʼn Donkie kop het ʼn kilogram silwer gekos en ʼn skeppie duiwemis het sewe en vyftig gram gekos.

Wat ook baie interessant is, is al die rein en onrein kos soorte wat in Levitikus bespreek word.. Soos ons almal weet is daar net sekere kosse wat die Jode eet. Soos varkvleis is natuurlik in hulle oë onrein en hulle eet dit glad nie. Jode wat in ons Westerse werke werk, eet ook nie sommer saam met ander mense nie. Vis van enige smaak en geur is vir hulle aanvaarbaar. As ek reg kan onthou eet die Jode ook nie die agterkwart van ʼn bees nie maar net die voorkwart.

Al hulle vleis moet natuurlik kosher wees en moet afsonderlik voorberei word. Ons almal het natuurlik ʼn idee hoe dit werk. Aan die anderkant van die spektrum kry mens die Moslems. Hulle eet ook nie varkvleis nie, hulle vleis moet Halaal wees, ook op ʼn spesiale manier voorberei word. As hulle nie seker is of dit halaal is nie eet hulle dood eenvoudig nie. Hierdie klink vir my soos ʼn refrein maar volgens my is daar baie min verskille in die Jode en die Moslems se eetgewoontes. Ek weet dit is hier baie vereenvoudig, maar lyk my hoe vêrder hulle van mekaar af wil wees, hoe nader is hulle eindelik aan mekaar.

Terug na Indeks

Wyn

Waar daar goeie kos, goeie wyn en goeie geselskap is word daar natuurlik goeie herinneringe gemaak. ʼn Ruk gelede het ek so aan die geskiedenins van wyn geraak en wil nie nou verder daaroor uitbrei nie. Hier volg maar ʼn baie kort opsomming hoe wyn gemaak word.

Die boer neem sy druiwe na die ko-operasie. Daar word die druiwe geweeg. Daar word dan ʼn monster van die druiwe geneem en dan getoets met ʼn Baling of Refracto meter getoets vir suikerinhoud. Die suurinhoud van die druiwe word dan ook hier bepaal.

Die vrag word dan in die meule gegooi waar die druiwe so fyngemaak word dat die sous van die druif uitkom maar die druiwe pitte nie gekneus word nie. Indien die druiwe pitte gekneus word stel dit ʼn olie en suur vry wat ʼn byterigge smaak aan die wyn sal gee.

Die druiwesap word nou verkoel en laat staan vir 24 uur om toe te laat dat sedimente na die boden toe kan sak. Die sedemente word op verskeie maniere verwyder. Die sedemente bestaan uit takkies, pitte en druiwe skille. Sodra die wyn sy graad van helderheid verkry het word dit na die fermetasietenks geneem.

By die fermetasietenks word ʼn aktiewe gis bygevoeg. Die wyn word nou gelos om die natuurlikke proses van die omskakeling van die suiker na alkhol te voltooi. Hoe meer suiker in die wyn is natuurlik hoe soeter is die wyn, hoe minder suiker in is na die fermentasieproses hoe droër is die wyn. ʼn Droë wyn moet minder as 4 gram per liter suiker hê.

Temperatuur speel ook ʼn baie belangrike rol in die wynmaak proses. Bo 32.2 grade gaan die gis se selle dood en onder 4.4 grade word die gisselle dormant. So die wynmaker moet altyd sorg dat die temperatuur reg is. Die wynmaker besluit op watter stadium hy die proses stop.

Na die fermentasieproses word die wyn gebottel. Chardonias word op drie maniere verouder naamlik in ʼn staaltenk, of in ʼn staaltenk met hout daarin of in houtvate. Die manier van veroudering het natuurlik ʼn sterk invloed op die smaak van die wyn.

Die groot verskil tussen die rooi- en witwyne is die kleur van die skil. Vir rooiwyne word die skil ingelos met die fermitasieproses. Die skil gee die kleur aan die wyn. Druiwesap is kleurloos. Meeste van die rooiwyne word in houtvate verdouder. Hout gee dan weereens daardie unieke smaak aan die wyn.

Wat interessant is omtrent die druif is dat die druif so deur die Vader geskep is dat ʼn mens hom net soos hy is kan gebruik om wyn mee te maak. Om die druif is ʼn laag gis wat, sodra die skil gebreek word, in aanraking kom met die suiker in die sap om dan die suiker in alkohol te verander. Die sap van die druif is ʼn amper perfekte balans van nitrate om te verseker dat die gis kan groei. So sonder ʼn vreeslikke kennis van wynmaak kan ons begin eksperimenteer om ons eie wyn te maak.

Kos en wyn reëls bepaal watter wyn sal pas saam met watter tipe vleis of gereg. Maar gelukkig is daar van die meer moderne wynmeesters wat aanbeveel dat ʼn mens die wyn drink waarvan jy hou en nie juis moet steur aan die reëls nie. Daarom dink ek nog steeds dat ʼn goeie Cabernet goed saam met vis gaan.

Daar is ook al baie gepraat dat mens rooiwyn moet drink teen kamertemperatuur. Hierdie kamertemperatuur is natuurlik die Europese kamertemperatuur wat so in die omgewing van 16 tot 18 grade C is. So daar is niks mee fout om ʼn bottel rooiwyn so vir ʼn uur of wat in die yskas te sit voor jy hom drink nie. Jy moet net sorg dat die temperatuur van die wyn nie onder 16 grade gaan nie. Ek glo ook verder daaraan dat rooiwyn moet so ʼn halfuur voor die tyd oopgemaak moet word sodat hy kan asemhaal. Witwyn se drinktemperatuur is so in die omgewing van 14 to 16 grade C.

Wanneer u die volgende glas wyn skink dink net aan al die harde werk wat daar ingaan om vir ons die wonderlikste van alle dranke te gee.

Terug na Indeks

Uiteet

Daar is baie min dinge wat so lekker is as om te gaan uiteet. Die geselskap en atmosfeer en natuurlik die bottel rooiwyn maak altyd ’n uiteet iets besonders. Elke mens het maar sy spesiale restaurant waar hulle gaan eet. Om dit spesiaal vir my te maak moet ek na ’n restaurant gaan waar die eienaar self aan beheer van sake staan.

Hierby sluit ek alle franchise restaurante uit. Al die sogenaamde familie restaurante en daarby ook die kitskos restaurante se kos is net vir my verbeeldingloos en smaakloos. Vra jy by so ’n plek vir iets eenvoudig, maar wat nie op hulle spyskaart is nie, dan is daar behoorlik kakofonie. Dan kan hulle ewe skielik nie dit of dat nie of jy wag ’n hele uur vir jou kos.

By Suid Afrikaanse amptelike familie restaurant, vertrap die bestuur en kelners jou omtrent wanneer jy by die deure inloop. Net daar begin die dinge vir my skeefloop. Want soveel mense wat by die deure rondhang beteken net vir my een ding en dit is ongeorganiseerd. Wanner jy dan wil bestel het al die kelners ewe skielik soos mis voor die son verdwyn.

Wat my dodelik grief is dat net wanneer jy ’n hap kos neem sal een van die honderd bestuurders wat op diens is jou kom vra of alles reg is. Gewoonlik is niks reg nie want wanneer ek ’n medium steak vra kry ek ’n well done een. Ek het al geleer om by die restaurante ’n rare steak te vra want dan kry ek hom medium. Net as die hap afgesluk is dan kom die kelner en vra dieselfde vraag aan jou. Dit is te sê as jy die kelner kan hoor deur die oordonderde musiek.

Waaraan ek ook nog ’n kleintjie dood het is wanneer die tipe restaurant dan begin besig raak en jy klaar ge-eet het, en miskien nog net so ’n rukkie wil gesels en jou laaste slukkie wyn wil drink , dan kom dans die kelner om jou tafel rond om jou aan te jaag sodat hy jou sitplek vir iemand anders kan gee.

Vir die tipe restaurante gaan dit net om een ding en dit is GELD en glad nie oor smaak en diens nie. Dit is die redes hoekom ek daarvan hou om na een restaurant te gaan. Wanneer ons daar geen sit, kom die kelner na ons. Hier moet ek byvoeg dat die kelner, as hy ons sien ons na een van sy tafels toe neem. Hy ken ons smake, grille en giere. As hy sien dat jy besig is en gesels, sal hy altyd in die agtergrond staan en wag tot jy klaar is. Hy vra ook hoe lank tyd wil jy hê voor die volgende dis moet aankom. Op die minuut sal hy dan die dis voor jou kom neersit. Nog nooit het die man ooit vir my kom vra of alles reg is terwyl ek kos in my mond het nie.

Met uiteet is daar ook sekere reëls en regulasies. Wanneer jy ’n afspraak maak, sorg dat jy op die afgesproke tyd daar is. Kanselleer die afspraak vroegtydig indien jy dit nie kan maak nie. Indien daar iets is wat nie na jou smaak is nie, roep dan die kelner of bestuurder nader en bespreek die saak rustig. Ek wil sommer iets oorkom wanneer ek op my perfekte uiteet aand na iemand anders se bulderende klagtes moet luister.

Daar word gesê dat Suid Afrikaners die mense is wat die minste kla en alles net so aanvaar. As ons nie ons sê sê nie, hoe sal die restaurante dan weet waar om te verbeter. Maar waar geld en nie die kliënt die koning is nie sal dit nie eers help om te kla nie.

Wanner ek nie van die diens of kos hou nie, sê ek dit aan hulle en dan bly ek net eenvoudig weg van daardie restaurant af, en nooit weer sal ek daar gaan eet nie. Dit is my stille rewolusie teen swak kos en diens. Dit sal nie daardie restaurant laat ondergaan nie, maar dit laat my beter voel as ek nooit weer daar gaan eet nie.

Terug na Indeks

Kokke se kombuisgeheime

Wanneer sop of bredie te sout is sny ʼn paar aartappels op en gooi in die sop. Wanneer die aartappels gaar is haal uit die sop of bredie, gooi dit weg. Die sop of bredie sal dan nie sout wees nie.

Indien die hoofdis of groente te soet is gooi ʼn teelepel appel asyn by.

As ʼn eier hardgekook is draai dit in die ronde. Hy sal eweredig draai maar wanneer hy rou is sal hy nie so eweredig draai nie. ʼn Vars eier sal sink indien jy dit in water dit terwyl die ou eier sal dryf.

Trane stort en uie skil is sinoniem. Om daar by verby te kom moet jy die ui onder water skil of plaas die ui in die yskas om af te koel. Die ui kan ook gevries word, dit haal ook die traan uit die oog.

Plaas verlepte slaaiblare in ʼn bak koue water waarin jy suurlemoensap gegooi het. Sit dit dan in die yskas vir so ʼn uur.

Gooi ʼn klein bietjie suiker in die water waarin jy groente soos wortels, ertjies, beet of mielies kook. Die groente sal hul smaak beter hou.

Plaas slaaiblare in ʼn papiersak en dan in die yskas. Moet nie die buitenste blare afhaal nie, los dit daar totdat jy die slaaiblaar gaan gebruik. Die slaaiblare sal langer hou.

Hitte laat tamaties ryp word en nie sonlig nie. So as jy die tamaties wil ryp maak plaas hulle in ʼn warm plek. Bere ook tamaties met die steeltjies na onder en hulle sal ook langer hou.

Bruinsuiker wat hard geword het kom sy moses tee wanneer jy ʼn vars snytjie witbrood in die pakkie sit en dan die pakkie toemaak. Binne ʼn paar uur is die suiker weer sag.

Plaas groen vrugte in ʼn plastiek sak met gaatjies. Dit sal toelaat dat die lug sirkuleer en dat die ethylene gas wat die vrugte ryp maak behoue bly.

Wat doen jy indien daar te veel vet in jou sop is. Neem ʼn paar ysblokkies en sit dit in die sop en roer. Voordat die ys gesmelt het haal die blokkies uit. Die vet klou aan die blokkies vas. ʼn Ander idee is om die sop in die yskas te sit vir so ʼn paar uur. Die vet word dan hard en kan maklik afgeskep word. So maak mens ook indien jy wegneem kerrie en rys koop. Plaas dit in die yskas tot die vet gestol is. Skep af en eet ʼn redelike vetvrye dis.

Marshmallows droog nie uit as dit gevries word nie. By my huis sal ek nooit marshmallows vries nie want dit hou nie so lank nie.

Indien jou bredie so ʼn bietjie aangebrand het gooi melk in want melk haal die brand smaak uit. Terug na Indeks

Nog Kombuis wenke

Baie dankie aan almal wat hulle kombuis geheime met my deel. Hier volg nog so ʼn paar geheime wat julle gerus kan beproef.  Moet nooit Appels en Wortels in dieselfde kompartement in die yskas bere nie. Appels stel ʼn gas vry wat die wortels bitter maak.  ʼn Maklike manier on kiwis te skil is, sny die kiwi in die helfte en gebruik ʼn teelepel om die vrug uit te skep. Siedaar en jy het ʼn perfekte geskilde kiwi.  Indien jy ʼn skottelgoedwasser het, gooi wit asyn in die afspoel kompartement in plaas van die duur afspoel middels. U sal verbaas wees hoe skoon u skottelgoed gaan wees.  Wanneer mens mielies kook, kan dit taaierig raak en van sy smaak verloor. Kook ʼn pot water en gooi dan die mielies in die water. Wanneer die water weer begin kook is die mielies reg om te eet en te geniet. Die manier van gaarmaak, maak ʼn groot verskil.  Partykeer het mens nodig om vleis dun te sny, maar dit is moeilik. Maar hier volg raad om dit dun te sny. Vries die vleis en haal uit vrieskas. Wanneer dit half ontdooi is sny dun.  Wanneer mens boontjies kook moet bymiddels soos tamaties, asyn, suurlemoensap liefs aan die einde van die kooktyd bygevoeg word. Die suur laat die boontjies hard en ferm bly. Voeg liewers die bymiddels by sodra die boontjies gaar en sag is.  Wanneer jy vleis in die oond braai, skil en sny twee uie in die helfte. Plaas die uie in ʼn oondpan. Plaas die vleis op die uie. Dit sal voorkom dat die vleis vasbrand en al die vet in die vleis drup af en trek nie in die vleis nie. Die uie kan ook geëet word.  Wanneer kaas by ʼn dis gevoeg word moet dit aan die einde van die kooktyd bygevoeg word en moet teen baie lae temperature kook.  Laevet kaas smelt nie maklik nie.  Wanneer jy kaas met ʼn sagte tekstuur gebruik en jy kan dit nie rasper nie, kap dit dan eerder fyn.  Maak ysblokkies deur stukkies suurlemoen skil, kersies of kruisement daarin te sit. Dit vertoon mooi en verleen atmosfeer aan die feestelike geleentheid.  Wanneer jy pons maak, vries van die pons in ʼn ring vorm. Sit dan hierdie ring vorm onder in die pons bak. Dit sal die pons heerlik koud hou en voorkom dat die ys die pons waterig laat proe.  Gooi appelasyn in plaas van melk in jou pannekoek deeg. Die asyn gee ʼn heerlike smaak aan die pannekoek.  Gebruik sitrus suiker om jou drankies mee te versoet.  Gebruik sodawater om jou vrugtesap mee aan te maak. Die drankie borrel dan sommer so op jou tong.

Hoop hierdie wenke kan u verblyf in die kombuis ʼn meer aangename een maak.

Terug na Indeks

Blatjang

Al die jare was ek onder die indruk dat blatjang ʼn eg Suid Afrikaanse instelling is maar ek was heeltemal verkeerd. Die oorsprong van blatjang lê meer noord van ons. Blatjang het sy oorsprong in Indië gehad. Dit laat my nou net dink aan iets wat een Oosterse filosoof honderde jare gelede gesê het Alle goeie dinge kom op in die ooste en gaan dan na die weste. Kyk na die son. As ek aan blatjang dink sal ek met hom saamstem.

In Indië het hulle chatni gemaak van vars vrugte en speserye. Dit was meer ʼn tipe van relish gewees. Die Engelse het die chatni teruggeneem na Engeland toe. As gevolg van die Engelse kolonialistiese uitbreiding het die chatni saamgegaan en dan ook so geland in Suid Afrika. Maar die chatni het so met die tyd saam verander van ʼn relish na ʼn gekookte mengsel.

Major Grey se blatjang het die Britte se standaard blatjang geword. Die oorspronklike blatjang is gemaak van mango’s, appels of pere. Daar word vermoed dat Major Grey slegs ʼn mitiese figuur was. Maar agter die mitiese figuur was daar seker ʼn Britse offisier wat daarvan gehou het om sy eie blatjang te maak om die kerrie wat hy geleer kook het in Indië, te komplimenteer.

Vandag nog word chatni in Indië gebruik as relish saam met kerrie. Dit word ook gebruik as souse vir warm Indiese disse. Die gereg word gemaak met hoofsaaklik met mango’s, appels en pere. Daar is ook verskeie ander bestanddele wat hulle ook gebruik om die gereg te maak. Partykeer word die sous of relish baie dun gemaak en ander kere kom dit in die lekker growwe vorm voor.

Mrs Balls se blatjang het ook ʼn lang storie. Kaptein Adkins en sy vrou was op pad van Kanada na Australië gewees, toe hulle skip langs die Kaapse kus gestrand het. Mev Adkins het saam met haar, haar familie resep gehad van blatjang. Sy het die resep oorgegee aan haar dogter Amelia.

Amelia het later getrou met Mnr H S Ball. Maar sy het nie stilgesit nie. Sy het blatjang gekook vir kerkbasaars, vriende en familie. Na die Eerste Wêreldoorlog het sy en haar man begin om die blatjang kommersieel te maak en te verkoop. Soos al ons vriende oorsee weet is Mrs Balls-blatjang die gewildste produk in die Suid Afrikaanse winkels oorsee.

Daar word ook beweer dat Mrs Balls se blatjang ook die basis gevorm het vir ʼn Johannesburgse sjef se Monkey Gland Sous. Sodra ek bevestiging hiervan kry sal ek julle laat weet. Net hier dink ek kan ons ook dankie se aan die skip wat aan die Kaapse kus gestrand het. Kan julle julle self indink wat sou die selfvoldane Australiërs gemaak het as hulle Mrs Balls se blatjang ook nog moes gemaak het.

Geniet maar Mev Balls se blatjang wat oor honderde jare heen toevallig een dag hier in ons skote geland het. Terug na Indeks Esau se sop

So ʼn rukkie gelede het ek weer die verhaal van Esau gelees en gewonder hoe het die sop geproe waarvoor hy sy eerste geboortereg verkoop het. Ek het deur al my resepte gesoek en op die volgende resep afgekom.

500 g Sopbene ʼn Bietjie spek 10 k water 2 uie fyn gekap 2 aartappels grof gerasper 1 wortel gerasper 2 pietersielie takkies 2 k lensies sout en peper na smaak

Kook die sopbene en spek saam. Laat die aftreksel afkoel en verwyder die vet en bene. Plaas al die ander bestanddele in die aftreksel behalwe die geurmiddels. Verhit dit oor ʼn lae hitte tot op kookpunt. Prut vir 1 ½ uur. Roer af en toe om te voorkom dat dit aanbrand. Verwyder die pietersielie na 30 minute Wanneer die groente en lensie tot ʼn pulp gekook het geur met sout en peper. Voeg nog water by indien die sop te dik is. Geniet die sop

Terug na Indeks

Gebed vir die aarde

Daar lê so baie klein juwele in ons huishoudings en families wat wag om ontdek te word. Wat en hier van praat is Kos stories.. Hierdie stuk wat volg kom uit ʼn boek van Hennie Aucamp getiteld Borde Borde Boordevol. Die agtergrond gaan oor die droogte van ʼn paar jaar gelede. Die boere het gereeld bymekaar gekom en gebid vir reën. Dit gaan nie spesifiek oor kos nie, maar tog hier kom die uittreksel

Chris Barnard

“Oom Jacob het eerste gebid. Dit was die langste gebed wat ek ooit (voorheen en daarna) moes aanhoor, maar ek het nie aan die slaap geraak soos ek dikwels voorheen het nie. Ek het geluister. En ʼn bietjie skuldig gevoel. Want dit was asof ek agter ʼn deur gestaan het an ʼn argument afgeluister het.

Oom Jacob het die droogte posisie baie netjies vir die Here uiteengesit. Hy het by die vorige jaar se reënval begin, die winter se droogte posisie gaskets en die situasie toe op datum gebring deur ʼn oorsig te gee van die skade wat die droogte tot op hede veroorsaak het.

“Here” het oom Jacob gesê, hierdie lemoen boompies onderkant die tweede dam – die boompies wat ons laaste jaar geplant het – ag’ daar leef omtrent nie meer een van hulle nie. En self die ou boorde. Ek stap vanmiddag juis deur die nartjies – nie die by die rivier nie, Here, hulle kan nog gaan – maar die nartjies bokant die klipplate, U weet? Hulle lyk sleg. Ek sê vanaand vir die vrou, Here, ek sê vir haar as dar nie hierdie week nog uitkoms is nie, dan weet ek nie. Here, ek wens ek kan U saam met my vat more vroeg oorkant die rivier toe. Daardie arme avos daar. Daardie avokado’s moes nou dra. En hoe kan hulle dra as hulle nie water het nie? Daardie bome kyk heeldag vir my. Ek wens U kon sien hoe kyk hulle na my. Ek moet juis weer more daar laat skoffel. Ek sien amper nie kans nie. Nou vra ek vanaand – ek vra reguit hoekom? Wat het ons dan vir U gemaak? Ek meen, ons praat nou ʼn slag reguit.

Daardie nag het ek wakker geword van die reën op die dak.”

As dit nie vir die reën was nie sou ons nie kos gehad het nie.

Nou ʼn ander kos storie. ʼn Man wat lank gelede saam met my gewerk het sê hy het een aand ʼn jonge dame uitgeneem vir ete. Alles moes natuurlik perfek gewees het, want hy wou haar graag ʼn baie goeie indruk op haar gemaak het. Hulle kyk so na die spyskaart en hy vra aan haar wat sy wil eet en sy antwoord hom toe Vis. Die kelner vra aan haar hoe wil sy haar vis gaargemaak hê, bedoelende gebak of gebraai en sy antwoord die kelner “Well done please”. Net daar het die verhouding geëindig.

Hierdie volgende kos juweel kom van Riekie af :

My Oupa as ouderling en die predikant het jare terug maar huisbesoek gedoen soos wat die gewoonte was. Elke drie maande by elke huisgesin in die wyk omgegaan voor Nagmaal.

Die jaar is dit slagtyd toe die groot huisbesoek tyd daar is. Oupa en Dominee besoek gemiddeld drie tot 4 huisgesinne elke aand. Soos dit in die slagtyd gaan en groot hoeveelhede vleis verwerk moet word, is die huisvrou maar besig en word gou 'n stukkie wors in die pan gegooi, saam met wat ook al - brood, pap en sous, aartappels.

Toe Oupa en Dominee die vierde aand by huis nommer drie aankom en vir die hoeveelste keer genooi word om saam met die gesin aan te sit, kan hulle dit nie weier nie. Weereens is wors en wat ook al op die spyskaart. Toe die boervrou haar rug draai, sit dominee die ou stukkie wors in sy wit sakdoek en druk dit in sy sak maar o wee, van die speserye (seker maar peper) kry hy die groot nies, ruk sy sakdoek in 'n oomblik van waansin uit! Daar trek die stuk wors! Ek wens ek was 'n vlieg teen die muur...... Riekie du Plessis Johannesburg

Terug na Indeks

Nog Kos stories

Hier volg nog so ʼn paar kos stories.

So ʼn ruk gelede was ek en my vrou by ʼn buffet ete gewees. So in die ry gestaan met ons borde en gesels met vriende van ons wat voor ons gestaan het. Soos dit maar gaan het ek rys ingeskep met bitter min groente en net gewag tot ek by die vleis kan kom.

Net voor die vleis is daar ʼn bak met sous in. Ons vriende skep toe van die heerlike sous waarin stukkies groente dryf oor hulle rys. Nadat hulle vleis gekry het staan die Chef daar en skud sy kop. Hy sê toe mense darem kyk daardie man het van my sop oor sy rys geskep. Nou nog as ons die vriende sien praat ons oor die sop oor die rys episode tot hulle ontsteltenis.

In elke dorp is daar maar mos ʼn deel waar die sout van die aarde woon. Baie goeie mense maar die vernis is maar dun opgeverf. Op so ʼn trou hoor ek dat die bruid se ouers heerlike soetkoekies gebak het. Deel van die resep op een of ander manier was dagga gewees. Of dit nou fyngemaak was en in die deeg gegooi is en of hulle dit getrek het en die water gebruik het om die deeg aan te maak weet ek nie. Maar ek hoor die troue was ʼn sukses gewees want almal was blykbaar vrolik gewees.

Nog ʼn oulike storie met ʼn les is die volgende. ʼn Pasgetroude vrou wil die Sondag haar man beïndruk en haal ʼn heerlike stuk beesvleis uit en braai dit in die pot. Voor sy die vleis in die pot sit om te braai sny sy egter ʼn stuk van die vleis af. Haar man hou haar dop en vra aan haar hoekom sy dit doen. Haar antwoord was ek weet nie ek het altyd gesien my Ma doen dit.

Die eerste geleentheid wat sy kry vra sy haar Ma hoekom sny sy elke keer ʼn stuk vleis af voordat sy die vleis in die pot braai. Haar Ma se antwoord was sy het dit by haar Ma gesien. So kom die Ma by haar Ma aan en vra haar Ma hoekom het sy altyd ʼn stuk vleis afgesny voor sy die vleis gebraai het. Die Ma se antwoord was dood eenvoudig omdat my pot te klein was en die vleis nie daarin gepas het nie.

Die les daaruit is ons moet nie net alles aanvaar nie maar vrae vra oor hoekom dinge op die manier gedoen word waarop dit gedoen word.

Partykeer dink ek dat ons ons kinders faal met sekere dinge. So ʼn ruk gelede stop ek by ʼn kafee om vir ons koeldrank te koop. My seun vra my wat wil ek drink. Ek se aan hom limonade. Hy kom terug met Coke. ʼn Paar keer het dit gebeur. Eendag gaan koop hy weer koeldrank en kom terug met Sprite. Hy se toe aan my Pa die Coke was warm gewees toe koop ek maar vir jou ʼn Sprite. Toe ek vir hom sê dat Sprite eintlik Limonade is het hy lekker gelag.

Terug na Indeks

Kompetisie Eet

Kompetisie eet word deesdae gesien as die mees dinamiese sportsoort in die wêreld. Ja julle het reg gelees dit word geag om ʼn sport te wees. Daar word aangevoer dat die sport al sy ontstaan gehad het in die Neandertal tydperk. Die rede wat hulle aanvoer is nogal komieklik. Hulle sê as daar 30 Neandertallers in ʼn grot is en ʼn arme haas hop in die grot in sal mens werklik sien wat kompetisie eet is.

Die sport word op groot skaal beoefen in Japan, Amerika, Kanada, Duitsland, Thailand Engeland, Skotland en Rusland. Daar is self ʼn organisasie wat die sport beheer en reëls neerlê. Die organisasie word genoem IFOCE, International Federation of Competitive Eating.

IFOCE stel al die reëls en regulasies op. En bo aan die lys is veiligheid. Geen persoon onder 18 word toegelaat om aan ʼn eet kompetisie deel te neem nie. Die rede daarvoor kan ek verstaan as ek sien hoe eet my sewentienjarige seun ons uit die huis. IFOCE is seker bang dat die tienerseuns al die kompetisies gaan wen. Op ʼn meer ernstige noot dit kan baie gevaarlik wees.

In Amerika is dié kompetisie om aan deel te neem die een wat op die 4de Julie elke jaar gehou word. Nathan’s Restaurant in Coney Eiland hou die jaarlikse hot dog eet kompetisie. Die kompetisie begin stiptelik om 12 uur met 12 deelnemers en duur 12 minute. Die absolute wenner is nie ʼn Amerikaner nie maar ʼn Japannees wat 50 hot dogs geëet het in 12 minute.

As my wiskunde my nie in die steek laat nie is dit so ongeveer 1 hot dog elke 15 sekondes. As daardie broodrolletjies droog is gaan hulle maar sluk. Verder is ek ook net baie bly ek hoef nie vir hom kos te koop elke maand nie.

Van die rekords wat aangeteken is :

ʼn 3 Pond 3 onse Beestong heel op geëet in 12 minute.

Net onder die twee pond botter in 5 minute.

74 Hoender vlerkies, 2.65 pond vleis in 12 minute.

57 bees Breins, 17.7 pond, in 15 minute.

38 hardgekookte eiers in 12 minute.

11 ¼ pounder hamburgers in 10 minute. Sekerlik was dit nie McDonald’s burgers nie.

152 Jalapeno’s Rissies in 15 Minute.

6 pond 9 onse kool in 9 minute.

4 32 onse bakke mayonnaise in 8 minute.

168 Oesters in 10 minute. Vir my om sekere van die van die rekords te gaan probeer sal daar ʼn groot sterk teenwoordigheid van alkohol moet wees, veral as ek kyk na die bees brein eet. Wie het nou gedink dat eet ook ʼn kompetisie kan word.

Hierdie het ek so ruk gelede geskryf. Vir meer opgedateerde inligting gaan na http://www.majorleagueeating.com/ se webtuiste. Beslis 'n besoek werd.

Terug na Indeks

Aankoop en die Bêre van voedsel (ʼn Gids vir elke huis - 1956)

Ek lees ek kookboeke soos wat ander mense storie boeke lees. In die boeke, veral die ou boeke kom mens op baie snaaksighede af. Nou die aand lees ek weer Keurige Kos van Susan Naude. In die hoofstuk van aankoop en bêre van voedsel wil ek graag met julle deel.

Melk Jy moet die melk nadat dit afgelewer is nie te lank op die stoep laat staan nie, aangesien lig die vitamiene in die melk verminder. Dit raak erger wanneer die son begin skyn. As jy die melk van die stoep afhaal moet jy dit in die huis sit in ʼn koel donker plek. As jy nie ʼn yskas het nie, kan jy die melk in donker bottels gooi, en die bottels in ʼn bak donker water sit sodat dit koel kan bly, vêrder moet jy ook ʼn lap oor die bottels sit sodat die lap water kan optrek en die bottels koel hou.

Nou wonder ek wat sou Susan Naude gesê het as sy vandag se lang lewe melk gesien het.

Botter Ja Botter en nie Margarien nie. Botter is ryk aan vitamiene A en moet ook in ʼn donker plek gebêre word. Want lig verminder die vitamiene A. Jy moet net genoeg botter afsny vir elke ete. Jy sal nie agterkom aan die geur en smaak dat daar ʼn verskil aan die botter is nie. Vandag is daar seker baie min mense wat nog botter gebruik.

Eiers Eiers moet dadelik in die yskas gesit word want hulle verloor in 3 dae net soveel varsheid as eiers wat 3 weke in die yskas staan. Die deesdae se eiers staan al baie langer as 3 dae in die winkels.

Kaas Kaas moet met waspapier toegedraai word en dan moet ʼn gomlastiekband om die kaas gesit word om dit vars te hou. Hoeveel geld sou ons gemaak het as ons in daardie tyd Tupperware aan die mense kon verkoop het.

Geursel Hierdie stukkie moet ek woordeliks aanhaal : “Die prettigste bevrediging van die smaak sentrums word verkry wanneer ʼn mengsel ʼn aangename balans tref tussen die vier belangrikste soorte smake, nl. sout, soet, suur en bitter.” As ek kyk na die woordgebruik kry ek skoon skaam. Maar ek moet se die mense van die 50’s het net geweet hoe om met woorde te toor.

Bottels souse Die Tannie het beslis nie gehou van gebottelde souse op tafels nie, sy het gesê die souse moet eerder in die kombuis gebruik word met die gaarmaak proses. Witsous se geur en smaak kan verbeter word met die byvoeging van die gebottelde souse.

Verslanking Die beste deel het ek vir laaste gebêre. Hier moet ek ook gedeeltelik aanhaal, “Om gewig te verloor, moet mens minder eet, want daar is net een ding wat oormatige liggaamsvet laat vorm : te veel kos.”

Terug na Indeks

Deur die eeue

Soos die tye gevorder het, so het ons eetgewoontes ook verander. Danksy die Bybel is daar redelik aan ons bekend oor wat die mense in die antieke tye geëet het. Die Apostel Johannes het redelik lank in die woestyn oorleef deur sprinkane en heuning te eet. Daar is ander geskrifte ook bewaar, waarin genoem word dat die slawe wat die piramide van Gizeh gebou het, sowat 4 000 voor Christus, van uie, radyse en knoffel geleef het. Dit is seker hoekom hulle nou nog, as hulle piramides oopmaak, versigtig moet wees vir die gasse.

Vroeë rekords toon ook aan dat granate en olywe ook bestaan het. Granate se skil is gebruik om wol te kleur. Die pitte (vrug) was in daardie tye gesien as ʼn simbool van vrugbaarheid. Sowat 3 000 tot 1 000 voor Christus word daar beweer dat die Romeine die fermentasie proses uitgevind wat hulle aangewend om bier en wyn te maak. Volgens die Bybel was die eerste persoon om wyn te maak Noag gewees. Die Egiptenare het weer die fermentasie proses gebruik om brood mee te bak. Dit het meegebring dat die mense se dieet meer graan georiënteerd geword het. Die nomade van daardie tyd het hulle vleis gepreseveer deur die vleis te sout en droog te maak. (En ons het gedink ons het Biltong uitgevind).

In die Middeleeue het die mense gewoonlik drie geregte geëet. Die eerste gereg wat gewoonlik bedien was, was sop gewees. Daar is ook groente en vrugte bedien. In die eerste gereg is daar redelik kruie en speserye gebruik. Dit was om, so is geglo, die spysverteringsstel aan te help. Na die eerste gereg het die vleis sy verskyning gemaak saam met neute. Vir nagereg is allerhande soetighede bedien. In hierdie tydperke het pasta ook sy verskyning gemaak. So terloops pasta is die Italiaanse woord vir deeg.

Wanneer ons terugkyk na al die periodes in die geskiedenis en dan kyk wat die mense in daardie periode geëet het, is die Renisaanse periode seker die mees opwindendste tydperk in die geskiedenis van kos gewees. Dit is in die tydperk dat al kleure geure en smake van die nuwe wêreld Europa getref het. Die ontdekkings reisigers het meel, aartappels, sjokolade, vanilla en verskeie ander nuwe smake aan die mense bekend gestel.

In die Elizabethaanse era (Elizabethan era) Het die mense net twee maaltye ge-eet. So 12 uur en dan weer so ses uur die aand. Wat die tydperk so besonders maak is dat die mense van soet kos gehou het en dit is die rede hoekom hulle vrugte saam met die vleis gaargemaak het, om die vleis soet te kry. Suiker in die tyd was baie duur en skaars gewees.

Die Baroque era het die Engelse weer hande uitgeruk. Hulle het begin on 4 etes per dag te eet wat hoofsaaklik uit brood, vleispasteitjies, vars vrugte, lekkers en nageregte bestaan het. Dit is ook in die era waar die Engelse begin leer het om met vurke te eet. Die vurk kom oorspronklik van Italië af. Voor die koms van vurke het die Engelse lepels, messe en hulle hande gebruik om mee te eet.

Nooit het ek geweet daar is so baie eras nie. Daar was nog ʼn Grigorian era ook gewees. Voor die Grigorian era het die mense meestal hulle kos gaargemaak op oop vure of spesiale kook areas. Maar met die koms van die Gregoria era, het toe oonde ook hulle verskyning gemaak.

