Onderwerp: [SA-Gen] Bundel Nommer 3128 Datum: Sat Mar 1, 2008 Daar is 9 boodskappe in hierdie uitgawe Onderwerpe in hierdie bundel: 1. [KOERANT]Die Burger-RABINOWITZ Philip From: Elizabeth Teir 2a. Re: BRINK /DU TOIT From: Johan Brink 3. Upington Cemetery From:
[email protected] 4a. Jordaan From: Annemie Lourens 5. N G GEMEENTE KAAPSTAD - GROOTE KERK From: Johan van Breda 6. [Koerant] The Mercury Woensdag 27 Feb 2008. From: aletta magrieta.quebbemann 7. [Koerant] The Mercury Dinsdag 26 Feb 2008 From: aletta magrieta.quebbemann 8. [Koerant] The Mercury Donderdag 28 Feb 2008. From: aletta magrieta.quebbemann 9. [Koerant] The Mercury Vrydag 29 Feb 2008 From: aletta magrieta.quebbemann Boodskap 1. [KOERANT]Die Burger-RABINOWITZ Philip Posted by: "Elizabeth Teir"
[email protected] kerrieborrie Sat Mar 1, 2008 1:41 am (PST) Vinnigste 100-jarige sterf AMY JOHNSON 29/02/2008 09:15:06 PM - (SA) KAAPSTAD. – Die son het gister gesak op wat sommige die “langste wedloop ooit” genoem het. Mnr. Philip Rabinowitz, of Vinnige Phil soos hy in atletiekkringe bekend is, is gisteroggend omstreeks 05:55 in die ouderdom van 104 in sy huis in Houtbaai oorlede. Na verneem word, het Rabinowitz Dinsdag ’n beroerte gehad en kon hy sedertdien nie praat nie. Sy begrafnisdiens is gistermiddag volgens die Joodse tradisie in Pinelands gehou. Die diens is deur rabbi Desmond Maizels gelei. ’n Bewoë mnr. Hannes Wahl, Rabinowitz se afrigter van die afgelope 25 jaar, het gesê hy was die vriendelikste mens wat hy ooit geken het. “Ek gaan hom baie, baie mis. Hy laat ’n groot leemte in ons lewens.” Wahl het gesê hulle sou nog vanjaar aan ’n nommer by die Olimpiese Spele in Beijing deelgeneem het.