Jaargang XI Maand 12
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2014 Jaargang XI Maand 12 Desember 2014 Saamgestel deur: Elorina du Plessis KWYTSKELDING Hierdie argief is nie ’n amptelike, wetlike dokument nie, maar ’n samestelling van die e-posse van verskillende lede van die SA Genealogie Gesprekslys soos dit gedurende die tydperk ingestuur was. Die lyseienaars en hulle bestuurspan aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van gegewens, sienings oor bepaalde gebeure, interpretasie en samestelling van familieverwantskappe, of vir enige aksies of verlies wat daaruit mag voortspruit nie, en stel voor dat persone wat hierdie bron gebruik, self eers die gegewens kontroleer. Desember 2014 Bundels (Wintermaand) Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 6862 Datum: Mon Dec 1, 2014 Daar is 15 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1 Petrus Johannes en Rachel DE VILLIERS by ria.vandenheever 2a Jacobus Johannes GORDON + Elsje Catharina Andriessa Johanna COETZEE by mikelamusse 3a Pieter Willem Adriaan SENEKAL + Martha (Elizabeth?) DU TOIT by mikelamusse 4 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 01 Desember 2014 by "Hester Marx" 5 Schierenberg by "Heinrich Mielmann" 6 Durban And Coastal newsletter by "Ferdie van Wyk" 7a File - netiket.txt by 8a Re: TAB OPSOEK : Sk. vir John George MOORE. by "Johan Vermeulen" vermeulenjpsa 8b Re: TAB OPSOEK : Sk. vir John George MOORE. by "Johan Vermeulen" vermeulenjpsa 9a Re: FW: [SA-Gen] Angela van Bengale - vroulike DNA by "Chris Hendriks" krisbloem 10 [PRESS] Beeld 28 Nov.2014.doc by "Fanie Blignaut" blignautfanie 11 [PRESS] Beeld 29 Nov.2014.doc by "Fanie Blignaut" blignautfanie 12 [PRESS] Beeld 01 Des.2014.doc by "Fanie Blignaut" blignautfanie 13 [PRESS] Beeld 02 Des.2014.doc by "Fanie Blignaut" blignautfanie 14 [Press] The Mercury /Daily News 1 Dec 2014 by "Aletta Magrieta Quebbemann" alettaqea9fac Messages 1 Petrus Johannes en Rachel DE VILLIERS Mon Dec 1, 2014 2:28 am (PST) . Posted by: ria.vandenheever Beste Lysenaars, Ek vind in SAG Vol 14 twee inskrywings van 'n egpaar (e) met bovermelde name. a1b3c3d2 sê Petrus Johannes gedoop Stellenbosch 15.05.1757, boer oorlede c.1791 s.v. Jan de Villiers en Anna Hugo, x Paarl 12.01.1775 Rachel DE VILLIERS gedoop 28.10.1759, oorlede c.1798 d.v. Abraham de Villiers en Johanna Lombard. a1b9c12 sê Rachel gedoop Paarl 29.08.1756, oorlede Paarl 16.11.1813 d.v Abraham de Villiers enJohanna Lombard, x Paarl12.01.1775 Petrus Johannes DE VILLIERS gedoop 15.05.1757, oorlede c. 1791 s.v. Jan de Villiers en Anna Hugo, xx Kaapstad Johannes Martin Hermann. Dit lyk vir my is dieselfde man, maar Rachel? Weet iemand iets meer van die egpaar? bv. waar hulle gewoon het. Help asb. Ria van den Heever 2a Jacobus Johannes GORDON + Elsje Catharina Andriessa Johanna COETZEE Mon Dec 1, 2014 3:07 am (PST) . Posted by: mikelamusse Ek het vergeet dat ons moet ons navrae in Afrikaans te skryf. Ek vra verskoning daarvoor. Hier is my vraag alweer ... http://archiver.rootsweb.ancestry.com/th/read/BUITENPOSTEN/2005-02/1109244492 http://archiver.rootsweb.ancestry.com/th/read/BUITENPOSTEN/2005-02/1109244492 wys dat Jacobus Johannes GORDON en Elsje Catharina Andriessa Johanna COETZEE is