BUSVERVOER 2018 ROETE 1 : ROOIHUISKRAAL, THE REEDS, AMBERFIELD Hoërskool Eldoraigne bied in samewerking met ‘n buite maatskappy busvervoer na en van die skool vanaf bogenoemde areas aan. Die skool is geensins verantwoordelik vir die vervoer nie en doen slegs die reëlings om dit makliker vir leerders te maak om van die diens gebruik te maak. Die skool, personeel of beheerliggaam kan dus nie aanspreeklik gehou word as die kontrakteur nalatig is nie. Leerders maak dus gebruik van hierdie busdiens op eie risiko. ROETES 2,3 & 4 : MIDSTREAM, WIERDA GLEN ESTATE, IRENE, CLUBVIEW, ELDORAIGNE, VALHALLA, VOORTREKKERHOOGTE, GARSFONTEIN Die bogenoemde roetes word bedien deur Hoërskool Eldoraigne se skoolbussies wat vanaf bogenoemde areas leerlinge kan vervoer. Daar is egter slegs plek vir 13 leerlinge per bussie. Die aantal bussies sal bepaal word deur die getal belangstellendes in die aansoekproses. BUSKAARTJIES Kaartjie-pryse word jaarliks hersien, en daar is tans twee tipe kaartjies beskikbaar: • R200 (10 ritte teen R20 per rit) • R300 (20 ritte teen R15 per rit) Kaartjies kan by die Finansieskantoor aangekoop word. Leerders moet jaarliks registreer/herregistreer by die Finansieskantoor om van die busvervoer gebruik te maak. Die voltooide busregistrasievorm moet na Me Suzette Viljoen ge-epos word by
[email protected] voor of op 31 Januarie 2018. Slegs leerders wat aansoek doen sal aanvaar word. Reëlings mag onderhewig wees aan wysigings , maar die skool sal u vroegtydig daarvan in kennis stel. U spoedige terugvoer sal waardeer word ROETE 1: