14 September 2017 •
[email protected] • www.bloemfonteincourant.co.za PROMOTION • PROMOSIE 1 Cheetahs want to Bloemfontein slaggereed repay the hospitality vir Pro 14 JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected] Harold Verster, uitvoerende hoof van die Vrystaat Cheetahs, sê die stad, die toeskouers, die borge en die spelers is slaggereed vir die eerste tuiswedstryd van die Pro 14-reeks wat Saterdag 16 September om 19:30 in Bloemfontein afskop. “Die Guinness Pro 14-toernooi wek vir seker ’n positiewe gevoel by die mense. Selfs toe ek ’n vergardering oor die Pro 14 in Londen bygewoon het, was die mense opgewonde. Ons het goeie nuwe vriende gemaak en het selfs mense wat wil kom kuier, ontmoet,” sê Verster. Verster maak dit duidelik dat die Pro 14 op’n baie hoër vlak as die Super Rugby-toernooi gespeel word en dat die manne vinnig sal moet aanpas. “Ek dink ons het die Pro 14-toernooi onderskat. Dit sou ideaal wees as die Cheetahs ’n jaar se voorbereiding gehad het, maar ek verstaan ons sou dan heelwat spelers verloor het. Hulle moes aanpas teen die spoed van wit lig, maar hul sal vir seker hul voete die naweek op hul tuisveld vind. “Ons het nou klaar die twee monsterspanne, Munster en Ulster, in die Pro 14 gespeel en ek A few of the players that we will be seeing in action during the Guinness Pro14: (L-R) Gethin Jenkins (Cardiff Blues), Tiernan O’Halloran (Connacht), dink van hier kan ons moontlik die lig begin CJ Stander (Munster), Dan Lydiate (Ospreys), Ryan Wilson (Glasgow Warriors), Tommaso Castello (Zebre) and Niell Jordaan (Toyota Cheetahs) PHOTO: BILLY STICKLAND sien.