Die Bydrae Van Die Drakensberg Seunskoor Tot Die Musieklewe in Suid-Afrika: ’N Historiese Oorsig
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
DIE BYDRAE VAN DIE DRAKENSBERG SEUNSKOOR TOT DIE MUSIEKLEWE IN SUID-AFRIKA: ’N HISTORIESE OORSIG deur Maria Magdalena de Beer Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad Doktor in Musiek in die Fakulteit Geesteswetenskappe Universiteit van Pretoria Promotor: Prof. W.D. Viljoen Mede-promotor: Prof. H.H. van der Mescht Pretoria April 2008 BEDANKINGS By voorlegging van hierdie studie is dit my voorreg om die volgende persone, wat elkeen op ’n besondere wyse ’n bydrae gelewer het, van harte te bedank: • Prof. W.D. Viljoen: Promotor • Prof. H.H. van der Mescht: Mede-promotor • Isobel van der Walt van die musiekbiblioteek van die Universiteit van Pretoria, vir haar bereidwilligheid en professionaliteit • Personeel, oudleerlinge en dirigente van die Drakensberg Seunskoorskool • Rudolf de Beer en Drechia Snyman vir hul advies en bystand • Personeel van die musiekbiblioteek van die Universiteit van Stellenbosch ii OPSOMMING In hierdie studie word gepoog om ’n historiese oorsig te gee oor die bydrae van die Drakensberg Seunskoor tot die musieklewe in Suid-Afrika. So ’n studie is nog nie voorheen onderneem nie. As agtergrond tot die geskiedkundige navorsing is ʼn algemene oorsig van die koortradisies in Suid-Afrika, en hoe wedersydse beïnvloeding met die Drakensberg Seunskoor plaasgevind het, in hierdie studie uiteengesit. Daar is verder gekyk na die ontstaan en algemene agtergrond van die skool, die musiekopvoeding, kooraktiwiteite, konserte, repertorium, opnames, oudleerlinge en dirigente. ’n Algemene historiese weergawe van die Drakensberg Seunskoor vorm die grootste komponent van die studie. Onderhoude, persoonlike gesprekke, direkte observasie, deelnemende observasie, versameling van inligting deur dokumente en argiefrekords en die studie van kulturele artefakte is die metodes wat gebruik is om inligting te versamel. As gevolg van die feit dat die koor ʼn groot hoeveelheid repertorium van verskillende genres sing, word die toonkunstenaarskap van die koorlede en dirigente uitsonderlik ontwikkel, veral wat betref verskillende uitvoeringspraktyke, wat ook ’n praktiese toepassing is van die musiekkurrikulum by die skool. Die aantal optredes, toere, repertorium en opnames, asook die aantal hoëprofielkontrakte wat die Drakensberg Seunskoor sedert sy ontstaan ontvang het, is ’n duidelike bewys dat hierdie koor nie slegs ’n baie groot invloed op die Suid-Afrikaanse musieklewe het nie, maar ook internasionaal uitstekend vaar. Die sukses van alumni en oud-dirigente se verdere musiekloopbane onderskryf ook hierdie stelling. Die genoemde intense opvoeding deur middel van musiek het tot gevolg dat van die oud-leerlinge die internasionale musiekwêreld met sukses betree, en daardeur die skool se invloed ver buite die landsgrense uitdra. Curricula vitae van alumni van die skool, waaronder Barry Coleman, Jacques Imbrailo, Colin Lee, Mark Nixon, Clint van der Linde en Deon van der Walt, staaf hierdie stelling. Curricula vitae van dirigente wat betrokke was by die koorskool sedert die ontstaan van die skool (in 1967) tot 2006 toon dat die koor nie slegs musici van iii formaat lok nie, maar ook aan hierdie afrigters die geleentheid bied om hulle toonkunstenaarskap te ontwikkel wat hulle in staat stel om later ’n groot rol in die musieklewe van Suid-Afrika, asook soms internasionaal, te speel. Hierdie studie lewer ’n bydrae tot die erkenning wat die Drakensberg Seunskoor verdien. Dit gee terselfdertyd aan uitvoerders, studente en historici ’n breër agtergrond, insig en waardering vir die koorskool. iv Sleutelterme Drakensberg Seunskoor Drakensberg Seunskoorskool Koor Musiekopvoeding Koortradisies Koordirigente v SUMMARY This study aims to give a historic overview of the contribution of the Drakensberg Boys’ Choir to music in South Africa. Such a study has not yet been undertaken up to date. As background to the historic research, a general overview of choral traditions in South Africa and the mutual influence with the Drakensberg Boys’ Choir is set out in this study. Other aspects explored include the origin and general background of the school, the musical education, choir activities, concerts, repertoire, recordings, past students and conductors. A historic account of the choir forms the greatest part of the study. The methods used to gather information include interviews, personal conversations, direct observation, participatory observation, the collection of information from documents and archive records and the study of cultural artefacts. Because the choir sings a large repertoire from different genres, the musicianship of the choir members and conductors is developed particularly well, especially regarding different performance practices, which is also a practical application of the music curriculum at the school. The number of performances, tours, repertoire and recordings, as well as the high profile