2008 BOSHOFF VISSER PLUS B O S H O F F V I S S E R Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste does your company need style? printing marketing design promotions events advertising

studio | tel 021 979 3796 | fax 0866 468 174 | [email protected] hermanus | tel 079 5171 959 | fax 0866 376 345 | [email protected] CONTENTS INHOUD Boshoff Visser nuus/news ...... 4 Geagte kliënt / Dear client

Gemeenskapsbetrokkenheid It's that time of the year again in which we bring you our yearly newsletter. The first Social responsibility ...... 4 quarter of 2008 is already behind us and we're well into the flow of whatever 2008 has to Mediese koste, die sluimerende gevaar ...5 offer us.

Hoe lank hou aftreekapitaal? ...... 5 Stygende inflasie en daarmee saam rentekoerse, is van die faktore wat 2008 bietjie meer duister laat lyk as verlede jaar Kyk na inkomste in tye van hierdie tyd. Onstabiele markte en 'n dalende onsekerheid en volatiliteit ...... 6 rand dra by tot verdere onsekerheid. Voeg daarby Eskom se onvermoë om die land van Hefboom met eiendom en tree af ...... 7 die nodige krag te voorsien en ons is in vir 'n stamperige pad die res van die jaar.

Die pyne van boedelbereddering ...... 8 In this issue of Boshoff Visser + you can read a bit more of all the above, together with a lot Will your business survive your death? ....9 more useful (we hope!) and positive information. We take a look at what Trevor Johannesburg inner city revival offered us in this year's budget speech and give you some useful tax and business advice. offers investment opportunity ...... 10 You can also read about how to structure your investments and what to look out for Boshoff Visser launches specialist when it comes to insurance issues. property investment arm ...... 11 Ons vertel julle ook wat die afgelope jaar by UK Commercial Property Sector offers Boshoff Visser gebeur het, waar ons betrokke is en wat beplan word in die jaar wat kom. investment opportunity...... 12 Vir u as leser. Die artikels in die nuusbrief is 2008 Begrotingshoogtepunte/ feitlik almal geskryf deur werknemers van Budget highlights ...... 13 Boshoff Visser wat, soos ek, joernalistieke leke is. So verskoon maar as die kommas en die punte nie almal op die regte plekke is nie. Wat Die belangrikheid van 'n die inhoud betref, probeer ons ons bes om geldige testament ...... 17 die feite so akkuraat moontlik te hou.

Buitelandse bates en vererwing ...... 18 Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons adverteerders in hierdie uitgawe te bedank vir hulle ondersteuning. The abolition of STC and the introduction of a dividend tax ...... 19 For each and every client – thank you for supporting Boshoff Visser. We wish you, your Belangrike versekeringsbeginsels families and your businesses all the best. in 'n neutedop ...... 20 Laastens wil ek ons personeel bedank van wie ons meestal verwag om te veel werk in te min Benut positiewe landbou omstandighede tyd te verrig! om te diversifiseer ...... 21 We hope you enjoy this issue of Boshoff Het jou trust al ‘n Visser Plus. onafhanklike trustee? ...... 22

If you believe direct life insurance Yours faithfully / Die uwe is cheaper you can believe anything ...... 24 DIRECTOR/Direkteur BOSHOFFVISSERPLUS 03 BOSHOFF VISSER NUUS/NEWS The Bellville office bought a share in PS Online Accounting Services CC with effect 1 March 2007. Sune Goosen is in charge. The whole operation as it is currently run from the Tableview office will be moved to and integrated with the Bellville office from 1 May 2008.

Ons het van 1 Oktbober verlede jaar 'n kantoor in De Doorns nadat Hexvallei Agentskap met Bernhard Bronn in beheer hom by die Boshoff Visser groep aangesluit het.

Op 1 Maart 2008 het die kantore van Breerivier Vallei Trust BK in Worcester ook 'n volwaardige Boshoff Visser kantoor geword. Cassie Carstens en Wim Kruger is die manne in beheer.

Die uitbreidings in De Doorns en Worcester voeg saam ongeveer 'n 100 plus nuwe kliente, die meerderheid hoofsaaklik tafeldruiwe en wyndruiwe boere, asook ongeveer 15 nuwe personeellede tot die Boshoff Visser poel by.

Boshoff Visser Finansiele Dienste Korttermyn het vanaf 2007 ook verteenwoordiging in Upington met Hermien Burger wat haar by ons aangesluit het. Die afgelope jaar het ook die vestiging van 'n volwaardige afdeling vir eiendomsbestuur daargestel onder leiding van Eugene van Rensburg. Vanaf 1 November 2007 het 2 voormalige bankiers van Nedbank, Wollie Wolmarans en Lappies Labuschagne hulle by die Boshoff Visser groep aangesluit. Hulle verskaf spesialis finansieringsdienste aan kliente.

Currently Boshoff Visser has representation in 14 centres across the (13) and Northern Cape (1). Our total staff compliment in April 2008 was approximately 180. GEMEENSKAPSBETROKKENHEID SOCIAL RESPONSIBILITY Ons is trots daarop om by verskeie projekte in die areas waar ons opereer betrokke te wees.

We were again involved as sponsors of the Bellville High School athletics team who took part in the prestigious MTBS interschool event held in the Bellville stadium. Bellville High, Stellenberg High, DF Malan and took part in this annual event held on 8 February 2008.

Boshoff Visser was the main sponsor of the mountain bike race held during the Canola festival held in Swellendam during August. This year's event will be the third and is to be held on the weekend of 9 August 2008.

Ons firma is vir baie jare reeds as borg betrokke by die Vlakte Marathon wat die laaste naweek van November plaasvind vanaf Heidelberg na Witsand.

Die jaarlikse Interskole tussen die Hoërskole Langenhoven (Riversdal) en Swellendam het verlede jaar plaasgevind op 18 Augustus 2007. Boshoff Visser was weer die hoofborg van die geleentheid. Vanjaar kry Riversdal die geleentheid om gasheer te wees op 16 Augutus 2008.

Een van ons groot borgskappe is die Buurskole sportdag gehou deur die Laerskool Swellendam. Sowat 1000 laerskole seuns en dogters (en natuurlik pa's en ma's langs die veld!) spook sake op die dag wat verlede jaar op 19 Mei plaasgevind het uit. Vanjaar s'n vind plaas op 17 Mei.

We started our student program a number of years ago with the main objective to assist students from our local communities studying towards the accountancy profession. Currently we have 4 students on the program.

The second Boshoff Visser Gholf Day was held on 12 October last year. The main reason of this event is to raise funds for our Student program. This year we will tackle the Worcester gholf course on 6 November. All the golfers, please make a note!

04 BOSHOFFVISSERPLUS MEDIESE KOSTE DIE SLUIMERENDE GEVAAR “Ek is 32 jonk en gesond (of so't ek gedink). Tot 'n paar maande terug wat ek probleme begin kry het. 'n Besoek aan 'n Uroloog het uitgewys dat daar fout is met my linkernier. 'n Maand daarna is die nier verwyder. Totale mediese koste: ongeveer R100 000. Ek het nooit gedink dit kan met my gebeur nie.”

Of u oud of jonk is en u het geen vorm van mediese dekking nie, is NOU nooit te laat om ernstig daarna te kyk nie. Daar is belangrike punte wat in ag geneem moet word as u na 'n Mediese plan kyk.

?Konsulteer 'n Adviseur wat spesialiseer in Medies, asook geakkrediteer is by die Raad van Mediese Skemas. ?U behoort elke jaar (gewoonlik in November of Desember) u mediese plan te hersien, aangesien groot veranderings kan plaasvind in 'n jaar. ?Let op na die tariewe waarteen Spesialiste binne hospitaal vergoed word van die plan wat u kies. ?Het u hospitaaldekking 'n jaarlikse limiet of nie? ?Wat behels u chroniese dekking, via staat of apteek? ?Let op of daar limiete op u kanker voordeel, nierdialise en orgaanoorplanting is. ?Sekere fondse verplig hulle lede om sekere voordele (bv. Orgaanoorplantings) by 'n Staatshospitaal te ontvang.

