Matie-besoek aan Lusaka 1989

Van die berigte wat in die Afrikaanse media verskyn het Vrye - Vrye WeekVr eekblad eekblad 6/3/2014 DIE BURGER LAASTE,18 Maart 1989 bladsy 4:Pres. Kaunda het Maties na Zambië genooi Pres. Kaunda het Maties na Zambië genooi

DIE beoogde besoek van agttien Maties, onder wie agt studenteraadslede, aan Zambië aanstaande week het niks met ANC-gesprekke te doen nie, maar geskied op uitnodiging van die president van Zambië, dr. Kenneth Kaunda. Só het die voorsitter van die Matie-SR, mnr. Pierre van der Spuy, gisteraand in 'n verklaring gesYe. Daar was gerugte dat die groep, onder die vaandel van die Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek (SPOG), die ANC in Lusaka gaan besoek. Die voorsitter van die NP- studentetakke, mnr. Dawie Wilkens, het gemaan dat gesprekke met die ANC die US se naam skade sal laat ly. Dit sal 'n herhaling wees van die chaos van 1985 toe agt Maties met die ANC in Lusaka wou gaan praat. Sowel mnr. André Gaum, SR-lid vir akademiese belange, as mnr. Tjaart van der Walt, sekretaris van die SR, het bedenkinge uitgespreek oor die wyse waarop party lede van die SR nie ingelig is oor die beoogde besoek aan Zambië nie. Albei het hulle gedistansieer van moontlike gesprekke met die ANC. Mnr. Van der Spuy het beweringe ontken dat die Maties met die ANC gaan praat. Hy het in die verklaring gesê SPOG sou Zambië en Suidwes oorspronklik besoek het. Vanweë bespiegelinge oor die besoek aan Zambië het SPOG besluit om net na Suidwes te gaan. MEERDERHEID Mnr. Van der Spuy het beklemtoon dat n²g hy n²g die SR- ondervoorsitter, mnr. André Olivier, hul weg oopsien om amptelik of nie-amptelik met die ANC te gesels. By navraag het mnr. Van der Spuy gesê die meerderheid van die Maties steun nie gesprek met die ANC nie. Hy het gevolglik nie 'n mandaat van die studente-unie om met die ANC te praat nie. Die SR steun die beginsel dat die pad van Suid-Afrika se toekoms deur Afrika loop en daarom is gesprek met studente en Afrika-leiers baie belangrik. In die lig hiervan beskou die SR die uitnodiging van pres. Kaunda in 'n baie positiewe lig, het mnr. Van der Spuy in die verklaring gesê. Die SR-voorsitter het gerugte ontken dat Idasa by die toer betrek is en die besoek aan Zambië finansieel ondersteun. Benewens mnr. Van der Spuy is die verklaring ook onderteken deur die sewe ander SR-lede wat die besoek meemaak. Hulle is mnr. Olivier, mnr. Mark Behr, SR-lid vir SPOG en voormalige voorsitter van Nusas, mnr. Riaan van Greunen, SR-lid vir verenigings, mej. Isa Burger, SR-lid vir kultuur en Sosius, mnr. Robert Bricout, SR-lid vir bemarking en Uskor, mnr. Danie Fölscher, SR-lid vir die Tygerbergse kampus, en mnr. Stoffel Ackermann, SR-lid vir intervarsity. DIPLOMATE Die groep vertrek Woensdag van Kaapstad na Johannesburg en van daar in hul persoonlike hoedanigheid na Lusaka. Op 28 Maart vertrek die groep na Suidwes, waar hulle gesprekke gaan voer oor die komende verkiesing. Op die program vir die Zambië-besoek is gesprekke met diplomate, regeringslui en die South African Development Coordinating Committee. Die ekonomiese bestel in Zambië, die funksionering van 'n swart meerderheidsregering in die land, die rol van buitelandse akteurs in die politiek van Zambië, asook hul siening van die politieke situasie in Suid-Afrika, gaan bespreek word. Die Rektor van die US, prof. Mike de Vries, kon gisteraand nie vir kommentaar opgespoor word nie.

Universiteite ANC Zambië SWA

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/18/4/14.html 1/1 6/3/2014 DIE BURGER LAASTE,21 Maart 1989 bladsy 1:Matie-SR 'sal nie met ANC praat' Matie-SR 'sal nie met ANC praat'

Van Ons Spesiale Verteenwoordiger STELLENBOSCH. - Die Studenteraad van die Universiteit van Stellenbosch het gisteraand besluit dat sy lede nie in die huidige termyn met die ANC gesprek sal voer nie. Die mosie is met 'n meerderheid van stemme aanvaar. Gisteraand se mosie volg op 'n verklaring Vrydagaand deur die SR-voorsitter, mnr. Pierre van der Spuy, dat hy en sewe mede-SR-lede môre na Zambië vertrek op uitnodiging van die staatshoof, dr. Kenneth Kaunda. Die groep vertrek ná hul Zambiese besoek na Suidwes op 'n toer van die studente-organisasie Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek (Spog). Die SR- ondervoorsitter, mnr. André Olivier, het die mosie gisteraand ingedien as amendement op 'n mosie van die SR-lid vir leierskapsontwikkeling, mnr. André Gaum. Mnr. Gaum het voorgestel dat SR-lede in dié termyn nie gesprek sal voer met lede van die ANC voordat die organisasie nie geweld afsweer nie. Hy verwerp die moontlikheid dat SR-lede selfs nie-amptelik met lede van die ANC praat, het mnr. Gaum gesê. ``As die Maties met die ANC praat, sal hulle van die spreekwoordelike rugbyveld gegooi word en net soos die Ikeys en die Witsies blote toeskouers word.'' Die Maties sal hul legitimiteit in gedrang bring deur met die ANC te praat, het mnr. Gaum gesê. Mnr. Olivier het gesê die ANC se afswering van geweld behoort die resultaat van gesprekke met die Regering te wees, en nie die voorwaarde daarvoor nie. Hy verwerp egter gesprekvoering deur die SR omdat dit die US se beeld sal skaad. Mnr. Van der Spuy het gesê hy is as SR-voorsitter gekant teen die ANC. Hy het in 'n brief aan dr. Kaunda gevra dat die SR onder geen omstandighede in die posisie geplaas word om met die ANC te praat nie. 'n Mosie wat vra dat die SR 'n kommissie van ondersoek instel na die SR-portefeulje Spog, en dié se reëlings van die toer na Zambië en Suidwes, is gisteraand deur die voorsteller van die mosie, mnr. Tjaart van der Walt (sekretaris), teruggetrek. Mnr. Gaum, wat die mosie gesekondeer het, het gesê SR-lede sou volgens die oorspronklike reëlings van die toer met die ANC in Zambië gepraat het. Mnr. Van der Spuy het gesê daar was nie sprake dat die SR met die ANC sou praat nie. Hy en mnr. Olivier het in 'n gesprek met die NP-LP vir Stellenbosch, mnr. Piet Marais, gevra wat hulle te doen sou staan indien hulle op 'n banket van dr. Kaunda in aanraking sou kom met lede van die ANC. Hy en mnr. Olivier het formele en informele gesprekke met die ANC as SR-lede afgekeur, het mnr. Van der Spuy gesê. Die reëlings vir gesprek met dr. Kaunda is deur die Instituut vir 'n Demokratiese Alternatief vir Suid- Afrika gereël, maar die organisasie het niks met die finansiering van die toer te doen nie, het mnr. Mark Behr, SR-lid vir Spog, op die vergadering gesê.

universiteite anc organisasies toere terrorisme

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/21/1/13.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,27 Maart 1989 bladsy 1:Berigte oor ANC-gesprek SR se lede voor stok Berigte oor ANC-gesprek SR se lede voor stok

Deur Ons Politieke Redaksie DIE Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Mike de Vries, gaan 'n verduideliking eis van dié lede van die Maties se Studenteraad wat volgens berigte in die naweek in Lusaka ongemagtigde gesprek met die ANC gevoer het. Prof. De Vries het gister aan Die Burger gesê dat indien die studente in weerwil van 'n opdrag van die SR tog met die ANC samesprekinge in Lusaka gevoer het, hulle hul optrede nie net aan die SR sal moet verduidelik nie, maar ook aan die Universiteitsowerheid. ``Hulle sal moet verduidelik of dit 'n toevallige of 'n beplande gesprek was,'' het prof. De Vries gesê. Die omstrede besoek aan Zambië, wat gister ook 'n besoek aan pres. Kenneth Kaunda sou insluit, het volgens Sapa Vrydag in die Zambiese hoofstad, Lusaka, met 'n gesprek met die ANC begin. Dit is in weerwil van die Studenteraad se besluit van Maandag verlede week dat sy lede in hul huidige termyn en in hul persoonlike of amptelike hoedanigheid nie met die ANC sal praat nie. Die SR-besluit is geneem weens gerugte dat 'n besoek aan Mosambiek en Suidwes 'n ``dekmantel is vir 'n besoek aan Zambië en 'n gesprek met die ANC''. Volgens Sapa het ``die 20 mans en vroue'' van die universiteit ook met amptenare van die Sowjet-Unie en Kuba gepraat. Volgens 'n SR-lid, mnr. André Gaum, wat die mosie oor ANC-gesprekke op Maandagaand se SR-vergadering voorgestel het, is net agt lede van die toergroep SR-lede. ``Vyf van hulle is op sterkte van hul verbondenheid met die Nasionale Party tot die SR gekies en dit is tog die beleid van die NP om nie met die ANC te praat nie. Die gesprek wat nou blykbaar wel gevoer is, druis in teen die lede se verkiesingstandpunte,'' het hy gister gesê. Volgens hom is daar oor verskeie dinge nie die waarheid gepraat nie. Ten eerste sou slegs Mosambiek en Suidwes besoek word en daar is toe beweer dat net twee lede van die groep vooruit geweet het hulle gaan ook Zambië toe. ``Die beeld van die Universiteit kan oneindig geskaad word deur wat gebeur het en ek wil my sterk daarteen uitspreek.'' Die Matie-groep se besoek aan Zambië het onder die vaandel van SPOG (Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek) plaasgevind. Mnr. Tjaart van der Walt, SR-sekretaris, het gesê die verontagsaming van die SR-besluit sal in 'n baie ernstige lig beskou moet word, want dit bring die wettigheid van die Studenteraad in die gedrang.

