Die Geskiedenis van Kos Frik Lombard www.Liplekker.co.za Indeks 1. Voorwoord 2. Oorspron van Kos 3. Die Ete 4. Begrafnismaal 5. Sushi 6. Slaaie 7. Arm Kos 8. Van Groot Gat na Maer Gat 9. Die Olifant as Ete 10. Appelasyn 11. Appelasyn I 12. Bybelkosenpoletiek 13. Wyn 14. Uiteet 15. Kokke se kombuis geheime 16. Nog kombuis geheime 17. Blatjang 18. Esau se sop 19. Gebed en ander kosstories 20. Nog kosstories 21. Kompetisie eet 22. Aankoop en berê van voedsel 23. Deur die eeue 24. Asyn asseblief 25. Asyn vir wat? 26. Die dag daarna 27. Die koek 28. Knoffel 29. Avokado's 30. Aartappels 31. Marshmallows 32. Hamburgers 33. Heuning 34. Ceaser's slaai 35. Kaap Maleiers en hulle kos 36. Kos en trane 37. Die blikkies 38. Braaivleis 39. Coke 40. Potjiekos 41. Gekondenseerde melk 42. Geskiedenis van souse 43. Ongewone kosse 44. Kremetart 45. Suiker 46. Suiker die ander kant 47. Aag hoe mooi lyk jy nou 48. Jogurt 49. Tabasco sous 50. Ai hoe koud is dit nou 51. Die Pizza 52. Koeksoda 53. Whiskey of Bourbon 54. Mangonaysie en Eende 55. Kolonel Sanders 56. Waar kom die borrels vandaan 57. Wat is in 'n naam 58. Suurlemoene 59. Sommer kosstories 60. Tamaties 61. Tamatiesous 62. Welsh Rarebit 63. Aspersies 64. Koffie 65. Groen Tee 66. Lui lekke lewe 67. Weer kombuis geheime 68. Sjokolade 69. Pasta 70. Rissies 71. Rooibos o Rooibos 72. Cocktails 73. Enige iemand vir tee 74. Moneky Gland Sous 75. Sampioen Brood 76. Die Rooi ronde ding 77. Die Groen Druif 78. Hot Cross Buns 79. Sout van die aarde 80. Springmielies 81. Vegetariër 82. Die Griekse eetgewoontes 83. Smaak Verskil 84. Eet en gesondheid 85. Van koeke tot pasteie tot souse 86. Vet feite oor kos 87. Worcestershire sous 88. Die Lewe is soos 'n resep 89. Feite wat min mense weet 90. Kos in die nuus 91. Kos en drank 92. Boontjies met vele baaidjies 93. Kook met alkohol 94. Maak daardie foute reg 95. Wenke vir wen resepte 96. Danksegging kosse in Amerika 97. Watter wyn by watter kos Voorwoord Eerstens kom alle lof en eer aan my Skepper en God toe vir al die talente wat Hy vir my gegee het. Ek het my liefde vir kook by my Ma geërf. Sy kon die heerlikste kos kook. Die boerpampoen was uit die boonste rakke. Tot vandag weet ons nie hoe sy dit gaargemaak het nie. Sy het later jare Alzheimer gehad en het baie keer vergeet of sy sout, suiker of speserye in die kos gegooi het. Ons het nogal partykeer kos gekry wat te sout of te soet was. Haar laaste paar maande op die aarde, was sy in ʼn inrigting gewees. Wanneer ons haar gaan besoek het, het sy nie geweet wie ek is nie, maar sy het altyd gevra kan ek vir julle kos maak. Ma Ies Lombard So paar jaar gelede sit ek en wonder waar kom kos vandaan soos bv. Hamburgers. Sekere disse, kossoorte het ʼn interessante begin en ek hoop julle geniet die reis saam met my. Die voorblad foto het ek gaan leen op Chef Chantel Dartnel se webtuiste. Chef Chantel het ʼn ongelooflike manier van kook en haar disse wat sy skep is werklik iets besonders. Gaan soek haar gerus op, op die Internet. Terug na Indeks Oorsprong van kos Baie welkom hier by die eerste artikel oor kos. Wat lekker saamgaan met kos is ook natuurlik iets te drinke. Maar kos gesels sal ons hier doen. Dit is my visie om hierdie ʼn lekker kos gesels rubriek te maak. Geen kos rubriek sal volledig wees sonder om te kyk na die oorsprong van kos nie. Wanneer ons kyk na die oorsprong van kos moet ons gaan na die Bybel. Dit bevat die vroegste verwysings na kos en die kookkuns. Reg aan die begin van Genesis sien ons dat op die derde dag die plante aan ons gegee is. Op die vyfde dag is die seediere aan ons gegee. Diere is aan ons gegee op die sesde dag. Die eerste opdrag aan die mens was om te eet van al die bome in die tuin van Eden. So kan ons dan aflei dat Adam en Eva aan die begin van vrugte geleef het. Hoe wonderlik kon dit nie gewees het nie om elke dag vars vrugte te eet nie. Vrugte wat behoorlik op ʼn organiese wyse gekweek is. Vrugte wat nie weke of dalk maande gelê het om met chemiese stowwe ryp gemaak te word nie. Indien ons verder gaan kyk na Kain en Abel sien ons dat Abel ʼn veeboer was en Kain ʼn saaiboer was. So die oudste beroepe wat bestaan het is boerdery. Aan die begin van die skepping was dit al ʼn edele beroep en vandag is dit