Kry behoorlike advies en maak seker u verstaan u plan se voordele. HOE LANK HOU AFTREEKAPITAAL? Of ons nou daarvan hou of nie, daar is slegs twee maniere om 'n inkomste te verdien. Mense wat werk of geld wat werk. Sodra jy ophou werk, neem jou kapitaal wat jy opgebou het jou in diens. Niemand sal tog vir 'n werkgewer wat sukkel om jou maandelikse salaris te betaal of enige oomblik bankrot kan speel wil werk nie. Maak dus in jou tydperk waarin jy werk seker jou werkgewer of dan aftreekapitaal is solvent en in 'n goeie finansiële posisie die dag as jy aftree.

Die onderstaande tabel gee 'n aanduiding van hoe lank jou kapitaal gaan hou, afhangende van hoeveel inkomste jy maandeliks benodig. Die aanname is gemaak dat die kapitaalbedrag belê word teen 'n jaarlikse opbrengs van 8% en dat die maandelikse inkomste wat onttrek word, ook groei met 8%. Aan die einde van die termyn is die kapitaalbedrag nul. Met ander woorde R1 000 000-00 wat 'n maandelikse inkomste van R10 000-00 verskaf is nul na 8,33 jaar volgens die voorbeeld.

Kapitaalbedrag Maandelikse inkomste Termyn

R1 000 000-00 R10 000-00 8,33 jaar R1 000 000-00 R15 000-00 5,56 jaar R1 500 000-00 R10 000-00 12,50 jaar R1 500-000-00 R15 000-00 8,33 jaar R2 000 000-00 R10 000-00 16,67 jaar R2 000 000-00 R15 000-00 11,11 jaar R2 500 000-00 R10 000-00 20,83 jaar R2 500 000-00 R15 000-00 13,89 jaar

Wanneer jy jou som maak oor hoeveel kapitaal jy nodig het vir aftrede, moet jy in gedagte hou van hoeveel jaar jy moontlik gaan leef. Sien die tabel hieronder. Volgens huidige lewensverwagting gaan 'n man wat nou 55jr oud is, nog 21 jaar leef en 'n vrou 25 jaar.

Werklike ouderdom: Mans: Vroue:

55 21 25 60 18 21 65 14 17 70 11 14

BOSHOFFVISSERPLUS 05 KYK NA INKOMSTE IN TYE VAN ONSERKEHEID EN VOLATILITEIT

In die lig van huidige ekonomiese omstandighede en politieke verwikkelinge is 'n artikel met dié opskrif baie relevant. Die artikel gaan nie oor politiek nie, maar politieke onsekerheid speel ‘n groot rol in ekonomiese volatiliteit. Ons wil nie soos doemprofete klink nie, maar die groei waaraan ons blootgestel was die afgelope drie jaar is nie die norm nie. Navorsing het bewys dat die gemiddelde persoon drie uitstaande ekonomiese groei tydperke (bulmark) beleef. So 'n groei tydperk duur gemiddeld 12 – 18 maande.

In tye van onsekerheid en volatiliteit wissel bates se pryse. Nêrens wissel dit meer as op die JSE nie aangesien daar daaglikse verhandeling plaasvind en nuwe informasie onmiddellik geabsorbeer word in aandeelpryse.

Negatiewe nuus en onsekerheid se effek op aandeelpryse is dikwels oordrewe en ontstaan daar dan goeie koopgeleenthede. As 'n belegger nie oor kontant beskik nie kan sulke geleenthede egter nie benut word nie. Indien bestaande aandelebeleggings egter vir 'n belegger inkomste (kontant) teruggee in die vorm van 'n dividend of kapitaal uitkering, kan sulke geleenthede benut word. 'n Voordeel van kontant in die belegger se sak is dat volatiliteit nie kontant se kapitaalwaarde affekteer nie.

Dividende en kapitaal uitkerings ondersteun ook die kapitaalwaarde van 'n aandeel aangesien dit grootliks bydrae tot die totale opbrengs wat uit 'n aandeel verdien kan word. Gevolglik word volatiliteit en risiko beperk.

Hou egter in gedagte dat volhoubaarheid van dividende en kapitaal uitkerings belangrik is. Nie alle aandele met 'n hoë inkomste opbrengs kan dit volhou nie. Die sakebedrywighede van die betrokke maatskappy moet ten alle tye volhoubaar wees.

'n Voorbeeld van 'n sikliese aandeel waar hoë rentekoerse en laer ekonomiese groei (asook wanbestuur) die inkomste opbrengs negatief beïnvloed het, is die meubel en huishoudelike goedere groep, JD Group. Hulle het onlangs hul dividend meer as halveer.

Pikwik, die houermaatskappy van Pick 'n Pay, is 'n voorbeeld van 'n volhoubare industrie in enige ekonomiese omstandighede. Pikwik het die laaste 5 jaar hulle dividend met onderskeidelik 33.33%, 15.94%, 20.61%, 17.94% en 17.95% gegroei.

Om op te som: Inkomste opbrengs stel beleggers in staat om geleenthede te benut, beperk volatiliteit en risiko en ondersteun kapitaal waardes. Dit is ook die gesondste slaappil beskikbaar.

06 BOSHOFFVISSERPLUS HEFBOOM MET EIENDOM EN TREE AF Beleggers wonder dikwels wat die beste manier van spaar is. Met ander woorde, wat doen ek met my swaarverdiende maandelikse oorskot? Spaar ek my geld in die bank in 'n geldmarkfonds? Belê ek in 'n polis, annuïteit of effektetrusts? Die beste antwoord op al die vrae is om te diversifiseer en op 'n gebalanseerde manier aan die vier hoof bateklasse nl. Aandele, Eiendom, Effekte en Kontant blootstelling te kry.

Elke bateklas het natuurlik sy onderliggende nadele en voordele. Ook hang dit af van 'n spesifieke kliënt se aptyt vir risiko, belastingsituasie en lewensverwagting om maar 'n paar te noem.

Eiendom as bateklas het die afgelope paar jaar uitsonderlike opbrengste getoon. By Boshoff Visser Finansiële Dienste (Edms) Bpk. (BVFD) is eiendom wat 'n stabiele langtermyn inkomste bied gereeld deel van aanbevelings wat aan kliënte gemaak word. Die onbetwiste voordeel van eiendom wat 'n sterk huurinkomste bied is die voordeel van hefboomfinansiering. 'n Belegger kan dus deelneem aan 'n belegging deur van die bank se geld gebruik te maak. Vervolgens 'n voorbeeld van hoe 'n 40 jarige met R5 000-00 besparing per maand op 60 jarige ouderdom kan aftree en 'n maandelikse inkomste van R15 000-00 kan ontvang in vandag se terme:

Vir ons voorbeeld word die volgende aannames gemaak: ?Aankoopprys van woonstel is R265 000-00 nadat alle kostes in berekening gebring is. ?Belegger ontvang 'n netto maandelikse huurinkomste van R1 500-00. Die huurinkomste groei jaarliks met 8%. ?'n Addisionele bedrag van R5 000-00 word maandeliks deur die belegger afbetaal op die verband. Die addisionele bedrag groei jaarliks met 8%. ?'n Veronderstelling word gemaak dat die woonstelprys ook jaarliks teen 8% groei. ?Sodra 'n woonstel ten volle afbetaal is, word 'n nuwe een gekoop. ?Geen berekeninge t.o.v. inkomstebelasting word gedoen nie.

Indien bostaande aannames vir 'n periode van 20 jaar en 5 maande volgehou word, sal 'n belegger 10 woonstelle besit wat ten volle afbetaal is. Dit sal aan 'n belegger 'n maandelikse inkomste van R15 000- 00 in vandag se terme verskaf wat jaarliks met 8% groei. Dit klink dalk vir baie lesers nie na 'n fortuin nie, maar glo my, die meeste pensioenarisse tree nie eers na 40 jaar se besparings af met 'n maandelikse inkomste van R15 000-00 nie.