Universiteite Studente ANC

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/27/1/19.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,29 Maart 1989 bladsy 1:Verset kring uit oor Maties by ANC Verset kring uit oor Maties by ANC

VERSKEIE groepe op die Matie-kampus het die gesprek wat sommige SR-lede met onder meer die ANC gevoer het op 'n studentetoer in Zambië, gister sterk veroordeel. Die toergroep van agttien Maties wat Zambië onder meer op uitnodiging van pres. Kenneth Kaunda besoek het, word aanstaande week terug verwag. Drie van die agt SR-lede wat die toer meegemaak het, het deelgeneem aan 'n gesprek waarby verteenwoordigers van die ANC ingesluit was. Dit was ondanks 'n SR-besluit dat sulke gesprekke nie mag plaasvind nie. In 'n verklaring het die Stellenbosse Studentegesprek (SSG, 'n politieke studente-organisasie) gesê alle gesprek met die ANC deur SR-lede in persoonlike of amptelike hoedanigheid word verwerp totdat geweld deur die terroriste-organisasie afgesweer word. AFKEUR Die voorsitter van die SSG, mnr. Willie Smith, het gesê sy organisasie betreur die feit dat sekere SR-lede hul uitdruklike ondernemings om nie met die ANC gesprek te voer nie, verbreek het. ``Die SSG het as deel van die Verkiesingsalliansie die lede geldelik en organisatories gesteun en het ook van die SR-lede die versekering gekry dat hulle gesprek met die ANC afkeur. Deurdat die SR-lede van standpunt verander het, het 'n vertrouenskrisis ontstaan, en die beloftes wat die SR-lede aan die studente-unie gemaak het, is flagrant verbreek.'' Die voorsitter van die NP- studentetakke, mnr. Dawie Wilkens, het in 'n verklaring gesê dit is met skok en diepe teleurstelling dat verneem is van die gesprek. ``Ons vind dit laakbaar dat sommige van die lede ons volle steun geniet het met die SR-verkiesing en dit nou blyk dat hulle ons die rug toegekeer het. LEDETALLE ``Die Regering het al herhaaldelik 'n beroep op die publiek gedoen om nie met die ANC in gesprek te tree nie. In antwoord hierop het ons studenteleiers, wat onder meer met behulp van regeringsubsidies studeer, so ver gegaan om wel met die ANC gesprek te voer. ``Die NP-studentetakke is - wat ledetalle betref - verreweg die grootste politieke organisasie op die kampus, wat 'n aanduiding is van hoe die meeste studente van die universiteit voel oor gesprekvoering met die ANC.'' In 'n ander verklaring het mnr. André Gaum, 'n SR-lid, gesê dat hy in sy mosie voorgestel het dat geen gesprek met die ANC gevoer word deur die SR of lede van die SR nie, en ook nie deur lede in hul persoonlike hoedanigheid as individue nie. Die mosie is aanvaar en is bindend op individue omdat die persoon en die amp nie werklik geskei kan word nie, het mnr. Gaum gesê. Hy glo dat die studentehof, wat hom oor die omstrede gesprek met die ANC gaan uitspreek, eerder die mosie wyd as eng sal interpreteer. Hy het gesê gesprekke met die ANC sal slegs daartoe lei dat die US saam met Engelse Universiteite soos die UK geëtiketteer sal word as radikaal, wat daartoe kan lei dat die US sy leiersrol in Suid-Afrika kan verloor en daar nie meer na die US se stem geluister sal word nie. Mnr. Gaum het gesê die toerleier, mnr. Mark Behr, is verlede week deur 'n SR-mosie verplig om die borge van die toer aan die Rektor, prof. Mike de Vries, bekend te maak. Dit is blykbaar nie gedoen nie. Hy verneem dat ²f Idasa ²f die ANC se Nederlandse vleuel die toer borg. Mnr. Tjaart van der Walt, sekretaris van die SR, het gesê alle feite oor wat presies in Zambië gebeur het, is nog nie bekend nie. Daar kan dus in hierdie stadium geen besluite oor enige moontlike stappe teen die gesprekvoerders gedoen word nie. Daar sal eers aan alle partye kanse gegun word om hul saak te stel. Wat die bewering betref dat die gesprek 'n sogenaamde oorwinning vir die universiteit en Suid-Afrika beteken, wil hy net sê dat 'n oorwinning vir die universiteit ook 'n oorwinning vir belanghebbendes aan die universiteit moet wees. ``Deur met die ANC gesprek te voer word nie na die oorgrote meerderheid van die persone en instansies se belange omgesien nie. Die optrede tas eerder die aansien van die US aan. Voorts word die legitimiteit van die Regering ondergeskik gestel aan dié van 'n geweldsorganisasie.''

ANC Universiteite Zambië Toere

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/29/1/3.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,29 Maart 1989 bladsy 14:Beweging na vrede nie aangehelp deur amateuragtigheid Beweging na vrede nie aangehelp deur amateuragtigheid

UIT MY POLITIEKE PEN deur DAWIE DIE beweging na vrede in Suider-Afrika het ongetwyfeld die potensiaal om 'n omvang aan te neem wat die hele subkontinent se aangesig binne enkele jare ten goede kan verander. Let wel, dit het die potensiaal. Maar daar is strenge voorvereistes wat nagekom sal moet word, en baie dinge wat verkeerd kan loop. Koninklike weg Oorlog en geweld, dit het die lande van die streek omtrent almal opnuut op die harde manier geleer, bring nie werklik blywende en positiewe oplossings nie. Op die ou end bly onderhandeling en beraadslaging tog maar die koninklike weg. Wanneer probleme uitgepraat en wedersyds aanvaarbare ooreenkomste daaroor aangegaan word, dan ontstaan die beste kans om te slaag. In hierdie hele proses is daar geen plaasvervanger vir gesonde verstand nie. En gesonde verstand skryf voor dat Suider-Afrika se probleme, soos Suid-Afrika s'n self, ten beste aangepak kan word as daaroor gepraat eerder as geveg word. 'n Besliste voorvereiste is egter dat dit nie elke Jan Rap en sy maat is wat oor 'n land se hoogste belange gesprek kan voer nie. Hulle kan 'n klimaat help skep; die deurslaggewende berade moet egter deur bedrewe mense gevoer word. Kyk maar net wat in die geval van Angola en Suidwes-Afrika gebeur het. Volle mag Van Suid-Afrika se kant is sy beste diplomatieke en militêre breinkrag ingespan. Die manne aan die spits, mnr. Neil van Heerden (Direkteur-generaal van Buitelandse Sake) en genl. Jannie Geldenhuys (Hoof van die Weermag), is deur 'n span top-deskundiges bygestaan, en verder onderskraag deur die volle mag van die uitvoerende gesag, die Staatspresident en die Kabinet. Die vredesbeweging in Suidwestelike Afrika het so 'n diepe indruk gemaak dat daar nou gretigheid en hoop is dat dit verder gevoer kan word. Op haar Afrika-reis vandeesweek wil mev. Margaret Thatcher dié gevoel blykbaar 'n deurlopende boodskap maak - asook dat strafmaatreëls teen Suid-Afrika, soos die sanksies wat sekere bloeddorstige geestelikes op Suid-Afrika afbid, geen antwoord bied nie. Koel koppe Die hoë prys wat mev. Thatcher op vrede en vooruitgang in Suid-Afrika stel, het al gissinge laat ontstaan dat 'n sogenaamde ``veiligheidsnet'' van groot moondhede by die Republiek betrek kan word. Hulle sal dan moet dien as 'n waarborg vir 'n interne skikking, is reeds berig; moontlik ook deur deel te hê aan 'n soort Marshall-plan vir Suider-Afrika, wat die hele subkontinent op die model van die ná-oorlogse Europa 'n ekonomiese suksesverhaal sal maak. Indien sulke moontlikhede werklikheid sou word, sal daar van Suid-Afrika se kant in die onderhandelingsproses koel koppe en lang koppe vereis word. Soos met die grootste krisis-oomblikke in die land se veelbewoë geskiedenis sal baie, baie op die spel wees. Matie-safari Dit, ongelukkig, is ook die tye wanneer die parvenu's en die charlatans buitengewoon geaktiveer word; wanneer amateurs in die politieke arena wil kom juis wanneer hulle daaruit moet padgee sodat die ervare, professionele manne sake kan hanteer. Juis dit is ongelukkig nou weer te sien in die omstrede Matie-safari wat na die ANC in Lusaka onderneem is. Laat ons voorlopig nie verder daaroor praat dat ondernemings vooraf gegee is dat nie met die ANC gepraat sal word nie. As onwaarhede en misleiding deel van die safari was, sal die betrokke Maties dit ook met hul eie gewete moet uitmaak. Maar verdien die akademiese lewe 'n studentikose wysneusigheid soos dat die safari `` 'n oorwinning vir die Universiteit van Stellenbosch en Suid-Afrika is vanweë die land se isolasie''? Die aanspraak klink kompleet soos die kapok-hennetjie wat op die volstruiseier gaan sit en gesê het: ``Wys jou net wat gedoen kan word!'' Lag in mou Dit nogal terwyl in feitlik dieselfde asem klem daarop gelê word ``dat die besoek nie 'n amptelike universiteitsbesoek was nie''. Waarom dan die eer opeis? En boonop: wie het hierdie spulletjie gefinansier? Tot op hede is daar ook geen blyke dat in die gesprek met die ANC die opperste probleem, die beweging se geweldspolitiek, hoegenaamd aangeraak is nie. Al indruk wat 'n mens kry, is dat die Matie-besoek beland het in vaarwaters wat heeltemal te diep vir hulle was. En dat die ANC, wat uit dergelike vorige safari's slegs propagandawins gemaak het, weer heerlik in sy mou lag. Kliphard Die beweging na vrede in Suider-Afrika sal nie met onbekookte, amateuragtige pogings gedien word nie. Sukses op die pad van verdere onderhandelinge, wat sonder enige twyfel kliphard en hoogs veeleisend sal wees http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/29/14/13.html 1/2 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,29 Maart 1989 bladsy 14:Beweging na vrede nie aangehelp deur amateuragtigheid omdat so baie op die spel is, sal slegs met die beste beskikbare breinkrag van Suid-Afrika se kant moontlik gemaak kan word.

SA SWA Brittanje Afrika Konferensies

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/29/14/13.html 2/2 6/6/2014 DIE BURGER LAAT,30 Maart 1989 bladsy 2:'Idasa het Maties help betaal vir toer' 'Idasa het Maties help betaal vir toer'

DIE Instituut vir 'n Demokratiese Alternatief vir Suid-Afrika (Idasa) het 'n deel betaal van die toerkoste van die groep Matie-studente na Zambië, waartydens sekere lede van die groep ook met die African National Congress gesprek gevoer het, het 'n woordvoerder van Idasa gister by navraag gesê. Die toer se geld kom ook ``uit verskeie ander oorde'', het die woordvoerder gesê. ``Hulle (die toerlede) is na verskeie ambassades verwys. ``Ons is deur lede van die Studenteraad op kantoor besoek om geldelike steun vir hul toer na die fontliniestate,'' het die woordvoerder gesê. Die groep van agttien Maties sluit agt Studenteraadslede in. 'n Gesprek wat sommige van die toerlede, onder wie drie SR-lede, gevoer het en waarby lede van die ANC teenwoordig was, het opslae gemaak en is reeds deur verskeie groepe op die Matie-kampus sterk veroordeel. Die gesprek het plaasgevind ondanks 'n SR-besluit teen sulke gesprekke met die ANC. Die groep word aanstaande week terug verwag.