Met die Regency era is die maak van kos oorgelaat aan die huishulpe, want die mense van daardie tyd het gedink dit is ietwat barbaars om kos te staan en maak. In hierdie tyd is ook een van die groot mis konsepsies van die tyd opgeklaar. Aangesien die tamatie so mooi rooi was het die mense gedink dat die tamatie giftig is. Kolonel Johnston het in ʼn hof opgestaan en ʼn tamatie geëet sonder om dood te gaan.

Met die ryk erfenis van kos wat ons ge-erf het, sit ek en wonder wat gaan ons kleinkinders eendag oor ons kos erfenis skryf. Dit is belangrik dat ons aan ons kinders en kleinkinders ook iets moet agterlaat. Dit is vir my ʼn belewenis om deur ʼn ou handgeskrewe resepte boek te blaai. Dit bring soveel mooi en pragtige herinneringe by my op. Ek sal sorg dat my kleinkinders eendag nie met ʼn ou gedrukte MacDonalds spyskaart voor hulle sit nie.

Terug na Indeks

Asyn Asseblief

Die Franse noem dit vinaigre – suur wyn. Dit is hoe asyn per ongeluk ontdek is. Die maak van asyn is ʼn eenvoudige proses. Eerstens word natuurlike suiker met die byvoeging van gis verander na alkohol. Daarna is Acetobacter bakterieë verantwoordelik vir die verandering van die alkohol na suur. Hierdie tweede fermentasie proses vorm die asyn. Deur die eeue heen is asyn gemaak van die molasse, sorghum, vrugte, heuning, bier, stroop, aartappels, beet, malt en graan. Die proses van twee fermentasie bly presies dieselfde. Eers van suiker na alkohol en dan van alkohol na asyn. Daar is verskillende tipes asyn wat ons vandag gebruik en elke tipe het sy eie storie. Balsamiese asyn word gemaak deur die druif te kook en dan gaan dit deur ʼn natuurlike fermentasie proses deur die asyn in verskillende vate van verskillende hout te plaas. Daar word geen ander kruie of spesery bygevoeg nie. Met die maak van mout asyn word die stysel eers verander na suiker en daarna gefermenteer. Rooi- en witwynasyn word gemaak van geselekteerde rooi- en witwyne wat dan ʼn tweede keer gefermenteer word. Die asyne neem gewoonlik so ʼn bietjie van die smaak en geur van die wyn aan. Dan kry mens ook rys asyn. Wat rys asyn uniek maak is dat dit ʼn redelike sagte smaak het en dat dit gegeur kan word met kruie en speserye. Daar is ook nog appel asyn wat vir verskeie redes in ons huis is. Deur die eeue is asyn gebruik vir baie dinge. Die Babiloniërs het asyn gebruik om kos in te preserveer. Roomse legioene het asyn gedrink as ʼn verfrissings drankie. Tot Cleopatra het al ʼn weddenskap oor asyn gewen. Sy het blykbaar iemand gewed dat sy ʼn fortuin kan uit drink saam met ʼn ete. Wat sy toe gedoen het was om pêrels in asyn op te los en toe te drink. Sy het die weddenskap gewen. Hippokrates het asyn se medisinale waarde ook raakgesien en in die Bybelse tye is asyn ook gebruik vir helende eienskappe. Toe Hannibal oor die Alpe getrek het, het hy vuur om die rotse wat in sy pad is, gemaak. As die rotse dan baie warm is het hy asyn op die rotse gegooi. Dit het veroorsaak dat die rotse kraak en verkrummel. Asyn kan omtrent vir ewig hou. Aangesien asyn suur is, is dit self preserverend en dit het ook nie verkoeling nodig nie. Gekleurde asyn kanmiskien sy kleur begin verloor maar nie sy smaak nie. Probeer gerus om verskillende tipes asyne in die huis aan te hou en begin eksperimenteer met die verskillende smake. U kan dalk verras word.

Terug na Indeks

Asyn vir wat ?

Met my eerste artikel oor asyn het ek so baie inligting afgekom dat ek noodgedwonge weer ʼn artikel oor asyn moes skryf. In hierdie artikel kan ek nie anders as om asyn se kwaliteite te besing nie. Asyn kan aangewend word vir omtrent enige iets, van skoonmaak tot medisyne.

Om te toets of jy die regte multi vitamines drink moet jy net die vitamien pil in ʼn halwe koppie asyn gooi. Indien die pil oplos in 20 minute kan jy maar aanhou om die vitamines te gebruik. Indien dit langer as 20 minute neem kan jy maar ʼn ander vitamiene gaan soek om te gebruik want dan sal die vitamiene nie sy werk behoorlik doen as jy dit drink nie.

Ek het op letterlik honderde gebruike vir asyn afgekom en ek geen net die mees interessantes hier mee.

 Spoel jou hare af met asyn nadat jy dit gewas het. Die asyn neutraliseer die alkalië wat die sjampoe agter laat.  Gooi asyn in water om vensters mee skoon te maak.  Maak jou eie lugverfrisser deur 1 teelepel bakpoeier, 1 eetlepel asyn en twee koppies water te meng. Wanner dit klaar geskuim het gooi in ʼn spuit bottel en gebruik.  Om gras-, tee-, koffie- en vrugte vlekke uit klere te kry week net die klere in volstrekte asyn.  Gooi warm asyn op gras en bossies wat deur die stene kom. Binne ʼn paar dae vrek die gras en bossies en sal nie weer binne ʼn paar maande hulle verskyning maak nie.  Om gewig te verloor drink ʼn glas lou water, voor elke ete, waarin een teelepel appel asyn en een teelepel heuning in opgelos is.  Gooi so ʼn paar eetlepels asyn by jou marinade om die marinade meer effektief te laat werk.  Gooi wit asyn in jou skottelgoed water, dit sal jou skottelgoed laat blink.  Om koper skoon te kry maak ʼn pasta van sout en asyn, vryf oor die koper en vee af.  Hierdie een moet met omsigtigheid probeer word. Indien jy allergies is vir seekos, doop die seekos in asyn en eet. Jy sal geen allergiese reaksie kry nie.  Gooi ʼn eetlepel asyn in water waarin vleis gekook word. Die vleis sal so sag word dit sal van die been afval.  Vir sonbrand doop ʼn handdoek in asyn en water en lê oor die brandplekke. Slaap so met die handdoek.  Om weer oemf in ʼn seer lyf te kry gooi 2 koppies appelasyn in die badwater.  Drink ʼn lepel of twee asyn per dag en die muskiete sal nie naby aan jou kom nie.  Een teelepel heuning plus een tepel appelasyn is goed vir rumatiek.  Indien jou motor in die winter buite moet staan maar ʼn mengsel van 3 dele asyn en een deel water. Was dan die venster met die kombinasie. Dit sal voorkom dat ys en ryp op die venster saampak.

Daar is nog honderde sulke rate. Van dit het ek al probeer en dit werk. Omdat mens met ʼn natuurlike produk sit kan dit nie skade aan doen om te probeer nie. Terug na Indeks Die dag daarna

Daar is seker baie min mense wat op moeder aarde loop wat nie een of ander tyd in hulle lewe een oggend wakker geword het en gevra het “Watter trein het my getrap”. Dit is wanneer jy wakker word met daardie onbeheerbare kloppende hoofpyn, wat erger word met elke geluid wat jy hoor. Wanneer jy so snaakse nasmaak in jou mond proe en jou maag wat omgekrap is, dan weet jy, jy het ʼn meneer van ʼn babbelas.

Daar is natuurlik baie teorieë oor wat die oorsaak van ʼn babbelas is, maar die geharde manne wat weet sê natuurlik vir my dat dit die Coke wat in die dop is wat die babbelas veroorsaak. Dit is ook heerlik om te kyk na mense wat te veel “Coke” gedrink het om te sien wat hulle aanvang. Vandag wil ek nie oor die oorsake of die gevolge van veel drink praat nie, want ons almal besef wat die gevare daaraan verbonde is maar vandag wil ek kyk wat veroorsaak die babbelas en hoe dit vermy kan word.

Ek het al die uitdrukking gehoor “Die drankie het teen my hakskene vasgeslaan en is nou reguit na my kop toe.” Dit gebeur natuurlik wanneer jy iets drink op ʼn leë maag. Die alkohol word binne minute in jou bloedstroom opgeneem. Wanneer jy dus weet dat jy ʼn drankie of twee gaan geniet, eet iets vetterigs soos bv. sardientjies, kaas of vleis. Wat dan gebeur is dat die alkohol eers die vet moet afbreek voordat dit in die bloedstroom kan inkom. Alles word dan ook nie gelyk in die bloedstroom opgeneem nie.

Alkohol is mos geneig om jou redelik gereeld te laat gaan water afslaan. Dit veroorsaak een of ander onuitspreekbare reaksie in jou liggaam. Die volgende oggend sit die brein uit om die gaping te vul wat die water wat uit die liggaam is agter gelaat het.

Die liggaam het natuurlike meganisme teen alkohol wat kan help om die inname van alkohol te beperk. Wanner mens ʼn skoon brandewyn drink, kry jy daardie brandgevoel in jou keel. Wanner jy ag slaan op die brandgevoel sal jy natuurlik ophou drink. Maar nou het ons mense maar ons eie idees. Om die probleem van die brandende keel te oorkom gooi ons Coke of vrugtesap of enige ander koeldrank by die drankie. Wanneer ons dit doen dan omseil ons hierdie belangrike meganisme.

Om te voorkom dat daardie babbelas jou die volgende oggend tref moet jy net die volgende in gedagte hou :

· Eet iets voordat jy begin drink.

· Drink een drankie per uur.

· Drink baie water tussen drankies.

· Probeer om jou drankies nie te meng nie. Hier kom koeldrank ook ter sprake. Gas koeldrank het ʼn geneigheid dat wanneer dit saam met alkohol gedrink word, jou maag om te krap. · Probeer eerder om droë wyne te drink.

· Hou by dieselfde tipe drankie.

· Bestel en drink Rock shandy. Dit lyk eksoties maar die paar druppels alkohol wat daarin is kan jou geen skade aanrig nie. En die beste van alles is jy kan heerlik heelaand daarop kuier sonder dat iemand agterkom dat jy eindelik niks drink nie.

Elke mens het maar sy eie geneesmiddel teen die babbelas maar tyd is die enigste geneesmiddel wat ʼn babbelas laat verdwyn. Van die kure wat gedrink word is natuurlik ʼn Bloody Mary. Party mense drink Lemon Twist en alle ander snaakse konkoksies. Een wat ek nie uitgetoets het nie maar wat blykbaar werk is Jogurt. Drink ʼn glas jogurt die aand net voor jy gaan slaap en dit sal verhoed dat jy met die hoofpyn sal opstaan. Maar die beste geneesmiddel teen babbelas is bly weg van die drankies af of andersins hou matigheid voor oë.

Terug na Indeks

Die Koek

As ek so in die tydskrifte sit en blaai, sien ek dat daar een ding is wat die moderne man die meeste vrees en dit is toewyding, in Engels klink dit vir my half beter en dit is die groot C, naamlik Comittment. Saam met die groot C kom daar baie ander dinge saam waarop ek nie nou wil ingaan nie. Maar een van die dinge met ’n lang geskiedenis wat saamkom is die Troukoek. Die troukoek het ’n familie geskiedenis amper langer as Adam se familie. Toe die Romeine nog koning gekraai het in die wêreld het hulle koekies gekrummel en die krummels dan oor die koppe van die Bruid en die bruidegom gegooi. Dit was gedoen as teken dat die bruid vrugbaar is. Die gaste het dan die krummels opgetel as ’n teken van goeie geluk. In Victoriaanse tye het hulle linte met gelukbringers (charms) tussen die laag koeke gesit. Elke strooimeisie het dan ’n lint getrek en die gelukbringer sou dan aantoon wat in hulle lewens gaan gebeur. Die een wat die ring getrek het sou dan die volgende een gewees het was gaan trou het. Vandag se tyd gooi hulle mos die kousband. Nog een bygeloof is dat jy die boonste laag van jou troukoek moet bere en as die troukoek dan langer as ’n jaar gaan hou, dan gaan jy ’n gelukkige huwelik beleef. Uit ’n man se oogpunt dink ek dat as jou vrou jou nie binne een jaar met die stuk koek gegooi het nie is jy vir ’n lang ruk veilig. Deur die koek saam met haar man te sny toon dan ook aan hoe bereidwillig die vrou is om haar rol as huisvrou te aanvaar. Dames moet my net nie nou afslag nie, maar dit is waar. Ek kan onthou hulle het ook altyd toe ek jonk was gesê dat as jy ’n stukkie troukoek onder jou kussing sit voor jy gaan slaap sal jy droom met wie jy eendag gaan trou. Ek het dit ook probeer maar dit het nooit met my gewerk nie want ek het voor ek aan die slaap geraak het, was ek al so lus vir die stukkie koek, dat ek dit sommer net daar en dan opgeëet het. Dit maak nie saak watter geloof jy is nie en of waar jy in die wêreld is nie, jy sal altyd êrens op ’n bruilof een of ander koek sien pryk op ’n tafel. Die koeke het natuurlik begin met klein koekies en later het die mense vrugte koeke begin bak as troukoeke. Vir baie jare het die vrugtekoek koning gekraai as die troukoek. Maar in ons meer moderne en gejaagde lewe sien ek dat die sponskoek en tot roomys koeke nou moet die plek volstaan as ’n troukoek. Vir my is ’n troukoek eintlik nie ’n troukoek as Dit nie ’n vrugtekoek is nie. In China ontvang die gaste saam met die huweliks uitnodiging ’n stukkie boontjie pasta koek. Jig. Met die troue ontvang hulle darem ’n stukkie eg tradisionele Westerse troukoek om te eet. In Liberië is dit gebruik om die troukoek oor die bruidegom se huis te gooi aangesien dit belangrik is vir die sukses van die huwelik. In die Joodse tradisie word die troukoek streng volgens die kosher reëls gebak. Al die toerusting en die tafel waarop die koek staan word geseën. In Duitsland maak hulle troukoeke van sjokolade koeke. Maar die koeke is swaar gelaai met sjokolade en room. Maak nie saak waar troukoeke vandaan kom nie, dit is altyd pragtig en lekker. Maar mans wees gewaarsku is julle ’n troukoek op ’n tafel sien staan, dan is dit al klaar te laat en dan is die strop alreeds om julle nekke.

Terug na Indeks

Knoffel

Seker die eerste of vroegste verwysing na knoffel kom in die Bybel voor waar die Israeliete kla dat hulle moes trek van Egipte af waar hulle vleis en knoffel geëet het. Ons geagte minister van gesondheid beweer dat knoffel goed is om die vigs teen te werk. Sy het blykbaar hierdie uitlating gemaak sonder dat enige navorsing gedoen is. Baie kundige mense sê dat dit nie waar kan wees nie. Maar ek wil graag saam met ons geagte minister stem, dat as iemand Knoffel geëet het wil en sal niemand saam met hulle slap nie en sodoende sal hulle ook nie aids kry nie. Die opmerking van my is meer tong in die kies, maar knoffel het baie meer in hom as net ʼn slegte asem die volgende oggend. As jy knoffel nie as voorbehoed middel gebruik het nie, kan jy gedurende jou swangerskap gerus so ʼn teelepel of twee knoffel eet, dit sal sorg dat jy en jou baba gesond bly, want knoffel verlaag jou bloeddruk as jy hoë bloeddruk het en dames wat knoffel op ʼn daaglikse basis eet se babas is ook gesonder en hulle weeg ook ʼn bietjie meer as die ander babas. Hierdie is nie net versinsels nie maar feite wat verkry is met navorsing. Daar is ook bewyse dat persone met hoë cholesterol ook baat vind by die gereelde eet van knoffel. Hulle slegte cholesterol verlaag drasties binne die bestek van 16 weke. Soos ek ook alreeds gesê het is dat mense wat aan hoë bloeddruk ly baie baat vind by knoffel, want knoffel verlaag ook bloeddruk. Wat ook nog gebeur is dat wanneer jy knoffel eet dit jou bloedsirkulasie verbeter. Daar is ook bewyse dat ʼn mense wat geneig is om bloedklonte te kry ook baat kan vind by die wondermiddel. Knoffel liefhebbers kry ook nie sommer verkoue en griep nie. Ek dink ook dat die stank hulle weghou. Die stank kom van ʼn ensiem en ʼn suur wat meng sodra die knoffelhuisie gebreek word. Wat nou gedoen as jy knoffel geëet het ? Tyd is maar die beste om jou van ʼn ruikende asem te genees. Daar is tydelike kure en dit is om pepermente te eet asook om pietersielie te kou, maar dit hou nie lank nie. Wat ook blykbaar werk is om suurlemoen tee vroeg in die oggend te drink. Ander mense beweer wat hulle help is om koffiebone of karmadon sade te kou. Met al die voordele is daar ook nadele wat mens in gedagte moet hou wanneer jy baie knoffel eet, en die nadele is omgekrapte maag, gas en in mans se geval ʼn lae sperm telling. Maak nie saak watter kant toe nie, knoffel is en bly maar lekker.

Terug na Indeks

Avokado’s

Avokado’s het ʼn vreeslik onuitspreekbare Latyns Amerikaanse naam waarvan die betekenis in die nie so goed klink nie. Avos is ongeveer 291 voor Christus in Mexiko ontdek. Vandaar het die Spanjaarde die vrug wat soos ʼn groente proe na die Engelse geneem. So het die Avo oor die wêreld heen versprei.

Avokado’s word vir baie dinge gebruik. Die Indiërs hier by ons maak ʼn nagereg van die avo. Die avo word met suiker en melk verpulp. Die Pulp word dan in die yskas geplaas. Die Taiwannese eet weer die avo met melk en suiker en die Indonesiërs gebruik die avo om ʼn nagereg te maak met melk, koffie en rum. Vir die skoner geslag onder ons word die Avo natuurlik ook gebruik as ʼn gesigsmasker.

Natuurlik weet ons almal dat die beste avos groen gekoop en dan self ryp gemaak word. Hierdie is van die beproefde metodes wat ek gehoor het:

Draai die avo toe in koerantpapier en plaas in ʼn warm plek waar daar nie direkte sonlig is nie.

ʼn Volgende manier is om avos in ʼn bruin papiersak te sit en dan die papiersak in ʼn donker plek te plaas.

Ander maniere is om avos sommer net so in die oond se warm laai te sit.

Ons Swart bevolking plaas hulle avos in meel om ryp te word. Die meel verskaf natuurlik donkerte en hitte wat die Avos dan lekker sag en ryp maak. Sowat twee maande gelede koop my vrou so ʼn paar en draai dit toe in koerantpapier. Sy hulle toe in die stoompot. So ses weke later haal ek die stoompot uit en sien toe snaakse goed daarin. Dit was definitief nie meer avos gewees nie. So as u dit bêre onthou net om gereeld daarna te kyk.

Avos is nie net lekker om op verskeie maniere te eet nie maar het ook ʼn paar ander voordele. Hulle is ryk aan vitamiene E. Soos die gesondheidsbewustes weet is vitamiene E ʼn sterk anti-oksidant. Goeie dosisse vitamiene E help om die risiko van kanker en hartsiektes te verminder. Avos het ook ʼn goeie hoeveelheid vitamiene C.

Omdat daar soveel vitamiene E in avos is maak dit ook ʼn goeie gesigsmasker wat die vel voed. Vir ʼn maklike en vinnige gesigsmasker, neem ʼn ¼ koppie verpulpte Avo en suurroom, meng dit goed en smeer aan die nek en gesig. Laat staan vir 15 minute. Spoel die masker af met lou water. Die volgende stap is om die gesig te masseer om al daardie wonderlike olie in jou vel te kry.

Avos is ook natuurlik die hoofbestanddeel in die beroemde en berugte guacamole. Daar bestaan natuurlik ook baie verskillende guacamole resepte. Maar die basiese resep is avos, ʼn Rooi ui, 2 Jalapeno’s , slaaiblare, lemmetjiesap en sout en peper.

Vir my is die avo op sy lekkerste wanneer ek hom oopsny, dit pit uithaal en dan sout en peper oorgooi met suurlemoensap of asyn. Dan eet ek hom net so uit die skil uit. Op watter manier ook al hy geëet word of ryp gemaak word, ʼn avo bly maar lekker. Naas tamaties dink ek dat avos die gesondste en lekkerste vrug is.

Op watter snaakse manier eet u of maak u, u avos ryp ?

Terug na Indeks

Aartappels

Wanneer ons die gevreesde woord hoor dan dink ons net stysel en vet. Maar daar steek meer in ʼn aartappel as wat ons dink. Aartappels is seker een van die groentes wat ʼn mens die meeste mee kan doen. Dink maar aan Simba skyfies, slap tjips, kapokaartappels, gekook en gebraai.

ʼn Gemiddelde aartappel bevat 45 % van ʼn mens se daaglikse vitamien C behoeftes.

21 % van ʼn mens se daaglikse Potassium behoeftes en 3 gram vesel en slegs 100 kalorieë. Die aartappel bevat ook geen vet nie. Daar is ook bereken dat jy 11 kg aartappels sal moet eet om 1 kg gewig aan te sit.

Aartappels is die eerste keer deur Inka Indiane gekweek in Peru sowat 200 VC. Toe die Spanjaarde in 1536 Peru oorneem het hulle aartappels teruggeneem Spanje toe en vandaar af het die aartappels versprei oor die hele wêreld. Dit is nie net in die wêreld waar aartappels beroemd is nie maar ook in die ruimte. Daar is in Oktober 1995, ʼn aartappel in die ruimte gekweek deur NASA. Dit is die eerste groente wat suksesvol in die ruimte gekweek is.

Die Inkas het nie net die aartappels geëet nie maar hulle het ook ander gebruike vir aartappels gehad. Soos hulle in baie TV Programme sê “Don’t try this at home”.

· Rou skywe aartappel skywe word op gebreekte bene geplaas om die aangroei proses te verhaas.

· Hulle het ook aartappels saam met hulle gedra om rumatiek te voorkom.

· Dit is ook gebruik om tyd mee te meet. Eenhede van tyd is bepaal deur te kyk hoe lank kook aartappels.

Dit is nie net die Inkas wat snaakse dinge gedoen het met aartappels nie. ʼn Fransman genaamd Louis Lumiere het mikroskopies stysel gedeeltes van die aartappels geneem en op glas plate gesmeer om autochromes te maak. Die plate is dan gebruik in fotografie.

Hier volg nou ʼn paar boererate met die gebruik van aartappels:

 Was jou gesig daagliks met aartappelssap om ontslae te raak van al die puisies op jou gesig.  Gerasperde aartappels moet gesit word op plekke waar jy sonbrand het om die seer van die sonbrand te verlig.  Om tandpyn te verlig dra ʼn aartappel in jou sak. Om ʼn seerkeel gesond te kry, sit ʼn gebakte aartappel in ʼn kous en draai die kous om jou nek. Ek kan nie sien hoe dit kan werk nie.  Om liggaamspyn te verlig kook aartappels en gebruik dan die water om op die seer plekke te smeer. Van die aartappeldisse wat ons vandag geniet is per toeval ontdek. ʼn Spoorwegmagnaat C Vanderbilt het in die Saratoga Springs vakansie oord gaan vakansie hou. Het een aand sy bord kos terug gestuur en gekla dat die aartappels te dik is. Die Chef George Crum neem toe ʼn aartappel of twee en sny hulle in papierdun en braai dit in olie. Hy gooi toe sout daaroor en neem Vanderbilt se kos terug na hom toe. Almal was verbaas toe hy hou van sy Saratoga Crunch Chips.

Die Saratoga Crunch Chips het gou posgevat en oor die hele wêreld versprei. Die heerlike gereg is beter bekend by ons as skyfies soos wat Simba maak en versprei.

Maak nie saak wat mens dink van ʼn aartappel nie dit bly ʼn wonderlike groente. Ek kan nog onthou dat my ouma brood gebak het en aartappelsuurdeeg gebruik het. Sy het altyd gepraat van die aartappelplantjie.

Terug na Indeks

Marshmallows

Wie ken nie daardie smelt in die mond wit en pienk sagte lekkergoed nie ? Almal sal seker nie daarvan hou nie maar dit is een van die tydlose treffers. So nou en dan kom daar ʼn variasie marshmallows uit met vrugte geure. Of hulle maak sulke gedraaide marshmallows. Maar die toets van die tyd is maar die beste beoordelaar van smake, en natuurlik seëvier die wit en pienk marshmallows nog altyd. Die heerlikste slaai (of dalk is dit nagereg) wat ek nog geëet het is Marshmallow slaai.

In die 1800’s het dokters die sap van die marshmallow plant se wortels geneem en die sap onttrek. Hulle het dan die sap gekook saam met eier witte en suiker. Hulle het dan die konkoksie geklits totdat dit ʼn skuimerig meringue gevorm het. Die mengsel het dan verhard. Hierdie mengsels is dan vir kinders gegee om te eet as hulle kele seer was. Maar dit was nie al waarvoor die konkoksie gebruik was nie. Dit het ook gehelp om hoes buie te onderdruk, die immuun stelsel te versterk en ook om wonde gesond te maak.

Dit is hoe die marshmallow plant lyk

Dit is nie net in die 1800’s wat die sap van die Marshmallow plant se sap gebruik is nie. Die eerste gebruik en die maak van marshmallows dateer terug na die ou antieke Egipte toe. Daar het hulle heuning lekkergoed verdik met die sap van die marshmallow plant. Ek het, toe ek begin navorsing doen het oor marshmallows, lang tand begin byt aan die plant storie. Ek kon nie glo dat daar so plant was nie. Maar hier is die bewys. Dit is hoe ʼn marshmallow plant lyk.

In die laat 1800’s het die mense egter begin om gelatien te gebruik in plaas van die marshmallow se sap. Toe hulle dit begin doen het was dit ook die einde van die helende eienskappe van marshmallows gewees. In 1948 het Alex Doumak uitgevind dat mens marshmallow mengsel in pype kan sit en dan in ewe lang stukke kan sny. Dit het die produksie van versnel.

Hier is my gunsteling marshmallow slaai resep: Bestanddele 300 g Malvalekkers. 1 Blikkie fyn pynappel 175 ml Grenadella joghurt. Metode Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag. So tong in die kies wil ek nou die volgende vraag vra : Wie na hierdie artikel sê dat lekkers nie goed is vir ʼn mens nie? Geniet julle marshmallows terdeë.

Terug na Indeks

Hamburgers

Ek het al bisarre dinge in my lewe beleef en gesien maar ek wil julle sê niks kom by die geskiedenis van die hamburger nie. Dit begin met die Russiese Tartare wat in die middel eeue stukke rou beesvleis geneem het, onder hulle perde se sale gesit het en heeldag gery het. Die vleis het dan heerlik sag geword en die Tartare het die vleis dan net so rou geëet aan die einde van die dag. Hierdie is die hele geskiedenis van Beef Tartare. Dit is ook op so manier deel van die Hamburger se geskiedenis.

ʼn Hele paar jaar later het Duitse immigrante van Hamburg in Duitsland, na Amerika gegaan met ʼn dis wat hulle genoem het Hamburg Style Beef. Hierdie dis herinner baie sterk aan die Beef Tartare van die Middeleeue. Al verskil van die Hamburg-dis en die Beef Tartare is dat die vleis in die Hamburg-dis fyn gekap was.

Die eerste geloofwaardige aantekening van die Hamburger is gemaak in 1904. Op die St Louis World Fair is die eerste hamburgers verkoop. Die hamburgers is gemaak met saamgeperste Hamburger vleis, gebraai en op ʼn broodjie geplaas. Net daar het die hamburgergier die mens beetgepak.

White Castle, ʼn restaurant groep in Amerika, het in 1921 begin om Hamburgers te verkoop. Die hamburgers het hulle vir 5 Amerikaanse sent verkoop. In 1934 het die Wimpy Burger sy verskyning gemaak.

Wimpy is die naam van Popeye se swaer wat so baie hamburgers eet. Wimpy het hulle burgers vir die hoër inkomste groep gemaak en hulle burgers het 10 Amerikaanse sent gekos. Toe die eienaar van Wimpy dood is in 1978 het al 1500 Wimpy’s in Amerika toegemaak. Dit het gebeur volgens die wense van die eienaar. Ek kon dit nie bevestig nie maar vele soektogte op die Internet vir Wimpy’s in Amerika, het niks opgelewer nie.

Verder het die hamburger maar lank geneem om te verander. Eers in die vroeë sestig jare het iemand ʼn stuk kaas op die burger gesit en dit ʼn Kaasburger genoem. In die sestigerjare het McDonald’s ook begin om hamburgers te verkoop. Voorheen was hulle bekend vir hulle warmbrakke. McDonald’s sal in my boeke nie staan vir die plek wat die lekkerste hamburgers maak nie. Maar ons moet hulle seker die eer gee vir die vinnige maak van smaaklose hamburgers.

In 1967 het Wimpy die eerste keer sy deure in Durban oopgemaak. In daardie tyd het die stapelvoedsel nl. Hamburger, chips en Coke ʼn enorme bedrag van 60 sent gekos. Van daar af het Wimpy ʼn huishoudelike naam in Suid Afrika geword.

Maak nie saak hoe en waar die hamburger vandaan gekom het nie, dit bly maar nog ʼn heerlike, miskien ongesonde, ete. Die woord chips is ook sinoniem met die woord hamburger. Al is ons Afrikaans, Hamburgers, Chips en Coke sal een van die gewildste etes bly.

Terug na Indeks

Groente of Vrugte

Hierdie vraag kan net soos die hoender of eier vraag ʼn mens lank besig hou. ʼn Definisie van vrugte is die vleiserige deel van ʼn plant wat ontstaan uit ʼn blom en pitte het. ʼn Vrug is volgens die botaniste die sagte deel van die plant waarin die pit is. Groente daarteen kom van plante af met sagte stingels af.

Vrugte word in drie groepe verdeel naamlik vrugte met sade in soos bv. lemoene en waatlemoene. Dan kom die vrugte met pitte wat dadels insluit. En die laaste groep is natuurlik droë vrugte. Met hierdie definisies in die hand het botaniste begin om groente en vrugte te klassifiseer. Boontjies en ertjies word deur botaniste gesien as vrugte en nie groente, vir die eenvoudige rede dat boontjies en ertjies pitte het.

Komkommers en murgpampoentjies word ook beskou as vrugte. So van komkommers gepraat ek het ʼn ruk gelede ʼn komkommer geneem, botter in ʼn pan gesmelt. Komkommer skywe daarin gebraai en suiker oorgegooi en dit opgedien. Heerlike warm en soet komkommer gereg. Die huismense het nie geweet wat hulle geëet het nie.

Die klassifikasie van groente en vrugte hang ook net af van die wêreld deel en die eetgewoontes van daardie wêreld deel. In die grootste deel van die wêreld word komkommers geag ʼn groente te wees.

Soos in die diereryk is daar ook families in groente. So bv. behoort kool, blomkool en radyse tot dieselfde familie. Die interessantste familie van groente is aartappels, groen en rooi pepers, eiervrug en tabak behoort aan dieselfde groente familie. Ek het maar altyd aan tabak gedink as ʼn plant en nooit as ʼn groente nie.

Volgens die botaniese definisie is die tamatie ʼn vrug. Die vraag of ʼn tamatie groente of vrugte is het al ʼn draai gaan maak in die Amerikaanse Hooggeregshof. Hulle moes die besluit neem om te bepaal of daar handel gedryf kan word met tamaties. Hulle redenasie was dat aangesien tamaties gebruik word in die voorbereiding van kos dit ʼn groente moet wees en nie ʼn vrug nie.

Die tamatie is in 1554 die eerste keer haarfyn beskryf in Italië waar dit die pomi d’oro (appel van goud) genoem is. Die tamatie wat beskryf was, was ʼn geel tamatie wat nie juis hier by ons baie bekend is nie.

Maak nie saak of dit of die tamatie groente of vrugte is nie, dit bly net lekker. Maak nie saak of iets groente en vrugte is nie, dit bly gesond en iets wat ons maar in ons diëte moet inwerk en verkieslik rou. Daar is net twee groentes wat ek mense sal aanraai om van weg te bly en dit is tabak en dagga. Probeer maar gerus om die debat van groente of vrugte te voer in die familie. Dit kan ʼn interessante debat oplewer.

Terug na Indeks

Heuning

Die eerste verwysing na heuning in die Bybel kom voor in Genesis 43:11. So van die begin af was die by al daar gewees om ons van sy soete arbeid te gee. Op 26 Junie 2006 is die 32ste herdenking van die strepieskode (barcode) gevier. In die natuur vlieg die by rond met sy eie strepieskode op sy agterlyf.

Die by is ʼn meerdoelige dier. Eers help hy met die bestuiwings proses en dan maak hy ook die lekkerste en soetste lekkerny vir ons. Daar word ook tans ʼn studie gedoen oor die gif van heuningbye wat gebruik kan word vir die verligting van artritis onder andere.

Ongeveer een derde van alle artikels wat ons in supermarkte koop het heuning in. Die Engelse woord honey maak deel uit van die woord honeymoon. Die oorsprong van die woord kom van die Middeleeue waar pasgetroudes vir een maand lank elke dag “Mead” gedrink het. Mead is ʼn heerlike heuning drankie. Mead is gedrink om te verseker dat die paartjie ʼn seun so kry. Die basiese mead resep bestaan uit heuning, water, gis en speserye.

Indien mens na ʼn meer natuurlike middel teen seer kele en verkoues soek dan is heuning die antwoord. Wanneer jou keel krapperig voel gryp die bottel heuning nader en eet ʼn teelepel vol heuning. Jy kan met die behandeling aanhou tot jou keel beter is, heuning is nie skadelik nie so jy kan maar eet tot jou keel beter is. Nou moet ek ook dadelik se dat as jou keel nie binne ʼn dag of twee beter is nie gaan sien maar liewers jou dokter. Verder kan jy heuning meng met lemoensap, suurlemoensap of met pomelo’s om daardie ekstra vitamiene in te kry om die verkoue die finale nekslag toe te dien.

Daar is ook navorsing gedoen oor die effek wat heuning het op atlete. Heuning is nie net ʼn energie opkikker nie maar daar is bewyse dat indien atlete heuning gebruik voor strawwe oefeninge of resies, hulle spiere vinniger en makliker herstel as atlete wat glad nie heuning gebruik nie. So dit sal goed wees vir atlete om eerder ʼn heuning energie drankie te drink as om enige chemiese middel te gebruik.

Vir die skoner geslag is daar ook goeie nuus. Wanneer jy vol spanning is bad in heuning. Die bad sal al jou spanning uit jou wegneem en dit sal jou vel bevog aangesien heuning die natuur se eie bevogter is. Nou hierdie resep is so maklik: 1 Koppie amandel olie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning, ½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in ʼn mengbak en sit dit dan in ʼn bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik.

Daar is genoeg heuning badolie in vir 4 heerlike en hemelse bad ervarings. Ek glo ook nie dit sal ons mans skade aandoen om so nou en dan in een van hierdie baddens te klim nie. Mans terwyl ek so sit en dink is hierdie eintlik ʼn pragtig geskenk om vir jou vrou te maak vir moedersdag of sommer net om dankie te se vir alles wat sy vir jou beteken. Gooi net die mengsel in ʼn mooi glas bottel. Ek dink hierdie geskenk sal ook help om te sê ek is jammer, want ons manlike spesie is mos maar altyd in die moeilikheid.

Maar die einde is dit niet. Neet twee eetlepels heuning, twee eetlepels amandel of olyfolie, 5 druppels roos olie en 1 druppel vitamiene olie. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Gaan lê en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water. Jou vel sal gou jonger lyk en baie verfrissend voel.

Die wetenskap begin nou eers om te bewys wat ons voorouers al lankal geweet het en dit is dat heuning goed is vir ʼn mens. Een van die dae sal die wetenskaplikes miskien ʼn heuning pil maak wat ons kan gebruik om ons te help verlos van al ons pyne skete en kwale.

