Matie-besoek aan Lusaka 1989 Van die berigte wat in die Afrikaanse media verskyn Vryehet - Vrye WeekVr eekblad eekblad 6/3/2014 DIE BURGER LAASTE,18 Maart 1989 bladsy 4:Pres. Kaunda het Maties na Zambië genooi Pres. Kaunda het Maties na Zambië genooi DIE beoogde besoek van agttien Maties, onder wie agt studenteraadslede, aan Zambië aanstaande week het niks met ANC-gesprekke te doen nie, maar geskied op uitnodiging van die president van Zambië, dr. Kenneth Kaunda. Só het die voorsitter van die Matie-SR, mnr. Pierre van der Spuy, gisteraand in 'n verklaring gesYe. Daar was gerugte dat die groep, onder die vaandel van die Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek (SPOG), die ANC in Lusaka gaan besoek. Die voorsitter van die NP- studentetakke, mnr. Dawie Wilkens, het gemaan dat gesprekke met die ANC die US se naam skade sal laat ly. Dit sal 'n herhaling wees van die chaos van 1985 toe agt Maties met die ANC in Lusaka wou gaan praat. Sowel mnr. André Gaum, SR-lid vir akademiese belange, as mnr. Tjaart van der Walt, sekretaris van die SR, het bedenkinge uitgespreek oor die wyse waarop party lede van die SR nie ingelig is oor die beoogde besoek aan Zambië nie. Albei het hulle gedistansieer van moontlike gesprekke met die ANC. Mnr. Van der Spuy het beweringe ontken dat die Maties met die ANC gaan praat. Hy het in die verklaring gesê SPOG sou Zambië en Suidwes oorspronklik besoek het. Vanweë bespiegelinge oor die besoek aan Zambië het SPOG besluit om net na Suidwes te gaan. MEERDERHEID Mnr. Van der Spuy het beklemtoon dat n²g hy n²g die SR- ondervoorsitter, mnr. André Olivier, hul weg oopsien om amptelik of nie-amptelik met die ANC te gesels. By navraag het mnr. Van der Spuy gesê die meerderheid van die Maties steun nie gesprek met die ANC nie. Hy het gevolglik nie 'n mandaat van die studente-unie om met die ANC te praat nie. Die SR steun die beginsel dat die pad van Suid-Afrika se toekoms deur Afrika loop en daarom is gesprek met studente en Afrika-leiers baie belangrik. In die lig hiervan beskou die SR die uitnodiging van pres. Kaunda in 'n baie positiewe lig, het mnr. Van der Spuy in die verklaring gesê. Die SR-voorsitter het gerugte ontken dat Idasa by die toer betrek is en die besoek aan Zambië finansieel ondersteun. Benewens mnr. Van der Spuy is die verklaring ook onderteken deur die sewe ander SR-lede wat die besoek meemaak. Hulle is mnr. Olivier, mnr. Mark Behr, SR-lid vir SPOG en voormalige voorsitter van Nusas, mnr. Riaan van Greunen, SR-lid vir verenigings, mej. Isa Burger, SR-lid vir kultuur en Sosius, mnr. Robert Bricout, SR-lid vir bemarking en Uskor, mnr. Danie Fölscher, SR-lid vir die Tygerbergse kampus, en mnr. Stoffel Ackermann, SR-lid vir intervarsity. DIPLOMATE Die groep vertrek Woensdag van Kaapstad na Johannesburg en van daar in hul persoonlike hoedanigheid na Lusaka. Op 28 Maart vertrek die groep na Suidwes, waar hulle gesprekke gaan voer oor die komende verkiesing. Op die program vir die Zambië-besoek is gesprekke met diplomate, regeringslui en die South African Development Coordinating Committee. Die ekonomiese bestel in Zambië, die funksionering van 'n swart meerderheidsregering in die land, die rol van buitelandse akteurs in die politiek van Zambië, asook hul siening van die politieke situasie in Suid-Afrika, gaan bespreek word. Die Rektor van die US, prof. Mike de Vries, kon gisteraand nie vir kommentaar opgespoor word nie. Universiteite ANC Zambië SWA http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/18/4/14.html 1/1 6/3/2014 DIE BURGER LAASTE,21 Maart 1989 bladsy 1:Matie-SR 'sal nie met ANC praat' Matie-SR 'sal nie met ANC praat' Van Ons Spesiale Verteenwoordiger STELLENBOSCH. - Die Studenteraad van die Universiteit van Stellenbosch het gisteraand besluit dat sy lede nie in die huidige termyn met die ANC gesprek sal voer nie. Die mosie is met 'n meerderheid van stemme aanvaar. Gisteraand se mosie volg op 'n verklaring Vrydagaand deur die SR-voorsitter, mnr. Pierre van der Spuy, dat hy en sewe mede-SR-lede môre na Zambië vertrek op uitnodiging van die staatshoof, dr. Kenneth Kaunda. Die groep vertrek ná hul Zambiese besoek na Suidwes op 'n toer van die studente-organisasie Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek (Spog). Die SR- ondervoorsitter, mnr. André Olivier, het die mosie gisteraand ingedien as amendement op 'n mosie van die SR-lid vir leierskapsontwikkeling, mnr. André Gaum. Mnr. Gaum het voorgestel dat SR-lede in dié termyn nie gesprek sal voer met lede van die ANC voordat die organisasie nie geweld afsweer nie. Hy verwerp die moontlikheid dat SR-lede selfs nie-amptelik met lede van die ANC praat, het mnr. Gaum gesê. ``As die Maties met die ANC praat, sal hulle van die spreekwoordelike rugbyveld gegooi word en net soos die Ikeys en die Witsies blote toeskouers word.'' Die Maties sal hul legitimiteit in gedrang bring deur met die ANC te praat, het mnr. Gaum gesê. Mnr. Olivier het gesê die ANC se afswering van geweld behoort die resultaat van gesprekke met die Regering te wees, en nie die voorwaarde daarvoor nie. Hy verwerp egter gesprekvoering deur die SR omdat dit die US se beeld sal skaad. Mnr. Van der Spuy het gesê hy is as SR-voorsitter gekant teen die ANC. Hy het in 'n brief aan dr. Kaunda gevra dat die SR onder geen omstandighede in die posisie geplaas word om met die ANC te praat nie. 