Lesers moet onthou bostaande is slegs 'n voorbeeld en soos reeds genoem verskil elke kliënt se omstandighede. Dit is ons advies dat lesers hul Rekenmeesters of adviseurs nader vir spesifieke advies van toepassing op elkeen se omstandighede. Dis egter 'n feit dat met R5 000-00 se besparing per maand vir die volgende 20 jaar jy jouself in 'n billike posisie kan plaas vir aftrede, mits die korrekte prosedures gevolg word.

BOSHOFFVISSERPLUS 07 DIE PYNE VAN BOEDELBEREDDERING Die vraag word dikwels gevra “Hoekom neem dit solank om 'n boedel te beredder?” Die antwoord hierop is drieledig:

1. Die wetlik voorgeskrewe prosedure is uitgerek. 2. Die Eksekuteur of sy Gevolmagtigde is onbevoeg en/of gee nie die nodige aandag aan die beredderingsproses nie. 3. Die Eksekuteur sukkel om al die nodige inligting bymekaar te kry.

Aan die eerste een kan u ongelukkig nie veel doen nie, want die Meester van die Hooggeregshof het sy eie metodes en pas. Die ander twee redes kan u egter tot 'n groot mate aanspreek deur voor u dood die nodige te doen.

Dit gebeur dikwels dat 'n kind of die nagelate gade aangestel word as Eksekuteur en dan vir 'n lang tyd eers self probeer om die bereddering te doen, net om later agter te kom dis nie so maklik nie en word die proses dan oorgegee aan 'n gekwalifiseerde beredderaar (Gevolmagtigde) wie partykeer lank sukkel om al die drade opgetel en die beredderingsproses weer op dreef te kry. Daar is niks mee verkeerd om 'n familielid as Eksekuteur aan te wys nie (gewoonlik gedoen om dalk koste te spaar deur Eksekuteursvergoeding te beding), maar bespreek in u leeftyd met hom/haar die implikasies en rig 'n versoek dat hy/sy van die begin af gebruik maak van 'n kundige. Heel moontlik kan u al u voorkeur persoon/firma nomineer. Dit gebeur dikwels dat 'n Eksekuteur/Gevolmagtigde aangestel word wat wel die nodige kennis het, maar spesialiseer sodanige persoon nie in boedelbereddering nie en kry sy normale dag tot dag take voorrang terwyl die bereddering aan die agterte speen suig. Sorg dat wie ook al die bereddering hanteer spesialiseer en die nodige infrastruktuur het om aangeleenthede soos inkomstebelasting, kapitaalwins, boedelbelasting, aanwaseise ens. te hanteer.

Die gogga wat die grootste vertragings veroorsaak is gebrekkige inligting. As u dalk een van daardie persone is wat nie wil hê enigiemand moet weet wat in u sake aangaan nie, sorg dan ten minste dat u in u kluis 'n opsomming het van al u bates en laste en dat u kontrakte daar gebêre is. Onthou die Eksekuteur moet al u sake afhandel, soos u dit self sou gedoen het, maar dalk sonder inligting wat u slegs in u kop “geliaseer” het.

Van die mees algemene probleme wat die bereddering van 'n boedel vertraag, is:

1. Die oorledene se gade is oorlede of u het 'n reg ge-erf uit 'n vooroorlede boedel. Die Meester benodig die Boedelnommer en Meesterskantoor waar hierdie boedel beredder is. In die meeste gevalle weet niemand of beskik hulle nie eers oor die volle name en geboortedatum van hierdie persoon nie. 2. Weet u kinders waar en wanneer u getroud is? 3. Weet u kinders of u voorheen getroud was en wie en waar daardie gade is? 4. Weet u kinders of gade waar al u poliskontrakte, aandeelsertifikate, Huwelikskontrak, beleggings, Transportaktes ens. is? 5. Weet u kinders of gade wat die volle name en geboortedatum van u ouers is?

Ander aspekte wat u ook in ag moet neem is die volgende: Is daar genoeg kontant in u boedel of gaan dit die Eksekuteur se onaangename taak wees om 'n erfgenaam se erfenis te verkoop om skulde, inkomstebelasting, boedelbelasting, of kapitaalwinsbelasting te betaal? Is u testament nie net regstegnies korrek nie, maar ook prakties uitvoerbaar – of gaan dit 'n meulsteen om u erfgename se nek wees?

Hoe dit ookal sy, die beste advies bly steeds dat u u naasbestaandes en / of eksekuteur presies inlig oor wat in u sake aangaan terwyl u nog lewe.

08 BOSHOFFVISSERPLUS WILL YOUR BUSINESS SURVIVE YOUR DEATH?

Are you a co-owner (i.e. shareholder, member or partner) in a business? What will happen to your share in such a company, close corporation or partnership when you die? That depends on whether you and your partners formulated a plan before death interfered. An agreement to buy each other's shares in the business is usually decided. Such an agreement, called a Buy and Sell agreement, is common practice amongst all prudent and successful business partners. Doctors, Lawyers, Accountants, Farmers and all successful entrepreneurs agree to purchase each other's interest in the event of death or permanent disability of one of the partners.

Having a Buy and Sell agreement in place at death ensures the following:

1. The surviving partner does not get stuck with a partner that puts strain on the business or does not contribute to the business but demands his / her share of the profit. 2. The deceased's dependants are assured of realizing a cash sum at fair value for his / her interest in the business. 3. Lengthy and frustrating negotiations that often accompany the sale of a business interest after the death of a partner are eliminated. 4. The surviving partner is aware of the value of the business and can secure financial means to acquire his partners share before death. 5. If done correctly vast amounts of estate duty will be saved.

The finance required to fund the purchase is, in most cases, provided by the proceeds of a life assurance policy. Another option is taking out a loan with a financial institution; this may be a lengthy and expensive option. Yet another is that the partners commit to a certain time frame to pay monthly instalments to the deceased partners dependants. A drawback of this option is that you are bound to the family years after business and maybe social relationships are severed.

The four types of business enterprises where agreements of this nature are common are 1. Partnerships 2. Companies 3. Close corporations 4. Trusts

Most business owners do not know there is a difference between taking out a buy and sell agreement in the correct or incorrect manner, whether the funding is with life assurance or by other means. It is strongly advisable for business people to draw up buy and sell agreements and fund them with life insurance policies, on condition they do it correctly.

If the policy and contract is drawn up correctly, the proceeds of the policy will be exempt from estate duty. SARS is extremely strict about the rules and a simple mistake can cost you millions.

Buy and sell agreements ensure the surviving partner or parties in a business can maintain control of their business, purchase shares or interest from the surviving spouse at fair value and the business is able to continue functioning smoothly.

BOSHOFFVISSERPLUS 09 JOHANNESBURG INNER CITY REVIVAL OFFERS INVESTMENT OPPORTUNITY

Although there has generally been a slow down in the South African residential market, the revival of Johannesburg's vibrant economy has created good opportunities for investors, specifically in the lower end buy-to-let residential market space. There are a number of rejuvenation projects currently in progress which will bring more middle-income workers to Joburg CBD looking to live close to the new employment opportunities. Transport is also playing a key role and other factors such as traffic congestion and power cuts are forcing commuters to look for accommodation close to their place of work.

Just over the last two years a number of heavy-weight developers have been flooding back to Joburg CBD buying and redeveloping empty office buildings into residential units. The demand for these residential units far outstrips current supply with some buildings containing over 150 residential units selling within a few days. Further encouraging news for investors is that rental demand is also soaring. One building in Joburg CBD was oversubscribed ten times by willing tenants when it was launched receiving over 2000 applications for 223 units.

Boshoff Visser Property Group (“BVPG”) continues to be bullish on Joburg CBD and have invested on behalf of its investors in over 100 apartments in just the last six months. Some investors are residing in the UK and even as far as Russia which shows the interest from investors across the globe. Units typically range between R240,000 and R380,000 offering a net rental yield of 7%. Since this is residential property, most investors can qualify for a 100% bank loan thus requiring minimal equity outlay. This investment also offers a beneficial tax break in the form of an Urban Development Zone (“UDZ”) tax incentive from SARS, which allows an investor a straight-line depreciation of up to 30% of the property value over a 5 year period.