Terug na Indeks

Caesar’s Slaai

Hierdie slaai was nie Julius Caesar se gunsteling slaai gewees nie. Die oorsprong van die slaai is nie eers naby aan Rome gewees nie. Die geboorteplek van die slaai is in Tijuana, ʼn klein dorpie in Mexico, gewees. Wanneer mens in die Avenida Revolution wandel is dit ʼn lelike buurt waar mens nie eintlik gesien wil wees nie.

Caesar’s Sports Bar & Family Grill Restaurant is ʼn half donker plek teen die ou verslete Hotel Caesar. Die restaurant bestaan uit 6-halfmaan tafels en ʼn lang kroeg toonbank. In 1924 is die beroemde slaai die eerste keer in die restaurant gemaak Die storie van die slaai begin met Alex Cardini ʼn Italiaanse vlieënier wat in Tijuana gewoon het. Hy was die eienaar van die restaurant. Eendag kom daar van sy mede-vlieëniers daar aan wat lus was vir iets om aan te peusel. Daar was nou juis nie baie kos voorraad gewees in daardie tyd nie aangesien Mexico Stad baie ver van Tijuana is. ʼn Tannie van Alex Cardini wat in die kombuis gewerk het, het maar met die voorraad wat sy gehad het die slaai gemaak. Wat is in die slaai wat so beroemd geraak het ? Bestanddele 8 Anchovy Filets 2 Klein Suurlemoene 1 tot 2 eetlepels Knoffel 2 eetlepels olyf olie 2 eetlepels rooiwyn asyn 1 eetlepel Worcestersous 3 eiers sag gekook 4 teelepels mosterd 5 tot 6 eetlepels gerasperde Parmesaan kaas 1 koppie Croutons 3 Klein Slaaiblare Vars peper na smaak.

Metode Neem die anchovies, sap van die twee suurlemoene en knoffel en maak tot ʼn pasta met ʼn vurk. ʼn Voedsel verwerker sal hier handig te pas kom. Meng nou olie, asyn, eiers, mosterd, Worcestershire sous en kaas by die pasta. Meng nou die croutons en gesnyde slaaiblare by. Hierdie slaai sal met al die verskillende smake ʼn wenner wees by enige ete. Die Caesar’s slaaie wat mens by die restaurante kan koop word nie meer op die oorspronklike manier gemaak nie. Dit bly ʼn heerlike slaai om te eet.

Terug na Indeks Kaap Maleiers en hulle kos

Alles wat in hierdie artikel is kom uit die boek getiteld The Culture and Cuisine of the Cape Malays deur Cass Abraham’s. Dit is nie net ʼn kookboek nie, maar ʼn boek wat hulle kultuur ook vir ons beskryf.

Kos speel ʼn belangrike rol in die Maleisiese gemeenskap en dit staan sentraal in hulle geloof en familie feeste. Wanneer ʼn Maleier mense uitnooi vir ʼn ete sal hy niyyat uitspreek. Op die feeste kan mense dan van die kos in servette toedraai en huis toe neem.

Anders as ons Westerlinge beskou hulle dit nie as ongeskik as mense dit doen nie. Volgens hulle tradisie behoort die kos nie aan die gasheer nie maar aan die gaste. Hulle sê dit nie maar ek dink hulle sal dit as ʼn kompliment sien wanneer ʼn gas van hulle kos huis toe neem.

Hier volg ʼn paar wenke uit die boek oor hoe om die perfekte bredie to kook.  Die beste vleis om te gebruik is lam ribbetjies wat in 2 cm stukke gesny is.  Verbruin die vleis saam met die uie en speserye voordat groente bygevoeg word.  Groente moet altyd gekap of gesny word en rou bygevoeg word.  Moet nie die vleis kook in water of vleissous nie want dit maak die vleis taai.  Hou die temperatuur konstant, medium hitte, sodat die bredie vir ʼn paar uur kan staan en kook.  Moet nie vloeistof bygooi nie, want die sous van die groente is genoegsaam.  Bedien bredies saam met rys. (EK ken ʼn paar mense wat nie sal skroom om bredie en pap saam te eet nie).  Nog iets wat ek gesien het in hulle bredie resepte is dat hulle die uie, peper korrels en knoffel eers kook in sowat 250 ml water. Die mengsel moet kook totdat al die water opgekook is en dan word olie bygevoeg en dit gebraai.

Bredies word almal op dieselfde basiese manier gemaak. Dit is egter die verskillende speserye wat die smaak verander. Bredies moet ook liefs eers ʼn dag nadat hulle gemaak is bedien word. So kan die smake dan goed met mekaar trou. Bredies wat op ʼn oop vuur gemaak word smaak nog die beste. Dit noem ons Potjiekos.

Terug na Indeks

Kos en Trane

Diëte is nie ʼn maklike onderwerp nie en dit is ook iets waarmee ek persoonlik sit. Daar is soveel teorieë oor die hoekoms en waaroms. Ek het net een probleem en dit is ek is lief vir eet, en ek kan nie verstaan dat die mense om my kan eet en nie gewig aansit nie en ek kan nie eers vir die kos kyk nie en dan kom die kilo’s sommer so aangehardloop na my toe. Al wat help is om reg te eet, oefeninge te doen en baie water te drink iets wat ek nie kan doen nie. So saam met die diëte het ek ook al gewaag om die wonder kure te probeer. Drink hierdie pil en die kilo’s smelt sommer so van jou weg. Drink hierdie eet aanvulsel in die vorm van ʼn melkskommel en binne tien dae sal jy jouself nie ken nie. Al hierdie advertensies het een ding in gemeen en dit is om ons die publiek van ons swaar en hardverdiende geld te ontneem. Want al hierdie mooi en soet advertensies sê dit nie, maar dit is in die fyn skrif en dit is “Only effective with a kilojoule controlled diet”. As jy reg eet sal jy gewig verloor sonder enige van daardie middels. Wanneer jy dieet, begin jy lekker vinnig gewig verloor. Die eerste paar kilos wat jy afskud is in elk geval water. Nou begin die sports eindelik. Jou brein sien hier is dinge aan die gebeur en begin dadelik sy meganismes inskop. Jou brein is nie daarvan bewus dat jy wil gewig verloor nie en dink jy is besig om jou self te verhonger. Hy stuur dadelik seine na die maag en sê aan die maag hokaai, begin om jou metabolisme stadiger te maak. Nou dieet jy dat die sop so spat maar jy staan doodstil op jou gewig. Almal wat daarvan bewus is dat jy dieet, dink ja hy kon nou weer nie uithou nie en het weer lekker weggelê aan al die lekker dinge van die lewe. Jou liggaam het drie dinge nodig om te oorleef en dit is koolhidrate, vet ja dit is reg, en proteïene. Neem jy een van die dinge uit jou dieet dan begin jou metabolisme stadiger te werk. Dit is ook nodig, veral vir mense wat dieet om multi vitamins te drink. Die vitamins gee jou aanvullings wat nodig is vir jou liggaam. Die probleem kom daarin vir baie mense en dit is wat gemaak as jy jou gewig verloor het, hoe hou jy dit daar. En die antwoord is eenvoudig en dit is eet gesond, meer vars rou groente en vrugte. Eet minder. In plaas van 3 lepels rys skep net 2 lepels in. Drink minder suiker in jou koffie en tee. Probeer om meer oefeninge in te kry. Loop daardie kilometer na die naaste kafee in plaas daarvan om in die kar te klim en ry dit sal jou die nodige oefening gee. Drink baie water want hoe meer water jy drink hoe meer onnodige stowwe skei die liggaam af. Moet nie al die vet in jou dieet uitskakel nie, maar eet net minder. Probeer om meer witvleis en vark te eet as rooivleis. Moet nie sommer koue vleis of kafee kos eet nie. Gebruik baie vars kruie en speserye in jou kos. Probeer om so min as moontlik van vet en olie gebruik maak wanneer jy kook. Eet ook jogurt en vars vrugte as nagereg eerder as om daardie heerlike soet poedings te maak.

Dit is en bly maar ʼn Stryd om van die vet ontslae te raak. Maar u sal verbaas wees hoeveel kan u verloor en afhou as u net so ʼn paar veranderinge in u dieet aanbring. Bly asseblief ook weg van al hierdie wonder kure.

Terug na Indeks

Die Blikkies

As daar nou een ding is wat ons mense regoor die wêreld in gemeen het, is dat almal moet eet. Of jy arm of ryk is, geel, swart of wit, om aan die lewe te bly moet jy eet. As jy drie keer per dag eet, dan is jy bevoorreg en as jy een keer of minder eet dan is jy in die moeilikheid.

Hoe maak jy om te eet as jy uitkamp in die veld en daar is nie vars proviand beskikbaar nie, of jou koskas het die einde van die maand bereik en jy moet iets doen om daardie maalvleis so ’n bietjie te rek. Die antwoord is maklik en jy moet maar net ’n blikkie uittrek en by die maalvleis gooi of ’n blikkie boontjies op ’n oop vuurtjie sit en warm maak. So ’n blikkie warm boontjies smaak darem heerlik as jy nie vir so ’n dag of wat nie te goed ge-eet het nie.

Blikkies kos het sy ontstaan gehad so in die 1700’s. Dit is nie soos met die meeste kossoorte en uitvindings wat die Amerikaners voor Pa staan nie. Hierdie uitvinding het sy ontstaan gehad as gevolg van Napoleon Bonaparte. Hy het ’n kontantprys uitgeloof vir die persoon wat ’n effektiewe manier of metode kan uitvind om kos vir ’n lang tyd te stoor, sodat hy sy leer met proviand te kan voorsien.

’n Sekere Nicholas Appert het op die idee gekom om kos in bottels te stoor. Hy het gesien as mens kos in ’n lugdigte houer sit en warm maak, die kos nie sal sleg word nie. Peter Durand ’n Engelsman het die proses ’n stappie vêrder geneem en kos in ’n blikkie gesit en dit geseël en geprosesseer. Soos die oorloë begin toeneem het, het die navraag toegeneem na blikkies kos. Oorloë is nie altyd so sleg as wat mense dink nie. Daar kom so nou en dan iets positiefs uit ’n oorlog.

So het die proses ook voete gekry en na Amerika toe gegaan en reg oor die wêreld toe versprei. Sedert die ontstaan van blikkies kos het die metode van maak nie juis veel verander nie. Die produk word met in ’n blikkie geplaas en dan geseël. Die blikkie word dan stoom onder druk gekook. Die stoom moet so 116-121°C wees. Die kooktyd vir elke produk is anders. Die stoom of kookproses is natuurlik nie net om die kos gaar te kry nie, maar het ook ’n ander belangrike doel en dit is om die mikro organismes wat die kos laat afgaan, te vernietig.

Die blikkies kos het dieselfde voedingswaarde as vars kossoorte. Maar met tyd gaan die kossoorte se in die blikkies se voedings waarde af. Nie dramaties nie. Onthou ook altyd as ’n blikkie so boepens staan, gooi hom eerder weg.

Nou laat dit my terugdink aan die tye wat ek in die weermag was. Daar het ons 3 maande lank rat packs ge-eet, wat meer uit blikkies kos bestaan het. Na drie maande se eet en elke dag dieselfde tipe blikkies kos, is blikkies kos nie meer lekker nie.

Terug na Indeks Braaivleis

Die manier van vleis gaarmaak oor ʼn oop vuur is al so oud soos die berge. In die Bybel is daar al beskrywings aan die Israeliete gewees hoe om offers te bring en nog ʼn goeie voorbeeld is van die Paasfees se skaap wat moes gebraai word net voor die uittog uit Egipte.. Vandaar kan mens maar sê is die vet in die vuur. Die Voortrekkers het ook die kuns bemeester om potjie te maak en om vleis te braai.

So is die kuns en die smaak van braaivleis aan ons oorgedra. Maak nie saak waar in die wêreld is daar Suid Afrikaners nie, ʼn mens sal orals die reuk van braaivleis kry. In Amerika moet mens nie te opgewonde raak wanneer jou buurman jou uitnooi na ʼn Barbeque toe nie. Want hulle braai net hamburger patties en Hot Dog worsies.

Die Amerikaners ken die kuns van braaivleis natuurlik aan hulle self toe. Volgens hulle is braaivleis gereeld geëet deur die Cowboys wat rondgetrek het met hulle beeste. Die lande waar braaivleis ook in hulle kulture ingegrawe is, is Argentinië en Australië.

Elke mens wat braai het sy eie geheime manier en slag. Mense verskil en party sal se jy moet jou vleis bv. 1 minuut aan die een kant braai en dan ʼn minuut aan die ander kant om dit te seël. Ander braai net en draai die vleis om wanneer hulle dink dat dit reg is om te doen. Ek het al op baie maniere gebraai en ek weet nie of dit my verbeelding is nie, maar ek proe nie eindelik verskille nie.

Vir my lê die groot geheim by kwaliteit van die vleis wat jy braai. Indien jy goedkoop vleis braai kan jy verwag dat jy taai en onsmaaklike braaivleis gaan kry. Daar is ook mense wat beweer dat jy nie sout moet oorgooi terwyl jy braai nie anders gaan die braaivleis heeltemal taai wees. Ek kan hier ook nie ʼn verskil agterkom nie.

Maar vir die wat graag wil iets anders probeer of iets nuuts wil probeer hier is vir julle ʼn paar wenke.

• Maak ʼn mengsel van Olyf olie, speserye sout en peper aan en marineer jou vleis daarin vir sowat 4 ure. Terwyl jy braai hoef jy nie sout en peper oor te gooi nie. • Wanneer jy ʼn soet marinade gebruik moet jy meer gereeld omdraai anders sal jou marinade brand. • Om te keer dat jou vuur opvlam sny ʼn koeldrank blikke (ons drink mos net koeldrank as ons braai) se deksel af en maak so ¾ vol water. Plaas in die middel van die kole. Die water sal kook en die stoom sal die vlamme onder beheer hou.

Elkeen hou mos daarvan om so ʼn bietjie te spog wanneer hy braai. Hier is so twee “spog” wenke. Hierdie wenke werk baie lekker wanneer die manne genoeg koeldrank gedrink het en daar so een of twee klein weddenskappe gemaak kan word.

• Wanneer jy klaar gebraai het maak ʼn 2 L Coke bottel vol water en plaas in die middel van die kole. Pak sommer ʼn paar kole om die bottel en wag. Die water sal kook en jy sal kan koffie maak met die water. Die Coke bottel sal nie smelt nie. • Niemand sal jou glo as jy sê dat jy ʼn eier kan kook sonder water op ʼn vuur nie. Terwyl jy braai kan jy ʼn eier of twee op die rooster gooi en dan gereeld omdraai. Wanneer dit eier gaar is sal die dop kraak. Dit gee die eier nogal ʼn redelike unieke smaak.

Braaivleis is lekker en uniek. Eksperimenteer met verskillende soorte en snitte vleise. Doen wat vir jou lekker is en waarmee jy gemaklik is.

Terug na Indeks

Coke

Daar is seker nog nie een mens in die hele wye wêreld wat nie van Coke gehoor het nie. Ek dink die geld wat Coke spandeer aan advertensies kan ʼn Afrika land of twee aan die gang hou. Daar is ook so baie voorstad legendes (Urban Legendes) oor Coke. ʼn Mens weet nie meer wat die waarheid is nie. So ek het gaan ondersoek instel na waar kom die gesogte drankie vandaan.

In 1886 het Dr John Stythe Pemberton het eendag sy eie tonikum aangemaak wat ʼn mens se brein en senuweestelsel moes gehelp het om beter te funksioneer. In die tonikum het hy ʼn Afrika Kola Neut se ekstrak geneem asook kakao blare. Albei hierdie bestanddele is sterk stimulante. Dr Pemberton se vennoot ʼn boekhouer genaamd Frank M Robinson het die tonikum genoem Coca Cola.

Dr Pemberton is toe met sy stroop hier onder die arm af na Jacobs se apteek toe. Die apteker het die dik bruin stroop met water gemeng en toe aan die mense verkoop vir ʼn paar sente. Eendag het ʼn kliënt in die apteek ingekom en vir die apteker gevra om vir hom ʼn drankie aan te maak maar dat hy nie gewone water moet gebruik nie maar eerder soda water. En net daar is Coca Cola gebore.

Dr Pemberton het nie vreeslik baie geld met sy Coke gemaak nie. Vyf jaar na sy uitvinding het die Dr sy maatskappy verkoop aan ʼn Asa G Candler. In 1893 het die man Coke gepatenteer. Van daar af is die res geskiedenis. Coke word vandag in oor die 200 lande verkoop. Coke het so ʼn ryk geskiedenis en bekende handelsnaam en ek glo dit is een van dei bekendste produkte in die wêreld.

Coke is ook in die geskiedenis van die geskiedenis van die mens ingeweef. Daar is letterlik duisende stories oor Coke en sy invloed op die mens. Die een man skryf dat hy en vriendin onder die maan en sterre gesit het en Coke drink het. Net daar het hy toe so begeesterd geraak en haar gevra om met hom te trou. ʼn Ander man vertel dat die mooi vrou verby hom geloop het en ʼn bottel Coke gedrink het. Sy het verby hom geloop en gestruikel en al haar Coke op sy nuwe klere gemors. Vandag is hulle nog ʼn hele paar jaar gelukkig getroud.

Dit is nie net met die liefdeslewe waar Coke mense bymekaar kry nie, maar ook in al die oorloë wat die moderne wêreld al gesien het. Van die tweede wêreld oorlog tot in met die oorlog in Afghanistan het soldate stories te vertel rondom Coke. Soldate wat moeg en uitgeput is na ure se patrollies wat afkom op ʼn klein winkeltjie in die middel van nêrens wat koue Coke verkoop.

Coke is nie net ʼn tonikum, of heerlike drankie nie maar daar kan baie ander dinge met Coke gedoen word en ek gee so ʼn paar wenke hier:

· Gooi ʼn blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ʼn uur. Spoel die toilet en jy sit met ʼn sprankel skoon toilet. · Wanneer jou kar battery terminale aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoon vreet.

· Wanneer jy sukkel om ʼn geroeste skroef los te draai. Gooi Coke op ʼn lappie en hou die lappie teen die skroef vir ʼn paar minute.

· ʼn Heerlike manier om ʼn vark boud gaar te maak is om ʼn blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ʼn halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om ʼn heerlike sous te maak.

· Om vet kolle van klere te verwyder is om ʼn blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal. Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.

Jare gelede toe die jong mans nog grens diens gaan doen het, het ʼn blikkie Coke 25 sent gekos en ʼn bier 20 sent. Weens ekonomiese redes het die Soldate daardie tyd eerder bier as Coke gedrink. ʼn Kas bier het slegs R 4.80 gekos terwyl ʼn kas Coke R6.00 gekos het.

Daar is veral manne wat beweer dit is nie die Brandewyn wat jou siek maak nie maar wel die Coke.

Gesond of nie, lekker of sleg Coke is ʼn deel van ons lewens en ons kultuur. Geniet jou Coke en onthou maar soos alles matigheid voor oë.

Terug na Indeks

Potjiekos

ʼn Reeks artikels oor kos sal nie volledig wees sonder om oor ons nasionale erfenis, potjiekos, te praat nie. Van die mense waarmee ek gepraat het voor ek hier kom sit het, het my op die vraag “Waar kom Potjie” vandaan geantwoord: van die Voortrekkers. Ek moet erken ek het ook nogal so gedink. Tot my verbasing is dit nie

Die ontstaan van die hutspot of potjie gaan sover terug as 1573. Op 15 Oktober 1573 het die Spanjaarde die Nederlandse stad Leiden beleër. Maar die Nederlanders was nie bekommerd gewees nie want hulle het genoeg kos in die stad gehad. Op 21 Maart 1574 los die Spanjaarde Leiden soos ʼn warm patat. Die mense was verheug.

Maar ewe skielik op die 25ste Mei 1574 beleër die Spanjaarde weer Leiden. Dit is net hier waar die moeilikheid begin. Die mense het nog nie tyd gehad om kos bymekaar te maak nie en niemand kon in of uit die stad gaan nie. Die kos was maar skraps. Gelukkig het die mense begin om gemeenskap etes te maak. Almal het maar stukkie kos aangedra van wat hulle gehad het. Al hierdie flentertjies en skraapsels is in een pot gegooi en gekook. So het hulle maar elke dag saam geëet,

Daar is verder min bekend oor die hutspot en hoe hy begin het om deur Europa te trek. Elke jaar word die hutspot gemaak op die dag wanneer die beleg van Leiden beëindig is. Die mense het duidelik nie net die hutspot bly maak op die vakansiedag nie. Van Nederland het die hutspot België, Frankryk en Engeland toe gegaan.

Natuurlik op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck so ʼn paar hutspotte aan boord van sy skepe gehad. As mens daaraan dink is die potte net reg gewees om mee te kook in so ʼn wilde ongerepte land. Maar dit is nie al manier wat die potte hier in die suiderpunt van Afrika geland het nie. Die ontdekkingsreisigers het die swart potte by hulle gehad om hulle kos in te maak. Op een of ander manier het hulle seker maar die potte geruil vir gunste en gawes by die plaaslike bevolking.

Die plaaslike bevolking het gou gesien dat die swart ysterpotte baie beter kook en hanteer as die gewonne kleipotte wat hulle gebruik het. En so het die potjie vol pap ook sy plek gekry by die swart bevolking, en met hulle migrasie af na die suidpunt toe het die pot ook saamgekom.

In Kaapstad in die vroeë jare het die pot behoorlik gekook. Eers het die mense net kos daarin gaargemaak. Verder het hulle agtergekom dat hulle die potjie ook as ʼn oond gebruik en stukke vleis daarin gaarmaak, maar die einde was dit niet, want hulle het ook agtergekom dat mens ook brood in die pot kan bak. Maar met al die skepe met hulle vreemde speserye en geure het die potjie ook begin om meer geurig en smaaklik te raak. Natuurlik was hierdie 3 in een pot ʼn natuurlike keuse toe die Voortrekkers die lang pad moes aandurf noorde toe. Die voordeel van die potjies is dat jy nie vreeslik baie nodig het om hom aan die gang te kry nie. ʼn Klein vuurtjie en ʼn paar stukke hout en siedaar gaan die pot aan die kook. Die ander voordeel is ook dat as mens die potjie stadig kook kan taai vleis lekker sag word. ʼn Ander voordeel ook vir die Voortrekkers is dat die aand as jy klaar geëet het, kan jy die volgende dag net jou potjie optel en aan die wa haak en daar gaan jy.

Hier in die Sewentigerjare het ons moderne wesens die potjie in al sy glorie laat herleef. Mense het begin agterkom dat as jy potjie maak dat daar ekstra paar uur lekker kuier mee gepaard gaan. Baie potjiekoskompetisies is gehou en daar is tot ʼn Potjiegilde in Pretoria.

Die potjie se grootte word bepaal deur die hoeveelheid water wat hy kan neem. ʼn no 1 pot neem 2 Quarts water en ʼn no 3 pot 8 Quarts water. 1 Quarts water is gelyk aan twee pinte water, en natuurlik is twee punte is baie naby aan ʼn liter.

Deesdae is omtrent elke mens ʼn potjie kenner. Elkeen het maar sy gunsteling manier en gereg wat hy as sy eie beskou. Miskien moet ons dankie aan die Spanjaarde se vir die beleg van Leiden. As dit nie vir daardie beleg was nie sou ons kultuur definitief armer gewees het.

Terug na Indeks

Gekondenseerde Melk

Gekondenseerde of ingedampte melk het ʼn baie interessante geskiedenis. Toe ek die geskiedenis lees toe kom die prentjie van Walt Disney se Beauty and the Beast by my op. Die Beauty se pa was mos hierdie vreeslikke deurmekaar uitvinder. Iemand wie se talente nie raakgesien is deur die gemeenskap waarin hy gewoon het nie.

Net so het dit met Borden gegaan. Hy is die uitvinder van die proses wat ingedampte melk vervolmaak het. Een van sy vroeë uitvindings was ʼn perdekar wat deur perde op die land getrek kan word en dan net so gemaklik in die water kan seil. Met sy eerste probeerslag het die mense hom gekeer voor die perden boot (ek weet nie wat om die kontrepsie anders te noem nie) in die water ingegaan het. Maar dit het Borden nie afgesit nie. ʼn Paar dae later het hy weer probeer en toe die perde boot in die water kom het hy omgeslaan. Die mense was nie baie gelukkig nie.

Moed opgee was nie in Borden se woordeskat nie. Sy volgende probeerslag was vleis koekies gewees. Hy het 120 pond beesvleis afgekook tot so 10 pond toe. Hy het dit ontwater meel bygevoeg en geknie, dit in koekies gevorm en gebak. Hy het probeer om sy koekies aan die Amerikaanse vloot en weermag te verkoop, maar hulle het verskeie redes aangegee hoekom hulle nie daarin belangstel nie. Een Arktiese ekspedisie het die wondere van die koekie beskryf en het daarop geleef. Die Vloot en Weermag se weiering om die koekies aan te koop het Borden tot bankrotskap gedryf.

Hy het aangehou om produkte te kondenseer. Van sy idees was byvoorbeeld om een pampoen te kondenseer in ʼn eetlepel in. Verder het Borden het verskeie waarnemings oor melk neergeskryf. Hy het gesê dat sodra ʼn koei gemelk word dan begin die melk afgaan. Hy het ook gesê dat daar ʼn verhouding is tussen vuiligheid, varsheid en die kwaliteit van melk is. Dit het hy eerstehands ervaar toe hy in 1851 met ʼn boot oor is na Engeland. Op die reis het kinders gesterf as gevolg van ou melk.

Ander mense het begin om melk te kook. Maar wat die probleem was, was dat hulle dit op ʼn oop vuur buite gekook het. Die melk het omtrent altyd aangebrand of verkleur of sommer net nie lekker geproe nie. Borden het ʼn vakuum pan gebruik. Die vakuum pan was in gebruik gewees om gekondenseerde vrugtesappe te maak. Borden het die melk in die vakuum pan gesit, stadig verhit, sodat die water geleidelik kon verdamp. Melk bestaan uit 75% water. Met die verdamping van die water, al wat dan oorgebly het was die gekondenseerde melk.

In 1855 begin Borden sy gekondenseerde melk van deur tot deur verkoop. Borden dring ook daarop aan dat die boere wat die melk aan hom verskaf uiters higiënies te werk moet gaan. In 1858 kry hy die erkenning wat hy seker al lankal voor gewag het. Die Komitee van die Akademie vir Medisyne verklaar sy melk van die hoogste gehalte.

Met die uitbreek van die siviele oorlog in Amerika is die melk as deel van die rantsoene vir die soldate gegee. Soos die soldate van die oorlog af teruggekom het, het hulle aan hulle families van hierdie wonderlike melk vertel. Sy melk het so gewild geraak dat hy nie die Weermag kon voorsien van al hulle behoeftes nie. Sy besigheid het van krag tot krag gegaan.

Wat Borden se storie so uniek maak is dat hy slegs sowat een jaar skoolgegaan het en dat hy geen opleiding as wetenskaplike gehad het nie. Ons moet sekerlik dankie aan die man sê vir sy uithou vermoë. As dit nie vir daardie kwaliteit van hom was nie, sou ons seker nooit ingedampte melk gehad het nie. Nog ʼn les wat ek hieruit geleer het is dat ʼn mens nie noodwendig geleerd hoef te wees om suksesvol in die lewe te wees nie.

As u ʼn goeie idee of droom het, klou aan jou droom want daar is ʼn lig aan die einde van die tonnel.

Terug na Indeks

Geskiedenis van Souse

So deur die artikels wat ek al geskryf het, het ek so hier en daar aan souse se geskiedenis geraak. Soos bv. Worcestersous, Tabasco sous en natuurlik ons eie monkeygland sous. Vandag wil ek oor die geskiedenis van ander souse so in die kort praat.

Die woord “sauce” is ʼn Franse woord wat beteken iets om jou kos meer aptytwekkend te maak. Souse word gebruik om kos beter te laat smaak en meer aantreklik te maak. Soos ons almal weet was daar honderde jare gelede nie yskaste waarin die mense kosse kon hou nie. Die gevolg was dat kos en veral vleis gou afgegaan het en daardeur ʼn smakie ontwikkel het. Souse is dan gemaak en gebruik om die af smakie te verbloem.

Hier kan ek uit persoonlike ondervinding dit beaam. Baie jare gelede, toe ek my diensplig gedoen het, het ons Donderdae aande ʼn heerlike sterk kerrie gekry om te eet. So het dit vir weke aangegaan totdat iemand opgemerk het dat as ons Maandae Hoender gekry het, het ons Donderdae Hoender kerrie geëet. As ons beesvleis Maandae geëet het, het ons Donderdae beesvleis kerrie geëet.

Ons het ons maar so tussen ons die afleiding gemaak dat hulle te veel vleis op Maandae maak, dit dan eenkant hou en Donderdae verbloem met die kerrie en weer aan ons gee. Dit is hoekom ons toe op Maandae tot die vleis uit die bakke gesteel het om net nie weer daardie vleis Donderdae te kry nie.

• Béarnaise sous is ʼn sous waarin uie (Salotte), peperkorrels en Tarragon saam in witwyn of asyn gekook word en dan by Hollandaise sous gevoeg word. Chef Julius Colette het in die laat 1800’s die sous in ʼn Restaurant in Parys gemaak en dit vernoem na die streek waar Henry IV gebore is en die streek was natuurlik Bearn in Frankryk

• Béchamel Sous klink heerlik en lekker maar is net ʼn doodgewone witsous. Soos ons almal weet kan ʼn witsous as basis gebruik word vir baie ander souse. Daar is vier weergawes van wie nou eindelik witsous die eerste keer gemaak het. Die oudste en lyk my die mees geloof waardigste weergawe is die een waar die Italiaanse gebore Catherine de Medici (1519-1589) se sjefs die sous gemaak het. Toe sy met die Franse koning getrou het, het haar sjefs haar na Frankryk toe vergesel en daar die Franse aan witsous bekend gestel.

• Chasseur Sous, is ʼn sous wat saam met wildsvleis bedien word. Chasseur is die Franse woord vir jagter. Dit is ‘m bruinsous wat gemaak word van Salotte (uie), sampioene, witwyn en somtyds tamaties en pietersielie. Die uitvinder van die sous word aanvaar dat dit Philippe De Moray (1549-1623) was. In daardie tyd is ou en taai voëls en wild omtrent ʼn dag lank gekook om sag te kry. Die vleis was gewoonlik ook in stukke gesny om die haelkorrels uit te kry. So dit was nou nie juis van die beste en mooiste gesnyde snitte gewees nie. Die sous is dan saam met die versnipperde wild bedien.

• Hollandaise Sous is ʼn botter en eier sous. Dit is ook ʼn basiese sous en het baie variasies. Van die variasies is Room Hollandaise sous, Peperwortel, Ansjovis en Tamatie Hollandaise sous. Dit word gewoonlik warm voorgesit saam met vis, eiers en groente. Hierdie is ʼn Franse sous. Hollandaise beteken van Holland af. Hier sal mens dink dat die sous sy oorsprong gehad het in Holland, maar dit is nie waar nie. Die sous was eers genoem Isigny, wat ʼn stad in Noorweë is, wat bekend was vir sy Botter. Gedurende die eerste Wêreldoorlog in het hulle nie meer Botter gemaak in Isigny nie. Al die Botter is toe ingevoer van Holland af en daarom word dit tot vandag nog Hollandaise sous genoem.

Dit is net maar ʼn paar van die mees interessante en basiese souse wat ons daagliks geniet. Gelukkig kan ons vandag die souse geniet en gebruik om die kosse meer smaaklik en interessant te maak en nie om die smakie te verbloem nie.

Terug na Indeks

Ongewone Kosse

Wanneer dit by ongewone kosse kom sit ons nasie nie te ver van die tafel af nie. Hier dink ek maar net aan skaapkop eet, biltong en snaaks genoeg monkeygland sous. Die oorsese mense dink ons is barbaars om gedroogde vleis te eet. Hulle kan dit nie verstaan dat ons vleis ophang om droog te word en dan te eet nie. Daar is ook ʼn persepsie dat ons monkeygland sous maak van ape se kliere. Maar wanneer hulle eers die delikatesses proe en eet dan is daar geen keer aan hulle nie.

Maar dit is nie net by ons wat ons ongewone kosse eet nie. Die Japanese is bekend en beroemd vir hulle Sushi. Ek hoor dat ʼn goeie Sushi sjef ʼn aantreklike salaris kan verdien. In een van die gewildste restaurante in Taiwan waar die mense tou staan elke aand om te eet, is die spesialiteit vis. Maar dit is nie snaaks nie. Sodra jy inkom in die restaurant is daar ʼn groot vis tenk. Jou aandete swem so voor jou verby en jy kies die mooiste en lekkerste vis. Hulle vang dan jou vis vir jou. En net hier hardloop die papaja in die fan vas.

Die sjef gooi die vis net so heel in die warm water en kook hom. Die vis word dan net so netjies opgesny in soveel porsies as wat daar mense in die geselskap is. Hier moet julle net let op my woordkeuses, nie oopgesny en skoongemaak nie maar opgesny met die derms en al. Die stuk wat jy in jou bord kry moet jy net so opeet met die derms en al. Of dalk kry jy die kop met oë. Jig is al wat ek kan sê.

Franse en Italiaanse sjefs is lief om hane kamme te gebruik om hulle disse mee te versier. Die hane kamme is blykbaar heerlik maar so effe aan die taai kant. Die Aborigenes van Australië is versot om suiker miere en gekapte gemarineerde kangeroe sterte te eet. In Oos Europese lande en veral Rusland is beer poot en beer steak ʼn delikatesse.

In veral Sjina is Haai vin sop weer baie gesog. Daar hou hulle ook van om gedroogde voël neste te eet. In Sjina of Taiwan is daar ook honderd jaar oue eiers te koop. Dit word geëet op baie spesiale geleenthede, soos bv. wanneer ʼn groot sake transaksie afgehandel word.

Gebraaide sprinkane en mopanie wurms is weer koningskos in Afrika terwyl miere gedoop in sjokolade bo aan die gourmet lys is in Japan. In Europa is skilpad vleis weer gesog en in sekere dele van Amerika is krokodil vleis weer gesog. In Mexiko is bees balletjies gesog veral van die beeste wat gesneuwel het in stiergevegte. Die lekkerny word gebraai in botter en olyfolie en met verskillende souse bedien.

Gelukkig het ek nou die mees grillerigste peusel happies uitgelos. Maar as ek so na die snaaksste disse kyk sal ek maar by biltong en monkeygland sous hou. Die twee geregte waarvoor die res van die wêreld hulle neus optrek bly maar baie lekker en ek sal definitief nie my stukkie biltong ruil vir ʼn bees balletjie nie.

Terug na Indeks Kremetart

Kremetart is ʼn byproduk van ʼn kremetart boom het ek mos altyd gedink. Maar toe ek dieper in die dinge ingaan sien ek mos my persepsie was heeltemal verkeerd gewees. Om my nuutgevonde kennis te toets het ek my vrou gevra waarvan word kremetart (Cream of Tartar) gemaak was haar antwoord aan my gewees, natuurlik van die kremetartboom.

Kremetart is ʼn suiwer natuurlike produk wat agterbly nadat druiwesap in wyn gefermenteer het. Daar is ook ʼn ander produk wat van wyn gekry word nadat die wyn in vate verouder het en dit is Wynsteensuur. Dit klink nie baie insiggewend nie maar as ons na die Engelse woord gaan kyk begin dit sin maak. Wynsteensuur in Engels is Tartaric Acid, en ek vermoed dit is kremetart wat gelos word om saam met die wyn te verouder na ʼn suur toe.

