DIE KOERANTKOP AS ICOGNITIEWE AANRAKINGSMOMENT

deur

ELRIENA DELPORT

SKRIPSIE

voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad

MAGISTER ARTIUM

in

AFRIKAANS

in die

FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE

aan die

RANDSE AFRIKAANSE UMVERSITEIT

STUDIELEIER: PROF. W.J. BOTHA

NOVEMBER 1998 VERKLARING

Ek verklaar dat die skripsie wat hiermee vir die graad MAGISTER ARTIUM aan die Randse Afrikaanse Universiteit deur my ingedien word, benewens hulp wat erken is, my eie werkstuk is en nie eerder deur my vir 'n graad aan 'n ander universiteit ingedien is the. INHOLTDSOPGAWE

HOOFSTUK 1: 1

INLEIDING 1 1.1 Ondersoekterrein 1 1.1.1 Agtergrond 2 1.1.1.1 Putting the body back into the mind 2 1.1.1.2 Prekonseptuele beeldskemas 3 1.1.1.3 Die ervaringsbeginsel 4 1.1.1.4 Die metafoor 4 1.1.1.5 Die kop as taalhandeling 7 1.1.1.6 Die sintaktiese aard van die kop 8 1.1.2 Afbakening van die ondersoekgebied 10 1.2 Probleemstelling 10 1.3 Hipotese 10 1.4 Werkwyse 11

HOOFSTUK 12 DETERMINANTE VIR KOGNITLEWE AANRAKING IN DIE KOP 12

2.1 Die konseptualiseringsbeginsel 12 2.1.1 Die konseptualiseringsbeginsel en die kopskrywer 14 2.1.2 Die konseptualiseringsbeginsel en die kopleser (aangesprokene) 16 2.2 Subjektivering en die konseptualiseringswerktuig 17 2.2.1 Perspektief 21 2.2.1.1 Orientasie 21 2.2.1.2 Beheersende punt 22 2.2.1.3 KoOrdinate 23 2.2.2 Begronding 25 2.2.2.1 Figure en ground 26 2.3 Die raam (Frame) 26 2.4 Ruimte en krag 27 2.5 Samevatting en vooruitskouing 28

HOOFSTUK 29 RUIMTE AS 'N KOGNIT1EWE AANRAKINGSDETERMINANT 29

3.1 Ruimte (aanvanldik fisies) as elementere domein wat prekonseptueel ervaar word 29 3.1.1 Ruimteskemas ter sprake by die kop 30 3.1.1.1 Ruimte is 'n houer: die kop is 'n houer 31 3.1.1.2 Ruimte is 'n roete: die kop is 'n roete 32 3.1.1.3 Ruimte is 'n skakel: die kop is 'n skakel 35 3.1.1.4 Ruimte is 'n deel-geheel: die kop is deel van 'n geheel 36 3.1.2. Ruimte en tyd: fisies-pragmaties 36 3.2 Ruimte: oorgedra na 'n abstrakte denkruimte 37 3.2.1 Die rol van die konseptualiseerders 39 3.2.1.1 KoOrdinate 39 3.2.1.2 Koordinaatdeterminante 40 3.2.1.2.1 Die raam 40 3.2.1.2.2 Subjektivering 41 3.2.1.2.3 Perspektief 42 3.2.1.2.4 Kognitiewe vermod van die konseptualiseerders 43 3.2.1.2.5 Emosie 43 3.2.2 Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop 43 3.2.3 Variante van die konseptualiseringsruimte 44 3.2.3.1 Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopleser-konseptualiseerder 45 3.2.3.2 Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopskrywer-konseptualiseerder 46 3.3 Gevolgtrekking 47 HOOFSTUK IV: 49

KRAGSKEMAS TER SPRAKE BY DIE KOP 49 4.1 Krag: nog 'n prekonseptuele beeldskema 50 4.2 Twee unieke kragte 50 4.2.1 Tvliddelpuntsoekende hag 51 4.2.2 Middelpuntvliedende bag 53 4.3 Taalhandelingskrag 56 4.4 Kragskemas afleibaar van die taalvlak 57 4.4.1 Kragvoortstuwing 57 4.4.2 Kragblokkasie 59 4.4.3 Teenkrag 61 4.4.4 Kragherleiding 63 4.4.5 Obstruksieopheffing 64 4.4.6 Kragbemagtiging 65 4.4.7 Aantrekkingskrag 66 4.5 Gevolgtrekking 68

HOOFSTUK V: 70

SLOTSOM 70

BRONVERWYSINGS 73 LYS VAN FIGURE

Figuur 1: Twee besigtigingsrangskikkings 19 Figuur 2: Egosentriese besigtigingsrangskikking 19

Figuur 3: Beheersende punt en koordinate van die beriggewer 24

Figuur 4: Beheersende punt en koOrdinate van die kopskrywer 25

Figuur 5: Beheersende punt en koOrdinate van die kopleser 25

Figuur 6: Die relatiewe posisie van die kop as houer binne groter, oorganklike houers 31

Figuur 7: Die kop is deel van 'n geheel 36

Figuur 8: Die kontinuum: bedreigde kognitiewe aanraking — potensieel maksimale kognitiewe aanraking 41

Figuur 9: Beweging op die kontinuum objektivering - subjektivering tydens konseptualisering van die kop 42

Figuur 10: Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop 44

Figuur 11: Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopleser—konseptualiseerder 45

Figuur 12: Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopskrywer—konseptualiseerder 47

Figuur 13: Potensiele kragveld en middelpuntsoekende krag wat inwerk op die kop as kognitiewe aanrakingsmoment 52

Figuur 14: Driedimensionele syaansig van die potensiele kragveld en middelpuntsoekende krag wat inwerk op die kop as kognitiewe aanrakingsmoment 52

Figuur 15: Boaansig van die middelpuntvliedende krag wat kognitiewe aanraking voorafgaan en die relatiewe posisie van die kopleser—konseptualiseerder 54 Figuur 16: Driedimensionele syaansig van die relatiewe posisie van sowel die kop as die kopleser op die middelpuntvliedende baan 54 Figuur 17: Die subjektiverings- en konseptualiseringsproses van die kopleser, gegrond op middelpuntsoekende krag 55

Figuur 18: Kragvoortstuwing 57

Figuur 19: Kontinuum: Kragvoortstuwing 58

Figuur 20: Kragblokkasie 59

Figuur 21: Kontinuum: Kragblokkasie 60

Figuur 22: Teenkrag 61

Figuur 23: Kontinuum: Teenkrag 63

Figuur 24: Kragherleiding 63

Figuur 25: Obstruksieopheffang 64

Figuur 26: Kontinuum: Obstruksieopheffmng 65

Figuur 27: Kragbemagtiging 65

Figuur 28: Kontinuum: Kragbemagtiging 66

Figuur 29: Aantrekkingskrag 67

Figuur 30: Kontinuum: Aantrekkingskrag 68 ABSTRACT

This study is based on the principles of the subjectivist approach of Cognitive Linguistics, as opposed to the more traditional objectivist view, specifically those principles applicable to the acquisition of mental contact between conceptualizers in a given communication situation.

One of the most fundamental points of departure of Cognitive Linguistics is the opinion that abstractions (even linguistic abstractions) are modelled on man's bodily experience of his surrounding reality. These embodied experiences constitute a network of preconceptual and non-propositional image schemas, categorized as space schemas, force dynamic schemas, schemas based on sensation and basic-level objects. Several mapping processes, including metaphor and metonymy, transpose these image schemas from a preconceptual, prelinguistic level to a conceptual and linguistic niveau.

A prerequisite for conceptualization through linguistic communication is to constitute mental contact between the speaker and hearer as the conceptualizers. Linguistic communication presupposes the transfer of meaning, which is based on certain cognitive variables determining mental spaces and conceptual blends.

Against the preceding background, the newspaper headline, as cognitive entity, constitutes the research domain by means of which the nature of the potential mental contact between the headline writer (as speaker) and the headline reader (as hearer) in a specific communication situation is analysed and evaluated. A seemingly useful and potent cognitive measuring instrument regarding presupposed and actualised mental contact, by means of which any written or spoken communication can be analysed and evaluated, is the outcome of this study. A set of examples of headlines was collected from the Afrikaans daily newspaper, Beeld, and the Afrikaans Sunday paper, Rapport, from February 1996 until September 1998, serving as research material. KOPPE "... maar hulle is tog mense. "

T.T. Cloete

Die koerantredakteur sit en bid en begeer in die gewyde oggendstilte van sy kantoor: Gee dat 'n minnares weer haar konkurrent vermoor met 'n priem. Vrede en in die mens 'n welbehae - ek weet maar hoe kan ek anders aan my brood kom as in my aanskyn se sweet skrywende van terreur van seks van verkragting van dood

Ek sal ook tevrede wees met 'n verkluimepisode; as dit vir die naastes wreed is, foto's laat lees lesers en my fotograwe staan gereed

my taai manne wat weerbaar afgerig is om die graftonele met lense naby te bring die mooi kind se gruwelik gepynigde gesig die geplooide hol speeksellose mamond wat sing

diktong by die graf. Here, ek stik, die renons maak my walgensnaar dat u die las gele het op ons koerantmanne om te openbaar.

U beskikking wil dat die een se dood en een ander se bietjie pyne 'n hele maand en langer se brood is vir 'n enorme bedryf soos myne

o byna het ek ondankbaar vergeet van die vrolike variasie: tussen moorde ad infinitum deur kan ons die volle vlesige lewe darem breed uitmeet met nou en dan skamele seksfoto's in kale kleur.

Uit Angelliera (Tafelberg) HOOFSTUK 1: 1

INLEIDING 1 1.1 Ondersoekterrein 1 1.1.1 Agtergrond 2 1.1.1.1 Putting the body back into the mind 2 1.1.1.2 Prekonseptuele beeldskemas 3 1.1.1.3 Die ervaringsbeginsel 4 1.1.1.4 Die metafoor 4 1.1.1.5 Die kop as taa1handeling 7 1.1.1.6 Die sintaktiese aard van die kop 8 1.1.2 Afbakening van die ondersoekgebied 10 1.2 Probleemstelling 10 1.3 Hipotese 10 1.4 Werkwyse 11 DIE KOERANTKOP AS KOGNITIEWE AANRAKINGSMOMENT

HOOFSTUK I: INTLEMING

Met hierdie navorsing word beoog om, in die tradisie van die kognitiewe linguistiek, die kopl as kognitiewe aanrakingsmoment te analiseer en te bepaal wafter kognitiewe veranderlikes 'n rol in die totstandkoming daarvan speel.

1.1. ONDERSOEKTERREIN

Kognitiewe aanraking (mental contact) tussen die spreker en die aangesprokene le suksesvolle kommunikasie ten grondslag. Sodanige aanraking word hoofsaaklik teweeggebring deur diskoers wat tussen die betrokke (gespreks)konseptualiseerders tot stand kom deur middel van die talige neerslag van grammatikale strukture (gesproke of geskrewe) daarvan.

Met die begrip kognitiewe aanraking word in hierdie konteks verwys na die konseptuele integrasiemoment(e) van werklikheidservarings binne 'n abstrakte denkruimte van die konseptualiseerder. Hierdie aanraking kan of by 'n individuele konseptualiseerder tot stand kom wanner by byvoorbeeld 'n werklikheidservaring konseptualiseer, Of in 'n kommunikasieopset waar die spreker en aangesprokene se abstrakte denkruimtes maksimaal oorvleuel op grond van gedeelde werklikheidservarings. In laasgenoemde geval kan die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment(e) wat in die kommunikasieboodskap vervat is, gerealiseer word. Die boodskap kan verbaal (gesproke of geskrewe), of nieverbaal (in die vorm van byvoorbeeld liggaamstaal of oogkontak) wees.

Vir die doel van hierdie navorsing is die ondersoekmateriaal die koerantkop (as kognitiewe aanrakingsmoment) - gebaseer op 'n korpus voorbeelde van koppe uit Beeld en Rapport. Weens die beperkte omvang van die skripsie word slegs die mees relevante aspekte van kognitiewe aanraking betrek en wel soos dit in die kop manifesteer.

In Hoofstuk II word die relevante kognitiewe aanrakingsveranderlikes geidentifiseer, terwyl daar in Hoofstukke III en IV respektiewelik gekonsentreer word op die veranderlikes ruimte en /crag as grondliggende prekonseptuele beeldskemas vir kognitiewe aanraking in die kop. Hoofstuk V bevat die gevolgtrekkings wat uit hierdie navorsing na yore gekom het.

1 Daar sal deurgaans na die koerantkop verwys word met die joernalistieke term "kop" 1 Ten einde bogenoemde hoofstukke te belig en die navorsing in die veld van die kognitiewe linguistiek te relativeer, is dit wenslik om die relevante premisse waarop die teoriee van die kognitiewe linguistiek gebaseer is, kortliks te beskou. In die konteks word ook kortliks verwys na die pragmatiese fundering van die kop as taalhandeling en sy sintaktiese begronding in die proses van kognitiewe aanraking.

1.1.1. Agtergrond

Een van die mees fundamentele beskouings binne die kognitiewe linguistiek is dat abstraksies (dus ook talige abstraksies) gemodelleer word op grond van die mens se liggaamlike ervaring van die werklikheid waarbinne by funksioneer. Hierdie liggaamlike ervarings hou verband met 'n verbeeldingstruktuur saamgestel uit beeldskematiese strukture gegrond op onder andere ruimte, krag, sensasie en basiesevlakobjekte. Die prekonseptuele en nonproposisionele beeldskemas word na die abstrakte denke getransponeer deur onder andere die proses van metaforiese kartering (vergelyk 1.1.1.4.). Deur die metaforiese karteringsproses (en ander prosesse, soos metonimia, wat nie in hierdie navorsing verreken kan word nie), word "the body back into the mind" geplaas.

1.1.1.1. Putting the body back into the mind

Die objektiwistiese siening van betekenis [vergelyk onder andere Pauw (1996) en Pienaar (1996)] wat vir die grootste gedeelte van die huidige eeu gegeld het, se tekortkominge is uiteindelik blootgele deur die denkrigtings van die kognitiewe linguiste [vergelyk onder andere Langacker (1990), Johnson (1987), Taylor (1989) vir besonderhede].

Langacker (1991: 315) onderskryf die empiries-begronde kognitiewe linguistiek so:

A foundational claim of cognitive semantics is that an expression's meaning cannot be reduced to an objective characterization of the situation described: equally important for linguistic semantics is how the conseptualizer chooses to construct the situation and portray it for expressive purposes.

Die rol van die konseptualiseerder in die konseptualisering van die werklikheid word deur hierdie uitspraak beklemtoon. Taylor (1995: 4) se van hierdie werklikheid: "(T)he `world' is not something objectively given, it is something 'construed' by human cognition".

2 Genoemde konseptualiseringsproses geskied op grond van die konseptualiseerder se liggaamservaring, as "forms of imagination that grow out of bodily experience, as it contributes to our understanding and guides our reasoning" (Johnson 1987: xiv).

Die belangrikheid van liggaamlike ervaring as die basis vir die kognitiewe linguistiek word hierdeur beklemtoon en die objektiwistiese siening [vergelyk Pauw (1996) en Pienaar (1996)] terselfdertyd gerepudieer. Johnson (1987: xiv) vat die vertrekpunt van die kognitiewe linguistiek so saam:

(I)o focus on something that has been ignored and undervalued in Objectivist accounts of meaning and rationality - the human body, and especially those structures of imagination and understanding that emerge from our embodied experience.

Putting the body back into the mind (Johnson 1987: xiv) lyk dus na die vernaamste premisse van die kognitiewe taalbeskouing. Daardeur word aangetoon dat die beliggaamde verbeeldingstrukture die mens se begrip, sy rasionaliteit en sy betekenisgewing ten grondslag ie. Om saam to vat:

Imaginative projection is a principle means by which the body (i.e., physical experience and its structures) works its way up into the mind (i.e., mental operations). By using the term 'body' I want to stress the nonpropositional, experiential, and figurative dimensions of meaning and rationality (Johnson 1989: xxxvii).

Ander navorsers bespreek ook die vernuwende benadering van die kognitiewe taalwetenskap. Vir 'n breedvoerige uiteensetting van die domein van die kognitiewe linguiste, vergelyk onder andere Lakoff en Johnson (1980), weer eens Langacker (1987) en Taylor (1989), Lakoff en Turner (1989), Fauconnier (1995), Pauw (1996) en Pienaar (1996). Hulle beklemtoon egter almal die primere rol van gestalts of prekonseptuele beeldskemas.

1.1.1.2. Prekonseptuele beeldskemas

Die kognitiewe taalbeskouing leun swaar op 'n liggaamlike ervaringsbasis wat 'n sisteem van prekonseptuele, nonproposionele beeldskematiese strukture tot gevolg het, soos Krzeszowski (1993: 309) dit uiteensit:

Cognitive Linguistics approaches meaning experientially rather than objectively ... (T)his means that, whereas in objectivist approaches meaning is defined in abstraction from the nature and experience of human beings, in experientialist approaches meaning is embodied ... (M)eaning is structured partly in terms of preconceptuar experience, which is itself structured and which gives rise to 'conceptual' structure ... Preconceptual bodily experiences give rise, ... to directly formed physical concepts, and ... through metaphorical extensions, to abstract concepts formed indirectly but ultimately also grounded in and motivated by our bodily experience. 3 Die mens se betekenisgewende sisteem blyk hiervolgens gefundeer te wees in 'n netwerk van prekonseptuele beeldskematiese ervarings, voortvloeiend uit die mens se liggaamlike ervaring en georden volgens ondergenoemde ervaringsbeginsel.

1.1.1.3. Die ervaringsbeginsel

Die ervaringsbeginsel, of sogenaamde "notion of experience" (Johnson 1987: xvi), blyk dus die onderliggende beginsel in die kognitiewe linguistiek te wees. Johnson (1987: xvi) le hierdie beginsel so uit:

Image schemata and metaphorical projections are experiential structures of meaning that are essential to most of our abstract understanding and reasoning. The metaphorical projections are not arbitrary but rather are highly constrained by other aspects of our bodily functioning and experience. 'Experience', then, is to be understood in a very rich, broad sense as including basic perceptual, motor-program, emotional, historical, social, and linguistic dimensions.

Hy verwerp die klassieke empiriese ervaringsbeginsel en reken "experience involves everything that makes us human - our bodily, social, linguistic, and intellectual being combined in complex interactions that make up our understanding of our world" (Johnson 1989: xvi).

In die tradisie van die kognitiewe taalwetenskap kan die mens dus nie volledig mens wees nie sonder sy totale ervaringsbron wat georden is volgens die ervaringsbeginsel en gebaseer is op sy daaglikse belewing van sy wereld van die oomblik van geboorte af. Die ervaringsbeginsel is 'n essensiele onderdeel van die mens se abstrakte denk- en redeneervermoe, wat onder andere sy taalvermoe, en dus ook sy taalkommunikatiewe vaardighede, behels.

Om vas te stel hoe die mens se ervarings vanaf 'n prekonseptuele beeldskematiese verbeeldingstruktuur getransponeer kan word na 'n abstrakte denkruimte, moet onder andere gekyk word na die metafoor en die metaforiese karteringsproses.

1.1.1.4. Die metafoor

Die metafoor is, soos metonimia, een van die vernaamste transponeringsprosesse waardeur taal vanaf 'n nonproposisionele, prekonseptuele beeldskematiese vlak tot 'n bewuste, konseptuele vlak tot stand kom. Hierdie proses geskied algemeen en oor 'n wye taaltotstandkomingsgebied (vergelyk Niemeier 1997 vir meer besonderhede).

4 Lakoff (1987: 303) verklaar die bestaan van die metafoor en metaforiese kartering soos volg:

In domains where there is no clearly discernible preconceptual structure to our experience, we import such structure via metaphor. Metaphor provides us with a means for comprehending domains of experience that do not have a preconceptual structure of their own.

In 1993 bevestig Pauwels en Simon-Vandenbergen die relevansie van die metafoor in die taalkonseptualiseringsproses: "One important function of metaphor is ... to structure abstract domains by means of projections from more concrete domains" (1993: 331). .

Hierdie projeksies vanaf sekere (meestal konkrete) brondomeine na (hoofsaaklik abstrakte) doelwitdomeine is 'n proses wat

- metaforiese oordrag of kartering genoem word, - binne 'n kognitiewe versmeltingsruimte plaasvind, - en alle taalfunksionering ten grondslag le.

Vergelyk in hierdie verband onder andere Pauw (1996: 96-110) en Fauconnier en Turner (1996).

As basis van die begrip metafoor funksioneer dus die proses van metaforiese kartering of oordrag vanaf 'n brondomein na 'n doelwitdomein, waardeur prekonseptuele ervaring gekonseptualiseer word. Taylor (1987: 138), onder andere, beweer: "Metaphor ... consists in the mapping of the logic of one domain (usually, but not always, a more concrete domain) on to another (usually more abstract) domain".

Oor die kognitiewe benadering tot die metafoor se hy:

(T)he cognitive paradigm sees metaphor as a means whereby even more abstract and intangible areas of experience can be conceptualized in terms of the familiar and concrete. Metaphor is ... motivated by a search for understanding. It is characterized ... by the conceptualization of one cognitive domain in terms of components more usually associated with another cognitive domain (1987: 132,133).