BVPG also implemented a rental pool for its investors whereby any risk associated with vacancy and other possible short-term losses are even further reduced. Those investors participating in the rental pool are assured of an income stream from day one of registration of the property in their name.

BVPG manages the entire process from sourcing to finance to rental pool management. Interested investors can contact Eugene van Rensburg or Kobus Lourens.

10 BOSHOFFVISSERPLUS BOSHOFF VISSER LAUNCHES SPECIALIST PROPERTY INVESTMENT ARM Boshoff Visser has been advising investors since 2004 concerning direct property investments and as a result recently formed and launched a specialist property investment group, Boshoff Visser Property Group (“BVPG”). BVPG offers a wide spectrum of specialist property investment services including sourcing, property management and development, deal structure and finance. BVPG's primary investment strategy is focused around generating sustainable long term property investment income streams. “Our focus is long term with the view to providing a reliable, sustainable and growing investment income stream for the investor. If properly geared and structured, investment property continues to offer a great way to provide strong growing annuity income to an investor. If you look after the income, the value will look after itself” says Chief Executive Officer of BVPG, Eugene van Rensburg.

BVPG is not an estate agent and caters for the sophisticated property investor looking to build a property investment portfolio over the long-term. Chief Investment Officer of BVPG, Kobus Lourens, believes BVPG is uniquely positioned to offer an investor a truly one stop experience : “BVPG can offer value added services along the transaction cycle from sourcing a property, setting-up the best acquisition structure, assisting with obtaining finance and the management of the property. In addition we can also provide bookkeeping, audit and tax services to the investor through our sister company, Boshoff Visser Incorporated. Currently we believe there is great opportunity for investors to move into smaller direct property investments below R25 million that are normally under the radar of listed property funds. With interest rates rising there will be distressed sellers which could offer investors the opportunity to acquire properties at higher yields.”

BVPG currently manages over R140 million worth of commercial, industrial, retail and residential properties across . In the beginning of 2008 BVPG implemented a sophisticated and reputable property management information system used by a number of top listed property management companies. This information system will further enhance the quality and integrity of information provided to investors as it relates to all facets of property management. BVPG's property management division, head up by Dawie van Rensburg, consists of a team solely responsible for all operational aspects of property management which includes amongst other responsibilities tenant management, lease renegotiations, collections, inspections, facilities management, repairs, improvements and preventive maintenance.

Interested investors can contact Eugene van Rensburg or Kobus Lourens.

“The best investment on earth is earth” – Louis J. Glickman (American real estate investor and philanthropist)

“By land, they're

not making it anymore” – Mark Twain

BOSHOFFVISSERPLUS 11 UK COMMERCIAL PROPERTY SECTOR OFFERS INVESTMENT OPPORTUNITY When the Rand falls and interest rates are on the rise going offshore is a sound investment strategy to maximize returns of one's investment portfolio. The two main benefits of going offshore are: (1) it offers a way to diversify one's investment portfolio, not just in a different asset class but also geographically in another land and (2) it serves as a hedge against the Rand. Obviously from a timing perspective it is best to move money offshore when the Rand is strong as a South African investor can then acquire an offshore asset at a better price. Having said that, making offshore investment decisions on speculation of Rand exchange rates is not a wise idea as the majority of investors get it wrong because the Rand can be volatile. The bottom line is that a sound long-term offshore investment strategy should be based firstly around diversification and secondly serves as a hedge against the Rand. The latter offers the added benefit of possibly enhancing the overall offshore investment return due to the volatility of the Rand.

There are a number of offshore products available but one that is currently on the radar of Boshoff Visser Property Group (“BVPG”) is direct commercial property investment in the UK. Property prices in the UK have fallen since the sub-prime crises emerged and currently there are good UK commercial and retail property investment opportunities available with some yields higher than our local property market. The UK property market in the long-term remains strong and continues to be one of the prime places in the world to invest, specifically with the 2012 Olympic Games, which will have a huge impact on the UK property market. The UK property market is well established, well secured and information is first rated. BVPG believes the current downturn in the UK property market is offering the investor a limited window of opportunity to secure long-term offshore property investment income at a discount.

BVPG will offer investors the opportunity to participate in an offshore pool whereby a number of investors can pool together to acquire a commercial property in the UK. BVPG's main investment objective is to provide investors with a sustainable long-term offshore investment income stream. Investors will have the choice to convert the income back to Rands or keep the income offshore for future investments. The current individual offshore allowance is R2 million. For example, if 30 investors can contribute just R250,000 each into an offshore trust totaling R7.5 million, this offshore trust can then, through gearing, acquire a commercial property in the UK with a value of up to say R20 million. In order to take advantage of the discount prices in the current downturn as mentioned above, it is imperative to first have the funds in place to be in a position to act quickly and negotiate the best offer. Investors cannot afford to wait until the offer to purchase has been accepted before raising the funds. In order to assist investors with securing a UK commercial property, BVPG has created an offshore trust account into which investors can transfer their funds. These funds will earn market related interest rates while investors are waiting for the appropriate offshore commercial property investment to present itself.

BVPG will manage the entire process, which includes sourcing of property, due diligence and feasibility study, set-up of offshore tax structure and acquisition vehicle, assisting investors with offshore allowance applications, arrangement of finance and management of property.

Interested investors can contact Eugene van Rensburg or Kobus Lourens.

12 BOSHOFFVISSERPLUS B O S H O F F V I S S E R 2008 Budget Highlights Begrotingshoogtepunte

BOSHOFFVISSERPLUS 13 2008 BUDGET HIGHLIGHTS BEGROTINGSHOOGTEPUNTE

INDIVIUALS

Personal income tax rate and bracket structure 2008 2009 Taxable Income Rates of Tax Taxable Income (R) Rates of Tax (R) R0 - R112 500 18% of each R1 R0 - 122 000 18% of each R1 R112 501- R180 000 R20 250 + 25% of the R122 001 - R195 000 R21 960 + 25% of the amount above R112 500 amount above R122 000 R180 001 - R250 000 R37 125 + 30% of the R195 001 - R270 000 R40 210 + 30% of the a amount above R180 000 amount above R195 000 R250 001 - R350 000 R58 125 + 35% of the R270 001 - R380 000 R62 710 + 35% of the amount above R250 000 amount above R270 000 R350 001 - R450 000 R93 125 + 38% of the R380 001 - R490 000 R101 210 + 38% of the amount above R380 000 amount above R350 000 R450 001 and above R131 125 + 40% of the R490 001 and above R143 010 + 40% of the amount above R490 000 amount above R450 000

2008 Kortings 2009 Rebates Primêr R7 740 Primary R8 280 Sekondêr R4 680 Secondary R5 040

Belasting drempels Tax Thresholds Primer R43 000 Primary R46 000 65 jaar en ouer R69 000 Age 65 and over R74 000

Die belasting vrystelling t.o.v. buitelandse rente en dividende verhoog van R3000 na R3200. REISTOELAES Waarde/voertuig Vaste koste Brandstof Onderhoud R (R p.a.) (c/km) (c/km) 0 – 40,000 14,672 58,6 21,7 40,001 – 80,000 29,106 58,6 21,7 80,001 – 120,000 39,928 62,5 24,2 120,001 – 160,000 50,749 68,6 28,0 160,001 – 200,000 63,424 68,8 41,1 200,001 – 240,000 76,041 81,5 46,4 240,001 – 280,000 86,211 81,5 46,4 280,001 – 320,000 96,260 85,7 49,4 320,001 – 360,000 106,367 94,6 56,2 over 360,000 116,012 110,3 75,2

2007/2008 2008/2009 Geagte privaat kilometers 18,000 km 18,000 km Alternatiewe geagte koste per km 246 c/km 292 c/km (onderhewig aan voorwaardes)

MEDIESE UITGAWES Die maandelikse belasting vrye gedeelte van mediesefondsbydraes verhoog van R530 na R570 vir die hooflid en die eerste afhanklike en van R320 na R345 vir elke daaropvolgende afhanklike vir die 2009 belasting jaar.