Maar terug na Kremetart. Kremetart word is die hoofbestanddeel in bakpoeier, en dit is ʼn rys agent (rising agent). ʼn Ander doel van kremetart is dat dit ook gebruik kan word om eierwitte te stabiliseer. In gemmerbier word kremetart ook gebruik en dit is om die gistingsproses aan te help.

Hier volg nou ʼn paar nuttige wenke wat onthou kan word wanneer kremetart gebruik word:

• Gebruik sowat 1/8 ste teelepel kremetart per eierwit wanneer soufflés en meringues gemaak word. • Gebruik kremetart om koperware skoongemaak word. Maak die kremetart met water aan tot pasta en skuur dan die koper met die pasta skoon. • Wanneer kremetart in ʼn lig dugte houer gebêre word kan dit baie lank gebêre word. • Indien jy nie kremetart het nie, gebruik ʼn ¼ teelepel suurlemoensap of asyn om een eierwit te stabiliseer. Onthou net dat die smaak van die dis verander kan word as jy suurlemoensap of asyn gebruik. • Kremetart wat saam met bakpoeier in ʼn resep gebruik word, dien as dubbel rys agent. • Indien die resep kremetart vereis en jy nie kremetart het nie. Jy moet 1 teelepel bakpoeier vir elke ½ teelepel kremetart gebruik.

Mag julle hierdie kennis gebruik in julle gebak.

Terug na Indeks

Suiker en jou Dieet

Een van die mees kontroversiële sake in die kosbedryf is suiker. Die gesondheidsbewustes reken dit is suiker wat jou gewig laat aansit en die suikerbedryf reken weer nee dit is nie. Vandag gee ek aandag aan die suikerbedryf se weergawe.

Die data wat gebruik word om te bepaal of mense oorgewig is of nie het hulle oorsprong in data wat bymekaar gemaak is tussen 1934 en 1954 deur sowat 11 miljoen polishouers in Noord Amerika te weeg. Indien mens 20% meer as die norm weeg word jy summier as oorgewig beskryf. Maar die tabelle het nie tred gehou met tyd nie. Die Britse weermag het bevind dat die soldate wat is 1975 by hulle aangesluit het was langer en het 50% meer geweeg as die soldate wat aangesluit het in 1945. Hierdie veranderinge is nooit in die tabelle aangeneem nie.

Suiker bevat 4 Kilo kalorieë per gram, vet bevat 9 kilo kalorieë en alkohol 7 kilo kalorieë. As mens na die syfers kyk dan is suiker ver van die sondebok af. Om suiker uit jou dieet te neem gaan nie so ʼn groot impak hê as wat die uitlating van vet of alkohol gaan hê. ’n Studie het getoon dat mense wat oorgewig is minder suiker gebruik as hulle minder swaar ewe knieë.

Die oorsake van hart aanvalle is ‘ ʼn paar jaar gelede gesien as oorgewig, suikersiekte, hoë bloeddruk, hoë kolesterol, rook en spanning. ’n Leidende hartspesialis met meer as 30 jaar se ondervinding in die gebied het gesê dat dieet ’n faktor is met hartaanvalle maar dit is nie die hoof risiko faktor nie.

Daar is in studies gedoen op ’n groot skaal oor die invloed van suiker op hartaanvalle. Dr R Doll van Oxford het bevind dat Suiker in ’n mens se dieet nie ’n groot of spesifieke faktor is in hartaanvalle nie.

In 9 lande is daar navorsing gedoen oor tandbederf. Daar is bevind dat in die lande fluoried in hulle drinkwater sit. Tandbederf het met 15% tot 60% afgeneem. Suiker inname het konstant gebly. Dit bewys dat suiker nie die oorsaak is van tandbederf nie maar wel ’n tekort aan fluoried.

5 jaar gelede het twee Argentynse dokters ’n tiener dogter behandel wat nadat sy ’n operasie gehad het, het haar wond begin septies raak. Geen antibiotika het gewerk nie. Een van die dokters het onthou van ’n ou raat wat hy gehoor het, en dit was om suiker op die wond te gooi. Radeloos het hulle die suikerpot nader gekry en suiker oor haar wond gegooi. Hulle het twee weke met die behandeling aangegaan en die dogter het gesond geword.

Die dokters was natuurlik in ekstase oor hulle fonds en het aangehou om pasiënte met die nuwe wondermiddel te behandel. Dit werk op so ’n manier dat die suiker die vog uit die wond uit trek. AL wat dan in die wond oorbly is hoë konsentrasies van sout. Die organismes vreet die sout en vrek dan van die dors.

Ek is oortuig dat suiker nie die swartskaap in die familie is nie. Ons moet maar eerder kyk na ander maniere om maer te word as om te kyk na suiker uitsny. Suiker is ’n bron van energie en gesondheid.

Terug na Indeks

Suiker Die Anderkant

ʼn Saak het twee kante. So ʼn ruk gelede het ek ʼn artikel geskryf oor suiker en jou dieet. In die pos ontvang ek toe hierdie interessante antwoord op my artikel van Lizè af. So al wat ek kan se is lees en geniet en daarna kan julle maar julle “minds” opmaak oor suiker.

Ek is bly om te sien julle raak aan gesondheid omdat ek glo onse boere nasie al lank die kat aan die stert beet het.

So lief as wat ek my grootouers gehad het was daar altyd potte kos voorberei met hope onnodige vette. My ouma aan pa se kant het bv. die lekkerste beetslaai gemaak (geheime bestanddeel in die sous sien) maar het 'n hengse lot olie bygevoeg om dit te laat BLINK !?! Ek los die olie uit en dit proe net dieselfde.... blink of de not. Dan praat ons nie eers van die olie, vark vet en room in 'n gewone gekookte Sondagmiddag ete nie.

Die tradisie is natuurlik aan ons ouers oorgedra en dan wonder ons hoekom sukkel fikse mense soos Danie Gerber met hulle harte.

Natuurlik help dit om fiks te wees & te oefen maar die gemors wat ons dag na dag vir ons liggame voer manifesteer nie slegs deur vet te word nie!!! Dit gaan sit vas (dis reg sit vas!) in ons are. Ons liggaam kan net 'n sekere hoeveelheid vet uit die bloedstroom opneem en as jy te veel vet te vinnig inneem kan jou liggaam nie byhou nie. Mettertyd pak dit meer en meer saam in jou are en dan het die bloed minder en minder plek om deur te kom. Dan treë die hoë bloeddruk en cholesterol in.

Dit is ook skrikwekkend dat mense steeds klou aan die kalorieë in 'n kos. Ja dit gee 'n aanduiding van die energie inhoud van 'n kos soort - maar nie die kwaliteit van daardie energie nie.

En dis nou waar ek kom by die suiker storie.

Dit is belangrik om kwaliteit kos soorte in te neem wat 'n mens langdurige energie verskaf. Jou liggaam verbrand dan op 'n konstante vlak energie en vette en jy voel nie tam & moeg of asof jy rooimiere in jou broek het nie.

Ja dis waar dat suiker nie 'n sleg-ding is nie - en in moderasie & gebalanseerd geneem is dit 'n uitstekende bron om vinnig energie in jou liggaam te kry sou jy aktief verkeer. Maar...

Sodra suiker opgeneem is in die bloed, skiet jou bloedsuiker inhoud tot sy maksimum! As jy nie besig is om te oefen of iets stremmend met jou liggaam te doen waarheen hierdie energie kan gaan nie moet jou liggaam op hou met party funksies soos om vet te verbrand en probeer eers om die bloedsuikervlak weer terug te kry na normaal. Wat erger is dat suiker se effek in jou bloed van korte duur is - en dat die bloedsuiker vlak nie net weer bedaar na normaal nie maar val tot onder dit. Dan moet jou liggaam weer omswaai en haastig seine stuur dat die vlak nou weer te laag is. En die seine is.... jy is honger ... eet vinnig iets!! Die gevolg is dus 'n wipplank ryery met jou metabolisme.

So as jy dus aanhoudend jou dieet gaan vul met swak kwaliteit energie soos suiker, witbrood, pap en ander verfynde produkte (asook natuurlik alombekende vyand diervet & sleg-olies)... maak seker jou medies dek hartomleiding en hoop & bid dit is die ergste wat gebeur.

Ja ek weet ons almal wil dit afwaai en sê dat dit sommer nou net weer stories is wat begin word deur mense wat hul dieet produkte wil verkoop. Maar ons moet ophou om die maklike pad te neem en ten minste die moeite doen om dit na te vors as jy nie iemand is wat blindelings glo nie.

Natuurlik gaan dit moeilik wees om dekades en geslagte se slegte gewoontes te verander. Maar vir ons kinders se toekoms en lewenskwaliteit sal ons moet ophou om die skyfies en vis wat maklik is en die brood en jam wat vinnig is op te dis. 'n Gewoonte begin en eindig by die huis. Ons sal moet begin kyk na gesonder alternatiewe.

Daar is baie boeke hieroor en ek sien al hoe meer voedselvervaardigers spesifiseer op die produkte presies wat gebruik is in die vervaardiging.

Daar is ook 'n goeie vervanger vir suiker genaamd fruktose wat die bloedsuiker 40% minder laat opskiet.

As julle dit bietjie navors sal julle ook agterkom dat tussen die op en af van bloedsuikervlakke insulien sit. Ons liggame vervaardig dit uit nature as 'n metaboliese funksie. Dit is baie keer kinders met 'n sensitiewer metabolisme (oorerflik) wat vinniger suikersiekte opdoen gedeeltelik as gevolg van swak kwaliteit kos soorte.... die res van ons se liggame kan jare se misbruik weerstaan voordat tot hulle volwasse diabetes ontwikkel.

Sekerlik kan jy suiker in neem dan en wan (saam met koffie 8x 'n dag is nie dan òf wan nie). Alle kos soorte kan geniet word mits baie groente, vrugte, gesonde proteïne & stysel 'n reël is en die ongesonde lekkertes 'n uitsondering op daai reël is.

Hier is my lofgesang dan tot 'n einde.

.Lizé B

Terug na Indeks

Aag hoe mooi lyk jy nou

Ek praat nou nie hier van al die mooi mense in die wêreld nie, maar oor kos. Al ooit gewonder hoe lyk die kos wat ons eet regtig? ’n Mens sal verbaas wees om te weet wat word alles bygegooi om die kos na iets te laat lyk en proe.

Ons sterflinge eet mos maar meestal met die oog en nie met die verstand nie. Wat sal gebeur as ’n mens so iets eenvoudig gaan koop soos brood, jy sny ’n snytjie af en in plaas van ’n snytjie brood lê daar net ’n hoop krummels oor. Of erger jy maak ’n worsbroodjie en die weense worsie lyk so vaal en grys. Sal jy dit waag om die broodjie te eet?

Die kosbedryf het plan gemaak om al die probleme te oorbrug. Hulle gooi so ietsie by en siedaar alles lyk en proe beter. Die hoof redes hoekom daar allerhande middels bygegooi word is hoofsaaklik om eerstens die tekstuur te verbeter en om ’n konstante tekstuur te verkry. En soos ek reeds gesê het om verkrummeling te voorkom. Ten tweede word middels bygevoeg om die voedingswaarde te verbeter. Hier word meestal minerale en vitamiene bygevoeg.

Derdens word die smaak en die heilsaamheid te verbeter. Die middels wat hulle hier byvoeg voorkom dat brood byvoorbeeld gou al afgaan en sleg word. So eintlik wat hulle sê is dat gister se ou brood vandag nog net so vars sal smaak. Wonder hoekom hulle nooit daardie sinnetjie sal gebruik in hulle bemarking nie. Middels word vierdens bygevoeg om die suurgehalte te beheer en dan ten laaste word middels bygevoeg om die kleur en aroma te verbeter.

Maar soos dit met elke mooi kant gaan, is daar ook ’n ander en slegter kant. Daar word baie bewerings gemaak en daar is ook baie bewyse dat die chemikalieë en byvoegsels nie goed is vir mense nie. Dit is hoekom hulle die rooi uit rooi worsies gehaal het. Want die rooi kleursel wat hulle bygevoeg het kinders met hiper aktiwiteit nog net meer hiperaktief gemaak. Daardie kinders kan ook nie rooi koeldrank drink nie. Wonder net hoekom nie. Wat is die verskil van rooi en byvoorbeeld groen kleursel.

’n Chemiese middel wat hulle gebruik in versoeters kan gevaarlik wees vir die mens. Dit veroorsaak blykbaar, blindheid en tas onder andere die brein aan. Dit gebeur seker nie met almal wat die versoeters gebruik nie. So moet asb. nie sommer die goed gaan staan en weggooi nie. So kan ek met die lys aangaan, maar ek kan nie eers vir sekere van die woorde kyk nie, wat nog staan en skryf daaroor.

Alles wat ʼn te vooraan het is nie goed vir die mens nie. Te veel van enige ding kan skadelik wees vir die mens. Soos die onlangse spektakel oor die Sudan Rooi kleursel. As mens dit matig gebruik kan dit geen skade aan ʼn mens doen nie. Maar oormatige gebruik is skadelik.

Terug na Indeks

Joghurt

Joghurt se geskiedenis trek al lang baard. Daar word beweer dat joghurt sowat al 4000 jaar gelede gemaak en geëet is. Niemand weet presies waar kom dit vandaan nie maar die legende beweer dat Abraham geleer is deur ʼn engel om joghurt te maak.

Die woord joghurt of eerder die Engelse woord jogurt is ʼn Turkse woord wat Lewe beteken. Die Turke beweer dat ʼn nomade deur die woestyn getrek het met ʼn velsak vol melk wat oor sy kameel gehang het. Die hitte van die son en die skommeling het hierdie melk in ʼn dikkerige vloeistof laat verander.

ʼn Ander interessante weergawe wat weergee word is dat een of ander Turkse veglustige het ʼn vegter van ʼn ander dorp gevangene geneem. Om hom te vergiftig het hulle suur melk in sy velsak gesit. Maar die suurmelk het ook verander in hierdie dikkerige vloeistof. Hierdie vegter het voortgegaan met sy reis en hoe verder hy gery het hoe sterker het hy geword want hy het net van joghurt geleef.

Daar is ook verskeie stories opgeteken oor een of ander Mongoolse veldmaarskalk wat in 1215 omtrent die hele ooste verower het en al wat hy omtrent sy manskappe gevoer het om te eet was natuurlik joghurt gewees. Dit was seker ʼn ontsaglike proses gewees om jou eie joghurt te maak.

Natuurlik word daar baie goeie dinge aan joghurt gekoppel. Meeste mense wat allergies is vir laktose in melk kan joghurt gebruik. Joghurt is ook goed vir mense met diarree en mense wat hardlywig is. (Hierdie een kan ek nie verstaan nie.) Wat sterk aanbeveel word is dat joghurt moet geëet word wanneer antibiotika geneem word. Dit versterk jou liggaam se immuun stelsel. Verder word daar beweer dat joghurt ook aknee kan verminder.

Om spesiale smaak aan ʼn dis te verleen kan joghurt in plaas van room gebruik word. Dit is altyd raadsaam om die joghurt aan die einde van die kook proses in te gooi en dan net sowat 5 minute te laat prut. Wanneer die joghurt aan die begin van die kook proses bygevoeg word bestaan die moontlikheid dat dit kan skif.

Vir nog ʼn unieke smaak kan jy mayonnaise en joghurt meng (so om die helfte). Joghurt kan ook as basis gebruik word vir doopsouse. My naby aan die einde van die maand doopsous is joghurt gemeng met ʼn bietjie sop poeier. Heerlik saam met skyfies en glo my iemand in die geselskap gaan jou die resep vra. Vir ʼn gesonde slaaisous gooi joghurt oor jou slaai. Smaak heerlik.

Om jou eie heerlike joghurt te maak neem ʼn bakkie gewone joghurt (met lewendige kultuur / live cultures) en meng dit met 1 liter melk. Bring die melk tot kookpunt. Haal van die plaat af en plaas in die yskas. More oggend het jy heerlike tuisgemaakte joghurt. Meng dan jou gunsteling vrugte daarin of eet net so. Dat joghurt goed is vir ʼn mens kan ek nie betwyfel nie. Kos uit die hemel ? Besluit maar self. Terug na Indeks Tabasco Sous

Wanneer ek aan Tabasco sous dink dan sien ek die advertensie waar hierdie Cowboy so op sy stoep sit en sy kos vol Tabasco sous gooi. ʼn Arme muskiet kom sit dan op die cowboy en neem maar so ʼn paar druppels bloed. Die muskiet vlieg weg en dan loer die muskiet so oor sy skouer. Net na die muskiet so klaar geloer het ontplof hy.

Dit is ʼn baie treffende advertensie en ek glo baie mense ervaar Tabasco sous so. Maar daar is miljoene mense wat op ʼn daaglikse basis die sous eet en geniet. Vir die wat nie van so ʼn warm sous hou nie kan gerus hulle groen sous probeer. Dit is ʼn baie sagter weergawe van die gewone rooi Tabasco sous. Die groen Tabasco hou net omtrent so ʼn week in my huis.

Die storie van Tabasco begin baie vroeër. In 1850 bring ʼn soldaat aan die bankier Edmund McIlhenny gedroogde rissies wat hy saam gebring het van Mexico. Die soldaat het gesê hy moet van dit probeer in sy kos. Edmund het daarvan gehou en het so ʼn paar sade geneem en in sy vrou se tuin geplant in Avery Eiland.

In 1863 vlug Edmund en sy vrou na Mexico a.g.v. van die Amerikaanse burgeroorlog. Die soldate het Edmund se huis geplunder maar hulle het net die paar rissies oor gelos. In 1868 na hulle terugkeer begin Edmund ʼn sous maak van die rissies. Die sous het bestaan uit Avery Eiland sout, gekapte rissies en asyn. Hy het die sous verpak en aan groothandelaars gestuur. Edmund het ook van die sous aan ʼn sekere Generaal Hazard gegee om te probeer. (Ek wonder of die Generaal sy van gekry het voor hy die sous geëet het).

Natuurlik het Generaal Hazard se broer ʼn groot afdelingswinkel in New York gehad, en hy het aan sy broer van die sous gestuur. Sy broer was gaande oor die sous en het dadelik van dit bestel. So het die beroemde McIlhenny sous die lig gesien. In 1870 patenteer Edmund sy sous. So begin sy sous stadigaan oor die wêreld versprei.

Wat verder beroemdheid aan die sous gegee het was ʼn Amerikaanse kroegman in Parys wat die eerste Bloody Mary gemaak het. Natuurlik was daar in die Bloody Mary Tabasco Sous gewees. In 1929 wen Edmund ʼn hofgeding waarin hy die alleen reg kry om die naam Tabasco te gebruik.

Die rissies word gepluk wanner hulle ʼn sekere stadium van rypheid of rooi bereik. Dieselfde dag word die rissies gemaal en gemeng met Avery Eiland sout. Die mengsel word dan in hout balies geplaas waar dit fermenteer en dan verouder vir 3 jaar. Wanneer die mengsel reg is moet een van die McIlhenny familie dit goedkeur. Daarna word die mengsel met natuurlike asyn gemeng. Vir 4 weke lank word die mengsel op verskeie stadiums geroer. Die sous word dan deur siwwe gegooi om sodoende die pitte te verwyder. Hierna word dit gebottel en reg oor die wêreld versprei.

ʼn Andere nuttelose feit wat ek op afgekom het is dat daar nie minder as 720 druppels sous in ʼn Tabasco bottel is nie. Warm of nie dit is ʼn geurige sous wat saam met alle kos geniet kan word.

Terug na Indeks Ai hoe koud is dit

Al ooit gewonder wat sou gebeur het as jy in die middel van die koue winter lus geraak het vir ’n sekere groente wat net in die somer verkrygbaar is? Die groente moet dan ook vinnig en maklik gaargemaak word. Gelukkig in die geskiedenis was daar iemand anders wat ook min of meer so gedink het.

Clarence Birdseye ’n taksidermis van beroep, maar ’n kok en kos liefhebber in die hart het in 1886 in Brooklyn so gesit en wens dat sy gesin regdeur die jaar vars groente en vrugte kan eet. Hy het die Eskimos dopgehou, hoe weet ek nie, want daar was mos nie TV gewees nie. In elk geval die mense het vis in vate soutwater gesit. Binne minute was die soutwater gevries en die vis het natuurlik lank so behoue gebly.

Al afleiding wat Clarence kon maak is dat die vinnige vries van die voedsel die sleutel is tot die groente se varsheid wanneer die groente weke later ontdooi word en gekook word. In 1923 het Clarence met $7, ’n waaier (fan), soutwater en blokke ys begin om groentes in groot was bedekte bokse te pak, en dan om die groentes vinnig en onder druk te vries. In 1929 verkoop Clarence sy patent aan ’n maatskappy vir $ 22 miljoen. Nie sleg vir 6 jaar se werk nie. Eers in 1930 het die maatskappy gevriesde voedsel aan die mense van Springfield verkoop onder die naam van Birds Eye Frosted Foods.

Birdseye het nie stil gesit nie en het nog meer uitvindings onder die belt gehad. Verkope van die produk was maar redelik beperk tot in die 1950’s. Na die tweede wêreld oorlog het so ’n paar manne geld gesien in die gevriesde groente afdeling.

Hulle het begin om tweede graad se groente te vries. Die groentes kon hulle dan baie goedkoper aan die algemene mark verkoop het. Al wat die pakke gevriesde groentes opgehad het was, die soort groente en die prys. Die tipe groente was baie gewild gewees aangesien baie gesinne gesukkel het na die oorlog. Die groter vervaardigers het gesien hier kom ’n ding en hulle het onmiddellik begin om hulle produkte te bemark as produkte van hoë gehalte teen lae pryse.

Die vervaardigers het so vêr gegaan en $250 000 spandeer om navorsing te doen oor die voedingswaarde van gevriesde groentes teenoor die voedingswaarde van blikkies groentes. Natuurlik is daar bevind dat gevriesde groentes se voedings waardes hoër is as die van blikkies kos. Dit is maar net my beskeie mening, as die blikkies kos vervaardigers eerste die navorsing laat doen het sou hulle bevind het dat blikkies groentes meer voedings waardes het as gevriesde groente.

Maak nie saak nie. Want dit is een gerief wat ons moderne mens nie meer sonder kan klaarkom nie. Baie min mense kook deesdae nog vars groente. Dit neem tyd, voorbereiding neem soms lank. Wat is nou makliker om ʼn pakkie oop te maak, paar minute in water te sit en dan voort te sit.

Gelukkig het Clarence se uitvinding die lewe vir ons baie makliker gemaak.

Terug na Indeks

Die Pizza

Wat is nou ʼn beter aandete op ʼn Vrydagaand as ʼn Pizza en Coke. Soveel soorte om van te kies. Elke lid van die gesin kan ook sy eie Pizza eet of jy kan een groot een bestel vir die hele gesin. Ek weet nie juis wat Pizza uniek maak nie maar wat ek weet is ek het nog nooit van iemand gehoor wat nie van Pizza hou nie.

Ons het al baie die kinders gevra waarvoor is julle lus vanaand, dan is dit hierdie kant toe en daardie kant toe, maar sodra ons sê Pizza dan sê almal so met een stem ja. Wie nou eintlik eerste begin het om Pizzas te maak is nie duidelik nie. Al wat met sekerheid gesê kan word is dat daardie persoon geweet het om meel en water te meng in ʼn deeg en dan die deeg te bak op ʼn warm klip.

Die vroeëre Grieke het plankuntos gebak, plat brode met verskeie vulsels bo-oor, hierdie plankuntos is dan gebruik as borde en ook om sous mee te eet uit die opdienbakke.

Darius die Grote (521 – 486 VC) se soldate het hulle skilde gebruik om plat brode te bak en die brode het vulsels van dadels en kaas oor gehad. Wie sê dat daar nie iets goeds uit ʼn oorlog kom nie. ʼn Historikus Marcus Porcius Cato (234-149 B.C.), skryf in een van sy boeke van die plat ronde brode, met olyf olie, kruie en heuning wat op klippe gebak word.

Ongeveer so 100 NC, was daar ʼn Roomse kos guru, Apiciu, wat in sy kookboek haarfyn beskryf het hoe om plat brode met vulsels te maak. Sy resep beskryf die plat brood met die volgende vulsels, hoender, kaas, knoffel, peper, olie, kruisement en denne pitte. Omtrent al die bestanddele maak die basis uit van die huidige moderne pizza.

Op 24 Augustus 79 is Pompeii versteen en tot stilstand gedwing met die uitbarsting van die berg Versuvius, vir die argeoloë was dit jare daarna ʼn wonderlike geleentheid om te sien hoe die mense in Pompeii geleef het. Met al die opgrawings wat gedoen is het hulle plat brode gevind. Daar is ook winkels gevind met marmer blaaie en al die gereedskap wat gebruik is om pizza’s te maak.

ʼn Verdere ontwikkeling van die Pizza het gebeur in 1522. Dit is die jaar toe tamaties van Peru Europa bereik het. Eers het die mense geglo dat tamaties giftig is. Later het die arm mense begin om tamaties op hulle pizza’s te sit. In die 1600 was dit hoofsaaklik mans wat die Pizza gemaak het. Besoekers aan Italië het na die arm gedeeltes van Napels toe gegaan om die pizzaioli te proe.

In 1889 het Umberto I, en Margherita di Savoia, koning en koningin van Italië in Napels gaan vakansie hou. Daar het ʼn Pizza chef genaamd Raffaele Esposito, vir hulle eendag Pizza’s voorberei. Die eerste Pizza het varkvet, basil en kaas opgehad. Die tweede het knoffel, olie en tamaties opgehad. Die derde een wat hy gemaak het, het Mozzarella, Basil en Tamaties opgehad. Toevallig was dit die kleure van die Italiaanse vlag gewees.

Die koningin was so beïndruk met Raffaele se pizza’s gewees. Sy het aan hom ʼn brief geskryf waarin sy hom bedank het vir die heerlike Pizza’s maar veral die laaste Pizza. Net daar en dan het Raffaele besluit om die pizza, Pizza Margherita te noem. Vandaar af het die Pizza van krag tot krag gegaan.

In Napels het mense behoorlik op elke straat hoek iemand gestaan wat Pizza’s gemaak het. Verskillende vulsels is gebruik en al die kliënte tevrede te hou. Van Napels af is die Pizza oor Amerika toe. ʼn Italianer het in Chicago rondgeloop met ʼn bak Pizza’s op sy kop en stukke aan die mense verkoop vir 2 sent.

Die eerste volledige Pizzeria in Amerika is geopen in New York in 1905 deur Gennaro Lombardi. Hierdie stuk het ek maar ingesit om te wys dat Lombard’s al lank besig is met kos. In Amerika soos alles het die Pizza van krag na krag gegaan.

Gelukkig vir ons hier aan die suidpunt van Afrika het een Italianer ook begin Pizza’s maak en verkoop. Al wat vir my oorbly om te sê is dankie aan die Italianers vir ʼn voortreflike dis wat hulle so deur die jare ontwikkel het vir ons.

Terug na Indeks

Koeksoda

So ʼn rukkie gelede waag ek toe mos my hand aan iets wat ek gedink het wat baie moeilik was, net dames met jare se ervaring kan dit doen. Maar gelukkig is ek verkeerd bewys. ʼn Vriendin van ons gee aan ons ʼn Kersfees koek resep wat volgens haar maklik is. Daar begin ek en my vrou toe ons eerste probeerslag met Kersfees koeke te bak. Gelukkig vir my was dit nie te moeilik gewees nie. Na 10 koeke wat ons gebak het voel ek ook nou soos ʼn professionele Kersfees koek bakker.

Een middag staan ek toe so en weer ʼn baksel aanmaak, en junior staan my so en kyk en vra aan my Pa waarom gooi jy koeksoda in die vrugte en hoekom “kook” dit dan so? Net daar het ek my kop in skaamte laat sak en sê aan hom dat ek nie weet nie. So dankie junior dat jy die vraag gevra het en my nuuskierigheid so geprikkel het dat ek moes gaan navorsing gaan doen het.

Wat is koeksoda nou eindelik ? Koeksoda is vir die Chemikusse NaHCO3. Dit is ʼn alkaliese middel wat “kook” wanneer dit met sure in kontak kom. Dit dien dan as ʼn rysmiddel, net soos bakpoeier. Koeksoda word baie gebruik in Anti Suur middels juis vir sy “kook” doeleindes. So op die noot gee ek sommer my eie Eno’s resep hier wat baie goed werk vir sooibrand. Neem 1 teelepel koeksoda in ʼn glas, gooi ʼn bietjie asyn in die glas, roer en drink vinnig. Werk net so goed as Eno’s en is baie goedkoper.

In die laat 1700’s het die mense nog gis gebruik om gebak te laat rys. In daardie tyd het die huisvrouens begin om koeksoda te gebruik. Koeksoda het die gebak gouer laat rys, maar dit was nie baie gewild gewees nie as gevolg van die gasse wat ontsnap het. Later is kremetart bygevoeg, maar daar het nog baie gasse ontsnap. In 1885 het hulle sodium aluminium sulfaat bygevoeg en bakpoeier is gebore.

Moet nooit meer koeksoda of bakpoeier in die gebak gebruik nie, want dit kan die gebak bitter laat smaak en die deeg kan ook te vinnig rys en lugborrels kan dan bars wat sal veroorsaak dat die gebak platval. Te min koeksoda kan veroorsaak dat die gebak taai word.

Aangesien Bakpoeier en Koeksoda so naverwant aanmekaar is gaan hierdie wenke iets van beide insluit.

• Hier is nog ʼn nuttige wenk vir baksters en bakkers. Om ʼn eier te vervang in gebak Gooi ʼn ekstra ½ teelepel bakpoeier en 2 eetlepels water in die gebak vir elke eier. • Om jou eie koeksoda te maak meng en sif twee dele Kremetart, 1 deel Koeksoda en 1 deel Mielieblom. Dit werk presies soos die groot naam bak poeiers en kos net ʼn fraksie van die prys.

• Hou koeksoda in die kombuis. Indien jou kos vlam vat gooi net koeksoda oor die vuur. Jy kan koeksoda met veiligheid oor enige vuur strooi om dit te blus. • Om jy vuilis dromme skoon te maak en van die reuke ontslae te raak, was die dromme met koeksoda. • Om klere wat met olie en ghries besmet is skoon te kry gooi net koeksoda in jou waswater. Gebruik ʼn halwe koppie. • Om daardie reuke wat partykeer in die yskas voorkom van ontslae te raak sit net ʼn houer koeksoda in jou yskas. Roer net die koeksoda so nou en dan om. Vervang die koeksoda elke 2 maande. • Om hardnekkige vlekke te verwyder van jou kaste af, maak ʼn pasta van Koeksoda en water. Skuur dan die kas met die mengsel.

Koeksoda is nie net goed vir bak nie maar ook goed vir vlekke en reuke verwyder. As u dalk een van die nie moderne Ma’s is nie, kan u gerus ook koeksoda gebruik om die kind se doeke water ingooi. Dit sal die vlekke en reuke uit die doeke verwyder.

Indien u ander gebruike het vir koeksoda laat my asb. weet.

Terug na Indeks

Whiskey of Bourbon

Ek skryf hier oor Whiskey en Bourbon, mens hoor altyd die name maar weet nie wat dit beteken nie. Hier gaan ek vandag probeer om die verskille tussen die twee uit te lig.

Die verskille tussen Whiskey en Bourbon is nie groot nie, die verskil kom in met die smaak. Nou om julle net meer deurmekaar te maak is dat alle Bourbon Whiskey is, maar alle Whiskeys is nie noodwendig Bourbon nie. Om die verskille uit te lig moet ek eers gaan kyk hoe word Whiskey gemaak.

Whiskey word gemaak van verskillende soorte graan. Die graan word dan verwerk en lyk min of meer soos Jungle oats. Hierdie graan word dan gefermenteer, gedistilleer en vermeng met ander whiskeys om net die regte smaak te kry. Die whiskey word dan verouderd in hout vate. Soveel Whiskeys as wat daar is, soveel verskillende mengsels, vermengings en verouderings metodes is daar.

Kanadese en Skotse Whiskey word op min of meer dieselfde metode gemaak, aangesien die Skotse immigrante hulle eie resepte in hulle distilleerders gebruik het. Die Kanadese weergawe word gemaak van hoofsaaklik van rog, koring en gort en dit is ook ʼn vermengde Whiskey.

Ierse Whiskey word weer hoofsaaklik gemaak van rog en graan mout. Hierdie is ook ʼn vermengde Whiskey. Die Skotte maak ook hulle vermengde Whiskey mout en graan Whiskey. Die Skotte droog hulle mout oor vure. Voordat die Whiskey uitgevoer word moet hulle ten minste 4 jaar verouderd word.

Bourbon Whiskey word gemaak van 51% koring en moet meer as 4 jaar verouderd word in nuwe kersie vate. Bourbon is soeter en swaarder in smaak as ander whiskeys. Bourbon se naam kom van die Bourbon Distrik in Kentucky. Mens kry ook nog Kentucky Whiskey, dit is natuurlik whiskey wat gemaak is in Kentucky maar nie in die Bourbon streek nie.

Daar is verskeie whiskeys, sommige wat ek nie hier behandel het nie. Elke whiskey het sy eie smaak en geur. So kies een wat in jou smaak val. Jare gelede het ons eendag ʼn proefneming gedoen met ʼn man wat beweer hy kan een whiskey van ʼn ander een uitken (Regte ou grootprater). Ons het natuurlik nie op ons self laat wag nie en na sy tweede whiskey, gooi ons hom ʼn drankie van ʼn minderwaardige whiskey (volgens hom). Hy het net so lekker aan die derde en vierde glas whiskey gedrink soos wat hy aan die eerste en tweede een gedrink het.

Die man wou ons natuurlik nie glo nie en ons het van die minderwaardige whiskey voor hom in sy glas gegooi. Nooit weer het hy homself gaan staan en uitverhuur as ʼn whiskey kenner nie. ʼn Ander keer het ons weer ʼn goedkoop geen naam whiskey in ʼn leë bottel Chivas Regal gaan gooi. Almal het heerlik gedrink aan die duur whiskey. Die Engelse het ʼn spreekwoord “Seeing is believing”. Waar ek is moet jy’t doodseker wees van jou feite.

Hoe donkerder die kleur van die whiskey hoe swaarder gaan hy op jou tong lê. Wanneer jy skoon whiskey in die glas laat rondrol, sal daar whiskey aan die kante van die glas vassit. Hoe meer whiskey daar aan die kant van die glas vassit, hoe swaarder is die whiskey.

Natuurlik het whiskey ook baie goeie kwaliteite, soos wanneer jy een sopie per aand drink dan sal jou slegte kolesterol verminder. So as jy geneig is te hoë kolesterol neem gerus die raad aan.

Vir ons die gesondes is whiskey soos enige ander drank om te geniet, nie in oormaat nie maar net ʼn sopie so nou en dan.

Cheers

Terug na Indeks

Mangonaysie en Eende

Wanneer ek mayonnaise eet of dit sien dan dink ek aan Pieter Pieterse. Hy het mos jare gelede so ʼn kookprogram gehad wat hy aangebied het. In hierdie program het hy altyd as hy mayonnaise gebruik gesê jy moet ʼn paar lepels mangonaysie oorgooi. ʼn Man met vele talente en plat op die aarde was.

Waar kom mayonnaise vandaan ? Net soos met baie ander kosse het mayonnaise ook maar ʼn duistere verlede wat nie presies vasgestel kan word nie. Daar word beweer dat ʼn tipe mayonnaise alreeds in die antieke Romeinse tyd bestaan het. Maar daar kan geen geskrifte gevind word om dit te bevestig nie.