ANC Universiteite Studente Zambië Toere

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/30/2/5.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,31 Maart 1989 bladsy 2:Studenteliggame, -leiers reageer skerp Geld vir Maties se toer maak opslae Studenteliggame, -leiers reageer skerp Geld vir Maties se toer maak opslae

Deur Ons Politieke Redaksie DIE finansiering van die omstrede toer van 'n groep Matiestudente na Zambië, waarop sekere lede van die groep ook met die ANC gesprek gevoer het, het gister op die Matiekampus opslae gemaak. Studenteliggame en -leiers het skerp gereageer op die onthulling dat die linkse instituut Idasa geld bygedra het tot die ``safari'' van lede van die US-Studenteraad en SPOG (die Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek) na Lusaka. Dit is ``veral omdat die SR-voorsitter, mnr. Pierre van der Spuy, op die SR-vergadering ontken het dat die omstrede instituut, wat gereeld safari's na Lusaka of Dakar finansier, geld bygedra het,'' het mnr. Dawie Wilkens, voorsitter van die NP-studentetakke, in 'n verklaring gesê. ``Die feit dat Idasa betrokke is, plaas 'n vraagteken oor die doel van die toer. Ook die betrokkenheid van mnr. André Zaaiman, die sogenaamde studente-koördineerder van Idasa, skep baie vrae wat mnr. Van der Spuy sal moet beantwoord.'' 'DINKSKRUM' As 'n instansie soos die SR afhanklik raak van Idasa vir geld vir projekte soos die safari's, wonder 'n mens of besluite oor waarheen gegaan en met wie gepraat word, deur die SR of deur Idasa geneem word. Mnr. Wilkens het gesê hy het op goeie gesag verneem dat Idasa en sekere lede van die SR in Mei 'n ``dinkskrum'' beplan van Nusas, die swart studenterade en ander Afrikaanse studenterade. Baie van die noordelike studenterade het reeds aangedui dat hulle nie sal deelneem as Idasa betrokke is nie. ``Die vraag is weer eens: Wie neem die besluite; die SR of Idasa?'' Dit blyk dat Idasa die Afrikaanse kampusse as 'n belangrike teikenveld vir blootstelling aan 'n ``alternatiewe ideologie'' sien, en Stellenbosch, so lyk dit, is eerste in die ry. Die Maties se SR moet in die eerste plek die studentebelange dien. Tendensies op die kampus wys daar is oorgenoeg werk op dié gebied. Dit lyk egter of die SR se wekroep van ``Terug na die studente'' verander het in: ``Terug na die ANC''. Dit het dringend noodsaaklik geword dat die Maties se SR aan diegene wat hulle verkies het, wys dat Stellenbosch wel vir 'n idee staan, het mnr. Wilkens gesê. Mnr. Willie Smith, voorsitter van die Stellenbosse Studente-Gesprek, het in 'n verklaring gesê die SSG betreur die feit dat die SR-lid van SPOG, mnr. Mark Behr, nie - soos die SR- mosie waarvoor hy gestem het hom verplig het om te doen - die finansiering van die Lusaka-safari aan die Rektor bekend gemaak het nie. ``Sulke geheimsinnige optrede benadeel die goeie naam van die universiteit en die lid sal verplig wees om bekend te maak uit watter 'ander oorde' die geld vandaan kom.'' ONTKEN Verder beweer die lede wat gesprek gevoer het met die ANC dat hulle dit in hul persoonlike hoedanigheid gedoen het, maar in die verklaring wat in Windhoek uitgereik is, is verklaar dat dit 'n deurbraak vir die US is, dus praat hulle wel namens die studente-unie van wie hulle 'n politieke mandaat ontvang het, het hy gesê. Mnr. André Gaum, SR-lid, het gesê die onthulling van Idasa se betrokkenheid verteenwoordig die tweede onwaarheid wat deur mnre. Van der Spuy en Behr vertel is. Hulle het aanvanklik ook ontken dat met die ANC geskakel sou word of geskakel sal word. ``Een van die eerste skakelings wat hulle in Lusaka gehad het, was met die ANC.'' Mnr. Gaum het Idasa se geldelike hulp aan die toer as 'n ``groot verleentheid vir die US'' bestempel en gesê Idasa het ``kommerwekkende geldelike verbintenisse''.

ANC Toere Universiteite Zambië Studente

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/31/2/5.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,1 April 1989 bladsy 2:Idasa 'het nie geld vir Maties gegee' Idasa 'het nie geld vir Maties gegee'

Deur Ons Politieke Redaksie DIE Instituut vir 'n Demokratiese Alternatief in Suid-Afrika (Idasa) het geen geldelike bydrae gemaak nie tot die toerkoste van die groep Matie-studente na Zambië waartydens lede van die groep ook met die ANC gesprek gevoer het, het dr. , uitvoerende direkteur van Idasa, gister gesê. Hy het gereageer op teenstrydige uitsprake in dié verband deur 'n Idasa-woordvoerder, mnr. Wayne Mitchell, en die leier van die Matie-toergroep, mnr. Mark Behr. Mnr. Mitchell het Woensdag aan Die Burger gesê Idasa het 'n deel van die toerkoste betaal, terwyl die res van die geld uit verskeie ander oorde kom. Mnr. Behr het eergister in 'n verklaring gesê die toergroep het geen geld van Idasa ontvang nie, maar dat donateurs bloot versoek het dat geld deur Idasa na die toergroep gekanaliseer word. ``Dit is die enigste rol wat Idasa in hierdie verband gespeel het,'' het hy gesê. Mnr. Behr het voorts gesê dat hy vooraf die Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Mike de Vries, vertroulik ingelig het oor wie die donateurs is. Prof. De Vries het gister by navraag bevestig dat mnr. Behr vooraf aan hom gesê het die groep word deur sekere ambassades gefinansier, maar nie deur Idasa nie. Dr. Boraine het gister gesê sy inligting is dat Idasa bloot geld na die toergroep gekanaliseer het. ``Sover ek weet, het Idasa beslis nie enige geld bygedra nie. As mnr. Mitchell gesê het dat Idasa 'n deel van die toerkoste betaal pleks van gekanaliseer het, het hy hom swak uitgedruk,'' het dr. Boraine gesê. Hy het bygevoeg dat die geld wat deur Idasa gekanaliseer is, 'n klein deel van die totale bedrag was. &cchar1; Volgens die weekblad South het mnr. Behr en ander lede van die toergroep een aand in Lusaka Afrikaanse ``vryheidsliedere'' gesing, asook satiriese liedere wat die spot met pres. P.W. Botha en mev. Elize Botha dryf. Lede van die toergroep kon met die ter perse gaan, nog nie opgespoor word vir kommentaar nie. Prof. De Vries het gesê hy wil eers met die studente praat voordat hy op dié bewerings kommentaar lewer. Die toergroep keer Maandagaand na Kaapstad terug en prof. De Vries sal hulle moontlik reeds dieselfde aand spreek, het 'n woordvoerder van prof. De Vries se kantoor gesê.

ANC Universiteite Studente Toere Organisasies

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/01/2/3.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,4 April 1989 bladsy 2:Maties op toer 'het niemand bedrieg' Maties op toer 'het niemand bedrieg'

DIE agttien Maties wat die afgelope tien dae op 'n toer in Lusaka en Suidwes was, onder wie die drie studenteraadslede wat met lede van die ANC gepraat het, ``het niemand bedrieg nie en sien daarna uit om op 'n vergadering hul aksies te verduidelik''. Só het die SR-voorsitter van die Maties, mnr. Pierre van der Spuy, gistermiddag ná die groep se aankoms uit Windhoek op die lughawe D.F. Malan gesê. Nagenoeg twintig Maties het die groep op die lughawe verwelkom. Onder hulle was drie SR-lede wat die toer meegemaak en weens studieverpligtinge vroeër na Stellenbosch teruggekeer het. Hulle is mnr. André Olivier, die SR- ondervoorsitter, en twee mede-SR-lede, mej. Isa Burger en mnr. Riaan van Greunen. Mnr. Van der Spuy, wat namens die toergroep gepraat het, het gesê die SR-lede wat met die ANC gepraat het, het nie opgetree in stryd met die SR-besluit, wat bepaal het dat die SR nie gesprek sal voer met die ANC nie. REGERING Hy het in die motivering tot dié mosie op die vorige SR-vergadering op 20 Maart gesê dat SR-lede se optrede in hul persoonlike en individuele hoedanigheid van hul amp as SR-lede geskei kan word en dat hulle dan nie namens die studente-unie optree nie. ``Behalwe die Regering het niemand, selfs nie die US-raad nie, die reg om SR-lede in hul individuele hoedanigheid te keer om met lede van die ANC te praat nie,'' het mnr. Van der Spuy gesê. Hy het bygevoeg dat die betrokke mosie oor die ANC ``in elk geval binne die volgende week of wat ongeldig verklaar gaan word''. Mnr. Van der Spuy wou nie verder reageer op fel kritiek wat die afgelope week op die Matie-kampus teen die gesprekke met die ANC uitgekring het nie. Hy het slegs gesê die groep sal môre op 'n middaguur-vergadering van die Stellenbosse Aktuele Aangeleenthede Komitee (SAAK) alle kritiek, insluitende vrae oor die betrokkenheid van die Instituut vir 'n Demokratiese Alternatief vir Suid-Afrika (Idasa) by die toer, beantwoord. ``Ons is positief oor die toer en het niks om weg te steek nie. Ons is teleurgesteld dat SR-lede wat probleme gehad het met die toer, nie hul kritiek met ons persoonlik bespreek het nie, maar die media daaroor genader het,'' het mnr. Van der Spuy gesê. Mnr. André Gaum, SR-lid vir publikasies en leierskapsontwikkeling, het gister by navraag gesê hy is bereid om na die verduideliking te luister wat die toergroep oor hul Lusaka-besoek gee. Sy kritiek bly steeds dat die SR-lede op die toer vooraf belowe het dat hulle nie met die ANC gaan praat nie. Dié onderneming teenoor hul mede- SR-lede en die studente-unie het hulle egter nie nagekom nie. ``Vrae hang steeds oor die finansiering van die toer. Selfs al sou Idasa net geld gekanaliseer het wat deur Westerse ambassades vir die toer beskikbaar gestel is, was hy steeds finansieel betrokke by die toer. En Idasa het bedenklike en kommerwekkende finansiële verbintenisse wat Suid-Afrika glad nie goedgesind is nie.'' 'n Geslote SR-vergadering sal waarskynlik ook oor die toer gehou word. NAGEKOM Intussen het die Stellenbosse Studentegesprek (SSG) gister 'n pamflet op die Matie-kampus versprei. Daarin sê die vereniging Maties het die reg om te weet hoekom die mosie wat die SR-lede verbied om met die ANC gesprek te voer, veronagsaam is. Die vereniging vra ook hoekom versekerings in die media deur die SR-voorsitter dat daar geen ANC-gesprekke op die Lusaka-safari sou wees nie, nie nagekom is nie, en wat die rol van Idasa in die reëling en finansiering van die safari was. Mnr. Dawie Wilkens, voorsitter van die NP-studentetakke op Stellenbosch, het intussen 'n persoonlike brief aan kampusleiers op Stellenbosch geskryf. Daarin sê hy mense soos die SR-lede wat in Lusaka was en by hul terugkoms sê hulle het begrip vir die ANC se standpunte, raak onregstreeks vaandeldraers vir die ANC se boodskap. 'n Woordvoerder van die kantoor van prof. Mike de Vries, Rektor van die US, het gesê prof. De Vries, wat mnr. Van der Spuy en ander SR-lede oor die toer wil spreek, sou nie gisteraand met hulle gepraat het nie.

