SA Genealogie Epos Bundels
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2012 Jaargang IX Maand 8 Augustus 2012 Saamgestel deur: Pieter L van der Merwe KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Augustus 2012 Bundels (Oogstmaand) Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 5359 Datum: Wed Aug 1, 2012 Daar is 15 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1a Re: Elizabeth, Lijsbeth, de Voogd by "Johan Pottas" pottasjj 2a Re: Die onbeskofte wyf Sophia Robberts by "Elmien Wood" 2b Re: Die onbeskofte wyf Sophia Robberts by "Ann Tiran" anntiran 3a Re: Vir Dennis by "Hobbie Stoffberg" hobbiestoffberg 4 On-oopgemaakte e-pos by "Dennis Pretorius" 5 [Koerant] Die Burger Oos-Kaap 01 Aug 2012 by "P Marx" 6a Re: {Disarmed} Re: [SA-Gen] Nortje kenners by "Linda Bester" 6b Re: {Disarmed} Re: [SA-Gen] Nortje kenners by "Carika" carikamatthews 7a Re: Jan Robberts se herkoms by "Ann Tiran" anntiran 7b Re: Jan Robberts se herkoms by "Colin Möhr" mohr.colin 7c Re: Jan Robberts se herkoms by "Sasa Malan" sasa.malan 7d Re: Jan Robberts se herkoms by "Sasa Malan" sasa.malan 8a Re: SA Erasmusse en Desiderius Erasmus by "Sasa Malan" sasa.malan 8b Re: SA Erasmusse en Desiderius Erasmus by "paul_le_roux" paul_le_roux 9 Afsterwe: Ria Stone by "Caren Louw" caren.louw Messages 1a Re: Elizabeth, Lijsbeth, de Voogd Wed Aug 1, 2012 3:29 am (PDT) . Posted by: "Johan Pottas" pottasjj Elmien Ek het nie die boek nie, dit is moontlik dat ek die "verkeerde" boom opblaf, maar volgens Diederik NIEMANN se testament is my Elisabeth 'n "inlandsche vrou", wat ek verstaan dat sy nie 'n slavin was nie, maar van die plaaslike bevolking (PB), soos ook bevestig deur die MtDNA toetse. Sover ek weet was die PB's nooit as slawe in die Kaap nie. Onderstaande uit my data: "(KAB 1/STB 18/10.50) Laaste wens en testament van Diederik Nieman van Cabo de Goede Hoop "siekelijk te bedde leggen" maar gesond van verstand. Opgestel op 13 April 1747 om 7 uur die aand te Stellenbosch. Hy bemaak aan sy Seun Jan Nieman sy ryperd, 'n bruin merrie met 'n kol op die voorkop, tesame met die saal en ander toebehore sodat Jan die perd kan gebruik vir sy werk as 'n dragonder. Die restant van sy boedel bemaak hy in gelyke dele aan al sy kinders: 1. Jan - ongeveer 24 jaar oud 2. Lysbeth Margriet - 20 jaar 3. Johanna Catharina - 18 jaar 4. Claas - 15 jaar 5. Pieter - 13 jaar 6. Christina - 12 jaar 7. Diederik - 9 jaar 8. Frederik - 5 jaar 9. Mietjie - 3 jaar, "alle verwekt by een Inlandsche vrouwe"." Groete Johan J Pottas Tel: +27-51-522-7329 huis Tel: +27-82-569-3727 sel Posbus 34559, Faunasig, 9325 IKT / ICT Universiteit Vrystaat / University Free State Tel: +27-51-401-2767 werk Faks: +27-51-401-2765 werk 2a Re: Die onbeskofte wyf Sophia Robberts Wed Aug 1, 2012 3:39 am (PDT) . Posted by: "Elmien Wood" Andre en Ann Baie dankie hiervoor. Ek het al lankal gesoek na die feite omtrent die kind Ilya of Ulya of Eula. Andre Kellerman het vir my daarvan vertel toe hy en Leon Endemann die dokumente deursoek het om die fout op te spoor. Op daardie stadium het ek nie ‘n aantekening gemaak nie. Nou het ek dit verander in my Suid-Afrikaanse Geslagsregisters. Ek het gedink ek het ook vir Sophia in my voorgeslagstaat, maar, ek mis die oudste dogter. In my voorgeslagte is daar net b2 Schalk, b3 Maria en b7 Aletta. Maar Fytjie kon regtig op haar twee voete staan. Ek sou nie omgegee het om haar onder my voorsate te tel nie. Hoekom is Robberts omstrede? Volgens wat Ann skryf het Adam Tas hom lelik sleg gesê, maar hy was tog landdrost en ‘n welvarende man. Groete Elmien From: Andre T Morkel Sent: Wednesday, August 01, 2012 3:47 AM To: [email protected] Subject: [SA-Gen] Re: Die onbeskofte wyf Sophia Robberts Dankie Elmien en Ann, Sophia (Fytje) van der Merwe x Pasman xx Robberts was'n gedugte mens - jy het nie somme rmet haar vasgesteek nie. Sy was stamouer Willem van der Merwe se oudste kind. Roelof Pasman het die plaas Rustenburgh by Stellenbosch ontwikkel maar is vroeg oorlede. Sophia het toe met die omstrede Pieter Robberts getrou - maar 'n bietjie laat - of anders, die baba het 'n bietjie vroeg gekom. Leon Endeman en André Kellerman het op die ou Genforum vertel hoe hul die eienaardige naam Ilya van der Merwe (Willem se 