Daar word beweer dat in 1756 met die oorwinning van die eerste veldslag van die 7 jarige oorlog, die Franse die eerste mayonnaise gemaak het om die die oorwinning te vier. Daar word verder beweer dat die mayonnaise die eerste keer gemaak is by ʼn banket ter ere van Generaal Richelieu. Hy was die brein agter die oorwinning van die veldslag. Ek het al ʼn paar manne gesien wat ʼn geveg met Generaal Richelue in die kroeg aangeknoop het, en hulle het nie goed gelyk nie.

Oor die oorsprong van die woord mayonnaise word daar ook wyd en syd bespiegel. Dit is blykbaar van die Franse woord “manier” afgelei. Een van die betekenisse van die woord is moontlik “om te klits.” ʼn Ander betekenis kom ook van ʼn antieke Franse woord “moyen” af wat eiergeel beteken. Mayonnaise se resep het van Frankryk na Engeland toe oorgewaai en van daar af na Amerika en die res van die wêreld toe.

Baie min mense maak deesdae hulle eie mayonnaise. Die rede daarvoor is seker dat dit so moeilik is om te maak. Net ʼn bietjies te veel olie en die mayonnaise skif, dan is al daardie bestanddele daarmee heen. Na ʼn paar mislukkings het ek dit ʼn paar keer reggekry om my eie mayonnaise te maak, en vir my was dit die moeite werd gewees. Tuisgemaakte mayonnaise is heerlik.

Vir die mense wat nog nie hulle eie mayonnaise gemaak het nie, dit is ʼn mengsel van olie, eiergeel en asyn of suurlemoensap. Hier geld die reël ook van hoe beter die bestanddele hoe beter gaan die mayonnaise smaak. Die asyn en eiergeel word gemeng en dan word die olie drupsgewys bygevoeg. Soos ek voorheen gesê het, net een glip van die hand en jy sit met ʼn gemors.

Maar die slim Amerikaners het natuurlik weer die resep geneem en so ʼn bietjie aangepas en die resultaat is Miracle Whip. ʼn Ene Charles Chapman het in 1933 ʼn masjien ontwerp wat kon klits teen een helse spoed. Wat die masjien so uniek gemaak het was dat al die bestanddele soos die olie, eiergeel, asyn en meer as 20 geheime speserye, kon voortdurend in die masjien ingaan om geklits en gemeng kon word. Vir ʼn manjifieke slaai, gebruik eerder Miracle Whip as wat jy gewone mayonnaise sal gebruik.

Wat het eende en mangonaysie met mekaar te doen ? Ek weet nie, ek het nog so ʼn paar reëls oopgehad en toe dit goedgedink om so ʼn ietsie oor Peking Duck te skryf. Dit is ook maar ʼn kort stukkie. Peking Duck (Eend) het sy oorsprong in die Ming Dynasty sowat 600 jaar gelede gehad. In daardie tyd het sjefs vanoor die hele land na Beijing toegegaan om vir die heerser van Sjina te kook. Dit was vir hulle ʼn baie groot eer om vir die heerser te kook.

Indien ʼn sjef sy sout werd was en goeie kos voorberei het, het die heerser die sjef sommer ʼn minister in sy kabinet gemaak. Die resepte en disse wat vir die heerser gaargemaak is, het maar ʼn geheim gebly. Maar van die skelm sjefs het die resepte uitgesmokkel. Hulle het begin om restaurante in Beijing oop te maak en hierdie heerlike hemelse kosse aan die gewone man in die straat voor te sit.

So in 1911 het die Peking Duck ook sy verskyning in die strate van Beijing gemaak. Peking duck word voorberei so ongeveer 24 uur voor die tyd. Daar word lug tussen die vel en die een ingeblaas om die vel en die vleis van mekaar te skei. Die eend word dan in in plek gehang om winddroog te word. So ʼn ruk voor die gaste opdaag, word die eend in die oond geplaas en gebak. Die gevolg is ʼn vel wat heerlik bruin en crispy gebak is en vleis wat heerlik sag en sappig is.

Dit is die einde niet. Wanneer gaar word die eend op ʼn trollie na die gaste toe gestoot deur die sjef. Die sjef is getooi met wit handskoene. Die eend word dan in 120 dun skyfies gesny en bedien met ʼn ligte pannekoek, komkommer skyfies en ʼn verskeidenheid van souse. Iets wat ek graag nog sal wil probeer.

Ek glo nie die sjefs sal in hulle skik wees as jy die Peking Duck in ʼn mangonaysie doop en dan eet nie. Dit laat my sommer aan die grappie dink: As jy in ʼn kroeg inloop, hoe sal jy weet watter persoon is Mike Schutte ? Dit is die persoon wat sy Ouma beskuitjie in die Irish Koffie druk.

Terug na Indeks

Kolonel Sanders

Daar is seker min mense wat nie van Kolonel Sanders se hoender hou nie. Dit is al ʼn huishoudelike naam in Suid Afrika. Almal ken die gryskop man, met swart strik das. As ek aan Kentucky hoender dink kom beelde van my jong dae op. Toe ek sowat ses of sewe was (so in 1962 se koers) het ons hoenders aangehou in ons erf. Daardie tye kon mens dit nog doen. Ek het so saam met die hoenders in die agterplaas gaan speel. Hulle het nie een dag se rus en vrede gehad nie want ek het hulle goed rondgejaag. Veral die een hennetjie wat ek kiepie genoem het.

So eendag stuur my Pa my om by ʼn vriend te gaan speel. Daar hardloop ek om die hoek. Toe ek by my vriend se huis aankom is hulle nie daar nie. Net daar draai ek om en hardloop terug net om te sien dat my Pa kiepie se kop afkap. Ek het gehuil en so tussen die trane deur het ek gesê dat ek nooit weer kiepie vleis gaan eet nie. Vir 11 jaar van my lewe was dit waar gewees. Elke keer as my Ma hoender gaargemaak het moes sy vir my iets anders gaarmaak.

In my matriek jaar gaan ʼn paar van ons uit. Toe ons by my vrou se huis aankom het haar Ma as ʼn treat vir ons jong klomp Kentucky hoender gekoop. Hier sit ek met hierdie hoender boudjie in my bord. Omdat ek nog skoonma wou beïndruk het ek die hoender maar gevat en begin eet. Ek was ook te skaam om die vriendelike tannie te se ek eet nie hoender nie. Dit het swaar gegaan maar die hoender is in en was toe nie sleg nie.

Genoeg van my. Kolonel Sanders het op 65 jarige ouderdom op straat gesit nadat hy jare lank ʼn eienaar was van ʼn Restaurant. Hy het in die tou gaan staan vir sy eerste werkloosheid tjek. Hy het ʼn skamele $ 105 tjek gekry. In sy jong dae moes die kolonel vir sy broers en susters sorg. Hy het geleer kook by sy ma, wat hom onderaandele geleer het hoe om hoender gaar te maak.

Hy het verskeie werke gehad en een van die werke wat hy gehad het was as bestuurder van ʼn Motorhawe. Hy het ʼn gaping in die mark raakgesien en begin om vir die reisigers wat by sy motorhawe aan doen kos te verskaf. Sy kos besigheid het so goed gedoen dat hy eindelik ʼn restaurant oopgemaak het en hoog op die spyskaart was gebraaide hoender met 11 verskillende kruie en speserye.

In 1935 toe Sanders 45 was, het die Goewerneur van Kentucky hom ʼn Kentucky Kolonel gemaak. Lyk vir my iets soos ʼn ere burgerskap. Hy het die titel gekry vir sy wonderlike kos wat hy gemaak het.

Op die hoogtepunt van sy restaurant en sy loopbaan, hoor die Kolonel dat daar ʼn snelweg gebou gaan word en dat die snelweg al die reisigers verby die dorp gaan neem. Nadat die snelweg gebou is maak die Kolonel sy Restaurant toe. Na sy eerste werkloosheid tjek het hy gesien dat hy finansieel nie gaan oorleef nie. Net daar beskuit hy dat hy nie vir altyd op sy stoep gaan sit en wag vir die skrale tjek van die regering nie.

Hy gaan praat toe met mense en oorreed hulle om geld te belê in sy hoender resep. Net daar is Kentucky Fried Chicken gebore. Die Kolonel was nog aktief in die besigheid gewees totdat hy 80 geword het. Vandag word Kentucky hoender daagliks in 80 lande bedien. Nog steeds met die oorspronklike resep.

Hoender is en bly maar een van die heerlikste vleise wat daar is. Daar kan soveel met hoender gedoen word en op soveel maniere gaargemaak word. Ons moet miskien dankie sê aan die mense wat die snelweg beplan en gebou het. As dit nie vir hulle was nie, sou die Kolonel se heerlike resep vir ewig vir ons verlore gewees het.

Terug na Indeks

Waar kom die borrels vandaan Wanneer ek altyd vonkelwyn drink wonder ek hoe kry hulle daardie aangename en tintelende borrels in die wyn. As u ook al daaroor gewonder het is sal u binnekort u antwoord kry. Maar ek gaan ook sommer oor die algemeen praat oor Sjampanje, Vonkelwyn en alles wat daarmee saamgaan.

La Champagne is ʼn streek in Frankryk. Die streek se naam kom van die Latynse woord “Campus”, of “Campanië”. In die ou Frans het dit Champaign geword en later Champagne. In opgrawings wat gedoen is in die streek is daar afgekom op fossiele wat druiwe lote in gehad het. Die fossiele is gedateer terug na sowat ʼn miljoen jaar gelede.

Die Romeine het jare kalk gesoek wat hulle gebruik het in bouwerke. Die spelonke wat hulle agtergelaat het, het in latere tye wynkelders geword. In die jaar 92 A.D. het die Romeinse keiser ʼn dekreet uitgevaardig waarin hy gesê het dat al die wynlande in Frankryk vernietig moet word om te voorkom dat die Franse wyne kan kompeteer met die Italiaanse wyne. So gemaak, maar die Franse het in die geheim nog aangehou om wynlande aan te plant. Toe die verbod uiteindelik opgehef is, het die Franse wyne afkomstig van Champagne ʼn treffer geword.

In die jare 1600 het daar ʼn wyn-oorlog in Frankryk tussen die wynboere van Burgundy en dié van Champagne begin. Die boere van Champagne het besluit om eerder nie die wyne van Burgundy na te maak nie maar eerder ʼn nuwe styl wyn gaan te ontwikkel. In 1660 is hierdie besonderse wyne van Champagne uitgevoer Engeland toe.

Meeste van die Vin Gris wyne (Grys Wyne) is baie jonk in Frankryk gedrink. Met die verskeping van die wyne in die vate na Engeland, het die hitte veroorsaak dat daar ʼn tweede fermentasie proses begin. In Engeland aangekom is die wyn gebottel en met kurk verseël. Dit het veroorsaak dat die lewendige vonkel van die wyn behoue gebly het. Hierdie wyn met die vonkel het die akademici en wetenskaplikes gaande gehad.

Die monnike-kelders van Pierry en Epernay het eerste begin om die vonkel in die wyn te sit. Die keldermeesters wat daarmee gemoeid was, was Frere Jean Oudart en by Epernay die keldermeester Dom Pierre Perignon. Vir ʼn paar honderd jaar is dié metode van wyn maak gevolg. Maar daar was baie probleme want tot 40 % van die bottels het ontplof as gevolg van die sekondêre fermentasie. In 1836 het ʼn Franse apteker bepaal dat soet druiwe hoër alkohol inhoud en meer koolstofdioksied produseer. Die apteker het haarfyn uitgewerk hoeveel addisionele suiker bygevoeg moet word om die regte hoeveelheid koolstofdioksied te produseer om nie die bottels te laas bars nie.

Na die uitvinding is daar nie keer aan die aan die wynmakers nie en hulle het almal begin om Saute-bouchon te maak. In 1911 het daar amper ʼn oorlog uitgebreek omdat daar wynmakers was wat goedkoop wyn ingevoer het van die suide om Sjampanje te maak. Om die mense te kalmeer is daar besluit dat slegs druiwe van Champagne gebruik mag word om Champagne te maak. Dit is nog steeds die rede die naam Champagne nie in enige ander wêrelddeel gebruik mag word nie, maar die naam vonkelwyn.

Maar teen R 2 500 vir ʼn bottel Dom Perignon, wie wil nou sjampanje drink …

Terug na Indeks

Wat is in ʼn naam ?

Hier volg ʼn paar name wat een ding sê en iets heel anders bedoel. Ek sit die Engelse benaming in hakkies.

 Pienk Peperkorrels (Pink Peppercorns) is nie peper nie maar wel sade van ʼn roos plant in Madagaskar. Peper korrels is gewoonlik groen, wat of swart afhangende van hoe ryp hulle is.

 Wilde Rys (Wild Rice) is eindelik nie ʼn rys nie maar wel ʼn grassoort.

 Karringmelk (Buttermilk) bevat geen botter nie, maar is die vloeistof wat oorbly na botter gemaak word. Deesdae word daar spesiale bakterieë by melk gevoeg om karringmelk te kry.

 Kop Kaas (Head cheese) is nie een of ander soort kaas nie maar wel ʼn tipe wors wat gemaak word van die skaapkop se vleis.

 Berg Oesters (Mountain Oysters) is nie oesters nie maar wel die peertjies van ʼn kalf of skaap.

 Allspice is nie ʼn versameling van speserye nie, maar wel een spesery wat gebruik word. Dit word so genoem omdat dit proe asof dit naeltjies en kaneel is wat gemeng is.

 Boston Room pastei (Boston Cream Pie) is nie ʼn room pastei nie maar dit is ʼn doodgewone sponskoek met ʼn vla vulsel.

 2% Melk beteken nie dat 98% van die vet uit die melk verwyder is nie. Gewone melk bevat 4% vet. So as die melk 2% vet inhoud het beteken dit slegs 50% van die vet uit die melk verwyder is.

 Wit sjokolade is nie sjokolade nie maar slegs die natuurlike plantaardige vet wat in die kakao boon gevind word.

 Hamburgers word natuurlik nie van ham gemaak nie.

 Bombay Duck is nie ʼn eend nie maar wel gedroogde vis.

 Monkey Gland sous word van blatjang gemaak en nie die kliere van ape nie.

 Biltong word nie van die tong van bulle gemaak nie. Dit word net so genoem omdat die biltong gesny word in ʼn vorm wat dit laat lyk asof dit ʼn bees (bul) tong is.

Terug na Indeks Suurlemoene

Suurlemoene, so word geglo, kom oorspronklik van Indië en die Suide van China af. Daar het handelaars die wonderlike vrug wat klaar verpak is in hierdie dik skil se wondere besing. Honderde jare gelede het die handelaars al geweet dat suurlemoene kos preserveer en ook as geurmiddel gebruik kan word. Dit was ook gebruik as geneesmiddel en kon ook as ʼn verfrissende drankie gebruik word.

Alexander die Grote word daarmee gekrediteer dat hy in sy togte mense saam geneem het wat hulle kennis oor suurlemoene aan ʼn groot deel van die wêreld bekend gemaak het. So het die suurlemoen begin versprei oor die hele wêreld. Suurlemoene word gebruik in alles en nog wat. Van kook tot in skoonheidsmiddels en ook in gesondheid middels word suurlemoene gebruik.

Suurlemoensap is ʼn natuurlike voorbehoedmiddel en HIV bekamper. In studies wat onlangs in Australië gedoen is het hulle bevind dat suurlemoensap sperm en HIV selle vernietig. Hoe hulle hierdie teoretiese kennis in die praktyk gaan laat werk weet ek nie en wil my liewers nie daaroor uitspreek nie.

Die suurlemoen en veral die suurlemoenskil bevat heelwat limoneen (olie). Hierdie olie is ʼn natuurlike geneesmiddel vir die genesing van krampe, inflammasie en artritis omdat dit die vloei van limf vloeistowwe aanhelp. Maar dit is nie net die skil wat van waarde is nie maar ook suurlemoenblare. Wanneer ʼn tee gemaak word van suurlemoenblare en gedrink word help dit om spanning te verlig asook om simptome van asma te verlig asook om slaaploosheid in die nek te slaan.

Meeste van die smaak en aroma van suurlemoene kom van die skil af. Dit is waarom in die meeste disse aanbeveel word dat gerasperde suurlemoenskil gebruik moet word. Jy kan self so jou gunsteling disse ʼn bietjie opkikker met suurlemoenskil.

Wanneer jy kook moet jy die suurlemoensap bygooi net voor jy die kos afhaal. Anders word die vitamien C vernietig deur die kook proses. Wat nog nuttig is, is om suurlemoene uit te druk en dan die sap te vries in ʼn ysblokkie houer. Wanneer die sap gevries is haal net die blokkies uit en sit in ʼn plastiese sak. Sit in vrieskas tot benodig. So kan jy ook die skil rasper en vries. Daar is niks lekkerder in kos as vars suurlemoensap nie.

Wanneer jy Sondag die hoender in die oond braai kan jy gerus so ʼn paar wiggies suurlemoen in die holte van die hoender sit. Die suurlemoensap en die hoender se sous vorm saam een heerlike sous. Suurlemoensap kan ook gebruik word om vleis mee te marineer. Moet net nie die vleis in die sap verdrink nie. Om groente hulle kleur te laat behou kan jy net so ʼn paar druppels in die groente gooi wanneer dit kook. Suurlemoensap is ook ʼn heerlike plaasvervanger vir asyn. Gebruik eerder suurlemoensap in slaaie en natuurlik op vis.

Suurlemoene en suurlemoensap is nie net vir kook nie. Suurlemoensap alleen kan gebruik word om jou vel te verkwik. Maar nou kan jy ander plante ook byvoeg of as jy wil sommer net ʼn bietjie water byvoeg. Meng sap met sout en plaas dit mengsel op ouderdoms vlekke. Na ʼn paar van die behandelings sal die vlekke ligter word. Eksperimenteer maar gerus met die wonderlike sap.

Verder kan jy ook dieselfde mengsel van suurlemoensap en sout gebruik om jou koper weer ʼn mooi en wonderlike glans te gee. Daar sal ook seker soos die jare aanstap meer gebruike vir die suurlemoen gevind word.

Terug na Indeks

Sommer net Kos stories

Hierdie storietjie kom uit die jare sestig. Nou moet ons net onthou dat die tegnologie daardie tyd nie so deel van die mense se daaglikse lewe was nie. Hulle het maar met metodes wat deur hulle voorvaders beproef was deur die lewe gegaan.

Omdat die mense nie altyd presies geweet het watter sampioene giftig is nie het hulle maar altyd so ʼn sampioen of twee vir die honde voor die tyd gegee. As die honde dan na so ʼn uur of wat nog rond gehardloop het, het hulle dan met geruste hart die sampioene aan hulle gaste bedien. As die arme hond dit nie gemaak het nie, dan is al die sampioene weggegooi, en so is die gaste se lewens gespaar.

Dit is ʼn kru maar baie effektiewe toets wat gedoen was. Nou die details van die storie kan ek nie so mooi onthou nie. Die man het sy baas en die se vrou oorgenooi vir ete by sy huis die een aand. Sy vrou het die hele dag ʼn ete uit die boeke voorberei. Natuurlik om die ete so ʼn bietjie meer glans te gee het sy sampioene in een van die disse gebruik. Sy het ook van die sampioene vir die hond gegee om te eet.

Die ete is ʼn groot sukses. Net so voor die nagereg is daar ʼn klop aan die man se voordeur. Hy gaan uit. ʼn Persoon het net vir hom kom sê dat hy die hond doodgery het, en dat hy jammer is. Die man gaan na die etenstafel terug na sy gaste toe. En so tussen in fluister hy aan sy vrou dat die hond dood is. Die arme vrou skrik haar in ʼn ander geloof in. Sy sê aan haar man en hulle gaste dat die sampioene giftig was en almal is sommer dadelik na die hospitaal toe vir behandeling.

Haar gaste verstaan en is toe ook maar redelik bly dat die gasvrou so gou opgetree het en dat niemand siek geword het nie. Die aand toe die man en vrou in die bed klim praat hulle weer oor die aand se gebeure. Die man vra aan sy vrou hoe het sy geweet dat die sampioene giftig was. Sy sê toe aan hom dat hy dan gesê het dat die hond dood is. Die man vertel toe aan sy vrou dat die arme hond doodgery is en nie dood is van haar sampioene nie.

Ek kan my indink wat daar in daardie kamer gebeur het.

So ʼn paar jaar gelede was daar besoekers van oorsee by my broer se werk. Aangesien die hotel vir die besoekers se ontbyt en aandete gesorg is, moes my broer hulle se maatskappy vir die besoekers se middag etes gesorg het. Die taak is toe aan skoonsuster opgedra. Die een dag sou die besoekers uitry na ʼn buitepos. Skoonsuster pak toe ʼn heerlike piekniek mandjie vir hulle. Laatmiddag bel my broer toe vir skoonsuster en sê aan haar dat die twee besoekers dood is. Sy skrik haar oor ʼn mik, want haar eerste gedagte was dat hulle voedsel vergifting van haar kos gekry het en so ʼn pynlike dood gesterf het.

Skoonsuster skraap toe haar moed bymekaar en vra aan my broer hoe is hulle dood. Kalm sê hy toe hulle is net buite Sasolburg in ʼn motor ongeluk dood. Die gesegde sê mos dood het altyd ʼn oorsaak. My raad is vind eers uit wat die oorsaak is voordat jy optree.

Terug na Indeks

Tamaties

Ons gebruik soveel tamaties dat ons nie eers twee keer verder dink aan hulle nie. Maar ʼn mens moet gerus in diepte na die vrug kyk. Nou sien ek baie mense frons, maar botanies is tamaties eindelik ʼn vrug. Die Amerikaanse Hoërhof het beslis dat tamaties groente is en nie vrugte nie.

Maar hoe dit ook al sy tamaties kan op verskeie maniere geëet en geniet word. Daaroor hoef ek sekerlik nie te skryf nie. Die oorsprong van tamaties is nogal duister en kan nie met sekerheid vasgestel word nie. Wat wel waar is, is dat daar sowat oor die drieduisend soorte tamaties is waarvan sowat 300 suksesvol kommersieel gekweek word.

Sowat 200 honderd jaar gelede is daar geglo in Amerika dat tamaties giftig is. Voordat iets met tamaties aangevang is, was hulle vir ure gekook om van al die gifstowwe ontslae te raak. Maar ek dink daar het die tamaties so in hulle stilligheid besluit tot hier en nie verder nie.

Die tamaties het hulle geheime vir ʼn hele paar jaar goed weggesteek. Toe die wetenskaplikes begin navorsing doen oor tamaties het hulle bevind dat tamaties meer het as ʼn mooi rooi skil. In daardie rooi skil is daar baie lycopene.

Harvard Universiteit het bevind dat mans wat tamatiesous wat ryk is aan lycopene 2 tot 4 keer per week eet se kans op prostaat kanker 35% minder is. ʼn Ander universiteit het bevind dat mense wat baie tamatiesap drink het 20% minder skade in hulle longe gehad as ander mense.

Nog ʼn interessante bevinding is dat mense wat ongeveer sowat 1 kg tamaties per dag eet se cholesterol met 14% verminder het. Die vlies om die tamaties se pitte verminder die risiko van bloedklonte met 72 % . Al wat mens hoef te doen is om 4 tamaties per dag te eet. As mens gereeld tamaties eet (veral die mense oor 40) se sig kan verbeter.

As mens ʼn paar gram tamatie puree eet kan dit help om jou vel se sonbrand skade tot met 40% te verminder maar dit is nog nie al nie want nog ʼn studie het getoon dat in ouer mense waar daar baie lycopene teenwoordig is baie meer geestelik en fisies aktief is.

Wat kan ons doen om voordeel uit die tamatie te trek ? Eet so vyf keer per week tamaties en of tamatie gebaseerde produkte. Die groot geheim is dat wanneer tamaties warm gemaak word, word daar meer lycopene vrygestel. So die beste is om tamatie puree, tamatiesap, tamatiesous, tamatiesop en geblikte tamaties te eet.

Gelukkig is tamatiesous ʼn gewilde produk by groot en klein, want wat is nou juis lekkerder as ʼn bord skyfies met ʼn lekker blobs of twee tamatiesous waarin jy die skyfies doop voordat jy dit eet?

Gewoonlik wanneer iets lekker is vir ʼn mens is dit nie goed vir jou nie, neem maar biltong en braaivleis. Maar tamaties dink ek is die enigste lekker ding wat ek ken wat goed is vir jou. Geniet maar gerus tamaties.

Terug na Indeks

Tamatiesous

Wanneer ʼn mens die dag blond is dan is daar nie pille of verskonings nie. ʼn Hele rukkie sit ek dink waar kom die heerlike sous vandaan. Ek begin om my navorsing te doen op die internet maar ek soek al wat ʼn website deur vir die geskiedenis van Tamatiesous. Ek kry allerhande goed behalwe tamatiesous se geskiedenis. En net daar is ek sommer kwaad vir die Amerikaners omdat hulle nie die stukkie geskiedenis vir ons opgeteken het nie. Net daar slaan dit my tussen die oë dat die Amerikaners noem mos nie tamatiesous nie op sy naam nie maar Ketchup.

In die 1600’s het Engelse en Nederlandse seevaarders ʼn souterige ingelegde vis van China af gebring. Die vis is ingelê in ʼn tipe van soya of oester sous. Iets wat nie naby aan die tamatiesous van vandag is nie. Die sous is 'ketsiap' genoem. Soos die tyd aangestap het, het die sous van vorm en naam verander. In 1690 word die sous die eerste keer 'catchup' genoem en variasies van die sous word op die strate van Engeland aangetref, nl. sampioene, anchovies en oesters.

In 1711 verskyn die naam ‘ketchup’ die eerste keer. In 1727 in Elizabeth Smith's The Complete Housewife, word die eerste Ketchup resep gepubliseer. Niks naby aan tamatiesous nie. In Amerika (waar anders) word die ketchup van tamaties gemaak terwyl die Britte vasstaan met hulle sampioene sous. Met die jare het verskeie Amerikaners probeer om tamatiesous te bemark maar hulle was nie baie suksesvol nie. Totdat Heinz Tamatiesous gemaak het. Heinz is die standaard vandag in die wêreld mark Volgens gerugte het Heinz se formule nog nooit verander nie. Hulle het nog nie Wellingtons se Tamatiesous probeer nie, wat volgens my beskeie mening enige ander Tamatiesous stof in die oë skop.

Tamatiesous is en bly gewild. Daar is ʼn paar mense wat hulle Tamatiesous saam met snaakse goed eet. Soos Richard Nixon wat Tamatiesous oor sy Roomkaas gegooi en geëet het. Een of ander roomys vervaardiger het ook al probeer om Tamatiesous roomys te maak. Daar word gereken dat daar in 97% van alle huishoudings in Amerika Tamatiesous is.

Behalwe dat dit lekker is, het tamatiesous ook lycopene, wat ʼn antioksidante is en die risiko van Kanker verminder. Lycopene, as ek reg kan onthou word vrygestel wanneer tamaties verhit word.

My Ma het altyd die storie vertel van my broer wat so 5 jaar oud was. Hy het so op die kombuisvloer gesit en speel en skielik het hy baie siek geword en bloed opgebring. Sy het dadelik die Dr gebel en hy het uitgekom (Waar is daardie goeie ou tye). Die Dr het my broer ondersoek en so gekyk na wat uit my broer gekom het. Hy het daaraan geruik en toe aan my Ma gevra waar bêre sy die Tamatiesous. My broer het omtrent die hele bottel tamatiesous opgedrink. Vandag is hy nog steeds nie lief daarvoor nie.

Dit bly maar lekker oor enige kos. Maar wat sal ʼn bord slaptjips sonder ʼn homp tamatiesous wees.

Terug na Indeks Welsh Rarebit of Welsh Rabbit

Nog nooit in al die navorsing wat ek gedoen het oor kos op so ʼn onenigheid afgekom nie. Die kenners stry nog steeds oor wat die dis genoem moet word. Laat ek maar die storie soos ek hom het vir u weergee en dan kan u self besluit of dit Rarebit of Rabbit moet wees.

Die vroegste omskrywing van die resep kom voor in The British Housewife gedateer 1755. Daarin beskryf Mevrou Martha Bradley’s hoe om die perfekte Rabbit te maak. Brood is in ʼn yster kontrepsie geplaas waarna dit in ʼn buite-oond geplaas is. Sodra die brood mooi bruin gerooster is aan die een kant word die hele spul omgedraai en die brood dan aan die ander kant gerooster.

Daarna word die brood op ʼn bord geplaas en dan met wyn en bier besprinkel. Dan word kaas oor die brood geplaas en weer in die oond gedruk totdat die kaas gesmelt is. Wat interessant is hier is dat daar geen melding gemaak word van ʼn haas nie.

Die gereg is maar eindelik brood met gesmelte kaas oor. Daar is nog ʼn persoon wat beweer dat Welsh Rabbit soos volg gemaak moet word. Bak ʼn haas tot gaar. Neem dan die vleis plaas dit op ʼn sny brood sit kaas oor en rooster in die oond. Verder beweer die man dat Rarebit brood is met geroosterde kaas sonder die haas.

Dat die gereg so oorsprong het in Wallis laat geen twyfel nie. Elke streek in die Verenigde Koningryk het sy eie weergawe van die Welsh Rabbit. Die mees oninteressante weergawe is die oorspronklike weergawe van Wallis. Hulle het brood geneem met bier besprinkel kaas oorgesit en in die oond gesit om te smelt.

Die Skotte was meer innoverend gewees wat hulle het die brood eers gerooster daarna gebotter, die kaas oorgesit mosterd oorgesmeer en dan weer in die oond vir die kaas om te smelt.

ʼn Vroeëre Engelse weergawe klink heerlik. Die korsies is van die brood afgesny. Dan is kaas fyn gerasper. Die brood is gerooster aan beide kante, daar is dan ʼn glas wyn oor die brood gegooi. Die brood moes omgedraai word om al die wyn op te neem. Die kaas moes dan dik oor die brood gestrooi word. Weer in die oond gesit word om gesmelt te word.

ʼn Meer moderne weergawe van die Welsh Rarebit is Gerasperde kaas, Worcester Sous, eiergeel, mosterd en dan melk of bier. Die bestanddele word dan in ʼn bak gemeng. Die brood word dan aan albei kante gerooster. Die kaas mengsel word dan oor die brood gesmeer. Die brood moet dan onder die rooster geplaas word tot die kaas gesmelt is.

Jare gelede toe die program Heidi op die TV was het ek my eie moderne weergawe van Welsh Rarebit gehad. Brood lekker dik gebotter. Die kaas ook lekker dik skywe gesny en op die brood geplaas. Daarna het ek vir die kinders Sout en Asyn geursel oor die brood gestrooi. Vir my en my vrou het ek dan suurlemoen peper ook oorgegooi. Die brood word dan onder die rooster geplaas totdat die kaas so lekker borrel. Dit het ons dan Heidi broodjies genoem. Die kinders was mal daaroor.

Welsh Rabbit of Rarebit. Ek het nou nog die antwoorde nie. Al wat ek weet en dat dit maar eindelik net brood met geroosterde kaas oor is. Indien u ʼn weergawe van Welsh Rarebit het kan u gerus maar dit aan my stuur.

Terug na Indeks

Aspersies en Sardientjies

Aspersies is seker een van die gesondste kossoorte wat daar is. ʼn 150 gram porsie van aspersies bevat slegs 20 kalorieë. Hier moet ons net ingedagte hou dat die aspersies gestoom moet word. Wanneer jy botter of slaaisous saam met die aspersies gaan geniet dan is die kalorieë natuurlik nie meer so laag nie.

Wat die eet van aspersies nog so aantreklik maak is dat dit laag in sodium is. Aspersies bevat ook natuurlik baie vitamienes en sure, wat baie goed is vir ʼn mens. Aspersies is deel van die lelie familie, wat verwant is aan uie en knoffel.

Wanneer mens die kroon plant, dan moet jy glad nie enige resultate verwag voor twee jaar verby is nie. Maar as daardie twee jaar verby is, dan kan jy ʼn redelike oes verwag van die kroon vir die volgende 15 jaar. Aspersies is vir die eerste keer met sukses sowat 2 500 jaar gelede deur die Grieke verbou. Sommige variëteite van die aspersies kan onder die ideale omstandighede tot 25 cm per dag groei.

Om aspersies voor te berei is maklik, want jy kan dit stoom, kook en rooster. Wanneer jy aspersies in die oond rooster kry dit so ʼn neutagtige smaak. Verder vir die avontuurlustiges, aspersies in olie doop en braai op ʼn rooster saam met hulle gunsteling vleis.

ʼn Mens kan aspersies in slaaie, sop, rolletjies soufflé en terte gebruik. In een van die interessante resepte wat ek het, kook jy die aspersies in ʼn bees sop, waarna jy ʼn slaaisous voorberei en oor die gekookte aspersies gooi. Die aspersies word dan oornag in ʼn heerlike slaaisous gemarineer, en die volgende dag bedien op vars slaaiblare.

Aspersies is waarlik ʼn veelsydige kossoort.

Net so veelsydig soos wat die aspersie is, is sardientjies. Eers moet ons kyk hoekom sardientjies so gewild is. Dit is natuurlik ʼn bron van proteïene en kalsium. Sardientjies is ook natuurlik nie net voedsel vir die mens nie maar ook voedsel vir dolfyne en haaie. Sardientjies word veral aan die haaie en dolfyne gevoer wat aangehou word. Met sy mooi vet lyf is hy ook natuurlik ʼn goeie bron van olie en hy kan ook gebruik word as

Terug na Indeks

Koffie

Eendag lank gelede kon ʼn bokwagter nie sy oë oophou nie. So tussen in slaap en wakker sien hy die bokke ook maar ronddrentel. Die bokke gaan staan by ’n bos en eet hierdie rooi bessies, en hoe meer hulle daarvan eet hoe meer hardloop en spring hulle rond. So gaan pluk die man ook van die rooi bessies en eet daarvan. Vergete is die slaap, hy hardloop al singende en springende na sy vrou toe. Sy vrou staan in die deur en is baie bly en verbaas dat haar man so op en wakker te sien.

Die twee neem van die bessies na die plaaslike hotelier toe. Terwyl die hotelier die bone in die vuur gooi en vir die arme mense preek oor die duiwel kom hierdie heerlike aroma na hulle toe aangesweef. Net daar besluit hierdie hotelier dat die bone nie van die duiwel is nie, aangesien net op daardie oomblik ook toe priesters in die hotel inkom. Die hotelier grou in die vuur rond vir die swart gebrande bone, hy maal dit toe fyn en gooi warm water daaroor. Hy gee dit toe aan die priesters om te drink. Net daar begin die priesters ook op en wakker word.

Jare daarna het Pous Clement VIII het jare daarna probeer om die drankie ook te verban as gevolg van die duiwels daarin. Nadat hy dit geproe het, het hy dit geseën en veilig gemaak vir die Christine om te drink. In 1640 was dit die in ding gewees om koffie te drink terwyl sake bespreek word. Net na die Boston Tea Party het die mense nie tee gedrink nie omdat dit onpatrioties was. Hulle het na ’n nuwe warm drankie begin soek om te drink. Na die oorlog het omtrent almal begin koffie drink.

In 1903 het ’n Duitser genaamd Ludwig Roselius die eerste kafeïen vrye koffie gemaak. In 1906 het die eerste kitskoffie verskyn. Die kitskoffie is nogal vervaardig deur ’n Engelsman. Nestle het hierdie patent van hom gekoop. Maxwell House het kitskoffie pakkies gestuur saam met die soldate wat oorsee gaan veg het. Dit was die oorsaak dat nog meer mense koffie begin drink het. Vandag is daar miljoene mense wat koffie drink in die oggende om aan die gang te kom. Hulle doen dit by hulle huise of in koffie kroeë.