die ouers van Aletta Catharina GORDON Weet miskien enige iemand wie was die ouers van 1. Jacobus Johannes GORDON 2. Elsje Catharina Andriessa Johanna COETZEE Groete Mike Lamusse 3a Pieter Willem Adriaan SENEKAL + Martha (Elizabeth?) DU TOIT Mon Dec 1, 2014 3:09 am (PST) . Posted by: mikelamusse Ek het vergeet dat ons moet ons navrae in Afrikaans te skryf. Ek vra verskoning daarvoor. Hier is my vraag alweer ... My informasie is dat Pieter Willem Adriaan SENEKAL is in die laat 1800's met Martha (Elizabeth?) DU TOIT getrou Weet enige iemand miskine wie was die ouers van 1. Pieter Willem Adriaan SENEKAL 2. Martha (Elizabeth?) DU TOIT Groete Mike Lamusse 4 [PRESS] Die Burger Oos-Kaap 01 Desember 2014 Mon Dec 1, 2014 4:02 am (PST) . Posted by: "Hester Marx" Sterfgevalle DALTON, Johan. Tragies +Donderdag 27 November 2014. Ons verloor ˜n wonderlike man, pa, oupa, seun, broer, oom. (Die Burger Oos-Kaap 01/12/2014) In Memoriam BELLINGAN, Stefan. LUV U 4 ever na 35 jaar. Pa, Ma, Graham, Maia, Cara-Maria. (Die Burger Oos-Kaap 01/12/2014) Hester Marx, Loerie [email protected] 5 Schierenberg Mon Dec 1, 2014 6:17 am (PST) . Posted by: "Heinrich Mielmann" Middag Lede Het enige iemand dalk vir my inligting oor Herman Gunther Dietrich Friedrich Schierenberg *10/02/1925 Duitsland + 06/06/1087 Suid- Afrika Aankoms 1956 Baie Dankie Heinrich HJ Mielmann 6 Durban And Coastal newsletter Mon Dec 1, 2014 6:29 am (PST) . Posted by: "Ferdie van Wyk" Goeiemiddag almal, By hierdie skakel kan jul Durban en Kus se jongste nuusbrief lees. Good afternoon all , At his link you can read Durban And Coastal's latest newsletter. http://www.genza.org.za/index.php/en?Itemid=375 Ferdie van Wyk Webbestuurder/Web Manager: <http://www.genza.org.za/> www.genza.org.za Centurion 7a File - netiket.txt Mon Dec 1, 2014 7:39 am (PST) . Posted by: SAGenealogie: herinnering aan lysreëls, en lysnetiket Die volgende reëls en riglyne is daargestel om almal se ervaring van SA Genealogie nog meer aangenaam en produktief te maak. Gebruikers van die poslys aanvaar, deur hulle lidmaatskap en gebruik, die voorwaardes van die lysreels en onderneem om hulle daarby te hou. Indien iemand nie die reels wil nakom nie, moet hulle asseblief nie die poslys gebruik nie. Lidmaatskap en bydraes word gemodereer deur die lysbestuur. Die reëls en riglyne vir poslys-etiket is soos volg: 1. Gesprekstaal Die voertaal van SAGenealogie is Afrikaans, met aanvaarding van aanhalings uit bronne in die oorspronklike taal. 2. In- en uittekening Dit word van lede verwag om self hul intekening as lid op die poslys te administreer deur te gaan na http://groups.yahoo.com/group/SAGenealogie/ Wanneer 'n lid vir 'n tyd afwesig sal wees, is die beste om tydelik uit te teken as lid deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected] en na terugkeer weer aan te teken deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected] Onthou dat lidmaatskap gekeur word om te verhoed dat gemorspos-advertensies die poslys oorlaai, en om dit moontlik te maak dat lede wat die reëls herhaaldelik oortree se lidmaatskap gekanselleer kan word. Lede wat die reëls herhaaldelik oortree se boodskappe mag aan moderering onderwerp word. 3. SAGenealogie webwerf Besoek die SAGenealogie webwerf by http://www.sagenealogie.com of www.sagenealgy.com om julle te vergewis van die poslys se doelwitte en reëls. 