Deur die proses van metaforiese oordrag word met ander woorde prekonseptuele fisieke ervarings in die vorm van nonproposisionele beeldskemas oorgedra op konsepte, en "is (ons) verbeeldingryk en kreatief elke keer as ons 'n skema in 'n nuwe situasie herken wat ons nog the tevore ervaar het nie en elke keer as ons metaforiese verbindings maak tussen verskillende prekonseptuele en konseptuele strukture" (Pauw 1996: 94). Die resultaat is dat daar "(d)eur die metafoor struktuur oor kategoriet heen geprojekteer (word) om nuwe verbindings en organisasie van betekenis te bewerkstellig en om sodoende beeldskemas uit te brei en te ontwikkel" (Pauw 1996: 94). 5 Omdat die kop primer gemoeid is met die oordrag van inligting en dus sterk steun op woordbetekenis, is dit vanselfsprekend dat konseptualisering en interpretering van werklikheidservarings op grond van die metaforiese karteringsproses onontbeerlik is. Benewens die feit dat daar ervarings vanaf die domeine van sekere prekonseptuele beeldskemas (op 'n diepliggende ontstaansvlak) na domeine op 'n meer sigbare vlak (die kop self) as konseptuele metafore deur onder andere die proses van metaforiese kartering oorgedra word, presenteer daar ook dikwels kreatiewe metafore op die taalvlak van die kop, soos:

SA bra frustrerend vir onderklere-baas (Rapport, 20/9/98) (Die berig word belig deur 'n duidelike foto van die sogenaamde "onderklere- baas" en 'n model in 'n bra, wat meehelp tot kognitiewe versmelting van die metafoor).

Ander voorbeelde van kreatiewe metafore is:

Welpies moet brul terugsit in Leeus (Beeld, 13/3/96) WVK mik na eie Neurenberg' (Rapport, 2/9/98) Toks praat kaalvuis oor gevaarlike vrou (Rapport, 19/4/98) Valke verslind WP (Rapport, 16/9/98) Papier-tiere of Afrika-konings? (Rapport, 16/9/98)

Uit die joernalistieke oogpunt van 'n kopskrywer word 'n kop wat 'n kreatiewe metafoor bevat, baie hoog aangeslaan, want "(a) metaphor or phrase that can sum up a complicated situation and signal it clearly to the reader is a subeditor's dream" (Hodgson 1987: 140).

Die belang van kreatiewe metafore en metaforiese kartering vanaf brondomeine na doelwitdomeine binne 'n konseptuele versmeltingsruimte (abstrakte denkruimte) vir die kognitiewe aanraking tussen die kopskrywer en kopleser as betrokke konseptualiseerders, sal duidelik blyk uit die navorsing.

Vir breedvoeriger uiteensettings oor die metafoor, metaforiese kartering en bron- en doelwitdomeine, raadpleeg onder andere Johnson (1987), Lakoff (1987), Langacker (1987), Lakoff en Johnson (1980), Taylor (1989), Dirven (1994), Gibbs en Colston (1995), Pauw (1996), Pienaar (1996) en Fauconnier en Turner (1996).

In die naspeuring van moontlike kognitiewe aanraking wat deur die kop tot stand kan km, is dit noodsaaklik om ook baie kortliks na relevante pragmatiese aspekte van die kop as taalhandeling to kyk.

6 1.1.1.5. Die kop as taalhandeling

Die onderliggende taalhandeling in die kop tree as werktuig vir kognitiewe aanraking op. Dit word draer van die kopskrywer se intensie tot kognitiewe aanraking (tot stand gebring deur illokusionere en perlokusionere integrasie), gesprekstrategies sintakties gestruktureer binne die beperkinge van bladruimte.

Uit ondergenoemde voorbeelde blyk die gesprekstrategied van die kopskrywer duidelik:

Misdaad `eintlike motief (Rapport, 16/8/98) Let op die gesprekstrategiese gebruik van die aanhaling. Bok-vegters! (Rapport, 16/8/98) Die enkele samestelling, gevolg deur die uitroepteken, word gesprekstrategies aangewend. Rowers loop hul rieme styf (Beeld, 12/8/98) 'n Idiomatiese uitdrukking word gesprekstrategies aangewend. Getroud! (Rapport, 19/8/98) Die trefkrag van die nuus oor pres. Mandela en mev. Graca Machel se troue spreek duidelik uit die enkele verlede deelwoord wat gesprekstrategies gebruik word. Manjifiek, Bokke! (Rapport, 26/8/98) Na aanleiding van die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks in die Drienasiereeks. Luyt loop! (Rapport, 10/5/98) Hier word alliterasie binne 'n uitroep gesprekstrategies gebruik.

Uit voorafgaande voorbeelde kan ook afgelei word dat die intensie (en die daarmeegepaardgaande gesprekstrategiee) die illokusie van die kop direk beinvloed. So presenteer voorbeelde (7) en (9) as stellingshandelinge en (10), (11) en (12) as uitroepe met, respektiewelik, die illokusionere krag van 'n stelling en 'n uitroep. Dit is belangrik om to onthou dat illokusies handelinge is waardeur dinge gedoen word, want "(s)aying is doing", volgens Lyons (1981: 183). As sodanig behou hulle 'n unieke krag, naamlik illokusionere krag, wat op sigself die betekenis van die spesifieke taaluitings help bepaal en sorg dat hulle hulle bepaalde bedoelings kan bereik (vergelyk ook 4.3).

Die belangrikste bedoeling van 'n taaluiting (ook van die kop) is "the act of causing a certain effect on the hearer", "a change to be brought about" (Hurford en Heasley 1983: 243). Hierdie effek (die perlokusie) kom tot stand in die proses van kognitiewe aanraking tussen kopskrywer en kopleser: "its effects upon the beliefs, attitudes or

7 behaviour of the addressee and in certain cases, its consequential effect upon some state-of-affairs within the control of the addressee" (Lyons 1983: 731).

Die onderstaande voorbeeld kan waarskynlik, as instrument vir kognitiewe aanraking, die kopleser se toekomstige kennis en houding oor en gedrag jeens mnr. Tappe Henning, nasionale rugbyskeidsregter, grootliks bepaal:

(13) Tappe Henning en Natal klop Goue Leeus (Beeld, 17/6/96)

Benewens die genoemde pragmatiese aspekte, soos intensie, gesprekstrategie, illokusie en perlokusie, sal ook die konteks van die taalhandeling en sy deiktiese verankering 'n bepalende rol ten opsigte van die verwagte konseptualiseringsintegrasie (kognitiewe aanraking) speel. Hierdie aspekte kan, weens die beperkte ruimte, nie in hierdie ondersoek volledig bespreek word nie.

Die taalhandelingskrag van die kop word uiteraard ook deur sy tyd-ruimtelike (deiktiese) verankering bepaal. Weissenborn and Klein (1982: 3) se uitspraak dat deiksis "the domain par excellence where language and reality meet" is, het dus besondere relevansie met betrekldng tot die kop. In hierdie verband noem hulle dat kontekstualiteit "one of the central links between language, perception and cognition" (1982: 1) is; daarmee word enige taalhandeling (ook die kop) se plasing in konteks beklemtoon. Dit dui ook op die inherente kognitiewe aanrakingspotensiaal van die kop.

Die bestek van die skripsie laat nie 'n vollediger bespreking van hierdie betekenisveranderlikes toe nie. Vergelyk onder andere Botha (1980 en 1990), Fillmore (1975), Schwerdtfeger (1982) en Mondada (1996) vir vollediger uiteensettings oor deiksis. Lyons (1981 en 1983), Hurford en Heasley (1983) en Botha (1990) kan vir meer besonderhede oor konteks vergelyk word.

Die besondere sintaktiese struktuur waarin die kopskrywer die kop aan die kopleser aanbied, is ook bepalend ten opsigte van die betekenis daarvan en dus in die realisering van die verwagte kognitiewe aanraking. Vervolgens word enkele sintaktiese veranderlikes met betrekking tot die kop onder die loep geneem.

1.1.1.6. Die sintaktiese aard van die kop

Die sintaksis van die kop struktureer dit sigbaar en grammatikaal op die taalvlak, so dat die potensiele kognitiewe aanraking daarin vervat, deur die kopleser gerealiseer kan word, omdat die sintaktiese komponent van enige taaluiting (dus ook van die kop) "die strukture spesifiseer waarin die betekenis oorgedra word" (Botha 1995: 68).

8 In hierdie verband se Langacker (1992: 12): "Lexicon and grammar form a continuum of symbolic elements. Like lexicon, grammar provides for the structuring and symbolization of conceptual content ...".

Uit die aard van die saak sal die sintaksis van koppe verskil. Casad (1995: 34) beklemtoon 'n verskeidenheid sintaktiese strukture:

Structures that designate the same conceptual entity may have different compositional paths, i.e. they may be composed of different morphemes, or consist of the same morphemes combined in different ways, or simply reflect variable directness in their conventional symbolization of conceptual structure.

Die verskeidenheid sintaktiese strukture wat in koppe teegekom word, presenteer sig in 'n verskeidenheid sintaktiese variasies [vergelyk onder andere Simon-Vandenbergen (1981) en Sandig (1971)], wat elk uniek-bepalend ten opsigte van die betekenis van die individuele kop sal wees.

So blyk dit uit uitsprake van joernalistieke outeurs, soos Sweep (1992), Mc Giffert (1972), Evans (1974), Gilmore en Root (1971), Hodgson (1987), en andere, dat 'n kort kop, bestaande uit 'n aktiewe hoofwerkwoord in die teenwoordige tyd, tesame met 'n onderwerp, en soms 'n direkte of indirekte voorwerp, en in die vorm van 'n stelsin, die dinamiek van die kop die beste weergee. Sweep (1992: 3) verwys na die "actie" en Mc Giffert (1972: 234) na die "force" wat in die teenwoordige tyd en aktiewe vorm van die hoofwerkwoord opgesluit le, wat waarskynlik die konseptualiseringsproses van die kopleser, die gevolg van kognitiewe aanraking, versnel.

Uit die ondergenoemde voorbeelde kan afgelei word dat die dinamiek en gepaardgaande konseptualiseringspotensiaal van die kop in die aktiewe hoofwerkwoord (in die teenwoordige tyd) opgesluit

JHB-raadvennis 100 wapens (Beeld, 20/8/96) Kaap werfsteun vir Parkeraad (Beeld, 20/8/96) Dubbelgoud wink vir SA seun by Spele (Beeld, 20/8/96) Clinton teken wet op strafrnaatreels (Beeld, 6/8/96) Katolieke kerk gee vlugtelinge blyplek (Beeld, 6/8/96)

Die proses van konseptuele integrasie (kognitiewe aanraking) sal beslis versnel word deur die tipe sintaktiese strukture.

Simon-Vandenbergen (1981), Sandig (1971) en selfs Kniffka (1980) (laasgenoemde uit 'n sosiolinguistiese oogpunt) kan vergelyk word vir 'n omvattende uiteensetting van die sintaktiese strukturering en sintaktiese kategorisering van koppe, wat weens die beperkte omvang van hierdie ondersoek the hier bespreek kan word the. 9 1.1.2. Albakening van die ondersoekgebied

Sekere veranderlikes (vir die doel van die ondersoek genoem kognitiewe aanrakingsdeterminante) bepaal die aard van die kognitiewe aanrakingsproses. Voorbeelde van hierdie veranderlikes is: die onderskeie gespreksrolle van die konseptualiseerders; die proses van subjektivering; die kognitiewe raam en abstrakte denkruimte waarbinne die kognitiewe aanraking plaasvind; en prekonseptuele beeldskemas wat die besondere kognitiewe aanrakingsmoment ten grondslag le.

Die ondersoek word primer gerig op die identifisering en aard van die tersaaklike veranderlikes.

Die ontledingsmateriaal bestaan uit 'n voorbeeldkorpus koppe uit die Afrikaans dagblad Beeld en die Afrikaanse weekblad Rapport, saamgestel vanaf Februarie 1996 tot en met September 1998.

1.2. PROBLEEMSTELLING

Die kognitiewe aard van die koerantkop bepaal grootliks sy taalhandelingskrag. Konseptualiseringselemente wat in die kop opgesluit le, is deurslaggewend vir die aard van die kognitiewe aanraking wat tussen die verskillende konseptualiseerders bewerk word. In hierdie ondersoek word die kognitiewe aard van die kop dus ontleed: die kognitiewe elemente wat 'n rol speel in die totstandkoming van konseptuele versmeltingsmomente binne die "gespreksverhouding" kopskrywer:kopleser.

1.3. H1POTESE

Vir hierdie ondersoek geld die volgende basiese aanname: kognitiewe aanraking tussen die onderskeie konseptualiseerders is slegs moontlik wanneer die kop presenteer in 'n konseptuele versmeltingsruimte. Laasgenoemde kom tot stand wanner beide konseptualiseerders se abstrakte denkruimtes optimaal oorvleuel, deurdat die kopskrywer se kognitiewe uitvoerkoOrdinate die kognitiewe invoerkoordinate van die kopleser op maksimale punte sny. Die begrip kognitiewe versmeltingsruimte word dus in hierdie navorsing in 'n ruimer betekenisverband geinterpreteer, as kontekstuele determinant; dus the slegs as die konseptuele versmelting van verskillende betekeniselemente [byvoorbeeld "handeling" en "kousaliteit" — vergelyk Botha (1997: 231-246)] binne betekenisverwante leksikale items the.

10 In kontekstuele verband bepaal sekere veranderlikes enersyds die kognitiewe in- en uitvoerkoordinate, en andersyds die gehele kognitiewe aanrakingsdomein.

1.4. WERKWYSE

Die bestek van die skripsie maak dit the moontlik om 'n volledige oorsig van die kognitiewe raamwerk wat as ontledingsinstrument binne hierdie ondersoek gebruik word, te gee the. In die voorgaande oorsig is op kernelemente van hierdie taalbeskouing gewys. In die ontledings en argumentasies wat volg, sal deurlopend na relevante teoretiese uitgangspunte verwys word, onder andere: prekonseptuele beeldskemas, die proses van metaforiese kartering, subjektivering, die onderskeie gespreksrolle van die konseptualiseerders, en die raam. Die toepassing daarvan ten einde die aard van kognitiewe aanraking deur die kop te ontleed, sal deurlopend aan bod kom.

In Hoofstuk II word aandag geskenk aan die relevante kognitief-linguistiese faktore wat optree as veranderlikes tydens die proses van kognitiewe aanraking deur middel van die kop, onder andere die konseptualiseringsbeginsel, die gesprekskonseptualiseerders, subjektivering, perspektief, die kognitiewe raam en die tersaaklike prekonseptuele beeldskemas.

Hoofstuk III analiseer die aard, plek en rol van ruimte as stuktuurgewende gestalts en veranderlike ten opsigte van die kop as joernalistieke, kommunikatiewe entiteit waardeur kognitiewe aanraking bewerkstellig word.

In Hoofstuk IV word die prekonseptuele beeldskema krag as veranderlike in die proses van kognitiewe aanraking deur die kop as taalkommunikatiewe moment onder die loep geneem. Drie struktureringsniveaus waarop onderskeie subtipes van krag 'n rol speel, asook twee unieke kragskemas (middelpuntsoekende en middelpuntvliedende krag) en die tipiese illolcusionEre krag van die kop as taalhandeling kom in hierdie hoofstuk aan bod.

Ten slotte word daar in Hoofstuk V gefokus op die gevolgtrekking van die navorsing in hierdie skripsie en word daar ook aandag gewy aan die potensiaal van die geanaliseerde en totstandgekome meetinstrument in terme van die kognitiewe aanrakingspotensiaal opgesluit in die taalhandelinge van die diskoers ( gesproke of geskrewe) wat in 'n taalkommunikatiewe situasie tot stand kom.

11 HOOFSTUK II: 12

DETERMINANTE VIR KOGNIT1EWE AANRAICING IN DIE KOP 12

2.1 Die konseptualiseringsbeginsel 12 2.1.1 Die konseptualiseringsbeginsel en die kopskrywer 14 2.1.2 Die konseptualiseringsbeginsel en die kopleser (aangesprokene) 16 2.2 Subjektivering en die konseptualiseringswerktuig 17 2.2.1 Perspektief 21 2.2.1.1 Oritntasie 21 2.2.1.2 Beheersende punt 22 2.2.1.3 Ko6rdinate 23 2.2.2 Begronding 25 2.2.2.1 Figure en ground 26 2.3 Die raam (Frame) 26 2.4 Ruimte en 'crag 27 2.5 Samevatting en vooruitskouing 28 HOOFSTUK DETERMINANTE VIR KOGNITIEWE AANRAKING IN DIE KOP

In die inleidingshoofstuk is die ondersoekterrein van die kognitiewe taalbeskouing as funderende vakgebied vir die kognitiewe aanrakingspotensiaal wat in die kop opgesluit 1E, kortliks uiteengesit. Aangesien die kop as taalhandeling pragmaties in die unieke kommunikasiesituasie van die koerantgesprek veranker is en as sodanig onderliggend is aan die huidige studie, is daar in Hoofstuk I ook bondig daarna verwys. Die verwysing na die sintaktiese aard van die kop spreek die grammatiese verankering van die kop as taalhandeling, waardeur kognitiewe aanraking en konseptualisering bewerkstellig word, aan.

In hoofstuk II word die relevante veranderlikes waardeur die kognitiewe aanrakingspotensiaal van die kop gerealiseer kan word, binne die beperkende omvang van die skripsie, bespreek.

2.1. Die konseptualiseringsbeginsel

Dit is onmoontlik om binne die bestek van hierdie skripsie die aard en rol van die konseptualiseerder volledig to bespreek. Daar word dus volstaan met enkele opmerkings wat relevant is vir die kommunikasiewerking van die kop en wat bepalend kan optree ten opsigte van kognitiewe aanraking tussen die betrokke konseptualiseerders.

Die kopskrywer en kopleser tree albei as konseptualiseerders op. Voordat daar na hulle individueel verwys word, moet daar eers enkele algemene kenmerke van 'n konseptualiseerder onder die loep geneem word.

Die konseptualiseerder raak aktief betrokke wanneer by sy werklikheid [meer as die sogenaamde "projected world" van Jackendoff (1983: 29)] konseptualiseer op grond van die konseptualiseringsbeginsel (notion of construal: Taylor 1995: 4-6). Hierdie konseptualiseringsbeginsel veronderstel "the relationship between a speaker (or hearer) and a situation that he conceptualises and portrays" [Langacker (1987: 487-488), soos aangehaal deur Taylor (1995: 4)]. Sowel die kopskrywer as die kopleser (as konseptualiseerders) implementeer die konseptualiseringsbeginsel in die proses van konseptualisering van hulle werklikheid.

12 Volgens Pauw (1996: 26) is dit "die mens se konseptualiseringsvermod wat hom in staat stel om abstrak te redeneer". Lakoff (1987: 280-281) noem dit 'n "conceptualizing capacity", wat die volgende omvat:

The ability to form symbolic structures that correlate with preconceptual structures in our everyday experience ... to project metaphorically from structures in the physical domain to structures in abstract domains ... to form complex concepts and general categories ...

Dit is hierdie vermoe wat die kopleser as konseptualiseerder toerus om moeilike koppe, soos die volgende, te konseptualiseer:

Britte juig oor Nigerie, opposisie se sien is glo (Rapport, 26/7/98) Steun vir ANC kan Balk wolf skaapwagter maak (Rapport, 19/7/98)

Casad (1995: 34-36) verwys na die konseptualiseerder se basiese kognitiewe vermod om onder andere in die loop van 'n diskoers van een "image" na 'n ander te kan beweeg. SO kan dieselfde konseptuele entiteit deur middel van verskillende "compositional paths" (konseptualiseringsroetes) tot stand kom (Casad haal Langacker se voorbeeld van father en male parent aan). Hy wys egter ook daarop dat "(s)tructures with the same compositional paths may ... have vastly different meanings" (Casad 1995: 35). Die konseptualiseringsvermod van die konseptualiseerder blyk dus bepalend te wees in die totstandkoming en interpretasie van 'n diskoers, ook omdat "elke linguistiese uitdrukking of predikasie gekoppel (is) aan 'n konseptualiseerder" (Pienaar 1996: 53).

Twee verdere aspekte wat by die konseptualiseerder 'n rol speel, en wat grootliks bepalend by die kop is, is volgens Lakoff (1987: 292-295) "understanding" en "truth". Hy onderskei verder 'n term direkte begrip ("direct understanding"), wanner die konsepte in 'n sin (kop) "directly meaningful" is en prekonseptueel gestruktureer is.

Hy beskou 'n stelling as waar "in a given situation if our understanding of the statement fits our understanding of the situation closely enough for our purposes" (Lakoff 1987: 294). Hy verduidelik verder dat waarheid ("truth") en begrip ("understanding") relatief is, maar verklaar tog: "When there is only one conceivable understanding of a situation, then truth appears to be absolute" (1987: 295). Laasgenoemde stelling is veral geldig ten opsigte van die kop, wat kernagtig berig wil gee oor die ware gebeure in die werklikheid, byvoorbeeld:

13 7-jarige kry sielkundige hulp na ma se raaisel-dood (Beeld, 7/8/98) Polisie se gebruik van selfone beperk (Beeld, 7/8/98) Spitsberaad in Zim beskou as toets vir Afrika (Beeld, 7/8/98) Plaasaanvaller skier Bethlehem-vrou voor dogtertjie (Beeld, 4/8/98) Charles amper flou by Diana se lyk (Beeld, 12/8/98)

Vergelyk onder andere ook Zelinsky-Wibbelt (1996) oor verskeie aspekte van konseptualisering.

