Lees Meer Hier
Total Page:16
File Type:pdf, Size:1020Kb
Kortpad na advertensies 9 Julie 2019 Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) 1/4 Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 1/4 Redakteursbrief Dit is tyd – nou meer as tevore – om die kollig op netbal te plaas. Die rede? Vanjaar se Netbal Wêreldbeker-toernooi begin eersdaags. Ons het dan die geleentheid om net soos met rugby en krieket, die poelwedstryde te volg en een van jou twee gunstelingspanne, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, se vordering dop te hou en hulle te ondersteun – of hoe? My betrokkenheid by netbal het begin en geëindig as ‘n pa wat sy twee dogters in netbal ondersteun het. Eers het ek in Suid-Afrika die fout begaan om vanuit my onkunde my oudste dogter Katryn by die huis voor die garagedeur te ‘laat oefen’ om doel te gooi. Ek het die doel volgens die reëls op die regte hoogte bo seespieël aangebring, en toe motiveer ek haar elke middag of twee om te oefen. Ek het haar ewe slim ‘gewys’ hoe om die bal op een hand te balanseer en in te gooi (en sy het nogal akkuraat geword). Toe ek egter later van tyd sien hoe Irene van Dyk en ander guru’s albei hande gebruik om hul duisende doele te skiet, het ek darem maar sleg gevoel dat ek haar verkeerd geleer het. Hier in Nieu-Seeland het ek haar en haar jonger sussie Riekie by elke moontike wedstryd wat in Northcote in Auckland gespeel is, ondersteun. Na elke doel het ek ‘n meesterlike uitvoering van die Macarena-dans uitgevoer - tot hul afgryse – maar hulle het my darem nooit geheel en al verbied om dit te doen nie! So ek het maar aangehou. In hierdie uitgawe plaas medewerker Sadie Boersema van Tauranga die kollig op netbal – en meer volgende keer. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak ) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Ek dink nie my vrou is snaaks nie! Ek dink nie my vrou is snaaks nie. Toe ons gaan uiteet, bestel sy vis. Die kelner vra haar toe in Engels, “What about the vegetable?” Toe sê sy: “Hy sal seker 'n steak eet”. Ek sal volgende week weer met haar begin praat... Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 9 Julie 2019 Algemene nuusbrokkies Terug na bo... Afrikaanse netbalspelers maak hul merk in Nieu-Seeland (1) Hierdie bydrae (in twee dele) is deur Sadie Boersema van Tauranga geskryf. Hiermee Deel 1. Dit is seker nie vergesog nie om te beweer dat die meeste mense in ons immigrantegroep lojale ondersteuners van ons nuwe land se Silver Ferns geword het, hoewel dit dikwels ‘n proses is waardeur nuwe aankomelinge gaan. Daar is natuurlik baie wat ook ‘n affiniteit vir ons land van herkoms het en graag wil sien dat sportspanne daar goed vaar op die internasionale toneel. Bloed is mos dikker as water. Met die netbalwêreldbeker in Liverpool, Engeland om die draai het ons ‘n klomp goeie netbalwedstryde om na uit te sien. Intussen is verskeie Suid-Afrikaanse vroue besig om hul merk te maak in Nieu-Seeland. Dit verg baie harde werk en deursettingsvermoë om op internasionale vlak ‘n sukses van netbal te maak. Die baanbrekers Die legendariese Irene van Dyk (Silver Fern #122) en Leana de Bruin (Silver Fern #129) het gewys dit is moontlik vir Suid-Afrikaanse netbalspelers om in Nieu-Seeland te presteer. Op Doel (D)- en Hulpdoel (HD)-posisie is dit Irene se legende wat altyd sterk staan. As een van die wêreld se mees beroemde netbalspelers is sy baie bekend. Met 72 toetse vir Suid-Afrika en 145 toetse vir Nieu-Seeland agter die blad, is Irene in ‘n klas van haar eie. In die Verdediger (V) en Hulpdoel Verdediger posisies (HV) is dit Leana, met 34 internasionale LINKS: Irene van Dyk het groot skoene agtergelaat. toetse vir Suid-Afrika, en 104 toetse vir Nieu- REGS: Leana de Bruin het ‘n sterk bydrae tot Kiwi-netbal gelewer. Seeland, wat tot onlangs toe nog nasionale netbal in Nieu-Seeland gespeel het. Die ‘jongste’ Afrikaanse Silver Fern Karin Burger (Silver Fern #171) is die jongste Suid-Afrikaner om in hierdie baanbrekers se voetspore te volg en sy is ook ‘n briljante speler. Ons gesels in die volgende uitgawe in diepte met haar. LINKS: Karin Burger in BO: Karin Burger – jongste Suid- aksie vir Central Pulse. Afrikaner wat Silver Fern word. Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 9 Julie 2019 Lenize Potgieter – nog ‘n blink ster Net soos Irene van Dyk uitmuntend in die Doel (D) posisie was, het Lenize Potgieter die afgelope drie jaar nasionale netbal in Nieu-Seeland kom speel. Met die naderende wêreldbeker in die oog, was Lenize oop vir geleenthede om haar spel te verbeter. Gebore in 1994, is Lenize die toonbeeld van ‘n ‘vrye’ Afrikaner, ongebonde aan politiek en grense. Sy speel sedert 2014 internasionale netbal en het 41 toetse vir Suid-Afrika agter die rug. Sy aanvaar enige uitdaging, is ‘n sterk Christen, en 'n voorbeeld van hoe ‘n mens positief in ons nuwe land Nieu-Seeland kan aanpas, met behoud van jou waardes. Lenize het in Nieu-Seeland kom netbal speel om ervaring teen ander wêreldklasspelers op te doen, waarna sy weer sal terugkeer na Suid-Afrika. Sy is deel van die Proteaspan wat aan vanjaar se wêreldbekertoernooi sal deelneem. Ek sal maar uitlap dat sy oor die afgelope paar jaar baie lief geword het vir Nieu-Seeland en sy mense, so daar is ‘n goeie kans dat ons haar en haar gesin weer eendag hier sal sien! Lenize se loopbaan in Nieu-Seeland het in 2017 by die Waikato Bay of Plenty Magic begin, waar sy vir twee seisoene gespeel het. Intussen het sy ook vir die Proteas in die Quad Series gespeel toe hulle in 2017 hul eerste Quad Series wedstryd ooit teen Engeland in Invercargill gewen het. Dit was ‘n ongelooflike wedstryd om te aanskou. Dit is belangrik om te verstaan dat Invercargill se mense netbal baie ernstig opneem. Talle inwoners van hierdie kouerige, suidelike stad van Nieu-Seeland is op die een of ander manier by netbal betrokke. Sosiale- en klubnetbal is hier baie gewild. By die geleentheid toe die Proteas vir Engeland geklop het, het die groot aantal Silver Fern-ondersteuners bankvas agter die Proteas gestaan. Glo my, die Suid-Afrikaners wat in Invercargill woon, het nog baie meer tuis gevoel! Lenize het die telbord geopen en in 'n opwindende, naelbytwedstryd het hulle die Engelse Rose met 54-51 geklop. Lenize het ongelooflik goed gevaar. Sy het 43 uit 45 doele behaal, en dit het die netbalwêreld laat regop sit. Sy het in daaropvolgende reekse ‘n doelskietgemiddeld van 90% tot 96% gehandhaaf. Die Quad Series wedstryd tussen die Proteas en die Silver Ferns wat vroeër vanjaar plaasgevind het, was ‘n naelbyt, spannende stryd waartydens die Proteas bevestig het dat hulle tans in dieselfde klas as die wêreld se beste netbalkragte is. Die Proteas het baie goed gespeel en byna die Silver Ferns geklop. Einde 2018 is Lenize genader om vir Southern Steel in Invercargill te speel. Met spanmaats wat al 'n halwe dekade saamspeel, was dit nie vir haar maklik om haar plek in die span te vind nie; sy moes baie hard werk. Wedstryd vir wedstryd het sy haar gereelde plek in die kern-sewe verwerf. In die opwindende halfeindrondte wedstryd teen die Northern Stars (Leana de Bruin se span) was Southern Steel van die begin af onder druk. Daarom was die ondersteuners stomgeslaan toe Lenize bank toe gestuur word met vier minute oor in die derde kwart, en dit nadat sy 30 uit 32 doele raakgegooi het met haar 'quick release' wat dit moeilik maak vir die verdedigers. Toe die vervanging nie so goed uitwerk nie en haar span al verder agter raak, stuur die afrigter Lenize weer op, tot hoorbare verligting van Suidelike ondersteuners. Hulle kon goed inhaal, maar het naelskraap met 53-56 verloor. Lenize se akkuraatheid in 2019 was 90% en sy het met 596 doele geslaag. Sy behoort dus die Spar Proteas goed te versterk tydens die komende wêreldbeker in Liverpool. Ons hoop sy en Karin (Silver Ferns) sal baie goed vaar. Is jy gerat om al die lekker netbal op televisie te geniet? Die netbal wêreldbeker vind van 12-21 Julie plaas. So lyk die eerste rondte se skedule: Vrydag 12 Julie Nieu-Seeland v Malawi 8:00pm (NZT) Saterdag 13 Julie Suid-Afrika v Trinidad en Tobago 4:25am (NZT) Saterdag 13 Julie Nieu-Seeland vs Barbados 10:00pm (NZT) Sondag 14 Julie Suid-Afrika v Fiji 4:25am (NZT) Saterdag 13 Julie Nieu-Seeland v Singapoer 8:00pm (NZT) Maandag 15 Jul Suid-Afrika v Jamaica 4:00am (NZT) Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 9 Julie 2019 Netbal Wêreldbeker 2019 – die koors loop hoog! Netbalkoors is al hoog. Hier is ‘n oorsig oor die 2019 Netbal Wêreldbeker – die 15de een - wat van 12-21 Julie in Liverpool, Engeland plaasvind. Sestien spanne sal deelneem, waarvan vyf outomaties gekwalifiseer het danksy hul hoë plasing in die INF-wêreldranglys. Engeland het gekwalifiseer omdat hulle die gasheerland is. Die ander tien spanne het deur streekskompetisies gekwalifiseer, en twee spanne is van elk van die vyf internasionale netbalstreke in die wêreld gekies: Afrika, die Amerikas, Asië, Europa and Oceania. Die spanne Die vyf spanne, in rangorde volgens hul plasing op die INF wêreldranglys (ses as ons Engeland as gasheerland insluit), is: Australië, Engeland, Nieu-Seeland, Jamaika, Suid-Afrika en Malawi. Nieu-Seeland se span is: Maria Folau, Laura Langman (kaptein), Ameliaranne Ekenasio, Gina Crampton, Bailey Mes, Casey Kopua, Jane Watson, Shannon Saunders, Karin Burger, Phoenix Karaka, Katrina Rore en Te Paea Selby-Rickett.