14 BOSHOFFVISSERPLUS COMPANIES Corporate income tax

Company tax rates 2007/2008 2008/2009 Normal income tax 29% 28% Employment company 34% 33% SA branches of foreign companies 34% 33% STC 10% 10% (12.5% before 1 October 2007)

KLEIN SAKE KORPORASIES Die omset kerf bly op R14 miljoen. Die belastingkoerse is as volg:

2007/2008 2008/2009 0 – R43,000 0% - R43,001 – 300,000 10% - ,001 en op 29% -

0 – R46,000 - 0% R46,001 – 300,000 - 10% R300,001 en op - 28% VERY SMALL BUSINESS The 2008 Budget proposed the reduction of the administrative burden on small businesses by introducing a presumptive turnover tax as an alternative to income tax and VAT for businesses with a turnover less than R1m a year.

Proposed presumptive tax for very small businesses:

Turnover Tax liability 0 – 100,000 0% 100,001 – 300,000 2% of each R above 100,000 300,001 – 500,000 4,000 plus 4% of each R above 300,000 500,001 – 750,000 12,000 plus 5,5% of each R above 500,000 750,001 – 1,000,000 25,750 plus 7,5% of each R above 750,000 BTW Die jaarlikse omset kerf vir verpligte BTW registrasie word verhoog van R300 000 na R1 miljoen. Die jaarlikse omset kerf vir boerderye wat elke ses of elke vier maande BTW opgawes indien verhoog van R1.2m na R1.5m. ESTATE DUTY Estate duty stays unchanged with an exemption of R3,5 million per individual and the rate at 20%. SKENKINGS BELASTING Die jaarlikse skenkings belasting vrystelling bly onveranderd op R100 000 en die koers bly 20%. CAPITAL GAINS TAX The exclusion threshold for capital gains and losses increases from R15 000 to R16 000.

The annual exclusion in the year of death remains unchanged at R120 000 and the primary residence exclusion remains unchanged at R1,5 million.

Suid Afrikaanse Inkomstediens kontak besonderhede

SAID Nasionale in bel sentrum Telefoon: 0860 12 12 18 SAID Webtuiste: www.sars.gov.za SARS E-Filling Telephone: 0860 709 709 E-mail: [email protected] Website www.efiling.gov.za

BOSHOFFVISSERPLUS 15 Ongeveer 180 werknemers by ons 14 takke verseker u van die hoogste gehalte professionele diens. Ons personeel sluit gegradueerdes, gekwalifiseerde rekenmeesters en finansiële beplanners in. Hulle is ons firma se grootste bate. Met beghulp van kennis en ondervinding bedien ons ‘n wye reeks kliënte, wat wissel van die individue tot maatskappye wat in verskillende sektore van die ekonomie bedrywig is.

Vir verdere inligting en ‘n volledige uiteensetting van ons dienste, besoek gerus ons webwerf by www.boshoffvisser.co.za DIE BELANGRIKHEID VAN ‘N GELDIGE TESTAMENT “Here today, gone tomorrow” is 'n frase wat die menslike bestaan op aarde die beste beskryf. Met die sekerheid van die dood wat soos 'n vraagteken bo elkeen van ons hang, ontstaan die vraag waarom so min mense die tyd inruim om 'n testament op te stel. Redes hiervoor is onder andere besige werkskedules, baie mense is oningelig en probeer eenvoudig die werklikheid van die dood vermy deur nie daaroor te dink nie. Hierdie artikel poog dus om die belangrikheid van 'n testament aan u oor te dra. Dit is belangrik om daarop te let dat 'n testament 'n regsdokument is wat liefs deur 'n kundige opgestel moet word ten einde enige hartseer en probleme vir u naasbestaandes te voorkom.

Dit is belangrik om 'n opgedateerde testament te hê, veral as u minderjarige kinders of afhanklikes het. Selfs al het u geen afhanklikes nie, is dit wenslik dat u 'n testament het, aangesien u 'n eksekuteur kan kies, asook die administrasieproses bespoedig. U testament moet gereeld hersien word om te verseker dat dit steeds 'n korrekte weergawe van u huidige wense en situasie is.

'n Testament moet aan sekere regsvoorskrifte voldoen om geldig te wees. Enige bevoegde persoon wat 16 jaar of ouer is en verstandelik bevoeg is om die uitwerking van sy handelinge te verstaan, kan 'n testament opstel.

Die testateur en twee getuies moet die testament aan die einde van elke bladsy in mekaar se teenwoordigheid onderteken. Die getuies moet bo die ouderdom van 14 jaar wees en moenie die testateur se gade, erfgenaam of in die hoedanigheid van eksekuteur optree nie.

'n Testament kan enige tyd gewysig word. Hierdie wysigings moet aan dieselfde vereistes as dié vir 'n geldige testament voldoen. Dit is nie nodig dat dieselfde getuies wat die oorspronklike testament onderteken het die gewysigde testament moet onderteken nie.

Dit is wenslik dat 'n testament na 'n egskeiding gewysig word, aangesien 'n nalatenskap aan 'n voormalige eggenoot nie noodwendig wegval nie. Die Wet op Testamente, nr 7 van 1953 bepaal dat, tensy daar spesifiek anders voorsiening gemaak word, 'n nalatenskap aan die eggenoot van wie geskei is gekanselleer word as die testateur binne 3 maande na die egskeiding sou sterf. Dit gee die geskeide persoon dus 3 maande na die egskeiding om sy/haar testament te verander.

Dit is raadsaam om nie u wense vir u begrafnisreëlings of verassing in u testament te beskryf nie. Die inhoud van 'n testament word dikwels eers na die begrafnis bekend gemaak, wat dit te laat maak om u wense uit te voer. Dit is dus beter om eerder u wense voor u dood aan naasbestaandes oor te dra.

Indien u sonder 'n testament sterf, word die boedel volgens die Wet op Intestate Erfreg, nr 81 van 1987 verdeel. In praktyk beteken dit dat iemand mag erf wat u dalk nie wou laat erf nie, of bates erfgename toekom wat u nie wou gehad het dit hulle moet toekom nie. Sterf 'n persoon sonder 'n testament, kan dit tot administratiewe-, belasting- en regsprobleme met moontlike geldelike verliese vir die naasbestaandes lei.

Bogenoemde is slegs 'n paar riglyne wat in ag geneem moet word by die opstel van 'n testament. Omdat niemand van ons weet wanneer hy/sy gaan sterf nie, doen dus vandag nog die verantwoordelike ding en kry u testament in orde.

BOSHOFFVISSERPLUS 17 BUITELANDSE BATES EN VERERWING

Sedert die verslapping van buitelandse valuta-beheermaatreëls kan Suid-Afrikaanse burgers wat suksesvol by die Ontvanger van Inkomste aansoek doen, so veel as twee miljoen rand (R2 000 000) direk in die buiteland belê. Dit beteken dat tussen 'n getroude paartjie soveel as vier miljoen rand (R4 000 000) in die buiteland belê kan word. Hierdie is alles goed en wel, maar wat gebeur by u afsterwe met hierdie buitelandse bates?

U buitelandse bates kan saamgestel word uit onder andere effektetrusts, aandele, vaste eiendom of kontant en kan in een of meer lande wees. Elke land het sy eie reëls en regulasies wat handel oor die bates by afsterwe. Verskeie internasionale konvensies is reeds gehou waar bepaal is dat die meeste lande testamente as geldig sal erken indien die testament beredder kan word in die land waar die betrokke testateur/testatrise woonagtig is.

Die administrasie en finalisering van 'n buitelandse testament kan 'n lang uitgerekte proses wees aangesien die testament eers in Suid-Afrika aanvaar en geregistreer moet word deur die Meester van die Hoë Hof. Die Meester sal hierna amptelik toestemming gee aan 'n Suid-Afrikaanse eksekuteur om as sulks op te tree, eers hierna mag die Suid-Afrikaanse eksekuteur 'n buitelandse agent opdrag gee om aansoek te doen ingevolge daardie land se wetgewing om die betrokke testament en eksekuteursbrief te verseël en aanvaar te kry.