12e kind) nagespoor het. Dit blyk toe dat die Franse dominee in die register geskryf het dat op 28 Mei 1696 was daar 'n kind gedoop, van die skoonseun van Willem van der Merwe. Die Frans vir 'was daar' - 'il ya eu' - was deur die ou genealoë wat duidelik nie Frans verstaan het nie, geneem as die kind se naam. Deur 'n proses van eliminasie wast Leon en André seker dit was Fytje enPieter se seun Jan Robberts. Skoonpa Willem het die kind laat doop in Drakenstein, so ver weg van die Kaap en Stellenbosch as wat hul daardie dae kon kom, en in die boeke was ilya sy twaalfde kind. Die Franse predikant was duidelik nie gelukkig nie en het nie eers die naam van die kind ingeskryf nie. "Lannée 1696 le 28 Mey il y a eu un enfant Baptisé du beau-fils de Willem Schalk van den Merven" Ek stam trots af van Fytje - sy was die ma van Catharina Pasman, vrou van stamouer Philip Morkel. Sy was welaf soos Elmien noem en, afgesien van Rustenburgh, het twee plase weggegee aan haar dogters - Onverwacht (later Die Bos) aan Catharina en Nooitgedacht aan Sibella Pasman wie se nagslag die Cloetes van Groot Constantia insluit. André in Perth family.morkel.net 2b Re: Die onbeskofte wyf Sophia Robberts Wed Aug 1, 2012 7:06 am (PDT) . Posted by: "Ann Tiran" anntiran Baie dankie..het dit gaan aflaai...nie dat my Hollands te waffers is nie ☺☺ Ann/Annatjie Tiran *Pelser fax 086-610-5567 ° ° ° ° ° <*)))>< _____ From: [email protected] [mailto:[email protected]] On Behalf Of Johan Sent: 31 July 2012 20:54 To: [email protected] Subject: [SA-Gen] Re: Die onbeskofte wyf Sophia Robberts Naand Ann Adam Tas se dagboek kan hier afgelaai word: http://archive.org/details/diaryofadamtas00tasa Groete Johan Viktor 3a Re: Vir Dennis Wed Aug 1, 2012 4:14 am (PDT) . Posted by: "Hobbie Stoffberg" hobbiestoffberg Middag Dennis Ek het ook vandag ‘n epos van Mogale Tourism [mailto:mogaletourism%40mweb.co.za] gekry met onderwerp: Not Read: Ooreenkoms kerk-foto’s. Die epos is om 11:51 gestuur. Ek het en gaan dit nie opmaak nie, maar net vir ewig uitvee Groete Hobbie Stoffberg From: Marietta van Zyl Sent: Wednesday, August 01, 2012 12:14 PM To: [email protected] Subject: [SA-Gen] Vir Dennis Goeie dag Ek tik maar hier want ek is nou nie so seker wat is aan die gebeur! Dalk ‘n leidraad? Ek het gisteraand na jou mweb adres gevra vir nuwe werk en vandag kry ek dit “deleted” en “Not read” en die adres? ….. (Ook ‘n vorige ene) Mogale Tourism [mailto:mogaletourism%40mweb.co.za] Is dit nie dalk waar jou rekenaar heen verdwyn het wat gesteel is nie? Ieder geval ek het die volgende vir jou gestuur: Hallo Dennis Hoop jul het lekker gerus. As jy kans kry, stuur asb die volgende aan: Laastes ontvang is KSL C006 Vol 09 en 10 no 9048 - 9067 vir Andre se vrou KSL C005 Vol 09 en 10 no 8791 - 8810 Vir Andre Gouws My een tikster is baie siek en het nie iets getik of ver gekom nie. Wil haar nie nou pla nie. Nog siek en ondergaan toetse. Ekself het ook lam gelê omdat ekself ook weg was en die week wou begin tik, paar gedoen en toe is daar weer chaos. Sal probeer opmaak van volgende week af. Groete Hallo Dennis Botes O16 .. kan nie lees nie. Asb nuwe foto… Dennis ek is amper klaar met die reeks, het baie min getik die laaste tyd agv omstandighede hier, maar ek behoort nie meer lank aan dit te tik wat oor is om gedoen te word nie. Ek het gesien dat iemand “halwe” werk genoem het. Mense wat halfpad deur besluit het om nie meer te tik. Jy is welkom om eers van daardie vir my te stuur sodat ons dit gou op datum of volledig oorgetik kan kry. Stuur maar solank…. Groete Marietta van Zyl IMPALA PARK Huis: 0118945917 Sel no: 0827765998 Faks: 0867563254 Epos: mailto:marietta2510%40telkomsa.net Familieboom: <http://www.myheritage.com/site-151457971/george-van-zyl-marietta- gouws-tree > George van Zyl and Marietta Gouws tree Web Site VANNE: Van Zyl, Gouws, Burness, Schwartz, Olivier, Thorpe, Fourie, Snyman, Bezuidenhoudt, Greeff, Marè, Stolk 4 On-oopgemaakte e-pos Wed Aug 1, 2012 6:36 am (PDT) . Posted by: "Dennis Pretorius" Hallo Almal Sommige van julle het 'n e-pos van Mogale Tourism ontvang wat lees dat die e-pos wat julle aan my gestuur het ongeopen teruggestuur is, Ek ontvang e-pos op twee rekenaars - een by die werk (Mogale Tourism) en die ander by my huis.