ANC Universiteite Studente

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/04/2/11.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAAT,5 April 1989 bladsy 1:US-rektor oor ANC-gesprek 'misnoeg' US-rektor oor ANC-gesprek 'misnoeg'

FOTO: S/W HET VERSKYN (Pierre van der Spuy, Mark Behr) DIE Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Mike de Vries, het gister sy misnoeë en afkeuring teenoor die voorsitter van die Matie- studenteraad uitgespreek oor gesprekke wat SR-lede met die ANC gevoer het. Die SR het vroeër besluit dat dié gesprekke nie moet plaasvind nie. Prof. De Vries het die SR-voorsitter, mnr. Pierre van der Spuy, gisteroggend in sy kantoor gespreek oor die afgelope toer van agt SR-lede en tien ander Maties na Lusaka en Suidwes. Die direkteur van studentesake aan die US, prof. Flip de Wet, was ook teenwoordig. VERLIESE By navraag het mnr. Van der Spuy gesê prof. De Vries het dit benadruk dat die US baie skade gely het deur die gesprek van die Maties met die ANC. Nog berigte op bl. 2 Die Rektor het volgens mnr. Van der Spuy gesê die toer kan ook groot geldelike verliese vir die US beteken. Die studente-unie van die US sal in die volgende paar weke iets moet doen om aan te dui dat die oorgrote meerderheid van die Maties gekant is teen gesprek met die ANC en dat slegs 'n klein persentasie gesprek steun, het prof. De Vries volgens mnr. Van der Spuy gesê. Volgens mnr. Van der Spuy het die Rektor gesê 13 000 Maties is teen ANC-gesprekke gekant en 800 steun gesprek met die ANC. Prof. De Vries het ook gesê SR-lede kan nie hul optrede in individuele hoedanigheid van hul amp as SR-lede losmaak nie. By navraag het prof. De Vries gesê hy gaan nie die inhoud van sy gesprek met mnr. Van der Spuy bekend maak nie. Hy het wel bevestig dat hy sy misnoeë te kenne gegee het oor die feit dat SR-lede met die ANC gepraat het nadat hulle 'n SR- besluit geneem het waarin hulle 'n onderneming gegee het dat hulle nie aan sulke gesprekke sou deelneem nie. Vanmiddag gaan prof. De Vries die SR op 'n geslote vergadering oor die Lusaka-safari spreek. Mnr. Van der Spuy het gesê die SR-lid vir die Stellenbosse Politieke Gesprek en Ondersoekkomitee, mnr. Mark Behr, die SR-lid vir verenigings, mnr. Riaan van Greunen, en die SR-lid vir Sosius en kultuur, mej. Isa Burger, het in Lusaka deelgeneem aan gesprekforums waarop lede van die ANC ook teenwoordig was. ``As SR-voorsitter sal ek nie met die ANC praat nie, omdat ek nie 'n mandaat van die studente-unie het om dit te doen nie. In my individuele hoedanigheid sal ek dit wel doen, omdat ek 'n kritiese en soekende SR-leier is,'' het mnr. Van der Spuy gesê. Hy het bygevoeg dat hy die SR-lede steun wat wel aan die gesprekke met die ANC deelgeneem het, omdat SR-lede in hul individuele hoedanigheid kan doen wat hulle oortuig is reg is. ``Die kleed van straf wat die SR-lede omgehang word wat met die ANC gepraat het, sal ek ook aantrek. Kortom, as iets met hulle gebeur, soos dat hul bedanking geëis word, sal dit ook met my gebeur. As dit nie aan my opgedwing word nie, sal ek vrywillig bedank,'' het mnr. Van der Spuy gesê. Hy het aangedui dat die ander SR-lede wat die toer meegemaak het, saam met hom sal bedank indien een van die SR-lede wat met die ANC gesprek gevoer het, gedwing word om te bedank. Die Matie-toer na Lusaka en Suidwes gaan vandag op 'n middaguur-vergadering in die B.J. Vorster-gebou op die kampus sterk onder die soeklig kom. Mnr. Van der Spuy en die ander SR-lede op die toer sal dan vrae oor die toer beantwoord.

ANC Studente Universiteite Toere

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/05/1/8.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,5 April 1989 bladsy 2:Sing van 'vryheids liedere' 'n 'skande' Sing van 'vryheids liedere' 'n 'skande'

DIE voorsitter van die Matie-studenteraad het gister sy teenkanting uitgespreek teen die sing van Afrikaanse ``vryheidsliedjies'' in Lusaka deur die Nusas-lid mnr. Mark Behr, SR-lid vir Spog (Stellenbosse Politieke Ondersoek- en Gesprekkomitee), asook ander Maties. In van die liedjies is na bewering die spot gedryf met die Staatspresident, mnr. P.W. Botha. Pres. Botha was tot verlede jaar Kanselier van die US. Mnr. Behr het gister aan Die Burger verduidelik waarom hy die liedjie gesing het. Die US-voorsitter, mnr. Pierre van der Spuy, het gesê die SR kan niemand verbied om sulke Afrikaanse ``vryheidsliedjies'' te sing soos dié wat mnr. Behr en enkele ander Maties saam in 'n kamer gesing het terwyl hulle in Lusaka was nie. Die SR keur dit egter nie goed nie, en mnr. Van der Spuy is self daarteen gekant. Hy het in Suidwes versoek dat die toerlede nie weer sulke liedere sing nie. Mnr. Behr het by navraag gesê Suid-Afrikaners het satires oor mev. Winnie Mandela, oud-min. Hendrik Schoeman en ander politieke leiers. Die betrokke liedjie wat oor pres. Botha en mev. Elize Botha gesing is, word die afgelope drie tot vier jaar deur verskeie mense gesing. Dit gaan oor die NP se hervormingsbeleid en hoekom dit ``tot stilstand gekom het''. 'n Mens moet die sing van die liedjie binne dié konteks sien. ``Enigiets wat ek sing of enige geluid wat ek op enige plek, ook in Lusaka maak, is ek bereid om op Woensdag se middaguur-vergadering weer te gee,'' het mnr. Behr gesê. Volgens hom het die Matie-toergroep in Lusaka die keuse gehad of hulle aan gespreksforums met of sonder verteenwoordiging van die ANC wil deelneem. Dertien Maties, onder wie drie SR-lede, was bereid om deel te neem aan gespreksforums waarin ANC-lede sitting gehad het. Die Maties se deelname aan die gespreksforums en die positiewe siening daarvan deur die Afrika-media ``het die US op die Afrika-kaart geplaas'', het mnr. Behr gesê. Die voorsitter van die Populêre Studente-Alliansie (PSA) van die Maties, mnr. Danie Kriel, het gesê die besluit van SR-lede om wel met die ANC te praat nadat die SR vroeër teen sulke gesprekke besluit het, bring die legitimiteit van toekomstige SR-mosies in gedrang. Hy het ook die sing van die ``vryheidsliedere'' 'n skande genoem.

ANC Studente Universiteite

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/05/2/5.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,6 April 1989 bladsy 7:Rektor eers geken voor toere Rektor eers geken voor toere

DIE Matie-studenteraad het gistermiddag 'n onderneming aan die Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Mike de Vries, gegee dat hy oop kaarte sal speel oor enige toekomstige toere en die universiteitsbestuur eers sal raadpleeg voordat hy 'n besluit oor 'n toer neem. Prof. De Vries het die volle SR gistermiddag laat oor die toer na Lusaka twee weke gelede gespreek. Die SR het prof. De Vries meegedeel dat hy 'n toer na Zaïre vir die Junie-vakansie beplan en dat hy moontlik ook Angola wil besoek. VERTROUE Toe prof. De Vries oor mnre. Mark Behr en Pierre van der Spuy se uitsprake op 'n vergadering gister op die kampus (berig hierby) uitgevra is, het hy gesê die SR het onderneem om oop kaarte met die studente-unie en die universiteitsbestuur te speel indien hy weer 'n soortgelyke toer oorweeg. In die geval van die beoogde toer na Zaïre sal hy en die direkteur van studentesake, prof. Flip de Wet, ook saam met die SR-lede besin. Die twee Vise-rektore sal moontlik ook geraadpleeg word. Prof. De Vries het gesê sake soos die toer na Lusaka kan nie deur 'n SR in isolasie gereël word nie. Hy moet die studente-unie en die universiteitsbestuur daaroor in sy vertroue neem. Prof. De Vries het gesê 'n toer na Zaïre en Angola is in dié stadium nie wenslik in die lig van die konflik in Suidwes nie. 'n Mens weet egter nie hoe die situasie oor drie maande kan verander nie, het prof. De Vries gesê.