2.1.1. Die konseptualiseringsbeginsel en die kopskrywer

In die proses waarin die kop as kommunikasiewerktuig optree, is die kopskrywer as spreker die primere konseptualiseerder: indien die kopskrywer en beriggewer dieselfde persoon is, moet hy, as spreker, eerstens die feitelike gebeure waarneem en konseptualiseer voordat die berig geskryf kan word. Daarna vind verdere kognitiewe prosesse, byvoorbeeld sintetisering, by hom plaas, terwyl hy die essensie van die berig abstraheer ten einde dit talig in die vorm van 'n kop aan die kopleser aan to bied. Indien die kopskrywer 'n subredakteur is wat net koppe skryf, sal die proses behels dat hy die berig moet waarneem en konseptualiseer deur middel van die leesaksie, waarna hy die kern moet sintetiseer en talig weergee deur middel van die kop. In hierdie opsig is die leesproses wat by 2.1.2 genoem word ook hier van belang.

Die sintaktiese vergestalting van die kop is die produk wat die kopskrywer, as eerste konseptualiseerder, bona fide aan die kopleser (aangesprokene) as tweede konseptualiseerder aanbied, vertrouende dat daar deur middel van die bepaalde kop kognitiewe aanraking binne 'n groter denkruimte tot stand sal kom.

Hierdie sintaktiese formulering vind plaas op grond van 'n spreker (in hierdie geval die kopskrywer) se vermoe tot, wat Langacker (1991: 15) noem, "(g)rammatical organization":

The ultimate goal of linguistic description is to characterize, in a cognitively realistic fashion, those structures and abilities that constitute a speaker's grasp of linguistic convention. A speaker's linguistic knowledge is procedural rather than declarative, and the internalized grammar representing this knowledge is simply a structured inventory of conventional linguistic units. The term 'unit' is employed in a technical sense to indicate a thoroughly mastered structure, i.e. one that a speaker can activate as a

14 preassembled whole without attending to the specifics of its internal composition. A unit can therefore be regarded as a cognitive routine.

Die vermoe tot grammatikale organisasie is duidelik 'n determinant vir kognitiewe aanraking. Die talige vergestalting van die kop word weer bepaal deur die konseptualiseringsbeginsel. Hiervolgens kan die spreker die detail "or specificity, with which a scene is portrayed" [Taylor (1995: 4), gebaseer op Langacker] reguleer of aanpas, 'n aspek wat beslis 'n rol ten opsigte van die totstandkoming van die kop sal speel, aangesien die kopskrywer enersyds gebonde is aan die feitlike gebeure en andersyds slegs die essensie daarvan in die kop wil weergee.

'n Ander aspek van die konseptualiseringsbeginsel is dus "the degree of precision with which a situation is characterized" [Taylor (1995: 4), op grond van Langacker] en ook die feit dat 'n bepaalde grammatikale vorm sekere agtergrondsaannames veronderstel.

Ook kan sekere grammatikale uitdrukkings, byvoorbeeld metaforiese en metonimiese (nieletterlike) uitdrukkings, die konseptualisering van 'n situasie in terme van iets anders impliseer. 'n Bepaalde grammatikale konstruksie wat die spreker (kopskrywer) Ides om te gebruik, kan die konseptualisering daarvan in terme van iets anders bepaal, byvoorbeeld:

A nominalization, such as the crossing of the river by the two men, differs from the two men crossed the river to the extent that in the former case the event is presented as an atemporal 'thing, in the latter case as a temporal 'process' (Taylor 1995: 5).

Voorbeelde van koppe waarin nominaliserings gebruik is en die gebeure as 'n atemporele objek uitgebeeld word, is:

Koop van nuwe kar het 'n knoop in die stert (Rapport, 19/7/98) Vorming van geheue bekyk (Rapport, 12/7/98)

Die feit dat die werkwoorde genominaliseer word, verswak die illokutiewe krag van die koppe as taalhandelings en verstadig waarskynlik konseptualisering.

Daarenteen word die gebeure in die onderstaande koppe uitgebeeld deur middel van aktiewe werkwoorde, wat die onderliggende temporale proses versterk en konseptualisering by die kopleser behoort te versnel: 15 Nog vier grusame moorde ruk SA (Beeld, 31/8/98) Top-mense smokkel wapens, se McBride (Beeld, 15/9/98) Blaser kry 'n rooi kaart by Balie Swart (Beeld, 7/9/98)

Ten opsigte van die konseptualiseringsbeginsel beklemtoon Casad (1995), soos bespreek deur Taylor (1995: 6), dat "not every, or any, conceptualization has the status of the meaning of a linguistic expression". Sy redenasie kom daarop neer dat 'n bepaalde stand van sake in verskillende tale verskillend gekonseptualiseer kan word, want "conceptualizations need to be 'shaped', or 'structured', so as to permit symbolization by the resources made available by a given language". Casad se siening noodsaak the dat konseptualisering deur taal gedetermineer word nie, want "the symbolic resources of a language do not constitute a fixed inventory" (Taylor 1995: 6). Hy beklemtoon egter die feit dat sprekers (in hierdie geval kopskrywers) 'n vermod het om "considerable creativity in extending and adapting the symbolic potential of their language" in te span.

Vergelyk Casad (1995) vir meer besonderhede.

2.1.2. Die konseptualiseringsbeginsel en die kopleser (aangesprokene)

Uit die oogpunt van die kopleser (aangesprokene) as konseptualiseerder is daar ook bepaalde aspekte wat kognitiewe aanraking beinvloed.

So sal die psigiese aktiwiteit van sintetisering kognitiewe aanraking determineer:

The hearer is viewed as ignoring those details of meaning which are irrelevant to the intended message, so that ultimately chains of conventionalized metaphorical extensions are established (Kirsner 1993: 81).

In terme van die kop sou daar beweer kon word dat die kopskrywer reeds die essensie van die berig geabstraheer het voordat hy dit aan die kopleser aanbied. Tog bestaan daar heel lang/langerige koppe waaruit die kopleser tydens die konseptualiseringsproses slegs die essensie sou neem, terwyl hy die besonderhede ignoreer, byvoorbeeld:

Tutu het lank gekla oor die twee wat nie tot trou kon kom nie! (Rapport, 19/7/98) Geld wat stom is, sal nie regmaak wat in Bara nog krom is (Rapport, 19/7/98) Hare waai oor wie die reg het om handel te dryf op myndorpie (Rapport, 12/7/98) 16 (34) 2 Skuldig aan moord nadat hulle 'n man agter motor aansleep (Beeld, 21/8/98)

Die niegekursiveerde woorde sal waarskynlik die wees wat deur die kopleser raakgelees sal word, omdat hulle die belangrikste konseptuele inhoude bevat.

Nadat by die stelling gemaak het dat "(r)eading ... relies on massive amounts of cognitive processing", gee Pretorius (1996: 39 e.v.) aandag aan heelparty kognitiewe veranderlikes wat tydens die leesproses in die leerkonteks determinerend kan optree, maar wat ook van toepassing kan wees tydens die kopleesproses, wat basies ook 'n inligtingsinwinnende aksie (soos eersgenoemde leesproses) is. Hy wys daarop dat "(c)urrent theories reading as a complex, multi-componential phenomenon that includes the rapid and simultaneous interaction of numerous processes" (Pretorius 1996: 39) beskou. Hierdie sogenaamde prosesse, wat ook die kopleser se leesaksie sal beinvloed, is onder andere enkodering, perseptuele prosesse (byvoorbeeld dekodering), leksikale en ander linguistiese prosesse en konseptualisering ("comprehending" of "absorbing", volgens Pretorius 1996: 39).

Uit die aard van die saak sal die konseptualisering van 'n bepaalde kop, en gevolglik kognitiewe aanraking, beinvloed , word indien die kopleser as konseptualiseerder, in enige van bogenoemde prosesse, aan bande gele word, met ander woorde, indien "a reader lacks the cognitive wherewithal to construct a mental representation or fails to utilise the cognitive wherewithal during the reading process" (Pretorius 1996: 40).

Ander determinante wat kognitiewe aanraking by die kopleser as konseptualiseerder kan bevorder, is teksgebaseerde veranderlikes, byvoorbeeld koherensie, en kognitiewe veranderlikes, onder andere die vermot om afleidings te maak, kousaliteit te herken en die kopleser se korttermyngeheue en werksgeheue.

Vergelyk verder in hierdie verband die hele artikel van Pretorius (1996).

2.2. Subjektivering en die konseptualiseringswerktuig

Subjektivering is 'n belangrike kognitiewe determinant ten opsigte van betekenisgewing en aanraking deur rniddel van die kop, aangesien dit die konseptualisering van 'n bepaalde entiteit (die kop) deur die konseptualiseerder ten grondsiag le. Langacker verklaar subjektivering so:

17 Subjechfication pertains to the distinction recognized ... between the subjective vs. the objective construal of an entity ... to whether an entity functions primarily as the 'subject' or the 'object' of conception (1990: 5).

In 'n empiries-begronde, subjektiwistiese (konseptuele) betekenisteorie kan "'n uitdrukking se betekenis nie gereduseer ... word tot 'n objektiewe kenmerk van 'n beskryfde situasie nie: die wyse waarop die konseptualiseerder die situasie konstueer en vir kommunikasiedoeleindes uitbeeld, moet in ag geneem word" (Pienaar, 1996: 50). Hierdie uitspraak van Pienaar en ook die een van Langacker is direk relevant tot die mate waarin kognitiewe aanraking deur middel van die kop tot stand kom: die betekenis van die taaluitdrukking (hier: die kop) word direk bepaal deur die mate waarin subjektivering / objektivering (by die konseptualiseerder) tot stand kom.

Dit is belangrik om daarop to let dat die proses van subjektivering op 'n kontinuum tussen die pole gesubjektiveerd-geobjektiveed plaasvind. Die terme subjektief, objektief en hulle variante word deur Langacker gespesifiseer deur middel van die bril-beeld. Wanneer die bril afgehaal is en ondersoekend du= gekyk word, is die konseptualisering daarvan maksimaal objektief "(T)hey function solely and prominently as the object of perception, and not at all as part of the perceptual apparatus itself " (Langacker 1990: 7). Wanneer die bril egter opgesit is en daardeur na 'n ander objek gekyk word, is dit maksimaal subjektief "... they fade from my conscious awareness despite their role in determining the nature of my perceptual experience. The glasses then function exclusively as part of the subject of perception - they are one component of the perceiving apparatus, but are not themselves perceived" (Langacker 1990: 7).

Bogemelde kontinuum bevestig die inherente asimmetrie wat in 'n waarnemingsituasie bestaan tussen die waarnemer-konseptualiseerder en die entiteit wat hy waarneem. 'n Maksimaal-asimmetriese situasie kom tot stand wanneer die waarnemer-konseptualiseerder totaal opgeneem word in die waarnemingsproses, sodat hy nie meer van homself bewus is nie. In die geval is die waargeneemde objek goed afgebaken en geheel en al losstaande van eersgenoemde. Sodoende ontstaan 'n optimale besigtigingsrangskikking ("optimal viewing arrangement") waarin die waargeneemde entiteit offstage funksioneer (die entiteit is implisiet en nie-ooglopend omdat dit gesubjektiveerd gekonseptualiseer word). Sodra alle aandag op die entiteit gefokus word, word dit ooglopend ("salient") omdat dit onstage geplaas word. Sodoende beweeg die entiteit op die kontinuum vanaf die gesubjektiveerde na die geobjektiveerde

18 pool. Langacker wys egter daarop dat "such extreme polarization represents an ideal that may seldom be acheived in practice" (1990: 7).

Langacker (1990: 7,8) se diagrammatiese voorstellings van "optimal viewing arrangement" en "egocentric viewing arrangement" word vertaal as optimale besigtigingsrangskikking en egosentriese besigtigingsrangskikking en ter illustrasie gebruik:

Waarnemer

WO = Waargeneemde objek

= Perseptuele relasie tussen bogenoemde

WPV = Waarnemer se totale perseptuele veld

OS = Onstage-area (objective scene /general locus of viewing attention)

Figuur 1: Twee besigtigingsrangskikkings

. Figuur 2: Egosentriese besigtigingsrangskikking

In Figuur 1 het W duidelike perseptuele toegang tot OS, maar is gelee buite OS en WPF, terwyl WO die aandagsfokuspunt binne OS is. Die konseptualisering van W is maksimaal subjektieFgesubjektiveerd en die van WO geobjektiveerd.

19 In Figuur 2 betree W self WPF en selfs 'n vergrote OS, en kan dit selfs die aandagsfokuspunt word, in welke geval W=WO. Hoe nader W aan WO beweeg, hoe meer geobjektiveerd raak W en (terselfdertyd) hoe minder WO.

Langacker kom tot die gevolgtrekking dat "(i)t is only the optimal viewing arrangement, where the roles of perceiver and perceived exhibit complete polarization, that permits either full subjectivity or full objectivity" (1990: 8).

W verteenwoordig die konseptualiseerder wat in die eerste plek die spreker (kopskrywer) is, in die tweede plek die aangesprokene (kopleser) en laastens "some other individual whose perspective they adopt or otherwise take into account" (Langacker 1990: 9). Hierdie uiteensetting geld beslis by die kopskrywer as prim8re konseptualiseerder, omdat hy, as spreker, deur die joernalistieke gegewe gedwing word om sy persoonlike perspektief in die grootste mate of te 18 en die perspektief aan te neem van 'n onsigbare, objektiewe buitestaander-waarnemer (vergelyk Dorgeloh 1996: 521). In hierdie proses beweeg hy vanaf die gesubjektiveerde pool na die geobjektiveerde pool.

Sodra die kopskrywer (konseptualiseerder) die berig waarvoor hy 'n kop moet skryf, lees en dit analiseer ten einde die kern daarvan te konseptualiseer om in die kop weer te gee, objektiveer hy dit omdat hy dit onstage plaas. Wanneer hy die kop gekonseptualiseer en geformuleer het, en daarmee tevrede is, bere hy dit in sy geheue (word dit deel van die kognitiewe bewussyn) en word dit sodoende gesubjektiveer. Wanneer hy later die kop uit die kognitiewe bewussyn haal om dit te onthou, plus hy dit weer onstage en word dit geobjektiveer.

Kognitiewe aanraking deur middel van die kop is dus nie staties the: daar vind beweging op die kontinuum gesubjektiveerd-geobjektiveerd plaas, maar dit is the beweging in 'n fisiese ruimte nie, wel in 'n abstrakte denkruimte.

Volgens Langacker (1990: 6) behels die vasstelling van 'n taaluitdrukking se presiese semantiese waarde verskeie konseptualiseringsaspekte, onder andere die vlak van spesifiekheid wat die situasie kenmerk, die bepaalde agtergrondsaannames en - verwagtinge, die relatiewe belangrikheid wat aan verskeie entiteite toegeken word en, belangrik vir die kop, die bepaalde perspektief waaruit die betrokke konseptualiseerder(s) die situasie beskou en wat direk aansny by subjektivering.

20 2.2.1. Perspektief

Die perspektief ('n integrale onderdeel van subjektivering) van die konseptualiseerder speel 'n beslissende rol ten opsigte van die semantiese waarde van 'n uitdrukking, iets wat op sy beurt bepalend optree ten opsigte van die kognitiewe aanraking wat deur middel van die genoemde taaluitdrukking in die kommunikasieproses tussen konseptualiseerders tot stand wil kom.

Oor perspektief as kognitiewe kwaliteit van die konseptualiseerder se Casad:

One of our most basic cognitive capacities is the ability to view a situation or scenario from a different number of perspectives, making distinct comments on it, depending on both what we want to say about it and how much detail we want to put into our description (1995: 24).

Taylor (1995: 5) se oor perspektief

(A)II linguistic coding incorporates perspective, where 'perspective' is being used in a rather broad sense, to cover a number of related notions, such as figure/ground organization, deixis and viewpoint.

Hy definieer "viewpoint" (gesigspunt) as die "mental route that a speaker takes in presenting a scene" (1995: 5).

Ten opsigte van die kop sal beide die kopskrywer (spreker/boodskapsender) en die kopleser (aangesprokene/boodskapontvanger) die kop vanuit sy bepaalde perspektief benader. Hierdie perspektief is bepalend ten opsigte van die kognitiewe aanraking wat tussen die konseptualiseerders deur middel van die kop moet voortvloei, want die abstrakte denlu-uimtes waaruit en waarbinne die kognitiewe aanraking tot stand kom, word vasgele deur die beheersende punt en orientasie van elke konseptualiseerder. Laasgenoemde twee aspekte bepaal die koOrdinate waarmee die konseptualiseerder die kop as taalaanbod in die kommunikasiesituasie benader en waardeur die abstrakte denkruimte waarbinne kognitiewe aanraking plaasvind, afgebaken word.

2.2.1.1. Orientasie

Perspektief behels onder andere orientasie, wat dui "op aspekte soos die links/regs-, voor/agter- en bo/onder-orientasie van 'n spreker" (Pienaar 1996: 51). Ten opsigte van orientasie is Langacker (1990: 6) van mening dat "(t)he significance of orientation is 21 most obvious in the case of left and right, whose use is determined by the direction in which the speaker, the hearer, or some other viewer is facing".

In die geval van die kop kry die links/regs-orientasie van die spreker 'n interessante dimensie. Weens die joernalistiek-gedwonge aflegging van sy eie perspektief, gaan ook sy eie links/regs-orientasie verlore. Hy neem die links/regs-orientasie van 'n onsigbare, objektiewe waarnemer aan (wie se perspektief, oriantasie en beheersende punt grootliks bepaal word deur die beleid van die koerant), sodat die terme links en regs in koppe grootliks gebruik word in terme van verslaggewing oor die politieke orientering van groepe of individue, byvoorbeeld:

(35 ) Regse groot faktor in Australiese verkiesing (Beeld, 1/9/98) Boere self, regses rede vir aanvalle (Rapport, 16/8/8) `Onregse' eilande (Beeld, 25/4/98)

Ook wanner bo/onder en voor/agter in 'n kop gebruik word, weerspieel dit nie die kopskrywer se persoonlike ruimtelike orientasie the, maar of die van die onsigbare, objektiewe waarnemer, Of die van 'n individu/entiteit waaroor daar deur middel van die kop beriggegee word, byvoorbeeld:

Van Zyl se senuwees pla voor more se wedstryd (Beeld, 29/8/98) Steierwerk onder Clinton begin verweer (Beeld, 28/8/98)

2.2.1.2. Beheersende punt

Perspektief behels ook die beheersende punt (vantage point) van die spreker en verteenwoordig "die plek waar die spreker staan of Ides om to staan ten opsigte van 'n situasie ('n spreker kan naamlik 'n ander uitkykpunt as sy eie aanneem)" (Pienaar 1996: 51). Oor die invloed op kognitiewe aanraking deur die beheersende punt van die konseptualiseerder se MacLaury (1995: viii): "... reality would be at every moment construed as a mutable scheme from any of various viewing angles". Die beheersende punt is dus bepalend ten opsigte van die konstruering van die werklikheid vanuit die perspektief van die konseptualiseerder. Pienaar (1996: 52) kom tot die slotsom dat "'n (u)itdrukking nooit neutraal (kan) wees t.o.v. 'n gegewe situasie the: daar is eerder sprake van 'n bepaalde besigtigingsorganisasie waarbinne die uitdrukking ingebed is".

22 Aansluitend by die beheersende punt van die spreker is die aspek van die egosentriese deiktiese sentrum.

Toegepas op die kop sou dit beteken dat al sou die kopskrywer dit ook regkry om sy persoonlike beheersende punt te negeer, die betrokke taaluitdrukking (kop) steeds (weens die beheersende punt van die onsigbare, objektiewe spreker) the heeltemal neutraal kan wees nie.

Vergelyk Dorgeloh (1996) vir 'n interessante uiteensetting van beheersende punt (view point) en inversie; ook van immediacy, displacement and displaced immediacy, veral sy toepassing op koeranttaal. 'n Gebrek aan ruimte laat egter the 'n bespreking van bogenoemde aspekte toe the.

2.2.1.3. Koordinate

Die koOrdinate van die konseptualiseerder (wat fisies en/of abstrak kan wees) word dew verskeie determinante bepaal. Hierdie koordinate help om die abstrakte denkruimte waarbinne die kognitiewe aanraking plaasvind, te definieer. 4

Die konseptualiseerder se perspektief, insluitend die beheersende punt, sal die konseptualiseringsvertrekpunt wees. Die konseptualiseerder se konseptualiserings- vermod (Pauw 1996: 23), sy "cognitive wherewithal" (Pretorius 1996: 40), sal die koordinate beinvloed wat vanaf die beheersende punt in die abstrakte denkruimte strek. Dit is hierdie konseptualiseringsvermoe wat onder andere ook die konseptualiseerder se vermoe tot metaforiese kartering bepaal, wat 'n onontbeerlike proses in die vorming van metafore en die transponering van domeine en gestalts in die taalfunksioneringsproses is. As sodanig is dit dus direk van belang op die formulering en interpretering van koppe.

"(D)ie mens se belewing van sy bestaanswerklikheid" (Pienaar 1996: 74), wat gestoor is in die konseptualiseerder se kognitiewe geheue, sal ook sy koOrdinate determiner. Hierdie gestoorde inligting word geobjektiveer tydens die onthouproses wanneer dit uit die kognitiewe geheue gehaal word en 'n rol speel tydens die vaslegging van die koOrdinate.

