Redakteursbrief
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Kortpad na advertensies 30 Oktober 2015 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) 3/4 Werksgeleenthede Geestelike Pitkos Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 3/4 Redakteursbrief Nou en dan vra mense my oor iets wat in Brokkies was of oor advertering, en wanneer ek dan vir hulle vra of hulle op Brokkies ingeteken is, sê hulle nee, want hulle lees hom altyd “op Facebook”. Ek het toe besef wat aangaan. Omdat ek elke week die jongste uitgawe op talle Suid-Afrikaanse en Afrikaanse Facebook-groepe promoveer, skep dit by party mense (wat nog nooit ingeteken het nie) die indruk dat dit is hoe Brokkies versprei word. Dit is egter ‘n foutiewe aanname. Eerstens doen ek die promosie op sosiale media eers drie of vier dae nadat die uitgawe vrygestel is en per e-pos aan intekenaars bekendgestel is. Dit beteken as daar dan tydsensitiewe inhoud is, sal dit al oud wees teen die tyd dat mense dit deur sosiale media optel. Tweedens gebeur dit soms dat ek te besig is en nie kans kry om die promosie op Facebook te doen nie; dan kan mens maklik die betrokke uitgawe misloop. Ek is dankbaar dat Brokkies maand vir maand, jaar vir jaar ‘n mooi groei in intekenaars beleef. Ek vind dit waardevol om te weet hoeveel intekenaars daar is, en mense wat slegs via Facebook daarop ingaan (hoewel welkom om so te doen) kan my ‘n groot guns bewys deur in te skryf by www.brokkies.net/skryf-in . So ontvang jy ‘n e-pos wat jou inlig wanneer die nuwe uitgawe beskikbaar is; ‘n goeie manier om ingelig te word dat die jongste een uit is. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Teenwoordigheid van gees ‘n Man koop die sportmotor van sy drome en besluit om ‘n draai te ry met die vuurwa. Terwyl hy op die snelweg ry, sien hy polisieligte agter hom. Hy sien hy ry 100km/h, so hy trap die lepel ‘n bietjie dieper weg totdat hy 110km/h ry, en toe 120. Oplaas besluit hy ‘Ek is te oud hiervoor’, en hy trek af. Die polisieman kom sê vir hom: “Kyk meneer, ek het 30 minute oor van my skof en dit is Vrydag. As jy my een goeie verskoning kan gee wat ek nog nie voorheen gehoor het nie, sal ek jou slegs ‘n waarskuwing gee.” Die man dink vinnig en sê: “Drie jaar gelede het my vrou my vir ‘n polisieman verlaat. Vir ‘n oomblik het ek gedink jy bring haar terug!” Die polisieman antwoord: “Geniet jou dag verder meneer!” Brokkies – Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland 30 Oktober 2015 Algemene nuusbrokkies Terug na bo... Wêreldbeker-reeks: Voorlaaste kykie Hiermee deel 7 (die voorlaaste deel) van Brokkies se reeks oor die Rugby Wêreldbekertoernooi wat tans aan die gang is. ‘n Vriendelike medewerker plaas weekliks die vergrootglas op die verloop van die toernooi. Skopkonings in eie reg. Links is Daniel Carter en regs Handre Pollard. Opsomming van die laaste week se halfeindrondtes ‘n Baie sterk boodskap is deur die suidelike halfrond uitgestuur na die voltooiing van die afgelope halfeindstryde. Dis geen nuus nie dat al vier die lande wat tot die halfeindrondtes deurgedring het van die suidelike halfrond is. Die groot vraag op kenners se lippe is tans of daar werklik so ‘n groot verskil in rugbykrag is tussen die suide en die noorde? Na die afgelope naweek se rugby was dit duidelik dat die wenresep om die eindstryd te haal hardlooprugby en die druk van driee behels. Om dit beter te verstaan, kom ons kyk hoe die spanne in die halfeindrondtes gevaar het. In die eerste halfeindrondte het Nieu-Seeland teen Suid-Afrika gespeel en die wedstryd met ‘n skrale 20-18 gewen. Al wat die Bokke regtig in die wedstryd gehou het, was die skopvoet van Handre Pollard wat die telbord met strafskoppe aan die rol gehou het. Albei spanne het baie goeie verdediging vertoon, maar daar was een groot en duidelike verskil; die All Blacks se aanvalsvaardighede. Die All Blacks het op hierdie gebied koning gekraai en hul agterlyn het weer eens gewys dat ‘n span wat die vermoë het om aan te val, die hef in die hand het. Daar is ook natuurlik ‘n ander belangrike metode om ‘n wedstryd te wen, en dis om jou opponente se sterk punte aan bande te lê. Hier het die Bokke pak slae gekry want in die lynstane en het hulle 7 van hul eie lynstaaningooie afgestaan! Hul aanvalspatroon is daardeur omver gewerp want hulle kon nie genoeg goeie balbesit kry om oor die voordeellyn te kom nie. Hierdie wedstryd was ‘n harde, dramatiese en titaniese stryd wat deur enige van die twee spanne gewen kon gewees het. Ons moet egter erken dat die beste span 2015 se Wêreldbeker-eindstryd bereik het. Die All Blacks het 2 drieë gedruk teenoor geen van die Springbokke nie, en dit maak hulle voorwaar waardige wenners. Die verskil tussen wen en verloor