Koffie kom in baie gedaantes voor. Met melk, sonder melk, met room of sonder room, maar daar is een ding seker en dit is dat ’n koppie koffie op die regte tyd is darem lekker. Die aroma wat in mens se neusgate indring wanneer jy by ’n koffiekroeg verbyloop is amper net so erg vir my as wat die reuk van braaivleis is. Dit maak nie saak of jy nou net ’n koffie agter die blad het nie, die aroma sal jou weer een laat drink.

Hoe koffie in Suid Afrika aangekom het weet ek nie. Maar dat koffie ’n in ons ou volkie se harte ingekruip het dit is beslis waar. Want die mense van melewe (wanneer het ek die woorde laas gehoor ?) het mos nie van koffie gepraat nie maar van ’n koppie boeretroos. Hoe die gesegde en waar die gesegde ontstaan het sal ek graag wil uitvind. Dit moes seker ’n vreeslikke storie vir die Voortrekkers gewees het om koffie te maak en te kry langs die trekpad.

Êrens in my grys selle verbeel ek my dat ek iewers gelees het dat die Voortrekkers op ’n stadium een of ander wortels gebrand het en gemaal het om net die smakie van koffie te kry. Hoe dit ook al sy, ek weet dat as ek in die oggend nie my koffie gehad het nie, staan ek maar swaar op.

Dankie tog aan die slapende bokwagter en sy en sy gelukkige vrou waarvan ons die nalatenskap gekry het. Ek dink dat as die bokwagter dit nie ontdek het nie sou ons seker almal vandag net tee gedrink het…

Terug na Indeks

Groen Tee

Die oorsprong en ontstaan van groen tee is dieselfde as wat dit is vir normale tee. Dit begin met die Sjinese heerser en sy warm water. Na hy die eerste keer tee gedrink het, het hy begin eksperimenteer met ander soorte tee en so toe ook afgekom op groen tee.

Groen tee se kwaliteite is baie besing in die Ooste, en met agterdog bejeën. Na baie navorsing en studies het die groen tee ook begin baklei vir sy plekkie in die westerse son. Maar wat is die verskil tussen groen en swart tee ? Dit is net die manier wat die tee verwerk word. Die swart tee blare word eers vir ’n lang tydperk blootgestel aan lug en dan begin hulle met die prosessering van die tee.

Met groen tee begin hulle onmiddellik met die prosessering. Eers word die blare gestoom en dan gebak. Die metode verseker dat die polyphenol behoue bly. Dit is nou een groot woord daardie. Klink vir my amper soos mampoer se klein boetie. Maar dit is net die naam van ’n groep plant chemikalieë wat anti oksidante bevat. Soos ons almal weet is anti oksidante die in ding deesdae.

Sonder om woorde te gebruik wat ek nie verstaan nie, sal ek volstaan by die feit dat anti oksidante die liggaam vry maak van die elemente wat die liggaam skade aandoen. Die elemente is grootliks verantwoordelik vir sekere kankers. So deur slegs jou daaglikse inname van koffie en tee te vervang met groen is baie goed vir jou liggaam en gesondheid. Begin met een koppie per dag en verhoog dit stelsel matig.

Daar is drie verskillende soorte maniere maak van groen tee en elke een het sy eie identiteit en smaak. Dit kom meer voor in die Oosterse nasies. Vir ons Westerlinge word die tee gegeur met verskillende soorte vrugte smake. Soos wat ek in my tee artikel beskryf het hoe tee “properly” gemaak moet word, het groen tee sy eie manier van maak, volgens die kenners. Jy maak definitief nie groen tee soos swart tee nie, want dan gaan die smaak van die tee jou vir ewig afsit.

Hier is nou groen tee se ideale maak metode. Kook die water en laat eenkant staan vir sowat twee minute. As jy die kookwater direk oor die tee gooi, gaan die tee baie bitter smaak. Laat die tee nou trek vir twee of drie minute. Haal die tee uit en laat die tee vir nog ’n minuut staan. Nou kan jy die tee so ’n bietjie versoet met heuning of dalk so ’n korreltjie of twee suiker. Moet asb. nie melk bygooi nie, want melk gaan die delikate smaak van die tee omkrap. Sit terug en geniet een van die natuur se heilsame verfrissers.

Terug na Indeks

Lui Lekker Lewe

Die lewe het oor die afgelope paar jaar baie gemaklik geword. As ons iets nodig het gaan ons net na de naaste inkopie sentrum toe en gaan koop dit, en as ns nie daarvan hou of dit is opgebruik dan gooi ons dit net doodeenvoudig weg. Ons kibbel nie eers oor die prys as ons iets aankoop nie.

My vrou is baie lief vir lemoene. Met die lemoene wat so goedkoop is besluit ek om lemoenkonfyt te maak. (LW nie marmelade nie maar wel konfyt). Ek spoor ʼn maklike resep op en gaan maak dit. Sy is gaande oor die eindproduk. By haar werk vertel sy vir almal van die konfyt en met alle mag en mening wil hulle net proe. Ek stuur ʼn bottel na haar werk toe. Almal oe en aah en een vrou vra wat sal dit kos om ook vir haar te maak.

Ek laat weet vroulief dat om een sakkie lemoene in te maak, net vir die bestanddele sal dit R 50 kos. Dan moet hulle, om die koste laag te hou sommer hulle eie botteltjies saamstuur. Verder sê ek kan hulle dan sommer so ʼn ekstratjie bysit as ʼn maakloon. Nie een het my gevra om vir hulle te maak nie. Nou ewe skielik is dit te duur. Ek het nie eers uitgewerk hoeveel kos die krag ens nie.

Daardie selfde mense sal eerder inkopie sentrum toe gaan en drie keer soveel betaal want dit is kwansuis goedkoper.

Hoeveel kan mens vra vir tuisgebak en tuisgemaak ? Hoekom dink mense dat tuisgebak en tuisgemaak altyd baie goedkoper moet wees. ?

Terug na Indeks

Weer Kombuis geheime

Hier volg nog so ʼn paar interessante kombuis geheime wat ek opgespoor het:

 Wanneer jy koekies bak en dit is te hard, plaas dit dan in ʼn plastiese sak, of Tupper bak saam met ʼn snytjie brood. Die harde koekies sal dan die vog van die brood uittrek, en siedaar sit jy met heerlike sagte koekies.  Al gesukkel om Kiwi vrugte af te skil. Nou hier is my plan. Sny die boonste en onderste deel van die Kiwi vrug af. Neem nou ʼn teelepel en druk die teelepel tussen die skil en die vrug in. Draai nou die Kiwi vrug in die rondte. Draai om en herhaal aan die onderkant. Voor jy jou oë uitvee is die Kiwi vrug gereed om te eet.  As jy vars vis koop, ruik aan die vis. Daar moet nie ʼn reukie aan die vis wees nie. Vars vis het nie ʼn reukie nie.  Hou nie daarvan om knoffel te skil nie. Sit die knoffel huisie in die mikrogolf en mikrogolf op hoog vir 10 sekondes. Die knoffel sal uit sy omhulsel spring.  ʼn Ander manier om knoffel uit sy dik omhulsel te kry is sit die knoffel huisie op ʼn plank, neem ʼn mes sit oor die knoffel en druk hard. Die knoffel sal sommer so uit die dik omhulsel spring.  Maak een keer per week ʼn heerlike ete en sit aan tafel en eet. Sit ʼn uur opsy vir die ete. Dit sal die huisgesin weer met mekaar leer praat.  Indië jy sop of ʼn bredie kook en dit is te sout, sit ʼn aartappel net so heel in die sop of bredie. Dit sal die meeste sout uittrek. Sodra die sop of bredie reg proe, haal die aartappel uit en gooi weg.  Meng 1 teelepel droë mosterd met 1 koppie koekmeel. Sprinkel oor vleis wat jy wil braai. Dit is geurig en heerlik.  Wanneer jy weer patats kook sit ʼn stukkie nartjieskil in saam met die patats. Dit gee ʼn pikante smaak aan die patats.  Beet vlekke kan verwyder word van ʼn tafeldoek af, deur ʼn bord onder die vlek te sit en dan ʼn dik sny witbrood op die vlek te plaas. Die brood sal die rooi verwyder.  Wanneer jy Rooiwyn op ʼn tafeldoek mors, gooi baie sout oor die vlek. Die sout sal die kleur absorbeer.  As daardie vleis net nie sag wil kook nie, voeg net twee teelepels gemaalde gemmer by die vleis.  As mens jou eie slap tjips bak, gooi ʼn teelepel bakpoeier by die olie net voor die tjips gebak word. Die tjips sal baie ligter en brosser wees.  Om room vinnig dik te maak voeg net ʼn knypie koeksoda by die room voordat dit geklits word.  As die suiker blik oop gestaan het en die suiker het hard geword, plaas ʼn hele suurlemoen in die suiker blik en maak toe. Binne ʼn dag of twee is die suiker weer sag.  Plaas lemoene of suurlemoene vir sowat 30 sekondes in die mikrogolf op hoog. Die lemoene of suurlemoene sal meer sap gee as dit uitgedruk word.

Terug na Indeks

Sjokolade (Sjokolade en Wat ??? Is jy Mal)

Wanneer ons mans so ʼn bietjie aan die verkeerde kant van ʼn vrou kom, en ons weet dit is ons skuld, dan gaan koop ons vinnig ʼn sjokolade om te sê ek is jammer. Jongmans het altyd ʼn sjokolade dingetjie saam gevat as hy gaan opsit. Ek weet nie meer of dit so werk in vandag se tyd nie. Daardie sjokolade het darem altyd gesorg dat jy so ʼn ekstra drukkie of soentjie ingekry het. Maar dit is nie ons wat die geheimenisse van sjokolade uitgevind het nie.

ʼn Asteegse (Aztec) koning het sterk daaraan geglo dat sjokolade hom help om sy libido te verbeter. Hy het 50 klein “tot” of “sopie” glase verorber. Dit het skynbaar gewerk, want die man het nadat die kerse uitgeblaas was, stamina gehad, wat aangehou het tot die vroeë oggendure toe.

Vandag is die sjokolade meer verfynd en word in verskillende geure en smake verkry. Dit word in, om en bo oor enige iets gesit. Dink maar aan Chrunchies, Smarties en die Vrugte en Neute sjokolade wat mens kry. Dit is nie ongewoon om sjokolade in souse van kos te kry nie. Ek het eendag gesien hoe ʼn sjef, knoffel in botter braai, dan rissies byvoeg. Later het die sjef sjokolade bygegooi en die sous oor garnale gegooi. Volgens die mense wat die dis beoordeel het, was dit ʼn ongelooflike smaak sensasie. Die Meksikane dink ook nie dit is snaaks om sjokolade in hulle vleis disse te gebruik nie en daar is ʼn paar resepte waar hulle sjokolade en hoender meng.

Sjokolade kom al ʼn lang pad en die sjokolade boon is tot al gebruik om te dien as ʼn betaalmiddel en vir ʼn vrou met losse sedes moes mens daardie tyd 2 sjokolade bone betaal. Die Spanjaarde was die eerste mense wat in die vroeë 1800’s soliede sjokolade gemaak het. Na hulle het die Nederlanders gevolg met hulle uitvinding van die vervaardiging van die sjokolade poeier. In Switserland het die mense die metode uitgevind om sjokolade stawe of blokkies te maak. Hulle het ook uitgevind hoe om melk sjokolades te maak.

In Europa is daar die goeie en medisinale kwaliteite van sjokolade opgeteken. Sjokolade bevat antioksidante, en verskeie navorsers beweer ook dat sjokolade tandbederf beveg. Donker sjokolade wat in matige hoeveelhede geëet word, kan van kanker to hart siektes help keer. Wanneer enige sjokolade geëet word gee dit ook die chemiese stof serotonin ʼn hupstootjie. Die chemiese stof kom in die brein voor en is verantwoordelik vir ʼn mens se gemoedstoestand. So is bewys dat sjokolade eters meer vriendelik is as mense wat nie sjokolade eet nie. Nou weet ek hoekom ek so vriendelik is…..

Nou by my subtitel - Sjokolade en Wat ??? Is jy Mal. Om na ʼn goeie en volgende vlak van ʼn smaak ervaring te gaan, probeer gerus om sjokolade en wyn saam te bedien. Dit klink nie lekker nie, maar ek kan u verseker dit is ʼn ervaring wat u lank gaan onthou. Hier is net so ʼn klein rigting wyser om u op u pad te sit. Melk en donker sjokolade (Albany) gaan goed saam met ʼn Cabernet. Die vrugte wyne wat deesdae so gewild is, gaan ok goed saam met ʼn donker sjokolade. Switserse sjokolade gaan weer goed saam met die soet tipe wyne soos die sjerries.

Vir my was dit ʼn wonderlike ervaring gewees om dit te probeer. Wanneer u die regte sjokolade en wyn keuses gemaak het, nooi u vriende uit vir ʼn drankie en sit aan hulle sjokolade en wyn voor i.p.v. kaas en wyn. Vir weke daarna sal u die “talk of the town” wees. Geniet die eksperiment.

Terug na Indeks

Pasta

Die eerste verwysing na pasta kom voor in ʼn kookboek van ʼn sjef genaamd Apicius. Sy kookboek het verwys na ʼn dis wat baie ooreenstem met Lasagna soos ons dit vandag ken. Wat dit so merkwaardig maak is dat die boek geskryf is omtrent met die geboorte van Christus. Daar is ook in ʼn Eskutraanse grafkelder toerusting gevind waarmee mense pasta gemaak het.

Die volgende verwysing na pasta kom voor in ʼn kookboek genaamd “The Art of Cooking Sicilian macaroni and Vermicelli” wat geskryf was deur Martino Corno. Dit wil verder voorkom of pasta lank voor die tyd in die Arabiese lande bekend was aangesien die Arabiere praat van "macaroni". Van die Arabiese lande het dit versprei na Griekeland en Sicilië.

Alhoewel pasta lyk my sy oorsprong gehad het in die Arabiese lande was die stad Palerma gereken as die pasta hoofstad van die wêreld. Dit is hier waar droë pasta op ʼn klein skaal die eerste keer industrieel vervaardig is. Hierdie feit is opgeteken deur ʼn Arabiese geskiedkundige in 1150.

In die jaar 1279 het ʼn prokureur ʼn inventaris opgestel van ʼn afgestorwe persoon se besittings. In die inventaris staan daar “a basketful of Macaroni’s”. Ek wonder net wie het die macaroni ge-erf. Tussen 1244 en 1316 is daar verskeie dokumente wat praat oor vakmanne wat pasta maak. In 1574 is daar ʼn dokument opgestel getiteld “Rules for the Pasta-Masters' Art Corporation”.

In die 17de eeu, in Napels, was kos nie juis goedkoop gewees nie. In die 1700’s is pasta gemaak deur deeg en water te meng met jou voete Die koning was nie daarmee gelukkig nie en masjiene is uitgevind om die deeg te knie en te vorm. Mense het honger gely in Napels. Die twee uitvindings het gehelp om die vervaardiging van pasta baie goedkoop te maak. Baie gou het die mense van Napels pasta gekoop en begin eet. Net daar het pasta toe die kos van die volk geword. Die ligging van Napels was ook van so ʼn aard gewees dat pasta uitgedroog kon word en onbepaald gebêre word.

Tot en met 1830 het die mense pasta net gaargemaak en geëet, sonder enige smaakmiddel of sous. Die tamatie het alles verander, wat tot en met die begin van die 1800’s is tamaties nie gebruik in Europese kookkuns nie. Met die koms van tamaties het alles verander. Tamaties is in tamaai potte gekook, en is met sout en so een of twee geurmiddels gegeur. Die straat kos smouse het die sous oor hulle pasta gegooi en dit verkoop.

In die laat 1800’s het die pasta makers begin om verskillende vorms van pasta uit te druk en te maak. In 1913 het Italië 70 000 ton pasta uitgevoer na Amerika toe. Maar toe begin die Amerikaners om die pasta masjiene in te voer en hulle eie pasta te maak. Hier weer het die Italianers gewen, want hulle was die enigste mense wat pasta masjiene gemaak het.

Watter Suid Afrikaanse huisgesin het nie sy eie geheime Macaroni en Kaas resep nie. Wat is lekkerder om ʼn bord pasta te eet, waar die pasta so verdrink in die ryk maar lekker roomsous, en die hope Parmasaanse kaas oorgestrooi. Vir heerlike Suid Afrikaanse pasta geregte probeer gerus om ʼn paar van Lochner de Kok se pasta resepte te kry. Saam met die resepte kom ʼn waarskuwing, as jy eers eenkeer van die pasta geproe het sal jy nooit weer iets anders wil eet nie.

Van die Midde Ooste na Italië na ons borde, dit is ʼn lang pad maar gelukkig het die kossoort ook vir ons behoue gebly.

Terug na Indeks

Rissies

In Vietnam noem hulle dit ot. Maar hier by ons word dit sommer chilies of rissies genoem. Rissies is al sedert 7 500 VC deel van die mens se dieet. Daar is bewyse dat sedert 3 500 VC rissies op 'n georganiseerde wyse gekweek is, Rissies word geklassifiseer as 'n vrug, alhoewel mense dit 'n spesery noem.

Daar bestaan 27 verskillende variëteite rissies waarvan 22 wild groei en net 5 gekweek word. Rissies het baie goeie kwaliteite en een daarvan is dat 'n sekere variëteit in Mexiko die minimum daaglikse vitamien C bevat, maar die rissie moet groen wees. Indien daardie selfde rissie gelos word om ryp te word, rooi, dan bevat hy twee keer soveel vitamien A as wat 'n wortel bevat.

Die brand kom voor in die vlies waar die pitte is. Dit is 'n olie wat capsaocin genoem word. Aangesien die "brand" 'n olie basis het help dit nie om water te drink as jy so 'n lekker hap rissie geneem het nie. Die water en olie meng glad nie. So 'n ander oplossing moet gesoek word. Daar word genoem dat dit sal help om rys te eet om die brand weg te neem. Ongelukkig sê hulle nie of die rys gaar of rou moet wees nie. Nog 'n moontlike oplossing is om 'n lepel suiker te eet. Verder kan jy ook warm tee drink of 'n komkommer eet. Sommige van die voorstelle maak nie vir my sin nie.

Natuurlik moet mens kan sê hoe sterk die brand gevoel van die rissie is. 'n Amerikaanse apteker genaamd Wilbur Schofield het 'n metode opgetoor om dit te bepaal. Suiker word in 'n glas water opgelos. Rissies word verpulp en dan word daar 'n sekere hoeveelheid druppels rissie in die suikerwater gegooi. Elke druppel rissie verteenwoordig 'n aantal punte. Hulle kry nou 'n paneel mense om die konkoksie te drink, en met elke sluk wat hulle neem word daar ʼn mengsel aangemaak met minder rissie sap in. Die paneel hou aan proe totdat die mengsel hulle monde nie meer brand nie. Daar kan nou gesê word dat jalapeno rissies 'n scoville telling van 2 500 tot 4 000 het. Habanera rissies het 'n scoville telling van 100 000 tot 300 000. Dit moet seker die hel uit jou uit brand.

Die wêreld oor word rissies gebruik in die voorbereiding van kos, maar veral in die meer warmer streke van die wêreld. Rissies word gebruik om kerrie te maak in Thailand. In sekere dele van China gebruik hulle baie rissies in hulle kos. In Korea word rissies ingelê saam met gemmer en knoffel. In Tibet gaan hulle so ver as om rissies met kaas te meng.

Ek het in Dullstroom 'n ander gebruik van rissies gesien. Daar maak een entrepreneur toilet sitplekke van perspeks waarin hy rissies sit. Dit lyk nie te sleg om na te kyk nie maar ek weet darem nie of ek die moed sal hê om op een van daardie sitplekke te sit nie. Daar is 'n spesialiteit winkel in Sandton waar hulle rissie roomys verkoop. So met die tyd het rissies hulle begin vestig in ons kultuur. So sien ek dat Mev. Balls nou ook ʼn rissie saam met haar blatjang meng. Daar is ook nou rissie tamatiesous.

Ek myself is lief om rissies in te le en dan saam met my kos te eet. Die beste gebruik van rissies kom in die volgende resep voor. 'n Chef van Kaapstad het hierdie voorgereg opgedis. Knoffel en rissies word gebraai in botter. Dan word prawns bygevoeg. Sodra die prawns gaar is word dit gevlamde met whiskey. Daarna word daar sjokoladesous oorgegooi en voorgesit. Dit klink miskien nie lekker nie maar ek kan my voorstel dat die brand van die rissie en die soet van die sjokolade 'n groot smaak ontploffing in 'n mens se mond kan veroorsaak.

Terug na Indeks

Rooibos o Rooibos

Die rooibos plant groei net is Suid Afrika en kom net in die winterreënvalstreke voor. Dit is maar ʼn platterige bossie wat so ʼn halwe meter tot meter groei. Die saad van die rooibos is baie skaars want elke bossie produseer net een saad. Sodra die saad op die grond val sleep die miere die saad na hulle neste toe.

Die saad word geoes en dan deur ‘n meganiese skuurder geskuur om die ontkieming proses te verhoog. Indien die sade nie geskuur word nie ontkiem slegs sowat 30% van die sade. Wanneer dit geskuur word verhoog die persentasie tot sowat 90%. Hoe het dit van bossie na die ketel gevorder ? In die begin 1900’s het die plaaslike bevolking gesien dat die blare van die bossie ʼn heerlike vars en verfrissende tee maak wanneer dit gekook word. Die bossies is afgekap en takke met hammers geslaan. Dit is dan so in hope gelos om te fermenteer. Sodra die fermentasie verby is, is die hope oopgekrap om droog te word. ʼn Russiese immigrant, Benjamin Gingsberg, het in 1904 begin agterkom watter potensiaal lê daar in die bossies. Hy het begin koop van die bergies af en het dit begin bemark. Wat Rooibos so uniek maak is dat dit geen kafeïen, kleurstowwe of preserveer middels bevat nie. Dit is ook die rede waarom dit so gewild is by gesondheidsbewuste mense. Rooibos kan in onbeperkte hoeveelhede geniet word aangesien dit 100% natuurlik is. Die minerale is Rooibos is ook in ʼn mate verantwoordelik vir ʼn gesonde vel, gesonde tande en bevorder ook die metabolisme. Die mediese wetenskap begin nou eers van die kwaliteite van Rooibos ontdek. Rooibos word aanbeveel vir mense met senu toestande. Rooibos het ʼn strelende effek op die sentrale senustelsel. Die navorsing gaan nog aan en daar behoort nog baie goeie en gesonde kwaliteite ontdek word. Mense met spysverteringsprobleme, naarheid en sooibrand kan verligting kry deur Rooibos te drink. Rooibos het ʼn natuurlike soet kilojoule vry versoeter wat dit ʼn ideale drankie maak vir mense op ʼn kilojoule beperkte dieet. Wat Rooibos verder ook uniek maak is dat dit warm of koud gedrink kan word. Vir ʼn heerlike verfrissende drankie meng koue Rooibos met vrugtesap. Plaas ʼn paar blokkies ys daarin en geniet op ʼn warm dag. Soos die dames seker weet word Rooibos met sukses in skoonheidsmiddels ook gebruik. As jy allergies is vir seep gebruik dan net die Rooibosseep. So ook kan jy Rooibos gebruik vir omtrent enige iets.

Hierdie is ʼn produk waarop ons op trots kan wees, ʼn produk wat nie een tree terugstaan op die wêreld mark nie. ʼn Produk wat ons met trots oorsee kan stuur. Dit is een produk wat niemand kan namaak nie, nie eens die “Ons doen alles beter as julle”-Australiër

Terug na Indeks

Cocktails

Alles in die lewe het ʼn oorsprong, maar partykeer baklei mense om hulle weergawe van die oorsprong as waar en korrek te verklaar. So is dit ook nie anders met Cocktails nie. Die oorsprong kan moeilik bepaal word, en gelukkig ook so vir ons, want nou is hier ʼn paar interessante stories om te lees.

Gedurende die Revilisoeinere Oorlog in Amerika van 1763 tot 1810 het die Franse en Amerikaanse soldate gereeld besoek gebring aan die kroeg Hall’s Corner in New York. Daar het die kroeg dame ʼn drankie bedien wat sy Betsy’s Bracers genoem het. Amerikaanse soldate het gereeld hoenderhane gesteel by die Franse troepe. Nou is die storie onduidelik, maar lyk my die hane het saam met die manne gaan drink.

Elke keer as hulle Betsy’s Bracers gedrink het, het die Amerikaanse soldate geskreeu “Here’s to the divine liquor which is as delicious to the palate, as the cock’s tail is to the eye”, waarop die Franse soldate dan geskreeu het “Vive Le Cocktail”.

ʼn Volgende storie is van ʼn ander kroeg ook in NY waar die kroeg eienaar stories aan die kliënte vertel het en ook sy mooi dogter daar laat werk het om guns te wen by sy kliënte. Peggy, die eienaar se dogter, het glo ʼn sterk en gevaarlike konkoksie gemaak, waarvan sy die resep geheim gehou het.

Peggy was verlief op ʼn matroos en toe hy eendag terugkom van sy ervaringe af het hy en sy geliefde vegtende hoenderhaan saam gehad. Die hoenderhaan se naam was Lighting. So het Peggy dan vir die matroos en die haan ja gesê. Die aand na die troue in die bed, toemaar ek weet, het Lighting gekraai (of het hy dalk gelag) en een van sy stertvere het losgekom en in een van die drankies geval. Peggy was so opgewonde (oor ʼn haan se veer, ek glo nie) dat sy uitgeroep het Lighting het die drankie sy naam gegee “Cocktail”.

Maak nie saak waar die naam vandaan kom nie, Cocktails is en bly lekker. Ek het al gewonder wat ʼn goeie Afrikaanse naam vir Cocktails sal wees.

Terug na Indeks

Enige Iemand vir Tee?

Ek kan eintlik nie glo dat ek hier sit en ek het nog nooit eers oor tee geskryf nie. Tee het ’n baie interessante en bloedige geskiedenis. Oorloë is geveg oor tee en belastings is gehef op tee plantasies en op die besit van teeblare. Ek hoop nie een van Suid Afrika se belasting gaarders sien hierdie en kry idees nie.

Tee se geskiedenis is langer as wat die arm van die gereg is. En wonderbaarlik is tee nie vir die eerste keer in Engeland gedrink nie. Tee is die eerste keer in die jaar 2737 voor Christus gedrink deur die Sjinese heerser Shen-Nung. Hy het die snaakse blare in sy warm water wat hy gedrink het, laat dryf. Iemand moet seker baie desperaat gewees het om warm water te drink. Van daar af het tee met rasse skredes in die wêreld se harte ingekruip.

In die jaar 522, na Christus, het Boeddhiste monnike sade van die Tee boom na Japan geneem, sodat die Japanese hulle eie tee kon kweek. Eers in die jaar 700 het die Japannese die tee drink seremonie vervolmaak. Hulle het “Die Boek van Tee” wat geskryf is deur Lu Yu, gebruik om die kuns te vervolmaak.

Die Sjinese en Japannese het die tee drinkery lank eers vir hulle self gehou. Want eers in die jaar 1667, het die koffiehuis eienaar Thomas Garway tee vir die eerste keer verkoop. In die jaar 1700 het Koning Charles II ’n baie hoë belasting op tee geplaas aangesien tee nog op daardie stadium net vir die adelstand gewees.

Met die aankoms van jaar 1773 is Amerika stewig op die pad geplaas van onafhanklikheid. Dit was dieselfde jaar as wat die Boston Tea party gebeur het. EK kan nou al die koerant opskrifte sien: Tee die begin van ons onafhanklikheid. Tee is intussen deur die hele Engeland gesmokkel. Maar die koning het in daardie jaar die belasting op tee verminder. Net daar val die smokkel mark in sy peetjie in. Engeland word toe so met die tyd die Wêreld se tee hoofstad.

Daar is drie soorte tee, Swart tee, Groen tee en Oolong tee. Nou dat ek so van tee praat, dink ek daaraan dat ons kinders seker nie gaan weet hoe lyk tee nie. Want vandag se tee is mos in sakkies. Ek weet nie of dit ook in die wêreld voorkom nie, maar hier in onse land was daar so ’n paar jaar gelede ’n hele ander industrie om tee geweef en hier praat ek van die tannies wat vir so ’n klein fooitjie vir jou ’n koppie tee gemaak het en as jy klaar gedrink het, het hulle jou fortuin gelees met die teeblare wat so op die bodem en teen die kante van die koppie gelê het.

Baie mense en veral die Engelse glo net aan een manier van teëmaak. Eers moet warm water in die ketel gegooi word. Dan kom die teeblare of sakkies in en daarna die warm water. Ander mense glo weer daarin om die tee eers te kook. Ek het al op verskillende maniere probeer om tee te maak, maar elke keer proe die tee maar dieselfde vir my.

Daar is niks lekkerder vir ons gesin om Sondae na kerk ʼn potjie tee te brou en rustig saam te sit en drink.

Terug na Indeks

Monkey Gland Sous

Die oorsprong van Monkey Gland sous is seker een van die grootse geheime in Suid Afrika. Eendag blaai ek deur 'n kookboek wat in 1956 uitgegee is. Nou as dit by kookboeke kom is ek nie normaal nie, want ek lees die kookboek soos ander mense storie boeke sal lees.

Een van die resepte trek my aandag. Monkey Gland steak. In hakkies staan daar steak Voranof. Lees die resep met die nodige aandag. Daar word my nuuskurigheid geprikkel. Ek sit my rekenaar aan en Google steak Voranof.

In Frankryk was daar 'n Dr Voranof gewees. 'n Russiese dr wat in Frankryk gebly het. Hy het sy frank verdien deur bobejaan kliere (Monkey Glands) in ryk ou mans oor te plant. Dr Voranof het geglo dat die monkey glands die mans se libido so bietjie aanwakker. Dit is die eerste natuurlikke viagra gewees. Hy was natuurlik uitgelag deur sy kollegas in die mediese wêreld.

Nou dr Voranof het sy steak gaargemaak in 'n sousie in 'n pan. Die sousie is baie naby aan die Monkey Gland Sous. So van Frankryk af het die sous op 'n manier sy weg gevind na Suid Afrika toe. Hoe hierdie sous hier beland het en so geliefd geraak het weet niemand meer nie.

Nog is dit die einde niet van die storie.

Een van dr Voranof se vrouens was 'n verpleegster in die tweede Vryheids oorlog gewees. Sy het omgesien na die vrouens in die konsentrasie kampe.

Nou om sake bietjie meer om te krap is daar 'n Hanestert (Cocktail) vernoem Monkey Gland.

Hier volg die resep en geskiedenis van die Hanestert.

Kom van die webtuiste van Chow.com The Monkey Gland is a gin-based cocktail blended with orange juice and enlivened by grenadine and Pernod. Few classic cocktails of such appealing character have such odious names. Harry MacElhone, owner of Harry’s New York Bar in Paris, is credited with mixing the first Monkey Gland in the 1920s. The sonorous sobriquet was inspired by the work of Serge Voronoff, a Russian who experimented with the sexual organs of monkeys for rejuvenation. The verdict is not in on the procedures with the naughty bits of monkeys, but the bygone fashionable drink is a reliable rejuvenator.

Order a Monkey Gland by its ingredients rather than its name. Older bartenders may have a flash of recognition, but younger ones will be clueless. Tell them it’s something you’ve been monkeying around with.

The original recipe for the Monkey Gland called for anisette, but both Pernod and Bénédictine have become common substitutions. Terug na Indeks Sampioen Brood

Hierdie is die oulikste kos storie wat ek al gehoor het. Een van my fens het dit aan my gestuur. Dit het my baie oorredings vermoë gekos om toestemming te kry om die storie te plaas.

Jong, Mamma het my nie geleer kook nie. Kinders was onder haar voete, die dat ek eerder op die perd se rug was die hele dag of in die bos, veld en berg.

Ek was so 3 jaar getroud toe ek uiteindelik moed bymekaar geskraap het om ook te probeer brood bak. EK het vir niemand gesê ek kan nie, en my Ma kon sulke groot heerlike boere brode bak en almal het verwag dat ek ook moet kan.

Wel, die dag besluit ek dat ek die resepteboek gaan vat en probeer. Gonna man, ek het alles gedoen nes hulle sê, maar die goed wou nie rys nie. So teen middag het ek maar bes gegee en omdat my man erg was oor kos mors, het ek dit nie in die asblik gesmyt nie, want hy sou dit sien, toe gaan begrawe ek dit agter in die erf. Daar het hooi bale gestaan wat ons gebaal het vir die beeste en ek het geweet dat hy lang laas daar was, maar die middag laat kom hy van die myn af en hy loop toe wragtig bale toe. Ek het met angs gestaan en bid. Hy het skielik gebuk en ek kon sien iets puzzle die man erg.

"Gogga, kom kyk hierdie snaakse paddastoele wat hier opkom!" roep hy. Ek loop bedees nader en sien hy staan by my begrawe brooddeeg. Dit het begin rys, uitrys, en die grond het sulke korse bo-op gemaak en dit het inderdaad na vreemde reuse paddastoele gelyk wat daar wou opkom, maar hy het geweet en toe hy my gesig sien, bars hy uit van die lag. Ek het natuurlik so verleë gevoel dat ek skoon aan die grens gegaan het. Ek het alles uitgeblaker!

Hy het my goedig in sy arms gevat en my trane weg gesoen en saggies gesê "Dis 'n begin, maar ek sal laat my ma jou leer brood bak."

Ek kan tot vandag nie 'n brood bak nie ... nie boere brode nie ... want elke keer as ek begin, dan dink ek aan daardie dag, dan maak ek eerder maar net .

Terug na Indeks

Die Rooi Ronde Ding

Wat is daardie rooi ronde ding wat almal in die kos wêreld so oor gaande is? Dit is al beskryf as die grootse fonds sedert die Kiwi vrug die hele wêreld hol gehad het in die vroeë negentigs. Dit is niks anders as die nie. Nooit het ek gedink dat die Peppadews die wêreld so op hol gejaag het nie.

Hier volg die geskiedenis van die groot ontdekking. ’n Tamatie boer Johan Steenkamp het eendag so in sy landerye geloop en hier op ’n droë deel van sy land die welige bossie sien groei. In stede daarvan om die bossie met wortel en tak uit te roei het Steenkamp besluit om die mooi vrug af te pluk en te proe. Sy mond was aan die brand, maar hy het nie dood neergeslaan nie en hy het toe sommer geweet dat hy hier ’n wenner beet het.

Steenkamp het begin om te eksperimenteer met die vrug. Hy het die vrug geskil, gebottel en net daar blaas die hele spul op in sy gesig. Dit het hom blykbaar ’n hele klomp geld uit die sak gejaag. Hy stuur toe die plant en vrug na Die Wetenskaplike Navorsingsraad gestuur vir analise. Hulle het vir hom gesê dit behoort aan die capsicum familie, waarskynlik met sy oorsprong in Sentraal Amerika. Verder navorsing het aan die lig gebring dat hierdie plant nêrens anders in die wêreld voorkom of verbrou word nie.

Steenkamp het hom nie laat onderkry deur die ontploffings nie en het begin om die vrugte te ontpit, wat die vrug natuurlik ’n heelwat minder byt gegee het. Hy het ook die vrug in ’n geheime sous ingelê. Hierdie Peppadews het hy begin bemark as ’n rissie met pikante smaak. Steenkamp het ook gesien dat die plant die beste aard in ’n droë omgewing met besproeiing. ’n Enkele plant lewer sowat 15 kg vrugte in ’n jaar.

Net daar het die Peppadews die wêreld getref. Dit kom nou voor in verskeie lande. Omdat dit nuut is en daar nog nie eindelik reëls en regulasies wat die eet daarvan betref nie, word daar hard en druk geoefen en probeer om Peppadews met elke kossoort gaar te maak en te eet. Tot die Suid Afrikaanse Chefs Vereniging het die vrug so ’n slag of wat beetgehad.