In terme van die kop sal die linguistiese prosesseringsvermod (Zelinsky-Wibbelt 1996: 531, 532) van die konseptualiseerder ook determinerend wees ten opsigte van die 23 bepaling van sy koordinate wat die abstrakte denkruimte begrens. Hierdie linguistiese prosessering behels onder andere 'n interaktiewe handeling gebaseer op leksikale vaagheid afkomstig van die plastisiteit van konsepte - dit verklaar die "mental reorganization during information processing" (Zelinsky-Wibbelt 1996: 531). 'n Ander aspek wat die linguistiese prosessering van 'n taaluiting (soos die kop) beinvloed, is die konseptualiseerder se vermoe om die kognitief-gereorganiseerde konsepte in die relevante diskoerskonteks te integreer. Volgens Zelinsky-Wibbelt (1996: 531) steun bogenoemde proses op "conventionalized cognitive constraints" wat kultuur- gedetermineerd is.

Samevattend: Vanaf elke konseptualiseerder se beheersende punt strek koordinate wat deur verskeie veranderlikes bepaal word en wat die denkruimte begrens en determineer waarbinne kognitiewe aanraking tussen konseptualiseerders tot stand kom.

In Figure 3 - 5 word diagrammaties 'n uiteensetting gegee van die beheersende punte en koOrdinate van die beriggewer, kopskrywer en kopleser.

kognitiewe uitvoer A

Kognitiewe invoerkoOrdinate --> Kognitiewe --- uitvoerkotirdinate

Figuur 3: Beheersende punt en koordinate van die beriggewer

Die grootte van hoek (a) bepaal die kognitiewe invoerkoOrdinate en dus die volledigheid/onvolledigheid waarmee die ware gebeure in die berig weergegee word. Idealiter behoort die koOrdinate so te le dat dit 'n totale weergawe van die gebeure kan gee.

24 Figuur 4: Beheersende punt en koOrdinate van die kopskrywer

Wanneer die beriggewer en die kopskrywer dieselfde persoon is, versmelt moment 4 met moment 2.

------Moment 7: (opsioneel) Enige verdere diskoers kognitiewe oor kop (berig)

■■uitvoer■ C geinisieer deur •• •• ••••=i11, spesifieke kopleser

Kognitiewe invoerkoordinate Kognitiewe uitvoerkotirdinate

Figuur 5: Beheersende punt en /coordinate vco, die kopleser

2.2.2. Begronding

Begronding is nog 'n veranderlike wat kognitiewe aanraking tussen die konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser) bepaal. Dit behels ook die perspektief en deiktiese posisionering van die konseptualiseerder (Pienaar 1996: 55).

Langacker (1990: 9) omskryf die begrip soos volg: "I use the term ground for the speech event, its participants, and its immediate circumstances (such as time and place of speaking)". Die begronding van 'n taaluiting lyk dus belangrik ten opsigte van sy 25 betekenis, wat op sy beurt weer deurslaggewend vir kognitiewe aanraking tussen konseptualiseerders is. Begronding sal dus ook 'n essensiele aspek van kognitiewe aanraking deur die kop wees, omdat die kop 'n taaluiting/taalhandeling in 'n kommunikasieproses tussen twee konseptualiseerders is en ingebed is in 'n konteks (raam).

Begronding behels prinsipes soos figure en ground, profile en base en trajektor en landmerk.

2.2.2.1. Figure en ground

Schulze (1987: 10,11) haal Talmy se verduidelikings van figure en ground aan:

The Figure is a moving or conceptually moveable object whose site, path, or orientation is conceived as a variable the particular value of which is the salient issue. The Ground is a reference object (itself having a stationary setting within a reference frame) with respect to which the Figure's site, path, or orientation receives characterization.

Indien, ten opsigte van die kop, bogenoemde onderskeiding op 'n meer abstrakte denkvlak as die sintaktiese oppervlak toegepas word, sou die kop as die figure en die berig as die ground beskou kon word.

Vergelyk benewens bogemelde outeurs oor die aangeleentheid, profiel en basis, en trajektor en landmerk onder andere ook Ungerer en Schmidt (1996) en Zelinsky- Wibbelt (1996).

2.3. Die raam (Frame)

Die kognitiewe raam (konteks) waarbinne 'n taaluiting funksioneer, is belangrik vir die kognitiewe aanraking wat daaruit moet voortvloei, want, "frames can provide valuable tools for the linguistic and conceptual analysis of situations ..." (Ungerer en Schmidtt 1996: 218).

Johnson (1987: xi) beklemtoon die feit dat "most human concepts are defined and understood only within conceptual frameworks that depend on the nature of human experience in given cultures". Die konseptualiseerder se konseptualisering van 26 entiteite/konsepte berus met ander woorde op sy ervarings van 'n werklikheid wat bepaal word deur die kultuur waarbinne by hom as mens bevind. Die kultuur sou hier beskou kon word as 'n fragment van 'n groter, universele raam.

Taylor (1989: 87) wys daarop dat die terminologie ten opsigte van raam verwarrend is en verkies die volgende verklaring daarvoor: "... 'frame' will refer to the knowledge network linking the multiple domains associated with a given linguistic form". Hy onderskei die term "script" van raam en wel so: "the temporal sequencing and causal relations which link events and states within certain action frames".

Na aanleiding van die voorbeeld van moeder wat Langacker gebruik, beklemtoon Taylor (1989: 88) die feit dat "frames do not necessarily incorporate scientifically validated knowledge of the world". Hy beklemtoon die feit dat rame konfigurasies van kultuurgebaseerde, gekonvensionaliseerde kennis is: "(T)he knowledge encapsulated in a frame is knowledge which is shared, or which is believed to be shared, by at least some segment of the speech community" (Taylor 1989: 89). Hierdie uitspraak van Taylor is uiters relevant vir die kop, aangesien bevredigende of volledige kognitiewe aanraking tussen die konseptualiseerders the kan plaasvind as hulle nie 'n kognitiewe raam deel en die kop as taaluiting the teen die agtergrond van so 'n raam tot stand kom nie [vergelyk byvoorbeeld (46)]. In hierdie opsig tree die raam as kognitiewe aanrakingsdeterminant van die kop op.

Ten opsigte van die konseptualisering van die betekenis van woorde argumenteer Taylor (1989: 91) dat dit noodsaaklik is dat die "appropriate encyclopaedic knowledge" wat in die kognitiewe raam opgesluit le, geaktiveer moet word. Sodoende word die relevante kennis geobjektiveer en kan kognitiewe aanraking plaasvind.

2.4. Ruimte en krag

Die twee kognitiewe veranderlikes wat egter die sterkste na yore kom as bepalende faktore ten opsigte van kognitiewe aanraking deur middel van die kop, is ruimte en krag.

Aangesien beide so prominent figureer, word hulle elk in 'n afsonderlike hoofstuk onder die loep geneem.

27 2.5. Samevatting en vooruitskouing

Kognitiewe aanraking tussen konseptualiseerders in 'n kommunikasiesituasie word deur 'n verskeidenheid veranderlikes bepaal. Die konseptualiseringsbeginsel geld wanneer die konseptualiseerder sy omringende werklikheid "conceptualises and portrays" [Langacker in Taylor (1995: 4)1 Die kopskrywer en kopleser (elk met sy eie, unieke aard en rol) is die betrokke konseptualiseerders tussen wie die kop kognitiewe aanraking bewerkstellig. 'n Proses van objektivering-subjektivering vind by beide konseptualiseerders plaas tydens konseptualisering. Die onderskeie perspektiewe (insluitend beheersende punt en orientasie) van die konseptualiseerders is bepalende faktore vir die tendoelgestelde kognitiewe aanraking. Die begronding van 'n kop speel 'n deurslaggewende rol in die oprigting van aanraking op kognitiewe gebied tussen die kopskrywer en kopleser as konseptualiseerders. Elke konseptualiseerder funksioneer binne 'n kognitiewe raam wat sy uiteindelike konseptualisering en die kognitiewe aanraking sal beInvloed. Die kultuur waarbinne die partikuliere konseptualiseerder optree, vorm deel van hierdie, maar ook 'n groter, universele raam. Ruimte en krag is die twee primere, grondliggende prekonseptuele beeldskemas vir kognitiewe aanraking deur die kop en tree as sodanig bepalend in die kognitiewe aanrakingsproses op. Die betrokke veranderlikes wat betrek word in die bepaling van kognitiewe aanraking, kan beskou word as kognitiewe aanrakingsdeterminante. Hierdie kognitiewe aanrakingsdeterminante sal 'n rol speel in die kognitiewe aanraking tussen enige konseptualiseerders in 'n kommunikasiesituasie waar die een optree as spreker en die ander as aangesprokene. As sodanig kan die kognitiewe aanrakingsdeterminante as meetinstrument vir enige diskoers (geskrewe of gesproke) aangewend word ten einde die mate kan kognitiewe aanraking to probeer evalueer.

In die volgende hoofstuk sal aandag gegee word aan hoe ruimte as prekonseptuele beeldskema die kognitiewe aanraking tussen konseptualiseerders meehelp.

28 HOOFSTUK 29

RUIMTE AS 'N KOGNITIEWE AANRAICINGSDETERMINANT 29

3.1 Ruimte (aanvanldik fisies) as elementere domein wat prekonseptueel ervaar word 29 3.1.1 Ruimteskemas ter sprake by die kop 30 3.1.1.1 Ruimte is 'n houer: die kop is 'n houer 31 3.1.1.2 Ruimte is 'n roete: die kop is 'n roete 32 3.1.1.3 Ruimte is 'n skakel: die kop is 'n skakel 35 3.1.1.4 Ruimte is 'n deel-geheel: die kop is deel van 'n geheel 36 3.1.2. Ruimte en tyd: fisies-pragmaties 36 3.2 Ruimte: oorgedra na 'n abstrakte denkruimte 37 3.2.1 Die rol van die konseptualiseerders 39 3.2.1.1 Ko6rdinate 39 3.2.1.2 Koordinaatdeterminante 40 3.2.1.2.1 Die raam 40 3.2.1.2.2 Subjektivering 41 3.2.1.2.3 Perspektief 42 3.2.1.2.4 Kognitiewe vermod van die konseptualiseerders 43 3.2.1.2.5 Emosie 43 3.2.2 Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop 43 3.2.3 Variante van die konseptualiseringsruimte 44 3.2.3.1 Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopleser-konseptualiseerder 45 3.2.3.2 Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopskrywer-konseptualiseerder 46 3.3 Gevolgtrekking 47 HOOFSTUK RUIMTE AS 'N KOGNITIEWE AANRAKINGS- DETERMINANT

Die vorige hoofstuk het die onderskeie veranderlikes wat die kognitiewe aanrakingspotensiaal vervat in die kop as kommunikatiewe entiteit, aangespreek.

Die mees relevante veranderlikes of determinante waaraan aandag gegee is, is die konseptualiseringsbeginsel, die onderskeie konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser), subjektivering en die konseptualisringswerktuig, perspektief, begronding en die raam.

Omdat ruimte as prekonseptuele beeldskema op sigself presenteer as so 'n belangrike determinant ten opsigte van die verlangde kognitiewe aanraking tussen die betrokke konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser) in die unieke kommunikasieproses wat deur middel van die kop tot stand kom, word dit in hierdie hoofstuk afsonderlik onder die loep geneem.

3.1. Ruimte (aanvanklik fisies) as elementere domein wat prekonseptueel ervaar word

Zelinsky-Wibbelt (1995: 528) verklaar: "(S)pace is man's original and archetypical experience in terms of perception and imaging". Daarmee gee sy to kenne dat die ervaring van ruimte volledige menswees ten grondslag le. Ruimte konstitueer dus as 'n elementere domein in die ervaringswereld van die mens. As sodanig is dit vasgele as een van die primere prekonseptuele beeldskemas wat die verbeeldingstruktuur van die mens, waaruit taal gegenereer word, bepaal.

Oor ruimte as 'n basiese domein in die mens se beleweniswereld, word Kryk- Kastovksy (1996: 329) aangehaal:

Space is a fundamental concept in human cognitive and linguistic .systems, since every human being is necessarily aware, consciously or subconsciously, of his/her spatial location.

So sal die baba waarskynlik reeds tydens swangerskap die baarmoeder as 'n begrensde ruimte (houer) ervaar. Na geboorte sal hy sy liggaam as 'n fisiese entiteit binne 'n groter ruimte ervaar. Proefondervindelik sal hy bepaalde aspekte van ruimte as 'n elementere, fisiese domein ervaar: sy liggaam is 'n houer; sy bababed is 'n houer - as 29 hy self daaruit probeer beweeg, val hy as gevolg van 'n onsigbare bag wat op hom inwerk; as hy hard probeer, kan hy langs 'n roete na 'n eindpunt/doelwit beweeg deur middel van rolbewegings/'n kruipaksie/deur op wankelende bene te loop; sy arms is 'n skakel na entiteite buite sy liggaamshouer; hy is deel van 'n groter geheel (sy moeder/ouers/groter gesin), ensovoorts. Hierdie fisiese ervarings van ruimte le sy latere kognitiewe en linguistiese funksionering ten grondslag. Van sy eerste oomblik of neem die mens dus waar en ervaar hy. Ungerer en Schmidt (1996: 188) praat van 'n "cognitive intake of a situation" wat plaasvind as gevolg van 'n geweldige aantal verskillende/diverse stimuli, maar stel dit dat hierdie kognitiewe invoer onmiddellik onder beheer gebring word op grond van die nonproposisionele, prekonseptuele beeldskemas wat in die brein vasgele is. Pauw (1996: 205) verwys na Johnson (1987) wat op die mens se ervaring van sy liggaam as houer wys: "We understand our own bodies as containers ... (which) seem small compared with all the daily experiences we understand in container terms. We experience our bodies as containers and as things in containers (e.g. rooms)".

Ungerer en Schmidt (1996: 188) wys ook daarop dat Langacker (1987) beweer elke stimulus word geevalueer in terme van 'n domein ("contexts for the characterization of a semantic unit") en dat ruimte een van die mees elementere domeine is. In hierdie evalueringsproses van stimuli speel onder andere kategorisering en metaforiese kartering 'n belangrike rol.

In terme van die kop word daar nou kortliks nagegaan water ruimteskemas hierdie joernalistiek-kommunikatiewe entiteit prekonseptueel ten grondslag le. Dit is belangrik om daarop te let dat die prekonseptuele skemas uiterlik/sigbaar manifesteer op die taalvlak, maar op 'n dieper bestaansniveau inherent onsigbaar teenwoordig is as fimdering vir die kop in die abstrakte denkruimte, en na die taalvlak getransponeer word deur onder andere die proses van metaforiese kartering.

3.1.1. Ruimteskemas ter sprake by die kop

Verskeie subtipes van die ruimteskema is op 'n basiese konstitueringsvlak onderliggend tot die konsep van 'n kop, maar is ook afleibaar van die taalvlak.

30 3.1.1.1. Ruimte is 'n hotter: die kop is 'n houer

Die basiese struktuurelemente waaruit die houerskema bestaan, is 'n binnekant (interieur) en buitekant (eksterieur) wat deur 'n grens/grense van mekaar geskei word. Driedimensionele ruimtelike begrensing vorm die ervaringsbasis vir hierdie binne/buite- orientasie (vergelyk Johnson 1987: 21). Die logiese implikasie hiervan is dat enige entiteit of binne of buite 'n houer verkeer: "Indien houer A in houer B is, en voorwerp X in A is, is X ook in B", volgens Human (1998: 18,19). Oorganklikheid van inperking word dus ervaar, 'n belangrike prinsiep wat relevant is vir die kop as houer, omdat die linguistiese oppervlakvergestalting van die kop 'n houer is vir die kognitiewe en proposisionele inhoud wat gekonseptualiseer moet word. Die kopskrywer as konseptualiseerder plaas die relevante konsepte deur middel van taal in die kop as houer, waarna dit deur die kopleser as konseptualiseerder deur middel van die lees- en konseptualiseringsaksie daar uitgehaal word (Vergelyk die CONDUIT-metafoor genoem in 4.3). Die berig en koerant as geheel verteenwoordig 'n fisiese houer vir enersyds die bepaalde kop en andersyds die gegewe uit die driedimensionele werklikheid. Hierdie werklikheid funksioneer in 'n abstrakte kultuurkonteks, wat as houer daarvoor optree en as deel van die kognitiewe raam (ook 'n houer) van die konseptualiseerders 'n bepalende rol ten opsigte van kognitiewe aanraking speel. Uiteindelik vorm die universum, binne-in die omvattende globale ruimte, 'n houer vir al die voorafgaande entiteite. Die kognitiewe versmeltingsruimte/denkruimte waarbinne kognitiewe aanraking deur middel van die kop tot stand kom, funksioneer as abstrakte houer. Vergelyk Figuur 6.

sigbare, taalkundige/ linguistiese vergestalting Die kop as houer vir konsepte berig koerant kultuurkonteks

kognitiewe ruimte: getransponeer na die abstrakte denkruimte universum (raam) —globale ruimte

Figuur 6: Die relatiewe posisie van die kop as houer binne grocer oorganklike houers

31 Op linguistiese vlak verteenwoordig veral die leksikale items (voorsetsels en adjektiewe) in, uit, oor, vol en leeg die houerskema. Vergelyk die voorbeelde in die onderstaande koppe:

`Dit was soos om in die hel in te stop ' (Beeld 27/8/98) Drie slagoffers in 'n kritieke toestand (Beeld 27/8/98) Vol program vir Fidel Castro in Suid-Afrika (Beeld 27/8/98) Soldaat in hof na skietay in Fouriesburg (Beeld 27/8/98) Juwele van R1, 5m uit huffs gebuit (Beeld 26/8/98) N 1-brugbouers lay hulp so reg uit die kombuis (Beeld 26/8/98) Warne dalk 6 weke uit, oor sy skouer (Beeld 28/4/98)

In laasgenoemde voorbeeld ontbreek die houer op die sigbare taalvlak (byvoorbeeld "uit span/krieket"), maar weens die kultuurraam wat die konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser) deel, veroorsaak die weglating the konseptualiseringsprobleme the. Die proposisionele en kognitiewe inhoud van die kop, wat vervat is in 'n taalhouer, word dus binne 'n kultuurraam as houer aan die kopleser gebied.

Vergelyk onder andere Johnson (1987), Lakoff (1987), Taylor (1989) en Gibbs en Colston (1995) oor die houerskema. Hendrikse (1996) lewer 'n interessante perspektief op die houerskema wat weens die beperkte omvang, the hier bespreek kan word nie. Hy reken dat die inagneming van die skema huidige navorsing eerder beperk as bevorder.

3.1.1.2. Ruimte is 'n roete: die kop is 'n roete

Die bron-roete-doelwitskema impliseer tyd en beweging. Indien daar liggaamlike beweging plaasvind, sal die liggaam aanvanklik staties verkeer by die beginpunt, maar in 'n bepaalde rigting "by elke tussenpunt op die roete verbygaan" (Human 1996: 22) ten einde die bestemming/ruimtelike eindpunt te bereik. "Uit ons liggaamlike ervaring begryp ons dus dat paaie roetes is vir beweging van een punt na 'n ander", volgens Pauw (1996: 127). Hierdie beweging op 'n bepaalde roete vind binne 'n vasgestelde/gemarkeerde tydsopset plaas en "(h)oe verder jy op die roete beweeg, hoe meer tyd het reeds verbygegaan" [Human (1998: 22)].

Wanneer hierdie liggaamlike ervaring na 'n abstrakte denkruimte getransponeer en konseptueel gekarteer word, kan die kop (in die kommunikasieproses) beskou word as 32 'n houer (linguistics en konseptueel) wat vanaf 'n beginpunt (bron: kopskrywer) op 'n abstrakte konseptuele roete(pad) is na 'n eindpunt (doelwit: kopleser). Indien hierdie konseptualiseringsroete onverhinderd afgele word, kan suksesvolle konseptualisering en dus ook kognitiewe aanraking, by die kopleser plaasvind.

Uit die aard van die saak sal daar somtyds struikelblokke, wat die kommunikasieproses vertraag of selfs in die wiele ry, op hierdie rode wees, byvoorbeeld ontoereikende formulering deur die kopskrywer (weens 'n verskeidenheid redes), of onvoldoende konseptualisering deur die kopleser.

So kan kognitiewe/konseptuele verwarring by die kopleser tot stand kom. Koppe wat sulke verwarring veroorsaak, is the volop the, omdat die kopskrywer, uit die aard van die kommunikatiewe doelwit van die kop oor die algemeen bedag is op die moontlikheid van konseptualiseringsvertraging of -verwarring by die kopleser. Tog kom koppe wat die onsigbare konseptualiseringsroete tussen kopskrywer en kopleser (en gevolglik kognitiewe aanraking) benadeel, wel voor, byvoorbeeld:

Laat stroom bydraes vir minder gelukkiges sterk vloei (Beeld, 15/12/97)

Gebaseer op die kopleser se vorige ervaring van die taalhandelingskrag van die kop as 'n stellingshandeling, antisipeer hy 'n stelling oor die stand van sake in die kop.

Die illokutiewe krag van 'n versoek/bevel word eers by die herlees van die kop verstaan; dus kan die kopleser as konseptualiseerder hom emosioneel daarvan distansieer weens die meerduidigheid en verwarrende sintaktiese struktuur daarin vervat, asook omdat dit in die vorm van 'n versoek/bevel is. As kopleser antisipeer hy om in die bona fide-konununikasiesituasie tussen hom en die kopskrywer geinformeer te word en the om 'n opdrag te kry nie.