Universiteite Studente ANC

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/06/7/4.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,6 April 1989 bladsy 7:SR-leier steun ANC-gesprek SR-leier steun ANC-gesprek

DIE voorsitter van die Matie-studenteraad, mnr. Pierre van der Spuy, het gister sy steun toegesê aan die SR- lede van die Maties wat verlede maand in Lusaka met lede van die ANC gepraat het. Mnr. Van der Spuy het gepraat in 'n debat van die Stellenbosse Aktuele Aangeleenthede-Kring (SAAK) op die kampus waarop die agttien lede wat die toer na Lusaka meegemaak het, onder meer hul optrede verduidelik het. Mnr. Van der Spuy het 'n verklaring namens die agt SR-lede wat op die toer was, uitgereik waarin hulle hul lojaliteit teenoor die Universiteit van Stellenbosch betuig. Hy het gesê die optrede op die toer was nie daarop gemik om die naam van die universiteit by die Matie-toer na Zambië in te sleep nie, lui die verklaring. ``Ons vra egter nie vir ons optrede verskoning nie. Ondanks alles sal ons weer op 'n soortgelyke toer gaan,'' lui die verklaring wat namens die SR-lede deur mnr. Van der Spuy voorgelees is. VERRASSING Mnr. Van der Spuy het gesê hy steun die SR-lede wat met die ANC gepraat het ten volle, al sou dit hom sy voorsitterskap kos. Later het mnr. Mark Behr, SR-lid vir die Stellenbosse Politieke Ondersoek- en Gesprekkomitee (Spog), gesê as die huidige Matie-toer 'n verrassing was, wag nog 'n groter verrassing wanneer ``die Maties in Julie die frontliniestate gaan besoek''. In sy toespraak het mnr. Van der Spuy gesê die agttien Maties is in hul individuele hoedanigheid na Lusaka. Die naam van Spog, 'n SR-komitee, is aan dié deel van die toer onttrek weens die sensitiwiteit van die besoek wat die naam van die universiteit kon raak. ``Ek is jammer dat daar enige geloofwaardigheidsgaping rondom my persoon ontstaan het. Ek het juis, omdat ek die onderneming gegee het, nie deelgeneem aan die gesprekke in die forums waar die ANC teenwoordig was nie en het my onttrek soos ek onderneem het,'' het mnr. Van der Spuy gesê. CHRISTEN Die tyd het ryp geword dat alle politieke partye betrokke in die politieke arena in Suid-Afrika deelneem aan 'n gesprek oor die toekoms van die land. Mnr. Van der Spuy het gevra of 'n Christen wat met 'n atëis praat, skielik nou 'n ateïs word. ``Waarom is iemand wat met die ANC praat, nou skielik 'n ANC-profeet binne Suid-Afrika,'' het hy gevra. Hy het bygevoeg dat hy geweld en kommunisme verafsku. In vraetyd het mnr. Danie Kriel, voorsitter van die Populêre Studente-Alliansie (PSA) gesê die SR-lede het met hul ANC-gesprekke een tree vorentoe en twee treë agteruit gegee. Hul optrede het meer nadele as voordele ingehou. Die vormalige voorsitter van SA se Maties-tak, mnr. Herman Thiel, wou weet of die SR-lede se optrede om met die ANC te praat ná 'n besluit van vroeër dat die SR nie met die ANC gesprek sal voer nie, nie die gees van dié besluit skaad en vertroue in die SR skend nie.

ANC Studente Universiteite

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/06/7/5.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,7 April 1989 bladsy 11:'SR moet optree ná ANC-gesprek' 'SR moet optree ná ANC-gesprek'

DIE lede van die Matie-studenteraad wat na Lusaka getoer en met die ANC gepraat het, het hul vertrouensverhouding met die Maties se studente-unie en met die Rektor verbreek en moet sekere ``regstellende aksies'' onderneem. Só het prof. Mike de Vries, Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, gesê nadat hy eergistermiddag 'n vertroulike gesprek met die volle SR gevoer het. Prof. De Vries het benadruk dat die studente-unie van die Maties hom oor dié verbreking van vertroue sal moet uitspreek, of hy daarmee genoeë neem of nie. Die Rektor se verklaring volg nadat skerp kritiek op die Matie-kampus vandeesweek uitgekring het oor die deelname van drie Matie-SR-lede en tien ander Maties in Lusaka aan gespreksforums waaraan lede van die ANC ook deelgeneem het. VRYHEID In sy verklaring het prof. De Vries gesê die US is 'n groot voorstander van vryheid van assosiasie, vryheid van spraak en van openlike debat. Die Universiteit kan daarom nie per se gesprekke wat individuele lede van sy gemeenskap voer, met wie ook al, afkeur nie. Die universiteitsgemeenskap is egter 'n gemeenskap van saamlewendes wat bepaalde gesamentlike ideale uitleef en waarin 'n onderlinge vertrouensituasie 'n belangrike voorafbepaalde ooreenkoms is om juis dié waardes te waarborg. As lede van die universiteitsgemeenskap dié onderlinge vertrouensituasie skend deur hul optrede of uitsprake, skep hulle onnodige spanninge binne die breëre gemeenskap. Die samesprekinge van 'n groep studente, onder wie agt SR-lede, in Lusaka die afgelope week en die wyse waarop die toer gereël is, en inligting nie deurgegee is aan die studente-unie nie, bring ongelukkig sulke spanninge na vore. Die vraag is nie of samesprekinge met die ANC gevoer moet of mag word nie - die vraag is of die studente-unie binne sy wyd-omvattende raamwerk van openlike gesprek so 'n reëling goedkeur. Die SR het kort voor die groep se vertrek uit eie beweging 'n mosie aangeneem ``dat lede van die studenteraad van die termyn 1988/89 nie sal gesprek voer met die ANC nie''. Hierdeur en deur verklarings wat daarna deur die SR-voorsitter uitgereik is, is 'n baie spesifieke boodskap aan die studente-unie en aan die Rektor oorgedra. REGSTELLENDE AKSIES Of die mosie van die SR bindend is op lede van die raad in hul persoonlike hoedanigheid of nie, is nie die kernpunt van die debat nie. 'n Vertrouensverhouding is teenoor die Rektor en die studente-unie verbreek, het prof. De Vries gesê. Hy het bygevoeg dat die studente-unie homself daaroor sal moet uitspreek. Prof. De Vries het aan Die Burger gesê hy het 'n ongeskrewe ooreenkoms met die SR aangegaan dat hulle ``sekere regstellende aksies ná hul gesprekke in Lusaka die afgelope paar dae sal moet onderneem''. Dit hang nou van die SR af hoe hy dit sal doen, het prof. De Vries gesê.

Universiteite Studente ANC

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/07/11/22.html 1/1 NUUS Namibia se bloedigegeboorte

