sylvestre

Other names: Gymnema monatum, sylvestris, Gemnema, Gimnema (plus nog verskillende skryfwyses van hierdie naam), Sylvestris/sylvestre Melicida Gur-Mar, Gurmar, Gurmarbooti Madhunashini Merasingi Sharduvica Vishani en Miracle In Indië, waar hierdie plant algemeen gebruik word in Ayurveda medisyne, dui die plantnaam op die vernietiging van suiker, en dis dan ook wat die plant so besonders maak. Dit lyk nie besonders nie, ‘n mens sien dit eintlik net per toeval raak. Dit rank tot 3 meter hoog in bome of bosse op, lyk donkergroen, het gladde ovaalvormige blare wat na vorentoe na ‘n punt uitloop en klein trossies geel tot roomkleurige bloeisels, van ver skaars sigbaar. ‘n Mens kan amper sê, dit kruip in ‘n ander plant weg. Ek het dit net raakgesien, omdat dit in ‘n droë boom groei, waar nie ander groen kleur teenwoordig is nie. Kenmerkend is ook die lateks-(melk-)vloei as dit beskadig word. Daar is egter inligtingsbronne wat beweer, dat die plantsap helder is. Buitendien beweer sommige bronne, dat die plant baie giftig is, ander sê, dit is by die meeste mense wat Gymnema plantdele vars of in verwerkte vorm opneem, skadeloos. Daar is dus nog nie genoeg navorsing gedoen nie, ten spyte daarvan, dat die plant in Indië algemeen al honderde jare medisinaal gebruik word. In Indië is die plant se naam ‘vernietig suiker’. Mediese gebruike: Dit bevat ‘n bestanddeel, wat in staat is, om die smaakselle wat soet smaak proe tydelik te blok. Dit maak dan nie sin om soet goed in te neem, want jy kan dit nie proe nie. Dus kan dit by gewigsafname help. Dit verlaag die bloedsuiker. Met gedroogde en tot poeier verwerkte wortels word slangbyte behandel. Daar is ook berig, dat dit gebruik word, om malaria te behandel, epilepsie, aambeie,bloedvatinfeksie en vele meer. Die links gee nog meer inligting en besonderhede, soos bv. hoe om ‘n blaartee te berei. https://www.emedicinehealth.com/gymnema/vitamins-supplements.htm https://www.healthline.com/nutrition/gymnema-sylvestre-benefits#section7 http://tropical.theferns.info/viewtropical.php?id=Gymnema+sylvestre Belangerik is natuurlik, dat die gebruik van Gymnema sylvestre versigtig moet geskied en ook met die behandelnde geneesheer afgespreek word, veral as daar nog ander medikasie ingeneem word soos pille wat die bloedsuiker verlaag. Ek dink die gebruik van hierdie plant is in Asië baie meer bekend as in Afrika, daarom is inligting oor die gebruike van Gymnema s. in Afrika maar skaars. Die verspreiding van die plant is van suid van die Sahara tot in Suidelike Afrika se dele wat meer as 450 mm reën per jaar kry, vir Namibië die noordelike helfte tot by die 21º S (maar ons plaas is 22ºS) en dan natuurlik Arabiese lande, Indië en Asië, waar dit algemeen voorkom….. ‘n baie besonderse plant met groot potensiaal vir die hantering van diabetes!! Inligtingsbronne: Heil-, Gift- und Essbare Pflanzen in Namibia (Eberhard von Koenen) Field Guide To The Of Northern Botswana Including The Okavango Delta (Alison and Roger Heath) http://www.africanplants.senckenberg.de/root/index.php?page_id=78&id=792# en die drie links in die teks Teks en fotos: Anka Eichhoff Februarie 2020