nog so. Daar word egter nie verwys na wat hulle geëet het nie. Met verwysing na die sondvloed kom daar ʼn ander aspek na vore en dit is wyn. Noag was die eerste boer in die geskiedenis wat ʼn wingerd geplant het. Hy het van sy eie wyn gedrink en dronk geword. Die vroegste verwysing na ʼn ete, of soos ons vandag seker sal se ʼn spyskaart kom in Genesis 18 voor, waar Abraham 3 besoekers gekry het. Daar het hy aan Sara toe gegaan en aan haar 16 kilogram meel gegee met die opdrag om dit te knie en roosterkoeke te bak. Vader het hy na ʼn slaaf gegaan ʼn kalf gegee en vir die slaaf gesê hy moet die kalf voorberei. Nadat die kalf voorberei was het Abraham die kalf met botter en melk na die 3 mans geneem om te eet. ʼn Ander interessante byvoegsel tot die vroeë mense se dieet is sop. Hierdie kom uit die welbekende verhaal van Esau en Jakob. Wat hier verder ook genoem word is die eerste verwysing dat die mens wildsvleis begin eet het. ʼn Hele paar jaar na Esau en Jakob se bestaan het die vroeë volk al vleis gebraai. Dit kan gesien word met die opdrag wat aan hulle gegee is met die instelling van Paasfees. Hulle moes een jaar oud lammers neem hulle slag en dan braai. Die opdrag aan hulle was "Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. Julle moet dit nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met die kop, pootjies binnegoed en al." Hierdie opdrag bring by my ʼn klompie vrae op soos Het hulle vleis rou gee-eet op ʼn stadium? Was dit hulle gewoonte om hulle vleis in water te kook? Onthou hier dat hulle al die vleis moes eet wat hulle gebraai het. Dit laat ʼn lekker lang gril hier teen my ruggraat afgaan as ek net dink aan die kop en pootjies. So sien ons dan dat die mens begin het om vrugte te eet en namate die tyd gevorder het, het hulle oorgegaan na graan en vleis. Toe ek so ʼn bietjie navorsing gedoen het, het ek gesien dat die mens daardie tyd lank geleef het en baie hoë ouderdomme bereik het. Nou kom die vraag op was die grootste rede nie dalk hulle dieet nie. Was dit nie dat hulle in die meeste gevalle rou en organiese voedsel eet-eet het nie? Moet ons nie dalk terugkeer na ʼn meer growwe en natuurlike dieet nie? My Pa was ʼn slagter van beroep, hierdie was sy gunsteling vers in die Bybel: 1 Kor 10:25 "Alles wat in ʼn slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen." Hierdie aanhaling het altyd gevolg nadat ek nie afval wou eet nie. Pa Jan Lombard Terug na Indeks DIE ETE Kersfees Dit is nou al amper weer daardie tyd van die jaar waar ons voorbereidings begin tref vir Die Ete van die jaar. Die ete wat ek hier van praat is natuurlik ons Kersete. Ek het so gesit en dink waar kom al die tradisies en die baie eet vandaan. Daarom het ek gaan kyk waar kom Kersfees vandaan. Met Kersfees vier ons die geboorte van Christus. Eeue gelede was die dag nooit gevier of herdenk nie. In die jaar 274 AD het die Romeinse Keiser Aurelian Desember 25 verklaar as Natalis Solis Invicti, wat nou vir ons gewone mense maar net beteken die fees van die geboorte van die onoorwinlike son en wat ʼn heidense gebruik was. In die jaar 354 AD het ʼn man genaamd Philocaluas ʼn Christen geskryf wat die geboorte van Jesus plaas op 25 Desember. Hy het ouer werke aangehaal om sy punt te bewys. Sedert die jaar 355 AD is daar bewyse dat die kerk van daardie tyd Kersfees gevier het. Ander bronne beweer dat Kersfees op 6 Januarie gevier is volgens die Julian kalender. In 1734 toe daar oorgeskakel is na die Grigorian kalender is daar finaal besluit op die 25ste Desember. Daar word beweer dat Pous Julius I die 25 ste Desember gekies het as Kersdag om ʼn teenkanting te bied teen die Pagan’s se fees Natalis Solis Invicti. Kersvader of te wel Santa Claus Santa Claus of te wel Kersvader gaan eindelik oor die lewe van Saint Nicholas. Hierdie man was ʼn Roomse Biskop in die 4de eeu in Asia. Soos die storie gaan het Saint Nicholas eendag anoniem ʼn sak goud deur ʼn skoorsteen gegooi om ʼn man se dogter te help om haar bruidskat aan te skaf. Hy het ook so die tweede dogter gehelp. Met die derde dogter word hy uitgevang. As erkenning van sy goedhartigheid het die mense begin om geskenke deur skoorstene te gooi.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages163 Page
-
File Size-