aan die lig gekom: 'n intensiewe word vrae nou gevra of dit werklik Maar die sonnige dag het vinnig die dorpie rondgele, smeerveldtog wat deur die Suid­ Van bladsy 1 nodigis dat die SA Veiligheidsmagte . in 'nlelikeApril-grap veranderterwyl Die massabegrafnis was 'n som­ Afrikaanse Weennag teen Swapo op so groot skaal ontplooi word. hy met gewapende Swapo-guerril­ ber geleentheid soos burgers die erg gevoer word. Gorbatsjof, sou bespreek en hulle Volgensberigte is kolonne pantser­ las, wat in die dorpie aangekomhet, verminkte lyke in die graf gegooi Die jongste voorbeeld is 'n saam 'n plan van aksie sou probeer voertuie van Walvisbaai af op ,pad gesels het, het, Pastoor Thomas Ndwakalunta dokumentgetiteld "DieVolleWaar­ uitwerk, Noorde toe. "Hulle het ons vertel dathulle die wasnogbesig om tebid toe 'n klomp heid", wat deur die weermag in die Partyvan die dooieguerrillaswat Die grootste probleem om die VV kom groet en dat hulle terug Casspirs weer aangejaag kom. noorde van Namibia versprei word joernaliste gesien het, was gekleein gevegte te beeindig, is om 'nboodskap gekom het na hulle vaderland." Hulle het die lyke kom haal wat en watdie week aanVrye Weekblad die uniforms van die weermag van by die Swapo-vegters te kry. Radio Volgens Josiah het Casspirskort sedertSondag in diedorpIeen mtbind gegee is. Daarin word gese dat in­ Kenia. Dieweermaggaan deeluitmaak Owambo het gister begin met uit­ daama brullend die dorpie bin­ het. dien Swapo aan bewind sou korn, van die VV-vredesmag. sendingsom die vegters in te lig oor negekom en op die guerrillas begin Die pastoor se die guerrillas het hullevrouesalverkrag, skoleafbrand, Op 'n perskonferensie gister in dieskikplan en hulle te vraomhulself skiet. Meer as 30 lede vanSwapo is gedink hullegaan deurUntagontvang kapitaliste vermoorengebouevemie­ Windhoek het die Administrateur­ oor te gee. doodgeskiet, 14hutte isvernietig en , word, maar toe word hulle deur die tig.Stamkonflik woolook aangeblaas. Generaal,Louis Pienaar,gewaarsku Die sentiment in Windhoek is borne is platgery. Gelukkig is geen polisie afgemaai. Die weermag is reeds deur ver­ dat indien Swapo nie teen 12 uur ook anti-W. Dieonvermoe vanUntag van die inwoners dood nie. • Die Weermag se propaganda­ skeie politieke partye daarvan Saterdagmiddag hul wapens neer­ omsy logisitiese probleme op te los Die polisie het vragmotors vol dokument,waarvannouook'n video beskuldig dat hy kant kies in die gele het nie, die veiligheidsmagte en sy manskappe in die noorde te mortiere, kanonne, missiele, gemaak is,is vol blatante onwaar­ verkiesingstryd endokumente namens .hulle met alles tot hulle beskikking ontplooi,10khewige kritiek uit, landmyne en ligte wapens buitge­ hede. Swapo se vemaamsteopponent,die sal agtervolg en jag. Swapo het die maak. Hier is woordelikse aanhalings DTA,versprei, Die weermaghetdit AG se aanbod vir veilige begelei­ Van die ergste gevegte het suid uit die dokument: deurgaans ontken. dinguit Owamboland verwerp, Koevoet 'bloei' vanOshikango aandie Angolese grens • Swapo het geen vermoe om die Diepropaganda-veldtogis strydig Dit is baie duidelik dat Swapo Peter Kenny berig uit Owambo: plaasgevind waar meer as 500 guer­ landteregeernie en salkritiekoorsy met die weerrnag se verklaarde basisse binne Namibia wi! vestig. Die geklap van geweerskote het na rillas die gebied ingesypel het. onvermoe met die wapendoodsmoor; amptelikebeleidomnie bypartypo­ Dit is heeltemal teenstrydigmet die Oshakati terug gekeer nadat vrede By die Onadjokwe-hospitaal 10 • Swapo is ... 'n Wambo-organi­ litiek betrokke te raak nie. Soos die huidigeskikplan. byna'nlewenswyse in diedorpgeword km van Ondangwa af hetmeer as 'n sasie waar geen ander etniese groep VVen Untag, is Suid-Afrika en sy Verskeiedorpiesin Owamboland het. honderd troepe die gebou en die enige belangrike pos sal vul nie. weermag ook veronderstelom neu­ is verlate nadat die inwoners voor Dieergstegevegtesedertdiebegin nabygelee hoofkwartier van Enige teenspraak hiermeesal tot jou traal te staanteenoordie verskillende die gevegte gevlug het. van die oorlog het die week pia­ Evangeliese Lutherse Kerk van dood lei; politieke groepe in Namibia tydens Huise van inwoners in die asgevind en meer as 200 Swapo­ Namibia omsingelen 'n saal tot saal • Alle persone wat nie die party die aanloop tot die onafhank­ Oshimhurnhu-gebiedisna bewering vegtersen24 ledevan dieveiligheids­ en huis tot huis klopjag uitgevoer, se doelstelling op die letter en woord likheidsverkiesings. deur helikopters aangeval en afge­ magte is in die skietery dood. omdat hulle gedink het dat daar nakom nie, sal gedood word; Dit is steeds nie duidelik wat brand. Intussen: word berig uit die 'nLidvandievoorrnalige Koevoet­ guerrillas skui!. • Stem vir Swapo ~ .. om van die daartoe aanleiding gegee het dat die gebied dat Swapo-vegters aan in­ eenheidvandie Suidwes-Afrikaanse "Maar hulle het niks gevind nie honger te sterf is 'n baie aaklige en Swapo-rnagte die land weer moes wonersvertel dat hulle nie die land Polisie (Swapol) het by 'n kroeg in en het na drie ure weg gegaan," het stadige dood; en binnegaan in stryd met Resolusie binnegekom het om oorlog te maak Oshakati ingestrompel en gemom-, pastoor Reijo :Kaarto aan Vrye • Totaleongebondenheid aanenige 435 nie. Vrienden vyandstem saam . nie, maar om basisse in Namibia te pel: "Koevoet bloei." Weekblad gese. wetsal aan die orde van die dagwees dit was 'n ernstige oordeelsfoutwat vestig, Een van die eerste dorpies wat Die dorpie Ondishifilwa 30 km wat sal lei tot algehele chaos wat Swapo duur te staan kan kom in Vrye Weekblad verneemdat toe deurdieskietery getrefis,isOkahenga, ' hiervandaan het gedink bevryding aktiwiteite soos afbrand van skole, terme van intemasionale respek en .waamemers van Untag 'n gevange sowat30 kmnoordoos vanOshakati, het aangekom toe 'n groepguerrillas verkragtings, diefstal, vernietiging binnelandse steun. Swapo-guerrilla Saterdag ondervra waarWedengeJosiah, 23,besigwas op 1 April daar aankom. Maar net vankapitalis tese eiendomen dieuit­ Daar is verwag dat Margaret het, hy onbewus was van die im­ , om voorbereidings te tref vir die daamahet'n klompCasspirs opgedaag moring van ondersteuners van die Thatcher Swapo se verbreking met plikasies van Resolusie435.. ...feesvierings vir die implementering en die slagting het begin.'n Paar uur vorige kapitalistiese bestel sal ins­ die besoekende Sowjet-leier, Mikhail . Opperskonferensies in Windhoek van die VV-vredesplan op 1 April.. laterhet die lyke van 22 guerrillas in luit. Matiesnie spyt --s; Suider-Afrika Eugene Terre'Blanche verskyn in die landdroshof op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en crimen injuria oor die Paardekraal-voorval, Drr Beyers Naude, Allan Boesak en aartsbiskop Desmond Tutuword na oor Lusaka-toer die VSA genooi om aan 'n forum deel te neem om 'n vreedsame einde vir te ondersoek. TWEESPALT heers iii. die Maties se.5R na die besoek Drle Untag-ledesterf in motorongelukke in Namibia. van 18 Maties aan Lusaka, waar hulle samesprekings . Anton 5teenkamp gevoer het met die ANC. - Grensposte word opgerlg tussen Suid-Afrika en Namibia. Ondanlcs smeerpamflette teen hulle en viktirnisasie Beweerde bedrog van R47 miljoendeur bankamptenarevanTrust Banken van sommigetoerlede,is hul standpuntvanonderhande­ UWK,Kaapstad, , Wits, NatalenRhodes, EersteNasionale Bankworddeur die handelstakvandie polisie ondersoek. ling met die ANC met sowelasKhanya-kollege,isvoorgelees in dievolgepakte applous begroet op 'n saal in die BJ Vorster-gebou. Sandlie Thusi word vrygelaatmaar ingeperk mi 'n eetstaking van 38 dae. vergadering Woensdag Sewentienakademicivan die universiteite van Preto­ Simon Ntombela, wat uit 'nDurbanse hospitaal ontsnap en in die Ameri­ wat deur sowat 1 500 ria, Potchefstroom,die Witwatersrand en Unisahet ook kaanseambassadeskuilinggesoekhet,wordweerinhegtenisgeneem,maar studente bygewoon is. hul steun aan die Maties toegese, kort daarna vrygelaat. . Die SR"voorsitter, Die toerleier,Mark Behr, het gese diegene wat meen . Pierre vander Spuy, het dat die samesprekings die universiteit se naam skade Nog 'n voormallge hongerstaker, Tebego Mngomezulu, soek skuiling in op die etensuurverga­ berokken het, klaarblyklik net dink in terme van die die Britse konsulaat-generaal in Johannesburg, maar verlaat weer die derlng gesehy steun on­ blanke inwonersvan die land. .. konsulaatna 'nversekeringdeurAdriaan Vlokdathy nie inhegtenisgeneem derhandeling met die In 'n private vergadering metdie SR-voorsitterDinsdag sal word nie. ANC, selfs al sou dit sy . het die rektor, prof Mike de Vries, gese die samespre­ 'n Gewese onderwyseres bydie Laerskool Greykollege in Bloemfontein, posisie as voorsitter in kings met die ANC het die beeld van die universiteit . Martha Volgraaff, woidskuldig bevind op ses aanklagte van ontug met die gedrang bring. geskaad en kon lei tot geldelike verliese. minderjarige seuns. ' Verskeie briewe ter Na sy mening is 'n vertrouensverhouding met die ondersteuning van die , rektor en die studente-unie verbreek, "en hieroor sal die Nuwe dorpsgeblede moet oopgestel word vir alle rasse, vra die NP-LP vir groep, onder andere van studente-unie homself moet uitspreek, of hy daarmee Benoni, Johan Lemmer. genoee neem of nie". . Prof Mike de Vries die studenteradevan die 'n Vermeende ANC·guerrllla word deur die polisie doodgeskiet in . ' Dokters behande140 inwoners van Braklaagte wat na bewering deur die Kom spreek ODS, ODS wit jon toesillit Bophuthatswana-polisiemishandel is. GrundlinghhetaanJohanvander bring. Die polisie het ook beedigde Mayfair in Johannesburg, WindmiUparkop Boksburg en Warwick Tri­ . Vyver,diehoofvan diedepartement Vanbladsy 1 verklarings ingedien wat voor die angl~ in Durban word oorweeg as vryvestigingsgebiede. van beroepstudies by die kollege, hof sal dien. Drle geboue In Johannesburg word met die inplof-metode gesloop. gese hulle wil Madinet vir omtrent weens sy beweerde betrokkenheid "Ekhet gehoop die roepnota sou 'n halfuur spreek. by die Soweto Civic Associationen Madi op sy gemak stel en sy nuus­ Swart verpleegsters kla oor "rassistiese" werksomstandighede by blanke , Madi is later oorgeplaas na die die Soweto Youth Congress. Madi ~ierigheid prikkel sodat hy self by hospitale.. Krugersdorp-gevangenis sonder dat ontkendat hy ooit 'n lid was van die die polisiekantoor aanmeld," se sy prokureurs of sy rna in kennis SowetoCivic Association,en se hy Grundlingh in sy verklaring. Die Unlverslteft van Stellenhosch ontvang R2 miljoen van Sasol. gestel is.Symahetuiteindelikuitge­ waslaas in 1984 as skolierby Soyco "Die ironie van die saak," het Aartsblskop beskuldig die Suid-Afrikaanseregering van vind hy wordin Krugersdorpaange­ betrokke. Madiseprokureur aan VryeWeekblad "ongehoorsaarnheid aan God" weens sy apartheidsbeleid. hou enhetsoontoe gestap vanSoweto Madise prokureurshet h~rhaalde gese, "is dat geharde aktiviste in af· net om te hoor dat hy "gestraf vertootot sy vrylatingaandieminis­ Krugersdorp vrygelaatis terwylMadi 'n Man wat sy seuntjie en die se swart vriendinnetjie na 'n kinderpoel word omdat hy op 'n eetstaking is", ter van Wet·enOrde, Adriaan Vlok, nog steeds aangehou word. Dit lyk geneem het, word weggewysvan 'n "blanke" strand in Durban. en nie besoekers mag ontvang nie. gerig.Vlok het nie daaropgereageer asof dit nou jou kanse op vrylating UitdiebCedigde verkIaringsvoor nie, en die prokureurs het 'n drin­ benadeel as jy ,'n aansoek voar die Ailepolltieke kommentaar Inhlerdle ultgawe van Vrye Weekblad Is deurMaxdu Preez, . die hofblyk dit datMadi aangehouis ' gende aansoek vir sy vrylating ge- hofhring." enopskrlfte deufRyk Hattingh. Albeltsvan Bre6straat 153, Newtown, Johannesburg.

2 VryeWeekblad, 7 April 1989 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,12 April 1989 bladsy 4:Matie-hof moet besluit oor SR se ANC-mosie Matie-hof moet besluit oor SR se ANC-mosie

TWEE Matie-studenteraadslede wat in Maart met lede van die ANC in Lusaka gepraat het, het by die Matie-studentehof aansoek gedoen dat die SR-mosie wat gesprek met die ANC afkeur, ongeldig verklaar word. In die aansoek het die twee SR-lede gesê die besluit wat die SR op 20 Maart geneem het en waarin hy onderneem dat ``die SR nie sal gesprek voer met die ANC nie'', is ultra vires en ongeldig. Een van die aansoekers is die SR-lid vir die Stellenbosse Ondersoek- en Gesprekkomitee (Spog) en voormalige voorsitter van Nusas se Matie-tak, mnr. Mark Behr. Die ander is mnr. Riaan van Greunen, SR-lid vir verenigings en primarius van die manskoshuis Simonsberg. Die verweerder is die Matie-SR. Die studentehof sal waarskynlik aanstaande week oor die aansoek sit. Die aansoek volg op skerp kritiek op die Matie- kampus oor die ANC-gesprekke wat drie SR-lede en tien ander Maties verlede maand in Lusaka gevoer het.

universiteite anc

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/12/4/4.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,19 April 1989 bladsy 11:Maties se beeld afgebreek Maties se beeld afgebreek

MNR. ANDREW GERBER (KP, Brits) het gesê die feit dat die eerste gesamentlike debat in die Volksraad gehou word, stry teen alle beloftes van die Regering. Hy het oor die onlangse Matie-gesprek met die ANC in Lusaka gesê sulke optrede breek die beeld van die Universiteit van Stellenbosch af. Die universiteit pluk egter nou die vrug van die jarelange beïnvloeding, naamlik dat die US die tuiste van die Afrikaner-liberalis is.