contracts that the Drakensberg Boys’ Choir has received since its origin, are clear indications that the choir not only has a significant influence on South African music, but also does exceptionally well internationally. The success of the further music careers of alumni and past conductors supports this statement. The school’s intense education through music means that past students enter the international music world successfully, and in this way carry the school’s influence far beyond the country’s borders. Curricula vitae of alumni of the school, which include Barry Coleman, Jacques Imbrailo, Colin Lee, Mark Nixon, Clint van der Linde and Deon van der Walt, are proof of this. Curricula vitae of conductors that have been involved with the choir school since its origin (in 1967) to 2006, show that the choir not only attracts noted musicians, but also offers them the opportunity to develop their musicianship, which allows them to later play a great role in music in South Africa, often also internationally. vi This study contributes to the recognition that the Drakensberg Boys’ Choir deserves. It gives performers, students and historians a broad background, and at the same time insight into and appreciation for the choir school. vii Keywords Drakensberg Boys’ Choir Drakensberg Boys’ Choir School Choir Music education Choir traditions Choir conductors viii LYS AFKORTINGS ATKV Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging BA Regte Baccalaureus Artium Regsgeleerdheid BBC British Broadcasting Corporation BComm Baccalaureus Commercii BOE Bank of England BMG Bertelsmann Music Group BMus Baccalaureus Musicae BWV Bach-Werke-Verzeichnis DBC Stereo Drakensberg Boys’ Choir Stereo DMus Doctor Musicae EMI Electric and Musical Industries Ltd ENO English National Opera FNB First National Bank FM Frekwensiemodulasie Hob Hoboken HWV Händel-Werke-Verzeichnis K Köchel KRUIK Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste LTCL Licentiate of Trinity College London MMus Magister Musicae Op Opus PUK Potchefstroomse Universiteitskollege (later Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) RAU Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg RV Ryom-Verzeichnis SAFM Suid-Afrikaanse Frekwensiemodulasie; Engelse radiosender van die SAUK SAMA South African Music Awards SAMRO Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie SATB Sopraan Alt Tenoor Bas ix SAUK Suid-Afrikaanse Uitsaaikoörporasie SUKOVS Streekraad vir Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat SV Stattkus-Verzeichnis SWV Schütz-Werke-Verzeichnis TRUK Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste TV Televisie UNISA Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria VSA Verenigde State van Amerika x INHOUD 1. Inleiding 1-1 1.1 Motivering vir die studie 1-1 1.2 Doel van die studie 1-2 1.3 Navorsingsvrae 1-2 1.4 Metodologie 1-3 2. Agtergrond oor die koortradisie in Suid-Afrika 2-1 2.1 Inleiding 2-1 2.2 Westerse musiek 2-1 2.3 Tradisionele Afrika-musiek 2-8 2.4 Opsomming 2-12 3. Ontstaan en algemene agtergrond van die Drakensberg Seunskoorskool 3-1 3.1 Inleiding 3-1 3.2 Ontstaan van die Drakensberg Seunskoorskool 3-1 3.3 Algemene agtergrond van die Drakensberg Seunskoorskool 3-3 3.4 Nie-musikale aspekte van die skool 3-10 3.4.1 Daaglikse skedule 3-10 3.4.2 Koshuis 3-11 3.4.3 Akademiese vakke 3-12 3.4.4 Sport 3-13 3.5 Opsomming 3-14 4. Musiekkurrikulum en kooraktiwiteite 4-1 4.1 Inleiding 4-1 4.2 Musiekkurrikulum 4-1 xi 4.2.1 Instrumentale en sangonderrig 4-1 4.2.2 Musiekteorie-onderrig 4-3 4.2.3 Musiekspesialisasie 4-3 4.2.4 Musiekwaardering 4-4 4.3 Kooraktiwiteite 4-4 4.3.1 Funksionering van die kore 4-5 4.3.2 Nuwe Seunskoor (opleidingstatuskoor) 4-12 4.3.3 Internasionale status 4-14 4.3.4 Kamerkore 4-15 4.4 Opsomming 4-15 5. Konserte, toere, repertorium en opnames 5-1 5.1 Inleiding 5-1 5.2 Konserte en toere, 1967-2006 5-1 5.3 Repertorium 5-3 5.3.1 Westerse repertorium 5-3 5.3.2 Tradisionele Afrika-repertorium 5-4 5.4 Opnames 5-6 5.4.1 Plaat-, CD- en DVD-opnames 5-6 5.4.2 TV-opnames, radio-opnames en rolprente 5-6 5.5 Opsomming 5-7 6. Oudleerlinge en dirigente betrokke by die koorskool 6-1 6.1 Inleiding 6-1 6.2 Oudleerlinge wat internasionaal presteer 6-1 6.2.1 Loyiso Bala 6-1 6.2.2 Zwai Bala 6-2 6.2.3 William Berger 6-3 6.2.4 Barry Coleman 6-5 6.2.5 Jacques Imbrailo 6-6 6.2.6 Dawid Kimberg 6-8 xii 6.2.7 Colin Lee 6-9 6.2.8 Nicholas Nicolaides 6-12 6.2.9 Mark Nixon 6-14 6.2.10 Clint van der Linde 6-15 6.2.11 Deon van der Walt 6-16 6.3 Dirigente 6-20 6.3.1 John Tungay 6-22 6.3.2 Desmond Wright 6-22 6.3.3 Edward Aitchison 6-23 6.3.4 Louis van der Westhuizen 6-23 6.3.5 Eberhard Künkel 6-23 6.3.6 Lionel van Zyl 6-24 6.3.7 Charles Denholm 6-25 6.3.8 David Matheson 6-25 6.3.9 Susan Reid 6-26 6.3.10 Hannes Loubser 6-27 6.3.11 Daniël Baard 6-27 6.3.12 Christian Ashley-Botha 6-28 6.3.13 Juan Burgers 6-28 6.3.14 Benjamin Oosthuizen 6-29 6.3.15 Gerhard du Toit 6-29 6.3.16 Botes Gresse 6-30 6.3.17 Vaughan van Zyl 6-30 6.3.18 Rudolf de Beer 6-31 6.4 Opsomming 6-32 7.