Nog 'n voorbeeld van kognitiewe verwarring blyk uit onderstaande kop:

Ag, Jannie, trou jou lewe nie (Rapport, 26/8/98)

Hierdie kop word gevolg deur 'n subkop, "Dis goedkoper en makliker" en 'n berig wat statistiek omtrent egskeidings en ekonomiese druk op egpare aanhaal. Daar is geen leksikale of kognitiewe verwysing na die kop in die berig the. Ook weens die feit dat die kop se sintaktiese struktuur the konseptueel wil sin maak nie, word kognitiewe aanraking en konseptualisering in die wiele gery. 33 Dit is eers warmer die volgende berig, onder sy eie kop ("Egskeidings tog soms snaaks"), se inleidingingsparagraaf gelees word, dat die kopleser begryp dat daar in die voorafgaande kop na die woorde in 'n volksliedjie verwys word: "Ag, Jannie, trou jou lewe nie, dan spaar jy jou verdriet...". Gesien in die volledige sintaktiese raam/konteks/diskoers, begin die kopleser eersgenoemde kop konseptualiseer. Die vraag is egter wafter snit van die Rapport-lesende publiek eers/nog bewus is van so 'n volksliedjie. Hier is die kopskrywer se keuse van 'n kop 'n struikelblok op die konseptualiseringspad tussen kopskrywer en kopleser en word kognitiewe aanraking tussen hulle benadeel en selfs in die wiele gery.

In uiters seldsame gevalle kan 'n spel- en/of tikfout in 'n kop ook as konseptualiseringstruikelblok voorkom:

Swaar hang steeds oor AEK-man se kop (Beeld, 27/8/98) in plaas van die verwagte "Swaard".

Soos reeds in 3.1.1 genoem, is die betrokke subtipes van die ruimteskema ook van die taalvlak afleibaar. Enkele voorbeelde waar die bron-roete-doelwitskema in die kop talig vergestalt word, is:

Woodall, 0 'Dowd terug na Everest (Beeld, 27/4/98) Geldlas, wetgewing is hindernisse op selfstandigheidspad (Beeld, 27/4/98) 5 lasbriewe volg op bedrogklagtes (Beeld, 27/4/98) SA gesin vlug van misdaad; word besteel in Kiwiland (Beeld, 29/4/98) R3 miljard dalk op pad vir Alex (Beeld, 28/4/98) SA 'beweeg al nader aan eenpartystaat na 4 jaar' (Beeld, 29/4/98)

Let op die tipiese roete-voorsetsels (na/aan/op/van) waarmee hierdie skema op taalvlak manifesteer.

In ondergenoemde voorbeeld ondervang 'n dinamiese, aktiewe werkwoord (stuur) die bron-roete-doelwitskema; die konseptualiseringsproses by die kopleser word waarskynlik hierdeur versnel:

Neo-Nazi's stuur skokgolwe deur Europa (Beeld, 28/4/98)

Meer oor die betrokke skema kan in onder andere Gibbs en Colston (1995), Lakoff (1987), Taylor (1989) en Pauw (1996) gelees word. 34 3.1.1.3. Ruimte is 'n skakel: die kop is 'n skakel

Nog 'n ruimteskema wat ten opsigte van konseptualisering van die kop en kognitiewe aanraking belangrik is, is die skakelskema, want die proposisionele inhoud van die kop moet skakel met die van die betrokke berig.

Die strukturele elemente wat die skakelskema ten grondslag le, is entiteite A en B wat in 'n simmetriese skema deur middel van 'n skakel aan mekaar gekoppel is. Lakoff (1987: 274) verduidelik die onderliggende logika van die skema so: "If A is linked to B, then A is constrained by and dependent upon, B. Symmetry: If A is linked to B, then B is linked to A".

Hierdie skema is waarskynlik die ruimteskema wat in die abstrakte denkruimte die basis vorm vir kognitiewe skakeling tussen die konseptualiseerders: kopskrywer (entiteit A) en kopleser (entiteit B). Die talige vergestalting van elke spesifieke kop sal telkens dien as die konseptuele skakel tussen die genoemde entiteite. In die Lakoff- argument sal die kopskrywer (entiteit A) beperk word deur en afhanldik wees van die kopleser (entiteit B). Die kopskrywer formuleer sy kop vir 'n onsigbare, prototipiese kopleser wie se profiel bepaal word deur die lesersegment van die bepaalde nuusblad. In die sin beperk entiteit B vir entiteit A. Entiteit A is afhanklik van entiteit B omdat die proses van kopskryf, in die breere kommunikasieproses, uit die aard van saak op 'n aangesprokene/hoorder/boodskapontvanger gerig moet wees. In die unieke kommunikasiesituasie moet entiteite A en B, die konseptualiseerders (spreker en aangesprokene), simmetries aan mekaar skakel.

Talig is die skema byvoorbeeld so in koppe afleibaar:

Agtjarige help booswig yang (Rapport, 30/8/98) Die agtjarige tree as die skakel tussen die owerhede en die booswig op. Liefde taan, nou wil skone haar R1,2m terughe (Rapport, 30/8/98) In hierdie geval tree die liefde as skakel tussen die (voormalige) geliefdes op. Hof verwerp aansoek van AEK-amptenaar (Beeld, 29/8/98) Hier is die aansoek die skakel tussen die amptenaar en hof. Inbrekers vermoor jong wag aan die Wes-Rand (Beeld, 28/8/98)

In bogemelde voorbeeld is die kragtige aktiewe werkwoord vermoor die kognitiewe spil waarom die kop draai: die liggaam wat die skakel tussen lewe en dood is, word in so 'n mate leed aangedoen dat die skakeling tussen entiteite A en B tot niet gaan. 35 Somtyds word die woord skakel/skakeling eksplisiet in 'n kop gebruik:

(61) FAK soek skakeling (Rapport, 30/8/98)

Daar is egter nog 'n ruimteskema van toepassing op die kop.

3.1.1.4. Ruimte is 'n deel - geheel: die kop is deel van 'n geheel

Die deel-geheelskema is 'n asimmetriese skema: as entiteit A deel is van entiteit B, is entiteit B the 'n deel van entiteit A the. Dit is dus 'n onomkeerbare verhouding. As hierdie ruimtelike skema op die kop getransponeer word, beteken dit dat die kop (entiteit A) deel is van die berig (entiteit B), maar the andersom the (vergelyk Figuur 7):

Periferie van berig

Kop: deel ruimte van berig

Berig: kop se ruimte is in sy ruimte geinkorporeer, maar nie andersom nie

Figuur 7: Die kop is deel van 'n geheel

Alhoewel beide entiteite kognitief skakel, is B the ruimtelik deel van A nie.

3.1.2. Ruimte en tyd: fisies - pragmaties

Taylor (1989: 85) se: "Time and three-dimensional space ... constitute what Langacker (1987: 148) calls 'basic domains', i.e. the concepts of time and space are not reducible to other, more primitive cognitive structures". Bogenoemde uitspraak impliseer dat ruimte en tyd as basiese domeine/prekonseptuele beeldskemas in die eerste plek fisies beleef word. Die deiktiese verankering van die individu verleen egter ook 'n pragmatiese kleur aan ruimte en tyd [vergelyk byvoorbeeld Schwerdtfeger (1982)].

36 Schulze (1987: 2) verklaar die mens se belewing van fisiese ruimte onder andere so:

(S)pace may be characterized by the extension and the co-existence of objects and/or persons".

Hy reken dat die gewone mens ruimte ook ervaar as "a three-dimensional structure where every point may be touched by three axes of co-ordinates which are mutually perpendicular".

In die eerste plek ervaar die mens dus ruimte en tyd fisies, maar dit word deur die abstrakte kartering daarvan op taal ook pragmaties geanker.

Schulze wys ook op die feit dat die menslike belewing van ruimte die van tyd voorafgaan:

"(S)patial concepts ... dominate over temporal ones; they are more structural; they are acquired earlier than temporal concepts ... and their verbalizations ... are used as metaphors to convey temporal ... concepts".

Alhoewel ruimte dus die primere belewenis is, is ruimte en tyd onafskeidbaar: tyd kan the sonder ruimte bestaan nie, want tyd impliseer beweging en beweging geskied in ruimte. Hierdie beginsel geld op fisies-pragmatiese, maar ook op abstrakte kognitiewe vlak, dus ook vir die kop.

3.2. Ruimte: oorgedra na 'n abstrakte denkruimte

Ter wille van die kognitiewe aanraking wat in 'n kommunikasieproses plaasvind, is dit noodsaaklik om die begrip `abstrakte denkruimte' to begrens.

Fauconnier (1985: 2) praat van domeine "that we set up as we talk or listen" en noem hulle "interconnected mental spaces". Hy wys egter daarop dat hierdie domeine the deel van die taal self of die grammatika is the. Hulle is "constructs distinct from linguistic structures but built up in any discourse according to guidelines provided by the linguistic expressions" (1985: 16).

Taal, se hy, "builds up mental spaces, relations between them, and relations between elements within them" (1985: 2). Laasgenoemde opmerking is belangrik ten opsigte van die kop (trouens, ten opsigte van enige kommunikasiesituasie), want "(t)o the extent that 37 two of us build up similar space configurations from the same linguistic and pragmatic data, we may 'communicate' (1985: 2).

Volgens Lakoff (1987: 281) is "(a) mental space ... a medium for conceptualization and thought". Dit impliseer dat enige stand van sake wat die mens konseptualiseer in 'n abstrakte denkruimte plaasvind. Voorbeelde van die stande van sake is onder andere:

our immediate reality, as understood... past or future situations, as understood ... - abstract domains, e.g., conceptual domains ....

Lakoff se kwalifiserings van stande van sake betrek dan by implikasie ook die kop wat binne 'n spesifieke kognitiewe raam funksioneer. Hierdie raam omvat die onmiddellike realiteit waaroor dit berig gee; dit kan selfs situasies uit die verlede of toekoms betrek en dit behels beslis 'n abstrakte, konseptuele domein of denkruimte waarbinne kognitiewe aanraking deur middel van die kop plaasvind.

Lakoff (1987: 281) skryf verder sekere basiese eienskappe aan denkruimtes toe wat verklaar waarom kognitiewe aanraking (ook deur die kop) binne sulke denkruimtes kan plaasvind. Van die eienskappe verwoord by so:

Spaces may contain mental entities. - Spaces may be related to other spaces by what Fauconnier calls 'connectors'. An entity in one space may be related to entities in other spaces by connectors. Spaces are extendable, in that additional entities ... may be added to them in the course of cognitive processing

Ten opsigte van die kop as kognitiewe aanrakingsmoment blyk bogemelde eienskappe van belang te wees tydens die konstituering van die denkruimtes waarbinne kognitiewe aanraking tussen die onderskeie konseptualiseerders (kopskiywer en kopleser) bewerk moet word. In die totstandkoming van die denkruimtes van die konseptualiseerders speel onder andere die konseptualiseringsbeginsel [vergelyk 2.1 en Casad (1995)] 'n groot rol.

Die onderskeie denkruimtes van die konseptualiseerders behoort grootliks te oorvleuel ten einde kognitiewe aanraking te bewerkstellig. Vervolgens word die rol van die konseptualiseerders in die bereiking van hierdie oorvleueling kortliks beskou.

38 3.2.1. Die rol van die konseptualiseerders

Fauconnier (1985: 168,169) beskryf die rol van die onderskeie konseptualiseerders in die totstandbrenging van abstrakte denkruimtes tydens kommunikasie soos volg:

The speaker-listener does not consider all the interpretations of a sentence and then discard the inappropriate ones. He sets up a space configuration starting from the configuration already available at that point in the discourse. There will of course be choices and strategies, but the potential of a sentence, given a previous configuration, is always far less than its general potential for all possible configurations.

In die geval van die kop sal beide die spreker (kopskrywer) en die aangesprokene (kopleser) as konseptualiseerders dus abstrakte denkruimtes skep waarbinne die kop as kognitiewe aanrakingsmoment kan funksioneer. Die belangrikheid van die sintaksis van die kop wat die intensie, taalgebruik en gesprekstrategie van die kopskrywer (spreker) rig en waardeur kognitiewe aanraking bewerkstellig word, word ook deur hierdie sitaat beklemtoon.

Ten einde die onderskeie konseptualiseerders se abstrakte denkruimtes deur die kop tot stand te laat kom, is daar bepaalde koordinate, wat deur sekere koordinaatdeterminante beinvloed word, nodig.

3.2.1.1. Koiirdinate

In Figure 3 tot 5, naamlik die figure oor die beheersende punte en koordinate van die beriggewer, kopskrywer en kopleser, word melding gemaak van kognitiewe invoer- en kognitiewe uitvoerkotirdinate.

Hierdie koordinate strek telkens vanaf die bepaal de gespreksgenoot/konseptualiseerder se beheersende punt. Die hoek waarteen die koordinate in die abstrakte denkruimte van die onderskeie konseptualiseerders le, bepaal in water mate kognitiewe aanraking tussen hulle sal plaasvind: hoe groter die kognitiewe invoerkoordinate se hoek, hoe groter behoort die kognitiewe uitvoerkotirdinate normaalweg te wees. Hoe beter die beriggewer aanvanklik die reele gebeure waarneem en konseptualiseer, hoe beter kan by dit verwoord en deur middel van sy berig aan die aangesprokene (die kopskrywer indien hulle nie een en dieselfde persoon is nie) aanbied. Op sy beurt kan die kopskrywer deur middel van die leesproses 39 (vergelyk 2.1.2) die inhoud van die berig maksimaal konseptualiseer, voordat by die kern daarvan abstraheer en 'n intensie bepaal wat sy gesprekstrategie en gevolglik die sintaksis van die kop, sal vasstel. Sy eindproduk, die kop, word dan ter wille van potensiele kognitiewe aanraking tussen hom en die kopleser bona fide aan laasgenoemde aangebied. Indien die kop geformuleer is volgens sintaktiese beginsels wat uit die kopleser se vorige ervaring van koplees aan horn bekend is, aanvaar by dit linguisties en konseptueel, sodat kognitiewe aanraking kan plaasvind.

Bogenoemde stappe in die kognitiewe aanrakingsproses vind binne 'n groter denkruimte plaas wat tot stand kom tussen die onderskeie konseptualiseerders wanneer hulle bepaalde denkruimtes oorvleuel en hulle kognitiewe koordinate maksimaal kruis (vergelyk pararaaf 3.2.2 en Figuur 10).

Dit is belangrik om daarop te let dat beide die kognitiewe invoer- en uitvoerkoordinate van die onderskeie konseptualiseerders deur sekere veranderlikes (determinante) beinvloed word.

3.2.1.2 . Koordinaatdeterminante

Tersaaklike veranderlikes wat die kognitiewe aanrakingsdeterminante van die kopskrywer en kopleser as konseptualiseerders beinvloed, is die raam waarbinne die kop gekonstitueer word, die graad van subjektivering wat by die konseptualiseerders presenteer, die perspektief van die konseptualiseerders en hulle kognisievermoe, en die rol wat emosie speel.

3.2.1.2.1. Die raam

Lakoff (1987: 282) verwoord een van Fauconnier (1985) se hipoteses aangaande denkruimtes ("mental spaces"), wat die begrip raam omsluit, so: "Maximise common background assumptions across adjacent spaces". Ten opsigte van die kop lyk dit dus of die maksimale oorvleueling van die onderskeie konseptualiseerders se rame, binne 'n groter, gedeelde abstrakte denkruimte bevorderlik is vir die geantisipeerde kognitiewe aanrakingsmoment. Hoe meer die kopskrywer en kopleser se onderskeie rame oorvleuel en ingebed is in 'n groter, gedeelde raam wat onder andere ook hulle kultuur insluit, hoe groter behoort die kognitiewe aanraking tussen hulle te wees. Waarskynlik le die individuele raam van elke konseptualiseerder op 'n kontinuum vanaf 'n raam wat totaal 40 los staan van die kop (bedreigde kognitiewe aanraking) tot een wat die kop totaal omsluit (potensiele maksimale kognitiewe aanraking) (vergelyk Figuur 8 vir 'n diagrammatiese uiteensetting).

Bedreigde kognitiewe Potensieel maksimale aanraking kognitiewe aanraking

Konseptualiseerder se raam totaal Konseptualiseerder se raam gedistansieerd van kop omsluit kop totaal

Figuur 8: Die kontinuum: bedreigde kognitiewe aanraking — potensieel maksimale kognitiewe aanraking

O Oor die belangrikheid van kultuur as komponent van 'n raam kan onder andere Wierzbicka (1993), Zelinsky-Wibbelt (1996) en Taylor (1989) vergelyk word.

3.2.1.2.2. Subjektivering

Ten opsigte van subjektivering (vergelyk 2.2) as veranderlike by die bepaling van die kognitiewe invoer- en uitvoerkoOrdinate is die kontinuum subjektief-objektief waarop die konseptualiseerders tydens die kognitiewe aanrakingsproses deur die kop beweeg, belangrik.

By die kopskrywer vind subjektivering plaas sodra hy die berig konseptualiseer en dit gevolglik deel word van sy kognitiewe bewussyn. Sodra hy dit weer uit die kognitiewe bewussyn uithaal om dit te onthou ten einde 'n kop te formuleer, objektiveer hy dit. Wanneer die geformuleerde kop in die kognitiewe bewussyn gebere word, word dit gesubjektiveer. Indien die beriggewer en kopskrywer dieselfde persoon is, sal die kop waarksynlik geformuleer word terwyl hy die berig formuleer. Daar sal dus net een keer vanaf die oorspronklike objektiewe pool (tydens waarneming van die gebeure) na die subjektiewe pool beweeg word warmer die berig en die kop in die kognitiewe bewussyn gestoor word. Elke keer agterna, wanneer die kop onthou word, vind objektivering plaas.

Wanner die kopleser die kop lees, is dit aanvanldik geobjektiveerd, maar sodra hy dit konseptualiseer en in die kognitiewe geheue bere, subjektiveer hy dit. Dieselfde beginsel as by die kopskrywer geld: sodra die kopleser agterna die kop uit die gestoorde

41 inligting van sy kognitiewe geheue haal ter wille van byvoorbeeld verdere diskoers, objektiveer hy dit. Vergelyk Figuur 9. Objektivering Subjektivering

1. Die gegewe waarop die kop 2. Die kop word ten voile gegrond word, word waar- gekonseptualiseer deur die geneem deur die kopskrywer. kopskrywer en in sy kogni- tiewe geheue gestoor. 3. Indien hy dit onthou, word dit geobjektiveer as dit uit die Die kop is aanvanklik geob- kognitiewe geheue gehaal jektiveer as die kopleser dit word. lees.

6. Wanneer hy dit onthou, Sodra hy die kop konseptua- objektiveer hy die kop. liseer, word dit gesubjektiveer en in sy kognitiewe geheue gebere.

Figuur 9: Beweging op die kontinuum objektivering — subjektivering tydens konseptualisering van die kop

Die mate waarin subjektivering by beide konseptualiseerders plaasvind, bepaal die hoek waarteen die kognitiewe invoer- en uitvoerkoOrdinate le en die mate waarin kognitiewe aanraking tussen hulle tot stand kom.

3.2.1.2.3. Perspektief

Perspektief (vergelyk 2.2.1) is nog 'n belangrike veranderlike by die bepaling van die kognitiewe invoer- en uitvoerkoOrdinate van beide die kopskrywer en kopleser as konseptualiseerders, omdat dit hulle beheersende punte in en orientasie ten opsigte van die abstrakte denkruimte waarbinne die kop kognitiewe aanraking bewerk, behels. 'n Verandering in beheersende punt goon 'n verandering in perspektief en 'n ander hoek waarvandaan die koordinate genereer, tot gevolg he. Die ideale perspektief sal die een weer waarvandaan beide kopskrywer en kopleser se koordinate maksimaal gerig is op die skepping van 'n ideale konseptualiseringsruimte waarbinne die kop as kognitiewe aanrakingsmoment kan funksioneer (vergelyk Figuur 10).

42 3.2.1.2.4. Kognitiewe vermoe van die konseptualiseerders

Daar moet ook verwys word na die kognisievermoe van die konseptualiseerders as koordinaatdetenninante. Vergelyk hieroor paragraaf 2.1. Kortliks kom dit op die volgende neer: hoe meer beperk 'n konseptualiseerder se kognitiewe vermoe, hoe meer verskraal gaan die invalshoeke van sy kognitiewe invoer- en uitvoerkoordinate wees. Gevolglik gaan die potensiele denkruimte waarbinne kognitiewe aanraking tussen die konseptualiseerders plaasvind, verklein, en verminder die geleentheid vir sodanige

aanraking (vergelyk Figure 1 . 1 en 12 vir die verskraalde denkruimtes van die konseptualiseerders).

Benewens die kognitiewe vermoe van die konseptualiseerders, speel emosie ook 'n rol as veranderlike by die bepaling van kognitiewe in- en uitvoerkoordinate.

3.2.1.2.5. Emosie

Weens beperkte ruimte le dit buite die doelwit en veld van hierdie navorsing om na to speur hoe en in water mate emosie 'n rol speel in die bewerking van kognitiewe aanraking deur taal. Tog kan die belangrikheid daarvan nie genoeg beklemtoon word nie. Vergelyk onder andere Ungerer en Schmidtt (1996), Niemeier (1997) en Goleman (1996) vir uiteensettings oor die sogenaamde emotionology en emosie en taal.

Vervolgens word die ideale konseptualiseringsruimte van die kop diagrammaties voorgestel.

