SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2010 Jaargang VII Maand 2 Februarie 2010 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Februarie 2010 Bundels Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 4193 Datum: Monday, February 01, 2010 Daar is 2 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. STAMVADER COETZER From: Sylvester Rascher 2a. Re: Kieserslysprojek From: Gert Maritz 1. STAMVADER COETZER Posted by: "Sylvester Rascher"
[email protected] sylvesterrascher Mon Feb 1, 2010 2:45 am (PST) Beste Lys, Ek is op die oomblik op die spoor van Stamvader Jacob Coetzer en gaan binnekort in die argiewe van die voormalike Bohemia (nou Czech Republic) kyk of ek iets verder kan opspoor. Kan iemand my moontlik help met inligting uit die volgende artikel: Coetzer, W.J.J.: (vide Fam. vol. 13, no. 2, 1976, p. 52): Kuzer. Familia vol. 13, no. 1, 1976, p. 3-6. Blykbaar is daar iets in oor sy vader Wentzel. Wil graag ook weet of daar iets gemeld word van sy moeder of broers en susters of enige ander inligting wat as leidraad kan dien van na wie en in watter tydsruimte gesoek moet word.