Dit is belangrik om te onthou dat indien u, u hele buitelandse toelae van twee miljoen rand (R2 000 000) (sedert 1 Maart 2006) in 'n belegging belê wat deur 'n Suid-Afrikaanse instansie geadministreer word, is dit nie nodig om 'n afsonderlike testament op te stel nie. As u verkies om regstreeks in die buiteland in aandele wat in die buiteland genoteer is of in vaste eiendom te belê, sal u waarskynlik 'n afsonderlike testament benodig vir die bates in elke land waar u belê het.

Waar meer as een testament bestaan, is dit noodsaaklik dat die dokumente mekaar nie weerspreek of herroep nie. Wanneer 'n testament opgestel word, hetsy vir Suid-Afrikaanse of buitelandse bates, bly die volgende universele beginsels van toepassing: hou dit eenvoudig en gee jou eksekuteurs 'n mate van buigsaamheid; hou noukeurige en korrekte besonderhede van jou bates en begunstigdes; moenie jou eie testament sonder die hulp van deskundiges probeer opstel nie; moenie eksekuteurs en /of voogde aanstel sonder om hulle eers te raadpleeg nie, en hersien gereeld jou testament – minstens elke twee jaar.

Uit bogemelde kan u dus aflei dat dit in u beste belang is om in u testament te onderskei tussen buitelandse- en Suid-Afrikaanse bates. Dit is om hierdie rede dat 'n afsonderlike testament vir u buitelandse bates aanbeveel word.

18 BOSHOFFVISSERPLUS THE ABOLITION OF STC AND THE INTRODUCTION OF DIVIDEND TAX

The taxation of distributed profits in South Africa is achieved through the secondary tax on companies, referred to colloquially as 'STC'.

The STC, currently levied at 10%, is a tax companies pay on dividends distributed to their shareholders and, as a result, places the tax burden on the company instead of the shareholder. The fact that the STC liability falls on the company distributing the profits effectively increases the corporate tax rate.

The system and computation of STC is complex and international investors are more familiar with dividend tax at shareholder level. South Africa is one of but a few countries that impose STC. The only other countries that have something similar are India and Estonia. Unfamiliarity with the workings of STC and its impact on a company's income statement, as well as the effect it has on the cost of equity finance are some of the difficulties foreign investors had to deal with. These were also some of the reasons highlighted by the South African Revenue Service (SARS) for the switch from a company-level tax to a shareholder-level tax.

Broadening the base The STC is calculated at a rate of 10% of the net amount of a (qualifying) dividend distributed by a company. To qualify as a dividend (as defined in the Income Tax Act), the distribution must (as a rule) come from profits. Consequently, companies could avoid STC by distributing dividends out of funds which are not regarded as profits.

Apart from getting in line with international standards, SARS has identified certain shortcomings with the current legislation – ?dividends should account for all profits, whether realised or unrealised; ?where assets are distributed in specie, any unrealised profit associated with that distribution should be taken into account; ?distributions of share premium are technically excluded from the dividend definition.

The new dividend tax will continue to be imposed on any distribution from company profits, save that in certain circumstances it will also be payable on distributions of share premium. The dividend tax will be a separate final withholding tax and will not form part of the shareholder's income.

The dividend tax regime will be implemented in 2009, but it is also contingent on the revision and renegotiation of relevant international tax treaties. All indications are that this will be finalised in time.

The dividend tax will be levied at a rate of 10%. Because it is a 'withholding tax', companies will in all probability still be responsible for payment of the tax to SARS on behalf of the taxpayer. The dividend tax will not apply in respect of dividends declared to tax exempt entities. Moreover, in order to avoid the 'cascade effect', where the same dividend is taxed each time it moves upwards through a group of companies, the dividend tax will not apply to resident companies that receive dividends.

The new system differs fundamentally from the existing one and, as a consequence, all STC credits accumulated by companies will expire on a date (still) to be determined by the Minister.

Preference shares The use of preference shares has been prevalent in most securitization transactions and, in the South African context, substantially in Black Economic Empowerment (BEE) transactions. Many preference shares are linked to the prime interest rate, and under the STC regime, dividends are paid to shareholders after taking STC into account. However, preference shareholders could be negatively affected by the changes. There is no legal obligation on the issuer (the company) to increase its rates and pass on the STC saving. The preference shareholder, on the other hand, will be saddled with the 10% dividend tax.

Capital gains tax on shares Another change worthy of noting is that to section 9C of the Income Tax Act. Where shares are held for three years and then sold, the transaction will automatically attract capital gains tax (CGT). Consequently, if shares are sold within the three year period, SARS is more likely to treat the proceeds as income. Nevertheless, the intention with which the shares were acquired will still be a determining factor where these shares are sold within the three year period. Although SARS would want to treat your profits as income, you are still entitled to prove the contrary and the capital/revenue test will still apply.

Transition The shift from the STC to the dividend tax regime will be managed in two phases. The first phase of reform was to reduce the rate of STC from 12,5% to 10% with effect from 1 October 2007. The second phase entails the actual conversion of the STC into the dividend tax, which will in all probability happen in 2009.

This article was written by Carel Cornelissen of Kemp Cornelissen Attorneys, Cell: 082 446 8990, Email: [email protected]

BOSHOFFVISSERPLUS 19 BELANGRIKE VERSEKERINGSBEGINSELS IN ‘N NEUTEDOP By die aangaan van 'n korttermynversekeringskontrak, is dit belangrik om op sekere versekering beginsels wat altyd van toepassing is, te let. Indien dit ontbreek, mag jy met skok ontdek dat jy inderdaad geen dekking geniet nie. So moet Versekerbare belang bestaan by die sluiting van iedere poliskontrak en moet nog steeds aanwesig wees by die plaasvind van 'n verlies. Om versekerbare belang te identifiseer, is daar vier belangrike vereistes om aan te voldoen nl.

1. Daar moet 'n fisiese voorwerp wees (bv. gebou, motor, ens.) wat vernietig kan word of 'n hoedanigheid waaruit 'n regsaanspreeklikheid kan voortvloei.

2. Hierdie voorwerp of regsaanspreeklikheid moet die onderwerp van die versekeringspolis wees.

3. Die versekerde moet in 'n verhouding teenoor die voorwerp staan wat regtens erken word. (bv. Eienaarskap, Trustees, Verbandgewer, Huurkoopeienaar, ens.)

4. Die versekerde moet in sodanige finansiële verhouding tot die onderwerp van versekering staan, dat hy voordeel trek uit die behoud daarvan of benadeel sal word deur die verlies daarvan of waar hy regtens aanspreeklik kan word vir skadevergoeding.

Tweedens – In die meeste gevalle het die versekeraar nie die geleentheid om elke risiko wat hulle verseker te ondersoek nie en vertrou hulle op die aansoeker om alle besonderhede wat op die risiko betrekking het openbaar te maak. Om hierdie rede is die regsbeginsel van “uiterste goeie trou” van toepassing. Dit is dus 'n stilswyende voorwaarde van elke versekeringspolis dat die aansoeker alle wesenlike feite moet openbaar. Die nie- openbaarmaking hiervan is 'n verbreking van die beginsel van uiterste goeie trou en maak die polis vernietigbaar deur die versekeraar. Die versekeraar se evaluering van die risiko en premieberekenings is uitsluitlik op die aansoeker se verklarings gebasseer en daarom is dit 'n uiters belangrike beginsel om na te kom. Wesenlike feite is kortliks enige feite rondom die fisiese sowel as die morele risiko's wat aandui dat dit groter as normaal is, feite wat aandui dat die versekeraar se aanspreeklikheid groter as normaal is sowel as enige feite waarvoor vrae in 'n aansoekvorm gestel word.

In die derde plek is daar 'n gemeenregtelike beginsel wat neerlê dat geen versekerde 'n wins mag maak uit die verlies wat hy gelei het nie. Die beginsel van skadeloosstelling is dus 'n meganisme waardeur die versekeraar poog om die versekerde na 'n verlies of skade in dieselfde finansiële posisie te plaas as wat hy was onmiddellik voor die verlies of skade plaasgevind het. 'n Belangrike beweegrede vir hierdie beginsel is om bedrog te voorkom. Verder bly die metode waarvolgens skadeloosstelling geskied die versekeraar se keuse. Die keuse word deur verskeie faktore, soos bv. onderversekering, beïnvloed, maar sal meestal een van die volgende wees nl. kontantbetaling beperk tot die versekerde bedrag, herstelling van die skade of vervanging van die artikel.

‘n Vierde aspek wat as 'n grondbeginsel geag kan word, is die fundamentele reg in versekering dat die versekeraar slegs vir verliese aanspreeklik is waar die onmiddellike oorsaak daarvan 'n versekerde gevaar is. Die verlies wat gely word moet dus direk en ononderbroke met die oorsaak in verband gebring word en nie met 'n verwyderde oorsaak nie.

Uit bogemelde is dit duidelik dat 'n versekerde na 'n verlies in dieselfde finansiële posisie geplaas moet word as wat hy onmiddellik voor die verlies was. Hoe nou gemaak as die versekerde oor meer as een polis beskik wat dieselfde verlies dek (bv. by maatskappy A en B) of hy eis van sy versekeraar en verhaal sy verlies ook van 'n derdeparty (skuldige). Ten einde dus reg te laat geskied aan die bogemelde versekering beginsels en veral skadeloosstelling, is die uiters noodsaaklike beginsels van subrogasie en kontribusie in die polis voorwaardes opgeneem.

Subrogasie: Dit is die reg wat die versekeraar verkry tot die regte van die versekerde m.a.w. as die versekeraar 'n eis aan die versekerde betaal en hom dus skadeloos gestel het, gaan die versekerde se reg om van die skuldige party te verhaal oor op die versekeraar. Indien die versekerde hierdie reg van verhaal sou behou, sal hy 'n wins uit sy verlies maak en kan skadeloosstelling nie geskied nie. Derhalwe word sy regte kontraktueel aan die versekeraar gesubrogeer.

Kontribusie: Soos wat die versekerde 'n reg het om van 'n ander party te verhaal, het hy ook 'n reg om by meer as een versekeraar te verseker en van almal te eis. Dit word egter sover moontlik vermy. Derhalwe tree die beginsel van kontribusie in werking as daar ten tye van 'n verlies meer as een polis bestaan wat dieselfde eiendom dek. Ten einde skadeloosstelling te laat geskied en te verhoed dat die versekerde 'n wins uit sy verlies maak, bepaal die beginsel dat elke versekeraar betrokke, niks meer as sy eweredige deel van die totale bedrag van die verlies betaal nie. Die verdeling geskied in verhouding tot hul versekerde bedrae.

Bogemelde beginsels toon duidelik dat daar te alle tye belangrike pligte van veral uiterste goeie trou en openbaarmaking op die versekerde rus. Die beginsels verhoed ook dat korttermynversekering enigsins as 'n weddenskap of 'n vorm van dobbel gesien kan word.

20 BOSHOFFVISSERPLUS BENUT POSITIEWE LANDBOU OMSTANDIGHEDE OM TE DIVERSIFISEER Tye en bedrywe verander darem ongelooflik vinnig. Aan die begin van 2007 is 'n aanbieding by 'n Landbouvereniging in die Suid-Kaap gedoen waar verskillende bedrywe asook hul onderskeie opbrengste per hektaar ontleed is. Mnr. André Fourie, bekende landbou-ekonoom van Anker Agri, het die volgende scenarios aan die gehoor geskets:

Langtermyn gemiddelde opbrengs per hektaar (Plaasgrootte 1 200 hektaar) R600-00 (2005) R1 000-00 (2006)

2007 was vir die meeste landboubedrywe 'n hoogs suksesvolle jaar en lees die gemiddeldes, volgens Mnr. Fourie, 'n jaar later as volg:

R1 800-00 (2007) Mnr. Fourie se voorspelling vir 2008 is R1 500-00 per hektaar.

Na 'n suksesvolle 2007 en sover hoë produkpryse vir landbouprodukte in 2008 is insetkoste besig om vinnig die marges weer te laat krimp. Nietemin lyk die landbou tans die belowendste in baie jare, ongeag van die baie veranderlikes soos droogtes, hoër insetpryse, arbeidsprobleme en negatiewe regeringsuitsprake. Wat tans nie positief lyk nie, is eiendom en aandele as bateklasse. Hoër rentekoerse en oliepryse, die kragkrisis tesame met die subprimakrisis in die buiteland het ongekende volatiliteit in die binnelandse en buitelandse aandelemarkte gebring. Binnelandse eiendomspryse het die afgelope 5 jaar die een rekordstyging na die ander beleef. Ook dit het snel tot 'n einde gekom en die te koop-bordjies staan deesdae soos paddastoele voor huise. Boere wat wil diversifiseer en geld buite die landbou wil belê moet hierdie onsekerhede benut en oordeelkundige aankope doen met ekstra fondse. Belê liefs in bates met 'n sterk inkomstestroom wat selfonderhoudend is en nie verkoop hoef te word as landboutoestande verswak nie. Moet ook nie probeer om met die wegspring te veel geld buite u bedryf te belê nie. Begin eerder met 'n kleiner bedrag, maar maak 'n begin.

'n Voorbeeld wat 'n bestaande kliënt aan ons voorsien het: In 1982 het hulle 'n boerderywins van R300 000-00 gemaak. Die opbrengs in 1982 was tussen R75-00 – R90-00 'n hektaar. Gedurende 1982 was 'n nuwe bakkie se prys ±R6 000-00 – R7 000-00 en 'n John Deere 31/40 4x2 (100 perdekrag) het R30 000-00 gekos. Grondpryse in die distrikte van Heidelberg en Swellendam was in 1982 (en ek veralgemeen) ±R250-00 per hektaar. Tans is dit seker veilig om te sê grondpryse is ±R12 000-00 per hektaar (weereens veralgemeen ek). 'n Toename van 48 keer dus. Remgro, voorheen Rembrandt, het sedert 1982, 240 keer toegeneem sonder in agneming van dividende. Toegegee Remgro was een van die sterk presteerders.

Alhoewel landbou oor die afgelope 26 jaar billik presteer het, moet landbouers hul visie sprei en goeie tye gebruik om te diversifiseer.

BOSHOFFVISSERPLUS 21 HET JOU TRUST AL ‘N ONAFHANKLIKE TRUSTEE?

Tot onlangs toe was dit algemeen in SA dat al die trustees van 'n trust ook begunstigdes in daardie betrokke trust was. Tipies sou man en vrou of pa en seun trustees wees in die familitrust. Hierdie situasie het egtor nou verander na die Appèlhof op 23 September 2004 'n deurslaggewende uitspraak gelewer het in die saak van Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker.

Sonder om in die detail van die saak betrokke te raak, het die Appèlhof in die Parker-saak 'n baie belangrike beginsel vasgelê, nl dat elke trust voortaan 'n “onafhanklike” trustee moet hê. In praktyk beteken dit dat die Meester van die Hoë Hof nou moet toesien dat elke trust minstens een trustee het wat nie 'n begunstigde van sodanige trust is nie, maw “onafhanklik” is.

Die “onafhanklike” trustee hoef nie 'n professionele persoon te wees nie. Sodanige persoon moet slegs bewus wees van die verantwoordelikhede van trusteeskap, en moet sodoende verseker dat die trust behoorlik funksioneer en dat die bepalings van die trustakte behoorlik uitgevoer word. 'n Versuim van hierdie pligte kan lei tot 'n aksie teen die betrokke trustee.

Trustees moet besef dat hulle sekere pligte en verantwoordelikhede het teenoor die begunstigdes van die trust wat hulle verteenwoordig. Indien hierdie pligte nie verantwoordelik uitgevoer word nie, kan trustees persoonlik aanspreeklik gehou word.

Afgesien van die onafhanklike trustee moet daar gereelde vergaderings gehou word waar alle besluite deur die trustees geneem, genotuleer word. Verder moet daar behoorlik boekgehou word van die trust se finansiële sake en moet daar ook jaarliks finansiële state opgestel word.