Parlement Begroting Universiteite ANC Studente Terrorisme

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/19/11/4.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,21 April 1989 bladsy 14:Klein poging beter as geen Klein poging beter as geen

ANDRÉ VAN DER SPUY, Plettenbergstraat 80, Welgemoed, skryf: Gun my asseblief die volgende opmerkings na aanleiding van die politieke rubriek van Dawie in Die Burger se uitgawe van 29 Maart. Die afgelope week was daar 'n hewige polemiek oor die ``safari'' van agttien studenteleiers van die Universiteit van Stellenbosch. NET DRIE LEDE Op hierdie toer het die studente, onder wie agt Studenteraadslede, op uitnodiging van pres. Kenneth Kaunda Zambië besoek, waar hulle samesprekings gevoer het met 'n groot aantal verteenwoordigers van 'n wye verskeidenheid van nasies. In teenstelling met sekere berigte het egter net drie SR-lede gesprek gevoer met sekere lede van die verbode African National Congress. Dit is reeds 'n cliché dat die jeug van vandag die leiers van môre is, maar hierdie stelling dra in die huidige Suid-Afrika al hoe meer gewig. Dat die Suid-Afrika van môre anders gaan lyk as die Suid-Afrika van vandag, is 'n voldonge feit. Aangesien 'n baie groot taak op die leiers van môre rus (nie net op politieke vlak nie, maar op elke vlak van die samelewing), is dit noodsaaklik dat hulle goed voorbereid moet wees op die veranderinge wat gaan intree. Juis met hierdie agtergrond kan ons die besoek van die Maties evalueer. Dawie het heel waarskynlik reg dat hierdie studente nie tans die aanleg van gesoute politici het nie, maar wat hulle wel het, is die inisiatief om te besef dat enige poging, hoe klein ook al, op die pad na vrede steeds stukke beter is as geen poging nie. Een van die grootste probleme in ons land is 'n gebrek aan kommunikasie tussen verskillende partye, wat noodwendig lei tot onbegrip, wat weer op sy beurt lei tot vrees, waarop konfrontasie teer. Dit is dus duidelik dat, al het hulle nie 'n kitsresep vir vrede in Suid-Afrika ontdek nie, 'n poging tot beter wedersydse begrip reeds 'n stap op die regte pad is. NIE GEDIEND Daar is 'n geleentheid geskep om sekere punte te steun en af te keur. So het die SR-voorsitter, mnr. Pierre van der Spuy, dit dan in sy toespraak voor pres. Kaunda ook duidelik gemaak dat hy glad nie gediend is met die geweld van sekere organisasies nie, maar wel bereid is om vrede na te streef.

Briewe ANC Studente Universiteite

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/04/21/14/9.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,4 Mei 1989 bladsy 2:Voëlvry se konsert by Maties verbied Voëlvry se konsert by Maties verbied

Van Ons Kantoor STELLENBOSCH. - Die Rektor van die Universiteit van Stellenbosch het gister in 'n verklaring bekend gemaak dat die Voëlvry-konsert met sogenaamde alternatiewe Afrikaanse kunstenaars nie op die kampus aangebied sal word nie. Luidens prof. Mike de Vries se verklaring stel die universiteit 'n hoë premie op goeie maniere en verfyndheid van optrede. As hy sou toelaat dat dié aanbieding op sy kampus plaasvind, sou dit dié strewe beslis skaad. Volgens die verklaring sal die konsert ``nie op die kampus en ook nie op 12 Mei as deel van die Fees van die Kunste aangebied word nie''. Die organiseerders van die konsert het gister gesê dit gaan nou in 'n hotel buite die dorp aangebied word. Die groep is tans op 'n landwye toer. Hul optrede is op drie Afrikaanse kampusse verbied, en 'n vierde, die Universiteit van Port Elizabeth, kon nie 'n lokaal aan hulle beskikbaar stel nie. TRADISIE Die kunstenaars, Bernoldus Niemand en Die , André Letoit en die Gereformeerde Blues Band, asook die kampusorganiseerders, Radio Matie en die politieke gesprekgroep Spog, het gister hul teleurstelling oor die besluit uitgespreek. Een van die kunstenaars, Johannes Kerkorrel, het gesê dit is baie jammer dat die konsert veral op die Matie-kampus verbied is, waar daar meer 'n tradisie van bevraagtekening en openlikheid is as op ander Afrikaanse kampusse. Mnr. Dirk Uys, die Voëlvry-groep se toerorganiseerder en -bestuurder, het gesê die platemaatskappy Shifty Records, een van die organiseerders van die toer, gaan 'n eis teen die universiteit instel weens die verliese wat hulle gely het. Mnr. Mark Behr, SR-lid vir die politieke gesprekgroep Spog, het gesê Spog gaan aanstaande week 'n protesvergadering oor die besluit hou. Hy het die universiteit gevra om die besluit te heroorweeg.

universiteite konserte musiek

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/05/04/2/1.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,9 Mei 1989 bladsy 2:US-SR 'het met ANC-gesprek in toekoms belê' US-SR 'het met ANC-gesprek in toekoms belê'

Van Ons Kantoor STELLENBOSCH. - Die Maties het 'n groter (politieke) verantwoordelikheid as die Ikeys omdat hulle aan 'n apartheidsinstelling studeer. Hulle moet hulle daarom nie net vir oop koshuise beywer nie, maar ook vir gelyke regte vir almal, het mnr. Franklin Sonn, Rektor van die Technikon Skiereiland, gister hier gesê. Mnr. Sonn het op 'n Nusas-vergadering gesê hy het bemoediging geput uit die feit dat die Matie-studenteraad met die ANC gaan praat het. Hulle het daardeur in Suid-Afrika se toekoms belê, het hy gesê. Mnr. Sonn, wat oor onderwys in 'n apartheidstelsel gepraat het, het gesê hy het besluit om die studente op dié vergadering toe te spreek hoofsaaklik om hulle aan te moedig om vol te hou om standpunt in te neem en die vryheidstryd vir 'n vredevolle, nie-rassige en demokratiese land voort te sit. Hy het na die toer na Lusaka verwys en gesê hy haal sy hoed vir die studenteleiers af. ``Die gesprekvoering is 'n bewys dat ons nie verskillend is nie, ons is Comrades wat toegewy is aan 'n nie-rassige ideaal. ``Ek het aan RAU se studenteraad, wat my kom spreek het, gevra hoekom hy nie ook met die ANC gaan praat nie,'' het hy gesê. Mnr. Sonn het gesê ondanks die Regering se verbintenis tot gelyke geleenthede in die onderwys, kom ongelykheid steeds voor asook 'n vermorsing van geld - uit vrees dat die blanke kieser in opstand sal kom indien van die blanke geriewe vir die swartmense gegee word, het hy gesê. ``Die Regering vergroot steeds die gaping tussen blanke en gekleurde onderwys en bestee in reële terme minder aan onderwys vir gekleur- des. ``Slegs 73 persent van die beskikbare plekke in blanke laer skole in Natal, die Vrystaat en Transvaal word benut, en daar is 23 666 leë plekke in blanke skoolkoshuise. Altesame sewentig blanke skole het van 1984 tot 1987 gesluit. ``Daarteenoor kon 2 503 swart kinders nie tot skole toegelaat word nie, en is daar 'n tekort van 6 766 klaskamers in swart skole.'' Mnr. Sonn het gesê die onderwysdilemma is aan die parlementêre stelsel van eie en gemeenskaplike sake te wyte. ``Die Afrikaner regeer met 'n boereplaasmentaliteit,'' het hy gesê. ``Hy stel ministers aan om die probleme van eie sake, soos onderwys, te hanteer, terwyl hy steeds die baas bly en oor byvoorbeeld die begroting besluit. Ons (gekleurdes) het dus nie 'n demokratiese bedingingsposisie nie,'' het hy gesê.

ANC Universiteite Studente Apartheid

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/05/09/2/3.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAAT,10 Mei 1989 bladsy 5:Maties betoog oor Voëlvry-konsert Maties betoog oor Voëlvry-konsert

FOTO: S/W HET VERSKYN IN LAASTE Van Ons Kantoor STELLENBOSCH. - Uitsluitsel oor die omstrede Voëlvry-konsert wat op die Matie-kampus verbied is, sal vanoggend gegee word nadat 'n groot groep studente gistermiddag met baniere en plakkate voor die administrasiegebou op die kampus protes aangeteken het. Dit het gevolg op 'n vergadering waarop meer as 'n duisend studente hul ontevredenheid met die verbod te kenne gegee het, en 'n dreigende protesoptog ontlont is. WATERSAKKE Die protesgroep, wat 'n drie kwartier lank op die trappe voor die gebou gesit en soms Afrikaanse volksliedjies gesing het, het op 'n antwoord van die Rektor, prof. Mike de Vries, aangedring. Die groep is met watersakke gegooi deur inwoners van Wilgenhof wat die Rektor se besluit steun en teen die protesvergadering gekant was. Die kampusorganiseerders van die konsert, Spog, het in dié tyd samesprekinge met die Rektor gevoer. Mnr. Mark Behr, SR-lid vir Spog, het later aan die studente gesê die Rektor sal met die Vise-rektorskomitee beraadslaag en vanoggend om agtuur uitsluitsel gee. BESKERMING Sowat twintig verenigings en organisasies op Stellenbosch en sestig dosente het gister se protesvergadering ondersteun. Boodskappe van steun is deur voorsitters van die studentetak van die Demokratiese Party, Nusas, die Populêre Studente- Alliansie, die Unie vir Demokratiese Universiteitspersoneel en die Katolieke Vereniging voorgelees. Prof. Gerhard Lubbe van die regsfakulteit het op die vergadering gesê die universiteitsbesluit is geneem weens die beskerming van ``oordrewe heilige koeie van die Afrikaanse politieke kultuur''. Suid-Afrika is tans in 'n moeilike situasie, en die kunstenaars gee in musiek soos dié uitdrukking daaraan. Om dit te verbied, is 'n fundamentele mistasting, het hy gesê. OPTOG 'n Mosie waarin 'n dringende beroep gedoen word om die konsert op die kampus te laat voortgaan, is met 'n oorweldigende meerderheid aanvaar. Elf mense het daarteen gestem en vier het buite stemming gebly. 'n Protesoptog - wat ingevolge 'n Universiteitsraadbesluit onwettig is - is ontlont nadat die voorsitter van die Populêre Studente-Alliansie, mnr. Danie Kriel, aan die studente gesê het dat die vergadering 'n bewys van vreedsame protes was, maar dat 'n optog nie wenslik sou wees nie.

