N Lesing Van Michel Houellebecq Se Poësie Tussen Die Pole Van Die "Abjekte" En Die "Eteriese"1
LitNet Akademies Jaargang 15, Nommer 2, 2018, ISSN 1995-5928 ’n Lesing van Michel Houellebecq se poësie tussen die pole van die "abjekte" en die "eteriese"1 H.J. (Henning) Pieterse H.J. (Henning) Pieterse, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat Opsomming In hierdie artikel word die poësie van die Franse digter en romansier Michel Houellebecq (1956–) onder die loep geneem vanuit twee pole wat in sy digterlike oeuvre aanwesig is, naamlik die abjekte en die eteriese. Die aanwesigheid van die abjekte in Houellebecq se oeuvre is al deur enkele navorsers aangetoon, maar die eteriese, as tema en pool wat die abjekte in die oeuvre omgrens, is nog nie na behore ondersoek nie. Houellebecq se oeuvre word eers in die breë bespreek. Die fokus verskuif dan na sy vier gepubliseerde digbundels: temas, vormlike en metriese kwessies, die komplekse identiteit van die liriese subjek, Romantiese kenmerke van die gedigte, apokaliptiese en mistiese beelde, die orale aard van sy digkuns en sy aansluiting by sekere digters word bespreek. Die teenwoordigheid van ’n geestelike tematiek in die korpus word aangetoon en bespreek. In navolging van Julia Kristeva (1982) se beskouings oor die abjekte, die transendente en die sublieme word abjekte en eteriese aspekte van die digterlike oeuvre bespreek. Trefwoorde: abjekte; apokaliptiese; eteriese; Houellebecq, Michel; poëtiese katarsis Abstract A reading of Michel Houellebecq's poetry from the points of view of the “abject” and the “ethereal” In this article the poetry of the French poet and novelist Michel Houellebecq (1956–) is scrutinised from the points of view of two "poles" that are present in his poetical oeuvre, namely the abject and the ethereal.
[Show full text]