3.2.2. Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop

Vervolgens word die ideale konseptuele versmeltingsruimte (denkruimte) waarbinne ' kognitiewe aanraking deur middel van die kop plaasvind, diagrammaties uitgebeeld:

43 —Konseptuele versmeltingsruimte

KOPLESER

Beheersend...... e ...... punt

maksimale —hoek waarteen — kruising van koOrdinate kognitiewe invoerkoordinate hoek waarteen — — Kognitiewe uitvoer kognitiewe ingevoer word uitvoerkoOrdinate — Kognitiewe uitvoerkotirdinate Kognitiewe uitvoer uitgevoer word Kognitiewe invoerkotirdinate

Figuur 10: Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop

Ter wille van optimum konseptualisering van 'n bepaalde kop en die gevolglike kognitiewe aanraking daarvan, behoort dit volledig te konstitueer binne die grense van die abstrakte denkruimte / konseptuele versmeltingsruimte wat tot stand kom wanneer die uitvoerkoOrdinate van die kopskrywer die invoerkoordinate van die kopleser maksimaal sny. Sodoende kan optimale konseptualisering by en kognitiewe aanraking tussen die onderskeie konseptualiseerders deur middel van die bepaalde kop plaasvind.

Wanneer die veranderlikes ideaal is, strek beide die uit- en invoerkoordinate teen 'n maksimale hoek 'n abstrakte denkruimte in ten einde 'n optimum konseptuele versmeltingsruimte te skep.

Variante van die ideale konseptualiseringsruimte van die kop kan voorkom wanneer sekere veranderlikes die totstandkoming daarvan beinvloed:

3.2.3. Variante van die konseptualiseringsruimte

Sowel die kopskrywer as die kopleser as konseptualiseerders van die kop (eersgenoemde as enkodeerder van die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment en laasgenoemde as die dekodeerder daarvan) se kognitiewe invoer- en uitvoerkoOrdinate kan deur bepaalde veranderlikes beinvloed word. 44 3.2.3.1. Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koiirdinate van die kopleser-konseptualiseerder

Pretorius (1995: 40) verwys na 'n konseptuele weergawe van die betekenis van 'n teks ("a mental representation of the meaning of the text") wat tot stand kom tydens die lees daarvan. Die leser van 'n teks (in hierdie geval die kopleser) konstitueer bogenoemde konseptuele weergawe on the basis of information that is both explicitly stated in the text as well as information that is not stated explicitly, but is instead inferred from previously encountered elements in the text or from background knowledge that the reader brings to the reading process.

Indien die (kop-)leser nie afleidings kan mask nie of 'n gebrekkige/verskraalde agtergrondskennis het of tekortskiet aan "working memory" (Pretorius 1996: 40), sal die kognitiewe in- en uitvoerkoordinate daardeur beInvloed word en gevolglik ook die kognitiewe aanraking [vergelyk Pretorius (1996) vir 'n vollediger uiteensetting en Figuur 11]. Gedeelte van kop wat nie gekonseptualiseer word me (kognitiewe aanraking verskraal) —Ongerealiseerde gedeelte van konseptualiseringsruimte

Kognitiewe uitvoerkoOrdinate —Potensiele, maksimale — kognitiewe uitvoer kognitiewe invoerkoOr- — Reale konseptualiserings- dinate ruimte —kognitiewe invoer --Retie kognitiewe invoerkoOrdinate Figuur 11: Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koordinate van die kopskrywer konseptualiseerder

45 3.2.3.2. Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koordinate van die kopskrywer- konseptualiseerder

'n Verskeidenheid aspekte kan die kognitiewe koordinate van die kopskrywer as konseptualiseerder verskralend beinvloed. Enersyds kan die kognitiewe prosessering van ingevoerde inligting onvolledig plaasvind en andersyds kan sy taalkommunikatiewe vaardigheid en formuleringsvermoe tekortskiet.

Zelinsky-Wibbelt (1996: 527) wys op die spreker (hier: die kopskrywer) se vermoe om twee kognitiewe aktiwiteite tegelyk in to span, naamlik "the activity of processing the obtained information" en "the storage of lexical knowledge and discourse knowledge". Indien bogemelde vermoens in die een of ander opsig benadeel is, sal die kognitiewe koordinate van die kopskrywer teen 'n enger hoek die abstrakte denkruimte inval, wat die konseptualiseringsruimte waarbinne die kop tot stand moet kom, uiteraard sal verskraal (vergelyk Figuur 11). Sy beklemtoon die feit dat 'n spreker 'n kognitiewe model van die diskoerssituasie formuleer "from relating the concept with all components of the speaker's knowledge that become relative in the respective situation".

Indien die kognitiewe domeine waaruit die kopskrywer put, verarm is, sal die konseptualiseringsruimte verskraal wees weens sy verengde kognitiewe uitvoerkoordinate (Lakoff 1987: 280-281 praat van 'n "conceptualizing capacity" - vergelyk 2.1).

Oor ander veranderlikes wat die spreker se kognitiewe uitvoerkoOrdinate kan vereng, vergelyk ook Langacker (1993) en Zelinsky-Wibbelt (1996).

Figuur 12 dui die verskraalde konseptualiseringsruimte van die kop (met die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment) weens eng koOrdinate van die kopskrywer aan:

46 verlore kognitiewe aanralcingspotensiaal van die kop

KOPLESER•

heersende punt Reale, verkleinde — Ongerealiseerde reele hoek hoek — gedeelte van konseptualiserings- kognitiewe Potensiele hoek — ruimte invoerkotirdinate — Reale, verskraalde reele, verskraalde Potensiele, maksimale kognitiewe uitvoerkoedinate konseptualiseringsruimte kognitiewe uitvoerkoOrdinate

Figuur 12: Verskraalde konseptualiseringsruimte weens eng koOrdinate van die kopleser-konseptualiseerder

Vir 'n interessante uiteensetting oor tekstuele deiksis en die rol wat ruimte speel in die ordening van 'n diskoers, vergelyk Mondada (1996).

3.3. Gevolgtrekking

Ruimte konstitueer as die elementere domein in die mens se ervaringswereld. As 'n prekonseptuele beeldskema speel dit 'n primere rol by kognitiewe aanraking (ook deur die kop), omdat fisiese ervaring van ruimte die abstrakte denkruimte van die konseptualiseerder ten grondslag le. Verskillende subtipes van die ruimteskema is toepaslik op die kop as kognitiewe aanrakingsmoment, naamlik die houerskema, die bron-roete-doelwitskema, die skakelskema en die deel-geheelskema. Abstrakte denkruimtes, waarbinne kognitiewe aanraking plaasvind, kom tot stand by die konseptualiseerders, maar word deur sekere veranderlikes beinvloed. 'n Bepaalde kognitiewe raam waarbinne die konseptualiseerders kognitief funksioneer, beinvloed kognitiewe aanraking (ook die wat deur die kop tot stand kom). Die bepaalde aard en rol van die onderskeie konseptualiseerders determiner in versIdllende opsigte die denkruimte waarbinne die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment vervat is, naamlik hul kognitiewe koordinate, die mate van oorvleueling van hulle kognitiewe rame, die subjektivering-objektiveringsproses, hul onderskeie perspektiewe, hul kognitiewe vermoens en die rol van emosie in die totstandkoming van taal. Die 47 konseptualiseringsruimte vir maksimale kognitiewe aanraking deur die kop word gekonstitueer wanneer beide konseptualiseerders se kognitiewe koordinate mekaar maksimaal kruis. Die konseptualiseringsruimte kan verskraal word deur verengde koordinate van of die kopskrywer Of die kopleser (Of albei), met gebrekkige kognitiewe aanraking tot gevolg. In enige kommunikasiesituasie tussen 'n spreker en 'n aangesprokene waar kognitiewe aanraking bewerkstellig word, sal 'n maksimale abstrakte denkruimte (konseptualiseringsruimte) sodanige aanraking bevorder. Beide konseptualiseerders se kognitiewe koordinate sal in hierdie opsig 'n deurslaggewende rol speel. Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop, met sy variante, sal dus as meetinstru. ment vir enige diskoers (gesproke of geskrewe) kan dien.

Nadat ruimte as grondliggende gestalts vir kognitiewe aanraking deur die kop beskou is, word die onderskeie kragskemas wat die kognitiewe aanrakingsmoment onderle, onder die loep geneem.

48 HOOFSTUK IV: 49

KRAGSKEMAS TER SPRAKE BY DIE KOP 49 4.1 Krag: nog 'n prekonseptuele beeldskema 50 4.2 Twee unieke kragte 50 4.2.1 Middelpuntsoekende krag 51 4.2.2 Middelpuntvliedende krag 53 4.3 Taalhandelingskrag 56 4.4 Kragskemas afleibaar van die taalvlak 57 4.4.1 Kragvoortstuwing 57 4.4.2 Kragblokkasie 59 4.4.3 Teenkrag 61 4.4.4 Kragherleiding 63 4.4.5 Obstruksieopheffing 64 4.4.6 Kragbemagtiging 65 4.4.7 Aantrekkingskrag 66 4.5 Gevolgtrekking 68 HOOFSTUK IV: KRAGSKEMAS TER SPRAKE BY DIE KOP

Naas die kognitiewe veranderlikes wat in Hoofstuk II bespreek is en 'n beskouing van ruimte as een van die basiese gestalts wat die kop as kommunikatiewe entiteit onderle in hoofstuk III, word in hierdie hoofstuk gekonsentreer op die tweede prekonseptuele beeldskema waarop kognitiewe aanraking in die kop gebaseer is, naamlik die kragskema.

4.1. Krag: nog 'n prekonseptuele beeldskema

Benewens die ruimteskema 18 ook kraggestalts op verskeie niveaus die kop as kognitiewe aanrakingsmoment ten grondslag: as een van die grondliggende struktuurgewende prekonseptuele beeldskemas op fundamentele ontstaansvlak, op taalhandelingsvlak, sowel sigbaar gemanifesteer op die taalvlak.

Die metaforiese karteringsproses waarna in 1.1.1.4 verwys is, speel 'n kardinale rol in die prosessering van prekonseptuele en nonproposisionele, gesubjektiveerde menslike ervarings van kragskemas na hierdie onderskeie vlakke van kognitiewe aanraking deur die kop.

Talmy (1985: 293) beskou die kragskema as 'n belangrike konseptuele ordeningsisteem, behalwe die feit dat dit ook aan die taalvlak strukturering verleen:

The force dynamic system ... is a major conceptual organizing system. It incorporates schematic conceptual models of physical phenomena, which, by analogy, it extends to psychological and social phenomena.

Hy wys ook daarop dat dit belangrik is om daarop to let dat die taalkragpatrone verskil van die kragpatrone wat in die fisiese wetenskappe presenteer (Vir 'n bespreking van Talmy se siening oor taalkragte, vergelyk Steen 1996).

Johnson (1987: 44 en 51-53) verwys na die rol wat die ervaring van bepaalde prekonseptuele beeldskemas (in hierdie geval kraggestalts) in die mens se konseptualiseringsproses speel. Hy "benadruk die feit dat ons daaglikse bestaan gekenmerk word deur die ervaring van kragte wat ons uitoefen, kragte wat op ons uitgeoefen word en kragte wat in ons omgewing op mekaair inwerk" (Human 1998: 23). Hierdie gesubjektiveerde ervarings van krag 18 die mens se betekenisgewende sisteem 49 en dus sy taaluitdrukkingstruktuur, soos vergestalt in sy taalkommunikatiewe vaardighede en die taalkommunikasiesituasie, ten grondslag. Uiteraard betrek dit ook die potensiele kognitiewe aanraking wat in die kommunikatiewe moment van die kop opgesluit le.

Benewens sewe tipes kragskemas wat onderskei word (vergelyk Johnson 1987: 45- 48, Pienaar 1996: 63,64, Human 1998: 24-28 en paragraaf 4.4), identifiseer Johnson (1987: 43,44) ook ses tipiese aspekte wat verband hou met die mens se ervaring van kraggestalts, naamlik kraginteraksie, vektorkwaliteit (direksionaliteit), kragbewegingspad, kragoorsprong, intensiteitsgraad van krag en kragkousaliteitstruktuur. Hierdie fimdamentele kragaspekte kom in 'n mindere of meerdere mate in die toistandkoming en fimksionering van die kop as kognitiewe aanrakingsmoment voor.

Dit is belangrik om daarop to let dat kraggestalts op verskillende gebiede, naamlik die fisiese, sosiale en epistemiese manifesteer, maar ook op taalhandelingsgebied, wat ten opsigte van die kop die mees tersaaklike area is.

Nog 'n belangrike konsep is die feit dat 'n verskeidenheid relevante kragskemas, op verskillende niveaus, die totstandkomingsproses van die kop bepaal. Eerstens speel twee unieke kragskemas op diepliggende, onsigbare vlak 'n rol; dan manifesteer sekere kragte (steeds onsigbaar) in die kop as taalhandeling, wat laastens tot op sigbare taalvlak in die sintaksis van die kop sy weg baan.

4.2. Twee unieke kragte

Op die fundamentele ontstaansvlak van die kop, wat uiteindelik kognitiewe aanraking tussen die kommunikasie-konseptualiseerders ten doel het, manifesteer twee unieke kragte, benewens een van die primere kragskemas (aantrekkingskrag). Hierdie twee kragte is middelpuntvliedende (sentrifugale) en middelpuntsoekende (sentripetale) krag wat sig afwisselend in die kognitiewe aanrakingsproses van die kop konstitueer.

Sentraal tot genoemde kragte le 'n basiese veronderstelde aantrekkingskrag tussen die konseptualiseerders. Enersyds is daar die kopskrywer wat die kop wil (moet) konseptualiseer en formuleer, en dit bona fide deur die taalmedium (as voertuig) in die kognitiewe aanrakingsmoment aan die kopleser aanbied. Andersyds is daar die kopleser, wat uit die aard van die saak as koerantleser, hom kognitief deur middel van 50 die kopleesaksie bereid verklaar tot kognitiewe aanraking. Indien daar nie aan die verwagtinge wat by die kopleser bestaan, voldoen word nie, vind obstruksie plaas en kan kognitiewe aanraking nie suksesvol tot stand kom the.

Hierdie aantrekkingskrag wat 'n vertrouensverhouding tussen twee anonieme konseptualiseringspartye veronderstel, kan op die basiese ontstaansvlak van die kop beskou word as die kragskema waarop die ander twee genoemde kragte gebaseer is.

4.2.1. Middelpuntsoekende krag

Wanneer die proses van kopskryf 'n aanvang neem, verkeer die kopskrywer, as eerste konseptualiseerder en kragversterker van die berig, in 'n geobjektiveerde posisie op die periferie van die kragveld van die potensiele kop.

In sy strewe na konseptualisering van die berig waaruit en waarvoor hy 'n kop wil formuleer, werk 'n middelpuntsoekende krag op die kopskrywer in: namate die kopskrywer die feitelike gegewe konseptualiseer en in sy kognitiewe bewussyn integreer, vind subjektivering plaas en word hy na die kern (die kop) getrek deur middel van 'n sentripetale krag. Die kragdinamiese profiel van die eerste fase van kognitiewe aanraking deur middel van die kop is dus middelpuntsoekend (vergelyk Figure 11 en 12).

Enige versperring (byvoorbeeld konseptualiseringsontoereikendheid van die kopskrywer) sal as 'n obstruksie op die pad van die middelpuntsoekende krag dien.

Die spoed waarteen die eerste konseptualiseerder (die kopskrywer) op die konseptualiseringsroete na die sentrale punt (die kognitiewe aanrakingsmoment vervat in die kop) beweeg, word beinvloed deur verskeie veranderlikes, byvoorbeeld kognitiewe vaardighede soos konseptualiseringsvermoe, vermod tot abstrahering en sintetisering, leesvaardighede en formuleringsvermoe. Laasgenoemde vermoens en vaardighede bepaal ook die intensiteit en spoed van die middelpuntsoekende krag.

Vergelyk Figure 13 en 14 vir 'n diagrammatiese uiteensetting van die middelpuntsoekende krag wat op die kop as kognitiewe aanrakingsmoment inwerk:

51 Kragoorsprong

Periferie van die potensidle kragveld

Potensidle kragveld

Potensidle kop (+ potensidle kognitiewe aanrakingsmoment)

Middelpuntsoekende kragbaan (oorvleuel met konseptualiseringsroete van kopskrywer)

Figuur 13: Boaansig van die potensiele kragveld en middelpuntsoekende krag wal inwerk op die kop as kognitiewe aanrakingsmoment

Geobjektiveerde pool

Beginpunt fundamentele Periferie van \ onstaansvlak potensidle kragveld / -/---- Potensidle omil ical.■ 1 / kragveld \ I/ hande- lings- 41111111 vlak 111W, Middelpuntsoekende kragbaan (oorvleuel I, met konsep- / tualiseringsroete van / kopskrywer) / / / /

\ / Bevat potensidle kognitiewe aanrakingsmoment

Gesubjektiveerde pool Figuur 14: Driedimensionele syaansig van die potensiele kragveld en middelpunt- soekende krag wat inwerk op die kop as kognitiewe aanrakingsmoment. 52 Saam met die beweging van die kopskrywer as konseptualiseerder op die konseptualiseringsroete, gedrewe deur die middelpuntsoekende krag, vind terselfdertyd 'n beweging op die kontinuum geobjektiveerd-gesubjektiveerd plaas. By die kragoorsprong (die beginpunt van die konseptualiseringsroete) is die kopskrywer as konseptualiseerder (soos reeds genoem) in 'n totale geobjektiveerde posisie. Namate hy (gedwing deur die middelpuntsoekende krag) op die konseptualiseringsroete voortbeweeg, vind subjektivering plaas soos wat die konseptualiseringsproses in sy kognitiewe bewussyn plaasvind en inligting in sy kognitiewe geheue gestoor word. Uiteindelik, wanner hy die kop geformuleer het, verkeer hy in 'n totaal gesubjektiveerde toestand en is hy gereed vir kognitiewe aanraking met die tweede konseptualiseerder, die kopleser.

4.2.2. Middelpuntvliedende krag

In die tweede fase van die totstandkoming van kognitiewe aanraking deur die kop tree 'n ander bag in werking, naamlik middelpuntvliedende krag, wat vanaf 'n sentrifugale taalhandelingsas (die besondere illokusionere krag) op 'n baan binne die kragveld van die totstandgekome kop uitbeweeg. In hierdie fase is die kragdinamiese profiel sentrifugaal.

Die besondere kop, as talige, konseptuele entiteit met 'n inherente, potensiele kognitiewe aanrakingsmoment, beweeg deur middel van 'n voortstuwende, middelpuntvliedende krag, vanaf die kragspil op 'n kragbaan die tweede konseptualiseerder (kopleser) tegemoet.

Die kopleser handhaaf 'n relatiewe posisie op die middelpuntvliedende baan. Sy posisie word onder andere bepaal deur sy kognitiewe vermoens wat sy leesvaardigheid en konseptualiseringsvermoe insluit (vergelyk paragraaf 2.1.2). Hoe meer omvattend en effektief sy kognitiewe vermoens, hoe nader aan die sentrifugale as behoort hy geposisioneer te wees en hoe •gouer (vinniger) en meer geslaagd behoort die voortvloeiende kognitiewe aanraking te wees. Hoe verder weg op die middelpuntvliedende baan die kopleser geled is, met ander woorde hoe verder weg van die sentrifugale as wat die illokusionere krag van die bepaalde kop bevat, hoe meer verminder die kans op kognitiewe aanraking.

Vergelyk Figure 15 en 16 vir die relatiewe posisie van die kopleser en die kop op die middelpuntvliedende baan. 53 Perifirie van die Icragveld van die totstandgekome kop

Relatiewe posisie van die kopleser

Illokusionere krag (sentrifugale as)

Relatiewe posisie van die kop op middelpuntvlietende baan (besit potensiele kognitiewe aanrakings-. moment)

Figuur 15: Boaansig van die middelpuntvliedende krag wat kognitiewe aanraking voorafgaan en die relatiewe posisie van die kopleser-konseptualiseerder

- Periferie van die kragveld van die kop Kragveld Middelpuntvliedende baan

Relatiewe posisie van die kopleser (staties)

\ \ Middelpuntsoekende \ kragbaan (oorvleuel \ met konsep- \ tualiseringsroete van kopskrywer)

Figuur 16: Driedimensionele syaansig van die relatiewe posisie van beide die kop en kopleser op die middelpuntvliedende baan. 54 Die kopleser (as tweede konseptualiseerder) verkeer staties op die middelpuntvliedende baan in afwagting op die kop wat die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment bevat. Sodra die kop horn bereik, begin die konseptualiseringsproses (waarvan die leesproses genoem in 2.1.2 deel is) van die kopleser en kan konseptuele versmelting en dus kognitiewe aanraking plaasvind. Die kop word dus in werklikheid deur die illolcusionere krag daarvan op 'n middelpuntvliedende baan in die rigting van die kopleser geslinger.

By die lees en konseptualisering van die kop vind daar binne 'n breukdeel van 'n sekonde by die kopleser 'n subjektiveringsproses plaas vanaf 'n geobjektiveerde pool (sy aanvanklike konfrontasie met die sintaksis van die kop) tot 'n gesubjektiveerde pool (sy konseptuele integrasie van die kop in sy kognitiewe bewussyn en geheue) (vergelyk ook 2.2).

Hierdie subjektiveringsproses konstitueer op grond van 'n konseptuele middelpuntsoekende krag wat in die denkruimte van die kopleser manifesteer (die kopleser se drang en verwagting om die kop volledig to konseptualiseer). Sodra die subjektiveringsproses voltooi is, is kognitiewe aanraking tussen die konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser) volvoer.