Vanweë die risiko en belangrikheid van 'n “onafhanklike” trustee het Boshoff Visser 'n trustmaatskappy gestig wat spesialiseer in die dienste van 'n onafhanklike trustee. Indien u bekommerd is dat u trust nie aan die vereistes van 'n onafhanklike trustee voldoen nie, kontak ons gerus.

Boshoff Visser aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige B O S H O FF verlies of skade gely of onkoste wat aangegaan kan word as V I S S E R gevolg van inligting wat in die publikasie vervat is nie. Kontak asseblief een van die direkteure van Boshoff Visser voordat u enige besluite neem na aanleiding van enige inligting in hierdie nuusbrief.

Boshoff Visser accept no liability whatsoever for any losses, damage or cost incurred which may arise from information published in this News Letter. Please contact anyone of the directors of Boshoff Visser before any decisions are made regarding information published.

22 BOSHOFFVISSERPLUS ariette pretoriu M proMkureurs/attorneys S

Aktebesorgers/Conveyancers Boedelberedderaars/Administrators of Estates Arbeidskonsultante/Labour consultants member of the cape law society

Cell: 084 530 9409 · Tel: 028 212 2599 · Fax: 028 214 1835 Email: [email protected] PO Box 133 · Caledon 7230 · 3 Plein Street Caledon BOSHOFFVISSERPLUS 2123 IF YOU BELIEVE DIRECT LIFE INSURANCE IS CHEAPER YOU CAN BELIEVE ANYTHING

10 Years ago the first short term insurance company started doing business directly with the public claiming vast savings cutting out the middle man. It was only a matter of time before Life Assurance was sold in the same way, with the first company starting in 2006, promising up to 22% saving. Let’s see if this is true, and if so, why. Fanie Nel, Financial Advisor at Boshoff Visser investigated the matter and gives his comments.

1. Premium Pattern When dealing with a broker you have two choices. i. Level Premiums: The premium will remain the same as long as the cover remains the same. It will only increase when the cover increases. ii. Compulsory Premium Growth: The premium will increase each year, but the cover will remain constant. The premium for the second option is much lower in the beginning but much more expensive over the longer term.

The direct company I contacted only had one option. The premium stays the same for 2 years and then escalates by 5% each year while your cover remains constant. On all the quotes I requested the sales person forgot to mention this important fact! It was only when I asked about increases it was disclosed to me.

2. Increasing Cover Going direct doesn't offer you the option of a yearly increase in cover. When you increase your cover you have to qualify medically each time as if you are taking out cover for the first time. If you have an illness that increases your risk you may not get any more cover or get it at a loading. With conventional cover you can choose that your cover keep track with inflation, it does not matter if you become medically unfit for new life insurance. It also means that your cover can still keep up with inflation after 65. With the direct option you can only increase cover till age 64.

3. Financial Advice The salesperson with a direct company is just that, a salesperson. They tell you that they know their product, but cannot offer any financial advice. If you are dealing with a professional financial advisor life cover should not be sold but should form part of your financial plan.

4. Commission VS Incentives Direct companies advertise that they do not charge commission, but next time when you speak to a telephone salesperson, ask him/her if they receive sales incentives. You may be surprise to hear that they do. Many financial advisors would agree to work on an hourly rate rather than on commission if you discuss it with them.

24 BOSHOFFVISSERPLUS 5. Medical Requirements The direct and conventional options have the same medical questions. With the direct option you only have to do a HIV test if you don't have any medical problems. With the conventional route you have to do a HIV, Cholesterol, smokers, height and mass and blood pressure test for even the smallest amount of cover. Even though the direct route is much easier it also creates a gap for people to lie about their weight, cholesterol and other medical details without the insurer being able to tell if they are lying. The chance of you paying for someone else who was supposed to pay a higher premium is much better with a direct insurer.

6. Total Premiums paid The easiest way to determine value with a life insurance policy is the total amount of premiums paid. It is a very simple equation, just add all the premiums paid over expected life term and compare the 2 options. I phoned and received the following quote for a 27 Year old male, matric, smoker working as a farmer and earning R 10 000-00 per month. The table below indicates the monthly premiums at certain ages, as well as the total premiums paid till 80.

7. As you can see, the premium starts at almost the same amount with the big difference being the 5% increase per year offered by the direct company.

BOSHOFFVISSERPLUS 25 Bellville Mossel Bay T +27 21 914 9604 T +27 44 601 8600 F +27 21 914 9607 F +27 44 601 8624 E [email protected] E [email protected] 3 High Street, Rosenpark, Bellville 7530 10 Church Street, Mosselbay 6506 PO Box 5530, Tyger Valley, 7536 PO Box 732, Mosselbay 6500

Bredasdorp Riversdale T +27 28 424 2840 T +27 28 713 1072 F +27 28 424 2843 F +27 28 713 1072 / 086 618 5685 E [email protected] E [email protected] 23 Dirkie Uys Street, Bredasdorp 7280 19 Dickson Street, Riversdale 6670 PO Box 776, Bredasdorp 7280 PO Box 85, Riversdale 6670

Caledon Still Bay T +27 28 212 1159 T/F +27 28 754 2009 F +27 28 212 2925 E [email protected] E [email protected] Attie Nel Building, Main Road West, 7 Plein Street, Caledon 7230 Stilbay 6674 PO Box 743, Caledon 7230 PO Box 776, Still Bay 6674

De Doorns Swellendam T +27 23 356 2433 T +27 28 514 1102 F +27 23 356 2311 F +27 28 514 2331 E [email protected] E [email protected] Voortrekkerweg 45, De Doorns 6875 29 Veldkornet Street, Swellendam 6470 Posbus 127, De Doorns 6875 PO Box 30, Swellendam 6470

George Strand T +27 44 802 5700 T +27 21 853 2585 F +27 44 802 5717 F +27 21 853 8653 E [email protected] E [email protected] 73 Meade Street, George 6529 Property 1, 60 Fagan Street, Strand 7140 PO Box 2570, George 6530 PO Box 277, Strand 7139

Grabouw Upington T +27 21 859 2834 T +27 54 332 1912 F +27 21 859 1722 F +27 86 524 8124 E [email protected] E [email protected] 26B Main Road, Grabouw, 7160 Markstraat 60, Upington 8800 PO Box 38, Grabouw, 7160 Posbus 61, Upington 8800

Heidelberg Worcester T +27 28 722 8040 T +27 23 342 2374 F +27 28 722 1400 F +27 23 342 2374 E [email protected] E [email protected] E [email protected] Fairbairnstraat 8, Worcester 6850 33 Fourie Street, Heidelberg 6665 Posbus 801, Worcester 6849 B O S H O F F Financial Services: V I S S E R PO Box 122, Heidelberg 6665 Incorporated: BRANCHES PO Box 229, Heidelberg 6665

26 BOSHOFFVISSERPLUS Africa's Southernmost Beachfront Estate angezandt Fishermen's Village

one kilometer beach front • on a 24 kilometer white sandy beach • warm Indian Ocean • two hours relaxing drive from • land start at only R550 000 • turn key options fully furnished and equipped • be on holiday from day one!

Contact Joey 082 3344 554 Chantal 082 5926 477 Rudi 082 4943 890 Office 028 435 6655 S i t u a t e d b e t w e e n H e r m a n u s a n d A r n i s t o n VOORUITSTREWENDE OPLOSSINGS

Boshoff Visser is ‘n vooraanstaande ouditeurs- en finansiële dienste firma in die Wes-Kaap en lewer ‘n wye reeks finansiële dienste teen hoogs kompeterende pryse wat nommer pas is vir enige onderneming. Ons bied ‘n omvattende reeks finansiële dienste wat onder meer die volgende insluit:

REKENINGKUNDE • OUDITERING • FINANSIËLE BEPLANNING • RISIKOBESTUUR BELEGGINGSBEPLANNING • INKOMSTEBELASTING BEPLANNING • TESTAMENTE

w w w. b o s h o f f v i s s e r. c o. z a