4. Netiket en lysreëls Netiket (net-etiket) vereis dat lede onder andere die volgende sal doen: * wees vriendelik en behulpsaam teenoor andere, en respekteer mekaar; * deel genealogiese inligting met mekaar; * gebruik te alle tye beskaafde taal; * hou by die terrein van die poslys, naamlik genealogie (en verwante sake); * moet asseblief nie persoonlike boodskappe, en boodskappe wat niks met die genealogie te doen het, op die poslys plaas nie; * indien jy iets persoonliks wil oordra aan 'n ander lid, doen dit van die poslys af deur 'n e-pos direk aan die betrokkene te stuur; regsklik op die boodskap in Outlook Express, maak "properties" oop en kry die afsender se persoonlike e-adres. Moet asseblief nie net op "reply" klik sonder om die adres te verander sodat die pos nie per ongeluk ook na die lys toe gaan nie. * moenie twiste en vlam-oorloë begin of daaraan deelneem nie; * as jy antwoord op die poslys, sny onnodige teks uit die oorspronklike boodskap; die meeste e-posprogramme voeg die oorspronklike boodskap by verstek by wanneer jy op 'n brief antwoord; behou slegs die noodsaaklike deel van die ou boodskap; * as jy boodskappe in bundelformaat ontvang, moet nooit die hele bundel hersend wanneer jy antwoord nie; sny alle nie-tersake boodskappe uit die bundel uit; * gebruik altyd 'n relevante woord of sinsnede in die onderwerp-lyn ("subject") sodat ander kan sien waaroor jou boodskap gaan; voordat jy dus jou antwoord stuur, vergelyk jou brief en die onderwerp-lyn, en maak die nodige aanpassings; * wanneer jy inligting of hulp ontvang van 'n ander lid, bedank die lid kortliks (verkieslik in 'n private boodskap van die poslys af) daarvoor. 5. Toestemming en Kopiereg Lyslede wat e-pos aan die lys stuur stem in en erken, deur die versending van die e-pos aan SA-Genealogie, dat die inligting en kennis wat deur hul verskaf en oorgedra word te enigertyd en op enige manier deur die bestuur en lyslede gebruik mag word in enige vorm, ook in publikasies en in databasisse, maar dan op die uitdruklike voorwaarde dat die outeur (bydraer) en SAGenealogie as bron erken word. 6. Vrywaring SA Genealogie aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud en korrektheid van enige inligting wat deur lede in e-posse op die lys geplaas word nie. Die bestuur onderskryf nie noodwendig die opinie wat in e-posse uitgespreek word nie en aanvaar ook nie verantwoordelikheid daarvoor nie. 6. Bestuur Kontak die SAGenealogie bestuur as jy verdere inligting wil bekom, of enigiets onder hul aandag wil bring. 'n E-pos kan aan hulle gestuur word by [email protected] Lyseienaars en Bestuur Krugersdorp, S A 8a Re: TAB OPSOEK : Sk. vir John George MOORE. Mon Dec 1, 2014 8:04 am (PST) . Posted by: "Johan Vermeulen" vermeulenjpsa Middag Annelie en die res van ons lyslede wat geantwoord het, Baie dankie vir jou hulp Annelie. Ek het nie so spoed positiewe reaksie verwag nie. Groete Johan Vermeulen 8b Re: TAB OPSOEK : Sk. vir John George MOORE. Mon Dec 1, 2014 8:11 am (PST) . Posted by: "Johan Vermeulen" vermeulenjpsa Middag Willem, Ek antwoord op die lys, ter wille van ander lyslede wie ook gereageer het.