Dit is nou net hier waar jy jou kosmakery ’n hupstootjie kan gee. Aangesien die Peppadews oop is kan hy gevul word met alles en nog wat. Heerlik as ’n snoep gereg, of andersins kap hom fyn en gebruik dit in sop, of stowe geregte (heits kyk die Afrikaans eindelik wou ek stew gesê het). My vrou het nou die dag vir ons Pizza gemaak met Peppadews, feta kaas en eiervrug wat gebraai is. Dit was ’n smaak ontploffing in die mond. Probeer dit gerus. My kop trek nou skeef soos wat ek dink. Ek sal graag wil ’n eg Suid Afrikaanse Potjie praktiseer met al die eg Suid Afrikaanse kos bydraes. Soos hulle altyd sê hou die spasie dop.

Sedert die ontdekking jare gelde het Peppadews ver gekom. Daar is nou al souse en tot gedroogde peppadews beskikbaar. Waar sal hierdie wonderlike Suid Afrikaanse kos bydrae eendag eindig ? Wie weet, maar intussen wil ek net vir die sê baie welkom by die geledere van biltong, monkey gland sous, droë wors, rooibos tee, pap en wors. Terug na Indeks

Die Groen Druif

(Hierdie stuk word opgedra aan Eric Hansen, my vriend wat aan kanker oorlede is op 17 Maart 2004)

Wanneer mens iewers ’n vingerete eet, sal iemand gewoonlik ’n aanmerking maak oor die groen druiwe wat op die bord lê. Intussen is daardie nie groen druiwe korrels nie maar wel olywe wat net reg lê om geëet te word. Baie min mense in ons Afrikaanse kultuur hou van olywe, en dit is vir my snaaks. Na daardie opmerkings is ek so bly, want dan kan ek die olywe eet. Al is ek so mal oor olywe, weet ek maar bitter min van dit. Volgens die mitologie het Zeus ’n groot stuk aarde belowe aan die god wat die mees bruikbare uitvinding vir hom kan gee. Poseidon het onmiddellik sy perde aan Zeus gaan wys. Athena die godin van wysheid het met haar staf op die grond geslaan en onmiddellik het daar ’n boom begin groei wat hierdie wonderlike vrugte gedra het. So het Athena dan met die stuk grond weggeloop. Die mitologie beweer verder dat daar waar Athena die grond geslaan het met haar staf by die Akropolis is en dat die olyfboom wat daar groei die een is wat Athena daar geplant het. Daar word vermoed dat die Olyfboom afkomstig is van Krete en Sirië. Daar word bespiegel dat die Olyfboom die eerste boom is wat grootskaals aangeplant is. Die Olyfboom kan mens amper sê is ontdek sowat 5 000 jaar gelede. Daar is soveel bewerings oor wie wat gedoen het en olywe versprei het, maar die feit bly staan dat die olyf vinnig versprei het. Die olyf is een van daardie meerdoelige vrugte wat sommer vir alles en nog wat gebruik is. Die vrug word natuurlik gebruik as kos. Die olie word natuurlik gebruik en lof toegedig om die mees wonderlike vloeistof op aarde te wees. Selfs in die Bybel word die lof baie gebring aan olywe en veral die olyfolie. Nie net daar word die olyf of die olyfboom se gebruike gestop nie, want die Internasionale teken van vrede is die Olyfboom se takkie. Na die sondvloed het Noag geweet die water het gesak toe die duif met ’n vars olyfblaar in sy bek teruggekom het. Olywe bevat 20 tot 30% olie. Die vrugte hang aan die bome en begin swart word. Die groen vrugte word van die bome afgeskud en dan verwerk as eetbare olywe. Vars olywe is bitter en kan nie geëet word nie. Maar wanneer die olywe behandel word met bytsoda en sout word dit eetbaar. Ek sien so in my geestesoog ’n paar mense wat hulle koppe skud en sê dat olywe nooit eetbaar sal wees nie. Soos ons almal weet en vertel is deur die jare is olyfolie natuurlik baie goed vir die mens. Olyfolie is baie goed vir cholesterol lyers, want dit verlaag die slegte cholesterol en verhoog die goeie cholesterol vlakke. Om dit reg te kry moet jy ongeveer twee eetlepels olyfolie per dag inkry. Olyfolie is ook baie goed om te gebruik as jy ’n maagseer het. Om kolon kanker se risiko te verminder word ook aanbeveel dat jy elke dag olyfolie moet inkry.

Nou vir die verskillende vlakke van olyfolie. Extra Virgin is die gesondste van alle olyfolie aangesien dit van die eerste pars afkom. Voorheen het ek gehoor dat iemand sê dat Extra Virgin word bepaal deur die suurgehalte in die olie. Extra Virgin bevat glo minder as 1% suur. Of dit so is of nie sal ek nie weet nie. Na Extra Virgin kry jy Virgin Olie. Dit is olie afkomstig van die tweede pars af. Met Extra Virgin en Virgin is daar geen prosessering nie, dit word net gepars en gebottel. “Pure” olyfolie is olie wat gesuiwer en gefiltreer word. Extra Light is olie wat net ’n verskoning vir olyfolie is.

Ongelukkig is olyfolie by ons nogal redelik duur en die gemiddelde huishouding kan net so dan en wan ’n bottel aankoop. Koop gerus een aan en gebruik slegs om slaaisouse te maak of gebruik met die maak van een of ander eksotiese dis. Om jou gesondheid so ’n hupstootjie te gee beveel ek aan dat jy die inname van olyfolie in jou dieet moet verhoog. Moet nie ook vergeet om so nou en dan ’n groen druif in jou mond te stop nie.

Terug na Indeks

Hot Cross Buns

Die Joodse Pasga of Paasfees val saam met die Pagan’s se Lente fees. Lente is natuurlik tydperk in die natuur waar daar vernuwing is. Om dit te vier het die Pagan’s offers gebring aan die Lente Godin. Die godin is natuurlik in elke land ʼn ander naam genoem. In Skandinawië word sy Friga genoem. Die ou Saxons het haar Ostara genoem. Die Engelse woord Easter is van Ostara afgelei.

Die Pagan’s het baie koek gebak om hulle gode te eer. Die Egiptenare het ʼn koek gebak met ʼn kruis op om die maan te eer. In Griekeland en in Rome is daar ʼn ronde koek gebak met ʼn kruis op om die godin Diana te eer. Die ronde koek het die maan voorgestel en die kruis die 4 kwarte van die maan.

Die Christine het ook hierdie gebruik van die Pagan’s oorgeneem en aangepas by hulle omstandighede. Die eer word gegee aan Vader Rocliff van die St Albans Klooster. In 1361 word daar geskryf van hom dat hy ʼn groot hoeveelheid klein, soet spesery koeke met ʼn kruis op gebak het. Hierdie heerlike en voedsame koekies is dan oor die Paasfees aan die arm mense uitgedeel om te eet. Voorheen met Paasfees het die arm mense slegs ʼn gratis bord sop ontvang. Dit is nie nodig om te sê dat die koek wat hulle gekry het ʼn welkome verandering vir hulle was nie.

In die ou tyd is daar geglo dat indien jy koek of brood op Goeie Vrydag bak dit nie sal afgaan nie en dat dit die hele jaar sal hou. Daar is niks lekkerder as ʼn warm Hot Cross Bun wat met botter gesmeer is en lekker koppie tee nie. Wanneer ek dit geniet dink en nie juis veel van waar dit afkom nie.

Nog ʼn Paas tradisie wat spruit uit die Pagan fees is die uitruil van eiers. Die Romeine en Egiptenare het eiers uitgeruil om op ʼn simboliese manier aan te dui dat daar lewe na dood is. Daar word beweer dat Rooms Katolieke Nonne naby Rome patrone op eiers geverf het, en dan die eiers na die kerk geneem het waar die priester die eiers geseën het. Die eiers is dan ook aan die arm mense uitgedeel is om te eet oor die Paastyd.

Vandag ken ons almal daardie mooi, lekker en onweerstaanbare eiers in alle ondenkbare vorms en grotes. Die eiers word vandag net uitgeruil om iemand gelukkig te maak en sover ek kan sien het dit geen gelowige konnotasie nie.

Terug na Indeks

Sout van die Aarde

Ons almal ken die verwysings seker die bekende deel in die Bybel waar daar gesê word dat “Julle is die sout van die aarde maar as die sout laf (verslaan) geword het dan word dit uitgegooi en vertrap.” So van die begin van die mens het sout al iets beteken.

Vandag dink ons aan sout as iets wat ons oor ons kos gooi om die smaak van die kos te verbeter en om die kos nie te laf laat proe nie. Verder dink ons nie juis daaraan nie. Sout bestaan uit Natruim en Chloor. Op sy beste is Natruim en Chloor baie gevaarlik vir die mens. Maar saam is Natruim Chloried iets wat ons nie sonder kan klaarkom nie.

Soos alle kossoorte het sout ook ʼn agtergrond en geskiedenis. Aangesien sout so skaars en kosbaar was is dit in verskeie tye van die geskiedenis gebruik as betaal middel. Verskeie oorloë is ook al gevoer om beheer te kry oor sout. Die Egiptenare het ook sout gebruik in die balsemings proses.

Sowat 4 700 jaar gelde is ʼn farmakologiese verhandeling geskryf in China. Die verhandeling het ongeveer 40 verskillende soorte sout beskryf. Verder is die prosesse hoe om sout te uit seewater te haal haarfyn beskryf. Die prosesse word vandag nog gebruik. Soos dit enige goeie regering betaam het die Chinese regering vinnig agtergekom waar hulle brood gebotter is, of te wel waar die geld in die sout lê. Toe sout gewild begin word het die Chinese regering sout belasting ingestel.

In Egipte is daar rekords gevind dat sout so ongeveer 3 450 jaar gelede vervaardig is. In Griekeland is sout geruil vir slawe. Die uitdrukking “hy is sy sout werd” kom uit die tydperk. Aan Romeinse soldate is daar daagliks ʼn sout rantsoen gegee en die rantsoen is genoem Solarium Regetum. Nou kan julle seker ʼn baie goeie afleiding maak van waar die Engelse woord “salary” sy afkoms het.

In die Bybel is daar meer as 30 verwysings na sout. As gevolg van die wit kleur is sout geassosieer met reinheid. Daar is verwysings dat sout ook op die altare gebruik is. ʼn Interessante feit is dat die Nazis die kunsskatte wat hulle in die Tweede Wêreld oorlog gebuit het in gange van soutmyne weggesteek het.

Deur die eeue heen is sout gebruik om vleis en vis te preserveer. Ons voorouers het die kuns ook aangeleer en hier dink ons maar net aan bokkoms en biltong. Gedurende die Tweede Wêreld oorlog was daar baie min wat die mense kon koop. My Pa het altyd vertel dat vleis baie skaars was en mense net ʼn sekere hoeveelheid vleis per dag kon koop. Daar was, soos ek kon aflei, nie ʼn verbod gewees op die verkoop van verwerkte vleis nie. So wat hulle gedoen het om vleis aan die mense te verkoop was om ʼn laag sout om die vleis te smeer en dan te verkoop as sout vleis. Dit was blykbaar nogal baie effektief gewees.

Sout kan nie net gebruik word om kos se smaak te verander nie maar ook gebruik word as ontsmettingsmiddel. Indien jy jouself raak sny en daar is nie ontsmetting middels naby nie kan jy gerus maar die soutpot nader bring en oor jou wond gooi.

Hier volg nou nog ʼn paar nuttige Sout Wenke:  Om water vinniger op ʼn hoë temperatuur te laat kook, gooi net ʼn knippie sout by.  Om te help dat eierwitte vinniger set gooi sout in die water.  Gooi sout oor ʼn slaai voor die slaai bedien word. Dit sal verseker dat die slaai vars en bros bly.  ʼn Knippie sout in koffie verbeter die koffie se smaak.  Melk bly langer vars as daar sout ingegooi word.  Gooi sout by gelatien, die sout laat die gelatien vinniger stol.  Vir bysteke maak ʼn pasta van sout en water aan en smeer dit oor die bysteek. Dit sal die pyn wegneem.

Terug na Indeks

Springmielies

Wat is ’n fliek sonder ’n pakkie springmielies? Springmielies en flieks kan mens nie skei nie. Die een kan nie sonder die ander een gaan nie. Persoonlik is ek nie mal oor springmielies nie, maar wanneer ek in ’n fliek instap dan moet ek ’n springmielies koop. Deesdae wanneer mens na die flieks gaan en jou springmielies koop kry jy nou ’n verskeidenheid geurmiddels wat jy kan oorgooi. Dit is nie net meer sout nie, want jy kan sout en asyn geursel of aromat of barberque oorgooi. Persoonlik hou ek daarvan om suiker oor my springmielies te gooi. Ons eet al jare aan springmielies maar waar kom dit vandaan ? Springmielies se geskiedenis of oorsprong gaan sowat 5 000 jaar terug. Oorspronklik is springmielies verbou in Meksiko, maar dit het op onverklaarbare wyse hulle pad gevind na Indië en China nog lank voor dit in Europa sy verskyning gemaak het. In ’n grot in Meksiko, in 1950, het hulle in ’n grot springmielie koppe gevind wat sowat 5 600 jaar oud was. In Peru het hulle springmielie pitte gevind wat oor die 1 000 jaar oud was. Die wetenskaplikes het van die pitte gespring en blykbaar was die springmielies nog heerlik gewees. In daardie tyd is springmielies op ’n plat klip gegooi wat in die middel van ’n vuur gesit is. Soos dit spring was dit groot pret om springmielie te probeer vang. As jy een gevang het dan kon jy die springmielie ge-eet het. Van die Indiaanse stamme het springmielies gebruik as versierings. Hulle het onder andere nek krale en armbande van gespringde springmielies gemaak. ’n Frans ontdekking reisiger het in sy dagboek ’n aantekening gemaak van springmielies. Daarin se hy dat die stam waar hy aangekom het, het springmielies gespring deur dit in kleipotte met warm sand te sit. Hy het een aand blykbaar ’n heerlike ete gehad wat bestaan het uit springmielies, springmielie sop en springmielie bier. ’n Ander Indiaanse stam het die hele mielie kop geolie en dan warm gemaak. Die mielie pitte “spring”. Hulle het dan die springmielie ge-eet net soos ons vandag ’n gekookte mielie eet. Van die Amerikaanse kolonialiste het weer in die oggende springmielies ge-eet met room en suiker daaroor. Dit was nou weer natuurlik die begin van kitsontbyte. In Arizona in Amerika is daar nog steeds ’n Indiaanse stam wat springmielies spring in kleipotte wat sowat 8 voet breed is. So met die jare het springmielies se gewildheid toegeneem. Dit het ook so met die tye en tegnologie saam verander. Vandag bestaan daar ’n multi miljoen rand se mikrogolf springmielie industrie. In Amerika alleen word daar so ongeveer 500 miljoen kilogram se springmielies verorber. Maak nie saak hoe en met wat ons dit eet nie, springmielies bly heerlik. Mag julle ’n gesonde en springende week beleef.

Terug na Indeks

Vegetariër

Almal hou nie daarvan om vleis te eet nie, en daarvoor is verskeie redes. Op die redes wil ek nie ingaan nie maar wat ek hier wil doen is om net so ʼn paar wenke hier te gee vir mense wat graag so nou en dan vegetariese disse wil eet. Vir mense wat op ʼn lae cholesterol of vet dieet is kan gerus van hulle vleisdisse vervang met vegetariese disse.

Die eerste wenk is om heerlike vegetariese frikkadelle te maak. Koop vegetariese burgers by jou Supermark. Ontvries die burger en krummel dit. Voeg Green Peppers, gekapte uie, knoffel en fyn aartappels. Meng goed en rol dan van die mengsel frikkadelle. Hier frikkadelle kan jy dan bak of braai. Jy kan enige ander groente ook in die mengsel sit. Die een wat ek hier weergee is net die basiese resep en jy kan die bestanddele aanpas volgens jou smaak.

Jy kan ook so vir jou ʼn heerlike hamburger maak. Neem weer die ontvriesde vegetariese burger en krummel. Jy kan jou gunsteling groente byvoeg of as jy haastig is maak ʼn groterige of twee druk dit dan plat om ʼn lekker groterige hamburger frikkadel te maak. Sit nou die frikkadel op ʼn sny brood en gooi salsa of sampioen sous oor die burger. Sit die ander snytjie brood op en geniet.

Wat jy ook kan doen is om fyn aartappels te neem en dit meng met broodkrummels. Braai dan in ʼn pan met olie. Om hierdie frikkadel interessant te maak voeg tamatie, selery, tamatiesap en verpulpte groente soos broccoli en ertjies by. As jou mengsel te slap is voeg nog broodkrummels by. Gee jou verbeelding vrye teuls en doen proefnemings met byvoegings om die frikkadelle nog meer interessanter te maak.

Pasta kan ook op verskeie maniere verander word om dit interessant te maak. Neem gekookte paste en meng met jou gunsteling pasta sous. Gooi broodkrummels oor en bak in die oond. Meng ʼn blikkie boontjies en gekapte ui met jou pasta en geniet. Maak ʼn Salsa en meng dit in jou pasta en garneer met gekapte olywe. Meng margarien, knoffel of knoffel poeier en pietersielie in die pasta. Neem weer margarien meng dit in die pasta met gekookte ertjies en tamatie sous of ʼn heerlike salsa.

Om heerlike en interessante pasta souse te maak is net so maklik. Neem ʼn blikke gekapte tamaties en ʼn bottel pizza of pasta sous en meng. Probeer dan om geblikte boontjies te neem en meng ook met Pizza sous. Meng sampioene met boontjies gekapte spinasie ens ʼn groente sous blokkie. Kook saam vir paar minute. Van rys kan mens ook wonderlike vegetariese geregte maak. ʼn Heerlike risotto is so vinnig en maklik om te maak. Die basiese resep vir risotto is soos volg : Verhit twee eetlepels olyf olie in ʼn pan. Braai dan vir 1 minuut ʼn huisie knoffel in die olie. Gooi dan so 1 koppie rys in die pan en braai en roer die rys in die olie. Gooi nou 4 koppies water of groente aftreksel by. Kook die rys tot al die vloeistof geabsorbeer is. Gooi nog water by en roer tot al die water geabsorbeer is en die rys so sag en romerig is.

Maar die einde is dit niet. Want om die rys heerlik te maak kan jy enige van die volgende en in enige kombinasies is byvoeg nl. gemmer, gedreineerde fyn pynappel, gevriesde gemengde groente, ertjies, soja sous, neute of spinasie. Moet nie die tamaties of green peppers vergeet nie. Knoffel kan hier ook goed werk. Ek hoop dat ek julle nou genoeg inligting gegee het en julle smaak kliere net genoeg lus gemaak het om so ten minste een keer per week ʼn vegetariese ete voor te berei.

Terug na Indeks

Die Griekse Eetgewoontes

In die nuwe Testamentiese tyd het die Grieke lekker geleef. By hulle was daar nie die wettiese beperkings op hulle eetgewoontes nie. Die Grieke was relatief ligte eters en dit was vir hulle nie ʼn voorkeur om vleis by ʼn slaghuis te kry nie. So nou en dan het hulle op feesdae skape of varke ge-offer maar die is na die ete ge-eet. Die hoofmaal vir die Grieke was die aandete gewees. Gewoonlik is vriende uitgenooi om hulle maaltye saam met hulle te kom geniet. Vrouens, altans die dames, het nooit hulle maaltye saam met die mans genuttig nie. Nou wonder ek of dit hier waar die Engelse spreuk van "Barefoot and Pregnant in the Kitchen" vandaan kom. Die Grieke se voorkeur in kos was ʼn tipe wors. Saam met dit het hulle gewoonlik eiers, vis en kaas geniet. So nou en dan het hulle ook haas of duif ge-eet. Aangesien die Grieke van sterk geure gehou het, het hulle van hulle vis gesout en gedroog gehou. Hulle het natuurlik baie van knoffel gehou en hulle kosse is voorberei is groot hoeveelhede olyfolie en botter. Soveel so dat die kos in die borde gedryf het in die olie. Vir spesiale geleenthede is ʼn omelet berei wat bestaan het uit meel, eiers, kaas en heuning. Hierdie omelet is gekook in ʼn sterk gegeurde sous, en dit is opgedien in ʼn vyeblaar . In daardie tyd het die mense ge-eet met hulle hande en brood is gebruik as lepels om die sous mee te verorber. Sodra die ete klaar is het slawe die vloere uitgevee en die tafels uitgedra. Hulle het oomblikke later weer teruggekom met die tafels wat gekreun het onder die nageregte. Nageregte het bestaan uit neute, olywe, vye en koeke. Na die nageregte het die wyn te voorskyn gekom. Daar is ʼn meester van die fees gekies en dit was sy werk gewees om te besluit hoeveel water by die wyn gevoeg moes word. Gewoonlik is die dit in die verhouding gewees van 2 dele wyn met een deel water. Indien hulle my gekies het sou dit ʼn ander prentjie gewees het. Die slawe het die wyn dan gemeng in groot erde houers. Die drink sessies het tot laat in die nag aangehou. Dit het gelei tot groot debatte wat gevoer is. Nog ʼn groot tydverdryf was om mekaar raaisels te vra. So is seker menigte aande deurgebring. In ons tyd na ʼn glas of twee debatteer ons nie en nog minder vra ons raaisels. Hier noem ons dit sommer net twak praat om ʼn braaivleis vuur. Waaroor praat julle alles om die vuur? Indien ek so sit en kyk na wat 2000 jaar gelede gebeur het wil ek nie sien wat skryf die geskiedskrywers oor ons na 2000 jaar nie.

Terug na Indeks

Smaak Verskil

In die fliek Octopussy sit James Bond aan die tafel. Voor hom word sy hoofmaal gesit, naamlik ʼn gebakte skaapkop. James Bond kyk geskok hoe sy gasheer die skaap se oog uithaal en eet. Net daar het die sterke James Bond sy eetlus verloor. So tussen hakkies hier by ons word ʼn skaapkop ʼn smiley genoem en ʼn halwe skaapkop ʼn half smiley. En die mense met ondernemingsgees verkoop smiley’s op Johannesburg se straathoeke koop.

Die studie van wat mense eet is ʼn baie interessante veld. Mense eet wat hulle voorvaders geëet het, biltong in ons geval, of hulle eet wat smaaklik vir hulle is of wat aantreklik lyk. Geur speel ook natuurlik ʼn rol in die keuse van voedsel. Ons eet kos ook as gevolg van ervarings wat ons gehad het. Baie kere sit sekere kombinasies ons ook af. ʼn Vriend van my is baie lief vir eiers en steak. Eendag het sy vrou vir hom ʼn Portugese steak gemaak, waar sy die eier op die steak gesit het, en die man het net sy neus daarvoor opgetrek.

Baie mense wat byvoorbeeld lief is vir aartappels, maar hulle is nie lief vir aartappel slaai omdat daar bv. uie in is nie. Maar hulle sal uie rou eet. Maar wee jou as jy die ui in hulle aartappelslaai sit. ʼn Sjef van ʼn groot restaurant in New Jersey maak gereeld Kalfs Niertjies gaar vir sy klante maar hyself sit nie sy mond daaraan nie. Iemand anders het aan my vertel dat hy eendag die Franse se spog dis Paddaboudjies geëet het. Sy mond het aan hom gesê dat dit heerlik is en net soos hoender proe maar sy brein het vir hom gesê dat dit ʼn padda se boudjies is. En net daar het hy opgehou om dit te eet.

In ons land kan mens ook duidelik sien dat daar mense is wat as gevolg van geloofsoortuigings nie sekere voedsel eet nie. Soos bv. die Jode wat net sekere dele van die bees of skaap mag eet. Natuurlik moet die skaap of bees ook op ʼn seker manier geslag word. Net so maak die Moslems ook. So tussen hakkies, dit is my persoonlike opinie dat die Jode en Moslems meer in gemeen het as wat hulle dink. Ander mense eet weer nie sekere voedsels nie omdat hulle nie die ware toedrag van sake ken nie.

Mense sal nie swart peper eet nie omdat dit kwansuis in jou blindederm sal vassit. Nog ʼn mis konsepsie is dat as jy grondboontjies na sonsondergang eet jy maagkrampe sal kry. Daar is mense wat glo dat jy nie enige vloeistowwe moet inneem as jy eet nie. Baie keer affekteer die tipe van mis konsepsies ʼn mens in so ʼn mate dat jy neuroties daaroor raak.

Dit is my persoonlike gevoel dat ʼn mens nie moet stagneer in wat jy eet nie. Probeer nuwe dinge en nuwe smake. Gaan eenkeer na ʼn Japanese restaurant en probeer net een stukkie sushi. Probeer net een keer om lewer te eet, as jy nog nooit dit geëet het nie. Wanner jy dalk weer eendag garnale gaarmaak, gooi sommer ʼn bietjie sjokolade sous oor. Probeer iets nuuts. Vergeet van al die voorskrifte van wat jy mag saam met wat eet. Vergeet dat die kenners sê dat jy nie rooiwyn saam met witvleis mag drink nie. Keer die reëls om en bewys die kenners verkeerd.

As ons na die Suid Afrikaanse bydraes kyk tot die wêreld se kos kas is dit vreemd vir ander mense. Biltong wat gedroogde rou vleis is, en ʼn sous wat ons, ons steaks in verdrink, naamlik monkey gland sous, en dan kom ons en ons trek ons neuse op vir sushi en slakke.

Neem daardie eerste stap en verander net iets, en maak dit net eenkeer anders gaar as gewoonlik, en kyk wat is die reaksie van die mense om jou. Stuur gerus aan my julle anderse kos ervarings.

Terug na Indeks

Eet en Gesondheid

Ons almal weet seker dat eet en gesondheid hand aan hand gaan. Soos met alles moet daar perke wees. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs ʼn studie gedoen oor hoe mense moet eet en wat mense moet eet. Volgens hulle is geprosesseerde kosse die oorsaak dat baie mense so oorgewig is.

Die geprosesseerde voedsels het hoë inhoude van vet, suiker en sout. Volgens die WGO behoort ʼn mens se dieet uit 55% Koolhidrate, 10% Protein, 10% suiker en 10% vet te bestaan. Soutinname behoort tot 5 g per dag beperk te word. Verder beveel hulle ook aan dat ons sowat 400 g groente en vrugte per dag moet eet. Maar eet is nie al wat help nie. Daar moet ook redelike fisiese aktiwiteite gekoppel aan die dieet te wees.

Hierdie is alles goed en wel, maar ek het my eie teorie omtrent gesond eet. Gesonde en fikse mense gaan ook net so dood aan hartaanvalle as wat ons grotes doodgaan.

ʼn Ander studie wat gedoen is deur die Amerikaanse Instituut vir Kankernavorsing het bevind dat braaivleis ʼn risiko inhou vir jou gesondheid. Hulle het bevind dat wanner vleis gebraai word daar HCA’s in Engels is dit Heterocyclic amines, vrygestel en dit sit aan die vleis. Wanneer die vet op die kole drup en daar spring ʼn vlam op, dan word daar PAH’s vrygestel (Polycyclic Aromatic Hydrocarbons). Nou dat die HCA’s en PAH’s die kanker veroorsaak.

Hoe om die probleem te bowe te kom is om jou vleis in foelie gaar te maak. Maar ons Suid Afrikaners is nie bang nie so ons sal nog gereeld ons vleis so op die kole gooi. Hoekom is alles wat so lekker is nie goed vir jou nie?

Aangesien ons nie nou meer kan vetterige kosse en braaivleis kan eet nie moet ons nou maar kyk om meer vesel in ons dieet te kry. ʼn Mens behoort so 30 g vesel ʼn dag in te kry. Vesel, so word beweer, help om jou spysverteringstelsel in tip top kondisie te hou. Dit help ook in gewigsverlies en verminder ook die gevare van maagkanker.

Vesel absorbeer water en wanneer jy dit eet absorbeer dit die water in die maag en laat jou versadig voel. So wat en watter kosse kan mens eet om genoeg vesel in jou liggaam in te kry ? Baked beans op roosterbrood sal sorg dat jy sowat 10 g vesel inkry. ʼn Sny bruinbrood bevat ongeveer 3 g vesels. ʼn Halwe koppie All Bran Flakes bevat 10 g vesel. ʼn Appel het ongeveer 4 g vesel.

ʼn Mens sal seker nooit presies weet wat reg is om te eet en wat nie. Wat ek het bv. teen die studie van braaivleis is dat as dit so gevaarlik is hoekom het 90% van alle Suid Afrikaners nie kanker nie ? Hoekom is daar mense wat presies reg eet en genoeg oefeninge doen nou al in hulle grafte ag hartaanvalle, party so jonk as 24. Hoekom is daar gereeld sterftes aan hartaanvalle van mense wat Comrades hardloop.

Wat ek eintlik probeer sê is eet waarvoor jy lus is, maar hou tog net matigheid voor oë. Moet jouself nie probeer om alles wat lekker is te ontsê nie, want more is jy miskien nie daar nie.

Terug na Indeks

Van koeke tot pasteie en souse

Hierdie week wil ek graag praat oor alles en sommer wat. Al drie die onderwerpe is baie interessant, maar nie een van hulle het soveel materiaal dat ek een bladsy daarmee kan volmaak nie. Daarom gaan ek sommer oor al drie skryf. Verjaarsdag partytjies en verjaarsdag koeke het hulle oorsprong in die middel eeue. In daardie tyd het die mense nog baie sterk geglo aan bose geeste. Die bose geeste het net rond gesweef op soek na mense wat verjaar. Hulle het daardie mense dan getreiter. So wat nou gedoen. Nou kom die verjaarsdag persoon se vriende almal by sy huis bymekaar en bring aan hom goeie wense. Hierdie goeie wense en gelukkige mense bymekaar dwing die bose geeste om weg te gaan. Ek wens ek kan die groot bose gees genoemd inkomste belasting so van my deur af wegkry. Die verjaarsdag koek het sy oorsprong in Griekeland. Die koek is oorspronklik gebak vir die verjaarsdag van ʼn jong kind. Die kerse op die koek, is oorspronklik daarop geplaas om verjaarsdag wense na die GOEIE VADER toe te neem. Dit is die eerste tradisie wat ek van weet wat ʼn Christelike oorsprong het. Met die trou koeke en waar hulle vandaan kom dink ek is daar baie bruide wat dankbaar is dat dit nie meer gebeur soos wat dit in die ou tyd gebeur het nie. Die oorsprong van die trou koek het sy oorsprong in brood. Brood is gebak en dan gebreek oor die kop van die bruid. Die gaste het die krummels dan opgetel van die vloer en dit geëet. Hulle het die krummels en geglo dat dit vir hulle geluk sal bring. Ek hoop maar dit was nie dit was beesmis vloere gewees nie. Nou kom ons by pasteie. Die maak van pasteie dateer terug na Koning Henry VIII. Een van sy amptenare het ʼn groot en duur kombuis gebou, een wat baie beter en mooier as die koning se kombuis was. Toe die koning dit hoor was hy natuurlik hoogs ontstoke. Die amptenaar het toe ʼn pastei gebak en dit aan die koning gestuur. So is pasteie gebore. Daar is nog twee gewilde pasteie wat uit Engeland kom en dit is Sheppard Pie en Cottage Pie. Sheppard’s Pie word met lam en groente gemaak en natuurlik kapok aartappels bo-oor. Cottage Pie word gemaak van bees, groente en kapok aartappels bo-oor. Daar is niks verder oor die geskiedenis van die twee pasteie bekend nie. Een ding wat ek al lankal mee stoei is die oorsprong van Monkey Gland Sous. Ek het my des dinges gesoek na iets of iemand wat my die interessante stukkie nuus kan meedeel. Maar met ʼn lang ompad kom iemand by my aan met die storie. In die jare 50 het ʼn groep Duitse toeriste by ʼn hotel in Kaapstad aangesit vir ete. Hulle was baie moeilik gewees. Kos terug gestuur, want dan is dit fout en dan dat. Die Chef maak toe hierdie sous en gooi dit oor die vleis. Stuur die kos toe terug na die Duitsers toe. Hierdie Duitsers is toe mal oor die sous. Hulle vra om die Chef te sien en hulle vra aan die chef wat se sous is dit. Hy antwoord hulle dat dit sous is wat hy van Monkey Glands (Aap kliere) gemaak het. Nodeloos om te se dat die Duitser vinnig moes hardloop om ʼn plekkie in die toilet se ry te kry. Laat dit nou vir hulle ʼn les wees. Met my navorsing wat ek oor die sous gedoen het, het ek op baie web werwe afgekom wat praat van monkey gland sous as cruel en disgusting. Terug na Indeks Vet Feite oor Kos

Baie keer voel dit vir my asof ons so gebreinspoel word dat ons nie meer tussen die waarheid en die leun kan onderskei nie. Doen julle self net die guns en kyk eendag na die etikette van die produkte wat julle koop. Moet ook nie skaam wees om ʼn gewone produk en ʼn lae vet produk se etikette te vergelyk nie.

Eendag het ek ʼn pakkie crisps van die rak afgeneem en na die voedings inhoud van die pakkie gekyk. Langs die bekende naam crisps het ook ʼn ander bekende naam lae vet pakkie crisps gelê. Die vet inhoud op die twee pakkies was amper dieselfde gewees. Die vraag het by my opgekom oor wanneer is ʼn lae vet produk eindelik ʼn lae vet produk. Of word die woorde Lae Vet net gebruik as ʼn bemakings foefie? Lees die artikel deur en besluit maar self.

Botter en Margarien het ook omtrent dieselfde kalorieë. Die grootste verskil tussen botter en margarien is die dier vette en plant vette. As jy margarien net eet omdat dit minder kalorieë het sal botter glad nie ʼn verkil maak nie.

Nog ʼn groot mis konsepsie is dat lae vet voedsel minder kalorieë het as gewone voedsel. As daar ʼn verskil is gaan die verskil baie minimaal wees. Die geheim lê in die etiket. Lees die etiket, as die lae vet inhoud voedsel net soveel of amper dieselfde kalorieë bevat los dan eerder die produk. Die geheim van gewig verloor lê nie daarin hoeveel vet jy inkry nie maar in hoeveel kalorieë jy inneem elke dag. Die lae vet kalorieë tel net soveel soos die vet kalorieë.

Wanneer mens kyk na jou gesondheid en wat jy eet en drink sal jy ook onwillekeurig moet kyk na die aantal kalorieë andersins gaan jy eendag gesond wees met ʼn ongemaklike groot lyf. Vrugtesap is nog ʼn bedekte kalorieë tydbom. Vrugtesappe is gesond en bevat heelwat vitamines maar ook net soveel kalorieë.

So wanneer jy wil gewig verloor kyk na jou kalorieë inname en nie na die vet inname nie. Aangesien baie mense onkundig is oor vet en kalorieë, myself ingesluit, kan ons en word ons maklik om die bos gelei met lae vet produkte. Ons liggame het vet nodig om te funksioneer. Die industrieë daar buite moet hulle produkte verkoop. Wanneer die verkope af is begin hulle dink aan maniere om verkope op te stoot. En die mees suksesvolste manier is om vir mense te se dat as hulle hierdie wonderlike lae vet produk van hulle gaan eet gaan hulle gewig verloor en so mooi en slank word. En ons val daarvoor.

Al teenvoeter en oplossing wat ek vir die probleem het is om te sê dat lees die etikette en hou matigheid voor oë.

Terug na Indeks

Worcestershire Sous

Die oorsprong van die sous is so donker soos die sous self. Sy latere geskiedenis kan gespoor word maar nie die vroeëre geskiedenis is onbekend.