'n Mosie wat vra dat die SR 'n kommissie van ondersoek instel na die SR-portefeulje Spog, en dié se reëlings van die toer na Zambië en Suidwes, is gisteraand deur die voorsteller van die mosie, mnr. Tjaart van der Walt (sekretaris), teruggetrek. Mnr. Gaum, wat die mosie gesekondeer het, het gesê SR-lede sou volgens die oorspronklike reëlings van die toer met die ANC in Zambië gepraat het. Mnr. Van der Spuy het gesê daar was nie sprake dat die SR met die ANC sou praat nie. Hy en mnr. Olivier het in 'n gesprek met die NP-LP vir Stellenbosch, mnr. Piet Marais, gevra wat hulle te doen sou staan indien hulle op 'n banket van dr. Kaunda in aanraking sou kom met lede van die ANC. Hy en mnr. Olivier het formele en informele gesprekke met die ANC as SR-lede afgekeur, het mnr. Van der Spuy gesê. Die reëlings vir gesprek met dr. Kaunda is deur die Instituut vir 'n Demokratiese Alternatief vir Suid- Afrika gereël, maar die organisasie het niks met die finansiering van die toer te doen nie, het mnr. Mark Behr, SR-lid vir Spog, op die vergadering gesê. universiteite anc organisasies toere terrorisme http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/21/1/13.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,27 Maart 1989 bladsy 1:Berigte oor ANC-gesprek SR se lede voor stok Berigte oor ANC-gesprek SR se lede voor stok Deur Ons Politieke Redaksie DIE Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Mike de Vries, gaan 'n verduideliking eis van dié lede van die Maties se Studenteraad wat volgens berigte in die naweek in Lusaka ongemagtigde gesprek met die ANC gevoer het. Prof. De Vries het gister aan Die Burger gesê dat indien die studente in weerwil van 'n opdrag van die SR tog met die ANC samesprekinge in Lusaka gevoer het, hulle hul optrede nie net aan die SR sal moet verduidelik nie, maar ook aan die Universiteitsowerheid. ``Hulle sal moet verduidelik of dit 'n toevallige of 'n beplande gesprek was,'' het prof. De Vries gesê. Die omstrede besoek aan Zambië, wat gister ook 'n besoek aan pres. Kenneth Kaunda sou insluit, het volgens Sapa Vrydag in die Zambiese hoofstad, Lusaka, met 'n gesprek met die ANC begin. Dit is in weerwil van die Studenteraad se besluit van Maandag verlede week dat sy lede in hul huidige termyn en in hul persoonlike of amptelike hoedanigheid nie met die ANC sal praat nie. Die SR-besluit is geneem weens gerugte dat 'n besoek aan Mosambiek en Suidwes 'n ``dekmantel is vir 'n besoek aan Zambië en 'n gesprek met die ANC''. Volgens Sapa het ``die 20 mans en vroue'' van die universiteit ook met amptenare van die Sowjet-Unie en Kuba gepraat. Volgens 'n SR-lid, mnr. André Gaum, wat die mosie oor ANC-gesprekke op Maandagaand se SR-vergadering voorgestel het, is net agt lede van die toergroep SR-lede. ``Vyf van hulle is op sterkte van hul verbondenheid met die Nasionale Party tot die SR gekies en dit is tog die beleid van die NP om nie met die ANC te praat nie. Die gesprek wat nou blykbaar wel gevoer is, druis in teen die lede se verkiesingstandpunte,'' het hy gister gesê. Volgens hom is daar oor verskeie dinge nie die waarheid gepraat nie. Ten eerste sou slegs Mosambiek en Suidwes besoek word en daar is toe beweer dat net twee lede van die groep vooruit geweet het hulle gaan ook Zambië toe. ``Die beeld van die Universiteit kan oneindig geskaad word deur wat gebeur het en ek wil my sterk daarteen uitspreek.'' Die Matie-groep se besoek aan Zambië het onder die vaandel van SPOG (Stellenbosse Politieke Ondersoek en Gesprek) plaasgevind. Mnr. Tjaart van der Walt, SR-sekretaris, het gesê die verontagsaming van die SR-besluit sal in 'n baie ernstige lig beskou moet word, want dit bring die wettigheid van die Studenteraad in die gedrang. Universiteite Studente ANC http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/03/27/1/19.html 1/1 6/6/2014 DIE BURGER LAASTE,29 Maart 1989 bladsy 1:Verset kring uit oor Maties by ANC Verset kring uit oor Maties by ANC VERSKEIE groepe op die Matie-kampus het die gesprek wat sommige SR-lede met onder meer die ANC gevoer het op 'n studentetoer in Zambië, gister sterk veroordeel.
Details
-
File Typepdf
-
Upload Time-
-
Content LanguagesEnglish
-
Upload UserAnonymous/Not logged-in
-
File Pages27 Page
-
File Size-