1 Uitgawe 43 Januarie / Februarie 2013 R7.50 In hierdie uitgawe Foto met komplimente van www.namaquawestcoast.com ;( fotograaf: Tania Fouché) Outa kry R7,8 m. Transhex betrokke in gemeenskappe DA raadslede besoek Sedibeng wateraanleg Zuma is reg en tog is hy ook so verkeerd Dankie NamaKhoi! Die DA in Namakwaland het sy oog op `n doelwit Fonteintjie skoonmaak `n sukses Afrikaanse musiekfees in Amsterdam CSA en Leliefontein inwoners betoon hul liefde vir die veld In hierdie uitgawe 1 Kontakbesonderhede:
[email protected] / 0832362152 / 027 8211 669 2 Geestelike voedsel 2 Kerk op Brazil, naby Kleinzee LOSGEDAGTES Die meeste mense, so lyk dit vir my, het die nuwe jaar nie soos ʼn maraton begin nie. Nee eerder asof hulle die 100-meter gaan hardloop. Met ʼn spoed het hulle uit die blokke gekom en kort voor lank is hulle stokflou voor die einde van die eerste maand. Vasgevang in die greep van gejaagdheid. Skielik is daar nie meer tyd vir ander noodsaaklike sake soos byvoorbeeld jou lewensmaat, jou kinders en gesin, vriende en familie nie. Die werk kom eerste. En natuurlik daardie sogenaamde werkverwante aangeleenthede soos onthale en partytjies Woensdagmiddag se potjie gholf of tennis met sakevennote. Jou tyd is Oefen jouself in naderhand so in beslag geneem deur al hierdie dinge dat die mense naby jou Huisreëls vir wonder of jy nog vir hulle omgee. Jy het nie genoeg tyd om ook nog vir hulle in te 2013 in op die pas nie. Jy jaag net voort. 2013 So het dit in ʼn sekere pastorie gegaan. Die pa het as dominee van die gemeente - Wees altyd eerlik.