In 1835 het Heer Marcus Sandy, ʼn voormalige goewerneur van Bengal, ʼn resep na twee aptekers, Lea en Perrins van Worcestershire in Engeland geneem. Dit was ʼn vissous resep gewees wat hy baie van gehou het en wat hy saamgebring het uit Indië. Hulle het die resep aangemaak in ʼn groot hoeveelheid en die Heer was nogal ingenome met sy sous. Hy het slegs ʼn klein hoeveelheid van die sous geneem. Die twee aptekers was nie ingenome met die sous nie aangesien volgens hulle was die sous nie die kool werd nie.

Die twee aptekers het toe die sous in houers gesit en in hulle stoorkamer gaan bêre. Na twee jaar besluit hulle om die apteek skoon te maak en al die ou goed weg te gooi. In die stoorkamer kom hulle toe af op die sous wat hulle aangemaak het. Hulle nuuskierigheid kry toe die oorhand en hulle maak een van die houers oop en proe daaraan. Tot hulle verbasing proe die sous toe heerlik nadat dit verouder het.

Hulle gaan toe na Heer Sandy en koop die regte van die sous by hom. Hulle noem toe hulle sous Lea en Perrins Oorspronklike Worcestershire Sous, natuurlik genoem na hulle tuisdorp.

Die bestanddele van die sous bestaan uit moutasyn, asyn, suiker, sojasous, molasse, tamarind, uie, anchovies, gemmer, rissies, knoffel, neutmuskaat, naeltjies en karmadon. Daar is natuurlik ook een of twee geheime bestanddele in die sous. Slegs die bogenoemde bestanddele word op die bottel weergee.

Die volle resep is vir 160 jaar lank slegs bekend aan ʼn paar mense. Menere Lea en Perrins het die resep oorgedra na hulle seuns toe. Hulle seuns het weer die resep oorgedra na ʼn paar mense toe. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is daar besluit dat geen een mens meer die hele resep sal weet nie. Die resep is opgebreek en kode name is gegee aan bestanddele. Vandag is dit nog steeds so en niemand weet wat kom in die resep nie.

Eers word die Engelse uie & Franse knoffel liggies gekneus. Dit word dan in vate met moutasyn verouderd. Wanneer dit genoegsaam verouderd het word dit dan na groot vate oorgeplaas waar Spaanse gesoute anchovies, speserye van Calcutta, rooi rissies van China, molasse van die Caribbean en naeltjies van Madagaskar af.

So word die sous geroer en gemeng totdat dit perfek is. Hierna word die sous gebottel en verskeep regoor die wêreld. Die eerste en oorspronklike Worchestershiresous. Hierdie is nou werklik ʼn internasionale sous.

Behalwe dat dit ʼn heerlike sous is oor jou vleis word dit ook nog gebruik as deel van slaaisouse. Vir my doen die sous wondere op macaroni en kaas. Na die meer bisarre kant toe is daar mense wat koperware met Worchestershiresous skoonmaak. Volgens hulle kry mens nie beter nie. Daar is ook mense wat beweer dat as die sous in jou kopvel ingevryf word dan stimuleer dit jou hare se groei.

Natuurlik is Worchestershiresous ook ʼn hoofbestanddeel vir die kuur na ʼn lang en vermoeiende drinksessie. Gooi net die wonder sous in tamatiesap en sluk af. Werk blykbaar wonderlik.

Dan kan die sous ook gebruik word as ʼn marinade. Gooi ʼn hele hoeveelheid in ʼn bak. Plaas jou vleis daarin vir 2 ure, keer die vleis om en marineer nog vir ʼn verdere twee ure. Jou vleis sal dan heerlik sag wees.

Wat kan daardie geheime bestanddeel wees ? Ongelukkig weet ek nie, maar tot ons eendag uitvind geniet maar die sous.

Terug na Indeks

Die Lewe is ʼn resep

So ʼn paar dae gelede het ek gesit en dink waaroor kan ek volgende skryf en toe kom die gedagte by my op dat resepte net soos die lewe is. As daar so ʼn vak soos Kos Filosofie was sou hierdie artikel mooi daarin gepas het.

By een van my vorige werke waar ek klaar gemaak het, het die afdeling ʼn paar rand ingesamel om vir my ʼn aandenking te koop en hulle het natuurlik geweet wat my passie is. Daar koop hulle toe onder andere vir my ʼn kookboek genaamd “Indian Delights”. Alles oor die Suid Afrikaanse Indiese kookkuns.

Voor in die boek het Salma (ʼn Indiër Dame) die volgende geskryf, en ek vertaal dit in my beste Sondagskool Afrikaans. Hierdie boek is die simbool van ons span. Jy is ʼn deel van ʼn resep. Sonder jou is die dis nie volledig nie. Wanneer jy vervang word daar ʼn hele nuwe dis gevorm. Ons weet dat wanneer jy in ʼn ander dis gebruik gaan word, dat jy die smaak van die dis gaan verander en ʼn hele nuwe betekenis gaan gee aan die woorde “Variety is the spice of life.”. Ons hoop dat die nuwe kok jou goed gaan gebruik sodat jy die voordele van die nuwe dis kan geniet.

Dit het my laat dink dat die lewe soos ʼn resep is. Daar is sout en suur, koud en warm, bietjie van dit en baie van dat in. Dan word alles nog saam gemeng en deurmekaar gemaak. Maar dit alles het net een voordeel en dit is dat wanneer die dis klaar gebak is, dit ʼn meesterstuk is.

So kry ons ook maar die sout, suur en bitter in die lewe, ons word ook maar baie rondgeskommel en ons gaan ook deur vuur (moeilike tye). Maar ons moet onsself nie daaraan vas staar nie, want die produk wat daarna uitkom ʼn meesterstuk van die Liewe Vader is.

Terug na Indeks

Feite wat min mense weet

Hierdie is net ʼn versameling van besondere feite.

• Kaas is een van die belangrikste kossoorte wat daar is. Kaas is ʼn konsentrasie van melk se voedingswaarde. Dit bevat protein wat natuurlik belangrik is vir liggaamsbou. Dit bevat ook baie vitamien B2 wat wat die oog en velweefsels gesond hou. Die kalsium in die kaas is natuurlik belangrik vir die bou van beenweefsels. Een stukkie kaas van 2.5 kubieke cm is gelykstaande aan een glas melk.

• Roomys kom al ʼn lang pad saam met die mensdom. Die geskiedenis van roomys trek al sover terug na die tyd van Karel die Grote. Roomys was ook baie gewild onder die adelstand en hulle het hulle geld en mag gebruik om die resep van roomys geheim te hou.

• Jogurt kan gebruik word om suurroom te vervang in resepte. Jogurt is nie so ryk soos room nie. Gebruik liewers die ongegeurde jogurt.

• Het jy al suurroom in ʼn gereg gebruik en dit het geflop? Voeg die suurroom by wanneer die sous of gereg reeds gaar is. Roer een lepel suurroom by, roer deeglik en voeg die volgende lepel suurroom by. Moet ook nie die gereg of sous laat kook sodra die room in is nie.

• Gooi ʼn lepel asyn in die water waarin die eiers kook. As die eier kraak sal die asyn in die water verhoed dat die eierwit uitloop.

• Stukkies kaas wat oorbly kan gerasper word, en dan verseël word in ʼn plastiek sakkie en dan suksesvol gevries word.

• Bombay Duck is een of ander eend gereg. Nee Bombay Duck is gedroogde vis wat aaklig ruik, maar as dit gekook word verdwyn die reuk. Die vis kan ook in die oond gerooster word totdat dit bros is. Die bros vis kan dan gekrummel word en oor kerrie gegooi word.

• ʼn Baie innoverende manier om botter of margarien mee af te meet is om as die resep ʼn ¼ koppie botter vra, maak die maatkoppie vol tot op ¾. Skep dan die botter of margarien in die koppie tot die koppie vol is. Gooi die water uit en siedaar het jy ʼn ¼ koppie margarien.

• As daar nie suurroom beskikbaar is nie, maar wel room, voeg een lepel asyn by vir elke 250 ml room. Roer deeglik en siedaar het jy suurroom.

• Blou kaas is nie vir almal ewe lekker nie. Waar kom die kaas vandaan ? Blou kaas word gevorm deur spore van Penicillium roqueforti. In vroeë tye is kaas in grotte geberg. In die grotte was daar van die penisilline teenwoordig. Dit het dan die kaas se smaak verander. Deesdae word die penisilline spore sommer by die kaas gevoeg.

• Grenadellas of te wel Passion fruit ruik nie net lekker nie maar is net so heerlik om te eet. Grenadellas is ʼn goeie bron van vitamines A en C, en dit bevat slegs 16 kalorieë. Die pitte is ook ʼn baie goeie bron van vesel. Hoekom dit in die Engelse taal as Passion Fruit bekend staan sal ek nie weet nie.

Terug na Indeks

Kos in die nuus

Hierdie is ʼn klompie artikels wat ek versamel het waarin kos die nuusmaker was. Hoop julle vind dit net so interessant soos wat ek dit gevind het.

Eastern Foods Inc die vervaardigers van Naturally Fresh ®, ook in Amerika, maak ʼn slaaisous spesiaal vir kinders wat gelaai is met vitamines. Hulle filosofie is hulle wil kinders kis gee wat lekker maar ook gesond is. Hierdie slaaisouse is nie sommer enige kleur nie, maar dit is ʼn skokkende pers en ʼn mooi helder oranje. Hierdie slaaisouse is veronderstel om saam met vars groente geniet te word. Die vervaardigers neem dat hulle so die kinders sal leer om reg te eet. Gelukkig is ek nie meer ʼn kind nie.

Ek weet wat bedien hulle in ʼn kroeg en dit is natuurlik drank. Ek het ook al gehoor van ʼn koffie kroeg en as ek reg kan onthou het ek iewers gelees van ʼn water kroeg. Maar in New York het daar nou ʼn sjokolade kroeg oopgemaak. Hier kan jy sjokolade koop, en onder andere nostalgiese sjokolade stafies, wat dit ook mag beteken. Hulle bedien darem ook tee en koffie saam met heerlike gebak, en o ja warm sjokolade ook. Miskien moet van ons meer vindingryke Suid Afrikaners wat in New York is begin met ʼn biltong kroeg of dalk ʼn kroeg.

Wat is die gewildste drankie in Engeland. Nee dit is nie tee nie maar wel Coke. Hulle reken die tweede gewildste drankie is wyn. Wyn verkope in Engeland is aan die styg. As julle wou weet hoeveel spandeer die Engelse aan Coke is dit maar net sowat 670 miljoen pond per jaar.

Tesco, een van die grootste kleinhandelaars in Engeland het so ʼn ruk gelede ʼn program geskryf wat jy van die Internet kan aflaai. Hierdie program kan dan afgelaai word en dan kan jy rustig op jou tyd sit en jou inkopielys voltooi, en dan oplaai sodra jy weer op die internet gaan. Hulle sê nie wat vêrder met jou bestelling word nie. So dit word seker afgelewer.

Die gewildste vleis in Europa ? Hoender en varkvleis. Hulle reken dat die Europeër gemiddeld sowat 21.4 kilogram hoender per jaar eet.

Hier in Suid Afrika is daar nou ʼn debat aan oor die groei van Genetiese Veranderde Graan. As daar iemand is wat baie van die dinge weet, skryf asb. net so ʼn paar sinne oor die onderwerp vir ons. Dit sal opreg waardeer word. Party kenners neem dat die graan jou op een of nader manier kan “verander”. Ander kenners neem dat die graan niks aan jou kan doen nie. Ek weet min van die onderwerp maar my mening is dat indien jy die graan sal eet, gaan jou liggaam al die minerale en vitamienes uit die graan neem en die res van die produk gaan op ʼn natuurlike wyse deur jou liggaam verwerp word.

AL wanneer kos in die nuus is by ons is as daar iemand afgedreig word of doodgaan aan die eet van giftige kosse. So ʼn jaar of twee gelede is daar twee kinders in Springs dood nadat hulle blikkies vis geëet het wat nie meer so vars was nie. Hulle was baie arm en ʼn familie lid, sovêr ek kan onthou, het hierdie blikkies vis baie goedkoop gekry. Maar die verval datum was al lankal in die verlede gewees. Die kinders het van die vis geëet en dit sekerlik ook geniet. ʼn Paar ure daarna het hulle gesterf van voedsel vergiftiging. Dit is die tipe nuus waarsonder ek kan klaarkom.

Kos, omdat dit so belangrik is, sal maar kort kort opduik in die nuus. Al is dit net om te sê dat die kospryse opgaan.

Terug na Indeks

Kos en Drank

Kos en drank is so inmekaar geweef dat ʼn mens amper nie van die een kan praat sonder die ander een nie. So met soeke na onderwerpe om oor te skryf het ek afgekom op ʼn baie interessante feit. Die oudste resep wat nog gevind is, is sowat 5 000 jaar oud en is gevind op ʼn Egiptiese tempel muur.

Sowat 10 tot 15 000 jaar gelede het mense begin om van hulle nomadiese bestaan af weg te beweeg. Hulle het toe met graan begin boer. Daar word beweer dat die Samaritane die brou van bier per ongeluk uitgevind het. Samaria is sovêr ek kon vasstel in die huidige Irak.

Volgens die Hymn of Ninkasi wat eindelik ʼn resep vir bier is het die mense brood gebak en dit verkrummel. Die verkrummelde brood is dan in water gegooi waar dit dan ʼn pappery van brood en water gevorm het. Hierdie pappery het dan in ʼn drankie verander wat mense “exhilarated, wonderful en blissful” gemaak het. Na ʼn paar Castle’s kan enige iemand seker wonderful en sterk wees.

Koning Hammurabi het ʼn wet uitgevaardig dat almal volgens hulle stand in die gemeenskap ʼn daaglikse rantsoen van bier moet ontvang. Gewone werkers het 2L ontvang, regeringsamptenare 3L en administrateur en priesters het 5L bier per dag ontvang. As ek nog nooit ʼn motivering gesien het om beter te doen in die lewe nie het ek nou die rede gesien.

Oral oor in die wêreld het mense gefermenteerde dranke gemaak van mielies en kameel melk. Die word bier kom van die Latynse word bibere wat beteken “Om te Drink” en in Spaans het die woord Cerveza sy oorsprong van die Griekse godin van landbou Ceres.

Bier is sowat 800 voor Christus gebrou in Duitsland. Daar is geglo dat daaglikse gebruik van bier ʼn mens se gesondheid en lewensverwagting verbeter. Daar is ook geglo dat bier siektes verminder en dat dit die hongersnood voorkom.

Tot in die middle eeue was dit die vrouens se taak om brood te bak en bier te brou. Maar toe begin die kloosters om bier te brou. Hier het veral die kloosters in Nederland en België aan die voorpunt gestaan. Hoe meer die klooster begin het om bier te brou hoe minder het die vrouens begin om te brou.

Aangesien die bier in die kloosters gebrou is, is dit seker nie verbasend dat die drink van bier nie beskou is as ʼn breek van die vas tydperk nie. Monnike het in daardie tyd 5L bier per dag gekry om te drink. Party werke lyk my het ook hulle voordele.

So deur die eeue heen het die brou van bier en die metodes net van krag tot krag gegaan. Wat my egter verbaas met al die feite is dat dit welbekend is dat die Duitsers hoë kwaliteit bier het en die grootste bier drinkers in die wêreld is, maar ons in Suid Afrika sit met die tweede grootste brouery ter wêreld.

So dames indien julle mans ʼn bier drink onthou net hy doen dit vir jou. Hy probeer net om sy gesondheid en lewensverwagting te verbeter.

Terug na Indeks

Boontjie met vele baadjies

Met so ʼn opskrif kan dit net een ding wees wat ek so beskryf en dit is die Sojaboontjie. Soja is nie sommer ʼn doodgewone boontjie nie, maar een met ʼn lang geskiedenis. In die jaar 2828 voor Christus het die Chinese heerser Shen Nung al die sojaboontjie beskryf. Soja is een van die min voedsel soorte wat so baie gebruike het.

Soja word gebruik net so heel, of kan verwerk word en gebruik word as soja melk, tofu, tempeh of sojasous. Soja bevat ook baie protein en kan dus gebruik word as plaasvervanger van vleis en dit is al gewild by vegetariërs. Indien mens soja reg gaarmaak sal ʼn kenner nie eers die verskil proe nie. In Suid Afrika is soja se verwerkte produkte nie so bekend nie, en hier kan ons net gedroogde soja maalvleis en gevriesde soja steaks en hamburger patties koop. Wanneer mens egter die soja burgers gaarmaak moet jy versigtig wees anders brand die burger heeltemal vas aan die pan.

Soja bevat ook geen vet nie. Wetenskaplikes regoor die wêreld is besig om te kyk na die goeie kwaliteite van soja. Daar is ook bevestig dat die gereelde gebruik van soja proteïen die risiko van koronêre hartsiektes verminder. Soja bevat ook antioksidante. Dit sal seker nie skade doen om soja in jou dieet in te bring nie, so eenkeer per week.

Soja is al lank in die Ooste ʼn bron van proteïen vir die mense. Die wonder boontjie is eers in die 20ste eeu na nie Weste toe oor. Soja kan omtrent in enige grondtipe of weerstoestand gekweek word. In die tropiese klimaat van Brasilië tot in die sneeu bedekte Japan. ʼn Plantasie aangeplant met soja lewer meer proteïene per hektaar op as enige ander gewas. Al sou mense beeste in die lande injaag gaan soja nog meer protein oplewer. Om die sojaboontjie te kook is nogal ʼn baie lang proses. Maar gelukkig is ons hier so bederf met die soja maalvleis dat ons nie omgee om soja vinnig gaar te maak nie.

Soja melk word gemaak deur die sojaboontjies in water te week en dan die sojaboontjies saam met die water te maal. Jy moet dan die water uit die pulp druk. Die produk is dan soja melk. Dit is hoe die Japanese en die Sjinese die melk gemaak het. Mens kan dit sommer self maak as jy so gelukkig is om sojaboontjies in die hande te kry. Ek het nog nooit in my lewe ʼn sojaboontjie gesien nie en ek glo nie dit is hier te koop nie. Soja melk bevat geen laktose en is dis ʼn natuurlike keuse vir iemand wat allergies is vir laktose.

Tofu het ek al baie van gehoor maar nie geweet wat dit is nie. Tofu is die produk wat gekry word wanneer soja melk met koagulant gemeng word. Dit vorm dan ʼn sagte kaasagtige produk. Hierdie produk kan dan gebruik word in enige gereg om vleis te vervang. Tofu is smaakloos en absorbeer die smaak van enige ander bestanddeel wat gebruik word. Die harder tipe Tofu kan gebruik word om enigiets meet te doen, soos jy kan dit braai, roerbraai, rook, roereier geregte maak en nog vele meer. Tofu bevat ook baie vitamiene B.

Die einde is dit niet want tempeh word ook van soja gemaak en word gevorm deur die sojabone te kook, die omhulsel af te haal en dan die soja met een of ander kultuur te meng. Hierdie kultuur hou die soja bymekaar en so word dan ʼn soja koek gevorm. Tempeh is ook ryk aan vitamiene B en dit is ook ryk aan vesel aangesien die sojaboontjies gebruik word.

Amper vergeet ek van een van die belangrikste produkte wat van soja gemaak word en dit is sojasous. Sojasous word gemaak deur die sojaboontjies te fermenteer. Daar vind natuurlik ook ʼn chemiese proses plaas wat die omskakeling van sojaboontjie na sojasous vergemaklik. Sojasous word baie gebruik in die Japanese kookkuns sowel as die Sjinese kookkuns.

Terug na Indeks

Kook met Alkohol

Wanneer ek die dag nou lekker kook het ek ʼn bottel wyn (vir die kos natuurlik) en room êrens om my. Wanneer mens met alkohol kook, bring die alkohol die beste smake uit die kosse uit. Die mees intense smake wat mens kry kom in alkohol voor. Wanneer drank gefermenteer word bring dit ook baie spesiale smake uit.

Dit is al oor en oor bewys dat alkohol, veral brandewyn die taaiste vleis kan tem en sagmaak. Dit is ook goed om die wenk te onthou wanneer mens ʼn potjie maak en nie baie seker is oor die kwaliteit nie. Gooi dan maar so ʼn sopie of twee brandewyn by.

Wanneer mens ʼn fondue hou met kaas kan jy ook so ʼn knoetsie wyn by die kaas gou want alkohol verlaag die kookpunt van kaas en dit laat die kaas ook nie skim nie. Bier is ook baie goed om mee te bak want die bier het baie suurdeeg in wat brode goed en mooi sal laat rys.

Wanneer mens met alkohol kook verdamp al die alkohol nie onmiddelik nie. Deur die jare is ons gekondisioneer dat al die alkohol verdamp wanneer mens hitte bysit. Wanneer mens met alkohol kook is daar na 15 minute 45% van die alkohol nog in die kos. Na 2 ½ ure is daar slegs 5% van die alkohol oor.

Wanneer jy nou met jou kookboek voor die stoof staan en jy wil jou gunsteling resep aanmekaarslaan en so ʼn bietjie alkohol daarin gooi, en jy kom agter jy het nie meer enige alkohol nie wat doen mens dan. Dit is maklik gebruik iets anders. Hier volg so ʼn lys met alkohol vervangers:

Alkohol Vervanger Bier Ginger Ale of Wit Vonkel Druiwesap. Brandewyn Vrugtesap soos bv. appelkoos, perske of druiwe. Vonkelwyn Vonkel Druiwesap. Frangelico Amandelgeursel. Kahlua Sterk koffie met ʼn lepel kakao. Rooiwyn Verdunde rooiwynasyn, rooi druiwesap verdun met rooiwynasyn. Sjerrie Lemoen of Pynappelsap. Southern Comfort Perskenektar gemeng met appelasyn. Witwyn Verdunde Witwynasyn, wit druiwesap verdun met appelasyn of jy kan ¼ koppie asyn meng met ʼn ¼ koppie water en een eetlepel suiker.

Alkohol in kos het sy voordele en dit is smaak en die sagmaak van die vleis. Daarby sal mens nie kan kom nie. Wanneer mens kook met alkohol is daar een goue reël en veral met wyn en dit is ʼn mens skeep nie af met die ander bestanddele nie, so moet ook nie met die wyn afskeep nie. Kook eerder met ʼn goeie wyn wat jou ander bestanddele sal komplimenteer as wat jy dalk ʼn goedkoop suur wyn in die kos gooi en alles bederf. Kos groete van huis tot huis.

Terug na Indeks

Maak daardie foute reg

Dit gebeur baie dat ’n mens, terwyl jy met kos besig is, jou aandag afgetrek word en jy nie seker is wat jy laas gedoen het nie of jy gooi sout in die bredie en die soutpot se deksel kom af en daar daal ’n ton (dit proe so) sout na benede. Jy hoor jou gunsteling liedjie speel op die radio wat in die kamer staan, en wanneer jy terugkom in die kombuis dan het die rys wat 3 minute gelde nog reg was aangebrand. Sulke dinge gebeur mos net wanneer jy dit nie kan bekostig nie. Jy het die laaste groente en vleis gebruik om sop te maak of jy kry gaste vir ete.

Daar is ook natuurlik foute wat jy nie kan regmaak nie. Dit is foute soos om ’n appeltert te bak en as jy die tert sny dan is dit kluitjie en jy kom agter jy het vergeet om die eiers in te gooi. Vra my dit het my al oorgekom. Iemand anders in my huisgesin het eendag ’n piesangbrood gebak. Nadat die piesangbrood uit die oond gekom het sien sy die piesangs lê op die tafel. Vir sulke foute het ek nie raad nie maar vir die glipsies is daar wel raad.

Wanneer jy te veel sout in die sop of bredie gegooi het kan jy altyd nog water byvoeg om die sout te verdun. Dit kan dalk probleme veroorsaak aangesien jou bredie dan ’n waterige sous sal hê. Die ander en makliker manier is om ’n aartappel te neem, af te skil en dan net so in die bredie of sop te gooi. Die aartappel sal die meeste van die sout intrek. Wanneer die meeste van die sout so ingetrek is in die aartappel kan jy dan net die aartappel uithaal en weggooi. Dit is mos nou maklik genoeg.

As jy dalk eendag patats of wortels te sag kook is dit die einde niet. Gryp jou Kook en Geniet nader en soek dadelik ’n soufle resep. Die saggekookte patats en wortels maak ’n heerlike soufle. Dit sal ook ’n heerlike verandering maak van die daaglikse gewone groente. Miskien begin die kinders dan hulle groente eet.

Almal ken seker daardie reuk van gebrande kos. Dit gebeur as jy net gou iets anders wil doen. Terwyl jy nog so rustig is met die ander dinge dan tref daardie reuk jou. As jy eers die snuf in die neus gekry het is dit al te laat. Jy sal wat jy ook al gekook het moet van nuuts af weer kook, want die brand smaak kry jy nie uit die kos uit nie. Maar wat gemaak met die pot of pan ? Laat die pot of pan eers goed afkoel. Ek het al probeer om sout en asyn oplossing in die pan of pot te sit vir ’n lang ruk, maar dit werk nie altyd so goed nie. Maar gelukkig is hier ander raad. Nadat jy die meeste van die gebrande kos verwyder het moet jy water en materiaal sagmaak (Fabric Softner) middel in die pot of pan gooi. Laat dit oornag staan en maak dan die pan moeiteloos skoon.

As jy nou per ongeluk die brood nie geberê het nie en dit is effens hard kan jy darem nog iets daarmee maak. Sit dit in die mikrogolf vir ’n paar sekondes. Smeer die een kant met margarien en sit kaas daarop en rooster in die oond. Die huismense sal nie eers agterkom dit os drie dae gelede se vars brood wat hulle eet nie. Sny die brood in blokkies en rooster in die oond. Jy kry dan heerlike croutons. Wat ek kan onthou is dat my Ma die snye brood redelik dik gesny het. Sy het dit dan elke snytjie brood in drie of vier repe gesny. Dit het dan oond toe gegaan om teen ’n lae hitte uit te droog. So het sy menigmaal vir ons regte “Ouma” beskuit gemaak.

Muf in kos kan jou redelik siek maak. As jy muf op kaas kry kan jy net die muf afsny en weggooi. Die res van die kaas is nog reg om te eet. As jy die maag daarvoor het kan jy gerus ’n stukkie van die muwwerige kaas eet. Dit gee die kaas nogal ’n heerlike smaak. Muf op kaas is mos medisyne en kan jou nie skade aandoen nie. Met die ander kosse is daar net een raad en dit is asblik toe.

Ek hoop die raad gaan julle eendag help.

Terug na Indeks

Wenke vir Wenresepte

Hierdie wenke kom almal van hoogs aanstaande koskenners en hulle wenke gaan daaroor oor hoe om al jou geregte wenners te maak.

 Onthou dat die mens met hulle oë eet. So wanneer jy kos opdien sorg dat dit aantreklik voorgesit word.

 Gebruik altyd vars bestanddele. Speserye verloor hulle smaak na ses maande. Onthou ook maar om gerus te kyk na die vervaldatum op die bakpoeier blikkie.

 Wanneer jy bak moet jy presies en akkuraat wees. Lees jou resep deeglik en kyk of die meel gesif moet wees voor jou afmeet of na jou afmeting. Dit maak ʼn groot verskil aan die hoeveelheid meel.

 Lees die resep deeglik deur. Kry al jou bakke, toebehore en bestanddele bymekaar voordat jy begin met jou resep. Maak seker dat jy die resep verstaan. As die resep nie werk nie kyk wat het verkeerd gegaan. Die meeste gevalle wanner ʼn bak resep nie werk nie is dit omdat die oond te warm is, of te koud is, of die mengsel is nie goed genoeg gemeng nie of sekere bestanddele is uitgelaat. (Ek het eendag ʼn appeltert gebak sonder appels).

 Wanneer jy vir die groot eet koekies bak kan jy lank voor die tyd bak. Laat die koekies afkoel plaas dit dan in ʼn lugdigte houer en vries. Wanneer jy die koekies ontdooi maak die houer oop sodat alle vogtigheid kan ontsnap. Dit sal voorkom dat die koekies pap word. Een voordeel daarvan om koekies te vries is dat met die tyd verbeter die koekies se smaak.

 Wanneer jy brood bak smeer die broodpan net tot in die helfte. Dit sal voorkom dat die brood te hoog rys en onaantreklike ring maak. Laat die deeg omtrent twee keer sy oorspronklike volume rys. Knie af. Laat dit daarna weer twee keer rys en knie dit weer af. Om die brood drie keer te laat rys en knie maak ʼn groot verskil aan die smaak van die brood.

 Wanneer jy kruie en speserye in jou kos gebruik wees net versigtig dat die smaak nie oordonderend is nie. Die smaak moet subtiel wees so gebruik maar ʼn baie ligte hand wanneer jy speserye ingooi.

 Wanneer jy groente of inlê druk ʼn mes langs die kante van die fles in want dit sal help dat die lug borrels in die fles ontsnap. Minder groente of vrugte sal bo dryf. Gebruik ook groente of vrugte wat nie te ryp is nie.

 Wanneer jy eiers skei doen dit wanneer die eiers koud is want eiers skei makliker wanneer hulle koud is, en aan die ander kant moet die eierwitte geklop word teen kamer temperatuur. Dit sal verseker dat die eierwitte hoër punt maak en vinniger stywer klop.  Sit so eetlepel of twee in grondboontjie botter in die barbeque sous.

 Rasper ʼn pomelo se skil fyn en sit so ʼn bietjie daarvan in ʼn vanielje koek wanneer jy koek bak.

Ek hoop hierdie wenke sal julle help om elke resep wat julle probeer ʼn wenresep te maak.

Terug na Indeks

Danksegging Kosse in Amerika

Die bydrae oor Thanksgiving kosse in Amerika het ek van Johan Potgieter wat in Amerika woon ontvang. Dankie Johan vir jou baie interessante bydrae. Ek plaas dit net soos ek ontvang het. Amerikaners hou van die bekende, veral as dit by hulle kos kom, en ek dink dis een van die faktore in die kultuur wat eenheid aan so groot land gee. Vandag vier ons Thanksgiving en ek vermoed in 90% van alle huise gaan mense presies dieselfde eet: Kalkoen wat opgestop is (daar sal variasie in die geure van die stopsel wees), fyn aartappels met 'n kalkoen sous oor, groenboontjie bredie, soet patats heel moontlik met marshmallows in en pampoen tert vir nagereg. Daarby sal baie "apple cider" drink, wat warm gemaak is, met speserye in. Hierdie voorspelbaarheid van die Amerikaner se ete vind natuurlik ook uiting in die kitskos en restaurant bedryf. As ek 'n "riblet basket" bestel by die Applebees restaurant in Boston, weet ek ek kry presies dieselfde dis as wanneer ek dit in dieselfde restaurant in Portland bestel. Dit skep so 'n gemaksone - jy weet wat jy gaan kry en as jy lus is vir 'n sekere dis, is dit lekker om te weet jy kan dit voorspelbaar bestel. Daar is darem ook baie restaurante wat nie deel is van kettinggroepe nie en waar jy unieke disse kan bestel om die avontuurlus te bevredig. Vir oud Suid-Afrikaners lê daar gevaar in om meerderwaardig te kyk hoe Amerikaners "sukkel" om met 'n mes en vurk saam reg te kom. Hulle het bloot maar net ander maniere van eet ontwikkel en kyk weer snaaks aan hoe ons krap krap om alles op die vurk te hou. Kom ons sê daar is 'n stuk vleis in hulle bord te groot vir een mond vol. Hulle neem nou die vurk in die linkerhand - probeer dit self: maak jou linkerhand liggies toe met jou vier vingers wat na jouself toe wys. Lig die middelste twee vingers op en druk met hulle die vurk vas op die bokant van jou voorvinger en pinkie (vurk se tande aan die pinkie kant). Nou vat hulle die mes met die regterhand waar hy gewoonlik bo aan die kant van die bord lê en sny die vleis in kleiner stukkies. Dan word die mes weer eenkant gelê en die vurk skuif oor na die regterhand waar hy in 'n skepposisie gebruik word om mee te eet. Nou ja, uit die land van mielies, kalkoen en kaas, tot volgende keer! [email protected] [email protected] www.johan-potgieter.com/personal.html

Terug na Indeks

Watter Wyn saam met Watter Kos ?

Die algemene opvatting van watter wyn saam met watter kos gaan, is soos volg: Rooiwyn saam met rooivleis en witwyn saam met wit vleis. Die rede hiervoor is dat rooiwyn byvoorbeeld die delikate smaak van die vis sal oorheers. Daar is uitsonderings op elke reël en hier is dit ook natuurlik so.

Saam met gebraaide hoender, tuna en salmon kan jy gerus ʼn vrugtige rooiwyn bedien. As jy ʼn gunsteling wyn het waarvan jy hou om te drink, doen dit. Niks keer jou om jou gunsteling Chardonnay saam met jou steak te geniet nie. Tradisionaliste sal my seker ophang oor hierdie stelling. Vir my gaan dit daaroor dat jy behoort te eet en drink wat jy geniet. Dit help nie jy drink Chardonnay saam met jou vis maar jy geniet nie die wyn nie.

Soos ek voorheen gesê het: kos en wyn saam maak goeie en mooi herinneringe. Die afgelope vakansie het ek en my vrou een aand ʼn strand-piekniek gehou. In ons kos mandjie was daar vis en skyfies, kaas, Fairview 2001 Shiraz en vrugte. By die strand aangekom het ek wyn vir ons geskink en ons het dit saam met die vis en skyfies geniet. Daardie aand het ek goeie geselskap gehad saam met goeie wyn. En ek kan julle belowe ons het ook wonderlike herinneringe aan daardie aand.

Indien ek by die tradisionele reëls gehou het sou ek nie Shiraz kon drink nie, maar dan sou ek chardonnay moes drink wat ek definitief nie sou geniet het nie. Hier volg nog so ʼn paar reëls. Indien jou slaai ʼn asyn basis slaaisous het, probeer maar om die wyn weg te hou want die asynsmaak in jou mond kan dalk vir jou met ʼn onaangename smaak in die mond laat.

Onthou net die reels is nie in klip uitgekap nie en hoef nie slaafs nagevolg te word nie. Saam met steaks, geroosterde bees en lam gaan Cabernet Sauvignon, Pinot Noir en Shiraz goed. Saam met vis is die beste wyn om te bedien ʼn Sauvignon Blanc. Saam met mossels kan jy gerus probeer om ʼn rooiwyn te bedien. Maar saam met kreef kan dit ʼn ramp wees so bly maar saam met die wit daar.

Saam met hoender, vark en kalfsvleis is dit ook partykeer goed om bv. ʼn Chardonnay te bedien. Maar as die geregte gebraai word dan kan jy kyk daarna om ʼn Merlot te bedien want dit gaan goed saam met gebraaide hoender. Daar is ietwat van ʼn probleem wanneer Kerrie bedien word. Die wyn veroorsaak dat die brand net so effens erger is as normal. Hier sal ek voorstel dat indien jy wel alkohol wil gebruik moet jy dan eerder ʼn vonkelwyn voorsit.

Met vegetariese disse is dit heelwat moeiliker om wyn by disse te plaas maar hier stel ek voor dat met die swaarder disse soos boontjies ʼn rooiwyn voorgesit word en met die ligter groener groente, ʼn witwyn.

By Kaas en Wyn is daar ook maar reëls wat gevolg moet word. Maar ek het al baie gesien dat op ʼn Kaas en Wyn daar net gesorg moet word dat daar ʼn goeie verskeidenheid kase en wyne is. Want die mense drink en eek volgens hulle voorkeure op so ʼn partytjie.

Geniet u wyn en kos en eksperimenteer maar met verskillende disse en verskillende soorte kos. Dit doen nie skade nie.

Terug na Indeks