Figuur 17 toon die subjektiveringsproses wat scam met die konseptualiseringsproses by die kopleser plaasvind:

Totaal geobjektiveerde pool by beginpunt van leesaksie

Konseptuele middelpuntsoekende baan

Kognitiewe baan

Kognitiewe aanrakingsmoment vervat in die kop: totaal gesubjektiveerde pool nfi kognitiewe aanraking

Relatiewe posisie van die kopleser

Figuur 17: Die subjektiverings- en konseptualiseringsproses van die kopleser, gegrond op 'n middelpuntsoekende krag. 55 Ten opsigte van die kop as talige moment waardeur kognitiewe aanraking tussen die konseptualiseerders ( kopskrywer en kopleser) in 'n diskoerssituasie gekonstitueer word, blyk twee unieke kragte, naamlik middelpuntsoekende en middelpuntvliedende krag, dus aan bod to kom.

4.3. Taalhandelingskrag

My only purpose ... is to highlight the fact that there are patterns of force at work in the structure of the speech act itself So, besides physical force, social force, and epistemic force, there is a level of speech- act force (illocutionary force) dynamics ... the relevant forces at this last level are also based on force gestalts metaphorically elaborated (Johnson 1987: 58).

Op 'n taalhandelingsvlak is daar dus ook duidelike kragte aan die werk. Johnson (1987: 58-60) verwys na die kragvoortstuwingskema wat Reddy beskou as die "CONDUIT metaphor". Dit bevat die volgende elemente:

Ideas or thoughts are objects. Words and sentences are containers for these objects. Communication consists in finding the right word-container for your idea-object, sending this filled container along a conduit or through space to the hearer, who must then take the idea-object out of the word container.

Bogemelde metafoor le in sy geheel die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment wat in die kop opgesluit le en waarop suksesvolle konseptualisering en kommunikasie berus, ten grondslag.

Johnson identifiseer ten minste nog vier patrone van kragvoortstuwing wat ter sprake is by die taalhandeling:

die krag wat inwerk op die vorm van die sin as houer wat die proposisionele inhoud bevat;

- die illokusionere krag "that acts on the hearer to determine how the hearer understands the utterance" (Johnson 1987: 59);

'n graadverskil in die krag waarmee die taaluiting aan die aangesprokene aangebied word; en 56 - perlokutiewe krag.

Dit is veral die illokusionere krag van die taalhandeling (en dus van die kop) wat 'n deurslaggewende rol speel ten opsigte van kognitiewe aanraking tussen die konseptualiseerders. Vergelyk ook 1.1.1.5 oor die illokusionere krag van die taalhandeling.

4.4. Kragskemas afleibaar van die taalvlak

Van die sewe subtipes kragskemas wat Johnson (1987: 45-48) onderskei (kragvoortstuwing, kragblokkasie, teenkrag, kragherleiding, obstruksieopheffing, kragbemagtiging en aantrekkingskrag) word sekeres gereeld in die sigbare taalvlak van koppe verteenwoordig, gewoonlik deur middel van verhoudingswoorde soos voorsetsels, hoofwerkwoorde en modale hulpwerkwoorde. Dikwels is die onderskeie kragskemas ook afleibaar van kragmetafore wat in koppe gebruik word.

Voorbeelde van die kragskemas wat van die sintaksis van die kop afleibaar is, is volop:

4.4.1. Kragvoortstuwing

K1 11116■Iniehoommomall, 111116■Nmimpoulm■ar Reale kragvektor Potensiale kragvektor (trajektor)

Figuur 18: Kragvoortstuwing

Hierdie kragskema behels 'n retie kragvektor wat by 'n bepaalde kragbron ontspring, 'n bepaalde omvang het en op 'n spesifieke roete in 'n spesifieke rigting beweeg.

Op die sigbare taalvlak manifesteer die kragvoortstuwingskema dikwels deur die modale hulpwerkwoord moet:

Toks moet weer vir die Bokke sped, se lesers (Rapport, 26/4/98) Bafcma moet aggressief wees (Beeld, 18/6/98) Pienaar `moet rugby red' (Rapport, 5/4/98) 57

Daar is 'n besliste graad- of intensiteitsverskil in die hag wat uitgebeeld word deur moet, die beklemtoonde moet en die aangehaalde `moet'. As modale hulpwerkwoorde sal hulle (met inagneming van bogemelde graadverskil) op 'n kragvoorststuwende skaal by die kragtigste pool presenteer (vergelyk Figuur 17).

Ook van hoofwerkwoorde kan 'n onderliggende kragvoortstuwing afgelei word, byvoorbeeld:

BMW dreig SABC oor diefstalberig (Rapport, 31/5/98) Onnies stu voort met aksies (Rapport, 31/5/98) Corrie Sanders stoomroller oor (Sport-Beeld, 15/6/98) Verkeerde vorms dwing vrou en dogter glo uit SA (Rapport, 30/8/98)

Hierdie hoofwerkwoorde verteenwoordig ook, soos die modale hulpwerkwoorde, 'n inherente intensiteitsverskil. Op die genoemde kontinuum behoort hulle erens tussen die kragtigste pool (modale hulpwerkwoorde) en mins-kragtige pool (wat deur ondergenoemde voorbeelde van selfstandige naamwoorde verteenwoordig word) to presenteer - waarskynlik nader aan die kragtigste pool weens hulle inherente dinamika as aktiewe werkwoorde in die teenwoordige tyd.

Voorbeelde van selfstandige naamwoorde in koppe waarvan die kragvoortstuwingskema afleibaar is, is:

Tjeks dalk onder dwang uitgeskryf (Beeld, 18/6/98) Wurggreep van bendes moet by sy oorsprong beveg word (Rapport, 17/5/98) (Let op die kragvoortstuwing wat versterk word deur die modale hulpwerkwoord moet). Kwaai druk om PW uit hof to hou (Rapport, 12/4/98)

Kragugste pool Mins-kragtige pool

Modale Hoofwerkwoorde: S.nwe. hulpwwe. - dreig - dwang - moet - (voort-)stu - druk - moet - dwing - wurggreep - `moet' - brand - stoomroller Figuur 19: Kontinuum: Kragvoortstuwing

58 4.4.2. Kragblokkasie

Kragblokkasie is nog 'n kragskema wat dikwels afgelei kan word van die sintaksis van 'n kop en wat kognitiewe aanraking kan beinvloed.

Hierdie kragskema behels 'n voorwerp (konkreet of abstrak) wat die kragvektor versper en veroorsaak dat die krag gestuit word of dat die kragrigting verander (vergelyk Figuur 20).

K1

redle kragvektor geblokkeerde kragvektor '› Kragvektor verander rigting Figuur 20: Kragblokkasie

Voorbeelde waar die kragblokkasieskema onderliggend is, word verteenwoordig deur, onder andere, modale hulpwerkwoorde, gevolg deur nie (ontkenningsvorm)

Moet tog nie altoos na bymotiewe soek (Beeld, 18/6/98) `Moenie effektetrusts nou verkoop nie' (Rapport, 30/8/98) (Let op die skaars dubbele nie in 'n kop!) Meyer wil nie uitwei oor chemiese wapenprogram (Bead, 13/6/98) Ma wil niks weet van haar eie baba na omruilery (Rapport, 19/4/98) Broekies wil sy the dra - dis nuwerwets (Rapport, 16/8/98) (Hier word die kragblokkasie uitgebeeld deur 'n sinspeling op 'n bekende idioom, dus deur 'n kragmetafoor). Sabadia kan nie appelleer (Beeld, 13/6/98) 'n Ma kan maar net the vergeet (Rapport, 10/5/98) Kind 'mag nie bestaan' (Rapport, 10/5/98) Verskille hoef nie to verdeel (Rapport, 3/5/98)

Ook hier, net soos by 4.4.1, bestaan 'n intensiteitsgradering ten opsigte van die modale hulpwerkwoorde, al presenteer hulle as 'n kategorie by die kragtigste pool van die kontinuum (vergelyk Figuur 19) wat by kragblokkasie geld (mag nie is in 'n baie hoer mate kragblokkerend as kan nie en wil nie). 59 In die onderstaande voorbeelde word die skema van kragblokkasie op die taaloppervlak versinnebeeld deur hoofwerkwoorde soos die volgende:

Komitee ontken dat aanbeveling oor parlement gedoen is (Beeld, 19/6/98) Unisa se Black Forum steun the kandidate vir rektorspos (Beeld, 19/6/98) Gevegte kortwiek bemiddeling in Guinee-Bissau (Beeld, 19/6/98) Wie gaan Renaldo se bulle stuit? (Rapport, 7/6/98)

Die NEG-vorm (nie) lyk dus the onontbeerlik in terme van die uitbeelding van kragblokkasie deur die hoofwerkwoord the.

Die hoofwerkwoorde wat dui op kragblokkasie sal &ens tussen die kragtigste pool (modale hulpwerkwoorde) en mins-kragtige pool (selfstandige naamwoorde) op die betrokke kontinuum presenteer (vergelyk Figuur 20).

Voorbeelde van koppe waarin selfstandige naamwoorde waarvan die onderliggende kragskema afgelei kan word, vervat is, is onder meer:

SA betaal duur vir korrupsie (Rapport, 16/8/98) FW lewer skerp kritiek op WICK-proses (Rapport, 2/8/98) Doodskoot nei model se trane in kerk (Rapport, 2/8/98) Seun in hof no, pa se skietdood (Rapport, 2/8/98) Diep verdeeldheid blyk weer in NG Kerkfamilie oor Belhar-belydenis (Beeld, 14/9/98) 'n Jupiter-geheim ontrafel (Beeld, 14/9/98) Leuenaar! (Rapport, 13/9/98)

Kragtigste pool Mins-kragtige pool I I Modale hulpwwe. Hoofwerkwoorde: S.nwe. - moet nie/moenie - stuit - korrupsie - mag Me - kortwiek - kritiek - kan nie - ontken - geheim - wil Me - steun Me - doodskoot - hoef nie - skietdood - leuenaar Figuur 21: Kontinuum: Kragblokkasie

60 4.4.3. Teenkrag

Teenkrag is 'n kragskema wat dikwels onderliggend aan koppe in Beeld en Rapport is, waarskynlik omdat Suid-Afrika (en groot dele van die wereld) hoogs-misdadige gemeenskappe, waaroor daar berig moet word, behou.

In die teenkragskema ontmoet twee kragte, wat elk ontstaan uit sy individuele kragbron en sy eie kragvektor het, mekaar trompop, sodat beide kragte gestuit en potensieel staties word. Defleksie van krag kan ook plaasvind (vergelyk Figuur 22).

K1 11116■41ihois■11. 411141111■%••■■•■41. K2

reele kragvektor reele kragvektor

Figuur22: Teenkrag

Wanneer hierdie kragskema van die taaloppervlak afleibaar is, is dit veral hoofwerkwoorde, selfstandige naamwoorde en voorsetsels wat opval.

Voorbeelde van hoofwerkwoorde wat teenkrag uitbeeld, is:

'Totale rugby' is goed en wel, maar 'n scut moet kan SKRUM! (Rapport, 16/5/98) Let ook op die kragversterkende modale hulpwerkwoorde moet en kan wat die hoofwerkwoord voorafgaan.

In (93) en (94) verbeeld 'n kragmetafoor die botsende teenkragte:

Vuiste klap oor musiek en tone trap (Rapport, 14/6/98) Judo-twis oor Jeugspele woed voort (Rapport, 24/5/98)

In laasgenoemde voorbeeld word die kragmetafoor voortwoed versterk deur die voorafgaande samesmelting Judo-twis waar twis 'n eksplisiete verwysing op taalvlak van botsende teenkragte is.

As gevolg van die inherente krag opgesluit in die werkwoord, verteenwoordig die hoofwerkwoorde in hierdie kategorie die kragtigste pool op die teenkragkontinuum. 61 Selfstandige naamwoorde wat teenkrag uitbeeld, le erens tussen bogenoemde, kragtigste pool en die mins-kragtige pool wat deur die betrokke voorsetsels verteenwoordig word, byvoorbeeld:

Bok-vegters (Rapport, 16/8/98) Die groot tweestryd van wereldgholf (Rapport, 29/3/98)

Rentekoers plaas boere in geld - knyptang (Beeld, 18/6/98) FH Odendaal se opmars moeilik gestuit (Beeld, 15/6/98) Opstand beplan teen moordvlaag (Rapport, 9/8/98) Deense stryd eintlik 'n eindstryd vir SA (Beeld, 15/6/98)

Kragmetafore, soos die in (95) tot (100), verbeeld die onderliggende teenkrag kragtiger as gewone selfstandige naamwoorde [vergelyk (101), (103) tot (105)1

(Tweeling) Broedertwis! (Rapport, 17/5/98) Clinton se huwelik by breekpunt (Rapport, 10/5/98) Vete teen `seksleraar' (Rapport, 31/5/98) Onrus, konflik in Afrika lei tot `slagtings' (Beeld, 18/6/98) Verskille oor kommissie (Rapport, 9/8/98)

Op die mins-kragtige pool van die teenkragkontinuum presenteer enkele voorsetsels:

Knoeiery teen staat in dokumente onthul (Rapport, 29/3/98) Ernie vs die Tier (Rapport, 29/3/98) Spanning: wyheid versus gelykheid (Rapport, 30/8/98) Vete tussen 'Hitler ' en sy mense duur voort (Rapport, 5/7/98)

In (106), (107) en (109) word die voorsetsels teen, versus en tussen versterk deur die voorafgaande selfstandige naamwoorde knoeieq, spanning en vete, wat teenkrag i mpl i seer.

Figuur 23 verteenwoordig die teenkragkontinuum:

62 Kragtigste pool Mins-kragtige pool

Hoofwerkwoorde Selfstandige naamwoorde Voorsetsels - skrum - (Broeder-)twis - teen (vuiste) klap - tweestryd - tussen voortwoed - stryd - versus/vs - vete - konflik - onus - verskille - opstand - (Bok-)vegters - geld-knyptang Figuur 23: Kontinuum: Teenkrag

4.4.4. Kragherleiding

Die kragskema kragherleiding is 'n variasie van teenlcrag en bestaan uit 'n kragvektor wat herlei word as gevolg van interaksie tussen twee of meer vektore: twee kragte, elk met 'n eie kragbron, bots, met 'n gevolglike rigtingverandering in die kragvektore (vergelyk Figuur 24).

K2

K1 ‘11111■Nithoill■111, reCle kragvektor

reale kragvektor kragvektore veranda van rigting

Figuur 24: Kragherleiding

Selfstandige naamwoorde soos die in die onderstaande voorbeelde verteenwoordig 'n onderliggende kragherleidingskema wat van die sintaksis van die kop afgelei kan word:

Verwarring in Engelse kamp (Beeld, 18/6/98) Dramatiese wending in Botha-saak (Rapport, 5/4/98) Chaos in Noorde oor pensioene se betaling (Rapport, 5/4/98) Beserkerhond maak amok op bus (Rapport, 7/6/98) `Regstellende aksie' vir was anders (Rapport, 2/8/98)

63 In laasgenoemde voorbeeld verbeeld die adjektief (regstellende) eintlik die kragherleiding, maar omdat dit feitlik as 'n vaste uitdrukking saam met die selfstandige naamwoord gebruik word, word die twee woorde as 'n eenheid beskou.

4.4.5. Obstruksieopheffing

Nog 'n kragskema le kognitiewe aanraking in die kop ten grondslag, naamlik obstruksieopheffing. Hierdie kragskema bestaan uit 'n oop pad/roete wat die vryelike vloei van krag vanaf 'n kragbron moontlik maak na of die verwydering van 'n obstruksie, Of die afwesigheid van 'n potensiele kragversperring (vergelyk Figuur 25):

K1 glhowil■Nrahipp■illP LiiiiiiMM.11111.1%1011111.111111111111111P+ reele kragvektor potensiele kragvektor Figuur 25: Obst -ruksieopheffing

Op die sigbare taalvlak verteenwoordig die modale hulpwerkwoorde Tag en kan eksplisiet obstruksieopheffing:

Plakkers `mag bly' (Rapport, 10/5/98) `lets met 'n piets' mag name maar hou (Rapport, 26/4/98) Wes-Rand se jong misdaadslagoffers kan bier veilig voel (Beeld, 8/7/98)

Die modale hulpwerkwoorde, met inagneming van 'n intensiteitsverskil, sal op die kragtigste pool van die obstruksieopheffingskontinuum (vergelyk Figuur 24) presenteer.

Hoofwerkwoorde soos die in die onderstaande koppe dui ook op 'n onderliggende obstruksieopheffing:

Man erken mesmoord in bad op gewese minnares (Beeld, 18/6/98) IRL bereid om to ontwapen se senior lid uit tronk (Beeld, 18/6/98) Iranse storm verdwyn soos mis voor son (Beeld, 13/6/98) Buitelanders gee pad na gevegte in Guinee Bissau (Beeld, 13/6/98) LUR se kop waai dalk oor skuldbriewe van MPR (Beeld, 14/9/98)

In laasgenoemde voorbeeld word obstruksieopheffing deur 'n kragmetafoor uitgedruk. 64 Die volgende voorbeelde verteenwoordig obstruksieopheffing deur 'n selfstandige naamwoord:

'n Warm bieg-debat woed nou op die Internet (Rapport, 16/8/98) Afrika in vlamme — 'renaissance' is nou in gedrang (Rapport, 9/8/98) Aucamp le die ontleedmes in (Rapport, 23/8/98) Versoening vereis meer as wette en kommissies (Rapport, 30/8/98)

Op 'n skaal tussen kragtigste en mins-kragtige pool sal die selfstandige naamwoorde op laasgenoemde pool le. Kragigste pool Mins-kragtige pool

Modale hulpwwe. Hoofwerkwoorde: S.nwe. - mag - ontwapen - bieg-debat - kan - erken -`renaissance' - verdwyn - ontleedmes - padgee - versoening - kop waai

Figuur 26: Kontinuum: Obstruksieopheffing

4.4.6. Kragbemagtiging

Kragbemagtiging is nog 'n kragskema wat kognitiewe aanraking tussen die kopskrywer en kopleser as konseptualiseerders ten grondslag le en in die taaloppervlakte van die kop vergestalt word.

Hierdie skema bestaan uit 'n geskaleerde sensasie van krag in 'n potensiele kragvektor(e) op 'n potensiele roete waarop geen blokkerende teenkragte of versperrings presenteer nie (vergelyk Figuur 27).

1111111=1111■ImmihopiEM11■1011. potensidle kragvektor

Figuur 27: Kragbemagtiging

65 Modale hulpwerkwoorde (mag .en kan), hoofwerkwoorde, die assisterende hoofwerkwoord (laat) en selfstandige naamwoorde dui op 'n onderliggende skema van kragbemagtiging in koppe, byvoorbeeld:

Plakkers `mag bly' (Rapport, 10/5/98) 'fa, 'n SA span kan die Super-12 wen' (Rapport, 31/6/98) Agt 'times kry kans op Stellenbosch (Beeld, 19/6/98) Willie 0 se lopie laat NSW wen (Rapport, 10/5/98) Weste behou mag (Beeld, 4/7/98) IVP se olifant 'dui op bag, mag en wysheid' (Beeld, 15/6/98)

Op 'n kragbemagtigingskaal sal die modale hulpwerkwoorde by die kragtigste pool, die selfstandige naamwoorde by die mins-kragtige pool en die hoofwerkwoorde erens tussenin presenteer (vergelyk Figuur 28).

1 1 I 1 Modale hulpwwe. Hoofwerkwoorde: S.nwe. - mag - kans kry - mag - kan - hat - krag

Figuur 28: Kontinuum: Kragbemagtiging

4.4.7. Aantrekkingskrag

Die laaste kragskema wat afleibaar is van die taaloppervlak is ook die kragskema wat op die fundamentele ontstaansvlak grondliggend is: aantrekkingskrag. Daar moet egter onderskei word tussen die aantrekkingskrag tussen die onderskeie konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser) wat op diepliggende ontstaansvlak werksaam is en wat nie per se van die taaloppervlak afgelei kan word nie, en die aantrekkingskrag wat in die gegewe van die berig gesuggereer word en onderliggend tot die kop is, wat wel van die taalvlak afleibaar is.

Voortvloeiend uit die fundamentele aantrekkingskrag is daar ook die reklamekrag van die kop wat gebaseer is op die kragskema en daarop gerig is om die kopleser aan te trek om die berig te lees [ vergelyk die sogenaamde "billboard function" van die kop waarvan Gilmore en Root (1971: 41) melding maak]. Hierdie reklamekrag is afhanklik van die mate waarin kognitiewe aanraking by die kopleser plaasvind: hoe vollediger die

66 kognitiewe aanraking, hoe waarskynliker is dit dat die kopleser die hele berig sal lees, of, as hy 'n "headline skimmer" (Gilmore en Root 1971: 41) is, dat hy later na die berig sal terugkeer.

Die fundamentele struktuur van die aantrekkingskragskema bestaan uit 'n tipe gravitasie na 'n voorwerp, waarin die kragvektore Of reeel Of potensieel is en waarby bykomende voorwerpe betrokke kan wees (vergelyk Figuur 29).