Musiek Konserte Universiteite Betogings

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/05/10/5/2.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,27 Julie 1989 bladsy 18:US se aktiviste gaan nou te ver US se aktiviste gaan nou te ver

A.J. WEST, Actonlaan 26, Helenahoogte, Somerset-Wes, skryf: ``Dit was vir my die grootste eer. Ek het op Stellenbosch gestudeer,'' lui 'n bekende cliché. Deesdae wonder 'n mens of dit nog gesê kan word. Ek maak beswaar teen mnr. Mark Behr en sy klein groepie Neelsie-flora wat die lewe vir elke student op Stellenbosch versuur. Ek is keelvol daarvoor om so 'n man in die Studenteraad te hê. Ek is keelvol vir 'n voorsitter wat in die Tygerberg sit en uit voeling met die studente op Stellenbosch is en 'n voorstander is van protesoptogte vir 'n saak waarteen die meerderheid gekant is. Ek is keelvol vir Nusas se arrogante optrede op die kampus asook die flagrante oortreding van universiteitsreëls. Ek was geskok dat mnr. Behr mense (wat hulself 'n groepie Christene noem) van Brittanje en Amerika laat kom (terloops, wie het hul koste gedra?) wat op 18 Mei voor duisende studente gesê het: ``Die blankes se bloed sal vloei in hierdie land.'' Dan word daar nog gevra hoekom gemoedere hoog geloop het! Ek is moeg om te hoor hoe goed die ANC is. Dié organisasie sal nooit geweld afsweer nie, omdat dit hom 'n magsbasis gee. Wanneer hy geweld afsweer om te onderhandel sal dit 'n erkenning van sy nederlaag wees en sal hy maar kan vergeet om verdere steun van sy aanhangers te kry. Dit is ironies dat daar vanjaar skielik die een betoging ná die ander op Stellenbosch gereël is en Cosatu- en Nusas-pamflette versprei word dat dit 'n naarheid is. Hoekom? Is dit nie dalk omdat 'n ANC-man vroeër gesê het die ``stryd'' moet uitgebrei word na alle blanke woonbuurte, na skole en alle universiteite nie? Ek stel aan mnr. Behr die volgende vrae: Hoekom het 'n ANC-man ná hul uitstappie vroeër vanjaar gesê: ``Ons sal die stryd wen met die hulp van nuttige idiote wat gewillig is om hul eie mense te verraai''? Hoekom weerhou hy selfs van sy mede-Nusas-ondersteuners wat mnr. op 27 Maart aan hom in Lusaka gesê het? Hoekom sê hy dit nie openlik sodat almal kan hoor wat die ANC se ware doelwit met Suid-Afrika is nie? As mnr. Behr nie bereid is om hierop te antwoord nie, moet hy maar betogings by 'n sekere universiteit teen die berg gaan hou, beslis nie op Stellenbosch nie. (Die brief is aan mnr. Behr voorgelê, maar geen reaksie is ontvang nie. - Red. D.B.)

briewe universiteite studente anc

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/07/27/18/3.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,19 Augustus 1989 bladsy 1:Skote geskiet op linkse Matie-leier Skote geskiet op linkse Matie-leier

FOTO: S/W HET VERSKYN (Mark Behr) Deur SHAVILLE FLEDERMAUS VIER skote is gisteraand omstreeks agtuur op Stellenbosch op mnr. Mark Behr (25), Nusas-bestuurslid en ook SR-lid van die Maties, geskiet terwyl hy gestudeer het. Die skote is uit die donker deur sy slaapkamervenster in Devon Valley gevuur terwyl mnr. Behr met sy rug na die venster agter sy lessenaar gesit het. Hy is nie raakgeskiet nie. Dié aanval volg nadat mnr. Behr se motor vroeër vandeesmaand vir die derde keer deur vandale beskadig is. ``Weg met Behr'' is met groot rooi letters op sy motor geverf terwyl dit by die huis van mej. Leslee Durr, Nusas-voorsitter, gestaan het. LUSAKA Lt. Denise Benson, 'n skakeloffisier van die Polisie in Wes- Kaapland, het gesê vier patroondoppies is buite mnr. Behr se huis in Devon Valley, Stellenbosch gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, het lt. Benson gesê. Mnr. Behr se motor is vroeër vanjaar beskadig nadat dit bekend geword het dat hy en ander studente met die ANC in Lusaka gaan praat. Al vier bande van sy motor is stukkend gesny. Sowat agttien maande gelede, toe hy nog Nusas-voorsitter was, is twee van sy motorbande ook stukkend gesny.

skietvoorvalle universiteite

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/08/19/1/10.html 1/1 6/3/2014 DIE BURGER LAASTE,31 Augustus 1989 bladsy 27:Linkse verskrikking skrik hom koud Linkse verskrikking skrik hom koud

FOTO: S/W SKETS HET VERSKYN (Wynand Malan) POLITIEKE BROKKIES DEUR VRYBURGER VIR die land se linkse pers geld hoofsaaklik een reël: hoe linkser, hoe lekkerder. Vandaar die linkse koerante se onkritiese steun aan die Demokratiese Party, wat klaarblyklik nog linkser as wyle die arme, onbetreurde Progge is. &cchar1; Maar so dan en wan kom daar 'n onverwagte terugplof. Soos vandeesweek se opskrif, hieronder afgedruk, in die plaaslike ekstaties DP-gesinde oggendkoerant: ``FW's success''. Dit was 'n buitengewoon positiewe berig oor die welslae wat mnr. F.W. de Klerk op sy besoek aan pres. Kaunda van Zambië behaal het. Dus in die oë van die linkses net te goed om waar te wees. Ommeswaai 'n Skouspelagtige ommeswaai was voorspelbaar. En dit het gekom. Seker nadat die telefoonlyne witwarm gebel was. &cchar1; Gister had die symste koerant 'n honende, aftakelende hoofartikel oor die waarnemende Staatspresident se besoek. Met die strekking dat mnr. De Klerk (let wel: beskryf as die Nasionale Party se hoofleier) die rol van vredemakende diplomaat ``vir die edifikasie van die kiesers gespeel het''. Bid jou dit aan! Die landwye en wêreldwye positiewe reaksie op die De Klerk-deurbraak moes natuurlik so gou moontlik tot op die grond afgebreek word. En die linkse koerant het maar weer 'n ou swakheid laat blyk: sy haat vir die NP is groter as sy liefde vir Suid-Afrika. Maar dis soos die linkse DP se bondgenote lyk. Antjie Somers DIE groot ghoeroe van linkse toenadering tot die ANC en ander radikale, mnr. Wynand Malan, kla vreeslik. Die Nasionaliste hou hom dan kwansuis voor as 'n Antjie Somers van die linkse politiek. Tog te naar van hulle. &cchar1; 'n Regte bangmaakstorie, dus. Klein kindertjies kry groot oë, uile roep, dinge gaan doef in die nag en sterk manne raak bleek - as jy net ``Wynand Malan'' fluister. Hy's die verskrikking van links, die man met die nuwe bynaam van Antjie Somers. Selfs Tutu En daar skrik die ``troika''-leier hom toe boeglam vir sy radikale maatjies! Hy het agtergekom die MDM en hul trawante se ``vreedsame'' optogte en betogings loop uit op geweld. &cchar1; 'n Welkome ontdekking, hoewel laat in die dag. Nou lê mnr. Malan oorhoop selfs met die sanksiedrywende aartsbiskop Desmond Tutu, die verspotte geestelike wat die skuld vir geweld op die Polisie pak. Die DP-leier se angstige ommeswaai verklap baie dinge - maar miskien meer as enigiets anders watter enorme druk die linkse DP van die kiesers ondervind oor die party se vreemde konneksies met radikale magte. US-linkses DIE saak wat linkse Maties in die Kaapse Hooggeregshof teen die Universiteit van Stellenbosch verloor het, was natuurlik nog 'n teken van sommige links-liberale se intellektuele verwarring, indien nie politieke bankrotskap nie. Verbeel jou, dat sogenaamde liberale 'n hofsaak instel waarin hulle 'n klassieke liberale idee soos 'n universiteit se outonomie in twyfel wil trek! &cchar1; Dis eenvoudig verregaande. Maar dit dui maar net weer aan watter onverdraagsaamheid, watter warkoppigheid heers onder sommige wat hulle tog so graag as liberaal en intellektueel voordoen. Hierdie soort ding het die liberalisme oor baie jare in Suid-Afrika 'n slegte naam gegee. 'n Boerehater? 'n MENEERTJIE op Stellenbosch wat danig groot vir sy skoene geraak het, is die Nusas-voorbok mnr. Mark Behr. Dis hy wat in die bogenoemde hofsaak 'n beëdigde verklaring ingedien het wat daarop neerkom dat US ``rassisties'' sou wees. Dis nou omdat US homself as 'n universiteit met 'n Afrikaanse karakter sien en Afrikaans as voertaal wil behou. Kom glo neer op diskriminasie teenoor swartes. Verbeel jou! Rassisties. . . &cchar1; As die Universiteit van Stellenbosch nie meer 'n instelling vir Afrikaanssprekendes is nie, kan hy maar sy deure toemaak. En koebaai sê vir die idee van pluralisme en kulturele diversiteit, waaraan selfs linkses soms lippehulde bring. Linkses soos mnr. Behr se politieke onderrok steek so uit dat die Maties gerus kan wonder hóé anti-Afrikaans Nusas-tipes is. Sulke linkse tipes sal hard moet swoeg aan hul beeld, wat nogal baie herinner aan wat in die ou dae as die verskynsel van Boerehaat bekend gestaan het. Nusas-aanhangers wat hul taal-imperialisme soos 'n wafferse moderne lord Milner wil beoefen, kan dit maar op ander kampusse gaan doen. Intervarsity TERWYL ons by studentesake stilstaan: eergisteraand was daar 'n ander soort Intervarsity, op TV. 'n NP-vrou en 'n DP-vrou het mekaar gepak. Aan die een kant 'n oud-Ikey, mev. Sheila Camerer, vroeër UK se joolkoningin en nou NP-kandidaat in Rosettenville. Teenoor haar in die linkerhoek was 'n oud-Matie, mej. Dene Smuts, DP-kandidaat in Groote Schuur, wat seker gewens het Jane Raphaely http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/08/31/27/12.html 1/2 6/3/2014 DIE BURGER LAASTE,31 Augustus 1989 bladsy 27:Linkse verskrikking skrik hom koud kan kom help. &cchar1; Op die ou end was dit één Intervarsity wat die Maties verloor het. Wat net wys: Die SAKS kom terug! En die Nattes. Spierwit 'n BRIEFSKRYWER in Beeld, mnr. J.H. van Loggerenberg van Maudstraat 10, Florida, het die KP-leier raak getipeer. &cchar1; Hy skryf dr. Andries Treurnicht het 'n Omo-visie. ``Al my witgoed is witter.'' Die ekonomiese gevare DIE gevare van die opposisiepartye se ekonomiese beleid is die tema van die wen-rympie, ingestuur deur mnr. André Zietsman van Brunsweg 65, Mosselbaai. ``Die hantering van ons ekonomie is glad nie bo verdenking nie.'' Almal weet dr. Wassenaar het dit in sy boek verklaar. Maar met die insig van 81 jaar wys hy nou op 'n groter gevaar: ``Wen enige ander party gaan ons erger armoede kry.'' &cchar1; Vandag is die laaste kans om voor die verkiesing 'n rympie in te stuur. Rym kort en kragtig. Daar is 'n prys van R50 vir elke rympie wat geplaas word. Stuur u rympies aan: Rympieswedstryd Vryburger se rubriek Posbus 692 Kaapstad 8000

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/08/31/27/12.html 2/2