was die dissipline van die Bokke wat hulle die wedstryd gekos het. Dan Carter het ook met ‘n briljante skepskop geslaag wat Nieu-Seeland op die voorvoet geplaas het. Brokkies – Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland 30 Oktober 2015 In die tweede halfeindrondte het Australië teen Argentinië te staan gekom en met 29-15 gewen. Waarskynlik gemotiveer deur hul naelskraapse oorwinning van die vorige week teen Skotland, het Australië sommer in die tweede minuut van die wedstryd ‘n onderskep-drie gaan druk en gewys dat hulle geen kanse sal neem nie. Die verskil in hierdie wedstryd was dat albei spanne bereid was om met hul agterlyne aan te val. Argentinië het met goeie spel telkemale oor die voordeellyn gevorder, maar rotsvaste verdediging deur Australië het verhoed dat hulle oor die doellyn kom. Die skopvoet van Martinez Sanches is egter al wat Argentinië op die telbord gehou het, en met die 4 drieë wat Australië gedruk het. kon Argentinië net nooit die puntegaping tussen die spanne tot ‘n minimum beperk nie. Verskeie faktore het daartoe gelei dat Argentinië voortdurend onder druk was, en die kragtige spel van die Australiese losvoorspelers was beslis een daarvan. Rugbykenners is dit eens dat dit een van Australië se sterkste wapens is en dat dit is wat hulle tot die eindstryd laat deurdring het. In die eindstryd sal die spoed waarmee hulle omgekeerde besit bewerkstellig waardevolle ammunisie in hul arsenaal wees. Ook in hierdie halfeindstryd het die beste span deurgedring na die eindstryd toe aangesien hulle 4 drieë teen geen van die Argentyne gedruk het. Beroepswedders het voorspel dat Australië en Nieu-Seeland vanjaar teen mekaar sou speel, en hulle was korrek. Hier kom verseker ‘n ding hierdie naweek. Die beste spanvertonings van die week Brokkies se ‘beste spantrofee’ word hierdie week aan die Australiërs toegeken wat met pragtige hardlooprugby 4 driee in hul halfeindstryd teen Argentinië gedruk het. Hulle het ook gewys dat hulle waardige wenners was vir die wyse waarop hulle hulself reggeruk het na ‘n noue ontkoming met Skotland in die kwarteindstryd. Hul jongste oorwinning maak hulle nie die gunstelinge om die eindstryd te wen nie, maar hul afrigter het genoem dat hy dit verkies dat die All Blacks die gunstelinge bly om die wêreldbeker te wen, aangesien dit die Australiërs ‘n groter doel sal stel, naamlik om die eindstryd bo verwagting te wen. Die beste speler van die week Adam Ashley Cooper – Brokkies se speler van die week Brokkies se beste speler van die week kan niemand anders wees nie as Adam Ashley Cooper, die gevaarlike regtervleuel van Australië wat 3 drieë in die halfeindstryd gedruk het. Hy het met skitterende en ondersteunende spel homself op die regter- en linkervleuel geposisioneer om pragdrieë in die hoeke te druk. Cooper het ook gewys dat hy as ‘n sterk aanvalswapen gebruik kan word, veral wanneer die wedstryd na ‘n volgende rat oorskakel. Dit gaan ‘n hewige stryd tussen hom en Julian Savea (die linkervleuel van die All Blacks) wees. Brokkies – Afrikaanse e-nuusbrief van Nieu-Seeland 30 Oktober 2015 Die wêreldranglys Na voltooiing van die halfeindstryde het die ranglys onveranderd gebly: 1-Nieu-Seeland, 2-Australië, 3-Suid-Afrika, 4-Argentinië, 5-Wallis,6-Ierland,7-Frankryk, 8-Engeland, 9-Skotland,10-Japan.. Die enigste verandering wat sal plaasvind, is onder die top 4 waar die eerste en derde plekke na afloop van eerskomende naweek se wedstryde bepaal sal word. Nuwelinge word genomineer Nehe Milner-Skudder van Nieu-Seeland, Vasil Lobzhanidze van Georgië en Mark Bennet van Skotland. Drie opkomende spelers is genomineer vir ‘n toekenning as spelers wat as nuwelinge die grootste impak gemaak het in vanjaar se Wêreldbekertoernooi. Die toekenning is die World Rugby Breakthrough Player of the Year award. Die spelers is Mark Bennet van Skotland, Vasil Lobzhanidze van Georgië en Nehe Milner-Skudder van Nieu-Seeland. Hulle is drie opwindende spelers wat elkeen ‘n groot rol gespeel het in hul onderskeie spanne se wêreldbekeraanslag. Skeidsregtersake John Lacey en Nigel Owens, wat onderskeidelik vir die wedstryd om die derde plek en die eindstryd sal blaas. Die halfeindrondte-skeidsregters van verlede naweek het volgens die statistiek baie goeie vertonings gelewer. Jerome Garces en Wayne Barnes is as lynregters in vanjaar se wêreldbeker-eindstryd aangewys. Soos verwag is, het die huidige no 1-skeidsregter van Wallis, Nigel Owens, die eer gekry om in die eindwedstryd te blaas. Hy het deurgaans in die toernooi baie bestendig vertoon, en het baie respek by spelers en afrigters afgedwing vir die wyse waarop hy wedstryde bestuur en goeie besluite neem. Die TV-skeidsregter vir die eindstryd is Shaun Veldsman van Suid-Afrika.