Figuur 29: Aantrekkingskrag

Die modale hulpwerkwoord wil verbeeld die onderliggende aantrekkingskragskema die beste uit:

Meeste wil volkstaat he (Rapport, 14/6/98) Walus en sy verloofde wil beslis trou (Rapport, 24/5/98)

Ook uit hoofwerkwoorde is die skema afleibaar:

Soepel Cindy hou van 'n bietjie lyf (Rapport, 5/4/98) VF verlang `eenhede' vir landelike beskerming (Rapport, 16/8/98) Fedsas vra deelname in onderwys-skikkings (Rapport, 14/6/98) Nederlanders soek wraak teen omgekrapte Argentinie (Rapport, 4/7/98) ANC druk Winnie weer aan boesem na 'sondes' (Rapport, 29/3/98)

Somtyds dui 'n koppelwerkwoordkonstruksie ook op 'n onderliggende aantrekkingskrag, byvoorbeeld:

Stone (is) lus vir nog 'n Basic Instinct (Rapport, 5/4/98) Vinnige Fanie se broer (is) lief vir kinders, krieket (Rapport, 9/8/98)

In voorbeelde soos die onderstaande kan 'n mens die aantrekkingskrag wat onder die taaloppervlak funksioneer, van die selfstandige naamwoorde aflei:

Liefde is blind tussen Miss Piggy en haar vlakvark (Rapport, 5/7/98) Magswellus kan so oorneem (Rapport, 10/5/98) Geheime band kan sorg vir wending in PW se saak (Rapport, 31/5/98) 67 Staak hunkering na ou weermag (Rapport, 26/4/98) Muis se 'boom'-lus laat verdagte vry kom (Rapport, 26/4/98) Bier-dorsfnuik roof (Rapport, 19/4/98)

Soos by die meeste van die woordsoortelike kategoriee wat die kragskemas op taalvlak vergestalt, is daar ook hier intensiteitsverskille teenwoordig (uit magswellus is 'n baie sterker aantrekkingskrag of to lei as uit hunkering).

Op 'n kontinuum tussen die pole kragtigste en mins-kragtige pool sal die modale hulpwerkwoorde, weens die eksplisiteit van die onderliggende kragskema en hulle inherente dinamiese kwaliteit as werkwoorde, by die kragtigste pool presenteer. Die selfstandige naamwoorde sal, weens die kenmerkende gebrek aan dinamika van hulle woordsoortelike kategorie, op die mins-kragtige pool verkeer. Erens tussen die pole sal die hoofwerkwoorde en koppelwerkwoordkonstruksies presenteer, waarskynlik nader aan die kragtigste pool as gevolg van die hulle kragkwaliteit as werkwoorde (vergelyk Figuur 30).

Kragtigste pool Mins-kragtige pool

Modale hulpwwe. Hoofwerkwoorde: S.nwe. - wil - hou van - liefde - verlang - hunkering - vra - band - soek - (mags)wellus - druk - (`boom')-lus - lus vir - (bier-)dors - lief vir

Figuur 30: Kontinuum: Aantrekkingskrag

Die woorde wat die kragtigste pool verteenwoordig, behoort ten opsigte van die onderliggende kragskemas die vinnigste en duidelikste kognitiewe aanraking tussen die kopskrywer en kopleser to bewerkstellig.

4.5. Gevolgtrekking

Ten opsigte van kognitiewe aanraking wat deur die kop tussen die kopskrywer en kopleser as konseptualiseerders tot stand kom, kan aanvaar word dat kraggestalts, 68 benewens die ruimteskema, 'n struktuurgewende prekonseptuele beeldskema is en dus optree as 'n kognitiewe aanrakingsdeterminant. By die kop presenteer die kraggestalts op drie vlakke, naamlik as grondliggende, struktuurgewende gestalts op fundamentele ontstaansvlak; 'n illokusionere krag op taalhandelingsvlak en 'n afleibare vergestalting van die sewe subtipes kraggestalts op taalvlak. Benewens 'n basiese subtipe (aantrekkingskrag) speel twee unieke kragskemas, naamlik middelpuntsoekende en middelpuntvliedende krag 'n belangrike konstituerende rol ten opsigte van die kop as kognitiewe aanrakingsmoment. Die illokusionere krag van die kop funksioneer as middelpuntvliedende as waarom die geformuleerde kop met die potensiele kognitiewe aanrakingsmoment beweeg. Die proses van subjektivering-objektivering is belangrik by die konseptualiseringshandeling van beide kopskryvver en kopleser, en dus in die hele kognitiewe aanrakingsproses. Op grond van 'n bepaalde aantrekkingskrag tree die reklamekrag van die kop in werking (na kognitiewe aanraking) wanner dit die kopleser dwing/uitnooi/nuuskierig maak om die hele berig te lees.

Daar bestaan dikwels intensie- of graadverskille in woorde van dieselfde woordsoortelike kategorie waardeur die onderskeie kragskemas van die taalvlak afleibaar is. Die woordsoortelike kategoriee presenteer telkens op 'n kontinuum vanaf kragtigste na mins-kragtige pool. Die modale hulpwerkwoorde le deurgaans by die kragtigste pool as gevolg van hulle dinamiese lading, met die hoofwerkwoorde nader aan die pool as aan die mins-kragtige pool as gevolg van die natuurlike krag wat veral in die aktiewe vorm opgesluit le. Indien daar nie modale hulpwerkwoorde is wat die betrokke kragskema op die taalvlak vergestalt nie, verteenwoordig die hoofwerkwoorde die kragtigste pool op die kontinuum. Die selfstandige naamwoorde en voorsetsels presenteer afwisselend by die mins-kragtige pool as gevolg van 'n kleiner inherente dinamika as die werkwoorde. Koppe met modale hulpwerkwoorde en hoofwerkwoorde behoort oor die algemeen vinniger en meer effektiewe kognitiewe aanraking te bewerkstellig, weens hulle eiesoortige dinamika as werkwoorde. Waarskynlik speel middelpuntsoekende en middelpuntvliedende krag in enige taalhandeling wat kognitiewe aanraking ten doel het, 'n rol.

Die slotsom van die navorsing word in die volgende hoofstuk vervat.

69 HOOFSTUK V: 70 SLOTSOM 70 HOOFSTUK V: SLOTSOM

In hierdie hoofstuk word daar gefokus op die gevolgtrekkings wat op grond van die navorsing gemaak word, asook op die potensiaal wat opgesluit le in die geanaliseerde en totstandgekome kognitiewe meetinstrument ten opsigte van die verwagte en gerealiseerde kognitiewe aanraking deur middel van die taalhandelinge van 'n taalkommunikatiewe diskoerssituasie.

In 'n subjektiwistiese, kognitiewe taalbeskouing van betekenisgewing word "een verband (ge)legt tussen taal, de perceptie van onze ervaringen in die wereld, onze hele cognitie en ons begrippensysteem" (Dirven 1996: 28). Daar word dus uitgegaan van 'n beliggaamde taalbelewenis (Johnson 1987) in die kognitiewe linguistiek, van die standpunt dat alle mensen op grond van hun identieke lichamelijke constitutie en hun grotendeels gelijkaardge ftsische omgeving, dezelfde fundamentele ervaringen hebben en van daaruit hun denk- en taalwereld opgebouwd hebben (Dirven 1996: 28).

In hierdie opsig speel die nonproposionele, prekonseptuele beeldskemas (ruimte, krag, sensasie en basiesevlakobjekte) en die onderskeie transponeringsprosesse (byvoorbeeld metaforiese kartering) 'n integrale rol.

Dit is op grond van hierdie empiries-begronde belewenis- en taalwerklikheid dat dit vir 'n konseptualiseerder, of gesprekskonseptualiseerders binne 'n taalkommunikasie- situasie, moontlik is om binne 'n abstrakte denkruimte(s) in die proses van konseptualisering betekenisinhoude aan taaleenhede te gee en kognitief aangeraak te word, want "spatial thinking intrudes into thinking about almost all other domains: when an intellectual problem can be spatialised, it can be conceived clearly" (Levinson 1992: 5, soos aangehaal deur Kryk-Kastovsky 1996: 329).

In die konteks van die koerantkop betree die konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser), weens hulle ruimtelike deiktiese verankering binne die kommunikasiesituasie, deur middel van Levinson se sogenaamde "spatial thinking", 'n

70 abstrakte denkruimte waarbinne hulle - elk vanuit sy eie beheersende punt - die kop as "intellectual problem" kan konseptualiseer as gevolg van kognitiewe aanraking.

Die abstrakte denkruimte waarbinne kognitiewe aanraking tussen die kopskrywer en kopleser as konseptualiseerders plaasvind, is nie rigied the. Dit is dinamies, omdat die konseptualiseerders (kopskrywer en kopleser) telkens verander. Hulle onderskeie beheersende punte en die kognitiewe in- en uitvoerkoordinate wat daarvandaan in die abstrakte denkruimte strek, bepaal telkemale die omtrek van die konseptuele versmeltingsruimte waarbinne kognitiewe aanraking deur die kop tot stand kom. So kan die konseptualiseringsruimte verskraal word, enersyds weens eng kotirdinate van die kopskrywer-konseptualiseerder en andersyds deur die van die kopleser- konseptualiseerder.

Die ideale konseptualiseringsruimte van die kop kom tot stand warmer die kopskrywer se kognitiewe uitvoerkoordinate die kognitiewe invoerkoordinate van die kopleser op maksimale punte kruis, sodat 'n optimale konseptuele versmeltingsruimte tot stand kom. In hierdie ruimte kan maksimale kognitiewe aanraking tussen die onderskeie konseptualiseerders konstitueer. As sodanig presenteer die kognitiewe in- en uitvoerkoordinate, die beheersende punte van die onderskeie konseptualiseerders, die konseptualiseerders self, die abstrakte denkruimte wat tot stand kom en die prekonseptuele beeldskema ruimte waarop voorgenoemde gebaseer is, as veranderlikes in die kognitiewe aanrakingsproses.

Ook die kraggestalts, op verskillende niveaus, is 'n belangrike veranderlike ten opsigte van die kognitiewe aanrakingsproses deur die kop. Die aantrekkingskragskema fundeer die kop op grondliggende ontstaansvlak, asook twee unieke kragte, naamlik middelpuntsoekende en middelpuntvliedende krag. Op die taalhandelingsvlak van die kop is daar illokusionere kragte aan die werk. Van 'n derde, sigbare taalvlak is al die kragsubskemas afleibaar.

Ander kognitiewe veranderlikes toepaslik op die kop, is onder andere die mate van subjektivering wat plaasvind tydens die konseptualiserings- en formuleringsproses en die kognitiewe raam waarbinne konseptualisering plaasvind. 71 Die kognitiewe werktuig en meetinstrument wat uitgekristalliseer het in die ondersoek na die kognitiewe aanrakingsmoment vervat in koppe, behoort as analise- instrument en evalueringsmiddel op enige talige diskoers in 'n kommunikasiesituasie toegepas te kan word.

So behoort opleidingsmateriaal vanaf voorskoolse tot nagraadse vlak, akademies of tegnies, binne of buite 'n werksituasie, ontleed en geevalueer te kan word ten opsigte van tendoelgestelde kognitiewe aanraking en gevolglike leertoeganklikheid, effektiwiteit en toepaslikheid.

Verslae, memoranda en kontrakte kan ook na waarde geskat word en geinterpreteer word na aanleiding van hierdie kognitiewe meetinstrument.

Die letterkundestudent kan enersyds die bestaande letterkundige diskoers analiseer en evalueer en andersyds kan die skrywer die letterkundige produk wat by besig is om tot stand te bring, deurlopend kognitief-krities onder die loep neem.

Breedweg lyk dit of kennis van die kognitief-linguistiese apparaat produktief en effektief, analiserend en evaluerend op enige geskrewe of gesproke talige diskoers toegepas kan word.

Uiteindelik wentel die effektiewe taalkommunikatiewe proses rondom sinvolle betekenisgewing deur die onderskeie gesprekskonseptualiseerders, 'n faktor wat die verwagte kognitiewe aanraking en daaruitvoortvloeiende konseptualisering ten grondslag 18. Die kop, as kognitiewe aanrakingsmoment, is maar een van talle linguistiese voertuie waardeur die verlangde kognitiewe aanraking in 'n gedeelde konseptuele denkruimte tussen gesprekskonseptualiseerders gekonstitueer kan word.

72 BRONVERWYSINGS

Botha, E.A. 1995 'n Joernalistieke studie van die kunsresensie met die klem op Afrosentriese teaterresensies. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling. : Randse Afrikaanse Universiteit.

Botha, W.J. 1980 Die grammatika van die eerste persoon. Ongepubliseerde proefskrif. : Unisa.

Botha W.J. 1990 Deiktiese tydsverwysing. In Acta Academica, 22(3): 102 - 115

Botha, W.J. 1991 Taalhandelingsdeterminante in die onderrig. In S.A. Tydskrif vir Taalkunde, 9(1): 24-29.

Botha W.J. 1997 Conceptual Blending: The Afrikaans Verbs doen 'do' and maak 'make'. In Verspoor, M. Lee, K.D. en E. Sweetser (reds.) Lexical and Syntactical Constructions and the Construction of Meaning. Amsterdam: John Benjamins.

Casad, E.H. 1995 Seeing it in more than one way. In Taylor, J.R en R.E. MacLaury (reds.) Language and the Cognitive Construal of the World. New York: Mouton de Gruyter.

De Stadler, L.G. 1989 Afrikaanse Semantiek. Johannesburg: Southern Boekuitgewers (Edms) Bpk.

Dirven, R. 1994 Metaphor and Nation: Metaphors Afrikaners live by. Duisburger Arbeiten Zur Sprach- and Kulturwissenschaft; Bd. 22. Frankfurt am Main: Peter Lang GmbH.

Dirven R. 1996 Basisprincipes van de cognitieve linguistiek. In Neerlandica Extra Micros, XXXIV(2): 28 — 41.

Dorgeloh, H. 1996 Viewpoint and subjectivity in English inversion. In Piitz, M. en R. Dirven (reds.) The Construal of Space in Language and Thought. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Evans, H. 1974 Editing and Design Book Three. News Headlines. Londen: Heinemann. 73 Fauconnier, G. 1985 Mental Spaces: Aspects of Meaning Construction in Natural Language. Cambridge, Massachusetts / Londen; England: MIT Press. A Bradford Book.

Fauconnier, G. en M. Turner 1996 Principles of Conceptual Integration. Internetmanuskrip, adres: http//www.wam.umd.edu"--mturn/www/buffalo96.rtf.

Fillmore, C.J. 1975 Santa Cruz Lectures on Deixis. Bloomington: Indiana University. Mimeo.

Gibbs, R.W. en H.L. Colston 1995 The cognitive psychological reality of image schemas and their transformations. In Cognitive Linguistics, 6(4): 347-373.

Gilmore, G. en R. Root. 1971 Modern Newspaper Editing. Berkeley: The Glendessary Press, Inc.

Goleman, D. 1996 Emotional Intelligence. Why it can matter more than IQ. Londen: Clays Ltd.

Hendriks, A.P. 1996 On Containers and Concepts. In S.A. Tydskrif vir Taalkunde, Supplement 32: 121-133.

Hodgson, G.W. 1987 Subediting a Handbook of odern Newspaper Editing. Oxford: Focal Press.

Human, M.P. 1998 Karolina Ferreira en Landskap met vroue en slang (deur Lettie Viljoen) in 'n postkoloniale konteks. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling. Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit.

Hurford, J.R. en B. Heasley 1983 Semantics: a Coursebook. Cambridge: Cambridge University Press.

Jackendoft R.S. 1983 Semantics and Cognition. Cambridge, Massachusetts: The MIT Press.

Johnson, M 1987 The Body in the Mind. The Bodily Basis of Meaning, Imagination and Reason. Chicago and Londen: The University of Chicago Press.

74 Kirsner, R.S. 1993 From meaning to message in two theories: cognitive and Saussurean views of the Modern Dutch demonstratives. In Geiger, R.A. en B.

Rudzka - Ostyn (reds.) Conceptualizations and mental Processing in Language. Berlyn,NeW York: Mouton de Gruyter.

Kniffka, H. 1980 Soziolinguistik und empirische Textanalyse - Schlagzeilen- und lemlformulierung in amerikanischen Tageszeitungen. Tubingen: Max Niemeyer Verlag.

Kryk-Kastovsky, B 1996 The linguistic, cognitive and cultural variables of the conceptualization of space. In Putz, M. en R. Dirven (reds.) The Construal of Space in Language and Thought. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Lakoff, G. 1987 Women, Fire and Dangerous Things. What Categories Reveal about the Mind. Chicago and Londen: University of Chicago Press.

Lakoff, G. en M. Johnson. 1980 Metaphors We Live By. Chicago and Londen: University of Chicago Press.

Lakoff, G en M. Turner. 1989 More than Cool Reason. Chicago and Londen: The University of Chicago Press.

Langacker, R.W.

1987 Foundations of Cognitive Grammar - Volume 1 - Theoretical Prerequisites. Stanford: Stanford University Press.

Langacker, R.W. 1990 Subjectification. In Cognitive Linguistics, 1(1): 5 - 38.

Langacker, R.W. 1991 Concept, Image and Symbol. The Cognitive Basis (Y . Grammar. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter,

Langacker, R.W. 1993 Reference-point constructions. In Cognitive Linguistics, 4(1): 1 - 38.

Levinson, S.C. 1992 Primer for the field investigation of spatial description and conception. In Pragmatics 2: 5 - 47.

Lyons, J. 1981 Language, Meaning and Context. Bungay: Fontana Paperbacks.

75 Lyons, J. 1983 Semantics 2. Cambridge: Cambridge University Press.

Mc Giffert, R. C. 1972 The An of Editing the News. Philadephia: Chilton Book Company.

Mondada, L. 1996 How space structures discourse. In Putz, M. en R. Dirven (reds.) The Construal of Space in Language and Thought. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Niemeier, S. 1997 To have one's heart in the right place - metonymic and metaphorical evidence for the folk model of the heart as the site of emotions in English. In Smieja, B. en M. Tasch (reds.) Human Contact through Language and Linguistics. Frankfurt am Main: Peter Lang.

Pauw, M. 1996 Die ouderdommetafoor in die Afrikaanse poesie: 'n Kognitiewe • ondersoek. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling. Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit.

Pauwels, P en A-M Simon -Vandenbergen 1993 Value judgement in the metaphorization of linguistic action. In Geiger, R.A. en B. Rudzka-Ostyn (reds.) Conceptualization and Mental Processing in Language. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Pienaar, M. 1996 Subjektifikasie en metaforiek: struktureringsmeganismes in dramadiskoers, met verwysing na Christine van Bartho Smit. Ongepubliseerde proefskrif. Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit.

Pretorius, E.J. 1996 Reading in the learning context: the role of cognitive variables. In S.A.

Tydskrif vir Taalkunde. Supplement 32: 35 - 58.

Ptitz, M. en R. Dirven. 1996 The Construal of Space in Language and Thought. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Sandig, B. 1971 5:vntaktische Typologie der Schlagzeile - Moglichkeiten and Grenzen der Sprachokonomie im Zeitungsdeutsch. Munchen: Max Heuber Verlag.

Schulze, R. 1987 The Perception of Space and the Function of Prepositions in English: A Contribution to Cognitive Grammar. Duisburg: L.A.U.D.

76 Schwerdtfeger, A.M. 1982 Deiksis: orientasie en konfrontasie in die ruimte. In Klasgids, 17(2): 52 - 63.

Simon-Vandenbergen, A.M.

1981 The Grammar of Headlines in The Times 1870 - 1970. Brussel: Koninklijke Academie voor Wetenschappen, Letteren en Schone Kunsten van Belgie.

Steen, F. 1996 Force Dynamics. The faculty of construing the world in terms of entities interacting through force. Internetmanuskrip, adres: http//humanitas.ucsb.edu/users/steen/CogSci/Talmy.html

Swanepoel, L.M. 1986 Oor gesprekstrategied in Afrikaans. In S.A. Tydskrif vir Taalkunde, 4(3): 84 - 99.

Sweep, G 1992 Kernachtige krantekoppen en dynamische naamwoorden. In Onze Taal, (1): 3 - 5.

Talmy, L. 1985 Force dynamics in language and thought. In Effort et.al . (reds.). Papers from the Parasession on Causatives and Agentivity at the twenty-first Regional Meeting of the Chicago Linguistic Society. Chicago: Chicago Linguistic Society: 293 - 337.

Taylor, J.R. 1989 Linguistic Categorization. Prototypes in Linguistic Theory (second edition). Oxford: Oxford University Press.

Taylor, J.R. 1995 Introduction: On construing the world. In Taylor, J.R. en R.E. MacLaury (reds.) Language and the Cognitive Construal of the World. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Turner, M. 1993 An image-schematic constraint on metaphor. In Geiger, R.A. en B.

Rudzka - Ostyn (reds). Conceptualizations and Mental Processing in Language. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Ungerer, F. en H-J. Schmidt. 1996 An Introduction to Cognitive Linguistics. Londen, New York: Longman.

Weissenborn, J. en W. Klein.

1982 Here and There. Cross -Linguistic Studies on Deixis and Demonstration. Amsterdam/Philadelphia: John Benjamins.

77 Wierzbicka, A. 1993 The alphabet of human thoughts. In Geiger, R.A. en B. Rudzka-Ostyn (reds.) Conceptualizations and Mental Processing in Language. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

Zelinsky-Wibbelt, C. 1996 How do we mentally localize different kinds of spatial concepts. In Piitz, M. en R. Dirven (reds.) The Construal of Space in Language and Thought. Berlyn, New York: Mouton de Gruyter.

78